Solidariteit Tydskrif Uitgawe 1 van 2020

Page 1

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Uitgawe 1 van 2020 ww w .s o lid ar it eit . c o . za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000


NUUSWAARDIG

2

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



62 26

spreek-

18 Nuuswaardig

10 12 14 16 18 19 20

Op pad na 2030 – Die Solidariteit Beweging glo aan selfbestuur en selfstandigheid en werk hard aan die grootste projekte tot nog toe. Bou en beskerm – Solidariteit is optimisties en gaan vanjaar behoorlik moue oprol om ‘n verskil in ons lede se werk en lewens te maak. Turbulensie – Daar’s nog geen sprake van ‘n sakereddingsplan vir SAL nie. Intussen gooi die staat net nog geld in dié bodemlose put. Nee vir NGV – Die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering is Suid-Afrika se grootste bedreiging en Solidariteit se grootste geveg. Oudagdiewe – Die aanwending van swaarverdiende pensioengeld om ‘n sinkende skip soos Eskom te red, mag nie gebeur nie. Werknet – Of jy werk soek en of jy ‘n pos wil adverteer, ons gratis en gerieflike Afrikaanse aanlyn werksoekportaal maak sake maklik. Plettervat – Die voorgestelde Wysigingswet op Sport en Ontspanning bedreig SA sport, een van ons laaste eilande van uitnemendheid.

Buys.

08

Die Afrikaner het ’n geskiedenis van veerkragtigheid. Ná elke krisis het die Afrikaner teruggebons. Gaan ons die eerste geslag wees wat nie terugbons nie? Wat nie ’n roepingsbesef het nie? Wat nie besef dat die Here vir ons ’n opdrag vir ’n spesifieke tyd en op ’n spesifieke tyd gee nie?” ~ Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit ~

Bedryfsnuus 22 23 23 24 26 26 27 28 30 31 32

Afleggingsbloedbad – Duisende werkers hul werk kwyt Regsdienste-rekord – Meer as R370 miljoen vir lede gewen Eskom – Kragreus sê les op in hof ná onwettige afdanking Solidariteit Strategiese Instituut – Gerat vir nuwe era Geregtigheid – Vier van SAPD ná bykans dekade bevorder SAPD-kongres – Solidariteit skep hoop in die Wes-Kaap 4NR – Volgende dekade gaan drasties anders lyk Nasionale begroting – Die syfers in ‘n neutedop Beroepsgildes – Ongelooflike krag in beroepsgemeenskap Vrouwees – Bemagtig jouself by unieke seminaar vir vroue BGV – Privaat vervolging in die mynboubedryf


TREK GELDGORDEL STYF

10 65 47 in Beweging 40 AfriForum – Die wêreld moet weet! 41 AfriForum – Bewapen jouself binne die wet 42 AfriForum – AfriForum werk hard om vleilande te red 44 Skoleondersteuningsentrum – Die Wolkskool is jou eie onnie by die huis 45 Helpende Hand – Met ‘n plan vorentoe! 46 Helpende Hand – Nuwe handelsmerk 47 Helpende Hand – Hoop kan by almal seëvier 48 Helpende Hand – Hoopfiksgids 50 S-Leer – Word ‘n meester deur lewenslange leer 52 Akademia – 2020 ‘n jaar van talle hoogtepunte 54 Sol-Tech – Sol-Tech word selfgedrewe 55 Sol-Tech – Bouwerk aan kampus vorder 60 Kanton – Kultuur en kapitaal skep leefruimtes vir Afrikaans 68 Kraal Uitgewers – Prettige bordspeletjies 69 Kraal Uitgewers – Huldigingsreeks 70 Maroela Media – Kraakvars 71 Maroela Media – Watse fontein-nonsens-twak?

Gereeld 06 Vooraf – Saam is ons soveel sterker 07 Gesprek – Lede sê op sosiale media 07 Brandpunte – Vuurwarm veldtogte 08 SpreekBuys – Bou & bewaar 34 Posduif – Begin klein, al is dit groentetuin 35 Solidariteit Beweging – Instellings 36 My Rights – Probation vs permanent 58 Voordele – Jou werk is óns werk 62 Histories Gesproke – Vlugtelinge: nie net maanskyn en... druiwe 64 Webwys – Aanlyn werksoekplatforms 65 My gesin – Digitale verslawing 66 My geld – Gordel vas 67 My Work – Overcome the fears of starting a new job 72 In Retrospek – Dis jou beurt, het jy krag? 73 Dienskantore – Tot jou diens

44


NUUSWAARDIG

vooraf.

jou werk bepaal jou identiteit, gee selfvertroue, gee betekenis, bied bestendigheid en bepaal welvaart.

Saam is ons soveel sterker

6

o staan ons weer aan die begin van ’n nuwe jaar. Vir die een of ander rede klink 2020 idillies, amper asof ’n mens nuut kan begin met belangrike dinge in die lewe of dat daar groot goed gaan gebeur. Aan die een kant is dit waar, want Solidariteit begin sy strategiese pad na 2030 met wonderlike planne, maar aan die ander kant is daar ook talle afleggings wat sommer reg aan die begin van die jaar werkers se voorland is. Dus moet ons nie net planne beraam en uitvoer nie, ons moet veg ook. Dit beaam weer waarin Solidariteit glo, naamlik dat almal wat wil werk, moet kan werk. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof, het juis by die onlangse Toekomsberaad gesê dat ’n goeie werk die mens se grootste behoefte bly. Hy het gesê dit bepaal identiteit, gee selfvertroue, gee betekenis, bied bestendigheid en bepaal welvaart. Werk is ook Koninkrykwerk en arbeid is adel, al is die omstandighede ook hoe moeilik. Ons mag dit nie verloor nie. Ons mag dit dus nie aanvaar as mense in die werkplek geboelie word nie. Ons gaan vanjaar mense in die werkplek beskerm tydens byvoorbeeld afleggings, maar ons gaan ook spesifiek optree teen rasseboelies. In hierdie uitgawe kan jy meer lees oor die onderwerpe wat tydens die Op pad na 2030-toekomsberaad bespreek is, asook waar en hoe Solidariteit vir sy lede veg tydens afleggings. Daar is hierdie jaar ook talle opwindende projekte en veldtogte wat wag.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Ons beplan om weer in 2020 voor die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) te verskyn. Ons vorige verskyning was ’n reusesukses wat uitgeloop het op ’n verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie waarin bevind is die toepassing van regstellende aksie in Suid-Afrika is rigied en slegs op ras gebaseer, en dat dit moet verander. Ons sien ook ’n nuwe tendens van vals aantygings van rassisme wat gemaak word. Dis krimineel om mense se loopbane deur vals klagte te vernietig. Ons gaan dit nie duld nie. Solidariteit gaan sy belastingprotesveldtog verskerp. Ons gaan baie sterk opstaan teen planne om voorgeskrewe pensioenbates te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help en beslis ook teen die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering. Ons kan nie ons gesondheid laat “ver-Eskom” nie. Solidariteit het voorts begin om mense volgens hul beroepe te organiseer. Oor tien jaar gaan daar ’n reusenetwerk van beroepsgildes binne Solidariteit georganiseer wees. Die gildes gaan jongmense help om die arbeidsmark te betree. Studiefondse gaan gestig word, internskappe gaan aangebied word, mentorskappe gaan vir jongmense gereël word en werk gaan gesoek word. Gildes gaan help met lewenslange leer. Netwerke gaan gevestig word en die gildes gaan opstaan vir die belange van die beroep. Ons gaan mekaar op groot skaal help. Ons plaas ook groot fokus op die jeug. Solidariteit Jeug moet jongmense toerus vir die werkplek. Binne twee jaar het sowat 8 000 jongmense profiele by ons geskep. Ons het ’n spesiale loopbaanbepaler wat jongmense help met beroepskeuses. Ons gee inligting oor beroepe. Ons help met CV’s. Ons rus jongmense toe met vaardighede sodat hulle voorbereid is vir werksonderhoude. Ons help met hul vorming en met talle ander aspekte. Voorspoed vir die jaar wat voorlê, en onthou: Saam is ons soveel sterker!

Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


brandpunte

in hierdie

uitgawe.

Vryheid is uiteindelik die enigste waarborg vir veiligheid, vir ’n voorspoedige ekonomie, vir werk, vir gelykheid, vir reg en geregtigheid, vir werkende dienste, vir goeie skole, en vir ’n toekoms vir ons kinders.” ~ Flip Buys, voorsitter: Solidariteit Beweging ~

SAL-sakeredding g’n vrywillig ‘n Inploffing van die Suid-Afrikaanse Lugdiens hou potensieel katastrofiese gevolge vir die land in. Daarom het Solidariteit druk op die regering geplaas om ‘n noodlanding, in die vorm van sakeredding, te doen. Solidariteit sal sorg dat die proses deursigtig en sonder inmenging deur die regering plaasvind.

NGV gaan enorme ramp afgee Solidariteit gaan die beplande Nasionale Gesondheidsversekering op alle denkbare terreine beveg. Ons gaan in 2020 deelneem aan openbare verhore en parlementêre voorleggings doen. Ons is ook gereed om, indien nodig, tot in die hoogste hof te baklei om die wet te stuit.

16

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM

Redakteur | Editor: Cilleste van Dyk – cilleste@solidariteit.co.za Webredakteur | Online Editor: Lindie de Beer – lindievz@solidariteit.co.za Advertensies | Advertisements: Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Advertensie-ontwerp | Advertisement design: Martie Maree – martie@solidariteit.co.za Intekenare | Subscriptions: Heleen Nortjé – heleen@solidariteit.co.za Rekeninge | Accounts: Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee Medewerkers | Contributors: De Wet Blaauw, Johan Böning, Wilmarie Brits, Phillip Bruwer, Flip Buys, Inge Janse van Rensburg, Reon Janse van Rensburg, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Connie Mulder, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, Alexa Reinecke, René Roux, Henk Schalekamp, Mia Slabbert, Mandy-Michelle Thackwray, Juran van den Heever, Rochelle van der Berg, Johnell van Vollenhoven, Zydelia Venter, Gerrit Visser en Jhua-Nine Wyrley-Birch

Drukwerk | Printing

twitter Gister ‘n storie gehoor van iemand wat sê die room van die land trek oorsee. Ek verskil, die room van die land is dié wat bly! Ons het helde in ons land, hulle weet dit nog net nie. Mag dit reën waar julle loop!

Ek stem 100% saam. Niks teen dié wat trek nie, maar ek bly. Dis my land en my mense hier. Dis in moeilike tye wat ons ware karakter wys!

@marile_1

facebook

Solidariteit eis dat die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) nie die omstrede plan om Eskom uit die GEPF te finansier, moet aanvaar nie. Indien besluit word om die plan te implementeer, sal Solidariteit regstappe doen.

Ontwerp | Graphic design

Só gons dit op sosiale media

@jeskob_US

Stop plunder van pensioengeld

aksentmedia@vodamail.co.za

gesprek.

Verspreiding | Distribution

Baie dankie aan mev. Stone wat my saak by die KVBA hanteer het. Sonder Solidariteit sou ek nie suksesvol kon wees en vergoeding ontvang het nie.

PD Labuschagne

Minister van finansies, mnr. die Staatspresident, Cosatu en kie: Hande af van ons pensioengeld! Kry gerus vir julle ‘n ander bron om te roof. Ons is sat vir jul streke.

Nelia van Zyl

Het jy iets op die hart? Deel dit met ons op sosiale media of volg ons!

Solidariteit-hoofkantoor | Head Office Adres: H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.

Een minuut kan jou lewe verander. Sluit in slegs een minuut aan by www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

7


spreek-

Buys.

Bou bewaar van geslag tot geslag

Meer as 2 500 jaar gelede moes jong mans in Antieke Griekeland wat diensplig moes doen om burgerskap van die Atheense stadstaat te kry, ’n merkwaardige eed aflê. Hierdie eed, en dit wat dit onderlê, het die grondslag van die Westerse kultuur en beskawing geword. dra. Die Westerse kultuur was en is nie volmaak nie, en het ié 18-jarige mans moes beloof om hulle hulself nes ander groot beskawings aan gruwels soos slawerstad en die erfenis wat hulle van hul ny, verwoestende oorloë, verdrukking en uitbuiting skuldig voorgeslagte gekry het, te bewaar, te gemaak. Die grootsheid van die Weste lê dus nie daarin dat dit verbeter, en dan soos ’n aflosstokkie vir altyd beter was nie, maar dat die Weste homself deurlopend die volgende geslag aan te gee. Daarby verbeter het. moes hulle onderneem om hul gemeenskap dapper te verdedig, die stad se wette eerlik te gehoorsaam, hul regeerders teen te staan as dié nie eerbaar JAN VAN RIEBEECK SE RYK KULTUURSKATKIS optree nie, burgerlike verantwoordelikheid vir hulle stad en sy Hierdie Westerse kultuurskat is deur Jan van Riebeeck na mense te neem, en om die God van hul vaders te dien. Suid-Afrika gebring, en het stelselmatig na die binneland Hierdie eed met sy kern van bewaring en verbetering het uitgebrei deur historiese bewegings soos die Groot Trek. Die oor die eeue in baie vorme weerklink, maar die wese daarvan kulturele skatkis het bestaan uit “hardeware” soos die markwas altyd dieselfde: Dit is dat ’n gemeenskap ’n verbond is ekonomie, die regsorde, wetenskap en tegnologie, stede en tussen dié wat reeds dood is, dié wat vandag lewe en dié wat infrastruktuur, asook “sagteware” soos beskryf in die Atheense nog gebore moet word. Dit beteken dat ’n volk gesien is as Eed, naamlik persoonlike verantwoordelikheid, ondernemer’n onbreekbare ketting van geslagte, waar elke skakel vir sy skap, werketiek, Christelike waardes en roepingsbesef. Dit eie tyd verantwoordelikheid moes neem. Elke geslag moet beteken nie dat alles wat Van Riebeeck met die skip hier dit wat hulle ontvang, verbeter, maar hulle mag dit nie aangebring het of die Trekkers met hulle waens na die binweggee of ten gronde laat gaan nie, want dit is nie net neland geneem het net reg en volmaak was nie. Die kern van hulle s’n nie. Dit behoort aan die ketting van geslagte deurlopende bewaring, regstelling en oordra na die opvolgenwat in die waas van die eeue ontstaan het, de geslagte het egter die kultuur heeltyd verder verbeter. en tot in die verre toekoms in strek. Die Westerse sukses oor die eeue Die wonderlike dinge wat julle in jul skole leer, is die werk spruit dus in wese daaruit dat Westervan talle geslagte. Al dié dinge word in jul hande geplaas linge histories dít wat ons van ons voorgeslagte gekry het, bewaar en as jul erfenis sodat julle dit kan ontvang, eer, verder daartoe verbeter het, en dit weer na die bydra, en eendag dit getrou aan jul kinders kan oorhandig.” volgende geslag oorgedra het. Elke geslag het net verder en hoër gebou as die vorige een. Almal Dit het ook deel geword van Afrikaners se “geboortepapiere” begin nie weer voor, staan oftewel stigtingsdokumente. Dink maar aan pres. Paul Kruger stil of steek in die verlede se laaste boodskap van “neem uit die verlede wat skoon en vas nie. Hierdie Westerse mooi is en bou die toekoms daarmee,” en Langenhoven se kultuurskat is deur sterk bede in die laaste vers van “Die Stem” waar hy vra “... dat die instellings soos skole, erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly.” Hierdie kulturele stede, gemeenskapsskatkis is veel meer as braaivleis, rugby en sonneskyn. Dit is organisasies en ’n werkende land, ’n produktiewe ekonomie, ’n regverdige ander instellings regsorde, ’n eerbare demokratiese regering, bekwame staatsvan geslag tot administrasie, ’n produktiewe en goed betaalde werkmag. Dit geslag bewaar is wêreldklasstede en goed regeerde dorpe, goeie skole en en oorgewêreldklaskolleges en -universiteite.


Die Parthenon (bouwerk is reeds in 438 v.C. voltooi) word beskou as ‘n blywende simbool van Antieke Griekeland, Atheense demokrasie en die Westerse beskawing.

FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM

Dit is ’n moderne samelewing met al die dienste en geriewe wat daarmee gepaard gaan, soos werkende hospitale, paaie, huise en infrastruktuur. Hierdie skat van ons kultuur moet ons – soos Van Wyk Louw so treffend sê – veilig “deur die massa dra” en vir die volgende geslag bewaar. Albert Einstein het hierdie oordrag tussen geslagte pragtig soos volg aan ’n groep kinders gestel: “Die wonderlike dinge wat julle in jul skole leer, is die werk van talle geslagte. Al dié dinge word in jul hande geplaas as jul erfenis sodat julle dit kan ontvang, eer, verder daartoe bydra, en eendag dit getrou aan jul kinders kan oorhandig.” Elke geslag dink hy is slimmer as die vorige en wyser as die volgende geslag, het George Orwell gesê. Daarom lewer mense vandag vurige kritiek op ons voorouers, want hulle weet nie wat die omstandighede was waarin hulle moes leef nie. Terselfdertyd besef ons nie altyd hoe belangrik dit is om te bewaar wat ons gekry het nie, want ons aanvaar dit as vanselfsprekend. Die historikus prof. Hermann Giliomee het gesê: “Dit is verstommend watter gebrek aan strategiese denke daar by Afrikaners in sleutelposisies is. Dit gaan ver terug in die onlangse geskiedenis. Eers is daar ’n totale oorskatting van mag, en dan dieselfde totale onderskatting van middele tot jou beskikking wat vir ’n goeie doel aangewend kan word. En, o, die dwingende begeerte om af te gee, prys te gee en oor te gee in die waan dat dit die moreel regte ding is om te doen.”

DIE GESKIEDENIS SE TAAK AAN ONS GESLAG Die geskiedenis gee aan elke geslag ’n taak. Sommiges kry makliker take as ander. Sommige mense kry baie, ander moet baie gee. Maar omdat – daar ’n verbond tussen die geslagte is, ’n beskawing ’n ketting van geslagte is wat soos met ’n afloswedloop dít wat jy kry, moet bewaar en vir die volgende geslag aangee, en die een geslag van die vorige en die volgende een afhanklik is, beteken dit dat as net een geslag nie sy taak opneem nie, daardie ketting vir altyd verbreek is. Dan gaan daardie beskawing onder, verskraal tot ’n voetnota in ’n geskiedenisboek. Die geslagte voor ons het met groot uitdagings te kampe gehad. Die een geslag moes die Groot Trek aanpak, die volgende een die Anglo-Boereoorlog. Daarna het die modernisering van Afrikaans gevolg waardeur die land opgebou is. Die volgende geslag moes die Koue Oorlog en die

Grensoorlog trotseer en het die volkereverhoudingsprobleem onsuksesvol probeer oplos deur sogenaamde “afsonderlike vryhede.” Die volgende geslag moet ’n oplossing vind vir meerderheidsregering wat in meerderheidsoorheersing begin ontaard.

SELFBESTUUR Die harde waarheid is dat staatsbestuur van bo af besig is om te misluk, en dat ons groeiende selfbestuur van onder af sal moet bou met sterk gemeenskapsorganisasies. Hoe hoër die vlakke van selfbestuur wat ons op elke gebied bou, hoe meer vryheid sal ons hê. Vryheid is uiteindelik die enigste waarborg vir veiligheid, vir ’n voorspoedige ekonomie, vir ons lede se werk, vir gelykheid, vir reg en geregtigheid, vir werkende dienste, vir goeie skole, en vir ’n toekoms vir ons kinders. Ons mense het deur hul vindingrykheid, skeppende vermoë en ondernemingsgees reeds vir sowat veertien geslagte wêreldklasprestasies op alle gebiede in Suid-Afrika bereik: medies, sport, wetenskap, sake, kultuur en die kunste. Daarom is ons geslag se taak om dieselfde vermoë aan te wend om op staatkundige gebied weer al hierdie elemente in ’n samehangende plan in te weef. Dit is ’n voorwaarde vir volhoubare werkgeleenthede en ’n goeie werk in hierdie land.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

9


FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

10

ie Solidariteit Beweging het in Oktober 2019 ’n toekomsberaad aangebied waar die Beweging se planne tot en met 2030 bekendgemaak is. Die beraad het daarop gefokus om ’n toekoms te beplan en te skep vir die volgende geslag jong Afrikaners en Afrikaanssprekendes. Al is daar onsekerheid en wanhoop by talle mense, jonk en oud, wat vervreemd voel in ’n land wat se regering namens hulle besluit oor hul toekoms, beplan en werk die Solidariteit Beweging steeds vir die toekoms. Daar is ongetwyfeld groot struikelblokke in ons pad en baie mense oorweeg geleenthede in die buiteland, maar die Solidariteit Beweging ontwikkel juis ’n netwerk waarby ons lede kan inskakel deur instellings soos Solidariteit se Netwerk van Werk, AfriForum se Veg-en-bou-plan en ander instellings soos Helpende Hand, sodat plaaslike geleenthede geskep word. Daarby help die Studiefondssentrum en wêreldklasopleidingsinstellings soos Akademia

en Sol-Tech om gehalte-onderrig in Afrikaans aan jongmense te bied en sal die Skoleondersteuningsentrum 30 onafhanklike skole teen 2030 in die ankerdorpe in Suid-Afrika vestig. Dit bewys dat waar daar ’n wil is, is daar ’n weg!

DIE 2030-PLAN IN ’N NEUTEDOP

WAAROM DOEN ONS WAT ONS DOEN?

2. 2

Ons almal is deel van ’n gemeenskap met die behoefte om ’n toekoms te skep waarin ons kinders veilig kan grootword en kan floreer. Ervaring het bewys dat hoe minder die staat betrokke is, hoe beter is die oplossing! “Die Afrikaner het ’n geskiedenis van veerkragtigheid. Ná elke krisis het die Afrikaner ook teruggebons. Gaan ons die eerste geslag wees wat nie terugbons nie? Wat nie ’n roepingsbesef het nie? Wat nie besef dat die Here vir ons ’n opdrag vir ’n spesifieke tyd en op ’n spesifieke tyd gee nie?” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gevra. Solidariteit wil graag hê dat almal wat wil werk, moet kan werk! Daarom gaan ons oor die volgende tien jaar nog harder werk en bou aan ‘n toekoms net hier in Suid-Afrika!

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

1. 1

3. 3

4. 4

5. 5

Afrikaners se groot uitdaging is nie hul klein getalle nie, maar hul yl verspreiding. Groter konsentrasie is nodig. Daar is 30 dorpe geïdentifiseer waarheen Afrikaners natuurlikerwys trek. Konsentrasie in plekke en instellings maak dit moontlik om gemeenskapsoplossings vir skole, opleiding, veiligheid, werk, kultuur, maatskaplike en munisipale dienste te vind. Die Vierde Nywerheidsrevolusie en die veerkragtigheid van Afrikaanse jongmense gaan oplossings bring vir vraagstukke waarvoor daar tot dusver nie antwoorde was nie. Solidariteit gaan steeds sy lede in die algemeen beskerm, maar gaan spesifiek fokus op rasseboelies. Daar word beplan om weer voorleggings aan die Verenigde Nasies te doen en die nuwe tendens van vals aantygings van rassisme gaan beveg word. Werkende mense gaan volgens beroepsgildes georganiseer word. Gildes gaan jongmense help om die mark te betree, netwerke vorm, help met opleiding en gaan


Planne moet nie net van die regering afhang nie, maar van onsself, anders is dit slegs ‘n wenslys.”

~ Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging ~

R8 miljard gaan oor die volgende tien jaar gemobiliseer word om die groot projekte van die 2030-blyplan te finansier.

6. 6

7. 7

8. 8

9. 9

opstaan vir die belange van die beroep. Teen 2030 gaan ’n reusenetwerk van beroepsgildes binne Solidariteit gevestig wees. Solidariteit Jeug help jongmense om gereed en voorbereid te wees om die arbeidsmark te betree en om in die mark geplaas te word. Akademia gaan sy studiesentrums landwyd uitbrei en tussen 30 en 40 nuwe grade laat akkrediteer. ’n Nuwe kampus wat 5 000 studente sal huisves, gaan teen ’n koste van meer as R1,5 miljard gebou word. Die eerste studente wat lesings op kampus sal kan bywoon, sal reeds in 2021 op ’n tussentydse kampus kan begin klasloop. Sol-Tech het reeds 1 300 studente in die onderskeie fases van opleiding wat tans vir sewe ambagte voorsiening maak. ’n Nuwe kampus en koshuise gaan teen ’n bedrag van R300 miljoen gebou word. Sol-Tech se kapasiteit gaan verdubbel en sy opleidingsaanbod gaan vergroot. Die groot bouprojekte word deur die nuwe eiendomsmaatskappy, Kanton, aangepak. Kanton bou

10. 10

11. 11

12. 12

13. 13

lewensruimtes vir Afrikaans en vind ’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal. Beleggers kan ’n goeie kulturele én finansiële opbrengs verwag. Teen 2030 gaan die getal Helpende Hand-takke van 150 tot 190 groei. Ondersteuners gaan van 40 000 tot 80 000 toeneem. Die getal Helpende Hand-winkels gaan van 50 tot 80 toeneem. Die getal maatskaplike werkers gaan van 15 tot 30 vermeerder. S-leer is verantwoordelik vir lewenslange leer. Dit plaas mense aan die voorpunt van die kennisgolf. Daar word beplan om 100 kursusse in verskeie vaardighede teen 2030 aan te bied. ’n Bedrag van R8 miljard gaan in die volgende 10 jaar gemobiliseer word om al die groot projekte van die 2030-blyplan te finansier. Die 2030-plan is ’n gemeenskapsplan. Hoe meer gemeenskap en hoe minder staat, hoe meer vryheid is daar. Selfverantwoordelikheid beteken die toekoms is jou verantwoordelikheid. Dít is bevrydend.

14. 14 Internasionale skakeling deur die Solidariteit Beweging gaan na ’n nuwe vlak geneem word. Die afgelope vyf jaar is groot sukses in Europa, die VSA en Australië hiermee behaal. Die fokus sal op steun- en fondswerwing wees.

KRITIEK EN KREDIET Die Solidariteit 2030-blyplan is ’n gemeenskapsplan wat die gemeenskap moet bestuur. Al die instellings wat daarby betrokke is, is bloot voertuie. Die Solidariteit Beweging se krag is verbondenheid aan mekaar. Ons nooi ons lede uit om deel te neem aan gesprekke, al is dit op sosiale media. Lewer kritiek waar dit nodig is, maar gee ook krediet waar dit toekom. Moenie modder gooi nie en bou brûe na ander gemeenskappe in Suid-Afrika. Leer om jou medeburgers se taal te praat en maak ’n verskil! Die Solidariteit Beweging gaan bly, maar ons gaan nie stilbly nie. Ons glo aan selfbestuur en selfstandigheid. Ons toekoms hoef nie deur die staat bepaal te word nie, omdat die krag van die gemeenskap sterker is as die mag van die staat!

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

11


Bou & beskerm

NUUSWAARDIG

“BESIEL MEKAAR OOR SUKSESSE PLEKS VAN VERLAM OOR VERVAL”

moedeloosheid te verval nie en dat suksesvolle mense en gemeenskappe wêreldwyd gekenmerk word deur hulle optimisme. Daarom is die Solidariteit Beweging se strategie om eerder te doen wat ons kan. “Ons moet mekaar besiel oor dit wat ons kan regkry, eerder as om mekaar te verlam met alles wat verval. Natuurlik is daar genoeg om oor bekommerd te wees, soos die elektrisiteitskrisis. Daar is gelukkig nog duisende hardwerkende Solidariteit-lede en ander wat hard werk om die land se ligte aan te hou,” het Buys gesê. Die Solidariteit Beweging kan in twee woorde opgesom word: beskerm en bou. Dit beteken dat ons soveel moontlik sal aanhou doen om verdere verval te voorkom en terselfdertyd so vinnig as moontlik sal bou om vooruitgang te bewerkstellig. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het tydens die werksessie gefokus op die Vierde Nywerheidsrevolusie (4NR) en watter impak dit op die Suid-Afrikaanse arbeidsmark gaan hê. Volgens Du Plessis sal die 4NR ’n groter invloed hê op ongeskoolde

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

olidariteit bied aan die begin van elke jaar ’n werksessie vir sy personeel aan waar die uitdagings van die komende jaar bespreek word en gepoog word om daadwerklike oplossings vir hierdie uitdagings te vind. Omdat Solidariteit ’n vakbond is en ons lede daagliks uitdagings in die werkplek beleef, is hierdie werksessie ook belangrik om spesifieke uitdagings rakende arbeidsverhoudinge te identifiseer, te ontleed en met oplossings vorendag te kom. Hoewel Solidariteit vroeg in 2020 reeds hard aan die werk is om vir sy lede en vir Suid-Afrikaners ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms te verseker, is die nuwe jaar – wat ook ’n nuwe dekade inlui – nie juis met groot opgewondenheid deur Suid-Afrikaners begroet nie. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is die rede vir hierdie swaarmoedigheid alombekend: Die ANC het die land tot op die rand van die afgrond geregeer en daar is geen teken dat hulle ’n ander rigting wil of kan inslaan nie. Hy meen egter dat dit nie help om in

12

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

werkers soos produksielynwerkers, mynwerkers, klerevervaardigers, kassiere en tellers. Hy het gesê dat geskoolde werkers soos finansiële en regsadviseurs, reisagentskappe en medici ook geraak sal word, maar slegs in ’n geringe mate. Volgens die Nedlac-verslag wat in Maart 2019 verskyn het, sal die 4NR ’n afname in poste soos vragagente en aankopeklerke tot gevolg hê, terwyl daar ’n toename in verskeie ander beroepe soos digitale vervaardiging, fabriekoutomatisering en afrigters vir digitale vlotheid sal wees. Dit is belangrik dat werknemers hulself verder oplei of heroplei in hulle beroepsveld om relevant in die werkomgewing te bly. Die Wêreld- Ekonomiese Forum se statistiek toon dat tot 41% van die bestaande poste in Suid-Afrika geoutomatiseer kan word. Studies het ook bevind dat 65% van die kinders wat vanjaar met graad 1 begin het, beroepe sal volg wat nog nie bestaan nie. Solidariteit is daarop gefokus om vir al ons lede ’n omgewing te skep waar hulle vry, veilig en voorspoedig kan leef. Kom bou die jaar saam met ons – vele hande maak immers ligte werk!



Turbulensie

SAL-SAKEREDDING DANKSY SOLIDARITEIT, WATWOU VRYWILLIG

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM • BYKOMENDE BRON: NETWERK24.COM

Ofskoon die regering aanvoer dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vrywillig onder sakeredding geplaas is, is dit in werklikheid danksy volgehoue druk van Solidariteit dat daar by die sukkelende lugdiens se sake ingegryp is. Daar is egter steeds geen plan vir die redding van die SAL nie. Sy krediteure het aan die sakereddingspraktisyns tot einde Maart uitstel gegee om hul planne voor te lê.

14

ie Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is al jare lank ‘n albatros om die belastingbetaler se nek. Met opgehoopte verliese van meer as R32 miljard en meer as R27 miljard se skuld het dit ‘n enorme fiskale risiko vir die SuidAfrikaanse belastingbetaler geword. Solidariteit het al lankal gesê dat radikale eksterne ingryping nodig is om die lugdiens om te draai – en om die belastingbetaler dit te spaar om te moet instaan vir die eindelose reddingsboeie wat aan ‘n insolvente maatskappy gegee word. Teen die einde van 2019 het die situasie by die SAL onhoudbaar geword. Solidariteit was toe reeds in gesprek met die departement van openbare ondernemings oor ‘n omdraaistrategie by die SAL. Die staking van NUMSA en SACCA in November verlede jaar het dinge op die spits gedryf en dit het Solidariteit genoodsaak om tot aksie oor te gaan om die belastingbetaler en ook ons lede by die lugdiens teen die roekelose en nalatige optrede van die SAL se bestuur te beskerm. ‘n Inploffing van die SAL hou potensieel katastrofiese gevolge vir die Suid-Afrikaanse fiskus in – die regering

waarborg amper R19 miljard van sy skuld, maar staan ook pa vir verskeie van die langtermynhuurkontrakte wat vir vliegtuie in sy vloot aangegaan is. Die koste wat dít vir die belastingbetaler inhou, word op ongeveer R40 miljard geraam – wat die Suid-Afrikaanse fiskus net nie kan hanteer nie. Die groot uitdaging is natuurlik die kettingreaksie wat ‘n inploffing van die SAL op Eskom se skuld tot gevolg sou hê. Ten beste maak dit Eskom se skuld duurder; ten slegste raak Eskom se skuld onmiddellik betaalbaar. Albei scenario’s is katastrofies vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Daarom het Solidariteit aangevoer dat ‘n noodlanding, in die vorm van sakeredding, gedoen word eerder as wat ons toekyk hoe ‘n staatsinstelling in duie stort en onmeetbare skade aan die fiskus aangerig word. Die daad is by die woord gevoeg en ‘n hofaansoek is op die SAL beteken om sakeredding deur middel van ‘n hofbevel af te dwing. Aanvanklik het die departement van openbare ondernemings aangedui dat hy die hofaansoek sou teenstaan – net om twee dae later aan te kondig dat die departement die SAL in “vrywillige” sakeredding plaas.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Verskeie kommentators het daarop gewys dat dié stap geensins vrywillig was nie en dat Solidariteit die regering daartoe gedwing het. Wat onmiddellik gebeur het in die geval van die SAL se sakeredding is dat die regering sy beheer oor die dag tot dag bestuur van die lugdiens verloor het. Hierdie verantwoordelikheid lê nou by die sakereddingspraktisyns, Les Matuson en Siviwe Dongwana, wat vir die SAL aangestel is. ‘n Sakereddingspraktisyn neem die beheer van ‘n maatskappy in sakeredding volledig oor en tree as hoof- uitvoerende beampte en superdirekteur op met die doel om die maatskappy om te draai. Ons het reeds gesien hoe Matusen en Dongwana verskeie nodige en drastiese stappe gedoen het om te red wat daar te red is by die SAL. Verskeie roetes wat nie winsgewend was nie, is gesny of is na die laekostelugdiens


R16,5 MILJARD

SAL-skuldlas rem Comair se syfers

D

gaan oor die volgende drie jaar aan die SAL gegee word, het Tito Mboweni, minister van finansies, in sy begrotingsrede gesê – R10,3 miljard in die eerste jaar, R4,3 miljard in die tweede en R1,8 miljard in die derde. Die SAL het sedert 1994 sowat R54 miljard se reddingsboeie ontvang en in 2011 laas ‘n wins getoon.

SA Express dalk ook onder sakeredding geplaas

D

ie hooggeregshof het vroeër beslis dat die SAL se susterslugdiens SA Express in sakeredding geplaas moet word. Hoewel SA Express teen die beslissing wil appelleer, is hy bankrot en kan nie sy skuld betaal nie. Sy verliese die afgelope dekade beloop sowat R1,2 miljard en die lugdiens het reeds R2,2 miljard in reddingsboeie ontvang. R600 miljoen is in die begrotingsrede vir dié lugdiens opsygesit.

R500 MILJOEN Die streekslugdiens Airlink wag steeds op uitspraak in sy hofaansoek dat die SAL se sakereddingspraktisyns meer as R500 miljoen moet betaal vir inkomste uit Airlink-vliegkaartjies wat die SAL as agent namens Airlink verkoop het.

Mango oorgeplaas wat beter geposisioneer is om daardie roetes te bedien. Voorts is alle kontrakte rondom aankope onder die loep geneem en het die SAL kwytskelding van verskeie regulasies rondom aankope gekry. Daar is ook sprake van afleggings by die SAL wat ongelukkig onafwendbaar lyk – met of sonder sakeredding. ‘n Maatskappy wat so diep in die moeilikheid is, gaan moeilik kan voortgaan sonder ‘n verlies aan personeel. Die alternatief vir sakeredding was likwidasie – wat daartoe sou lei dat alle personeel hul werk sou verloor. Sakeredding is juis ontwerp om te red wat te redde is. Daar is egter steeds geen plan vir die redding van die SAL nie. Die SAL se krediteure het aan die sakereddingspraktisyns nog ‘n maand uitstel tot

einde Maart gegee om hul planne voor te lê. “Hoewel Solidariteit inval by die krediteure se besluit om uitstel te gee, verloor die sakereddingsproses sy geloofwaardigheid weens die gebrek aan deursigtigheid,” het Derek Mans, Solidariteit se verteenwoordiger in die lugdiensbedryf, gesê. Ons wag tans op die gepubliseerde sakereddingsplan wat dan presies sal uitstippel wat die sakereddingspraktisyns beoog om te doen ten einde die SAL om te draai. Weens die kompleksiteit van ‘n staatsbeheerde maatskappy wat in sakeredding geplaas word, neem dit effens langer as in die geval van ‘n privaat maatskappy in sakeredding. Solidariteit is deurentyd

ie genoteerde lugdiensgroep Comair, wat vlugte onder die handelsmerke Kulula en British Airways bedryf, het gesê sy syfers word baie nadelig deur die SAL geraak. Die SAL skuld Comair na berig word nog byna R800 miljoen van ‘n skikkingsbedrag weens oortredings van die Mededingingswet jare gelede. Comair het aanvanklik voorsien dat die SAL R285 miljoen daarvan nie sou kon terugbetaal nie, maar het dié bedrag nou tot R505 miljoen opgestoot. Comair het ook die versiening van sy vliegtuie, wat voorheen deur SAL Tegnies gedoen is, na Lufthansa Technik verskuif.

betrokke by die proses en maak doodseker dat daar geen onbehoorlike inmenging deur die regering is nie. Wat die groter prentjie betref, het ‘n monumentale verskuiwing plaasgevind – die SAL is die eerste staatsbeheerde maatskappy wat in sakeredding geplaas is en dit baan die weg om alle sukkelende staatsbeheerde maatskappye, soos Eskom, Prasa en Denel, ook in sakeredding te laat plaas. Sodoende kan regeringsinmenging in hierdie maatskappye beperk word en kan daar toegelaat word dat sakelui, eerder as burokrate, die ondernemings bedryf.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

15


NUUSWAARDIG

40%

van gesondheidsorgpraktisyns sal eerder emigrasie oorweeg as om in ’n korrupte NGV-bestel te werk.

10%

Die persentasie waarmee alle belastings sal moet verhoog om die tekort op die NGV-fonds te finansier.

Nee vir NGV KENNERS WAARSKU OOR EKONOMIESE, MAATSKAPLIKE RAMP

olidariteit, sy lede en ondersteuners het die afgelope jaar reuseoorwinnings op verskeie gebiede behaal. Ons het selfs daarin geslaag om die regering te dwing om die SAL (lees ook die artikel op bladsy 14) onder sakeredding te plaas. Tog lê die belangrikste veldslag in ons geskiedenis nog voor: Die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal Suid-Afrika se verval in ’n mislukte staat bykans onafwendbaar maak en daarom doen ons alles moontlik om dit te stuit. Solidariteit staan steeds aan die voorpunt van ’n omvattende ondersoek na en kritiek op die voorgestelde NGV-stelsel, daarom het ons die land se voorste kenners en deskundiges genader om verslae oor die impak en omvang van die stelsel saam te stel. Prof. Jannie Rossouw van Wits het ’n verslag oor die drastiese ekonomiese gevolge van die wetsontwerp op nasionale gesondheid saamgestel.

16

Hy het bevind dat Suid-Afrika se totale belastinglas (feitlik alle belastings) met meer as 10% gelig sal moet word net om die tekort op die NGV-fonds te finansier. Prof. Rossouw gee egter toe dat hierdie skatting waarskynlik baie konserwatief is en dat die werklikheid waarskynlik veel erger sal wees. Prof. Alex van den Heever, ’n gesondheidsorgekonoom, het op sy beurt die verreikende en verwoestende sosioëkonomiese aspekte van die wetsontwerp ontbloot. Hy het getoon dat daar bykans geen logiese verband is tussen die krisis wat tans in SuidAfrika se gesondheidsektor woed en die bepalings van die wetsontwerp nie. Volgens hom is die wetsontwerp by uitstek saamgestel om ’n plunderput vir individue met politieke konneksies te wees en dat dit weinig doen om oplossings te vind vir die probleme wat openbare gesondheidsorg kortwiek. Hierdie verslae het as insette gedien vir Solidariteit se kommentaar wat op 29 November 2019 by die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

parlement ingedien is. Die geveg duur egter voort. Bo en behalwe skriftelike kommentaar het Solidariteit ook reeds onderneem om die wetsontwerp op alle ander denkbare terreine te beveg. Solidariteit gaan vanjaar deelneem aan openbare verhore en parlementêre voorleggings doen. Ons is ook gereed om, indien nodig, tot in die hoogste hof te baklei om die wet te stuit. Die voorgestelde NGV-stelsel is nie ekonomies lewensvatbaar nie, soos wat prof. Rossouw bewys het. Solidariteit se eie navorsing het getoon dat soveel as 40% van gesondheidsorgpraktisyns emigrasie sal oorweeg eerder as om in ’n korrupte NGV-bestel te werk. Die NGV, sou dit ooit ten volle in werking tree, sal ook ’n maatskaplike ramp tot gevolg hê, meen prof. Van den Heever. Dit moet eenvoudig gestop word. Die NGV bly Suid-Afrika se grootste bedreiging en Solidariteit se grootste geveg, maar ons is voorbereid en oorgehaal om dié geveg te wen.



NUUSWAARDIG

Oudagdiewe! ensioengeld is heilige geld – dit is ’n leeftyd se spaargeld. As jy hierdie geld plunder, steel jy iemand se oudag. Dit is moreel verkeerd en Solidariteit sal dit met alles in ons beveg,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Dit kom nadat Tito Mboweni, minister van finansies, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, tydens twee verskillende geleenthede aangaande die begrotingsrede einde

*

Jy kan pensioenkaping stop.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

SMS “steun” na 34802.

Februarie gesê het hulle is te vinde vir ’n plan waar staatsamptenare se pensioen gebruik word om sukkelende staatsinstellings te finansier. Mboweni het egter nie daar gestop nie en gesê dat privaat pensioene ook ingespan moet word. “Sulke uitsprake van ’n regeringsamptenaar is roekeloos. Dit veroorsaak paniek onder alle werkers wat nie gaan toekyk hoe hulle spaargeld in wanbestuurde staatsinstellings gegooi word nie. Daar is geen verantwoordbaarheid nie en die maklike opsie is nou pensioene,” meen Hermann. Die plan om die staat se pensioenfonds (GEPF) te gebruik om Eskom se skuldlas te verlig, is aanvanklik deur Cosatu voorgestel. Mboweni se uitbreiding dat alle pensioene en nie net die staatspensioenfonds hiervoor gebruik moet word, is niks anders as voorgeskrewe bates soos destyds deur die apartheidsregering toegepas nie. “Indien die regering wil hê pensioenfondse moet in staatsinstellings belê, is die oplossing eenvoudig:

18

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Maak staatsinstellings aantreklike beleggings. Dan sal mense toustaan om te belê en hoef jy hulle nie met wetgewing te dwing nie,” het Hermann gesê. “Hoewel pensioenkaping ’n groot bekommernis is, is daar nog niks tasbaar van die regering se kant af gebied nie. Daar word net roekelose uitsprake gemaak, maar dit word nooit aan enige plan verbind nie. Dit dui op ’n regering wat desperaat hoop ons hou op weerstand bied dat hulle kan toeslaan. Ons durf nie gaan lê nie. Ongelukkig vir hulle is Solidariteit vlugvoetig in ons strategie om pensioenkaping te bestry. Ons het onsself tussen die regering en mense se spaargeld geposisioneer en ons gaan nêrens nie. “Ons kan nie toelaat dat die ANC ons toekoms steel om vir hulle verlede te betaal nie. Ons kan ook nie toelaat dat Suid-Afrika die pad van Zimbabwe stap solank ons bestaan nie,” het Hermann gesê.


NUUSWAARDIG

WERKNET

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

SNUFFEL SONDER SUKKEL VIR WERK

erknet is Solidariteit se gratis en gerieflike Afrikaanse aanlyn portaal waar werkgewers en werknemers mekaar kan ontmoet. Werkgewers kan poste adverteer en geregistreerde Werknet-gebruikers kan aansoek doen. Heel eerste moet jy met jou gebruikersnaam en wagwoord op die Solidariteit-webtuiste inteken. Jy moet by Solidariteit geregistreer wees om Werknet te kan gebruik. Nadat jy ingeteken is, klik op die skakel “Werknet”. Jy sal dan na Werknet se tuisblad geneem word. Hier kan jy die vakante poste sien waardeur jy self kan blaai of jy kan soek vir plekke waar jy wil werk asook vir voltydse, deeltydse of internskapposte. Indien jy ’n werkgewer is wat ’n pos wil adverteer, moet jy op die skakel “Adverteer

’n pos” klik. Jy sal dan na Werknet geneem word waar jy die pos kan oplaai. Alles wat jy nodig het om ’n pos te adverteer, is daar! Onthou om al die velde in te vul en die pos te publiseer, anders sal dit nie oplaai nie. Daar ook plek vir werksoekers om hul CV’s op te laai. Klik op “Laai jou CV” as jy nog nie ’n CV op Werknet het nie, of op “My CV” om jou bestaande CV te lees, by te werk of te verwyder. Om aansoek te doen vir ’n pos, klik op “Doen aansoek” en volg die stappe. Indien jy sukkel om jou weg op Werknet te vind, gaan loer onder “Vrae en antwoorde” vir raad.

Lees ook Webwys op bladsy


NUUSWAARDIG Lees ook die artikel oor Solidariteit Beroepsgildes op bladsy

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Suid-Afrika is nie ’n land wat met vele oorwinnings kan spog nie. Trouens, ons is in baie opsigte presies die tipe “verloorland” wat pres. Donald Trump van die VSA in gedagte gehad het toe hy sommige lande ’n tyd gelede met badkamergeriewe vergelyk het.

20

it is nie eens nodig om na bronne soos die Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldbank of die Wêreld- Ekonomiese Forum te verwys om hierdie punt te staaf nie. Die werklikheid beeld dit veel beter uit as wat enige statistiek kan. Misdaad, ’n krimpende ekonomie, armoede en beurtkrag is maar enkele tasbare bewyse van die stand van Suid-Afrika, en die uitwerking daarvan op ons daaglikse bestaan kan in geen grafiek of diagram akkuraat weergegee word nie. Maak dit van ons ’n mislukte staat? Nee, maar ons het beslis ’n mislukte regering. Die ANC kry dit elke dag reg om vir arme Paulus op sy kop te draai. Waar Tessalonisense sê “beproef alle dinge en behou die goeie”, probeer die ANC om alles wat goed is te vernietig. Sodra iets in hierdie land werk, sodra ons êrens begin wen, dan probeer die regering daardie sfeer ook insluk. Watter bedryf het al ooit beter begin doen nadat die regering

30

dit oorgeneem het? Nasionalisering is die straf vir sukses in Suid-Afrika. Terwyl daar min oorwinnings is om in Suid-Afrika te vier, was sport darem nog altyd ’n uitsondering. Ons is tans die rugbywêreldkampioen, ons vaar heel goed met krieket, en daar is verskeie ander sportsoorte soos atletiek en swem waarin ons ook

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

presteer. Ongelukkig gaan sport nou ook gestraf word vir sy sukses. Die regering wil by wyse van die omstrede Wysigingswet op Sport en Ontspanning verreikende magte gee aan die minister van sport, kuns en kultuur om alle sport of enigiets wat lyk soos ’n aktiwiteite wat tot fiksheid bydra, te reguleer en oor te neem op nasionale, provinsiale en selfs plaaslike vlak. Dit sal aan staatsamptenare direkte beheer oor alle sport binne Suid-Afrika gee. Op nasionale vlak sal selfs spankeuses en die administrasie van spanne soos die Proteas onder die minister val. Solidariteit se Beroepsgilde vir Sportlui neem deel aan die proses om die voorgestelde Wysigingswet op Sport en Ontspanning te stuit en sal kommentaar daaroor indien. Internasionale organisasies soos die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en die sokkerbeheerliggaam Fifa het streng reëls oor politieke inmenging in sport, en ons moet selfs nog strenger wees. Ons gee hierdie wet dus ’n rooi kaart en sal alles in ons vermoë doen om een van die min eilande van uitnemendheid in ons land te bewaar.



NUUS WAARDIG BEDRYFS NUUS

DIS ’N BLOEDBAD Duisende werknemers verslae huis toe ná vernietigende nuus oor beplande afleggings

Dié poste gesog Volgens die aanlyn werwingsagentskap Adzuna se jongste verslag, sukkel Suid-Afrikaanse werkgewers om ingenieurs, programmeerders en rekenmeesters met die regte vaardighede te kry. Dit is veral die finansiëledienstesektor wat bekwame werknemers soek.

van die skaarsste vaardighede in Suid-Afrika is in die tegnologiesektor.

1 000+ weg by MultiChoice Meer as 1 000 werknemers van MultiChoice is hul werk kwyt in die afleggingsproses by dié maatskappy. 2 194 het briewe oor die afleggings ontvang, waarvan sowat 1 000 vrywillige skeidingspakkette aanvaar het en 24 werknemers deur gedwonge aflegging geraak is.

Die aantal werknemers waarvan Telkom ontslae wil raak. Sowat 1 700 hiervan is glo tegnici.

22

ie Kersseisoen het vir duisende families van werknemers in die vervaardiging- en mynbousektor die droewige vooruitsig ingehou dat grootskaalse afleggings in 2020 op hulle wag. Dit is voorafgegaan deur heelwat afleggings vroeër in 2019 wat meer as 7 000 werkers in verskeie bedrywe in Suid-Afrika geraak het. Van dié afleggings het onder andere plaasgevind by Hillside Aluminium in Richardsbaai, by ál AMSA se entiteite, onder meer die algehele sluiting van die Saldanha-smelter, Samancor, Glencore en Mogale Alloys. Meer as 3 000 poste is hierdeur geraak, terwyl kontrakteurs en diensverskaffers ook deur die krimpende sektore geraak word. Trae ekonomiese groei, en veral regulasies deur die staat wat dit vir maatskappye direk en indirek onmoontlik maak om te groei, het die grootskaalse afleggings veroorsaak. Kleiner, plaaslike verskaffers kan prysgewys nie meeding nie en voldoen dus dikwels nie aan die regulatoriese vereistes wat gestel word nie. Met die inkrimping van die ekonomie het die vraag na produkte wat deur hierdie bedrywe gelewer word, geleidelik afgeneem. ’n Natuurlike gevolg sal dus wees om produksiekoste te sny om meer mededingend in ’n verkleinde mark te kan wees, en op sy beurt weer ’n groter vraag na produkte te stimuleer. Geen maatskappy kan onaangeraak wees wanneer kontrakte opgeskort word nie. Boonop het lang tenderprosesse en die versuim van kliënte om hul finansiële verpligtinge na te kom, veral staatsentiteite soos Prasa, Denel en Eskom, ’n beduidende effek op kontantvloei. Ongunstige omstandighede word geskep deur die onwilligheid van die regering om aan aanbevelings gehoor te gee, aanpassings te maak en sodoende verdere afleggings hok te slaan. Deur onmededingende elektrisiteits- en spoortariewe asook wisselvallige elektrisiteitsvoorsiening wat bydra tot afleggings, maak die regering dit vir maatskappye onmoontlik om met internasionale rolspelers mee te ding.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

As gevolg van die sluiting van AMSA se Saldanha-aanleg is RHI Refractories, TMS, Wispeco se Parow-tak en Cibapac se Montague Gardens-tak gesluit, en word ’n verdere 700 werknemers by AAT Composites, wat tans met ’n afleggingsproses besig is, geraak. Macsteel, Aveng Trident en Robor moes ook personeel aflê, en Wictra Holdings sal noodgedwonge moet sluit. Meer as 600 poste by hierdie maatskappye word geraak. Met die aanvang van 2020 kondig Samancor Chroom en Glencore Alloys op 17 Januarie aan dat hulle beplan om onderskeidelik 600 en 650 werknemers af te dank. Verdere afleggingskennisgewings in die mynbousektor is ook ontvang van Western Chrome Mines en Eastern Chrome Mines, wat tot 2 488 werknemers kan raak. Voorts het Telkom aangekondig dat hy van 3 000 werknemers ontslae wil raak. Die maatskappye Massmart, Aspen en Sibanye-Stillwater het ook aangekondig dat meer as 1 000 werkers by elk van hierdie ondernemings deur afleggings geraak gaan word. Sulke aankondigings word telkens met skok aangehoor. Werknemers moet verslae huis toe gaan en die vernietigende nuus met hul afhanklikes deel. In baie gevalle het werkers beplan om by hierdie werkplekke af te tree, maar nou word hulle gedwing om in ’n reeds ongunstige arbeidsmark ’n nuwe heenkome te vind. Dit beteken dikwels ook dat hulle sal moet verhuis. Dit beïnvloed die direkte ekonomie van die gemeenskap waarbinne hierdie afleggings plaasvind, en natuurlik ook die groter ekonomie waarbinne hierdie huishoudings en maatskappye gefunksioneer het. Solidariteit is betrokke by al die samesprekings oor afleggingsprosesse en staan sy lede deurentyd by om te verseker dat hulle regte en belange beskerm word. Solidariteit verwelkom die aankondiging oor alternatiewe kragopwekking wat pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede op 13 Februarie gemaak het. Dit sal geleenthede skep om nuwe moontlikhede te ontgin en sodoende afleggings hok te slaan, en uiteindelik weer ekonomiese groei te stimuleer.


R160 miljard Die bedrag waarmee die staat se astronomiese salarisrekening oor die volgende drie jaar gesny gaan word, het Tito Mboweni, minister van finansies, in sy begrotingsrede einde Februarie aangekondig.

“Dit is belangrik om te besef die getalle wat met die aanvang van ’n afleggingskonsultasieproses genoem word en die uiteindelike getalle wat afgelê word, verteenwoordig regte mense met onskuldige afhanklikes wat armoede en gesinsverbrokkeling moet trotseer.” ~ Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit ~

REKORD VIR REGSDIENSTE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

Meer as R370 miljoen vir Solidariteit-lede gewen ie jaar 2019 was ’n moeilike jaar met baie uitdagings, maar Solidariteit het getrou aan sy roeping sy lede in die werkplek beskerm. Die vakbond het ’n rekordbedrag van meer as R370 miljoen gewen in hofbevele en skikkings in ons lede se guns. Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit Regsdienste, skryf die regsafdeling se welslae toe aan die harde werk en toewyding van ’n gedugte span wat bereid is om die ekstra myl te loop. “Solidariteit Regsdienste het in 2019 altesaam 1 081 sake namens lede geopen en het R373 954 383,61 gewen. Van die bekendste sake sluit in dié van Elana Barkhuizen, Brian Molefe, die SAL, Denel en Eskom, waar Solidariteit groot oorwinnings behaal het in uiters moeilike omstandighede,” het hy gesê. Daar bestaan ’n wanpersepsie by sommige mense dat Solidariteit net vir persone in die publieke oog veg, maar dit is beslis nie die geval nie, meen Van der Bijl. “Die meerderheid van ons sake word tot voordeel van Jan Alleman aangepak en die sogenaamde groot sake maak minder as 5% van ons werklading uit. Sekere kontroversiële sake geniet dalk meer publieke aandag, maar dit beteken hoegenaamd nie dat daar disproporsioneel meer aandag daaraan geskenk word nie.” Solidariteit Regsdienste is een van die grootste arbeidspraktyke in die land.

R373 954 383,61

“In ’n land waar die magsbalans toenemend disproporsioneel ten gunste van werkgewers is, sorg Solidariteit dat vuur met vuur beveg word. Ons is gerat vir die stryd, en elke lid van die regspan word deur ’n sterk roepingsbesef aangedryf. Hier is jy nie net ’n nommer nie. Jou werk is óns werk.” Die regsafdeling se visie vir 2020 lê ook hierin opgesluit. “Vanjaar wil ons elke lid, ongeag hoe groot of klein sy of haar saak is, gewaardeerd laat voel. Ons moet oplossings vind vir ander vakbonde wat ontwrigtend hul eie politieke ideologieë nastreef deur probleme te veroorsaak. Ons moet aanpas by die tyd en saam met ons lede hul loopbaanpad en die volhoubaarheid van hul beroep vreesloos nastreef en beskerm soos wat die wêreld van werk verander,” het Van der Bijl gesê.

Bloedneus vir Eskom ná afdanking

J

ohan Dempers, ’n projekbestuurder by die kragreus Eskom se Matimba- en Medupi-kragstasie, is op 18 Oktober 2019 summier, sonder enige waarskuwing, uit Eskom Rotek se diens ontslaan. Dempers is onwettig afgedank nadat Eskom Rotek aangevoer het dat hy versuim het om volgens instruksie 1 500 ton steenkool per uur aan Medupi te lewer. Volgens Eskom Rotek het hy ook nagelaat om die saak by senior bestuur aan te meld. Die arbeidshof in Johannesburg het in November 2019 bevind dat Dempers se afdanking onwettig is. “Johan en sy medewerknemers by staatsinstellings is onder beleg. Onbevoegdheid word daagliks verskans deur werknemers as die sondebokke uit te maak. Ons is verheug oor die uitspraak en sal nie huiwer om die onbevoegdheid van Eskom aan die groot klok te hang nie,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit Regsdienste, gesê. “Johan is ná 31 jaar se getroue diens met ’n onwettige afdanking beloon terwyl hy wel sy plig doeltreffend nagekom het. Hy is veroordeel vir iets wat nie sy verantwoordelikheid is nie.” Volgens Van der Bijl dien die hof se bevinding as ’n waarskuwing aan Eskom dat Solidariteit nie die onwettige ontslag van onskuldige werknemers sal duld nie, en dat sy lede nie die blaam sal dra vir Eskom se eie onbevoegdheid nie.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

23


BEDRYFSNUUS

SOLIDARITEIT STRATEGIESE INSTITUUT

GERAT VIR NUWE ERA

’n Goeie strategiese raamwerk is nodig as ’n organisasie sy fokus wil herbelyn, nuwe uitdagings en behoeftes wil identifiseer, en met moderne oplossings vorendag wil kom. Dit is vanjaar Solidariteit se mikpunt om ’n strategie in plek te stel waarmee ons ’n nuwe era kan betree.

et die aanbreek van ’n nuwe dekade wat deur grootskaalse modernisering en outomatisering gekenmerk word, het Solidariteit hom strategies herposisioneer met die hulp van die Solidariteit Strategiese Instituut (SSI) om te fokus op die ingewikkelde probleme waarmee die moderne wêreld van werk te kampe het. Dit is die SSI se taak om probleme te identifiseer, evalueer, na te vors en realistiese oplossings daarvoor te vind wat sal verseker dat alle Solidariteit-lede en hulle kinders ’n toekoms in die loopbaan van hul keuse het. Die SSI bestaan uit Gideon du Plessis (hoofsekretaris), Marius Croucamp (adjunkhoofsekretaris: strategie), Paul Mardon (adjunkhoofsekretaris: strategie en volhoubaarheid) en Mynie Kriek (opleiding- en ontwikkelingspraktisyn vir arbeidsverhoudinge). Die oogmerk is – om by te dra tot Solidariteit se posisionering wat sy invloedsfeer plaaslik en internasionaal sal bevorder sodat daar “politieke” ruimte en geleenthede geskep word vir die uitvoering van Solidariteit se strategiese doelwitte, asook om strategiese opleiding te bied oor arbeidsverhoudinge en die

24

hantering van sake wat met beroepsgesondheid en -veiligheid verband hou. Die SSI gaan ook meewerk om Solidariteit as ’n beduidende rolspeler in die Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudinge- en beroepsveiligheidsektor te vestig, wat Solidariteit van ander vakbonde sal onderskei. Die SSI funksioneer binne Solidariteit se oorhoofse strategie en doelwitte, en het ’n mandaat van die arbeidsverhoudinge- asook beroepsveiligheidsafdeling om operasionele ondersteuning en opleiding aan dié afdelings te bied. Strategiese skakeling en netwerkuitbreiding sal oor ’n breë front plaasvind, insluitend met plaaslike en internasionale vakbonde en vakbondfederasies, op sektorale forums, by Nedlac, ministeriële taakspanne, akademiese instellings en nieregeringsorganisasies. Daar sal ook hulp verleen word met kwessies soos erkenningsooreenkomste, afleggings, salarisonderhandelinge en ander kritieke onderhandelinge. Waar dit moontlik is, sal die SSI ook ondersteuning bied met beroepsveiligheidsaspekte soos ondersoeke na beroepsbeserings of -sterftes, regulatoriese en beleidsveranderinge, asook opleiding en insette aan werkgewers. Die SSI sal voorts fokus op sake soos die Vierde Nywerheidsrevolusie (4NR) en die impak daarvan op

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die SSI fokus op belangrike sake soos die Vierde Nywerheidsrevolusie (4NR). Dit het ’n groot impak op meganisering wat moontlik ons lede se werk kan beïnvloed.” ~ Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris: strategie ~

die werkplek, die onderskeie sektore en die vakbondwese. Die 4NR word gekenmerk deur outomatisering en meganisering wat Solidariteit-lede se werk moontlik kan beïnvloed. Die mynbou- en staalsektor word deurlopend deur die SSI gemonitor en ontleed, en advies en ondersteuning word gebied om die bedrywe se vooruitgang te verseker. Die SSI stel ook saam met akademici ondersoek in na die invloed van klimaatsverandering op toekomstige beroepstendense, en werk aan inisiatiewe en beleide wat die beste uitkoms sal help verseker. Die SSI se aanbod sluit voorts geakkrediteerde opleiding in arbeidsverhoudinge en arbeidsreg in wat verteenwoordigers en organiseerders bemagtig met kennis en vaardighede om doeltreffende ledediens te verseker. Hou gerus die SSI in 2020 dop!



BEDRYFSNUUS

Solidariteit skep hoop by SAPD-kongres

Trane van blydskap. Kol. Louis Frederik Buys deel ‘n emosionele oomblik met sy dogter, Kristy, nadat hy en drie ander polisielede ná ‘n stryd van bykans ‘n dekade bevordering ontvang het.

D

VIER BEVORDER NÁ SKIKKING

FOTO: MIA SLABBERT

Geregtigheid seëvier ná dekade vir SAPD-lede

26

e midde van die krisis by Eskom wat Suid-Afrikaners in duisternis gedompel laat, sorg Solidariteit deurlopend vir oomblikke van lig en hoop met welslae binne en buite die howe. ’n Skikking wat ná byna ’n dekade se gesukkel namens vier Solidariteit-lede met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bereik is, is voorwaar rede vir feesvier. Die skikking is op 2 Desember 2019 gefinaliseer en onderteken. Volgend Renate Barnard, sektorkoördineerder by Solidariteit wat self vir 10 jaar lank ’n pad saam met Solidariteit gestap het om haar regmatige bevordering in die SAPD af te dwing, is hierdie skikking uiters nodig vir polisielede. “Die skikking met die SAPD is ’n bewys dat mense nie moedeloos moet raak nie, al vat dit hoe lank. Hierdie saak het ons ’n dekade terug in 2009 begin, en uiteindelik het die SAPD met

ons geskik oor die vier lede se bevordering. Die skikking behels dat dié vier lede terugwerkend bevorder word en dat hul salarisse en byvoordele ook terugwerkend aangepas word,” het Barnard gesê. Kol. Louis Frederik Buys is een van die vier polisielede wat in 2009 weens regstellende aksie nie bevordering kon kry nie. Hy was emosioneel en verheug oor die nuus van die skikking. “Dit is eintlik ’n baie emosionele saak. Jy begin as ’n funksionele polisieman, as ’n beroepspolisieman wat nie net vir die salaris werk nie. Jy glo in wat jy doen. Jy soek erkenning vir dit wat jy doen en jy leer en studeer om bevorder te word, alles net vir hulle,” het hy gesê hy terwyl hy sy twaalfjarige dogter, Kristy, liefderik teen hom vasdruk. Volgens kol. Buys is Solidariteit ’n reus wat jy aan jou kant moet hê. “Ek is eerlik, Solidariteit het hierdie pad saam met ons gestap. Ons kan nie genoeg dankie sê nie.”

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

ie SAPD én Suid-Afrika het hoop nodig en elke polisielid wat kies om vir geregtigheid binne die SAPD te veg, is ’n baken van hierdie hoop. Só het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, tydens ‘n kongres aan SAPD-lede in die WesKaap gesê. “Ek en jy kies elke dag om die regte ding te doen en ons is baie sterker as ons saamstaan. Solidariteit staan agter elk van ons lede in die polisie. “Met vals klagte van rassisme binne die SAPD wat as wapen gebruik word om tugoptrede in die polisie te omseil, is dit vandag belangriker as ooit om Solidariteit se hand te vat en saam te werk aan ’n toekoms in Suid-Afrika waar ons almal vry, veilig en voorspoedig kan lewe,” het Hermann aan ’n saal vol polisielede gesê. Die hutsmerk #EkMaakSaak hoop om polisielede aan te moedig om teen diskriminasie en rassisme in die SAPD op te staan. SAPD-lede is tydens die kongres bemagtig met die nuutste inligting oor die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) se clean break-toepassing. “Ons wil SAPD-lede aanmoedig om deel van die oplossing te wees te midde van die arbeidsregtelike uitdagings in die werkplek,” het Ronel Stander, organiseerder van Solidariteit in Bellville, gesê.


BEDRYFSNUUS

FOTO’S: MIA SLABBERT & ISTOCKPHOTO.COM • BYKOMENDE BRON: GETSMARTER.COM

Die volgende dekade gaan drasties anders lyk Toekoms waarin jy sukses gaan behaal, is een waarvoor jy moet voorberei. Dit beteken dat jy moet weet wat die Vierde Nywerheidsrevolusie (4NR) is en hoe dit jou werkplek en alles om jou gaan verander. Pieter Geldenhuys (foto), SuidAfrikaanse toekomskundige en direkteur van die Instituut vir Tegnologie, Strategie en Innovasie, is daarom die perfekte persoon om die kenmerke van hierdie opwindende era in eenvoudige en verstaanbare terme te verduidelik. “Die volgende tien jaar gaan ’n baie interessante tydperk in die wêreldekonomie wees. Digitale media, elektronika en die internet gaan ’n hele nuwe dimensie betree. Daardie dimensie gaan hoofsaaklik oor ons koppelvlakke met die internet en hoe ons baie vinniger rekenaars gaan gebruik om vinniger sake te doen en baie dieper insigte te kry in die ekonomie en mens-komplekse stelsels,” meen Geldenhuys. Volgens hom gaan die volgende golf van tegnologie na meer outomatisasie lei en gaan jou stem die primêre middel wees waarmee jy met die internet kommunikeer. “Wat tans by die AmazonGo-winkels gebeur, is ’n goeie voorbeeld van hoe die wêreld gaan verander. Jy kan byvoorbeeld by die winkel instap, alles wat jy wil koop in ’n mandjie sit en eenvoudig uitloop. Deur net na jou gesig te kyk, identifiseer

1 2 3 4

1784 Water- en stoomkrag om produksie te meganiseer.

1870 Elektrisiteit maak massaproduksie moontlik.

1969 IT en die internet digitaliseer produksie, verspreiding en dienste.

VANDAG Kunstmatige intelligensie, alomteenwoordige digitale netwerke en kuberfisiese stelsels.

’n rekenaar jou en verhaal bloot die koopbedrag van jou bankrekening. Daar is geen rye waarin jy hoef te staan nie en jy hoef ook nie kontant by jou te hê nie.” Reon Janse van Rensburg skryf dat die Suid-Afrikaanse landskap die afgelope 50 jaar drasties verander het. Waar Sandton se wolkekrabbers vandag staan, was daar 50 jaar gelede net grasvelde en ’n oop stuk grond. Die landskap van die toekoms beloof om selfs meer drasties te verander. Janse van Rensburg sê die Wêreld- Ekonomiese Forum voorspel dat volskaalse digitalisering in die volgende dekade sal plaasvind. Dit sal ’n groot uitwerking hê op veral die boubedryf, wat tot dusver grootliks steeds handearbeid, meganiese tegnologie en bestaande operasionele en sakemodelle gebruik en gevolglik lae produktiwiteitsvlakke toon. Die 4NR sal ’n enorme hupstoot aan dié stagnante bedryf gee en kan jaarlikse kostebesparings van tot 20% realiseer. Suid-Afrikaners kan dalk dink dat die 4NR net vir ontwikkelde lande toepaslik is en nie vir ’n land wat sukkel om basiese dinge soos kragvoorsiening reg te kry nie. Ons is egter deel van die wêreldgemeenskap en ons sal nie onaangeraak bly deur ’n drastiese verandering soos die 4NR nie. Daarom moet ons voorberei as ons Die Solidariteit Navorsingsinstituut het met die Suid-Afrikaanse Akademie vir ’n suksesvolWetenskap en Kuns en die ATKV saamgespan om ’n reeks gesprekke oor die le toekoms uitwerking van die 4NR op taal van stapel te stuur. Hierdie aspek verdien wil hê. beslis aandag in ’n land soos Suid-Afrika met sy diverse taalgemeenskappe. www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

27


BEDRYFSNUUS

NASIONALE BEGROTING IN ‘N NEUTEDOP

BRANDSTOF

BELASTING

Die belastings op brandstof styg met 25c per liter. Belasting op petrol sal volgens die tesourie se berekenings vanaf 1 April altesaam 37,4% van ‘n liter petrol beloop en 39,4% van ‘n liter diesel. Die Padongelukkefondsheffing styg met 9c tot R2,07. Dié fonds se eise sal na verwagting oor die volgende drie jaar met 52% tot R145,6 miljard toeneem.

Tito Mboweni, minister van finansies, het verras deur BTW op 15% te hou. Nog goeie nuus is dat mense jonger as 65 jaar eers belasting hoef te betaal as hulle R83 100+ per jaar verdien. Die belastingdrempel vir mense van 65 tot 74 jaar styg tot R128 650 en vir dié ouer as 75 tot R143 850.

SÓ IS BELASTINGKERWE VERHOOG PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING INKOMSTE BELASBAAR

BELASTINGKOERS

R0 – R205 900

18% van elke R1

R205 901 – R321 600

R37 062 + 26% van die bedrag meer as R205 900

R321 601 – R445 100

R67 144 + 31% van die bedrag meer as R321 600

R445 101 – R584 200

R105 429 + 36% van die bedrag meer as R445 100

R584 201 – R744 800

R155 505 + 39% van die bedrag meer as R584 200

R744 801 – R1 577 300

R218 139 + 41% van die bedrag meer as R744 800

R1 577 301 en meer

R559 464 + 45% van die bedrag meer as R1 577 300

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM • BYKOMENDE BRON: NETWERK24.COM

KOMMERWEKKEND

28

R63,3 miljard minder belastinginkomste is ingevorder. Die belastingteiken vir 2020-’21 is R1 425 miljard. Staatskuld beloop ‘n allemintige bedrag van R370,5 miljard wat die regering sal moet leen om sy boeke te laat klop. Die rente op staatskuld is R229,3 miljard. Die verwagte ekonomiese groeikoers is ‘n skamele 0,9%. Die staat se salarisrekening beloop 35,4% van die hele begroting. Tesourie wil dit tot 32,7% in die nuwe boekjaar verminder.

LANDBOU

EIENDOM As jy eiendom tot en met R1 miljoen koop, hoef jy nie hereregte daarop te betaal nie. Die perk was voorheen R900 000.

28%

Maatskappybelasting bly onveranderd (28%), terwyl skenkingsbelasting ook dieselfde bly – 20% vir skenkings tot R30 miljoen en 25% vir skenkings van R30 miljoen en meer.

RENTE

Mense jonger as 65 jaar kan R23 800 se rente-inkomste belastingvry verdien, terwyl die bedrag vir diegene bo 65 jaar R34 500 is. Jy mag voorts R3 000 per jaar meer in ‘n belastingvrye spaarrekening sit. Kapitaalwinsbelasting bly onveranderd.

• Die heffing op plastieksakkies toon ‘n stewige styging van 12c per sak tot 25c. • Die heffing op gewone gloeilampe skiet met R2 op tot R10, terwyl energiebesparende gloeilampe nie ekstra belas word nie. • Suikerbelasting bly onveranderd op 2,21c per gram per 100 ml koeldrank. Die eerste 4 gram suiker per 100 ml is belastingvry.

SONDEBELASTING Verbruikers sal meer opdok vir die sogenaamde sondebelasting. ‘n Pakkie sigarette kos nou 74c duurder, ‘n bottel wyn 14c per 750 ml en ‘n bottel hardehout se prys styg met R2,89. ‘n Bier sal jou 8c per 340 ml blikkie meer uit die sak jaag en ‘n bottel vonkelwyn 61c per 750 ml.

R500 miljoen is begroot vir rampbestuur in die lig van die voortslepende droogte en onlangse vloede. Die regering het sedert 2016 sowat R6,3 miljard en R600 miljoen aan onderskeidelik droogteverligtingsprojekte en vloedverligting bestee. R600 miljoen is bewillig om opkomende boere by te staan en ‘n bykomende R500 miljoen is toegewys om grondeise af te handel.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

BODEMLOSE PUT Staatsondernemings slurp net nóg geld op. Oor die volgende drie jaar is die volgende bedrae opsygesit: Eskom – R112 miljard; SAL – R16,4 miljard; SA Express – R600 miljoen; en Denel – R576 miljoen. Ofskoon die SAUK nie “nuwe geld” van die staat gaan ontvang nie, het die sukkelende uitsaaier die afgelope boekjaar R3,2 miljard ontvang en nog R1,1 miljard sal na verwagting einde Maart aan hom betaal word.



BEDRYFSNUUS

DAAR’S ONGELOOFLIKE KRAG OPGESLUIT IN JOU

BEROEPSGEMEENSKAP om ’n gevoel van trots te ontwikkel as lede van ’n sakegemeenskap. Dit skep netwerke en geleenthede vir lede om hulle volle potensiaal te ontgin as deel van ons doelwit om môre se leiers en vakmeesters te ontwikkel. Maak 2020 die jaar om jou beroepsdrome te verwesenlik. Solidariteit Beroepsgildes is jou vennoot en beroepstuiste wat jou hiermee sal help.

wat gelei is op die pad van ’n student na ’n professionele vakman en uiteindelik ’n meester op sy of haar gebied. Solidariteit se beroepsgildes het hierdie tradisionele konsep gemoderniseer sodat dit by vandag se professionele gemeenskap pas. Die gildes skep ’n gemeenskap waar lede vry, veilig en voorspoedig in hulle beroepe kan voel. Hierdie beroepsgildes inspireer lede en spoor hulle aan

radisionele gildes dateer so ver terug as die elfde eeu. Vakmanne het eienaarskap van hulle professionele vaardigheid geneem deur gehalte te verseker en het bygedra tot die ontwikkeling van hulle beroepe in hul gemeenskappe. Lidmaatskap van ’n gilde is gebied aan jong vakleerlinge

NETWERK

WAGHOND Ons beskerm jou en staan op vir kwessies wat die sekuriteit, regverdigheid en gehalte van jou beroep kan beïnvloed.

Gildes bied geleenthede vir jou om saam met ander in jou beroep te kan netwerk en kennis te deel.

PLASINGS Deur ons aanlyn portaal help ons jou om werk te kry, en ons help jongmense om ’n beroep te betree.

INLIGTING

MENTORSKAP

Kennis is mag, dus deel ons graag toepaslike inligting.

Mentorskap bied aan jongmense ’n geleentheid om te leer by die meesters in ons beroepsveld.

OPLEIDING

INTERNSKAP

Lede kan hul persoonlike ontwikkeling en kennis uitbrei deur S-Leer – www.s-leer.co.za

Gildes help jongmense om toegang te bekom tot internskappe in hul betrokke beroepsveld.

gildes@solidariteit.co.za https://gildes.solidariteit.co.za

30

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


BEDRYFSNUUS

VROUWEES IN DIE WERKPLEK BESPREEK JOU PLEK VIR UNIEKE SEMINAAR m die korporatiewe leer tot heel bo te klim, is moeilik – veral as jy dit in hoë hakke moet doen! Vroue moet in die werkplek nie net die uitdagings van hul beroepe hanteer nie, maar ook die stereotipes wat hul kollegas (mans en vroue!) oor vroulike werknemers het. Hulle moet in die meeste gevalle met kleiner salarisse as hul manlike eweknieë tevrede wees en hulle het verantwoordelikhede teenoor hul gesinne tuis wat mans normaalweg nie het nie. Annie Coetzee noem in een van haar artikels dat vroue nie soos mans hoef te wees in die werkplek nie. Vroue kan steeds vroulik wees op kantoor en

dit beteken nie dat hulle swak is of nie moeilike sakebesluite kan neem nie. Om ons vroue hiermee te help, bied Solidariteit Beroepsgildes in samewerking met S-leer ’n seminaar oor vrouwees in die werkplek aan. Bespreek gerus jou plek by www.s-leer.co.za. Hierdie seminaar is ’n wonderlike geleentheid om te netwerk met ander vroue in uitdagende werkomgewings en om die nodige wenke en vaardighede te kry wat vroue suksesvol in die werkplek sal maak. Solidariteit Beroepsgildes wil vroue in ons gemeenskap bemagtig om uit te staan en onmisbaar te wees. Die seminaar leer vroue onder meer hoe om – emosioneel en fisiek gesonder te wees,

doeltreffender te kommunikeer, selfvertroue en waarde te projekteer wat eg oorkom, meer professioneel en doelgerig te wees, ’n visie vir haar maatskappy te stel en die wil om dit uit te voer by haar kollegas te skep, ’n persoonlike joernaal te gebruik, leierskap en gesag in verskillende situasies uit te oefen, konflik te hanteer en mense te bestuur, en elke dag haar beste self te wees. Mag die woorde van Calamity Jane ons vroue in die werkplek inspireer in 2020: “I figure, if a woman wants to be a legend, she should go ahead and become one.”


FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

32

ie woorde “privaat vervolging” het die afgelope paar jaar opslae in die media en regskringe gemaak, grotendeels danksy die pionierswerk wat adv. Gerrie Nel en sy regspan by AfriForum in hierdie verband gedoen het. Privaat vervolging is egter nie ’n nuwe konsep nie. Dit is wel eers onlangs dat instansies soos AfriForum dit gebruik om veral korrupte staatsamptenare aan die kaak te stel. Die kwessie van privaat vervolging is aangeraak in ’n onlangse artikel deur Eben van Zyl, senior assosiaat van die myngroep Eversheds Sutherland, wat verwys het na die moontlike invloed van privaat vervolging op die mynboubedryf. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het ook tydens ’n mediakonferensie gesê dat myninspekteurs die toepassing van die reg moet verskerp om mynwerkers se lewens te beskerm. Privaat vervolging kan ingevolge artikel 7 van die Strafproseswet 51 van 1977 ingestel word deur ’n individu of ’n gemagtigde persoon, nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om nie te vervolg nie en ’n nolle prosequi-sertifikaat uitgereik is. Baie werknemers word by myne aangestel ingevolge die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne 29 van 1996, en daar rus ’n statutêre verpligting en verantwoordelikheid

op hulle om te alle tye veiligheid in myne te bevorder. Baie werknemers besef egter nie wat die implikasies van hierdie verantwoordelikheid is nie. Ingevolge artikel 65 van die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne moet ’n verhoorondersoek gehou word ná enige mynongeluk waarin ’n persoon ernstig beseer is, ’n ernstige siekte opgedoen het of gesterf het. Die doel van hierdie ondersoek is om die oorsake van die ongeluk te bepaal sodat dit in die toekoms voorkom kan word. Nadat die artikel 65-ondersoek afgehandel is, moet die voorsittende beampte ’n verslag met bevindinge en aanbevelings ingevolge artikel 72 van die Wet opstel. Dié verslag word saam met ’n rekord van die ondersoek na die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die NVG gestuur om moontlike kriminele stappe te oorweeg. Die direkteur van openbare vervolging moet dan besluit of daar vervolging ingestel gaan word al dan nie. Sou daar besluit word om nie te vervolg nie, bestaan daar nog altyd die moontlikheid van privaat vervolging soos verduidelik in artikel 7 en 8 van die Strafproseswet. Mynbestuur, toesighouers en wetlik aangestelde persone moet hulself vergewis van die bepalings van die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne. Sou ’n werknemer tydens ’n mynongeluk sterf, ernstig beseer word of ’n ernstige siekte opdoen weens hul nalatigheid of onkunde, kan hulle moontlik strafregtelik deur die staat of privaat vervolg word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Sterftes en beserings by Suid-Afrikaanse myne* Sterftes by goudmyne 2018 2019 Sterftes by alle myne 2018 2019 Beserings by platinumyne 2018

1 049

2019

1 151

Beserings by alle myne 2018

2 447

2019

2 406

* Die grootste daling in sterftes was by goudmyne, terwyl platinummyne ’n styging in die aantal beserings getoon het. In totaal is 37% minder mynwerkers in 2019 dood, terwyl die totale aantal beserings met slegs 2% gedaal het.

33%

Die aantal beserings by steenkoolmyne het toegeneem van 169 in 2018 tot 224 in 2019.



FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

AL IS DIT NET ‘N GROENTETUIN

34

aar is baie maniere om jou naam met ’n plank te slaan, maar die doeltreffendste een is om jou te bemoei met ’n voorspellery oor die toekoms. ’n Tekort aan data uit die verlede, die onmeetbaarheid van toeval en goddelike ingryping is alles dwarswinde wat die waarsêer eensklaps van sy eenwielfiets kan gooi. Die beste wat ’n mens kan doen, is om te kyk na tendense, soos deur die verlede voorgelê, jou te verskans teen die toeval en te bid vir ’n wonderwerk. Wat ek uit die verlede geleer het, is dat die kristalbal nie veel meer as ’n verdoeselde spieël is nie. In die kristalbal sien jy die weerspieëling van jou eie gevoelens, arbeid, drome en ambisie, en dit bepaal jou visie. Dis omdat elke mensgemaakte ding om ons – dié kar, daardie gebou, die lied wat daar speel en die bord kos voor jou – êrens in die verlede ’n idee, ’n wens, ’n droom was. Dit is deur die samespel van gevoelens, arbeid en ambisie dat hulle tot stand gekom het, en dit is hoe ons gedagtes aan ons toekoms gestalte gee. Dis vir my verblydend dat my toekoms in ’n groot mate deur my eie dink en doen bepaal word. Wat kan klein ekke, vader van een, man van een en vriend van ’n paar ander, dan doen? My plan is om tussen nou en 2030 my veral daarop toe te spits om persoonlike onafhanklikheid met betrekking tot basiese behoeftes te bekom. Water, krag, skuiling en kos. In die huidige

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020

omstandighede is dit van groot belang vir my om onafhanklikheid te bereik. Wat water betref, het ek reeds verlede jaar, voor ek die stad van my geboorte ná 48 jaar verlaat het om my op my plasie te gaan vestig, ’n groot mate van onafhanklikheid bewerkstellig. Twee 5 000-litertenks het reënwater vanaf die dak opgevang en die plan was om nog ’n paar tenks te laat bystaan. My vertroue in die gehalte van munisipale water en betroubaarheid van waterverskaffing het my genoop om maandeliks maar die geldjies opsy te sit vir… ’n reënerige dag. Ek het sonpanele en batterye aangeskaf en my huis is menige aande tydens kragonderbrekings die enigste bron van lig in ons straat. In die tuin het blombeddings ’n groentetuin geword. Ek het, te danke aan geweldige swoeg en sweet, nie ’n sent skuld by enige bank nie. Ek weet dat dit nie binne almal se vermoë is om hierdie voorsorgmaatreëls te tref nie, maar ek dink die idee is om klein te begin, al is dit net met ’n groentetuin.

Gaan jy vanmiddag voor die televisie lê en vanaand uiteet of gaan jy saad koop en skoffel? Gaan ons die vakansie korter knip en ’n watertenk koop? Is die nuwe kar noodsaaklik of kan ons met die 2010-model ry terwyl die sonpaneel die yskas tuis aan die gang hou? Sommige van ons het vertroue dat die wiel sal draai en dinge weer beter sal gaan, party het die hulpbronne om oorsee te verhuis indien die pap papaja die waaier tref, en ander leef só van dag tot dag dat daar nie eens sprake is van geldjies vir sulke projekte nie. My bedoeling is om die saad te gooi en dit te laat groei waar dit goeie grond vind. Dit is wat ek gedoen het en die netto uitkoms is: Ek kan uit my eie grond eet. Ek het krag. My beker loop oor van water uit die hemel. Geen skuldeiser besorg my slapelose nagte nie. En, les bes, ek kan my weg tussen nou en 2030 met groter gemak voel, met minder sweet op onnodighede bewerk, rustiger droom en met ’n vonkel in die oog, ’n ferm druk van die hand en groter veerkrag in my gang bewandel. Voorwaarts!



MY RIGHTS

FROM PROBATION TO

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

PERMANENT

36

he Labour Appeal Court ruled on this issue in the case Ubuntu Education Fund v Paulsen NO and Others 2019 11 BLLR 1252 (LAC). The employee was appointed for a probationary period of six months. During this period, her performance was less than satisfactory, and many of her agreed areas of performance were reduced to help her find her feet in the company. Two months before the end of her probationary period, it was again established that her performance was not satisfactory. After a hearing, her services were terminated due to poor performance – approximately eight months after her appointment. The Commissioner of the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) found that her dismissal was substantially unfair because the employee’s probationary period had already ended at the time of her dismissal, and the employer had not considered alternatives to dismissal. Six months’ salary

was awarded as compensation. The employer took the issue to the Labour Court for review, and this court found that the Commissioner’s decision was correct. However, the Labour Appeal Court ruled as follows: The Commissioner erred in his conclusion that the employee was employed on an indefinite basis at the time of her dismissal merely because the probationary period was over. The finding that the employee’s performance was sufficient simply because she was employed for a longer period than the timeframe of the probationary period was irrational. The purpose of the probationary period is not only to measure performance, but also to determine whether the employee is suitable for the workplace in terms of work ethics, character and adaptability to the organisation’s culture. The facts made it clear that significant problems existed regarding her job performance and that dismissal was acceptable, especially after proper counselling, evaluation and assistance were provided. Consequently, the Labour Appeal Court found the employee’s dismissal to be fair, and the case was dismissed.

If my probationary period comes to an end, am I automatically deemed to be employed indefinitely (permanently)?”

In a nutshell

T

his case shows that employees cannot necessarily claim so-called permanent employment after their probationary period has ended, especially if the employer is still in the process of monitoring and evaluating their performance. It is also a confirmation that the purpose of the probationary period is not merely to measure performance; the employer can also determine the suitability of the worker in the workplace. If, after meaningful efforts for improvement have been made by the employer, the person still cannot perform or fit in with the company, he or she may be dismissed. • Phone Solidarity’s Support Centre on 0861 25 24 23 for expert advice on performance-related problems in the workplace.





Ernst Roets

Kallie Kriel Monique Taute

ONTEIENING • PLAASMOORDE • HAATSPRAAK

FOTO’S: REINT DYKEMA & THENATION.COM

DIE WÊRELD MOET WEET!

40

friForum het onlangs ’n omvattende internasionale veldtog vir die beskerming van burgerregte in Suid-Afrika van stapel gestuur en ’n verslag getiteld The World Must Know – The persecution of minority communities in South Africa vrygestel. Verskeie lande sal as deel van dié veldtog besoek word. Brandpunte waarop daar in die besonder gefokus sal word, sluit in onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, haatspraak en die Suid-Afrikaanse regering se heldeverering van menseregteskenders. Die veldtog rus op drie bene: Bewusmaking van die situasie in Suid-Afrika; Steunwerwing onder meningsvormers, regerings en ander besluitnemers; en Mobilisering van die Suid-Afrikaanse diaspora en buitelanders wat ’n belang in Suid-Afrika het, om tot sinvolle aksie oor te gaan. Die verslag fokus op hoe minderhede se regte op verskeie terreine in die land geskend word. Dit bevat

inligting oor en tientalle voorbeelde van die regering se verwronge persepsie van demokrasie, minderheidsregte en gelykheid, haatspraak teen minderhede, die aanval op minderhede se eiendomsreg en erfenis, asook die uitfasering van Afrikaans en ander minderheidstale in die openbare sfeer. Die ANC-regering se heldeverering van sommige van die wêreld se grootste menseregteskenders en die gepaardgaande vyandigheid teenoor lande waarin menseregte in ’n groter mate beskerm word, word ook in die verslag uitgewys. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het spesifiek na die toekomstige gevolge van onteiening sonder vergoeding verwys asook die ANC-regering se verbreking van die ooreenkoms wat in 1994 bereik is. “Onteiening sonder vergoeding is nie in belang van enigiemand in die land nie. Daar mag voorgehou word dat dit ’n pro-armes-beleid is, maar in werklikheid is dit tot nadeel van elke individu en die hele land.” Hy het verwys na wat in lande soos Venezuela en Zimbabwe gebeur het, waar werkloosheid tot meer as 90%

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

toegeneem het en die ekonomie in duie gestort het. Kriel het gesê AfriForum het probeer om probleme plaaslik deur gesprekvoering op te los en sal voortgaan om dit te doen, maar dit is duidelik dat die ANC nie minderhede respekteer nie en hulle eerder ignoreer en vals beskuldig. “Die ANC stel nie daarin belang om die land vorentoe te neem nie en luister nie na enige voorstelle of argumente nie. Ons sal proaktief moet optree om te voorkom dat beleggers Suid-Afrika op groot skaal verlaat en die land ten gronde gaan.” Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het verwys na kwessies soos die ANC se heldeverering vir en beskerming van skenders van menseregte soos wyle Robert Mugabe van Zimbabwe; Moeammar Ghaddafi van Libië; Mao Zedong, ’n kommunistiese Chinese politikus; en Omar al-Bashir van Soedan. Hy het ook verwys na rassistiese uitsprake teen minderheidsgroepe wat deur individue soos Julius Malema van die EFF, oudpres. Jacob Zuma en Ace Magashule van die ANC gemaak is.


Ian Cameron

27%

Die persentasie waarmee plaasaanvalle in 2019 toegeneem het – van 433 in 2018 tot 552 in 2019.

Die aantal plaasmoorde in 2019. Die meeste moorde was in die Vrystaat (11) en die meeste plaasaanvalle was in Gauteng (30%)

Ontwapen eerder misdadigers as wettige wapeneienaars Die minister van polisie, Bheki Cele, moet eerder daarop fokus om misdadigers in plaas van wettige vuurwapeneienaars se regte te beperk. Só het Ian Cameron gereageer nadat Cele gesê het hy droom van ’n land sonder vuurwapens. Volgens Cele word die meeste moorde met gesteelde wapens gepleeg. “Cele moet voor sy eie deur vee. Sowat 9,5 miljoen rondtes ammunisie en 4 357 vuurwapens het die afgelope ses jaar uit polisiebesit verdwyn. Hierdie ‘verlore’ wapens is moontlik reeds deur verskeie misdadigers se hande,” het Cameron gesê. 2 266 vuurwapens en meer as 31 000 patrone is as deel van die jongste amnestieveldtog sedert Desember 2019 by polisiekantore landwyd ingehandig.

Planne om private grond sonder vergoeding in Suid-Afrika te onteien, sal rampspoedig vir die ekonomie en die mense van Suid-Afrika wees.” ~ Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake ~

Dit is gevaarliker om ’n boer as ’n polisiebeampte in Suid-Afrika te wees.

Onteiening sonder vergoeding in Zimbabwe het nie net die 4 500 boere van dié land verdryf nie. Die hele land is ten gronde met werkloosheid wat hoër as 90% is, voedsel- en brandstoftekorte en groot armoede. Pres. Cyril Ramaphosa wat ontken het dat daar plaasmoorde of grondgrype is, word ook genoem. Voorbeelde hiervan is in die verslag vervat. Roets het ook gesê dat dit belangrik is om te verduidelik wat die ANC se siening van grondhervorming is. “Die ANC-beleid van herverdeling is rassisties en daarop gemik om grond van wit mense weg te neem en aan swart mense te gee.” Volgens hom pas die ANC glad nie die beleid van restitusie toe waarmee AfriForum ook saamstem nie. Dit behels

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai en president van die Wêreldlandbouorganisasie.

dat historiese ongeregtighede reggestel word en dat grond teruggegee word aan mense wat onregmatig daarvan ontneem is of dat hulle daarvoor vergoed moet word. Die veldtog het in Februarie met ’n besoek aan die VSA afgeskop. Dit sal voortgesit word met besoeke aan lande in Suid-Amerika, Europa, Afrika, Asië en Australië. AfriForum is ook van voorneme om die Verenigde Nasies (VN) te betrek deur met forums en rolspelers binne die VN te skakel met wie daar nie in die verlede gekorrespondeer is nie.

Bewapen jouself binne die wet om jou geliefdes te beskerm

B

oere moet hulself binne die raamwerk van die wet toerus en bemagtig om hulself teen plaasmoorde en -aanvalle te beskerm aangesien die regering en die polisie nie by magte is om dit te doen nie én omdat die landelike veiligheidstrategie nie werk nie. Dit beteken dat boere hulself op ’n verantwoordelike wyse mag bewapen om hulself en hulle geliefdes te beskerm. En terwyl hulle dít doen, moet groter druk op die regering plaaslik en internasionaal geplaas word om hul plig na te kom om gemeenskappe te beveilig. Só het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê toe die burgerregtewaghond en die familieboerderyorganisasie Saai die statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vir 2019 bekend gemaak het. Altesame 57 moorde en 552 plaasaanvalle het in 2019 plaasgevind. Dié syfers dui daarop dat Suid-Afrika steeds ’n plaasaanval-epidemie ervaar, maar dat boere meer weerbaar word. “Die landelike veiligheidstrategie werk nie en mense is siek en sat om te wag dat die regering hulle in tye van nood te hulp moet stel,” het Cameron gesê. Volgens Lorraine Claasen, AfriForum se misdaadanalis, was daar 552 plaasaanvalle in 2019 teenoor 2018 se 433 gevalle. Dit is ’n toename van 27%. “Byna 1 000 mense was slagoffers in hierdie 552 plaasaanvalle.”

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

41


BEWARING

FOTO’S: VERSKAF

AFRIFORUM WERK HARD OM VLEILANDE TE RED

42

eer as 60% van Suid-Afrika se vleilande is onherstelbaar vernietig of gaan agteruit weens erosie, besoedeling, brande en veral landbouaktiwiteite. Hoewel sowat 23 vleilande in Suid-Afrika sedert 1975 onder die Ramsar-konvensie vir vleilande van internasionale belang beskerm word, is baie van hierdie gebiede swak bestuur en min inligting is oor hul akwatiese biodiversiteit beskikbaar. Dr. Alanna Rebelo, ’n vleilandekoloog en senior navorser verbonde aan die departement bewaringsekologie en entomologie aan die Universiteit Stellenbosch (US), het vroeër in die media gesê die beskerming en herstel van vleilande behoort ’n nasionale prioriteit te wees. Haar navorsing fokus op die Theewaterskloof- en Goukouvleilande in die Wes-Kaap asook die Kromme-vleiland in die Oos-Kaap. Rebelo meen vleilande word as

‘n Span van AfriForum-hoofkantoor het ingespring om die vleiland skoon te maak.

een van die rykste ekostelsels beskou in terme van die ekosisteemdienste wat hulle bied. Volgens haar maak hulle oorstromings minder gevaarlik, verminder waterbesoedeling, hou sediment terug, bied skoon water en kos vir plaaslike gemeenskappe, en absorbeer en berg atmosferiese koolstofdioksied. Vleilande het ook waardevolle ondergrondse veengrond en die vernietiging daarvan sal tot aardverwarming bydra. Volgens Rebelo kan die land se vleilande teen 2065 heeltemal opgedroog wees indien drastiese stappe nie gedoen word om dit te herstel nie. AfriForum ondersteun ook die bewaring van vleilande om te verseker dat die noodsaaklike ekostelsels

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

optimaal funksioneer. Daarom hou die organisasie jaarliks ’n skoonmaakaksie by die Moreletapark-natuurreservaat ter viering van Wêreldvleilanddag op 2 Februarie. “Dit is baie belangrik om vleilande te bewaar, aangesien dit die reënwater absorbeer en weer stadig deur die jaar vrystel. As vleilande nie daar is nie, spoel dié afloopwater onmiddellik weg. Vleilande is ongelooflik belangrik omdat dit natuurlike filtreerders is,” het Lambert de Klerk, bestuurder vir omgewingsake by AfriForum, gesê. AfriForum gaan vanjaar nóg vleilande reg oor die land identifiseer wat skoongemaak gaan word en die burgerregte-organisasie sal ook gemeenskappe bystaan wat vleilande wil skoonmaak en herstel.



www.w JOU EIE

o lksk o o l.c o.za

ONNIE

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

BY DIE HUIS

44

ndanks sekere leerders en skole se briljante uitslae in die matriekeindeksamen in 2019, stuur ’n ontleding van die matriekuitslae ook noodseine uit oor die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Matriekverslag wys dat al minder leerders welvaartskeppende vakke soos Wiskunde en Fisiese Wetenskap neem. Afrikaanse leerders kies dikwels eerder “makliker vakke” soos Wiskundige Geletterdheid. Vakkeuses wat soms kortsigtig geneem word, kan ernstige gevolge inhou vir hulle toekomstige studie- en beroepskeuses. Volgens Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie van die SOS, is daar verskeie redes waarom kinders met vakke soos Wiskunde en Wetenskap sukkel, maar die probleem kan oorkom word. “Leerders moet soms net ’n bietjie langer met ’n probleem stoei, ekstra oefen of die onderwerp op ’n ander manier hoor om daardie ‘drumpel van verstaan’ oor te steek. Dit is waar ekstra klasse inkom,” het Van der Merwe gesê. “Die meeste kinders begin eers in

die hoërskool met ekstra klasse. Teen daardie tyd is die agterstand só groot dat hulle reeds negatief oor die vak is en min selfvertroue het om moeilike opdragte aan te pak, omdat basiese begrippe nie bemeester en vasgelê is nie. Leerders wat vroeg reeds met ekstra klasse begin, bevind hulle in ’n veilige ruimte waarbinne hulle die selfvertroue en waagmoed ontwikkel om uitdagings aan te pak. Die Wolkskool bied so ’n veilige ruimte, in die gemak van jou eie huis.” Die Wolkskool is ’n aanlyn leerplatform met lesse in videoformaat asook assesserings en werkkaarte wat kinders in hul eie tyd, enige plek en teen hul eie pas kan deurwerk. As hulle iets nie verstaan nie, kyk hulle eenvoudig weer na die videoles totdat hulle dit onder die knie het. Ouers kry boonop deurlopend terugvoer oor hul kinders se vordering, en kan so die regte ondersteuning bied. Die Wolkskool is egter meer as net aanlyn ekstra klasse: Dit is die toekoms van onderwys, omdat dit bekostigbare, gehalte-onderwys moontlik maak deur gebruik te maak van die nuutste tegnologie wat deur internasionale topskole geïmplementeer word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Hoewel kinders individueel by Die Wolkskool kan aansluit, kom Die Wolkskool veral tot sy reg as dit in die klaskamer geïntegreer word. Die aanlyn assesseringsfunksie gee aan onderwysers die insig om in te gryp waar daar kennis- en konseptuele gapings bestaan. Die Wolkskool fokus op die vakke waarmee leerders tans die meeste sukkel. Daar is reeds ’n volledige kurrikulum vir Wiskunde (graad 4 tot 12) beskikbaar. In 2020 word ook voorsiening gemaak vir Fisiese Wetenskap (graad 10 tot 12), Lewenswetenskap (graad 10 tot 12) en Natuurwetenskap vir laerskole. Intekenaars het die keuse om per vak (R95 per maand) of per graad (R145 per maand) by Die Wolkskool in te skryf. Die “per graad”-opsie bied uitstekende waarde vir geld, aangesien dit al die vakke vir daardie graad insluit. Daar is geen vaste termyn nie en betaling geskied deur ’n maandelikse kaartbetaling totdat jy dit kanselleer. • Teken vandag nog in by www.wolkskool.co.za en kry toegang tot gehalte-onderrig teen ’n fraksie van die koste van ekstra klasse.


MET ‘N PLAN

VORENTOE! Ons wil nie alleen vorentoe gaan nie, ons wil gaan met ons bejaardes, met ons kinders, ons gestremdes en met ons armes.” or pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede is daar die afgelope tyd baie gesê. Sommige kommentaar was positief, maar daar is met reg ook negatiewe reaksie gegee. Vanuit ’n maatskaplike perspektief, moet die staatsrede betreur word. Dit is ’n verleentheid en belediging vir ons kwesbare groepe – bejaardes, kinders, gestremdes en armes. Dit is duidelik dat die staat nie enige oplossings het nie, maar dat gemeenskapskrag na ons mense sal moet omsien. Daarom is dit belangrik dat Solidariteit Helpende Hand na ’n hoër rat moet oorskakel. Ons het reeds heelwat welslae behaal, maar ons sal nog vinniger, nog meer doelgerig, nog sterker gemeenskapsontwikkeling moet doen. Ons sal ook die gemeenskap daarin moet saamneem, want ons kan nie voortrek, alles doen en hoop ander sal volg nie. Die gemeenskap sal in krag moet vat, almal saam, en saam vorentoe gaan.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

TIENJAARPLAN Daarom is ’n tienjaarplan vir Helpende Hand so nodig. Die gevaar bestaan dat daar slegs gefokus word op noodleniging, maar dit sal nie op die lang termyn enige probleme oplos nie. ’n Gestruktureerde samewerkingsplan is nodig wat uitgerol kan word in ons land, ons 30 ankerdorpe, ons ankergemeenskappe, streke en takke. Die einddoel moet wees ’n struktuur wat sover moontlik kragtig ’n verskil maak.

MAATSKAPLIKE STRUKTUUR

KAPITAAL

Juis daarom doen Helpende Hand steeds wat ons nog altyd gedoen het, maar het ons ook doelmatig en baie roepingsbewus begin met die plasing van ’n maatskaplike struktuur langs ons tak- en streekstruktuur. Die 15 maatskaplike werkers wat reeds aangestel is, bevestig dit. Ons doelwit is om teen 2030 ’n maatskaplike werker in elke streek en elk van ons 30 kantore te hê. Maatskaplike werkers ontwikkel gemeenskappe en het ’n baie duidelike doel en taak in Suid-Afrika.

Om maatskaplike werkers aan te stel, takke en streke uit te brei en die SFS te laat groei, is kapitaal nodig. Daarom het ons verskeie aksies om kapitaal te bekom, soos die volgende: Brei die getal ondersteuners uit – dit is logies, vanselfsprekend en moontlik. Ons moet ons ondersteuners uitbou om meer mense te bereik en meer te kan doen. Ons Winkels – die groei van Ons Winkels het geweldig bygedra tot die groei van ons huidige struktuur. Die byna 60 winkels het ’n prominente deel van ons beeld na buite geword en is vir Helpende Hand ’n produk van deugsaamheid, standaard en befondsing. Frouevonds (met opset verkeerd gespel want die leuse is “alles loop nie altyd reg nie”) – ’n fonds wat fokus op die opheffing van vroue en gemeenskappe om die roeping van die vrou te bevestig.

TAK- EN STREEKSTRUKTUUR Ons voetspoor strek tans na 169 takke en dorpsverteenwoordigers, maar ook dít moet uitgebrei word. Om by ons mense te kan uitkom, moet ons tussen hulle leef en werk. Die rol van tak- en dorpsverteenwoordigers, vrywilligers en ondersteuners is van kardinale belang. Ons mikpunt is 80 000 ondersteuners oor tien jaar asook 250 dorps- en takverteenwoordigers. Hoe wyer die struktuur, hoe meer plekke kan ons bereik, en hoe sterker die struktuur, hoe groter is die verskil wat ons maak.

STUDIEFONDSSENTRUM Die Studiefondssentrum (SFS) van Helpende Hand is bekend vir sy hulp aan studente, maar dit moet vermeerder. Ons sal die volgende tien jaar baie aandag, kapasiteit en doelgerigte beplanning aan die SFS moet toewy, anders mis ons ’n kerndeel van ons beplanning in die bou van ’n gemeenskap.

DIE PLAN Die opstel van ’n gemeenskapsontwikkelingsprogram is uiteraard ’n uitdaging. Vir ons by Helpende Hand is dit duidelik wat ons moet doen: Bou strukture en maak seker dat Afrikanerarmoede verlig, verbreek en voorkom word. Moenie gaan lê nie, werk en beplan, ploeg en plant. Sonder ophou. Doelgerig. Ons tienjaarplan is vanselfsprekend: Ons wil nie alleen vorentoe gaan nie, ons wil gaan met ons bejaardes, met ons kinders, met ons gestremdes en met ons armes. Hierin kan almal hande vat.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

45


HANDELSMERK

PROPVOL BETEKENIS

olidariteit Helpende Hand het in 2019 met trots ’n nuwe baadjie aangetrek. Ons het ons handelsmerk en korporatiewe identiteit vernuwe om aan te pas by Solidariteit se gewysigde handelsmerk. Dit was vir ons ’n opwindende jaar waarin ons moes verseker dat die nuwe handelsmerk oral toegepas en gekombineer word met die onderskeie identiteite van Ons Winkels, Solidariteit se gemeenskapsentrums, en die Studiefondssentrum. ’n Goeie handelsmerk bevat vyf elemente, naamlik eenvoud, relevansie, veelsydigheid, uniekheid en gedenkwaardigheid. Helpende Hand se handelsmerk is ontleen aan dié van Solidariteit en ons meen dus dat dit al die bogenoemde elemente bevat. Die Helpende Hand-logo se elemente kan soos volg verduidelik word:

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

DIE DRIE SIRKELS

46

Ons glo dat die sirkels in ons logo gemeenskap, vriendskap, liefde, verhoudings, eenheid en beskerming uitstraal aan ons ondersteuners én aan die behoeftige gemeenskappe wat met ons handelsmerk in aanraking kom. Die simmetrie van die drie sirkels verteenwoordig die organisasie se bestendigheid. Die twee horisontale lyne aan weerskante van die sirkels simboliseer gemeenskap, rustigheid en kalmte. Die vyf elemente saam vorm ’n skild, wat sedert antieke tye ’n simbool van beskerming was, maar ook verband hou met sekuriteit, krag, beheer en verdediging.

waar dit alles begin het. Solidariteit was deur die geskiedenis (en is vandag steeds) stewig in die mynbedryf gewortel, daarom het dit sin om die diamant as simbool in die oorkoepelende handelsmerk te gebruik. Die woord “diamant” kom van die Griekse woord “adámas” wat “onbreekbaar” beteken. Diamante word geslyp, gesny en gevorm tot ’n hoogs verhandelbare kommoditeit en ’n duursame, beeldskone steen wat in juwele soos trouringe gebruik word. Die diamant vergestalt dus ook getrouheid. Laastens dui die pylvorm van die diamant rigting aan – die pad vorentoe, maar ook die vier windrigtings. Ons is koersvas!

DIE HAND Die hand is vanselfsprekend die simbool van Helpende Hand. ’n Oop “Helpende Hand” dui op hulp wat aangebied word vir ons medemens.

DIE DIAMANT Die diamant in die palm van die hand dui op ons verbintenis met die ander instellings van die Solidariteit Beweging, wat elk iewers in hul logo’s ’n diamant bevat. Die diamant is ’n verwysing na Solidariteit se ontstaansgeskiedenis: Ná die destydse Verskroeideaardebeleid van die Engelse regering moes talle Afrikanerboere na die stede uitwyk en op die myne werk soek. Daar het hulle ’n vakbond nodig gehad en dit was deels die rede vir die ontstaan van Solidariteit se voorganger, die Mynwerkersunie, in 1902. Die diamant herinner ons dus aan

DIE KLEUR Die kleur oranje verteenwoordig ’n warm Afrikanerhart wat vryheid, veiligheid en voorspoedigheid nastreef aan die suidpunt van Afrika. Oranje simboliseer uithouvermoë, lewenslus en kreatiwiteit (’n kombinasie van rooi en geel wat op sy beurt ook passie, liefde, aksie, selfvertroue en durf simboliseer). Ons hier by Helpende Hand dra ons handelsmerk met trots op ons bors. Ons leef ons roeping uit onder die simbole wat ons as eenheid met mekaar, ander instansies, ons donateurs, vrywilligers en ons ondersteuners verbind. Ons is lief vir ons korporatiewe identiteit en ons is lief vir die land se mense aan wie ons ’n diens lewer. • René Roux is adjunk- uitvoerende hoof van Helpende Hand.


Ware hoop regverdig sy sinvolle bestaan in ’n verhouding met die lewende God.”

KAN BY ALMAL SEËVIER

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

olidariteit Helpende Hand het vanjaar afgeskop deur twee inisiatiewe bekend te stel in ’n poging om ons land se mense meer “hoopfiks” te maak. “Helpende Hand se tema in 2018 was Met Hart. In 2019 was dit In Krag en vanjaar is dit Tot Hoop. Alle projekte wat Helpende Hand aanpak, word met hart, in krag gedoen om tot hoop te lei,” het Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, gesê. “Dit is vir Helpende Hand baie belangrik om ook geestelike en kulturele armoede aan te pak en nie net fisieke armoede nie. Daarom is die inisiatiewe Helpende Woord en die Hoopfiksgids van stapel gestuur.” Helpende Woord bestaan uit ’n reeks geestelike boodskappe wat gratis op sosialemediaplatforms beskikbaar is vir enigiemand om te kyk. “In ’n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking,

bied Helpende Woord weekliks geestelike pitkos om hoop te skep. Elke episode is drie tot vyf minute lank en bied eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosialemediagebruiker aan. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor ’n selfoon, tablet of rekenaar beskik,” het Noëth gesê. Die Helpende Woord-oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig. Ds. Gustav Opperman is die aanbieder en die redigering word deur Ina Opperman behartig. “Dit is ons roeping om met ons YouTube-kanaal (Woorde uit sy Woning) deur Skrifgetroue preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie van Jesus Christus te versprei in Suid-Afrika en orals in die wêreld waar gelowiges ’n behoefte het om die Woord te hoor,” het ds. Opperman gesê. Die Hoopfiksgids is opgestel deur die bekende sielkundige, skrywer en

lewensafrigter dr. Eugene Kemp, en bied 11 riglyne oor hoe om hoopfiks te word en te bly. “Hoop word nie bepaal deur jou omstandighede nie,” het dr. Kemp verduidelik. “Hoop is nie net ’n gevoel of ’n wens nie, byvoorbeeld as jy gaan vir ’n werksonderhoud of hoop vir ’n gemaklike parkeerplek naby die winkelsentrum se ingang nie. Hoop het ’n geestelike perspektief! Hoop is ’n hoekpilaar saam met geloof en liefde. Ware hoop is met ware geloof en liefde ingebed. Ware hoop regverdig sy sinvolle bestaan in ’n verhouding met die lewende God.” • Die Hoopfiksgids verskyn op bladsy 48 en 49 van hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif. Dit is digitaal beskikbaar by www.helpendehand.co.za. Kyk ook op Helpende Hand se Facebook-blad na al die episodes van Helpende Woord wat vrygestel is. Daar is elke Vrydag om 11:00 ’n nuwe oordenking.

STAFIES HELP KINDERS VOED Helpende Hand het in 2019 sy StopHonger-proteïenontbytstafie bekendgestel ten einde die volhoubaarheid van sy Kosblikkieprojek te verseker. Hoe kan jy help? Koop die stafies vir jou gesin of skool aan, of word ‘n agent. Die aankoop van elke stafie voed ‘n honger kind! Lees meer by www.stophonger.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

47




Word ’n

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

meester deur lewenslange leer

50

ns word almal van kleins af vertel dat ons goeie onderrig of opleiding moet kry. Oor die algemeen is dit waar dat ’n formele opleiding en die daaruit voortvloeiende kwalifikasies belangrik is. Onderrig en opleiding kan ons potensiaal verbreed om beter, bevredigender werk te vind, meer te verdien en miskien meer suksesvol te wees in ons gekose loopbaan. Die meeste mense assosieer leer met formele onderwys of onderrig op skool, kollege of universiteit, maar dit is slegs een soort leer. Daar is baie ander geleenthede om jou kennis te verbreed en die vaardighede te ontwikkel wat jy benodig. Kennis en vaardighede kan aangeleer en ontwikkel word. Leer is onvermydelik en gebeur gedurig, maar lewenslange leer verg ’n positiewe houding ten opsigte van leer vir persoonlike en professionele ontwikkeling. Lewenslange leerders is gemotiveerd om te leer en te

ontwikkel omdat hulle wil. Dit is ’n doelbewuste en vrywillige daad. Lewenslange leer kan ons begrip van die wêreld om ons verhoog, ons meer en beter geleenthede bied, en ons lewensgehalte verbeter. Ons leer hoofsaaklik om persoonlik en professioneel te ontwikkel of om net onsself te verryk.

LEER VIR PERSOONLIKE ONTWIKKELING Leer ter wille van leer kan op sigself ’n lonende ervaring wees. Daar is natuurlik baie redes waarom mense leer vir persoonlike ontwikkeling – hulle wil dalk hul kennis of vaardighede in ’n spesifieke aspek verbeter, of ’n heel nuwe vaardigheid aanleer wat hul lewens op een of ander manier sal verbeter.

LEER VIR PROFESSIONELE ONTWIKKELING Om goed opgelei te wees, is nie noodwendig die sleutel tot indiensneming nie. Goeie kwalifikasies is belangrik, maar werkgewers soek ook na goed gebalanseerde

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

werknemers met oordraagbare vaardighede. Jy moet kan demonstreer dat jy gretig is om te leer en te ontwikkel. Benut dus alle geleenthede vir opleiding, afrigting of mentorskap terwyl jy werksaam is, en werk aan jou voortgesette professionele ontwikkeling. As jy kies om meer te leer van ander rigtings of vaardighede, sal jy kan spesialiseer en moontlik meer kan verdien of na ’n ander bedryf of spesialiswêreld beweeg. Dit bied verdere geleenthede om jou ervaring, kennis en vaardighede te verbreed. Uit ’n finansiële oogpunt gesien, is ’n meer bekwame en kundige werker ’n aanwins vir enige onderneming en kan dit lei tot vinniger bevordering met gepaardgaande salarisverhogings. ’n Werkgewer met uitgebreide kundigheid sal meer waarde vir die werkgewer en die kliënte bied. Kundigheid is ook dikwels ’n belangrike eienskap van ’n doeltreffende leier. • Skakel vandag nog in by een van ons beroepsgildes – besoek www.gildes.solidariteit.co.za. Besoek www.s-leer.co.za om uit te vind hoe jy jou vaardighede kan opskerp en ontwikkel.


In sy boek Master it faster gebruik Colin Rose die akroniem “Master” om die ses fases te beskryf wat volgens hom die sleutel tot doeltreffende leer is: Motivation (motivering) | Acquire (verwerf) Search (nagaan) | Trigger (onthou) | Examine (toets) | Reflect (weergee).

MOTIVERING

Lewenslange leer vereis selfmotivering. Jy moet positief voel oor leer en oor jou vermoë om te leer, en jy moet besef dat dit tot jou eie voordeel is.

WEERGEE

Dink na oor jou leer. Besin oor hoe en waarom jy geleer het asook hoe jy oor ’n spesifieke onderwerp of situasie gevoel het voor en nadat jy jou kennis ontwikkel het.

VERWERF

Leer vereis dat jy inligting inwin deur te lees, luister, waar te neem, te oefen, eksperimenteer en ervaar. Inligting is oral om ons. Die kuns is om relevante en betekenisvolle inligting te bekom en dit tot kennis en vaardighede te ontwikkel.

TOETS

Jy moet die kennis wat jy opgedoen het, gereeld ondersoek en altyd ontvanklik wees vir nuwe idees.

NAGAAN

Leer is suksesvol indien ons persoonlike betekenis kan vind in inligting. Dis makliker om feite te onthou as jy dit verstaan en in konteks kan plaas.

ONTHOU

Daar is maniere om jou te help onthou, soos om aantekeninge te maak, te oefen, besprekings te hou en met nuwe idees te eksperimenteer.


2020 ‘N JAAR VAN TALLE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

HOOGTEPUNTE

52

ie akademiese jaar by Akademia is reeds goed op dreef, met talle hoogtepunte waaroor die instelling dankbaar is. Een hiervan is die studentegetalle wat merkwaardig toegeneem het vanaf die dag wat Akademia se deure geopen is. Agt jaar gelede, op 3 Maart 2012, het Akademia se heel eerste kontaksessies met 40 ingeskrewe studente afgeskop. Vandag het die instelling meer as 1 300 studente wat hulle akademiese jaar oor verskeie dissiplines aanpak. Bo en behalwe hierdie mylpaal het die jaar ook reeds talle eerstes vir Akademia ingehou. Akademia se eerste kamp vir eerstejaars is by Camp Discovery, noord van Pretoria, aangebied en ’n seremoniële funksie is gehou om die akademiese jaar te open. Met eerstes soos dié word tradisies gevestig én geskiedenis gemaak, terwyl daar jaar ná jaar aan ’n gemeenskapsuniversiteit gebou word. Nog ’n eerste is Akademia se nuutste kwalifikasie, LLB, wat vanjaar vir die eerste keer aangebied word. Meer as 140 eerstejaarstudente het hiervoor ingeskryf, wat dui op ’n groot behoefte by Afrikaanssprekendes om ’n regskwalifikasie in hulle moedertaal te voltooi. Hierdie kwalifikasie word van-

Pierre Muller (dosent), prof. Danie Goosen (akademiese hoof), Rika Nieuwoudt (programkoördineerder) en Marthinus Visser (besturende direkteur) tydens Akademia se heel eerste seremoniële funksie wat op 3 Februarie gehou is om die akademiese jaar amptelik te open.

jaar stelselmatig vanaf eerstejaarsvlak geïmplementeer, en ons verwag dat studentegetalle met die uitrolproses oor die volgende jare sal toeneem. Die fondasie van die bestaande onderrigmodel is goed vasgelê en is van só ’n aard dat studente kontaksessies nauurs kan bywoon indien hulle bedags moet werk of ander belangstellings najaag. As verlenging van hierdie suksesvolle model sal Akademia vanaf 2021 nog ’n opsie bied, naamlik ’n kampusmodel in Centurion wat aan studente die geleentheid sal bied om ook voltyds te studeer. Die voltydse kampusmodel sal studente in staat stel om bedags klas te draf en direk met

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

dosente in die klaskamer te skakel. Beide die nauurse en voltydse studiemodel vorm deel van Akademia se strewe om ’n gemeenskapsuniversiteit te bou en ’n holistiese benadering tot die opvoeding en vorming van studente te volg. Die goeie nuus is dat aansoeke vir studies volgens die voltydse of nauurse model in 2021 reeds oop is. Voornemende studente kan in net 20 minute maklik aanlyn op die Akademiawebblad (www.akademia.ac.za) aansoek doen. • Vir meer inligting oor Akademia, stuur ’n WhatsApp-boodskap na 0861 222 888 of ’n e-pos na navrae@akademia.ac.za.



Selfgedrewe & aan die voorpunt van

tegnologie

beroepslewe,” het Powell gesê. egnologiese Twee strategieë waarmee ontwikkelings Sol-Tech selfgedrewe leer wil het deur die bevorder, is die toepassing van jare ons werkdie omgekeerde klaskamer en wyses veranprobleemgebaseerde leer. der, en werk’n Omgekeerde klaskamer plekke maak Dr. Philip Minnaar, me. Annemieke Pouwels, prof. Marietjie behels dat studente vooraf tans gereed vir die uitwerking van Havenga (Noordwes-Universiteit), mnr. Schikkie Geldenoplees en selfstudie doen sodat die Vierde Nywerheidsrevolusie huys, me. Vanessa Verster en prof. Aubrey Golightly (NWU). hulle voorbereid by die klas (4NR) op die manier waarop ons opdaag. Dit bied aan studente toekomstig sal werk. en lektore meer klaskamertyd vir na tegnologiese verbetering, die nuutste Niemand kan met sekerheid bespreking sodat studente se verstaan onderrigmetodes, en die ontwikkeling sê waarheen tegnologie ons in die toevan aspekte verbreed en verdiep. Dit en implementering van ’n nuwe geïntekoms gaan neem nie en daarom word bied ook aan lektore die geleentheid greerde kurrikulum. daar deesdae veral op die ontwikkeling om hul studente beter te leer ken. Hulle Sol-Tech beskik reeds oor verskeie van persoonlike vaardighede gefokus. word dan meer as net fasiliteerders en programmeerbare logiese beheerders Elke beroep vereis sekere vaardighede dien ook as opvoeders, motiveerders (PLB), 3D-drukkers, draaibanke wat met en jy moet weet watter jy moet aanleer en inspireerders wat hul studente help rekenaar-numeriese beheer werk en of opskerp as jy in die werkplek van die vorm. verskeie ander masjiene wat gebruik toekoms wil aanpas en floreer. Probleemgebaseerde leer is ’n stuword in die studierigtings wat Sol-Tech Eric Cooke, afgetrede senior dosent dentgesentreerde strategie wat vereis aanbied. Hierdie masjiene berei jongvan die departement elektronika en dat studente losweg gekonstrueerde mense voor vir ’n werkplek wat reeds rekenaarwetenskap aan die Universiteit lewenswerklike probleme moet oplos. tegnologies gesofistikeerd is. Elke afvan Southampton, het ’n lys saamgestel Studente kry die geleentheid om in deling sal mettertyd ook nog uitgebou van vaardighede wat persone sal benogroepsverband te werk en deur middel word sodat studente doeltreffend en dig om gerat te wees vir die 4NR. Dit van ’n ondersoekende proses die tegnologies in hul beroep kan werk. sluit in komplekse probleemoplossing, probleme op te los. Hulle moet vasstel “Buiten die gebruik van die nuutkritiese denke, kreatiwiteit, emosionele wat die werklike probleem is en of hulle ste tegnologie in die werkswinkels het intelligensie, aanpasbaarheid, nuwemeoor die kennis beskik om die probleem Sol-Tech ook begin om tegnologie in diageletterdheid en virtuele samewerop te los. Hierdeur word studente die klaskamer te gebruik. Studente kan king. In kort beteken dit dat studente voorberei om in die beroepslewe promet behulp van tabletrekenaars vir lesse toenemend selfgedrewe sal moet wees bleme te kan baasraak. voorberei en assesserings daarmee aflê, wanneer hulle vir die toekoms voorberei. ’n Nuwe kurrikulum wat alle aspeken teen 2030 behoort die hele kurrikulum Annemieke Pouwels, departementste van die beroepslewe integreer, sal ondersteun te wees met tegnologie soos hoof van opleiding by Sol-Tech, is tans verseker dat Sol-Tech en sy studente video’s, virtuele realiteit en simulasies. besig met haar doktorsgraad oor selftred hou met dit wat nodig gaan wees Tesame met die gebruik van tegnologerigte leer en verduidelik wat Sol-Tech teen 2030. Sol-Tech sal gereed wees gie word onderrigmetodes aangepas gaan doen om studente op te lei sodat om opleiding te bied in nuwe studierigsodat studente selfgedrewe leer kan hulle oor die vaardighede sal beskik om tings en beroepe wat moontlik vandag toepas. Selfgedrewe leer behels dat uit te blink in hul toekomstige beroepe nog nie bestaan nie. studente self die verantwoordelikheid waar digitale elektronika en virtuele werkVerryk jou toekoms met die hulp aan die dag lê om hul leerbehoeftes te likhede die wêreld van werk gaan dikteer. van Sol-Tech – vandag se handewerk is bepaal, leerdoelwitte te stel en aksie te Volgens Pouwels het Sol-Tech reeds môre se toekoms! neem om die leerdoelwitte te bereik. Dit twee jaar gelede begin om voor te berei • Besoek gerus www.sol-tech.co.za verhoog lewenslange leer, wat studente op die toekoms wat studente eendag vir meer inligting. sal voorberei vir die hoë eise van die gaan betree. Daar is ondersoek ingestel

54

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


FOTO’S: MARTIE MAREE & VERSKAF

Bouwerk aan Sol-Tech se splinternuwe kampus vorder baie goed. Dié kampus, wat teen ‘n koste van sowat R200 miljoen opgerig word, open in Januarie 2021 sy deure. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging; Francois van Vuuren, ontwikkelingsbestuurder van Kanton, verantwoordelik vir die Sol-Tech Kampus-projek; en dr. Philip Minnaar, hoof van Sol-Tech, het die vordering van nader gaan besigtig.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

55


MEERK

AT SHO

WS SA

’S FINA

NCIAL

SERVIC

ES SEC

TOR TH

E WAY

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

The financial services sector is one of the fastest developing sectors in South Africa’s otherwise underperforming economy. The advent of financial technology, or fintech, which seeks to improve and automate the delivery of financial services, has contributed to the rapid growth of this industry.

56

ecently, SA fintech company Meerkat was selected to take part in the US fintech accelerator Catalyst Fund. According to Stephen Trimm, editor of Venture Burn, the accelerator aims to advance financial inclusion in emerging markets. “Meerkat, which uses a fintech platform to lower the cost of debt counselling and savings products offered to clients, is one of six start-ups chosen to take part in the current cohort, which kicked off last month,” Trimm said. According to Dawid Botha from Solidarity Financial Services, South Africa can do more in this regard. “We are not putting enough effort into building the skills required to run these types of businesses in South Africa, from software developers to business management. There are only a few fintech companies that can compete globally.” In January this year, the United States fintech accelerator Catalyst Fund secured $15 million in funding from JP Morgan and UK Aid. Fintech start-ups in Kenya, Nigeria and South Africa that

target financial inclusion are among those set to benefit from grants of up to $100 000. Meerkat will receive mentorship from the fund and global tech consulting firm BFA, as well as assistance to launch its innovative low-cost savings product to the SA market. “The business opened for debt counselling late in 2016. We sold our first insurance policy in 2017, our first savings plan early in 2019, and we are launching our funeral plan in Q1 of 2020. The staff own 20% of the business,” said David O’Brien, founder of Meerkat. With its modest savings product, Meerkat aims to assist the South African market in reducing their reliance on debt and to improve their financial health. The start-up uses digital technology to reduce the cost of services rendered to customers, and then shares the value that is created. “In addition to funding, Meerkat will also share learnings with the local and international cohort members and the fund’s impact investor networks and investor advisory committee, which includes Quona Capital, Flourish and Accion Ventures,” O’Brien explained. Meerkat has 1 500 debt counselling customers. It manages R40 million per

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

month on its customers’ behalf and has 1 000 policyholders without using a single piece of paper in the business. “Revenues are around R1 million a month,” O’Brien said. While South Africans are reportedly improving their skills profile, the financial sector is still concerned about the lack of necessary skills. More than half of the top managers in the financial services sector indicated that their companies were not able to generate innovative momentum due to a lack of the necessary skills. Many financial services companies have started to transform their business models and processes, data analysis and design-thinking, and they are beginning to use artificial intelligence (AI). However, the existing workforce does not have sufficient skills to apply this technology in all sectors or to keep up with changes. Technology plays a vital role in the South African economy and is regarded as a means to escape from our current economic stagnation. The development of innovative digital abilities that comply with a worldwide standard is one way of ensuring that we can compete in the global market.


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R135 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R150 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Premie is gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit Legal X isdienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële Beperk, dienste •FSP-nommer: FSP-nommer: finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy 755277


Jou werk is óns

werk

Die voordele wat aan Solidariteit-lidmaatskap gekoppel is, word hier opgesom. Dit is onderworpe aan Solidariteit se grondwet en beleid asook aan die reëls wat in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur Solidariteit se Hoofraad gewysig word. Nuwe lede wat kan bewys dat hulle tot op die datum van hul aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy was, sal onmiddellik op voordele geregtig wees, met dien verstande dat waar ’n persoon met aanvaarding as lid van Solidariteit reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, mag die Hoofraad sy diskresie uitoefen om die betrokke lid se voordele te beperk.

Lidmaatskapkategorieë INDIVIDUELE LEDE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Individuele lede van Solidariteit is lede wat met aansluiting jonger as 50 is en wat werksaam is by ’n werkplek waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle Solidariteit-voordele.*

58

KOLLEKTIEWE LEDE

ONDERSTEUNINGSLEDE

Kollektiewe lede is diegene wat werksaam is by ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of by ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling geïnkorporeer is. Die meeste lede van Solidariteit val in hierdie lidmaatskapkategorie. Kollektiewe lede kwalifiseer vir alle voordele soos hier uiteengesit, ongeag hul ouderdom.

Dié kategorie is ingestel in reaksie op versoeke van persone wat Solidariteit se visie ondersteun, maar wat nie vir een van die ander kategorieë van lidmaatskap kwalifiseer nie, byvoorbeeld individue wat met aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.

Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting oor al die voordele wat ons bied, skakel 0861 25 24 23. Nog nie ‘n lid nie? Stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za, skakel 0861 25 24 23 of sluit in ‘n japtrap aan by https://solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* arbeid• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. sake • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Gratis regshulp: Arbeidsake •Lede Onbeperkte tot regsdokumentasie. word van adviestoegang bedien deur Begrafnisvoordeel kenners op die gebied van alle arbeid• Afslagtariewe op eiendomsoordragte. (Martin’s of Avbob) sake, byvoorbeeld dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en arbeidsGratis regsverteenwoordiging •kwessies. Skakel 0861 765 734 of word voorsien vir arbeidsake wat na die besoek www.legalx.co.za KVBA of die arbeidshof verwys is.

Bystand met ondersoeke

Bystand word verleen met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Beroepsiektes en met navrae oor voordele by die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual, asook met werkverwante ongeskiktheidseise. Alle eise moet binne ses maande ingedien word.

Kollektiewe bedinging

Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Permanente ongeskiktheid Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap wat verslae van spesialiste en bewyse van die werkgewer indien dat hulle permanent medies ongeskik is om in die arbeidsmark te werk, ontvang ’n eenmalige bedrag van R2 000. Eise moet binne ses maande ingedien word.

LEDEVOORDELE Solidariteit Tydskrif

sterfte-

’n Waardige begrafnis voordeel word verskaf aan kwalifiserende lede en hul huweliksmaats. Dit sluit ’n kis asook die begrafnisdiens in. Vir verassings word ’n kis en die gewone begrafnisondernemerdienste voorsien. ’n Begrafnis van dieselfde gehalte as vir volwassenes is ingesluit vir ’n kwalifiserende lid se kinders onder die ouderdom van 21 jaar. Ná die lid se afsterwe mag sy of haar huweliksmaat aansoek doen om steeds lid van Solidariteit te bly. Die swaar las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Martin’s of Avbob al die reëlings tref. Solidariteit het 10% korting op die koste van grafstene met Martin’s en Avbob beding. Die begrafnisdienste word slegs deur Martin’s of Avbob verskaf. Indien ’n ander begrafnisondernemer vir die begrafnis gebruik word, sal die kis- en dienstegedeelte van die voordeel verbeur word.

Bykomende kontantuitbetalings

Met die afsterwe van ’n opbetaalde lid word ’n kontantbedrag van R4 000 aan die oorlewende huweliksmaat of afhanklike kinders uitbetaal. Bevallingsvoordeel Met die afsterwe van die huweliksmaat ’n Bevallingsvoordeel van R1 700 word met van ’n opbetaalde lid wat volle ledegeld elke bevalling aan ’n vroulike lid met 12 betaal, word ’n bedrag van R2 700 aan maande ononderbroke lidmaatskap betaal. die lid uitbetaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die Kontantbetalings aan volle lede met die bevalling ingedien word. afsterwe van ’n kind is soos volg: ’n Kind ouer as 14 jaar maar jonger as 20 jaar – R2 010; Solidariteit Vakansievoordeel Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer ’n Kind van 14 jaar en jonger – Beweging vanvan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Solidariteit-lede (asook lede Helpende R1 380; Hand, AfriForum en die Skoleondersteuningsen ’n Gestremde kind (20+) – R2 010. trum) ontvang 20% afslag op akkommodasie by die Kokoriba Natuurreservaat (Brits) en Santanastrandvakansieoord (Margate). Besoek die webtuiste www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel.

Lede ontvang vyf uitgawes van die Solidariteit Tydskrif per jaar. Daarin word arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark bespreek. Die Beweging se aktiwiteite, asook ander nuuswaardighede wat jou in die wêreld van werk raak, word ook daarin gepubliseer.

SOLIDARITEIT tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Uitgawe 1 van

2020

www.solidariteit .co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

ander dienste

Motor- & huisinhoudversekering Hierdie bied aan lede uitstekende premies by Virseker. ’n Deel van lede se premies word deur Virseker oorgedra aan die Virseker Trust wat in Afrikaanse onderwys en opleiding belê. Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer. Bepalings en voorwaardes geld. • Skakel 0860 005, SMS geld die * Bepalings en101 voorwaardes woord “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Studievoordeel Lede van Solidariteit en hul afhanklike kinders (tot op die ouderdom van 21 jaar) ontvang 20%-afslag op studies by Akademia. Indien getalle dit toelaat, geniet lede se kinders keuringsvoorkeur by Sol-Tech. Solidariteitlede geniet voorts tot en met 40%-afslag op kursusse by S-leer.

Testamente & boedeladministrasie Jy kan jou testament gratis laat opstel. Die lid se boedel kan teen ’n markverwante bedrag geadministreer word. • Skakel 012 644 4300.

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Regsversekering finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

Lede en hul afhanklikes kan regsversekering buite die arbeidskonteks bekom teen ’n addisionele premie van R135* per maand. Dit gee 24-uur-toegang tot telefoniese regsadvies asook regsverteenwoordiging tot ’n bedrag van R150 000 per jaar (beperk tot R30 000 per saak). * Premies is vir ‘n jaar gewaarborg. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75). • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

59


FOTO’S: VERSKAF

Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, hou ‘n wakende oog oor die bouwerk aan die Sol-Tech Kampus.

60

olidariteit het in 2019 besluit om die bestaande eiendomsportefeulje van Solidariteit Eiendomme te neem en Kanton Beleggings te stig. Met die oprigting van Kanton het Solidariteit diep gedelf in die DNS van die Afrikaner wat met die Reddingsdaadbond en Federale Volksbeleggings amper 100 jaar gelede soortgelyke stappe geneem het om die gemeenskap in ‘n moeilike tyd te bemagtig. Kanton is ‘n vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om teen ‘n goeie opbrengs volhoubare eiendomsoplossings aan instellings van die Afrikaanse gemeenskap te voorsien. Dit is Kanton se taak om aan die een kant gehalte-eiendomme teen bekostigbare pryse aan die instellings van

die Afrikaanse gemeenskap beskikbaar te stel, terwyl dit aan die beleggers goeie opbrengste bied. Die beleggers van Kanton verdien egter nie net ‘n goeie finansiële opbrengs nie, maar ook ‘n kulturele dividend deurdat hulle beleggings leefruimtes vir Afrikaans voorsien. Kanton is tans besig om sy portefeulje uit te bou en projekpyplyn gereed te kry. Dit is Kanton se plan om oor ‘n jaar of twee ‘n geleentheid vir belegging te bied aan beleggers wat wil bydra tot die voorsiening van leefruimtes vir Afrikaans terwyl daar ook goeie opbrengste verdien word. Kanton wil graag dit so doen dat dit nie net vir vermoënde beleggers moontlik is om te belê nie, maar dat die gewone mense met gewone inkomstes ook die geleentheid sal hê om ‘n paar honderd rand per maand te belê.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Sol-Tech Kampus

D

ie Sol-Tech Kampus is Kanton se eerste groot projek en die sooispitplegtigheid is reeds in 2019 gehou. Die kampus sal nie net ’n plek van opleiding wees nie, maar ’n ware kulturele leefruimte waar Afrikaanse kinders toegerus gaan word met kennis, vaardighede en waardes vir ’n suksesvolle lewe. Die projek van sowat R200 miljoen vorder goed en is op datum. Die nuwe kampus word reeds teen einde November vanjaar aan Sol-Tech oorhandig sodat hulle gedurende Desember kan intrek en in Januarie 2021 hul deure kan oopmaak.


Sol-Tech Koshuis

’n

Projek wat kort ná die voltooiing van die SolTech Kampus sal volg, is ’n koshuis vir SolTech se studente. Die koshuis sal 400 beddens hê en sal veilige verblyf en ’n gesonde studentelewe aan studente bied. Dit sal binne stapafstand van die kampus opgerig word en sal ongeveer R100 miljoen kos. Die dorpstigtingsproses het reeds formeel begin.

R1,5 miljard vir Akademia Kampus

D

ie oprigting van ’n kampus vir Akademia is ’n projek waaroor Kanton baie opgewonde is. ’n Stuk grond van 200 hektaar is hiervoor geïdentifiseer en ’n professionele span is reeds besig om aandag te gee aan aspekte soos terreinuitleg en die aanlê van elektrisiteit, water, rioolstelsels en paaie wat vir die formele dorpstigtingsaansoek nodig is. Sodra Kanton die groen lig kry, sal daar met die ontwikkeling van die kampus vir Akademia begin word om uiteindelik 5 000 voltydse studente te kan akkommodeer. Hierdie projek sal na raming meer as R1,5 miljard kos en Kanton sal die gemeenskap mobiliseer om daarin te belê sodat dit suksesvol ontwikkel kan word.

HEEL LINKS: Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton; Steve Scott, Solidariteit-president; Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech; en Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die eerste sooi gespit waar die Sol-Tech Kampus tans gebou word. LINKS: ‘n Voorstelling van die Sol-Tech Kampus.


HISTORIES GESPROKE

NIE NET MAANSKYN EN... DRUIWE

eer as 200 000 Franse Hugenote het gedurende die 1600’s en 1700’s uit Frankryk gevlug. Sowat 300 van hulle het aan die suidpunt van Afrika ’n heenkome gevind en ’n vyfde van die destydse Europese bevolking aan die Kaap gevorm. Die meerderheid Hugenote het egter na lande soos Amerika, Nederland en Engeland gevlug.

Die koms van die Franse Hugenote na die Kaap word dikwels geromantiseer. Wingerde, die elegante Franse taal en die asemrowende Kaap. Die werklikheid was egter glad nie so rooskleurig nie.

FOTO’S: ILZE NIEUWOUDT & ISTOCKPHOTO.COM

HOEKOM VLUG?

62

Die Hugenote het reeds sedert die 1500’s ernstige vervolging beleef. Hulle het die Protestantse geloof aangehang, en is daarom deur die Rooms-Katolieke heersers vervolg. Volgelinge van die Protestantse geloof is deur massamoorde uitgewis – in 1562 is 1 200 Hugenote vermoor in Vassy, Frankryk, waarna verskeie soortgelyke aanvalle sou volg. In een uiters brutale aanval, die St. Bartholomeusnagslagting in Augustus 1572, is meer as 8 000 Hugenote vermoor. Teen 1598 is die Edik van Nantes onderteken en is die dekades lange stryd teen die Franse Protestante vir eers laat vaar. Die edik het aan die Hugenote meer geloofsvryheid gegee en hulle toegelaat om hul geloof in spesifieke stede te beoefen. Tog was die vrede van korte duur en onderdrukking is spoedig hervat. In Oktober 1685 het die Franse koning Lodewyk XIV die Edik van Nantes herroep, waarna grootskaalse aanvalle op die Hugenote weer begin het. Volgens die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika is dié gelowiges se kerke en huise afgebrand, en hul Bybels en liedboeke vernietig. Talle Hugenote is na die brandstapels gestuur, terwyl ander as slawe op galeie moes werk, of as slawe na die Wes-Indiese Eilande verban is.

Die Franse Hugenote-monument in Franschhoek is ryk aan simboliek – die kruis verwys na die Christelike geloof; die son versinnebeeld geregtigheid; die drie boë dui op die Drie-eenheid van God; en die waterpoel en suilegang dui op vrede ná die Hugenote se stryd.

H.C. Viljoen van die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika skryf dat die Hugenote aangemoedig is om koring te verbou en met skape te boer. Wynverbouing het wel ’n groot deel van die nalatenskap van die Franse Hugenote geword. Teen 1729 het 279 Franse en hul nasate aan die Kaap gewoon. Die meerderheid van dié vlugtelinge is in Franschhoek en Drakenstein (die teenswoordige Paarl) gevestig. Hulle is volgens die historici Hermann Giliomee en Bernard Mbenga (in die boek Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika) aangemoedig om met die ander vryburgers te assimileer. Die plaaslike taal en kultuur is spoedig aangeleer en kort voor lank het die Franse taal onder die nasate van die Hugenote uitgesterf.

HUGENOTE IN 2020

HUGENOTE AAN DIE KAAP Drie jaar ná die herroeping van die Edik van Nantes kom die eerste groep Franse Hugenote in 1688 aan boord die Oosterland en die Voorschoten in die Kaap aan. Hulle was egter nie die eerste Hugenote wat hulle permanent aan die Kaap kom vestig het nie. Francois Villion (tans bekend as Viljoen) het in 1671 na die Kaap gekom, terwyl Jean de Long (tans bekend as De Lange) en sy gesin in 1685 en die Guillaume-broers en Francois du Toit in 1686 hierheen gevlug het. Die Hugenote is verwelkom aangesien hul geloof ooreengestem het met dié van die Nederlanders wat hier gevestig was, en omdat hulle oor landboukennis beskik het.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Talle families, veral Afrikaner-families, kan vandag nog hul skakel met die Franse Hugenote naspoor. Die bekendste Hugenote-families sluit onder meer in De Villiers, Malan, Du Toit, Du Preez en Du Plessis. Dit is interessant om daarop te let dat dié familiename met tyd verafrikaans is, en soms net-net ooreenstem met die oorspronklike Franse vanne. Vergelyk byvoorbeeld die verandering in die skryfwyse van die volgende bekende Hugenote-vanne: Bruère – Bruwer Du Plessey – Du Plessis Dutoit – Du Toit Mesnard – Minnaar Pinard – Pienaar. • Vir meer inligting oor Hugenotevoorouers en ’n databasis van Hugenote wat na Suid-Afrika gevlug het, besoek die webtuiste www.hugenoot.org.za.



WEBWYS

SOEK

VIND DIE REGTE AANLYN WERKSOEKPLATFORM Baie mense hoop om in 2020 hul droomwerk te kry, maar om werk te soek, is moeilik. Probeer gerus een van hierdie gebruikersvriendelike, gratis, aanlyn werksoekplatforms.

LINKEDIN

Word deel van dié netwerk

LinkedIn is tans die doeltreffendste professionele sosiale netwerk. Behalwe werkgeleenthede soek, kan jy hier ook meer oor ‘n potensiële werkgewer te wete kom.

Laat jou werkdrome waar word deur op die regte plekke te soek.

1

3

WERKNET

In Afrikaans

Solidariteit se eie werksoekplatform in Afrikaans is die ideale plek waar werkgewers en werknemers mekaar kan ontmoet. Op WerkNet kan jy jou CV opstel en op jou profiel stoor sodat jy vinnig kan aansoek doen vir moontlike poste. Werkgewers kan ook hier snuffel vir die ideale kandidate vir poste.

2

CAREERS24

Magdom opsies

Careers24 is gebruikersvriendelik en bied ’n magdom opsies met verskillende poste en beroepe. Jy kan gerieflik deur die beskikbare poste sif en die webtuiste sal selfs poste voorstel waarin jy moontlik kan belangstel.

SOEKWENKE FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

64

Gebruik die regte sleutelwoorde. Dit sal jou help om die resultate te verminder tot werkgeleenthede wat met jou kwalifikasies ooreenstem. Elke keer as jy vir ‘n ander pos aansoek doen, is dit belangrik om jou CV en dekbrief aan te pas om so relevant moontlik te wees. Moenie ‘n vreemde e-posadres gebruik nie. Skep ‘n maklike adres, soos koos.malan@gmail.com.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

INDEED

4

Soek wêreldwyd

Met Indeed kan jy wêreldwyd na jou droomwerk soek. Dit sit moontlike poste netjies uiteen sodat jy kan sien wat die posvereistes is en watter kwalifikasies jy benodig. Jy kan op die webtuiste self aansoek doen vir werk, hoewel sommige werkgewers verkies dat aansoeke op hul webtuistes ingestuur word. Die webtuiste skakel egter vinnig deur na ’n werkgewer se webtuiste en die proses is glad nie ingewikkeld nie.


FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

MY GESIN

r. Brendan Belsham, ’n psigiater, skryf die toename in angstigheid en depressie onder tieners toe aan die impak van sosiale media op hulle sielkundige welstand. Daarom is dit nie vreemd nie dat daar ’n fobie genaamd nomofobie geïdentifiseer is – dis die intense vrees om jou selfoon, of “nomofobiese toestel”, te verloor of nie toegang daartoe te hê nie. Nomofobie beïnvloed jou gemoed én jou verhoudings met mense wat dalk fisiek teenwoordig is, maar sielkundig afwesig is. Volgens dr. Lenette Kruger, ’n opvoedkundige sielkundige, besef mense nie die gevaar van Facebook of WhatsApp nie. As iemand hou van (like) wat jy op Facebook plaas, stimuleer dit jou brein om dopamien, die goedvoelhormoon, af te skei wat dieselfde uitwerking as dwelms op die liggaam het. “Aan die begin is vyf likes genoeg, maar met elke plasing soek jy meer likes om dieselfde gevoel te kry, en dit is wanneer jy ’n digitale verslaafde raak,” het dr. Kruger gesê. Omdat digitale verslawing stelselmatig plaasvind, trap kinders sonder om dit te besef in dié strik.

Maak kinders bewus van die gevare Jy gaan nie jou kinders van sosiale media kan weghou nie, maar jy kan hulle bemagtig deur hulle in te lig oor die gevare van sosiale media en die gevolge van hul aksies. Maak seker jou kinders ken die voorwaardes van die platforms waarop hulle kommunikeer. Dit bly jou verantwoordelikheid as ouer om bewus te wees van jou kind se teenwoordigheid op sosiale media sodat jy proaktief kan optree.

Gesinswaardes moet hoeksteen wees Laat jou kinders jul gesin se waardestelsel as kompas gebruik wanneer hulle op digitale platforms kommunikeer. Om respek vir jouself en vir ander te hê, is net so belangrik op digitale platforms as in die werklike lewe. Leer jou kinders om mooi te dink voordat hulle iets plaas en om seker te maak dat dít wat hulle plaas, met julle waardestelsel ooreenstem.

In vandag se samelewing is dit asof mense nie meer sonder sosiale media kan klaarkom nie, en ons moet al hoe meer met digitale skerms meeding om ons geliefdes se persoonlike aandag.

Stel ’n paar basiese digitale reëls vas Sorg dat jou kinders riglyne volg soos om persoonlike inligting privaat te hou. Verduidelik dat hulle nie inligting soos ID-nommers, telefoonnommers of die naam van hul skool in die kuberruim mag deel nie, net soos hulle dit ook nie vir ’n vreemdeling op straat sou gee nie. Beperk die tyd wat jou kinders voor die skerm deurbring sodat daar ’n goeie balans tussen skermtyd en gesinstyd gehandhaaf word. Gesinstyd beteken tyd saam met mekaar weg van skerms af, sodat jou kinders interpersoonlike vaardighede, gesigsuitdrukkings en liggaamstaal kan bemeester. Leer hulle om slegs foto’s te plaas wat hulle laat goed voel oor hulle self, en om nooit afbrekende of naakfoto’s van hulle of ander te neem of te deel nie.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

65


MY GELD

GORDEL VAS VIR VOLGENDE DEKADE!

ie nuwe dekade het uit ’n finansiële oogpunt beskou, nie goed begin nie: Groot dele van ons land gaan gebuk onder ’n knellende droogte wat ’n beduidende invloed op voedselinflasie vir die volgende paar jaar kan hê, die JSE lyk ten spyte van ’n effense verbetering die afgelope jaar of dit net nie wil rigting kry nie, en ons groot staatsentiteite soos die SAL en Eskom spartel om nie te verdrink in die skuldput wat hulle self gegrawe het nie. Boonop dreig die staat om belasting te verhoog, aftreefondse te verplig om regruk-aksies te help finansier wat weens die staat se wanbestuur nodig is, Nasionale Gesondheidsversekering in werking te stel, en met onteiening sonder vergoeding te begin. Wie kan verbruikers onder hierdie omstandighede verkwalik as hulle soms moedeloos raak oor die toekoms? Hoe moet ons reageer? Eerstens moet elkeen van ons verantwoordelikheid vir ons eie finansies neem. Om te kla, sal seker help om van die emosionele bagasie ontslae te raak, maar dit gaan nie jou finansiële probleme oplos nie. Probeer gerus dié wenke:

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Stel ’n begroting op

66

Die eerste belangrike wenk is om te begroot. Besluit hoe die kontantkomponent van jou salaris soos dit in jou bankrekening inbetaal word, bestee moet word: Voorsien vir verpligte betalings soos die huispaaiement, huur, water en elektrisiteit en skoolfonds, en dan vir diskresionêre uitgawes soos vermaak, klere en kruideniersware.

Moenie skuld aangaan

Moenie skuld aangaan tensy dit vir ’n langtermynbate soos ’n huis of ’n voertuig is nie. As jy nie ’n televisie of ’n meubelstuk kontant kan betaal nie, moet dit nie koop nie. Wag tot jy genoeg kontant het. Vermy om uitgawes met ’n kredietkaart te finansier. Die rente op die uitstaande skuld gaan jou finansiële posisie nog verder benadeel.

Hou rekord van uitgawes Hou rekord van jou uitgawes. Finansiële bestuur vereis dat jy ook bewus moet wees van waarop jy jou geld spandeer. Kom in die gewoonte om alle strokies in jou beursie te bêre en teken so een maal ’n week al jou uitgawes op ’n spreiblad aan. Aan die einde van die maand kan jy dan ’n rekonsiliasie doen tussen jou bankbalans, jou salaris en jou uitgawes. Sodoende weet jy waar jou geld heen verdwyn. Die aanvanklike skok om te sien hoeveel jy aan onnodige items spandeer, help gewoonlik dat jy in die toekoms nie dieselfde fout herhaal nie.

Stop gate só toe Oorweeg dit om jou inkomste aan te vul uit ander bronne. Verhuur ’n onbenutte buitekamer aan iemand as blyplek, verhuur ’n leë motorhuis as stoorruimte, of doen ’n ekstra werkie oor naweke om ’n paar gate te help toestop.

Belê ’n deel van jou inkomste Laastens, moenie vergeet om ’n deel van jou inkomste te belê nie. Die geskiedenis wys dat daar selfs onder die moeilikste omstandighede altyd mense is wat beter daaraan toe is wanneer die krisistyd verby is. Dit is mense wat geleenthede raaksien of skep wanneer ander moedeloos raak.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


MY WORK

Overcome the fears of

No matter where you find yourself on your career journey, it remains a frightening experience to start a new job.

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

ccording to The Business Insider it is important to transform the nervous energy and tension that you experience on your first day into positive momentum, to help you get off to a good start at your new job. Randall S Hansen, founder of Quintessential Careers, has a few tips on how to keep your nerves under control when you start a new job.

Make notes Chances are good that you will be bombarded with information on the first day, so keep a notebook and pen handy and make notes along the way. Write down general instructions or detailed procedures that will help you to stay informed during your induction period.

Remind yourself why you decided to take on new challenge A fear of the unknown may cause you to lose focus and forget why you changed your job in the first place. Remember that you were appointed for a reason, so take a deep breath and focus on your goals. It will also help to read through your job description so you will know what is expected from you. This will set your mind at ease. Being the new person at an organisation is challenging, but exciting. Before long, you will be established in your new environment. Just remember to make the best of all situations.

Just be yourself First impressions last, so make sure you walk into your new job with a positive attitude. Be polite with your colleagues and be willing to help. It is important to create the environment you would like to work in on the first day.

It’s a learning curve The fact that you’ve been appointed in this position means that you have the necessary experience and meet the requirements for the job, but you may still have to learn how your new company’s systems work. Do not hesitate to ask questions and do not panic if you make a mistake – it is part of the learning process. Accept responsibility for your mistakes and correct them immediately.


KRAAL UITGEWERS EN AS JOU PAPIER WATERDIG IS JOU INK VOL MOED SAL JOU PENNE BEGIN BEWE IN DIE BRIES EN SO SAL JOU AARDSE VYE WOORDE DRA.” ~ Breyten Breytenbach ~

PAK DIE WA – ONS TREK NOU!

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

ie Groot Trek-bordspeletjie neem deelnemers op ’n kruis-en-dwarsroete oor Suid-Afrika vanaf die Kaapkolonie tot in die skadu van die Soutpansberge in die verre noorde. Die missie? Voltooi die voorgestelde roete van die Voortrekkers van ouds, maar wees op jou hoede, want daar is vele afdraaipaaie, gevaarlike riviere, wilde leeus en die dodelike tsetsevlieg wat jou trek kan kniehalter. Kom eerste by die eindbestemming aan en jou trek wen, maar dit sal nie maklik wees nie. Speelkaarte bied tientalle uitdagings – soos wanneer jy moet wag vir jou mielies om geoes te word of wanneer jou wa herstelwerk benodig. Jy kan ook verwag dat dinge maar teen ’n slakkepas sal gaan sodra jy die gevreesde Drakensberge bereik. Herontdek die geskiedenis van die Groot Trek op hierdie prettige manier en leer meer van die Gelofte, vind uit na wie plekke soos Potchefstroom vernoem is én leer ken die Voortrekkerleiers op hul voorname! • Die Groot Trek-bordspeletjie is beskikbaar teen slegs R350. Besoek www.kraaluitgewers.co.za om joune te koop!

68

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

In die voetspore van die ou Israeliete

H

ier is dit uiteindelik – ’n Bybelse bordspeletjie vir die hele gesin en dit boonop in Afrikaans! Voetspore van Israel lei spelers op ’n Bybelse avontuur deur die woestyn. Volg in die voetspore van die antieke Israeliete vanaf die uittog uit Egipte, deur 13 stopplekke tot in Jerusalem in die Beloofde Land. Dié speletjie is geskik vir oud én jonk en leer jou hoe God sy volk toe gelei het én vandag steeds doen. Tot ses spanne kan saam speel aan Voetspore van Israel en terwyl julle skater oor mekaar se stomstreke gebaseer op Bybelse gebeure, leer almal so saam-saam die Bybelse geskiedenis. As jy ’n woordraaiselfoendi is of jou storie ken met die identifisering van prente, sal jou span sommer in ’n japtrap die woestyn met al sy uitdagings kan kafdraf. Die bordspeletjie bevat 300 speelkaarte met uiteenlopende kennisvrae. • Die bordspeletjie kos R350.


Prettige bordspel vir die hele gesin

D

ié prettige woordbordspel is volgens die skeppers daarvan ’n kombinasie van die bekende bordspeletjies Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary, maar strek terug tot die 17de eeu. Spelers span hul beste bluftegnieke, mimiekkuns, sketsvaardighede, algemene kennis én natuurlik ’n goeie dosis geluk in om die nagenoeg 1 000 vreemde woorde wat in die speletjie gebruik word, baas te raak. • BogWoordKies is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R400.

HULDIGINGSREEKS

Afrikaanse woordmeesters

D

ie woorde van Afrikaanse digters, prosaskrywers en dramaturge soos Adam Small, PG du Plessis en Breyten Breytenbach het jare reeds lêplek in die harte van lesers. Hul skryfwerk betower en verryk, en in uitsonderlike gevalle word dié woordmeesters met die toptoekenning vir Afrikaanse letterkunde vereer – die Hertzogprys. Die Hertzogprys vir letterkunde word sedert sy ontstaan in 1914 beskou as die prestigeprys vir Afrikaanse skryfwerk en is die grootste eer wat ’n Afrikaanse skrywer kan ontvang. Die toekenning word jaarliks aan ’n skrywer van oorspronklike Afrikaanse prosa, drama of poësie gemaak. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks betoon eer aan wenners van dié gesogte toekenning. Vyf biografiese bundels is reeds in hierdie reeks gepubliseer en stel op ’n wetenskaplike maar toeganklike wyse ondersoek in na die lewe en werk van Adam Small, PG du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en Johann de Lange. Dié vyf bundels is as ’n pakket beskikbaar by Kraal Uitgewers. • Besoek Kraal se aanlyn winkel by www.kraaluitgewers.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 1 OF 2020

69


MAROELA MEDIA

Koolstoof

KRAAK-

VARS

Maroela Media is jou gratis aanlyn tuiste waar jy jou skoene kan uitskop, jou voorskoot kan aansit, op ‘n seepkis kan klim of sommer net alles wat Afrikaans is kan vier!

Soetpatats met spek BESTANDDELE

Resep: Nicola Kruyshaar

Boekrak DIE NUWE AFRIKAANSE PROSABOEK

D

ie nuwe Afrikaanse prosaboek (R350) is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers as voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat 1950’s die kontoere van die literêre landskap herskik het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie. Die nuwe Afrikaanse prosaboek word uitgegee deur Human & Rousseau.

Fliekvlooi

D

ie rolprent Vergeet my nie, geskoei op die ware liefdesverhaal van Hugo en Mardaleen Derks, het die kasregisters in die weke ná sy vrystelling op Valentynsdag behoorlik laat klingel. Die rolprent, wat handel oor twee mense wie se romanse ‘n stormagtige draai maak in Potchefstroom, Londen en Namibië, is ‘n heerlike goedvoelfliek wat ‘n mens sommer opnuut in die liefde laat glo. Kyk gerus ook uit vir die gelyknamige boek uit die pen van François Bloemhof.

1 pak bevrore soetpatatblokkies 1 pakkie gesnipperde spek Botter Kaneel Bruinsuiker

METODE

Braai die bevrore patatblokkies in botter oor stadige hitte in ’n braaipan tot gaar. Dit neem ’n rukkie en verg ’n bietjie geduld. Moenie die patats aanbrand nie en moet ook geen water byvoeg nie. Braai die gesnipperde spek in ’n afsonderlike pan tot lekker gaar en bros. Meng nou die spek (en die spek se olie) by die patats. Gooi ekstra botter by en meng. Gooi suiker en kaneel oor na smaak en bedien warm.


FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

WATSE FONTEIN-NONSENS-TWAK? y is dalk een van die Maroela-lesers wat al vir agt jaar, sedert ons in 2011 ons eerste nuusstorie gepubliseer het, getrou saamkuier. Jy kook van ons resepteblad af, volg die wel en wee van bekendes op die vermaak-afdeling, slyp jou taal-tande op Toetentaal en bly op hoogte met die varsste nuus. En toe, skielik, toe jy nou die dag kommentaar wil lewer op Maroela se artikel oor onse eie Mej. Heelal wat terug is in die land, moet jy skielik hoor: “Jammer, jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.” Watse fontein-nonsens-twak is dit dié? skryf een oom baie boos vir ons. Moenie bekommerd wees nie. Maroela-fontein is ’n lekker plek – dis wa’ jy hoort, sê ons. Jy is mos darem lank al deel van die Maroela-gemeenskap met dié dat jy saamkuier op Maroela en op ons sosiale media. Met Maroela-fontein wil ons lojale lesers beloon met ekstra funksionaliteite – steeds gratis – waartoe ander lesers nie toegang het nie. As jy registreer om deel te word van Maroela-fontein, word jy as ’t ware ’n inwoner van ons digitale dorpie. En dié inwonerskap gee jou allerlei voorregte, soos dat jy kommentaar kan lewer wanneer jy ingeteken is, dat jy tiekies kan verdien wanneer jy aktief is op die webwerf, en dat jy vir jou deelname allerhande erebalkies kan ontvang waarmee jy op sosiale media kan spog. Die emosies-funksionaliteit by stories en kommentaar stel jou in staat om te wys hoe jy oor ’n artikel voel sonder dat jy ’n lang relaas in die kommentaar hoef te tik. Jy kan ook kies uit ’n rits lekker tong-in-die-kies-poskaarte wat jy elektronies vir iemand kan stuur

Een van Maroelafontein se tong-indie-kies-poskaarte. op spesiale dae soos Vaders- en Moedersdag, verjaardae, met die geboorte van ’n baba, ’n huwelik of op Valentynsdag. En wie weet, as jy ’n aktiewe inwoner is en jou goed gedra, besluit ons sommer om jou as burgemeester van Maroela-fontein te kroon. Op ’n ernstige noot: Ons hier by Maroela neem kennis van ons lesers se ongemak met kommentaar wat soms onsensitief is en aanstoot gee. Om die kommentaar af te skakel, is nie vir ons ’n opsie nie, want ons is immers ’n gemeenskap, en ’n gemeenskap moet darem met mekaar kan gesels (en ’n bietjie stry). Die enigste ander opsie is om seker te maak elkeen wat kommentaar lewer, weet dat ons weet wie hy of sy is. Daarom moet jy met ’n geldige e-posadres registreer vir Maroela-fontein-inwonerskap. Ons beplan nog allerhande lekkertes vir Maroela-fontein, en werk reeds aan ’n volgende klompie voordele wat jy as Maroela-fontein-inwoner sal kan geniet (en waarmee jy kan tong uitsteek vir ander Maroela-lesers wat nog nie geregistreer het nie), soos ’n boekmerkfunksie en areaspesifieke nuus vir die omgewing waarin jy woon. Maroela-fontein is een van die treë wat Maroela neem op ons pad na 2030: Ons weet hoe meer inligting daar buite is, hoe belangriker is dit vir jou om ’n persoonlike ervaring van jou digitale en sosiale media te hê; om die

dinge te lees wat jou interesseer en op hoogte te bly met gebeure wat jou wêreld raak. Maroela-fontein gee vir ons ’n platform om so ’n ervaring van Maroela vir jou moontlik te maak. Ons werk ook daaraan om meer gemeenskapspesifieke nuus uit plattelandse gemeenskappe te publiseer – amper soos die dorpskoerant van weleer. As jy nog nie die vorm voltooi het om ’n Maroela-fonteiner te word nie, doen dit sommer nou: Besoek maroelamedia.co.za en klik op die “Maroela-fontein”-blokkie regs bo op jou rekenaarskerm (of tik op die “word deel”-skakel heel bo op jou selfoon se skerm). Jy kry sommer dadelik ’n klomp tiekies én ’n Groentjie-erebalkie op die koop toe (wat jy te siene kan kry as jy jou profiel besoek wanneer jy ingeteken is). En as jy jou e-posbus dophou, skryf die burgemeester dalk nog vir jou ’n brief om jou persoonlik in jou nuwe tuisdorp welkom te heet. Toe, kom neem jou intrek in Maroela-fontein, en kom kuier saam van hanekraai soggens tot die genneryter laatnag sy laaste dampe uitblaas. Dis wa’ jy hoort!


IN RETROSPEK

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

DIS JOU beurt HET JY krag

72

eurtkrag het ’n mens aanvanklik onkant gevang. Jy is nog besig met jou huistakies wat noodsaaklik is vir die volgende dag om reg te begin as die donker jou skielik soos ’n swart kombers omvou. Jy voel-voel in die gang af, soek in die skoonmaakgoedkas na die kerse, soek die vuurhoutjies, vat die skoenpolitoer raak. Jy swets saggies as jy jou teen ’n tafelhoek kneus. Maar nou het ek ’n app waarop ek mooi kan sien wat elke dag gaan gebeur. Begin beurtkrag vanaf 5:00 moet ek sorg dat ek voor dan my hare was en blaas. Begin dit 19:00 moet ek sorg dat die kos voor dan gaar en die kinders gebad is. Voor die tyd maak ek seker dat die liggies en kerse binne bereik en die vuurhoutjies in een van die blakers lê. Dan, as die ligte uit is, die TV af, die rekenaar buite werking en die stoof en ketel nutteloos, is daar eintlik niks anders te doen as om die rustige stilte in die sagte kerslig te geniet en die reuk van warm kerswas in te adem nie. Dis in die ligkringetjie van ’n nuut gekoopte kers waar ek nou die aand filosofies dink dat beurtkrag, ten spyte van al die ekonomiese en praktiese ellendes wat daarmee gepaard gaan, tog wel heelwat lesse vir ons te leer het. In die oor-bedrywige loopgange van die lewe skuur ons haastig verby mekaar soos in Pick n Pay, neem die mengelmoes van kleure en klanke halfhartig in terwyl ons voortbeur na die dag se doelwitte. Ons is oormoeg, oor-besig, gedurig halfkwaad of half-benoud. ’n Groot las versamel mettertyd op ons skouers, waaronder ons

gebukkend voortsukkel. As ons Here Jesus se stem sag, maar dringend tot ons kom met die woorde: “Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is … My juk is sag en my las is lig…” dan is ons antwoord: Nou-nou, Here. Ek is net gou besig … dalk vanaand vyf minute voor ek gaan slaap! Tot Hy dan, tot ons eie beswil, ons tot stilstand dwing met ’n donker kombers, ’n krisis wat ons tot stilstand dwing. Sodat ons ons load moet shed – ons swaar las moet neersit en voor Hom kniel. Soos beurtkrag het ’n krisis dikwels ’n samebindende funksie. Die onwillekeurige en kollektiewe “aaaah…” wat die dag deur die pikdonker winkel getrek het, weerspieël ’n gemeenskaplike frustrasie. Jy kan op enige plek in Suid-Afrika ’n gesprek met enige vreemdeling van enige ras, geslag of ouderdom begin deur beurtkrag te noem.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 1 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Pick n Pay is ’n mengsel van mense, geluide, kinders, trollies. Dis Vrydagmiddag. Net toe ek my hand na die brood uitsteek, is dit skielik donker. ’n Kollektiewe “aaaah...” trek deur die winkel. Vir ’n sekonde of wat is dit doodstil en gitswart. Dan begin klein kolletjies selfoonliggies verskyn. Mense beweeg versigtig in afwagting op die kragopwekker om in te skop. Beurtkrag. Load shedding. Dis ’n ellende wat almal raak. Net so – eintlik baie meer so – bind ’n krisis mense weer saam wat voorheen miskien besig was om mekaar te verloor. Sibbe wat mekaar onlangs nie in die oë kon kyk nie, omhels mekaar weer om die sterfbed van ’n ouer. ’n Siekte wat jou tot stilstand ruk, laat jou besef dat jy besig was om jou naastes skromelik te verwaarloos en dat daar dinge is – mense – wat oneindig belangriker is as die volgende vergadering. ’n Mens leer vinnig om in die donker van ’n krisis jou prioriteite te herrangskik. In die donkerste tye is dit jou ware vriende wat jou teruglei na die Woord, wat soos die kers of die selfoonliggie ’n lig vir jou voet en ’n lamp vir jou pad is. Beurtkrag hou ook darem ’n troos in: Dis net ’n beurt. Dit gaan verby. Dis beperk. In Pick n Pay was die donker episode gelukkig baie kort. Die kragopwekker het ingeskop, die musiek, lig, kleure en klanke was terug, mensestemme het weer opgeklink, kasregisters se liggies het aangegaan en almal het hulle trollies verder gestoot asof niks gebeur het nie. In ons huise duur dit ’n bietjie langer, miskien twee ure of so. ’n Lewenskrisis kan baie langer wees, selfs ’n paar jaar. Maar ons mag weet, dis beperk. Dit sal vir seker eindig, al is dit in die Nuwe Jerusalem. Ons genadige Vader beproef ons nooit bo ons kragte nie. Daar is altyd weer lig, weer vrolike stemme en musiek, weer normaliteit. Solank ons nie, soos in Pick n Pay, net weer voortgaan asof niks gebeur het nie. Jou beurt moet jou iets leer. Jy moet anders wees as voor die donker. Anders is jou load nie ge-shed nie.


DIENSKANTORE

Landwyd tot jou diens BELLVILLE

RICHARDSBAAI

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

BLOEMFONTEIN Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

BOKSBURG Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee, Dennis Marais en Jannem Goussard Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

CARLETONVILLE

Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers Administratiewe beampte: Helen Kay Tel: 014 763 1174 Faks: 086 683 5261 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw Administratiewe beampte: Santie Pearson Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KLERKSDORP Coenie Rheeder en Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

LYDENBURG Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

PORT ELIZABETH Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Marike Pitzer, Linda Senekal, Peirru Marx, Nadine Botha, Helgard Cronje, Henco Breytenbach, Sanri Stone, Zirk Gous, Renate Barnard, Fanus Maritz en Johan Roos Administratiewe beamptes: Christa Louw en Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 011 388 9828 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendracht straat, Kloofsig, Centurion

RUSTENBURG Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole en Jaco Greeff Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK Francois Calldo, Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

WELKOM Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Toit Roux, Pieter van Zijl en Jo-Ann Potgieter Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer en Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11





Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.