Solidariteit Tydskrif Uitgawe 5 van 2020

Page 1

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Uitgawe 5 van 2020 ww w .s o lid ar it eit . c o . za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000




36

10

Uitgawe 5

inhoud. “’n Werkstrategie kan vergelyk word met ’n boer se plaas. Daar is insette, soos om te ploeg en te plant, en daar is uitsette, soos ’n goeie oes. Indien die regte insette bestaan, sal dit lei tot die regte uitsette en dan kan ’n boer sy uitkoms bereik, naamlik goeie winste.

56 Fokus op die

Werkherstelprogram

Bedryfsnuus

10 12 13 14 16 18 19

22 23 26 27 28 30 30 32 33 34 34

Onstuitbaar – Ons het mekaar nog altyd in nood gehelp, en doen dit weer. Dié keer groter! Aan die voorpunt – Massiewe selfhelpprogram uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Ons sal self – Splinternuwe lied deur die land se voorste kunstenaars roer die hartsnare. Opleiding – Die Beweging se opleidingsaanbod gaan nog vinniger, wyer uitgebou word. Werk – Netwerkplatform, werkburo’s, Werknet en beroepsgildes beskerm, bind en bemagtig. Werk – Solidariteit Jeug se tweeledige strategie om ons land se jongmense stukrag te gee. Welstand – Finansiële en fisieke welstand is kritiek. Só help SFD en Helpende Hand.

“KERSFEES KOM, KERSFEES KOM – GEE AAN GOD DIE EER. SKENK ONS ‘N HELDER SOMERKERSFEES IN HIERDIE LAND, O HEER.

Breuklyne – Leemtes in arbeidsverhoudinge ontbloot Fiskale afgrond – Mboweni die toorkunstenaar BGV – Veilige en gesonde terugkeer werk toe moontlik Werknet – Jou droomwerk wag op Werknet Internetsensuur – Voorstelle maak wolf skaapwagter NWU – Solidariteit gryp in oor groeplewensversekering Diskriminasie – Stryd oor rasafleggings by Barloworld Verandering – Onherroeplik op ‘n nuwe toekomspad Inperking – Jou gesondheid en werk weeg ewe swaar Regsdienste – Hoe hanteer jy verandering? Kompetisie – Nomineer jou Kantoorkampioen vir 2020


Het jy ekstra olie vir jou geldlamp?

Gesondheid, werk weeg ewe swaar

Covid-19 het die belangrikheid van finansiële beplanning herbevestig. Het jy genoeg spaargeld weggesit indien jy moontlik jou werk sou verloor? Appie Pienaar gee nuttige wenke om in moeilike omstandighede steeds die geldmas op te kom.

Volgens StatsSA het sowat 2,2 miljoen mense hul werk in die tweede kwartaal van 2020 verloor. Dit is belangrik om te benadruk dat werk en gesondheid ewe swaar weeg en dat gesonde werk moontlik is.

66

33

42

40

69

in Beweging 36 Solidariteit Dienssentrum & Arbeidsregsdienste – Diens allermins ingeperk 40 Helpende Hand – Só help en herstel Helpende Hand gesin en gemeenskap 41 Helpende Hand – Ons Winkels innoverend en positief ondanks inperking 42 Helpende Hand – Ons bou ‘n familie en nie ‘n besigheid nie 44 AfriForum – VN-status vir AfriForum ná ’n stryd van bykans ’n dekade 45 AfriForum – Forum Films spog met sy eerste kortfilm, Die parkie storie 46 AfriForum – Saamstaan in Senekal: “Mense met reg kwaad oor plaasmoorde” 48 Solidariteit Finansiële Dienste – Jou finansiële vennoot vir onafhanklike advies 51 Kraal Uitgewers – Dr. Dirk Hermann se nuwe boek brutaal eerlik, bemoedigend 54 Akademia – Kampus beloof onvergeetlike studente-ervaring 56 Sol-Tech – Leerervaring van ‘n leeftyd wag op splinternuwe kampus 58 Sol-Tech – Só bou ons sélf die geskiedenis 63 Maroela Media – Spul mengelmoesies Afrikaans se dood 69 Solidariteit Jeug – Loopbaankompas die perfekte eerste loopbaantree

Gereeld 06 Vooraf – Ons plig om uit pandemie op te staan 07 Gesprek – Lede sê hul sê 08 SpreekBuys – Normale werk vereis normale land 60 Voordele – Jou werk is óns werk 62 Maroela Media – Kraakvars 64 Webwys – Nuwe geleenthede vir aanlyn studies 65 My gesin – Kersfees ‘n tyd van saamwees 66 My geld – Ekstra olie vir jou geldlamp 67 My work – Guilds from medieval to modern 68 Posduif – Nuwe droom, nuwe liefde 70 Histories gesproke – Eerste Helpmekaarbeweging 72 Kraal – Fotokompetisie 73 Solidariteit Dienskantore – Tot jou diens 74 In retrospek – Onwankelbaar, rotsvas!

18


vooraf.

Ons sal self!

Ons plíg om uit pandemie op te staan ns sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons ons sal self ín die Here, sáám met ’n gemeenskap. Dit is óns generasie se taak om op te staan uit ’n pandemiekrisis en ons voorreg om vir die volgende geslag te bou en ’n nalatenskap te skep. Opstaan uit ’n krisis is gelukkig niks vreemd vir Afrikaners nie, want ons doen dit al dekades lank. Die koronakrisis is wat dit eie maak aan ons tyd. Solidariteit het egter reeds lankal begin om voor te berei vir ’n krisis soos dié. Ons het nie geweet dit sal ’n virus wees wat ons werk, die ekonomie en ons toekoms dalk kan kniehalter nie, maar die belangrike deel is dat ons gereed is om hierdie krisis die hoof te bied. Ek nooi jou uit om in hierdie uitgawe van die Solidariteit Tydskrif meer te lees oor Solidariteit se opwindende en omvattende Werkherstelprogram wat op 8 Oktober bekendgestel is. Hierdie program bevat al die oplossings wat ons voorstel om die Covid-19-krisis die stryd aan te sê én die hoof te bied.

6

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Nadat ek deur die programinhoud gewerk het, het ’n gevoel van verligting oor my gespoel. Die planne, oplossings en voorstelle is nie wollerige drome wat dalk eers oor 20 jaar gaan realiseer nie. Dit is werklikhede wat reeds geïmplementeer, reeds gebou en reeds daar is om jou te ondersteun. Ek het vroeër genoem dat ’n krisis nie vir Afrikaners vreemd is nie, want ons het opgestaan uit die as van die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie en die Afrikanerarmoedevraagstuk. Wat die huidige krisis uitsonderlik maak, is dat ons nog nooit so gereed was om op te staan soos nou nie. Hierdie is ook die laaste uitgawe van die jaar, daarom wens ek almal voorspoed toe vir die nuwe jaar. Mag God jou seën gedurende die Kerstyd, maar ook elke ander dag. Dankie dat julle saam met ons deur ’n bitter moeilike jaar geleef het waar ons soms moeilike aanpassings moes maak. Ons waardeer julle ondersteuning en hulp opreg. Trek solank jou 2021-dagboek nader en beplan saam met ons aan ’n nuwe jaar vol nuwe dinge, ’n jaar propvol hoop. Weet vir seker: Solidariteit is aan jou kant, elke tree van jou lewenspad. Soos in 1902 toe ons begin het, soveel te meer vandag!

LIEFDE is immers die grootste GESKENK wat ons aan MEKAAR kan gee.

Cilleste

CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


brandpunte

in hierdie

uitgawe.

In Afrika is daar ’n wit stam. Hulle noem hulself Afrikaners. Hulle presteer saam met die bestes in die wêreld, is harde werkers, het ’n mooi werketiek en is van Suid-Afrika se beste professionele lui.”

~ Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit ~

10

Solidariteit Werkherstelprogram Solidariteit het in Oktober ‘n enorme Werkherstelprogram van miljarde rand bekend gestel. Die program is uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Vandaar die slagspreuk: Ons sal self! Die Werkherstelprogram het drie fokusareas, naamlik werk, welstand en opleiding, waaraan die hele Solidariteit Beweging sal bou.

Gemeenskap, groei en gesinne Solidariteit Helpende Hand het as uitvloeisel van die Werkherstelprogram ’n Gemeenskapsherstelprogram uitgerol. Die doel van die plan is ’n verdieping, uitbreiding en geskuifde fokus met dieselfde doel – om in hart, met krag tot hoop ’n verskil te maak. Dié omvattende plan rus op drie bene, naamlik gemeenskap, groei en gesinne.

40

Sol-Tech-kampus byna voltooi

FOTO’S: MIA SLABBERT & ISTOCKPHOTO.COM

56

Die splinternuwe Sol-Tech-kampus open vroeg in 2021 sy deure vir studente. Dié kampus is ‘n lewende monument van hoop en beloof om die leerervaring van ‘n leeftyd te bied. Die feit dat die kampus op tyd en binne begroting voltooi gaan word, is tekenend van die gemeenskap se krag om ná ‘n krisis op te staan!

Redakteur | Editor: Cilleste van Dyk – cilleste@solidariteit.co.za Webredakteur | Online Editor: Lindie de Beer – lindievz@solidariteit.co.za Advertensies | Advertisements: Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Advertensie-ontwerp | Advertisement design: Martie Maree – martie@solidariteit.co.za Intekenare | Subscriptions: Heleen Nortjé – heleen@solidariteit.co.za Rekeninge | Accounts: Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee Medewerkers | Contributors: Jacques Benadé, Wilmarie Brits, Flip Buys, Chris Chameleon, Phil Davel, Gideon du Plessis, Hans du Plessis, Reon Janse van Rensburg, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Paul Maritz, Chantelle Marx, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Appie Pienaar, Marietjie Potgieter, Alet Rademeyer, René Roux, Mia Slabbert, Mandy-Michelle Thackwray, Rochelle van der Berg, Lydia van der Kooy, Suné van Heerden, Zydelia Venter en Jhua-Nine Wyrley-Birch.

Het jy iets op die hart? Deel dit met ons op sosiale media of volg ons! Ontwerp | Graphic design

aksentmedia@vodamail.co.za

gesprek.

Só gons dit op sosiale media

Vals rasklag: Opgeskorte vonnisse Twee lede van die SAPD wat skuldig bevind is op verskeie aanklagte, insluitend crimen injuria, regsverydeling, meineed en aanranding, is in Oktober opgeskorte vonnisse van onderskeidelik sewe en agt jaar opgelê. Dit kom nadat hulle hul bevelvoerder, luitenant-kolonel Annemarie Oosthuizen, valslik daarvan beskuldig het dat sy die k-woord gebruik het. Solidariteit het Oosthuizen in haar saak bygestaan. The punishment is not acceptable! They know better, should get harsher punishment seeing they get paid with honest citizens’ tax money and these crimes are committed against these very same citizens.

‘n Opgeskorte vonnis is hopeloos te ligte straf. As polisielede behoort hulle ‘n voorbeeld vir die publiek te wees. Hulle het hul magsposisie misbruik en moes dienooreenkomstig daarvoor gestraf gewees het!

Yochanan Coetzee

Joria Stewart Gevonnis, maar nie regtig gestraf nie. Momberg en Sparrow moes duisende betaal. Momberg is ook tronk toe vir twee jaar oor baie minder.

André Louw

Solidariteit-hoofkantoor | Head Office Adres: H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.

Een minuut kan jou lewe verander. Sluit in slegs een minuut aan by www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

7


WERK

FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM

vereis 'n

8

uid-Afrika het ’n rekordwerkloosheidskoers. Dit is is baie slegte nuus, want werk staan sentraal in ons lewens. Ons hele lewe is rondom dit georganiseer. Daarom het Solidariteit die Werkherstelprogram geloods. Gesaghebbende peilings deur Gallup het bepaal dat mense se grootste begeerte ’n goeie werk is. ’n Goeie werk stel jou in staat om jou roeping uit te voer en vir jou gesin te sorg. Dit gee sin aan die lewe en jy lewer ’n bydrae tot die samelewing. Werk is só belangrik dat die denker Max Weber gesê het die meeste mense werk nie om te leef nie, maar leef om te werk. Daarom wil mense werk selfs as die regering hulle deur Covid-19inperkingsregulasies probeer keer. Maar dis nie al nie. Die welstand van ’n land word deur die welstand van sy werkmag bepaal. Daarom is ’n hoogs opgeleide, produktiewe en goed betaalde werkmag noodsaaklik vir Suid-Afrika om te werk. Dit is ook ’n voorwaarde vir die verbetering van die bevolking se lewenstandaard – wat immers die doel van ’n ekonomie is. Maar ’n topgehaltewerkmag is ook ’n vereiste vir die oplossing van ons land se knellende vraagstukke van armoede en werkloosheid.

’n Land se werkmag voorsien sy inwoners van lewensbenodigdhede en maak produkte wat na ander lande uitgevoer word om geld in te bring. Werknemers word vir hulle bydraes vergoed en gebruik die vergoeding om lewensmiddele aan te koop wat deur ander werknemers gemaak en versprei word. Die winste wat maatskappye maak, word aan die aandeelhouers betaal, waarvan werknemers se pensioenfondse die grootste is. Daardie spaargeld word belê vir werknemers se oudag, maar om te groei, werk die geld intussen in die ekonomie en skep só meer werk. Hierdie spaargeld van werknemers is die “brandstof” van ekonomiese groei wat belê word in maatskappye wat goed daarmee werk en só ’n goeie opbrengs kan lewer. Werknemers betaal ook belasting, wat die staat dan aanwend om dienste soos onderwys, gesondheid, veiligheid, water en elektrisiteit te lewer. Werknemers is gevolglik ’n sleutelbelangrike skakel in die ekonomiese ketting.

Sonder ’n topwerkmag wat as ’n wenspan by ons internasionale mededingers kan kers

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

LAND vashou, sal ons van die wêreldkaart verdwyn. Dit is belangrik om te weet wat die bestaansvoorwaardes vir goeie werk en ’n topwerkmag is. Die rede is dat ons werkloosheidsyfer reeds voor die Covid-19-krisis rekordvlakke bereik het. Werk kan gesien word as ’n pyplyn wat al op laerskool begin. Goeie onderwys lê die grondslag vir naskoolse opleiding. Topgehalte-universiteite en -kolleges is onontbeerlik vir ’n topwerkmag. Navorsing bewys dat die vlakke van inkomste wat mense kry, bepaal word deur hulle vlakke van opleiding. Amerika is ’n supermoondheid omdat dit ’n superopleidingsmoondheid is, met 14 uit die 20 beste universiteite in die wêreld. Dit is waarom Solidariteit ons Netwerk van Werk begin het, met Sol-Tech, Akademia, die Helpende Hand Studiefonds en die Skoleondersteuningsentrum.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat die welstand van ’n land bepaal word deur die welstand van sy werkmag. Dit gaan sleg met die land, want dit gaan sleg met die werkmag. Die kern van die probleem is dat ons land se werkmag te klein is: Net 24% van Suid-Afrikaners werk, volgens Claude


Ons werkstrategie INSETTE

UITSETTE

UITKOMS

Werkmag Regeringsbeleid Markekonomie Staatsbestuur Regsorde (eiendomsreg) Veiligheid Infrastruktuur Dorpsdienste Instellings Ondernemerskap Kultuur Politiek Onderwys Opleiding Vertroue Tegnologie Belasting Besparing Maatskaplik

Ekonomiese groei Indiensneming Ontwikkeling Produkte Dienste Wins Moderne samelewing Pensioengeld

Verhoogde lewenstandaard

’n Werkstrategie kan vergelyk word met ’n boer se plaas. Daar is insette, soos om te ploeg en te plant, en daar is uitsette, soos ’n goeie oes. Indien die regte insette bestaan, sal dit lei tot die regte uitsette en dan kan ’n boer sy uitkoms bereik, naamlik goeie winste.

Baissac, ekonomiese strateeg van Eunomix. Hierdie 14 miljoen werkers moet vir die land se 60 miljoen mense sorg. Dis onmoontlik vir net 24% werkers om volhoubaar vir 76% te sorg. Suid-Afrika se werkloosheidskoers was al voor die grendelstaat op rekordvlakke en staan volgens StatsSA nou op meer as 40% van dié wat kan werk. Ons weet dat die regering wat die probleem veroorsaak het, dit nie alleen kan oplos nie. Daarom kan ons nie vir hulle wag nie. Ons moet sélf begin doen.

ONS WERKSKEPPINGSTRATEGIE ’n Normale land is ’n voorvereiste vir normale werk. Daar is nie goeie werk in abnormale lande soos Zimbabwe, waar daar nou ’n werkloosheidskoers van sowat 80% en ’n inflasiekoers van meer as 300% is nie. Die les van Zimbabwe is dat werkersregte afhanklik is van burgerregte. Daarom sal Solidariteit help om groter normaliteit te vestig, omdat

mense se werk daarvan afhang. ’n Werkstrategie kan vergelyk word met ’n boer se plaas. Daar is insette, soos om te ploeg en te plant, en daar is uitsette, soos ’n goeie oes. Indien die regte insette bestaan, sal dit lei tot die regte uitsette en dan kan ’n boer sy uitkoms bereik, naamlik goeie winste. ’n Werkstrategie het ook sekere insette nodig, soos ’n opgeleide werkmag, goeie regeringsbeleid, ’n markekonomie en redelike staatsbestuur. Die tabel bo beskryf Solidariteit se werkskeppingstrategie. Die insette is alles voorwaardes vir suksesvolle uitsette, soos ekonomiese groei, wat dan weer lei tot indiensneming wat werkloosheid afbring. Hierdie uitsette lei gesamentlik tot die bereiking van die belangrikste uitkoms van enige ekonomie, naamlik die verhoging van almal in die land se lewenstandaard. Daarom werk Solidariteit vir normaliteit op alle gebiede – want dis ’n voorvereiste vir goeie werk.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

9


NUUSWAARDIG

VISIONÊRE LEIERSKAP

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit; Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Skoleondersteuningsentrum; Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech; en Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia.

OMVANGRYKE WERKHERSTELPROGRAM BIED VOLHOUBARE OPLOSSING

FOTO: OKAY DEER

ONSTUITBAAR

10

ie drakoniese inperkings om die koronapandemie te probeer bekamp, is besig om die grootste menslike tragedie sedert die Tweede Wêreldoorlog te veroorsaak. Die Internasionale Arbeidsorganisasie bereken dat globale werkloosheid gaan verdubbel en dat bykans 200 miljoen mense hul werk kan verloor. Dit gaan die lewens en lewensmiddele van byna ’n miljard afhanklikes en ander mense raak. In Suid-Afrika kan die werkloosheidskoers tot 50% styg. Die krisis word in Suid-Afrika vererger deurdat die ekonomie reeds voor die koronapandemie tot rommelstatus afgradeer is. Die land is buitendien weens jare lange wanbestuur deur die regering al miljarde rande en miljoene werkgeleenthede kwyt. Die regering gebruik ras as ’n maatstaf vir hulp en het selfs probeer om die verspreiding van noodsaaklike kos deur Solidariteit Helpende Hand, kerke en ander hulporganisasies te keer. Dit is duidelik: Ons is op ons eie. Al hierdie dinge kan mense moedeloos maak omdat Solidariteit se lede produktiewe, toegewyde en verantwoordelike werknemers is wat

nog altyd ’n sleutelrol in die ekonomie gespeel het. Tog is daar hoop.

VAN OORLEEF TOT FLOREER As Christene vertrou ons dat God sal voorsien en dat Hy ons as mense gebruik om mekaar te help. Die geskiedenis toon dat gemeenskappe wat saamstaan, onstuitbaar is. Hoewel Covid-19 omvattende en verreikende gevolge inhou, stel Solidariteit holistiese planne op om te verseker dat sy lede nie net die krisis oorleef nie, maar sal groei en ontwikkel in hierdie tyd. Die doel is nie om bloot vas te byt en te wag vir beter dae nie. Solidariteit en sy lede moet floreer in terme van welvaart en voorspoed in elke aspek van hulle lewens: hetsy met betrekking tot beskerming in die werkplek, die vermoë om te kan werk, persoonlike finansiële welstand, gesondheid of die opvoeding van die volgende generasie.

NUWE GELEENTHEDE Die Covid-19-krisis bied ongelooflike geleenthede vir buitengewone groei en ontwikkeling midde-in die krisis. Solidariteit se Werkherstelprogram bied ’n springplank vir die gemeenskap om die hoogtes in te skiet.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die program se doel is nie om werk te skep nie, maar om mense in staat te stel om weer te kan werk. Ons grootste prioriteit is ons lede se werk. Welsyn kan nooit werk vervang nie; dis bloot tydelike noodhulp. Werk staan sentraal in ons lewens. As verantwoordelike mense besef ons dat ons almal ’n werk nodig het om vir ons gesinne te sorg. Daarom wil mense op ’n gesonde manier werk te midde van die inperkingsmaatreëls. Ons mense is nou maar eenmaal harde werkers. Die meeste Solidariteit-lede leef om te werk en werk nie bloot om te leef nie! Daarom bied die Werkherstelprogram ‘n volhoubare oplossing vir die huidige krisis.

GEMEENSKAPSKRAG Ons suksesresep was nog altyd opgesluit in die uitdrukking ’n boer maak ’n plan. Dit sal nie die eerste keer wees dat ons gemeenskap ’n helpmekaaraksie loods en sélf planne maak en uitvoer nie. In krisisse staan ons sterk, ons staan saam en help mekaar. Ons het mekaar in tye van nood nog altyd gehelp en ons gaan dit weer doen. Die Werkherstelprogram is uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. En dis omvangryker as enigiets wat ons al ooit aangepak het. #OnsSalSelf!



NUUSWAARDIG

WERKHERSTELPROGRAM PLAAS VOORSPOEDIGE VOORTBESTAAN

FOTO’S: OKAY DEER

AAN DIE VOORPUNT

12

n Afrika is daar ’n wit stam. Hulle noem hulself Afrikaners. Hulle hou van grond, is ’n bietjie rof, dink baardolie is mode en dra vellies kerk toe en werk toe. Tog is hulle net so tuis in raadsale. Hulle presteer saam met die bestes in die wêreld, is harde werkers, het ’n mooi werketiek en is van Suid-Afrika se beste professionele lui.” Met hierdie woorde het dr. Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof, die bekendstelling van Solidariteit se Werkherstelprogram by die Atterbury Teater in Pretoria ingelui. Die teenwoordigheid van beroemdes soos die Afrikaans is Groot-sterre het glans aan die geleentheid verleen, maar weens Covid-19-reëlings kon net ’n beperkte aantal mense die geleentheid in die teater bywoon. Covid-19 kon egter nie die gees en atmosfeer demp nie, want daar was ’n groot virtuele gehoor danksy ’n regstreekse aanlyn uitsending. So kon Solidariteit-lede en die publiek vanaf enige plek in die wêreld dié geskiedkundige bekendstelling bywoon en geniet. Aan die begin van die jaar sou niemand kon raai dat die bywoning van ’n byeenkoms in ’n teater ’n uitdaging sou wees en dat ons byna die wiel sou moes herontwerp om ’n sukses daarvan te maak nie. Gelukkig is Afrikaners

mense wat geleenthede in krisisse raaksien en dit aangryp. Dit is juis wat die Werkherstelplan ook gaan regkry. Al die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging vorm, gaan ’n rol speel om die doelwitte en mylpale van die Werkherstelprogram te bereik. Volgens Hermann is die Werkherstelprogram ’n massiewe selfhelpprogram uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Vandaar die slagspreuk: Ons sal self! Die Werkherstelprogram berus op drie bene, naamlik werk, welstand en opleiding. Die Werkherstelprogram sluit nuwe arbeidsverhoudingeprosesse, ’n netwerk van beroepsgildes, ’n interaktiewe werkplatform, welstandsprogramme, studiehulp en omvattende opleidingsplanne in. “Ons moet ons uit die Covid-19krisis werk en leer. Volhoubare werk sonder kennis is egter nie moontlik nie. Indien ons in die kennisrevolusie aan die voorpunt van werk wil wees, moet ons aan die voorpunt van kennis bly. ’n Groot deel van Solidariteit se Werkherstelprogram gaan dus op kennis berus,” het Hermann gesê. In die lig hiervan gaan opleiding een van die Werkherstelprogram se fokusareas wees. Nuwe kampusse vir Sol-Tech en Akademia asook ’n nuwe wêreldklas- Afrikaanse skoolstelsel vorm alles deel van die omvattende planne. Met die oog hierop is begrotings en strukture aangepas om die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

versnelling van bestaande opleidingsplanne moontlik te maak. Beroepsgemeenskappe gaan deur middel van gildes help dat werknemers in verskeie beroepe opgelei word, probleme in beroepe uitgestryk word en jongmense toegang tot beroepe kry. Die gildes gaan self verantwoordelikheid neem vir werkherstel in elke beroep. Tydens die bekendstellingsfunksie is ’n nuwe lied vrygestel wat deur 16 van Suid-Afrika se topkunstenaars opgeneem is. Die lied, “Ons sal self”, is merkwaardig deurdat dit vertel van hoop en Afrikaners herinner aan hulle identiteit en dat swaarkry deur die krag van die Afrikanergemeenskap oorwin kan word (lees artikel hiernaas). Volgens Hermann is jy jou werk, maar is jy ook meer. “Jy is deel van ’n gesin en ’n gemeenskap, en jy hoort hier. Om volhoubare Afrikanergemeenskappe daar te stel waarin gesonde werk moontlik is, moet ons groter dink en saam aan oplossings vir probleme kan werk. Ons moet ook vandag reeds beplan vir die toekoms. Afrikaners sal uit die lesse van die geskiedenis moet leer om volhoubaar te kan voortbestaan.” Trek dus jou DKW-vellies (dans-, kerk- en werkvellies) aan en bou saam aan die toekoms, want #OnsSalSelf. • Laai die volledige Werkherstelplan af by https://solidariteit. co.za/wh-gids/


ONS SAL SELF

FOTO’S: OKAY DEER

LIEDJIE SKEP HOOP, VANG TYDSGEES TREFFEND VAS en inkomste kwyt is. Solidariteit beskryf en van die grootste Afridit as ’n massiewe selfhelpprogram uit kaanse liedjieproduksies die gemeenskap, vir die gemeenskap. is onlangs bekendgeDie kunstenaars in die lied sluit in stel. Die lied, “Ons sal Ruhan du Toit, Corlea, Steve Hofmeyr, self”, word deur 16 van Dewald Wasserfall, Demi Lee Moore, Suid-Afrika se voorste Charlize Berg, Liezel Pieters, Tasha, kunstenaars opgevoer en verwoord ’n Monique Steyn, Chris onderliggende emosie wat Else, Riaan Benadé, Jay, talle Suid-Afrikaners ervaar. Ivan Roux, Gerhard Steyn, Die lied is tydens die Touch of Class en Lianie bekendmaking van SoliMay. dariteit se Werkherstel“Kunstenaars is geneig program in die Atterbury om in die hart van ’n Teater in Pretoria uitgevoer gemeenskap te kyk en dan en is in opdrag van Solidate verwoord wat hulle sien. riteit geskryf. Die produksie Dié groep kunstenaars is in samewerking met het presies dit met die Coleske Artists en Afrikaans “Ons sal self” is ook op lied ‘Ons sal self’ gedoen. is Groot gedoen en die die album Afrikaans is Mense voel hulle kan nie lied is deur Riaan Benadé Groot vol. 13 beskikbaar. meer op die regering geskryf. staatmaak nie. Hulle krap dan ’n bietjie in Solidariteit se Werkherstelprohulle historiese DNS en kry ’n antwoord: gram behels dat miljarde rand oor die Ons sal self,” het dr. Dirk Hermann, volgende vyf jaar beskikbaar gestel bestuurshoof van Solidariteit, gesê. word om mense te help wat weens Die kunstenaars is dit eens dat dit versnelde staatsverswakking en druk vir hulle ’n besonderse ervaring was om op die ekonomie as gevolg van die deel van die lied te wees en hoop dat Covid-19-inperkingsregulasies hul werk

dit vir Suid-Afrikaners hoop sal gee. Volgens Lianie May lê die lied haar na aan die hart. “Vir my gee die liedjie hoop. Mense kán saamstaan en ons as Afrikanervolk kan ’n verskil maak. Ons is nie hulpeloos nie; kyk, hier is ons.” Ruhan du Toit meen die tyd van vingerwys is verby. “Begin by jouself. Miskien moet jy opstaan, miskien moet jy hande vat, miskien moet jy ’n Beweging ondersteun wat ons mense ondersteun. Ek dink dit is wat hierdie inisiatief vir my so great maak; dit is nie jy nie, nie dié oom nie, nie daai oom nie, nie daardie tannie nie, maar ek. Ons sal self.” Daar is teen begin November meer as 700 000 keer na die lied op YouTube gekyk en dit maak ook skoonskip op die trefferparades. Dit was ook nommer een op Apple Music, iTunes en YouTube.

Kyk saam!

Skandeer gerus dié QR-kode en kyk saam na die pragtige musiekvideo van “Ons sal self ”.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

13


NUUSWAARDIG

OPLEIDING

WERKHERSTELPROGRAM ONTSLUIT KENNISEKONOMIE

ie derde fokusarea van die Werkherstelprogram is opleiding. Die wêreld van werk het in vele opsigte drasties verander, en die kennisekonomie sal voortaan bepaal wie geleenthede gaan kry. Solidariteit het reeds in 2019 besluit om sy opleidingsaanbod aan lede uit te brei om seker te maak dat hulle toegang tot die beste stelsels van voortgesette leer het, maar ook dat hul kinders en die breër gemeenskap waarvan hulle deel is, toegang tot ’n beter en omvangryker onderwys- en opleidingsaanbod het.

FOTO’S: OKAY DEER

AKADEMIA

14

Hoër onderwys is kritiek belangrik om jongmense vir werk voor te berei. Akademia kon deur innoverende tegnologie daarin slaag om gedurende die Covid-19-krisis naatloos klas te gee. Akademia groei sedert haar ontstaan in 2012 met 21% en beplan om teen 2024 sowat 5 400 ingeskrewe studente te hê. Akademia maak gereed vir ’n splinternuwe groeifase: Akademia sal in 2021 vir die eerste keer met ’n voltydse kontakkampus-

model in Centurion begin. Daar is reeds ses grade hiervoor geakkrediteer. Daar word ook fluks gevorder met die beplanning vir ’n nuwe Akademiakampus. Die eerste konsepuitleg van die ontwikkeling is reeds deur die argitekte voltooi. • Lees meer oor Akademia op bladsy 54.

Bo-Karoo Opleiding is Solidariteit se opleidingsinstelling in Orania en is sowat twee jaar oud. Die instelling het tot nou toe op bouambagte gefokus, maar gaan nou sy aanbod uitbrei met opleiding in tuisversorging en ander ambagte. Daar is reeds ’n koshuis gebou en planne vir verdere studentebehuising word gefinaliseer.

SOL-TECH EN BO-KAROO OPLEIDING

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun bestaande openbare skole om wêreldklasinstellings te bly, en tweedens word ’n oorhoofse strategie ontwikkel om ’n onafhanklike, Christelike en Afrikaanse skoolstelsel van wêreldgehalte binne die bestaande statutêre omgewing daar te stel. Die SOS is ook betrokke by die uitbou van Die Wolkskool-stelsel en die toepassing daarvan op die ontwikkeling van ’n onafhanklike modelskool. Die basis wat die SOS die afgelope paar jaar gevestig het, het hom in staat gestel om binne dae drasties uit te brei sodat 117 000 leerlinge en sowat 7 000 matrieks gedurende die inperking aanlyn by Die Wolkskool kon registreer. Die Wolkskool is ’n aanlyn leerplatform en leerlingbestuurstelsel waar leerlinge

Sol-Tech het die afgelope 12 jaar bekendheid verwerf as leier op die gebied van ambagsopleiding in skaars en kritieke vaardighede. Afgestudeerde studente van Sol-Tech bereik groot sukses: 94,7% se werkaansoeke is suksesvol; 55,7% word sommer dadelik aangestel by die maatskappy waar hulle hul praktiese opleiding gedoen het; 20,2% begin hul eie ondernemings; en 37,3% werk vir maatskappye met meer as 250 werknemers. Sol-Tech neem dit egter verder deur ’n eie kampus van wêreldgehalte met koshuisfasiliteite te bou. Die kampus sal die geleentheid vir uitbreiding na ander tipes beroepsgerigte opleiding skep. Lees gerus meer op bladsy 56.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

SKOLEONDERSTEUNINGSENTRUM


Kanton Beleggings

K

toegang tot gehalte-inhoud kry en waar onderwysers hul leerlinge doeltreffend kan bestuur. Leerlinge kry toegang tot videolesse, aflaaibare werkboeke en aanlyn assesserings wat hulle in hul eie tyd en op enige plek teen hul eie pas kan deurwerk. Dit sluit dus aan by nuwe, moderne onderwysinisiatiewe van wêreldgehalte wat leerlinge vir die 21ste eeu toerus.

S-LEER S-Leer is Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer om werkende mense met die bereiking van hulle loopbaandoelwitte te help. Dit is deel van Solidariteit se kernbesigheid, naamlik arbeidsverhoudinge, vaardigheidsontwikkeling en die Solidariteit Netwerk van Werk. Deur voortgesette leer word mense bemagtig met vaardighede om relevant te bly in die onseker tye wat voorlê. Dit verskaf beroepspesifieke opleiding en gee aan mense ’n voorsprong sodat hulle ná afloop van die opleiding die leiding in hulle beroepe kan neem. Dit maak werksekerheid en bevordering moontlik. S-Leer het tydens die inperking gratis toegang tot opleiding vir lede aangebied en sal ’n omvattende opleidingsvoordelepakket vir lede ontwikkel.

STUDIEFONDSSENTRUM Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum is in 2008 as ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand begin met die doel om behoeftige jongmense op te hef deur hul tersiêre studies finansieel moontlik te maak. Opleiding is noodsaaklik vir jongmense in die werkhersteltyd en Solidariteit belê baie geld in die vestiging van opleidingsinstellings, maar baie studente gaan veral in hierdie krisistyd hulp nodig hê. Die behoefte aan studiefondse gaan ook toeneem namate instellings soos Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding uitbrei. Die Studiefondssentrum gaan daarom radikaal uitgebrei word. Daar word beplan om in 2020 sowat R43,5 miljoen uit te betaal en selfs meer in 2021 om vir die gevolge van die Covid-19-inperking voorsiening te maak. Om in die groter vraag na beurse te voorsien, gaan die gemeenskap gevra word om studente te help. Die fonds gaan jaarliks uitgebrei word en daar sal vanaf 2030 na raming sowat R180 miljoen per jaar se studiegeld net vir Solidariteit-opleidingsinstellings uitbetaal word.

anton Beleggings is die Solidariteit Beweging se eiendomsbeleggingsmaatskappy en daar word beplan om die maatskappy die grootste kapitaalmobiliserings- en welvaartskeppende projek vir die Afrikaner in 50 jaar te maak. Kanton se bestaansrede is die voorsiening van eiendom aan Afrikaner-instellings teen mededingende tariewe. Sodoende word die geleentheid geskep vir ondersteunende kapitaal om deur belegging ’n goeie langtermynopbrengs te verdien terwyl instellings die nodige ruimtes kry waarin hulle hul werk kan doen. Dit bied ’n beleggingsgeleentheid wat nie net ’n mededingende langtermynopbrengs bied nie, maar ook ’n kulturele dividend lewer deurdat Afrikaanse instellings met gehaltefasiliteite bemagtig word. ’n Spesiale beleggingsvoertuig word nou geskep om duisende mense in staat te stel om teen ’n opbrengs in Kanton te belê, en dus in die toekoms van ons jongmense. Kanton Beleggings bestuur reeds ’n bestaande eiendomsportefeulje van nagenoeg R130 miljoen. Die ontwikkeling van die nuwe Sol-Tech-kampus is die eerste groot projek van Kanton. ’n Koshuis vir Sol-Tech word beplan. Akademia se nuwe kampus sal ontwikkel word. Kanton is opgewonde oor die toekoms van die Afrikaner en is vas oortuig dat die gemeenskap sy eie toekoms kan bou. Kanton Beleggings speel ’n nederige rol in die mobilisering van die gemeenskap en glo dat dit een van die groot bydraende faktore vir ons suksesvolle voortbestaan in Suidelike Afrika gaan wees.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

15


NUUSWAARDIG

EERSTE INTERAKTIEWE WERKGEMEENSKAP TER WÊRELD

FOTO’S: OKAY DEER

KOM LAAT ONS WERK!

16

ie Covid-19-krisis het die skuif na elektroniese platforms vir werkgewers en werknemers versnel om ’n interaktiewe werkgemeenskap moontlik te maak. Solidariteit gaan in die volgende 18 maande die eerste interaktiewe en geïntegreerde werkgemeenskap ter wêreld bekendstel. Al die elemente van die Solidariteit Netwerk en die Werkherstelprogram gaan op die platform beskikbaar wees. Solidariteit-lede gaan hulle loopbaanpad van die begin af op dié platform stap. Die hartklop van die platform gaan Solidariteit se beroepsgildes wees en werk, hulp, mentor- en internskappe, studiehulp en vele meer gaan vir alle Solidariteit-lede gefasiliteer word. Dié interaktiewe platform gaan die grootste komponent van die Werkherstelprogram wees. Onderliggend aan die Solidariteit Netwerk-platform is die idee van ’n hedendaagse helpmekaarbeweging. Die interaktiewe platform wat Solidariteit beplan, is ’n moderne en elektroniese weergawe van die destydse helpmekaarbewegings. Die Solidariteit Netwerk-platform is ’n waardevolle, selfbesturende hulpbron vir beroepsgemeenskappe om netwerke te skep, hulpbronne en ondersteuning te kry en verhoudings te bou met potensiële

medegildelede, werkgewers, werknemers, kliënte en vennote. Ons raam dat meer as 100 000 professionele mense reeds in fase 1 van die platform gebruik gaan maak om hulle loopbane, gemeenskappe en ondernemings te versterk. In teenstelling met ander sosiale netwerke verstaan die Solidariteit Netwerk-platform die krag van kultuur en strategiese verhoudings. Solidariteit se nuwe interaktiewe platform gaan die gemeenskap dus bemagtig om kulturele ekonomiese aktiwiteit te onderneem en ons kulturele netwerk te versterk. Dit is dus ’n eenstop- Afrikaanse platform wat beroepsgemeenskappe die geleentheid gee om verhoudings te bou, gemeenskapsdienste laat floreer en as ’n topklaswerksoekportaal te dien.

NUWE ARBEIDSVERHOUDINGE Die Covid-19-pandemie het arbeidsverhoudinge vir altyd verander. Solidariteit sal waar toepaslik ’n belangegebaseerde onderhandelingsmodel toepas wat op die wen-wen-beginsel geskoei is. Dit sal samewerking tussen rolspelers in goeie trou vereis, waar werkgewers die behoud van werk ernstig opneem en nie die krisis misbruik om werknemers af te lê nie. Kollektiewe bedingingsplatforms sal gebruik word om werkbehoud te verseker. ’n Omvattende memorandum oor die terugkeer na werk sal gebruik

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

word om te onderhandel oor vooropgestelde kerndiensvoorwaardes. Lede moet bewus wees dat verandering aan diensvoorwaardes nodig mag wees om afleggings te voorkom. Dit moet egter ’n tydelike maatreël wees. Solidariteit sal ’n waghondrol speel om te verseker dat lede nie uitgebuit word nie. Werkgewers moet besef dat ingrypings gedurende ’n tydelike krisis permanente skade vir werknemers en die onderneming kan veroorsaak, en moet dit dus vermy. ’n Moratorium op afleggings kan in ruil vir ’n tydelike verandering van diensvoorwaardes onderhandel word. Alternatiewe vir afleggings moet voortdurend voorgestel word. Kundiges sal geïdentifiseer word om sakereddingsprosesse in samewerking met operasionele personeel te hanteer. Die fokus op gesonde werk gaan nou belangriker as ooit wees. Solidariteit se Goeie Praktykkode vir Gesonde Werk het ’n bloudruk vir verskeie ondernemings geword en het die praktyk van terugkeer na werk reeds wyd beïnvloed. Personeel sal voorts gehelp word om situasies te hanteer, soos sakereddingsen likwidasieprosesse, verhore, verskerpte fokus op vaardighede en voorbereiding vir die Vierde Nywerheidsrevolusie. • Lees ook Gideon du Plessis se artikel oor die breuklyne in arbeidsverhoudinge op bladsy 22.


Landwye werkburo’s

Beroepsgildes bind, beskerm, bemagtig

E

en van die belangrikste instrumente waarmee werkherstel sal plaasvind, is Solidariteit se Beroepsgildes. Lede sal in hulle beroepsgemeenskappe verantwoordelikheid neem om werk te herstel deur mekaar te help. Solidariteit het mense nog altyd in hulle werkplekke bemagtig en sal dit in die toekoms steeds doen. Die post-Covid-19-era lui ook vir Solidariteit ’n era in van skeppende, selfbesturende beroepe, oftewel beroepsgemeenskappe. Die beroepsgemeenskappe wat die gildes bied, stel Solidariteit se lede in staat om self verantwoordelikheid te neem vir die beskerming van hulle beroepe, te bemagtig en om skeppend te wees. Die Solidariteit Beroepsgildes het ten doel om te verseker dat die Afrikaner-kultuurgemeenskap, die Afrikaanse taalgemeenskap en die Solidariteitledegemeenskap deur goeie werk vry, veilig en voorspoedig kan wees. Die gildes se aktiwiteite kan in drie woorde opgesom word: bind, beskerm en bemagtig. Beroepsgemeenskappe het die vermoë om onderling krag te ontgin. Een van die belangrikste maniere om mekaar te help, is om met mekaar sake te doen, opleiding te versterk, mekaar in diens te neem en werk op groot skaal te fasiliteer. Die Solidariteit-gildes het nou die geleentheid om ’n vangnet vir ons gemeenskap te wees. Die gildes verseker regverdigheid deur as waghond vir die belange van

die betrokke beroepe te dien. Buiten werkplekbeskerming geniet lede ook beskerming binne hul professies. Dit word moontlik gemaak deur brandpunte aan te pak en suksesvolle veldtogte te loods. Só wil die gildes verseker dat mense in die beroepe nie deur die staat geboelie word nie. Die lede van die beroepsgemeenskap sal beskerm word teen ongegronde en onregmatige wetswysigings of statutêre liggame wat die voortbestaan van die beroep en die bydrae daarvan tot die groter gemeenskap waarbinne die beroep funksioneer, kniehalter. Die gildes gaan as deel van die Werkherstelprogram fokus op die ontwikkeling en aanbieding van beroepspesifieke opleiding, webinare of seminare om lede te bemagtig met inligting en hulle die geleentheid gee om binne hul beroepe verhoudings te bou, tendense te bespreek en oplossings vir unieke beroepsuitdagings te vind. Kort leerprogramme sal in samewerking met S-Leer, Akademia en Sol-Tech ontwikkel word om multivaardigheidsontwikkeling binne spesifieke beroepe te bevorder. Dit sal verseker dat lede toegerus word met die vaardighede wat nodig is om die status en integriteit van hulle beroepe te beskerm teen bedreigings. • Sluit vandag nog aan by jou beroepsgemeenskap! Besoek www.gildes.co.za

’n

Medium- tot langtermynprojek van Solidariteit se Werkherstelprogram gaan wees om landwye werkburo’s in gemeenskappe te vestig. Die bestaande Solidariteit-kantore gaan omskep word vir gebruik deur die Netwerk van Werk. Die werkburo’s gaan plaaslik werk aanbied en gaan arbeidsverhoudingedienste lewer. Voornemende en huidige studente aan Sol-Tech en Akademia sal inligting oor werk hier kan kry en sommige van die werkburo’s gaan fasiliteite met Akademia se sentrums deel. Die buro’s gaan ook ’n plek wees waar lede van die onderskeie Solidariteit Beroepsgildes mekaar kan ontmoet. Die werkburo’s sal aan Solidariteit se virtuele stelsels gekoppel wees om ’n enkele netwerk van werkburo’s daar te stel. Die Covid-19-pandemie gaan tot gevolg hê dat talle professionele persone nie meer ’n behoefte aan kantore gaan hê nie, maar slegs ’n area waar mense mekaar kan ontmoet, sekere take kan verrig of dienste kan ontvang. Die Beroepsgilde vir Regslui kan die buro’s vir alternatiewe litigasie gebruik en die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns kan dit vir gemeenskapsgesondheidsorg gebruik. • Die werksoekportaal Werknet (www.werknet.co.za) gaan ook uitgebrei word. Dit gaan behels dat mense wat hulle werk verloor het, weer in die werkplek teruggeplaas word, dat mense gehelp word om doeltreffender vir werk te soek, en dat ondernemings in staat gestel word om goeie werknemers in diens te neem. Lees meer op bladsy 27.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

17


NUUSWAARDIG

FOTO’S: OKAY DEER & ISTOCKPHOTO.COM

SÓ GEE SOLIDARITEIT JEUG STUKRAG AAN

18

ie inperking weens Covid-19 raak ons almal, maar dis veral ons jeug wat swaar getref word deur laer indiensnemingsvlakke en bevorderingsgeleenthede, die terugbetaal van beurse weens ’n tekort aan werkgeleenthede, die gebrek aan geleenthede vir studente om die praktiese deel van hul studies te voltooi, en afleggings wat jong werkendes eerste tref. Jongmense besluit reeds op hoërskool watter beroepsrigting hulle wil volg. Sommige begin direk ná skool werk, terwyl ander die voorreg het om eers te gaan studeer. Sekere jongmense werk terwyl hulle studeer en ander begin hul eie ondernemings. Daar is jongmense wat tegniese velde betree en daar is vele wat werk soek. Solidariteit Jeug gaan ’n tweeledige strategie vir die werkherstelproses volg: Eerstens gaan Solidariteit Jeug die versamelpunt van vaardighede wees en tweedens gaan Solidariteit Jeug bewustheid skep van die invloed wat die inperking op jongmense het. Solidariteit Jeug gaan ook die vaardighede wat die jeug bied, bemark. Daar sal nie werk geëis word nie, maar Solidariteit Jeug wil ondernemings oortuig dat die jeug selfs in hierdie tyd van ekonomiese uitdagings in diens geneem moet word.

JONGMENSE

Die lewe is ’n storm, my jong vriend. Jy sal een oomblik rustig dobber op die see en bak in die son en die volgende sal jy teen die rotse geslaan word. Wat jou ’n man maak, is hoe jy optree as daardie storm kom.” ~ Alexandré Dumas in Die Graaf van Monte Cristo ~

LOOPBAANKOMPAS Een van die moeilikste en belangrikste besluite wat jongmense reeds op skool moet neem, is watter beroep hulle eendag wil beoefen. Om hulle met hierdie besluit te help, is ’n Loopbaankompas ontwikkel wat hulp in drie stappe bied. Só bemagtig Solidariteit Jeug jongmense om meer oor hul belangstellings te leer en bring ons hulle in kontak met Solidariteit se netwerk van beroepskundiges. Die Solidariteit Loopbaankom-

pas het ’n gratis belangstellingbepaler – ’n aanlyn toets wat jongmense kan voltooi om hulle belangstellings te bepaal. Nadat hulle die toets voltooi het, kry hulle ’n gratis verslag wat hulle moontlike belangstellings aandui. Daar word ook verskeie voorstelle ten opsigte van beroepe en kwalifikasies gemaak wat hulle kan help om hul drome te verwesenlik. Lees gerus meer hieroor op bladsy 69.

SOLIDARITEIT JEUGPRO Solidariteit JeugPro is die jeug se eerste kennismaking met ’n beroepsgilde en die krag van ’n beroepsgemeenskap wat daarmee gepaard

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

gaan. JeugPro bied aan jongmense spesifieke voordele wat op hulle van toepassing is. JeugPro sluit nie alle Solidariteitvoordele in nie, maar wel alle Solidariteit Jeug-voordele en telefoniese regsadvies, korting by Akademia en S-leer, asook die vakansievoordeel. Solidariteit Beroepsgildes stel jong werkende persone in staat om vaardighede te ontwikkel en deur S-Leer voortgesette opleiding te ontvang. Die Solidariteit Netwerk-platform stel ook verskillende betrekkinge asook mentor- en internskappe vir studente, jong werkendes en enige persoon in ’n beroep beskikbaar.


WELSTAND

FINANSIËLE EN FISIEKE WELSTAND KRITIEK

olidariteit sien sy lede nie net as werknemers nie, maar ook as mense wat as deel van ’n gesin en ’n gemeenskap funksioneer. Die maatskaplike gevolge van die Covid-19pandemie is omvangryk en daarom het Solidariteit ’n maatskaplike oorbruggingsplan as deel van die Werkherstelprogram bekendgestel. Lees gerus meer op bladsy 40 oor die opwindende Gemeenskapsherstelprogram wat Solidariteit Helpende Hand van stapel gestuur het as deel van die Werkherstelprogram se welstandsbeen. Benewens Helpende Hand se Gemeenskapsherstelprogram word daar ook gefokus op lede se finansiële en fisieke welstand.

FOTO’S: OKAY DEER

FINANSIËLE WELSTAND Die meeste mense is tans meer bekommerd oor hulle finansies en die ekonomie as oor hul gesondheid. Dus sal die Werkherstelprogram hulp verleen aan lede wat hulle werk weens die inperking verloor het of ’n deel van hulle inkomste moes prysgee, deur ’n finansiële brug na ’n nuwe werk of volle inkomste te bou. Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) gaan ’n omvattende plan vir persoonlike finansiële bestuur ontwikkel

om die krisis wat in baie huishoudings ontstaan, doeltreffend deur goeie en eenvoudige finansiële advies en riglyne te hanteer. Die doel is om mense met kennis te bemagtig. Ontmoet die SFD-span op bladsy 48.

FISIEKE WELSTAND Solidariteit het ’n simptoombepaler bekendgestel – ’n vraelys wat lede kan gebruik om vas te stel of hulle dalk Covid-19 opgedoen het. Daar is ook ’n netwerk van dokters beskikbaar wat aanlyn hulp met die diagnose van Covid-19 kan bied. Voorts stel Solidariteit omvattende inligting oor die virus aan lede beskikbaar. Dit is slegs enkele van die stappe in die ontwikkeling van ’n gesondheidsnetwerk wat in die komende jaar uitgebrei sal word. Die gesondheidsnetwerk sal volgens drie beginsels werk: ’n fokus op gesondheid eerder as gesondheidsorg, eenvoudige en verstaanbare koste, en die benutting van tegnologie. ’n Toepassing word ontwikkel wat lede aanlyn toegang tot die geografiese en kontakbesonderhede van alle gemeenskapspraktisyns sal gee, en lede sal fisieke en virtuele doktersafsprake via die toepassing kan maak.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

19


NUUSWAARDIG

Martin’s Funerals is in November 1989 in Randfontein deur Martin en Annalize Piek gestig. Van ’n beskeie begin met een kantoor het Martin’s Funerals gegroei tot een van die grootste begrafnisdiensverskaffers in Suid-Afrika. In ’n kort tydperk is kantore geopen en vandag spog Martin’s Funerals met ’n nasionale voetspoor van 104 individuele konsessiekantore wat werk aan meer as 500 families in verskillende gemeenskappe verskaf. Martin’s Funerals het as diens- en begrafnisversekeringverskaffer verskeie nasionale kontrakte met werkersorganisasies, kerke, myne, nasionale winkelgroepe, versekeringsmaatskappye en talle ander instansies.

Martin’s Funerals streef daarna om die leier en mees gerespekteerde begrafnisorganisasie asook die voorkeurverskaffer van begrafnisversekering in Suid-Afrika te wees. By Martin’s Funerals glo ons daaraan om na elke familie se individuele versoeke en behoeftes om te sien. Geen versoek is te groot of te klein nie! Ons glo ook daaraan om ’n geliefde se lewe tydens ons roudienste te vier. Professionele en goed opgeleide personeel ondersteun geliefdes tydens die proses om vir die finale afskeid keuses te maak. Begrafnisse, verassings en roudienste is slegs sommige van die keuses waarmee ons kan help. Martin’s Funerals lewer ’n 24-uur-diens en is altyd beskikbaar om dié te help wat ons dienste benodig. Ons dienste word met die nodige liefde, passie en respek gelewer om die kliënt in die rouproses by te staan. Martin’s Funerals sluit niemand uit op grond van ras, geslag of geloof nie en behandel almal met dieselfde respek, empatie en professionaliteit.

20

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



BEDRYFSNUUS

BREUKLYNE Covid-19 ontbloot groot leemtes in arbeidsverhoudinge

Boere kry hulp Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê dat boere hulp sal ontvang danksy bykomende investering in die Landbank. R3 miljard is reeds in Junie aan die Landbank toegeken, maar nog R7 miljard word na berig word op medium termyn benodig. Daar word voorts beplan om 300 000 werkgeleenthede in die landbousektor te skep.

ovid-19 het meegebring dat onderhandelings oor gesondheids- en veiligheidsprotokol en die verandering van werknemers se diensvoorwaardes by bykans alle mediumgrootte- en groot werkgewers plaasgevind het. Daarna het die volgende stel onderhandelings gevolg oor die hantering van kwesbare werknemers wat weens komorbiditeite en logistieke uitdagings nie kan werk nie, afleggingskonsultasies waar poste weens Covid-19 ingeboet is en die hersiening van vorige kollektiewe bedingingsooreenkomste. Dié onderhandelings is ingewikkeld en uitdagend vir sowel werknemers as werkgewers en het ’n paar breuklyne in die arbeidsverhoudingestelsel ontbloot.

REGULATORIESE UITBUITING

Telkom stroom dalk in Afrikaans Telkom stel in November sy eie stromingsdiens genaamd TelkomONE bekend. Die telekommunikasiegroep sê hy beplan om op plaaslike inhoud te fokus en dit in verskillende landstale te vervaardig, moontlik ook in Afrikaans.

Nuwe lugdiens Daar sal teen Desember ’n nuwe gesig, oftewel lugdiens, in die Suid-Afrikaanse lugruim wees. Volgens Gidon Novick, wat kulula.com in 2001 begin het, sal die nuwe lugdiens Lift die “Capitec van lugdienste” of die “Uber van die lugruim” wees.

Die eerste hou verband met regulatoriese uitbuiting en veral werkgewers wat regulasies oor kwesbare werknemers misbruik om hul werkmag te verklein. Omdat afleggingsprosesse omslagtig en duur is, het heelwat werkgewers hulle eerder beywer om kwesbare werknemers uit diens te stel om kwansuis hul lewens te beskerm. Só word werknemers van broodnodige lewensmiddele ontneem. Daar is wel werkgewers wat die moeisame afleggingsroete volg en Covid-19 as rede vir personeelvermindering aanvoer. Die impak van Covid-19 en die noodsaak vir afleggings kan nie ontken word nie, maar die pandemie word dikwels misbruik om oorhoofse koste te besnoei. So het ’n chemiese maatskappy waar ek by ’n afleggingsproses betrokke was, byvoorbeeld aangevoer dat 28% van sy werkmag weens Covid-19-verwante redes gesny moes word. Die afleggingskennisgewing is teruggetrek nadat stawende bewyse aangevra is.

IDEOLOGIE EN STRATEGIE Daarteenoor lê die tweede breuklyn by sommige vakbonde wat nie die broosheid van die ekonomie en redes vir kostebesnoeiing om die

volhoubaarheid van ’n werkgewer te verseker, kan begryp nie. ’n Mynbouvakbond het byvoorbeeld nou ’n dispuut met Kumba Iron Ore verklaar nadat die maatskappy ’n 9,6%-salarisverhoging vir die laekategoriewerkers aangebied het, maar die siekteverlofvoordeel van 120 dae wil inkort om misbruik aan bande te lê en produktiwiteit te verhoog. Dieselfde vakbond het gelyktydig salarisdispute by drie ander sukkelende mynhuise verklaar as ’n strategiese besluit gebaseer op sogenaamde patroonbedinging – allermins goeie tydsberekening. Die staatsdiensvakbond Nehawu se protesaksie in reaksie op die regering se standpunt dat geen verhogings aan staatsamptenare toegestaan word nie, is tekenend van breuklyne in ideologie en onderhandelingstrategie. Eerstens mis Nehawu ’n geleentheid om ’n moratorium op afleggings in ruil vir geen verhogings te beding. Daarmee gepaard mis die vakbond die voordeel van “’n halwe brood teenoor geen brood nie” weens ’n markekonomie-ideeraamwerk wat ontbreek. Waar ’n uitgediende ideologie en eie belang die dryfveer vir ’n populistiese vakbond se besluite midde-in ’n pandemie is, sal besluite eers verander as ’n werklikheidsbesef intree. Afleggings het ’n sloereffek en sodra die Werkloosheidsversekeringsfonds se laaste Covid-19TERS-voordeel uitbetaal is en werkgewers noodgedwonge die herstrukturering van bedrywighede begin deur bedryfskoste te besnoei en kapitaalprojekte te hersien, kan die damwal bars en die werkverliesbloedbad waarna ekonomiese doemprofete graag verwys, ’n werklikheid word.

KAPITALISTIESE ELITE In wat as ’n kapitalistiese elite-breuklyn bestempel kan word, het ’n prominente steenkoolmaatskappy waarvan bedrywighede nooit ingeperk was nie, ’n 0%-salarisverhogingsaanbod gemaak die dag nadat sy voortreflike halfjaarresultate bekend gemaak en ’n spesiale aandeelhouerdividend verklaar is. Sulke besluite sterk sosialistiese vakbonde in hul agendas. Dié maatskappy het darem besef dit was nie wys nie.


Die arbeidshof het reeds op 28 Augustus ʼn dringende aansoek ingevolge ʼn klag van minagting van die hof teen Denel aan Solidariteit toegestaan, omdat Denel die uitspraak teen hom op 4 Augustus verontagsaam het. Solidariteit is besig om ʼn lasbrief te kry om die agterstallige salarisse en ander fooie wat aan ons lede verskuldig is, te verhaal. Die volgehoue wanbetaling van salarisse en nienakoming van ander kontraktuele en statutêre verpligtinge is ʼn eensydige verandering aan diensvoorwaardes.” ~ Helgard Cronjé, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit ~

Dit was ook nie aanvaarbaar nie dat Sasol onlangs met ’n afleggingsproses begin het en terselfdertyd aangekondig het dat die twee vorige gesamentlike uitvoerende hoofde, wat die trekpas weens swak prestasie gekry het, in hul laaste jaar gesamentlik R96 miljoen in vergoeding ontvang het.

RAMPBESTUURREGULASIES Die laaste breuklyn lê in die regering se drakoniese rampbestuurregulasies wat verminderde ekonomiese aktiwiteit tot ’n krisistoestand gevoer het. Eers toe die druk op die regering onuithoudbaar geword het, is regulasies verslap; helaas te laat. Dit is ’n uitvloeisel van die bestaande vernietigende praktyk van oorregulering van alle ekonomiese sektore wat saam met sistemiese korrupsie die grootste vyand van werkskepping is. As Winston Churchill se bekende standpunt dat ’n “krisis nie vermors moet word nie” uitgevoer kan word, kan ekonomiese herstel ná Covid-19 versnel, mits die drie hoofrolspelers in arbeidsverhoudinge – vakbonde, werkgewers en die regering – hul direkte aandeel in die breuklyne besef en die kopskuiwe maak om ten goede te verander.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

SOLIDARITEIT WIL VOORBEELD STEL Solidariteit wil ’n voorbeeld stel en sélf van die breuklyne regstel. Daarom fokus Solidariteit se Werkherstelprogram op werkbehoud en -herstel in die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge. Die Werkherstelplan het ten doel om deur die korrekte arbeidsverhoudingepraktyke proaktiewe stappe in werkplekke reg oor Suid-Afrika in te stel om ’n daadwerklike verskil te maak sodat werkverliese sover moontlik beperk word. Die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge moet baie meer belangegebaseerd en minder konflikgebaseerd wees, en samewerking tussen die rolspelers gaan nodig wees om die volhoubaarheid van ondernemings in die hand te werk.

FISKALE AFGROND onafwendbaar op dié trajek

S

olidariteit het einde Oktober in reaksie op die minister van finansies, Tito Mboweni, se mediumtermynbegrotingsraamwerk fel kritiek gelewer op Mboweni wat, volgens Solidariteit, meer soos ’n toorkunstenaar as ’n minister tydens die toespraak opgetree het. “Die syfers en aannames is absurd. Die waarheid is dat ons vanjaar sowat R700 miljard meer as ons belastingopbrengs wil spandeer en dat ons vir die volgende drie jaar telkens meer as R500 miljard bó opbrengs vir elke jaar wil spandeer. Wat stabilisering van skuld behels, moet ons maar net glo dat dit teen 2026 magies gaan begin gebeur waar dit oor die afgelope dekade bykans jaarliks selfs bo pessimistiese verwagtinge verswak het,” het Morné Malan, strategiese spesialis by Solidariteit, gesê. Solidariteit meen dat die minister se aannames op ’n naïewe en misplaaste vertroue in die doeltreffendheid en eerlikheid van sy eie party gebaseer is. Malan verduidelik: “Wanneer die minister van finansies aandui dat die enigste manier vir ’n plan om te werk is dat daar geen lekkasies en ongerymdhede is nie, dan weet jy dat daar geweldige moeilikheid is. Ons kan nie die Die rente op skuld bedra 4,8% van die land se bruto binnelandse produk (BBP). Die BBP was in 2019 R5 078 miljard en sal krimp tot R4 885 miljard.

geweldige en deurlopende korrupsie wat hierdie land beleef, sommer net wegwens nie. Insgelyks kan ons nie aanvaar dat dieselfde beleid van die afgelope 10 jaar nou skielik gaan begin werk nie.” Solidariteit het ook die besluit van die minister om ’n verdere reddingsboei van R10,5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toe te ken, ten sterkste veroordeel. “Ons regering bestee vanjaar 50 keer meer aan die SAL as aan die totale noodbefondsing vir die toerismesektor. Verder besnoei ons op broodnodige fondse vir sukkelende bedrywe net sodat die regering hierdie ydelheidsprojek aan die gang kan hou. Hoewel dit waar is dat die lugvaartbedryf van kardinale belang is vir die ekonomie, is dit hoegenaamd nie waar vir hierdie lugdiens nie,” meen Malan. “Die minister maak die regte geluide oor die impak wat verhoogde belasting en ’n toename in besteding sal hê, maar die regering gaan skynbaar daarmee voort. Mboweni identifiseer tereg dat ’n toename in belasting en ’n toename in besteding die ekonomie meer skade sal berokken as wat dit goed sal doen, en tog is daar geen duidelike planne om enigeen van hierdie twee te besnoei nie,” het Malan gesê.

SALARISREKENING Daar word verwag dat die staat se salarisrekening van vanjaar tot 2024 met byna R311 miljard besnoei moet word. Sowat 80% van die besnoeiings moet plaasvind in gesondheid, onderrig en kultuur, en veiligheid en verdediging.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

23


Koester geliefdes se

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

KOSBARE HERINNERINGE

24

ie Covid-19-pandemie en die gevolglike nasionale inperking het ons hele manier van lewe verander. Dit het ook verander hoe ons hulde bring aan geliefdes wat ons aan die dood afgestaan het. Die aanvanklike beperkings op beweging tussen provinsies, die aantal mense wat ’n begrafnis mag bywoon, en fisieke kontak het Suid-Afrikaners verhinder om bymekaar te kom om saam oor hul afgestorwe geliefdes te treur. Selfs noudat die regulasies verslap is, kan baie mense steeds nie ver reis of in groot groepe bymekaarkom nie. Sanlam se antwoord hierop is The Memory Collection, ’n webtuiste waar mense kosbare herinneringe aan geliefdes wat onlangs heengegaan het, met mekaar kan deel.

TYD VIR DINGE WAT WERKLIK SAAKMAAK “Sanlam betaal die meeste begrafniseise binne vier ure uit sodat die familie

tyd het vir wat regtig saakmaak – hulle herinneringe aan hulle geliefde,” sê Jabulile Smith, bemarkingsbestuurder by Sanlam Developing Markets (SDM). “Selfs al kan almal wat agterbly steeds nie bymekaarkom nie, kan ons naby mekaar voel as ons ons herinneringe met mekaar deel. Dit is presies hoekom ons The Memory Collection geskep het. Dit is ’n gepaste manier waarop Suid-Afrikaners saam hulde kan bring aan iemand wat onlangs oorlede is.” Jy kan foto’s en stemnotas op die webtuiste laai, asook stories oor jou afgestorwe geliefdes met ander deel. Dit word alles by The Memory Collection gevoeg, wat enigiemand aanlyn kan kry.

NUWE MANIERE OM AFSKEID TE NEEM ’n Begrafnis het besonderse betekenis in al die kulture in Suid-Afrika. Dit gee mense die kosbare geleentheid om saam te kom en op hul eie manier afskeid van ’n geliefde te neem.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die feit dat gesondheidsoorwegings en groot afstande steeds verhinder dat sommige families kan saamkom, beteken daar is steeds ’n behoefte aan digitale maniere om mense bymekaar te bring om saam te kan rou. The Memory Collection vervul hierdie rol. Baie begrafnisse word deesdae regstreeks gestroom, en talle gedenkdienste word ook aanlyn gehou. “Ons rituele, gebruike en tradisies is baie belangrik in die proses om ’n geliefde se dood te verwerk,” sê Smith. “Die emosionele ontlading wat jy ervaar wanneer jy jou herinneringe met ander deel, vorm ’n groot deel hiervan. The Memory Collection gee jou die geleentheid om openlik te betuig wat iemand spesiaals alles vir jou beteken het.” Vir meer inligting oor The Memory Collection en om jou spesiale herinneringe met ander te deel, besoek www.thememorycollection.co.za • SDM is ’n Gelisensieerde Lewensversekeraar en ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste.



TERUG WERK TOE!

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Veilige en gesonde terugkeer moontlik, maar stel dié maatreëls in

26

lak 1 van die nasionale inperking het op 21 September in werking getree en heelwat beperkings is gelig of ligter gemaak. Daar bestaan tans geen beperkings wat sekere bedrywe belet om hul ondernemings voort te sit nie. Dit is uitstekende nuus, omdat mense weer kan terugkeer werk toe en ’n inkomste verdien. Daar moet egter nou deeglik gesorg word dat die werkplek so veilig en gesond as moontlik is en dit kan gedoen word deur die beginsels van risiko-identifisering, -analisering, -beheer en -monitering soos voorgeskryf in die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 85 van 1993 toe te pas. Die Wet bepaal dat werknemers ingelig moet word oor die gevare in die werkplek en hoe dit aangepak word. Werknemers moet ook inligting en opleiding ontvang om die beskermende maatreëls doeltreffend toe te pas. Werkgewers se plig om ’n veilige en gesonde werkomgewing daar te stel, sluit in dat ’n werkgewer nie, vir soverre dit redelikerwys uitvoerbaar is, mag toelaat dat werknemers enige werk doen tensy die nodige voorsorgmaatreëls getref is om hulle gesondheid en veiligheid by die werkplek te beskerm nie. Die departement van indiensneming en arbeid het op 1 Oktober 2020 ’n nuwe Direktief op Beroeps-

gesondheid en -veiligheid in werkplekke in die Staatskoerant gepubliseer, wat voorskrifte bevat oor die hantering van Covid-19 in die werkplek. Hierdie voorskrifte vereis dat alle werkgewers ’n risiko-analise moet doen en beheermaatreëls moet identifiseer om Covid-19 in die werkplek te voorkom en beheer. Dié risiko-analise en beheermaatreëls moet die Regulasies op die Beheer van Biologiese Agense in ag neem en die vakbond en veiligheid-en-gesondheidskomitee (of werknemerverteenwoordiger, indien daar geen komitee in die werkplek is nie) moet oor die plan gekonsulteer word. Hierdie dokument moet beskikbaar wees vir inspeksie deur die departement. Maatreëls wat spesifiek in plek gestel moet word, sluit die volgende in: Die Covid-19-risiko-analise en beroepsgesondheid en -veilig heidsbeleid (vir werkgewers met 50 of meer werknemers in diens) moes binne 21 dae vanaf die inwerkingtreding van die Direktief by die departement ingedien word, dus teen 21 Oktober 2020; Voorligting aan werknemers; Identifisering van kwesbare werknemers; Aanwysing van ’n Covid-19 voldoeningsbeampte; Sifting vir simptome en aanmoediging van siek werknemers

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

om tuis te bly; Handhawing van 1,5 meter sosiale afstand tussen persone; Voldoende saniteringsgeriewe en toerusting; Die verpligte dra van maskers; Goeie ventilasie; Die voorsiening van ander beskermende kleredrag en toerusting; en Om seker te maak dat die voorkomingsmaatreëls sover moontlik toegepas word.

ONS HOU LEDE INGELIG Solidariteit het sy lede die afgelope paar maande deurlopend oor dié onderwerp ingelig gehou. Die risikogebaseerde benadering wat die departement in die genoemde Direktief volg, stem ooreen met die benadering van Solidariteit in sy Goeie Praktykkode aangaande maatreëls om goeie, gesonde werk tydens en na die pandemie te verseker. Die doel van die Goeie Praktykkode is om leiding te gee aan werkgewers en werknemers sodat Solidariteit se lede veilig en gesond kan werk en ’n lewe kan maak wat nie onnodig deur inperkingsmaatreëls belemmer word nie. Dit is moontlik om veilig en gesond te werk en die impak van die virus op die ekonomie te versag deur die implementering van voorkomende maatreëls ter bevordering van gesondheid in die werkplek as deel van Solidariteit se Werkherstelprogram.


JOU DROOMWERK WAG OP WERKNET

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Gratis Afrikaanse portaal vir werksoekers & werkgewers uitgebrei

ie bekendstelling van Solidariteit se Werkherstelprogram bewys weer eens hoe veerkragtig ons as Afrikaanse beroepsgemeenskap is. Ons glo dat dit nou, meer as ooit, die beste tyd is om saam te snoer en die gemeenskap deur die krag van mekaar, en SELF, sterker te maak. Dit is deel van ons DNS om hard te werk met trots en ywer, sodat ons binne gesonde gesinne en werkplekke kan floreer. Ons elkeen het ’n droom vir ons toekoms, en Solidariteit glo dat almal die reg het om vry, veilig en voorspoedig te kan wees – veral in die werkplek. Werknet is ’n gratis Afrikaanse

aanlyn werksoekportaal waar mense wat werk soek, hulle CV’s kan oplaai en waar plasingsagentskappe en werkgewers bekwame mense binne ons eie gemeenskap kan vind om in diens te neem. Deur ons mense in ons gemeenskap te ondersteun, in diens te neem en sterker te maak, wys ons ons verbintenis aan mekaar. Navorsing toon dat mense wat ander help, nie net persoonlike bevrediging kry nie maar ook hulle professionele ontwikkeling ’n hupstoot gee. Om ander te help, is die eerste stap om die wêreld ’n beter plek te maak. As deel van die Werkherstelprogram word Werknet uitgebrei om werknemers en werkgewers makliker met mekaar te laat skakel. Die beplande ontwikkeling sluit in:

- Lede sal toepaslike inligting vir bepaalde beroepe ontvang. Jou volle loopbaanpad sal gemeet word en jy sal beroepspesifieke inligting ontvang. - Die portaal sal jou in staat stel om met kollegas en kennisse te skakel, en jy sal ’n lys van jou vaardighede met ’n kort motivering kan indien. - Werknet sal ’n slim stelsel wees wat aansoeke, plasings, produkte en dienste koppel. Ons sal self vir ons jongmense geleenthede bied, ons netwerke uitbrei en ons mense in diens neem. Daar word daagliks talle poste op Werknet gelaai. Laai vandag nog jou CV op, soek die ideale werknemer vir jou onderneming of vind jou droomwerk by www.werknet.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

27


FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Film- en Publikasieraadwysigingswet maak wolf skaapwagter

28

ie Film- en Publikasieraadwysigingswet (FPWW) wat Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, op 3 Julie in die Staatskoerant gepubliseer het vir kommentaar, is volgens kenners niks anders nie as ’n nuwe sensuurwet wat die regering wil implementeer om Suid-Afrikaners se regte in te perk en dít wat hulle sien en lees, te reguleer en te beheer. Die voorgestelde regulasie wat van toepassing is op die verkoop, huur en stroom van enige inhoud op verskillende digitale platforms in Suid-Afrika, bepaal dat enige persoon wat digitale inhoud vir platforms soos Facebook, YouTube, Twitter en ander sosiale platforms skep, eers hulle inhoud mag oplaai nadat dit deur die Film- en Publikasieraad (FPB) goedgekeur is. Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof van strategie, regsake en navorsing by Solidariteit, is die voorgestelde regulasies oor digitalemediaplatforms nie net ongrondwetlik nie, maar maak dit ook inbraak op

Suid-Afrikaners se reg tot vryheid van spraak. “Dit is absoluut belaglik om te dink dat mense en sakeondernemings sal moet toestemming vra en betaal voordat hulle iets in ’n koerant of selfs op sosiale media mag publiseer.” Wat die gevaarligte verder laat flikker, is dat die regulasies vereis dat alle persone wat webwerwe bedryf, as internetdiensverskaffers moet registreer. “Hierdie bepaling is onregverdigbaar breed, beswarend en het geen grondslag nie, aangesien artikel 27A van die FPWW nie die registrasie van persone wat webwerwe as internetdiensverskaffers aanbied, oorweeg nie,” meen Morné Malan, strategiese spesialis by Solidariteit. Die konsepregulasies bepaal onder meer dat: ’n Permitaansoek stawende dokumentasie moet bevat, insluitend ’n verklaring waarin die aansoeker waarborg dat dit voldoen aan alle toepaslike wette en regulasies. Aanlyn verspreiders jaarliks moet aansoek doen vir ’n permit, dus moet die stawende dokumentasie en die betaling van die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

voorgeskrewe fooi jaarliks plaasvind. Indien ’n aanlyn verspreider aan wie ’n permit toegeken is enige film, speletjie of publikasie aanlyn wil versprei, moet die inhoud eers geklassifiseer word. ’n Aanlyn verspreider wat ’n permithouer is, moet maandeliks ’n produklys aan die FPB voorsien wat alle inhoud spesifiseer wat op die platform te koop of te huur aangebied word. Die FPB is geregtig op toegang tot die inhoud en die klassifikasiebesluite van die aanlyn verspreider vir die monitering van nakoming, solank as wat die permit geldig is. Aanlyn verspreiders wat nie die nodige permitte bekom nie, kan met tot R750 000 of vyf jaar tronkstraf beboet word. Hennie Bierman, hoof van Solidariteit Beroepsgildes, meen dat die regering veronderstel is om dit makliker te maak vir onder andere kunstenaars om hul werk te publiseer. Daarom is dit belangrik dat enige inperking op vryheid deur die staat en sy ideologie ten sterkste teengestaan word.


www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

29


SOLIDARITEIT GRYP IN BY NWU

Nou deel van konsultasieproses oor groeplewensversekering p 24 Julie vanjaar het die Noordwes-Universiteit (NWU) sy werknemers skriftelik ingelig dat hulle vanaf 1 Augustus op ’n nuwe groeplewensversekeringskema geplaas sal word wat die huidige skema, soos in hul oorspronklike diensooreenkoms uiteengesit, sal vervang. Die nuwe skema word teen ’n hoër premie aangebied en lewer minder voordele as die vorige skema. Die premie vir die nuwe lewensversekeringskema word direk van die werknemers se salarisse verhaal. Solidariteit het namens sy lede opgetree teen die NWU se onregmatige verandering van werknemers se salarisooreenkomste. Solidariteit het ’n dringende aansoek teen die NWU by die arbeidshof in Johannesburg ingedien om die instelling se onbillike optrede teenoor werknemers te keer.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, het die besluit deur die NWU ’n direkte impak op die persoonlike finansies van elke werknemer en is die uiteinde hiervan dat werknemers skielik begunstigdes van ’n nuwe lewensversekeringskema is waarvoor hulle meer moet betaal terwyl hulle minder dekking ontvang. Van der Bijl sê hierdie optrede van die NWU is ’n

blatante skending van die regte van die universiteit se werknemers. Die saak is op 11 September in die arbeidshof aangehoor waar Solidariteit en die NWU tot ’n vergelyk gekom het. Solidariteit het aangevoer dat geen behoorlike konsultasieproses met werknemers of hul verteenwoordigers in hierdie verband gevolg is nie en dat die verandering wat aan hul lede se salarisooreenkomste aangebring is, onbillik en onwettig is. Volgens die skikkingsooreenkoms, soos bekragtig deur die hof, sal ’n volledige konsultasieproses nou volg wat die werknemers en hul verteenwoordigers betrek. Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele sektor by Solidariteit, is Solidariteit se deelname aan die konsultasieproses deur die bekragtiging van die skikking verseker en sal hy dus voortgaan om namens sy lede op te tree om die gewenste uitkoms te bewerkstellig.

STRYD TEEN RASSEDISKRIMINASIE BY BARLOWORLD

FOTO: ARGIEF

S

30

olidariteit het onlangs weer tot die rasstryd toegetree nadat sekere werknemers by Barloworld Equipment South Africa op 17 Augustus kennis ontvang het dat hul indiensnemingskontrakte beëindig word. Die proses wat Barloworld gevolg het, het ras as kriterium gebruik. Gevolglik was getroue en lojale werkers hul werk kwyt op grond van die kleur van hul vel. Swart werknemers, wat in baie gevalle eers onlangs by Barloworld aangestel is, het dus hul werk behou ten koste van wit, bruin en Indiese werkers wat jare lange diens by die maatskappy het. Ras as seleksiekriterium het swaarder geweeg as kennis en vaardighede, en ras eerder as lojaliteit aan Barloworld is dus beloon. Dit is kommerwekkend dat maatskappye hulself openlik by die rasideologie van die regering skaar en

skaamteloos diskriminerend teenoor minderhede optree. In reaksie hierop het Solidariteit ’n dringende aansoek tot die arbeidshof gebring om die wetlikheid van Barloworld se diskriminerende en onbillike seleksiekriteria uit te daag. Ten spyte hiervan het Barloworld die werkers op 16 September afgedank. Solidariteit was kort daarna in die arbeidshof om sy saak namens hierdie werknemers teen Barloworld te voer. Uitspraak is egter teen Solidariteit gelewer. Solidariteit ondersoek tans die saak om te kan appelleer by die arbeidsappèlhof. Die hofuitspraak voer aan dat substantiewe onbillikheid nie op ’n dringende basis in die arbeidshof aangehoor word nie, terwyl Solidariteit meen dat werknemers en hul verteenwoordigers juis dringend die hof moet

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

kan nader in die geval van onwettige en onbillike optrede wat dadelik gestuit moet word. Die gevolg van Barloworld se optrede is dat lojale werknemers met jare se diens hul inkomste verloor het as gevolg van die kleur van hul vel en dat hulle benadeel is ten koste van swart werkers wat ’n korter tyd by die maatskappy werksaam is en oor minder kennis en vaardighede beskik. Hulle is van hul werk ontneem en ander is bevoordeel omdat die regering ’n rasideologie nastreef wat hulle met behulp van wetgewing probeer afdwing. Solidariteit staan op teen hierdie benadering. Blatante diskriminasie teen minderhede en minagting van kennis en vaardighede is nie wat maatskappye sterk maak en produktiwiteit stimuleer nie. Dit kan onmoontlik ’n ekonomie stimuleer en laat groei.



is nie ’n vinnige m ra og pr el st er kh Solidariteit se Wer r die resultaat aa m , ie n s si ri ak n reaksie op die koro P en , sterk LEIERSKA IE IS V S M O K E O van T DE WERK. R A H en G IN N N 20 jaar se BEPLA

Versnelde verandering saam met lede op hulle loopbaanpad te stap. Die besluit in 2019 om die Netwerk van Werk te loods, het verskeie prosesse aan die gang gesit om dit te verwesenlik. Die 2019-besluit was egter nie die begin nie, maar die uitkoms van 20 jaar se beplanning en harde werk. In 2020 tref Covid-19 die wêreld en veroorsaak chaos en grootskaalse ellende. Hoewel die virus tans redelik in bedwang is, is die ekonomiese krisispunt nog nie bereik nie. Die Suid-Afrikaanse regering se lomp hantering van die krisis is skandelik, met noodfondse wat geplunder word en hulp wat volgens ras pleks van verdienste toegeken word. Solidariteit besef weer eens dat ons nie op die regering kan staatmaak vir bystand nie. Dit maak ons egter nie benoud nie, maar bevry ons. Solidariteit-lede gaan nie die uitwerking van die pandemie kan vryspring nie. Daarom het Solidariteit sy Werkherstelprogram bekend gestel. Die krag van hierdie program lê daarin

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

aar is geen twyfel nie dat die wêreld vir altyd deur die Covid-19-pandemie verander is. ’n Nuwe era van werk word vinniger ’n werklikheid as wat kenners voorspel het en dit vereis veerkragtigheid van individue en die instellings waarbinne hulle funksioneer om by die verandering aan te pas. Die Solidariteit Netwerk van Werk is reeds in 2019 tydens die vergadering van Solidariteit se Nasionale Raad goedgekeur. Die raadslede sou nooit kon raai dat dié besluit die antwoord sou wees vir ’n krisis wat ’n jaar later ontstaan het nie. In 2019 is goedgekeur dat R4,5 miljard oor die volgende vyf jaar in die toekoms belê kan word sodat Solidariteit se lede vry, veilig en voorspoedig kan werk. Die Solidariteit Netwerk van Werk is ingestel om Solidariteit-lede en hulle gemeenskappe toe te rus om sterker in die wêreld van werk te wees, deur

32

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

dat dit nie bloot ’n vinnige reaksie is op ’n krisis wat ons onkant gevang het nie. Dit is ’n plan wat oor jare ontwikkel is, verdere momentum in 2019 gekry het en nou versnel moet word. Die Werkherstelprogram plaas Solidariteit ook onherroeplik op ’n nuwe pad vir die toekoms. Talle elemente van die program is nie nuut nie, maar alles gaan wel vinniger en groter gebeur. Solidariteit se Werkherstelprogram is die grootste opstaanprogram in sy bestaan van 118 jaar. Ons is ontwerp om krisisse te hanteer. Hoe groter die krisis, hoe groter die opstaan. Ons het begrotings heropgestel en nuut toegeken. Daar gaan oor die volgende vyf jaar ongeveer R4,8 miljard spandeer word aan werkherstel binne die groter Solidariteit Netwerk, wat uit werk- en opleidingsinstellings bestaan. Dit is nie ’n regeringsprogram nie, maar ’n gemeenskapsprogram. Ons toekoms gaan nie deur ’n onbekwame staat bepaal word nie, maar deur onsself. Ons sal self!


COVID-19-INPERKING

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Gesondheid en werk weeg ewe swaar op welstandskaal oewel daar aanvanklik groot steun vir die Covid-19inperking van drie weke was, het die gety gou gedraai. Miljoene mense se loopbane en lewens is verwoes deur die Suid-Afrikaanse regering se besluit om die langste aaneenlopende inperking ter wêreld in te stel. Volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het sowat 2,2 miljoen mense hul werk in die tweede kwartaal van 2020 verloor. Dit is belangrik om te benadruk dat kommer oor die ekonomie nie gesien moet word deur die lens van ’n kompromie tussen gesondheid en rykdom nie. Dit is immers twee onderling verwante kenmerke van menslike welstand. ’n Gesonde nasie is noodsaaklik vir ekonomiese groei, net soos ekonomiese welvaart noodsaaklik is om die gesondheid van ons bevolking te bewerkstellig. ’n Toename in werkloosheid en armoede, wat die gevolg van ’n uitgerekte inperking is, gaan hand aan hand met ’n toename in die sterftesyfer en swak gesondheidsuitkomste soos wanvoeding en nie-oordraagbare siektes. ’n Irrasionele en onredelike inperking veroorsaak nie net ekonomiese skade nie. Dit kos lewens. Verskeie ekonomiese studies reg oor die wêreld toon dat daar tydens resessies ’n 2:1-verhouding tussen werkloosheid en mortaliteit is. Dit beteken dat vir elke twee persentasiepunte wat werkloosheid styg, verhoog die mortaliteitskoers in ’n land met een punt. Dieselfde geld die bruto binnelandse produk (BBP), wat in Suid-Afrika in die tweede kwartaal van 2020 met meer as 14% gekrimp het. Hier is die verhouding ongeveer 4:1. Vir elke vier persentasiepunte se ekonomiese inkrimping, styg die mortaliteitskoers met een punt. Die gevolge van die BBP-maatstaf is selfs erger vir

“Die voortgesette inperking het reeds in ’n baie groter ramp as die Covid-19-pandemie ontaard en bedreig die LEWENSBESTAAN van miljoene mense. Dwang deur die staat behoort dadelik laat vaar te word ten gunste van persoonlike verantwoordelikheid vir mense se GESONDHEID.” kindersterftes, wat met tussen 0,30% en 0,39% styg vir elke persentasiepuntafname in die BBP. Ons moet dus nie kies tussen kompromieloos wees in ons aanval óp die virus en kompromieloos wees in ons stryd vír ekonomiese welvaart nie. Ons moet albei kies. Die keuse kan nie tussen gesondheid of werk wees nie; die keuse moet wees vir gesonde werk waar moontlik. Inperkings het die potensiaal om wêreldwye armoede te verdubbel en moet volgens dr. David Nabarro van die Wêreldgesondheidsorganisasie nie as ’n primêre middel vir die bestryding van die koronavirus gebruik word nie. Nabarro het in ’n onderhoud met die Britse tydskrif The Spectator gesê dat inperkings net ’n baie tydelike oplossing bied. “Ons glo dat ’n inperking net geregverdig is indien dit ingestel word om tyd te koop sodat hulpbronne herorganiseer kan word en gesondheidswerkers hergroepeer en beskerm kan word, maar in die algemeen wil ons dit eerder nie doen nie.” Flip Buys, voorsitter van die

Solidariteit Beweging, deel Nabarro se siening. “Die voortgesette inperking het reeds in ’n baie groter ramp as die Covid-19-pandemie ontaard en bedreig die lewensbestaan van miljoene mense. Dwang deur die staat behoort dadelik laat vaar te word ten gunste van persoonlike verantwoordelikheid vir mense se gesondheid.” Volgens die Solidariteit Beweging het ’n ramptoestand net bestaansreg indien die staat die uitwerking van die ramp beter as sy burgers en ondernemings kan hanteer. “Ons is verby daardie punt en moet begin wegbeweeg van staatsbeheer na burgerlike verantwoordelikheid,” het Buys gesê.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

33


Hoe hanteer jy

verandering? aar is etlike wetenskaplik gefundeerde antwoorde op hierdie vraag, elkeen met dieselfde kernboodskap: Maak vrede met die verandering, raak gewoond daaraan en pas aan. Maar hoe hanteer ’n mens wat deel van ’n administratiewe span is die groot verandering om skielik jou kantoorspasie op te gee en jou persoonlike spasie by die huis in te rig om jou werk te doen? Maklik! Met ’n glimlag pak jy jou rekenaar op, gooi ’n paar penne en notaboekies in ’n sak, druk ’n lys van al die sake wat jy hanteer, en pas aan. Daar is nie tyd om eers vrede te maak met die verandering nie, want dit het reeds gebeur. Binne ’n kwessie van ’n dag moes jy reg wees om voltyds van die huis af te werk. En dit het ons gedoen. Op dag drie van die inperking was almal gereed om tuis te werk. Tuiskantore is ingerig, rekenaars is

opgestel, nuwe prosesse is gevolg en oplossings is gevind sodat ons met ons werk kon voortgaan en ons lede steeds ten volle kon bystaan. Jy berei voor vir net drie weke van verandering, maar dan word dit vyf maande. Dit tref jou hard. Jy begin jou kollegas mis. Jy mis die geselskap en ondersteuning van die twee of drie vroue met wie jy agt ure per dag saam deurbring. Hierdie vroue is jou ondersteuningsnetwerk – julle lag saam, huil saam en werk saam. Nou is dit skielik net jy en jou eie geselskap. Maar dan skep ons ’n WhatsApp-groep waarop almal met mekaar gesels. Ons begin Teams-vergaderings waar ons eintlik net by mekaar inloer en mekaar ondersteun. Ons skep oplossings omdat ons nie gaan toelaat dat dié verandering ons onderkry nie. Ons werksaamhede gaan voort soos gewoonlik. Ons lede word bygestaan, gekontak, op hoogte van sake gehou. In hierdie tyd raak dit al

hoe besiger by Solidariteit Regsdienste, want al hoe meer lede benodig ons hulp. Jy sou dink dat dit moeiliker gaan wees om ons lede by te staan omdat ons van die huis af werk, maar dit is nie. Lede kry steeds die puik diens waaraan hulle gewoond is. In ’n tyd van onsekerheid waar lede hulle na Solidariteit Regsdienste wend vir hulp met hul probleme by die werk, doen ons litigante uitstekende werk om ons lede by te staan. Hierdie diens sou nie so maklik gewees het sonder die bystand van die administratiewe span wat die litigante ondersteun nie. Ek sê dus ’n spesiale dankie aan Judy, Annika, Chantal, Shane, Clara, Marie-Louise en Carmen vir julle harde werk gedurende die inperkingstyd. Julle is ’n span saam met wie ek enige tyd weer ’n verandering sal aanpak! • Marietjie Potgieter is die administratiewe koördineer by Solidariteit Regsdienste.

Wie is die kampioen van julle kantoor vir 2020?

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

N

34

omineer nou jou Kantoorkampioen van 2020! Kantoorpraktisyns hou die wiele aan die rol by hulle werkplekke, maar hul enorme bydraes word dikwels nie erken nie. Daarom het die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns verlede jaar die eerste Kantoorkampioen gekroon. Ons sien wat kantoorpraktisyns doen, hetsy dit sekretaresses, persoonlike assistente, ontvangsdames of administratiewe klerke is. Ons beroepsgemeenskap besef dat elke organisasie sy Kantoorkampioen moet vereer, want sonder hulle knars alles tot stilstand.

WAT MAAK VAN IEMAND ’N KANTOORKAMPIOEN? Dis iemand wat – Altyd die ekstra myl loop; Lojaal teenoor en toegewyd tot die maatskappy is; ’n Positiewe verandering in die werkplek en in ander se lewens maak – vir hulle is dit nie net ’n werk nie, maar ’n roeping; en Ander motiveer om ook hulle beste te gee. • Nomineer jou Kantoorkam pioen vir 2020. Stuur ’n e-pos na kreatief@solidariteit.co.za en ons sal vir jou al die inligting stuur oor wat jy moet doen.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



IN BEWEGING

SOLIDARITEIT DIENSSENTRUM EN ARBEIDSREGSDIENSTE

Diens allermins ingeperk

Onbillike arbeidspraktyke en ontslag. ’n Netwerk van inligtingsbronne is geskep wat die nuutste regulasies, direktiewe en vereistes met die druk van ’n knoppie beskikbaar stel. Fopnuus bly ’n uitdaging. Solidariteit het sy litigante dus reeds met die aanvang van die inperking opdrag gegee om die egtheid en korrektheid van enige inligting te kontroleer en by die regering en betrokke staatsinstellings te toets.

it het tydens die eerste paar maande van 2020 duidelik geword dat Suid-Afrika nie die koronapandemie gaan vryspring nie. Solidariteit het die geleentheid aangegryp om ’n verskil te maak in die onseker tyd wat voorgelê het. Ons boodskap was van meet af aan dat ons positief oor die toekoms is en dat ons hier is vir ons mense. Die Solidariteit Dienssentrum en Arbeidsregsdienste het vroeg reeds beplan om die publiek by te staan en met die regte advies en inligting te bemagtig.

ONS SAL SELF

SOLIDARITEIT TREF VOORSORG Een van die grootste uitdagings van die inperking was om personeel toe te rus om van die huis af te werk. Solidariteit se dienssentrumagente, regsadviseurs, litigante en administratiewe personeel het reeds voor die inperking geleidelik van die huis af begin werk om kontinuïteit te verseker. Nuwe rekenaarprogramme is aangeskaf en geïnstalleer wat agente in staat gestel het om moeiteloos tuis te werk en kommunikasie met lede en mekaar te bewerkstellig. Toe die nasionale inperking op 26 Maart om 00:01 in werking tree, was elke Solidariteit-personeellid aktief aan die werk by die huis en kon hulle voortgaan om puik diens te lewer.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

SOLIDARITEIT IS INNOVEREND

36

Die behoefte aan ’n aanlyn platform met betroubare inligting oor Covid-19 is geïdentifiseer en die Koronakrisissentrum by www.corona.org.za is blitsig op die been gebring. Benewens algemene inligting, video-insetsels en riglyne oor verskeie aspekte rakende die inperking kan die publiek ook aanlyn vrae stel en advies met betrekking tot die hantering van die koronavirus by die werkplek en die inperking bekom. Tydens die eerste fases van die inperking het Solidariteit-agente meer as

38 000 navrae suksesvol hanteer. Inperkingsregulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, is tydig deur Solidariteit versprei met ’n nuttige verwysingsgids waarin die kernelemente van die regulasies saamgevat is.

ONS HOU JOU INGELIG Die Koronakrisissentrum het bygedra om navrae en tendense te identifiseer waaroor ons regsadviseurs, algemene litigante en arbeidshoflitigante weekliks dieptenavorsing gedoen het en dan regsartikels daaroor geskryf en geplaas het. Soos ons deur die verskillende vlakke van inperking beweeg, bly die uitdaging om die korrekte en relevante inligting tydig en volledig te bekom. Die volgende arbeidskwessies geniet die meeste aandag: Verpligte verlof; Verandering van werkure en korttyd; Tydelike afleggings; WVF-TERS; Afleggings; Eensydige wysiging van diensvoorwaardes; en

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Ons het gedurende die inperkingstyd baie lesse geleer − positief en negatief. Van die positiewe lesse is dat Suid-Afrikaners bereid was en steeds is om in die belang van die gemeenskap sélf verantwoordelikheid te neem en opofferings te maak om die verspreiding van die koronavirus te beperk. Nog ’n positiewe les is dat mense in die algemeen hulle harte en beursies vir ander oopmaak. ’n Duur les is dat ons nie meer op die regering kan staatmaak nie. Bewerings van korrupsie en plundery verdwerg die gesamentlike en onselfsugtige poging van die gemeenskap om verligting te probeer bring. Die staatskas word vir selfverryking gebruik. Terwyl die Nasionale Vervolgingsgesag positiewe geluide maak dat staatsamptenare en individue wat hulle aan korrupsie skuldig maak, voor die reg gebring sal word, het Solidariteit klaar besluit dat ons sélf hande sal vat en sélf gaan doen. Daarom ons nuwe visie: Ons sal self. Hierby inbegrepe is ons missie om werk te herstel. Solidariteit se Dienssentrum en Abeidsregsdienste is deur middel van hulle advies, bystand, verteenwoordiging en toegang tot die howe daartoe verbind om elke werknemer se werk te beskerm, te bevorder en te herstel. Soos daar tydens die inperking reeds bewys is, is hierdie nuwe fase reeds in werking en sal ons met groot welslae voortbou op die suksesse wat ons self geskep het.


ONS SAL SELF – DIE AFRIKANERKREET Onblusbare lus vir die lewe, ’n soeke na avontuur en volharding in tradisies en geloof is kenmerkend van die Afrikanervolk. Hulle ken egter ook van harde bene kou, en het al ’n paar keer geval en weer opgestaan sedert hul aankoms in 1652. Die Afrikaner se geskiedenis is ’n verhaal van uithou en aanhou. Die leuse Ons sal self getuig van die Afrikaner se wil en vermoë om na elke krisis op te staan. Die Afrikanervolk het die AngloBoereoorlog, die nadraai van die Engelse se verskroeideaardebeleid in die Tweede Vryheidsoorlog, die droogte en die Groot Depressie deurleef en daarna opgestaan. Die Afrikanervolk het toe al besef dat hulle alleen is en dat dit hulle verantwoordelikheid

is om self as gemeenskap saam te werk, in belang van hul ekonomiese selfstandigheid. Die eerste groot selfreddende volksdaad het in 1914 plaasgevind toe die Helpmekaarbeweging gestig is om die Rebelle van 1914 se boetes te betaal. In 1939 is die groot volksorganisasie, Christeliknasionaal, tot stand gebring. Dié organisasie het ten doel gehad om die spaar- en koopkrag van die Afrikaner in eie belang te mobiliseer. In plaas van ondergaan, het die Afrikanervolk in moeilike en onseker tye opgestaan, hard gewerk en ’n oplewing begin toon. Die tydperk tussen 1902 en 1961 staan bekend as die goue era van selfdoenorganisasies, met meer as 1 500 kultuurorganisasies wat tot stand gebring is teen die tyd dat Suid-Afrika in 1961 ’n republiek geword het. Ons volk beleef nou weer ’n krisis.

Ons staan weer alleen, dié keer teen ’n vyandige staat. Ons word op grond van ons ras deur die regering uitgewerk, ons geskiedenis en dít wat vir ons saak maak, word afgebreek en tot niet gemaak, en weens die regering se Covid-19-inperkingsregulasies neem werkloosheid en armoede onder ons gemeenskap toe. Solidariteit se #OnsSalSelf-veldtog is gebore uit ons ryk geskiedenis asook ons Afrikanervolk se wil om nie oor te gee nie, maar om op te staan en saam te staan. In ’n tyd van nood het die staat weer eens sy rug op ons gedraai, maar dit sal ons nie stuit nie! Ons sal self verantwoordelikheid vir ons toekoms neem deur mekaar te help en self vir ons ’n toekoms te bou. Hierdie is nie ons eerste krisis nie en dit sal beslis ook nie ons laaste krisis wees nie, maar ons sal self ons toekoms verseker. #OnsSalSelf.




SÓ HELP EN HERSTEL HELPENDE HAND

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Gesin

40

gemeenskap

oe Solidariteit in Oktober aankondig dat ’n Werkherstelplan ingestel word met drie bene – werk, welstand en opleiding – was dit vir Solidariteit Helpende Hand vanselfsprekend dat ons die tweede been as ons verantwoordelikheid moet neem. Die afgelope maande het Helpende Hand op ’n baie besonderse wyse binne ons strukture stelselmatig geskuif van projekte wat verligting bring na projekte wat armoede verbreek en voorkom, en algemene gemeenskapsontwikkeling. Natuurlik is verligting steeds nodig en sal dit altyd wees, maar ons moes ook slimmer met die hulpbronne werk om gemeenskappe sterk te hou en nie net direkte nood te verlig nie. Daarom is die Gemeenskapsherstelprogram as uitvloeisel van die Werkherstelprogram vir ons noodsaaklik. Hierdie program versnel die agenda om te fokus op gesonde gemeenskappe. Die bedoeling van die plan is nie om weg te vat van wie ons is nie, maar ’n verdieping, uitbreiding en geskuifde fokus met dieselfde doel – om in hart, met krag tot hoop ’n verskil te maak.

neem vir hulleself, begelei word tot krag en fokus daarop om nie net te oorleef nie, maar te leef as gesonde en gelukkige Afrikaners. Daarom is al drie dié bene verpak in al die afdelings van Helpende Hand sodat daar volledige ondersteuning kan wees, dit vanuit verskeie hoeke aangepak kan word en onder leiding van die maatskaplike afdeling en die verskillende streke volledig inslag vind in ons gemeenskappe en ons takke en streke.

GEMEENSKAP, GROEI, GESINNE

DIE BEKENDE EN DIE NUWE

Soos Solidariteit se program op drie bene staan, naamlik werk, welstand en opleiding, staan ons herstelprogram vir gemeenskappe op drie bene, naamlik gemeenskap, groei en gesin. In al drie hierdie bene sal ’n mens dieselfde taal hoor adem, naamlik gemeenskappe wat verantwoordelikheid

Die bekende by Helpende Hand sal steeds die hart wees, die strukture en die vrywilligers wat fokus op kwesbare groepe. Die bekende projekte soos die Tassie- en Kosblikkie-projek sal steeds daar wees. Die Studiefondssentrum sal steeds ’n reuseverskil in die samelewing maak.

KLEMVERSKUIWING Die Gemeenskapsherstelprogram is gefundeer in ’n besluit wat die Solidariteit Beweging ’n paar jaar gelede reeds geneem het om die Skoleondersteuningsentrum los te maak van Helpende Hand sodat dit op skoleondersteuning fokus en Helpende Hand in ’n direkte maatskaplike rigting kan ontwikkel. Daarom is begin met die aanstel van maatskaplike werkers, van 1 in 2017 na 18 in 2020. Die sukses van die Werkherstelprogram sal in ’n groot mate afhang van hoe die maatskaplike afdeling dit kan uitrol na die verskillende afdelings, takke en streke van Helpende Hand.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Ons Gemeenskapsherstelprogram het hoofsaaklik die volgende klemverskuiwing: Ons beweeg na maatskaplik gebaseerde gemeenskaps ontwikkeling – dit sluit dus ’n groter gemeenskap in en fokus nie net op armoede nie (armoede is een van die fasette, maar ’n breër fokus is nodig). Helpende Hand se kwesbare groepe waarmee ons altyd werk, naamlik kinders, bejaardes en gestremdes, word uitgebrei om ook gesinne as boustene van gemeenskappe in te sluit. Daar is ’n klemverskuiwing na ontwikkeling en opleiding binne gemeenskappe. Daarvoor word spesifieke ontwikkelingsplanne ingestel wat die gemeenskap sterk maak en bemagtig. Projekte word nie lukraak uitgevoer nie, maar ontwikkel in ’n groot mate uit programme wat opgestel en spesifiek gebruik word om die krag in gemeenskappe te ontwikkel en gemeenskappe sterker te maak. Ondersteuning word nie net op fisieke, kulturele en geestelike vlak gegee nie, maar ook op sosio-emosionele gebied. Mense se emosionele uitdagings neem hulle sosiale konteks in ag. Helpende Hand is dankbaar om ’n rol in gemeenskappe te kan speel. Ons bede is dat die Gemeenskapsherstelplan vrug sal dra wat veranderend is, en vir ’n gebroke samelewing lig sal bring waar dit donker is en hoop waar daar moedeloosheid is. In hart, met krag, tot hoop.


Ons Winkels innoverend, positief ondanks koronakrisis

ie instel van die landwye inperking in Maart 2020 het alle ondernemings geraak, ook Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels. Die Ons Winkels-inisiatief is ’n belangrike bron van inkomste vir Helpende Hand en verskaf nie net gehalte-items teen lae pryse aan mense wat dit benodig nie, maar skep ook werkgeleenthede en help om maatskaplike inisiatiewe en studiefondse in Helpende Hand se takke en streke te finansier. Dit skep dus daagliks hoop vir die gemeenskap, maar dit moes in ’n oogwink opgegee word toe die winkels hulle deure moes sluit sonder enige aanduiding wanneer dit weer mag open. Vra jy die bestuurders van hierdie winkels hoe hulle die inperking oorleef het, antwoord hulle sonder skroom dat dit ’n baie moeilike tyd was. Dit was egter ook ’n tyd vol genade. Volgens Alet Robbeson, hoof van Ons Winkels, was dit vir haar verblydend om te sien hoe innoverend en positief die Ons

Winkels-kontrakteurs was. Die mooiste oomblik was egter toe die winkels weer hulle deure op 1 Mei kon open. Ons Winkels behaal daarna vir drie opeenvolgende maande van Mei tot Julie ’n rekordomset, met onderskeidelik R3 miljoen, R3,5 miljoen en R3,6 miljoen. Daar word ook agt nuwe Ons Winkels oopgemaak, wat die totale getal winkels van 50 in 2019 tot 67 in 2020 opstoot. In September vanjaar stel Ons Winkels ook die eerste aanlyn winkel bekend, waar die publiek talle items kan koop. Volgens Pieter van der Walt, bemarkings- en administratiewe beampte van Ons Winkels, is die aanlyn winkel ’n regstreekse uitvloeisel van Ons Winkels-ondersteuners se behoefte om gedurende die Covid19-pandemie veilig inkopies te doen. Van der Walt sê dat winkeleienaars noodgedwonge tydens die inperking

hulle goedere op hul Facebook-blaaie begin adverteer het en groot sukses daarmee behaal het. “Die idee was dus om vir verkopers en kopers ’n platform te skep waar hulle in ’n veilige omgewing kan verkoop en koop.” Ons Winkels se aanlyn winkel verkoop alles van unieke skoene tot meubels en skilderye, en daar is tans meer as 400 items om van te kies. Versamelaars kan ook verskeie waardevolle, antieke items op hierdie platform vind. Kliënte kan dus veilig en gerieflik kies en keur wat hulle wil koop en hul aankope word per koerier by die adres van hul keuse afgelewer. Volgens Van der Walt wil die bestuur van Ons Winkels hierdie inisiatief uitbrei om die grootste aanlyn winkel vir tweedehandse goedere en waardevolle versamelstukke te word. • Besoek gerus die webtuiste www.onswinkel.co.za.

HELPEN DE

ND HA

IT ITE AR

SOL ID

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

REKORDVERKOPE

41 ON

S WIN K EL

SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

41


FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Onsnie bou'n ’n besigheid familie

42

elpende Hand is die hart van die Solidariteit Beweging. Só het dr. Dirk Hermann gesê op die dag toe Helpende Hand se ondersteuners 40 000 sterk gestaan het. Ek glo opreg in dr. Hermann se woorde. Ek glo dat Helpende Hand roepingsgedrewe werk en dit nie kan doen sonder ons ondersteuners, vrywilligers en donateurs nie. Solidariteit Helpende Hand werk reeds die afgelope paar jaar daaraan om 40 000 ondersteuners te werf, en wie sou kon dink dat ons dit juis sou bereik toe die wêreld weens Covid-19 ingeperk was? Dit is egter juis die punt: Ons mense het nie toegelaat dat Covid-19 oor ons heers nie. Ek het nog nooit tevore gesien hoe mense so saamstaan soos gedurende die inperking nie. Ons mense het hande gevat en mekaar gedra deur hongersnood, deur geestelike en emosionele armoede, deur depressie en die dood. Ons 40 000 ondersteuners, boeke vol donateurs en ons gemeenskappe het Helpende Hand bygestaan om meer as 22 500 gesinne en meer as 2 000 instansies gedurende die nasionale inperking te help. Ons betree nou saam met ons gemeenskappe ’n nuwe fase – ’n fase

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020

van herstel en vorentoe beweeg nadat ’n kiem ons lewens omvêr kom gooi het, maar nie ons roeping kon steel nie! Ons hier by Helpende Hand stel die Gemeenskapsherstelprogram bekend wat saam met die Werkherstelprogram van Solidariteit ingespan sal word om ons mense werklik vorentoe te laat beweeg en armoede te beveg. Ons glo dit sal moontlik wees danksy Helpende Hand se sterk strukture nasionaal, by ons hoofkantoor, in die streke en by ons takke. Helpende Hand bou nie ’n besigheid nie, maar ’n familie wat saamstaan deur moeilike tye, wat uitkyk vir mekaar, wat hande uitreik na ander in nood en wat elke dag volgens hulle roeping leef. Hierdie Helpende Hand-familie bestaan uit gemeenskappe wat besluit om self te sorg vir hul eie en hul mense se toekoms. Ontwikkelde, selfstandige, selfverantwoordelike en optimaal funk-

sionerende mense sal gesonde, funksionerende gemeenskappe tot gevolg hê. Die uitkoms van hierdie Gemeenskapsherstelprogram waarin die Helpende Hand-familie ’n groot rol speel, moet ’n toekoms wees waarin die Afrikaner-kultuurgemeenskap vry, veilig en voorspoedig kan wees. Helpende Hand wil deur maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling die selfontwikkeling van mense in hulle gemeenskappe en die ontwikkeling van gemeenskappe as geheel bevorder. Ons hooffokus is steeds ons kwesbare gemeenskappe soos kinders, bejaardes, gestremdes en gesinne. Jy kan vandag help om ’n volhoubare verskil te maak deur ons e-mandaat in te vul by www.sluitaan.co.za. Ons wil die toekoms van selfdoen saam met jou breëbors inloop – met hart, in krag, tot hoop – want ons weet ons is ’n familie wat saamstaan.



IN BEWEGING

Plaasmoorde hoog op internasionale agenda

FOTO’S: REINT DYKEMA & STOCKPHOTO.COM

VN-STATUS VIR AFRIFORUM

44

friForum is nou amptelik by die Verenigde Nasies (VN) as nieregeringsorganisasie met spesiale raadgewende status geregistreer. Dié status bied aan AfriForum verskeie geleenthede en voorregte om die organisasie se werk op groter skaal in die raadsale van die VN voort te sit. Die deurbraak is gemaak ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. regering vir jare gewerk het om AfriForum hierdie geleenthede te ontneem. AfriForum beswaar gemaak het teen Ernst Roets, hoof van beleid en die uitnodiging aan die voormalige aksie by AfriForum, verduidelik dat die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, Suid-Afrikaanse regering se verteenwoorom die presidensiële inhuldiging van diger by die VN-hoofkantoor in New oudpres. Jacob Zuma by te woon. York hom destyds meegedeel het dat hy Roets sê voorts dat die regering vanuit Pretoria instruksie gekry het om te wel daarin kon slaag om die aansoekverhoed dat AfriForum by die VN se afproses vir jare te vertraag (AfriForum deling vir nieregeringsorganisasies (’n onhet die eerste registrasieaansoek al in derafdeling van ECOSOC) geregistreer 2011 ingedien). “Ons is egter bly om word. Die verteenwoordiger het sover te kan aankondig dat die regering se gegaan as om te sê dat die regering se pogings om minderhede by die VN te pogings in dié verband nie persoonlik is sensor uiteindelik misluk het.” nie, maar bloot polities gedrewe. Die voorregte en geleenthede “Die verteenwoordiger het in 2015 wat met spesiale raadgewende status aan my verduidelik dat die regering verband hou, sluit onder meer in dat AfriForum se registrasie teenstaan omAfriForum: dat AfriForum volgens die regering ‘te insette kan lewer en aan die werk veel praat’ en ‘te arrogant’ is,” sê Roets. van ECOSOC kan deelneem; “Hy het toe gesê dat hy met Suid-Afrika hierdie forums kan benut om desse alliansievennote in verbinding gaan kundige raad in te win en te deel tree om toe te sien dat AfriForum se oor kwessies waarmee AfriForum aansoek nie slaag nie. Hy het dié gemoeid is; alliansievennote by name genoem: verteenwoordigers by die VN se China, Zimbabwe, Kuba en Soedan.” kantore in New York, Genève en Roets het die verteenwoordiger Wene kan aanwys om die organigevra om te verduidelik waarom sasie by verskeie forums en vergaAfriForum volgens die regering te derings te verteenwoordig; arrogant is. Die verteenwoordiger het as waarnemer kan insit by verskeie toe verwys na AfriForum se veldtog vergaderings van ECOSOC-liggame, teen plaasmoorde asook die feit dat New York

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Genève

die Menseregteraad en in sekere gevalle ook die VN se Algemene Vergadering; by verskeie van dié forums geskrewe en selfs mondelinge voorleggings kan maak oor kwessies waarmee AfriForum gemoeid is; met die onderskeie kantore van die VN se sekretariaat kan konsulteer; verslae oor verskeie onderwerpe mag indien; by hierdie forums die geleentheid gebied word om aan informele gesprekke met VN-rolspelers deel te neem; toegang tot die VN se media dokumentasiedienste het; en toegang tot die VN se biblioteek het. AfriForum moet elke vier jaar aan die VN verslag doen oor die werk wat die organisasie doen. “AfriForum sal by hierdie vergaderings veral sterk standpunt inneem oor onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, korrupsie en minderheidsregte. Ons sien daarna uit om ons netwerke in die internasionale sfeer uit te brei en ons kennis en ervaring met ander organisasies te deel,” het Roets gesê. Wene


Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en sy vrou, Elsha, en Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit, en sy vrou, Magteld, tydens die bekendstelling van Die Parkie Storie.

Akteurs en vervaardigers hard aan die werk agter die skerms.

DIE PARKIE STORIE EERSTE KORTFILM VIR

FOTO’S: JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH, CARINA BESTER & ISTOCKPHOTO.COM

FORUM FILMS orum Films, ’n inisiatief van AfriForum, se eerste kortfilm, Die Parkie Storie, is onlangs in Pretoria bekend gestel. Dit is ’n aksiebelaaide Suid-Afrikaanse komedie wat kykers met tye op die punt van hul stoele laat sit. Die rolprent handel oor Luan (Luan Lauw), ’n weeskind met Superman-kragte, wat ’n ogie op ’n oulike kelnerin (Lilani Prinsen-Potgieter) het. Sy bedryf ’n koffiewinkel in die parkie waar al die drama en aksie afspeel. Luan wil die parkie en sy mense teen ’n gewetenlose rampokker (André Odendaal) beskerm, maar kom gou agter dat hy die aandag van ’n klompie gevaarlike mense getrek het. Dié drama/komedie het ’n ouderdomsbeperking van 16 en bevat gewelddadige tonele en kru taalgebruik. Altesame 59 mense het aan die kortfilm gewerk en dit het 9 800 uur geneem om te voltooi. Die span by Forum Films het in 2018 met die vervaardiging van die film begin. Dit is vervaardig deur Alexa Reinecke en Louis Gagiano. Pierre Malan was verantwoordelik vir die

regie en Elrich Yssel vir die redigering. Verskeie bekende akteurs soos André Odendaal, Robbie Wessels, Chris Chameleon, Angelique Gerber en Riaan Cruywagen is te sien. Gerber sê dit was vir haar ’n lekker ervaring om in die film te speel. Sy vertolk ’n “skurkagtige” rol van ’n kelnerin wat Luan in ’n stadium probeer vergiftig deur ’n konkoksie op sy pizza te sprinkel wat hom bedwelm. “Dit was pret, veral as ek dink hoe moeilik dit skielik vir kunstenaars was om nie tydens die inperking te kon werk nie.” Shanti Mitchell vertolk die rol van die Bruin Beer wat met sy groot liggaamsbou ’n paar karakters intimideer en katswink slaan. “Ek is eintlik in die IT-bedryf. Hierdie is my eerste rolprent en hoewel Afrikaans nie my eerste taal is nie, het ek dit baie geniet.” Oor sy rol sê Luan: “Ek het goeie herinneringe aan hoe ons dit gemaak het. Ons het baie goeie vriende op die stel gemaak en ek sien uit daarna om meer hiervan te doen.” Mareli Rall, een van die ekstras, sê dit was fantasties om te sien hoe sekere van die tonele vervaardig is en om deel

daarvan te kon wees. Die Parkie Storie is Pierre Malan se breinkind en ’n projek wat tydens sy studiejare begin het en uiteindelik op ’n volwaardige film uitgeloop het. Ernst Roets, uitvoerende hoof van Forum Films, sê die maatskappy is baie trots op hierdie eerste kortfilm. “Ons doel is om Afrikaans en die Afrikaanse kultuur deur films te bevorder. Daar word reeds aan ’n tweede kortfilm gewerk.” Louis Gagiano, een van die vervaardigers, meen dit is belangrik om Afrikaanse kuns en kultuur uit te bou. “Om films te maak en stories te vertel, is ons passie.” Die Parkie Storie is ook op Showmax te sien.

www.solidariteit.co.za |

45


IN BEWEGING Kallie Kriel

Flip Buys

Saamstaan in Senekal

FOTO’S: JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

“Mense is met reg woedend oor plaasmoorde en geweld”

46

owat 500 ondersteuners van AfriForum het op 16 Oktober vreedsaam in Senekal aan ’n protesoptog teen plaasmoorde deelgeneem waar Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, die vermeende moordenaars van Brendin Horner, in die hof verskyn het. Terwyl die EFF en die ANC uitdagend in die strate rondom die hof gedreunsing en slagspreuke geskreeu het, het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, ’n boodskap gebring dat mense met reg oor plaasmoorde en geweld kwaad is. “Ons mag ons misnoeë en woede wys, maar ons moet ook alles in ons vermoë doen om onsself binne die raamwerk van die wet te beskerm. Ons mag onsself bewapen en ons moet by veiligheidstrukture aansluit.”

Kriel het gesê daar is reeds goeie vordering die afgelope paar jaar gemaak. AfriForum het nou 157 buurt- en plaaswagte, 12 000 vrywilligers, 5 300 radio’s, 61 herleiers en 14 hommeltuie om te help om misdaad te bekamp. Die organisasie het ook ’n traumaeenheid wat slagoffers bystaan. “Ons het ’n verantwoordelikheid om onsself te beskerm. Dit moet in elkeen van ons se huise begin. Ons sê vandag reguit ons is nie bang nie. Ons tree egter met selfbeheersing op.” Kriel het verwys na die internasionale steun wat AfriForum teen plaasmoorde kry wat die ANC en EFF kwaad maak. “Ons moet aanhou om ons boodskap uit te dra.” Soks Masoka, uitvoerende hoof van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa), het by AfriForum se byeenkoms gesê hy haal sy hoed af vir elke mens wat dié dag bygewoon het. “Ons almal se harte is seer oor die jong man se dood. Dood en aanranding op ons plase het nie kleur nie. Ons almal se beeste en diere word gesteel. Ons boere moet eenvoudig saamstaan.” Masoka het ’n dringende beroep op die regstelsel gedoen. “Die verdagtes is in hegtenis geneem, hou op met uitstel van die saak, vervolg en vonnis oortreders en gooi die sleutel weg.”

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Masoka sê wit en swart boere is op hul eie. “Ek wil vir minister Bheki Cele sê sy polisie moet begin om hul werk te doen en op te hou om deel van diefstalsindikate te wees. “As ek so rondkyk, sien ek boere en kinders van God. Laat ons hande vat as boere van die Vrystaat en die land. Onthou, die kos op jou tafel vanaand is gemaak deur wit en swart boere. Die regering moet ons uitlos en ’n omgewing skep waarbinne boere kan werk. Ons sal die ekonomie optel. Die wit én swart boere van die land.” Met verwysing na duisende EFFondersteuners in Senekal, het Masoka gevra wat hulle hier soek. “As julle nie saam met ons kom staan het om die diefstal en moorde op boere te stop nie, hoort julle nie hier nie. Wie is julle om die regering te kom verdedig?” Dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, het gesê boere sal hulle nie laat intimideer nie. “Ons het ’n reg om hier te wees en ons mag vrae vra oor die aanvalle en moorde op boere.” Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê plaaslewe en boerdery is ’n leefwyse. Boere se swaarkry, is almal se swaarkry. Diegene wat in stede bly, is afhanklik van dít wat boere produseer. “Ons wil vir ons boere sê, ons staan by julle.”



IN BEWEGING

SOLIDARITEIT FINANSIËLE DIENSTE

JOU FINANSIËLE VENNOOT

Kry vandag die onafhanklike en eerlike advies wat jy verdien olidariteit Finansiële Dienste (SFD) bied aan Solidariteitlede en nielede onafhanklike en eerlike finansiële advies, oftewel ’n betroubare finansiële padkaart. SFD het finansiële adviseurs wat spesialiseer in beleggings, aftreebeplanning, die hantering van afleggings/bedankings, lewens- en ongeskiktheidsversekering, belastingbeplanning vir individue, mediese beplanning en dekking, asook basiese boedelbeplanning. SFD se diens is adviesgedrewe en nie verkope-gedrewe nie, wat hulle in baie opsigte van die norm in hul bedryf onderskei. SFD se aktiwiteite behels die bou van finansiële planne om doelwitte te bereik soos onafhanklike aftrede, nood- en studiefondse. Verder beantwoord SFD vrae soos: “Wat gebeur as ek weens ongeskiktheid my vermoë verloor om ’n inkomste te verdien?”

JACO MOSTERT

DAWID BOTHA

RUAN DAVEL

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

Dawid Botha is SFD se besturende direkteur. Hy neem die voortou om SFD in sy nuwe fase in te lei. Hy het in 2008 sy honneursgraad in Bemarkingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ’n meestersgraad in E-handel ook aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Aan Dawid se sy is die bekwame SFD-span.

48

Dawid Botha

Jaco is verantwoordelik vir SFD se afdeling vir persoonlike finansiële advies. “Met my passie vir finansiële beplanning het ek vroeg in my lewe geleer dat geld waarde dra, en as dit oor tyd reg bestuur word, kan dit van wesenlike waarde wees. Juis vanweë my passie en liefde vir beplanning het ek ’n nagraadse kwalifikasie behaal sodat ek aan kliënte die nodige leiding kan gee om hul finansiële doelwitte te bereik. “Ek is reeds vir sewe jaar deel van ’n span bekwame individue wat ’n wesenlike verskil in ons kliënte se lewens wil maak. Die doel van die adviesafdeling is om vir ons lede en kliënte sekerheid te skep,” sê Jaco. “Deur middel van onafhanklike en holistiese finansiële beplanning kan SFD die finansiële doelwitte van ons kliënte bereik op die lewenspad wat ons saam met hulle stap.” Ruan is verantwoordelik vir versekering en dien ook as takbestuurder. “Ek is 34 jaar oud, gelukkig getroud met twee pragtige woelwaters. Voor die geleentheid by SFD oor my pad gekom het, was ek medestigter van Moeggesukkel (wat dwelmverslaafdes deur middel van entrepreneurskap help) en ook later werksaam by Outsurance.

Jaco Mostert

“My pos behels persoonlike en kommersiële versekering, asook die bestuur en ontwikkeling van verhoudings tussen ons diensverskaffers en kliënte.” Volgens Ruan is SFD se primêre doelwit om sy kliënte se behoeftes goed te verstaan sodat hy, deur middel van uitmuntende diens, die regte advies en topgehalteprodukte winsgewend kan aanbied.

ELMIEN DE BEER Elmien is ’n mediesedienstekonsultant. “Ek het op ’n plaas in Noordwes grootgeword, dus is ek in my hart nog ’n kind van die platteland. Ek het my honneursgraad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit behaal en toe stad toe verhuis.” Elmien en haar man het twee viervoetige kinders, en woon in Pretoria. “Ek was voorheen werksaam in die mensehulpbronnebedryf. Om met mense te werk was nog altyd my passie. My werk as mediesedienstekonsultant behels onder meer om as makelaar of tussenganger tussen lede en die mediese fonds op te tree. “As jy by ’n mediese fonds wil aansluit, skuif of bedank, sal ek jou behulpsaam kan wees. Ek sal jou ook kan bystaan met enige navrae, eise of goedkeuringsprosesse met betrekking tot enige prosedures,” sê Elmien.

Ruan Davel

Elmien de Beer

Solidariteit Finansiële Dienste (FSP 15556) bied onafhanklike advies oor finansiële behoeftes soos aftreebeplanning, inkomstebeskerming en boedelbeplanning. Skakel 0861 101 005 of stuur ’n e-pos na advies@sfdienste.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R135 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R150 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Premie is gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit Legal X isdienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële Beperk, dienste •FSP-nommer: FSP-nommer: finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy 755277


vir die siel

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

n die hartjie van die Bosveld is die gewilde Kokoriba Wildreservaat waarheen Solidariteit-lede wat na sielerus en eg Afrikaanse ontspanning op soek is, teen spesiale tariewe kan wegbreek.

50

UNIEKE BOSVELD-AVONTUUR Die Kokoriba Wildreservaat en Gesinsvakansieoord bied jou ’n unieke Bosveld-avontuur wat reeds by duisende Suid-Afrikaners bekend en geliefd is. Kokoriba bied iets vir almal, of jy wil kampeer, voetslaan of sommer net vir ’n naweek in een van die bekoorlike lugversorgde selfsorg-chalets wil uitspan. Dié bekostigbare vakansiebestemming is 38 km van Brits, 68 km van Sun City en 58 km van Rustenburg geleë. Kokoriba is ideaal vir mense wat van tradisionele gesinsvakansies, die natuur en die buitelewe hou. VAN CHALETS TOT KAMPPLEK Kom span uit in een van die netjies gemeubileerde, lugversorgde chalets wat twee tot ses mense kan akkommodeer. Die oord het ook ’n woonwapark met vyf toegeruste ablusieblokke. Die staanplekke is gedeeltelik met gras en hoofsaaklik met Bosveldgruis bedek.

Die staanplekke het ’n water- en kragpunt en braaiers kan by die kantoor bespreek word. Vir bekostigbare groepfunksies is daar die Makoro-basis waar tweebed- en driebedkamers en ander basiese geriewe beskikbaar is. Die eenheid het ook sy eie buitelapa en is toegerus vir 32 mense. VELE ONTSPANNINGSAKTIWITEITE Kokoriba bied verskeie ontspanningsaktiwiteite wat ’n verhitte onderdak- en buitelugswembad, wildbesigtiging, staproetes, tafeltennis, trampolien, veerpyltjies en minigholf insluit. Die oord spog met sy eie aanloopbaan wat vliegtuie en mikrovliegtuie kan akkommodeer. Wild en ander diere wat te sien is, sluit in blesbokke, blouwildebeeste, duikers, swartwitpense, kameelperde, koedoes, nagapies, njalas, rooibokke, rooihartbeeste, steenbokke en verskeie roofdiere. Dié deel van die Bosveld is ook bekend vir sy ryk voëllewe, met meer as 300 aangetekende spesies. DAGBESOEKERS IS WELKOM Die reservaat maak ook vir dagbesoekers voorsiening wat die oord se geriewe met voorafbespreking kan gebruik.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Daar is ’n à la carte-restaurant en ’n winkel wat vakansiebenodigdhede aanhou. Kokoriba bied aan besoekers ’n aangename Bosveld-ervaring wat vir jare onthou sal word. VEILIG EN BEKOSTIGBAAR Natuurbewaring word streng toegepas en daar is reëls om te verseker dat almal hul verblyf ten volle geniet. Die kamp is ook elektries omhein. Geen privaat voertuie word in die veld toegelaat nie, maar besoekers mag wel gaan stap of fietsry. Wildbesigtigingsvoertuie is te huur. Die hek van die reservaat open om 06:00 en sluit saans om 21:00. Die kantoor is tussen 08:00 en 17:00 oop vir ontvangs en besprekings. Kom ontspan in die Bosveld teen 20%-afslag. Alle lede van die Solidariteit Beweging wie se lidmaatskapgeld op datum is, kwalifiseer vir dié afslag. Die voordeel geld nie vir Paasnaweek en van 1 Desember tot 10 Januarie nie. • Bespreek vandag nog jou Bosveld-avontuur by Kokoriba! Besoek www.kokoriba.co.za vir die tariewe, stuur e-pos na reservations@kokoriba.co.za of skakel 012 277 1204.


IN BEWEGING

Splinternuwe boek uit die pen van dr. Dirk Hermann

BRUTAAL EERLIK, BEMOEDIGEND itdrukkings soos “doodkry is min” en “’n Boer maak ’n plan” is al geykte sêgoed in die Afrikaanse taal, maar met rede – want dit is die waarheid. Die uithou-, aanhou- en voortbou-gees van Afrikaners het geen gelyke nie. Wanneer dit dus kom by aanvalle op sake wat die Afrikaner na aan die hart lê (soos taal, onderwys en identiteit) is die natuurlike reaksie een van opstaan, helpmekaar, terugveg én selfdoen. In sy nuwe boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika (nou beskikbaar by Kraal Uitgewers) slaag dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, daarin om die emosies van hedendaagse

Afrikaners treffend te verwoord. Hy wys hoe die Afrikaner in sy verre én onlangse verlede op sy knieë gedwing was, maar weer opgestaan het. Dié bundel bevat meer as 20 ope briewe wat oor die afgelope paar jaar gepubliseer is en dek uiteenlopende temas – van raskwessies en Covid-19-inperkingsregulasies tot Afrikanerskap en taal. Tog is die onderliggende boodskap van die boek die Afrikaner se luide uitroep: Ons sal self! In sy briewe neem Hermann telkens standpunt in teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye en individue teenoor Afrikaners. Dit bied ook ’n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap die afgelope paar jaar in die gesig staar. Die briewe is nie polities korrek nie,

pas nie getrou by die staatsideologie in nie, aanvaar nie die kriminalisering van Afrikaners se geskiedenis nie en daag die ras-ideologie van die regerende party uit. Volgens Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, is die briewe “enersyds ontstellend oor die brutale eerlikheid daarvan, en andersyds bemoedigend oor die uitkomste wat dit meestal bewerkstellig. Die pen blyk inderdaad magtiger as die swaard te wees.” Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika is beskikbaar in Kraal se e-winkel (www.kraaluitgewers.co.za).


PAK JOU KAR VIR DIE

lekkerste seevakansie!

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

en as jy daarvandaan ’n kort entjie strandlangs stap, kom jy by die hoofstrand van Margate uit. Santana spog ook met puik swemen braaigeriewe, en het ’n restaurant op die perseel waar gaste ontbyt, middag- of aandete kan geniet. Die oord is ook loopafstand van Margate se bekendste restaurante en winkels. Santana is 5 km vanaf Margate se lughawe en 129 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe buite Durban, wat gaste die geleentheid gee om met die skilderagtige kusroete daarheen te ry. Die oord spog met ’n groot minigholfbaan en daar is talle ander aktiwiteite in die omgewing, byvoorbeeld:

s jy op soek na die ideale vakansiebestemming by die see? Dan is Santana net die plek om jou skoene uit te skop, in die see te baljaar en die uitgestrekte strande van die KwaZulu-Natalse Suidkus te geniet! Santana is direk op die strand in die middel van Margate se bekende goue myl geleë. Met goue sonsondergange en golwe tot aan die einde van die horison kan jy jou lekkerste vakansie nóg hier hou. Daar is verskeie eenhede om van te kies, elk met ’n ruim leef- en eetarea. Al die twee- en drieslaapkamereenhede het twee badkamers terwyl elke eenheid ’n volledig toegeruste kombuis het. Die sitkamers is ten volle gemeubileer en DStv asook wi-fi is beskikbaar. Die eenhede het balkonne vanwaar jy ’n asemrowende uitsig oor die see het en dalk selfs dolfyne of walvisse in die oseaan kan sien baljaar. Daar is veilige onderdakparkering vir gaste asook ’n wassery. Santana se pragtige tuin strek tot op die strand

52

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

The Waffle House in Ramsgate; Die Wild Waves-waterpark by Sun International se Wild Coast Sun;

uShaka Marine World in Durban; en MacBanana naby Port Edward.

Kom ontspan by die see teen 20%afslag! Alle lede van die Solidariteit Beweging wie se lidmaatskapgeld op datum is, kwalifiseer vir dié afslag by Santana. Hierdie voordeel geld nie oor Paasnaweek en van 1 Desember tot 10 Januarie nie. • Bespreek vandag nog jou droomvakansie by Santana! Besoek www.santana.co.za vir die tariewe, stuur e-pos na navrae@santana.co.za of skakel 039 312 2443.


www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

53


IN BEWEGING

OPWINDEND, WÊRELDKLAS!

FOTO’S: VERSKAF

Akademia-kampus beloof onvergeetlike studente-ervaring

54

m aan ’n universiteit te studeer, gaan oor meer as net klas draf en eksamens – daar is middagetes by die kafeteria, die opwindende studentelewe waaraan jy kan deelneem en die onvergeetlike studentegees wat op kampus heers. Jy voel vry en gereed om jou loopbaanreis af te skop. Akademia wil ’n soortgelyke onvergeetlike studente-ervaring vir ons jeug skep. Studente sal daarom vanaf 2021 voltyds in hulle moedertaal kan klas draf op die nuutingerigte Centurion-kampus. Hier gaan hulle aan ’n lewenskragtige studentelewe kan deelneem wat bydra tot die groei en ontwikkeling van hul menswees. Met die oog op Internasionale Studentedag wat wêreldwyd op 17 November gevier word, kyk ons na hoe só ’n studente-ervaring by Akademia lyk. Studente wat vir hulle eerste dag van wêreldklasopleiding op die Akademia-kampus aanmeld, sal saam met hulle dosent in die klas teenwoordig wees – anders as die bestaande en suksesvolle nauurse studiemodel wat gevorderde tegnologie gebruik. Klasgroottes op hierdie ingerigte en pragtige kampus is redelik beperk, wat die ideale geleentheid bied om aktief aan besprekings deel te neem en te verseker dat elke student persoonlike akademiese aandag geniet. Boonop gaan hierdie studente baanbrekers wees wat talle eerstes gaan beleef en sal help skryf aan Akademia se geskiedenis en die Afrikaanse universiteitswese van die toekoms. ’n Belangrike komponent van die studente-ervaring is ’n studentelewe. Akademia-personeel is daarom hard aan die werk om ’n vol program vir ’n gesonde studentelewe te skep. Die stigting van onder meer verenigings

en klubs, kulturele bedrywighede asook sport- en sosiale aktiwiteite gaan vir ’n gesonde, aktiewe studentelewe op kampus sorg. Pret sal beslis deel hiervan vorm, maar nog belangriker is die opvoeding en vorming van studente. Hierdie groot vormingsgebeurtenis sal in elke aspek van die studente-ervaring verweef word om te verseker dat afgeronde studente van die verhoog stap by die promosieplegtigheid waar hulle ’n kwalifikasie ontvang. Vorming help studente om hulleself intellektueel te handhaaf en goeie besluite in ’n komplekse arbeidswêreld te kan neem. Daarom is dit belangrik dat Akademia ’n akademiese tuiste vestig waar hart en denke gevorm kan word, en studente ’n betekenisvolle en vrye toekoms vir hulleself kan skep. Dít behels dat

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Akademia studente met uitstaande kennis en vaardighede oplei, en hulle met wysheid en insig opvoed. Akademia gaan ruimtes skep waar studente in ’n veilige omgewing hulle idees met ander studente en dosente kan toets en in die proses self tot beter insig en volwassenheid kan groei. Gesonde debattering en gesprekvoering sal plaasvind. Studente sal ook die geleentheid gebied word om hul interpersoonlike vaardighede deur middel van sosiale aktiwiteite op te skerp, sodat hulle die werkplek met selfvertroue kan betree. • Hou Solidariteit Tydskrif dop, want daar is groot dinge op pad. As jy betrokke wil raak en aan ’n gesonde studente-ervaring wil help bou, stuur ’n e-pos aan vriende@akademia.ac.za. Akademia hoor graag van jou.



Op skedule en binne begroting! Sol-Tech se wêreldklaskampus is byna voltooi en die eerste studente word vroeg in 2021 hier verwelkom.

Leerervaring

FOTO’S: MARTIE MAREE & ISTOCKPHOTO.COM

van 'n leeftyd

56

y jy in Pretoria met Solomon Mahlangurylaan naby die Waterkloof Lugmagbasis verby, is jy verstom oor die vordering wat binne net meer as 365 dae met Sol-Tech se wêreldklaskampus gemaak is. In September 2019 was die area woes en leeg, met sand net waar jy kyk. Vandag staan daar ’n gebou wat die verwesenliking is van ’n droom wat 12 jaar terug begin het. Die personeel sal die kampus in Desember 2020 betrek om vroeg in 2021 die eerste studente vir die leerervaring van ’n leeftyd in die klasse en werkwinkels te verwelkom. Ten spyte daarvan dat die bouspanne vir meer as twee maande as gevolg van die Covid-19-inperking nie kon werk nie, is die projek steeds op datum en binne begroting. Die leuse “Ons sal self” het in hierdie tyd nuwe betekenis gekry en Sol-Tech is meer as gereed om sy bydrae tot Solidariteit se Werkherstelprogram te lewer.

ONGEËWENAARDE STUDENTE-ERVARING

UNIEKE PLAASTEMA SO REG IN ONS KRAAL

Op die nuwe kampus gaan die student se akademiese en persoonlike ontwikkeling saamloop soos ’n Sol-Techstudent en sy gereedskaptas. Een van die doelwitte tydens die ontwerpfase was juis die daarstel en versterking van ’n lewenslange verbintenis tussen die studente, personeel en Sol-Tech. Winston Churchill het dit mooi beskryf toe hy gesê het ons vorm ons geboue, daarna vorm hulle ons. Navorsing het bevind dat ’n goeie kampus gesonde sosiale gedrag bevorder, studente beter help inskakel, akademiese prestasie bevorder en ’n sterk alumni vestig. Sekere elemente van die ryk geskiedenis van ambagslui in SuidAfrika word in onder meer die steenwerk weerspieël om studente te herinner aan die belangrike rol wat hul voorlopers gespeel het in die opbou van Suid Afrika, en die belangrike rol wat hulle self eendag gaan vervul.

Sol-Tech wou verder verseker dat sy studente met die kampus identifiseer deur ’n plaastema te gebruik. Studente gaan by die Opstal (administratiewe en hoofgebou) navrae oor hul punte kan doen en rekeninge vereffen, en in die Kraal (kafeteria met 400 sitplekke) gaan hulle by lang tafels kan sit en kuier terwyl hulle aan heerlike kafeteriakos smul. ’n Geselsie met klasmaats tussen klasse gaan by die Werf (binneplein-area tussen die geboue) aangeknoop kan word en natuurlik is die Spilpunt (braai-area) dié plek om per geleentheid ’n vleisie te braai en (soms) keel nat te maak. Die kafeteria-area herinner aan ’n Starbucks- of We Work-opset en het ’n groot oopplanontwerp wat ook dien as ’n funksionele opleidingspasie waar studente groepwerk gaan doen en via ’n aanlyn leerplatform sekere vaardighede gaan aanleer.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


4 000

METER3

BETON

513 TON STAAL

e t i e f e t n a s s e r e Int •

Die eiendom is in 2010 deur Kanton Beleggings op ’n openbare veiling gekoop. ’n Stadsbeplanningsaansoek om regte te bekom, is in 2011 ingedien, maar weens politieke inmenging moes Kanton vir sewe jaar veg om die regte te bekom. In 2018 is die saak suksesvol met koste teen die Tshwanestadsraad gewen, waarna die projek formeel kon afskop. Die terreinoppervlak beslaan 30 719 m² waarvan die bruikbare oppervlak ±27 000 m² is. Ontwikkelaars in Centurion sal weet dat die totale oppervlak waarop die geboue staan, twee meter diep uitgegrawe en teruggevul moes word om ’n sekere kompaksiewaarde te behaal. Daarna kon spesiale grondbalkfondasies bo-op hierdie nuwe kompaksielaag opgerig word. Verskeie groenbeginsels is in ag geneem tydens die ontwerp. Bewegingsensorligte regdeur die kampus asook ’n moderne lae-energielugversorgingseenheid verseker kragbesparing. Klaskamers en werkwinkels is ontwerp vir

150

• •

natuurlike ventilasie met baie goeie isolasiewaardes in die konstruksiemateriale. ’n 40 000 liter-watertenk en 600 kVa-kragopwekker verleen bystand sodat die kampus steeds kan funksioneer sou die munisipale water- en kragtoevoer onderbreek word. Daar was meer as 140 afsonderlike geleenthede waar betonmengvoertuie die terrein besoek het om 4 000 kubieke meter beton te kom giet. Met elkeen van hierdie besoeke is toetsmonsters na laboratoriums gestuur om die integriteit en sterkte van die beton te toets, en indien ’n fout bespeur is, is die struktuur wat deur daardie besending opgerig is, afgebreek en oorgedoen. Tot op datum is 150 km elektriese kabel geïnstalleer; 8,5 km loodgieterpypwerk; 513 ton staal; 9 459 m² dakplate en kantbekle- ding; en amper 1,3 miljoen bakstene is gebruik. Daar was sowat 500 werkers op enige gegewe tyd werksaam en sowat 20 000 stene is per dag gelê.

Die detail is op die planne: Meer as 1 600 A0-grootte detail argiteksplanne vir konstruksie is al uitgereik, 1 500 A0-grootte struktuur- en siviele planne, meer as 100 meganiese ingenieursplanne en 1 350 elektriese planne. Weens die Covid-19-inperking het die beskikbaarheid van staal ’n probleem in Suid-Afrika geword. Plaat-sybekleding vir die geboue was onbekombaar en ernstige vertragings het die bouspanne in die gesig gestaar, aangesien die geboue nie toegemaak kon word om met interne afwerkings voort te gaan nie. Deur die genade kon die laaste 1 500 m² sybekledingsmateriaal, in die korrekte kleur, uit Namibië ingevoer word sonder om die bouskedule te beïnvloed.

1,3

MILJOEN

STENE

Volg die tydlyn van die bouwerk aan die spoggerige Sol-Tech-kampus op bladsy

58

KILOMETER

KABELS

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

57


Só bou ons sélf

geskiedenis

Sol-Tech se splinternuwe kampus, wat in 2021 sy deure open, is ’n ware monument van hoop. Dié wêreldklaskampus is ’n bewys dat ons sélf die toekoms sal bou. Wat 12 jaar gelede as ’n droom begin het, is vandag verewig in die geskiedenisboeke van ’n gemeenskap wat saamstaan! Die eerste sooi word gespit! Ons hou ‘n gesellige funksie saam met vriende, die gemeenskap, ons studente, alumni en personeel van die Solidariteit Beweging.

Groot opgewondenheid en ’n rede om ‘n glasie te klink. Hierdie foto’s is geneem pas nadat ons verneem het dat die laaste hofsaak gewen is en ons formeel met bouplanne kan voortgaan.

FOTO’S: PAUL VAN DEVENTER, MIA SLABBERT, REINT DYKEMA & MARTIE MAREE

17

58

APRIL

2018

11

SEPTEMBER

2019

13

SEPTEMBER

2019

17

SEPTEMBER

2019

Grondwerke begin amptelik.

Die gronde word in gereedheid vir die sooispitfunksie gebring. Daar is niks behalwe stof en dolomiet nie.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

7

NOVEMBER

2019


364 dae sedert die sooispitfunksie – kyk hoe lyk dit nou!

Die Sol-Tech-personeel durf die gure weer aan om saam met hul gesinne die kampus te besoek. Oor twee maande trek ons by die nuwe kampus in.

11

OKTOBER

2020

Bouwerk aan die grondvloer van die kafeteria en die administratiewe gebou vorder fluks.

22

SEPTEMBER

2020

11

SEPTEMBER

2020

6

JULIE

2020

17

JUNIE

2020

Die trefferlied, “Ons sal self”, se musiekvideo word op die bouperseel geskiet.

Boonste vlak Agterkant Een van ons groot klaskamers Detail in die steenwerk bo-op die van die wat met skuifdeure in die verteenwoordig die handewerk werkwinkels. werkwinkels. middel verdeel word. van ambagslui deur die eeue. Hier gaan die eerste verdieping! Welkom by die “ingang”.

‘n Stukkie geskiedenis word tydens die steenleggingsfunksie gemaak.

25

NOVEMBER

2019

1

FEBRUARIE

2020

14

MAART

2020

22

MAART

2020

Ons maak gereed om die fondasie te lê.

1

JUNIE

2020 Die bouwerk word eindelik ná die harde inperking hervat.

Die teoretiese klaskamers se dakke is amper op en die administrasiekantore se tweede vloer word gelê.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

59


Jou werk is óns

werk

Die voordele wat aan Solidariteit-lidmaatskap gekoppel is, word hier opgesom. Dit is onderworpe aan Solidariteit se grondwet en beleid asook aan die reëls wat in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur Solidariteit se Hoofraad gewysig word. Nuwe lede wat kan bewys dat hulle tot op die datum van hul aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy was, sal onmiddellik op voordele geregtig wees, met dien verstande dat waar ’n persoon met aanvaarding as lid van Solidariteit reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, mag die Hoofraad sy diskresie uitoefen om die betrokke lid se voordele te beperk.

Lidmaatskapkategorieë INDIVIDUELE LEDE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Individuele lede van Solidariteit is lede wat met aansluiting jonger as 50 is en wat werksaam is by ’n werkplek waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle Solidariteit-voordele.*

60

KOLLEKTIEWE LEDE

ONDERSTEUNINGSLEDE

Kollektiewe lede is diegene wat werksaam is by ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of by ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling geïnkorporeer is. Die meeste lede van Solidariteit val in hierdie lidmaatskapkategorie. Kollektiewe lede kwalifiseer vir alle voordele soos hier uiteengesit, ongeag hul ouderdom.

Dié kategorie is ingestel in reaksie op versoeke van persone wat Solidariteit se visie ondersteun, maar wat nie vir een van die ander kategorieë van lidmaatskap kwalifiseer nie, byvoorbeeld individue wat met aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.

Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting oor al die voordele wat ons bied, skakel 0861 25 24 23. Nog nie ‘n lid nie? Stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za, skakel 0861 25 24 23 of sluit in ‘n japtrap aan by https://solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* arbeid• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. sake • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Gratis regshulp: Arbeidsake •Lede Onbeperkte tot regsdokumentasie. word van adviestoegang bedien deur Begrafnisvoordeel kenners op die gebied van alle arbeid• Afslagtariewe op eiendomsoordragte. (Martin’s of Avbob) sake, byvoorbeeld dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en arbeidsGratis regsverteenwoordiging •kwessies. Skakel 0861 765 734 of word voorsien vir arbeidsake wat na die besoek www.legalx.co.za KVBA of die arbeidshof verwys is.

Bystand met ondersoeke

Bystand word verleen met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Beroepsiektes en met navrae oor voordele by die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual, asook met werkverwante ongeskiktheidseise. Alle eise moet binne ses maande ingedien word.

Kollektiewe bedinging

Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Permanente ongeskiktheid Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap wat verslae van spesialiste en bewyse van die werkgewer indien dat hulle permanent medies ongeskik is om in die arbeidsmark te werk, ontvang ’n eenmalige bedrag van R2 000. Eise moet binne ses maande ingedien word.

LEDEVOORDELE Solidariteit Tydskrif

sterfte-

’n Waardige begrafnis voordeel word verskaf aan kwalifiserende lede en hul huweliksmaats. Dit sluit ’n kis asook die begrafnisdiens in. Vir verassings word ’n kis en die gewone begrafnisondernemerdienste voorsien. ’n Begrafnis van dieselfde gehalte as vir volwassenes is ingesluit vir ’n kwalifiserende lid se kinders onder die ouderdom van 21 jaar. Ná die lid se afsterwe mag sy of haar huweliksmaat aansoek doen om steeds lid van Solidariteit te bly. Die swaar las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Martin’s of Avbob al die reëlings tref. Solidariteit het 10% korting op die koste van grafstene met Martin’s en Avbob beding. Die begrafnisdienste word slegs deur Martin’s of Avbob verskaf. Indien ’n ander begrafnisondernemer vir die begrafnis gebruik word, sal die kis- en dienstegedeelte van die voordeel verbeur word.

Bykomende kontantuitbetalings

Met die afsterwe van ’n opbetaalde lid word ’n kontantbedrag van R4 000 aan die oorlewende huweliksmaat of afhanklike kinders uitbetaal. Bevallingsvoordeel Met die afsterwe van die huweliksmaat ’n Bevallingsvoordeel van R1 700 word met van ’n opbetaalde lid wat volle ledegeld elke bevalling aan ’n vroulike lid met 12 betaal, word ’n bedrag van R2 700 aan maande ononderbroke lidmaatskap betaal. die lid uitbetaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die Kontantbetalings aan volle lede met die bevalling ingedien word. afsterwe van ’n kind is soos volg: ’n Kind ouer as 14 jaar maar jonger as 20 jaar – R2 010; Solidariteit Vakansievoordeel Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer ’n Kind van 14 jaar en jonger – Beweging vanvan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Solidariteit-lede (asook lede Helpende R1 380; Hand, AfriForum en die Skoleondersteuningsen ’n Gestremde kind (20+) – R2 010. trum) ontvang 20% afslag op akkommodasie by die Kokoriba Natuurreservaat (Brits) en Santanastrandvakansieoord (Margate). Besoek die webtuiste www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel.

Lede ontvang vyf uitgawes van die Solidariteit Tydskrif per jaar. Daarin word arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark bespreek. Die Beweging se aktiwiteite, asook ander nuuswaardighede wat jou in die wêreld van werk raak, word ook daarin gepubliseer.

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Uitgawe 5 van

2020

www.solidariteit .co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

ander dienste

Motor- & huisinhoudversekering Hierdie bied aan lede uitstekende premies by Virseker. ’n Deel van lede se premies word deur Virseker oorgedra aan die Virseker Trust wat in Afrikaanse onderwys en opleiding belê. Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer. Bepalings en voorwaardes geld. • Skakel 0860 005, SMS geld die * Bepalings en101 voorwaardes woord “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Studievoordeel Lede van Solidariteit en hul afhanklike kinders (tot op die ouderdom van 21 jaar) ontvang 20%-afslag op studies by Akademia. Indien getalle dit toelaat, geniet lede se kinders keuringsvoorkeur by Sol-Tech. Solidariteitlede geniet voorts tot en met 40%-afslag op kursusse by S-leer.

Testamente & boedeladministrasie Jy kan jou testament gratis laat opstel. Die lid se boedel kan teen ’n markverwante bedrag geadministreer word. • Skakel 012 644 4300.

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Regsversekering finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

Lede en hul afhanklikes kan regsversekering buite die arbeidskonteks bekom teen ’n addisionele premie van R135* per maand. Dit gee 24-uur-toegang tot telefoniese regsadvies asook regsverteenwoordiging tot ’n bedrag van R150 000 per jaar (beperk tot R30 000 per saak). * Premies is vir ‘n jaar gewaarborg. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75). • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

61


Koolstoof Appelkoek Resep deur Janie Monsieur – Maroela Media. Lewer een groot koek.

maroelamedia.co.za

BESTANDDELE

KRAAKVARS

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

Is jy op soek na kraakvars nuus, watertanddisse of warm debatte? Dan is Maroela Media net die plek vir jou! Alles en nog meer in Afrikaans én gratis!

62

Taalwenk ‘n Skietgebedjie opsê

Betekenis: ’n Kort gebed(jie) in angs, nood of gevaar bid. Waar kom dit vandaan? Die skiet-deel van die skietgebedjie is ’n oorblyfsel van 17de-eeuse Nederlands waar ’n kort gebed “uitgeskiet” is. Dit beskryf die haas waarmee gebid word as gevaar dreig.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

2 eiers 1½ k suiker 2 t kaneel ½ k sonneblomolie 6 appels, geskil en in skywe of blokkies gesny 2 k koekmeel 2 t koeksoda

METODE

Meng die eiers, suiker, kaneel en olie saam tot lig. Meng die appels in sodat alles eweredig bedek is. Meng die meel en koeksoda saam en skep die appelmengsel daarby in. Meng goed. Skep in ’n oondpan en bak vir 55 minute by 180 °C. Sit net so voor of met versiersuiker bo-oor gesif.

Boekrak

D

‘n Pampoen vir Kersfees

ié keur van rubrieke wat Hennie van Coller die afgelope 20 jaar vir Volksblad skryf, is ’n eerlike en soms onthutsende besinning oor dit waaroor ons dink en waarbinne ons leef. ’n Pampoen vir Kersfees is leesstof vir elkeen wat ingelig wil wees en omgee vir ’n kollektiewe samespraak oor die mens, die land en die periferie daarvan. ’n Pampoen vir Kersfees (R240) word uitgegee deur Naledi en is die ideale Kersgeskenk!


Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor; sonder skole, sonder kerke, word elke moedertaal vermoor.

SPUL MENGELMOESIES

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Afrikaans se dood

eet jy nog van lord Charles Somerset se aanslag op Afrikaans aan die begin van die negentiende eeu? Onthou jy C.P. Hoogenhout se moedelose versugting oor Engels, alles Engels teen die vorige eeuwending en die afdwing van Engels deur lord Milner pas ná die Anglo-Boereoorlog? Verstaan jy dat ons nou weer op ’n eeuwending sit, dalk daarop sit en slaap? Weer is Afrikaans in die spervuur, hierdie keer met ’n klomp politieke bagasie op die taal se rug. Afrikaans het die twee lords oorleef, maar of sy die ANC-regering se fyn beplande marginalisering van moedertale gaan oorleef, is ’n ope vraag. Hierdie keer hang die oorlewing van ons taal volkome van onsself af. Daar is nie meer ’n simpatieke regering wat kan help nie, ons sal onsself moet help. Ons is weer by ’n eeuwending, maar dié keer is daar ’n virus by waaronder die strategie gerieflikheidshalwe verberg word. Engelse eentaligheid het ongesiens, welgehoord, die enigste amptelike taal van die koronagesprek in Suid-Afrika geword. Natuurlik hoor ek al klaar weer die ou, ou redenasie dat ons oor Afrikaans kerm terwyl daar belangriker goed is om ons oor te bekommer. Ek weet, maar sou ons gewone sterflinge nie dalk die belangriker dinge beter kon

verstaan het as ons die dieper debat elkeen in ons eie moedertaal kon volg nie? Van een ding is ek oortuig en dit is dat Afrikaanse jongmense vandag ’n oplossing in Engels kan verskaf omdat die probleem kleintyd in Afrikaans aan hulle verduidelik is. Dis dié dat Deon Meyer wêreldberoemd geraak het en dat Nasa Japie van Zyl opgeraap het, al is albei in Afrikaans opgelei. Of Afrikaans – of enige van ons inheemse tale – die ANC-aanslag gaan oorleef, is debatteerbaar, want Engels het vlak voor ons neuse die enigste de facto- amptelike taal geword. Dit is egter nie my eintlike probleem nie, want as die magtige Empaaier Afrikaans nie kon onderkry nie, sal ’n ANC-regering dit beslis ook nie regkry nie, behalwe natuurlik met die hulp van die moedertaalsprekers van Afrikaans. Dit geld ook die moedertaalsprekers van al die ander inheemse tale. Afrikaans se toekoms word in die eerste plek deur sy eie mense bedreig – mense wat glo dat Afrikaanse kinders

Engelse skole moet bywoon om in ’n geglobaliseerde wêreld te kan oorleef! Alle skole moet mos nou skielik Engels wees. Was Leonardo da Vinci en Goethe en Leo Tolstoy in Engelse skole? Afrikaans word ook bedreig deur die beledigende radio- en televisieadverteerders wat dit benede hulle waardigheid beskou om die Engelse slotslagspreuk in Afrikaans te vertaal en dit eerder skaamteloos net so in Engels gee. Die hele advertensie op ’n Afrikaanse radiostasie of televisiekanaal is in Afrikaans, maar die trefsin is Engels – dan is die kopieskrywer in baie gevalle boonop Afrikaans! Die ergste is dat die Afrikaanse koper dit sonder meer aanvaar en sowaar dié adverteerders bly ondersteun. Afrikaans se grootste probleem is die spul mengelmoesies wat nie ordentlike Afrikaans of Engels kan praat nie en dan die twee meng om hul intellektuele onvermoë te verbloem. Nou praat ek nie van die bona fide-variëteitsprekers van Afrikaans, soos tieners of die gebruikers van verskillende omgangsvariëteite nie. Ek praat van vrot uitvoerende kunstenaars en predikers wat nie eintlik ’n boodskap het nie. Hulle is só bang iemand dink hulle is dalk uit huis uit Afrikaans! Dit wil vir my lyk of Afrikaans die toets van oorlewing aan die dop is noudat moedertale in Suid-Afrika vir hulself moet sorg. Dat dit op die vyfde eeuwending sedert die eerste Afrikaanse woord gebeur, is skandelik.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

63


Gryp nuwe leergeleenthede aan

AANLYN STUDIES Die wêreld van leer het vanjaar vinnig en ingrypend verander. Aanlyn leer is nou die eerste keuse en is nie meer net Plan B nie. Dié nuwe era van leer is natuurlik goeie nuus vir almal wat nie van klas draf hou nie. Deur tegnologie te benut, kan mense nou veilig aanlyn studeer, skryf Rochelle van der Berg.

900%

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

het e-leer learning.com Volgens shift et 900% toegeneem. m sedert 2000 ebtuiste leer aanlyn w é di ns ge Vol studente f keer meer as studente tot vy , sonder om meer . wat klas draf udies te bestee tyd aan hul st

64

S-Leer is Solidariteit se platform vir voortgesette leer en bied ’n verskeidenheid seminare, kongresse en kort, praktiese werksessies aan vir mense in alle beroepe. S-Leer bied ook webinare aan waar belangrike kwessies deur kenners bespreek word. Die e-leerplatform bied verskeie kursusse aan wat mense in die werkplek in verskillende fasette oplei.

GetSmarter bied kort en lang kursusse oor 3 tot 12 weke aan. Kursusse word ook namens instansies soos die Universiteit van Kaapstad, Harvard Universiteit en die Universiteit van Cambridge aangebied. ’n Verskeidenheid kursusse is beskikbaar, van projekbestuur tot ’n sertifikaat in kubersekuriteit.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Udemy bring studente en dosente van reg oor die wêreld bymekaar en meer as 130 000 wêreldklaskursusse is aanlyn beskikbaar.XXXX


Kersfees

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

’n Tyd van saamwees ie jaar 2020 was beslis onvergeetlik, maar nie vir die regte redes nie. Die ekonomie het ons almal gedruk soos ’n nuwe paar skoene en talle mense voel aan die einde van dié lang jaar moedeloos, onseker of bloot net omgekrap omdat dinge nie volgens plan verloop het nie. Jy het egter nog kans om 2020 op ’n hoogtepunt af te sluit. Prediker 9:4 stel dit so mooi: “Solank jy lewe is daar hoop, want ’n lewendige hond is beter as ’n leeu wat dood is.” Wanneer ons 2020 in oënskou neem, moet ons met ’n dankbare hart terugkyk en dankie sê vir alles wat ons het, ten spyte van die moeilike jaar. Sommige mense gaan die feestyd met ’n swaar gemoed binne omdat daar nie geld is vir ’n vakansie by die see of vir duur geskenke nie. As jy een van hierdie mense is, wees dan net

dankbaar vir die geleentheid wat jy het om Kersfees saam met jou gesin deur te bring. Die grootste geskenk wat ons dié feestyd vir mekaar kan gee, is tyd saam met mekaar, want dit is kosbaar en skep blywende herinneringe. Volgens die leefstyljoernalis Ronéll van Rooyen versterk gehaltetyd saam die gesinsbande en skep dit ’n gevoel van gebondenheid wat baie belangrik is vir jou kinders se ontwikkeling en groei. Betekenisvolle gesinsaktiwiteite laat kinders belangrik en gekoester voel, en leer hulle die belangrikheid van tradisies asook die waardes wat daardeur oorgedra word. “Gehaltetyd is nie iets wat toevallig kom nie, dit verg goeie grense, ’n bietjie beplanning en toewyding,” meen Gretha Wiid, verhoudingskenner en skrywer. Benut die tyd saam ten beste en leer die gewoonte aan om saam om die tafel te eet en lekker te

kuier. Deel die dinge wat vir julle mooi en lekker is met mekaar en wees die lig in mekaar se lewens. ’n Mens hoef nie altyd na eksotiese plekke te reis om vir jou gesin te wys jy gee om nie. Doen dinge wat julle saam kan geniet, soos kuier om die braaivleisvuur, stap deur ’n park of speel bordspeletjies, solank julle saam lag en mekaar geniet. Probeer om hierdie feestyd nie vas te kyk in dít wat jy nie het nie, maar poog eerder om Christus-gesentreerde Kersfeestradisies te vestig wat nie net gesellige gesinstyd is nie, maar ook die ware betekenis van Kersfees inkorporeer. Maak saam met jou kinders versierings vir die Kersboom terwyl jy hulle vertel van die simboliek en wat Kersfees eintlik beteken. Kersfees is ’n tyd van saamwees. Gebruik dié tyd dus om mekaar opnuut te vind en maak Christus die middelpunt van julle feesviering.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

65


MY GELD

Ekstra olie vir jou

geldlamp

ie Covid-19-krisis van 2020 het talle van ons lede se inkomste onverwags laat opdroog en het weer die vraag laat opduik: Wat doen ek as ek my werk verloor of as my inkomste opdroog? In hierdie artikel doen ons ’n paar voorstelle aan die hand sou ons lede hulle in só ’n situasie bevind.

SOEK GOU ANDER WERK – ENIGE WERK ’n Persoon wat vir drie of vier maande sonder werk is, vind dit moeiliker om weer ’n aanstelling te kry as iemand wat reeds ’n werk het. Dit is vanweë die vooroordeel wat by potensiële werkgewers bestaan teen iemand wat werkloos is. Dit is daarom noodsaaklik dat ’n mens nie te kieskeurig moet wees oor watter werk jy aanvaar nie.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

SIT SPAARGELD OPSY

66

Die Bybel vertel die gelykenis van die vyf verstandige en die vyf onverstandige meisies wat vir die koms van die bruidegom gewag het. Omdat die meisies nie seker was hoe lank die bruidegom sou neem nie, het sommige van hulle ekstra olie vir hul lampe saamgeneem. Hulle wou seker maak dat hulle olie nie dalk opraak indien daar ’n krisis ontstaan en die bruidegom laat opdaag nie. Tereg word hierdie oorversigtige meisies dan verstandig genoem. Die gelykenis van die tien meisies hou ’n belangrike lewensles vir ons almal in – sorg vir ekstra olie vir ’n noodgeval! Enige persoon wat van ’n salaris afhanklik is, behoort genoeg spaargeld opsy te sit om vir minstens drie of vier maande sonder ’n salaris te oorleef. Daar is ’n paar maniere om hierdie ekstra spaargeld weg te sit: Hou twee of drie maande se kontantbehoefte in ’n afsonderlike spaarrekening, verkieslik waar dit ook rente kan verdien, of deponeer die geld in ’n toegangsverband. Hier is dit toeganklik en verdien dit boonop goeie rente.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die voordele van ’n tydelike werk is dat dit minstens ’n paar gate sal toestop en jou besig sal hou. Dit kan ook nuwe deure na iets beter oopmaak, wat nie gaan gebeur as jy tuis sit en niks doen nie.

SNY ONNODIGE UITGAWES Verdeel jou maandelikse uitgawes in begeertes en behoeftes, en sny die begeertes uit. Items soos DStv, duur selfone, kitskos, drank en sigarette is luukshede wat afgeskaal of uitgesny kan word indien die nood druk.

NETWERK Vriende en familie is nie alleen daar om ’n mens te onderskraag in moeilike tye nie, maar kan ook moontlik ’n skakel wees na ’n nuwe werkgeleentheid. Dikwels is mense egter so skaam en verleë oor hulle benarde situasie dat hulle kontak met hul vriende probeer vermy.

MOENIE JOU AFTREEGELD GEBRUIK NIE In sommige gevalle mag daar by aflegging ’n bedrag beskikbaar kom uit ’n pensioen- of voorsorgfonds. Vermy ten alle koste om van hierdie geld te gebruik, aangesien die geld belasbaar raak indien jy dit uitkeer. Dit sal veel beter wees om dit net so belastingvry in ’n ander fonds te belê.

HOU MOED Laastens moet ’n mens nie moed verloor nie. Dikwels gaan daar met een deur wat toemaak, ander nuwe deure vol geleenthede oop vir die persoon wat bereid is om hard te werk.


rather than seeking advancement in skills and techniques that would benefit the industry and the community it served,” says Prateek Raj, PhD Candidate in Strategy and Entrepreneurship.

THE GUILDS OF TODAY According to Matt Stefon, Assistant Editor at Britannica, there are many guilds still in existence, especially in the creative industries. “Some guilds wield large amounts of power, such as the groups that manage and protect the interests of writers and artists. However, they are overly focused on the short-term goals of protecting the status-quo over being responsive to future members and the communities they purport to serve.” What sets Solidarity’s occupational guilds apart from the rest is that the Solidarity guilds focus on you and your development as a professional.

WHY SHOULD I JOIN A SOLIDARITY GUILD?

It connects professional communities Networking is very important for a successful career. Being part of a guild allows you to connect and form relationships with others

in the same or related fields. It promotes doing business with or employing each other, it assists with training, and facilitates work on a large scale. It protects both the profession and the professional When you join a Solidarity guild you can rest assured that you are protected within your profession. The guild focuses on protecting both the profession and the professional in the profession. The guild also ensures fairness by acting as a watchdog to protect the interests of the profession. It empowers you to be the best The Solidarity guilds create an environment where professionals feel at home, work and learn together. The guilds focus on developing and presenting career-specific training, webinars or seminars to empower members. The guilds also offer networking opportunities within a profession, where members can discuss trends and find solutions to unique career challenges. • Read more at https://gildes. solidariteit.co.za/en/solidarity occupational-guilds/

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

uilds originated in the High Medieval Period, as craftsmen united to protect their common interests in a particular trade. Guilds were generally organisations that used an early form of accreditation and membership in the form of letters patent, which were issued by the local lord. These letters patent afforded the guild the exclusive right to deal or trade in a particular area. The guild would charge new craftsmen a joining fee, and in return they would be granted permission to practise their craft within certain jurisdictions. In the Middle Ages, guilds played an important role in society. According to Dr Sheilagh Ogilvie, Professor of Economic History, guilds provided an opportunity for members to learn trade skills which were passed down from generation to generation. It also enabled the members of a guild to rise in society through hard work. Some experts believe that guilds stifled innovation and creativity within industries. “It was a classic example of the status-quo maintaining its power

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

67


NUWE DROOM,

ILLUSTRASIES: ISTOCKPHOTO.COM

nuwe liefde

68

y gedaante is positief, dog effe gedaan. Oor sy gesig speel die glimlag van ’n man wat dapper veg teen die druk wat agter sy trotse oë woed, die druk van ’n lewenswysiging wat noop tot ’n lewensverandering. Hy is hier om sy puik stel tromme aan my te verkoop. Soos dit maar gaan met byna alle musikante, het ook hy begin met ’n vonkel in die oog, die begeerte om sy liefde vir musiek sy nering te maak en êrens in ’n onuitgesproke kamer van sy hart, die oortuiging dat hy groter as die Beatles sal wees. Maar soos vir die meeste musikante is hierdie droom meestal van korte duur. Dis eintlik logies, as ’n mens daaroor nadink. Daar is net ’n paar musikante wat van 20 jaar gelede tot vandag toe treffers kon lewer. En nou, in sy vroeë dertigs, het die musiek vir hierdie man ophou loop, lewe hy van die hand in die tand en begin die druk om sy vrou en kinders te onderhou, hom onderkry. Hy is egter een van daardie netjiese musikante wat moue opgerol het en nuwe planne begin maak het. Uiteindelik het hy ander werk gekry as ’n reklamebeampte by ’n vervaardiger van uithangborde. Die salaris is billik, en, anders as musiekinkomste,

maandeliks gewaarborg vir so lank as wat hy die werk behou. Dis ook nie heeltemal buite sy belangstellingsveld nie – hy het nog altyd sy orkes se reklame met aansteeklike geesdrif behartig. Die onsekerheid spook egter by hom. Ek voel aan dat hy wonder of hy dit gaan maak… *** Die son bak ongewoon warm vir ’n wintersmiddag op die Hoëveld op ons rûe waar ons almal gespanne staan by die wegspringstreep van die 1988 Suid-Transvaalse landloopkompetisie. Vier jaar tevore het ek gesien hoe Zola Budd op Coetzenburg met haar kaal voete die wêreldrekord vir vroue in die 5 000 m-afstand kafdraf. Ek wou dít vermag en het elke oggend om vyfuur opgestaan om te oefen. Ek het dieetplanne uit my duim gesuig en daarby gehou. Ek het my skoolvakansies versuur met onverbiddelike toewyding tot my oefenprogram. My asma het my nie gekeer nie en ek het saans ná my oefensessies met my asmapompie op ons woonstelstoep gaan staan en met pers wange gesnak na asem. En hier was ek nou. Ek het nog nie een wedloop gewen nie, maar ek kon wel kwalifiseer vir hierdie uitdunrondte op pad na die SA-kampioenskappe toe. Die skoot klap en, soos altyd die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

geval was, raak my bene vir ’n sekonde of wat heeltemal lam – nooit ’n goeie begin vir ’n wedloop nie en, trouens, ook die fundamentele profesie vir my vordering vir die res van die wedloop. Ek het nie eens die toptien gehaal nie. Maar dit was toe dat ek besef het ek moet twee maal so hard oefen om die helfte so vinnig soos die beste te hardloop. Nou ja, so was dit dan ook, ek het my spreekwoordelike spykerskoene opgehang. Dit het seer gemaak. Baie seer. Maar die mooie van die verhaal is dat ek vanaf daardie dag die verkwanseling van my tyd op ’n onhaalbare droom gestaak het en ’n paar maande later sou ek vir die eerste keer ’n kitaar in my hande hou en ’n nuwe droom, ’n nuwe liefde ontdek. *** Ja, die tromme was in ’n baie goeie toestand. Nadat hy dit in my ateljee opgestel het, het ek hom betaal en saam met hom kar toe gestap. Met die laaste handdruk kyk ek hom diep, eg, in die oë en sê wat ek werklik bedoel: “Jy gaan ’n sukses hiervan maak, my vriend. Ek kan dit sien en ek glo dit.” Dit was nou reeds ’n paar jaar gelede dat dit gebeur het, en ek sou nie hierdie verhaal vertel het as dit nie ’n mooi einde gehad het nie!


Loopbaankompas die perfekte eerste loopbaantree

oe ’n jong William Shakespeare aan die einde van die 16de eeu aan die mense van Stratford upon Avon bekend gemaak het dat hy op pad na Londen is om ’n loopbaan as skrywer te begin, sou baie van die dorpenaars dit moontlik vreemd gevind het. In daardie tyd het ’n seun feitlik sonder uitsondering dieselfde beroep as sy pa gevolg en Shakespeare se pa was ’n suksesvolle handskoenmaker – waarom sou die jong man dan so ’n geleentheid deur sy vingers laat glip? Dinge het intussen verander en in 2020 is dit nie vreemd om ’n ander beroep as jou ouers na te jaag nie. Ongelukkig maak baie jongmense egter steeds loopbaankeuses op grond van foutiewe of onvolledige inligting. Kinders neem dalk vakke op skool waarin hulle nie belangstel nie of waarvoor hulle geen aanleg het nie, bloot omdat al hulle vriende daardie vakke neem of omdat hulle ouers dit voorstel of voorskryf. Matrieks skryf dalk in vir ’n graad omdat hulle van ’n spesifieke universiteit hou of omdat hulle dink dat ’n spesifieke beroep lekker is, sonder om werklik navorsing daaroor te doen. Om te sorg dat jongmense die regte inligting kry wanneer hulle ’n beroepskeuse moet maak, het Solidariteit Jeug ’n Loopbaankompas ontwikkel – ’n instrument wat, soos die naam sê, vir jongmense rigting gee in die stormwaters van die loopbaanreis.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

BELANGSTELLINGBEPALER Die Loopbaankompas bestaan uit twee dele. Die eerste is ’n gratis toets van 190 vrae, bekend as die belangstellingbepaler, waaruit ’n gratis verslag genereer word wat die jongmens se belangstelling aantoon, maar ook aandui van watter kwalifikasies iemand met so ’n belangstellingsveld moontlik sal hou. Só word daar reeds goeie in-

Voltooi die Loopbaankompas vandag nog deur dié QR-kode te skandeer en ’n gratis profiel te skep, en spring dan weg.

ligting gegee wat die jongmens na die regte vakkeuses of selfs na die regte loopbaan kan lei.

BEDRYFSIELKUNDIGES Die volgende deel van die Loopbaankompas is die netwerk van bedryfsielkundiges met wie Solidariteit ’n spesiale tarief beding het. Die gebruikers van die Loopbaankompas kies bloot die area in Suid-Afrika waar hulle graag getoets wil word of versoek om eerder ’n aanlyn toets af te lê, en dan word besonderhede verskaf van die kundiges in hul area of die kundiges wat hul praktyke aanlyn bestuur. Die

gebruiker van die Loopbaankompas kan dus moeitevry goeie en betroubare loopbaaninligting bekom, sonder om te soek na bedryfsielkundiges of hul praktyke. Ons glo dat hierdie instrument jongmense met kennis kan bemagtig. Daar is min gekwalifiseerdes in Suid-Afrika, en binne die Afrikanerkultuurgemeenskap is daar maar ’n handjievol werkende mense – daarom moet elkeen van ons so produktief as moontlik wees as ons die veranderende wêreld en die uitdagings en geleenthede van die Vierde Nywerheidsrevolusie gaan aangryp.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

69


HISTORIES GESPROKE Die Afrikanerrebellie (1914-1915) kos R530. Bestel aanlyn by www.kraaluitgewers.co.za

Die eerste

HELPMEKAARBEWEGING ie 1914-rebellie het die nasie as ’t ware in twee verdeel. Broer het teen broer geveg. Gemeentes het geskeur en die Rebelle is groot boetes opgelê en in die tronk gestop vir hoogverraad. Die Eerste Wêreldoorlog word dikwels verkeerdelik as die groot oorlog van Europa beskou, want dié oorlog het nie net die groot moondhede van Europa betrek nie, maar het ook in Afrikaners se huisgesinne haat en onmin gesaai. Tog het die Afrikanerrebellie wat na aanleiding van Suid-Afrika se beplande inval in Duitswes-Afrika uitgebreek het, ook positiewe gevolge gehad – die belangrikste was die totstandkoming van die Helpmekaarbeweging.

FOTO: KRAAL UITGEWERS-ARGIEF

’N GEWAPENDE OPSTAND EN ’N BITTERE EINDE

70

Die unieregering se planne om Duitswes-Afrika as deel van Brittanje se oorlogspoging teen Duitsland tydens die Eerste Wêreldoorlog binne te val, het talle Afrikaners dwars in die krop gesteek. Die hartseer van die AngloBoereoorlog was nog vars in Afrikaners se geheue en hulle wou nie 12 jaar nadat vrede gesluit is weer namens die Britte by ’n oorlog betrek word nie. ’n Groep Afrikaners wat teen dié inval gekant was, het in opstand gekom en besluit om die wapens op te neem. Verskeie prominente leiers, insluitend genls. Christiaan de Wet, Christiaan Beyers en Manie Maritz, het aan die opstand – later bekend as die Rebellie – deelgeneem. Die Rebellie, wat teen Oktober 1914 plek-plek uitgebreek het, was teen Februarie 1915 uitgewoed. Teen dié tyd was Beyers reeds dood, De Wet gevange geneem en Jan Kemp en Maritz tot oorgawe gedwing. Die Rebelle kon uiteindelik nie veel uitrig nie en talle burgers het boonop lang tronkstraf en boetes in die gesig gestaar.

Jacob Elisa de Villiers van die Paarl, ook bekend as Japie Helpmekaar.

NOOD DRUK, HOOP WINK Die plundering van winkels en privaat eiendom tydens die Rebellie was nie ongehoord nie en groot eise is ná die Rebellie teen die Rebelle ingestel. Die gesamentlike boetes en eise teen Rebelle het ongeveer £400 000 beloop. Talle Rebellie-gesinde Afrikaners was op die randjie van bankrotskap gelaat. Die Rebelle is egter nie aan hul eie lot oorgelaat nie en teen 1915 is ’n beweging begin om fondse vir die boetes en eise teen die Rebelle in te samel. ’n Prokureur van Bethlehem, R.A.T. van der Merwe, het die stand van sake soos volg gestel: “Ons het almal saam geprotesteer en saam die skade gedoen en kon nie toelaat dat een (of ’n paar) van ons almal se skuld betaal nie. Daarom is toe besluit om die Helpmekaarvereniging te stig en saam te werk om die skuld te betaal.” Daar is gepraat van “saamdra en saamwerk”.

SO HELP ALMAL MEKAAR Fondse vir die afbetaling van Rebelleskuld het in Bethlehem, Reitz en Lindley begin en is later ook op Heilbron, Frankfort, Vredefort en talle ander dorpe van stapel gestuur. Name soos die Reitz Helpmekaarvereniging en Lindley Helpmekaar Sindikaat is gebruik. Die gevoel van “help mekaar” het landwyd

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

posgevat en volgens ds. J.D. Kestell was mense se gewilligheid om tot die saak by te dra, aandoenlik – ryk én arm het gegee. Teen 1917 het die Vrystaat, wat die grootste skuld gehad het, egter ten spyte van al die skenkings nog £110 000 geskuld. In Julie 1917 het die Kaaplandse Helpmekaar besluit om ’n fonds te stig om die laaste skuld te delg en Helpmekaardag is vir 10 November daardie jaar vasgestel. Vanaf Julie tot November het De Burger 25 hoofartikels oor die Helpmekaarbeweging geplaas. Die taalhistorikus Jaap Steyn skryf soos volg daaroor in Die Afrikanerrebellie, 19141915 (onder redaksie van A.W.G. Raath en Danie Langner): “Die hoofartikels het ’n diep indruk op onder andere Jacob Elisa de Villiers van die Paarl gemaak. Hy het ’n brief geskryf wat De Burger op 5 September in ’n hoofartikel aangehaal het. De Villiers het gesê hy is gewillig om £500 tot die Helpmekaarfonds by te dra, indien daar oor die hele land 500 mense gevind kon word wat elk £100 sou gee.” De Villiers sou later bekendstaan as Japie Helpmekaar. Die beweging het vlam gevat en twee dae voor Helpmekaardag was daar reeds 1 187 honderdponders. Ná Helpmekaardag was daar ’n oorskot van £60 000. “Die sukses van die Helpmekaarbeweging het Afrikaners laat besef dat hulle, ondanks die algemene armoede, heelwat geld het,” skryf Steyn. Uit die oorskot van die fondsinsameling is die Helpmekaar Studiefonds op die been gebring, ’n fonds wat in 2016 sy 100ste bestaansjaar gevier het. Volgens die Fonds se webblad het sy bates teen 2014 nagenoeg R183 miljoen bedra – ’n bewys dat baie bietjies baie maak. Vandag staan die Solidariteit Beweging ook bekend as ’n moderne Helpmekaarbeweging, waar saamdra en saamwerk weer die oogmerk is.


ONS SAL OPSTAAN, ONS SAL SELF! Herstel en heropbou ná verwoesting – toe en nou p 1 September 1939 val Hitler Pole uit die weste binne; twee dae later verklaar Frankryk en Brittanje oorlog teen Duitsland en breek die Tweede Wêreldoorlog uit. Dié oorlog het ses bloedige jare geduur totdat die Geallieerdes Nazi-Duitsland en Japan in 1945 verslaan het. Die skade wat die oorlog in Europa aangerig het, was byna onherstelbaar. Miljoene mense was dood, gewond, werkloos en sonder enige heenkome. Nywerheids- en woongebiede in Engeland, Frankryk, Duitsland, Italië, Pole, België en elders was in puin. Groot dele van Europa was deur hongersnood geteister omdat landbouproduksie deur die oorlog ontwrig is. Lande se vervoerinfrastruktuur het ook in die slag gebly.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

OPBOU NÁ DIE OORLOG Ná 2 194 dae van oorlogvoering op verskillende kontinente en in verskillende lande kom die oorlog op 2 September 1945 tot ’n einde. Die Amerikaanse generaal Douglas MacArthur sê in ’n radio-uitsending aan die wêreld: “Vandag is die gewere stil. ’n Groot tragedie het geëindig, ’n groot oorwinning is behaal.” Die Europese vasteland was egter in ellende gedompel. Europa is van haar geskiedenis ontneem en haar rykdom is geplunder. Haar erfenis het in stof gelê. Europa moes herbou word. In 1948 het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, George C. Marshall, ’n Amerikaanse program bekendgestel wat daarop gemik was om hulp aan Wes-Europa te verleen ná die verwoesting van die Tweede

Wêreldoorlog. Die Europese herstelprogram staan ook bekend as die Marshall-plan. $15 miljard is oor ’n tydperk van vier jaar tussen 1948 en 1951 aan Europa voorsien om die heropbou van die vasteland te finansier. Sestien lande, waaronder Duitsland, vorm deel van die program waar stede, nywerhede en infrastruktuur herbou word en handelsversperrings tussen Europese bure verwyder word sodat die Europese ekonomie van voor af kon groei. Kontinente het bure geword, lande kon mekaar weer in die oë kyk, bure het vriende geword en die wêreld was weer ’n beter plek. Die toekoms het gewink.

OPBOU NÁ COVID-19 In Desember 2019 breek ’n hoogs aansteeklike siekte uit in Wuhan, China. Dié siekte word veroorsaak deur ’n koronavirus en word Covid-19 genoem. Covid-19 versprei binne weke reg oor die wêreld en word as ’n pandemie verklaar. Dit word een van die grootste gesondheidskrisisse in die geskiedenis, met miljoene mense wat siek word en duisende wat sterf. Lande stel inperkingsmaatreëls in om die verdere verspreiding van die virus te beperk, maar die ekonomiese gevolge van die langdurige staat van inperking eis eweneens ’n hoë tol. In Suid-Afrika is die ekonomie sedert Maart 2020 grootliks lamgelê en styg die werkloosheidskoers tot rekordvlakke. Solidariteit sien onmiddellik die nood waarin sy lede verkeer raak en stig ’n krisissentrum waar Solidariteit-lede en die publiek kan aanklop om hulp. Daar word planne beraam sodat Solidariteit-lede veilig

kan aanhou werk te midde van die pandemie.

JY IS DIE TOEKOMS Solidariteit wil egter ook die verwoestende gevolge van die pandemie stuit en loods daarom die Werkherstelprogram (lees meer van bladsy 10 af) om nie net te help dat mense weer kan werk nie, maar ook om nuwe geleenthede te ontgin. Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Die ANC-regering stroop ons van ons erfenis. Die ANC-regering plunder en steel die land se rykdom. Die ANC-regering wil ons van ons grond, ons geskiedenis en ons menswees ontneem. Ons moet moed hou en onthou dat ons nie hier aangekom het nie – ons het hier geword. As Solidariteit-lid is jy meer as net ’n werknemer wat ’n werk verrig. Jy is deel van ’n instelling, ’n beroepsveld, ’n bedryf, ’n gemeenskap en ’n ingewikkelde ekonomiese netwerk wat optimaal moet funksioneer sodat ekonomiese herstel en werkherstel in Suid-Afrika verwesenlik kan word. Jy is meer as jou werk. Jy is deel van ’n gesin. Jy is ook die toekoms en jy moet nou reeds vir môre beplan. Om volhoubare Afrikanergemeenskappe daar te stel waar gesonde welstand moontlik is, moet ons groter dink. Afrikaners moet uit die lesse van die geskiedenis leer om volhoubaar te kan voortbestaan. Daarvoor is dit nodig om ons eie bestaansvraagstuk te verstaan en ons strategie daarvolgens te bepaal. Daarsonder het ons nie ’n toekoms nie. Die geskiedenis was gister, maar jy is vandag. Kom, Afrikaner, kom vertel van jou herstel. Kom ons praat oor die toekoms, want #OnsSalSelf.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 5 OF 2020

71


Dierekarakters staan saam teen die virus in die woud

D Kompetisie Skryf nou in vir ons fotokompetisie spesiaal vir

HAASBEKKIES

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

ie tandemuis is voorwaar ’n besige muis. Haasbekkies laat mos die tandjies die een ná die ander waai in die hoop dat die tandemuis ’n draai kan kom maak. Nou is dit elke klein haasbekkie se kans om te wissel EN te wen! Kraal Uitgewers se eerste kinderboek Briewe van die tandemuis het pas verskyn as deel van die uitgewer se nuwe reeks kinderboeke, Kraal Kleinspan. Daarom word alle haasbekkies genooi om vir die Kraal Uitgewers Haasbekkie-fotokompetisie in te skryf. Dit is so maklik soos 1-2-3.

72

WIE MAG INSKRYF? Enige maatjie wat ’n tand gewissel het en nou spog met ’n haasbekglimlag mag inskryf.

HOE WERK DIT? Mamma of pappa neem ’n foto van die haasbekglimlag, voltooi die inskrywingsvorm op ons webtuiste by www.kraaluitgewers.co.za en stem in

om die haasbekkie in te skryf vir die kompetisie. Inskrywings is gratis en meer as een inskrywing mag ingestuur word. (Onthou, mammas – Kraal sal nie die foto’s van inskrywings sonder die ouers se toestemming op enige platforms publiseer nie. Slegs die wenfoto sal gepubliseer word en dan slegs met die nodige toestemming.)

WAT KAN EK WEN? ’n Prettige geskenkpakkie direk uit Tandeland. Dié pakkie sal insluit ’n kopie van die boekie Briewe van die tandemuis, ’n persoonlike brief van Kardoemsie die tandemuis en ’n pakkie tandekoepons (vir al die volgende tandjies wat gewissel word). Die pakkie sal per koerier na jou gestuur word.

WAT NOG? Jy moet gou maak! Inskrywings sluit op Maandag 23 November 2020. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir gratis prettige aflaaibare produkte uit Tandeland. Briewe van die tandemuis is beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

aar het ’n siekte uitgebreek aan die vêrste punt van die woud. Die diere is benoud, skarrel rond en raak bang, maar die wyse dr. Uil het ’n plan! Kom vind uit hoe Pippi Posmeester, Nolsie Naaldekoker, Mou Meerkat en die ander woudbewoners saamwerk en saam gesond bly. Die virus in die woud (deur Wietske Boon, met illustrasies deur Jokie Boshoff) vertel die verhaal van Covid-19 soos ervaar deur die liefdevolle dierekarakters. Wat is ’n virus? Wat beteken isolasie? En wat doen die diere om hulself teen die virus te beskerm? Dié en talle ander kwessies word in Die virus in die woud op ’n kindervriendelike manier aan jong lesers bekendgestel. Dié boek is beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel.

Vir die Kerskous

Wat gebeur wanneer ’n eiewys wilgerboom, ’n saggeaarde appelboom, ’n liggeraakte doringboom en ’n liefdevolle kremetart in dieselfde tuin beland? In die pragtige Waar bome groei deur Ria Claassen kry hierdie bome lewe. In Anton en Miranda Krüger se pittige boek Mosambiek Moles ontmoet ons die holderstebolder hondekarakters, Tofi en Emilie. Klein Tofi van Tofo in Mosambiek is ’n hond met ’n plan, maar dit is ’n gevaarlike een. Koop sommer nou dié boeke vir die kleinspan se Kerskous by www.kraaluitgewers.co.za


DIENSKANTORE

Landwyd tot jou diens BELLVILLE

RICHARDSBAAI

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (litigant), Anton Gerretsen, Ettienne Pio (litigant), Johandre van Zyl (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

BLOEMFONTEIN Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Adres: Genius Loci Office Park 3A, CP Hoogenhoutstraat 6, Langenhovenpark, Bloemfontein

BOKSBURG Gibbs du Toit, Zane Hanekom, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee, Dennis Marais en Jannem Goussard Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Penberthy Manor, Trichardtsweg 198A, Parkrand, Boksburg

CARLETONVILLE

Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers Administratiewe beampte: Helen Kay Tel: 014 763 1174 Faks: 086 683 5261 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw Administratiewe beampte: Santie Pearson Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KLERKSDORP Coenie Rheeder en Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 086 675 3738 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

LYDENBURG Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

PORT ELIZABETH Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Marike Pitzer, Linda Senekal, Peirru Marx, Nadine Botha, Helgard Cronje, Henco Breytenbach, Sanri Stone, Zirk Gous, Renate Barnard, Fanus Maritz en Johan Roos Administratiewe beamptes: Christa Louw en Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 011 388 9828 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendracht straat, Kloofsig, Centurion

RUSTENBURG Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole en Jaco Greeff Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Hoffrius Park, Kuschkestraat 1, Secunda

VAALDRIEHOEK Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Angelique Boonzaaier Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

WELKOM Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Toit Roux en Jo-Ann Potgieter Administratiewe beamptes: Marlize Viljoen en Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Onwankelbaar,

74

k het nog nooit van verandering gehou nie. In die personeelkamer kies ek my stoel in ’n veilige hoek. Selfs op die eerste werkdag van die nuwe jaar, wanneer almal tradisioneel weer nuwe plekke kies, mik ek vir my ou stoel. Ek ry soggens altyd dieselfde pad werk toe en gebruik dieselfde handsak totdat dit totaal en al gedaan is. 2020 was dus nie die beste jaar vir iemand wat nie van verandering hou nie. Die inkom-prosedure by die skool is gans anders. Weg is die gesellige reuk van filterkoffie en die gekwetter in die personeelkamer. Nou staan almal gedemp entjies van mekaar af, mense se temperatuur word gemeet en die saniteermiddels laat alles soos hospitaal ruik. Weg is die gemeensame matspelery in die klas om dieselfde houer blokkies of karre tot wanneer ons met die dagprogram begin. Deesdae sit elkeen bedees op sy eie stoel met sy eie saniteerbare dingetjie voor hom of haar. Weg is die bekende weekroetine. Kinders maak beurte om skool toe te kom. Die onsekerheid klits ’n mens se gemoed soos roereier om. Jy vrees vir jou weerloses. Jy stres oor jou geldsake. Jy verlang na jou geliefdes by wie jy steeds nie kon uitkom nie. Jy raak vies vir mense wat nie dieselfde as jy dink oor maskers of sosiale afstand nie. En dan weer, lag jy vir ’n pittigheid wat iemand

op WhatsApp stuur. Jy geniet dit om te kyk hoe mense wêreldwyd op die maat van “Jerusalema” dans. Jy verwonder jou aan al die virtuele konserte en woon vir die eerste keer ’n webinaar by. Die deurmekaarspul wat Covid-19 is, eis ook sy tol op die gemoed van veral een van my leerders: Brandon is ’n kind wat op die outistiese spektrum is. Outiste kan skielike verandering nie verdra nie. Op die eerste dag wat hy weer by die skool opdaag, gee hy die vreesaanjaende plek wat eens vir hom bekend was, net een kyk en besluit: Hier is ek nie veilig nie. Niemand kon hom regtig voldoende voorberei vir die gemaskerde figure wat soos skimme rondgly om mense se temperatuur te meet met goed wat soos gewere lyk nie. Boonop hang die deurdringende reuk van saniteerder in die lug. En toe dit blyk dat sy pa hom by die hekkie moet afsien, is die gort gaar. Teen die tyd dat Brandon by my klas kom, is hy op die punt om in te plof. Hy is ’n groot seun en sy fris stem laat hoor en sien vergaan. Ek het geen ander keuse nie as om die pa te bel en te vra om hom maar weer te kom haal. Die aanpassingsproses was moeisaam. Ek moes toestemming vra dat Pappa saam met hom by die terrein en ook by die klas mag inkom, iets wat nou taboe is. Elke keer het ek probeer om een of twee gunstelingaktiwiteite met hom te doen, voordat hy vasberade sy tas op sy rug gesit en die pa se hand

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

geneem het om aan te dui dat hy nou klaar is met skool vir die dag. Geleidelik het hy begin ontspan, totdat ek vir Pappa die teken kon gee om maar te vertrek. Ons het uitgehou tot so elfuur, toe hy weer beangs heen en weer begin hardloop het. Twee maande later, en sy skooldag eindig nog steeds elfuur, maar dit gaan darem elke dag ’n bietjie beter. Brandon se Covid-angs weens al die verandering is ekstreem, maar ek sien dieselfde soort emosies in myself en ander om my. Ons wil so graag ontslae wees van al die abnormaliteit. Ons wil soos altyd kuier, vakansie hou, werk, leef. Ons wil vergeet van maskers en sanitering. Ons wil net weer veilig voel. Die Psalmdigter se lewe was ook vol onsekerheid en angs. Daar was ’n tyd toe Dawid vir sy eie seun moes vlug. Terwyl hy in die woestyn wegkruip, nie weet wat volgende gaan gebeur nie en voel of hy alles verloor het, skryf hy: “God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. “Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see …” Al wankel en waggel alles wat bekend is – al voel dit asof alles waarop jy altyd staatgemaak het, wegval – Hy, die Rots, bly altyd vas, sterk en seker. Altyd dieselfde. Veilige vesting. Veel veiliger as my hoekstoeltjie in die personeelkamer.




Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.