Solidariteit Tydskrif Uitgawe 5 van 2020

Page 28

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Film- en Publikasieraadwysigingswet maak wolf skaapwagter

28

ie Film- en Publikasieraadwysigingswet (FPWW) wat Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, op 3 Julie in die Staatskoerant gepubliseer het vir kommentaar, is volgens kenners niks anders nie as ’n nuwe sensuurwet wat die regering wil implementeer om Suid-Afrikaners se regte in te perk en dít wat hulle sien en lees, te reguleer en te beheer. Die voorgestelde regulasie wat van toepassing is op die verkoop, huur en stroom van enige inhoud op verskillende digitale platforms in Suid-Afrika, bepaal dat enige persoon wat digitale inhoud vir platforms soos Facebook, YouTube, Twitter en ander sosiale platforms skep, eers hulle inhoud mag oplaai nadat dit deur die Film- en Publikasieraad (FPB) goedgekeur is. Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof van strategie, regsake en navorsing by Solidariteit, is die voorgestelde regulasies oor digitalemediaplatforms nie net ongrondwetlik nie, maar maak dit ook inbraak op

Suid-Afrikaners se reg tot vryheid van spraak. “Dit is absoluut belaglik om te dink dat mense en sakeondernemings sal moet toestemming vra en betaal voordat hulle iets in ’n koerant of selfs op sosiale media mag publiseer.” Wat die gevaarligte verder laat flikker, is dat die regulasies vereis dat alle persone wat webwerwe bedryf, as internetdiensverskaffers moet registreer. “Hierdie bepaling is onregverdigbaar breed, beswarend en het geen grondslag nie, aangesien artikel 27A van die FPWW nie die registrasie van persone wat webwerwe as internetdiensverskaffers aanbied, oorweeg nie,” meen Morné Malan, strategiese spesialis by Solidariteit. Die konsepregulasies bepaal onder meer dat: ’n Permitaansoek stawende dokumentasie moet bevat, insluitend ’n verklaring waarin die aansoeker waarborg dat dit voldoen aan alle toepaslike wette en regulasies. Aanlyn verspreiders jaarliks moet aansoek doen vir ’n permit, dus moet die stawende dokumentasie en die betaling van die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

voorgeskrewe fooi jaarliks plaasvind. Indien ’n aanlyn verspreider aan wie ’n permit toegeken is enige film, speletjie of publikasie aanlyn wil versprei, moet die inhoud eers geklassifiseer word. ’n Aanlyn verspreider wat ’n permithouer is, moet maandeliks ’n produklys aan die FPB voorsien wat alle inhoud spesifiseer wat op die platform te koop of te huur aangebied word. Die FPB is geregtig op toegang tot die inhoud en die klassifikasiebesluite van die aanlyn verspreider vir die monitering van nakoming, solank as wat die permit geldig is. Aanlyn verspreiders wat nie die nodige permitte bekom nie, kan met tot R750 000 of vyf jaar tronkstraf beboet word. Hennie Bierman, hoof van Solidariteit Beroepsgildes, meen dat die regering veronderstel is om dit makliker te maak vir onder andere kunstenaars om hul werk te publiseer. Daarom is dit belangrik dat enige inperking op vryheid deur die staat en sy ideologie ten sterkste teengestaan word.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.