Solidariteit Tydskrif Uitgawe 2 van 2020

Page 1

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Post Uitgawe 2 van 2020 ww w .s o lid ar it eit . c o . za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

pad “ONS SAL NIE GAAN LÊ NIE, ONS SAL TE MIDDE VAN DIE KRISIS WEER . ONS SAL ONS PLANNE VERSNEL OM MENSE MET HUL WERK EN ANDER BEHOEFTES IN BAIE MOEILIKE TYE TE HELP.”


NUUSWAARDIG

2

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



inhoud. 10

28

spreek-

58

Buys.

Nuuswaardig

10 12 14 16 18 22 24

Uitgawe 2

In hierdie moeilike en onseker tye gee hierdie kampus ’n mens hoop – hierdie kampus wys vir ons daar is ’n toekoms in Suid-Afrika en dit is nou belangriker as ooit om almal saam te bou aan hierdie toekoms.”

Postpandemiepad – Ongekende tye vereis buitengewone inisiatiewe en daarom het Solidariteit verskeie (op)bouplanne in plek. Kleurkrisis – Te midde van ‘n wêreldwye pandemie wat ondernemings op hul knieë het, gebruik die staat raskwotasie vir hulpverlening. Monumente – Hoop vlam op met die gemeenskap wat hul harte én hande oopmaak om ‘n daadwerklike verskil te maak. Onbewapen – Verskeie medici moet Covid-19 sonder die nodige beskermende drag trotseer. Solidariteit staan dr. Megan Martin by. Somber strate – Terwyl duisende SuidAfrikaners vir weke ingeperk moes leef, het van ons lede noodsaaklike dienste verrig. Sekerheid – Solidariteit staan bankvas agter sy lede en bied te midde van die koronakrisis sekerheid aan lede deur sy NetWerk van Werk. Gemeenskapskrag – Die geskiedenis herhaal homself met Helpmekaardag waar miljoene rand ingesamel word om die nood te verlig.

08

~ Dr. Dirk Hermann, Solidariteit-bestuurshoof, op 20 Maart met die hoeksteenlegging van die nuwe Sol-Tech-kampus ~

Bedryfsnuus 26 27 28 29 30 32 33 34 36 37 42

Post-Covid-19 – Ambagslui moet geleenthede ontsluit Beroepsgildes – Jou beroep se bymekaarkomplek Krisis – Maatskaplike werkers die lig in donker tyd Digitalisering – Plaas jouself in beter loopbaanposisie Helpmekaargemeenskap – Só steun ons gesondheidsbedryf Verkoopspersone – Korona sny my keel af: Nuttige wenke Finansiële netwerk – Finansiële praktisyns word bygestaan World of work – Covid-19 could change workplace forever BGV – Is jou werkplek Covid-19 gereed? BGV – Kenners beantwoord lede se koronakwelvrae Maskers – Beskermende drag vir gesondheidswerkers


ONBEWAPEN OORLOG TOE

SOLIDARITEIT BEROEPSGILDES

Dr. Megan Martin is een van talle dokters wat Covid-19 sonder beskermende drag moet aandurf. Solidariteit het haar bygestaan nadat sy in kontak was met ‘n pasiënt wat simptome van die virus getoon het.

Solidariteit het ‘n Netwerk van Werk wat lede deur dik en dun bystaan. Deel hiervan is verskeie beroepsgemeenskappe wat mekaar ondersteun ten einde ‘n vry, veilige en voorspoedige toekoms te verseker.

27

16

68 24 63 in Beweging 40 Solidariteit Finansiële Dienste – Padkaart na finansiële welvaart 41 Solidariteit Finansiële Dienste – Vermy dié sewe foute met jou finansies 46 AfriForum – “Ons wag nie, ons dóén”: Omvattende plan vir gemeenskappe 48 AfriForum – Ondersteun dié sakeondernemings met jou koopkrag 49 Solidariteit Jeug – Jongmens, hou by jou roetine! 50 Helpende Hand – Wees ‘n Houer VOL Hoop 52 Helpende Hand – Nuwe planne vir ‘n volhoubare toekoms 53 Helpende Hand – Nood ken geen (in)perk(ing) 54 Skoleondersteuningsentrum – Baanbrekerswerk in grendeltydperk 56 Akademia – Pandemie stuit Akademie nie; rekordaantal kwalifikasies toegeken 58 Sol-Tech – Hoeksteenlegging 59 Sol-Tech – Nuwe lid van wenspan 64 Maroela Media – Storie van ‘n dooprokkie, oorlogfoto en geborduurde sakdoekies 71 Kraal Uitgewers – Snuffel saam deur die geskie(DOEN)is en Kraal Afgestof!

Gereeld 06 Vooraf – Nuwe normaal ‘n nuwe seisoen 07 Gesprek – Lede sê op sosiale media 07 Brandpunte – Covid-19-stories vol hoop 08 SpreekBuys – Die pad vorentoe 44 My regte – Hoe werk salarisaftrekkings? 60 Voordele – Jou werk is óns werk 62 Maroela Media – Gooi mielies! 63 My gesin – Vestig volhoubare gesinsbande 66 Webwys – Kubergemeenskap nie in kwarantyn 68 My geld – Sal aandele kop optel? 69 My werk – Working from home 70 Histories gesproke – Die pokke-pandemie 72 In retrospek – Om te leer wag 73 Solidariteit Dienskantore – Tot jou diens

54


vooraf.

Nuwe normaal ’n nuwe ierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif is amper so geskiedkundig soos die laaste paar maande waarin elkeen van ons gekonfronteer is met die Covid-19-pandemie wat die wêreld basies tot stilstand gebring het. Dit sal die eerste keer wees wat die tydskrif nie gedruk word nie. Daar was tot dusver, met 107 uitgawes agter die blad, nog geen struikelblok wat kon keer dat die tydskrif uiteindelik in die hande van ons getroue lesers kon kom nie. Tot nou. Die mens se instink is om verandering te bevraagteken, en die wêreldwye pandemie het daardie instink behoorlik na vore gebring. Ons voel bang vir die onbekende, ons is onseker hoe om dit aan te pak en wat van alles gaan word wat ons so goed geken het. Ek wil elkeen van julle vandag verseker dat ons ’n nuwe of selfs beter manier gaan kry om die “nuwe normaal aan te pak. Niks soos ons dit ken, gaan weer presies dieselfde wees vir ’n baie lang ruk nie, maar ons moet dit nie in ’n negatiewe lig sien nie.

Die feit dat ons in die komende paar maande ’n “nuwe normaal” gaan betree, kan die geleentheid wees waarvoor baie van ons al lank wag. ’n Nuwe seisoen. Ek het, soos vele ander mense in my bedryf, ’n groot liefde vir gedrukte publikasies. Die pandemie het veroorsaak dat die meeste tydskrifte ervaar wat ons ook nou ervaar, naamlik geen gedrukte uitgawe in hoeveel jaar nie. Dit hoef gelukkig nie die einde van daardie sin te wees nie. Daar is soveel geleenthede tot ons beskikking danksy tegnologie dat ons wrintiewaar steeds ’n volledige tydskrif by almal kon uitkry. Die Vierde Nywerheidsrewolusie gaan nou vinniger as ooit gebeur en die pandemie het die proses in baie opsigte versnel. Moenie bang wees vir die veranderings wat voorlê nie, maar maak seker jy het ’n ouboet in die werkplek wat jou kan beskerm en lei. Daar is soveel wat jy kan doen om jouself in ’n gunstige posisie te plaas, jy moet net nie bang wees vir die verandering nie. Kennis is wat jou die voorsprong gaan gee – nie noodwendig ’n graad nie, maar ’n kursus by S-leer of kennis oor arbeidskwessies waarmee Solidariteit Regsdienste kan help, om maar enkele voorbeelde te noem. Dít is die kennis wat jou gaan gereed maak vir die “nuwe normaal”. Ek hoop jy geniet hierdie uitgawe net so baie soos ons dit geniet het om dit saam te stel. Ons kyk, en sien met groot afwagting uit, na die pad wat voorlê ná inperking en die Covid-19-pandemie. Soos die herfs die bome nou in ’n amberjas klee, gaan die winter kom en dié jas afstroop. En dan skielik, een oggend as jy opstaan, sal jy sien dat die kaalgestroopte boom weer bloeisels en nuwe blare dra. Ek wens jou sterkte toe vir die volgende paar maande, en onthou: Ons is #HierVirJou.

Psalm 121: 1–3

“Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. 6

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


brandpunte

in hierdie

uitgawe.

Ons sal te midde van die krisis weer herbou. Die uitdaging is om ons planne te versnel om mense met hul werk en ander behoeftes in moeilike omstandighede te help.”

~ Flip Buys, voorsitter: Solidariteit Beweging ~

gesprek.

Só gons dit op sosiale media

10

Solidariteit-postpandemiepad ‘n Ongekende krisis vereis buitengewone aksie en daarom gaan Solidariteit verskeie stappe doen om dinge vir ons lede makliker en beter te maak. Ons gaan onder meer fokus op die werkplek, persoonlike finansies, regstrategieë, gesondheid, onderwys en om die gemeenskap se maatskaplike nood te verlig.

Monumente van hoop in krisis

14

Daar lê merkwaardige veerkragtigheid in ons mense, soos gesien kan word in drie monumentale gebeure tydens die inperking: Die Wolkskool bied aanlyn onderrigsteun aan 110 000 leerders, Akademia se klasse gaan volstoom aan danksy ons tegnologie, en die Solidariteit Beweging se Krisisfonds is goed op dreef om die R15 miljoen-merk te oortref!

Oop harte met Helpmekaardag

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM

24

Die geskiedenis het hom op 7 April vanjaar herhaal toe die Solidariteit Beweging ‘n baie suksesvolle Helpmekaardag aangebied het. Van groot sakeondernemings tot familietrusts en skenkings deur individue het gewys watter ongelooflike krag en goedhartigheid daar steeds in gemeenskappe opgesluit lê.

Redakteur | Editor: Cilleste van Dyk – cilleste@solidariteit.co.za Webredakteur | Online Editor: Lindie de Beer – lindievz@solidariteit.co.za Advertensies | Advertisements: Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Advertensie-ontwerp | Advertisement design: Martie Maree – martie@solidariteit.co.za Intekenare | Subscriptions: Heleen Nortjé – heleen@solidariteit.co.za Rekeninge | Accounts: Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee Medewerkers | Contributors: Devon Basson, Wilmarie Brits, Phillip Bruwer, Flip Buys, Marisa Engelbrecht, Dirk Hermann, Reon Janse van Rensburg, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Paul Maritz, Jaco Mostert, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, René Roux, Mia Slabbert, Mandy-Michelle Thackwray, Bianca Smit, Rochelle Snyman, Marlien van der Westhuizen, Suné van Heerden, Johnell van Vollenhoven, Zydelia Venter en Jhua-Nine Wyrley-Birch

Het jy iets op die hart? Deel dit met ons op sosiale media of volg ons! Ontwerp | Graphic design

aksentmedia@vodamail.co.za

facebook Dink jy skole sal verlore tyd kan inhaal?

69%

Ja, gebruik vakansietyd

31%

Nee, te veel werk

Dink jy drank en sigarette is onnodig verban?

71%

Ja, dit is belaglik

29%

Nee, nie noodsaaklik

Wat dink jy van Solidariteit se inperkingsmaatreëls?

70%

Hoog tyd. Ek moet werk!

30%

Tuisbly. Enigste manier. Dit is vir my baie interessant dat ’n regering soos ons s’n wat baie geldgierig is, drank en sigarette verban en gevolglik geen belasting vir die staat daarvoor ontvang nie. Nogtans is hulle bereid om dit te doen met die wete dat daar wel mense is wat daarmee smokkel en dus die geld in hulle eie sakke steek. Wie baat dus daarby? Wie is die ware smokkelaars? Dis onnodig om die land in strafkamp te omskep!

Anniekie Allison

Solidariteit-hoofkantoor | Head Office Adres: H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.

Een minuut kan jou lewe verander. Sluit in slegs een minuut aan by www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

7


spreek-

Buys.

Die pad vorentoe

NÁ INPERKING EN COVID-19-KRISIS

FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM

Die Covid-19-krisis kon die land nie op ’n slegter tyd getref het nie. Die geld is op en byna almal wat die geld gesteel en vermors het, is nog in magsposisies; die openbare gesondheidsorgstelsel wankel onder jare se wanbestuur, en die ANC het vir die meeste van sy leiers belangriker as die land geword. Maar wat is die pad vorentoe ná die inperking en Covid-19? it was op Alexanderbaai dat ek die eerste keer die ANC se Heropbou-en-ontwikkelingsprogram (HOP) gesien het. Ek was nog nuut in die vakbondwese toe ek in daardie afgeleë gebied namens ons lede gaan onderhandel het. Langs my het ’n vriendelike NUM-verteenwoordiger gesit, met ’n fakspapier in die hand waaruit hy ’n lang lys eise vir die mynbestuur voorgelees het. Ek het dadelik agtergekom dat hy nie self die lys opgestel het nie, maar dat dit deel van ’n groter plan was. Dit het my nuuskierigheid geprikkel, en in teetyd het ek met hom begin gesels. Hy het ’n afskrif (in Afrikaans!) vir my gegee, getiteld “Heropbou-en-ontwikkelingsprogram (HOP)”. Die subtitel: “ANC – Reg om te regeer”. My eerste gedagte was iets soos aitsa, die ANC sal nog leer dat dit makliker is om te protesteer as te regeer! Dié aand by die gastehuis het ek die dokument deurgelees en bekommerd geraak oor die gevolge wat ’n ANC-regering sou inhou. Hoewel die HOP in mooi en gematigde terme geskryf was, was dit op dieselfde sosialistiese beginsels gegrond wat al so dikwels misluk het. Die kern was dat dit ’n groot magsrol vir die staat voorsien het, wat daardie mag moes gebruik om “gelykheid” te bewerkstellig. Hulle regmatige strewe om swart mense op te hef, was oorheers deur die verdoeselde plan om wit mense in die proses af te trek. Die klem was nie om armes ryker te maak deur ekonomiese groei nie, maar om die rykes armer te maak deur radikale herverdeling op rassegronde. Met “rykes” is daar nie miljoenêrs bedoel nie, maar gewone produktiewe wit mense wie se poste en bates herverdeel moes word om almal gelyker te maak. Dit het my verstom dat hulle gedink het dat ’n politieke pleks van ekonomiese strategie mense uit armoede kan lig. My gevolgtrekking was dat die noodsaak om swart mense op te hef, sal misluk weens hulle eie beleid om teen wittes te regeer.

BLOUDRUK VOL BELOFTES Die nou vergete HOP was die ANC se bloudruk vol beloftes en goeie bedoelings waarmee hulle die land oorgevat en begin regeer het. Hoewel die HOP gou deur ander bloudrukke opgevolg is, het die goue draad in al die dokumente dieselfde gebly. Dit was dat die regering sy mag moes gebruik om met “radikale transformasie” minderhede se poste, bates en


instellings te teiken vir herverdeling aan hul kiesers. Dit was nie “meer vir ons almal” nie, maar “julle s’n vir ons”. Die destydse hoof van die liberale Institute for Race Relations, John Kane-Berman, het dit soos volg gestel: “The term ‘revolution’ sounded too harsh for sensitive post-’94 ears, so the ANC seized the term ‘transformation’ and designated it the official state ideology. The problem with this is that it could be understood simultaneously in an innocent and revolutionary manner. Being against transformation is being completely politically incorrect – almost like being against motherhood and apple pie! But supporting it implies support for the ANC’s National Democratic Revolution.”

BELEID NIE AAN BEDOELINGS GEMEET Ná 26 jaar van ANC-bewind kan die uitkomste van die HOP beoordeel word, en nie net politici se uitsprake nie. ’n Beleid word immers nie aan sy bedoelings gemeet nie, maar aan sy uitkomste, het die Nobel-ekonoom Milton Friedman gesê. Die uitkoms van die ANC se beleid en regering was dat die land net voor die Covid-19krisis ná jare van waarskuwings deur graderingsagentskappe na rommelstatus afgegradeer is. Daarmee was die mislukking van die ANC-regering net amptelik bevestig. Die feite het dit reeds gewys in die rekordsyfer-werkloosheidskoers, voortdurende

resessies, groeiende staatskuld en swak staatsbestuur. Die HOP se beloftes van “heropbou en ontwikkeling” het in die praktyk “verval en agteruitgang” geword.

BEWEGING WAT BESKERM, BEWAAR EN BOU Maar hoe lyk die pad vorentoe ná die inperking en Covid-19? Die uitdaging is dat die ANC steeds aan bewind gaan wees, al kon hulle die land nie eers voor die krisis suksesvol regeer nie. Dit help egter nie om net daaroor te kla nie, want dit gaan niks verander nie. Dié krisis het weer gewys dat ons op ons eie is. Daarom sal ons moet terugval op die ou spreekwoord waarmee ons al vir meer as drie eeue in die land oorleef het: ’n Boer maak ’n plan. Dis nie so moeilik as wat dit klink nie – ons het al ver gevorder. Nadat ek daardie HOP-bloudruk van die ANC op Alexanderbaai gesien het en oortuig was dat dit nie kan werk nie, het ek besef dat ons weer ’n helpmekaarbeweging sou moes stig. Ons kon nie die ANC se HOP stop nie, maar niks keer ons om ’n “BBB-plan” – beskerm, bewaar en bou – te begin nie. Natuurlik het ek en my kollegas nie presies geweet wanneer en wat die krisis presies sou wees nie. Ons breë aanname was wel dat staatsbestuur sal misluk, en dat ons aan groeiende selfbestuur sal moet begin bou deur sterk selfhelporganisasies te stig. Hoewel ons dus nie presies kon beplan nie, kon ons voorberei. Daarom het ons oor die afgelope paar jaar vir elke staatsfunksie wat misluk of wat ons uitsluit, ’n alternatief gebou. Die ANC se hantering van die krisis het dit duidelik gemaak dat hulle wit mense as tweedeklasburgers sien, ’n minderheid wat minder regte het as ander in die land. Daarom is ons enigste uitweg om ons eie gemeenskap eersteklas-kultuurburgers te maak. Die Solidariteit Beweging is as krisisbeweging gestig vir ’n krisis wat jare gelede reeds voorsien is. Daarom was ons ook gerat vir die huidige krisis, al kon niks ’n mens voorberei vir die hartseer van baie mense wat kan siek word of wat hul werk of inkomste daardeur kan verloor nie. Maar ons kan nie gaan lê nie, ons sal te midde van die krisis weer herbou. Die uitdaging is om ons planne te versnel om mense met hul werk en ander behoeftes in baie moeilike omstandighede te help. Daar is nou al vir dekades lank probeer om staatsbestuur reg te ruk, maar dit verswak net meer. Daarom beplan ons om selfbestuur op elke denkbare gebied te versnel. Ons toekoms is te belangrik om aan ’n party oor te laat wat ons nie kán of wíl help nie.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

9


NUUSWAARDIG

Solidariteit se

Postpandemiepad

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ONGEKENDE KRISIS, BUITENGEWONE HERSTELPROGRAM

10

uid-Afrika en die res van die wêreld het in 2020 in ’n ongekende situasie ten opsigte van gesondheid en ekonomiese vooruitsigte beland. Covid-19, oftewel die koronavirus, hou ’n ernstige bedreiging vir mense se gesondheid in en daarom het die Suid-Afrikaanse regering besluit om ’n beleid van grootskaalse inperking in te stel om die verspreiding van die virus te bekamp. Die wenslikheid en doeltreffendheid van dié beleid moet nog bepaal word, maar daar is geen twyfel dat dit geweldige ekonomiese gevolge inhou nie. Die gevolge van Covid-19 strek egter verder as net gesondheid en die ekonomie. Dit vereis radikale nuwe denke en innovering met betrekking tot onderwys, dit stel nuwe eise aan mense in die werkplek en dié wat die wêreld van werk probeer betree, dit skep nuwe kwessies rakende persoonlike finansies, en dit verg ’n strategiese herbelyning van arbeidsverhoudinge om aan te pas by ’n drasties veranderde (en veranderende) wêreld. Kenners meen dat hierdie krisis veel langer met ons gaan wees as wat enigeen op hul eie kan verduur. Daar is geen terugkeer na die “ou normaal” nie. Ons moet voorberei vir ’n “nuwe normaal”. Covid-19 en die wêreldwye inperkingsmaatreëls wat daarop gevolg het, het Suid-Afrika in ’n ongekende krisis gedompel. ’n Ongekende krisis vereis egter buitengewone aksie. Om die omvattende en verreikende gevolge van die virus

SOLIDARITEIT TYDSKRIF

teen te werk, stel Solidariteit holistiese planne op om te verseker dat sy lede nie net oorleef tydens en ná die krisis nie, maar ook groei en ontwikkel. Die doel is nie om bloot vas te byt en te wag vir beter dae nie. Nee, Solidariteit en sy lede moet floreer wat betref welvaart en voorspoed in elke aspek van hul lewens. Wat die koronakrisis ook duidelik getoon het, is dat state (en veral die Suid-Afrikaanse regering) lomp instrumente geword het in ’n moderne wêreld. Oplossings wat uit die Middeleeue spruit, het enorme ekonomiese skade aangerig en gemengde welslae op gesondheidsgebied behaal. In die volgende tydvak gaan die gemeenskap as natuurlike identiteit dus ’n groter rol in mense se lewens speel. Dit is juis deur gemeenskapsgedrewe inisiatiewe en krag wat Solidariteit nuwe planne bekendmaak en later ook dryf om te verseker dat sy lede nie net van die krisis herstel nie, maar dat hul lewens selfs verbeter en verryk kan word op wyses wat selfs voor die krisis nog nie denkbaar was nie. Hierdie planne sluit in: Oplossings in die werkplek, soos die daarstelling van nuwe netwerke deur middel van beroepsgildes en skeppende idees oor arbeidsverhoudinge;

Oplossings vir persoonlike finansies om na ons lede se finansiële welstand om te sien deur middel van opleiding en advies oor skuld, pensioenvoordele en ander verwante kwessies; Nuwe regstrategieë, nie net wat betref litigasie teen die staat nie, maar ook ons algemene benadering tot arbeidsreg; Gesondheidsoplossings om te verseker dat ons lede die volle waarde van ’n omvattende gemeenskapsgeoriënteerde gesondheidsplan kan geniet; Onderwysoplossings om nuwe tegnologieë ten volle te benut sodat ons lede en hul kinders deur opvoeding altyd kan groei en vooruitgaan; en Maatskaplike ondersteuning om seker te maak dat die nood en basiese behoeftes in ons gemeenskap verlig en vervul word. Die Covid-19-krisis het talle uitdagings na vore gebring, maar bied ook ongelooflike geleenthede vir buitengewone groei en ontwikkeling. Nou is nie die tyd om bedrywighede terug te sny en te wag vir beter dae nie. Solidariteit bied met hierdie werkherstelprogram en vele ander planne eerder ’n springplank aan gemeenskappe om nou die hoogte in te skiet.



KLEURKRISIS

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

RASKRITERIA VIR REGERINGSHULP SKOKKEND

aande voordat die koronavirus in Suid-Afrika gediagnoseer is, het die Covid-19-pandemie die gesondheid en ekonomiese bedrywighede van talle lande wêreldwyd tot stilstand gedwing. Dit was dus geen verrassing toe dit uiteindelik ook hier gebeur nie. Reëls en regulasies is afgekondig en ’n ramptoestand verklaar. Mense moes skielik tuis bly, sakeondernemings en skole moes sluit. Kleinsakeondernemings en veral sektore soos toerisme het dit onmiddellik aan hul sakke gevoel toe hul inkomste oornag opgedroog het. Maar die staat sou nie sy mense sommer net versaak nie; nee, daar is noodfondse beskikbaar gestel en besighede is aangemoedig om daarvoor aansoek te doen. Dit wou-wou blyk dat daar ’n uitkoms kan wees. Toe word die inhoud van ’n dokument wat uit ’n reeks skyfies bestaan, aan die media uitgelek waarin die vereistes uitgestippel word om vir dié noodfondse te kwalifiseer. Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is duidelik as voorvereiste gestel. Dit het die wind uit soveel seile geneem. Hier word jy, die klein-

sakeonderneming, verbied om handel te dryf en ’n inkomste te genereer, en die toerismebedryf kan as gevolg van die reisverbod en inperkingsmaatreëls vir maande lank geen sake doen nie. Die gevolg is dat jy nie jou werknemers kan betaal nie, nie jou verpligtinge kan nakom nie en uiteindelik nie kos op jou eie tafel kan sit nie. En dan vertel die regering vir jou hulle sal jou nie help nie, want jou vel is die verkeerde kleur. Dink hulle dan nie aan al die swart werknemers wat jy in jou diens het nie? Dis almal broodwinners wat nou saam met jou in hierdie nood verkeer. Op 24 Maart rig Solidariteit ’n dringende brief aan die regering waarin hy vra vir duidelikheid oor die vereistes om vir die noodfondse te kwalifiseer. Nadat die dokument uitgelek is, het die regering dit as fopnuus afgemaak. Tydens ’n mediakonferensie in die daaropvolgende dae is daar egter afgekondig en duidelik gestel dat die departement van kleinsakeondernemings noodfondse op slegs ’n “demografies verteenwoordigde” wyse beskikbaar sal stel en dat 70% van die departement van toerisme se fondse uitsluitlik aan ondernemings onder swart beheer sal gaan. Solidariteit het hierop gereageer deur ’n klag by die Menseregtekommissie teen die departemente in te dien. ’n Pandemie is nouliks die tyd om na die kleur van iemand se vel te kyk. Die hele land verkeer in nood. Mense is honger en sakeondernemings sluit. Velkleur speel geen rol in die pandemie nie, tog blyk dit dat die regering hierdie omstandighede wil uitbuit om ’n onregverdige voordeel aan voorheen benadeeldes te gee.

Kaapstad se strate, wat gewoonlik wemel van toeriste, was verlate tydens die inperking.

12

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die departement van kleinsakeondernemings het op 14 April in hofstukke wat onder eed afgelê is, op Solidariteit se brief gereageer. Hulle onderneming was dat SEB nie as vereiste vir die kwalifisering van hulpfondse voorgehou sal word nie en dat dié kriterium op die aanlyn platform slegs vir die departement se interne boekhoustelsel was. Die departement van toerisme het egter volgehou dat SEB wel ’n vereiste vir die toekenning van hulle hulpfondse is. Hulle verweer: Die wet vereis dit. Solidariteit het ’n dringende aansoek gebring en die hofdatum is vir 28 April in die Noord-Gautengse Hooggeregshof geskeduleer. Solidariteit beskou die rassefondse as onbillik aangesien tweeledige diskriminasie nou plaasvind: teen die onderneming se eienaar én teen sy werknemers. Twee uit elke drie werknemers in die toerismebedryf is swart en is die broodwinners in hulle gesinne, maar nou weier die staat om hulle te help bloot omdat hulle vir ’n wit werkgewer werk. Ondanks Solidariteit se argumente het regter Kollapen beslis dat die toepas van raskriteria nie ’n onregverdige voordeel aan swart mense gee nie. Op dieselfde dag is kleinsakeondernemings deur Gewilde strande soos Muizenberg met sy ikoniese huisies was ook verbode.


Solidariteit sal verder gaan om ook klagte by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorms van rassediskriminasie te lê. In ’n tyd waar ’n pandemie die land se ekonomie op sy knieë dwing en geen onderskeid tussen sy slagoffers tref nie, word daar verwag dat die staat ook geen onderskeid sal tref as dit by hulpverlening kom nie. Solidariteit sal aanhou om dié diskriminasie in ’n tyd van nood te beveg.” ~ Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit ~

nog skoknuus geruk. Khumbudzo Ntshavehni, die minister van kleinsakeontwikkeling, het in ’n portefeuljekomiteevergadering erken dat ras wel ’n rol speel in die toekenning van noodfondse vir ondernemings. In reaksie het Solidariteit voortgegaan om ’n klag van meineed teen die minister by die polisie te lê. Solidariteit was uiters geskok dat ’n minister onder eed in hofstukke sal jok oor haar departement se voorneme. Klagte teen albei departemente is by die Konstitusionele Hof ingedien. Dié hof het Solidariteit se aansoek om direk na die Konstitusionele Hof te appelleer, van die hand gewys. Die hof het egter nog nie uitspraak gegee oor AfriForum se aansoek nie. Indien die hof AfriForum se aansoek ook van die hand sou wys, sal albei partye aansoek doen om verlof tot appèl by die Hoogste Hof van Appèl.

In Februarie vanjaar het toerismeverblyf nog geskitter met ‘n inkomste van R2,21 miljard, aldus Statistieke SuidAfrika. Verblyfplekke mag eers weer op vlak 2 open.

R273,2 MILJARD Die bedrag wat toerisme in 2018 (nuutste volledige syfer) tot die land se ekonomie bygedra het.

R200 MILJOEN

Die toerismehulpfonds wat deur die regering beskikbaar gestel is om (swart) ondernemings te help.

10,4 MILJOEN Die getal internasionale besoekers aan Suid-Afrika in 2019.

740 000

mense werk in die toerismebedryf asook nog 760 000 onregstreekse poste = 1,5 miljoen poste.

90 000

mense in nét Kaapstad kan hul werk in die toerismebedryf kwyt wees as gevolg van die Covid-19-pandemie.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

13


NUUSWAARDIG Lampies Lötter is ‘n Wolkskool-dosent wat vanaf Kaapstad wêreldwyd uitsaai!

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

MONUMENTE VAN HOOP

14

tegnologie is nou ook vir die eerste ns probeer nog sin keer vir onderwysdoeleindes gebruik. maak van die koronaDit het Akademia in staat gestel om krisis nadat dit die met enkele verstellings sy studente ritme van die wêreld in staat te stel om met hul kwartaal te geskud het en op begin. Ingeperk, maar nie beperk nie. mikrovlak ook die ritme van gesinne ontwrig. Die inperking in Suid-Afrika is verleng en dit is duidelik dat ons ook DIE WOLKSKOOL ná die streng inperkingstyd anders sal Die tweede monument is Die Wolkskool. moet leef en werk. Daar het egter die Daar is enkele jare gelede begin met afgelope ruk talle merkwaardige dinge die ontwikkeling van dié opwindende gebeur. Ek deel graag drie gebeure aanlyn platform. Ek kan onthou hoe binne die groter Solidariteit Beweging dr. Danie Brink dit vir my destyds op wat ek as monumente van hoop middesy witbord verduidelik het. Ek het nie in dié krisis sien. mooi verstaan nie, Al drie gebeure maar het gesê dit bewys die veerlyk vir my indrukEk wil my dankbaarheid kragtigheid van wekkend. uitspreek teenoor @OnsAkademia! ons mense. Al drie Midde-in die Ek sit in redelik ernstige inperking, gebeure is deur koronakrisis het maar danksy Die Spens, die studentedie gemeenskap meer as 110 000 platform, gaan alles letterlik soos moontlik gemaak. leerders vir Die normaal aan. Dis darem maar lekker! Al drie gebeure Wolkskool ge~ Akademia-student gee hoop vir ’n registreer. China Paul Maritz ~ toekoms gedurenhet hospitale in de en ná Covid-19. dae gebou. Die Wolkskool het die vermoë ontwikkel om binne dae AKADEMIA ’n matriekskool te bou en duisende Die eerste is die afskop matrieks draf elke dag klas op die van Akademia se akadewebtuiste www.wolkskool.co.za. miese kwartaal gedurende die tyd van Daar word op die oomblik letterlik inperking. Bykans 1 400 studente het dwarsdeur die nag gewerk om Die begin “klasdraf”. Sedert die stigting Wolkskool verder te ontwikkel om van Akademia is daar net die nuutste kinders met skoolgaan te help. tegnologie gebruik. Spesifieke video-

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Akademia en Die Wolkskool is instellings wat met die baie bietjies van gewone mense gebou is. Solidariteitlede skenk elke maand R10 van hul ledegeld om te help bou aan dié instellings. Duisende ander dra by tot die Solidariteit Boufonds en nog vele meer help bou deur hul Virseker-polisse. Hierdie projekte is reuse-helpmekaarprojekte. Albei instellings is gebou met tegnologie wat ’n paar jaar gelede nog nie beskikbaar was nie. Sonder dat die spanne daarvan bewus was, het hulle onderwysinstellings ontwikkel wat ’n antwoord sou bied in die tyd van ’n pandemie wat niemand destyds kon dink sou eendag bestaan nie.

KRISISFONDS Die laaste monument is ook deur die gemeenskap gebou. Die Solidariteit Beweging se Krisisfonds het almal se verwagtinge oortref en binne dae byna R5 miljoen ingesamel. Teen middel Mei was dié fonds R15 miljoen sterk! Dit is bereik danksy gewone mense wat klein bedraggies bygedra het. Die krisis het mense hul harte vir ander laat oopmaak. Dié drie Solidariteit-monumente is midde-in ’n krisis danksy Solidariteit se duisende lede, ondersteuners en die gemeenskap bewerkstellig. En daarvoor sê ons opreg dankie! • Dr. Dirk Hermann is bestuurshoof van Solidariteit.



NUUSWAARDIG

FOTO’S: FACEBOOK & ISTOCKPHOTO.COM

Kort nadat die eerste Covid-19geval in Suid-Afrika gediagnoseer is, het ’n dokter wat gemeenskapsdiens by die Levai Mbata-gemeenskapsentrum doen, ’n pasiënt behandel wat simptome van die virus getoon het. Tydens die ondersoek, soos met talle ander, was dr. Megan Martin blootgestel. Die rede: Haar werkgewer, die staat, het nie die nodige beskermingstoerusting aan mediese personeel voorsien nie. Personeel het ook geen opleiding ontvang om hulle toe te rus om die Covid-19pandemie te hanteer nie.

16

n die aanvangsfase van die koronapandemie in Suid-Afrika is mense slegs vir Covid-19 getoets indien hulle in die buiteland was, simptome getoon het, of direk in aanraking was met iemand wat reeds met die virus gediagnoseer is. Die pasiënt wat dr. Megan Martin ondersoek het, het van Swaziland na Suid-Afrika gereis en het simptome van die virus getoon. Die eerste probleem was dat dr. Martin nie met beskermingsdrag (personal protective equipment of PPE) toegerus was nie. Omdat dit bekend is dat die virus uiters aansteeklik is en vinnig versprei, was dit hoogs waarskynlik dat sy gedurende haar ondersoek van die pasiënt die virus kon opdoen.

Haar versoek om die pasiënt vir Covid-19 te laat toets, is aanvanklik nie toegestaan nie, selfs al was die pasiënt ’n hoërisikogeval. Die pasiënt is wel later vir die virus getoets. As voorsorgmaatreël het dr. Martin aansoek gedoen om verlof nadat sy die pasiënt ondersoek het, aangesien sy bekommerd was dat sy moontlik self die virus tydens die ondersoek opgedoen het. Sy het versoek om haarself te laat toets en wou haarself isoleer totdat haar toetsuitslae of dié van die pasiënt ontvang is. Sy is egter verlof geweier en haar versoek om haarself te toets, is afgekeur. Sy is ook toegang tot die uitslae van die pasiënt geweier. In ’n brief aan die kliniek het Solidariteit versoek dat dr. Martin toegelaat moet word om verlof te neem om haarself sodoende in selfisolasie te plaas. Deur aan te hou werk sonder die nodige beskermingstoerusting, stel sy nie net haarself bloot nie, maar ook al die pasiënte wat sy ondersoek en behandel. Solidariteit se versoek is

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

uiteindelik toegestaan nadat die saak byna in die hof gedraai het. Dr. Martin is een van baie dokters in een van baie staatshospitale en -klinieke waar die nodige hulpbronne ontbreek. Dit is skrikwekkend dat mediese personeel by hierdie hospitale en klinieke die dodelike koronavirus moet beveg sonder dat hulle voldoende daarvoor toegerus of opgelei is. Ons medici is tydens ’n pandemie soos dié ’n uiters kosbare bate vir die land, maar hulle word in baie gevalle na die oorlog gestuur om in die voorste linies te veg – heeltemal onbewapen.


“Ons ontvang baie klagte van dokters uit die private en staatsektor, onder meer omdat hulle nie kan huis toe gaan of in ’n ander tipe isolasie wees as hulle vermoedelik met Covid-19-gevalle gewerk het nie.” ~ Adv. Paul Mardon van Solidariteit se beroepsgesondheiden -veiligheidsafdeling ~

R10,9 MILJOEN

Die bedrag waarmee Matis, ‘n nasionale verspreider van beskermende toerusting, beboet is nadat hy glo sy pryse buitensporig verhoog het.

NOG 3 SKULDIG

Nog drie groepe – Sicuro, Hennox en Dis-Chem – het glo die pryse van hul maskers met onderskeidelik 969%, 956% en 261% opgestoot en is ook deur die Mededingingskommissie skuldig bevind. Boetes moet nog bepaal word.

Dit is selfs meer kommerwekkend dat die hospitale en klinieke in gemeenskappe waar siektes en pandemies makliker kan versprei, juis die plekke is waar beperkte hulpbronne beskikbaar is. Dokters en ander mediese personeel voel magteloos en uitgelewer omdat hulle nie in staat is om hulself, maar veral hul gemeenskappe, te beskerm nie, en onder omstandighede soos dié van dr. Martin moontlik bydra tot die verspreiding van die virus. Hoewel dr. Martin se saak opgelos is, is daar steeds talle gevalle in Suid-Afrika waar mediese personeel

hulle eie lewens en dié van hul pasiënte op die spel plaas omdat die staat nie die nodige hulpbronne voorsien nie. Dit laat ernstige vrae ontstaan oor die regering se planne om die omstrede nasionale gesondheidsversekering (NGV) in te stel sodat alle mediese sorg by die staat gesentraliseer word en die publiek nie langer vrye toegang tot privaat mediese sorg sal hê nie. Solidariteit sal aanhou om die staat te wys op sy plig teenoor die waardevolle personeel wat so sonder beskerming aan hierdie dodelike omstandighede uitgelewer is.


SOLIDARITEIT-LEDE OP HUL POS WYL SA SLUIMER

SOMBER STRATE DR. BREAAN SPIES

“E

ALGEMENE PRAKTISYN – SEDERT 1975

k werk as ’n algemene praktisyn en sien pasiënte net op ’n afspraakbasis. Hulle bel my en dan praat ons oor wat fout is, en neem dit dan verder. Ek toets ook self vir Covid-19 by my spreekkamer. Die pandemie gaan nog vir lank by ons wees. Ek dink ons is net aan die begin, want dit lyk asof Covid-19 meer van die winter hou en ons is nou op pad soontoe. Mense moet aanhou om hulle hande te was, maskers te dra en dit is belangrik om die griepinspuiting te kry, sodat hulle nie Covid-19 én griep kry nie. ’n Gesonde leefstyl bly een van die beste dinge wat jy vir jou gesondheid kan doen in hierdie tyd. Oefen, drink baie water en probeer positief bly. Die hele samelewing gaan verander en daar sal moontlik ’n klomp aanpassings op mediese gebied kom. Ons moet ontvanklik wees daarvoor. Ek is bly dat ek in hierdie tyd steeds kan werk om my pasiënte by te staan. Ek was my hande gereeld, dra my masker as ek iemand sien, en hou my spreekkamer (en huis) skoon.”

18

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Terwyl die meeste Suid-Afrikaners tydens die grendelstaat tot hulle huise beperk was, het verskeie Solidariteit-lede onverpoos noodsaaklike dienste landwyd verrig. Mia Slabbert het drie van ons lede op kamera vasgevang.


JACO KRUGER

“D

TEGNIKUS – TELKOM

it is baie anders en vreemd om hier buite te werk. Ek het geen idee of iemand wat Covid-19 het dalk aan die goed gevat het waarmee ek elke dag werk nie. Dinge is redelik stil op die oomblik, so ons help mekaar maar hier en daar uit. Dit is nogal senutergend

om te wonder of jy dalk vandag die koronavirus iewers aangesteek en dit huis toe gebring het. Ek lê aande wakker daaroor. My vrou, kinders en ander familie by die huis is almal afhanklik van my salaris en daarom moet ek werk. As ek in die aande tuis kom, gaan ek eers na ’n ander vertrek buite die huis waar my vrou ’n bak warm water en Dettol gereed het waarmee ek myself kan was. Ek trek my klere buite uit,

los dit daar en was en spuit myself voordat ek enige kontak met iemand het. Ons maak seker dat my klere apart van die ander gesinslede s’n gewas word en dat alles waaraan ek gevat het, ontsmet word. Ek sal myself nooit kan vergewe as ek die virus huis toe bring en my gesin of familie, waarvan baie kwesbare individue is, siek maak nie. Daarom probeer ek werklik om ekstra versigtig en veilig te wees.”

Dit is baie spanningsvol om in die middae na jou gesin terug te keer en te weet dat jy moontlik in kontak kon wees met iemand wat die virus opgedoen het maar nie simptome wys nie.”

LORINDA GERBER

“E

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE – VISTA KLINIEK

k het nooit kon dink ons sal in hierdie omstandighede beland nie. Die werklikheid van die Covid-19-virus tref ’n mens veral as jy sien hoe baie seer en angs mense ervaar. Met al die spanning en angs in die land is ons nogal besig. Vista Kliniek is die grootste private psigiatriese kliniek in Suid-Afrika en ons behandel pasiënte wat angs en spanning beleef of wat aan depressie of bipolêre steuring ly. Ons verwag dat daar binnekort al meer pasiënte gaan kom aanklop. Dit is baie spanningsvol om in die middae na jou gesin terug te keer en te weet dat jy moontlik in kontak kon wees met iemand wat die virus opgedoen het maar nie simptome wys nie. Ek doen alles in my vermoë om seker te maak dat ek nie die virus aan my gesin oordra nie.”

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

19




NUUSWAARDIG

1 MILJOEN poste kan verlore gaan weens die koronakrisis.

Solidariteit jou

Solidariteit se eie werksoekplatform is dié plek waar werkgewers en werknemers mekaar kan ontmoet. Op WerkNet kan jy jou CV opstel en vinnig aansoek doen vir poste. Werkgewers kan ook hier snuffel vir die ideale kandidate vir poste. Besoek werknet.co.za

SEKERHEID

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

IN ONSEKER TYE

22

ie Suid-Afrikaanse werkmag word swaar getref deur die koronakrisis. Ons staar enorme uitdagings en ernstige ekonomiese gevolge in die gesig, en die onvoorspelbaarheid van die situasie skep onsekerheid by alle Suid-Afrikaners. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, meen dat die koronakrisis die grootste gesondheids- en ekonomiese krisis van ons geslag is. “Die ekonomiese gevolge van die nasionale inperking is byna onberekenbaar, met meer as 1 miljoen poste wat gevaar loop om totaal en al verlore te gaan weens die krisis.” Opnames deur Solidariteit toon dat Suid-Afrikaners onseker is oor hul werk en nou meer as ooit werksekerheid nodig het. Ons wil alle Solidariteit-lede gerusstel dat julle nie alleen is nie. Die krag van Solidariteit lê in sy naam, wat

“saamstaan” beteken. Ons doel is om seker te maak dat ons lede die bystand kry om hul werk, en dus hul inkomste, te beskerm, want selfs te midde van die krisis is jou werk steeds ons werk! Ons lede en ander Suid-Afrikaners het talle vrae oor wat die toekoms ná die koronakrisis inhou. “Ons sal nie julle onsekerhede ontken of wegpraat nie, daarom bied ons antwoorde deur middel van ons NetWerk van Werk. Die krag van hierdie NetWerk lê daarin dat die verskillende instellings en funksies van die NetWerk mekaar versterk,” het Hermann gesê. As een van die grootste arbeidsregpraktyke in Suid-Afrika met meer as 40 regskenners, staan ons reg om ’n telefoniese regshulpdiens aan ons lede te bied of om hulle by te staan met gratis regsverteenwoordiging ten opsigte van beroepsverwante sake. As deel van die NetWerk van Werk is Solidariteit Beroepsgildes daarop

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

toegespits om jou te versterk binne jou beroep. Dié beroepstuiste beskerm jou beroep en werk om oplossings vir uitdagings in die werkplek te vind. Kenners reken dat die koronakrisis ons manier van werk onherroeplik gaan verander. Werknemers gaan terugkeer na ’n nuwe normaal in die werkplek, een waar ons fisieke en ekonomiese welstand beskerm word. Solidariteit wil verseker dat sy lede voorbereid is op dít wat in die werkplek wag ná die koronakrisis. S-Leer se webinare en aanlyn kursusse help lede om nuwe vaardighede aan te leer sodat hulle hulself kan herposisioneer en bevorder in die nuwe normaal van werk. Jy het gekies om nie alleen te wees nie; jy het Solidariteit gekies en daarom is ons hier vir jou. As jy wonder, is ons daar. As jy vrae het, kan ons antwoord. As jy geboelie word, kan ons help. As jy ’n dispuut het, tree ons op vir jou.



NUUSWAARDIG

HELPMEKAARDAG

GEMEENSKAPSKRAG

FOTO: HELPENDE HAND

Toe die son op 7 April 2020 opkom, was die Solidariteit Beweging se mense gerat vir aksie. Die Virseker Trust het net die vorige dag R1 miljoen aan die Solidariteit Beweging se Krisisfonds geskenk, en dit was presies die hupstoot wat hulle nodig gehad het om ’n nuwe inisiatief aan te pak. 7 April 2020 was Helpmekaardag!

24

ie helpmekaarinisiatief is nie ’n nuwe verskynsel nie. Die eerste Helpmekaardag was op 10 November 1917 gehou. Die volk was brandarm en ná die rebellie van 1914 het hulle nog meer verarm omdat die rebelle skadevergoedingseise en boetes moes betaal. Ongeag hierdie ellende het die mense nie moed opgegee nie. Daar is besluit dat die wil om saam te staan en mekaar te help, baie sterker is as enige onderdrukking of finansiële verknorsing. Die gees van helpmekaar het posgevat en soos ’n veldbrand van die een Afrikanergemeenskap na die ander versprei. Almal het ingespring: huisgesinne, jongmense, selfs kinders met hulle sakgeld. Mense wat nie geld gehad het nie, het artikels en kos geskenk. Daar is gewerk en gebak. Almal was in nood, maar deur samewerking en die gees van helpmekaar is die nood verlig en kon hulle binne net vier maande genoeg geld bymekaar maak om al die rebelle se skuld te delg. Die Solidariteit Beweging het die nood van 2020 raakgesien. Die ekonomie was reeds voor die Covid19-pandemie onder druk, en nadat die amptelike staat van inperking deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is en duisende ondernemings hulle deure moes sluit, het sake net vererger deurdat duisende werknemers en sakelui se inkomste opgedroog het. Hulpkrete was meer dringend. Die enigste oplossing was dat die geskiedenis homself herhaal en dat mense

‘n Skenking van R5 miljoen se kos is in Mei van die Douw Steyn-familietrust ontvang! Dit kom ’n week nadat dié trust namens Douw Steyn en sy gesin, saam met Telesure Investment Holdings, Auto & General Insurance, 1st for Women Insurance, Dialdirect Insurance, Budget Insurance, 1Life, Hippo, Steyn City Properties en die Saxon Hotel, R2 miljoen se kos aan Helpende Hand geskenk het.

na binne keer, hand in eie sak steek en gee wat hulle kan. Ons is nou in nood. Verlies aan inkomste beteken minder of geen kos op die tafel nie. Beperking van beweging beteken bejaardes word nie versorg nie en kinders kan nie meer skool toe gaan nie. Ons is nie net honger vir kos in hierdie tyd nie, maar ons kinders is honger om te leer en ondernemings is honger om sake te doen. Iets moes gebeur om die nood te verlig. Om na die regering te draai, was nie die antwoord nie. Ons moes ’n ander manier vind om vir ons gemeenskappe te sorg, vir ons oumense hulp aan te

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

bied en ons kinders te laat leer. ’n Helpmekaardag was die voor die hand liggende oplossing. Virseker was eerste om hulle bydrae tot hierdie saak te lewer. Daarna het werknemers by die verskillende instansies wat onder die Solidariteit Beweging val, soos die vakbond Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand, self hand in eie sak gesteek en begin skenk. Mense het mekaar op sosiale media uitgedaag en selfs ’n paar bekendes het aan die uitdaging deelgeneem. Die dag was ’n reusesukses. Die mikpunt van R2 miljoen is oorskry en twee dae ná die Helpmekaardag was die Krisisfonds reeds R3 miljoen sterk. Die fonds is al oor die R15 miljoen-merk! Helpende Hand gebruik ’n deel van die geld om maatskaplike verligting vir gemeenskappe te bring terwyl ’n gedeelte die Skoleondersteuningsentrum se Die Wolkskool finansier sodat ons kinders steeds in hierdie tyd kan leer. Die Helpmekaardag het bewys hoe sterk ons gemeenskappe werklik is. In die gees van helpmekaar sal ons saam ook hierdie tyd van nood oorkom. • Die Solidariteit Beweging bedank almal vir hul bydraes tot die Krisisfonds. Wil jy nog bydra? Besoek www.krisisfonds.co.za



BEDRYFSNUUS

POST-COVID-19 Ambagswêreld moet geleenthede ontsluit wat deur koronakrisis geskep is

Dis-Chem koop Dis-Chem het in Mei, te midde van die Covid-19-pandemie bekend gemaak dat hy Baby City vir R430 miljoen gaan koop. Dié groep van 33 winkels wat babaklere en -bybehore verkoop, het in die boekjaar tot einde Februarie ’n inkomste van R855 miljoen getoon.

Die aantal maatskappye wat in die eerste kwartaal om sakeredding aansoek gedoen het.

Langste ondersese datakabel kom ’n Nuwe ondersese kommunikasiekabel, bekend as die 2Africa-kabel, word beplan en sal oor sowat 37 000 km strek. Dit sal van Brittanje tot by Portugal, af teen die weskus van Afrika tot by Kaapstad, en met die ooskus op tot in Frankryk strek. MTN, Vodacom, Facebook en China Mobile het ’n belang in die kabel.

Die spoed per sekonde waarmee data teen 2024 met die 2Africa- kabel gedra sal kan word.

oms gebeur verandering en ontwrigting so vinnig dat dit moeilik is om ’n ramp van ’n geleentheid te onderskei. Kom ons staan vir ’n oomblik stil by die geleenthede wat dié krisis vir die ambagswêreld skep. ’n Belangrike aspek om te oorweeg, is of outomatisering moontlik die ekonomiese skade van die Covid-19-virus sou kon beperk het. Volgens Shahin Farschi, ’n belegger en ingenieur wat spesialiseer in kunsmatige intelligensie (KI), het daar reeds voor die Covid-19-pandemie verskillende menings bestaan oor die impak wat outomatisering op werk het. Sommige kenners voorspel dat tot 30% van alle poste in die VSA teen 2030 geoutomatiseer sal word en dat outomatisering en KI produktiwiteit en ekonomiese groei sal verhoog. Dit sal egter beteken dat miljoene mense reg oor die wêreld van beroep sal moet verander of hul vaardighede sal moet opskerp om by die verandering aan te pas. Die Wêreld- Ekonomiese Forum skat weer dat beroepe wat uit outomatisering of digitalisering sal voortspruit, meer as 6 miljoen poste tussen 2020 en 2022 kan skep. Die invloed van die pandemie op werkverliese moet nog bepaal word. Voor die koronakrisis is outomatisering gesien as die groot monster wat enorme werkverliese sal veroorsaak, maar mense dink waarskynlik nou anders daaroor omdat die

pandemie groter ekonomiese skade aanrig as wat outomatisering tot dusver gedoen het. Die vraag moet eerder wees hoe outomatisering kan help om ekonomiese herstel te bespoedig en ons teen toekomstige pandemies te beskerm. Werknemers wat vrees dat hulle deur robotte en masjiene vervang sal word, moet outomatisering dus liewer sien as ’n geleentheid om in hul beroepe te groei. Aanvanklik sal slegs 3% van alle beroepe moontlik geraak word. Dit sal veral beroepe in die motorbedryf en ander tegniese ambagte wees eerder as dié wat sosiale, literêre en emosionele vermoëns benodig. Daar word ook verwag dat die koste om die nodige tegnologie in die werkplek te implementeer, sal daal soos wat die vraag daarna toeneem. Werkgewers kan die geld wat hulle danksy die implementering van KI-stelsels spaar, gebruik om hul werknemers op te lei sodat hulle meesters op hul gebied kan word. Lande soos die VSA en China is ongetwyfeld die leiers op die gebied van outomatisering, en Suid-Afrika kan gerus hierdie lande se modelle naboots en verfyn om by die Suid-Afrikaanse arbeidsmark te pas. In ’n verslag wat Oxford Economics in 2019 gepubliseer het, word beraam dat 12,5 miljoen vervaardigingsposte in China teen 2030 outomaties sal wees. Die werklikheid is dat dit dan selfs baie meer kan wees! Die Suid-Afrikaanse privaat sektor moet ’n plek in die toekoms verseker deur nou al te bepaal hoe hul werkomgewing teen 2030 gaan lyk.


Belastingbetalers betaal ten duurste vir 217 Kubaanse medici – teen ’n kosteberaming van meer as R300 miljoen – terwyl ons eie medici dringend finansiële bystand nodig het. Na berig word, sien algemene praktisyns 43% minder pasiënte, spesialiste 33% minder, tandartse 61% minder en optometriste tot 91% minder mense. Verpleegsters se salarisse is met tot 30% gesny. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het ’n klagteblad waar gesondheidspraktisyns klagtes, voorstelle en/of versoeke kan lug. Stuur ’n e-pos na gesondheid@solidariteit.co.za. (Lees meer by corona.org.za)

SOLIDARITEIT BEROEPSGILDES

Meer as ooit jou beroep se

Wees onmisbaar as kantoorpraktisyn

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

bymekaarkomplek K ie inperkingstyd is vir baie mense ’n tyd van angs, spanning en hartseer. Ons is oornag gekonfronteer met ’n nuwe werklikheid soos iets uit ’n Hollywood-rolprent. Gelukkig is daar gewoonlik in ’n rolprent ook ’n held wat ’n teenmiddel het en die wêreld oornag van die virus red. As akteurs in ons eie dokumentêr besef ons egter nou dat dinge in die regte lewe nie so eenvoudig is as in rolprente nie. Ons ervaar die werkverliese, ons sien bejaardes en kinders wat honger ly, en ons lees al die kritiek en gekasty. Dié wat nog kan werk, doen so en probeer om ’n nuwe normaal te vestig. Dié wat nie kan werk nie, probeer planne maak in ’n onseker tyd waar daar meer vrae as antwoorde is, en kommer oor die volgende ete op die tafel. Solidariteit Beroepsgildes het gekies om hierdie tydperk vanuit die werker se oogpunt te beskou. Ons het in elke beroep se skoene gaan staan en die impak van hierdie krisis op mense in dié beroepe ontleed, en ons het die voortbestaan van die beroepe ondersoek en planne beraam om werkers te bemagtig om kop omhoog ons nuwe wêreld van werk te kan aandurf. Ons kan met sekerheid sê dat die wêreld van werk reeds drasties verander het. Soos in ’n rolprent, is dit ook nou

nodig dat elkeen uit die puin sal opstaan en saam vir ’n beter more beplan. Ons moet saam die stukke optel en die stad herbou. Ons moet dit doen vir onsself, vir ons gesinne, mekaar en die land. Solidariteit Beroepsgildes is nou, meer as ooit, jou beroep se bymekaarkomplek. Binne jou betrokke beroepsgilde bemagtig ons jou met kennis en inligting om jouself verder te ontwikkel en relevant te hou, nie net vir ’n veranderende werkomgewing nie, maar ook om tred te hou met die versnelling van die Vierde Nywerheidsrewolusie. Ons glo die tyd is reg vir jou om al jou talente en vermoëns in te span. Ons sien ook nou, meer as ooit, die krag van die gemeenskap. Dit is in ons DNS om saam te staan. Daarom is dit elke gilde se roeping om lede te mobiliseer om mekaar te help, verantwoordelikheid te neem vir die volgende generasie, kennis te deel deur mentorskap, en ons werkplekke sterk te maak. In ons rolprent kan ons elkeen kies om ’n held te wees. Ons doen dit deur aan te hou leer by ons instellings soos Sol-Tech (www.sol-tech.co.za), Akademia (www.akademia.ac.za) en S-Leer (www.s-leer.co.za). Ons neem mense in diens (www.werknet.co.za). Ons bemagtig ons kinders om goed te presteer (www.wolkskool.co.za), en berei hulle voor vir die werkplek (www.jeug.co.za). Ons raak betrokke in ons beroepsgemeenskap (www.gildes.co.za), raak deel van gesprekke en help bou aan oplossings.

antoorpraktisyns is die steunpilare van enige organisasie. Hulle bied nie net administratiewe ondersteuning nie, maar beskik oor vaardighede en dikwels oor dieptekennis van die organisasie wat ’n maatskappy help om staande te bly. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns beskou die persoonlike assistent, ontvangsdame, skakelbordbeampte en administratiewe beampte nie as ’n luuksheid in die organisasie nie, maar as ’n die gom wat dinge aanmekaar hou. Hoe meer vaardighede die kantoorpraktisyn het, hoe sterker is die gom. Maak jouself onmisbaar en moet nooit die impak wat jy op jou organisasie het, onderskat nie. Baie kantoorpraktisyns kon tydens die inperking tuis met hul dagtake voortgaan, maar weens ekonomiese druk is afleggings dalk binnekort vir hulle en talle ander beroepe ’n realiteit. Wat kan ek as kantoorpraktisyn doen as dit my voorland is? Maak seker jy bly relevant en onmisbaar. Wees ’n meester in jou beroep en wees buigsaam. Indien die maatskappy se finansies afleggings noodsaak, is daar alternatiewe wat jy aan jou werkgewer kan voorstel. Salarisvermindering is nooit ideaal nie, maar as jy dit kan kombineer met korttyd, kan jy die ekstra ure benut deur vir ’n ander bestuurder of ander organisasie te werk wat dalk iemand benodig om deeltyds met take uit te help. • Vir gratis selfverrykende webinare, artikels en riglyne, besoek jou beroepsgemeenskap se Facebook-groep – Kits-klets.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

27


BEDRYFSNUUS

Die getal slagoffers wat die nasionale hulplyn vir mishandelde vroue en kinders gebel het in die eerste weke van die inperking.

60%

Vakatures vir maatskaplike werkers het drasties gestyg in die eerste weke van inperking.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Maatskaplike werkers die lig in donker tye

28

ie maatskaplike nood in ons land is baie groter as wat enigeen kon voorspel, en maatskaplike werkers moet daagliks by onbekende omstandighede aanpas om nood te help verlig. Maatskaplike werkers word tans gekonfronteer met uitsonderlike uitdagings. Emosionele stres, angs, vrees en ’n algehele gevoel van moedeloosheid neem toe onder gemeenskappe, wat weer tot ’n toename in gesinsgeweld en seksuele misdrywe aanleiding gee. Dit is baie moeiliker om ’n emosionele vertrouensverhouding met mense te vestig deur tegnologie of besoeke sonder aanraking, maar dit bly noodsaaklik om kontak te behou. Maatskaplike werkers is die lig in ander mense se donker. Die behoefte aan basiese goedere soos kos, skoonmaakmiddels en produkte vir persoonlike higiëne het ook geweldig toegeneem in hierdie tyd, aangesien baie meer huishoudings nou sonder ’n inkomste is en die staat nie genoeg hulp aan almal kan verleen nie. Daar is wel bykomende toelaes spesifiek vir hierdie tyd deur die staat goedgekeur, maar dit help nie veel om te voorsien in die groot nood wat reeds bestaan nie. Die aantal aansoeke om hulp wat maatskaplike organisasies

WORD VANDAG DEEL

Vir gratis selfverrykende webinare, artikels en riglyne, besoek jou beroepsgemeenskap se unieke Facebook-groep – Maatskaplikewerkersgilde. As beroepsgemeenskap glo ons aan saam dink, saam werk, en saam doen, want ons is #HierVirJou. daagliks ontvang, het die afgelope maand verdubbel en een van die grootste uitdagings is beperkte fondse. Koshulp kan nie net eenmalig voorsien word nie, maar daar is tans geen aanduiding van hoe lank hulp voorsien sal moet word nie. Die meeste niewinsgewende organisasies is afhanklik van hulle eie fondswerwing, maar weens die inperking is talle van hierdie asook toekomstige projekte soos musiekfeeste nie meer moontlik nie. As maatskaplike werker hoef jy nie hierdie uitdagings alleen aan te pak nie. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers het reeds met beplanning begin om later vanjaar ’n inligtingsessie oor fondswerwing vir niewinsgewende organisasies aan te bied. Die gilde beoog ook om saam met Solidariteit Helpende Hand ’n omvattende handleiding bekend te stel oor die maatskaplike landskap in die huidige Suid-Afrikaanse konteks.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Indien jy reeds geld van borge ontvang het vir ’n projek wat nou gekanselleer moet word, moenie sonder meer al die geld terugbetaal nie maar vra of jy ’n deel daarvan vir die projek kan hou. Sommige donateurs is dalk nog in ’n posisie om te kan help. Maak gebruik van die portale op sosiale media waar maatskaplike werkers mekaar ondersteun en gebruik hierdie platform ook om jou gemeenskap te bereik. Maak seker almal weet waarmee jy besig is en waar die nood tans groot is. Kyk wyer as jou bestaande ondersteuners of volgelinge op sosiale media deur ook alternatiewe platforms te gebruik sodat jy jou databasis kan uitbrei. Stuur nou korrespondensie uit aan alle donateurs waarin jy hulle bedank vir hul volgehoue ondersteuning en aandui hoe die geld tans aangewend word. Hierdie donateurs het hul eie volgelinge op sosiale media en kan jou instansie se waardes en doel só verder versprei. Moenie net vra nie. Sê ook wat jou planne is en hoe jy die huidige situasie hanteer. Dis belangrik om te besef dat almal wat nog altyd gehelp het, nie noodwendig nou sal help nie. Daar is baie mense wat hulle harte oopmaak vir ander. Gemeenskappe bou saam, leef saam en doen saam. Kom ons steun mekaar waar moontlik. Saam is ons sterker.


DIGITALISERING

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

PLAAS JOUSELF IN BETER LOOPBAANPOSISIE ie Covid-19-pandemie het baie maatskappye gedwing om hul roetine te herdink. Dit het ons ook gedwing om ernstig te besin oor hoe ons werk – is dit steeds die beste metode of is daar dalk maniere waarmee ons, met die hulp van moderne tegnologie, ons daaglikse take makliker kan voortsit of verbeter? Dit is noodsaaklik om ons werk- en opleidingsinstellings digitaal te transformeer om doeltreffend te kan funksioneer en steeds relevant te bly in tye wanneer die wêreld stilstaan of onseker is oor watter stappe volgende gedoen moet word. Maatskappye wat tegnologie goed kan benut om aan die gang te bly en hul sakemodel vir die toekoms aanpas

deur digitale transformasie vinnig toe te pas, sal ’n groot voorsprong bo hul mededingers kry. Met die uitbreek van die Covid-19virus het baie ondernemings reeds ’n platform gehad waarop digitale transformasie kon plaasvind, maar die meerderheid was steeds nie gevorderd genoeg om dit suksesvol te implementeer nie. Die finansiële sektor was die pioniers van digitale transformasie met elektroniese geldoorplasings, outomatiese tellermasjiene asook transaksies wat deur die internet en selfs mobiele fone kan plaasvind. Ander bedrywe het hulle voorbeeld gevolg met digitale voorsieningskettings, digitalisering van versekering, verbruikersgoedere, die vervaardiging van motors, kleinhandel en dies meer.

Dit is vandag selfs moontlik om dokters via die internet te konsulteer sonder dat hulle aan virusse blootgestel word. Hoewel sommige maatskappye nie ten volle kan digitaliseer nie, is dit tog raadsaam dat hulle dit so vinnig moontlik begin toepas. Digitalisering is nie ’n eenmalige gebeurtenis nie, maar is ’n aanhoudende proses met al meer innovasies en ontdekkings wat wêreldwyd dinamies oor verskeie nywerhede strek. Dit is verstaanbaar dat maatskappye en die mense wat jare lank in hulle diens is, skrikkerig sal wees vir die gedwonge verandering. Die mens hou nou maar net nie van verandering nie. Digitalisering moet egter gesien word as ’n geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer wat jou in ’n beter werk of loopbaanposisie kan plaas.


BEDRYFSNUUS YEAR OF THE NURSE It could not be more timely that the World Health Organization designated 2020 as the International Year of the Nurse and the Midwife. 2020 is also the Bicentenary of Florence Nightingale. • https://nightingale2020.ca • www.2020yearofthenurse.org

VERPLEEGTEKORT

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar slegs 28 miljoen verpleegpersoneel wêreldwyd, waarvan 90% vroue is. Volgens die WGO is daar ‘n tekort van bykans 6 miljoen verpleegpersoneel om doeltreffende sorg te verseker.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

in die gesondheidsbedryf

30

ie koronavirus het die samelewing totaal omvergewerp. Die samelewing sal weer moet herstel en dit kan net gebeur as gemeenskappe bymekaar kom en mekaar bystaan in hierdie tyd. Gesondheid begin by gesinne, dan gemeenskappe en dan die bevolking. Volgens Henru Kruger, Beroepsgildesektorhoof: Professioneel, was die gesondheidsbedryf reeds onder enorme druk voordat die inperking op 26 Maart begin het. Hierdie druk is veroorsaak deurdat praktisyns se vergoeding nie teen dieselfde koers toegeneem het as hul uitgawes nie. Dit word die koste-tot-inkomste-verhouding of sogenaamde knyptang-effek genoem. Die inperking het hierdie druk verder laat toeneem, met mediese praktisyns wat ’n afname in inkomste van tot 46% ervaar. Dié wat kon, het dit probeer absorbeer deur uitgawes te sny of uit te stel, of om skuld aan te gaan.

Volgens Kruger sal die enigste deelnemers in die gesondheidsbedryf ná die inperking diegene wees wat deel is van sterk netwerke en wat werklike waarde vir geld kan toon. Dit is rolspelers wat baie doeltreffend op ’n goedkoop wyse meetbare uitkomste kan lewer. Omdat die aanbod van geld minder is, word net beter gehalte, noodsaaklike dienste met groter voordele uitgesoek. Die fokus is om minder te spandeer oor ’n langer termyn ten einde dieselfde resultaat te behaal as wat voorheen bereik is. Kruger raai gesondheidspraktisyns aan om deel te word van die regte netwerk: “Die netwerk moet werklik waarde bied sodat daar veilig, vry en voorspoedig gewerk kan word. Dit moet ’n netwerk van werk wees binne ’n helpmekaargemeenskap. Daar moet ’n hoër verbintenis wees op godsdienstige en kulturele vlak met ’n roepingsingesteldheid. Die langtermynwaarde lê daarin om te neem wat tans bestaan, dit te bewaar maar ook te verbeter vir ’n toekomstige generasie.”

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

D

ie Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het hande gevat met die SA Doctors App om Solidariteitlede en pasiënte in staat te stel om moeiteloos met ’n gesondheidspraktisyn in aanraking te kom. Die diens is heeltemal gratis. SA Doctors het ’n toepassing ontwikkel waarmee pasiënte die naaste algemene praktisyn, hospitaal, apteek en ander medici kan opspoor. Solidariteit en SA Doctors het toe saamgewerk om ook ’n koronakrisisfunksie op die toepassing beskikbaar te stel. Besoek http://tiny.cc/0s42mz. Die Covid-19-krisissituasie het Solidariteit en die SA Doctors-span ook verder geïnspireer om tekorte aan geskikte gesigmaskers vir dokters reg oor Suid-Afrika te identifiseer. SA Doctors het daarna ’n ooreenkoms met ’n plaaslike vervaardiger gesluit om gesigmaskers te vervaardig. Algemene praktisyns het die eerste opsie om hierdie maskers te koop teen afslag op kleinhandelpryse. Stuur ‘n e-pos na info@sadoctorsapp.co.za.


R150 000 Volgens Medscheme kos dit gemiddeld R150 000 om ‘n Covid-19-pasiënt in die hospitaal te behandel.

Wat doen Solidariteit vir werknemers in die gesondheidsbedryf ?

D

ie Gilde vir Gesondheidspraktisyns en die Gilde vir Verpleegkunde vestig beroepsgemeenskappe vir die lewering en gebruik van gesondheidsdienste binne Solidariteit se NetWerk van Werk. Dit beteken dat ons ’n helpmekaaringesteldheid vestig waar ons mekaar bystaan om veilig, vry en voorspoedig te wees. Die Beroepsgildes het ’n vyfpunt-

plan bekend gemaak om by te dra tot die veiligheid van gesondheidspraktisyns. Die Gildes het ook ’n ope brief aan die minister van gesondheid gerig waarin verneem word watter maatreëls die regering tref om die veiligheid van gesondheidswerkers te verseker. Verder het die Gildes ook ’n volledige opleidingskursus ontwikkel en saamgestel oor die dra en gebruik van beskermende klere (PPE) geba-

seer op die WGO- en NIOS-riglyne. Gesondheidspraktisyns kan die kursus aanlyn voltooi en ’n sertifikaat ontvang. Finansiële bystand aan gesondheidspraktisyns en pasiënte word verleen in die vorm van noodlenings wat in samewerking met Medifin aangebied word. Lenings van tot R8 000 is beskikbaar vir pasiënte en lenings van tot R150 000 vir praktisyns.


BEDRYFSNUUS

NUTTIGE WENKE VIR VERKOOPSPERSONE

KORONA SNY MY KEEL AF! BENUT TEGNOLOGIE TOT JOU VOORDEEL Ons leef in die digitale era, so gebruik tegnologie tot jou voordeel. Die virtuele wêreld is propvol geleenthede wat ons net moet ontgin en tot ons voordeel moet gebruik in ons verkoopstrategieë. Baie firmas bied virtuele toere van hul maatskappye aan – waarom gebruik jy dit nie ook tot jou voordeel vir jou produkte nie? Video’s is ’n baie doeltreffende en moderne hulpmiddel wat juis nou tot jou voordeel gebruik kan word.

FOKUS OP BESTAANDE KLIËNTE Fokus op die kliënte wat jy reeds het. Dit is baie moeilik om in die huidige omstandighede nuwe kliënte se vertroue te wen en nuwe produkte aan hulle te bemark. Nuwe verkope gaan baie moeilik wees, maar bestaande kliënte weet reeds wat jy bied en het klaar ingekoop in jou produk of diens. Bou en beskerm dus daardie vertrouensverhouding.

Verkoopspersone voel die ekonomiese impak van die koronavirus eerstehands aan hul sakke. Met die Covid-19-pandemie word die Engelse uitdrukking “business as usual” nou “business differently”. Hoe oorleef ek as verkoopspersoon tydens die krisis? Forbes bied nuttige raad.

LUISTER AANDAGTIG Luister is ’n vaardigheid wat ons normaalweg moet toepas, maar wat nou meer as ooit noodsaaklik is. Jy sal baie vinnig agterkom of die kliënt se aandag elders is. In die huidige omstandighede sal dit waarskynlik eerder die reël as die uitsondering wees, tensy die persoon werklik nodig het wat jy bied.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

HOU STIPTELIK BY AFSPRAKE, OOK AANLYN

32

As jy ’n afspraak met ’n kliënt het, wees stiptelik. ’n Virtuele vergadering moet geensins anders werk as ’n persoonlike vergadering nie. As jy met die kliënt ooreenkom om 14:00 via Skype te gesels, hou streng by daardie tyd. Sorg dat jy voorbereid is vir die afspraak. Doen vooraf navorsing en maak seker jy kan alle vrae beantwoord. Verkoopsmense is gewoond daaraan om self hul tyd te bestuur. Om tuis per telefoon of via video te werk, is nie noodwendig onbekend nie. Vir die meeste kliënte is dit egter iets nuuts. Hul lewens is omvergegooi en hulle voel bang en onseker oor die toekoms. Dit is jou verantwoordelikheid om die kliënt so rustig as moontlik te hanteer. Wees geduldig en sit jou eie emosies eenkant.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

OORWEEG NUWE PLATFORMS Oorweeg nuwe platforms vir verkope. Indien jy ’n virtuele vergadering hou, maak seker die agtergrond is skoon en netjies. Hoe lyk jy op die skerm? Is jy geskeer en netjies aangetrek en gegrimeer? Gebruik die regte platforms vir ’n goeie beeld en duidelike klank. Skep vir jouself geleenthede in hierdie krisis. Dink aan nuwe, innoverende en kreatiewe maniere om sake te doen en verkoop deur jou kliënt suksesvol te maak. Luister meer en praat minder. Word ’n meester in verkoopsjoga.


BEDRYFSNUUS

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Finansiële netwerk vir ná die inperkingstyd uid-Afrika se finansiële sektor het ’n beduidende verandering ondergaan ná die uitbreking van die koronavirus. Die markte het reeds voor die inperking begin tuimel. Beleggers het onttrek uit aandeleportefeuljes en eerder in kontantfondse begin belê. Die sogenaamde Groot Vier-ouditfirmas het hul ouditdienste begin afskaal aangesien dit te duur en ingewikkeld geraak het. Dié firmas het liewer gefokus op hersieningsaanstellings en ander finansiële en boekhoudienste. Sedert die inperking het die markte verder verswak. Hoewel finansiële dienste as ’n noodsaaklike diens geklassifiseer is en dus tot ’n mate momentum kon behou, is die finansiële sektor steeds onder enorme druk. Volgehoue swak regeringsbeleid en korrupsie het omstandighede sodanig verswak dat die makro-ekonomie nie ’n 6,4%-inkrimping weens die Covid-19pandemie kon afweer nie. Sekere entiteite in staatsbesit moes sluit en ander gaan gebuk onder ’n geweldige skuldlas. Daar vind geen ontwikkeling of onderhoud plaas nie, en die grootste gedeelte van staatsinkomste word aangewend om skuldverpligtinge na te kom.

Op mikro-ekonomiese vlak sal net ’n derde van ondernemings waarskynlik oorleef, en die res het aansienlike bedrae skuld. Die grootste gedeelte van inkomste moet dus nou aangewend word om skuld te delg, gevolglik moet aktiwiteite ingekort en personeel verminder word. Almal is bekommerd oor hul persoonlike finansies, met talle mense wat met 10% minder salaris moet klaarkom en ’n groot aantal wat werkloos is. Kommer oor gesondheid, voedseltekorte en onderwys is ook algemeen. Volgens Henru Kruger, Beroepsgilde-sektorhoof: Professioneel, moet mense wat in die finansiële sektor werk die volgende toepas om aan te pas ná die inperking: Maksimeer inkomste deur middel van netwerkbemarking, Beperk koste deur ekonomie van skaal te bewerkstellig binne ’n groter netwerk, Verkry langtermyninkoop en -lojaliteit deur middel van netwerkgeleenthede, Voeg waarde by deur te fokus op gemeenskap, en Beskou werk as adel en aanvaar dit as ’n roeping om ’n verskil te maak vir die volgende geslag.

Gilde vir Finansiële Praktisyns hier om jou by te staan!

D

ie Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns is ’n beroepsgemeenskap vir die lewering en gebruik van finansiële dienste binne die Solidariteit NetWerk van Werk. Die idee is om die breë gemeenskap, Solidariteitlede en Gilde-lede by te staan met die beste finansiële advies rakende die uitdagings wat tans bestaan. Die Beroepsgildes gaan hande vat met verskaffers van strategiese dienste in die finansiëledienstesektor wat finansiële adviseurs dan sal help om hul praktyke reg op te stel en te bestuur volgens beste praktyk en die nakomingsriglyne van die FSCA. Daar is reeds met ’n finansiële adviseur kontak gemaak en van die diensverskaffers het ook reeds belangstelling getoon. Lede gaan bygestaan word met bestuursrekeningkunde, kosterekeningkunde en finansiële rekeningkunde om hulle te help om hul organisasies te herstel. Dis ’n ongekende tyd wat voorlê, maar as beroepsgemeenskap gaan Solidariteit sy lede bystaan om vry, veilig en voorspoedig in hul beroep te wees.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

33


INDUSTRYNEWS

Covid-19 could change the

More & more companies are embracing remote working. See page

69

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

WORLD OF WORK

34

he unexpected outbreak of the Covid-19 pandemic is sending shockwaves through the world of work. Is working from home more than simply the latest trend and can it be sustained once the pandemic has passed? The likelihood of extended workplace shutdowns where only a limited number of employees may work at the office is very high. So, what do experts predict about the future of work and the workplace, and what are the pros and cons of working from home? Working from home is not as common as one might think. In Australia, many companies now offer flexible work arrangements, but not necessarily on a full-time basis. Only 10% of Australia’s workforce currently work from home. This is however expected to result in savings of between $1.4 billion and $1.9 billion a year, of which $1.27 billion will relate to the time and costs of avoided travel. While there isn’t adequate research results available for the South African workforce, a study in the United States suggests that most employees who are able to work from home would do so if they had the option. If you have ever felt the need to go home in order to get some work done, you certainly aren’t alone. Many employees working in open plan offices are distracted by noise and interruptions that prevent them from concentrating. A two-year study that used randomly assigned groups found that people who worked from home showed an increase in productivity of on average 13% and a decrease of nearly 50% in sick leave and short breaks. According to the research, companies saved around $2 000 per employee on lease costs.

Facebook and Google announced that they will allow their employees to work from home until at least the end of the year. South African companies like Santam, FNB & Standard Bank also moved most of their activities to employees’ homes for the foreseeable future.

PERMANENTLY FLEXIBLE FUTURE

The “new normal” will be sustained by fears of the next pandemic.

MOVEMENT TOWARD AGILE WORK

Online collaboration makes it easier for employees to collaborate. They should learn how to use technology in order to make working remotely work for them. Employers should make it as easy as possible for cohesion to take place.

PRIORITISATION OF WORK-LIFE BALANCE

Working from home is convenient, but professionals need to learn how to separate home and work life.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

TREND TOWARD SUSTAINABILITY

Research shows that working remotely eliminates the mental and physical stress of going to an office. Johannesburg residents spend up to 46 hours and Cape Townians up to 49 hours per year in traffic going to work and back home. Fewer cars on the road will also improve the quality of the air we breathe. The costs of energy will go down. During the national lockdown, Eskom stopped production at some of their wind energy generation plants because consumers used less energy.

EMPLOYEES’ & EMPLOYERS’ EXPECTATIONS

According to researchers, Gen X and Gen Z employees are handling remote working differently. Factors such as flexibility and remote working will be important when future generation employees apply for positions.



FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

IS JOU WERKPLEK

36

etgewing word bewoord om die algemene beginsels te bevat wat op soveel as moontlik situasies toegepas kan word. Daarom moet en kan die beginsels en bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 85 van 1993 (die BGV-wet) ook op die Covid-19-pandemie toegepas word en moet werkgewers en werknemers hul pligte ten opsigte van beroepsveiligheid en -gesondheid nakom. Werknemers het die reg op ’n gesonde en veilige werkplek en dus het die werkgewer en persone wat vir hulself werk, ingevolge die BGV-wet en die Regulasies uitgevaardig onder die Wet (veral die Regulasies op die Beheer van Biologiese Agense) asook die nuut uitgereikte riglyne (geriefshalwe die Covid-19-riglyne genoem) onder meer die plig om sover dit redelikerwys uitvoerbaar is, werknemers se veiligheid en gesondheid in die werkplek te verseker.

In die huidige omstandighede hou dit veral die pligte in om – potensiële gevare in die werkplek te identifiseer (risiko-analise te doen); voortspruitend uit die risiko analise, die kostedoeltreffendste voorsorgmaatreëls te identifiseer op grond van ’n hiërargie van kontrolemaatreëls, dit beskikbaar te stel en sorg te dra dat dit redelik uitvoerbaar is; werknemers in te lig oor die gevare in die werkplek en hoe dit aangepak word, asook opleiding aan werknemers te gee sodat die beskermende maatreëls doeltreffend toegepas kan word; en toe te sien dat geen werknemer enige werk verrig tensy daar aan die bogemelde maatreëls of enige ander voorgeskrewe veiligheidsvoorsorgmaatreëls voldoen is nie. Werknemers het egter ook verantwoordelikhede, soos om – redelike sorg te neem vir hul eie en ander se gesondheid en

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

veiligheid wat deur hul optrede of versuim geraak word; samewerking te gee en te verseker dat enige wetlike pligte of reëls nagekom kan word soos deur die BGV-wet aan hul werkgewer of enige persoon opgelê is; enige wettige plig uit te voer, en gehoorsaam te wees deur die gesondheid- en veiligheidsregulasies en -prosedures na te kom; enige onveilige of ongesonde situasie so gou as moontlik by die werkgewer of gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger aan te meld; en alle voorvalle waarby werknemers betrokke was wat hul gesondheid kan beïnvloed of waarin hulle beseer was, by die werkgewer aan te meld.

Hieruit is dit duidelik dat die werkgewer die plig het om ‘n gesonde werkplek daar te stel asook die plig om gevare en bedreigings betreffende die koronavirus te identifiseer en aan te pak deur dit uit te skakel of die bedreiging daarvan te


Ons kenners beantwoord koronakwelvrae. Lees meer op bladsy

38

COVID-19-GEREED?

Het jy vrae of is jy onseker of jou werkplek aan die vereistes voldoen? Besoek Solidariteit se spesiale koronakrisiswebtuiste by corona.org.za of stuur ‘n pos na Solidariteit se BGV-span by badbgv@solidariteit.co.za

versag, en dat werknemers hulle samewerking hierin moet gee. Ingevolge nuwe riglyne is werkgewers verplig om bestaande risiko-analises te hersien en aan te pas ter bekamping van Covid-19 in die werkplek. Die riglyne sit die hiërargie van kontrolemaatreëls duidelik uiteen en dui aan dat ‘n kombinasie daarvan nodig is, met beskermende kleredrag en toerusting as die laaste uitweg. Op 28 April 2020 het die departement van indiensneming en arbeid verdere riglyne uitgereik waarvolgens werkgewers met minder as 10 werknemers onderskei word van werkgewers met meer as 10 werknemers. Werkgewers met minder as 10 werknemers moet onder meer sorg dat – ‘n afstand van minstens 1,5 m tussen werknemers gehandhaaf word en waar onmoontlik, ‘n afskorting tussen die werknemers opgerig word; geen werknemer met simptome van die virus die werkplek binnekom nie; vermoedelike Covid-19-gevalle

dadelik by die owerhede aangemeld word; maskers aan werknemers verskaf word en van alle werknemers vereis word om dit in die werkplek dra; en genoegsame ontsmettingsmiddels, seep en skoon water voorsien word om hande te reinig en toesien dat dit gebruik word en werkstasies gereeld ontsmet word.

Werkgewers met 10 en meer werknemers moet onder meer sorg dat – die werkgewer ‘n bestuurder aanwys wat met die werknemers moet skakel, hulle deurlopend inlig oor die virus asook met die gesondheid en -veiligheidskomitee moet skakel oor voorkomingsmaatreëls in die werkplek; werkskedules en -ure só gereël word dat die minimum aantal werknemers op enige gegewe tyd in die werkplek teenwoordig is; maatreëls vir sosiale afstand nagekom word tydens tee- en etenstye en by kantiene en ablusiegeriewe; siftingstoetse vir simptome gedoen

word wanneer werknemers vir werk aanmeld, en niemand met simptome toegelaat word om te begin werk nie; iemand wat gedurende ‘n skof siek word, geïsoleer word, die werkplek ontsmet word, persone wat met daardie werknemer in aanraking was, ingelig word en verwys word vir waarneming; indien die siekte in die loop en uitvoering van diens opgedoen is, dit aangemeld word as ‘n beroepsiekte by die vergoedingskommissaris; ‘n werknemer wat die virus opgedoen het slegs terug aan diens laat kom indien bewys gelewer kan word dat die persoon virusvry is; werknemers wat nie kantoorgebonde is nie, van ontsmettingsmiddels voorsien word; en slegs papierhanddoeke in badkamers voorsien word (alle ander tipes handdoeke is verbode). Hierdie artikel is saamgestel deur Hanlie van Vuuren, Johan Böning, De Wet Blaauw, Nikki Prinsloo en Jacques Benade.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

37


BEDRYFSNUUS

KORONAKOMMER

Ons kenners beantwoord kwelvrae Solidariteit se beroepsgesondheid en -veiligheidspesialiste ontvang daagliks navrae oor Covid-19 in die werkplek. Hier is antwoorde op vier van die vrae wat ons BGV-afdeling ontvang het.

In kwarantyn,

maar kollega kom werk toe Daar is reeds een persoon wat deur die dokter in selfkwarantyn geplaas is, maar wat aanhou werk het. Is dit reg?

W

ANTWOORD:

Een masker

per week vir verpleegster

A

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ANTWOORD:

38

anvullend tot die algemene pligte van werkgewers en werknemers soos op bladsy 36 en 37 uiteengesit, moet die Algemene Veiligheidsregulasie 2(2) van die BGV-wet toegepas word. Dit bepaal dat werkgewers verplig is om persoonlike beskermende toerusting (PPE) gratis aan werknemers te verskaf en in ‘n skoon en goeie toestand te onderhou. Die werkgewer kom duidelik nie sy plig na soos vereis in die wetgewing en Covid-19-riglyne nie! Ons is in ‘n krisistyd en hoewel werkgewers ook onkant betrap is, is hulle verplig om stappe te doen om die

Ek is ’n verpleegster in ’n hospitaal en daar word net een chirurgiese masker per week aan ons uitgereik. Ek behoort van ’n N95-masker voorsien te word. Daar is personeel wat selfs hul eie maskers maak van steriele materiaal. Ek voel ons lewens word in gevaar gestel.

verspreiding van die virus te keer en om hul eie werknemers gesond te hou. Deel u kommer skriftelik met die bestuurder wat aangestel moet wees om met die werknemers oor Covid-19 in die werkplek te konsulteer of met u direkte bestuurder/lynhoof en die gesondheid en -veiligheidskomitee.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

eiering om gehoor te gee aan ‘n dokter se instruksie, is baie ernstig en stel die oortreder bloot aan strafregtelike vervolging ingevolge die regering se inperkingsregulasies, wat bepaal dat ‘n persoon wat iemand anders doelbewus aan die virus blootstel, aangekla kan word van aanranding, poging tot moord en selfs moord sou die ander persoon as gevolg van die doelbewuste blootstelling sterf. Die persoon mag ook skuldig wees aan wangedrag volgens die werkgewer se dissiplinêre kode. Die werkgewer behoort die dissiplinêre proses teen só ‘n werknemer te volg. Tree in gesprek met die werkgewer en versoek dat voorsorgmaatreëls in plek gestel word wat redelikerwys die oordrag van die virus kan voorkom of ten minste beperk, soos vereis deur die BGV-wet en die Covid-19-riglyne. U en ander werknemers kan ook aandring dat daar stappe gedoen word teen die werknemer wat ander in gevaar stel en kan gebruik maak van die grieweprosedure indien u werkplek daaroor beskik.


Ek is swanger en bekommerd oor blootstelling aan die virus in die werkplek.

Hoe gemaak met swangerskap?

D

ANTWOORD:

ie werkgewer moet tydens die risiko-analise in ag neem dat daar personeel kan wees wat meer kwesbaar kan wees vir die virus. By oorweging van die metodes om die moontlike impak van die virus te beperk, moet die tipe kwesbaarheid (swangerskap) in ag geneem word en dan moet die kostedoeltreffendste metode in plek gestel word om daardie kwesbare persoon te beskerm. Die goeiepraktykkode oor die beskerming van werknemers tydens swangerskap en ná die geboorte van ‘n kind (kortweg genoem die Kode) het ten doel om die gesondheid van swanger en borsvoedende vroue te beskerm deur te bepaal dat geen werkgewer van so ‘n vrou mag verwag om werk te doen wat haar of haar baba se gesondheid kan benadeel nie. Die Kode verduidelik dat die tipe onderneming en die sektor waarin sake bedryf word, ‘n invloed het op die tipe risiko wat in die werkplek mag voorkom, soos blootstelling aan biologiese of chemiese stowwe. Soos op bladsy 36 en 37 genoem, is werkgewers ingevolge die BGV-wet verplig om ‘n werkplek daar te stel wat veilig is en sonder gesondheidsrisiko’s vir werknemers, ingesluit die reg tot reproduktiewe gesondheid. Indien ‘n vrou vermoed dat sy swanger is en beslis sodra sy seker

is dat sy swanger is, behoort sy haar werkgewer dadelik daarvan in te lig. Die werkgewer moet dan haar werkplek evalueer, met inagneming van haar fisieke toestand, haar werk en die potensiële blootstelling aan stowwe, werktoestande of -prosedures wat die swangerskap kan beïnvloed. Die vrou en haar verteenwoordiger, indien sy een verkies, moet deel vorm van die ondersoek en moet ingelig word van

die stappe wat gedoen word om die risiko’s aan te pak. Die Kode bevat lyste van moontlike risiko’s wat die gesondheid van swanger en borsvoedende vroue kan benadeel, soos fisieke (soos termiese blootstelling), ergonomiese (soos harde werk, sit of staan vir lang tye), chemiese (soos lood en kwik) en biologiese gevare (soos bakterieë en virusse wat aansteeklike siektes soos Duitse masels tot gevolg kan hê). By oorweging van die metodes om die werknemer te beskerm, moet daar ook in ag geneem word watter potensiële invloed die metodes om blootstelling aan die virus te verlaag op die swanger vrou kan hê. Dit is dus belangrik om byvoorbeeld die bestanddele van ontsmettingsmiddels in gedagte te hou sodat ‘n swanger vrou nie aan chemiese stowwe blootgestel word wat nadelig vir haar of die baba kan wees nie. Daarvoor moet die bepalings van die Regulasies op Gevaarlike Chemiese Stowwe en die Regulasies op Gevaarlike Biologiese Stowwe (BGV-wet) gebruik word en vroulike werknemers moet dienooreenkomstig opgelei word. U werkgewer moet die moontlike bedreiging van die virus analiseer en die protokolle vir die beskerming van alle personeel teen die bedreiging oorweeg en in plek stel sonder om nuwe gevare te skep vir moeder of baba.

Voel onveilig in aanleg se beperkte spasie Ek werk in ’n verpakkingsaanleg met sowat 150 mense wat in ’n beperkte spasie moet werk. Daar word genoeg seep en water verskaf en die werkarea word gereeld ontsmet, maar ons voel onveilig.

D

ANTWOORD:

ie bepalings van die BGV-wet is belangrik asook die Covid-19-riglyne, wat vereis dat afskortings opgerig word waar werknemers nie minstens 1,5 m uitmekaar kan werk nie. Tree gerus in gesprek met u werkgewer en versoek dat voorsorgmaatreëls in plek gestel word wat redelikerwys die oordrag van die virus kan voorkom of ten minste beperk, ook tydens verpakking en ander verwante werksaamhede in die werkplek. Indien u werkgewer nie gehoor gee nie, sal Solidariteit op u versoek ’n aanmaning aan die werkgewer rig, maar u kan ook ’n klag by die inspektoraat van die departement van indiensneming en arbeid lê.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

39


FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

ie onsekerheid wat weens die Covid-19pandemie ontstaan het, gee ’n dieper betekenis aan die stelling “onsekerheid skep vrees”. Wat kan ons egter doen om groter sekerheid te skep, en is daar ’n padkaart wat vir ons leiding kan gee? As ’n vertrekpunt vir ons padkaart na finansiële welstand kan jy gerus S-leer se gratis webinaar oor spaarsamigheid bywoon. Tydens hierdie webinaar gaan jy toegerus word met inligting oor die sewe stappe vir finansiële beplanning, hoe om reg te begroot, beleggings asook risikobestuur. Ons padkaart het dan sewe verdere bakens, wat die sewe stappe vir finansiële beplanning verteenwoordig soos by die webinaar bespreek.

40

STEL FINANSIËLE DOELWITTE Ons almal het verskillende behoeftes en bevind ons in verskillende lewensfases. Die doel met die stel van ’n finansiële doelwit is om ’n eindpunt neer te pen wat ons graag wil bereik. Natuurlik kan ons oor tyd meer as een doelwit wil bereik, maar begin ten minste met een finansiële doelwit.

BEGROOT Dit is die grondslag van finansiële beplanning, maar wanneer laas het iemand vir jou gewys hoe om ’n begroting reg op te stel?

IDENTIFISEER JOU RISIKO’S Dié stap is van kritieke belang en benodig soms leiding deur ’n finansiële adviseur. Die risiko’s hou verband met die finansiële doelwit wat jy opgestel het. As jou doelwit byvoorbeeld is om op die ouderdom van 65 af te tree, dan is die effek van die inflasiekoers vir ons ’n risiko oor tyd. Indien ’n jong persoon ter sprake is, is die tydshorison voor die ouderdom van 65 taamlik lank. In so ’n geval is tyd in die mark ons grootste bate en sal die belegging tipies meer aggressief geposisioneer word vir die groei van bates soos aandele.

STEL ’N PLAN VAN AKSIE OP Sodra die eerste vier stappe voltooi is, gaan die pad vorentoe al baie duideliker raak. Jy kan nou die plan waarop besluit is, neerpen. Die plan kan ook mettertyd hersien word soos wat behoeftes verander.

IMPLEMENTEER AKSIEPLAN Dié stap is verreweg die belangrikste stap om te volg. ’n Mens kan ’n meesterplan van aksie hê met die omvattendste navorsing wat gedoen is, maar ‘n plan wat nie geïmplementeer word nie, beteken niks.

HERSIEN DIE PLAN VAN AKSIE Soos tyd verloop, verander mense se finansiële behoeftes en omstandighede. Daarom is dit belangrik om die plan gereeld te hersien. Dit kan jaarliks gedoen word, en dit behoort nie moeilik te wees om ’n uur per jaar in te ruim om te verseker dat jy jou finansiële doelwitte haal nie.

KIES DIE REGTE PRODUK VIR JOU DOELWIT Dit is belangrik om soveel produkte as moontlik te oorweeg. Om weer die voorbeeld van aftreebeplanning te gebruik, is dit belangrik om in ag te neem of jou werkgewer ’n pensioen- of voorsorgfonds vir sy werknemers het. ’n Werkgewerfonds sal ’n impak hê op ’n besluit oor ’n privaat plan soos ’n aftree-annuïteit. Beleggingsprodukte soos ’n belastingvrye spaarplan kan ook oorweeg word.

Solidariteit Finansiële Dienste (FSP 15556) bied onafhanklike advies oor finansiële behoeftes soos aftreebeplanning, inkomstebeskerming en boedelbeplanning. Skakel 0861 101 005 of stuur ’n e-pos na advies@sfdienste.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


VERMY DIÉ FOUTE MET FINANSIES

Die Covid-19-pandemie is al waaroor almal deesdae praat, en is sekerlik die een onderwerp waarvan jy ná weke se inperking nou niks meer wil hoor nie. So, wat gebeur nadat die inperking verby is? Ons gaan stadig maar seker die nuwe normaal hervat, maar ons sal ekstra aandag aan ons finansies moet gee. Mense moet in die volgende paar maande baie seker maak dat hulle nie dié sewe finansiële foute maak nie.

DON’T SAVE WHAT’S LEFT AFTER SPENDING. SPEND WHAT’S LEFT AFTER SAVING.” ~ Warren Buffet

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM • BRON: HTTPS://WWW.THESTREET.COM/PERSONAL-FINANCE/BIGGEST-MONEY-MISTAKES-TO-AVOID

SPANDABELRIGHEID

Om spandabelrig te wees, is eintlik ’n reeks foute eerder as ’n eenmalige flater. Om te veel te spandeer op “pret” is die grootste fout wat jy nou kan maak. Voordat jy dus geld uitgee buite jou begroting, besluit eers of dit regtig iets is wat jy nodig het of net iets is wat lekker sal wees om te doen, soos ’n duur vakansie, uiteet of onnodige inkopies.

EEN PERSOON WAT ALLES BETAAL

Om een persoon in die huis te hê wat vir alle huishoudelike uitgawes verantwoordelik is, is nie ’n goeie idee nie. Dit is beter om hierdie uitgawes onder die gesinslede te verdeel – sou daar dalk iets met die een se gesondheid of werk gebeur, is die risiko kleiner dat julle byvoorbeeld jul woonplek of ander belangrike dinge kan verloor.

SPAAR TE MIN VIR JOU AFTREDE

As jy vroegtydig vir jou aftrede begin spaar, kan jy met gemak genoeg geld bymekaar maak vir jou oudag. Ongelukkig is dit vir baie mense ’n onbereikbare ideaal. Dit is wel belangrik dat jy die erns van die saak besef en dat jy meer intensief belê in jou toekoms as jy weet dat jou pensioengeld nie voldoende sal wees nie.

MISBRUIK VAN KREDIETKAARTE

Om te veel op jou kredietkaart te koop, is ’n groot fout. Die rentekoers op kredietkaartskuld is gewoonlik baie hoog. Gebruik die goue reël dat as jy nie iets kontant kan koop nie, jy eerder wag totdat jy genoeg gespaar het om dit te koop. Iets waarvoor ‘n mens gespaar het, bring vreugde pleks van die spanning van skuld.

JY HET NIE ’N NOODFONDS NIE

’n Noodfonds is dikwels nie vir mense ’n prioriteit nie, maar dit is een van die belangrikste finansiële strategieë vir ’n gesonde beursie. Dit neem ’n hele ruk om ’n noodfonds op te bou – kenners meen tot nege jaar. ’n Neseier van ten minste ses maande se inkomste is die ideaal. Dus is dit wys om gouer eerder as later te begin spaar.

OORSPANDEER OP ‘N NUWE HUIS

’n Fout wat baie mense maak, is om in ’n duurder huis te bly as wat hulle kan bekostig. ’n Goeie maatstaf vir die prysklas waarna ’n mens moet kyk, is om nie meer as 30% van jou inkomste voor belasting aan ’n huispaaiement of huurgeld te betaal nie.

TE MIN GELD VIR TERSIÊRE OPLEIDING

Volgens ’n studie deur Bankrate het die koste van tersiêre opleiding sedert die 1980’s meer as verdriedubbel en is daar dus baie meer druk op die millenniërs wat die terugbetaling van studielenings betref. Jy sal jou kind ’n beduidende finansiële voorsprong gee indien jy genoeg ondersteuning kan bied met die koste van verdere opleiding.

net

6%

VAN SUID-AFRIKANERS KAN DIESELFDE LEEFSTYL NÁ AFTREDE VOLHOU.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

41


Lees hoe Solidariteit dr. Megan Martin bygestaan het op bladsy

BEDRYFSNUUS

16

GESONDHEIDSWERKERS & BESKERMENDE DRAG

MAAK SÓ MET MASKERS it is ’n vereiste van die Wêreldgesondheidsorganisasie dat gesondheidswerkers hulself moet beskerm deur die voorgeskrewe beskermende drag, ook bekend as PPE, te dra. Die doel van PPE is om gesondheidswerkers teen blootstelling aan Covid-19 te beskerm. Indien jy direkte kontak met pasiënte het, is dit verpligtend om PPE te dra. Dit sluit ’n mediese masker, jas, voorskoot, handskoene en oogbeskerming in. Pasiënte met respiratoriese simptome word aangeraai om ook ’n mediese masker te dra. Indien pasiënte nie respiratoriese simptome toon nie, is ’n masker nie nodig nie. PPE soos N95-maskers, beskermende oorjasse en handskoene moet egter die laaste uitweg wees om besmetting te voorkom. Daarom is dit baie belangrik om voorkomend op te tree deur die daargestelde higiëniese riglyne te volg.

VOORGESKREWE MAATREËLS VIR DIE DRA VAN PPE

CHIRURGIESE GESIGMASKERS (TIPE IIR OF FRSM) KAN IN DIE VOLGENDE OMSTANDIGHEDE GEBRUIK WORD i. Om ’n persoon in ’n gesond heidsomgewing te beskerm teen die moontlike oordrag van die Covid-19-virus deur respiratoriese druppels. ii. Wanneer daar nabye kontak is met ’n pasiënt wat simptome van Covid-19 toon. Maak seker dat die masker goed pas en jou mond asook jou neusarea bedek, die masker nie los om jou nek hang nie, jy nie daaraan raak as dit op jou gesig is nie,

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

i. Wagkamer: mediese masker, jas, handskoene en oogbeskerming. ii. Indien met pasiënte gewerk word, of daar direkte kontak is, moet die persoon ’n N95-masker dra saam met

’n jas, handskoene, oogbeskerming asook ’n voorskoot – die bykomende voorskoot moet verkieslik weggegooi kan word nadat daar met ’n pasiënt gewerk is. iii. Geen PPE word benodig vir enige aktiwiteit wat nie direkte kontak met Covid-19-pasiënte insluit nie. iv. Indien jy in ’n laboratorium werk en verantwoordelik is vir die toets van monsters, is dit verpligtend om die volledige PPE te dra. Dit sluit in ’n mediese masker (nie nodig vir ’n N95-masker nie), ’n jas, handskoene en oogbeskerming.

42

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

dit dadelik omgeruil word as dit klam of vogtig is, en dit slegs een keer gebruik word en dan as kliniese afval weggegooi word.

N95-MASKERS (RESPIRATORIESE MASKERS) MOET GEDRA WORD

as ’n pasiënt in hoë sorg of intensiewe sorg is; en in ’n area waar meer as een Covid19-pasiënt behandel word.

JOU UNIFORM

Was jou uniform apart van ander klere, op die warmste voorgeskrewe temperatuur. Indien moontlik, maak jou uniform in die tuimeldroër droog.

Kla hier oor tekorte

Die minister van gesondheid het aangedui dat daar ’n tekort aan beskermende drag bestaan en dat daar probleme met aankope is. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns en die Beroepsgilde vir Verpleegkunde het reeds verskeie klagte ontvang oor tekorte aan beskermende drag. Daarom is ’n sentrale e-posadres geskep waarheen jy jou klagte, versoeke of voorstelle kan stuur, naamlik gesondheid@solidariteit.co.za


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R135 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R150 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Premie is gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit Legal X isdienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële Beperk, dienste •FSP-nommer: FSP-nommer: finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy 755277


MY REGTE

DIE HOE EN WANNEER VAN

SALARISAFTREKKINGS

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Baie werknemers is onseker of werkgewers geld van hul salarisse mag aftrek. Hoe en wanneer mag ’n werkgewer wel aftrekkings maak?

44

rtikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal aan watter vereistes voldoen moet word voordat ’n werkgewer enige geld van ’n werknemer se salaris mag aftrek. Volgens hierdie artikel mag die werkgewer slegs in die volgende gevalle geld aftrek: Waar die werknemer skriftelik daartoe instem, byvoorbeeld in ’n skuldooreenkoms; en Waar dit vereis word deur enige wetgewing, ’n kollektiewe ooreenkoms, hofbevel of arbitrasietoekenning. Indien die werkgewer geld wil aftrek omdat daar verlies of skade gely is as gevolg van die werknemer se optrede/nalatigheid, geld artikel 34(2). Volgens hierdie artikel mag die werkgewer slegs geld aftrek vir skade wat gely is indien – die verlies of skade plaasgevind het in die uitvoering van die werknemer se diens en dit die werknemer se skuld was; die werkgewer reeds ’n billike proses gevolg het om die werknemer die kans te gee om te bewys waarom aftrekkings nie gedoen moet word nie; of die totale bedrag van die skuld nie die werklike totaal van die verlies/skade oorskry nie. Indien daar gevind word dat aftrekkings steeds gemaak moet word nadat die bogenoemde stappe gevolg is, mag die aftrekking nie meer as 25% van die werknemer se salaris wees nie. Sou ’n werkgewer nie aan die vereistes van artikel 34 voldoen nie, het die werknemer remedies. Indien die werknemer minder as R205 433,30 per jaar verdien, kan hy/sy ’n formele klag teen die werkgewer by die departement van arbeid lê. Indien die werknemer meer as R205 433,30 per jaar verdien, sal hy of sy die arbeidshof moet nader om die onregmatige aftrekkings reg te stel.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

45


Morné Mostert

Ian Cameron Dr. Eugene Brink

OMVATTENDE PLAN VIR GEMEENSKAPPE BEKEND GESTEL

FOTO: JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

“ONS WAG NIE, ONS DÓÉN!”

46

friForum het in Mei ’n omvattende plan bekend gestel vir gemeenskappe wat onder die voortgesette Covid-19-inperking en -krisis ly. Die plan fokus op veiligheid, die ekonomie, voedsel, gesondheid en munisipale dienste binne gemeenskappe, asook skolehulpprojekte in samewerking met AfriForum Jeug. Daar is ook lig gewerp op AfriForum Netwerk, ’n databasis waarop meer as 11 500 ondernemings reeds gratis geregistreer het. Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, sê die plan het ten doel om staatsonafhanklikheid, selfstandigheid en gemeenskapsamewerking te bevorder ten einde gemeenskappe en gemeenskapslede op te hef, te versterk en te ondersteun. “Dis belangrik dat ons eienaarskap van ons toekoms neem en sáám bou. Die pandemie het meer as ooit bevestig dat gemeenskappe hulself nie kan verlaat op die hulp van die regering nie. Dit is nou meer as ooit nodig vir gemeenskappe om op ’n gestruktureerde manier te werk te gaan om hulself staatsbestand te maak. Ons kan op volhoubare selfbestuurmodelle vir munisipale dienste voortbou danksy

vrywilligers wat landwyd by AfriForumtakke en -buurtwagte ingeskakel is. Só kan ernstige voedselnood verlig word, veiligheidsinisiatiewe versterk word en voldoende voorbereiding getref word vir die heropening van onder meer skole en kleuterskole.” AfriForum, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en Saai, het onlangs ’n grootskaalse voedselverspreidingsprojek van stapel gestuur. Die drie organisasies ontvang tans deurlopend voedsel deur middel van skenkings van individue, sakeondernemings en boere. Die voedsel word op sentrale punte gelewer en vandaar na behoeftige gesinne versprei. Verskeie ander inisiatiewe vir verdere voedselproduksie en -verspreiding is reeds aan die gang. Dit sluit onder meer groentetuine, die vestiging van tonnels in gemeenskappe en samewerking met plaaslike boere in. Dié hulp aan gemeenskappe is ook beklemtoon met die bevooroordeelde en diskriminerende beleid wat die regering ten opsigte van Covid-19-hulp het. Die departement van toerisme se hulppakkette aan ondernemings word op grond van ’n raskriteria en swart bemagtiging gedoen. Daarom het AfriForum en Solidariteit hulle reeds tot die Konstitusionele Hof gewend om uitsluitsel oor dié regulasies te kry.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die kwessie van gemeenskapsveiligheid tydens die pandemie is ook toegelig. Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid, het honger, armoede en die verlies aan inkomste tydens die inperking reeds tot ’n toename in misdaad gelei. Verskeie voorvalle van plundering, kapings en geweld is reeds aangemeld. “Ons is tans besig om ons aanlyn opleiding vir veiligheidstrukture uit te brei. AfriForum se strukture gaan ook volstoom met die verspreiding van voedsel en noodsaaklike items in gemeenskappe voort. “Gemeenskappe het nie ’n ander keuse nie as om mekaar nou te help en te ondersteun, aangesien die ANC sal toelaat dat mense verhonger. Ons het ook gebeurlikheidsplanne gereed wat onmiddellik in werking gestel kan word indien misdaad drasties toeneem en mense se veiligheid bedreig word.” Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê die voortgesette inperking gaan tot katastrofiese ekonomiese gevolge, werkverliese, honger en lewensverlies lei. “Die regering is nie in voeling met die gemoed en welstand van die mense nie. Daarom is ’n gemeenskapsplan soos hierdie nou baie dringend en van kardinale belang.”



Alle besigheidseienaars, entrepreneurs, kleinsakelui, winkelbestuurders en selfs verbruikers kan ’n e-pos na afrivriendelik@afriforum.co.za stuur om ’n besigheid gratis as deel van dié netwerk te lys.

Ondersteun hierdie sakeondernemings met jou

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

KOOPKRAG

48

ns het ’n punt bereik waar ondernemings mekaar nie as mededingers moet sien nie, maar eerder as vennote wat saam aan ’n ondersteuningsnetwerk bou. ’n Netwerk is beter as om alleen te werk. Só sê Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriVriendelik en die AfriForum Netwerk, wat middel Mei ’n mylpaal bereik het en reeds 11 500 ondernemings sterk is. “Dit is regtig lekker om te weet dat ons een van die grootste sakenetwerke in Suid-Afrika is en dat mense hulle vertroue in ons plaas.” Die AfriForum Netwerk is ’n aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans dienste en produkte lewer en dit word deurlopend uitgebou. Weens die impak van die Covid-19pandemie sukkel veral eienaars van kleinsakeondernemings om kop bo water te hou. AfriForum Netwerk en AfriVriendelik dien dus as ’n gemeenskap van besighede en besigheids-

persone wat mekaar ondersteun en aanmoedig in hierdie onsekere tye. Benewens die netwerk bied AfriVriendelik se webtuiste ook artikels wat fokus op arbeids-, finansiële en regsvrae, asook die geleentheid om met ’n paneel raadgewers en kenners op dié gebiede te kommunikeer. Daar is ook ’n lys wat aandui watter ondernemings op die AfriForum Netwerk noodsaaklike produkte en dienste lewer. Volgens Van der Walt fokus AfriVriendelik ook daarop om nie net nóú nie, maar veral ná die tyd van inperking vir ondernemings netwerk- en bemarkingsgeleenthede te skep om hulle te help om ná die krisistyd te herstel. Sy het ook benadruk dat AfriVriendelik weer, wanneer dit toelaatbaar is, fisieke netwerkgeleenthede soos sake-

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

ontbyte, opleidingsessies, sosialemediabemarking, en entrepreneurskompetisies sal aanbied. “Ons sien gereeld hoe mense wat by ons netwerkgeleenthede was, mekaar se dienste gebruik of hulle weer verwys na iemand wat hulle deur die netwerk ontmoet het. Dít is wat ons by ons lede wil aanmoedig – om die netwerk te ondersteun. Dit is julle wat ons sterk maak.” “Noudat die regering openlik weier om Covid-hulp aan sogenaamde ‘wit’ besighede te bied, kan ek en jy hierdie diskriminasie teenwerk deur dié besighede met ons koopkrag te ondersteun,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. “As die regering ons nie wil help nie, sal ons onsself en mekaar help. Daar is krag in ’n gemeenskap wat saamstaan en saamwerk. Ek doen ‘n beroep op al AfriForum se ondersteuners om die webtuiste by www.afriforumnetwerk.co.za te besoek. Besigheidseienaars kan hulle ondernemings registreer en verbruikers kan soek na besighede in hul gemeenskappe wat hulle kan ondersteun.”


Jongmens, hou by jou

roetine!

ns loopbaanpad hoef nie te erg belemmer te word deur die inperking wat Suid-Afrika en die wêreld tans ervaar nie, mits ons self verantwoordelikheid neem vir ons werk, ons loopbaan, en die merk wat ons by die werk wil maak. In hierdie strewe is die belangrikste woord selfdissipline. Die belangrikste instrument in die behoud van ons selfdissipline is roetine – die manier hoe ons ons tyd indeel om seker te maak dat ons by die nodige sake uitkom.

WAAROM IS ’N GOEIE ROETINE BELANGRIK? Die voordeel van ’n kantoor en kantoorure is die inherente dissipline daarvan. As jy weet dat jou bestuurder of kollegas om 08:00 die oggend verby jou kantoor gaan loop, weet jy dat hulle gaan sien dat jy daar is, of nie. Moderne maatskappye het feitlik almal intekenstelsels waar werknemers of studente hulself by die ingang aanmeld deur middel van ‘n kaart of vingerafdruk. Inperking het ons vrygestel van hierdie intekenstelsels, maar ongelukkig het dit ook die stok weggeneem wat ons soggens uit die bed gejaag het. Dít wat ’n roetine op jou afgedwing het, is nie meer daar nie – waarom moet jy dan nog uit die bed uit opstaan? Dit is juis hier waar jou roetine belangrik raak.

BLY IN DIE BED EN HIERDIE KAN MET JOU GEBEUR

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Jou werk gaan ophoop. Die dinge wat jy moet doen, gaan meer en meer word totdat dit later buite beheer is en jy ’n nag of twee se slaap moet opoffer om dit in te haal, of totdat jou bestuurder jou daaroor aanspreek. Jou werk gaan vir iemand anders gegee word. Sodra jou bestuurder besef dat jy nie by

alles uitkom wat jy moet nie, sal iemand anders gesoek word om jou werk te doen. Ongelukkig beteken dit dat jou bevoegdheid in twyfel getrek gaan word en wanneer dit tyd vir bevordering is, gaan jou naam nie op die lys wees nie. Jou werk gaan verdwyn. Dit kan maklik gebeur dat niemand agterkom jou werk word nie gedoen nie en dat niemand werklik omgee nie. Sodra die organisasie dan poste moet sny, raai wie se naam gaan boaan die lys wees?

HOE KRY JY ’N GOEIE ROETINE EN HOU DAARBY?

Maak lysies. Baie mense hou nie van lysies nie omdat dit druk op hulle plaas om te sien wat alles gedoen moet word, maar in sy boek The Checklist Manifesto sê dr. Atul Gawande, ’n Amerikaanse chirurg, dat lysies die produktiewe persoon

se beste vriend is. As jy weet wat alles gedoen moet word, kan jy jou dag verantwoordelik indeel. Beplan jou dag en hou daarby. As jy ’n oggendmens is, kan jy tien minute voordat jy amptelik moet inklok jou lysie vir die dag opstel. Spesifiseer hoeveel tyd jy aan elke taak toedeel, maar wees ook realisties. Maak tyd vir rus, eet en oefen, en dwing jouself om daarby te hou. Weerstaan versoeking. Om tot laataand te sit en televisie kyk, met jou gesin te kuier, of selfs ’n ekstra glasie wyn te drink, wat jy nooit sou doen as jy die volgende dag by die kantoor moes wees nie, is ’n groot versoeking wat jy eenvoudig moet weerstaan. Vir die jong werkende persoon of student is die gedagte dat jy jou eie baas is, tans dalk effens vreemd, maar met ’n goeie roetine kan jy die beste uit jouself en uit jou dag kry.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

49


WEES DEEL VAN DIE OPLOSSING, WEES ‘N

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

HOUER VOL HOOP

50

k het tydens die inperking weens Covid-19 nes soveel ander mense kaste reggepak. Een van die kaste waarna ek die meeste opgesien het, was die kombuiskas met al die plastiekbakkies in elke denkbare grootte, maar elkeen sonder ’n deksel. Ek het aan die werk gespring en kort daarna was alles van die pasta tot die sop in ’n eie houer en het die kaste begin netjies lyk. Terwyl ek met genoegdoening na die kaste vol houers kyk, dink ek aan Solidariteit Helpende Hand se Houers VOL Hoop-veldtog. Die Solidariteit Beweging het op 7 April ’n baie suksesvolle Helpmekaardag aangebied en Helpende Hand het besluit om hierop voort te bou deur die Houers VOL Hoop-veldtog af te skop. Elke houer in my kombuis het ’n doel en is só geplaas dat ons gesin dit optimaal en reg kan gebruik. Net so word elke houer wat die publiek skenk ook op die regte plek geplaas om ’n honger en behoeftige gesin te voed. Helpende Hand weet waar om die houers te plaas. Elke persoon, gesin of instansie het sy eie houers. Houers in die vorm van omgeemense. Ek, my man en my dogtertjie is baie bevoorreg dat my ma saam met ons die inperking by ons huis in Pretoria deurbring. Ek gesels vandag met haar om uit te vind wat haar houers, haar reddingsboei, was as kind toe my oupa op haar vierde verjaarsdag gesterf het en my ouma die vyf kinders alleen moes grootmaak met ’n baie klein salaris wat sy by ’n melkery ontvang het. Hoe meer ek met haar gesels, hoe groter word die besef dat haar Houers

VOL Hoop destyds haar gemeenskap in Kimberley was. Haar houers was my oumagrootjie wat elke week vir hulle ’n hoender kon gee, die melkery wat elke week een liter melk verniet gegee het en Oom Johnny en Tant Kroggie van die slaghuis wat elke week ’n pakkie maalvleis of wors vir die gesin se “vleisdag” geskenk het! Oom Johnny en Tant Kroggie was nie familie nie, maar hulle het die nood gesien en as houers opgetree. Daarna bel ek my ouma wat in ’n tehuis vir bejaardes in Swellendam woon, en vra vir haar wat sy kan onthou van haar kinderdae se swaarkry. Sy is altyd positief en sê daar was altyd kos, want hulle het op ’n plaas gebly. In hierdie geval was die plaas my ouma se houer. Ek hou my dogtertjie dop en besef die houer wat sy nou nodig het, is die een waarin interaksie en liefde gestoor word. Daarom probeer ek elke dag om daardie houer vir haar te wees en te vul. Wie se houer is jy? Jy kan ook ’n Oom Johnny of Tant Kroggie vir iemand wees. Baie mense weet hulle wil gee, maar hulle weet nie hoe nie of hulle wil nie net geld gee nie. Die Houers VOL Hoop-veldtog is jou antwoord.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

ELKE HOUER BEVAT:

• 12,5 kg mieliemeel • 2 kg rys • Twee pakke macaroni • Een pak met 200 teesakkies • 500 g Cremora • Een pak soja • Twee blikkies (tamatie en uie) • Een blik boeliebief • Een blik bone • Twee pakkies soppoeier • 750 ml olie • 500 g sout • 900 g konfyt • Tandepasta • 9 rolle toiletpapier • Een bottel skottelgoedseep Daar is reeds 2 400 Houers VOL Hoop ter waarde van meer as R840 000 ingesamel! Die houers word daagliks aan behoeftige gesinne landwyd uitgedeel. Danksy jou Houer gaan ’n kind nie honger slaap nie en skep jy weer hoop vir môre! • Wees deel van die oplossing! Besoek https://helpendehand. co.za/houers-vol-hoop/



NUWE PLANNE VIR ‘N VOLHOUBARE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

TOEKOMS

52

wee maande gelede sou die inhoud van hierdie artikel heeltemal anders geklink het as vandag. Gelukkig weet ’n mens nie wat die toekoms inhou nie en hanteer ’n mens elke dag soos dit kom, in verantwoordelikheid en met hoop. “Wie van ons weet wat 2020 vir ons inhou?” was die sin waarmee ek Solidariteit Helpende Hand se 2019-jaarverslag afgesluit het. En inderdaad. Ons konteks het so vinnig, so radikaal verander. Ons het 2019 nog afgesluit met ’n “gewone” terugblik op ’n jaar se werksaamhede en ons het “gewone” beplanning gehad vir 2020. Toe tref Covid-19 die wêreld soos ’n tsoenami. In enkele dae word strukture aangepas, uitgebrei en versterk, want die maatskaplike uitdagings neem daagliks toe. Instansies wat nooit hulp benodig het nie, vra nou hulp. Gesinne se inkomste word gesny, verminder of droog heeltemal op. Gesinne wat nooit kospakkies ontvang het nie, moet nou kom aanklop. Skole wat voedingskemas gehad het, moet van kospakkies gebruik maak. Sopkombuise mag nie warm kos voorsien nie. Die uitdeel en vervoer van kos word ’n uitdaging. Die regering sukkel om duidelike en logies uitvoerbare regulasies in plek te kry. In só ’n tyd moet ons krisisbesluite neem: ons moet aanpas, verander,

Ons mense het nog nie gaan lê nie. Die krag is nog daar. En Helpende Hand sal elke tree van die pad daar wees om dinge draagliker te maak.”

nuut dink en doelbewus optree. Waar ons op die verligting, voorkoming en verbreking van armoede fokus, moet ons ’n groot deel van ons tyd en kapasiteit, energie en bronne verskuif na ’n ander doel, ’n nuwe uitdaging en ’n ander manier van dink. Krisistydbesluite moet nou geneem word, wat hoop kan bring.

HOOP Die oplossing lê nie in die krisis nie, maar in die hantering daarvan. Saam met die groter Solidariteit Beweging kom die Krisisfonds tot stand. Ten tye van hierdie artikel het dié fonds al meer as R15 miljoen ingesamel. Nuwe vennootskappe en samewerking kom tot stand reg oor die land wat vir ons ’n riem onder die hart is. ’n Taakspan word saam met Solidariteit, Helpende Hand, AfriForum en Saai aangestel wat die netwerk, om kos in te vorder en te verdeel, soveel sterker maak. Helpende Hand se maatskaplike afdeling, wat die afgelope jare tot 16 maatskaplike werkers gegroei het, word onmiddellik uitgebrei tot 23. Josef Silo’s word op 70 plekke ingerig vir die ontvangs van middele en om skenkings makliker te maak. ’n Projek genaamd Houers VOL Hoop word begin waar mense ’n bydrae kan lewer om spesifiek in ’n noodsituasie te voorsien. Groot besluite, wat ekstra kapasiteit verseker. Dit is steeds te min vir die omvang van die krisis, maar dit dra daartoe by dat ons pogings volhoubaar kan wees. Ons weet en besef dit wat nou gebeur is vir die volgende

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

paar maande (dalk jare?) ’n nuwe konteks waarbinne ons moet funksioneer. Helpende Hand werk daarom steeds met die beginsel dat elke pakkie ’n eienaar en adres het.

UITDAGINGS Daar is ook talle uitdagings, en uiteraard groei ons daarin en daardeur. Daar is kansvatter-aansoekers, daar is kansvatter-organisasies, daar is onbillike verwagtinge en daar is erge armoede. Maar die antwoord bly “tree vir tree”. Die antwoord is “met geduld en in krag”. Een van die onverwagse uitdagings kom van verskillende regeringsvlakke met skielike onbillike verwagtinge rondom die sentralisering van kos en die regulering van kosverspreiding. Helpende Hand staan egter vas: Ons gaan ons skenkings nie sentraliseer nie. Ons gaan ons kosverspreiding nie deur die staat laat reguleer nie.

DANKBAARHEID Te midde van alles is ons baie dankbaar: Vir mense wat gee sonder om terug te verwag. Vir personeel wat offer sonder om te vra. Vir die groter Solidariteit Beweging. Vir ondersteuners en vrywilligers wat so hard werk. Vir genade onbeskryflik groot. Hoe lyk die volgende maand? Ons weet nie. Maar ons weet hoe ons dit gaan aanpak: Met hart, in krag, tot hoop. Ons mense het nog nie gaan lê nie. Die krag is nog daar. En Helpende Hand sal elke tree van die pad daar wees om dinge draagliker te maak.


Ons bedoeling met Josef Silo’s is om voorsiening te maak vir moeilike tye wat ons tans ervaar én wat nog kan kom.”

NOOD

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

KEN GEEN (IN)PERK(ING) edert die nasionale staat van inperking in April byna oornag ingestel is, moes Solidariteit Helpende Hand omtrent bontstaan om onder uitdagende omstandighede steeds Afrikaner-armoede te help verlig. Een van die planne wat ons beraam het, is die oprigting van Josef Silo’s landwyd. Die publiek kan hier kosskenkings aflaai, wat deur Helpende Hand se gevestigde strukture aan behoeftiges uitgedeel word. Hannes Noëth, Helpende Hand se uitvoerende direkteur, verduidelik dat die naam van die projek verwys na die Bybelverhaal van Josef wat opdrag gekry het om tydens die sewe jaar van oorvloed in Egipte kos bymekaar te maak en te stoor vir die sewe jaar van hongersnood wat sou volg. “Ons bedoeling met Josef Silo’s is dus om voorsiening te maak vir die moeilike tye wat ons tans ervaar én voorsorg te tref vir moeilike tye wat kan kom nadat die afsondering uiteindelik verby is,” sê Noëth. “Ons voed reeds die afgelope

13 jaar lank duisende kinders by skole. Dié kinders is nou by die huis, maar moet kos kry. Ons voedingsprojek moet steeds aanhou terwyl die land in die staat van inperking geplaas is.” Noëth sê armoede kan nie soos die land “afgeskakel” word nie. “Helpende Hand werk nou nog harder as ooit om te sorg dat veral ons behoeftige kinders, bejaardes en gestremde persone die kos en sorg kry wat hulle benodig.” Volgens hom weet Helpende Hand waar die nood is en het die organisasie 23 maatskaplike werkers landwyd wat daagliks die situasie monitor en Helpende Hand se stelsel bywerk waar nood onverwags opduik. “Om ons werk te kan verrig, het ons die hulp van die publiek en ons ondersteuners nodig. Ons moedig ’n #GeeReg-beginsel aan by mense. Om reg te gee, werk na twee kante toe: mense moet reg gee in tye van nood, en diegene en instansies wat ontvang, moet betroubaar wees en onderneem om dit reg te versprei. Helpende Hand is ’n gevestigde en betroubare instansie wat nie sou kon gee sonder ons

ondersteuners nie. Dit wat ons jaarliks sonder die regering se hulp doen, spreek boekdele.” Helpende Hand het ’n lys van adresse waar niebederfbare goedere afgelaai kan word. Voorsorgmaatreëls sal getref word om dit te reinig en só te verhinder dat die virus versprei. Die publiek sal binnekort ook in ander gebiede ’n “Silo” kan registreer, onderhewig aan bepalings en voorwaardes. Wanneer die inperking verby is, sal meer plekke by die lys gevoeg word. Sedert begin April, kon Helpende Hand met sy voedingskemas 8 415 gesinne help en 561 instansies soos ouetehuise van kos voorsien. Nagenoeg R6 miljoen se kos is spesifiek deur Josef Silo’s aan behoeftiges en instansies uitgedeel. • Besoek www.josefsilos.co.za om die afsetpunte en kontaknommers te kry. Vir diegene wat Helpende Hand se voeding skemas uit die gerief van hul huis wil ondersteun, besoek www.houersvolhoop.co.za om kontantbydraes te maak.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

53


Von Willichlaa n 284, Die Hoewes, Centurion Tel: 012 612 0234 E-pos: admin@sk ole.co.za

VYFPUNTPLAN

Die SOS het ‘n vyfpuntplan saamgestel vir die hervatting van kontakonderrig by skole. Die plan is ook aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, voorgelê.

Volgehoue en volho

her vat tin ubare van kontakondegrwy s SKOLEONDERS TEUNING SENTRU M Deel van die Solidariteit Beweging

BAANBREKERS

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

DUISENDE SE LEWENS VERANDER DANKSY VERNUWING & VERNUF

54

eerders raak agter en gaan nie weer inhaal nie.” Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het besluit om hierdie stelling as onwaar te bewys. Ná byna twee maande se grendeltyd is duisende leerders, onderwysers en selfs ouers se lewens verander danksy innoverende tegnologie van Die Wolkskool. Die SOS fokus daarop om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte-onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig, nuut te bou. Die SOS werk om Afrikaanse onderwys van wêreldgehalte op lang termyn volhoubaar en bekostigbaar te maak, in openbare asook onafhanklike skole. Die Covid-19-krisis het veroorsaak dat skole reeds vir weke gesluit is. Om te verseker dat skole bybly, het die SOS, in samewerking met lede van sy

Leierskapvereniging, skoolbeheerliggame en gesondheidskundiges ‘n vyfpuntplan saamgestel vir die volgehoue en volhoubare hervatting van kontakonderrig by skole. Die plan is ook aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, voorgelê om by te dra tot die nasionale strategie vir onderwys. Die volledige plan is beskikbaar by https://skole.co.za/covid-19-dokumente/ saam met ‘n wye verskeidenheid ander adviesdokumente vir skole. Die SOS poog om moedertaalonderrig te beskerm deur skoolbesture te versterk met die nodige wetlike en tegnologiese kennis om die koronakrisis die hoof te bied.

LEERDERS IN DIE WOLKE OOR DIE WOLKSKOOL Om te verseker leerders raak nie agter nie, is Die Wolkskool (die SOS se aanlyn leerplatform) tot 30 Junie gratis beskikbaar gestel vir leerders en onderwysers. Tot op datum het meer as 110 000 leerders reeds op die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

webtuiste www.wolkskool.co.za geregistreer om gebruik te maak van die uitgebreide vakinhoud, video-lesse, werkkaarte en aflaaibare werkboeke wat daar beskikbaar is. Die Wolkskool se video’s, werkkaarte en assessering is beskikbaar vir graad 4 tot 12, en dien as nuttige ondersteuning vir onderwysers en ouers wat nie wil hê hul leerders moet agter raak in hierdie tyd nie. Die Wolkskool se lesse word aangebied deur ervare Wolkskool-dosente en die amptelike KABV (CAPS)-kurrikulum van Suid-Afrika word gevolg. Die groot welslae van Die Wolkskool kan natuurlik toegeskryf word aan die feit dat leerders aanklank vind by die aard van die digitale lesse en die manier waarop kennis en vaardighede byna instinktief deur selfgerigte leer uitgebrei word. Bykomend tot die opgeneemde lesse is daar ook vir nege weke tydens die inperking regstreekse lesse vir matrikulante uitgesaai. Meer as 7 000


leerders het daagliks ingeskakel om agt verskillende uitsendings in verskeie kernvakke te kyk.

HULP VIR GRONDSLAGFASE Die SOS het gou bewus geword van ‘n groot leemte op die gebied van hulpmiddels vir graad 1- tot 3-ouers wat hul kinders wil bystaan. Die SOS se Afrikaanse Grondslagfase-vakvereniging (AGV) het aan die werk gespring en stel weekliks ‘n “Slimboek” beskikbaar vir ouers om saam met hul kinders deur te werk. Die boeke is nou ook op Die Wolkskool beskikbaar, tesame met vrolike, opvoedkundige video’s. Die Grondslagfase-hulpbronne op Die Wolkskool word tans deur byna 8 000 ouers gebruik.

HULP AAN ONDERWYSERS Een van die belangrike oogmerke van die SOS is om onderwysers toe te rus om hul leerders doeltreffend by te staan in hierdie krisistyd. In April is daar 12 gratis webinare aangebied en bykans 10 000 onderwysers van reg oor die land

is opgelei, insluitend 1 736 skoolhoofde en -bestuurslede. Natuurlik het dit tot gevolg dat die SOS se 10 vakverenigings met rekordgetalle groei en nou selfs ‘n groter voetspoor in ons land se skole het. Die vakverenigings bied in Mei verskeie aanlyn opleidingsessies aan om te verseker dat onderwysers en skoolbesture gerat is vir die onderwysuitdagings ná die Covid-19-pandemie.

WAARHEEN VOLGENDE? Die Wolkskool betree nou ‘n nuwe fase waar aanlyn leer met onderrig in die klaskamer geïntegreer kan word. Onderwysers kan nou hul eie klasse saamstel, met leerders kommunikeer en toegang kry tot vorderingsverslae en assesseringsuitslae van hul leerders. Onderwysers kan selfs opdragte laai en toetse skeduleer vanaf Die Wolkskool se platform. Die Wolkskool hoop om só die deur oop te maak vir Afrikaanse skole om deur moderne, wêreldgehalte onderwys-inisiatiewe leerders toe te rus vir die Vierde Nywerheidsrewolusie.


Pandemie stuit Akademia nie

FOTO’S: VERSKAF

REKORDAANTAL KWALIFIKASIES IN ABSENTIA TOEGEKEN

56

ie landwye inperking het hoër onderwys letterlik binne dae getransformeer. Hoëronderwysinstellings en skole wat voorheen tradisioneel sou klasgee, is genoodsaak om, ten minste tydelik, ’n aanlyn benadering te volg. Hierdie manier van onderrig is vir die meeste instellings en skole onbekende terrein, terwyl Akademia reeds van meet af aan gevorderde tegnologie gebruik om gehalte-onderrig en opvoeding aan studente te verskaf. Hoewel studente tans nie soos gewoonlik klasse by hul naaste studiesentrum kan bywoon nie, het hulle toegang tot digitale klasse wat vanuit dosente se tuistes opgeneem word. Hierdie opnames is nie so interaktief as wat Akademia se klasse gewoonlik is nie, maar dit verskaf steeds méér addisionele ondersteuning as om bloot ’n aanlyn model te volg. Studente kan steeds op hierdie platform saam met dosente en medestudente deelneem aan gesprekforums waar hulle akademiese navrae rig en idees kan uitruil. Hierdie alternatiewe manier van onderrig vorm deel van Akademia se tydelike plan om ononderbroke met haar dienslewering voort te gaan, en normale persoonlike kontaksessies sal weer terugkeer sodra die pandemie onder beheer is. ’n Jaarlikse hoogtepunt op die akademiese kalender is kwalifikasieplegtighede. As gevolg van die huidige omstandighede word 191 kwalifikasies in absentia oorhandig. In totaal word 91 grade, 13 gevorderde diplomas, 4 diplomas en 83 hoër sertifikate toegeken. Dit is ’n merkwaardige toename sedert 2013, toe slegs

Akademia kan danksy gevorderde tegnologie steeds tydens die inperking gehalteonderrig en opvoeding aan studente verskaf. Akademia se studente het gou by die nuwe omstandighede aangepas en geniet die dosente se digitale klasse terdeë.

tien kwalifikasies toegeken en oorhandig is. Die suksesvolle voltooiing van studies skep nie net hoop vir ’n goeie toekoms vir die individue nie, maar ook vir die gemeenskap waarin hierdie afgestudeerde studente nou werk. Opwindende nuwe kwalifikasies vir 2021 is ook onlangs bekend gemaak. Dit sluit in die instelling se eerste nagraadse kwalifikasies asook ’n eerste programaanbod van die Fakulteit Opvoedkunde. Die nagraadse kwalifikasies bou die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe verder uit en bied aan studente die geleentheid om in Afrikaans ’n Nagraadse Diploma in Belasting of ’n Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde te verwerf. Akademia se eerste aanbod in die opvoedkunde is ’n Nagraadse Onder-

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

wyssertifikaat (NGOS) vir Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding. Akademia werk onverpoosd voort om in onseker tye steeds geleenthede vir die Afrikaanse gemeenskap te skep. Met die hulp van die gemeenskap is geen uitdaging te groot om te oorkom nie en kan Akademia aanhou bou aan ’n volwaardige Afrikaanse universiteit. • Op 30 Mei word ’n aanlyn inligtingsessie gehou om die nauurse onderrigleermodel aan voornemende studente te demonstreer en hulle in te lig oor studiemoontlikhede vir 2021. Vir meer besonderhede oor die inligtingsessie, besoek www.akademia.ac.za of stuur ’n WhatsApp na 0861 222 888.



Hooffoto: Flip Buys, Marthinus Visser, Paul van Deventer, Steve Scott, dr. Dirk Hermann, Tjaart van der Westhuizen, Henk Schalekamp, Francois van Vuuren en dr. Philip Minnaar. Onder: Dr. Dirk Hermann, Flip Buys, dr. Philip Minnaar en Paul van Deventer bou ‘n gedeelte van die muur as deel van die hoeksteenlegging vir Sol-Tech se splinternuwe kampus.

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE

NUWE KAMPUS VIR SOL-TECH Mylpaal gevier met hoeksteenlegging

58

eskiedenis is op 20 Maart gemaak toe ’n uitgesoekte groep mense bymekaargekom het om ’n gedeelte van die nuwe Sol-Tech-kampus se muur te bou as deel van ’n hoeksteenlegging. “Met die neerlê van hierdie stene is daar konkrete vergestalting aan ons groot droom gegee, naamlik om ’n wêreldklaskampus te bou waar ons duisende roepingsgedrewe ambagslui kan oplei tot voordeel van Suid-Afrika,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, tydens die geleentheid gesê. Sol-Tech wil graag die lede van hierdie groep bedank vir die fundamentele rol wat hulle in die ontwikkeling, totstandkoming en groei van Sol-Tech gespeel het, en nog gaan speel. Tydens hierdie geleentheid het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê: “In hierdie moeilike en onseker tye gee hierdie kampus ’n mens hoop – hierdie kampus wys vir ons daar is ’n toekoms in Suid-Afrika en dit is nou belangriker as ooit om almal saam te bou aan hierdie toekoms.” Op 13 September 2019 is die eerste sooi van Sol-Tech se nuwe kampus gespit. Die oprigting van die nuwe kampus en koshuisgeriewe gaan sowat R300 miljoen kos. In Februarie 2021 gaan die eerste studente op die nuwe kampus verwelkom word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


Nuwe administrasiebestuurder deel van

FOTO: VERSKAF

Sol-Tech-wenspan lze Bakker, nuut aangestelde administrasiebestuurder by Sol-Tech, sal beslis haar eerste maand by haar nuwe werk onthou. Sy het by ’n dinamiese span aangesluit, maar onder baie vreemde omstandighede aangesien almal in ’n staat van inperking was weens die Covid-19pandemie. “Ek is opgewonde om deel te wees van ’n dinamiese bestuurspan. Die realiteit van ’n nuwe kampus wat eersdaags ’n werklikheid gaan word, nuwe uitdagings wat met groei en ontwikkeling gepaardgaan en natuurlik die vorming en opleiding van nuwe ambagslui, is van die belangrikste redes waarom ek graag deel wou wees van die Sol-Techspan,” vertel Bakker. Sy is onder meer verantwoordelik vir die bestuur van prosesse soos toelating en registrasie van studente, studenteondersteuning, punteadministrasie, rekordering en sertifisering. “My grootwordjare in Meyerspark, Pretoria as deel van ’n gesin van vyf kinders was gelukkige tye. Ek kon darem ook op ’n veel jonger ouderdom vir ’n jaar of twee ’n draai in die Kaap maak, spesifiek in Kuilsrivier toe dit nog plaas was. My pa was ’n onderwyser, later inspekteur en nog later dosent en departementshoof by Unisa. Opvoedkunde was dus soos suurstof in ons huis en, nodeloos om te sê, juffrou-word my grootste begeerte. Pa het egter voet neergesit – sy droom vir my was meer gefokus op ’n mediese professie. Hierdie verskil in toekomsvisie het tot heelwat debat in die huis aanleiding gegee!” Ná haar matriekjaar by Hoërskool Silverton is sy sak en pak George toe

om vir ’n jaar by die Leërvrouekollege haar kop skoon te kry oor ’n toekomstige loopbaan. Met rekenaars wat in daardie stadium as die “nuwe toekoms” beskou is, het sy besluit om ’n BSc-graad in Rekenaarwetenskap aan te durf. Dit was egter nie wat sy vir die res van haar lewe wou doen nie. “Daarom het ek verskeie draaie gemaak in onder meer die biblioteekwêreld, mensehulpbronne, arbeidsreg, finansies en administrasie voordat ek uiteindelik, so 15 jaar gelede, tog in die opvoedkunde beland het – eers by Noordwes-Universiteit en later by ’n privaat onderwysinstelling in Pretoria. “Akademia het as die nuwe leier in Afrikaanse hoëronderwysopleiding na vore getree en het in daardie stadium ’n splinternuwe kwalifikasie aangebied wat toepaslik was vir die bestuursrol waarin ek die afgelope dekade gefunksioneer het, dus was die logiese uiteinde ’n BComgraad in Ondernemingsbestuur. Ek is baie trots daarop dat ek deel van die eerste groep gegradueerdes van Akademia was! “My droom van soveel jare gelede om met jongmense te werk, hulle te help groei en opbou in die opvoedingsen opleidingsproses, kon uiteindelik verwesenlik word by opleidingsinstellings soos die universiteit en nou ook met die splinternuwe uitdaging by Sol-Tech as administrasiebestuurder,” vertel Bakker. Volgens haar het die koronavirus die wêreld en omstandighede verander en

Ilze Bakker, nuut aangestelde administrasiebestuurder van Sol-Tech.

stel geweldige uitdagings aan almal. “Dit was dus ook vir my vreemd om by ’n nuwe werkgewer te begin sonder om eers die binnekringe te kon leer ken, en om uit die staanspoor van die huis af te funksioneer. Ondersteuning van bestuur en ’n goed geoliede administratiewe masjien bied egter die gerusstelling dat ek onverpoosd met my werk kan voortgaan totdat dinge weer genormaliseer het. Hierdie tydperk bied dus aan my ’n goeie geleentheid om objektief na SolTech as instelling te kyk. “Die Covid-19-situasie het darem ook voordele. ’n Mens kan soggens ’n bietjie later slaap en het tyd om lekker kos te maak, want met die luggie wat al hoe kouer word, raak ’n mens mos lus vir heerlike dik, warm groentesop en ’n vars broodrolletjie met regte botter.”

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

59


Jou werk is óns

werk

Die voordele wat aan Solidariteit-lidmaatskap gekoppel is, word hier opgesom. Dit is onderworpe aan Solidariteit se grondwet en beleid asook aan die reëls wat in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur Solidariteit se Hoofraad gewysig word. Nuwe lede wat kan bewys dat hulle tot op die datum van hul aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy was, sal onmiddellik op voordele geregtig wees, met dien verstande dat waar ’n persoon met aanvaarding as lid van Solidariteit reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, mag die Hoofraad sy diskresie uitoefen om die betrokke lid se voordele te beperk.

Lidmaatskapkategorieë INDIVIDUELE LEDE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Individuele lede van Solidariteit is lede wat met aansluiting jonger as 50 is en wat werksaam is by ’n werkplek waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle Solidariteit-voordele.*

60

KOLLEKTIEWE LEDE

ONDERSTEUNINGSLEDE

Kollektiewe lede is diegene wat werksaam is by ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of by ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling geïnkorporeer is. Die meeste lede van Solidariteit val in hierdie lidmaatskapkategorie. Kollektiewe lede kwalifiseer vir alle voordele soos hier uiteengesit, ongeag hul ouderdom.

Dié kategorie is ingestel in reaksie op versoeke van persone wat Solidariteit se visie ondersteun, maar wat nie vir een van die ander kategorieë van lidmaatskap kwalifiseer nie, byvoorbeeld individue wat met aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.

Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting oor al die voordele wat ons bied, skakel 0861 25 24 23. Nog nie ‘n lid nie? Stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za, skakel 0861 25 24 23 of sluit in ‘n japtrap aan by https://solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* arbeid• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. sake • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Gratis regshulp: Arbeidsake •Lede Onbeperkte tot regsdokumentasie. word van adviestoegang bedien deur Begrafnisvoordeel kenners op die gebied van alle arbeid• Afslagtariewe op eiendomsoordragte. (Martin’s of Avbob) sake, byvoorbeeld dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en arbeidsGratis regsverteenwoordiging •kwessies. Skakel 0861 765 734 of word voorsien vir arbeidsake wat na die besoek www.legalx.co.za KVBA of die arbeidshof verwys is.

Bystand met ondersoeke

Bystand word verleen met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Beroepsiektes en met navrae oor voordele by die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual, asook met werkverwante ongeskiktheidseise. Alle eise moet binne ses maande ingedien word.

Kollektiewe bedinging

Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Permanente ongeskiktheid Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap wat verslae van spesialiste en bewyse van die werkgewer indien dat hulle permanent medies ongeskik is om in die arbeidsmark te werk, ontvang ’n eenmalige bedrag van R2 000. Eise moet binne ses maande ingedien word.

LEDEVOORDELE Solidariteit Tydskrif

sterfte-

’n Waardige begrafnis voordeel word verskaf aan kwalifiserende lede en hul huweliksmaats. Dit sluit ’n kis asook die begrafnisdiens in. Vir verassings word ’n kis en die gewone begrafnisondernemerdienste voorsien. ’n Begrafnis van dieselfde gehalte as vir volwassenes is ingesluit vir ’n kwalifiserende lid se kinders onder die ouderdom van 21 jaar. Ná die lid se afsterwe mag sy of haar huweliksmaat aansoek doen om steeds lid van Solidariteit te bly. Die swaar las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Martin’s of Avbob al die reëlings tref. Solidariteit het 10% korting op die koste van grafstene met Martin’s en Avbob beding. Die begrafnisdienste word slegs deur Martin’s of Avbob verskaf. Indien ’n ander begrafnisondernemer vir die begrafnis gebruik word, sal die kis- en dienstegedeelte van die voordeel verbeur word.

Bykomende kontantuitbetalings

Met die afsterwe van ’n opbetaalde lid word ’n kontantbedrag van R4 000 aan die oorlewende huweliksmaat of afhanklike kinders uitbetaal. Bevallingsvoordeel Met die afsterwe van die huweliksmaat ’n Bevallingsvoordeel van R1 700 word met van ’n opbetaalde lid wat volle ledegeld elke bevalling aan ’n vroulike lid met 12 betaal, word ’n bedrag van R2 700 aan maande ononderbroke lidmaatskap betaal. die lid uitbetaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die Kontantbetalings aan volle lede met die bevalling ingedien word. afsterwe van ’n kind is soos volg: ’n Kind ouer as 14 jaar maar jonger as 20 jaar – R2 010; Solidariteit Vakansievoordeel Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer ’n Kind van 14 jaar en jonger – Beweging vanvan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Solidariteit-lede (asook lede Helpende R1 380; Hand, AfriForum en die Skoleondersteuningsen ’n Gestremde kind (20+) – R2 010. trum) ontvang 20% afslag op akkommodasie by die Kokoriba Natuurreservaat (Brits) en Santanastrandvakansieoord (Margate). Besoek die webtuiste www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel.

Lede ontvang vyf uitgawes van die Solidariteit Tydskrif per jaar. Daarin word arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark bespreek. Die Beweging se aktiwiteite, asook ander nuuswaardighede wat jou in die wêreld van werk raak, word ook daarin gepubliseer.

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Post Uitgawe 2 van

2020

www.solidariteit .co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

pad “ONS SAL NIE GAAN LÊ NIE, ONS SAL TE VAN DIE KRISISMIDDE WEER . ONS SAL PLANNE VERSNE ONS MENSE MET HUL L OM WERK EN ANDER BEHOE FTES IN BAIE MOEILIK E TYE TE HELP.”

9 771683 562000

ander dienste

Motor- & huisinhoudversekering Hierdie bied aan lede uitstekende premies by Virseker. ’n Deel van lede se premies word deur Virseker oorgedra aan die Virseker Trust wat in Afrikaanse onderwys en opleiding belê. Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer. Bepalings en voorwaardes geld. • Skakel 0860 005, SMS geld die * Bepalings en101 voorwaardes woord “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Studievoordeel Lede van Solidariteit en hul afhanklike kinders (tot op die ouderdom van 21 jaar) ontvang 20%-afslag op studies by Akademia. Indien getalle dit toelaat, geniet lede se kinders keuringsvoorkeur by Sol-Tech. Solidariteitlede geniet voorts tot en met 40%-afslag op kursusse by S-leer.

Testamente & boedeladministrasie Jy kan jou testament gratis laat opstel. Die lid se boedel kan teen ’n markverwante bedrag geadministreer word. • Skakel 012 644 4300.

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Regsversekering finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

Lede en hul afhanklikes kan regsversekering buite die arbeidskonteks bekom teen ’n addisionele premie van R135* per maand. Dit gee 24-uur-toegang tot telefoniese regsadvies asook regsverteenwoordiging tot ’n bedrag van R150 000 per jaar (beperk tot R30 000 per saak). * Premies is vir ‘n jaar gewaarborg. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75). • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

61


Koolstoof Maklike mieliebrood

GOOI

MIELIES! Maroela Media is jou gratis aanlyn tuiste waar jy jou skoene kan uitskop, jou voorskoot kan aansit, op ’n seepkis kan klim of sommer net alles wat Afrikaans is, kan vier!

Boekrak

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

I

62

BESTANDDELE

• 500 g bruismeel • 1 blikkie kondensmelk • 1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn) • ¼ t sout

METODE

• Meng al die bestanddele goed. • Gooi die mengsel in ’n mediumgrootte gesmeerde broodpan. • Bak by 180 °C vir 1 uur.

Eend(erse) vere

M

KINDERS WAT MOOR: WIE SE SKULD IS DIT? n Kinders wat moor ondersoek André le Roux, gesoute joernalis en gewilde rubriekskrywer, verskeie opspraakwekkende moorde, soos dié gepleeg deur Don Steenkamp, Henri van Breda, Phoenix Racing Cloud Theron en Morné Harmse, en verskaf dan antwoorde aan die hand van gevallestudies en die nuutste navorsing. Internasionale geweldenaars soos die Columbineskoolskieters, John Venables, Robert Thompson en Mary Bell kom ook onder die vergrootglas. Is dit gene se skuld of dalk ouers, sosiale media, die internet, videogeweld, boelies, portuurdruk, stres of dagga? Speel geestesgesondheid dalk ’n rol? Die boek is propvol feite, maar lees soos ‘n boeiende spanningsverhaal. Allermins sensasioneel en beslis die lees werd! Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? word uitgegee deur Tafelberg Uitgewers en kos R265.

Hierdie broodjie is ’n heerlike bykos saam met braaivleis Min bestanddele is nodig en dit is boonop baie maklik om te maak!

Taalwys

P

PANIEKKOPERY aniekkopery is die grootskaalse aankoop van produkte of goedere, dikwels kruideniersware, weens die oortuiging of vrees dat ’n bepaalde gebeurtenis of toestand tot tekorte sal lei: “Verskeie dorpe in die (malaria-) geteisterde dele is sonder kinapille as gevolg van paniekkopery deur die inwoners en toeriste.” (Transvaler, 13 April 1972, 3)

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

et Maroela-fontein wil ons lojale lesers beloon met ekstra funksionaliteite – steeds gratis – waartoe ander lesers nie toegang het nie. As jy registreer om deel te word van Maroela-fontein, word jy as ’t ware ’n inwoner van dié digitale dorpie. En dié inwonerskap gee jou allerlei voorregte. As jy nog nie die vorm voltooi het om ’n Maroela-fonteiner te word nie, doen dit sommer nou: Besoek ons webtuiste maroelamedia.co.za en klik op die “Maroelafontein”-blokkie regs bo op jou rekenaarskerm.


FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Vir gedwing. d n ta ls ti s g tot ut die samelewin rwyl ander opnu taat in e d g a ja e ons g ai is, te endels id-19 het wêreld skeefgedra esluit is en die gr v o C e d s evree nog g f die teen die g waarin dit voel o ring. Terwyl skole s. g in k r e p er tyd van in rondve ur te b Die staat ense is dit ’n somb t hul geliefdes de e gesinsbande te g m m me esond sommige m tyd saa ie ideale tyd om g o k e nk julle td n as hoe la r e k ri waarde o voortduur, is dit d g n Besluit is bela te ig uleman. s urbring, -S p e a o s d s a ie B a b een ekaar te

m m en gesaam is,” stelde tyd om by ndeer. spesiaal in s e e s pa g g s a s a s ie te v van d op ’n saam soet on elke lid arom m t haltetyd a a Momspre e D w g n a l. n d v e e r ty o u t m v ie e o r te d k k e m ie a e n e g d a go kv win ri, re waard ste maa an take ’n an ie samele ure en Parul Oh rs die be k toeken v rk e rs e u ie e o w d d t g in a . n k d is sy la er in egee o, glo ers hul s g rs u s e o o s le v n u p a o d h n ro e ir a v wa ardig ed iverally, ’n oorvol sk manier is lewensva rantwoorons illippa L n die Un e h n a k a P a ri a g e n d d la rm e n v be evin gee vo reidsielku leer om elfdertyd L), het b en veroo gesondh rel en ters elike take te aan o k don (UC o n ik v o tw L m leefwyse n e e o g e d e n te t u ll ret a o e o p d h a C is d ls m e sity g ier o vir hu ld 66 saak dikw ie altyd kker man emidde s gevesti delikheid n g le e e ll it ’n m u d h n is t l ’n a e y is d Dit n istak terw te by staat va slag bly. vaar. Hu ry om ers te hê oonop gewoon k ie ie d d d ’n in te t t k in r a a a u d d d a jo k vir t B en gesinsty sin byme it betek saam me standig te wees. ntheid is l m die ge ur te bring nie en word. D lf te gelee aak, vera s e s e e m b g m te e o ie r maklik o r w e d te e u m d g g n o le li r m in s m a ie rk la a a . n s e a a u s d m inp werk om jo gehaltety is daar nie ’n kits gesin om dat julle ná die af moet help dit die huis u en jou so r n kig jo s een a e k a v s le lu s g . e lk a te le g te ie s n d n o as jy bou n s aan ewoo et nie apte g te k o n e rs ie o m d e e o , maar p n u o w a a o g k wees nie ierdie Ouers rtsit. gesinsb atiewe h s o re n o g k v e rs , in e w n h u rk a s le inpe ons is. Soms eid k dat o n, Nikki Bu wie ons pek van r, meen de eenh a Bassa-Sulema ul s e n n h a e w a e n v rk ry e s e k s s e s w n tu ’n l we eed stel die besig kenner e esonde balans oet dee ur deur Durban, ens Ham ikm d le n lg s , a o e v u ie V g g n o e e h f e ’n ers aa te ndig sm wat nie n handh laat voel. om tred esin kind se sielku word on gesin ka et die g ’n klinie kkel ons te rom rd m u a e s n a e m le n D a o e u . a o ïs s e is werk en h lew ngrik op te g dalk ders ge altetyd la d a h e in e k b m rs aar g l e t e g u a g u k h in w n o erk hul wels d da b ut r. Jou ar met dít t van inp ierdie ty staat om osiaal te verkee eeld ees, ma h nu w in p in d o s n r n a Die staa re meka om s oorb frustre moet o v e m t n o o ’n e h to s s r n k u m a e li d k k o le die ing eenheid es is ongema wees vir al gedw n waard am as ’n erklik e lm a w s a g t s n a ra n e w d o f d r. ein dit het te bese die hulle lee aarde aan kons te kan v aan. kom en am met waaruit w te kan g g e ie e to d h n , inkeer te . Gehaltetyd sa rs e re e o v de oord “Kind k is gesinsle ander w belangri id; met e saam e tussen ei ll e d ju n ro th a t g n a b e t a w u w k la tyd gesin bo in saam te van die om hulle ep ook vertroue gehalte en help k t s a ikkel. Dit eiewaarde omd en ontw rk te rs e v n e mekaar

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

63


ou die aand ontdek ek ’n boks met familiekosbaarhede wat ek bo in ’n kas gebêre het. Ek pak dit op die tafel uit: Daar is ’n fyn babarokkie met kant en pienk lint, miskien iemand se dooprokkie; my oupa se groot silwer flits wat altyd op sy bedkassie gestaan het – as hy saans oor die krakerige plankvloer badkamer toe gestap het, het hy sy flits gebruik, want ná slaaptyd sit ’n mens nie ligte aan nie; my ouma se goueraambril wat altyd bo-op haar Bybel op die spieëlkas gelê het. Daar is ook kosbare swart en wit foto’s: Die oudste foto dateer uit 1899 en wys ’n groep Boerekrygers op Markplein in Hanover in die Karoo op hulle perde, gereed om oorlog toe te ver-

trek. Die perde is nog fris en vet, en die Boere uitgevat in hulle beste baadjies, baarde netjies gekap en hoede windmakerig skeef op die kop. Iewers in die groep is my oupagrootjie en sy broers. In die agtergrond staan ’n groepie vroue saamgebondel onder ’n boom en wag om hulle mans en seuns te groet. Daar is ’n foto van my oupa se rugbyspan, iewers in die hoërskool, met die krae van die seuns se rugbytruie wat kordaat in hulle nekke opgeslaan is; ’n troufoto van die egpaar, sy laggend en hy baie ernstig; ’n foto van my oupa op sy perd as ’n jong sersant in die polisiediens. En dan is daar koerantknipsels, kaartjies en kerkblaadjies wat ’n hele storie van hulle eie vertel. Daar is ’n klein knipseltjie wat my oupa en ouma, Hermias Jacobus Nieuwoudt en Susanna Maria Magdalena du Toit, se verlowing

op 31 Mei 1943 aankondig. Met hul tweede ontmoeting het my oupa haar gevra om te trou – ’n gelukkige en geseënde huwelik van 53 jaar tot met my oupa se dood in 1996. Maar die koerantknipsels vertel ook die stories van die hartseer tye wat deel van hulle lewensverhaal was. My ouma skryf in 2001 in ’n “Ek dink ver terug”bydrae aan hul kerkblaadjie: “As ek terugdink aan my skooldae gedurende 1930 tot 1941 [in Hanover], onthou ek die koue. Dit was depressiejare en armoede was erg onder almal. Kinders moes kaalvoet met kort broekies en kortmouhemde, sonder truie, van die koshuis in Seilstraat oor die stasie en rooibrug te voet skool toe loop, en laat kom is nie geduld nie. Daar was net een laken op elke bed en twee dun vaal komberse. Dan slaap ons


twee op ’n enkelbed, want dan is daar vier komberse en jou maat se lyfhitte om warm te word.” Oor later jare skryf sy: “Elke man op Noupoort [waar my oupa as polisieman gestasioneer was] het ’n trui gehad wat soos sy buurman s’n gelyk het, want as een vrou ’n besonderse breipatroon gehad het, dan het die patroon van buurvrou tot buurvrou gegaan. Daar is gebrei as hulle in die middae saam op ’n plekkie in die son gekuier het (want Noupoort was ysig in die winter). Breiwol was maar skaars en duur! Sikspens ’n ons. Wanneer die truie begin stukkend gaan op die elmboë, is die moue omgeruil sodat die stukkende plekke aan die binnekant van die elmboë gesit het, of die trui is heeltemal losgetrek en die beste wol is saam met ’n ander kleur strepe gebrei om weer ’n nuwe trui te maak.” Tragedie het hulle as gesin in 1959 getref terwyl hulle in Margate gewoon het. My ma, Engela, se ouer boetie, Frikkie (toe 14), het aan leukemie gely. Hy het een Maandagmiddag ernstig siek geword en is per ambulans hospitaal toe geneem. Op die hoek van Moore- en Chelmsfordstraat was die ambulans in ’n ongeluk betrokke, en Frikkie, die verpleegster wat saamgery het en die ambulansbestuurder is al drie op slag dood. In die boks is net een foto van Frikkie as klein seuntjie, ’n paar koerantknipsels wat die storie van sy dood vertel, en ’n koerantberiggie waarin my oupa en ouma die mediese personeel van die hospitaal bedank vir hulle bystand tydens Frikkie se siekte. En tog, as ek terugdink aan my

Oupa Mias en Ouma Susan (wat ook lank al reeds oorlede is) onthou ek hulle warmte, menslikheid en liefde, nie hartseer of treurigheid of bitterheid nie. As my ma gesels oor haar grootwordjare op Margate en later op Noupoort, vertel sy van die maats saam met wie sy in die bos naby hulle huis gespeel het, my oupa as polisieman op sy perd, en my ouma met haar breiwerk in die sonkamer. Ek onthou my ouma se wildspastei wat sy in die koolstoof gemaak het en die fyngestampte biltong wat my oupa vir middagete oor ons botterbroodjies gestrooi het. Ek onthou twee sterk mense, met groot harte, vir wie mense belangrik was en nie aardse goed nie. Ek weet dat hulle elke dag met God begin het en elke aand op hul knieë langs hulle hoë dubbelbed met die mosterdkleur deken afgesluit het. Die tragedie van die tyd waarin ons ons nou bevind, gaan deel van ons lewensverhaal word. Ons gaan eendag ons kleinkinders vertel van die jaar 2020 toe die Groot Pandemie die wêreld getref het; hoe dit almal op ’n manier geraak het en alles verander het. Maar ek kyk terug na die mense wat deel van my geskiedenis is – na die tragedies, oorloë, depressies, siektes en rampe wat hulle oorleef het, en hoe hulle aan die ander kant uitgekom het: beter mense, omdat hulle geweet het waar hulle krag vandaan kom. Ek pak als weer terug in die boks: die geborduurde sakdoekies, die knipmes, die flits, die simpatiekaartjies, die familiefoto met die 14 kinders, die gehekelde baba-kappie. En ek sê dankie dat ek weet ons gaan sterker anderkant uitkom.


ALMAL ZOOM IN

Die videokonferensietoepassing Zoom het tydens die wêreldwye inperking behoorlik vlamgevat. Die toepassing het gegroei van 10 miljoen gebruikers in Desember 2019 tot 200 miljoen in April 2020.

BEPERK

GEEN KWARANTYN VIR KUBERGEMEENSKAP Talle skeppende apps wat deur innoverende denkers ontwikkel is, wys dat die aanlyn wêreld vir niks stilstaan nie en het beslis die inperkingstyd vir talle mense vergemaklik.

oos in die rolprent Bubble Boy hoef jy nooit uit jou borrel te kom nie, maar kan jy alles na jou toe laat bring – alles van kitskos, flieks, inkopies, klere, tooisels vir jou huis en selfs programme om jou topfiks en gesond te hou. Die Covid-19-krisis het die hele wêreld omvergegooi, maar die aanlyn gemeenskap was vir geen oomblik in kwarantyn nie. Ons het ’n paar apps op die proef gestel wat beslis die gemeenskap se ondersteuning verdien. Probeer dit gerus en wie weet, dit mag dalk net jou lewe en roetine ook vergemaklik!

1

STOP, BREATHE, THINK & CALM

Neem ’n blaaskans

Met Stop, breathe, think kan jy enige tyd van die dag ’n blaaskans neem, waar jy ook al is. Dié app het verskillende asemhalingstegnieke en klanke wat liggaam en gees help om te rus en ontspan. Die app fokus veral op maniere om die stres van ons gejaagde lewens te hanteer en te verminder. Calm is op sy beurt in 2017 as Apple se App van die Jaar aangewys. Dié toepassing sal jou help om angs en spanning hok te slaan, en het ‘n deel wat geskik is vir kinders van 3 tot 17 jaar oud.

UBER EATS & MR. D

Jou kos in ’n kits

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Uber Eats en Mr. D is albei bekende name in die wêreld van apps. Hulle fokus is om jou gunstelingkitskos binne minute by jou huis of selfs jou kantoor af te lewer. Wat meer wil ’n mens hê?

FREELETICS & SWEAT

Maak ’n bietjie litte los

Freeletics fokus op oefeninge waar jy slegs jou liggaamsgewig gebruik. Geen toerusting is nodig nie, wat dit prakties en maklik maak om tuis te doen. Sweat se oefenprogramme is deur ’n fiksheidsinstrukteur saamgestel en sal jou beslis laat sweet. Nou het ons geen verskoning om in die gerief van ons huis of tuin aktief te raak nie!

66

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

ONE CART

Van jou trollie af

One Cart is my gunstelinginkopie-app. Jy kan by verskeie winkels soos Dis-Chem, Woolworths en Pick n Pay koop deur jou lysie op die app te voltooi. Indien iets uit voorraad is, sal die app jou laat weet.XXX



80% van SA se kleinsakeondernemings meen dit sal kleiner ondernemings tussen drie en vyf jaar neem om te herstel tot vlakke wat dit vóór die inperkingstydperk was.

Ekonome verwag ’n inkrimping van minstens 10% in die Suid-Afrikaanse ekonomie as direkte uitvloeisel van die koronavirus. Hierdie inkrimping sal regstreeks tot grootskaalse werkloosheid en armoede lei.

JSE. Teen die einde van die dekade het ’n borrel in die aandelemark ontstaan. Die skep van effektetrusts het die publiek op ’n bekostigbare wyse toegang tot beleggings in aandele gegee. In die res van die wêreld het spanning begin opbou oor die verskaffing van olie en brandstofpryse begin styg. In Julie 1969 bars die JSE-borrel en val die aandelebeurs binne die bestek van ’n jaar met sowat 46%. Binne die volgende drie jaar herstel die beurs egter met 121% na vlakke hoër as voor die aanvanklike val.

SWART MAANDAG Op 19 Oktober 1987 val Amerikaanse markte met meer as 20%. Die val is voorafgegaan deur ’n bulmark wat etlike jare geduur het. Verskeie redes vir die val word aangevoer, waarvan paniekverkope een van die belangrikstes was. Op die JSE daal aandele met sowat 42% tussen September 1987 en Februarie 1988. Die beurs herstel egter met groei van meer as 108% oor die volgende drie jaar.

KRISIS IN OPKOMENDE MARKTE

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

en van die vele negatiewe gevolge van Covid-19 was die dramatiese ineenstorting van die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) in Februarie en Maart vanjaar. Tussen 17 Januarie en 19 Maart val die JSE se indeks van alle aandele (ALSI) met bykans 36%. Elke individu wat tot ’n aftreefonds bydra, verloor dus binne twee maande ’n wesenlike deel van sy of haar aftreegeld wat oor jare met groot moeite bymekaar gemaak is. Indien ons teruggaan in die geskiedenis, sien ons dat die JSE al by vier geleenthede in ’n kort tyd met meer as 36% gedaal het. Hierdie artikel kyk kortliks na elk van dié gebeure, en hoe die mark ná elke krisis herstel het. Dis belangrik om te onthou dat ’n mark wat met ’n bepaalde persentasie daal, met ’n groter persentasie sal moet styg om weer tot sy eertydse vlak te herstel. So byvoorbeeld sal ’n aandeel wat van R100 na R80 daal, ’n daling van 20% (20/100) ondergaan. Om tot sy vorige vlak te herstel, moet die aandeel met 25% (20/80) styg.

DIE VAL VAN 1969

68

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die sestigerjare was ’n tyd van ongekende groei vir Suid-Afrika, ook op die

Tussen Mei en Augustus 1998 val die JSE met 39%. ’n Hele aantal opkomende markte het terugslae beleef weens oorverkoopte aandele: Meksiko in 1995; Indonesië, Korea en Thailand in 1997; Rusland in 1998 en Brasilië

in 1999. Weer sien ons ’n styging van 116% in die drie jaar wat hierop volg.

GLOBALE FINANSIËLE KRISIS Die globale finansiële krisis vind in die tweede helfte van 2008 plaas toe veral Amerikaanse banke in die moeilikheid beland weens die verkope van subprimahuisverbande in die sekondêre mark en ’n borrel in die eiendomsmark. Die Amerikaanse markte val met meer as 20% en die JSE met 40%. In die daaropvolgende drie jaar herstel die JSE met oorhoofse groei van meer as 100%.

GEVOLGTREKKING Die geskiedenis wys dat die JSE, soos ander wêreldmarkte, negatief reageer in tye van groot krisis. Soms is dit weens ’n borrel in die plaaslike mark, soms weens gebeure elders in die wêreld waarvan die gevolge oorspoel na Suid-Afrika. Tog sien ’n mens altyd dat ’n drastiese ineenstorting gevolg word deur ’n tydperk van sterk groei. Individue wat aandele besit, hetsy as ’n privaat belegging of omdat hulle aan ’n pensioen- of voorsorgfonds behoort, moet daarom moed hou dat hulle belegging sal herstel, al neem dit ’n jaar of drie. Teen einde April 2020 was die JSE immers reeds sowat 31% hoër as sy laagtepunt op 19 Maart 2020.


MY WORK

WORKING FROM HOME MORE AND MORE COMPANIES EMBRACING REMOTE WORKING

he ongoing debate on the merits of working from home recently gained new impetus after the Covid-19 pandemic resulted in the implementation of social distancing measures and forced many companies to let their employees work from home in order to keep operations going. For many years, employees have been battling for greater work-life flexibility, but employers have for the most part resisted this. How will the current largescale experiment regarding working from home due to the lockdown change that? According to former FNB head Michael Jordaan, operations are unlikely to be the same as before after the lockdown, and working from home will become the norm for many companies. President Cyril Ramaphosa’s announcement of a national lockdown forced companies to quickly put the required processes and tools in place to ensure that their employees are equipped to work remotely. Now that

Twitter employees may work from home permanently even after Covid-19.

the success of any company, and the lack of physical interaction between employees due to remote working can result in poor communication. For example, a misunderstanding that could have been settled with a quick chat at someone’s desk may become a complex issue when emails, voice calls or WhatsApp messages become the primary form of communication. Working from home also leaves companies vulnerable to security threats. According to John McLoughlin, CEO of J2 Software, employees who work at the office are protected by secure wi-fi networks and company firewalls, but this may not be available at home. “Unsecured home networks, default passwords and excessive social media sharing are opening holes in a company’s cyber security,” said McLoughlin. The lockdown may change the way we work forever and while it may not be for everybody, employers may save money and increase productivity. Workfrom-home benefits may prove to be the difference between an enjoyable and a stressful work life for employees. The number of Microsoft Teams meetings the FirstRand Group held per day in April.

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

of Sanlam employees worked from home during the lockdown.

these processes are established and the results of several weeks’ remote working are evident, it will be difficult to put this genie back in the bottle. Employers who fear a lack of productivity on the part of their employees who are working out of sight and without conventional supervision can take heart from the results of several studies which show that remote workers are more productive than usual, depending on the integrity of the employee, and endure less stress. This is attributed to fewer interruptions from their colleagues and eliminating the need to commute. The abrupt closure of offices has forced employers to fundamentally change how they communicate, collaborate, and manage. While many companies seem to be embracing remote working, the question arises whether this can be sustained in the long run. According to Diane Mulcahy, author of The Gig Economy, this new norm comes with a number of problems and whilst there are great reasons for remote working, there are also some challenges. Communication plays a vital role in

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 2 OF 2020

69


edert die wêreld in Maart vanjaar grootliks tot stilstand geruk is deur die Covid-19pandemie, kyk mense na die verlede en vorige pandemies vir antwoorde oor hoe die huidige krisis hanteer kan word. Die voorste geskiedeniskenner van epidemies in Suid-Afrika, prof. Howard Phillips, het in ’n lesingsreeks wat in 2012 by die Universiteit van Kaapstad aangebied is, die dikwels onbekende geskiedenis van pandemies onder die vergrootglas geplaas. Sy boek Plague, Pox and Pandemics: A Jacana Pocket History of Epidemics in South Africa ondersoek ook die geskiedenis en impak van die pokke-pandemie. Pokke was die eerste pandemie om Suid-Afrika te tref. Dié siekte was aan boord van ’n vloot skepe wat in Februarie 1713 op hul roete van die Ooste by die Kaap aangedoen het, en het die slawevroue wat die skepe se vuil linne (waarop die siekte oorgedra is) moes was, eerste getref. Kort voor lank het pokke soos ’n veldbrand onder die Kaapse gemeenskap versprei. Die Kaapse setlaars en veral die slawe- en Khoi-bevolking in en om die Kaap het geen immuniteit teen die siekte gehad het nie en is daarom veral erg getref.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

WAT IS POKKE? Pokke klink vandag soos iets uit ’n wetenskapsfiksieverhaal, maar in die 1700’s was dit ’n angswekkende siekte. Hoë koors en hoofpyn was die eerste simptome van dié siekte. Dit is gevolg deur ’n veluitslag wat binne twee dae in ettergevulde blase verander het. In talle gevalle het slagoffers binne sewe tot tien dae gesterf. Dié wat oorleef, sou sowat ses weke neem om te herstel (waartydens hulle steeds aansteeklik was) en het dikwels erge littekens oorgehou, terwyl talle blind en onvrugbaar gelaat is.

’n Illustrasie wat die werklikheid by die tydelike pokkehospitaal aan die Kaap uitbeeld.

POKKE SLAAN WEER TOE Hoewel die eerste pokke-uitbreking die Kaap reeds in 1713 getref het, was dit een van vele uitbrekings wat in die komende dekades sou volg. Voor die ontwikkeling van ’n pokke-inenting het die Kaap ook in 1755 en 1767 uitbrekings beleef. Veral die twee latere uitbrekings was nie net beperk tot die Kaap nie, maar het selfs tot anderkant die Oranjerivier en in die Transkei versprei. Die ontwikkeling van ’n doeltreffende pokketeenmiddel aan die einde van die 1790’s het hoop gebring. Teen 1805 is nagenoeg 5 000 inentings aan die Kaap gedoen. Inentings het in die vroeë 1800’s doeltreffend daarin geslaag om die siekte te keer, maar die tragedie van die siekte het mettertyd waarskynlik uit Kapenaars se gemeenskaplike bewussyn verdwyn en inentingsvlakke het gedaal. Gevolglik het verdere pokke-uitbrekings in 1840, 1858 en 1882-1883 gevolg. Hierdie keer het pokke sy kloue selfs dieper in die binneland ingeslaan.

STERFTES AAN DIE KAAP Die sterftesyfer weens pokke in die vroeë 1700’s is in ander wêrelddele op tussen 20% en 30% gereken. Die pandemie van 1713 het egter die inwoners aan die Kaap uitsonderlik erg getref en die sterftesyfer hier is op nagenoeg 30% gereken. Sowat 25%

van die Nederlandse setlaars aan die Kaap het gesterf en volgens ’n eietydse werknemer het slegs een uit elke tien Khoi-Khoin aan die Kaap die siekte oorleef. Hoewel die pokke-uitbrekings in die 1800’s meer menselewens geëis het, was die persentasie mense wat gesterf het veel laer. In 1840 was die vlak op 12% gereken, terwyl die sterftekoers vir die uitbrekings van 1858 en 1882-1883 onderskeidelik 8% en 7% was.

BEHANDELING Met die uitbreking van die eerste pokkepandemie aan die Kaap in 1713 was inwoners dikwels aan hul eie genade oorgelaat. Die regering het min hulp gebied en families moes hul eie siekes versorg. Omstandighede het met verloop van die dekades verander en ’n beter begrip van die siekte het gelei tot die toepassing van doeltreffender voorkomingsmaatreëls. Tog het mense na elke moontlike oplossing gegryp en allerlei behandelings – insluitend die aanwending van verskeie salwe, toediening van kruietreksels, suurlemoenwater en boegoe en selfs die praktyk van bloedlating – is toegepas. Die wêreld moes tot die einde van die 1700’s wag op ’n antwoord in die vorm van ’n voorkomende middel. Volgens Phillips is mense se soektog na antwoorde in tye van pandemies kenmerkend. Talle slawe wat die Moslemgeloof beoefen het, het talismans met inskripsies uit die Koran by hulle gedra. Christene het gevas en gebid en oor die algemeen die siekte as God se straf vir die mens se sonde beskou. Vandag is pokke iets van die verlede en volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie was die laaste natuurlike voorkoms van pokke in 1977 in Somalië aangeteken. In 1980 is verklaar dat pokke geheel en al uitgeroei is.


3,3 MILJOEN Die Treklewe-tapisserie bestaan uit 15 panele. Lede van die ATKV se Vrou-en-Moederbeweging het vir agt jaar hieraan gewerk – die kunswerk bestaan uit 3,3 miljoen stekies!

60 000

Die Voortrekkermonument in Pretoria het 12 jaar se bloedsweet en byna 60 000 groot granietblokke geneem om op te rig!

AFRIKANERGESKIEDENIS

KOM SNUFFEL SAAM!

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF • BYKOMENDE BRON: WEG/REIS

ie grendeltyd het jou sekerlik ook al meer as een keer laat wonder hoe om besig te bly en wat jy tog nóú kan doen. Wel, jy kan na hartelus gaan grawe in die verlede en met Kraal Uitgewers se nuwe aanlyn platform elke dag iets kry om te DOEN! Geskie(DOEN)is is die ideale wegbreekplek vir elkeen wat lief is vir die Afrikanergeskiedenis én hul kreatiewe vaardighede wil slyp of selfs hul kennis van die geskiedenis wil toets. Op hierdie eenstopplatform kry jy nou gratis toegang tot unieke, drukbare inkleurprente wat jonk én oud sal besig hou, rateltaai blokkiesraaisels oor die geskiedenis en nog vele meer. • Besoek vandag nog www.kraaluitgewers.co.za en klik op die Geskie(DOEN)isskakel vir meer inligting.

Alles in een kraal vir geskiedenisliefhebbers

A

l gehoor van die amperse rugbywedstryd op Okiep tussen Boer en Brit gedurende die Anglo-Boereoorlog? Of onthou jy nog die dag toe ’n skoolbus in die Westdene-dam verongeluk het? As jy smag na vinnige feite oor die Afrikanergeskiedenis, word ’n Kraal Uitgewers-vriend op Facebook of volg die uitgewer op Instagram. Hier sal jy ook Kraal Uitgewers se skrywers ontmoet in die gereelde skrywersprofiele, jou Afrikaanse woordeskat uitbrei, die wonder van spreekwoorde herontdek of sommer net saam kuier en debatteer met ander geskiedenisliefhebbers. Kry dit alles onder een dak, oftewel in een kraal!

Verhaal van Jopie Fourie afgestof

M

et Kraal Uitgewers se nuwe digitale platform Kraal Afgestof word ouer geskiedeniswerke afgestof om ’n nuwe gedigitaliseerde baadjie aan te trek. Herontdek verskeie bekende, minder bekende en selfs vergete geskiedenisboeke met Kraal Afgestof. Die eerste boek op die Afgestof-boekrak, Jopie Fourie: ’n Lewenskets, is nou beskikbaar by www.kraaluitgewers.co.za. Dié platform is gratis beskikbaar aan alle nuusbriefintekenare. Fourie, waarskynlik die bekendste held van die Rebellie van 1914, het in die ure voor sy dood ’n aantal briewe aan sy volk, sy vrou en familie geskryf. Nadat hy op 19 Desember 1914 skuldig bevind is aan verraad (omdat hy as lid van die Unie-Verdedigingsmagte aktief aan die Rebellie deelgeneem het) is die vonnis gelewer. Dit is minder as 24 uur later voltrek. Ten spyte van die emosies wat daar sekerlik in dié tyd in sy binneste moes woed, het hy in ’n brief aan sy volk ’n treffende oproep gelewer. Sy “vermaning” aan sy volk, soos hy dit self stel, was eenvoudig en dra nou nog net soveel betekenis as tydens die worstelinge van 1914: “Wees getrou tot die dood. Wees getrou aan u tradisies, aan u taal en aan u volk.” Sy dood voor ’n vuurpeleton om 05:00 op Sondag 20 Desember het geweldige ontsteltenis onder Afrikaners veroorsaak. Lees meer oor Jopie se laaste dae in Jopie Fourie: ’n Lewenskets, nou beskikbaar op die Kraal Afgestof-boekrak.


FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

OM TE LEER WAG

72

y afvlerk-eendjie, Marietjie, het die eerste dag of twee hoegenaamd geen probleem met die grendelstaat gehad nie. Om laat te slaap, stadig ontbyt te eet en ’n lang oggendbad te neem, was ’n heerlike afwisseling van die gejaag om haar soggens betyds aangetrek en by haar sentrum afgelaai te kry. Toe begin die besef deurdring dat sy glad nie winkels toe sal kan gaan nie. Nie net is die meeste winkels toe nie, maar ook verseg ek om haar Checkers toe te vat – vir haar eie veiligheid, want sy is ’n hoërisikopersoon. Toe sy boonop hoor dat daar Sondae vir ’n lang ruk glad nie kerk sal wees nie, was die vet in die vuur. Al haar gunstelingmense is by die kerk. Die warmte van die kerkkring is vir haar soos suurstof. Hoe is dit moontlik dat die wêreld op so ’n dramatiese manier net tot stilstand kan kom? Ek probeer verduidelik van die virus; van hoes en druppeltjies; van hande was; dat sy moet WAG en geduldig moet wees. Ons sal weer eendag winkel toe gaan. Maar Marietjie is briesend. “Ek glo

dit nie!” gil sy, só hard dat ek vrees die bure gaan die weermag of maatskaplike dienste bel. Trane stroom van haar wange af. Ek probeer al die beproefde maniere om haar rustig te kry – verniet. Snikkend beduie sy dat sy regtigwaar nie sal siek word nie. Die Here het self vir haar in ’n droom gesê dat sy nie sal siek word nie. So, sy kan maar winkel toe gaan. Eers toe ek haar so ver kry om te sit en ek die ingewing kry om al die geliefde dinge met iets anders te vervang, kom daar kalmte. Ons kan kruideniersware bestel. Sy mag help met die lys en sy mag die goed uitpak. Ons kan Ouma, Oupa, die familie en die kerkmense video call. Sy mag kies wie ons elke aand moet bel. Sy mag koekies bak en in pakkies pak vir mense wat arm en honger is. Sondae sal ons dominee oor YouTube preek. Ons sal in ons sitkamer kerk hou. Papier en pen word nader gebring. Ons trek blokkies, teken prentjies oor hoe die nuwe roetine gaan lyk, soek resepte van koekies wat gebak kan word. Vrede! Soos Rietjie moes ons almal binne enkele dae ’n drastiese kopskuif maak. Soos sy, wens die meeste van ons om ons normale lewens terug te hê. Sommige mense laat weet dat hulle selfs na beurtkrag verlang. Maar as ons net mooi luister, sal ons hoor dat ons Vader ferm, dog rustig en met oneindige empatie vir ons vra om te wag. En in dié wagtyd wil Hy hê ons moet sekere dinge vervang. My fokus op my werk, vergaderings

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 2 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

en afsprake moet vervang word met ’n fokus op my kinders, wederhelf en bejaarde ouers. My rondritsery moet vervang word met rus en nadenke. My selfsug moet vervang word met empatie vir ander wat baie swaarder kry as ek. My vertroue op my eie vermoë om dinge te beheer, moet vervang word met ’n vertroue op Hom. My geloof in my geld wat brood op die tafel sal sit, moet vervang word met my geloof in God, wat nog altyd my daaglikse brood voorsien het sonder dat ek dit besef het. My luiheid om Sondag vir kerk op te staan, moet vervang word deur ’n verlange na ’n erediens, ’n begeerte om net weer tussen mense in die kerk te sit. Sit in jou tuin, as jy een het, of maak jou venster oop, kyk op na die blou lug daar bo, leer om te wag, en onthou die woorde van Dawid in Psalm 37:3-5:

Vertrou op die Here, en doen wat goed is Woon in die land en geniet veiligheid Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.”


DIENSKANTORE

Landwyd tot jou diens BELLVILLE

RICHARDSBAAI

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Johandre van Zyl (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

BLOEMFONTEIN Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

BOKSBURG Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee, Dennis Marais en Jannem Goussard Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

CARLETONVILLE

Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers Administratiewe beampte: Helen Kay Tel: 014 763 1174 Faks: 086 683 5261 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw Administratiewe beampte: Santie Pearson Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KLERKSDORP Coenie Rheeder en Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

LYDENBURG Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

PORT ELIZABETH Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Marike Pitzer, Linda Senekal, Peirru Marx, Nadine Botha, Helgard Cronje, Henco Breytenbach, Sanri Stone, Zirk Gous, Renate Barnard, Fanus Maritz en Johan Roos Administratiewe beamptes: Christa Louw en Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 011 388 9828 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendracht straat, Kloofsig, Centurion

RUSTENBURG Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole en Jaco Greeff Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK Francois Calldo, Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Angelique Boonzaaier Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

WELKOM Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Toit Roux en Jo-Ann Potgieter Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer en Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11





Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.