4 5 10
GHOLF- EN BOULEDAG 2024
TENNIS: OORWINNING BY CURRO
JANKE IS JUDOKAMPIOEN
WATERPOLO-KAMPIOENE!
Bloemhofseo.19A-waterpolospanisdiewennersvandieB-liga!Diespanhet vandeesweekbySACSmetParklandsafgerekenen8-6gewen.Diespansal vanvolgendejaarafindieA-ligameeding,‘nuitsonderlikeprestasie.
Foto:JanvanZylPhotography
/HMBloemhof @hms_bloemhof bloemhofschool.co.za
Amptelike Nuusbrief van die Hoër Meisieskool Bloemhof | 8 Maart 2024 (4/2024)
GRAAD 8-KLASKAPTEINE AANGEKONDIG
Bloemhof se graad 8-klaskapteine vir die eerste en tweede kwartaal is die afgelope Maandag aangekondig.
Graad 8.3 Klaskaptein: Zani Boezaart
Onderklaskaptein: Emma Nel
Graad 8.8 Klaskaptein: Mari Basson Onderklaskaptein: Carley Heynes
Graad 8.10 Klaskaptein: Mia Pecoraro
Onderklaskaptein: Charlotte Bouwer
Graad 8.32 Klaskaptein: Amelia van Olst Onderklaskaptein: Arné Dreyer
Baie geluk, dames. Ons weet julle gaan ‘n uitstekende werk doen en is trots op julle.
WÊRELDBIDDAG VIR VROUE GEVIER
HMS Bloemhof het die afgelope Maandag Wêreldbiddag vir Vroue gevier met ‘ n spesiale opening in die Sentrum Tydens die geleentheid het die dames reflekteer oor die skrifgedeelte wat vanjaar vir die dag uitgesonder is - Efesiërs 4:1-13 Die dames is ook geseën met ‘ n unieke vers op ’ n boekmerk wat deur die ”mamma-bidgroep” op hulle stoele geplaas is Baie dankie aan die mammas wat die geleentheid spesiaal gemaak het Dit is voorwaar ‘ n voorreg vir Bloemhof om as vroue saam te kan bid!
2
VRL SKAKEL MET LEIERS VAN
DIE OMGEWING
Bloemhof se VRL het ‘n besige paar weke agter die blad. Van hierdie lede het onlangs die jaarlikse Remgrofunksie bygewoon waar die leiers van die Stellenbosch-skole die kans gegun is om hulle visie vir die jaar met die res te deel. Hierdie geleentheid is ‘n wonderlike geleentheid vir die VRL om saam met die leiers van ander skole te kuier en bande te smee. Die dames het dit terdeë geniet en Bloemhof se naam hoog gehou.
DIE BLOEMHOF GHOLFDAG KOEK
‘ n Hoogtepunt by elke jaar se Gholfdag is die Bloemhof-koek wat deur ons graad 12-leerders gebak word. Hierdie koek word dan opgeveil as een van die items tydens die Gholfdag-veiling.
Ons kranige baksters hierdie jaar was Elmari Terblanche, Mia Louw en Cara Crous. Die drielaag koek wat bestaan uit boonste laag van rooifluweel-en-vanilla-koek, ‘ n onderste laag van sjokoladekoek en ‘ n heerlike vanilla sponskoek tussen-in, is twee maal opgeveil! Die koek het uiteindelik gedien as ‘ n voornemende Bloemhoffer se verjaarsdagkoek waarmee haar pa haar wou bederf.
Baie dankie aan die dames vir hierdie pragskepping wat ten bate van die skool opgeveil kon word!
3
‘N BESONDERSE DAG VAN GHOLF!
Die wenners van die Gholfdag
Een van die hoogtepunte op Bloemhof se kalender, ons Gholf- en Bouledag, het die afgelope week op 7 Maart by die Stellenbosch Gholfbaan plaasgevind. Hierdie jaar se tema by die Gholfdag was “Die 80’s!” en die Boules se tema was “Sirkus!”. Beide hierdie geleenthede het vir groot pret en lekker saamkuier gesorg.
Hierdie spoggeleentheid is ons skool se enigste fondsinsameling vir die jaar en was oudergewoonte ‘ n groot sukses. Ons bedank ook graag die hoofborge van die dag:
Cogent Hyper-automation wat die Gholfdag moontlik gemaak het
Die dames het vanjaar met pragtige, prettige uitrustings gespog !
Simonsig wat die Bouledag geborg het
Baie dankie ook aan al ons borge (sien bladsy 6), ouers wat bydraes gelewer het en veral die ouerkomitees wat die Gholfdag en die Boules bestuur het. Dankie ook aan elke leerder wat hul lootjieboekies verkoop het
Ons waardeer opreg elkeen wat ‘ n bydrae gelewer het!
Die wenners van die Boulesdag
4
BOULEDAG 2024 - ‘N DAG BY DIE SIRKUS!
DANKIE AAN ONS GHOLFDAG BORGE!
Abacus Development Company - My Space
Residence
Alto Wine Estate
Aphrodite Diamonds
Auto Excellence
Barry en Marise Andrag
Black Rose Gin
CanCan by Renegade Wines
Cape Crusade Padel
Cederberg Aqua - Nuiba Brands
Clos Malverne - Nuiba Brands
Cogent Hyper-automation
Delico
Dr EH Boer Inc Specialist Physician
Expedition North Somerset West
Fat Butcher
Fluss - CG Group
GLC Development - C4 Property Group
Glenelly Estate
Groenland Wyne
Grootsleutelfontein Private Game Reserve
Henro Smit
HVM Geregistreerde Ouditeure en Rekenmeesters Investec
Joey’s Vleisprodukte
Kaapzicht
King Pie
Laminin Paints
Le Creuset
Lêka HQ Ice
Moore Stellenbosch
Nashua Winelands
Nooitgedacht Village
Oasis Water
Okasie
Overgaauw Landgoedwyn
Rupert & Rothschild Vignerons
Rust en Vrede Wine Estate
SHE
Simonsig Wine Estate
Standard Bank
Stay @ Nacht Wacht
USC Security
Terana Boerdery
Treadzone
Waterford Estate
Zevenwacht
6
DANKIE VIR JULLE SKOENE, BLOEMHOF!
Baie dankie aan elke graad 12-leerder van 2023! Die Samaritan's Feet organisasie het jul skoene na Makupula Secondary School geneem en deur jul skoene-skenking vir elke leerder hoop gegee. Elke leerder se voete is gewas en het na ‘ n een-tot-een gesprek die skoene asook ‘ n paar plakkies ontvang.
Samaritan’s Feet se kernfokus is om kinders te dien wat nie skoene het nie. Hul gee nie net skoene nie, maar ook HOOP. Wanneer hulle skoene skenk, fokus hulle om ‘ n band, fisies maar ook emosioneel, met elke leerder te skep Die organisasie moedig leerders aan om te hoop en te droom en herinner hulle daaraan dat hul lewens saak maak Met dié inisiatief word lewens verander - dié van die kinders, maar ook dié van die vrywilligers en hul vennote
BREATHTAKING ORGANISASIE SÊ DANKIE
Bloemhof het onlangs civviedag ten bate van die Breathtaking Organisasie gehou. Die organisasie is betrokke by die bewusmaking van sistiese fibrose en die R12 000-00 wat Bloemhof ingesamel het, kon een van ons eie oud-leerders ondersteun om baie duur medikasie te bekom. Baie dankie vir elkeen se ondersteuning en bydraes!
7
AKADEMIE
LEWENSWETENSKAPPE IN PRAKTYK
Bloemhof se graad 12-leerders wat Lewenswetenskappe as vak neem, het verlede week in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se Departement van Mikrobiologie ‘ n DNS-ekstraksie uitgevoer ter voorbereiding van hulle praktiese opdrag. Dit was uiters leersaam vir die dames om te sien hoe teorie en praktyk bymekaar kom. Baie dankie US vir die geleentheid!
8
TENNISKAMPIOENE!
Baie geluk aan ons tennisspan wat weereens die trotse wenners is van die CR van der Merwe Tennistoernooi wat op 1 en 2 Maart by Curro Durbanville plaasgevind het. Die span wen al hulle wedstryde en het in die finaal teen Paarl Girls’ High as oorwinnaars weggestap Milla Kotze is ook as die speler van die toernooi aangewys. Welgedaan, dames, dit wil gedoen wees!
9
MILLA KAAPSE KAMPIOEN
Baie geluk aan Milla Kotze wat aan die einde van Februarie beide die enkel- en dubbelspeltitel by die Kaapstad Tennis Mini 2 Toernooi gewen het. Welgedaan, Milla, ons is ongelooflik trots op jou.
JANKE IS SA-JUDOKAMPIOEN
Bloemhof spog graag met Janke van Rensburg wat verlede naweek aan die National Ranking Competition vir Judo deelgeneem en ' n goue medalje gewen het.
Sy het in die Groep 5 kategorie (18-20 jaar) deelgeneem en het vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Suid-Afrikaanse kampioen in haar ouderdomsgroep weggestap. Hierdie geleentheid het ook as proewe gedien vir die Proteaspan wat eersdaags aangekondig word.
Welgedaan, Janke, Bloemhof is ongelooflik trots op jou en hou jou met groot verwagting dop!
10
Die jaarlikse 4M-swemgala het vanjaar weereens nie teleurgestel nie en die Bloemhofspan het ons met trotse harte gelaat. Die geleentheid wat op 22 Februarie by Rhenish plaasgevind het, was gevul met skouspelagtige swem-items en groot gees. Ons swemspan het hulle harte uitgeswem en die span het in die derde plek geëindig. Die geleentheid was werklik ‘n spesiale einde tot die 4Mweek. Dankie aan elke dame wat getrou Bloemhof se naam hoog hou en altyd haar bes gee. Die uitslae van die gala was as volg:
Algehele puntetelling:
Rhenish - 261 punte
HMS Paarl - 198 punte
Bloemhof - 93 punte
La Rochelle - 23 punte
Top prestasies van die dag:
Arné Dreyer: eindig 2de in die o.14-ouderdomsgroep
o.16- en o.18-aflosspan eindig 3de in die Vryslag- en Wisselslagaflos
o.14's eindig 1ste in die Wisselslagaflos en 2de in die Vryslagaflos
Arné Dreyer (o.14): 1ste plek 100m Wisselslag en 1ste plek 50m Borsslag
Mia Gerber (o.16) : 2de plek 50m Borsslag
Simone van der Merwe (o.16): 3de plek 50m Borsslag
Jana Lombard (o.18): 3de plek 50m Rugslag
Welgedaan aan dié individue, die span en elke dame wat haar hart uit geswem het!
4M-SWEMGALA 2024
11
4M-SWEMGALA 2024
FOTO’S: LAYLA VILJOEN
12
BOLAND ATLETIEK: BLOEMHOFFERS VAAR UITSTEKEND
Die jaarlikse Boland Atletiek-kampioenskappe het twee naweke terug plaasgevind en die Bloemhof-atlete het uitstekend gevaar Die dames het met 7 Goue Medaljes, 6 Silver Medaljes en 6 Brons Medaljes weggestap. Daar was ook ses van ons atlete wat vierde geëindig het en dus net-net uitgemis uit op ‘ n podium-posisie. Die medaljewenners is:
Goud
Mignonne de Beer - o 19 Verspring & 100m-Hekkies
Tayla Deerans - o 19 Driesprong
Zahni Smit - o 19 200m
Lisa Steenkamp - o.15 800m & 1500m
Shammei Botha - o.14 300m-Hekkies
Silwer
Juané Maass - o 19 Spiesgooi
Alecia Stander - o 17 Hoogspring
Nell Basson - o 17 200m
Lara Ehlers - o.19 200m
Simone van der Merwe - o.17 800m
Daniela Viljoen - o.17 800m
Brons
Bea Wium - Gewigstoot o 14
Gize Strydom - o 14 1500m
Minke Shaw - o.15 1500m
Olivia Schwartz - o.17 3000m
Jeannie Myburgh - o.17 Spiesgooi
Jeannie Myburgh - o.17 Paalspring
Welgedaan aan die atlete; Bloemhof is baie trots op julle!
WATERPOLO-UITSLAE
Bloemhof se o.14- en o.16-Waterpolospanne het uitstekend gevaar in hulle wedstryde vanjaar en het op 23 Februarie hulle wedstryde vir die seisoen gespeel. Die uitslae was as volg:
o.16A liga-wedstryd teen Camps Bay High School: Wen 16-0
o.16B vriendskaplike wedstryd teen HMS Paarl: Verloor 5-13
o.14A vriendskaplike wedstryd teen HMS Paarl: Wen 13-4
Baie geluk met ‘n fantastiese seisoen.
13
WATERPOLO LIGA-WENNERS!
Welgedaan aan ons o.19A-waterpolospan wat geskiedenis vir die sport in Bloemhof maak en die wenners van die B-liga is!
Die span het vandeesweek by SACS teen Parklands afgereken en 8-6 gewen. Die span sal van volgende jaar af in die A-liga meeding; 'n uitstekende prestasie. Baie geluk aan die dames en dankie aan elke ondersteuner wat die span gaan ondersteun het.
Foto’s: Jan van Zyl Photography
14
Ons weeklikse program en Jaarkalender is op ons webtuiste beskikbaar. Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon. Klik gerus op die skakel om die program en kalender te besigtig:
PROGRAM & KALENDER
Alle sportprogramme, wedstrydbepalings en sportuitslae is op ons webtuiste beskikbaar Dit word gereeld bygewerk om die nuutste inligting te vertoon Klik gerus op die skakels om die items te besigtig:
SPORTPROGRAMME
SPORTOEFENTYE
ADVERTENSIES
ADVERTEER AAN DIE BLOEMHOF-GEMEENSKAP IN ONS AMPTELIKE NUUSBRIEF
Die nuusbrief verskyn elke tweede Vrydag in die skoolkwartaal (behalwe tydens die eksamen) en word op die d6 en die webwerf se digitale kennisgewingbord gedeel. Ons leerders ontvang dit per WhatsApp – ’n potensiële gehoor van 700 dogters en hul ouers.
‘n Kopie van die nuusbrief word ook op die skool se webwerf geplaas en die skakel word op ons sosiale mediaplatforms gedeel. Daar is tans 5500+ volgelinge op Instagram (@hms_bloemhof) en 7600 op Facebook (facebook.com/HMBloemhof).
Bespreek spasie vir die uitgawe voor of op Woensdae om 12:00 by kommunikasie@bloemhofschool.co.za – alle grafika (in PNG of JPEG formaat) moet ons teen die Donderdag om 12:00 bereik.
Voorbeelde van die nuusbrief kan by www.bloemhofschool.co.za/nuusbrief afgelaai word.
15 KENNISGEWINGS KENNISGEWINGS