Solidariteit Tydskrif Uitgawe 3 van 2020

Page 1

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Uitgawe 3 van 2020 ww w .s o lid ar it eit . c o . za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

LEWENDE MONUMENTE VAN

HOOP


NUUSWAARDIG

2

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



inhoud. 16

Uitgawe 3

52

58 Nuuswaardig

10 12 14 16 18 22 24

Met meer as 4 000 videolesse, aanlyn assesserings, aflaaibare werkkaarte en werkboeke is Die Wolkskool ’n uitstekende basis vir onderwysers om vlakke van leer in hul klaskamers na splinternuwe hoogtes te neem.

Uit! Ons laat ons nie inperk – Solidariteit pak die regering oor die inperking en sê: Ons is nie lojale onderdane, maar aktiewe burgers.

~ Melanie Buys, hoof van ontwikkeling van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum ~

Veerkragtig – Solidariteit rol vinnig en vernuftig planne uit om lede te midde van die Covid-19-pandemie by te staan en in te lig. Akademia – Dié wêreldklasinstelling is ‘n ware baken van hoop vir jongmense wat vir hulself ‘n toekoms – in Afrikaans – oop wil leer. Die Wolkskool – Meer as 8 000 matrieks en 117 000 graad 1- tot 12-leerders gaan skool by dié toekomsgerigte onderwysmonument. Verenigde Nasies – Die wêreld moet weet van die staat se rassebeleid en daarom gaan ons vanjaar weer ‘n klag by die VN indien. Krisisfonds – Danksy gemeenskapskrag groei die Beweging se Krisisfonds uitstekend. Meer as R18 miljoen is al vir hulpverlening ingesamel. Broodnodig – Die ekonomie en veral kleinsakeondernemings kry baie swaar weens die inperking. Ondersteun jou plaaslike kleinsakelui!

Bedryfsnuus 26 28 30 32 33 34 36 37 40 42

Werkprotes – Lede protesteer deur op te daag vir werk Beroepsgildes – Só skep ons ‘n netwerk van werk Reddingsboei – Wenke om jou onderneming hupstoot te gee Gesondheidswerkers – Jou werk is ons hartsaak Gesonde werkplek – Doen jou deel om werkplek veilig te hou Werknet – Platform bring werksoekers en werkgewers byeen Maatskaplike werkers – Word deel van omgeegemeenskap Tegniese beroepe – Onmisbares wat land aan beweeg hou BGV – Spesialiste staan Solidariteit-lede met raad en daad by Gesondheid – Goeie praktykkode vir skole bekendgestel


REDDINGSBOEI VIR ONDERNEMINGS

MAATSKAPLIKE WERKERS

Maatskappye moet nou baie slim te werk gaan om te midde van die Covid-19-pandemie kop bo water te hou. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns gee tien praktiese wenke om jou onderneming reg te posisioneer.

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers verstaan dié beroep se unieke uitdagings en omstandighede. Word deel van ‘n omgeegemeenskap wat jou sal help om jou lig weer helder te laat skyn.

30

38 12

66

in Beweging 38 Solidariteit Finansiële Dienste – Pensioenfondsbydraes tydens Covid-19-pandemie 44 Solidariteit Jeug – Wat kan ons te wagte wees van die werkplek van die toekoms? 46 AfriForum – Monumente: Van geringe bydraes in taai tye tot erfenisbakens 48 AfriForum – AfriForum Netwerk: Jóú koopkrag kan diskriminasie teenwerk 49 AfriForum – Breek weg en beleef die bekoring van Byt & Buskruit-reeks tuis 50 Helpende Hand – Droomrokke-projek bewaarheid drome van sprokiesaand 52 Helpende Hand – Meer as kospakkies – elke bord kos ‘n monument van hoop 53 Helpende Hand – HelpJag-projek ontvang tonne wildsvleis ondanks inperking 56 Akademia – Wêreldklasuniversiteit verwelkom eerste voltydse studente in 2021 58 Sol-Tech – Voorsprong sonder gelyke 59 Sol-Tech – Inperking stuit nie opedag 64 Maroela Media – Kaalvoetvrou: Dis ons beurt vir kaalvoet trek oor Drakensberge 71 Kraal Uitgewers – Slag van Donkerhoek: Keerpunt vir Boere in Anglo-Boereoorlog 71 Kraal Uitgewers – Flip Buys beantwoord jonges se moeilike toekomsvrae in nuwe boek

Gereeld 06 Vooraf – Lewende monument waaraan jy help bou 07 Gesprek – Lede sê hul sê 08 SpreekBuys – Lewende monumente van hoop 54 Posduif – ‘n Nuwe monument 55 My rights – Retrenchment: Know your rights 60 Voordele – Jou werk is óns werk 62 Maroela Media – Soet op die tong! 63 My gesin – Eindelose hoop 66 Webwys – Gee jou onderneming ‘n voorsprong met dié nuttige sake-apps 67 My werk – Is jy innoverend of kreatief? 70 Histories gesproke – Kaapse rebelle 72 In retrospek – Heelmaak & hoop 73 Solidariteit Dienskantore – Tot jou diens

56


vooraf.

Lewende monumente

waaraan jy help bou et die Covid-19-inperking steeds volstoom aan die gang, bring ons vir jou nóg ’n inperkingsuitgawe op jou rekenaarskerm, hierdie keer met gemak saamgestel asof dit al jare lank so gedoen word. Almal het die nuwe manier van doen se ritme nou reeds bemeester, met sommige wat intussen terug is by die werk terwyl ander nog ’n rukkie langer in hulle sitkamer-kantoor moet werk. Waar jy ook al tans jou werk doen, sal jy vind dat die werk-ritme van onskatbare waarde is. Hoe meer gemaklik ons raak met die nuwe manier van dinge doen, hoe meer hoop en planne het ons vir die toekoms. Dit is waarom ons in hierdie uitgawe fokus op die gebeure en planne wat hoop skep tydens ons nuwe uitdagings, sodat uitdagings eintlik ’n gulde geleentheid vir verandering word. Solidariteit het tydens die Covid-19pandemie reeds lewende monumente van hoop geskep deur Akademia, Die Wolkskool en die Krisisfonds vinniger uit te brei of op die been te bring.

Ons weet dat monumente opgerig word ter nagedagtenis aan iemand of iets om die persoon of die gebeurtenis te vereer, maar lewende monumente word gebou deur elkeen wat bydra om ’n merkwaardige gebeurtenis te skep. Dit is iets wat jy inderwaarheid help bereik eerder as om te wag dat dit gebeur en dan eers ná die tyd te besef dit was merkwaardig. Lees gerus meer oor hierdie lewende monumente van hoop en wat hoop vir die toekoms beteken. Ons sê ook dankie vir elke lid wat help bou aan hierdie monumente, want sonder julle hulp sou dit net ’n droom gebly het. Is dit nie opwindend om te kan sê ons is deel van hierdie stukkie geskiedenis wat besig is om te gebeur nie? Ons mense is nie gemaak om ingeperk te word nie – nie in die huidige omstandighede nie, nie ooit nie! Daarom bou ons aktief aan vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons en ons kinders. Saai en plant ons vir nou én môre. Solidariteit is oudergewoonte besig met verskeie aksies om lede se belange in die werkplek te beskerm en te keer dat hulle blootgestel word aan onwettige praktyke soos rassediskriminasie. Lees meer hieroor asook oor ons beplande besoek aan die Verenigde Nasies, juis oor rassediskriminasie. Geniet hierdie propvol winteruitgawe en mag jy hoop put uit die wete dat Solidariteit daar is vir jou – elke tree van jou lewens- en loopbaanpad!

Cilleste

CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR

Ds. Karel Steyn skryf: “Mag dit ons bede wees dat dit wat in die toekoms met ons, as deel van die volk van God, gebeur, God se mag op ’n wonderlike manier bekend maak oor die hele aarde. Mag Hy deur dit wat vir ons in die toekoms wag, geëer word en mag sy Naam oor die hele aarde bekend word as die enigste God wat sy kinders red en dra! 6

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


brandpunte

in hierdie

uitgawe.

Ons is nie lojale onderdane nie, maar aktiewe burgers. Een ding het Covid-19 ons geleer: Die regering wil ons inperk – nie oor die krisis nie, maar omdat hulle wil.”

~ Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit ~

gesprek.

Só gons dit op sosiale media

Uit! Ons laat ons nie inperk nie

10

Solidariteit sê: Ons breek uit, ons gaan ons nie laat inperk nie. Solidariteit begin ‘n regvir-werk-veldtog sodat ondernemings wat gesond kan werk, hul deure kan open. Ons staan onverskrokke teen die koronavirus, maar ook onverskrokke vír werk. Ons pak die regering met welslae in verskeie hofsake oor die inperking.

facebook Skole kan oop bly én kleuterskole mag open. Dit volg nadat Solidariteit en die Skoleondersteuningsentrum hulle tot die hof gewend het. “Die uitsprake is ’n oorwinning vir leerders en onderwysers,” het dr. Dirk Hermann gesê. Ek is bly dat skole gaan oop bly, maar sidder nog elke dag oor ons kinders. Dit sal tragies wees as die virus by die skole uitbreek. Moet my nie verkeerd verstaan nie: Ek wil ook hê die kinders moet skoolgaan, maar die virus moet nie ligtelik opgevat of uit die oog verloor word nie.

Watwou perdekrag: Solidariteit het veerkrag! Solidariteit staan sy lede in alle omstandighede by en die Covid-19-pandemie is geen uitsondering nie! Ons rig ‘n Krisissentrum op wat reeds duisende lede bygestaan het met navrae. Ons bemagtig ons lede met kennis en daadwerklike planne word deur kundiges geformuleer.

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM

18

VN: Wêreld moet weet van rasbeleid Die internasionale gemeenskap moet kennis neem van die Suid-Afrikaanse regering se immorele beleid van rassediskriminasie. Daarom gaan ons later vanjaar weer ‘n klag by die Verenigde Nasies in Genève, Switserland indien oor die regering se versuim om in pas te kom met globale norme en waardes.

Redakteur | Editor: Cilleste van Dyk – cilleste@solidariteit.co.za Webredakteur | Online Editor: Lindie de Beer – lindievz@solidariteit.co.za Advertensies | Advertisements: Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Advertensie-ontwerp | Advertisement design: Martie Maree – martie@solidariteit.co.za Intekenare | Subscriptions: Heleen Nortjé – heleen@solidariteit.co.za Rekeninge | Accounts: Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee Medewerkers | Contributors: Alana Bailey, Johan Böning, Wilmarie Brits, Flip Buys, Chris Chameleon, Marisa Engelbrecht, Dirk Hermann, Reon Janse van Rensburg, Henru Kruger, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Paul Maritz, Chantelle Marx, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Alet Rademeyer, Mia Slabbert, Mandy-Michelle Thackwray, Barend Smit, Bianca Smit, Rochelle van der Berg, Lydia van der Kooy, Suné van Heerden, Johnell van Vollenhoven, Higgs Venter, Zydelia Venter, Benette Welman en Jhua-Nine Wyrley-Birch.

Het jy iets op die hart? Deel dit met ons op sosiale media of volg ons! Ontwerp | Graphic design

aksentmedia@vodamail.co.za

Dis die egte besluit. My kind is terug skool toe. Die skool gaan uit hulle pad om die kinders gemaklik te maak en die skool veilig en skoon te hou. Die onderwysers het soos superhelde aangetrek.

Zena Schuleman

Helen Miggel Ek glo nie dit is die regte ding om jou kind onder jou oë te laat uitgaan en aan die genade van ander oor te laat nie.

Jaslyns Ranch

Waarom swyg pres. Cyril Ramaphosa oor plaasmoorde?

95%

Politiek: Grondonteiening

5%

Alle moorde is gelyk

2.2K Votes

Solidariteit-hoofkantoor | Head Office Adres: H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.

Een minuut kan jou lewe verander. Sluit in slegs een minuut aan by www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

7


spreek-

Buys.

Lewende

MONUMENTE van hoop

FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM

Die ANC se hantering van die Covid-19-pandemie het die einde van die 1994-skikking veroorsaak. Hulle kon die land nie voor die koronakrisis bestuur nie, hulle kon dit nie tydens die krisis doen nie, en sal dit nog minder ná die krisis kan doen. Daarom bou die Solidariteit Beweging lewende monumente van hoop, ’n volledige kulturele infrastruktuur wat ons en die geslagte wat kom in staat sal stel om blywend vry, veilig en voorspoedig saam in Afrika te leef.

8

Paar jaar gelede daag daar op ’n dag onverwags ’n besoeker by ons ou hoofkantoor in Braamfontein op. Hy keer my in die gang voor: “Ek het vir jou Yskor Opleidingsentrum se laaste Afrikaanse tegniese boeke gebring,” sê hy. Ek stap saam met hom na waar sy Nissan-bakkie in die straat geparkeer staan. Hy haal die seil af. Daar lê ’n tiental bokse met handleidings vir die opleiding van vakmanne. “Ons moet nou oorskakel Engels toe en ek moes hierdie op die ashoop gaan gooi, maar ek kan nie my taal wegsmyt nie. Afrikaans is mos nie vuilgoed nie,” sê hy. Ek knik instemmend. Ons kyk na die bakkievol Afrikaans. “Wat moet ek hiermee maak?” vra ek toe. “Ek weet nie juis nie, miskien kan julle dit eendag gebruik,” antwoord hy. Ons begin die bokse opdra terwyl ons verder gesels. “Ons en ons taal word nou orals uitgeskuif. Hulle gooi nie net Afrikaans weg nie,

hulle wil ons ook uitskuif met rasseteikens,” vertel hy. Ek sê-vra: “Maar julle is waarskynlik die beste vakopleidingsentrum in die land. Is die beste swart bemagtiging nie dat julle swart jongmense ook goed oplei nie?” Hy trek sy skouers op. “Ja, maar transformasie het nou belangriker as goeie opleiding geword.”

TRANSFORMASIE-TSOENAMI Hierdie besoek was ’n voorteken van wat daarna orals in die land gebeur het. Die ANC het aan bewind gekom met versekerings dat hulle swart mense regmatige regte gaan gee, sonder om onregmatig teen wit mense op te tree. Tog het hulle net gewag tot hulle stewig in die saal was voordat hulle met “radikale transformasie” afgeskop het. Dit het met die totale omskepping van die land volgens rasseformules begin, toe is die wese van alle instellings totaal verander, en dit het geëindig met die ANC se oorname en die uiteindelike verval van daardie instellings.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die transformasiegolf het soos ’n tsoenami feitlik alles in sy pad platgevee. Dorpe, kolleges, staatshospitale, die polisie, openbare ondernemings soos Eskom en die SAL, en die staat in die algemeen het verval en talle is deurtrek van korrupsie. Dit het gaandeweg duidelik geword dat die ANC nie sy rewolusie laat vaar het nie, maar dit onder die vaandel van radikale transformasie met staatsmag deurgedwing het. In plaas van die suksesvolle Japannese resep van “restourasie” het hulle die bewese mislukte Russiese model van rewolusie gevolg.

MOOIPRAATJIES VIR MAG By Solidariteit het ons vinnig gesnap dat die ANC se grondwetlike gerusstellings net mooipraatjies was om die mag te kry om hul rewolusie deur te voer. Die enigste verskil was dat hulle nou nie meer wapens gebruik het nie, maar wette. Die uitkoms sou egter dieselfde wees, omdat sosialisme orals misluk. Ons het besef dat die ANC


Ons het besef dat ons ’n omvattende kulturele infrastruktuur sou moes bou wat Afrikaners in staat sou stel om in Afrika te oorleef – nie om onsself af te sonder nie, maar om ons in staat te stel om hier te kan bly; nie om ander uit te sluit nie, maar om seker te maak ons kinders word ingesluit. ’n Mens bou immers ’n huis om saam in ’n woongebied van jou keuse te bly, nie om jouself van jou bure te isoleer nie. Jy doen dit uit liefde vir jou gesin, nie uit haat vir jou bure nie.”

nie net wou sorg dat swart mense ingesluit word nie, maar dat hulle wit mense gaan uitsluit. Daarom het ons besluit dat die eertydse Mynwerkersunie ter wille van oorlewing tot ’n moderne helpmekaarbeweging uitgebou sal moet word. Ons het ’n groot droom gehad, omdat ons besef het dat die alternatief ’n nagmerrie sou wees. Sonder geld of middele om dit uit te voer, het ons met moed en ywer aan die werk gespring.

GROOT GELD UIT KLEINGELD Ons het besef dat ons ’n omvattende kulturele infrastruktuur sou moes bou wat Afrikaners in staat sou stel om in Afrika te oorleef – nie om onsself af te sonder nie, maar om ons juis in staat te stel om hier te kan bly; nie om ander uit te sluit nie, maar om seker te maak ons kinders word ingesluit. ’n Mens bou immers ’n huis om saam in ’n woongebied van jou keuse te bly, nie om jouself van jou bure te isoleer nie. Jy doen dit uit liefde vir jou gesin, nie uit haat vir jou bure nie. Die uitdaging was om “staatsdienste” sonder staatsinkomste te lewer. Daarvoor het ons ’n bladsy uit ons voorouers se suksesresepteboek geneem. Hulle het “groot geld” met “kleingeld” gemaak, wat vandag skarefinansiering genoem sou word. Hoeveel miljoene koeksisters en pannekoeke en straatkollekte-pennies het in die arm jare gehelp om kolleges, skoolsale, kinderhuise, beursfondse, kerke, universiteitsgeboue, koshuise, monumente en taalprojekte die land oor te finansier? Ons het besluit om dieselfde te doen, maar net die metodes te moderniseer. Ons het ’n hele Beweging van selfhelporganisasies begin as monumente van hoop. Ons het Solidariteit Helpende Hand gestig, ’n sakebeen, eiendomsmaatskappy, Sol-Tech, AfriForum, Akademia, Maroela Media, en die Skoleondersteuningsentrum

(SOS). Die eerste R100 miljoen wat nodig was vir Sol-Tech het uit die maandelikse R10-bydraes van duisende Solidariteit-lede gekom. Die grootste enkele skenking daarvoor was net R10! Ons het geen staatsubsidie of bydrae van groot maatskappye gekry nie. Tegniese opleiding is peperduur, maar duisende studente het die afgelope jare rentevrye studielenings by die Solidariteit Opleidingsfonds gekry. ’n Deel van lede se ledegeld word maandeliks daarvoor oorbetaal en deur Helpende Hand se Studiefonds geadministreer.

KULTURELE DIVIDEND Die Solidariteit Beweging se monumente is nie vir die verlede nie, maar vir die toekoms. Dit is nie ou geboue waarna mense op Sondagmiddae gaan kyk nie, maar lewende monumente waar mense die hele week kan leef en waarin jongmense kan leer. Die Covid-19-krisis het ons onverwags getref, maar nie onvoorbereid nie. Ons hele Beweging is as ’n krisisorganisasie gestig, juis omdat ons die krisis voorsien het van ’n regering wat nie ’n moderne land met ’n uitgediende ideologie sou kon bestuur nie, en wat ons as minderheid as tweedeklasburgers sou behandel. Ons was gerat vir krisisse en ons organisasies het hierdie krisis almal sterk binnegegaan, sterk daarin presteer, en met genade sal almal nog sterker anderkant uitkom. Solidariteit het dadelik die Koronakrisissentrum begin, ons beroepsgesondheidskenners het onmiddellik strategieë vir gesonde werk ontwikkel, ’n Krisisfonds is geloods, Helpende Hand het duisende mense gevoed, AfriForum het gehelp om noodvoeding landwyd te versprei, die SOS het binne ’n week met ’n aanlyn matriekskool begin, talle mense is met dringende regsaksie bygestaan, en Maroela Media het 2,6 miljoen lesers gratis ingelig gehou met vars nuus. Ons monumente het in hierdie

tyd net groter, beter en sterker geword! Die volgende fase van die bouwerk aan die monumente van hoop het reeds begin. Die Solidariteit Beweging bou tans aan ons nuwe kollegekompleks van R300 miljoen, wat bestaan uit ’n tegniese kollege met ’n naasliggende koshuis vir 400 studente. Daarna kom Akademia se nuwe kampus van meer as R1 miljard aan die beurt. Daarvoor het ons Kanton Eiendomme gestig, waarmee ons al ons lede en sakelui die kans gaan bied om te belê. Kanton is ’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal, wat ’n billike geldelike opbrengs én ’n kulturele dividend in die vorm van leefruimtes vir Afrikaans gaan bied.

SELFBESTUUR DIE ENIGSTE OPSIE Die ANC se swak bestuur van die inperking het daartoe gelei dat dit die hardste en langste inperking ter wêreld is, wat miljoene mense se werk gaan kos. Dit gaan nog groot gevolge hê, soos meer sosialisme, ’n aanslag op pensioenfondse, die versnelde verval van die meeste dorpe, toenemende armoede en misdaad, en diskriminasie teen wit en selfs bruin mense. Die ANC kon die land nie voor die koronakrisis bestuur nie, hulle kon dit nie tydens die krisis doen nie, en sal dit nog minder ná die krisis kan doen. Staatsbestuur het misluk, en selfbestuur is die enigste antwoord. Daarom gaan ons die Solidariteit Beweging se monumente van hoop uitbrei tot ’n volledige kulturele infrastruktuur wat Afrikaners in staat gaan stel om blywend vry, veilig en voorspoedig te leef. Ons het lank genoeg die ANC gevra om ons goed te regeer. Hulle wil en kan dit nie doen nie. Daarom gaan ons nou onsself begin bestuur deur sterk gemeenskapsorganisasies. Wie nie vir sy eie toekoms sorg nie, kry die toekomskrummels wat ander vir hom los.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

9


FOTO’S: MIA SLABBERT & ISTOCKPHOTO.COM

U

it! O ns IN laa PE t ons R nie K

‘n ge Nu o tre w he nse f. D e vir C t d ke it us N hin ie w rh wa het h ew a, ê ei s o di is osp Yo toe reld d e nbe e w w bli it rk in o n h ke êre wo êre tsig ale . Fo Ita orva ist nd ld in rd ld i m en to’s lië l – er en Su di ng et s ry va en ee ie id e e est os e n da rs -A er uu ia do oo ar in fri ste r. le m o rv na d o ka C O aa ov p 4 edia ski l ng id M d ste em -19 aa ie eld -ge rt . va l

NUUSWAARDIG

10

res. Cyril Ramaphosa kondig eers ’n ramptoestand en toe ’n landwye inperking van 21 dae aan. Dit was nie lekker nie, maar mense het begrip gehad. Ons moet tog die onbekende virus beveg. Niemand twyfel daaraan dat die virus ernstig opgeneem moet word nie. Die geveg teen die virus is amper soos ’n oorlog. Dalk, omdat dit ’n oorlog is, is ’n bevelsraad dus nodig. Die bevelsraad begin regulasies afkondig en die situasie raak meer ongemaklik in ’n land wat nou deur regulasies en bevele gereguleer word. Die 21 dae gaan verby, maar die regulasies staan steeds. Die fokus van die oorlog skuif – van die virus na die mense. Video’s word op sosiale media gedeel van mense wat soos paddas moet spring omdat die weermag so sê. ’n Man word ’n boete van R5 000 opgelê en hy kry ’n kriminele rekord omdat hy op sy sypaadjie geskoffel het. Duisende mense word gearresteer en gekriminaliseer. Dit raak al

vreemder. Jy mag nie met jou hond om die blok stap nie, word beveel. Rokers mag nie rook nie. As jy wil beweeg, moet jy ’n permit hê. Nou word die virus nie meer beveg nie, maar wel die ekonomie. Die bevelsraad besluit watter ondernemings mag oop en watter moet gesluit bly. Die regulasies word tot groot nadeel van die ekonomie verder uitgerek. Ons inperkings word van die ergste ter wêreld. Die ANC meen dis nou ’n goeie kans om ’n virus te gebruik om die ekonomie en historiese ongelykheid reg te stel. Ondernemings mag nie self voldoen aan gesondheidsregulasies en oopmaak nie; die bevelsraad moet daaroor besluit. Swaarkry begin intree. Mense het eenvoudig nie meer kos nie en verhonger. Duisende wat nog nooit vantevore kospakkies benodig het nie, benodig dit nou. Die bevelsraad besluit hulle wil nou die uitdeel van kos reguleer. Húlle sal besluit wie moet eet. Hulporganisasies word gekeer om te help. Solidariteit Helpende Hand sê: Nee, julle gaan ons

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

nie keer nie. Ons breek uit, ons gaan ons nie laat inperk nie. Miljoene rande se kos word aan duisende mense versprei. Meer as R18 miljoen word vir die Solidariteit Beweging se Krisisfonds ingesamel.

VIRUS KEN NIE KLEUR NIE

Ramaphosa kondig ’n Covid-19-hulppakket van R500 miljard aan. ’n Miljard vir jou en ’n miljard vir jou; daar is miljarde vir almal, maar nie vir wit mense nie. Die bevelsraad besluit dat ras as maatstaf sal geld vir die toekenning van hulp. Die virus ken nie kleur nie, maar die bevelsraad ken kleur. Die regulasies tref almal, maar net sekeres word gehelp. Solidariteit en AfriForum pak die regering in die hof en kla die regering by die Verenigde Nasies aan. Ons sê: Uit! Ons gaan nie by die regering se rasse-ideologie berus nie. Maar meer as dit, ons gaan ook nie afhanklik van die regering wees nie. AfriForum brei sy sakenetwerk uit. Die antwoord lê in by-mekaar-wees en in saamstaan. As die regering ons


uitskop, skop die gemeenskap in, maar ons gaan ons nie laat beperk nie. Solidariteit brei sy werksoekplatform, Werknet, uit want ons gaan mekaar in diens neem. Solidariteit se netwerk van beroepsgildes word uitgebrei, want ons krag is in mekaar gesetel.

ONDERWYSOPLOSSINGS

Die bevelsraad sluit die skole. Aanvanklik het ons dit verstaan, maar internasionale navorsing het begin toon dat oordrag van die virus aan kinders en oordrag van kinders aan volwassenes baie laag is. Die kinders is by die huis in plaas van in die skool. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum sê: Ons gaan ons nie laat inperk nie. China het dalk ’n hospitaal in drie dae gebou, maar ons het binne dae ’n matriekskool opgerig en byna 8 000 matrieks skryf in. Meer as 117 000 leerders van graad 1 tot 12 registreer by Die Wolkskool. By dié skool kry kinders uitnemende onderwys. Die universiteite is gesluit, maar danksy Akademia se hoëtegnologiestelsel gaan ons studente voort met wêreldklasonderrig. Heel gepas kondig Akademia in dié tyd aan dat daar in 2021 ook met ’n kampusmodel begin sal word. Hulle kyk verby die krisis na wat aan die anderkant lê. Dieselfde geld by Sol-Tech. Sol-Tech gaan voort met klasse en sy nuwe kampus gaan ook in 2021 voltooi wees.

ONVERSKROKKE TEEN VIRUS EN ONVERSKROKKE VÍR WERK

Goeie nuus – die inperking is nou op vlak 4, het die bevelsraad besluit. Dié keer word beveel watter klere ons mag dra. O nee, nie plakkies nie. Daardie T-hemp is uit en julle daar in Mbombela (Nelspruit) mag nie kortbroeke dra nie. Die bevelsraad begin die mag geniet. Dis hemels – sentrale beplanning en regulering. Júlle mag oop en júlle mag nié oop nie, want ons sê so.

Solidariteit sê: Ons breek uit, ons gaan ons nie laat inperk nie. Solidariteit begin ’n reg-virwerk-veldtog. Ondernemings wat gesond kan oopmaak, moet oop. Dit gaan nie oor ’n keuse tússen gesondheid en werk nie, maar oor ’n keuse vír gesonde werk. Ons staan onverskrokke teen die virus, maar ook onverskrokke vír werk en die ekonomie. Volgens Solidariteit berus die onus om aan gesondheidsmaatreëls te voldoen by die maatskappy en nie by die bevelsraad nie. Lede van Solidariteit meld uit protes by ArcelorMittal aan om te werk toe dit nog gesluit was. Vlak 3 van die inperking breek aan, maar die bevelsraad kan steeds besluit: Rokers mag nie rook nie en haarkappers mag nie hare sny nie.

SKOLE MOET GESOND HEROPEN

Uiteindelik het die bevelsraad besluit dat skole mag heropen. Toe mag hulle weer nie open nie. Toe mag hulle uiteindelik wel oop, maar toe mag hulle weer nie open tensy almal oop is nie. Solidariteit help skole om gesond te heropen. Ons mag nie ons kinders inperk nie. Gesonde leer is die antwoord. Solidariteit staan beslis nie onverskillig teenoor die virus nie, maar is ook nie onverskillig teenoor onderwys nie. Een onderwysvakbond gaan selfs hof toe om die skole weer toe te maak, maar Solidariteit tree toe en die saak word uitgegooi.

ONS LAAT ONS NIE INPERK

AfriForum sleep die regering hof toe oor isolasiefasiliteite en -regulasies en wen. Sakeliga gee die regering in die hof pak oor permitstelsels. Solidariteit en die Skoleondersteuningsentrum gaan hof toe omdat privaat kleuterskole nie mag oopmaak nie en wen die saak! Nog hofsake volg oor regulasies, die haarkappers, oor rook en meer. Ons mense is nie gemaak om ingeperk te word nie – nie in die huidige situasie nie en nie ooit nie. Ons is nie lojale onderdane nie, maar aktiewe burgers. Een ding het Covid-19 ons geleer: Die regering wil ons inperk – nie oor die krisis nie, maar omdat hulle wil. Die tweede ding wat weer bevestig is, is dat ons ons nie gaan laat inperk nie – nie oor die krisis nie, maar omdat ons nie wil nie. Ons sê: Uit! Ons sal ons nie laat inperk nie.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

11


G! A

A D I

e r p d u e krag o w t a HET VE T I E WRIT ER K

R

NUUSWAARDIG

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

S O L 12

eerkragtigheid verwys na die vermoë om te groei en te floreer wanneer jy met uitdagings gekonfronteer word, asook om terug te bons wanneer jy teëspoed beleef. Veerkragtigheid is nie slegs noodsaaklik vir oorlewing in ’n onsekere en veranderende omgewing nie, maar ook om bo moeilike omstandighede uit te styg. Dit vereis vaardighede soos geestelike krag en sterk leierskap wat optimale prestasie en doelwitbereiking moontlik maak. Aan die begin van die jaar was daar ’n grappie oor 20/20-visie, maar niemand sou kon voorspel dat ons in die middel van 2020 vasgevang sou wees in ’n pandemie wat ons lewens oornag verander het nie. Ons moes vinnig nuwe gewoontes aanleer, baie van ons moes van voor af begin met nuwe loopbane,

en ons moes ons denkwyse vernuwe sodat ons nuwe geleenthede kan skep en bou. Solidariteit se doel is om mense in tye van nood by te staan deur krisisse te hanteer en planne te beraam om gemeenskappe te help. Die Covid-19pandemie is beslis nie die eerste krisis wat Solidariteit moes hanteer sedert sy ontstaan in 1902 nie. Solidariteit het sy lede deur die jare tydens krisisse beskerm en hulle gehelp om moeilike tye te oorwin. Solidariteit het reeds aan die begin van die Covid-19-pandemie ’n Krisissentrum gestig wat daarop fokus om sy lede in dié tydperk by te staan. Die sentrum het reeds duisende werknemers bygestaan met hulle werkverwante navrae. Solidariteit se bestaande dienssentrum is ook uitgebrei en dien lede vanuit die Krisissentrum.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Danksy Solidariteit se veerkragtigheid kon ons vinnig intree om mense se bekommernisse aan te pak en vir hulle gemoedsrus te bied, soos wat ons lede van ons verwag. Daadwerklike planne is deur kundiges geformuleer en Solidariteit staan slaggereed om namens ons lede in die werkplek op te tree.


Solidariteit het gou besef dat daar baie onsekerheid by sy lede en die publiek is. Daarom is die Krisissentrum uitgebrei om ook as ’n betroubare bron van inligting te dien, deur inligting oor ’n reeks onderwerpe te verskaf. Die Krisissentrum bied onder meer ’n insiggewende webtuiste propvol inligting. Dit is gratis en sluit die nuutste regeringsnuus in asook riglyne vir ’n slim inperking en inligting oor jou regte in die werkplek. Jy kan ook direk via die platform met een van Solidariteit se regskenners gesels, en bevat ’n skakel na die Skoleondersteuningsentrum se Die Wolkskool waarby duisende kinders daagliks baat vind. Daar is boonop infografika met nuttige inligting oor hoe die Covid-19-pandemie die ekonomie beïnvloed, ’n nuttige

skakel waar jy jou simptome kan nagaan (om te bepaal of jy vir Covid-19 getoets moet word), skakels waar jy meer kan lees oor Solidariteit se veldtogte soos die #TeWitVirHulp-veldtog en dit kan ondersteun, riglyne vir skole oor hoe om gesond te heropen, inligting oor internasionale tendense, en artikels oor hoe jy jou persoonlike en finansiële welstand kan beskerm. Solidariteit en die SA Doctors App help jou om ‘n verskeidenheid dokters in jou omgewing op te spoor en daar is ’n skakel waar jy die Solidariteit Beweging se Krisisfonds finansieel kan ondersteun. Wees gerus met Solidariteit aan die stuur gedurende die krisis, want waar daar nie ’n roete vorentoe is nie, teken ons self die padkaart na die toekoms!

Vervang jou vrees met kennis! Besoek gerus die Krisissentrum se gewilde webtuiste by www.corona.org.za


Wil jy voltyds studeer of dalk nauurs terwyl jy werk? Lees meer op bl.

56

AKADEMIA

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

MONUMENT VAN WÊRELDKLASKWALIFIKASIES

14

kademia se visie is om ’n leidinggewende verskaffer van hoëronderwyskwalifikasies te wees. Om dit te verwesenlik, pas dié Afrikaanse instelling die klassieke universiteitsmodel toe, maar brei daarop uit deur die moontlikhede wat die hipertegnologiese era bied, ten volle te ontsluit. Volgens prof. Danie Goosen, akademiese hoof van Akademia, funksioneer hedendaagse universiteite die beste wanneer daar direkte ondersteuning deur dosente aan studente sowel as tegnologiese hulpbronne gebruik word. Hy meen dat albei hierdie aspekte vir Akademia belangrik is en dat die klassieke opleiding en opvoeding van studente deur hierdie kombinasie tot sy reg kom. Akademia het onlangs bewys hoe struikelblokke oorkom kan word deur moderne tegnologie in te span. Met die nasionale inperking wat op 27 Maart ingestel is, moes hoëronderwysinstellings noodgedwonge hul onderrigmetodes aanpas, of die jaar se kurrikulum opskort. Akademia se onderrigmodel behels normaalweg kontaksessies waar studente by een van 13 studiesentrums onderrig word. Deur net ’n geringe aanpassing te maak, kon Akademia se 1 350 studente voortgaan om klas te draf. Dosente kon in die veiligheid van hulle huise kontaksessies opneem wat dan op Akademia se aanlyn leerbestuurstelsel aan studente beskikbaar gestel is. Tegnologiese

Prof. Danie Goosen (akademiese hoof), Marthinus Visser (besturende direkteur), dr. Dirk Hermann (bestuurshoof van Solidariteit) en Rika Nieuwoudt (programkoördineerder) tydens die aanlyn bekendstelling van Akademia se Centurion-kampus.

hulpbronne het die proses vergemaklik om akademiese ondersteuning en leermateriaal aan studente te voorsien. Hoewel Akademia nie beplan om die alternatiewe manier van klasaanbieding permanent toe te pas nie, is dit tog gerusstellend om te sien dat die instelling verskeie tegnologiese middele kan gebruik om ononderbroke bystand aan studente te verseker. Akademia is sedert haar ontstaan bekend as ’n baanbreker op die gebied van nauurse studies vir mense wat bedags werk, maar vanaf 2021 sal voltydse studies ook moontlik wees. Studente sal bedags kan klasdraf op die Centurion-kampus waar hulle op ’n tradisionele wyse onderrig sal word deur ’n dosent wat in die klas teenwoordig is. Vir jongmense wat voltyds wil studeer, is daar dus baie om na uit te sien, omdat dié onderrigmodel ’n omvattender studentelewe sal bied.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Studente sal kan kuier by die kafeteria, by die kliëntedienssentrum om hulp aanklop, navorsing in die biblioteek doen en ander studente-ondersteuning geniet. Die aantal grade wat Akademia aanbied, word ook uitgebrei en nege grade gaan op die Centurion-kampus aangebied word. Aansoeke vir vyf van dié kwalifikasies is reeds oop! Die uitbreiding van Akademia is ’n besondere mylpaal en skep hoop vir Afrikaanssprekendes wat gehalteonderrig in hul moedertaal wil ontvang. Akademia-studente skep dus nie net hoop vir hulle eie toekoms nie, maar is ‘n baken van hoop vir ander jongmense. Indien jy van plan is om in 2021 jou toekoms oop te leer, oorweeg gerus om vir ’n wêreldklaskwalifikasie by Akademia in te skryf. Kom word deel van die eerste groep studente wat kampustradisies vestig om aan toekomstige generasies oor te dra.



NUUSWAARDIG

DIE WOLKSKOOL

TOEKOMSGERIGTE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ONDERWYSMONUMENT

16

s ’n mens aan hoop dink, kan jy nie help om aan jou kinders te dink nie. Die Covid-19-pandemie het tot groot onsekerheid gelei en ook die sluiting van skole tot gevolg gehad. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) weet hoe kosbaar akademiese tyd vir skole is en het daarom aangebied om skole te help om by die kurrikulum te hou deur Die Wolkskool as oplossing te gebruik. Die Wolkskool, ’n produk van die SOS, bied ’n gevestigde aanlyn leerplatform vir leerders van graad 1 tot 12. Leerders kan tuis, veilig en teen hul eie spoed die leerinhoud bemeester deur middel van hoëgehalte-videolesse, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos Wiskunde, Wetenskap en Afrikaans Huistaal. Dit kan terselfdertyd onderwysers en ouers op hoogte hou van hul kinders se vordering. Danksy die ondersteuning van die Solidariteit Beweging kan ons Die Wolkskool tot einde 2020 gratis beskikbaar stel vir leerders en onderwysers. Midde-in die koronakrisis het meer as 117 000 leerders vir Die Wolkskool geregistreer. China het ’n hospitaal in dae gebou en Die Wolkskool het binne dae ’n matriekskool gebou waar meer as 8 000 matrieks elke dag by www.wolkskool.co.za kon leer. Solidariteit-lede skenk elke maand R10 van hulle ledegeld om te help bou aan instellings soos dié. Duisende ander dra by tot die Solidariteit Boufonds en deur hul Virseker-polisse. Die Wolkskool betree nou ’n nuwe fase waar aanlyn leer met onderrig in die klaskamer geïntegreer kan word, oftewel vervlegte leer. Onderwysers kan hulle eie klasse saamstel, met leerders kommunikeer, en toegang kry tot vorderingsverslae en assesseringsuitslae. Onderwysers kan selfs opdragte laai en toetse skeduleer vanaf Die Wolkskool se platform. Meer as 2 200 onderwysers is reeds op Die Wolkskool geregistreer. Die SOS spog ook met 12 vakverenigings waar onderwysers by die bestes op hul vakgebied kan kers opsteek.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Teken vandag nog in by www.wolkskool.co.za

Met meer as 4 000 videolesse, aanlyn assesserings, aflaaibare werkkaarte en werkboeke is Die Wolkskool ’n uitstekende basis vir onderwysers om vlakke van leer in hul klaskamers na splinternuwe hoogtes te neem. Melanie Buys – hoof: ontwikkeling van die Skoleondersteuningsentrum



WÊRELD MOET WEET VAN REGERING SE AFGRYSLIKE RASBELEID

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

WAAROM ONS VN TOE GAAN

18

ERD is die Committee on the Elimination of Racial Discrimination, ’n komitee van onafhanklike menseregtekundiges wat gehoor gee aan ’n verdrag genaamd die International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination (ICERD). CERD is ’n liggaam wat in 1969 deur die Verenigde Nasies (VN) op die been gebring is. Die doel van CERD is om alle vorme van rassediskriminasie reg oor die wêreld uit te wis. Derhalwe moet alle lande tweejaarliks verslae by die komitee indien, waarna die komitee algemene aanbevelings aan state kan maak om

bepaalde sake aan te pak. Die komitee maak ook voorsiening vir die burgerlike samelewing om skaduverslae in te dien, omdat regerings nie altyd vertrou kan word om dit te doen nie. Ander maniere waarop die burgerlike samelewing by CERD betrokke kan raak, is met die daarstelling van vroeë waarskuwingstelsels, dringende prosedures en by wyse van individuele klagte. Solidariteit gaan later vanjaar juis so ’n klag indien. Hoekom is dit belangrik dat Solidariteit ’n klag oor rassediskriminasie indien? Solidariteit het reeds in 2017 ’n skaduverslag ingedien op grond waarvan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

(SAMRK) die regering gemaan het om hul beleid van rasseklassifikasie te wysig. Vanjaar gaan ons terug na CERD met ’n klag om vir hulle aan te toon dat die regering nog nie gehoor gegee het aan hul eise nie. Dit is veral belangrik in die lig van die regering se onderneming om hulppakkette te midde van die Covid-19pandemie op grond van ras toe te deel. Die internasionale gemeenskap moet kennis neem van ons regering se immorele beleid van rassediskriminasie. CERD en die VN moet bewus gemaak word van ons regering se versuim om in pas met globale norme en waardes te kom, sodat hulle uiteindelik ingespan kan word om ons regering by wyse van politieke


Internasionale druk oor diskriminasie

D Ons is nou al geruime tyd bewus van die ANC se afgryslike rasse-ideologie. Hierdie reaksie op die pandemie is maar net die jongste voorbeeld hiervan. As ons nee sê, dan is dit nie net vir hierdie raspakkette nie. Dis nee vir die regering se rassisme.” en regstegniese druk te dwing om te voldoen aan basiese menseregte soos die verbod op onbillike diskriminasie. Moet die regering CERD se voorstelle nakom? Watter gesag het CERD? CERD is ’n erkende menseregteliggaam wat direk aan die VN rapporteer. SuidAfrika is ’n ondertekenaar van ICERD en daarom is die regering ingevolge artikel 231 van die Suid-Afrikaanse Grondwet verplig om gehoor te gee aan die eise van sulke konvensies. Trouens, artikel 231(4) van die Grondwet bepaal die volgende: ’n Internasionale ooreenkoms verkry regskrag in die Republiek wanneer dit by nasionale wetgewing as wet verorden word; maar ’n regstreeks uitvoerbare bepaling van ’n ooreenkoms wat deur die Parlement goedgekeur is, verkry regskrag in die Republiek tensy die ooreenkoms met die Grondwet of ’n Parlementswet onbestaanbaar is. Waarom moet ek my mandaat vir Solidariteit gee? Dit verg die betrokkenheid en ywer van ons burgerlike samelewing om druk op die regering te plaas sodat hulle afstand moet doen van hulle skadelike en onetiese gedrag. Dit is ook waarom ons die ondersteuning van die internasionale gemeenskap vra om die regering se skending van menseregte te veroordeel. Ons moet die ANC se narratief kan breek wanneer hulle sê dat hulle die wil van Suid-Afrikaners verteenwoordig. Ons moet dit duidelik stel dat die regering ideologiese speletjies met die lewens van

ons landsburgers speel. Ons moet dit doen, want dit is die regte ding om te doen en dit is al manier wat ons die regering kan dwing om op te hou om mense op grond van ras in plaas van meriete te beoordeel. Die Covid-19-pandemie is nie ’n krisis wat net sekere mense raak nie; dit affekteer die hele Suid-Afrika. Alle ondernemings word swaar getref, maar anders as die virus, gaan die regering teen mense diskrimineer op grond van hulle velkleur. Ons is nou al ’n geruime tyd bewus van die ANC se afgryslike rasse-ideologie. Hierdie reaksie op die pandemie is maar net die jongste – en grofste – voorbeeld hiervan. As ons nee sê, dan is dit nie net vir hierdie raspakkette nie. Dis nee vir die regering se rassisme. Solidariteit neem standpunt in en ons is op pad om die Suid-Afrikaanse regering by die hoogste owerhede ter wêreld aan te kla. Die Suid-Afrikaanse regering ignoreer die norme, waardes en regte van burgers wat internasionaal as universele menseregte erken word. Ons enigste uitweg is om ’n klag by die VN se CERD-kommissie te lê. Hiermee wil ons die regering dwing om rasse gelyk te hanteer. Hierdie aanklag eis niks spesiaal, vreemd of buitensporig nie – al wat Solidariteit eis, is normale rasseverhoudings. Ons eis bloot gelykheid voor die reg. Ons sê nee ter wille van dié wat agtergelaat is weens hul velkleur. Ons sê nee vir diskriminasie. Ons sê nee, omdat dit ons plig is. Sê nou saam met ons nee.

ie Solidariteit Beweging het ’n internasionale veldtog geloods om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om rassediskriminasie in die toekenning van regeringsfondse in die stryd teen die gevolge van die Covid-19pandemie te beveg. Die Beweging het briewe aan meer as 30 regerings geskryf, sowel as aan organisasies soos die Verenigde Nasies, die Europese Unie, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is ’n internasionale veldtog nodig omdat die regering nie na die pleidooie van burgerlike organisasies en politieke partye wil luister nie. “Ons het reeds met politici in verskeie lande gepraat en verwag dat druk gaan toeneem.” Die Beweging verwys in sy brief na die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, se Toerismehulpfonds, asook na die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, se besluit om rassevereistes te gebruik in die toekenning van finansiële hulp aan kleinsakeondernemings. Volgens Buys is die gebruik van geweld en intimidasie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Weermag kommerwekkend, en beplan die Beweging om die buitewêreld ook daarvan bewus maak. ’n Derde punt is die regering se inmenging in hulpverlening deur gemeenskapsorganisasies. “Ons is besig om regerings en organisasies bewus te maak van die drakoniese aard van ons inperkingsmaatreëls. Sekere maatreëls, wat geen bydrae tot die bestryding van die virus lewer nie, word drakonies afgedwing. Dit dui op ’n oorregulering van die samelewing waardeur mense se menswaardigheid en regte aangetas word.”

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

19


PAK JOU KAR VIR DIE

lekkerste seevakansie!

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

en as jy daarvandaan ’n kort entjie strandlangs stap, kom jy by die hoofstrand van Margate uit. Santana spog ook met puik swemen braaigeriewe, en het ’n restaurant op die perseel waar gaste ontbyt, middag- of aandete kan geniet. Die oord is ook loopafstand van Margate se bekendste restaurante en winkels. Santana is 5 km vanaf Margate se lughawe en 129 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe buite Durban, wat gaste die geleentheid gee om met die skilderagtige kusroete daarheen te ry. Die oord spog met ’n groot minigholfbaan en daar is talle ander aktiwiteite in die omgewing, byvoorbeeld:

s jy op soek na die ideale vakansiebestemming by die see? Dan is Santana net die plek om jou skoene uit te skop, in die see te baljaar en die uitgestrekte strande van die KwaZulu-Natalse Suidkus te geniet! Santana is direk op die strand in die middel van Margate se bekende goue myl geleë. Met goue sonsondergange en golwe tot aan die einde van die horison kan jy jou lekkerste vakansie nóg hier hou. Daar is verskeie eenhede om van te kies, elk met ’n ruim leef- en eetarea. Al die twee- en drieslaapkamereenhede het twee badkamers terwyl elke eenheid ’n volledig toegeruste kombuis het. Die sitkamers is ten volle gemeubileer en DStv asook wi-fi is beskikbaar. Die eenhede het balkonne vanwaar jy ’n asemrowende uitsig oor die see het en dalk selfs dolfyne of walvisse in die oseaan kan sien baljaar. Daar is veilige onderdakparkering vir gaste asook ’n wassery. Santana se pragtige tuin strek tot op die strand

20

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

The Waffle House in Ramsgate; Die Wild Waves-waterpark by Sun International se Wild Coast Sun;

uShaka Marine World in Durban; en MacBanana naby Port Edward.

Kom ontspan by die see teen 20% afslag! Alle lede van die Solidariteit Beweging wie se lidmaatskapgeld op datum is, kwalifiseer vir dié afslag by Santana. Hierdie voordeel geld nie oor Paasnaweek en van 1 Desember tot 10 Januarie nie. • Bespreek vandag nog jou droomvakansie by Santana! Besoek www.santana.co.za vir die tariewe, stuur e-pos na navrae@santana.co.za of skakel 039 312 2443.



NUUSWAARDIG

KRISISFONDS

Hannes Noëth, Kallie Kriel, Flip Buys en dr. Dirk Hermann.

MONUMENT VAN

GEMEENSKAPSKRAG ie Covid-19-krisis het ongekende maatskaplike nood reg oor Suid-Afrika tot gevolg. Talle SuidAfrikaners wat reeds voor die pandemie gesukkel het om kop bo water te hou, het weens die nasionale inperking hulle werk verloor en armoede vererger landwyd. Die Solidariteit Beweging het ’n Krisisfonds in die lewe geroep om dié maatskaplike nood te verlig. Die fonds word deur Solidariteit Helpende Hand bestuur en word ondersteun deur Solidariteit, Helpende Hand, AfriForum en die FAK. Volgens Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Helpende Hand, volg ’n maatskaplike krisis gewoonlik op ’n ekonomiese krisis. Helpende Hand word oorval met aansoeke om hulp van kwesbare groepe en daar word verwag dat die nood en die behoefte net groter gaan word. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê dat hulp aan mekaar noodsaaklik is, veral in hierdie moeilike tyd. Volgens Buys bestaan

22

daar verwarring by die publiek tussen Solidariteit se Krisisfonds en die Solidariteitsfonds wat deur die regering geskep is. Die Krisisfonds is gestig om maatskaplike nood onder lede van die Solidariteit Beweging en die betrokke gemeenskappe te verlig, terwyl die regering se Solidariteitsfonds ’n ander fokus en doel het. Buys sê dat antwoorde nie net van die staat se kant kan kom nie, maar dat gemeenskappe mekaar moet help in tye van krisis. Ons kan nie uitsluitlik op die staat staatmaak vir hulp nie. Die Krisisfonds is ’n monument wat deur die gemeenskap gebou is. Dié monument is midde-in ’n krisis opgerig en alle verwagtinge is binne dae oortref. Teen begin Julie is daar reeds meer as R18 miljoen ingesamel.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Dit is bewerkstellig danksy Solidariteit se duisende lede, ondersteuners en die gemeenskap. Volgens Buys is die Solidariteit Beweging veral bekommerd oor ouer mense en kinders wat dikwels die swaarste getref word. Hy doen ’n beroep op maatskappye en kleinsakeondernemings om te help en hy bedank almal wat reeds bygedra het. “In só ’n globale krisis sien ons die krag van die plaaslike gemeenskap. Die gemeenskap kan vinnig uit en vir die gemeenskap reageer. Dankie aan elke Solidariteit-lid, ondersteuner en die gemeenskap. Julle maak alles moontlik,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. • Indien jy graag ’n bydrae tot die Krisisfonds wil maak, besoek gerus www.krisisfonds.co.za



Die gemeenskap en ekonomie het jou

BROODNODIG

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ONDERSTEUN JOU PLAASLIKE KLEINSAKEONDERNEMINGS

24

ie Covid-19-pandemie het ’n enorme impak op Suid-Afrika se ekonomie en dis veral kleiner ondernemings en entrepreneurs wat geraak word. Talle ondernemings moes reeds ontbind, mense verloor hulle werk en armoede neem kommerwekkend toe. Haarkappers, fotograwe en koffiewinkels is slegs enkele van die kleinsakeondernemings wat steeds sukkel om te herstel en talle moes permanent hul deure sluit. Nou is dus die tyd om ’n kleinsakeonderneming te ondersteun, want dié ondernemings skep ook werkgeleenthede vir ander. Jy ondersteun gevolglik nie net die eienaars en hulle gesinne nie, maar ook die ondernemings se administratiewe personeel, skoonmakers en dies meer. In hierdie tye moet die mense in ’n gemeenskap mekaar ondersteun. Só sal ons die storm weerstaan. ’n Gesonde teenwoordigheid

Kleinsakeondernemings soos fotograwe, haarkappers en koffiewinkels sukkel om kop bo water te hou weens die inperking.

van kleinsakeondernemings in gemeenskappe help mense ook om vaardighede in die praktyk aan te leer, wat die volgende generasie entrepreneurs bemagtig. Hier is ’n paar maniere hoe jy ’n plaaslike kleinsakeonderneming kan ondersteun: Volg die onderneming op sosiale media en reageer gereeld op hulle plasings deur kommentaar te lewer of dit met jou aanlyn vriende te deel. Verjaar ‘n familielid of vriend binnekort? Bederf jou geliefdes deur geskenkbewyse by jou plaaslike kleinsakeonderneming te koop. Bestel produkte aanlyn. Nie net is dit baie gerieflik deurdat jou pakkie op jou voorstoep afgelewer word nie, dit is veilig.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Deur jou plaaslike kleinsakeondernemings te ondersteun, help jy dat hulle deure oop bly en hulle werknemers hul werk behou. Wanneer jy dus volgende keer moet kies of jy ’n produk of diens by jou plaaslike kleinhandelaar of by ’n groot kettingwinkel moet koop, dink aan die mense wat jy kan help deur die kleinsakeonderneming te ondersteun en neem die regte besluit. Hoe meer ons kleinsake-eienaars en -ondernemings ondersteun, hoe vinniger sal ons ekonomie herstel en weer na normaal terugkeer. In hierdie tye van onsekerheid is dit sinvol om nie onnodig te spandeer nie, maar as jy wel iets moet koop, kies om jou plaaslike kleinsakeonderneming te ondersteun en maak ’n verskil – vir die gemeenskap en die ekonomie.



BEDRYFSNUUS

WERKPROTES ‘NET R2,2 MJD. BESKIKBAAR’

Lede by ArcelorMittal sit voet neer oor regulasies deur op te daag vir werk!

SAL-aflêpakkette Volgens die departement van openbare ondernemings sal die afleggingspakkette aan minstens 1 000 SAL-werknemers sowat R2,2 miljard beloop. Volgens die departement “moet vakbonde nie probeer onderhandel vir meer geld nie, want dit is al wat beskikbaar gestel kan word.”

R404 MILOEN

VAN KONSERTE NA KOOPBEWYSE

Die verlies wat Capitec sê hy in die drie maande tot einde Mei as regstreekse gevolg van die staat se inperkingsmaatreëls gely het.

Geskenkbewyse by Computicket Die inperking het Computicket genoop om sy sakemodel blitsig aan te pas, omdat konserte en ander geleenthede steeds van die baan is. Die groep het egter in April begin om geskenkbewyse vir kruideniersware te verkoop en reeds R50 miljoen deur die verkoop van 200 000 geskenkbewyse verdien.

15% Die persentasie waarmee mediese fondse verwag hul lidmaatskap gaan daal weens die impak van die koronaviruspandemie.

p 21 Mei vanjaar het Suid-Afrika ’n vreemde verskynsel gesien, die eerste van sy soort: In protes teen regulasies soos saamgestel deur die Covid-19-bevelsraad van die regering, het die lede van Solidariteit wat werknemers by ArcelorMittal is, opgedaag vir werk. Dit is die eerste keer dat werknemers protesteer deur vir werk aan te meld. Soos per die hedendaagse norm was hierdie werkers ook gewapen; elkeen was toegerus met ’n masker, saniteerder en Solidariteit se Goeie Praktykkode – ’n omvattende dokument opgestel deur arbeidsregkenners wat werkers in staat sou stel om terug te keer werk toe sonder dat dit ten koste van enigeen se gesondheid en veiligheid sal wees. Hoewel só ’n protesaksie vreemd klink, is dit allermins belaglik. Om uit protes op te staan vir wat jou persepsie van reg of ’n reg is, is ’n algemene verskynsel. Die wêreld is kwaad en ofskoon dit ’n ope vraag is of almal rede het om kwaad te wees, bly die feit staan dat daar ’n algemene gevoel is dat regte wyd en syd deur regerings misken en ingeperk word. Dit is juis ter beskerming van die regte van werkers dat Solidariteit tot aksie oorgegaan het. As gewillige en gehoorsame landsburgers is die staat van inperking gelate aanvaar. Daar is vertrou dat dit in die beste belang van elke burger is en werknemers en sake-eienaars het hulle reg om te werk en om ’n inkomste te verdien, opgeoffer ter wille van die gesondheid en veiligheid van die land se mense. Die eerste protes teen die wette, regulasies en beleide van die inperking was om daadwerklik op te tree en die howe te nader toe die departement van kleinsakeontwikkeling en die departement van toerisme laat blyk het dat hulle SEB-vereistes sal toepas met die toekenning van hulpfondse. As gevolg van die inperkingsmaatreëls word hierdie sektore die ergste geraak en sou die betrokke departemente se

besluit mense se reg om te oorleef skend, nadat hulle reg en die reg van hulle werkers om te werk, reeds ontneem is. Die staat het ook sy eie werkers se reg op veilige werk ontneem, want weens wanbestuur en swak administrasie kon duisende gesondheidswerkers, wat daagliks gevaar loop om die virus op te doen, nie voldoende beskermingsdrag ontvang nie. Bang, onseker maar gehoorsaam het mense by die reëls en regulasies van die harde inperking gedurende vlak 5 gehou. Solidariteit het egter onmiddellik besef dat ons reeds sukkelende ekonomie nie net stilstaan nie, maar teen ’n ongekende spoed krimp en dat hierdie inperking wat ons die reg ontneem om te werk en om dit verantwoordelik te doen, so vinnig as moontlik aangepak moes word. Eerstens het ons ’n brief aan die pres. Cyril Ramaphosa geskryf en die Goeie Praktykkode vir gesonde werk uitgereik. Wat egter begin het as ’n beleefde en inklusiewe “mooi vra” het vinnig uitgekring tot ’n dringende eis deur meer as een bedryf. Met die heropening van een sektor is ’n ander agtergelaat wat eweneens belangrik is vanweë sy unieke funksies vir individue en vir die ekonomie. Nadat die werkers van ArcelorMittal hulle punt gemaak het, kon die fokus skuif na die heropening van skole. Ook hier is ’n Gesonde Praktykkode aan skole oorhandig wat spesifiek betrekking het op die omstandighede in die onderwys. As dit moontlik is om ’n veilige omgewing daar te stel vir sowel die personeel as die leerders van ’n skool, sou dit onverantwoordelik wees om leer verder te ontwrig en onderwysers verder te keer om aktief skool te hou. Die uitwerking van die inperking op skole se finansies en die gevaar wat dit vir veral beheerliggaamaanstellings inhou, is kwessies wat nie net mense se reg om te werk bedreig nie, maar ook ’n onderwyskrisis tot gevolg kan hê. Volgende in die visier was die reg van skoonheidswerkers, wat haarsalonne insluit, om terug te keer werk toe. Volgens aanvanklike aanduidings


FOTO’S: MIA SLABBERT & ISTOCKPHOTO.COM

Die regering het in die eerste 100 dae van die inperkingstyd sowat R3,5 miljard in aksynbelasting verloor weens die verbod op die verkoop van sigarette en tabak. Twee nuwe hospitale met 5 000 ventilators kon met dié geld gebou word, voer 13 groepe in ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa aan. “Mens sou 54 nuwe skole kon bou, 25 000 verpleegsters en dokters betaal, én 20 000 laerskoolonderwysers se salarisse bekostig. Of 23 miljoen kospakkies kon versprei en meer as 8 000 bekostigbare huise gebou word.” Sluikhandel in sigarette (wat tydens die inperking die hoogte ingeskiet het) lei tot ’n verlies van R7 miljard per jaar in staatsinkomste.

sou hierdie werkers eers tydens vlak 1 van die inperking kon werk. Hierdie sektor bestaan grootliks uit kleinsakeondernemings en alleen-eienaars wat sedert die aanvang van die staat van inperking nog geen inkomste kon verdien nie en dus nie hulle werkers kon betaal of vir hul gesinne kon sorg nie. Een van die grofste skendings van mense se reg om te werk, is die departement van maatskaplike ontwikkeling se stilswye oor die heropening van privaat kleuterskole. Met die heropening van skole en by uitstek departementele kleuterskole, sou die logiese gevolgtrekking wees dat hierdie reël ook van toepassing sou wees op die privaat sektor. Dit blyk egter nie so te wees nie en die verskillende departemente in die kabinet het dus weer teenstrydige regulasies uitgevaardig. Solidariteit het briewe aan die betrokke departement, sowel as aan

die departement van samewerkende regering gerig, maar dit het op dowe ore geval en gevolglik is hofstukke ingedien. Selfs met die verslapping van vlak 3 in Junie het die heropening van hierdie sektor nie ter sprake gekom nie. Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum het egter op 6 Julie ’n oorwinning in die hof behaal toe gelas is dat private kleuterskole en dagsorgsentrums onmiddellik mag open. Vir die gewone werkende SuidAfrikaner is die diskriminerende en onlogiese regulasies ’n magspel deur die regerende party. Dit laat vrae ontstaan oor die doel van die inperking en die reëls en regulasies wat daarmee saam kom. Regte word ingeperk en mense word verhoed om te werk en ’n inkomste te verdien sodat hulle vir hul gesinne kan sorg. Solidariteit sal aanhou om teen

hierdie skending van regte te veg. Dit is ’n geveg om oorlewing, vir elke individu, maar ook vir die groter ekonomie. Dit is ’n geveg vir vryheid en vir demokrasie. Suid-Afrika is nie ’n polisiestaat nie. Sy burgers behoort nie deur ’n weermag ingehok te word nie. Ons is mense wat mag: Ons mag kies hoe ons ’n inkomste wil verdien, ons mag gaan werk en ons mag verantwoordelik optree om self ’n gesonde omgewing by ons werk, skool en kerk te verseker. Ons mag kies om ons kinders te laat skool gaan en te laat versorg. As individue mag ons vrylik die dienste kies waarvan ons gebruik wil maak. Ons is nie die staat se onkundige kinders wat hy agter slot en grendel moet hou onder die dekmantel van beskerming nie. Ons sal opstaan teen hierdie onderdrukking, ons sal aanhou veg en ons sal elke regmatige reg opeis.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

27


DAAR’S ONGELOOFLIKE KRAG OPGESLUIT IN ‘N BEROEPSGEMEENSKAP

SÓ SKEP ONS NETWERK VAN WERK at is ’n beroep nou eintlik? Die woordeboek sê dis ’n werkkring, vak of betrekking, maar in ons huidige omstandighede is dit iets wat net gedoen mag word indien dit as noodsaaklik geklassifiseer is, en dan ook net mits daar aan baie spesifieke veiligheidsmaatreëls voldoen word. Die tipe beroep wat jy beoefen, bepaal dus of jy nou ’n inkomste mag

geleenthede om te skep, herbou, op te bou en voort te bou. Dit geld ook vir jou beroep. Binne jou beroepsgemeenskap kan jy sterker staan saam met jou netwerk van werk. Dit is wat Solidariteit se beroepsgildes vir jou doen! Dit is jou unieke beroepstuiste waar ons saam dink en saam doen, waar jy sterker word saam met jou beroepsgemeenskap. Moenie alleen staan nie! Word vandag nog deel van ‘n beroepsgilde en slaan munt uit die wonderlike geleenthede wat Solidariteit jou bied!

verdien asook waar en hoe jy moet werk. Dit skep heelwat onsekerheid by mense oor die voortbestaan en volhoubaarheid van hulle beroepe en hulle toekoms in die werkplek. Jim Collins skryf in sy boek Great by Choice dat ons nie die toekoms kan voorspel nie, maar dat ons dit kan skep. Sy woorde is juis nou merkwaardig, want in hierdie tye is ons enigste sekerheid dat ons ons eie toekoms moet skep. Hoe skep jy ’n toekoms? Op jou eie kan jy net soveel bereik, maar saam is daar baie meer

KURSUSSE KENNIS

NETWERK

Die oeroue gesegde dat kennis mag is, geld steeds. Dit is belangrik dat jy op hoogte bly van die nuutste verwikkelinge in jou beroep. Solidariteit se beroepsgildes bring vir jou uitgesoekte beroepspesifieke nuus.

ILLUSTRASIES’: ISTOCKPHOTO.COM

Niemand verstaan jou uitdagings beter as iemand wat in dieselfde beroep as jy staan nie. Die gildes skep ‘n platform waar jy met mense in dieselfde beroep kan kontak maak deur Facebook, WhatsApp-groepe en netwerkgeleenthede.

28

Maak jouself onmisbaar in jou beroep deur nooit op te hou leer nie. Die beroepsgildes bied kursusse in samewerking met S-Leer aan in die vorm van webinare, e-leermodules en seminare wat jou vaardighede in jou beroepsveld sal uitbrei.

2 1

3

WAGHOND Beroepsgildes hou wag oor kwessies wat jou in jou beroep kan benadeel, soos onredelike wetswysigings. Ons kan vir jou beroepsgemeenskap opstaan sonder om jou uit te sonder.

MENTORSKAP Deel jou kennis deur as mentor by een van ons gildes betrokke te raak en verseker só die voortbestaan van jou beroep. Ons bied ook saam met Solidariteit Jeug plasings en internskappe vir ons jongmense.

4 5

Indien jy nog nie deel van jou beroepsgilde is nie, kontak ons by www.gildes.co.za of stuur ’n e-pos na gildes@solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



REDDINGSBOEI vir jou onderneming

ie Covid-19-inperkingsmaatreëls plaas groot druk op ondernemings, wat nou slim te werk moet gaan om te sorg dat hulle oorleef. Een manier om dit te doen, is om doeltreffend gebruik te maak van nuwe tegnologie. Jou onderneming se bemarkers en kommunikasiepraktisyns kan hiermee help en kan die reddingsboei skep wat jou onderneming in dié tyd kop bo water laat hou. Jy dink dalk dat jy geld kan spaar deur bemarking en kommunikasie by jou onderneming af te skaal, maar dit is juis nou belangrik om hierdie funksies optimaal te gebruik om jou onderneming reg te posisioneer. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns en Searchenginejournal.com gee die volgende tien nuttige wenke:

KRY INLIGTING Gesels met jou kliënte en jou werknemers. Navorsing oor kliënte se ervarings en verwagtings is net so waardevol as jou werknemers se kennis van spesifieke produkte, dienste en die maatskappykultuur. Hou deeglik rekord van jou navorsing en gebruik die inligting om jou strategie aan te pas of te verfyn.

TOETS WEBTUISTE Maak seker dat jou onderneming se webtuiste optimaal funksioneer, ook wat die tegniese aspekte betref. Werk al die skakels? Is dit maklik om te verstaan en te gebruik? Is daar ’n logiese vloei van inligting? Is al die inligting wat verskyn op datum?

ONTWIKKEL WEBINARE Altesaam 91% van mense in die beroepswêreld verkies webinare as opleidingsmedium. Ontwikkel webinare vir jou onderneming om opleiding oor ’n spesifieke produk aan kliënte te gee of belangrike inligting aan hulle te kommunikeer. Skep ’n databasis wat jy deurlopend kan gebruik. Die internet bied heelwat praktiese wenke hieroor.

KRY JOU SPASIE ÉN JOU DENKE AGTERMEKAAR As jy suksesvol wil beplan, moet jou kop skoon wees. Gee struktuur aan jou gedagtes en aksieplan om jou maatskappy staande te hou deur jou administratiewe spasie skoon te maak. Ruim die lêers op jou rekenaar op, vee onnodige inligting uit en finaliseer kontrakte en bestellings waar nodig. Skerp jou kennis en vaardighede op deur by www.s-leer.co.za ’n paar aanlyn kursusse of webinare te doen.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

DOEN INHOUD-OUDIT

30

“The gap between what is expected and what you deliver is where the magic happens, in business and in life.

Doen ’n mini-oudit van jou onderneming se webtuiste, standaard e-poskommunikasie met kliënte, intranet, beleidsdokumente, infografika, artikels, foto’s en dies meer. Wees krities. Watter webplasings en skakels word die meeste gebruik en genereer die meeste bestellings? Gebruik die resultate om jou onderneming se strategie te herdink en vars inhoud te skep.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

VIND NUWE SOEKENJINS Om ’n teenwoordigheid op soekenjins soos Google te hê, was dalk tot dusver goed genoeg, maar ondersoek gerus ook ander platforms en bepaal of die bestaande strategie werklik vir jou onderneming gewerk het. Stel vas of daar bykomende bemarkingsgeleenthede op die web is, soos video-mallemeules en paragraafbrokkies, en maak seker dat jou onderneming hoog genoeg gelys word in die soekresultate wat soekenjins oplewer.


RESENSIESTRATEGIE Die internet is oorlaai met resensies van maatskappye se produkte waarop daar nooit gereageer word nie. Skerp jou kliëntediens en reputasie op deur ’n strategie vir terugvoer op resensies op te stel. Moenie tyd mors op stokou resensies nie, maar fokus liewer op die mees onlangse plasings.

NEEM VIDEO’S OP Video’s se gewildheid het baie toegeneem tydens die inperking en kan daartoe bydra dat jou onderneming beter soekresultate kry. Laat jou kommunikasiepraktisyns jou help om jou video’s te verbeter en verder te versprei.

EVALUEER TEGNOLOGIE

REIK UIT NA KLIËNTE

Jy kan dalk nie nou duur nuwe tegnologie aanskaf nie, maar bepaal of die bestaande tegnologie wel tot jou en jou personeel se voordeel gebruik word. Wat het jy werklik nodig om ’n voorsprong bo jou mededingers te kry?

Indien jou kliënte gewoond is om gereeld van jou te hoor deur ’n SMS, op sosiale media en per e-pos, gaan voort met hierdie kommunikasieverhouding. Koester jou gevestigde verhoudings. Sorg dat jy in hierdie tyd vir jou kliënte gemoedsrus gee. Kommunikeer die maatreëls wat jy ingestel het om jou kliënte se veiligheid te verseker. Kliëntevertroue word in ’n oogwink afgebreek, maar dit neem jare om weer op te bou.

Is jy al deel van jou beroepsgilde? Vir meer inligting oor jóú beroepsnetwerk, artikels, wenke, riglyne en opleiding, besoek www.gildes.co.za

10


GESONDHEIDSWERKERS

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

JOU WERK IS ONS HARTSAAK

32

esondheidspraktisyns en verpleegkundiges werk daagliks in uiters moeilike omstandighede terwyl hulle hul passie uitleef – om mense te help. Dit is ook hulle sektor wat die ergste deur die uitbreking van Covid-19 geraak word. Die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns en die Beroepsgilde vir Verpleegkunde is die beroepsnetwerke wat as waghond optree vir dié beroepe. Dis ’n netwerk waar lede van hierdie beroepe geborgendheid in hulle beroepsgemeenskappe ervaar en kan leer. Omdat die gildes verstaan dat ons gesondheidspraktisyns en verpleegkundiges ’n nasionale bate is, het die gildes onlangs ’n vyfpuntplan bekendgestel met die doel om: Alle gesondheidswerkers ingelig te hou oor hulle regte in verband met beroepsveiligheid; Griewe namens die professie te hanteer en bystand te verleen in gevalle waar lede se regte met betrekking tot beroepsveiligheid misken word; Opleiding te verskaf en raad te bied rakende persoonlike veiligheid by die werkplek; Algemene bystand te verleen in gevalle waar gesondheidspraktisyns ondersteuning benodig na aanleiding van voorvalle wat hulle oorweldig en sonder hoop gelaat het; en ’n Kanaal daar te stel waardeur gesondheidspraktisyns met die

Beroepsgilde kan kommunikeer vir bystand in gevalle van misbruik. Na aanleiding van hierdie plan het die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns en die Beroepsgilde vir Verpleegkunde ’n ope brief aan die minister van gesondheid gestuur waarin verneem is watter maatreëls die regering volg om die veiligheid van gesondheidswerkers te verseker. Die minister het bevestig dat daar ’n algemene tekort aan beskermende drag was en dat daar probleme met die aankoop daarvan was. Die Beroepsgildes het lede dus bemagtig met die nodige inligting oor die gebruik van beskermende drag tydens die Covid-19-krisis, en het ’n volledige opleidingskursus ontwikkel en saamgestel, gebaseer op die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne in verband met die dra en gebruik van beskermende klere, wat gesondheidspraktisyns kan voltooi en ’n sertifikaat ontvang. Die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns en vir Verpleegkunde het egter steeds klagte oor tekorte aan beskermende drag ontvang, en het daarom ’n sentrale platform geskep waar gesondheidspersoneel hulle klagte, versoeke en voorstelle kon indien. Die doel hiermee was om klagte te sentraliseer, te bepaal wat presies elke klag, versoek of voorstel is en waar dit plaasvind. Daar is tot op datum 59 gevalle hanteer wat deur paramedici, aptekers, algemene praktisyns en verpleegkundiges aangemeld is. Alle klagte word opgesom en deur Solidariteit se sektorkoördineerder vir die mediese

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

bedryf aan die relevante owerhede oorhandig, met gunstige uitkomste. Data vir die tydperk van Januarie tot April 2020 wat by MediSwitch, Healthbridge en Xpedient bekom is, het aangetoon dat mediese eise vir alle dissiplines met 37% gedaal het in April 2020 in vergelyking met April 2019. Die afname in die getal eise van Januarie tot Maart 2020 was 42%. Die getal praktyke wat eise in April 2020 ingedien het, het met 1 890 gedaal, waarvan 1 243 ondersteunende dienste was, 237 algemene praktisyns en 410 spesialispraktyke. Algemene praktisyns het ’n afname in konsultasies van tot 43% getoon, spesialiste tot 33%, tandartse tot 61% en optometrie tot so hoog as 91%. Verpleegsters se salarisse is met 30% gesny, en waar fisioterapeute tot 20 pasiënte op ’n dag gesien het, het hulle in ’n stadium net twee gesien. Tandtegnici het geen inkomste getoon nie en radioloë het werknemers afgelê. Die Gilde vir Gesondheidspraktisyns en die Gilde vir Verpleegkunde sal voortgaan om in samewerking met Solidariteit se mediese sektor daadwerklik op te tree in die belang van alle gesondheidspraktisyns, -personeel en verpleegkundiges. • Is jy nog nie deel van hierdie netwerk nie? #StaanSaam met ons en sluit vandag nog aan by jou beroepsgemeenskap, want saam is ons sterker! Vir meer inligting besoek www.gildes.co.za of SMS die woord GESOND of VERPLEEG na 34802 (R1/SMS).


Doen jou deel en verseker ’n

GESONDE WERKPLEK ie meeste van ons het onlangs ná ’n paar weke van afsondering teruggekeer na ons werkplek. Die werkplek lyk anders, maar dis met ’n goeie doel. Daar is streng maatreëls ingestel om die verspreiding van Covid-19 te voorkom, maar ook om te keer dat jy dit oordra. Die maatreëls is noodsaaklik om ’n gesonde werkomgewing te handhaaf sodat ons gesond kan werk en veilig kan voel. Dit gaan nie binnekort verander nie en daarom moet ons ’n ingesteldheid ontwikkel om deurlopend paraat en bewus te wees van wat om ons aangaan. Raak dus maar gewoond aan daardie masker, want jy gaan dit nog lank moet dra en dis tot voordeel van ons almal.

HOE LYK GESONDE WERKPLEK?

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof: Solidariteit

werknemers gee oor die nuwe gesondheidsbeleid, die veiligheidsmaatreëls wat toegepas moet word en die huidige stand van sake. Elke werkplek se unieke omstandighede, soos die aantal werknemers en grootte van die gebou, sal bepaal watter maatreëls nodig is, maar almal moet hulle deel doen om ’n veilige werkplek te verseker sodat hulle en hul kollegas se gesondheid beskerm word.

WENKE VIR VEILIG WERK ingestel is om ’n gesonde werkplek te verseker. Werkgewers moet hul werknemers daagliks ’n siftingstoets vir Covid-19 laat ondergaan sodra hulle by die werkplek kom. Buiten handreiniger wat om elke hoek en draai beskikbaar moet wees, is daar ook talle ander administratiewe maatreëls wat hulle moet implementeer. Werkgewers moet vooraf ’n risikoontleding doen en moet opleiding aan

Hou ’n gesonde afstand (minstens 1,5 meter van jou kollegas af) Was jou hande gereeld of gebruik handreiniger Moenie aan jou gesig vat nie Hoes of nies in jou gebuigde elmboog Dra jou masker, want dit beskerm jou en jou kollegas (onthou ook om die masker gereeld te was en met ‘n warm yster te stryk). As jy enigsins siek voel, bly tuis!

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Werkgewers moet sorg dat al die maatreëls wat die regering voorskryf,

Solidariteit sê almal wat gesond kan werk, moet werk. Die keuse is nie tussen werk en gesondheid nie, maar vír gesonde werk.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

33


Op soek na werk of werknemers?

WERKNET WÉRK! baie mense werkloos gelaat is omdat sakeondernemings moes sluit of hulle werkerskorps moes verklein. Daarom bied Solidariteit Werknet vir jou ’n gratis aanlyn platform waar werknemers en werkgewers mekaar in Afrikaans kan ontmoet. Met hierdie platform kan jy ’n werkgeleentheid in jou spesialisveld en in die woonbuurt van jou voorkeur soek, gratis en in jou taal! Soek jy ’n geskikte kandidaat om deel te word van jou dinamiese span? Gaan adverteer dan op Werknet! Werknet bied jou ook die opsie om jou soektog te verfyn sodat jy presies kry waarna jy soek. Werknet is gebou met die gedagte dat dié wat wíl werk, móét werk! Waarom Werknet eerder as ’n ander aanlyn portaal? Werknet maak jou deel van Solidariteit se netwerk van werk. Binne hierdie netwerk word

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

mdat Solidariteit nog altyd gepoog het om meer as net ’n vakbond te wees, het ons oor die dekades heen deurlopend nuwe inisiatiewe uitgerol om hoop in hopelose situasies te bring, geleenthede te skep en saam ’n toekoms te bou. Een van die oplossings wat Solidariteit vir werksoekers en werkgewers bied, is Werknet. Ons glo dat ons in ’n verbond met mekaar staan, as taalgemeenskap, as kultuurgemeenskap, en natuurlik ook as werkgemeenskap. Werknet bring dié gemeenskappe bymekaar en bied dus wonderlike geleenthede vir die Afrikaanse beroepsmark. Ons weet dat Covid-19 ’n radikale impak op die beroepsmark het en dat

34

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

jy deel van ’n beroepsgemeenskap waar jy die geleentheid het om jou kennis en vaardighede uit te brei en te deel, verhoudings te bou en skouers te skuur met ander rolspelers in die bedryf, en dis die enigste plek waar jy kulturele geborgenheid gaan ervaar. Wat is die eerste stap? Besoek Werknet. Daar word daagliks nuwe poste en CV’s op Werknet gelaai. • Gaan registreer vandag nog jou profiel of laai jou pos op by www.werknet.co.za



Maatskaplike werkers se eie

Omgeegemeenskap aatskaplike werkers is die lig in ander se donker, die hoop wanneer mense niks meer oor het nie, maar om elke dag alles van jouself te gee ter wille van ander se welstand, kan jou eie liggie kort voor lank flouer laat brand. Hoe gemaak wanneer jy self in donker verval en nie weet hoe om daar uit te kom nie? Die omgewing waarin jy as maatskaplike werker beweeg, word gekenmerk deur trauma, emosies en ondankbaarheid. Jy verrig egter ’n

WORD VANDAG DEEL

Vir gratis selfverrykende webinare, artikels en riglyne, besoek jou beroepsgemeenskap se unieke Facebook-groep – Maatskaplikewerkersgilde. As beroepsgemeenskap glo ons aan saam dink, saam werk, en saam doen, want ons is #HierVirJou. onvervangbare taak wat soveel meer behels as om net met kinders te werk. Elke dag is anders en bring sy eie uitdagings, en dis onvermydelik dat jy by tye jou werk sal saamneem huis toe. Die Solidariteit Beroepsgilde vir

Maatskaplike Werkers verstaan hierdie omstandighede en uitdagings. Gaan na www.gildes.co.za en lees die nuttige welstandswenke op die blad vir maatskaplike werkers. Die wenke is geskryf deur mense wat in dieselfde beroep as jy staan, wat jou uitdagings ken en dit self ervaar het. Gebruik ook gerus die “gaan huis toe”-kontrolelys om seker te maak jy is emosioneel gereed om huis toe te gaan en van die dag se probleme te vergeet. Onthou dat jy nie jou beste kan gee indien jy moeg en uitgebrand is nie. Laat jou beroepsgilde jou help om jou lig weer helder te laat skyn.

SOLIDARITEIT, SOS WEN HOFSTRYD OOR KLEUTERSKOLE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

R

36

egter Fabricius het op 6 Julie in die guns van die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) beslis dat private kleuterskole en dagsorgsentrums daarop geregtig is om onmiddellik te mag heropen indien hulle dit veilig kan doen. Die twee organisasies het die saak teen die departement van maatskaplike ontwikkeling gevoer omdat geen aanduiding gegee is van ’n vasgestelde datum ten opsigte van die heropening van hierdie instansies nie. Volgens ’n mediaverklaring wat op 5 Junie uitgereik is, het die departement van maatskaplike ontwikkeling aangedui dat die sektor vir vroeë kinderontwikkeling, wat uit graad Ren jonger leerders bestaan, nie tydens vlak 3-inperking sal heropen nie, maar Fabricius het dit as onregmatig verklaar. “Ons is verheug oor die uitspraak. Dit beteken verligting vir duisende ouers vir wie dit nou weer moontlik gaan wees om hul kinders in die sorg van hul bekwame onderwysers te laat vir die stimulasie en leer wat kinders so broodnodig het,” sê Marisa Engelbrecht,

sektorhoof van die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers. “Wat nog meer gerusstellend is, is dat hierdie kinders nou weer in ’n veilige omgewing kan wees en dat die kinders wat van voedingskemas afhanklik is, weer met vol magies kan leer en optimaal kan ontwikkel.” Die beroepsgilde en die SOS het aangevoer dat die kleuterskole en dagsorgsentrums ter sake ten volle toegerus en voorbereid is om kleuters te ontvang binne die veilige omgewing wat hulle daargestel het en daarom sou daar geen verdere rede wees om kinders te verhoed om skool toe te gaan nie. Fabricius het ook beveel dat die departement Solidariteit en die SOS se

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

regskoste moet dra. Die departement het versuim om sy hofstukke in te dien of om enige ander reaksie te toon soos gedurende hofprosesse van hom verwag word. In antwoord hierop het Fabricius sy sterk misnoeë teenoor die departement van maatskaplike ontwikkeling oor die hantering van die saak uitgespreek, veral in die lig daarvan dat dit oor jong en weerlose kinders se beste belange handel. “Volgens die uitspraak is die staat met geen ander keuse gelaat as om die heropening van kleuterskole en dagsorgsentrums toe te laat nie,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidsregsdienste, gesê. “Onderwysers kan hul dienste hervat en die talle personeellede wat ook onder hierdie sinlose stilswye van die departement gely het, kan nou weer daarna uitsien om gesond en veilig te werk. Hierdie oorwinning is nie net ’n oorwinning vir kleuterskole en dagsorgsentrums nie, maar dit is ’n oorwinning vir elke Suid-Afrikaner wat wil opstaan teen die onbillikheid van die regering se inperkingsmaatreëls,” het Van der Bijl gesê.


TEGNIESE BEROEPSLUI Onmisbares wat land aan die beweeg hou wat ’n passie vir hulle roeping het. Ons mense in hierdie beroepe is deel van die gemeenskap waarin ons funksioneer en vergemaklik die manier van dinge doen vir ons samelewing. Jou werk is ons werk, en daarom bemagtig die Beroepsgilde vir Tegniese Beroepe jou om jouself te verbeter, kennis op te doen, skouers te kan skuur met ander in jou beroep, en jouself onmisbaar in jou werkplek te maak. Die Beroepsgilde vir Tegniese Beroepe bestaan uit ambagslui, ingenieurs en persone in die lugvaartberoepe. Dit is mense wat die vermoë het om met hul kennis van Wetenskap en Wiskunde asook die praktiese toepassing daarvan, realistiese skeppings of nuwe uitvindsels na vore te bring wat ons in hierdie ongekende tye ’n beter kans op oorlewing gee. Dit is hierdie mense wat die vermoë het

om onbruikbare produkte weer funksioneel te maak en wat die gawe het om probleemoplossing tot nuwe vlakke te neem. Hierdie vaardighede is van onskatbare waarde in ons samelewing en moet gekoester word. Die Beroepsgilde vir Tegniese Beroepe is ’n beroepsgemeenskap waar mense met dieselfde passie saamstaan en help bou aan ’n netwerk waar ons mekaar in ons onderskeie beroepe kan ondersteun. • Ervaar geborgenheid in jou beroep tussen mense wat jou verstaan, jou taal praat en jou passie deel. Besoek www.gildes.co.za

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ie afgelope tyd se inperking het Suid-Afrika tot stilstand gedwing en dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, soos om per vliegtuig na ’n ander stad te reis om vir ’n dag daar sake te doen, was skielik nie meer moontlik nie. In hierdie tyd het dit duidelik geword dat dit mense in tegniese beroepe is wat die land letterlik aan die beweeg hou. Die land se ingenieurs het na vore getree en gehelp met die ontwikkeling van nuwe respirators vir mense wat die koronavirus opdoen. Ambagslui ontwerp, bou en hou masjinerie in stand en speel ’n belangrike rol om die ekonomie aan die gang te hou. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Tegniese Beroepe bestaan uit mense

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

37


FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

PENSIOENFONDSBYDRAES TYDENS COVID-PANDEMIE

38

ie verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op individue en maatskappye se finansies het tot gevolg dat talle instansies soos banke, ander kredietverskaffers, versekeraars en selfoonmaatskappye verskeie kredieten paaiementverligtingsopsies aanbied. Oor die voor- en nadele van hierdie opsies word daar wyd bespiegel, maar die feit bly staan dat individue en maatskappye wat ’n gedeeltelike of volle verlies aan inkomste gaan hê (en reeds het) geen ander uitweg het as om hierdie verligtingsopsies te oorweeg nie. Die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor (FSCA) het op 26 Maart vanjaar ook sy voorgestelde verligtingsopsies bekendgemaak wat ingevolge artikel 13A van die Wet op Pensioen-

fondse 24 van 1956 vir werkgewers van lede van pensioenfondse beskikbaar is.

WAT BEPAAL ARTIKEL 13A VAN WET OP PENSIOENFONDSE?

Ingevolge artikel 13A moet die werkgewer van lede van pensioenfondse die werknemers se pensioenfondsbydraes asook die werkgewersbydrae (indien enige) ten volle aan die fonds oorbetaal, nie later nie as sewe dae ná die einde van ’n maand, ooreenkomstig die reëls en regulasies van die spesifieke fonds. Die meeste fondse het egter bestaande maatreëls wat werkgewers kan toepas indien hulle in finansiële moeilikheid sou beland. Dié maatreëls sluit in: Voorsiening vir tydelike afwesigheid van werk (met of sonder vergoeding); Voorsiening vir gevalle waar daar ’n tydelike onderbreking van diens is (waar werknemers vir een of ander rede nie kan werk nie); en

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Uitstel vir bydraebetalings en/ of vermindering van pensioengewende diens (ten opsigte van werknemers wat minder ure werk). Dit is belangrik om te onthou dat alle fondse nie dieselfde maatreëls toepas nie en dat werkgewers die ooreenkoms met hulle fonds moet nagaan om te bepaal watter (indien enige) maatreëls op hulle van toepassing sal wees tydens Covid-19.

WAT HET FSCA VOORGESTEL?

Omdat die FSCA bewus is van die finansiële uitdagings wat Covid-19 teweegbring en besef dat daar werkgewers en werknemers is wat nie in staat is om die maandelikse artikel 13Abydraes ten volle of gedeeltelik aan hul fondse te betaal nie, het die FSCA besluit om maatreëls uit te reik kragtens artikel 13A van die Wet om werkgewers wat nie pensioenfondsbydraes namens


hul werknemers aan dié se pensioenfondse kan betaal nie, tegemoet te kom.

WAT BEHELS DIÉ MAATREËLS?

Indien fondse maatreëls ingestel het vir die opskorting of vermindering van bydraes soos bo bespreek, geld die volgende: By ontvangs van formele versoeke deur werkgewers moet die rade van fondse dit oorweeg en die toepaslike reël(s) toepas, gegewe die spesifieke omstandighede van die werkgewers. Fondse moet poog om te verseker dat die risikovoordeelpremies ten volle betaal word, aangesien dit sal verseker dat die fondsrisikovoordele voortgaan.

Indien fondse nie maatreëls vir die opskorting of vermindering van bydraes het nie, geld die volgende: Fondse moet dringend toepaslike reëlwysigings aan die FSCA voorlê, ná afloop van onderhandelings met hul lede (werkgewers). Die gewysigde reëls moet geregistreer word. Die datum waarop dié reëlwysigings in werking tree, moet bepaal word op grond van die ooreenkoms tussen die fonds en die werkgewer. Gegewe die huidige omstandighede sal fondse slegs ’n brief en ’n ongestempelde weergawe van die reëlwysiging van die FSCA ontvang. Fondse sal die gestempelde weergawe van die reëlwysiging ontvang sodra sake

soos gewoonlik hervat word. Fondse moet daarop let dat geen addisionele reëls (of reëlwysigings) buiten dié wat bo uiteengesit is, deel moet wees van die voorlegging aan die FSCA nie. Fondse moet enige wysigings dringend aan die FSCA voorlê. Daar word van fondse verwag om rekord te hou van al hulle lede wat as gevolg van die pandemie hul bydraes opskort of verminder. Hierdie rekord moet op versoek aan die FSCA voorgelê word. Fondse moet geaffekteerde lede voorts binne 30 dae in kennis te stel van die versoeke wat deur hulle werkgewers ingedien is om bydraes te verminder of op te skort.

Solidariteit Finansiële Dienste (FSP 15556) bied onafhanklike advies oor finansiële behoeftes soos aftreebeplanning, inkomstebeskerming en boedelbeplanning. Skakel 0861 101 005 of stuur ’n e-pos na advies@sfdienste.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

39


BAKEN VAN HOOP

BGV-afdeling se spesialiste staan Solidariteit-lede met raad en daad by

olidariteit het ’n afdeling wat spesialiseer in beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV). Die werk wat dié afdeling tydens die Covid-19krisis doen, bewys weereens watter belangrike rol hierdie afdeling speel om lede se belange in die werkplek te beskerm en as ’t ware ’n monument van hoop vir lede te wees. Die spesialiskennis waaroor die professioneel gekwalifiseerde lede van hierdie afdeling beskik, is tydens die Covid-19-pandemie selfs meer waardevol. Die BGV-afdeling hanteer ’n groot aantal navrae met betrekking tot Covid-19 wat van bekommerde lede ontvang word.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

DÍT WIL LEDE WEET

40

Die navrae handel onder meer oor: Vrees vir ongesonde en onveilige werkplekke; Bekommernisse oor terugkeer werk toe; Spesifieke werkplekuitdagings; Of ’n lid mag weier om in ’n werkplek te werk waar Covid-19-reëls en -regulasies nie nagekom word nie; Of ’n lid wat siek word en positief vir Covid-19 toets weens blootstelling by die werk sal kan eis by die Vergoedingskommissaris, met ander woorde of Covid-19 as ’n beroepsiekte of besering aan diens kwalifiseer; Wie moet betaal vir maskers, handreiniger en persoonlike beskermingstoerusting;

Wat ’n lid kan doen indien sy werkgewer vereis dat hy ’n vrywaringsvorm moet teken; Of ’n werkgewer ’n werknemer mag dwing om terug te keer kantoor toe pleks van om tuis te werk; Hoe ’n werknemer se privaatheid oor sy mediese toestand beskerm word; Hoe siftingstoetse uitgevoer moet word; Of ’n werknemer verplig is om ’n Covid-19-toets te laat doen op eie koste indien die werkgewer dit versoek; en Wat die werknemer se regte is indien die werkgewer hom sou viktimiseer.

HIERDIE SEKTORE VRA

Die BGV-afdeling ontvang veral navrae van lede in die volgende sektore: Mediese professies soos verpleegsters, dokters en tandartse; Onderwysers; Die Suid-Afrikaanse Polisiediens; Die departement korrektiewe dienste; Justisie; Die konstruksiebedryf; Die kleinhandel; Die metaal- en ingenieursbedryf; Landbou; en Mynbou. Omdat die virus en die impak daarvan op die werkplek nog relatief nuut en onbekend is, en die inperkingsregulasies voortdurend gewysig word, doen die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

BGV-span deurlopend navorsing om op hoogte te bly. Alle navrae word deeglik beantwoord en lede is baie dankbaar vir die inligting wat verskaf word. Adv. Paul Mardon en adv. Hanlie van Vuuren van die BGV-afdeling gee ook deurgaans gespesialiseerde en waardevolle insette oor beroepsgesondheid en -veiligheid asook oor Covid-19-reëls en -regulasies aan Solidariteit se Koronakrisissentrum. Mardon en sy span het voorts Solidariteit se Goeie Praktykkode vir gesonde terugkeer werk toe geskryf wat in verskeie bedrywe toegepas word. Die spanlede, dr. Johan Böning, De Wet Blaauw, Nikki Prinsloo en Jacques Benade, het lang ure gewerk om lede te adviseer en te ondersteun, maar ook om maskers, handreiniger en kospakkies uit te deel! Die pandemie, wat ’n primêre gesondheidsprobleem is, het weereens getoon hoe belangrik dit is om aan Solidariteit te behoort, veral ’n netwerk wat sy lede se belange en regte op die hart dra! Indien lede enige vrae oor beroepsgesondheid en -veiligheid het, kan hulle dit e-pos na badbgv@solidariteit.co.za. Ons leef in uitdagende tye waarin ons opnuut besef hoe belangrik dit is om hoop uit te dra en hoop te leef. Ons hoop is gevestig in ons geloof in ’n almagtige Hemelse Vader, ons ewige hoop! • Dr. Johan Böning is ’n senior regspraktisyn: beroepsgesondheid en -veiligheid.



GESONDHEID IN SKOLE

FOTO’S: MIA SLABBERT & WILMARIÉ BRAND

Solidariteit stel omvattende kode vir goeie praktyk in skole beskikbaar

42

kole het op 1 Junie ná ’n lang onderbreking heropen vir leerders in graad 12 en graad 7, terwyl leerders in ander grade in Julie en Augustus terugkeer. Leerders en onderwysers moet egter streng gesondheidsmaatreëls navolg om almal se veiligheid te verseker. Solidariteit het voor die heropening van skole ’n omvattende kode vir goeie praktyk in skole opgestel wat aan talle skoolhoofde en beheerliggame oorhandig is. Dié praktykkode bied riglyne aan skole oor hoe om die Covid-19-risiko te bestuur en aan alle tersaaklike wetgewing en regulasies te voldoen. Solidariteit se kode vir goeie praktyk wil help dat ouers nie hoef te kies tussen gesondheid en skole nie, maar vír gesonde skole. Die doel is om skole te help om die risiko’s van die Covid-19-pandemie so ver moontlik te beperk. Solidariteit het begrip vir ouers se onsekerheid en wil deur dié kode vir hulle gemoedsrus bied. Net soos werkplekke moet skole ook maatreëls instel wat leerders en onderwysers se gesondheid sal beskerm. “Ons kinders is vir ons kosbaar. Ons onderwysers is vir ons kosbaar. Ons wil ons onderwysers ondersteun sodat hulle gesond kan werk terwyl ons kinders gesond kan leer,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Midde-in die pandemie is dit belangrik dat ons die terugkeer van leerders op ’n verantwoordelike wyse bestuur en Solidariteit se kode vir goeie praktyk is juis opgestel om dit op ’n praktiese manier te kan doen.” Solidariteit wil aktief help om oplossings te kry. “Dit help nie om bloot eise te stel nie. Ons kom met konkrete oplossings. Covid-19 gaan nog baie lank met ons wees en ons moet metodes ontwikkel om met die virus saam te leef,” het Hermann gesê. Solidariteit se riglyne is omvattend

Heel bo: Hennie Bierman, hoof van Solidariteit Beroepsgildes (links), en dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, oorhandig Solidariteit se kode vir goeie praktyk aan Louis Dekker (middel), hoof van Laerskool Wierdapark in Pretoria. Bo: Rosa en Simon Brand van Laerskool Van Riebeeckpark in Kempton Park is gereed om veilig terug te keer skool toe danksy dié skool se deeglike veiligheidsmaatreëls.

en is van groot hulp vir skole met die implementering van maatreëls om die veiligheid van leerders en onderwysers op ‘n verantwoordelike wyse te bestuur. “Deur skole en onderwysers só

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

by te staan, word onderwysers bemagtig met kennis wat hulle aktief in die klaskamer en op die skoolterrein kan toepas sodat ons kinders en hul onderwysers die akademiese jaar op ’n gesonde manier kan hervat.”


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R135 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R150 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Premie is gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit Legal X isdienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële Beperk, dienste •FSP-nommer: FSP-nommer: finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy 755277


Hoe lyk die werkplek van die

toekoms?

ndanks al die ongemak en veranderings wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is, het dit wel ’n vars perspektief op die werkplek gebring. Hoe lyk die werkplek van die toekoms? Gaan ons ooit weer ’n voldag by die kantoor werk, sal daar nog kantoorblokke wees? Is ’n pos by een van die groot maatskappye wat duisende mense aanstel nog ’n potensiële loopbaan wat ’n jongmens moet nastreef? Solidariteit Jeug het ondersoek gaan instel.

Werk-lewe-balans

In ’n onlangse studie wat onder 1 000 werknemers in die VSA gedoen is, het 75% van die respondente aangetoon dat tegnologie tot ’n beter werklewe-balans sal lei, wat beteken dat maatskappye meer buigsame werkure vir hulle werknemers sal aanbied en dat meer werk tuis of van êrens buite die kantoor, soos in ’n koffiewinkel, gedoen sal kan word. Dit sal werknemers in staat stel om meer tyd aan hulle persoonlike lewens te spandeer. Een van die redes vir hierdie ontwikkeling is natuurlik die toename in die aantal huishoudings met twee werkende volwassenes, wat die versorging en vervoer van kinders kompliseer. Tegnologie kan beteken dat die loopbaan van die toekoms nie ten koste van ’n stabiele huishouding hoef te kom nie.

Die rol van tegnologie

Tegnologie sal ook die manier verander waarop groot projekte aangepak word. Soos wat verskeie rekenaarspeletjies reeds in virtuele ruimtes plaasvind, gaan maatskappye ook al meer van versterkte realiteitstegnologie (augmented reality) gebruik maak. So kan ’n ingenieur byvoorbeeld in Johannesburg voor sy rekenaar sit en ’n virtuele toer by ’n myn in Angola onderneem, sonder dat dit sy werkgewer duisende rande aan reis-en-verblyfkoste hoef te kos. Die departement van verdediging in die VSA het in 2018 aangekondig dat kunsmatige intelligensie gebruik gaan word om dokters op ’n afstand ’n prosedure te laat uitvoer deur al hulle sintuie te gebruik. Dit beteken hulle kan ruik en voel wat aangaan, selfs al is hulle in ’n ander land as die pasiënt. Al hierdie ontwikkelings verlaag produksiekoste, wat tot laer pryse of groter winste kan lei vir ondernemings, en ’n toename in doeltreffendheid vir regerings.

44

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


Kantoorspasie in gedrang

Wees aanpasbaar en veerkragtig!

Die nodigheid vir kantoorspasie en ’n kantoorkultuur kom ook nou in gedrang. Die fisieke uitleg en aard van die kantoor, maar ook die bestaan daarvan, word reeds ondersoek. Een idee wat sterk na vore kom, is om ’n buigsame kantoorruimte te hê, waarmee ’n moderne oopplanruimte bedoel word waar elke werker nie ’n lessenaar het soos in die verlede nie, maar gaan sit waar hulle nodig is. Verskeie maatskappye in SuidAfrika, soos Sasol en PwC, pas reeds ten dele hierdie model toe. Die model sal beteken dat daar minder as een lessenaar per werknemer is, omdat daar aangeneem word dat almal nie op dieselfde tyd daar sal wees nie.

D

Gemeenskappe in beroepe gevorm

E-pos word tyd mors

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Een van die grootste probleme vir die moderne werker is die massiewe hoeveelheid tyd wat aan e-pos afgestaan word. ’n Onlangse studie toon aan dat gemiddeld 28% van ’n werknemer se werkweek aan die lees en stuur van e-pos spandeer word, dit is bykans 12 van die beskikbare 40 werkure in ’n week. Hierdie las is onnodig, omdat samewerkende programme soos Google Docs en soortgelyke produkte ’n e-posstring onnodig maak. Mense kan eerder saamwerk as om oor en weer nuwe weergawes van ’n dokument te stuur. Ook hier is ’n toename in produktiwiteit moontlik.

’n Toename in deeltydse en vryskutwerk sal daartoe lei dat meer mense nie meer in diens van ’n groot maatskappy gaan wees nie, maar vir hulleself gaan werk. Hoe werk beskerming en geborgenheid in só ’n wêreld? Die antwoord lê in wat ons by Solidariteit noem beroepsgildes – gemeenskappe waar mense wat in dieselfde veld werk, bymekaar kan kom en praat oor die tendense, standaarde en toekoms van hulle beroep. Sodoende besluit die mense wat in ’n veld werk, self oor die toekoms van daardie veld.

Kritiese denke en menslike interaksie Hoewel daar baie verskille oor die werkplek en die loopbane van die toekoms is, stem die meeste denkers saam dat menslike eienskappe soos kognitiewe denke en emosionele vaardighede belangriker sal word, en dat die vermoë om eenvoudige, herhaalbare take te verrig, se waarde drasties sal afneem. Dit wat van mense mense maak, is dit wat belangrik sal wees in ons toekomstige loopbane. Hoe kan jy hierop voorberei? Die beste is deur aan te sluit by gemeenskappe waar menslike interaksie en kritiese denke aangemoedig en ontwikkel word.

ie Covid-19-inperkingsregulasies dwing ondernemings, entrepreneurs, werknemers en werkgewers om aan te pas by ’n nuwe manier van werk. In tye soos dié is die krag van gemeenskap broodnodig. Winston Churchill het gesê ons maak ’n bestaan danksy dit wat ons kry, maar ons lewe danksy dit wat ons gee. En wat is beter as om kennis te gee wat mense sal bemagtig om hulself te verbeter? Deur jou kennis op te skerp, sal jy voorbereid wees om die uitdagings en geleenthede van die toekoms aan te gryp. Wees bereid om te leer. Bemagtig jouself met kennis, want dit sal jou gerusstel en meer aanpasbaar maak. Met S-Leer kan jy jouself in jou taal bemagtig. Gesels met jou vriende en familie, kry hulle insette en moenie bang wees om nuwe idees op die proef te stel nie. Hoewel dit natuurlik is om verandering te wil weerstaan, probeer eerder om daarby aan te pas deur positief te reageer op situasies wat jou onkant vang. Onthou dat jy nie beheer het oor gebeure soos die Covid19-pandemie nie, maar dat dit wel binne jou beheer is hoe jy daarop reageer. Sluit aan by ’n doeltreffende ondersteuningsnetwerk. Word deel van jou beroep se gilde. Jou netwerk kan jou help om meer veerkragtig te wees. Bou jou selfvertroue deur betrokke te raak in jou gemeenskap, iets by iemand te leer en dan jou eie kennis met ander te deel. Die verandering wat Covid-19 meebring, bied aan ons talle geleenthede. Wees net aanpasbaar en veerkragtig, en jy sal floreer!

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

45


VAN GERINGE BYDRAES IN TAAI TYE TOT

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

ERFENISBAKENS

46

ie meeste erfenisterreine en museums ontvang nie noemenswaardige steun van owerhede of instellings nie, maar moet staatmaak op donasies, toegangsgeld en die verkope van verversings en aandenkings. Met die aanvang van die inperking in Maart het hierdie bronne van inkomste egter opgedroog. Donateurs moet hulle rieme dunner sny en besnoei op skenkings, terwyl besoekersgetalle aan instellings wat intussen heropen het, aansienlik minder is. Tog bly uitgawes vir restourasiewerk, instandhouding en personeelkoste onveranderd. Planne is nodig om te help met die voortbestaan van hierdie instellings wat die geskiedenis bewaar en oorvertel. Vele Afrikanerbakens is gebou met die donasies van gewone mense in moeilike tye en nie met staatsgeld nie. Ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is die verskroeide aarde wat die Britte agtergelaat het, heropgebou. Terwyl huise en boerderye uit die as verrys het, is erfenisbakens soos die Vrouemonument ook opgerig. Die hoeksteen van die Voortrekkermonument is in 1938 in die skaduwee van die depressiejare gelê en die monument is uiteindelik in 1949 ingewy, pas ná die Tweede Wêreldoorlog. Die publiek het daarvoor bygedra met muntleggings by skole, seëlverkope en ander skenkings. Afrikaners se geringe bydraes in taai tye het gesorg dat ons vandag erfenisbakens het om ons aan die soet en suur van ons verlede te herinner. Soos destyds sal die toekoms van onder meer die Voortrekkermonument ook nou afhang van die bydraes wat elkeen van ons maak. Mense wat geld wil skenk, kan die bankbesonderhede van enige erfenisbaken wat hulle na aan die hart lê, op die betrokke webtuistes of Facebook-blaaie kry. Hulp of

goedere is altyd welkom. Gaan plant bome of skenk die pak fotostaatpapier wat jy nie gebruik nie. Elke bietjie help! Intussen spoel die ideologiese branders van ons tyd steeds oor standbeelde. In Mei 2020 het ’n tribunaal finaal beslis dat die standbeeld van pres. M.T. Steyn van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus verskuif mag word. Dit sal voortaan by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein gehuisves word. AfriForum het enduit die behoud van die beeld op die kampus voorgestaan. Pres. Steyn was nie net ’n oorlogsheld nie, maar het ook ’n modelrepubliek help vestig en ná die Anglo-Boereoorlog, ten spyte van ernstige gesondheidsprobleme, sy volk bemoedig en die land help herbou. Anders as vele tydgenote het hy teen verengelsing standpunt ingeneem en die grondslag vir Afrikaans se status as amptelike taal gelê. Waar haat en bitterheid onder Afrikaners was, het hy versoening en eenheid bepleit en was hy ’n voorspraak vir onderwys en opleiding. Hierdie waardes is skynbaar nie vir die UV aanvaarbaar nie en daarom moet Steyn uit die openbare oog geskuif word om as net nog ’n kosbare vertoonstuk op ’n museumterrein te pryk. Intussen staan pres. Paul Kruger nog op Kerkplein in Pretoria. Op 8 Junie vanjaar is dié monument tydens ’n Black Lives Matter-optog na die Amerikaanse ambassade met rooi verf toegetakel. Op 18 Junie het die Voortrekkermonument se restourasiespan die monument skoongemaak. AfriForum het die arbeid en skoonmaakmiddels betaal. Die standbeelde lyk mooier as ooit. Dié skoonmaakaksie is nie net ’n bewaringspoging nie, maar ook ’n simbool van hoe ons ons nie deur vandale en ideologiese anargiste mag laat intimideer nie. Ons erfenis staar vele uitdagings in die gesig, maar as ons saamstaan vir die bewaring daarvan, is dit beslis nie onoorkombaar nie.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Mense dink dalk dat ’n volk se erfenis tydloos is, maar dit is net so broos soos ons mense wat die afgelope maande onder Covid-19 en inperkings deurgeloop het. Die ereplig om saam te staan vir die bewaring van ons erfenis rus nou nóg groter op ons skouers as ooit tevore.

Die standbeeld van die statige pres. M.T. Steyn staan nie langer op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat nie.



Ondersteun jou plaaslike kleinsakeondernemings. Lees meer op bladsy

24

G A R K P O JÓÚ KO

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

werk! kan diskriminasie teen

48

edert die begin van die staat van inperking het die getal ondernemings op die AfriForum Netwerk-platform van 3 000 tot byna 15 000 gegroei. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dié 400%-groei ’n aanduiding van die groot druk waaronder kleinsakeondernemings tans verkeer, asook van die behoefte aan hulp. Die AfriForum Netwerk is ’n aanlyn gids en inisiatief van AfriVriendelik waarop sake-eienaars gratis hulle ondernemings kan lys, terwyl verbruikers ook gratis op dié platform kan soek na verskillende kategorieë van sakeondernemings in hulle plaaslike gemeenskappe. Daar is ter wille van gehaltebeheer ’n funksie op die AfriForum Netwerk waar verbruikers terugvoer kan gee oor die dienste of produkte wat hulle van ’n gelyste onderneming ontvang het. Weens die staat van inperking sukkel veral klein, middelslag- en mikro-ondernemings (KMMO’s) om kop bo water te hou. Volgens Kriel het die regering se besluit om ras as maatstaf te gebruik om hulp aan ondernemings te gee, minderheidsgemeenskappe laat besef dat hulle hulself en mekaar sal moet begin help.

“Die ANC-regering se rasbehepte afkeur van minderheidsgemeenskappe het tydens die Covid-19-krisis tot nuwe vlakke van gemeenheid gedaal. Hoe is dit moontlik dat enige regering – veral in ’n tyd waarin duisende kleinsakeondernemings en hulle miljoene werknemers om oorlewing veg – ras as maatstaf vir die toekenning van hulp kan gebruik?” Volgens Kriel bied AfriForum se vegen-bou-plan ’n oplossing. Die veg-plan behels onder meer dat AfriForum en Solidariteit in die howe en internasionaal op verskillende platforms teen rassediskriminasie met Covid-19-hulp veg. Hy wys daarop dat steun vir plaaslike ondernemings deur ’n “helpmekaargees” gemeenskappe versterk. “Die helpmekaaringesteldheid het ons voorgeslagte deur krisisse gedra. Daar is geen rede waarom ons nie ook die Covid-19-uitdagings met ’n helpmekaaringesteldheid die hoof kan bied nie.” “Besighede moet as vennote saam aan ’n ondersteuningsnetwerk bou,” sê Sanderien van der Walt, bestuurder van

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

AfriVriendelik en die AfriForum Netwerk. “AfriForum Netwerk en AfriVriendelik dien as ’n gemeenskap van ondernemings en sakelui wat mekaar ondersteun en aanmoedig in hierdie onsekere tye. Dit is regtig lekker om te weet dat ons tans een van die grootste sakenetwerke in die land is en dat mense hulle vertroue in ons plaas.” Benewens die netwerk bied AfriVriendelik se webtuiste ook artikels wat fokus op arbeids-, finansiële en regskwessies asook die geleentheid om met ’n paneel raadgewers en kenners op dié gebiede te kommunikeer. Volgens Van der Walt fokus AfriVriendelik daarop om nou asook ná die tyd van inperking vir ondernemings netwerk- en bemarkingsgeleenthede te skep. Alle sake-eienaars, entrepreneurs, kleinsakeondernemings en selfs verbruikers kan ’n e-pos na afrivriendelik@ afriforum.co.za stuur om ’n onderneming gratis op hierdie gids te laat lys. Kriel sê die oproep om plaaslike ondernemings te ondersteun, word gedryf met die wete dat daar baie plaaslike ondernemings is wat gehalteprodukte en -dienste lewer. “Noudat die regering openlik weier om Covid-hulp aan sogenaamde ‘wit’ besighede te bied, kan ek en jy hierdie diskriminasie teenwerk deur dié ondernemings met ons koopkrag te ondersteun.”


BREEK WEG!

FOTO: VERSKAF

BYT & BUSKRUIT-REEKS BRING BEKORING IN GERIEF VAN JOU HUIS

et die aanvang van die koronakrisis in Maart is talle mense se planne vir ’n vakansie of wegbreeknaweek gekelder. Jy het dalk uitgesien om iewers by die see of in die bos te gaan ontspan, maar weens die finansiële impak van die krisis gaan jou planne glad nie vanjaar realiseer nie. Die Byt & Buskruit-reeks bied die ideale oplossing. Kykers kan sommer vanuit hulle leunstoele of op hulle selfone deel word van opwindende buitelugervarings soos jag en visvang. Byt & Buskruit word deur Forum Films in samewerking met Dapper Media en die sanger Adam Tas vervaardig. In hierdie unieke reeks neem ’n Suid-Afrikaanse bekende of kunstenaar kykers saam op reis. Kykers kan tuis die wonderlike natuurskoon op hul televisieskerm indrink, terwyl deelnemers hulle slag met gewere en hengelstokke wys. Hierdie eg Afrikaanse reeks bied ook aan kykers smullekkerresepte en disse wat met die dag se vangs voorberei word, asook oorspronklike kampvuurliedjies. In die eerste reeks het bekendes soos Chris Chameleon, Sorina Erasmus (die Flooze), Ichnus Wait, Wynand en Chereé, Pietman Geldenhuys, Rob Edeling, Steve Hofmeyr, Appel, Pieter Smith, Juan Boucher, Dewald Wasserfall, die oud-Springbok Bakkies Botha, Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Meyer le Roux, die man agter Buffelsfontein Baardolie, aan die jag- en hengelaktiwiteite deelgeneem. Die uitsoekbestemmings was die Thaba Lesodi-jagplaas in Limpopo, die Finfoot Lake Reserve in die Pilanesberg-gebied, die Sandveld-jagplaas in Noordwes, Mauritius, Okahandja in

Sarina Frauenstein het die geleentheid gekry om ‘n swartwitpens op Adam Tas se plaas plat te trek.

DAPPER MEDIA BIED OOK TUISKONSERTE AAN Die staat van inperking het kunstenaars ook swaar getref omdat kunstefeeste, konserte en optredes gekanselleer moes word. Baie van hulle het daarom begin om tuiskonserte aan te bied om die pot aan die kook te hou. Dapper Media, ’n inisiatief van AfriForum, het Afrikaanse kunstenaars en sangers as deel van die maatskappy se sosiale verantwoordelikheid bygestaan om ’n platform te skep waar hulle hul tuiskonserte kon oplaai. Van die kunstenaars wie se konserte reeds te sien was, is Appel, Jo Black en Pieter Koen. Namibië, Mosambiek, die plaas Buisdorings naby Koedoeskop in Limpopo, St. Helena-eiland, Hentiesbaai in Namibië, Shammah Game Lodge in Noordwes en Jozini in KwaZulu-Natal. Die tweede reeks van Byt & Buskruit het in Julie afgeskop. Die deelnemers aan dié programme sluit in Meyer le Roux, Nic Arnold, hoof van strukture en veiligheid by AfriForum, Sarina Frauenstein van Pretoria FM, en die kunstenaars Elvis Blue, Jan Rhaap en Wicus van der Merwe. Die bestemmings wat hulle besoek, is onder andere Miami in die VSA, Namibië, Knysna, Orania en Gazella Game Lodge in die Noord-Kaap. Frauenstein het in ’n onlangse episode haar slag in boogskietjag gewys en ’n swartwitpens op Adam se plaas op die grens tussen Botswana en Suid-Afrika platgetrek. “Dit was ’n wonderlike ervaring. Die span het ons

met gasvryheid verwelkom en dadelik op ons gemak laat voel.” Dit was die heel eerste keer dat Wicus Orania besoek het. “Dié wêreld op die walle van die Oranjerivier is vir my bitter mooi. Hier is ongelooflik baie klein vissies in die rivier en oor ’n paar jaar sal die manne groot visse hier kan uittrek.” Die reeks is gratis beskikbaar op Dapper Media se webtuiste by www.dappermedia.co.za) – dit kos jou slegs jou eie internetdata en ’n paar sekondes om te registreer. Byt & Buskruit gaan egter nie net oor onvergeetlike jag- en visvangervarings nie. Die reeks ploeg ook terug in die gemeenskap. Al die wild wat tydens die programme gejag word, word aan Solidariteit Helpende Hand se HelpJag-projek geskenk. Dié projek maak dit moontlik om daagliks 8 000 honger kleuters te voed.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

49


Rokskenkings bring waardigheid en bewaarheid drome van

SPROKIESAAND

FOTO’S VAN DEMI LEE: ROELIEN MALAN – WORTHIT PHOTOGRAPHY

k het ’n paar maande gelede, nog voor die tyd van maskers, handreiniger en die reisverbod, by my ouers op hulle plaas in die Vrystaat gaan kuier. Ek en my ma het deur my ou skoolalbums geblaai en op die laaste bladsy was daar natuurlik ’n foto van een van die laaste skoolherinneringe: my matriekafskeid. Die einste rok wat ek op die foto dra, hang steeds in ’n kas in die spaarkamer op die plaas weens ’n gebrek aan pakplek in my klein ou meenthuisie in die stad. Ek het die rok uitgehaal en afgestof. Ag, die wonderlike herinneringe! Ek onthou meteens weer hoe dit gevoel het om die rok aan te trek, hoe my ma die toutjies op die rug vasgetrek het en hoe my pa trane in sy oë gekry het toe hy my sien. Kort ná die plaaskuier kry ek ’n boodskap dat die beeldskone Demi Lee Moore twee van haar pragrokke aan die #HelpHetta-projek wil skenk. Dit was toe juis matriekafskeidseisoen in 2019 en ek het inderhaas begin

50

rondbel om te hoor waar ons nog meisies kon help deur die twee rokke aan hulle beskikbaar te stel. Dié rondbellery het my laat besef dat ons Hetta-meisies waardevolle hulp ontvang danksy die #HelpHettapakkie wat ons elke kwartaal beskikbaar stel, maar dis nie hulle enigste behoefte nie. Meisies wil waardig voel in ’n wêreld waar daar dikwels op hul neergesien word. Talle Hetta-meisies kan nie hulle matriekafskeid bekostig nie. Die kaartjie om die funksie by te woon, die rok, skoene, grimering, ’n manikuur en alles wat met ’n matriekafskeid gepaard gaan, is eenvoudig onbekostigbaar. Gevolglik besluit hulle dan om eerder nie die funksie by te woon nie – iets waaroor elke meisie droom, nes oor haar troudag. Ek het besef dat Solidariteit Helpende Hand oor die ideale struktuur beskik om iets daaromtrent te doen. So het die Droomrokke-projek tot stand gekom – ’n inisiatief van die FroueVonds* in samewerking met Demi Lee Moore. Ons wil daardie matriekafskeid, funksie of geleentheid waaroor behoeftige meisies nog altyd Die pragtige Demi Lee Moore is die ambassadeur van die Droomrokke-projek.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

gedroom het, vir hulle moontlik maak. Ons gaan dit doen deur die netwerk van Ons Winkels te gebruik wat reg oor die land versprei is. Altesaam 18 Ons Winkels het reeds by die projek ingekoop en daar gaan binnekort ’n Droomrokke-stasie in hulle winkels beskikbaar wees. Die publiek kan matriekafskeidrokke, trourokke of enige aandrokke aan die projek skenk. Dié rokke sal dan teen ’n minimale bedrag aan meisies verhuur word. My pragtige matriekafskeidrok hang nou by Moot-Oos se Ons Winkel, gereed om die volgende meisie se droomaand moontlik te maak. Gaan haal sommer nou daardie spogrok en laai dit af by jou naaste Ons Winkel. Wie weet, dalk kan jy ook ’n kleintyddroom vir iemand bewaarheid. • Vir meer inligting, asook die lys van Ons Winkels waar rokke geskenk kan word, besoek www.frouevonds.co.za. Volg die Droomrokke-skakel. *FroueVonds word opsetlik verkeerd gespel “want alles loop nie altyd reg nie.” Demi Lee het ook van haar eie rokke geskenk.



MEER AS NET KOSPAKKIES, HELPENDE HAND BRING

BORDE VOL HOOP k staan met ’n boksie van 50 cm x 50 cm x 50 cm in my hand. Die inhoud is maklik om te tel – ses blikkies vis, vier pakkies suurdeeg, ’n pak kitspap, suiker, ’n paar boksies melk, soja en nog so ’n paar ekstra items. Saam hiermee laai ons ook af ’n sak meel, stampmielies, koekmeel en rys, en natuurlik ’n sakkie aartappels uit die hart van die Vrystaat met liefde geskenk vir hierdie saak. Ek besef soos elke ander Helpende Handvrywilliger dat wat ons aflaai so gering is, maar tog so nodig is. Eintlik wil ons armoede voorkom. Eintlik wil ons armoede verbreek. Tans is ons grotendeels besig met verligtingswerk. Ons moet. Daar is nie ’n ander keuse nie. Mense moet eet en die nood is groot. Die afgelope maand alleen is ongeveer 14 000 gesinne met só ’n pakkie gehelp, en dit was maar 1 uit 10 aansoeke. Die res kon ons nie help nie. Hierdie artikel gaan egter nie oor die kospakkies wat ons verdeel nie, maar oor die hoop wat saam met só ’n kospakkie uitgedeel word. Kospakkies is nodig, maar hoop is nog meer noodsaaklik.

FOTO’S: VERSKAF

MONUMENTE IS SIMBOLE VAN HOOP

52

Reg oor die wêreld staan duisende monumente wat oor die eeue heen deur mense opgerig is. Hierdie monumente herinner aan gebeure, mense, tydperke, en aan die voortgaan van tyd en die samelewing. Die monumente laat ’n mens onthou en leef en vorentoe kyk. Staan ’n mens

by ’n monument stil, onthou jy ’n spesifieke gebeurtenis, weeg jy die konteks waarin jy is en kry jy hoop om vorentoe te kyk en te besef daar is ’n toekoms. ’n Samelewing word dikwels gedefinieer deur die monumente wat daarin staan. Hierdie artikel handel egter ook nie oor monumente nie, maar eerder oor hoop wat ons deur die kennis van monumente kry.

’N BORD KOS AS MONUMENT VAN HOOP

Solidariteit Helpende Hand het die afgelope maand meer as 14 000 monumente van hoop gebou. Dit was nie monumente van klip en beton nie, maar kartonbokse en sakke met kos wat met bakkies en vragmotors aangery is na huise en gehuggies, wooneenhede en instellings, tehuise en store. Elke bord kos is ’n monument van hoop. So hoort dit ook. As ons net kos aflaai, laat ons asseblief dadelik ophou daarmee. As ons saam met die kospakkie hoop aflaai, laat ons nooit ophou nie. Elke bord kos en elke kospakkie herinner aan mense, aan ’n tydperk, aan die voortgaan van tyd en die samelewing. Elke adres het ’n storie, elke storie gaan oor mens en dier, en elke bord kos word ’n monument van hoop vir hulle wat hier bly.

HOOP DUI OP ’N TOEKOMS

’n Mens hoef nie die dag van môre te ken nie, solank ’n mens net krag en moed en energie het vir die dag van môre. Hongerte weerhou mense van hierdie krag en moed en energie. Daarom is hierdie boksie van 50 cm x 50 cm x 50 cm nie net ’n

bietjie kos nie, maar ’n boodskapdraer van hoop. Hierdie spesifieke pakkie in my hand gaan na ’n pa en ma van ses dogters wat in ’n klein wooneenheid woon, en dit sal hulle hoop wees vir die dag van môre. Hulle het ’n adres. Hulle is mense. Hulle het ’n storie. As die kospakkie vir hulle ’n brug na ’n toekoms is, laai ek vandag ’n monument van hoop by hulle af. As ek hulle net kos gee vir die dag, altyd met die gedagte van verlig, verlig, verlig, help ek hulle glad nie. Daarom is dit nie net die kos wat ek gee wat belangrik is nie, maar ook die vrae hoe ek nog kan help, hoe dit met hulle gaan, hoe die pad vorentoe lyk, of die meisiekinders hulle skoolwerk doen, of hulle positief besig bly en die dag volmaak met roeping.

DIE PAD VORENTOE

Wat in Suid-Afrika voorlê, is vir ons onseker. Intussen eet ons en laat ons eet, en daarin sien ons hoop. Hier is ’n paar gedagtes om te oordink: Elke bord kos is ’n monument van hoop. Elke ete herinner aan ’n toekoms. Elke vol maag gee krag en moed en energie. Om te eet, is nie vanselfsprekend nie. Om weer te eet, is nie vanselfsprekend nie. Daarom is seën vra oor en dankie sê vir elke bord kos noodsaaklik. As ons dan by hierdie bord kos van vandag staan as ’n monument van hoop, dan kyk ons terug en ons kyk vorentoe. Ons werk en ons bou. Ons weet: Daar is altyd hoop. Altyd.


FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

TONNE WILDSVLEIS ie inperkingsregulasies wat weens die Covid-19-pandemie ingestel is, het ’n verbod op jag ingesluit en dit het verreikende gevolge vir die jagbedryf asook vir Solidariteit Helpende Hand se HelpJag-projek gehad. Voor die inperking het HelpJag, wat hoofsaaklik staatmaak op skenkings deur die jagbedryf, 8 500 kinders voorsien van hulle daaglikse proteïeninname. Die verbod op jag het hierdie skenkings egter laat opdroog, boonop in ’n tyd toe daar meer behoeftige mense was wat op hierdie projek moes staatmaak weens die swakker ekonomiese omstandighede in die land. Die probleem waarmee HelpJag geworstel het, was hoe om meer mense met minder skenkings te voed. HelpJag het egter vinnig geleer dat daar ’n groter Hand in beheer is van die hande wat gee. Ten spyte van die grendelstaat en die verbod op jag, is daar steeds 2,5 ton vleis aan HelpJag geskenk. Die vleis word tans versprei na kleuterskole wat vir behoeftige gesinne in hulle gemeenskappe sorg, asook na tehuise, outehuise en ander instansies. Kleuterskole is oorspronklik as HelpJag se voedingsplatform gebruik, maar met die sluiting van kleuterskole gedurende die inperking moes HelpJag sy voedingsmodel aanpas. Om te

Die drie ambassadeurs van die HelpJag-projek – Adam Tas, Bakkies Botha en Appel.

verseker dat kleuters steeds gevoed word, ondersteun HelpJag in hierdie tyd van ongekende nood nie net die kleuters nie, maar ook hulle gesinne. Volgens Margolé Riekert, projekorganiseerder, is HelpJag meer as net ’n voedingsprojek. “Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ’n maaltyd by die skool as hulle primêre voeding vir die dag. Ons besef terdeë dat klein liggaampies nie normaal kan ontwikkel sonder ’n gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is, en dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.” Buiten die skenkings wat ontvang is, spog HelpJag ook met ’n nuwe ambassadeur. Die “Ek is jagter”-sanger, Appel, is nou ook ’n trotse HelpJagjagter. Adam Tas en Bakkies Botha is

die ander twee bekende ambassadeurs van die HelpJag projek. “Dit gebeur min dat jy twee dinge waaroor jy passievol is terselfdertyd kan uitleef – dit is om te jag en te help,” het Appel gesê. Tydens vlak 3 van die inperking mag daar weer gejag word, daarom skop HelpJag binnekort af met ’n splinternuwe #Randperkilogramveldtog wat in samewerking met die drie ambassadeurs en Wild & Jag geloods word. Met hierdie projek gaan HelpJag die publiek aanmoedig om ’n minimale bedrag van R35 te skenk waarmee ’n kilogram wildsvleis gekoop kan word. Slegs een kilogram wildsvleis kan ’n gesin van vier vir ’n dag lank voed! • Vir meer inligting oor HelpJag, besoek www.helpjag.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

53


'n Nuwe

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

monument

54

ns is tans besig met aanbouings by my huis. Die werk moes lankal klaar gewees het, maar toe skink die owerhede mos vir ons ’n lang glas burgerregteskending in die vorm van ’n ongenaakbare grendeltyd en daar staan alles toe vir maande lank stil. Die enigste bedrywigheid op die werf is die rinkhalse wat hulle tussen die stene kom inrig vir die winter en die wind wat af en toe die bouperseel bestrooi met ’n dun lagie sementpoeier. Ek wonder dikwels oor bouers. Die bakker bak vanoggend om drieuur sy broodjie en teen ontbyt is die broodjie se bestaan in hierdie ou wêreld iets van die verlede. Bouers, daarenteen, vestig dinge wat hulle meestal oorleef. Bouers kan in die fleur van hulle jeug konstruksies oprig waarby hulle op hul oudag kan verbyry en vir hulle agterkleinkinders vertel dat hulle daardie mooi gebou daar gesit het. En die bouer sal weet waar hy goed gedoen het of waar hy kortpad gevat het, en lewenslank sal sy werk as monument vertoon van óf sy uitnemendheid óf sy brouwerk. As musikant beleef ek ook ’n vorm van die monumentale nalatenskap van arbeid, en as ek nou heeltemal eerlik moet wees, ek luister soms na opnames wat ek 30 jaar gelede gemaak het en dan pla daardie ou nootjie my nog steeds – die nootjie wat ek destyds gedink het nie so ’n groot probleem is nie, of waarvoor ons nie die tyd of geld gehad het om dit reg te maak nie. Gisteraand sit ek toe op die solder en beleef ’n monumentale samevloei van verskeie omstandighede, een van daardie verhale wat klink of dit noukeurig gekonstrueer is om ’n mooi, volronde eenheid te sintetiseer, maar wat werklik gebeur het nes ek dit nou vertel. Ek het die meeste van my 1989matriekwerkboeke gehou. Daar was in

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020

vele van hulle nog blanko blaaie en in daardie pre-rekenaartyd het iemand met ’n liefde vir skryfwerk maar altyd nut gehad vir ’n paar blaaie. Ek sit toe so en lees ’n kombinasie van biologie en poësie, hoërgraadwiskunde en stormen-drang-bepeinsinge en aardrykskunde en ongestuurde liefdesbriewe, kyk na ou klasfoto’s en bewonder sertifikate vir akademie en kunswedstryde. My gedagtes swymel in ’n tyd wat vir ewig vergange is en, ek moet bieg, waarna ek met ’n tikkie leed vir ’n tyd van eenvoud en reinheid dikwels nostalgies hunker. Ek word uit my dromery geruk deur die skerp gekletter van skerwe wat ’n breukdeel van ’n sekonde vroeër nog ’n heel stuk kombuisware was. “Liefie, is jy oukei?” roep ek. “Ja…” kom die antwoord. Maar ek kan hoor niks is oukei nie. Ek stap die steil trappe van die solder af ondertoe en kry my vrou op haar knieë, besig om skerwe op te ruim. “Wat het gebreek?” vra ek. “Jy wil nie weet nie,” kom die antwoord in ’n stem wat diep ongelukkig is en, helaas, simpatiek, asof dit ’n ongeluk is wat meer op my betrekking het. Toe sien ek wat sy bedoel. Toe ek drie weke oud was, het my pa ’n vermiste persoon geword. Ek het hom nooit weer gesien nie. My ma het vasgebyt, kop omlaag skouer aan die wiel gesit en in ’n klein woonstelletjie in Johannesburg hand en tand geveg om vir my en my suster ’n heenkome

te bied. Ons huis was karig toegerus en altyd van slegs die broodnodige voorsien. Daar was drie van alles vir ons hegte gesinnetjie. Ná 40 jaar het die eerste papbord sy alie gesien en nou, bykans 50 jaar later, die tweede een. Dis sulke diep, stewige wit borde. Aan die onderkant staan “Continental. Made in South Africa” en dit getuig van ’n werkgehalte wat in vandag se tyd ’n kwart so duursaam sou wees en êrens in die Verre Ooste gemaak sou gewees het. My hart kramp. Ek is lief vir hierdie borde, hulle is halfeeu oue alledaagse gebruiksartikelmonumente van ons familie se verlede en boonop pragtige, nuttige borde. Ek probeer my teleurstelling wegsteek, want as is verbrande hout en skerwe is geen bord meer. “Hoe het dit gebeur?” vra ek. My vrou verduidelik dat ons ses maande oue dogtertjie, wat die afgelope weke die wonder van haar greep en bereik ontdek het, vanuit haar stoeltjie op die kombuiskas die swaar bord in die hande gekry het en na sy val vloer toe besorg het. Slegs ses maande oud, maar in haar oë die tekens van effense teleurstelling – die sensitiewe siel agter daardie babablou oë kan voel dat die groot gekletter van skerwe die atmosfeer in die huis versteur het. Ek besef wat hier gebeur het, neem haar op in my arms en vertroetel haar, want ek besef ons nuwe monument, ons blywende nalatenskap, het so pas ’n ou monument in onskuld vervang.


MY RIGHTS

KNOW

YOUR R

IGHTS

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

Since the beginning of the year, and even more so after the implementation of the national lockdown because of the Covid-19 pandemic, several companies have commenced with the large-scale retrenchment of employees. It is important that employees should understand how retrenchment works and know their rights in this regard. etrenchment occurs when employers must dismiss employees because of operational requirements. They are not dismissed due to any wrongdoing on their part and retrenchment is therefore different from dismissal due to theft or poor work performance. Retrenchment for operational reasons is usually the result of economic reasons or the restructuring of a company. If you are affected by retrenchment, you must ensure that your employer meets the requirements of section 189 of the Labour Relations Act. This means that if your employer wants to dismiss you for operational reasons, you must receive proper notice thereof and be invited to consult with the employer regarding the following aspects: 1. The reasons for the proposed retrenchment; 2. The efforts made by the employer to avoid retrenchment as far as possible;

3. The method used by the employer to determine which employees will be retrenched; and 4. The package to be paid to affected employees. During these consultations there must be opportunity for negotiations and consensus on the four points mentioned above. Once the consultation procedure is completed, retrenched employees must be paid at least the following: 1. One week’s salary for every completed year of service; 2. Any outstanding leave money; 3. The monetary value equal to the notice period in their employment contract; 4. Their salary until the last day of service; and 5. Any overtime payment owed to the employees by the employer. It is also important that your employer should provide you with a completed UI-19 form, confirming that you are retrenched,

to enable you to claim from the Unemployment Insurance Fund (UIF). It is very important to note that if you enter into a so-called voluntary severance agreement with your employer, it will not be regarded as retrenchment but as resignation. The implication of this is that you will not be entitled to retrenchment benefits such as being able to claim against the UIF or making use of your policies. Under certain circumstances, you may be assisted by union officials during the retrenchment process, to ensure that the process proceeds according to the proper rules. If retrenchment is unfair or not according to procedure, a dispute may be referred to the CCMA or an appropriate bargaining council. • If you are affected by retrenchment, phone our call centre on 0861 25 24 23.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

55


WÊRELDKLASUNIVERSITEIT

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

EERSTE VOLTYDSE STUDENTE REEDS IN 2O21 VERWELKOM

56

kademia het in Junie bekendgemaak dat die eerste fase van die kampusuitrolplan in 2021 begin. Bykomend tot die reeds suksesvolle nauurse onderrigmodel wat oor ’n netwerk van studiesentrums vir 1 350 studente beskikbaar is, sal skoolverlaters ook bedags deur ’n voltydse kontakmodel op die Centurion-kampus kan klas draf. Hierdie uitbreiding skep ’n monument van hoop vir die duisende Afrikaanse skoolverlaters wat graag voltyds ’n gehaltekwalifikasie in hulle moedertaal wil voltooi terwyl hulle aan ’n aktiewe en gesonde studentelewe kan deelneem. Die eerste studente wat vanaf volgende jaar op Akademia se Centurion-kampus aansluit, gaan baanbrekers wees vir beide Akademia en die gemeenskap in die vestiging van kampustradisies wat vir dekades nagevolg sal word. Akademia maak gereed om ongeveer 250 eerstejaarstudente op hierdie kampus te akkommodeer, en kampusverblyf sal vir 35 studente beskikbaar wees. Die Centurion-kampus word ingerig met ’n kafeteria, kliëntedienssentrum, ’n biblioteek, asook verskeie studente-ondersteuningsinisiatiewe – alles wat ’n student nodig het om die studie-ervaring so gemaklik en gerieflik as moontlik te maak. Die kampus is in Die Hoewes naby ’n inkopiesentrum geleë en is binne loopafstand van die Gautrein-stasie. Daar word beoog om vanaf volgende jaar nege grade in die Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regsgeleerdheid op die Centurionkampus aan te bied. Aansoeke vir vyf van die kwalifikasies is reeds oop, insluitend BSc in Wiskundige Weten-

Akademia beoog om vanaf volgende jaar nege grade in die Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regsgeleerdheid op die Centurion-kampus aan te bied. Aansoeke vir 2021 is reeds oop, so skryf vandag nog in!

skappe, ’n eerste aanbod van die Fakulteit Natuurwetenskappe. Die instelling het nou die geleentheid om studente op ’n kleiner skaal te help terwyl daar vir die tweede fase voorberei word – dit sal insluit ’n omvattende residensiële kampus waar ongeveer 5 000 voorgraadse studente voltyds sal studeer. Hier sal uiteindelik ’n breë spektrum van voorgraadse programme deur sewe fakulteite aangebied word. Die beplanning aan hierdie groter projek is reeds goed op koers en meer inligting hieroor sal later bekend gemaak word. Akademia is daartoe verbind om afgeronde studente vir Afrikaanse gemeenskappe te lewer – ongeag in watter model die student kies om te studeer. Verskeie internasionale besoeke aan vooraanstaande klassieke opvoedingsuniversiteite is reeds afgelê om opleiding en opvoeding van

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

wêreldgehalte by Akademia te vestig. Akademia, wat deur die gemeenskap vir die gemeenskap ontwikkel is, sou nie ’n sukses kon wees sonder die volgehoue ondersteuning van die instellings en lede van die Solidariteit Beweging nie. Hierdie ondersteuning help Akademia om in onsekere tye voort te bou aan monumente van hoop vir ons kinders, en selfs vir húl kinders. Die gemeenskap kan verder betrokke raak en help bou aan ’n wêreldklasuniversiteit in Afrikaans. Finansiële en ander skenkings is welkom. Bydraes soos akademiese boeke, kundigheid, versamelings, Africana, beelde, kunswerke en instrumente kan ook ’n waardige tuiste by Akademia vind. • Vir meer inligting, besoek www.akademia.ac.za, e-pos navrae@akademia.ac.za of stuur ’n WhatsApp na 0861 222 888.



Sol-Tech-opleiding gee loopbaanvoorsprong

sonder gelyke

FOTO’S: MIA SLABBERT, VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

Vir duisende jongmense wat ’n ambag by die Solidariteit Beweging se beroepsopleidingskollege voltooi, wag ’n blink toekoms. Oudstudente is dit eens: Sol-Tech is ’n familie en gee jou ’n loopbaanvoorsprong sonder gelyke.

58

“SOL-TECH LAAT MY DIE WÊRELD SIEN”

W

IKUS HIRST is in Volksrust gebore en het in Badplaas grootgeword. Nadat hy aan die Hoërskool Ermelo matrikuleer het, was hy onseker oor wat hy ná skool wou doen en het hy eers op die familieplaas gaan werk. Vandag is Wikus ’n gekwalifiseerde meulmaker by een van die grootste ingenieursfirmas in die privaat sektor in Suid-Afrika en het hy werkervaring reg oor die wêreld opgedoen, waaronder Duitsland, die VSA, Mexiko en Indië. “Ek wil graag vir my ’n toekoms skep by die firma waar ek nou werk. Ek het in Januarie 2017 na Amanzimtoti verhuis en hiér begin werk. Ek geniet dit nog baie en ek

SOLIDARITEIT TYDSKRIF

glo dat ek ’n seker toekoms vir myself kan skep en vooruitgang by die maatskappy kan maak deur hard te werk.” Op die plaas het hy dit baie geniet om met sy hande te werk en het hy besef dat hy in ’n ambag wou spesialiseer, spesifiek in ’n meganiese rigting. Op 4 Mei 2015 het Wikus sy eerste dag as meulmakerstudent by Sol-Tech begin, eers by die N-skool. Hy kan onthou dat alles op dié dag vir hom vreemd was: die stad, sy studies en sy medestudente. Die prentjie het egter gou verander en hy het die lektore beter leer ken, die werk geniet en vriende gemaak. Hy het tydens sy studentejare as Studenteraadslid gedien en het vandag nog kontak met sy studentevriende. Hy is baie dankbaar vir die gehalte-onderrig wat hy by Sol-Tech ontvang het en dat die dosente die ekstra myl saam met hom geloop het. Hy het egter nie net boekekennis by Sol-

Tech opgedoen nie. “Ek het ’n goeie werketiek by SolTech aangeleer. Ek het geleer om hard te werk en om trots op my handewerk te wees.” Wikus het die vrugte van sy harde werk gepluk. Vir die praktiese deel van sy kursus is hy geplaas by ’n werkgewer wat daarna vir hom ’n vaste betrekking aangebied het, en dis dieselfde werkgewer waar hy nou werksaam is. Hy geniet die dag-tot-dag-take van sy werk en hoop om in die toekoms nog vir sy werk te kan reis. Sol-Tech het vir hom deure oopgemaak en hy werk hard om ’n sukses van sy loopbaan te maak!

Studente leer aanlyn Sol-Tech het hom nie deur die inperking laat stuit nie. Teoretiese klasse het aanlyn voortgegaan danksy die tegnologie wat Sol-Tech gebruik, en nadat alle voorsorgmaatreëls getref is, het Sol-Tech sy werkbanke se enjins weer laai draai sodat studente hulle praktiese ervaring kan voortsit.


“SOL-TECH GEE MY ’N TWEEDE KANS OP LEWE”

G

ERHARD AKKER is 22 jaar oud en is ’n gereedskapmaker wat glo dat hy by Sol-Tech letterlik ’n tweede kans op die lewe gekry het. Die dag toe hy by Sol-Tech moes begin, was hy in ’n motorongeluk betrokke wat byna sy lewe geëis het. Hy het egter oorleef en glo dat hy hierdie tweede geleentheid moet aangryp en elke dag die beste van elke geleentheid moet maak. Gerhard kom oorspronklik van die Noord-Kaap en het in Durban gematrikuleer. In 2017 het hy sy studies by die N-skool by Sol-Tech begin waarna hy in 2018 met sy prakties begin het. Ná sy prakties het ’n ingenieursfirma aangebied om vir sy vaktoets te betaal en het hy by dié firma aangebly. Hy is glad nie spyt oor sy besluit nie. “My studies by Sol-Tech het vir

my soveel deure oopgemaak. Die firma waar ek nou werk, het my al die wêreld vol gestuur en ek voel deel van die maatskappy. Ek het met ’n baie goeie intreesalaris en heelwat voordele begin. Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat ek gekry het.” Volgens Gerhard was daar niks anders wat hy wou doen nie. Hy wou in ’n ambagsrigting werk en hy glo Sol-Tech was die beste keuse vir hom. Die opleiding wat hy ontvang het, het hom baie goed vir die bedryf voorberei. Hy glo dat veral die streng afsnytye waarteen take tydens die fasetoetse voltooi moes word, waardevol was en hom geleer het om noukeurig en vinnig te werk. “Suid-Afrika het ’n groot tekort aan ambagslui. Gehalte-opleiding soos dit wat ek by Sol-Tech ontvang het, laat jou kop en skouers bo die res uitstaan. Jy moet egter steeds bereid wees om hard te werk en jou beste te gee. Dit geld ook vir voornemende studente. Besluit wat jy wil doen en werk dan hard om dit te bereik.”

Inperking stuit Sol-Tech g’n met opedag

S

ol-Tech het in Junie weens die inperking vir die eerste keer ’n aanlyn opedag gehou. Die kollege was oorweldig deur die spontane ondersteuning wat van heinde en ver van vriende van Sol-Tech op sosiale media ontvang is: “My kind was by Sol-Tech en ons was nog net dankbaar teenoor hulle. Goeie opleiding!” “Daar is ondersteuning van alle kante. ’n Mens voel soos familie.” “Ek wens ek kon dit bywoon, sommer vir die lekkerte. By Sol-Tech het my seun ’n man geword, en hy kan werk! Baie sterkte vir al julle mense!” “Een van die beste indien nie die heel beste opleidingsplekke in die land. My seun is amper klaar as meulmaker. Die inperking het ’n bietjie ingemeng.” “My seun het sy ambag by SolTech voltooi en vandag is hy ’n

hardwerkende meulmaker.” “Twee van my kleinseuns is deur Sol-Tech gevorm tot manne.” “Uitstekende opleidingsentrum. Praat uit ondervinding.” “Ek is self ’n produk van Sol-Tech. In 2015 het ek Pas-en-draai gedoen met mnr. Du Toit as my lektor, en in 2018 Diesel by mnr. Lourens. Ek ken en verstaan die uitdagings wat met klasloop en prakties gepaardgaan. Ek kan teenoor elke ouer vandag getuig van die wonderlike ervaring wat ek by Sol-Tech gehad het en dat my studies daar vir my deure oopgemaak het – vandag besit ek my eie besigheid. Ek sal in die toekoms met die grootste vreugde ’n opregte Sol-Tech-“appy” in my besigheid inneem omdat ek die gehalte-onderrig wat hulle kry, ken en waardeer. Soos ek sê, ek was self twee keer daardeur. Mag God Suid-Afrika seën.”

“MY DROME IS HIER VERWESENLIK”

E

MILE DESMORE is ’n dieselwerktuigkundige van Pretoria wat reeds van kleintyd af daarvan gedroom het om ’n motorwerktuigkundige te word. Emile is geplaas by ’n werkgewer in Douglas in die Noord-Kaap waar hy op 5 Mei 2020 sy praktiese werk voltooi het. Hy het op hoërskool besluit dat hy graag op dieselenjins wil fokus en die mense by sy pa se werk het hom toe van Sol-Tech vertel. Om in Afrikaans te studeer, was vir hom ’n bepalende faktor. Sol-Tech was die plek waar hy sy droom wou begin verwesenlik. Hy het eers sy N1- en N2-kwalifikasie voltooi. Hoewel die teoretiese gedeelte van sy opleiding nie vir hom so lekker was nie, het hy besef dat dit die boustene vir sy praktiese opleiding vorm en daarom het hy sy beste gedoen om die teorie onder die knie te kry. Emile kan die dag toe hy Sol-Tech se werkswinkels in Kirkney besoek het goed onthou. “Ons het deur die werkswinkels gestap en by die Dieselafdeling was hulle besig om aan ’n ratkas te werk. Ek het my verkyk aan al die komponente en kon nie wag om my hande vuil te maak nie.” Tydens sy praktiese opleiding het die werk al hoe meer uitdagend geword. “Die lektore het my baie goed begelei en ek kon nie wag om te begin werk nie. Ek is uitstekend toegerus!” Wanneer Emile oor die studentelewe en vriende gesels, is dit duidelik dat hy hierdie aspek van sy studies net so baie geniet het. Hy het steeds sterk bande met sy studentevriende. Ander hoogtepunte vir hom was die opening met Skriflesing en gebed in die oggende en die sweisopleiding wat deel van die kursus was. “Ek sal enigiemand aanraai om by Sol-Tech te gaan studeer. Jy leer ontsettend baie en word goed toegerus vir jou toekoms.” Hy hoop om voor einde Junie sy vaktoets af te lê. Sy droom is om oor tien jaar sy eie besigheid oop te maak waar hy met petrol- en dieselenjins kan werk en ander mense in diens kan neem.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

59


Jou werk is óns

werk

Die voordele wat aan Solidariteit-lidmaatskap gekoppel is, word hier opgesom. Dit is onderworpe aan Solidariteit se grondwet en beleid asook aan die reëls wat in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur Solidariteit se Hoofraad gewysig word. Nuwe lede wat kan bewys dat hulle tot op die datum van hul aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy was, sal onmiddellik op voordele geregtig wees, met dien verstande dat waar ’n persoon met aanvaarding as lid van Solidariteit reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, mag die Hoofraad sy diskresie uitoefen om die betrokke lid se voordele te beperk.

Lidmaatskapkategorieë INDIVIDUELE LEDE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Individuele lede van Solidariteit is lede wat met aansluiting jonger as 50 is en wat werksaam is by ’n werkplek waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle Solidariteit-voordele.*

60

KOLLEKTIEWE LEDE

ONDERSTEUNINGSLEDE

Kollektiewe lede is diegene wat werksaam is by ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of by ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling geïnkorporeer is. Die meeste lede van Solidariteit val in hierdie lidmaatskapkategorie. Kollektiewe lede kwalifiseer vir alle voordele soos hier uiteengesit, ongeag hul ouderdom.

Dié kategorie is ingestel in reaksie op versoeke van persone wat Solidariteit se visie ondersteun, maar wat nie vir een van die ander kategorieë van lidmaatskap kwalifiseer nie, byvoorbeeld individue wat met aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.

Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting oor al die voordele wat ons bied, skakel 0861 25 24 23. Nog nie ‘n lid nie? Stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za, skakel 0861 25 24 23 of sluit in ‘n japtrap aan by https://solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* arbeid• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. sake • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Gratis regshulp: Arbeidsake •Lede Onbeperkte tot regsdokumentasie. word van adviestoegang bedien deur Begrafnisvoordeel kenners op die gebied van alle arbeid• Afslagtariewe op eiendomsoordragte. (Martin’s of Avbob) sake, byvoorbeeld dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en arbeidsGratis regsverteenwoordiging •kwessies. Skakel 0861 765 734 of word voorsien vir arbeidsake wat na die besoek www.legalx.co.za KVBA of die arbeidshof verwys is.

Bystand met ondersoeke

Bystand word verleen met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Beroepsiektes en met navrae oor voordele by die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual, asook met werkverwante ongeskiktheidseise. Alle eise moet binne ses maande ingedien word.

Kollektiewe bedinging

Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Permanente ongeskiktheid Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap wat verslae van spesialiste en bewyse van die werkgewer indien dat hulle permanent medies ongeskik is om in die arbeidsmark te werk, ontvang ’n eenmalige bedrag van R2 000. Eise moet binne ses maande ingedien word.

LEDEVOORDELE Solidariteit Tydskrif

sterfte-

’n Waardige begrafnis voordeel word verskaf aan kwalifiserende lede en hul huweliksmaats. Dit sluit ’n kis asook die begrafnisdiens in. Vir verassings word ’n kis en die gewone begrafnisondernemerdienste voorsien. ’n Begrafnis van dieselfde gehalte as vir volwassenes is ingesluit vir ’n kwalifiserende lid se kinders onder die ouderdom van 21 jaar. Ná die lid se afsterwe mag sy of haar huweliksmaat aansoek doen om steeds lid van Solidariteit te bly. Die swaar las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Martin’s of Avbob al die reëlings tref. Solidariteit het 10% korting op die koste van grafstene met Martin’s en Avbob beding. Die begrafnisdienste word slegs deur Martin’s of Avbob verskaf. Indien ’n ander begrafnisondernemer vir die begrafnis gebruik word, sal die kis- en dienstegedeelte van die voordeel verbeur word.

Bykomende kontantuitbetalings

Met die afsterwe van ’n opbetaalde lid word ’n kontantbedrag van R4 000 aan die oorlewende huweliksmaat of afhanklike kinders uitbetaal. Bevallingsvoordeel Met die afsterwe van die huweliksmaat ’n Bevallingsvoordeel van R1 700 word met van ’n opbetaalde lid wat volle ledegeld elke bevalling aan ’n vroulike lid met 12 betaal, word ’n bedrag van R2 700 aan maande ononderbroke lidmaatskap betaal. die lid uitbetaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die Kontantbetalings aan volle lede met die bevalling ingedien word. afsterwe van ’n kind is soos volg: ’n Kind ouer as 14 jaar maar jonger as 20 jaar – R2 010; Solidariteit Vakansievoordeel Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer ’n Kind van 14 jaar en jonger – Beweging vanvan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Solidariteit-lede (asook lede Helpende R1 380; Hand, AfriForum en die Skoleondersteuningsen ’n Gestremde kind (20+) – R2 010. trum) ontvang 20% afslag op akkommodasie by die Kokoriba Natuurreservaat (Brits) en Santanastrandvakansieoord (Margate). Besoek die webtuiste www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel.

Lede ontvang vyf uitgawes van die Solidariteit Tydskrif per jaar. Daarin word arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark bespreek. Die Beweging se aktiwiteite, asook ander nuuswaardighede wat jou in die wêreld van werk raak, word ook daarin gepubliseer.

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Uitgawe 3 van

2020

www.solidariteit .co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

LEWENDE MONUMENT E VAN

HOOP

ander dienste

Motor- & huisinhoudversekering Hierdie bied aan lede uitstekende premies by Virseker. ’n Deel van lede se premies word deur Virseker oorgedra aan die Virseker Trust wat in Afrikaanse onderwys en opleiding belê. Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer. Bepalings en voorwaardes geld. • Skakel 0860 005, SMS geld die * Bepalings en101 voorwaardes woord “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Studievoordeel Lede van Solidariteit en hul afhanklike kinders (tot op die ouderdom van 21 jaar) ontvang 20%-afslag op studies by Akademia. Indien getalle dit toelaat, geniet lede se kinders keuringsvoorkeur by Sol-Tech. Solidariteitlede geniet voorts tot en met 40%-afslag op kursusse by S-leer.

Testamente & boedeladministrasie Jy kan jou testament gratis laat opstel. Die lid se boedel kan teen ’n markverwante bedrag geadministreer word. • Skakel 012 644 4300.

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Regsversekering finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

Lede en hul afhanklikes kan regsversekering buite die arbeidskonteks bekom teen ’n addisionele premie van R135* per maand. Dit gee 24-uur-toegang tot telefoniese regsadvies asook regsverteenwoordiging tot ’n bedrag van R150 000 per jaar (beperk tot R30 000 per saak). * Premies is vir ‘n jaar gewaarborg. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75). • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

61


Koolstoof Oreo-fudge

SOET OP DIE

TONG!

Maroela Media is jou gratis aanlyn tuiste waar jy jou skoene kan uitskop, jou voorskoot kan aansit, op ’n seepkis kan klim of sommer net alles wat Afrikaans is, kan vier. Soeter op die tong kry ’n mens nie!

Boekrak

Met net drie bestanddele het jy woeps-waps hierdie lekker fudge! Die resep lewer 24 blokkies.

BESTANDDELE

• 500 g wit sjokolade • 400 g kondensmelk • 12 Oreo-koekies, fyngemaak

METODE

• Smelt die sjokolade en kondensmelk saam in die mikrogolfoond. • Meng die fyngemaakte Oreokoekies daarby en skep dit in ’n bak. Versprei dit eweredig en maak die bokant glad met die agterkant van ’n lepel of jou vingerpunte. • Verkoel in die yskas vir sowat 2 uur en sny in blokkies.

EK WIL NOU NIE SNAAKS WEES NIE EN ANDER SKATERLAGRYMPIES

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

W

62

at sal gebeur as jy die skoolhoof kielie? Kan jy die alfabet van A tot Z burp? Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg? Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou? Wat is die moeilikste vraag op aarde? Die antwoorde op al hierdie vrae is in dié skreeusnaakse rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs (foto). Dié 65 rympies sal jou lagspiere hope oefening te gee, en kan met groot sukses by eisteddfods gebruik word. Ek wil nou nie snaaks wees nie en ander skaterlagrympies word uitgegee deur Pan Macmillan. Die boek kos R170.

Taalwenke VANDAG FIKS EN MÔRE NIKS Ook: Die een dag fiks, die ander dag niks. Betekenis: Een dag gaan dit goed, en die volgende dag sleg. Of: As jy vandag al jou kos opeet of al jou geld uitgee, het jy môre niks nie.

MARATHON ‘n Marathon is ‘n langafstandresies van 42,195 km en is ook ‘n langdurige taak of handeling. Dit is genoem na Marathon in Griekeland waar die Atheners die Perse in 490 v.C. verslaan het. Volgens oorlewering het ‘n boodskapper ongeveer dié afstand van die slagveld na Athene gehardloop met die nuus van die oorwinning, en by sy aankoms neergeval en gesterf. Die marathon is met die Olimpiese Spele van 1896 ingestel.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. ~ ROMEINE 5:3–5 ~

Nie hopelose einde nie, maar

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

eindelose hoop

oop is ’n moeilike begrip om te omskryf, en die meeste mense sien dit bloot as ’n wens of ’n begeerte. “Ek hoop 2021 is ’n beter jaar as 2020.” “Ek hoop die kinders kan binnekort terugkeer skool toe.” “Ek hoop pres. Cyril Ramaphosa laat weer die verkope van sigarette toe.” Dit is aardse hoop, suiwer gefokus op begeertes en wense. Hoop van gelowiges is egter soveel meer, dit is ’n onwrikbare vertroue in God ten spyte van ons omstandighede. In die huidige omstandighede word talle gesinne se geloof en hoop getoets. Die staat van inperking het soveel onsekerheid meegebring, met gesinne wat finansieel, by die werk en selfs akademies onder druk is. Hierdie

moeilike omstandighede laat die toekoms hopeloos lyk. Ds. Danilo Stoltz van Die Kruis in Kimberley sê dat ons hoop vir die hede en die toekoms in ons geloof geanker moet wees en nie in wat ons ervaar nie, want dit gaan ons moedeloos maak. “Sit jou hoop op Christus, want dit gaan jou help om die huidige omstandighede te hanteer.” Die ware betekenis van hoop moet deur ouers aan hulle kinders oorgedra word. Dit is belangrik dat kinders die verskil tussen aardse hoop en die hoop in Christus verstaan. Volgens pastoor Andrew W. Roebert is hoop nie blote optimisme of wensdenkery nie, maar ’n integrale deel van ons geloof. Die aanlyn artikel The Reason for Hope beklemtoon hoe die samelewing ons gekondisioneer het om vertroue in ons eie vermoë te hê en ons eie

probleme op te los. Ons moet egter vir ons kinders leer dat ons liewer ons vertroue in Christus moet plaas, want dan sal geen uitdaging te groot wees nie. Hoop in Christus bring bemoediging. “Om hoop in Christus te hê, versterk jou gesin se fondasie, want dit maak julle sterk en gee julle die nodige geduld om te wag vir God se plan,” sê pastoor Roebert. Kinders wat grootword in ’n huis waar die hoop in Christus is, word ligdraers en ’n baken van hoop vir ander mense wat moeilike tye beleef. Geloof in Christus gee nie net vir ons vreugde nie, maar ook hoop vir die toekoms. Hoop vir die toekoms gee vir ons die krag om die omstandighede te hanteer waarin ons tans verkeer. Deur ons hoop in Christus te plaas, sal ons nie ’n hopelose einde sien nie, maar eerder eindelose hoop.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

63


Dis ons beurt vir kaalvoet trek oor die

DRAKENSBERGE n Desember verlede jaar, toe vryheid nog vanselfsprekend was, ry ek en my man tydens ’n wegbreeknaweek verby ’n padpredikant naby Bergville in KwaZulu-Natal wat wys: Kaalvoetvrou-monument. My man draai af sonder dat ons daaroor praat; hy ken my. Ons ry ver deur die vlaktes. Dis ’n trietsige dag en die flou sonnetjie breek net nou en dan deur die wolke. Af en toe pluk ’n rukwind die bakkie eenkant toe. Van waar ’n mens stop, is dit nog ’n ent se stap tot by die Kaalvoetvrou-standbeeld. Ek trek my baadjie stywer om my lyf. Van ver skrik ’n mens as jy haar sien, so alleen op die vlakte, al weet jy sy is daar. Eers sien jy net die silhoeët van haar kop en

skouers en jy dink: Wat maak ’n mens alleen in hierdie verlatenheid? Dan kom jy nader en jy sien dit is sy. Sy staan op die rand van ’n krans van waar sy uitkyk oor ’n vlakte aan die voet van die Drakensberge. Haar gesig is diep in haar kappie, verskans teen die wind. Haar lyf is skraal en haar rok dun. Sy is kaalvoet, natuurlik, en besig om ’n tree vorentoe te gee; haar rug gekeer op KwaZulu-Natal, op pad terug na die Vrystaat. Sy is Susanna Smit, vrou van die Voortrekkerpredikant eerwaarde Erasmus Smit en suster van die trekkerleier Gerrit Maritz. Sy was deel van Piet Retief se trek wat Natal as hul nuwe tuiste gekies het. Tydens die moeilike tog Natal toe was Susanna die een wat gesorg het dat die trek se kinders se opvoeding nie agterweë bly nie. ’n Mens kan jou indink hoe die groepie kinders om Susanna versamel het: dalk met ’n wakis as tafel, soms in snerpende koue met ryp wat knars terwyl die wawiele spore daarin los, en soms in die hittige son met die beskutting van ’n wa-seil as enigste skadu, terwyl hulle leer lees en skryf, somme maak en naaldwerk doen. Daar was seker dikwels groot protes: Die veld het immers gewag om ontdek te word, en huistakies wat as verskoning kon dien, soos water wat aangedra moes word en vee wat moes opgepas word, was daar seker genoeg.


FOTO’S: SUSAN LOMBAARD; TREKSTRIPSTRAILS.CO.ZA

Ná talle ontberinge en groot lewensverlies op pad na en in Natal was Susanna die een wat in 1843 ’n groep van 400 vroue gelei het in ’n afvaardiging na die Britse kommissaris van Natal, Henry Cloete. Hulle het hom vertel van hul swaar lewe op die grens en die uitdagings van hul daaropvolgende trek na Natal. Ek is seker hulle het hom vertel van hul babatjies en kinders wat langs die pad begrawe is; van huwelike wat tydens ’n staning langs ’n rivier voltrek is; van geliefde pa’s en seuns en broers wat hul lewe langs die pad vir vryheid gegee het. “Ons vryheid is vir ons belangriker as ons lewens,” het hulle vir hom gesê. En toe het Susanna volgens oorlewering dié woorde geuiter: “Ons stap liewer kaalvoet terug oor die Drakensberge as om onder die Britse vlag te staan.” Ek kyk vandag na die foto’s wat ek geneem het daar by Susanna se standbeeld in die veld. Haar hand is gestut op haar knie; haar benerige voete stewig geplant, op pad terug Vrystaat toe. Daar is nie opstand of veglustigheid in haar houding nie, net vasberadenheid en ’n stil krag wat ’n knop in jou keel los. Ek wens ek kon haar ken, het ek gedink terwyl ek langs haar staan en my man vir my ’n foto neem. Vandag weet ek: Ek ken haar. Susanna is in elke vrou wat in 2020 haar kinders se opvoeding in haar eie hande geneem het. Sy is die ma wat ’n koek bak en self versier as haar kind verjaar, en wat saam met hom cowboys en kroeks speel omdat sy maats nie kan kom partytjie hou nie. Sy is die een wat opstaan as dit nog donker is om die huis aan die kant te maak, en dan haar rekenaar aansit om ’n stuk werk gedoen te kry voor haar kinders wakker word en sy juffrou moet speel. Susanna is my kollega wat uit haar

eie skrapse koskas, omdat haar man nie tans ’n inkomste verdien nie, ’n kospakkie bymekaar sit om by ’n gesin te gaan afgee wat niks het om te eet nie. Susanna is my buurvrou wat vir my ’n sakkie avokado’s voor die deur los. Susanna is my bejaarde ouers se buurvrou wat vir hulle ’n skinkbord vol kookkos en nagereg neem omdat sy weet ek kan dit nie doen nie. Susanna is die huishulp wat haar eie gesin alleen los en by haar werkgewer inwoon, nie net sodat sy geld kan verdien om vir haar eie gesin te kan voorsien nie, maar ook sodat sy die gesin by wie sy werk, kan dien. Susanna is die pakker by die winkel wat agter haar masker vir my glimlag en sê: “Please stay safe.” Susanna is elke ouma wat alleen in ’n woonstel of aftreeoord tyd op haar knieë deurbring, biddend vir haar kinders en kleinkinders se gesondheid. Susanna is die dokter en verpleegster wat vandag pasiënte met Covid-19 in ’n Kaapse hospitaal se hoësorgeenheid liefdevol gaan versorg. Susanna is die Maroela-leser wat vanaand haar koskas gaan oopmaak, ’n hol kol op haar maag gaan kry oor wat sy sien, en dan tog ’n smaaklike maaltyd met net ’n pakkie soja opdis. In 1843 het Henry Cloete dalk simpatiek na Susanna Smit en die ander vroue se pleidooi geluister, maar hom nie daaraan gesteur nie. Ten spyte van Susanna se dapper woorde het sy later in Natal gesterf, onder die Britse vlag. Sy het nooit werklik kaalvoet teruggestap oor die Drakensberge nie, maar in haar hart was sy vry – geen vlag en geen regulasie kon haar keer om vry te wees nie. Sy het nie nodig gehad om te veg vir haar vryheid nie en sy het nie nodig gehad om dit te bewys nie – dit is net hoe dit was. Susanna is ek en jy.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

65


SPRINGMIELIEFEITE

Die aanlyn stromingsdiens Netflix het in die eerste drie maande van die jaar, te midde van die Covid-19-pandemie 16 miljoen nuwe intekenaars bygekry. Netflix verwag dat dié syfer met nog 7,5 miljoen in die drie maande tot einde Junie sou styg. Die groep spog nou met 182 miljoen intekenaars wêreldwyd.

WEB

APPS WAT JOU ‘N VOORSPRONG SAL GEE

1

ake-eienaars is bekend met die uitdrukking “tyd is geld”, en daarom word produksieprosesse, verkoopstrategieë en bemarkingsplanne saamgestel wat daarop gemik is om hul ondernemings vinniger, akkurater en meer betroubaar te laat werk. Indien jy ’n onderneming besit of bestuur, of net ’n gewone werknemer is wat wonder hoe jy dit kan regkry, lees gerus hier hoe Suid-Afrika se vier gewildste sakeapps jou ’n voorsprong bo jou mededingers kan gee.

ENGAGEBAY

Bobaas kliëntediens EngageBay fokus spesifiek op kliëntediens en integreer aspekte soos verkope, bemarking en sosiale media sodat die beste moontlike diens aan kliënte gelewer word. Jy kan hierdie app gebruik om kliënte se vertroue te wen en hulle oor die lang termyn te behou.

MONDAY.COM

Bestuur projekte

Monday.com is ’n uitstekende manier om projekte te bestuur en elke personeellid se take en kapasiteit te optimaliseer. Jy kan die app gebruik om groot of klein spanne se take te koördineer om volhoubaar te wees.

ACCELO

Hou finansies dop

*

Met Accelo kan jy jou onderneming se finansies toe oë doen. Jy kan kliënte maklik en vinnig faktureer en jy kan rekord hou van hoe lank dit neem om projekte te voltooi, sodat jy werknemers se skedules daarvolgens kan beplan asook maandeinddoelwitte kan opstel.

Besoek www.GetApp.com vir apps wat vir elke kategorie van ’n onderneming ontwikkel is om jou lewe baie makliker te maak.

66

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

SORTLY PRO

Laat syfers klop

Uiteindelik is daar ’n manier om voorraad maklik en doeltreffend te beheer. Sortly Pro gebruik sagteware wat jou onderneming se voorraad vinnig en akkuraat op ’n daaglikse basis tel, sodat menslike foute tot ’n groot mate uitgeskakel word. Met dié app kan jou onderneming se syfers elke keer klop! XX


MY WERK

INNOVEREND OF KREATIEF?

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

GROEI EN ONTWIKKEL BY DIE WERK – SLYP AAN DIÉ VAARDIGHEDE

n vandag se wêreld met sy vinnige pas waar alles die heeltyd verander, is dit noodsaaklik om ook in jou werkplek te groei en ontwikkel. Sommige kenners meen dit verg kreatiwiteit terwyl ander glo in innovering, maar is daar ’n verskil tussen hierdie konsepte en watter een is belangriker om welslae en volhoubaarheid in jou werk te verseker? Die verskil tussen hierdie twee konsepte kan kortliks só verduidelik word: Kreatiwiteit hou verband met “verbeelding” terwyl innovering verband hou met “implementering”. Die webtuiste Process Excellence Network verwys na kreatiwiteit as ’n aksie terwyl innovering eerder as ’n proses beskou word. Volgens ’n artikel in Business Insider is kreatiwiteit die mens se vermoë om iets nuut, uniek en oorspronklik te ontwikkel. Dit hou spesifiek verband met die aksie om kreatief te wees. “Wanneer jy kreatief is, maak jy die potensiaal om nuwe idees te bedink in jou gedagtes los,” sê Andrew C. Marshall, hoof van Primed Associates. Innovering aan die ander kant is die resultaat van jou kreatiwiteit. Met ander woorde, sodra jy jou kreatiewe idees korrek implementeer, word jy innoverend. Wanneer jy byvoorbeeld ’n dinkskrum hou en verskeie nuwe idees voorstel, is jy besig om kreatief te wees, maar indien die idees nie korrek geïmplementeer word nie, vind geen innovering plaas nie. Jy kan egter innoverend wees sonder om kreatief te wees. ’n Voorbeeld van innovering in die werkplek is wanneer prosesse ingestel word wat werkmetodes kan verbeter. Dit hoef nie noodwendig ’n nuwe idee te wees nie; jy kan ’n bestaande idee bloot op ’n nuwe, verfrissende manier in die werkplek implementeer. Ons kan dus tot die slotsom kom dat ’n innoverende proses ook herhaalbaar en haalbaar is, terwyl dit nie

die geval is met ’n kreatiewe proses nie. In ’n suksesvolle onderneming vul hierdie twee konsepte mekaar aan en sal bestuur daarop fokus om albei vaardighede onder hulle werknemers te ontwikkel.

Indien jy die verskil tussen kreatiwiteit en innovering verstaan, sal dit vir jou makliker wees om oplossings vir probleme in die werkplek te vind. Jy sal ook ’n meer proaktiewe benadering tot jou werk kan volg.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

67


vir die siel

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

n die hartjie van die Bosveld is die gewilde Kokoriba Wildreservaat waarheen Solidariteit-lede wat na sielerus en eg Afrikaanse ontspanning op soek is, teen spesiale tariewe kan wegbreek.

68

UNIEKE BOSVELD-AVONTUUR Die Kokoriba Wildreservaat en Gesinsvakansieoord bied jou ’n unieke Bosveld-avontuur wat reeds by duisende Suid-Afrikaners bekend en geliefd is. Kokoriba bied iets vir almal, of jy wil kampeer, voetslaan of sommer net vir ’n naweek in een van die bekoorlike lugversorgde selfsorg-chalets wil uitspan. Dié bekostigbare vakansiebestemming is 38 km van Brits, 68 km van Sun City en 58 km van Rustenburg geleë. Kokoriba is ideaal vir mense wat van tradisionele gesinsvakansies, die natuur en die buitelewe hou. VAN CHALETS TOT KAMPPLEK Kom span uit in een van die netjies gemeubileerde, lugversorgde chalets wat twee tot ses mense kan akkommodeer. Die oord het ook ’n woonwapark met vyf toegeruste ablusieblokke. Die staanplekke is gedeeltelik met gras en hoofsaaklik met Bosveldgruis bedek.

Die staanplekke het ’n water- en kragpunt en braaiers kan by die kantoor bespreek word. Vir bekostigbare groepfunksies is daar die Makoro-basis waar tweebed- en driebedkamers en ander basiese geriewe beskikbaar is. Die eenheid het ook sy eie buitelapa en is toegerus vir 32 mense. VELE ONTSPANNINGSAKTIWITEITE Kokoriba bied verskeie ontspanningsaktiwiteite wat ’n verhitte onderdak- en buitelugswembad, wildbesigtiging, staproetes, tafeltennis, trampolien, veerpyltjies en minigholf insluit. Die oord spog met sy eie aanloopbaan wat vliegtuie en mikrovliegtuie kan akkommodeer. Wild en ander diere wat te sien is, sluit in blesbokke, blouwildebeeste, duikers, swartwitpense, kameelperde, koedoes, nagapies, njalas, rooibokke, rooihartbeeste, steenbokke en verskeie roofdiere. Dié deel van die Bosveld is ook bekend vir sy ryk voëllewe, met meer as 300 aangetekende spesies. DAGBESOEKERS IS WELKOM Die reservaat maak ook vir dagbesoekers voorsiening wat die oord se geriewe met voorafbespreking kan gebruik.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Daar is ’n à la carte-restaurant en ’n winkel wat vakansiebenodigdhede aanhou. Kokoriba bied aan besoekers ’n aangename Bosveld-ervaring wat vir jare onthou sal word. VEILIG EN BEKOSTIGBAAR Natuurbewaring word streng toegepas en daar is reëls om te verseker dat almal hul verblyf ten volle geniet. Die kamp is ook elektries omhein. Geen privaat voertuie word in die veld toegelaat nie, maar besoekers mag wel gaan stap of fietsry. Wildbesigtigingsvoertuie is te huur. Die hek van die reservaat open om 06:00 en sluit saans om 21:00. Die kantoor is tussen 08:00 en 17:00 oop vir ontvangs en besprekings. Kom ontspan in die Bosveld teen 20% afslag. Alle lede van die Solidariteit Beweging wie se lidmaatskapgeld op datum is, kwalifiseer vir dié afslag. Die voordeel geld nie vir Paasnaweek en van 1 Desember tot 10 Januarie nie. • Bespreek vandag nog jou Bosveld-avontuur by Kokoriba! Besoek www.kokoriba.co.za vir die tariewe, stuur e-pos na reservations@kokoriba.co.za of skakel 012 277 1204.



HISTORIES GESPROKE

KAAPSE REBELLE Einde van oorlog nie die einde van hul probleme ie Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het nie net die lewens van die burgers in die Boererepublieke verander nie, maar ook in die Suid-Afrikaanse Britse kolonies. Hoewel die Boere in die republieke gehoop het op ’n grootskaalse opstand deur hul ondersteuners in die Kaap en Natal, het dit nie gebeur nie. Duisende het op verskeie maniere wel hul steun aan die Boere se oorlogspoging gebied en die hoogste prys daarvoor betaal. Die einde van die oorlog in Mei 1902 was nie die einde van die Kaapse rebelle se probleme nie – talle veroordeelde rebelle sou jare later nog die las van hul verraad moes dra.

FOTO: GKSA-ARGIEF, MORNÉ VAN ROOYEN

REBELLE NEEM DIE WAPEN OP

70

Die uitbreek van die oorlog het in baie gevalle as ’t ware families en vriende aan twee kante van die oorlog geplaas. Die historikus Fransjohan Pretorius meen dat hoewel Afrikaners in die kolonies in die algemeen lojaal was aan die Britse kroon, het hul kulturele en politieke verwantskap met die ZAR en die Vrystaat hulle ten gunste van die republikeinse onafhanklikheidstryd gestem. Kolonialers het dikwels hul steun gebied aan Boerekommando’s wat die Kaap binnegedring het en het onder meer kos en skuiling aan hulle gegee. Dit was uiteindelik dié wat aktief die wapen teen die Britse kroon opgeneem het wat die grootste risiko geneem het. Gedurende die oorlog het Kaapse Boere in twee vlae by die Boeremagte aangesluit. Die eerste 10 000 het vroeg in die oorlog die wapen opgeneem en het merendeels uit distrikte naby die republieke se grense gekom. Teen Maart 1900 het talle rebelle teruggekeer huis toe en ’n verdere nagenoeg 3 000 het weer later die wapen teen die Britte opgeneem.

Hans Lötter, sy adjudant, Petrus Wolfaardt, en ’n groep Kaapse rebelle. Lötter en Wolfaardt is onder meer aan hoogverraad, moord en roof skuldig bevind en voor ’n vuurpeloton tereggestel.

Wolfaardt

DIE STRAF VIR HOOGVERRAAD Die risiko om as Britse onderdaan aan Boerekant te veg, was groot. Die Britte was genadeloos teenoor hoogverraad en meer as 1 000 Kaapse Rebelle is tronkstraf opgelê, 360 is verban en 379 is ter dood veroordeel (waarvan 44 tereggestel is). Meer as 10 500 Kaapse rebelle het hul stemreg vir vyf jaar verloor, en in Natal was 409 rebelle skuldig bevind aan hoogverraad en een is tereggestel. Teregstellings was volgens die historikus en skrywer van Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog, Albert Blake, baie wreed. “Die vonnisopleggings en sekere teregstellings is in die openbaar uitgevoer. Die wreedheid is vererger deurdat plaaslike inwoners wat daarvan verdink is dat hulle die republikeinse saak goedgesind was, dit moes bywoon, anders is hulle gestraf. Selfs ’n pa moes die onmenslike foltering verduur om sy seun se teregstelling te beleef,” skryf Blake.

DIE EINDE VAN DIE OORLOG Die Vrede van Vereeniging het op 31 Mei 1902 ’n einde aan die oorlog gebring, maar vir die rebelle was die stryd nog lank nie verby nie. Die Boereleierskap het verantwoordelik gevoel vir die lot van hul “Koloniale broers” en het amnestie vir dié rebelle sedert die eerste

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

gesprekke oor vrede as vereiste gestel. Volgens ’n studie deur P.W. Vorster wat in die vaktydskrif Historia verskyn het, het die Boere ’n sterk morele verpligting jeens die rebelle gehad. “Hoewel amnestie aan die Koloniale rebelle nie formeel op die vredesberaad bespreek kon word nie, was die Britse onderhandelaars en hul regering deeglik bewus van die belangrikheid daarvan vir die Boere-afgevaardigdes,” sê Vorster. ’n Dokument met die amnestieterme wat aan Koloniale rebelle aangebied sou word, is op die laaste dag van vredesonderhandeling vir kennisname aan die Boere oorhandig. J.B.M. Hertzog, wat ná die oorlog as kampvegter vir die regte van die Kaapse rebelle opgetree het, het egter met ontsteltenis verneem dat die latere proklamasie afgewyk het van inligting in die Pretoria-dokument. Dit het meegebring dat sowat 700 aangehoudenes van die amnestievoordele uitgesluit sou word. Hertzog het druk op die Britse regering in die Kaap en Engeland geplaas en aangedring dat amnestie aan die rebelle verleen word. Op 21 Maart 1903 – nagenoeg tien maande nadat vrede gesluit is – is die laaste rebelle uit die Tokai-gevangenis vrygelaat. Volle amnestie is egter eers in 1906 aan hulle verleen toe hul volle burgerregte (insluitende stemreg) herstel is.


SLAG VAN DONKERHOEK:

KEERPUNT VIR BOERE

FOTO: VERSKAF

is Junie 1900. Die Anglo-Boereoorlog is reeds agt maande aan die gang. Die Vrystaatse hoofstad is in die hande van die Britte. In die ZAR het Paul Kruger en sy regering Pretoria verlaat. Staatsprokureur Jan Smuts moet sake in die hoofstad afhandel, die ZAR se laaste geld uit die bank onttrek en padgee. Pretoria word sonder veel teëstand ingeneem en die Boere loop by die dosyne weg van die kommando’s. Die oorlog is verby en die Boere se moed is gebreek. Of só het dit gelyk totdat die Slag van Donkerhoek ’n keerpunt vir die Boere sou bring. In Kraal Uitgewers se jongste boek, Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog, deur Andries Breytenbach word die gebeure van dié relatief onbekende veldslag ondersoek. Hierin word bevestig dat dié slag wat op die rantjies van Pretoria afgespeel het, ’n beduidende invloed op die res van die oorlog gehad het. Volgens Breytenbach het dié veldslag, wat vanjaar 120 jaar gelede plaasgevind het, ’n uitsonderlike bydrae gemaak om die Boere se krygsmoreel op te hef. Pretoria is skaars ’n week tevore deur die Britte ingeneem en verskeie senior Boeregeneraals was teen dié tyd reeds bereid om vrede te maak en het selfs by Kruger aanbeveel dat vrede gesluit word. “Hulle moreel was in die grond, maar toe hulle ’n week later hier veg, het die hele situasie omgedraai. Nadat hulle keer op keer aangeval is, het hulle daarin geslaag om vir twee dae lank die Engelse hier teë te hou en weer aan te gaan,” verduidelik Breytenbach. Volgens hom het die gebeure by Donkerhoek, oftewel Diamond Hill soos wat dit in Britse bronne bekendstaan, die Boere se moreel ’n noodsaaklike versterking gegee. “Dit het daartoe gelei dat daar waar die Boere gereed was om oor te gee, hulle vir byna twee jaar nog kon voortveg.” Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog (R280) is deel van die Kraal Histories-reeks en staan onder redaksie van die gesoute historikus Fransjohan Pretorius. Dit bevat nagenoeg 70 historiese foto’s asook verskeie kaarte. • Besoek www.kraaluitgewers.co.za om die boek te bestel.

Andries Breytenbach, skrywer van Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog, het die Boeremonument by Diamond Hill op 12 Junie vanjaar besoek om hulde te bring aan die Boerekrygers wat aan die Slag van Donkerhoek deelgeneem het. Die slag het vanjaar 120 jaar gelede plaasgevind.

Jonges se moeilike vrae beantwoord

J

ong Afrikaners wat antwoorde soek op moeilike vrae oor sake soos apartheid, regstellende aksie, moedertaalonderrig en geloof kan nou al die inligting kry in Afrikanertoekoms 101: ’n Vraag- en antwoordgids vir jong Afrikaners. In hierdie gids stel die jeug by monde van Paul Maritz, Solidariteit Jeug-bestuurder, hulle vrae aan die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys. Die jonger geslag korrespondeer deur middel van 15 e-posse met Buys, wat hulle vrae op ’n eenvoudige, maar praktiese én gebalanseerde wyse antwoord deur die feite oor onder meer wanbestuur, bevoorregting, die ekonomie en die geskiedenis te verskaf. Hy put uit die kennis van verskeie internasionaal gerekende politieke ontleders, ekonome, historici en skrywers, en maak hulle lesse verteerbaar vir die jong Afrikaner in 2020. Die filosoof en akademiese hoof van Akademia, prof. Danie Goosen, beveel dié boek aan en skryf: “Die briefwisseling tussen Flip Buys, ervare politieke denker, en Paul Maritz, sy jong gespreksgenoot, is nie groot in omvang nie. Selfs een groot asemteug is genoeg om dit deur te lees. Nogtans is die vrae en antwoorde wat dit aan die orde stel, buitengewoon gewigtig. Dit weeg swaar in die gemoed van talle jongmense... Elke leser sal waarskynlik deur iets anders in die briefwisseling getref word.” Afrikanertoekoms 101 (R50) is ’n waardevolle hulpmiddel vir elke jong Afrikaner wat hier wil bly, werk, leef én bou. • Besoek www.kraaluitgewers. co.za om jou kopie te bestel.

SOLIDARITY MAGAZINE 3 OF 2020

71


HEELMAAK

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

et voordat vlak 3 van die inperking aanbreek, trek ek een oggend my slaapkamergordyne oop en sug bedruk. My tuin lyk siek. Ge-korona, kan jy seker sê. ’n Blaremat bedek die plaveisel. Die gras het al begin saad skiet. Die swembad is ’n groenerige skakering van swart. Die gras by die wasmasjien se pyp waar die water lek, groei welig, maar die grassnyer is buite aksie. Die stukkende onderdele wat William, my knap tuin-cum-nutsman, nog vir my in ’n plastieksakkie gesit het kort voor die grendeltyd, lê iewers in die motorhuis. Ek wou nog nuwe onderdele gaan koop, maar het nooit so ver gekom nie. Daardie Saterdag is dit egter tyd vir Operasie Regruk. Nutsman William spoor die sakkie met onderdele in die motorhuis op. Hy kyk na die lekkende pyp en stop ook die laste wat hy nodig het in my hand. Gemasker durf ek die ysterwarewinkel en grassnyerplek aan, saniteer en saniteer weer, maar met goeie resultate. Die blaarblaser sing ’n loflied. Die werkende grassnyer klink soos die Halleluja van Händel. Die heelgemaakte pyp is ’n triomf. Die swembad word geskok, gechloor en gefilter. Ek voel skoon splinternuut toe ek die volgende oggend my gordyne ooptrek. Daar is orde. Die lug is sommer blouer. Die swembad lyk stukke

72

beter. Die gras is mooi kortgeknip. Die plaveisel is silwerskoon. My tuin is nie meer siek nie. Soveel meer as net my tuin is in hierdie ramptyd verwoes. Mense se sakeondernemings was oornag in die moeilikheid. Salarisse is gesny, of het net opgedroog. Gewone middelklasmense moes skielik wonder hoe hulle hul huur gaan betaal, of hul gesinne gaan voed. Dagloners het in lang toue gaan staan en wag vir kospakkies, soms vrugteloos. Kinders moes van die huis af skoolwerk doen. Op die TV moes ons kyk hoe gesondheidswerkers in wit maanpakke siekes in intensiewe eenhede versorg. Daar was triestige begrafnisse waar ’n handjievol mense afskeid neem van ’n geliefde, gemasker en bang om mekaar te omhels. Die internasionale nuus het dieselfde angswekkende tonele uitgesaai van oor die ganse wêreld. Elke dag word beskuldigings heen en weer geslinger oor leiers wat te laat opgetree het, te veel regulasies maak, te min riglyne gee of mense se regte aantas. Samesweringsteorieë vlieg rond. Daar is hofsake, teenstrydige raad, fopnuus. En intussen het die hele bekende wêreld verander. Bedrukte, gemaskerde figure staan op afgemerkte afstande van mekaar af buite supermarkte of banke en wag om binne te gaan. Daar is geen musiek in die winkels nie. Die hele land, die ganse wêreld is siek.

Psalm 119 : 114

HOOP So oppervlakkig soos dit mag klink, my tuin gee my hoop. Herstel is moontlik. Genesing is moontlik. Opstaan, die reste bymekaarvee, heelmaak, voor begin – dit kán gedoen word. Heelwat ander mense voor ons moes al uit die as van hulle vernietigde lewens opstaan. Die Ten Boom-familie was Nederlandse Christene wat Jode gehelp het om van die Nazi’s te ontsnap. ’n Informant het hulle verklap en die hele familie is gevange geneem. Corrie en haar suster is na ’n Nazi-konsentrasiekamp gestuur. Sy is vrygelaat enkele dae nadat haar suster in die kamp oorlede is. Hierdie vrou het haar lewensverhaal beskryf in The Hiding Place. Die titel van die boek is gebaseer op Psalm 119:114: “U is my skuilplek en my skild; op U Woord wag ek,” of, in Engels, “I hope in your word”. Haar hoop, haar verwagting, was op die Here. Hy was haar Rots, haar Skuilplek in nood. Een van haar bekendste gesegdes was: Moet nooit bang wees om ’n onbekende toekoms aan ’n bekende God toe te vertrou nie. Ek kyk by my venster uit. Daar is blou lug. Daar is hoop. Daar is skuiling by God. ’n Toekoms. Orde uit wanorde. Genesing ná siekte. Lewe ná die dood.

“U is my skuilplek en my skild; op U Woord wag ek. SOLIDARITEIT TYDSKRIF 3 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


DIENSKANTORE

Landwyd tot jou diens BELLVILLE

RICHARDSBAAI

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Johandre van Zyl (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

BLOEMFONTEIN Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Adres: Genius Loci Office Park 3B, CP Hoogenhoutstraat 6, Langenhovenpark, Bloemfontein

BOKSBURG Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee, Dennis Marais en Jannem Goussard Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Penberthy Manor, Trichardtsweg 198A, Parkrand, Boksburg

CARLETONVILLE

Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers Administratiewe beampte: Helen Kay Tel: 014 763 1174 Faks: 086 683 5261 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw Administratiewe beampte: Santie Pearson Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KLERKSDORP Coenie Rheeder en Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

LYDENBURG Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

PORT ELIZABETH Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Marike Pitzer, Linda Senekal, Peirru Marx, Nadine Botha, Helgard Cronje, Henco Breytenbach, Sanri Stone, Zirk Gous, Renate Barnard, Fanus Maritz en Johan Roos Administratiewe beamptes: Christa Louw en Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 011 388 9828 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendracht straat, Kloofsig, Centurion

RUSTENBURG Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole en Jaco Greeff Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK Francois Calldo, Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Angelique Boonzaaier Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

WELKOM Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Toit Roux en Jo-Ann Potgieter Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer en Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11





Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.