Solidariteit Tydskrif Uitgawe 4 van 2020

Page 1

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

HAARKAPPER, POLISIELID & KLEUTERSKOOLEIENAAR

HEDENDAAGSE

Uitgawe 4 van 2020 ww w .s o lid ar it eit . c o . za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

HELDE

Vroue staan hul man by Sol-Tech


NUUSWAARDIG

2

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



inhoud. 10

Uitgawe 4

48

58 As Christene glo ons dat alles in Sy hande is, en daarna werk ons asof alles in óns hande is. Ons berei al jare vir krisisse voor en is, sover dit menslik moontlik is, gerat en gereed vir wat kom. Ons kan nie alles doen nie, maar ons sal doen wat ons kan. Ons risikobestuurstrategie is al jare lank in plek.

Nuuswaardig

10 12 16 18 19 22 24 25 26

#WerkMaakSterk – Niemand kan bekostig om alleen in die werkplek te wees nie.

~ Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging ~

Hedendaagse helde – Ons kuier by drie formidabele vroue wat uitdagings trompop loop. Te wit vir ons land? – Neem deel aan ons protesveldtog teen die rasmalheid. SEB-kruitvat – Staatsinmenging en regstelaksie stook diskriminasievuur. Afrikaans by Unisa – Hoogste hof lewer gunstige uitspraak oor Afrikaanse onderrig. Stukrag aan skole – Solidariteit sit skouer aan die wiel om skole tydens inperking te steun. Onmisbare onnies – Beroepsgilde vir Beheerliggaamonderwysers beskerm dié opvoeders. Moedertaalonderrig – Beweging gaan nóg vinniger bou aan Afrikaanse instellings. Sukkelende SAL – Sal lugdiens werklik soos ‘n feniks uit die as kan verrys?

Bedryfsnuus 28 29 30 32 34 36 36 37 38 42

Kolskoot – Wapenreus moet opdok, beslis arbeidshof Afleggings gekeer – Solidariteit gryp in by LNR WerkNet – Ideale werknemer is net ‘n muisklik ver Werk nie ‘n plek – Só verander Covid-19 die werkplek Regsgilde – Raad se voorskrifte bevraagteken Scrap metal – Solidarity welcomes investigation Mynbou – Litigasie bedreig kohesie in die sektor WVF – Hantering van Covid-19-Ters skokkend BGV – Afdeling verseker billike vergoeding vir lede Werkveiligheid – Werkgewers moet veg vir volhoubare sake


Nuwe seisoen is hier, ook vir Akademia

AfriForum #VegEnBou landwyd

Akademia betree ‘n nuwe fase met ‘n splinternuwe kampus in Centurion wat duisende Afrikaanssprekendes die geleentheid sal gee om ‘n gehaltekwalifikasie in hul moedertaal te voltooi. Ses nuwe kwalifikasies is ook onlangs bekendgestel.

AfriForum se takke landwyd is ‘n sprekende voorbeeld van die krag van die gemeenskap, van saamwerk om self ‘n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons en ons kinders te verseker.

56

32

26 38 in Beweging 40 Solidariteit Finansiële Dienste – Aflegging en pensioen: Wat staan jou te doen? 44 Helpende Hand – FroueVonds vier 1 jaar van verskil maak in duisende se lewe 46 Helpende Hand – Meer as 50 ton wildsvleis in drie jaar vir honger magies 48 Helpende Hand – Maak dít wat jou geslag moet doen en bou Monumentaal 50 AfriForum – Só #VegEnBou AfriForum landwyd tydens koronakrisis 56 Akademia – Splinternuwe seisoen: Wêreldklasstudie, gehaltekwalifikasie in Afrikaans 58 Sol-Tech – Vroue van staal staan hul man by beroepsopleidingskollege 63 Maroela Media – Vreesloos vorentoe soos ons voorouers 64 Solidariteit Jeug – Jeug se praktiese oplossings skep hoop vir die toekoms 68 S-Leer – Belê in die toekoms van jou loopbaan deur lewenslange leer 71 Kraal Uitgewers – Reis saam in tydmasjien en toets jou geskiedeniskennis 71 Kraal Uitgewers – Eerste kinderboek vir haasbekkies nou op die rak 71 Kraal Uitgewers – Pragtige Afrikaanse boekmerke; bestel só maklik aanlyn

Gereeld 06 Vooraf – Sprei jou vlerke vandag vreesloos 07 Gesprek – Lede sê hul sê 08 SpreekBuys – Jy moet waag om te kan wen 52 Posduif – Die lig van hoop 54 My geld – Buiteland as beleggingsbestemming 60 Voordele – Jou werk is óns werk 62 Maroela Media – Kom klink ‘n glasie! 65 My gesin – Skool toe of tuisskool? 66 My regte – Só sê die Wet op Basiese Diensvoorwaardes oor mediese sertifikaat 67 My work – Adaptability in the workplace 70 Histories gesproke – Barend Celliers 72 In retrospek – Ongeduld ook ‘n virus 73 Solidariteit Dienskantore – Tot jou diens

72


vooraf.

Waagmoed-keerpunt

Sprei jou vlerke vandag vreesloos!

k skryf vandag die derde opeenvolgende brief vir julle vanuit my woonkamer-kantoor, maar tog voel dit vir my soos ’n keerpunt. Ons is uiteindelik op vlak 2 van die inperking en dis byna asof daar weer ’n mate van normaliteit terugkeer. Lente is uiteindelik hier en in my bome word flink nuwe nessies gebou! Die klein bietjie meer vryheid het my laat besef dat as jy nie gaan waag nie, jy nie gaan wen nie. Ons vlerke word steeds deur sekere absurditeite geknip, maar ons mag dit nie laat normaliseer nie. Ons moet gereed wees om elke absurditeit uit te wys, want as ons dit nie doen nie, word dit aanvaar as iets wat “maar altyd so was”. Hierdie keerpunt is ook vir my nie net ’n bevestiging dat ons altyd gereed moet wees vir aksie nie, maar dat daar steeds baie geleenthede is as ons nie bang is om te waag nie. Die geskiedenis het bewys dat dit moontlik is om op te staan uit die as, mits jy bereid is om planne te maak en hard te werk. Die volgende bietjie geluk is dat ons dit nie alleen hoef aan te pak nie. Solidariteit

help deurentyd om planne te maak en staan jou by sodat jy hard kan werk. Jou werk is immers ons werk. Ek het met die saamstel van hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif die voorreg gehad om drie dinamiese vroue te ontmoet met hope waagmoed. Anne-Marie, Odette en Antoinette se stories het gewys dat ’n gemeenskap bankvas staan agter mense wat nie bang is om te waag, planne te maak en hard te werk nie. Lees gerus op bladsy 12. Ons gaan waarskynlik nog ’n lang pad met die Covid-19-pandemie moet stap, maar ons sal nie dat dit oor ons loop nie. Die Solidariteit Beweging se instellings het bo verwagting reeds ’n klomp belangrike dinge vermag deur innoverende planne en harde werk. Daarom nooi ek jou uit om rustig deur die tydskrif met jou rekenaarmuis te “blaai” en self te lees wat ons reeds alles kon uitrig danksy die krag van die gemeenskap. Om te sê dat ons hoop skep, klink dalk na ’n wollerige konsep, maar ek kan jou verseker dat dit alles behalwe wollerig is by Solidariteit. Hier word aksies met woord en daad, en soms ’n bietjie ekstra oemf, aangepak om te verseker dat ons die vry, veilige en voorspoedige toekoms kan hê wat almal verdien. Ek daag jou uit om waagmoed ’n kans te gee. Sprei jou vlerke vandag vreesloos. Solidariteit is jou vangnet. Ons is daar vir jou!

Cilleste

CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR

Lynette Beer skryf: “Wat is waagmoed? Dit is nie om jou vrese te ontken nie, maar om juis ten spyte van vrees te doen wat jy moet. Wees sterk en vol waagmoed! 6

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


brandpunte

in hierdie

uitgawe.

Op grond van die kleur van my vel word ek en my kinders tweedeklasburgers in ons eie land. Elke dag word dit net erger. Ons hoef dit nie te aanvaar nie; ons moet opstaan en nee sê.”

~ Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit ~

10

#WerkMaakSterk 5 miljoen mense sal na raming hul werk en inkomste kwyt wees weens die ekonomiese gevolge van die Covid-19-pandemie. Daarom wil Solidariteit jou aanmoedig om vriende, familie en kollegas wat nie werkbeskerming het nie, na Solidariteit te verwys. Kry vandag nog die beskerming wat jy verdien!

Is ons te wit vir ons land? Die tyd vir stilbly, buig en bieg is verby. Jy het die REG om VRY en VEILIG in jou land te woon en te werk! Moenie dat die staat dit van jou ontneem nie. Sê saam met ons NEE vir die rasmalheid. Teken ons protesbrief by https:// solidariteit.co.za/te-wit-vir-my-land/

FOTO’S: MIA SLABBERT & ISTOCKPHOTO.COM

Hoewel staatsinmenging en swart ekonomiese bemagtiging nie vir ons nuut is nie, word daar ’n nuwe wetswysiging voorgestel dat vasgestelde teikens vir rasverteenwoordiging in die werkplek ingestel moet word. Dit sal nie net plaaslike ondernemings negatief beïnvloed nie, maar ook internasionale beleggers afskrik.

Redakteur | Editor: Cilleste van Dyk – cilleste@solidariteit.co.za Webredakteur | Online Editor: Lindie de Beer – lindievz@solidariteit.co.za Advertensies | Advertisements: Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Advertensie-ontwerp | Advertisement design: Martie Maree – martie@solidariteit.co.za Intekenare | Subscriptions: Heleen Nortjé – heleen@solidariteit.co.za Rekeninge | Accounts: Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee Medewerkers | Contributors: Ricus Botha, Wilmarie Brits, Flip Buys, Chris Chameleon, Gideon du Plessis, Dirk Hermann, Reon Janse van Rensburg, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Paul Maritz, Jaco Mostert, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, Felicia Richardson, René Roux, Mia Slabbert, Mandy-Michelle Thackwray, Barend Smit, Bianca Smit, Lydia van der Kooy, Suné van Heerden, Johnell van Vollenhoven, Hanlie van Vuuren, Cindy Venter, Zydelia Venter, Benette Welman en Jhua-Nine Wyrley-Birch.

Het jy iets op die hart? Deel dit met ons op sosiale media of volg ons! Ontwerp | Graphic design

aksentmedia@vodamail.co.za

Só gons dit op sosiale media

BLM: Ons sal nie die knie buig Werner Human skryf: “Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, impliseer dat Suid-Afrikaanse spelers wat nie die knie vir die Black Lives Matter (BLM)-beweging buig nie, rassisties is. BLM skep ’n dwangkultuur wat beveg moet word. BLM is soos ’n geskenk aan maglustige politici wat sport op suiwer rasseterme wil beheer en bestuur.” Só sê ons Facebook-vriende: “All lives matter,” dít ondersteun ek 150%. Ek buig my knie vir niemand behalwe God nie. Die BLM-ondersteuners dink die wêreld skuld hulle iets, maar die wêreld skuld hulle niks nie. As hulle aanhou om wittes te viktimiseer, gaan hulle dit berou.

Bemagtigingskruitvat

18

gesprek.

I will only kneel for my God! Who, Mr Minister, do you think you are to dictate? I’m so sick of all these ridiculous rules and regulations of people who think the world owes them something or that they own the world!

Ronelle Viljoen

Danie Jacobs Get real, Mr Mthethwa. BLM is a destructive, unruly and mob-like process. Why would anyone have respect for that?

Elsje Sandenbergh

Solidariteit-hoofkantoor | Head Office Adres: H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 E-pos: diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.

Een minuut kan jou lewe verander. Sluit in slegs een minuut aan by www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

7


JY MOET WAAG

om te kan

FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM

WEN

8

n die middel van die harde vlak 5-inperking kry ek een nag laat ’n benoude oproep van ’n jarelange staatmakerlid. “Gaan Solidariteit hierdie krisis oorleef?” vra hy angstig. “Wat as hierdie Covid-tsunami alles platvee waaraan ons 20 jaar lank gebou het? Solidariteit is al wat nog staan tussen ons en totale verval in hierdie land.” “Ons het darem nie op sand gebou nie,” probeer ek hom gerusstel. “Ons het die Solidariteit Beweging juis vir krisistye gebou. Natuurlik het die krisis ons ook onverwags getref, maar beslis nie onvoorbereid nie.” Dit stel hom egter nie gerus nie, en hy peper my verder met “maar wat as”-vrae wat nie maklike antwoorde het nie: Wat as derduisende lede sterf, of hulle werk verloor, of as Solidariteit bankrot speel, of as daar geweld losbars, of as ons kinders nie kan skoolgaan nie? Ek verduidelik dat ons navorsing aandui dat die panieksyfers van die regering ’n groot oordrywing is. “Maar wat gaan ons dóén?” wil hy weet.

AKSIEPLANNE Ek verduidelik ons aksieplanne: “As Christene glo ons dat alles in Sy hande is, en daarna werk ons asof alles in óns hande is. Ons berei al jare vir krisisse voor en is, sover dit menslik moontlik is,

gerat en gereed vir wat kom. Ons kan nie alles doen nie, maar ons sal doen wat ons kan. Ons risikobestuurstrategie is al jare lank in plek. Ons beroepsveiligheidspan doen voorstelle oor gesonde werk aan die regering en maatskappye. Die Solidariteit Navorsingsinstituut werk aan projeksies oor hoe die pandemie ons lede se gesondheid en werk kan raak. Daarna skakel ons dit om in planne vir elke afdeling en departement in Solidariteit. Ons skakel met ons lede se werkgewers om oor hul werk, mediese fonds en pensioen te praat. Ons Koronakrisissentrum was binne ’n week reg om duisende ledenavrae te hanteer. Solidariteit se regsmense werk kliphard aan oplossings vir probleme wat kom. Helpende Hand stig ’n Krisisfonds om lede met voedselnood te help. AfriForum se buurtwagte skakel met die polisie oor veiligheid. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum bou ’n aanlyn matriekskool sodat kinders kan bybly.“ Ek noem nog ’n hele rits van ons projekte op. “Maar hoe gaan ons dit alles bekostig?” vra hy. “Alles is gratis vir ons lede. Ons was voorbereid op ’n krisis, al kon ons nie beplan vir presies watter een nie.”

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

NAGMERRIE Nadat ek hom so goed ek kan gerusgestel het, kom die slaap nie maklik nie. Dit was die tyd toe almal bekommerd was of daar genoeg plek in hospitale sal wees; die


’n Boer maak ’n plan. Ons kan nie op die regering staatmaak nie, maar dit maak ons nie moedeloos nie; dis bevrydend. Ons wil en sal nie ons kinders se toekoms aan korrupte onbevoegdes oorlaat nie. Ons sal self verantwoordelikheid neem en sal ons nie laat onderkry nie. Maar ons weet – in ’n krisis kan jy nie wag nie; jy moet waag, dan sal jy wen.

bouwerk aan Sol-Tech se nuwe kampus moes stop; AfriForum se buurtwagte kon nie patrolleer nie; die howe sluit; ArcellorMittal maak vir die eerste keer in 70 jaar nie staal nie; ons raak bekommerd dat Sasol kan val. Navrae stroom in en ons kan nie bybly om al die WhatsApp-boodskappe, e-posse, Facebook-vrae en oproepe te antwoord nie. Dis soos ’n vloedgolf en dit hou nie op nie. Soms voel dit of ’n mens soggens in ’n nagmerrie wakker word. Ons doen scenariobeplanning en stel aksieplanne op om alles in plek te kry. Dag en nag vloei deurmekaar; werk en huis word dieselfde tyd en plek. Tussendeur skop my krag af en my rekenaar en internetverbinding gee probleme, maar ons IT-mense verrig wondere. Solidariteit se organisasies werk in ’n rekordtyd voluit aanlyn.

VERWARRING Net toe ek voel ons skep asem, bel Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Helpende Hand, my met die nuus dat die regering ons naam gebruik vir sy “Solidarity Fund”. Ons regsmense sê in hierdie ramptyd sal die howe ons nie help nie, ons moet ons fonds se naam verander. Ek en dr. Dirk Hermann koukus en besef dit gaan verwarring skep. Baie mense gaan dink die Solidarity Fund is óns fonds en gaan geld daarin betaal. Ons lede wat in nood raak, gaan dink ons wil hulle nie help nie. Sommer die eerste dag al word dit ’n groot probleem. Mense betaal geld in die regeringsfonds en dink dis ons fonds. Lede kla by ons omdat die “Solidarity Fund” hulle nie wil help nie. Hannes sê Helpende Hand word oorstroom met hulpversoeke.

UITKOMS Ons is raadop. Dit voel of ons ’n skare moet kosgee met vyf brode en twee visse. Dan kom die nuus: Virseker se beheermaatskappy, Telesure, en die stigter van Auto & General se Steyn-familietrust skenk R2 miljoen se kospakkies! Wat ’n uitkoms in daardie eerste dae! Hulle skenk uiteindelik nog R10 miljoen se kospakkies. Dan begin die skenkings instroom by Helpende Hand se Krisisfonds: kontantbydraes, kos, groente, meel, selfs vleis. Hannes se span noem die skenkingskantore “Josef Silo’s”. Alle hulpaansoeke word gekeur deur ’n span maatskaplike werkers, maar ons kry te veel aansoeke om almal te kan help. Kospakkies word landwyd versprei deur die personeel en vrywilligers van AfriForum, Solidariteit, Helpende Hand en Saai. Elke pakkie het ’n adres. Dit gaan rof. Die ANC se Lesufi probeer ons kosverspreiding keer en sentraliseer. Ons weier en gaan net aan, en wen uiteindelik ons saak in die hof. Teen Augustus het Solidariteit Helpende Hand reeds 20 000 gesinne met maandkospakkies gehelp asook meer as 1 600 ouetehuise en vele kerke en kinderhuise.

PRESTASIES Ook op ander fronte presteer ons organisasies. Akademia skakel naatloos oor na aanlyn leer. Hulle stel hul voltydse Centurion-kampus vir 2021 bekend. Sol-Tech maak oop en die bouwerk gaan volstoom aan. Meer as 120 000 skoolkinders registreer by Die Wolkskool. Duisende onderwysers word met webinare opgelei om aanlyn klas te gee. Sowat ’n duisend

skole word raad gegee oor gesonde onderrig. Die FAK reël aanlyn musiekkonserte wat teen die Voortrekkermonument se voorkant projekteer word. Maroela Media staan werklose kunstenaars by. Pretoria FM ondersteun die Krisisfonds. Ons begin hofsake teen min. Nkosazana Dlamini-Zuma se dom regulasies. Ons wen die meeste, maar verloor die saak teen die regering wat noodhulp op grond van ras toeken. Ja, die regering en die hof klou selfs in ’n ramptyd aan hul rassebeleid vas. Niemand gaan lê nie – ons veg voort en wen weer sake. ’n Boer maak ’n plan. Die regering verbrou die krisis. Covid-19- korrupsie walg die land. Ons begin al meer ondersteuning kry, dis eenvoudig verstommend. Al ons organisasies groei. Inligting oor die regering se swak hantering van die ramptoestand weerklink tot in die buiteland. Die infeksiekoers begin daal en veel minder mense word siek as wat voorspel is. Die inperkings word afgeskaal en die winter maak stadigaan plek vir lente. Mense begin weer lig sien.

’N BOER MAAK ’N PLAN Ons begin planne maak vir die post-Covidtyd. ’n Boer maak ’n plan. Ons kan nie op die regering staatmaak nie, maar dit maak ons nie moedeloos nie; dis bevrydend. Ons wil en sal nié ons kinders se toekoms aan korrupte onbevoegdes oorlaat nie. Ons sal self verantwoordelikheid neem en sal ons nie laat onderkry nie. Ons planne is gróót, want dit moet groter as die probleem wees. Maar ons weet – in ’n krisis kan jy nie wag nie; jy moet waag, dan sal jy wen. Ek begin hoopvol uitsien na die toekoms…

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

9


NUUSWAARDIG

Só groei fonds

Die Solidariteit Beweging se Krisisfonds nader vinnig die R24 miljoen-merk. Dra hier by:

www.krisisfonds.co.za

Die persentasie waarmee Suid-Afrika se bruto binnelandse produk van die eerste tot die tweede kwartaal gekrimp het.

#WerkMaak terk

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Solidariteit maak werk van die gevolge van Covid-19

10

olgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, lê die grootste herskommeling van die Suid-Afrikaanse werkmag nou voor. Groot maatskappye wat etlike dekades reeds deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie vorm en duisende werkgeleenthede aan Suid-Afrikaners bied, het begin met afleggings. Die ekonomiese gevolge van Covid-19 hou groot ellende vir maatskappye en hul werknemers in. Daarom het Solidariteit in hierdie donker tyd die taak onderneem om sy werknemers nuut op te lei sodat daar tydens die groot herskommeling van die werkmag bystand aan mense verleen kan word. Solidariteit is veral bekommerd oor individuele werknemers wat alleen in die krisis vasgevang is en geen kollektiewe beskerming teen die gevolge van die pandemie het nie. Solidariteit het oor die jare talle welslae namens sy lede behaal en het selfs in die moeilike tye wat deur die regering en die pandemie veroorsaak is, baklei vir lede se werk en loopbane asook die behoud van ’n normale en selfstandige

samelewing waar elke persoon vry, veilig en voorspoedig kan leef. Die goeie werk wat Solidariteit verrig, sluit die volgende in: Danksy volgehoue druk het Solidariteit daarin geslaag om die artikel 189A-proses wat 1 000 poste by die Landbounavorsingsraad (LNR) in gedrang sou bring, te stuit (lees die artikel op bladsy 29). Solidariteit sal eersdaags begin om alternatiewe te ondersoek sodat moontlike afleggings in die toekoms vermy kan word. Solidariteit het lt.kol. Annemarie Oosthuizen, ’n lid van die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD), verteenwoordig nadat sy valslik van rassisme aangekla is. Die hof in Noordwes het bevind dat Oosthuizen onskuldig is. Solidariteit is opgewonde om aan te kondig dat die twee SAPD-lede wat die valse beskuldigings gemaak het, skuldig bevind is aan aanranding, regsverydeling, meineed en crimen injuria. Solidariteit veg ook vir die agterstallige salarisse en die toekoms van

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

sy lede wat by Denel werksaam is (lees die artikel op bladsy 28), en vir die werk van duisende ander Solidariteitlede wat werkbeskerming benodig. Daar sal na raming tot 5 miljoen werknemers in Suid-Afrika wees wat hul werk en inkomste weens die ekonomiese gevolge van die Covid-19pandemie gaan verloor, en niemand kan nou bekostig om alleen in die werkplek te wees nie. Solidariteit word ongelukkig dikwels oorval met versoeke om hulp van mense wat nie lede is nie, wanneer dit reeds te laat is. “Die individuele werknemer kan in die groot ratte van die Covid-19-werkplekherstrukturering vasgedraai word. Dit is ’n aaklige tragedie wat Solidariteit reeds sien gebeur. Ons wil jou verseker dat Solidariteit hier is vir jou en dat jy vandag reeds moet uitreik na Solidariteit, want môre is dalk te laat,” het Hermann gesê. Daarom wil Solidariteit jou aanmoedig om vriende, familie en kollegas wat nie tans werkbeskerming het nie, na Solidariteit te verwys. Om aan te sluit, SMS “LID” na 34802.



NUUSWAARDIG

HEDENDAAGSE HELDE Geen uitdaging te groot vir dié drie formidabele vroue

Die helde in stories kom gewoonlik van ’n ander land en uit ’n ander era, maar die moeilike tyd wat ons tans weens die Covid-19-pandemie beleef, het ons eie hedendaagse helde opgelewer wat nie terugdeins vir probleme nie. Cilleste van Dyk het met drie van hierdie dapper vrouehelde van Suid-Afrika gesels. ANTOINETTE PRETORIUS

skool en ons graad RR- en R-leerders gaan skool by ons plaaslike NG Kerk.”

D

Wat verklap die maatjies alles? “Voor ons klas by die kerk is daar ’n lang stoep met ’n chill-trappie waar jy mag gaan sit as die masker te warm word en jy voel jy moet so ’n bietjie chill. My klas, die graad R’e, gaan sit gewoonlik 10:00 die oggend daar om ’n broodjie te eet en te chill. Eendag sit ek toe ook daar tussen die kinders en ’n dogtertjie vra of ek besig is om te chill. Ek sê ja, want ek is moeg en ek kry koud. Sy sê: ‘Ag, Juffrou, dit is oukei om moeg te wees en te chill. My ma het baie ge-chill toe ons by die huis was, sy het amper die heeldag in haar japon geloop!’”

EIENAAR VAN BRONKIELAND KLEUTERSKOOL

ie Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het onlangs hof toe gegaan oor die regering se besluit dat kleuterskole tydens die inperking gesluit moet bly. Regter Fabricius het beslis dat privaat kleuterskole en dagsorgsentrums onmiddellik mag heropen indien hulle dit veilig kan doen. Hierdie twee instansies se saak sou nie moontlik gewees het sonder ’n sterk persoon wat nie bang was om te waag nie. Sy is Antoinette Pretorius, eienaar van Bronkieland Kleuterskool, wat die brawe stap gedoen het om haar saak in die hof te beveg. Volgens Antoinette was dit lekker om weer te “bestaan” ná die eerste dag van skool.

FOTO’S: MIA SLABBERT & ISTOCKPHOTO.COM

Hoe hanteer die kleuters al die voorsorgmaatreëls wat by skole geld? “Die kleuters het onmiddellik by die nuwe reëls ingeskakel. Hulle dra hul maskers, was gereeld hul handjies, bly wonder bo wonder ver uitmekaar, en help vir Juffrou reg as haar masker nie haar neus bedek nie. Ons werk op twee persele sodat ons kleuters almal elke dag skool kan bywoon. Ons 3- en 4-jarige kleuters is by ons eie

12

Antoinette Pretorius

Sal jy sê dis nodig om ’n lid van Solidariteit te wees en waarom? “My ontmoeting met Solidariteit was een van die beste dinge wat met my kon gebeur het. Dit het vir my as mens, as sake-eienaar en as landsburger van Suid-Afrika soveel hoop gegee: hoop, omdat Solidariteit opstaan vir jou, die gewone mens daar buite. Hulle veg vir dit waarin hulle glo en hulle glo in jou! Verryk jouself en word ’n lid van Solidariteit. Hulle staan agter jou, vir jou en loop voor jou om vir jou as lid die weg te wys van ware ondersteuning, lojaliteit en menslikheid. Jy is arm sonder Solidariteit!”

Kyk saam!

Mia Slabbert het as deel van haar reeks Op reis saam met Mia met Antoinette gesels. Skandeer gerus dié QR-kode en kyk saam!

“Solidariteit was een van die beste dinge wat met my kon gebeur het. Jy is arm sonder Solidariteit!”


“Solidariteit bou ons land en is ’n groep mense wat saamstaan om daadwerklik ’n verskil te maak.”

Kyk saam!

Mia het by Odette se salon ingeloer en wys hoe sy by die nuwe maatreëls moes aanpas. Skandeer die QR-kode en kyk saam.

ODETTE WILL

Odette Will

EIENAAR VAN ODETTE WILL HAIR & MAKEUP

S

oos talle ander bedrywe was die persoonlikeversorgingsbedryf ook tydens die inperking verbied om te werk, hoewel mense soos haarkappers meer as gereed was om steeds veilig te kan werk. Dit het nie net die eienaars van hierdie salonne se inkomste bedreig nie, maar almal wat in hulle diens is. Odette Will is die eienaar van ’n haarsalon wat gesê het genoeg is genoeg. Sy was vasbeslote om te bewys dat salonne gereed was om weer sake te doen, aangesien daar nie ’n klomp mense gelyktydig bedien word nie en ’n gesonde werkruimte dus moontlik is. Odette het ook ’n baie kreatiewe oplossing gevind vir die probleem van sosiale distansiëring. ’n Skerm wat haar en haar kliënt van mekaar skei, gee haar die vryheid om rondom die kliënt te beweeg en steeds veilig hare te kan sny en kleur. Is jy al gewoond aan die nuwe manier van werk? “Ja, maar ek hoop steeds dat ons binnekort weer soos voorheen ’n persoonlike diens sal kan lewer. ’n Mens besef eers hoe belangrik dit is om byvoorbeeld iemand se mond te sien om die volle betekenis van haar woorde te begryp wanneer jy dit nie meer kan doen nie. Ek mis dit ook om ’n drukkie te gee vir kliënte wat soos vriende geword het. Daar is ongelukkig ’n afname in kliëntegetalle omdat mense nou van die huis af werk en nie so ’n groot behoefte het om hulle hare te laat doen nie. Ek merk wel op dat my kliënte deesdae sommer die hele gesin saambring om hulle hare te laat doen.

Hulle bring eetgoed en cappuccino en dan kuier almal lekker saam terwyl ons mooimaak en al die probleme in die wêreld binne die bestek van ’n paar ure oplos. Soms is dit drie geslagte saam – ouma, ma en dogter.”

Waarom moet mense aansluit? “Solidariteit bied ondersteuning en help ’n mens met elke faset van jou lewe en voortbestaan. Solidariteit bou ons land en is ’n groep mense wat saamstaan om ’n verskil te maak.” >>>

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

13


NUUSWAARDIG “Om ’n Solidariteit-lid te wees, gee ’n mens gemoedsrus – jy weet dat hierdie ouens jou gaan help, maak nie saak wat gebeur nie.”

Kyk saam!

Mia het ook met Anne-Marie gesels. Skandeer gerus dié QR-kode en kyk saam!

ANNE-MARIE OOSTHUIZEN

Nominasies nou oop vir 2020 se Kantoorkampioen

LUITENANT-KOLONEL IN DIE POLISIEDIENS

R

assisme is iets wat met wortel en tak uitgeroei moet word en lt.kol. Anne-Marie Oosthuizen het haar loopbaan in die SAPD hiervoor op die spel geplaas. Anne-Marie het reeds in 2017 dissiplinêre stappe ingestel teen twee junior lede onder haar bevel wat hulself skuldig gemaak het aan wangedrag deur sonder toestemming of verlof nie vir werk op te daag nie. In hul reaksie op die dissiplinêre stappe het die twee ’n klag van crimen injuria teen haar geopen deur aan te voer dat sy die k-woord gebruik het om na hulle te verwys. Hulle het ook probeer om ’n voormalige intern te intimideer wat na vore getree het om teen hulle te getuig, maar die intern het volgehou met haar getuienis en die twee se vals bewerings van rassisme weerlê. Anne-Marie het die twee daarna krimineel aangekla en hulle is skuldig bevind. Dit maak van haar ’n ware hedendaagse held. Hoe is dit by die werk ná hierdie baie slegte tyd in jou loopbaan? “Ek was gedurende die hele proses nie een dag afwesig van die werk nie, want ek het niks verkeerd gedoen nie en my werk is my passie. In die drie jaar wat die saak hangend was, het ek steeds elke dag probeer om ’n verskil te maak. Dit was soms moeilik om positief te bly, maar ek het net bly hoop dat geregtigheid sal seëvier.” Is daar wenke wat jy kan deel met ons lede om so ’n situasie te vermy? Wanneer jy in ’n bevelsposisie is, volg die reëls sodat niemand ’n vinger na jou kan wys nie.

14

N Anne-Marie Oosthuizen

Hou ’n dagboek en maak volledige inskrywings daarin. Probeer om altyd ’n onafhanklike persoon in jou kantoor te hê tydens dissiplinêre onderhoude. Die reëls van die organisasie geld vir almal, so wees konsekwent in die toepassing daarvan.

Hoekom ’n lid van Solidariteit wees? “Was dit nie vir Solidariteit nie, het ek alleen deur hierdie traumatiese tyd gegaan. Solidariteit se mense was daar vir my, nie net tydens die departementele verhoor en die hofsake nie, maar ook in tye wanneer ek moedeloos en bang was vir wat voorlê. Om ’n Solidariteit-lid te wees, gee ’n mens gemoedsrus – jy weet dat hierdie ouens jou gaan help, maak nie saak wat gebeur nie, en dat jy nie alleen is nie. Dit is soos om ’n alarm in jou huis te hê – ’n mens hoop dat jy nooit die paniekknoppie gaan nodig hê nie, maar dis daar sou iets tóg gebeur. Het jy dit nie, gaan jy die gevolge daarvan moet dra.”

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

omineer nou jou Kantoorkampioen van 2020! Kantoorpraktisyns hou die wiele aan die rol by hulle werkplekke, maar hul enorme bydraes word dikwels nie erken nie. Daarom het die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns verlede jaar die eerste Kantoorkampioen gekroon. Ons sien wat kantoorpraktisyns doen, hetsy dit sekretaresses, persoonlike assistente, ontvangsdames of administratiewe klerke is. Ons beroepsgemeenskap besef dat elke organisasie sy Kantoorkampioen moet vereer, want sonder hulle knars alles tot stilstand. Wat maak van iemand ’n Kantoorkampioen? Dis iemand wat – Altyd die ekstra myl loop; Lojaal teenoor en toegewyd tot die maatskappy is; Daarna streef om ’n positiewe verandering in die werkplek en in ander se lewens te maak – vir hulle is dit nie net ’n werk nie, maar ’n roeping; en Ander motiveer om ook hulle beste te gee. • Nomineer jou Kantoorkampioen vir 2020. Stuur ’n e-pos na kreatief@solidariteit.co.za en ons sal vir jou al die inligting stuur oor wat jy moet doen.



TE WIT Ek is keelvol, om dit lig te stel, vir die rasmalheid van hierdie land. Vir etlike jare reeds veg ek in my persoonlike hoedanigheid en as deel van Solidariteit as organisasie teen rasvergrype.

VIR ONS

LAND?

EK IS KEELVOL VIR RASMALHEID – SÊ SAAM MET SOLIDARITEIT NEE!

k moes diep teleurgesteld toekyk hoe die land ’n nuwe raslaagtepunt bereik toe die staat besluit het dat wit mense nie hulp tydens die Covid-19-krisis mag kry nie – pandemiehulp wat slegs op grond van ras toegeken word. As ons nie eers in ’n krisis op die staat kan staatmaak nie bloot omdat ons wit is, wanneer sal ons dan kan?

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ONS BUIG EN BIEG NIE

16

Toe Panyaza Lesufi nog meer raspolisie wou aanstel om op wit mense jag te maak, die regstellendeaksiewette nog strenger word en ons sporthelde vir ’n radikale rasbeweging buig, het ek by die punt gekom waar ek dit wil uitskreeu: Stop die rasmalheid! Ons sporthelde buig voor ’n organisasie met ’n radikale swart agenda wat tradisionele strukture en onder

andere die Westerse gesinstruktuur wil ontwrig. Dit is nie wollerige idees nie, Faf, dis klipharde linkse retoriek. Black Lives Matter (BLM) se basis is staatsonderdrukking van die swart minderheid in die VSA. Dit is anders hier; hier is ’n swart meerderheidstaat wat rassewette teen ’n klein minderheid instel. Julle het dit skoon verkeerdom. Deur die knie te buig en plasings op sosiale media te maak, het Faf du Plessis en kie hulle stryd gekies. Hulle het teen van hulle grootste ondersteuners gekies. Dit is dieselfde ondersteuners wat nie geboe het as Tendai Mtawarira vorentoe gedryf het nie, maar “Beast” gedreunsang het, want dié man kán rugby speel. Dit is dieselfde ondersteuners wat trots vir Siya Kolisi kaptein genoem het. Hulle was lojaal teenoor elke rugbyspeler, swart of wit. Hulle voel verraai. Ons as ondersteuners was lojaal; julle nie.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Mense, insluitende ek, is kwaad en teleurgesteld. Ek kan nie meer stilbly nie – nou het dit te ver gegaan. Die woede binne my omdat ek ’n rassis genoem word en moet bieg terwyl growwe rassisme teen my en my mense gepleeg word, wil oorkook.

JAMMER, EK SÊ NOU NEE! Die oneerlikheid van die samelewing word nou te veel. Vergrype teen my mense word op grond van die verlede geregverdig. Ek is deel van ’n klein minderheid, geboelie deur die staat weens my ras, en ek moet stilbly omdat die boelies die slagoffers is. Jammer, ek sê nee! Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Vir alles is daar ’n rassewet. Daar is ras as jy wil studeer; ras as jy finansiële studiehulp nodig het; ras as jy wil rugby, krieket of netbal speel; ras as jy wil sake doen; ras as jy werk en ras as jy aansoek doen vir bevordering.


TWEEDEKLASBURGERS Obsessiewe rassetransformasie sit ons ligte af, maak die SAL bankrot, maak mense dood in staatshospitale en dompel munisipaliteite in die skuld. Die land is in ’n ekonomiese krisis, maar die regering wil nog meer ra(a)s. Rasbeskuldigings is aan die orde van die dag. Rasseherries bars los om onskuldige mense se koppe. Op grond van my ras is ek ewig in die skuld. Op grond van die kleur van my vel word ek en my kinders tweedeklasburgers in ons eie land. Elke dag word dit net erger. Ons hoef dit nie so te aanvaar nie; ons moet opstaan en ons moet nee sê. Solidariteit gaan ’n klag teen die rasvergrype van die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitwissing van Rassediskriminasie (CERD) lê. Om ’n klag by die VN te lê, moet ons al die plaaslike roetes in die land, wat politieke gesprekke en al die nodige regsroetes insluit, volg. Solidariteit het al ver op die regspad gevorder. Ons moet egter ook

politieke gesprekke eis. Om suksesvol daarmee te wees, moet ons kan wys dat massas mense eis om met die regering in gesprek te tree. Ek is die eerste ondertekenaar van ’n protesbrief teen rasvergrype, nie net as bestuurshoof van Solidariteit nie, maar as ’n pa van vier dogters en as burger van hierdie land. Nee, ek is nie te wit vir my land nie! Ek, saam met julle almal, eis deur dié protesbrief ’n gesprek met pres. Cyril Ramaphosa, steun hofsake teen rasvergrype en maak my voorneme bekend om ’n klag by die VN in te dien. Ek maak ook hierdeur my voorneme om mekaar te help, bekend. Ek wil jou vra om dit saam met my en duisende ander te doen. Word deel van ons protesveldtog. Die tyd vir stilbly, buig en bieg is verby. Jy het die REG om VRY en VEILIG in jou land te woon en te werk! Moenie dat die staat dit van jou ontneem nie. Sê saam met ons NEE vir die rasmalheid. Teken ons protesbrief by https:// solidariteit.co.za/te-wit-vir-my-land/


BEMAGTIGINGSKRUITVAT

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Regstelaksie, staatsinmenging stook diskriminasievuur

18

taatsinmenging is nie ’n nuwe verskynsel in Suid-Afrika en veral die Suid-Afrikaanse sakewêreld en ekonomie nie. Dit bly ’n lastige vlieg in die salf van menige onderneming, ongeag hul grootte of die omvang van die sake wat hulle doen. Een van die staat se gunstelinginmengmetodes is om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie af te dwing. Hiervolgens kan ondernemings op grond van die rasseverteenwoordigendheid van hul aanstellings aansoek doen vir ’n sertifikaat en word hulle dan volgens ’n stel vereistes geklassifiseer op verskillende vlakke van SEB. Hoewel hierdie vorm van staatsinmenging nie vir ons nuut is nie, word daar wel ’n nuwe wetswysiging voorgestel dat vasgestelde teikens vir rasverteenwoordiging in die werkplek ingestel moet word. Dit sal behels dat ’n spesifieke persentasie aanstellings

per ras per sektor gemaak moet word. Die nuwe vereistes sal afgedwing word deur die toeken van tenders of die beperking van die sake wat ondernemings mag doen en selfs boetes, sou hulle nie aan hierdie vereistes voldoen nie. Dit is verregaande om te dink dat ’n minister hom as alwetend voordoen, asof hy insae in elke onderneming in elke sektor het, en dat hy deur vasgestelde wetgewing kan bepaal presies hoe die samestelling van daardie onderneming moet lyk. Wat nog meer verregaande is, is dat hierdie vereistes nie noodwendig die demografie van ’n spesifieke omgewing in ag neem en daarvolgens aangepas kan word vir ’n meer akkurate rasvoorstelling nie. Kennis en vaardighede word ook nie erken nie, dus weeg vasgestelde rassekwotas swaarder as die beskikbare arbeid van die omgewing en selfs swaarder as die nodige kennis en vaardighede wat sekere take en poste vereis. Die voorstel vereis verteenwoordigendheid

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

ten alle koste, ongeag of die poel van beskikbare kandidate 80% swart is of net 5% swart. Of dit ’n pos in mensehulpbronne of aktuarieel is, almal moet die sogenaamde EAB (ekonomiese aktiewe bevolking) weerspieël. SEB-vereistes werk dus nie net regstreeks teen die ekonomie in nie, maar is ook immoreel van aard. Deur hierdie wetgewing te implementeer, sal daar teen mense gediskrimineer word op grond van ras en sal hulle nie ’n regverdige geleentheid gegun word om mee te ding vir ’n pos of vir bevordering op grond van hul kennis, vaardigheid of werketiek en toewyding nie; hierdie prestasies sal uitsluitlik op grond van ras toegeken word. In ’n sukkelende ekonomie is dit nie wys om ondernemings aan bande te lê wat betref aanstellings en hulle dan te straf deur sekere inkomste van hulle te weerhou of selfs boetes op te lê indien hulle nie aan hierdie wetgewing voldoen nie. Die voorgestelde wetgewing sal nie


net plaaslike ondernemings negatief beïnvloed nie, maar sal ook internasionale beleggers afskrik. Dit is absurd om te dink dat enige buitelandse sakeman in Suid-Afrika sal wil belê as die regering hom voorsê wie hy moet aanstel en met wie hy mag sake doen. Daar moet verder in ag geneem word dat Covid-19 die ekonomie ’n onvoorsiene knou gegee het. Wat nou belangrik is, is ekonomiese herstel. Dit kan slegs gebeur as daar geen inmenging van die staat is nie. Selfs staatsentiteite kan hulself beter uit krisisse bestuur wanneer aanstellings op meriete eerder as ras gemaak word.

Solidariteit is daartoe verbind om regverdigheid in die werkplek te beskerm en daarvoor te veg indien nodig. Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke het reeds toegetree tot hierdie saak deur kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Diensbillikheid van 2018 in te dien. In sy kommentaar voer Solidariteit aan dat die wetgewing inbreuk maak op die regte van werkgewers en werknemers en dat dit die reeds wankelende ekonomie net verder sal verswak. Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om die rasvoorskrifte van die regering te stuit. Om die ekonomie om te draai, is nie

buite die bereik van Suid-Afrika nie. Dit mag dalk lank neem om die skade te herstel, maar dit is nie onmoontlik nie. Deur minder stremmende wetgewing kan die ekonomie makliker gestimuleer word, omdat ondernemings die vryheid sal hê om die beste kandidaat vir ’n pos aan te stel en self te bepaal met wie hulle sake wil doen. Hieruit volg groei en vooruitgang sonder dat dit afgedwing word teen ’n vinniger tempo en op ’n meer selfstandige wyse. Dit is aan hierdie toekoms wat Solidariteit sonder ophou en met ywer en oorgawe elke dag bou, want dit is hierin waar ons die toekoms sal vind.

HOOGSTE HOF VAN APPÈL SÊ AIKÔNA VIR SLEGS ENGELS BY UNISA

D

ie hoogste hof van appèl in Bloemfontein se beslissing ten gunste van AfriForum se saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), is ’n reuse-oorwinning vir Afrikaans, Afrikaanse studente en ook vir taalregte in die land. Só sê Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum. Die hof het bevind Unisa se huidige taalbeleid, wat slegs vir Engels as primêre medium van onderrig voorsiening maak, is ongrondwetlik en onregmatig. Die hof het verder gelas dat die universiteit prominent kennisgewings in drie Afrikaanse koerante en op hulle eie webwerf moet publiseer om die uitspraak onder die studente en publiek se aandag te bring en ook ’n volledige lys moet insluit van alle modules wat tot met die aanvaarding van die huidige beleid in April 2016 in Afrikaans aangebied is, sodat voornemende studente wat daarvoor wil inskryf, die vakke nou weer van eerstejaarsvlak af kan neem. Dié vakke moet nou weer volledig in alle akademiese jare in Afrikaans aangebied word. Die hoogste hof van appèl se beslissing kom ná ’n uitspraak wat in April 2018 in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gelewer is.

Op sy beurt pak Solidariteit die NoordwesUniversiteit binnekort in die arbeidshof. Dit kom nadat die NWU werknemers ingelig het dat hulle op ’n nuwe “groepslewensversekeringskema” geplaas gaan word – ’n skema wat skynbaar duurder is en minder voordele bied. Volg die jongste nuus hieroor by https://solidariteit.co.za

Appèlregter Mandisa Maya, president van die hoogste hof van appèl, het dié bevel tersyde gestel en só ook die besluite van die raad en senaat van Unisa om ’n nuwe taalbeleid in 2016 goed te keur. Volgens Maya was die besluit om Afrikaans as onderrigtaal uit die nuwe taalbeleid te verwyder, onregmatig en ongrondwetlik. Volgens Bailey is die uitspraak, ná ’n stryd van amper vyf jaar, nie net van groot belang vir alle Afrikaanse studente in die land nie, maar ook vir die toekoms van Afrikaans as hoëfunksietaal.

“Dit is belangrik dat daar uiteindelik erken word dat toegang tot tersiêre studie uitgebrei moet word om meer moedertale te akkommodeer. Onlangs het Unisa juis weer Afrikaans uitgesluit van planne om personeel en studente aan te moedig om meer tale te bemeester. Die uitspraak beklemtoon dat Afrikaans ook ’n plek op staatsondersteunde kampusse het,” het Bailey gesê. Appèlregters Xola Petse, Eric Leach, P. Koen en Jannie Eksteen het met Maya se uitspraak saamgestem. Unisa het na raming sowat 20 000 Afrikaanssprekende studente.

“Dit is die hoogste hof wat nog ten gunste van Afrikaanse onderrig op tersiêre vlak uitspraak gelewer het. Dat daar boonop ’n kostebevel teen Unisa gelewer is, bewys die morele hoëgrond van studente wat hulle reg tot onderrig in hul moedertaal opeis.”

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

19


PROMOSIE

Centurion Akademie

GERAT VIR GROOT DINGE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

enturion Akademie (CA) vier vanjaar sy een-en-twintigste bestaansjaar. Nie alleen is dit een van die oudste privaat tersiêre instellings in die land nie, dit is ook een van die min multifakulteit privaat instellings. Met 33 verskillende programme wat oor drie fakulteite versprei is, bied CA ’n wye keuse om aan elke student se verwagtinge te voldoen. CA is ook trots op spesialisdosente en bied ’n aktiewe studentelewe om studente se verblyf op die kampus ’n onvergeetlike ervaring te maak. Tydens die Covid-19-pandemie was CA gerat om binne 24 uur met al sy programme aanlyn te kon aangaan. Studente het dus nie ’n enkele dag se onderrig gemis nie. CA kan daarom met gemak die akademiese jaar teen Desember afhandel en 2021 op ’n skoon bladsy begin.

20

’n Belangrike aspek van die CAkultuur is om loopbane vir studente te help skep en beplan en nie net om programme aan te bied ter wille van die program self nie. Elke student het ’n droom en ’n visie van wat hulle eendag wil word en CA werk ’n ontwikkelingsplan vir elke individu uit sodat hulle dít kan bereik waarna hulle streef. Meeste programme behels ook ’n groot praktiese komponent waar studente blootstelling aan die praktyk kry deur verpligte ure te werk binne organisasies as deel van ’n werkgeïntegreerde leerervaring. Met bedryfsleiers op CA se advieskomitees hou CA ook tred met die nuutste ontwikkelings en eise van die mark. Die onderskeie departemente innoveer ook gereeld hulle programinhoud om relevant te bly en te kan aanbied wat die behoefte in die samelewing en sakewêreld is. ’n Groot fokus by CA is ook om studente se vaardighede te help slyp wat nodig is om die eise van die

Vierde Nywerheidsrewolusie die hoof te kan bied. Spanwerk, probleemoplossingsvaardighede, innovasie, kommunikasie en kreatiwiteit is deel van die DNS van elke program wat aangebied word. Studente word ook aan leeraktiwiteite blootgestel wat selfvertroue en selfgeldingsgedrag aanmoedig. CA het ’n sterk en positiewe alumni van wie gereeld terugvoer gekry word oor hul vordering en leierskap in die samelewing. Oor die jare het CA die voorkeurinstelling vir baie organisasies geword wat op soek is na CA-studente om aan te stel en sleutelposte te vul. Baie van CA se programme word tans hersien om die nuutste tegnologie daarmee te integreer en om seker te maak dat CA op die voorpunt van innovasie bly. CA het groot planne vir groei en uitbreiding, en die instelling sien uit na ’n blink toekoms en die volgende een en twintig jaar as belangrike rolspeler in die privaat tersiêre marksegment!

Om meer oor Centurion Akademie se ses kampusse landwyd asook die 33 verskillende programme te wete te kom, besoek www.ca.ac.za, skakel 012 648 9700, stuur ’n e-pos na marketing@ca2000.co.za of SMS die woord SOL na 32373.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za



onderwysers met onderliggende siektetoestande is tans by die huis. Die departement van basiese onderwys het gesê daar is nie geld beskikbaar om aflosonderwysers aan te stel nie.

Solidariteit bied broodnodige steun tydens inperking

STUKRAG AAN SKOLE

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

olidariteit het onderwys nog altyd as ’n kardinale deel van ons ekonomie beskou en daarom pak ons die uitdagings wat onderwys bied, sonder skroom saam met ons vennote in die Afrikaanse Onderwysnetwerk aan. Goeie Afrikaanse skole en hul kundige onderwysers is onvervangbaar en speel ’n integrale rol in die opvoeding van leerlinge en die toekoms van Afrikaanse onderrig. Een van die Solidariteit NetWerk van Werk se fokusareas is om wêreldklasskole en -onderrig in Afrikaans te verseker. Daarom het Solidariteit ook nie tydens die inperking weens die Covid-19-pandemie teruggestaan toe skole herhaaldelik onnodig en sonder grondige rede gesluit is nie. In hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif fokus ons op vier gebiede waar Solidariteit se bystand verseker het dat gehalte-opleiding vir leerders beskikbaar bly.

22

SOLIDARITEIT SKOLEONDERSTEUNINGSENTRUM (SOS) Die SOS ondersteun openbare skole om uitnemend te bly en ’n wêreldklas- Afrikaanse antwoord te bied. Derduisende kinders het tydens die

inperking gratis by Die Wolkskool aangesluit, waar videolesse, assesserings en ondersteunende lesmateriaal van uitnemende gehalte in vakke soos Wiskunde, Wetenskap en Afrikaans Huistaal vir laerskool- en hoërskoolleerders aangebied is. Talle waardevolle Covid-19dokumente en webinare is ook beskikbaar gestel om skole by te staan.

KLEUTERSKOLE Ná ’n weke lange inperking waartydens kleuterskole en dagsorgsentrums moes sluit, kon alle skole behalwe privaat kleuterskole en dagsorgsentrums uiteindelik weer op vlak 3 van die inperking gedeeltelik of ten volle open. Geen aanduiding is egter gegee wanneer kleuterskole weer kon oopmaak nie. Die SOS, Solidariteit en Bronkieland Kleuterskool het die hooggeregshof in Pretoria genader. Regter Fabricius het die departement van maatskaplike ontwikkeling se besluit dat die sektor vir vroeë kinderontwikkeling (VKO), wat uit graad R- en jonger leerders bestaan, nie tydens vlak 3 sal heropen nie, as onregmatig verklaar. VKO-kleuterskole en dagsorgsentrums kon toe dadelik hul deure oopmaak, mits hulle aan die veiligheidsmaatreëls voldoen.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

RED DIE SKOOLJAAR Solidariteit was vanaf die eerste heropening van skole betrokke by die verskaffing van hulpmiddels om leerders se veilige terugkeer te verseker. Ons is steeds besig om die regering te oortuig om nie die 2020-skooljaar te laat oorspoel na 2021 nie. Solidariteit het ’n omvattende kode vir goeie praktyk, wat die gesonde en verantwoordelike terugkeer na skole verseker, aan talle skoolhoofde en beheerliggame beskikbaar gestel. “Ons kinders is vir ons kosbaar. Ons onderwysers is vir ons kosbaar. Ons wil ons onderwysers ondersteun sodat hulle gesond kan werk terwyl ons kinders gesond kan leer,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Solidariteit en die SOS is ook gereed om enige verlenging van die skooljaar na 2021 in die hof te betwis. Dié aankondiging is deur Solidariteit en die SOS gemaak nadat die aangepaste skoolkalender bekendgestel is en sekere vakbonde aangedui het dat hulle steeds sal eis dat die skooljaar na 2021 verleng moet word. In ’n aanmaningsbrief aan pres. Cyril Ramaphosa, min. Angie Motshekga, min. Nkosazana Dlamini-Zuma en die provinsies se LUR’e vir onderwys, waarsku Solidariteit dat die verdere uitrek van die


Van die (dans)baan

Vanjaar se matriekklas sal 2020 vir verskeie (hoofsaaklik negatiewe) redes onthou. Dit is die jaar van “laastes” vir dié groep leerlinge, laastes wat grotendeels misgeloop is. Om die kroon te span, het die departement van basiese onderwys aangekondig dat geen matriekafskeidsgeleenthede gehou gaan word nie. Volgens Elijah Mhlanga, woordvoerder, is daar saam hierop ooreengekom in ‘n poging om onderwysers en leerlinge se veiligheid en gesondheid te beskerm. Die eindeksamen word vanjaar tussen 5 November en 14 Desember afgelê.

Besoek wolkskool.co.za om uit te vind hoe jou skool selfs ná die Covid-19-pandemie op wêreldklaslesse en -inhoud kan inteken.

Sowat 123 000 leerders het vir Die Wolkskool geregistreer. ‘n Matriekskool is ook binne dae opgerig waaruit meer as 8 000 matrieks munt geslaan het. 2020-skooljaar rampspoedig sal wees. Leerlinge het na raming reeds tussen 30 en 69 skooldae verloor, afhangend van die betrokke graad, maar sal steeds op 15 Desember hul akademiese jaar kan voltooi mits daar nie verdere ontwrigting is nie. “Enige verdere oorspoel na 2021 sal katastrofies wees. Die verlenging van die 2020-skooljaar is ’n uitvloeisel van druk deur sekere vakbonde, in weerwil van beskikbare bewyse dat dit in leerders se beste belang is dat skole moet oopbly,” het Hermann gesê.

BEHEERLIGGAAMPOSTE Solidariteit het voorts ’n veldtog begin om te keer dat personeel in onderwysen ander poste wat deur skoolbeheerliggame aangestel is, hul werk verloor. Duisende poste word tans deur die Covid-19-krisis bedreig. Sowat 55% van alle poste by Afrikaanse skole is beheerliggaamaanstellings

wat deur skoolfonds gefinansier word en dié persone se salarisse word dus deur ouers betaal. “Hierdie krisis is nie slegs ’n krisis vir individuele werknemers nie, dit is ’n onderwyskrisis,” het Hermann gesê. Solidariteit se veldtog volg op verskeie berigte dat skole landwyd sukkel om skoolgeld in te vorder sedert die inperking in Maart ingestel is. Skole ontvang tans gemiddeld tussen 20% en 60% van hul skoolgeld, en in sommige gevalle selfs minder. Solidariteit het ook in samewerking met die SOS ’n spesiale Beroepsgilde vir Beheerliggaamonderwysers gestig. Die doel hiervan is om in samewerking met skole ’n grootskaalse verlies aan beheerliggaamposte te verhoed. Solidariteit en die SOS wil met alle rolspelers hande vat om hierdie poste te beskerm en te behou. “Die poste wat deur skoolbeheerliggame daargestel word, vorm ’n integrale deel van ons onderwysstelsel,” het Hermann gesê.

Solidariteit verstaan die uitdagings waarmee skole te kampe het, maar ons mag nie toelaat dat ’n tydelike krisis permanente skade vir kinders, skole en onderwysers veroorsaak nie. As beheerliggaamposte verlore raak, sal ons met klasse vol kinders sonder onderwysers sit. Suid-Afrika het ’n gesamentlike reusepoging nodig om spesifiek ons beheerliggaamaanstellings te beskerm. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Beheerliggaamonderwysers gaan op ’n unieke manier, as ’n kollektief, die belange van beheerliggaamaanstellings tydens en ná die koronakrisis beskerm. Kreatiewe oplossings moet gevind word, want dit is in almal se belang. • Gaan kyk gerus na die Solidariteit Beroepsgilde vir Beheerliggaamonderwysers se tienpuntplan om werk by skole te beskerm. Besoek: https://solidariteit.co.za/solidariteit-wil-verlies van-poste-by-skole-help-keer/

ONS KINDERS IS VIR ONS KOSBAAR. ONS ONDERWYSERS IS VIR ONS KOSBAAR. ONS WIL ONS ONDERWYSERS ONDERSTEUN SODAT HULLE GESOND KAN WERK TERWYL ONS KINDERS GESOND KAN LEER.” ~ Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit ~

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

23


NUUSWAARDIG Daar word van onderwysers verwag om verskeie rolle te vervul. Wanneer ’n klas te groot raak, is dit nie moontlik om aan elke aspek van ’n kind se ontwikkeling aandag aan te gee nie. Daarom is beheerliggaamposte broodnodig.”

Jou kinders en hulle skool is afhanklik van dié

ONMISBARE ONNIES Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het onlangs ’n Beroepsgilde vir Beheerliggaamonderwysers gestig met die doel om beheerliggaamposte te beskerm. Dit sluit ondersteuningspersoneel soos terapeute, sportafrigters en administratiewe werkers in. Volgens ’n passievolle onderwyseres van Centurion wat reeds 21 jaar lank skoolhou en anoniem met Solidariteit gesels het, is die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel nie ideaal nie en moet onderwysers daagliks talle uitdagings die hoof bied. Sy noem dat dit in Suid-Afrika algemeen is om tot 40 kinders in ’n klas te hê, maar die aanstelling van onderwysers deur die beheerliggaam maak kleiner klasse moontlik sodat kinders meer individuele aandag kan kry. Sy meen dat die Afrikaanse skoolgemeenskap nie sonder beheerliggaamonderwysers kan klaarkom nie, omdat die departement eenvoudig nie genoeg aanstellings maak om al die kinders te kan onderrig nie. “Daar word van onderwysers verwag om verskeie rolle te vervul. Wanneer ’n klas te groot raak, is dit nie moontlik om aan elke aspek van ’n kind se ontwikkeling aandag aan te

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

aar word na raming tot 150 000 onderwysers en ander skoolpersoneel deur skoolbeheerliggame aangestel. Hierdie beroepsgeoriënteerde mense, wat verskeie funksies by skole verrig, speel ’n belangrike rol in leerders se skoolloopbane en in die optimale funksionering van skole reg oor die land. Beheerliggaamaanstellings se salaris of inkomste word betaal deur die skool en nie deur die departement van onderwys nie. Hulle kan dus slegs salarisse ontvang indien ouers die maandelikse skoolfonds betaal, en in sommige gevalle word daar selfs staatgemaak op fondsinsamelingsaktiwiteite wat die skool jaarliks aanbied in die hoop dat genoeg geld ingesamel sal word om hierdie uitgawe te finansier. In die huidige ekonomiese omstandighede waar soveel ouers eenvoudig nie geld vir skoolfonds of fondsinsamelingsprojekte het nie, is die kans dus goed dat die onderwyser waaroor jou kinders gaande is en wat baie moeite doen om hulle ten spyte van enorme uitdagings steeds te onderrig, dalk juis een van dié is wat ’n onseker toekoms het.

24

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

gee nie. Daarom is beheerliggaamposte broodnodig.” Hoewel sy haar werk geniet en dankbaar is dat sy steeds ’n inkomste kan verdien, meen sy dis onregverdig dat onderwysers wat deur die beheerliggaam aangestel is nie dieselfde voordele geniet as hulle kollegas wat deur die departement aangestel is nie. Hulle ontvang kleiner salarisse en geniet nie voordele soos mediesefondssubsidies, pensioenbydraes of behuisingsubsidies nie. Volgens haar is daar onderwysers wat al 10 jaar lank wag vir ’n departementele pos, maar ongelukkig word sulke poste dikwels toegeken aan jonger en minder ervare onderwysers wat beurse van die staat ontvang het om hul studies te voltooi. Sy raai jongmense egter steeds aan om die onderwys as beroep te oorweeg omdat dit soveel bevrediging bied. Jongmense moet egter realisties wees en moet nie verwag om vier vakansies per jaar te kry en net halfdag te werk nie – dis beslis net ’n mite. Een ding is seker – jou kind is afhanklik van hierdie mense en dit is ons almal se plig om te verseker dat hulle behoue bly vir die toekoms en vir die toekoms van ons kinders.


NUUSWAARDIG

MOEDERTAALONDERRIG

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

BEWEGING GAAN NOG VINNIGER AFRIKAANSE INSTELLINGS BOU ie Solidariteit Beweging sal nou selfs vinniger aan opvoedkundige instellings met Afrikaans as voertaal bou. Afgesien van kritiek deur die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het die konstitusionele hof ’n beroep op die gemeenskap gedoen om self privaat onderriginstellings ter bevordering van Afrikaans en ander inheemse tale te bou. “Hoofregter Mogoeng Mogoeng se versoek dat gemeenskappe self instellings moet bou en dit met eie kapitaal moet finansier om taal te bevorder, is presies wat die Beweging binne die raamwerk van die Grondwet doen,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê. Hy beklemtoon dat

hoofregter Mogoeng se uitspraak voortbou op vele soortgelyke standpunte deur die konstitusionele hof ten gunste van Afrikaans en Afrikaanse instellings vir hoër onderwys. Buys het beklemtoon dat die Beweging se opleidingsinstellings ten doel het om wêreldklas in Afrikaans te wees. “Die doel is nie om ander uit te sluit of om Afrikaanse studente te isoleer nie, maar om Afrikaanse ruimtes te skep wat dit vir jongmense moontlik sal maak om saam in Suid-Afrika te bly tot voordeel van die land en al sy mense. Ons wil juis verseker dat Afrikaans as akademiese taal én Afrikaanse studente ingesluit is. Hierdie instellings is ook oop vir enige anderstalige student wat in Afrikaans wil studeer,” het Buys gesê. “Demokrasie sonder kulturele

vryheid is net vryheid vir die demografiese meerderheid en dus ondemokraties. Daarom mag aktivistiese politici, wat die multikulturele werklikheid van die land met ’n monokulturele ideologie probeer omskep na hulle politieke beeld, nie toegelaat word om ter wille van goedkoop publisiteit ’n heksejag teen Afrikaans en sy sprekers te voer nie. Dis ’n deursigtige poging om die aandag van die groter onderwyskrisisse in die land af te lei, waaraan mnr. Lesufi ’n groot aandeel het,” het Buys gesê.


Turbulensie

Koper op horison?

Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het nuwe data bekend gemaak wat aandui dat die invloed van Covid-19 op lugvaart in Afrika sedert die vorige beoordeling in April drasties vererger het. Bizcommunity berig dat werkverliese in dié sektor tot 3,5 miljoen kan toeneem. Dit is meer as die helfte van die streek se 6,2 miljoen werkgeleenthede. Lugverkeer sal in 2020 met 54% daal (meer as 80 miljoen passasiersreise) vergeleke met 2019. Die BBP wat deur lugvaart in die streek ondersteun word, kan met tot $35 miljard daal.

Die staat se streeklugdiens SA Express kan dalk teen Oktober met ‘n nuwe eienaar spog. SA Express is in April in voorlopige likwidasie geplaas en sy krediteure staan tou vir sowat R2,7 miljard. Die besluit oor finale likwidasie is tot 28 Oktober uitgestel.

SUID-AFRIKAANSE LUGDIENS

Comair, wat Kulula en die plaaslike konsessie van British Airways bedryf, beplan om van die JSE te denoteer indien sy sakereddingsplan aanvaar word. Dié plan behels onder meer ‘n kontantinspuiting van R500 miljoen deur ‘n belegger wat ‘n 99%-belang in Comair sal bekom. Dit kom neer op R1 per aandeel. Die groep het voorts gesê Kulula gaan eers in Desember sy vlugte hervat. Comair het 2 200 werknemers, waarvan 400 moontlik hul werk gaan verloor.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

SAL SUKKELENDE LUGDIENS WERKLIK NUWE VLERKE KRY?

26

root gewag word gemaak van ’n “nuwe” Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat soos ’n feniks uit die as gaan verrys, maar baie moet nog gebeur voordat die sukkelende lugdiens weer sy kop van die aanloopbaan sal kan lig. Altesaam 86% van die SAL se krediteure het die voorgestelde sakereddingsplan vir die lugdiens goedgekeur en die plan moet ingevolge die Maatskappywet aanvaar word. Die plan is aanvaar op voorwaarde dat die regering die omdraaiproses finansier asook bykomende finansiering vir dag-tot-dag-uitgawes verskaf, en die SAL se status as lopende saak sal waarborg. Volgens Les Matuson en Siviwe Dongwana, die sakeredders wat by die SAL aangestel is, sal dit R26,7 miljard kos om die lugdiens te red. Hoewel die

meeste van die geld reeds in vorige begrotings deur die tesourie toegeken is, sal nóg R10 miljard gevind moet word. “Met dié dat die reddingsplan dit duidelik stel dat die staat die enigste aandeelhouer in die lugdiens gaan wees, kan ek nie sien hoe privaat beleggers gelok kan word nie. Watter belegger sal geld in ’n onderneming stort as hy geen sê het in hoe dit bestuur word nie?” het Derek Mans, lugvaartverteenwoordiger by Solidariteit, gesê. Die departement van openbare ondernemings het gesê dat tien private beleggers en finansiers belangstel om in die “nuwe SAL” te belê. Aanbiedings is ontvang vir ’n belang in die SAL asook sy filiale Air Chefs, SAL Tegnies en Mango. Ethiopian Airways stel glo ook belang. Solidariteit het sy misnoeë oor die aanvaarding van die sakereddingsplan uitgespreek. Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsin-

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

stituut, takel die sakereddingsplan geen van die kernprobleme nie. Mulder sê die plan beteken dat die belastingbetaler nog jare lank reddingsboeie sal moet finansier wat aan sukkelende instellings soos die SAL gegee sal moet word. “Die sakeredders, krediteure en die departement van openbare ondernemings het as ’t ware ’n pleister geplak op ’n pasiënt wat opehartchirurgie nodig het,” het Mulder gesê. “Die regering sal omtrent ewe veel geld bestee aan die SAL se omdraaiproses as aan hulp vir Suid-Afrikaanse burgers wat tydelik hul werk verloor het. Dit is tog waansinnig,” het Mulder gesê. Altesaam 3 050 werknemers van die SAL se aansoeke om vrywillige skeidingspakkette is teen einde Augustus goedgekeur, maar teen druktyd is geen betalings nog gedoen nie. Dit sal sowat R2,2 miljard vir die skeidingspakkette kos en net sowat 1 000 werknemers sal hul werk by die SAL behou.



BEDRYFSNUUS

KOLSKOOT

KORONAKRISIS KNOU BANKKOFFERS

STAATSONDERNEMINGS STAAN BAKHAND

Wapenreus moet opdok ná Solidariteit arbeidshof nader

Hulle bedel wéér miljarde rande Die bedelary van staatsondernemings duur voort. Die Poskantoor wil die nasionale tesourie se koffers R4,9 miljard ligter maak en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) en die SABC soek onderskeidelik R3,5 miljard en R1,5 miljard. Die regering het sedert 2001 reeds sowat R187 miljard in die geldput van staatsondernemings gegooi in die hoop dat hulle sake omgekeer kan word, maar van die meeste omdraaiplanne het dadels gekom. Boonop het die SAL na verneem word nóg R10 miljard nodig om sy omkeerplanne vlerke te gee. Solidariteit het gesê dat hy op Denel se roerende bates beslag gaan lê om R22 miljoen se agterstallige salarisbetalings te verhaal indien Denel dit nie betaal nie.

Swak skuld laat SA banke bloei Nedbank het in Augustus gesê sy swak skuld het in die ses maande tot einde Junie met 202% gestyg tot R7,675 miljard. Dié bank sê hy het teen 30 Junie skuldverligting van R119 miljard aan kliënte gegee. Absa het op sy beurt gesê hy maak in dieselfde oorsigtydperk voorsiening vir slegte skuld van R14,7 miljard. Dit is byna 300% meer as ’n jaar gelede. Standard Bank maak voorsiening vir swak skuld van R11,3 miljard. Dit is 2,7 keer meer as die vorige jaar.

edert die arbeidshof op 4 Augustus beslis het dat die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel alle uitstaande kontraktuele en statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers teen nie later nie as 7 Augustus moet nakom, is geen betaling nog gemaak nie. Solidariteit was genoodsaak om die arbeidshof te nader nadat die wapenreus slegs ’n gedeelte van sy werknemers se salarisse vir Mei betaal het. Sommige personeellede het tot so min as 20% van hul salarisse ontvang, verduidelik Helgard Cronjé, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit. Werknemers moes boonop gedeeltes van hul salarisse vir Junie, Julie en Augustus ook inboet. Volgens Cronjé het Denel sedert April vanjaar versuim om sy statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers na te kom deur nie inkomstebelastingaftrekkings en ander aftrekkings aan derde partye te betaal nie. Die uitspraak, wat elektronies deur regter Van Niekerk gelewer is, beveel Denel om nie net sy kontraktuele en statutêre verpligtinge na te kom nie, maar ook sy werknemers se uitstaande salarisse vir Mei, Junie en Julie ten volle te betaal. Denel se aankondiging dat hy weens die inperkingsmaatreëls nie sy werknemers se salarisse kan betaal nie, het ’n wrang smaak in die mond van Solidariteit en honderde werknemers gelaat. Cronjé meen dat Denel en

die staat as aandeelhouer roekeloos met werknemers omgegaan het. “Geskiedkundige probleme het veroorsaak dat Denel hom in hierdie penarie bevind en nie werknemers kan betaal nie. Dié probleem het nie ontstaan as gevolg van Covid-19 nie, maar as gevolg van jare lange vrot bestuur, korrupsie en staatskaping.” Hoewel Solidariteit verheug is dat die uitspraak in die guns van Denel se werknemers is, kom dit nie as ’n verrassing dat Denel steeds nie die uitstaande geld aan die werknemers betaal het nie. Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, erken Denel se direksie dat hulle die geld skuld, maar sê dat hulle nie die geld het om te betaal nie. Solidariteit is bekend daarvoor dat hy nie terugdeins wanneer sy lede onregverdig behandel word nie, en nie skroom om die hof te nader wanneer dit noodsaaklik is nie. Hierdie geval is geen uitsondering nie. Solidariteit se regspan het reeds begin met die opstel van ’n minagtingsaansoek en is in die proses om lasbriewe teen die wapenreus uit te reik en te bekragtig, sodat daar op sy bates beslag gelê kan word. “Die eens trotse Denel is in ’n baie moeilike situasie as gevolg van swak bestuur wat die norm geword het en werknemers benadeel. Dit sal nie geduld word nie. Denel se werknemers is geregtig op die salarisse waarvoor hulle hard gewerk het, en daarom sal ons nie ophou veg om Denel aanspreeklik te hou vir die agterstallige betalings nie,” het Van der Bijl gesê.

AFDRAANDE PAD Wapenreus Denel het in die boekjaar tot Maart ’n verlies van R1,8 miljard gely.


Sasol-syfers sink, skuld styg skerp Die petrochemiese reus Sasol het in die boekjaar tot einde Junie ’n verlies van R91,3 miljard gely. Die wêreld se grootste vervaardiger van motorbrandstof uit steenkool het in ’n verklaring gesê die rede hiervoor is oliepryse wat in die tweede helfte van die jaar in duie gestort het, ’n drastiese afname in die vraag na sy produkte en waardedalings van R111,6 miljard. Die groep het in die vorige boekjaar ’n verdienste van R6,1 miljard getoon. Sasol het gesê die maatskappy se totale skuld vir die jaar beloop R189,7 miljard, teenoor R130,9 miljard in die ooreenstemmende oorsigtydperk.

AFLEGGINGS IN KIEM GESMOOR

FOTO’S: DENEL.CO.ZA; ZULULANDOBSERVER.CO.ZA & ISTOCKPHOTO.COM

Solidariteit gryp in by Landbounavorsingsraad e midde van die onsekerheid wat deur die Covid-19-pandemie teweeggebring is, is planne om van 1 000 werknemers by die Landbounavorsingsraad (LNR) ontslae te raak, danksy Solidariteit vir eers gestuit. Solidariteit het ingegryp om sy lede by die LNR te beskerm nadat die raad op 2 Junie ’n artikel 189A-proses, wat 1 000 poste sou raak, uitgereik het. Die proses is gestaak nadat Solidariteit met die LNR in gesprek getree het. Ná afloop van die strategiese gesprekke met die LNR-bestuur het Solidariteit sy misnoeë uitgespreek omdat die LNR-bestuur geen aanduiding kon gee van die poste waarna daar in sy kennisgewing van 2 Junie verwys word nie. “Aangesien dit deel is van die artikel 189A-proses, is dit skrikwekkend dat die bestuur nie die nodige inligting kon verskaf wat wetlik vereis word nie. Die

verwagting is tog dat die bestuur ’n deeglike ontleding sou doen alvorens daar tot só ’n drastiese stap oorgegaan word wat soveel poste sal raak,” het Peirru Marx, sektorkoördineerder by Solidariteit, gesê. Solidariteit was reeds besig met die derde gefasiliteerde sessie met die LNR, maar kon geen vordering maak om met konsultasies met die geaffekteerde lede

te begin nie. “Die LNR beskik blykbaar steeds nie oor die nodige inligting om doeltreffende konsultasie te bewerkstellig nie en ons is met geen ander keuse gelaat as om die kommissaris van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie te vra om tussenbeide te tree nie,” voer Marx aan. Gevolglik was die LNR genoodsaak om die artikel 189A-proses te onttrek. Solidariteit sal eersdaags ’n taakspan saamstel om alternatiewe te ondersoek sodat moontlike afleggings in die toekoms vermy kan word. Intussen is die LNR se nuwe direksie, onder voorsitterskap van Joyene Isaacs, voormalige hoof van die departement van landbou in die Wes-Kaap, in Julie aangekondig. Isaacs was ’n kwarteeu gelede vir ’n tyd lank sektorkoördineerder by die LNR se Infruitec-Nietboorbijinstituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn. Die direksie het einde Julie vir die eerste keer virtueel vergader.

TOERISMEBEDRYF OP KNIEË GEDWING WEENS INPERKING

D

ie staat van inperking het die toerismebedryf op sy knieë gedwing. Sommige toerismeondernemings het permanent gesluit terwyl ander duisende moes aflê. Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste toerismeverblyfsyfers toon dat die inkomste van die bedryf in geheel in Junie met ’n enorme 94,5% op ’n jaargrondslag gedaal het. Die toerismebedryf sluit ook kos- en drankverwante verkope in en die daling volg op

soortgelyke inkrimpings in April en Mei. Van April tot Junie het die land se toerismeverblyfsektor slegs R172,6 miljoen verdien teenoor die R5,5 miljard ’n jaar tevore. Dit is ’n daling van 96,9%. Gastehuise is die swaarste tydens die inperking getref. Volgens die SSA se syfers het gastehuiseienaars se inkomste met 99% getuimel van R99 miljoen in Januarie tot R500 000 in Mei. Volgens ‘n peiling onder 1 800 sake-eienaars, BeyondCovid, wat van

7 Junie tot 22 Augustus gedoen is, moes 68% van eienaars in die verblyfen kossektor van hul werknemers aflê. Tshifhiwa Tshivhengwa, uitvoerende hoof van die Toerismesakeraad van Suid-Afrika, het op sy beurt gesê die land loop die gevaar om R300 miljoen per dag aan inkomste te verloor as internasionale toeriste nie gou toegelaat word om na Suid-Afrika te reis nie. Boonop maak 325 000 werkgeleenthede staat op internasionale toerisme.

www.solidariteit.co.za || SOLIDARITY SOLIDARITY MAGAZINE MAGAZINE 4 4 OF OF 2020 2020 www.solidariteit.co.za

29


VERBREED JOU BEROEPSGEMEENSKAP MET WERKNET

IDEALE KANDIDAAT MUISKLIK VER uid-Afrika beleef tans ’n enorme ekonomiese krisis, met ’n werkloosheidskoers van 30,1% vir die eerste kwartaal van 2020, volgens Statistieke Suid-Afrika. Volgens ekonoom Mike Schüssler van economist.co.za sien die meeste lande nog nie die volle impak van werkloosheid weens die koronakrisis nie. Hy raam dat tussen 1,3 miljoen en 3,3 miljoen Suid-Afrikaners hul werk teen Maart 2021 permanent kwyt kan wees. Ondanks hierdie moeilike tyd sien ons byna daagliks hoe dinamies en kreatief ons mense begin het om ’n inkomste op ander maniere te genereer. Ondernemings het op nuwe maniere begin om sake te doen, en die gemeenskap het trots hul plaaslike sakelui en ondernemings begin ondersteun. Dit bewys die krag van gemeenskap, van saamstaan en saam doen.

Solidariteit belê in die krag van die gemeenskap deur WerkNet gratis en in Afrikaans aan die publiek beskikbaar te stel, waar werksoekers hul CV’s kan oplaai en werkgewers die beste kandidate vir indiensneming kan vind.

HOE HELP WERKNET WERKGEWERS?

WerkNet bied ’n gratis eenstopdiens waar jy die beste kandidate kan vind om by jou onderneming of maatskappy in te skakel. Kry duisende CV’s met die druk van ’n knoppie. Jy skakel in by ons beroepsnetwerk en word gesien as ’n trots Afrikaanse onderneming wat deel van die gemeenskap vorm. Jy kry toegang tot ’n portaal waar topkandidate met toepaslike werkervaring hul dienste aanbied. Jou administrasie is minder.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

www.werknet.co.za

30

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

WAAROM MOET JY NOU MENSE IN DIENS NEEM?

Deur die regte aanstellings te maak, voorkom jy ’n vaardigheidsgaping. Innovasie is van kardinale belang, en jy kan aan die voorpunt van verandering bly deur die regte werknemers in diens te neem. Jy dra by tot ekonomiese groei. Jy kry ’n mededingende voordeel bo jou mededingers. Jy bevorder die beeld van jou onderneming, en benut die geleentheid om nou mense met skaars vaardighede te bekom. Jy kan mense aanstel wat nie net oor die nodige talente beskik nie, maar saam met jou gemotiveerd is om die toekoms aan te durf! Bevorder jou gemeenskap en laai die poste op wat tans in jou onderneming beskikbaar is. Besoek die webtuiste www.werknet.co.za.



WERK IS NIE ’N PLEK

Covid-19-pandemie versnel oorgang na virtuele werkplek ie Covid-19-pandemie het mense se denke oor die werkplek vernuwe. Ons begin besef dat werk iets is wat jy doen en nie ’n plek is waarheen jy gaan nie. In sy boek, Maverick, beskryf Ricardo Semler ’n ongewone werkplek waarmee hy in 1993 sy tyd ver vooruit was. Nou, midde-in die pandemie en die vierde nywerheidsrewolusie, verstaan ons daardie werkplek. Semler, ’n Brasiliaanse sakeman, het ’n klein familievervaardigingsonderneming, Semco, in een van Brasilië se grootste konglomerate omskep danksy sy onortodokse benadering tot arbeidsverhoudinge en die werkplek.

WAT HET SEMCO GEDOEN?

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

32

Werknemers is aangemoedig om, waar moontlik, van die huis af te werk; Kantore was oor São Paulo versprei en werknemers kon kies by watter kantoor hulle wou werk; Volwaardige fleksietyd sonder enige voorgeskrewe werktye is ingestel tot dié mate dat selfs produksiespanne hul werkure kon bepaal; Jaarlikse verlof van 30 dae was verpligtend om gesondheid en produktiwiteit te verhoog;

KORONAKRISIS EN DIE NUWE NORMAAL

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit.

Fabriekwerkers kon gewysigde produksieteikens instel om hul inkomste te verhoog; Werknemers moes self navorsing doen oor bedryfspesifieke salarisskale en aanbevelings maak oor salarisaanpassings; en Vakbonde was deel van werknemer komitees en het medeverantwoordelikheid gehad vir die bereiking van produksieteikens en voldoening aan maatskappybeleid. As teenwig vir al dié vryhede is ’n benadering van geen verdraagsaamheid ten opsigte van oneerlikheid gevolg, salarisse het tussen 75% en 125% van ’n basiese salaris gewissel, afhangend van die maatskappy se winsgewendheid, en daar was geen waarborg van werksekuriteit nie.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Hoewel die praktyk om van die huis af te werk om gesondheidsredes ingestel is, sal hierdie raakpunt met Semco se benadering by talle werkplekke deel word van die nuwe normaal ná Covid-19 – ook omdat ons die era van die virtuele werkplek met Generasie Z as nuwe werknemers betree. In hierdie era is verhoogde produktiwiteit noodsaaklik vir ’n volhoubare onderneming. Verskeie groot banke, selfoon- en pensioenfondsmaatskappye het reeds aangedui dat hul verkopeprestasie en kliëntetevredenheid toegeneem het sedert hul werknemers tuis werk. Hoewel uitbranding ’n gevaar is wanneer van die huis af gewerk word, was die betrokke werknemers moontlik gemotiveer om harder te werk om tuiswerk te regverdig, en moontlik omdat minder werkplekverwante steurnisse en reistyd meer werktyd tot gevolg gehad het. Gevolglik het plaaslike maatskappye soos Capitec en Vodacom hul werknemers meegedeel dat ’n buigsame werkomgewing deel van hul toekomsbeplanning is, terwyl Facebook en Twitter reeds permanente tuiswerk wêreldwyd ingestel het. Tuiswerk hou verdere voor- en nadele vir sowel werknemers as werkgewers in wat in ag geneem moet word.


TUISWERK: VOOR- & NADELE Misbruik van die vryheid om van die huis af te werk, verswakking van werkplekdinamika en spansamehorigheid, en konflik oor werknemers wat van die buigsaamheid kan gebruik maak teenoor diegene wat nie kan nie, is algemene bekommernisse. Wat misbruik betref, sou die meeste werkplekke ná maande van inperking al geleer het hoe om werknemers se uitsette te meet en om personeelbeleide by tuiswerk aan te pas. Indien daar werknemers is wat nie vertrou kan word nie, is die vraag waarom die individue nie voor die grendeltyd al aangespreek is nie. Gereelde aanlyn en verpligte persoonlike kontaksessies kan voorts verseker dat kollegas in voeling bly en nie van mekaar vervreem raak nie. Capitec oorweeg byvoorbeeld om sy werkers twee dae op kantoor en drie dae tuis te laat werk. Die ironie is dat daar met die gebruik van virtuele mediums in vele gevalle nou meer interaksie tussen kollegas is. Spanning tussen werkplekgebaseerde werknemers en diegene wat tuis werk,

kan onder meer ondervang word deur Semler se praktyke wat produksiewerkers bevoordeel. Hoewel dit nie ideaal is nie, kan selfs gewysigde diensvoorwaardes oorweeg word vir diegene wat merendeels van die huis af werk, of aanlyn opleidingsessies kan nauurs plaasvind. Werkplekke wat voor die grendeltyd met kantoorspasie gesukkel het, het dalk ’n oplossing gevind deur werknemers van die huis af te laat werk en die beginsel van “roterende lessenaars” (hot desks) toe te pas ten tye van verpligte kantoorwerk. Dit het egter ’n negatiewe invloed op die kommersiële eiendomsmark.

Terselfdertyd sal reisuitgawes vir vergaderings begin afneem omdat vergaderings virtueel gehou word. Dit sal die lugvaarten gasvryheidsbedryf negatief raak. Die afname in pendel tussen huis en werk kan ook ’n afname in die vraag na motorhersteldienste beteken. Die tyd van verpligte of vrywillige tuiswerk kan werknemers egter in staat stel om meer navorsing te doen en hul teoretiese kennis te verdiep. Die Washington Post het in Maart vanjaar werkgewers daaraan herinner dat Isaac Newton in 1665 tydens die Groot Plaag in Londen deur Trinity College (Cambridge) huis toe gestuur is, en dit was in dié tyd dat hy die teorie van swaartekrag en beweging ontwikkel het. Om van die huis af te werk, gaan deel van die nuwe normaal wees. Die werkgewer van keuse gaan dié een wees wat hierdie buigsaamheid aangryp. Heelwat werknemers behoort bereid te wees om vergoeding in te boet in ruil vir ’n geleentheid om reisstres te verminder en werk-lewe-balans te verbeter, terwyl werkgewers by verhoogde produktiwiteit en ’n gelukkiger werkmag kan baat vind.


Solidariteit Gilde vir Regslui

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

GILDE BEVRAAGTEKEN RAAD SE VOORSKRIFTE

34

ie Regspraktisynsraad is na wat berig word vasbeslote om regsfirmas te verbied om onder meer te vereis dat voornemende kandidaatprokureurs hul eie voertuie en ’n rybewys moet hê, en vaardig moet wees in beide Afrikaans en Engels. Waar slegs Afrikaans as ’n voorvereiste gestel word, sal dit as “anti-transformasie” beskou word. Volgens die konsepwetgewing is die Raad van mening dat hierdie praktyk teentransformatief en benadelend is teenoor persone uit agtergeblewe groepe. Die wysigingsvoorstel bepaal voorts dat ’n prinsipaal verbied sal word om ’n praktiese indiensnemingskontrak aan te gaan wat enige “onredelike” of “ongewone” bepalings bevat. Daar word egter nie verklaar wat as “onredelik” of “ongewoon” beskou sal word of wie dit sal bepaal nie. Die Solidariteit Gilde vir Regslui (Regsgilde) het sy kommer uitgespreek oor die voorstelle en meen dat daar onderskei moet word tussen praktiese en inherente posvereistes wat niediskriminerend en in ooreenstemming met bestaande arbeidswetgewing is, en vereistes wat wel diskriminerend is en reeds as sodanig in die Grondwet verskans word.

Volgens Henru Krüger, sektorhoof van die Regsgilde by Solidariteit, beteken die voorgestelde wetgewing dat ’n prokureur hom aan wangedrag sal skuldig maak indien sy advertensie vir ’n kandidaatregspraktisynspos vereis of bepaal dat die geskikte kandidaat oor ’n geldige rybewys, eienaarskap van ’n motorvoertuig of toegang tot ’n voertuig moet beskik. Krüger sê heelwat prokureurs vereis van kandidaatprokureurs om te reis in die uitvoer van belangrike take soos die bediening van sekere kennisgewings, en in baie gevalle moet hulle alleen kan reis. “Die noodsaaklikheid om te weet of ’n kandidaatprokureur ’n geldige rybewys het, kan ook belangrik wees in gevalle waar daar aanspreeklikheid kan wees vir ’n bestuursvoorval, botsing of ongeluk.” Die voorgestelde wysiging sal die volgende implikasies vir die regsberoep inhou: Minder firmas sal kandidate aanstel, of hulle gaan minder aanstel as voorheen. Dit sal uitgawes opjaag en onsekerheid in die regsberoep skep. Dit sal jongmense ook ontmoedig om die beroep te betree, terwyl ons juis ongekende jeugwerkloosheid in ons land beleef. Dit is ’n verdoemende voorskou van wat die Regspraktisynsraad vir

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

die regsberoep beteken indien dit toenemend inmeng pleks daarvan om die beroep te reguleer, aangesien die Raad gebruik word om politieke en ideologiese agendas op die regsberoep af te dwing. 4. Die aanbeveling oor taalvereistes hou ook gevolge in vir vryheid van assosiasie bo en behalwe die praktiese uitdagings daarvan. Volgens Krüger is die taalvereiste wat firmas tans stel, bloot ’n praktiese, niediskriminerende element wat deur die demografiese profiel van die firma se kliëntebasis bepaal word en as sodanig reeds deur die Regshulpraad erken word en in toonaangewende navorsing uitgewys is. Die Regspraktisynsraad het reeds in 2019 gepoog om Afrikaans eensydig af te skaf sonder ’n behoorlike konsultasieproses, maar dit is in die hof gestuit deur die Vereniging van Regslui vir Afrikaans. Volgens Krüger is dit van kardinale belang dat hierdie beroep en sy verskeie regte beskerm moet word en nie voorgesê word deur ’n raad wat ideologie propageer eerder as om die werklike implikasies van sy voorstelle te oorweeg nie. • Is jy nog nie deel van hierdie netwerk nie? Sluit vandag nog aan by jou beroepsgemeenskap! Besoek www.gildes.co.za



Litigasie bedreig kohesie in die mynbousektor

The scrap metal industry contributes R15 billion to the country’s GDP.

SCRAP SUPPLY TO METAL INDUSTRY

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

Solidarity welcomes investigation

36

rade and Industry Minister Ebrahim Patel published a trade policy directive in July that proposes an investigation into measures to help support the South African metals industry, which is facing significant challenges. Solidarity has welcomed the directive, as there has been a drastic reduction in the amount of available scrap metal that is used extensively by steel mills. The price of scrap has also increased sharply. According to Patel, the scrap metal industry contributes R15 billion to the country’s gross domestic product (GDP) and employs 350 000 people. The downturn in global manufacturing resulting from Covid-19 has led to a marked reduction in the amount of scrap metal available locally and internationally, with a resultant sharp increase in prices, the Department said in a statement. The International Trade Administration Commission of South Africa (ITAC) has been tasked to investigate market conditions as well as demand and supply imbalances of

scrap metal, and to formulate measures to help protect local foundries and steel mills. “Covid-19 and the lockdown have a devastating effect on the South African steel industry. Ferrous and non-ferrous scrap, which are important raw materials for foundries and steel mills, are in short supply and the price of scrap has increased significantly,” said Marius Croucamp, Deputy General Secretary for Strategy at the Solidarity Strategic Institute. No ferrous or non-ferrous scrap may be exported while the investigation is ongoing, unless the ITAC determines that the scrap will not be required by the local industry. According to Croucamp, policing scrap trade flows in South Africa is challenging and significant circumvention of regulations are reportedly taking place. “Solidarity supports the Minister’s order to investigate the trade and supply of scrap metal. The sustainability of the industry as well as job security is at stake, and urgent measures must be taken to address this,” Croucamp said.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

S

olidariteit het ’n beroep op die Mineraleraad en die departement van minerale bronne en energie gedoen om nie verdere hofaksies oor die kwessie van eienaarskap en die beginsel van “een maal bemagtig, altyd bemagtig” te voer nie, maar om buite die hof te skik. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, versteur die huidige litigasieproses tussen die twee partye die kohesie in die mynbousektor. Hy glo dat ’n hofuitspraak verreikende gevolge sal hê en dat verhoudinge tussen alle mynbourolspelers verder geskaad sal word. Solidariteit wil hê die raad en die departement moet na die onderhandelingstafel terugkeer. Dit kom nadat die hooggeregshof onlangs in die regsgeding tussen die Mineraleraad en die departement oor eienaarskap, soos vervat in die derde mynbouhandves, en die klousules oor “een maal bemagtig, altyd bemagtig” beslis het dat vakbonde en mynbougemeenskappe as partye tot die hofgeding gevoeg moet word. Volgens Solidariteit sal die onsekerheid wat gepaardgaan met ’n uitgerekte regstryd meer negatiewe gevolge vir mynboubeleggings inhou as ’n skikking wat historiese bemagtigingstransaksies erken, terwyl verhoogde bemagtiging, soos in die hersiene handves vervat, steeds sal plaasvind wat veral mynwerkers en mynbougemeenskappe sal bevoordeel. Indien die Mineraleraad se aansoek suksesvol is, sal dit beteken dat mynwerkers en -gemeenskappe hul toewysing van 5% eienaarskap (in die vorm van ’n draende belang) sal verloor. Die gevolg sal wees dat die regsdispuut vervang sal word met spanning en onrus op mynvlak.


VAN KRISIS TOT RAMP Hantering van Covid-19-Ters skokkend

olidariteit het skerp kritiek uitgespreek oor die regering se onvermoë om die Covid19-krisis te bestuur nadat ’n studie onder Solidariteit se lede ’n geweldige probleem met wanbetaling en administrasie van noodfondse deur die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) getoon het. “Sowat 7% van ons lede het reeds hul werk verloor, hoofsaaklik as gevolg van die inperking, en nog 19% verwag om in die volgende paar maande hul werk te verloor,” het Willie Venter, adjunkhoofsekretaris vir die metaal- en ingenieursbedryf, gesê. “Hierdie is egter net een aspek van die skade. Ons studie dui daarop dat ongeveer 76% van ons lede tans net ’n gedeeltelike of selfs geen salaris ontvang. Tog word slegs 48% se salarisse deur die WVF se tydelike

Koppe rol by WVF

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

A

l drie hoofbestuurslede van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) is begin September geskors weens ongerymdhede met die uitbetaling van die Covid-19-Ters-voordeel. Tebogo Maruping, kommissaris; Fezeka Puzi, finansiële hoof; Judith Kumbi, bedryfshoof; en Maria Ramoshaba, verantwoordelik vir voorsieningskettingbestuur, is geskors hangende ’n ondersoek. Dit volg op ’n verslag deur Kimi Makwetu, ouditeur-generaal (OG), oor die staat se besteding tydens die koronapandemie, wat talle probleme by die WVF uitgelig het (sien hiernaas). Marsha Bronkhorst, bedryfshoof van die departement van arbeid, is intussen as waarnemende kommissaris van die WVF aangestel.

verligtingskema (Ters) aangevul, met die meerderheid lede wat slegs vir een of twee maande betalings van die WVF ontvang het. Vir baie van ons lede het hierdie versuim van pligte deur die regering die Covid-19-pandemie in ’n ramp in verander,” het Venter gesê. Solidariteit meen die regering se hantering van die Covid-19-krisis tot dusver het die land onherroeplike skade berokken. “Die regering se totale benadering word gekenmerk deur uitsluitlik negatiewe aksies. Alles wat hulle doen, is daarop gemik om burgers in te perk en ekonomiese aktiwiteit te verminder. Wanneer dit egter kom by positiewe stappe soos die bou van mediese kapasiteit of die uitbetaling en verlening van hulppakkette tydens nood, dan is hulle afwesig. Die regering kan nie probeer wegkruip vir die virus en wag

Die regering kan nie probeer wegkruip vir die virus en wag totdat die ekonomiese gevolge van die inperking buite beheer is nie. totdat die ekonomiese gevolge van die inperking buite beheer is nie. Ons moet positiewe stappe begin doen en implementeer. Werkers se lewensmiddele en lewens word tans bedreig deur die sloer van betalings,” het Venter gesê.

Probleme met Covid-19-Ters-betalings

Die stelsel het voordele tydens die eerste deel van die inperking (27 Maart tot 30 April) verkeerd bereken, wat tot beduidende oorbetalings gelei het.

Heelwat betalings is gedoen aan minderjariges, oorledenes, staatsamptenare, mense wat maatskaplike toelaes ontvang en studente wat geld by die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS) kry.

Talle gevalle het voorgekom waar te veel, te min of dubbelbetalings gedoen is.

Van die betalings is goedgekeur nog voordat aansoek om die voordeel gedoen is.

(TOE NIE) GRAFSTIL Die WVF het erken dat daar teen Julie eise vir meer as 4 000 dooies ontvang is.

Persentasie werkgewers wat geen betaling vir Julie ontvang het nie.

Die WVF het bykans R1 miljard se Covid-19-Ters-voordele aan mense betaal wat nie daarop geregtig was nie, insluitende R441 114 aan dooies en R169 900 aan mense in tronke.

R4,8 MILJARD SE R350-TOELAE BETAAL R4,8 miljard is tot dusver met die maandelikse R350-toelae aan werkloses uitbetaal. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het gesê 8,8 miljoen aansoeke is vir die toelae ontvang. Die R4,8 miljard is in Mei, Junie en Julie uitbetaal. Sassa het R10 miljard ontvang vir die toelae wat van Mei tot Oktober betaal sal word.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

37


OM ANDER TE DIEN

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

BGV-afdeling verseker billike vergoeding vir lede ondanks pandemie

38

ns dien ’n groot God wat Sy kinders gebruik om mense in nood te help!” Dit was die dankbare woorde van ’n lid wat onlangs met die hulp van Solidariteit se Beroepsgesondheid-en-veiligheidsafdeling (BGV-afdeling) sy vergoeding ontvang het. Die BGV-afdeling funksioneer oor twee bene: Voorkomende sorg fokus op die bevordering van beroepsgesondheid en -veiligheid, terwyl nasorg streef om billike vergoeding vir lede te verseker wanneer hulle aan diens beseer word of ’n beroepsiekte opdoen, of vir die afhanklikes van lede wat aan diens sterf. Ons bespreek in hierdie artikel die werk wat ons regs- en beroepsgesondheid- en -veiligheidspraktisyns doen om te verseker dat billike vergoeding tydens die Covid-19-pandemie betaal word aan lede wat daarvoor kwalifiseer. Dié besondere groep Solidariteit-

personeellede – Anina de Beer, Sharon Riekert, Chantel Nel, Ockert Strydom, Elsje van der Mescht en Rachelle de la Rey, onder leiding van kantoorbestuurder Sonja van Heerden – word ondersteun deur ’n regspan en werk met besonder sensitiewe en ingewikkelde vraagstukke, soos lede wat dikwels alles verloor het, in pyn is of familielede wat rou oor hulle geliefdes wat in die uitvoering van hul werk gesterf het. Hierdie lede nader Solidariteit dikwels uit frustrasie en radeloosheid omdat geen vordering gemaak word met eise wat lank reeds afgehandel moes wees nie.

SPESIALISKENNIS, ERVARING EN DEEGLIKE NAVORSING Veelvuldige ernstige beserings of onbekende beroepsiektes verg spesialiskennis, ervaring en omvattende navorsing om die spreekwoordelike kaf van die koring te skei en deurdagte merietebepalings te kan doen. Verwagtinge is dikwels groter as wat wetgewing toelaat en soms is daar weinig meriete of min beskikbare en bruikbare inligting, gevolglik word lang ure span-

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

deer om verlore inligting of dokumentasie te probeer bekom. Sulke sake is dikwels uiters kompleks en daarom is gespesialiseerde mediese bewyse en deskundige getuienis onontbeerlik. Hierdie span verdien groot applous vir die moeilike werk wat hulle met deernis, empatie en liefde aanpak. Hulle behandel gefrustreerde lede met respek, deel inligting herhaaldelik, verduidelik moeilike begrippe met groot geduld, en pas volgehoue druk toe op ongenaakbare werkgewers en die onkapabele staatsadministrasie wat herhaalde voorlegging van dokumente by fondse noodsaak. Daar bestaan ’n algemene gebrek aan kennis oor ons vergoedingsreg, soos wanopvattings oor die regte en verpligtinge van die partye en die feit dat ons vergoedingsreg vir beroepsbeserings en -siektes slegs funksionele verlies aan liggaamsfunksies vergoed met geen voorsiening vir vergoeding vir pyn en lyding nie. Laasgenoemde is slegs toelaatbaar in sivielregtelike eise en is spesifiek uitgesluit van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.


HARDE WERK EN VOLGEHOUE DRUK DRA VRUGTE Dienslewering by die verskillende fora – die Vergoedingsfonds, Rand Mutual Assurance Limited, Fema en die Mediese Buro vir Beroepsiektes (MBOD) – is erg gekniehalter deur die Covid-19pandemie, terwyl die situasie by die twee statutêre fondse (die Vergoedingsfonds en die MBOD) reeds vóór die pandemie benard was. Die Vergoedingsfonds val onder die administrasie van die departement van indiensneming en arbeid, en het verlede jaar weer van rekenaarstelsel verander. In ’n nagmerrietydperk ná die verandering, wat veronderstel was om net drie weke te neem, het die registrasie van nuwe eise en verwerking en betaling van lankstaande eise tot stilstand gekom. Telkens wanneer die stelsel verander word, moet alle eise nuwe eisnommers kry, kan inligting dikwels nie van die ou na die nuwe stelsel oorgedra word nie of word dit onvolledig oorgedra, en moet die proses van voor af aangepak word. In belang van sy lede het Solidariteit herhaaldelik briewe aan die verskillende gesagsdraers gerig, ook aan die minister, waarin daar met regsaksie gedreig word. Solidariteit het ook ’n vergadering van die parlement se portefeuljekomitee bygewoon waar die probleem met die minister opgeneem is. Daarna is ’n vergadering tydens die inperking gehou met die Kommissaris, wat onderneem het om dringend aandag aan uitstaande eise te gee en veral aan pensioene aan weduwees, en het daar mettertyd ’n

verbetering begin intree, ook met die registrasie van nuwe eise en die verwerking en betaling van ouer eise. Die harde werk en volgehoue druk deur hierdie toegewyde span blyk duidelik uit die gesamentlike voordeel van R79 miljoen wat tot dusver vir 2020 vir lede bereg is.

WAARDEVOLLE LEDEVOORDEEL Elke eis vertel ’n diep menslike verhaal wat aan die hart gryp, van weduwees en weeskinders, mense wat ledemate verloor het, wat asemnood het weens longsiektes en mense wat vir hulle daaglikse oorlewing van vergoeding vir tydelike arbeidsongeskiktheid afhanklik is, veral tydens die inperkingstydperk. Hierdie diens word kosteloos aan Solidariteit-lede gelewer wat vir voordele kwalifiseer. Voortspruitend uit bogenoemde aksies is vergoeding in vyf verskillende eise aan weduwees en hul kinders uitbetaal. Twee van hierdie gesinne was reeds in groot finansiële moeilikheid, moes by ouers en skoonouers intrek en het hulle uit radeloosheid tot Solidariteit gewend het vir hulp. Ons kan met groot dankbaarheid sê dat al hierdie eise suksesvol afgehandel is!

ANDER SUKSESVOLLE EISE

’n Weduwee was raadop oor geld vir haar kind se studies, kos en klere. Die kind se pensioen is deur die Vergoedingsfonds gestaak omdat sy die ouderdom van 18 jaar bereik het. Dit het besonder lank geneem om die pensioen te laat

heraktiveer, maar met oneindige dank is ook hierdie ouer en kind bygestaan met advies en hulp, en is die geld eindelik vanjaar uitbetaal. ’n Lid wat geen salaris ontvang het terwyl hy afgeboek was vir behandeling nie, het van dankbaarheid gehuil toe al die agterstallige vergoeding vir tydelike arbeidsongeskiktheid tydens die hoogtepunt van die inperking met die hulp van Solidariteit aan hom uitbetaal is. ’n Lid is in ’n skietongeluk beseer met veelvuldige beserings aan sy been, arm, heup, blaas en maag. Hy sal nooit weer kan werk nie, moet chroniese medikasie gebruik en sal waarskynlik permanent pyn verduur. Solidariteit het meer inligting aangevra en reëlings getref vir verdere mediese ondersoeke wat tot die heuglike uitkoms gelei het van vergoeding in die vorm van ’n lewenslange pensioen. ’n 25-jarige man se lewe het onherroeplik verander toe hy by sy werk van ’n dak afgeval het en die gebruik van sy bene verloor het met ’n moontlik onherstelbare breinbesering. Hy word tans versorg deur sy ouers, waarvan een siggestremd is en die ander voltyds werk en dus nie self na die seun kan omsien nie. Solidariteit staan hierdie gesin by om hulle nood te verlig. Ons erken dat ons bloot instrumente is in die hand van ons Hemelse Vader en ons is nederig dankbaar om geroepe te mag wees om in Sy diens te staan.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

39


BLINK PLAN

Die waarde van Krugerrande het die afgelope 15 jaar met gemiddeld 15% per jaar gegroei.

The question isn’t at what age I want to retire, it’s at what income. George Foreman

AFLEGGING EN PENSIOEN: HIER IS WAT JY KAN DOEN

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

ie Covid-19-pandemie en verlengde inperkingsmaatreëls het talle werkgewers onder geweldige druk geplaas. Talle bedrywe moes hul werksaamhede afskaal en het in sommige gevalle met artikel 189-afleggingsprosesse begin. In hierdie artikel bespreek ons lede se opsies met betrekking tot hul pensioenfonds en antwoord die vraag: Wat kan ons doen?

40

BEWAAR JOU PENSIOENGELD Die doel van ’n pensioenfonds is om vir ons oudag te voorsien. Een van ons doeltreffendste beleggingsvoertuie om pensioengeld te bewaar, is ’n

bewaringsfonds. Geld wat van ’n werkgewer se pensioenfonds na ’n pensioenbewaringsfonds geskuif word, word nie belas nie omdat die geld steeds in ’n pensioenvoertuig geplaas is. Dieselfde geld indien die werkgewer ’n voorsorgfonds het en die geld belastingvry na ’n voorsorgbewaringsfonds geskuif word. Ons kan ongelukkig nie bydraes tot ’n bewaringsfonds maak nie. Die opbrengs in dié voertuie word wel nie belas op grond van rente verdien of kapitale groei nie. Albei soorte bewaringsfondse moet voldoen aan regulasie 28 van die Pensioenfondswet. Ons kan ook begunstigdes vir die beleggingsvoertuig nomineer.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die belangrikste voordeel (of nadeel) van ’n bewaringsfonds is dat ons voor die ouderdom van 55 jaar slegs een onttrekking mag maak. Dié onttrekking is belasbaar en moet dus ’n laaste opsie wees wat oorweeg word.

AFTREE-ANNUÏTEIT Die alternatiewe opsie wat jy as belegger kan oorweeg, is ’n aftree-annuïteit. Dié beleggingsvoertuig het soortgelyke eienskappe as ’n bewaringsfonds, maar met ’n paar verskille. Soos in die geval van ’n bewaringsfonds, is die oordrag van geld vanaf die werkgewer se pensioen- of voorsorgfonds na die aftree-annuïteit belastingvry omdat die geld tussen pensioen-


voertuie geskuif word. Die aftree-annuïteit moet ook voldoen aan regulasie 28 van die Pensioenfondswet en soos ’n bewaringsfonds is opbrengste in hierdie voertuie in die vorm van rente verdien of kapitale groei, nie belasbaar nie. Jy mag as belegger in jou privaat hoedanigheid maandelikse of enkelkapitaalbydraes tot ’n aftreevoertuig maak. Dié bydraes genereer ’n belastingvoordeel, soortgelyk aan ’n werkgewer se pensioen- of voorsorgfonds. Die belastingvoordeel is tans 27,5% van jou vergoeding, met ’n limiet van R350 000 per belastingjaar. Laastens mag jy nie die kapitaal in ’n aftree-annuïteit onttrek voor die

ouderdom van 55 nie, tensy: Die fondswaarde R7 000 of minder is; Jy finansieel emigreer; of Jy permanent ongeskik verklaar word.

NADER AAN AFTREDE Ná die ouderdom van 55 mag jy wetlik uit die beleggingsvoertuie tree. Jy sal dan die keuse hê om ’n derde van die pensioen- of bewaringsfonds se saldo in kontant te onttrek en met die oorblywende twee derdes moet jy ’n inkomste koop in die vorm van ’n lewende of lewensannuïteit. Volgens huidige wetgewing mag persone met ’n voorsorgbewaringsfonds

die volle bedrag in kontant neem. Daar sal egter belastingimplikasies wees met die onttrekking van geld uit sowel ’n pensioenfonds as ’n voorsorgbewaringsfonds.

KRY RAAD MET JOU RANDE Mense se finansiële behoeftes verskil en daarom moet elkeen van ons advies inwin wat ons individuele behoeftes en huidige finansiële posisie in ag neem. Dis raadsaam om ’n onafhanklike adviseur te konsulteer, aangesien hulle toegang het tot verskeie produkverskaffers en dus relevante opsies kan voorstel. • Jaco Mostert is ’n finansiële adviseur by Solidariteit Finansiële Dienste.

Solidariteit Finansiële Dienste (FSP 15556) bied onafhanklike advies oor finansiële behoeftes soos aftreebeplanning, inkomstebeskerming en boedelbeplanning. Skakel 0861 101 005 of stuur ’n e-pos na advies@sfdienste.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

41


MYNWERKERS EIS Die departement van arbeid het gesê al meer mynwerkers eis van die staat se Vergoedingsfonds (VF) nadat hulle Covid-19 by die werk opgedoen het. Die VF het reeds 5 986 korona-eise ontvang.

WERKVEILIGHEID

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Werkgewers moet nie net téén virus veg nie, maar ook vír volhoubare sake

42

olidariteit het opnuut ’n beroep op werkgewers gedoen om te midde van die koronakrisis nie net hulle stryd téén die virus nie, maar ook die geveg vír volhoubare sakebedrywighede te verskerp. Paul Mardon, adjunkhoofsekretaris van Strategie en Volhoubaarheid by Solidariteit, verduidelik: “Behoorlike risiko-ontledings, die instelling en nakoming van behoorlike veiligheidsmaatreëls by die werk en voortgesette werk van die huis af waar toepaslik, maak dit moontlik vir almal om veilig en gesond te kan werk. Die fokus op veiligheids- en gesondheidsmaatreëls moenie verslap nie, maar eerder verskerp word.” Volgens Solidariteit hou die piektydperk verhoogde risiko’s in. Geen

Suid-Afrikaner se lewe behoort in gevaar gestel te word nie, maar ’n ekonomiese ineenstorting kan selfs meer lewens as Covid-19 eis. “Weens die toename in Covid-19gevalle eis sommige politieke partye en vakbonde, onder slagspreuke soos Gesondheid bo werk, dat alle verslapping van die inperkingsmaatreëls teruggetrek word en dat Suid-Afrika weer in ’n staat van totale inperking onder vlak 5 geplaas word,” het Mardon gesê. “Ongelukkig is daar ook ’n ander werklikheid, naamlik dat Suid-Afrika reeds in ’n ekonomiese resessie was voordat die inperkingsmaatreëls ingestel is en dat die hervatting en selfs die voortgesette verlenging van die grendelstaat ongetwyfeld sal lei tot ’n ekonomiese katastrofe met grootskaalse werkverliese, armoede en selfs ’n

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

humanitêre krisis,” het Mardon gesê. Solidariteit voer aan dat dit van uiterste belang is dat mense aanhou werk, maar dat dit nie ten koste van enigeen se gesondheid hoef te wees nie. Die risiko’s van Covid-19 is bekend en beheerbaar. “Solank werkgewers hierdie risiko’s deurlopend in ag neem en behoorlike beheermaatreëls in plek stel, kommunikeer en afdwing, en solank alle werknemers en die publiek dit nakom, is dit moontlik om mense veilig te laat werk in hierdie tydperk. Dit was juis die instelling en nakoming van hierdie beheermaatreëls wat daartoe gelei het dat die toename in Covid-19-gevalle selfs laer was as wat verwag is. Daar behoort nie ’n keuse tussen gesondheid en werk te wees nie – die antwoord lê in gesonde en veilige werk,” het Mardon gesê.



IN BEWEGING

FROUEVONDS VIER 1 JAAR!

FOTO’S: VERSKAF

MAAK VERSKIL IN DIE LEWE VAN DUISENDE VROUE EN MEISIES

44

ie nie waag nie, wen nie. So lui die bekende spreekwoord wat almal van ons by Solidariteit Helpende Hand elke dag aanspoor om te waag deur die hand te vat van ’n werklose persoon wat weer uit die as moet opstaan en van voor af moet begin. Ons waag deur geld uit te gee in die hoop dat ons daardeur ’n lewe kan verander. Op 22 Augustus 2019 het die FroueVonds haar eerste waaghalsige tree gegee. Ons het ’n splinternuwe rigting ingeslaan en ná net ’n jaar kan ons met dankbaarheid sê dat ons gewen het – nie vir onsself nie, maar vir ’n paar duisend ander vroue. Ons wen steeds elke dag vir húlle en met die Here se seën sal ons aanhou om te wen. Die FroueVonds se naam word met opset verkeerd gespel, want alles loop nie altyd reg nie. Dit is ook die rede waarom ons hierdie fonds gestig het. Ons het besef hoeveel meisies en vroue in moeilike omstandighede leef en nie die geleenthede het om die regte besluite te kan neem nie. Ons het geweet ons móét ingryp! Ons het hierdie reusetaak en roeping met albei hande aangegryp; onseker, maar met vertroue in die Een wat ons roep. In die eerste maand van die FroueVonds se bestaan het ons skenkings ter waarde van R608 500 ontvang.

Hierdie skenkings het bestaan uit – R307 000 se opleidingsbeurse van Imbalie Beauty-opleidingsakademie, Serwalo-haarakademie en die Susca Watts Akademie; skoene ter waarde van R180 000; finansiële bydraes van R103 500 wat genoeg was vir byna twee versendings van die #HelpHetta-projek vir 2020; en ’n gratis advertensie in die Bruidsgids, wat duisende bruide bewus maak van die FroueVonds. In die daaropvolgende maande is dié patroon voortgesit: Placecol het ons voorsien van genoeg produkte vir ’n volledige #HelpHetta-versending; Susan Coetzer het skilderye geskenk, waarvan een vir R20 000 verkoop is; Demi Lee Moore het twee van haar pragtige aandrokke geskenk waarvan een verkoop is vir R11 000 en die ander een ’n meisie se matriekafskeiddroom bewaarheid het. Uit hierdie inisiatief is die Droomrokke-projek gebore, wat meisies uitrus met ’n droomrok vir ’n spesiale dinee, hul troue of matriekafskeid wat hulle nie andersins sou kon bekostig nie. Verskeie sterk vroue vat daarna hande met die FroueVonds deur oor bemoedigende temas te skryf, wat ons vroue inspireer om daardie belangrike eerste tree na hulle toekoms te neem. Ná een jaar van waag, spog ons in Augustus 2020 met ’n totale inkomste

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

van R3 051 190 wat in die vorm van produkte, opleidingsbeurse, finansiële bydraes en mediadekking geskenk is. Die twee woorde wat die eerste bestaansjaar van die FroueVonds kenmerk, is “in verwondering”. Ons staan elke keer in verwondering oor die Here se seën en die deure wat Hy keer op keer vir ons oopmaak. Wanneer probleme en vraagstukke opduik, gee Hy telkens getrou vir ons die antwoorde. Om die FroueVonds se eerste verjaarsdag te vier, neem ons weer ’n groot tree en waag ons groot. In samewerking met Finesse Goedvoel-tydskrif, Carpe Diem Media en die alombekende Lynette Beer stel ons ’n FroueVondsdagboek vir 2021 bekend! Die wins uit die verkoop van hierdie dagboek sal spesifiek aangewend word om rentevrye studielenings te gee aan behoeftige vrouestudente wat kort kursusse in skoonheidsterapie by Imbalie Beautyopleidingsakademie sal deurloop. Om ’n pragtige FroueVonds-dagboek vir 2021 met daaglikse inspirerende boodskappe deur Lynette Beer te bekom, besoek www.frouevonds.co.za. Koop sommer vir al jou vriendinne, kollegas en die geliefde vroue in jou lewe een. Vir jou is dit dalk net ’n dagboek, maar vir die FroueVonds is dit ’n sleutel in die hand van ’n vrou wat waag om ’n deur tot ’n beter toekoms vir haarself of iemand anders oop te sluit.


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R135 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R150 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Premie is gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit Legal X isdienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële Beperk, dienste •FSP-nommer: FSP-nommer: finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy 755277


IN BEWEGING

MEER AS 50 TON WILDSVLEIS IN DRIE JAAR VIR HONGER MAGIES

FOTO’S: VERSKAF

STIL SPORE IN DIE SAND

46

k sit hier langs ’n vuur op die plaas Lichenry Bush Lodge and Hunting Safaris in die hartjie van Limpopo, gereed vir HelpJag se jaarlikse jagtog. Lichenry en die manne by New Heights Security het die HelpJag-span van Helpende Hand genooi om saam te kom jag op hierdie vyfsterjagplaas ten bate van HelpJag. Langs my, om die hardekoolvuur wat lekker brand, sit HelpJag se ambassadeurs: Bakkies Botha vertel staaltjies dat die manne huil soos hulle lag, en Adam Tas se diep, singende stem maak ons almal rustig terwyl ons gesels oor boogjag en wat ons môre in die veld gaan jag. Ons mis egter vir Appel wat ongelukkig nie die jagtog kon meemaak nie. Hy is egter steeds met trots deel van die HelpJag-span. Met sonsopkoms drink ons almal ’n lekker koppie boeretroos en maak reg om te gaan jag sodat ons sowat 160 kinders vir ’n maand lank met wildsvleis kan voed. Ons ou vriende en mediavennote, Hennie en Christine van Wild & Jag, wag slaggereed met hul kameras om die dag se gebeure op film vas te vang. Ons ambassadeurs is geklee in jagklere geborg deur Sniper. Die dag hou baie opwinding vir ons jagters in. Elkeen weet waarom hy of sy hier is en elkeen doen sy of haar deel om vandag ’n verskil te maak aan die hongersnood in ons land. Dan vaar ons die veld in met ons professionele jagter en spoorsnyers aan die stuur. Die winterson skyn sag op ons koue hande en maak ons weer opreg dankbaar vir die natuur en dít wat ons Hemelse Vader elke dag so onverdiend vir ons gee. Terwyl ons deur die veld stap, dink ek aan die woorde van Adam Tas se lied “Waidmannsheil”: “My vellies loop stil spore in die sand”. Dis my beurt om my eerste bok te jag. Met ’n 308 Musgrave, ’n Bushnell-teleskoop en ’n

Die Helpende Hand-span: Margolé Riekert, Hannes Noëth, René Roux en Johan Nel. Adam Tas

Bakkies Botha

Aimsonic-knaldemper kry ek die geleentheid om ’n rooibok vir die HelpJagprojek te skiet, natuurlik met baie leiding en geduld van een van my kollegas, Johan Nel. Dit was ’n onbeskryflike ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. Met aandete kon ons saam as vriende gesels en peins oor 2020 se jagseisoen wat nog lank nie verby is nie. Ons kon saam hande vat in dankbaarheid vir die 16,5 ton wildsvleis wat ten spyte van Covid-19 vanjaar reeds ingesamel is. Ons verwagtinge is oortref en dit is alles te danke aan die publiek wat ook skenkings maak vir die HelpJag-inisiatief. Dit is tyd om die Bosveld te groet. Ons trek met trots ons ambassadeurs se

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

klerereeks aan – die gemaklike T-hemde van Adam Tas se reeks “Want ek is boer” en die lekker warm baadjies van Appel se reeks “Ek is jagter”. Ons wil nie terugkeer stad toe nie, want die Bosveld en sy glorie laat jou vergeet van Covid-19, maar ons weet dat ons ’n tikkie hoop terugneem na die Jakarandastad. HelpJag is vanjaar drie jaar oud en het saam met ons skenkers reeds meer as 50 ton wildsvleis ingesamel vir honger kinders. Jy kan help as jy ook ’n jagter is. Besoek gerus www.helpjag.co.za en as jy net ’n finansiële bydrae wil maak om die koste van die verwerking van die wildsvleis te dek, stuur gerus ’n e-pos aan margole@helpjag.co.za



IN BEWEGING

MAAK DÍT WAT JOU GESLAG DOEN & BOU

FOTO: FRANCOIS OLIVER

MONUMENTAAL

48

ie afgelope paar maande was nie maklik nie. Ons lewens het verander en baie dinge is skielik vreemd en onbekend. In hierdie onseker tyd is dit belangrik dat ons vashou aan dinge wat bekend is, soos ons geloof, ons monumente, ons taal, ons kultuur, ons mense. Juis daarom het Solidariteit Helpende Hand die veldtog genaamd Monumentaal afgeskop. Die bedoeling is om ons weer te bring by dít wat bekend is. Die betekenis van die veldtog word in een sin vervat: Kyk terug na die verlede en bou in die geloof ’n toekoms. Wanneer ’n mens by bekende bakens staan, onthou jy en word jy omring met bekendheid, en dan skep jy moed en gaan vorentoe. Die hele Solidariteit Beweging getuig van bou aan ’n toekoms en daarom is dit vir Helpende Hand so ’n vreugde om deel hiervan te wees. Om by monumente te staan en te onthou, is ’n vreugde en ’n voorreg. Ons onthou só van mense, tye, oorloë, uitdagings, prestasies, beproewings, seer, verliese, van hoop en uithou, van vorentoe gaan en vertrou. Maar ’n mens moet nie daar bly staan nie, jy moet deel word van die lewende monumente van jou tyd, van dít wat jou geslag moet doen en bou. Jy moet monumentaal raak in jou denke, jou roeping, jou erfenis wat jy nalaat. Hoe bevoorreg is ons om, wanneer ons moed en hoop skep, ook te kan deel in die bou van ’n lewende beweging saam met ons mense, hulle wat aan ons bekend is en saam met ons glo en werk aan ’n toekoms! Vir Solidariteit Helpende Hand is die volgende monumentaal: Ons ondersteuners, takke, streke, vrywilligers, donateurs en familie, want julle leer ons omgee en in warmte mekaar toevou. Elke projek van Helpende Hand is monumentaal,

Die sanger Ruhan du Toit het einde Julie ‘n splinternuwe album, Monumentaal, vrygestel. Monumentaal het aanleiding gegee tot die Ons is Monumentaal-inisiatief wat Ruhan saam met Helpende Hand van stapel gestuur het om kulturele armoede te verlig.

want dit los die stempel van liefde en omgee. Ons Studiefondssentrum, omdat dit kanse gee waar geen uitkoms was nie, omdat dit moontlikhede skep en toekomsgeleenthede gee vir dié wat wil studeer, maar nie sou kon nie. Ons Winkels, want dit getuig van ’n gemeenskap van gee en offer en van volhoubaarheidsplanne wat daargestel word vir strukture wat hou en verandering bring. AfriForum se projekte, want hulle leer ons opstaan, veg en bou, en oortuig ons daarvan dat ons saam sterker is. Solidariteit met al sy verskillende afdelings, want hulle leer ons die noodsaaklikheid van werk, van mekaar vashou, van reg en onreg, van saam beplan en ’n netwerk van werk. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS), want hulle belê in ons nageslag, in gehalteskoolonderrig, en hulle gaan voort en gee leiding wanneer baie kundiges ronddobber op soek na rigting. As skole toe is, bou hulle Die Wolkskool. Akademia en Sol-Tech, omdat hulle bou as ander breek, omdat hulle hoop gee as mense moedeloos is en omdat hulle lewende

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

monumente van hoop oprig. Die FAK, omdat hulle ’n liefde vir die eie het en ons mense nie versaak nie, omdat hulle dít wat bekend is, bekend hou en dít wat onbekend geraak het, weer bekend maak. Pretoria FM, omdat hulle in hoop glo en leef in Afrikaans, en dit daagliks praat in ons huise, motors, oor ons fone en in ons kantore. Maroela Media, omdat hulle geloofwaardig en met integriteit berig, skryf, ondersoek en weergee. Kanton (ons beleggingsmaatskappy), omdat hulle die bou van lewende monumente moontlik maak, ’n werklikheid maak en drome ’n realiteit maak. Orania, omdat hulle pioniers is van uitdagings, van bou, van selfstandigheid en selfwerksaamheid. Die toekoms is aan ons onbekend, maar as ons terugkyk, sien ons monumente staan, geboue, spore in sement, kerke, hopies klippe, simbole en ons kyk dankbaar vorentoe, vir almal wat saam bou en werk. Ons doen dit nie omdat ons wil teruggaan na gister nie, maar omdat ons wil bou aan ’n môre vir ons mense, ’n land vir ons kinders, ’n leefruimte in vryheid, veiligheid en voorspoed. Ons is monumentaal.



#VegEnBou

AfriForum se nuwe noordstreek-beheerkamer is begin September in Ellisras bekendgestel. Dié beheerkamer gaan die sowat 65 buurtwagte in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga bystaan en is in samewerking met Monster Sekuriteit opgerig. Kol. Daniel Ramakgoakgoa, stasiebevelvoerder by die Lephalale-polisiekantoor, het die burgerregte-organisasie bedank vir hul samewerking en die manier waarop hulle die gemeenskap dien.

Só woeker AfriForum landwyd tydens koronakrisis Geen rus vir bedrywige tak Rassistiese burgemeester geskors

AfriForum het ’n klag van haatspraak teen Nkosinjani Speelman, burgemeester van die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit, by die Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak nadat ’n video vroeër vanjaar op sosiale media die rondte gedoen het waarin Speelman bruin mense beledig en die weermag aanhits om met geweld teen landsburgers op te tree tydens die staat van inperking. “AfriForum beskou Speelman se uitlatings as haatspraak omdat hy ’n etniese groep op grond van hul identiteit geteiken het en ook aangemoedig het dat geweld teen hulle gepleeg word,” het Natasha Venter, veldtogbestuurder by AfriForum, gesê.

220

Die getal slaggate wat AfriForum se Potchefstroom-tak die afgelope paar maande herstel het.

Vuishou vir vullis

Die Naledi- plaaslike munisipaliteit het aangekondig dat hulle Vryburg se vullisterrein gaan skoonmaak ná volgehoue druk deur AfriForum se tak. Die munisipaliteit het in April, met die hulp van die departement van openbare werke, die terrein begin opknap.

50

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Die Rustenburg-tak het die afgelope jaar herstelwerk en instandhouding ter waarde van R120 000 in samewerking met Demar Konstruksie by die munisipale woonstelle vir bejaardes in Kremetartlaan en Kerkstraat verrig. Die tak het ook sy langtermynskoonmaakprojek hervat en onder meer die gras op die sypaadjie van Oliver Tamborylaan gesny en slaggate in Kloofweg, Landdrosstraat, Brinkstraat en Joubertstraat opgevul.

Water onderdeur die brug Duisende liter water het weens ’n lekkasie in ’n waterpyp in Westonaria verlore gegaan omdat daar ’n tekort aan geld en ambagslui by die plaaslike munisipaliteit is. AfriForum se tak het hand in eie sak gesteek en die waterpyp herstel.

Kamieskroon-krane kreun weer

Kamieskroon het weer water nadat dié dorp se pyplyne, waterpompe en boorgate herstel is. Dit volg nadat AfriForum se tak briewe aan die munisipaliteit, asook aan Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, gerig het en versoek het dat die munisipaliteit die probleem oplos.


Buurtwagte staan bont

Rioolprobleem kafgedraf Sedert Augustus 2019 vloei ongesuiwerde riool nie net deur dorpe soos Welkom, Virginia en Odendaalsrus se strate nie, maar ook in van hul inwoners se agterplase, motorhuise en tuine weens die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit se swak bestuur. AfriForum se Welkom-tak het gevolglik strafregtelike klagte teen dié munisipaliteit ingedien nadat hulle verlede jaar reeds ’n dringende beroep op die munisipaliteit gedoen het om dié rioolprobleme reg te stel. Die munisipaliteit het egter nog geen poging aangewend om die probleem op te los nie en die tak is genoop om ’n kontrakteur aan te stel om van die mangate in die Lakeview-woonbuurt in Welkom skoon te maak.

AfriForum se Bellville-buurtwag het op ’n vrou se noodoproep gereageer nadat haar dogter begin hiperventileer het. Buurtwaglede is via ’n WhatsApp-stemboodskap in kennis gestel dat dringende mediese hulp in Oakdale benodig word. Hulle het onmiddellik gereageer en twee buurtwaglede met vlak 1-noodhulpopleiding is uitgestuur om bystand te bied. ’n Ambulans is ook ontbied om die persoon te stabiliseer en na die plaaslike hospitaal te vervoer. Die persoon is ’n dag ná die voorval ontslaan. Die Pietersburg-buurtwag het op sy beurt in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens ’n verdagte in ’n gesteelde voertuig vasgetrek en gearresteer nadat hulle inligting ontvang het dat verdagtes in drie gesteelde voertuie op die N1-noord op pad na Pietersburg is. Danksy die buurtwag en polisie se blitsige optrede en samewerking is een van die verdagtes aangekeer en in hegtenis geneem. Dié verdagte word reeds sedert 8 Maart deur die polisie vir motordiefstal en ander misdade gesoek.

Bejaardes in Brakpan gehelp

Die AfriForum-tak in Brakpan het gehelp om twee geisers by die Tweedy Park-woonsteleenhede, wat hoofsaaklik bejaarde inwoners huisves, te vervang.

Koekenaap maak korte mette van smokkelaar

Die AfriForum-plaaswag in Koekenaap het in samewerking met die polisie ’n verdagte dwelmsmokkelaar vasgetrek en in hegtenis geneem. Die plaaswag is geaktiveer ná ’n verdagte voertuig opgemerk is. ’n Padblokkade is opgerig, waarna die verdagte te voet op die vlug geslaan het. Hy is egter vinnig aangekeer en die polisie het op die voertuig en dwelms daarin beslag gelê.

Hertzogville-begraafplaas opgeknap

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

Die AfriForum-tak hier het die plaaslike begraafplaas in samewerking met die boerevereniging skoongemaak. Die tak het die brandstof vir die rantsnyers, bossiekappers en grassnyers verskaf, terwyl inwoners en sakeondernemings ook ruim bygedra het.

10

140 takke plant meer as 2 500 bome Sedert 1983 word Nasionale Boomplantmaand elke jaar in September gevier. AfriForum het in 2011 besluit om hierdie omgewingsvriendelike inisiatief te steun en sedertdien het die organisasie en sy takke meer as 12 000 bome reg oor die land geplant. AfriForum het boomplantmaand afgeskop deur ses Natal-vyebome (Ficus Natalensis) by The Lucky Lucy Foundation buite Malmesbury te plant. Twee bome is vanjaar as nasionale bome geïdentifiseer, naamlik die Kaapse Essenhout (Ekebergia Capensis Cape Ash) en die Kremetartboom (Adansonia Digitata). AfriForum se boomplantmaand behels dat die organisasie se 140 takke reg oor die land meer as 2 500 bome gaan plant. Vir die res van die maand gaan bome ook in Orania, die Kaapse metropool, George, Upington, Ellisras, Thabazimbi, die Oos-Rand, Standerton, die Moot, Rustenburg, Vryburg, Bloemfontein, Sasolburg, Potchefstroom en Klerksdorp geplant word.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

51


DIE LIG VAN

hy die beste ken. Hoewel hy ook ’n besondere skeppende kunstenaar is, is dit in die uitvoerende kuns waar hy homself onderskei. Vir ’n musikant van sy soort is die huidige situasie veral baie moeilik, want skeppende kunstenaars verdien ten minste hier en daar ’n geldjie deur tantieme en indien hulle in die jare voor die waansin van 2020 ’n lewensvatbare bestaan kon uitkalwe, kan hulle aansien en profiel hulle ten minste die momentum gun om hier en daar iets te red. Ons telefoniese gesprekke duur gewoonlik ’n paar ure. Hy pak beheersd af, maar is te trots om heeltemal te laat gaan. Wat hy wel noem, is dat die bankrekening leeg is. Die druk op die huishouding is groot, en klein jakkalsies word groot wolwe wanneer die koskas leeg raak. Vriende en familie gee graag raad: Het jy al dit en dat probeer, en wat van sus of so? Asof hy nog nie aan alle opsies gedink het nie. Mediese fonds en versekering is tot die minimum besnoei. Hy is bereid om rakke reg te pak in die winkel van iemand wat hy ken. Die verskil tussen hom en die rakpakker langs hom is dat hy nie anoniem is nie… Die afgelope week het hy egter

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ie versengende son bak genadeloos op hom neer. Hy is oud, moes al lankal ’n oupa gewees het, maar stap nou met sy laatlammetjie die steilte uit. Dae lank het hulle gereis om hier te kom en hy is met elke tree gekasty deur die aakligheid van sy situasie. Gelukkig is sy woelige seuntjie nie te onhebbelik nie – hy het vir hom heelwat gegee om te dra en die knapie swoeg en sweet onder die gewig. Maar wat hý dra, is veel groter. Sy hart is swaarder as die berg wat hulle nou bestyg. Die toekoms is duister en daar is byna geen hoop nie. *** Vanuit my perspektief beskou, het die inperkingsmaatreëls vir die koronavirus meer skade aangerig as die virus self. Met my wortels diep in die vermaaklikheidsbedryf het ek vele kontakte, en hulle verhale is treurmare op treurmare van beroepsvernietiging en hartverskeurende druk. My beste vriend in die bedryf is ’n dierbare bondel lig. Sy energie en openhartige glimlag verhelder enige kamer wat hy binnestap. Musiek is wat

52

hoop

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

goeie nuus gehad om te deel. Hy het vir ’n verkopekursus by ’n ouditmaatskappy ingeskryf, dit voltooi en het tans die geleentheid om meer ervare werknemers te skadu, teen ’n minimale vergoeding, met die oogmerk om uiteindelik alleen die veld te betree. Die hoop wink. Hy hoef nie meer te veg teen die verslonsing as ’n werklose broodwinner in sy eie huis nie. Hy trek nou ’n pak aan en hou vroegoggend vergaderings op Zoom. Die lig van hoop inspireer groter industrie in die huis – dinge word opgeknap en netjies gehou. Die lig van hoop skep trots vir hom, sodat ander probleme kleiner voorkom. Die lig van hoop versag die trant tussen hom, sy vrou en kinders. Die lig van hoop dra waardigheid by tot sy deur teëspoed geteisterde wese. *** Die ou man, sy hart flenters en sy gemoed bedruk, bereik die kruin. Hy stapel moeisaam, verpletterd ’n hoop klippe op mekaar. Hy bind sy seun vas en lê hom daarop neer. En net voor Abraham sy seun die doodsteek gee, roer ’n verstrengelde bokram in die struik langs hom.


Potchefstroom Akademie

TOEKOMSSUKSES BEGIN HIER!

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

n die tye waarin ons onsself tans bevind, is dit nou belangriker as ooit om jouself met die nodige vaardighede toe te rus om nie net ’n entrepreneur te kan wees nie, maar terselfdertyd Suid-Afrika se ekonomie te kan help bou. Potchefstroom Akademie, ’n hoër onderwysaanbieder, is in 1981 op die been gebring en het sedertdien gegroei tot een van Suid-Afrika se toonaangewendste privaat tersiêre instellings van sy soort. In 2003 is The South African Academy for Hair and Skincare Technology (SAAHST) as verdere opvoedkundige aanbieder gebore. Dit beteken dat studente van albei instansies voordeel trek uit toegang tot die gedeelde fasiliteite, hulpbronne en kundigheid. Potchefstroom Akademie en die SAAHST bied ’n verskeidenheid loopbaangerigte kwalifikasies en kortkursusse aan wat spesifiek gerig is op die ontwikkeling van vaardighede. Opwindende nuus is dat Potchefstroom Akademie en die SAAHST op 24 Oktober ’n virtuele opedag aanbied, en almal is welkom! Maak seker jy besoek www.potchacademy.co.za om te registreer. Registrasies is reeds oop! So, gryp hierdie geleentheid sommer nou aan! Hiermee ’n kort opsomming van wat ons kursusse behels:

HAARKAPPERY Die SAAHST bied voltydse opleiding in haarkappery op die Potchefstroom Akademie-kampus aan. Ons lewer stiliste

FOTOGRAFIE

aan die arbeidsmark wat met selfvertroue kan sê dat hulle nie net ervaring in haarkappery het nie, maar ook in grimering, haarverlengings en kopmassering.

SOMATOLOGIE Somatologie is ’n veeldoelige loopbaan wat ’n verskeidenheid vel- en liggaamstoestande behandel in ’n holistiese en gesondheidsverwante benadering. ’n Voltydse driejaardiploma in Somatologie aan Potchefstroom Akademie bied die wetenskaplike basis en kundigheid in die kuns van persoonlike versorging en uiteindelike welstand.

KOSMETOLOGIE Stel jy in skoonheidsbehandelings en die skoonheidsbedryf belang? Indien wel, bied die SAAHST se sertifikaat in Kosmetologie die nodige praktiese en teoretiese kennis aan studente om die skoonheidsterapiebedryf te betree.

INTERIEURONTWERP As ’n interieurontwerper benodig jy die aangewese vermoë om kreatief te wees, om probleme op te los en ruimtes driedimensioneel te visualiseer, terwyl die kliënt se behoeftes aangepak word. Die omvang van die kwalifikasie vir interieurontwerp by Potchefstroom Akademie sluit privaat, woon- en korporatiewe ruimtes in, asook die versiering van openbare ruimtes.

Die Hoër Sertifikaat in Fotografie bied die geleentheid om jou kreatiwiteit vlerke te gee. Studente word voorberei op die opwindende wêreld van fotografie en word toegerus om in alle fasette van die bedryf te werk.

TERAPEUTIESE AROMATERAPIE, MASSERING EN REFLEKSOLOGIE Potchefstroom Akademie bied voltydse kwalifikasies in terapeutiese aromaterapie, massering en refleksologie aan. Dié terapeutiese kwalifikasies fokus elkeen afsonderlik op hul eie nisarea. Aromaterapie fokus op die bemeestering van kuns en wetenskap om sinergistiese mengsels van essensiële olies te skep. Terapeutiese massering is die manipulering en mobilisering van sagte weefsel om spiere van spanning en pyn te genees, terwyl refleksologie drukmassering is wat op reflekspunte van die hande of voete toegepas word om die liggaam te stimuleer om homself te genees.

KANTOORADMINISTRASIE EN FINANSIËLE REKENINGKUNDE Die SAAHST bied voltydse kwalifikasies in kantooradministrasie en finansiële rekeningkunde. Hierdie kwalifikasies bied ’n sterk basis in besigheid, finansies en bestuur, beplanning, mensebestuur en die ekonomie van die bedryfsomgewing. Potchefstroom Akademie en die SAAHST bied ’n lewendige studentelewe met studente-akkommodasie wat binne loopafstand van die hoofkampus is. Ons bied ’n unieke ervaring aan waarop elke student trots kan wees. Jou toekomssukses begin hier!

Om meer oor Potchefstroom Akademie te wete te kom, besoek www.potchacademy.co.za of skakel 018 294 9000.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

53


FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Laat jou geld blom - kies die buiteland as BELEGGINGSBESTEMMING

54

p die keper beskou, is Suid-Afrika nie die mees belowende beleggingsbestemming nie. Hoë vlakke van staatskuld, korrupsie en staatskaping, lae produktiwiteit en ’n hoë werkloosheidskoers lei tot politieke en ekonomiese onbestendigheid. Die gevolg daarvan is groot wisselvalligheid in die waarde van die rand teenoor buitelandse geldeenhede, onttrekking van buitelandse beleggings en ’n algehele gebrek aan beleggersvertroue. In sy boek The South African’s Guide to Global Investing wys beleggingspesialis en skrywer David A. Joshua daarop dat die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) minder as 1% van die wêreld se beleggingsgeleenthede uitmaak. Tog is daar talle Suid-Afrikaners wat dit nog nooit oorweeg het om minstens ’n gedeelte van hul bates buite die land te belê nie. Plaaslike beleggers wat werklik ’n globale strategie ten opsigte van die diversifikasie van hul beleggings volg,

sou dus slegs 1% van hul totale bates in Suid-Afrika belê en die ander 99% in buitelandse markte – die Amerikas, Europa en Asië. Die res van Afrika is ’n moeilike beleggingsbestemming omdat Afrikalande se geldeenhede oor die algemeen wisselvallig is, beleggings riskant is en dit weens valutaregulasies nie altyd moontlik is om die geld weer uit die betrokke land na Suid-Afrika te repatrieer nie.

HOEVEEL MOET EK IN DIE BUITELAND BELÊ? Die meeste Suid-Afrikaanse beleggingskenners beveel wel ’n sogenaamde tuisland- of plaaslike voorkeur aan, en wel omdat dit in ooreenstemming met internasionale tendense is. Die vraag is dan watter persentasie van ’n mens se beleggingsbates na die buiteland verskuif behoort te word. Die VSA beskik oor ongeveer 40% van die wêreld se verhandelbare beleggingsinstrumente, terwyl sowat 65% van die wêreld se geld in Amerikaanse dollar uitgereik is. Amerikaners het dus veel minder rede as beleggers van ander lande, veral van Suid-Afrika, om hul beleggings globaal te diversifiseer. Tog toon navorsing dat Amerikaners tot 40% van hulle beleggings buite die VSA doen. Op grond van dié tendens sou ’n mens met sekerheid kon sê dat SuidAfrikaners minstens ’n derde van hulle beleggings in die buiteland behoort te belê, en met gerustheid 40% of meer.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

HOE BELÊ ‘N MENS OORSEE? Hoe gaan ’n mens te werk om jou geld oorsee te belê? Suid-Afrikaners mag tot R1 miljoen per jaar sonder belastingklaring in die buiteland belê. ’n Getroude egpaar sou R2 miljoen per jaar kan belê sonder om hulle oor die Ontvanger van Inkomste te bekommer. Indien ’n mens kans sien daarvoor om belastingklaring te kry, kan jy hierdie bedrag met ’n verdere R10 miljoen per jaar opskuif. Die belastingklaring is eintlik maar net formele toestemming van die Ontvanger dat ’n persoon se belastingsake in orde is.

KRY BATEBESTUURDER SE HULP MET BELEGGINGS Kry ’n erkende batebestuurder se hulp indien jy van jou beleggings oorsee wil skuif. Só ’n batebestuurder het die nodige kundigheid om jou te adviseer oor die kanaal en die tydsberekening van jou belegging, dus wanneer die rand relatief sterk teenoor buitelandse geldeenhede vertoon, asook in watter bateklasse jy kan belê. Die keuse is gewoonlik tussen buitelandse aandele, rentedraende kontant of buitelandse eiendom. Tydsberekening is ook van kardinale belang wanneer jy jou geld wil terugbring Suid-Afrika toe. Dit moet verkieslik op ’n tydstip wees wat die rand relatief swak staan teenoor buitelandse geldeenhede, sodat jy meer rande kan terugbring na Suid-Afrika.



SPLINTERNUWE SEISOEN

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Wêreldklasstudie, gehaltekwalifikasie in jou moedertaal!

56

eptember is een van die mooiste maande, met pragtige bloeisels wat dui op lewe, groei en ’n opwindende nuwe seisoen. By Akademia ervaar ons ook uitbreiding, nuwe geleenthede en groei. ’n Nuwe fase word betree met die uitbreiding van ’n splinternuwe kampus in Centurion wat duisende Afrikaanssprekendes die geleentheid sal gee om ’n gehaltekwalifikasie in hul moedertaal te voltooi. Hierdie uitbreiding is die kleurvolle bloeisels van ’n selfs groter projek wat in die toekoms die lig gaan sien – die ontwikkeling van ’n omvattende residensiële kampus. Akademiese en ondersteuningspersoneel werk onverpoosd om die tussentydse kampus vir 2021 gereed te kry, verdere kwalifikasies te ontwikkel, en om planne vir ’n onvergeetlike studente-ervaring te beraam. Die bestaande onderrigleermodel bied reeds ’n goeie grondslag en sal verder uitgebou word. Hiermee saam beoog Akademia om ’n nog groter ondersteunende rol te speel in die vorming en ontwikkeling van jongmense tot selfstandige volwassenes. Die jaar 2020 het ons geleer van nuwe geleenthede, ander maniere van doen en om aan te hou ten

spyte van die uitdagings wat buite ons beheer is. Só het dit ook geleenthede vir Akademia ontsluit. Die feit dat klasse ten spyte van die inperking steeds aanlyn kon voortgaan, het die weg gebaan vir ’n bykomende studiemoontlikheid – ’n e-leeropsie. Studente wat in afgeleë gebiede woon, sal vanaf 2021 aanlyn kan aansluit by kontaksessies wat nauurs by ons studiesentrums aangebied word. Boonop is Akademia se programaanbod uitgebrei met ses nuwe kwalifikasies wat onlangs bekendgestel is, waarvan die eerste studente in 2021 verwelkom word. Wie nie waag nie, wen nie! Daarom

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

bou Akademia aan ’n wêreldklasuniversiteit om geleenthede te skep vir ons jeug en vir werkendes wat wil studeer. Akademia is dankbaar vir die volgehoue ondersteuning van vriende en lede van die Solidariteit Beweging wat verseker dat Akademia aanhou groei en die instelling in staat stel om nuwe hoogtes te bereik. As jy graag betrokke wil raak en help bou aan dié Afrikaanse studietuiste, stuur gerus ’n e-pos na vriende@akademia.ac.za. • Vir meer inligting, besoek www.akademia.ac.za, stuur e-pos na navrae@akademia.ac.za of ’n WhatsApp na 0861 222 888.



Vroue van staal

staan hul man

Die ambagswêreld word tradisioneel gesien as ’n manswêreld waar gespierde kêrels met oliebesmeerde hande in vuil oorpakke werk. Die werklikheid is egter ver verwyder van dié stereotipe, en ’n mens tref deesdae ook fyn dames met netjiese poniesterte en mooi geverfde naels in ’n werkwinkel aan. By Sol-Tech staan die Evasgeslag (in hoëhak- en veiligheidskoene) waarlik hul man, by wyse van spreke. Sol-Tech het 70 personeellede waarvan 39% vroue is. Sol-Tech het reeds 12 vroue in verskeie ambagte opgelei, meestal as elektrisiëns, maar ook as dieselwerktuigkundiges, gereedskapmakers en meulmakers. Ons het by drie Sol-Tech-dames aangeklop.

VANESSA VERSTER

ADJUNKHOOF: ONDERRIG EN OPLEIDING

V

FOTO’S: MARTIE MAREE

anessa is in Pretoria gebore en die destydse PU vir CHO (nou die Noordwes-Universiteit) is haar alma mater. Sy sê die lekkerste deel van haar werk is om saam met die mense van die Sol-Tech-familie te werk. “Ek hou daarvan dat dít wat gister goed genoeg was, oortref sal word deur dit wat ons môre gaan doen. Dis waarom ons leuse is: Môre begin vandag!”

58

Waarom die ambagswêreld? “Ek was bevoorreg om reeds vroeg in my loopbaan blootstelling in ’n oorwegend tegniese werkomgewing te kry toe ek in die laat 1980’s by Natref by die hoofbestuurder se mentorskapprogram vir die versnelde ontwikkeling van jong, vroulike ingenieurs betrokke geraak het. Ek het hierna ervaring van akademiese gehaltebeheer in privaat hoër onderwys opgedoen en ’n draai in ’n SETA se gehaltebeheerafdeling gemaak. Ek het in dié seisoen van my loopbaan ook spesifieke kwalifikasieraamwerkuitsette vir die MerSETA hanteer. Dit was ’n natuurlike uitvloeisel om my kennis en ondervinding te midde van die uitdagings van ’n tegniese omgewing toe te pas toe die geleentheid hom voordoen.” Hoe ervaar jy jou plek as vrou in die tradisioneel manlike ambagswêreld? “Dit is so dat die tegniese omgewing

tradisioneel ’n manswêreld is. Daar het egter meer geleenthede vir vroue ontstaan danksy die rekenarisering van stelsels wat tot gevolg het dat daar wegbeweeg word van harde handearbeid. Sol-Tech se ambagsvroue staan werklik nie terug vir hul manlike eweknieë nie. PLC en selfs omgewings soos CNC en 3D-drukwerk is areas waar vroue hulle baie goed van hul taak kwyt sonder om hul vroulikheid in te boet. Dit is dikwels ’n geval dat ’n vrou se kleiner liggaamsbou, mobiliteit en ’n vaste hand fyner werk en knapper spasies makliker kan akkommodeer.” Watter programme sou jy graag by SolTech wou sien? “Tegniese en ambagsopleiding sal altyd Sol-Tech se kernfokus wees. Ons is reeds besig om kwalifikasies vir verdere spesialisering te ondersoek, soos bedradingslisensies en korter leerprogramme wat diversifikasie vir reeds gekwalifiseerde ambagslui moontlik maak. Sol-Tech streef daarna om by ons nuwe

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Vanessa Verster

kampus onderrig- en opleidingsgeleenthede in die vorm van kort leerprogramme te bied. Wat die beroepsertifikaat betref, ondersoek ons ook geleenthede spesifiek vir vroue, met kwalifikasies soos vroeëkinderjareontwikkeling, konferensie- en geleentheidsbestuur, en loopbaanberading.”


Angelique Jordaan

Simone van Vuuren

SIMONE VAN VUUREN

S

SOL-TECH-STUDENT

ANGELIQUE JORDAAN

A

LEKTOR: ELEKTRIES

ngelique is een van Sol-Tech se praktiese opleidingslektore. Sy is ’n selferkende sportverslaafde wat al vier keer die Comrades Marathon kafgedraf het. Praat ’n mens met Angelique, is dit duidelik dat haar rigting vonke in haar wêreld laat opskiet – sy is mal daaroor! Angelique is passievol oor haar studente en put vreugde daaruit om te sien dat die jong generasie ’n sukses van hul lewens maak. Vertel van jou loopbaan tot hier “Ek gee tans opleiding in die elektriese, elektroniese en PLC-ambagte. Ek het direk ná skool met my opleiding by BMW SA begin. Hier het ek megatronika studeer en as meulmaker gekwalifiseer. Ek en ’n spanmaat het Suid-Afrika in 2017 in megatronika by die Wordskills-kompetisie in Abu Dhabi verteenwoordig. Nadat ek my ambag verwerf het, het ek ondervinding by verskeie maatskappye opgedoen, onder meer as senior robottegnikus en lektor. Ek het in 2019 by Sol-Tech begin”.

Hoe lyk jou dag-tot-dagwerksaamhede? “Elke dag se take verskil. Ek probeer om elke dag my uiterste bes te gee om te alle tye gehalte-opleiding aan die studente te verseker. Of dit PLC (programeerbare logikastelsels), elektronika (LED’s wat flikker) of elektrisiteit is waar alles bymekaar kom om die ligte te laat brand, dit is belangrik om die regte beginsels toe te pas.” Word die ambagswêreld tradisioneel as ’n manlike wêreld gesien? “Dit is so, veral die elektronika-omgewing word as meer manlik gesien. Maar daar is al meer vroue soos ek wat hul roeping in ’n tegniese rigting uitleef, en ’n sukses daarvan maak. Ek was nooit tydens my opleiding heeltemal vroualleen nie, maar vroue was beslis in die minderheid. Ek was in ’n tegniese hoërskool waar ons in graad 12 net 15 meisies was en byna 160 seuns. Tydens my opleiding by BMW was ons net 8 vroue in ’n groep van 30 studente. Maar ons vroue vaar goed in die tegniese ‘manswêreld’.”

imone is tans besig met haar elektriese opleiding by SolTech. Sy sien haarself as ’n ambagsvrou en geniet elke oomblik daarvan. Watter uitdagings ervaar jy as vrou in jou studies? “Daar is elke dag verskillende uitdagings, maar ek glo dat ’n mens dit moet oorkom en probeer om jou sterkpunte uit te bou. ’n Uitdaging moet jou nooit onderkry nie!” Sal jy vroue aanbeveel om in ’n ambagsrigting te studeer? “Ek dink vroue kan beslis goed vaar in ’n ambagsrigting, veral as hulle daarvan hou om met hul hande te werk. Daar is min vroue in hierdie veld, maar dit bied juis aan vroue ’n geleentheid om hul passie hier uit te leef.” Wat is jou “eendag”-droom? “Ek wil myself graag verder in PLC bekwaam. Ek werk nou reeds hard om eendag ‘n sukses van my loopbaan te maak. As ek Sol-Tech se naam hoog kan hou en hulle trots kan maak, sal ek tevrede wees.”

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

59


Jou werk is óns

werk

Die voordele wat aan Solidariteit-lidmaatskap gekoppel is, word hier opgesom. Dit is onderworpe aan Solidariteit se grondwet en beleid asook aan die reëls wat in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur Solidariteit se Hoofraad gewysig word. Nuwe lede wat kan bewys dat hulle tot op die datum van hul aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy was, sal onmiddellik op voordele geregtig wees, met dien verstande dat waar ’n persoon met aanvaarding as lid van Solidariteit reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, mag die Hoofraad sy diskresie uitoefen om die betrokke lid se voordele te beperk.

Lidmaatskapkategorieë INDIVIDUELE LEDE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Individuele lede van Solidariteit is lede wat met aansluiting jonger as 50 is en wat werksaam is by ’n werkplek waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle Solidariteit-voordele.*

60

KOLLEKTIEWE LEDE

ONDERSTEUNINGSLEDE

Kollektiewe lede is diegene wat werksaam is by ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of by ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling geïnkorporeer is. Die meeste lede van Solidariteit val in hierdie lidmaatskapkategorie. Kollektiewe lede kwalifiseer vir alle voordele soos hier uiteengesit, ongeag hul ouderdom.

Dié kategorie is ingestel in reaksie op versoeke van persone wat Solidariteit se visie ondersteun, maar wat nie vir een van die ander kategorieë van lidmaatskap kwalifiseer nie, byvoorbeeld individue wat met aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.

Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting oor al die voordele wat ons bied, skakel 0861 25 24 23. Nog nie ‘n lid nie? Stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za, skakel 0861 25 24 23 of sluit in ‘n japtrap aan by https://solidariteit.co.za

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za


regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* arbeid• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. sake • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Gratis regshulp: Arbeidsake •Lede Onbeperkte tot regsdokumentasie. word van adviestoegang bedien deur Begrafnisvoordeel kenners op die gebied van alle arbeid• Afslagtariewe op eiendomsoordragte. (Martin’s of Avbob) sake, byvoorbeeld dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en arbeidsGratis regsverteenwoordiging •kwessies. Skakel 0861 765 734 of word voorsien vir arbeidsake wat na die besoek www.legalx.co.za KVBA of die arbeidshof verwys is.

Bystand met ondersoeke

Bystand word verleen met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Beroepsiektes en met navrae oor voordele by die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual, asook met werkverwante ongeskiktheidseise. Alle eise moet binne ses maande ingedien word.

Kollektiewe bedinging

Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Permanente ongeskiktheid Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap wat verslae van spesialiste en bewyse van die werkgewer indien dat hulle permanent medies ongeskik is om in die arbeidsmark te werk, ontvang ’n eenmalige bedrag van R2 000. Eise moet binne ses maande ingedien word.

LEDEVOORDELE Solidariteit Tydskrif

sterfte-

’n Waardige begrafnis voordeel word verskaf aan kwalifiserende lede en hul huweliksmaats. Dit sluit ’n kis asook die begrafnisdiens in. Vir verassings word ’n kis en die gewone begrafnisondernemerdienste voorsien. ’n Begrafnis van dieselfde gehalte as vir volwassenes is ingesluit vir ’n kwalifiserende lid se kinders onder die ouderdom van 21 jaar. Ná die lid se afsterwe mag sy of haar huweliksmaat aansoek doen om steeds lid van Solidariteit te bly. Die swaar las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Martin’s of Avbob al die reëlings tref. Solidariteit het 10% korting op die koste van grafstene met Martin’s en Avbob beding. Die begrafnisdienste word slegs deur Martin’s of Avbob verskaf. Indien ’n ander begrafnisondernemer vir die begrafnis gebruik word, sal die kis- en dienstegedeelte van die voordeel verbeur word.

Bykomende kontantuitbetalings

Met die afsterwe van ’n opbetaalde lid word ’n kontantbedrag van R4 000 aan die oorlewende huweliksmaat of afhanklike kinders uitbetaal. Bevallingsvoordeel Met die afsterwe van die huweliksmaat ’n Bevallingsvoordeel van R1 700 word met van ’n opbetaalde lid wat volle ledegeld elke bevalling aan ’n vroulike lid met 12 betaal, word ’n bedrag van R2 700 aan maande ononderbroke lidmaatskap betaal. die lid uitbetaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die Kontantbetalings aan volle lede met die bevalling ingedien word. afsterwe van ’n kind is soos volg: ’n Kind ouer as 14 jaar maar jonger as 20 jaar – R2 010; Solidariteit Vakansievoordeel Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer ’n Kind van 14 jaar en jonger – Beweging vanvan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 Solidariteit-lede (asook lede Helpende R1 380; Hand, AfriForum en die Skoleondersteuningsen ’n Gestremde kind (20+) – R2 010. trum) ontvang 20% afslag op akkommodasie by die Kokoriba Natuurreservaat (Brits) en Santanastrandvakansieoord (Margate). Besoek die webtuiste www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel.

Lede ontvang vyf uitgawes van die Solidariteit Tydskrif per jaar. Daarin word arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark bespreek. Die Beweging se aktiwiteite, asook ander nuuswaardighede wat jou in die wêreld van werk raak, word ook daarin gepubliseer.

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

HAARKAPPER, POLISIELID & KLEUTERSKOOLE IENAAR

HEDENDAAGS

E

Uitgawe 4 van

2020

www.solidariteit .co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

HELDE

Vroue staan hul man by Sol-T

ech

9 771683 562000

ander dienste

Motor- & huisinhoudversekering Hierdie bied aan lede uitstekende premies by Virseker. ’n Deel van lede se premies word deur Virseker oorgedra aan die Virseker Trust wat in Afrikaanse onderwys en opleiding belê. Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer. Bepalings en voorwaardes geld. • Skakel 0860 005, SMS geld die * Bepalings en101 voorwaardes woord “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Studievoordeel Lede van Solidariteit en hul afhanklike kinders (tot op die ouderdom van 21 jaar) ontvang 20%-afslag op studies by Akademia. Indien getalle dit toelaat, geniet lede se kinders keuringsvoorkeur by Sol-Tech. Solidariteitlede geniet voorts tot en met 40%-afslag op kursusse by S-leer.

Testamente & boedeladministrasie Jy kan jou testament gratis laat opstel. Die lid se boedel kan teen ’n markverwante bedrag geadministreer word. • Skakel 012 644 4300.

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Regsversekering finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

Lede en hul afhanklikes kan regsversekering buite die arbeidskonteks bekom teen ’n addisionele premie van R135* per maand. Dit gee 24-uur-toegang tot telefoniese regsadvies asook regsverteenwoordiging tot ’n bedrag van R150 000 per jaar (beperk tot R30 000 per saak). * Premies is vir ‘n jaar gewaarborg. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75). • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

61


KOM KLINK ‘N

GLASIE!

Maroela Media het onlangs sy negende verjaarsdag gevier! Maroela het in 2011 sy digitale deure oopgegooi om die lekkerste Afrikaanse kuierplek bekend te stel. Nege jaar later hou Maroela sowat 2,7 miljoen lesers per maand op hoogte van alles wat in hul leefwêreld gebeur. Die 27,5 miljoen bladsye wat maandeliks op Maroela gelees word, is voorwaar iets om op trots te wees! Word vandag deel van dié besonderse gemeenskap. Gesondheid, Maroela!

Boekrak DIE DAG TOE ONS KRISMIS GAAN SOEK HET

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

D

62

ie dag toe ons Krismis gaan soek het bied ’n keur van opregte, uit-die-hart-uitvertellings, jeugherinneringe en kontreistories. Die verhale word gekenmerk deur humor, deernis en fyn waarneming van ironiese besonderhede. Wini Esterhuizen se eiesoortige swart-en-wit-foto’s van Namibië en sy inwoners bied ’n unieke blik op die verhale en karakters. Lesers wat nadink oor die lewe en ander mense, liefhebbers van ’n heerlike storie wat sonder omhaal vertel word, asook mense wat hunker na die verlede maar nie toe-oë en wrewelrig deur die hede gaan nie, sal Die dag toe ons Krismis gaan soek het geniet. Dié besonderse boek word uitgegee deur Protea Boekhuis en kos R250.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Taalwenk Sommelier

Uitspraak: som-me-lier / som-mel-jê (uit Frans) Betekenis: Opgeleide persoon, gewoonlik werksaam in die gasvryheidsbedryf, met gevorderde en gespesialiseerde kennis van wyn en die bediening daarvan, ook saam met verskillende disse: Sommeliers het gevorderde wynkennis, en deftige restaurante neem ’n sommelier in diens om klante te help wyn bestel saam met hul maaltyd (Tuis, September 2009, 111).

Koolstoof Korslose melktert Maroela Media-leser Olene Fourie sê sy het hierdie resep jare gelede al begin maak. Olene sê jy kan ’n kors met Tennisbeskuitjies maak, maar sy verkies dit korsloos.

BESTANDDELE 1 liter melk klont margarien knippie sout 1 teelepel vanieljegeursel 2 eiers 125 ml suiker 50 ml koekmeel 50 ml vlapoeier 50 ml mielieblom kaneel

METODE

Bring die melk, margarien, sout en vanieljegeursel tot kookpunt in ’n pot. Klits die eiers en suiker tot romerig en meng in. Voeg die droë bestanddele by en meng goed. Roer tot dik en sonder klonte. Gooi in ’n bak, strooi kaneel bo-oor en laat afkoel.


MAROELA MEDIA

VREESLOOS VORENTOE

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

soos ons voorouers

k kan nie ’n uitdaging weerstaan nie. In ag genome my herkoms, is ek nie verbaas daaroor nie. My voorgeslagte se stamboeke het deur die dekades ineengevleg geraak en gevolglik is daar ’n bietjie van die Du Plooys, Ploijers, Van Vuurens, Janse van Vuurens en Nieuwoudts in my gene. Daarom soek ek altyd al vyf vanne op wanneer ek ’n gedenkplaat of monument besoek wat hulde bring aan deelnemers aan die Groot Trek of die Anglo-Boereoorlog. Elke keer kry ek ’n paar bekende familiename onder die lyste dapperes – dié dat ek weet dis in my bloed om nie vir ’n uitdaging te skrik nie. Die afgelope paar maande was uitdagings niks vreemds vir enige van ons nie, maar die kreatiwiteit en deursettingsvermoë waarmee mense om my die gevolge van die Covid-19-pandemie op veral ons ekonomie trompop geloop het, het my bykans elke dag verstom. Dié wat wou kos uitdeel, het maniere gekry om dit te doen. Hare is gesny in die gerief van jou eie huis. Digitale ondernemings het opgeskiet en aanlyn vertonings deur kunstenaars het ’n algemene instelling geword. Twee weke gelede het ek selfs ’n digitale wildsfees bygewoon. Veral die innoverendheid waarmee mense drank en sigarette bekom het, het my teen wil en dank beïndruk: Een tannie, wat vir vier maande nie ’n salaris gekry het nie, het my trots vertel van die tuisgemaakte “melkysies” (met ’n knipoog) waarvoor mense in die straat voor haar huis toustaan. Eers het ek nie verstaan nie, tot sy (met nog ’n knipoog) vertel dat sy melkysies met geure soos rum, whiskey en brandewyn verkoop. Die Maroela-span het ook kreatiewe maniere gevind om die uitdagings van die afgelope vyf maande aan te pak. Ons lesers het nie eers geweet dat die redaksionele span op ’n dag van die huis af begin werk het nie, só naatloos was die verskuiwing van kantoor na huis.

’n Daaglikse Covid-19-nuusbrief is op die been gebring en het binne weke gegroei tot Maroela se heel grootste nuusbrief. Nuusgesprekke wat geskeduleer was om in ’n professionele ateljee opgeneem te word, is sonder ’n hik omgesit in digitale gesprekke wat via Zoom op sosiale media aangebied is, met deelnemers van reg oor die land wat uit hul eie huise deelgeneem het. ’n Splinternuwe Maroela Mediaradiovervolgverhaal is opgeneem en versprei aan radiostasies landwyd, met duisende luisteraars wat gratis daarna kon luister in die afsonderingstydperk. Daarmee saam is vorige vervolgverhale herverpak en weer beskikbaar gestel aan radiostasies asook aan Maroela-lesers as afleiding vir dié wat eensaam was. In die plek van ateljee-onderhoude met kunstenaars en bekendes is Insta Live-gesprekke op Maroela se Instagram-profiel aangebied. ’n Reeks artikels wat fopnuus oor Covid-19 ondersoek en in die lig gestel het, is op Maroela gepubliseer. ’n Boekvoorlesing het vir ’n bekende akteur wat sy inkomste verloor het ’n paar rand in die sak gebring, en podsendings met ’n geestelike inslag, soos ’n reeks klankopnames van Hans du Plessis se Griekwagedigte, is opgeneem en op Maroela beskikbaar gestel. Talle joernaliste wat weens Covid-19 hul voltydse of deeltydse werk by ander media-instansies kwyt is, het met fyn begrotingsbestuur hier en daar die geleentheid gekry om vir ons te skryf. Maroela Media se sakespan het ook nie ’n tree teruggestaan nie en het kreatiewe, nuwe, digitale bemarkingsgeleenthede uitgedink vir adverteerders wat skielik nie hul gewone advertensiekanale soos buitelugborde en advertensies in gedrukte media kon benut nie. Dié innoverende manier van dink het Maroela Media se lesersgetalle ’n hernude hupstoot gegee: In Julie vanjaar het net meer as 2,7 miljoen mense op Maroela Media bykans 27,5 miljoen artikels gelees – albei nuwe rekords.

Vir dié sukses in ’n baie moeilike tyd is ek nederig dankbaar. Kreatiewe denke beteken immers niks sonder harde werk nie. Gelukkig spog Maroela Media se span met vanne soos Strydom, Krige, Meyer, Brits, Bezuidenhout, De Jongh, Van Heerden en nog ’n rits ander wat jy sonder twyfel sal vind tussen die name van die dapperes uit die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog. En kyk, een ding het ek opnuut besef: Dié mense skrik nie vir ’n uitdaging óf ’n wêreldwye pandemie nie.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

63


IN BEWEGING

Jeug se praktiese oplossings skep olitici maak graag die stelling dat die jeug die toekoms is en dat jongmense gekoester en opgebou moet word, maar die waarheid is dat elke nuwe krisis wat opduik die swaarste op jongmense druk. Covid-19 is ’n goeie voorbeeld hiervan. Talle jong entrepreneurs wat nog nie genoeg reserwes kon opbou om hulle deur ’n krisis te dra nie, moes hul ondernemings se deure sluit. Jong werkers word dikwels, omdat hulle onervare is, eerste afgedank wanneer ’n maatskappy poste sny. Die logiese vraag is dan: Wat nou? Wat kan jongmense doen? Solidariteit Jeug het hierdie krisis gesien en besef dat dit nou die tyd is om te doen, te help, en praktiese oplossings daar te stel. Om jongmense gereed te kry vir ’n uiters onstuimige werkmag, het Solidariteit Jeug tydens die inperking met ’n reeks nuwe hulpmiddels vorendag gekom wat jongmense, ouers en werkgewers kan bystaan in die stryd teen loopbaanonsekerheid. Hier is ’n paar van dié hulpmiddels:

LOOPBAANKOMPAS

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Die Loopbaankompas is verbreed en vernuwe om nou ook ’n netwerk van bedryfsielkundiges in te sluit wat jongmense of ouers deur Solidariteit se blad kan kontak. Daar is ook ’n gratis belangstellingsbepaler beskikbaar, met ’n lys vrae wat jongmense kan antwoord om ’n volledige verslag van hul belangstellings en loopbaanopsies te ontvang. Die Loopbaankompas is die beginpunt vir enige skolier wat onseker oor sy of haar loopbaan is.

64

#BEROEP101 #Beroep101 is ’n podsending bestaande uit ’n reeks episodes waarin persone met verskillende kwalifikasies aan die woord is. Wonder jy watter vakke om in graad 9 te

hoop

37%

van die ouderdomsgroep 13 tot 34 jaar is werkloos ~ Statistieke Suid-Afrika ~

kies as jy ’n ingenieur wil word? Is jy nie seker vir watter graad ’n maatskaplike werker moet studeer nie, of wil jy sommer net weet waarom dit lekker is om ’n prokureur te wees? Die antwoorde op al hierdie vrae kry jy deur eenvoudig na #Beroep101 te luister.

LOOPBAANGIDS Solidariteit Jeug het ’n loopbaangids bekendgestel wat bedoel is om jongmense se ganse loopbaanpad van matriek tot in die werkplek te navigeer en te vereenvoudig. Watter kwalifikasies bied Akademia? Waarom is Sol-Tech ’n goeie opsie? Hoe berei ek voor vir my eerste werkonderhoud? Jy kan dié gids gratis van Solidariteit Jeug se webtuiste aflaai.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

BEURSEBLAD Baie jongmense het die punte om te gaan studeer, maar nie die geld nie. Om hierdie probleem aan te pak, het Solidariteit Jeug ’n Beurseblad ontwikkel wat enige lid van Solidariteit Jeug kan besoek. Hier word meer as 20 verskillende beurse gelys en skakels na hul aansoekblaaie word gebied. Dit is die beste beginpunt vir die jongmens wat wil studeer en nie wil toelaat dat ’n geldtekort in sy pad staan nie! Solidariteit Jeug is deurlopend besig om beter, groter en sterker te word. Dinge gaan nie makliker word vir jongmense nie, maar vir diegene met goeie inligting en die regte leiding kan die moeilike tye dalk minder moeilik wees. As jy dit nog nie gedoen het nie, sluit aan by Solidariteit Jeug!


Covid-19-pandemie en my kind

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Die Covid-19-pandemie en die maande lange grendelstaat het talle nuwe uitdagings vir skole, onderwysers en leerders op die voorgrond gebring. Ofskoon die meeste leerders reeds teruggekeer het skool toe, rus die besluit om jou kinders te midde van die pandemie skool toe te stuur of eerder tuis te hou, steeds swaar op ouers se skouers. Die antwoord is om te doen wat die beste is vir jou kinders in belang van hulle toekoms.

ie proses om terug te keer skool toe, is nie meer so eenvoudig soos ná ’n skoolvakansie nie. Daar is nou ’n nuwe, vreemde skoolomgewing wat elke kind anders sal ervaar. Jeannette Ceronio, ’n opvoedkundige sielkundige van die Wesrand, meen dat ouers nie die psigologiese impak van Covid-19 en die inperking op hul kinders moet onderskat nie. Dit behoort die belangrikste oorweging te wees wanneer ouers besluit of hulle hul kinders gaan skool toe stuur of eerder tuis onderrig. Prof. Mignon McCulloch van die Suid-Afrikaanse Pediatriese Vereniging voel sterk daaroor dat ouers hulle kinders met ’n geruste hart kan skool toe stuur omdat navorsing toon dat

kinders nie die virus maklik aansteek of erg daardeur geraak word nie. Sy meen dat teruggaan skool toe ’n positiewe uitwerking op kinders se emosionele welstand het, terwyl die inperking ’n destruktiewe uitwerking op hulle het. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Volgens Ceronio sal kinders sonder enige psigologiese uitdagings maklik aanpas by die nuwe normaal, maar vir kinders wat reeds sukkel, kan dit baie uitdagend wees. Sy meen dat die dra van gesigmaskers byvoorbeeld ’n struikelblok kan wees vir kinders met leesprobleme of ’n gevoel van benoudheid kan skep by kinders wat met angstigheid sukkel. Die ouderdom van jou kind speel ook ’n rol. Erika Basson, ’n opvoedkundige sielkundige van Johannesburg, meen op haar beurt dat die handhaaf van sosiale afstand jonger kinders se

emosionele ontwikkeling nadelig beïnvloed. “Op die skoolterrein leer kinders om sinvol te sosialiseer en verhoudings te bou, asook hoe om hul emosies te beheer. Die proses kan egter nie plaasvind met al die afsonderingsmaatreëls wat ingestel is nie.” Hoewel kinders volgens artikel 3 van die Skolewet verplig is om skool by te woon, het ouers die keuse om nie hul kinders skool toe te stuur nie, mits hulle vir privaat onderrig by die huis registreer. Ouers moet egter in gedagte hou dat indien hulle besluit om hul kinders vir die res van die skooljaar te onttrek, sal hulle die graad moontlik in 2021 moet herhaal en moet heraansoek doen vir ’n plek by hul skole. Elke kind is uniek en daarom reageer hulle verskillend op die nuwe normaal. As ouer ken jy jou kind en sal jy die regte besluit kan neem.

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

65


SÓ SÊ DIE WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES OOR

MEDIESE SERTIFIKAAT ie mediese sertifikaat staan in die omgangstaal ook as ’n siekbrief of doktersbrief bekend. Die gebruik van ’n mediese sertifikaat word in artikel 22 en 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 beskryf en bepaal onder meer die volgende: Indien ’n werknemer vir langer as twee aaneenlopende dae van die werk afwesig is en nie in staat is om ’n geldige mediese sertifikaat te toon nie, het die werkgewer die reg om die werknemer nie vir daardie dae te betaal nie. Dieselfde beginsel geld wanneer hierdie voorval twee keer of meer in ’n tydperk van agt weke gebeur. Artikel 22 beslis dat die werknemer op aanvraag van

a)

die werkgewer ’n geldige mediese sertifikaat moet verskaf wat beskryf dat die werknemer nie in staat was om werk gedurende dié bepaalde tyd te verrig nie. Die bepalende faktor of die mediese sertifikaat geldig is of nie, is dat die mediese sertifikaat slegs uitgereik mag word deur ’n mediese praktisyn of ’n persoon wat gemagtig en gesertifiseer is om ’n pasiënt te diagnoseer en te behandel, en dat hierdie persoon by ’n professionele beroepsraad geregistreer moet wees. Mediese praktisyns word geag as dié wat aan die volgende kriteria voldoen: Dokters met ’n MBChB-graad wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika

b)

geregistreer is. Tandartse wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid Afrika geregistreer is. c) Sielkundiges met ’n meestersgraad in Opvoedkundige, Kliniese of Beradingpsigologie wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer is. Die mediese sertifikaat sal ongeldig wees indien die uitreiker daarvan nie gekwalifiseer is nie of nie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer is nie, en/of nie voldoen aan artikel 63 van die Wet op Gesondheidsberoepe van 1982 nie. Indien die werknemer nie die mediese sertifikaat kan verskaf nie, sal die werkgewer geregtig wees om die tyd van afwesigheid as onbetaalde verlof te ag en daarvolgens te handel.

SLIMFOONTOEPASSING BIED HULP TYDENS DIE KORONAKRISIS

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

D

66

ie Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het in samewerking met die SA Doctors App ’n toepassing wat jy gratis op jou slimfoon kan aflaai. Deur op die Solidariteit-skakel op die hoofskerm van die toepassing te klik, kan jy maklik op jou slimfoon ’n dokter vind, ’n afspraak maak en ’n virtuele konsultasie met hom of haar hou. ’n Splinternuwe funksie wat eersdaags op die SA Doctors App beskikbaar sal wees, is die opsie om jou

naaste Arrie Nel Apteekkliniek te vind en vandaar ’n virtuele konsultasie met ’n dokter te skeduleer. Die kliniek se besonderhede en roeteaanwysings sal ook vertoon word. Solidariteit-lede het tans toegang tot die volgende in Afrikaans en Engels: Volledige inligting oor Covid-19; Covid-19-simptome; Covid-19-nuus; en Dokters wat beskikbaar is vir virtuele (aanlyn) konsultasies.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

• Besoek https://corona.org.za/ vir meer inligting.


MY WORK

Adaptability

#1 SKILL FOR THE WORKPLACE people tend to shut down when confronted with change, which she describes as a rip current – if you swim against it, you will never reach the shore. “Ride change like a wave, if you are in a fall, a rise will follow,” she says. Having the ability to cope with change and capitalise on it will allow you to see the possibilities in the unanticipated change. According to Sue L. Motulsky, a professor in psychology, adaptability is often seen as a personality trait. “Some people are more adaptable by nature than others, so in the current unpredictable circumstances, we see some people embrace change, while others are struggling,” she explains. But if embracing change does not come naturally, can it be acquired as a skill? According to Motulsky, adaptability can definitely be taught and acquired. Here are a few ways of training yourself to be more adaptable:

RENEW YOUR THOUGHTS Doing things in a certain way because that is how it has always been done, will prevent you from seizing opportunities to improve, learn, and grow. Change the way you think and you will open the door to creativity and other perspectives.

TAKE RISKS Anne Converse Willkomm, an assistant clinical professor, encourages employees to take risks. “You have to be able to take risks in order to make progress, because taking risks is part of being adaptable,” she says.

EMBRACE LEARNING According to Willkomm, people who are curious also tend to be adaptable. If you are not naturally adaptable, you must embrace learning in order to become more flexible.

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

ccording to Albert Einstein, the measure of intelligence is the ability to change. In 2020, this is especially true. The labour market is rapidly changing due to Covid-19 and its devastating economic impact on every aspect of the workplace, and experts say we are seeing the greatest labour fluctuation of our time which will affect everyone. The current period of extraordinary change and uncertainty is characterised by job losses, extreme pay cuts and businesses closing down permanently. The situation changes almost daily, making adaptability the number one skill to have in the workplace today. Laurie Leinwand, a licensed professional counsellor, defines adaptability as the ability to be creative and flexible in new situations. Leinwand says most

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

67


Sluit aan by jou beroepsgemeenskap. Besoek www.gildes.co.za en word deel!

Belê in jou loopbaan deur lewenslange leer

T VAN OORLEEF TOT FLOREER

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Word deel van beroepsgemeenskap

68

ie Covid-19-inperkingsregulasies dwing ondernemings, entrepreneurs, werknemers en werkgewers om aan te pas by ’n nuwe manier van werk. Mense is genoodsaak om ander bronne van inkomste te vind om te kan oorleef. In tye soos dié is die krag van gemeenskap broodnodig. Winston Churchill het gesê ons maak ’n bestaan danksy dit wat ons kry, maar ons lewe danksy dit wat ons gee. En wat is beter as om kennis te gee wat mense sal bemagtig om hulself te verbeter? Deur jou kennis op te skerp, sal jy voorbereid wees om die uitdagings en geleenthede van die toekoms aan te gryp. Die twee belangrikste eienskappe waaroor jy in ’n tyd soos dié moet beskik, is aanpasbaarheid en veerkragtigheid. Hier is ’n paar wenke om meer aanpasbaar en veerkragtig te word: Wees bereid om te leer. Bemagtig jouself met inligting en kennis, want dit sal jou gerusstel en meer aanpasbaar maak. Met S-Leer kan jy jouself

in jou taal bemagtig. Gesels met jou vriende en familie, kry hulle insette en moenie bang wees om nuwe idees op die proef te stel nie. Wees spontaan en moet dit nie oordink nie. Hoewel dit natuurlik is om verandering te wil weerstaan, probeer eerder om daarby aan te pas deur positief te reageer op situasies wat jou onkant vang. Onthou dat jy nie beheer het oor gebeure soos die Covid-19-pandemie nie, maar dat dit wel binne jou beheer is hoe jy daarop reageer. Deur te fokus op wat jy kan beheer en nie net op jou omstandighede nie, is die kans goed dat jy helderder kan dink en die beste van ’n slegte situasie kan maak. Sluit aan by ’n doeltreffende ondersteuningsnetwerk. Word deel van ’n beroepsgilde. Dié netwerk kan jou help om veerkragtiger te wees. Bou jou selfvertroue deur betrokke te raak in jou gemeenskap, iets by iemand te leer en dan jou eie kennis met ander te deel.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

oe ek nege jaar gelede by Solidariteit begin werk het, was ek maar te bly om my eerste permanente aanstelling te kry en was begrippe soos werketiek en lewenslange leer onbekend. Ek het ’n werk gehad en ’n salaris ontvang, en dit was vir my goed genoeg! Ná matriek was ek onseker oor wat ek wou studeer, maar ek het geweet dat ek net suksesvol kan wees indien ek ’n kwalifikasie verwerf. Ek het in die daaropvolgende paar jaar verskeie kursusse suksesvol voltooi, en hoewel mense al hoe meer oor die Vierde Nywerheidsrewolusie begin praat het, was ek nie juis geïnteresseerd nie. Dit het my ’n rukkie geneem om te besef dat dié nuwe wêreld van tegnologie en verandering ook op my en my werk van toepassing is. Ek het geweet dat ek ook moet aanhou groei en lewenslange leer het vir my ’n werklikheid geword. Lewenslange leer gaan nie net daaroor om nog ’n kwalifikasie te verwerf nie. Dit kan wel beter geleenthede skep wat ons lewensgehalte verhoog. Die twee groot redes vir lewenslange leer is persoonlike ontwikkeling en professionele groei. Werketiek en lewenslange leer gebeur egter nie vanself nie, maar verg inspanning en tyd. Lees is deel van lewenslange leer en sal jou help om jou waarde in die werkomgewing te verhoog omdat jy op hoogte is van veranderinge in jou beroep. By Solidariteit se Beroepsgildes wil ons die kultuur van lewenslange leer elke dag uitleef en streef ons daarna om mense onmisbaar in hul beroepe te maak. Skakel vandag nog in by jou beroepsgemeenskap en sorg dat die nuwe wêreld jou nie agterlaat nie!



HISTORIES GESPROKE

BAREND CELLIERS

Barend Celliers

BRONNE: SMITH, R.W. “AMNESTY DENIED: SALMON VAN AS, BAREND CELLIERS AND JOSEF MULLER” IN MILITARY HISTORY JOURNAL 17(1), 2016; DE BRUIN, J. & WESSELS, A. “MILITÊRE VERHORE IN DIE ORANJE-VRYSTAAT TYDENS DIE ANGLO-BOEREOORLOG, 1899-1902” IN HISTORIA 56(2), NOVEMBER 2011.

Een dood, twee keer onskuldig bevind

70

an die einde van die Anglo-Boereoorlog in 1902 is uitvoerige vredesonderhandelinge gevoer. Amnestiebepalings is ooreengekom en vrede is op 31 Mei gesluit. Terwyl sommige verbitterd gelaat is deur die republieke se verlies aan onafhanklikheid, het ander ’n sug van verligting geslaak dat die bittere oorlog oplaas tot ’n einde gekom het. In die fynskrif van die vredesooreenkoms het daar egter ’n swaar lot op drie Boerekrygers gewag. Asst.vk. Salmon van As, kmdt. Barend Celliers en Josef Muller was die enigste krygers wat van die amnestiebepalings uitgesluit is. Die verloop van Celliers se verhaal is uitsonderlik, want een dood het in sy geval twee keer tot onskuldige bevindings gelei.

DIE DOOD VAN LT. CECIL BOYLE Toe ’n aantal Britte in November 1900 by Dewetsdorp gevange geneem is, is hulle van alle nuttige items gestroop, oftewel “uitgeskut”, en vrygelaat. Een krygsgevangene uit dié groep, lt. Cecil Boyle, is apart aangehou en nie vrygelaat nie. Dis nie duidelik waarom juis Boyle, ’n lid van die nuut gevormde Orange River Colony Police, uitgesonder is nie, maar dit wil voorkom dat hy deur die Boeremagte as ’n oorlogsmisdadiger beskou is. Verskeie getuienis dui daarop dat Boyle verantwoordelik was vir wrede optrede teenoor vroue en kinders. In Jaco de Bruin en André Wessels se studie oor die Vrystaatse militêre verhore gedurende die oorlog, word die geval van Celliers en Boyle in fyn besonderhede ondersoek. Ingevolge destydse volkereg moes ’n oorlogvoerende staat na die welstand van sy krygsgevangenes omsien. “Die reg van die een oorlogvoerende staat om die magte van sy opponent te dood, eindig [...] met oorgawe, of waar ’n lid van die

’n Waterverfskildery deur G. Stoper uit ca. 1900 toon die aankoms van beseerde Boere tydens die Anglo-Boereoorlog. Kmdt. Barend Celliers is tydens die oorlog vyf keer gewond.

Kroonstad-kommando bereik. De Vos het die saak by genl. De Wet en pres. M.T. Steyn aangemeld, wat op hul beurt antwoorde van Celliers geëis het.

CELLIERS VERHOOR (EN WEER VERHOOR)

opponerende magte verwond word en in die hande van die opponerende magte beland,” skryf De Bruin en Wessels. En indien besluit sou word om ’n krygsgevangene tereg te stel, moes daar “goeie gronde bestaan het om hom vir ’n oorlogsmisdaad aan te kla, voor ’n OVS-hof te daag, skuldig te bevind en ter dood te veroordeel”. Op 2 Januarie 1901 gee asst. hoofkmdt. Philip Botha, ’n ouer broer van genl. Louis Botha, opdrag aan Celliers om Boyle ’n uur uit die Boere se kamp (wat toe op Liebenbergsvlei buite Reitz was) te neem, tereg te stel en te begrawe. Geen bewyse dat ’n verhoor gehou is, kon later gevind word nie. Celliers het blykbaar nie die opdrag bevraagteken nie en die bevel gehoorsaam. Hy het M.J. Smallberger met hom saamgeneem. Later was Smallberger se getuienis die enigste wat gebeure kon bevestig. Boyle is na ’n plaas sowat 19 km buite Reitz geneem, waar hy ingelig is dat hy tereggestel sou word. Hy is toegelaat om ’n laaste brief te skryf en te bid, waarna hy met ’n Mauser in die rug en ook op ’n kort afstand in die kop geskiet is. Hierna het Celliers en Smallberger Boyle begrawe. Die nuus van Boyle se teregstelling het in die Boerelaer versprei en ook die ore van kmdt. Philip de Vos van die

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

Op 3 Julie 1901 is Boyle se teregstelling tydens ’n algemene krygsraadvergadering van die OVS bespreek. Die vergadering het ook as krygshof gedien. Celliers is van moord aangekla, maar hy het aangevoer dat hy die teregstelling in opdrag van Botha uitgevoer het. Daar was bewerings dat Celliers die reg in eie hande geneem het met die teregstelling. Dit kon nie bepaal word nie, aangesien Botha in Maart 1901 dood is. Die krygsraad het Celliers onskuldig bevind aan moord. In ’n latere skermutseling is Celliers gewond en deur die Britte gevange geneem. In dié tyd het hy Boyle se graf aan die luitenant se makkers uitgewys. Boyle se liggaam is later in die Kroonstadbegraafplaas herbegrawe. Die einde van die oorlog het vir Celliers nie die einde van die saak beteken nie, want ingevolge die bepalings van die Vrede van Vereeniging is hy van die amnestievoorwaardes uitgesluit. Hy is weer in Februarie 1903 op aanklag van moord verhoor aangesien die regter in dié saak, J. Fawkes, bepaal het dat die Boere se krygshof nie bekwaam was om ’n uitspraak in die saak te lewer nie. Genl. J.B.M. Hertzog het Celliers in die saak verdedig. Op 23 Februarie is Celliers in die hof van die Oranjerivierkolonie deur ’n jurie weer onskuldig bevind en vrygelaat. Ná sy kwytskelding het Celliers op sy plaas Stinkhoutboom buite Vredefort gewoon. Hy was onder meer betrokke by die 1914-rebellie en is in 1920 tot die Vrystaatse provinsiale raad verkies en in 1935 as lid van die senaat in die unieparlement. Hy is in 1947 oorlede.


Reis saam in ’n tydmasjien en toets jou kennis van

GESKIEDENIS s jy al ooit gewens het dat jy in ’n tydmasjien kon klim en ’n reis deur tyd neem, dan is die nuwe bordspeletjie TydToer net vir jou bedoel. TydToer toets jou kennis van nagenoeg 600 jaar se Suid-Afrikaanse en internasionale geskiedenis, en vereis van spelers om ’n korrekte tydlyn van gebeure op te stel vóór hulle opponente dit kan doen! Hierdie Afrikaanse bordspeletjie bevat 215 kaarte wat jou kennis in sewe verskillende kategorieë toets, naamlik ontdekkings en uitvindings, oorloë en konflik, kuns en kultuur, geskiedenis en politiek, natuur en gebeure, sport, en algemeen. Daar is ook 30 Krugerrande waarmee spelers mekaar se kaarte kan

koop. As jy dus weet wanneer die bikini ontwerp is, in watter jaar die televisiediens in Suid-Afrika begin het, of die Groot Trek vóór of ná die Franse Revolusie plaasgevind het, en of Coca-Cola reeds voor die Anglo-Boereoorlog te koop was, besoek gerus Kraal se aanlyn winkel en bestel jou TydToer-bordspeletjie vandag nog teen slegs R350.

Koop só in ’n japtrap jou boeke aanlyn Registreer as ’n Kraal-kliënt op ons webtuiste.

Kies jou boeke en produkte, en voeg dit in jou mandjie.

Betaal en wag vir jou pakkie om tuis afgelewer te word!

Besoek gerus www.kraaluitgewers.co.za vir inligting oor winkelure vir Kraal se winkel in Centurion.

FOTO’S: VERSKAF

Boekmerke wat ’n merk op jou hart laat

Boekliefhebbers is dit eens: Byna enige stukkie papier, strokie en kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n Stel boekmerke met die wyse, ware en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk vir die boekwurm in jou lewe, of om sommer net jouself mee te bederf. Die stel van 12 boekmerke is beskikbaar teen slegs R20.

Eerste kinderboek vir haasbekkies

H

aasbekkies word uitgenooi om saam met Kardoemsie, die tandemuis, op ’n verbeeldingsvlug te gaan in Kraal Uitgewers se eerste kinderboek Briewe van die tandemuis (deur Michelle van der Merwe). Met elke tandjie wat die sesjarige Anneke vir Kardoemsie los, ontvang sy ’n briefie oor al sy avonture. Sy vind uit van Kardoemsie se aanstelling as die amptelike tandemuis, leer ken die lagwekkende oomblikke wat Kardoemsie met sy vrou en 23 kinders deel en kry selfs raad oor hoe om haar tandjies pêrelblink te borsel. Ontmoet die skattige én slinkse karakters wat rondskarrel op Anneke-hulle se werf en wandel saam met Lisa die hond, Generaal Streepstert, Kaptein Pokkels en al die ander karakters in ’n wonderwêreld waar fantasie nog saam met Koning Kaspersie kan koning kraai. Die boekie bestaan uit tien prettige stories, elk met kleurvolle waterverfillustrasies deur Carina van Zyl. Briewe van die tandemuis is beskikbaar in Kraal Uitgewers se aanlyn winkel. Besoek www.kraaluitgewers.co.za

www.solidariteit.co.za | SOLIDARITY MAGAZINE 4 OF 2020

71


Ongeduld

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

IS OOK ’N VIRUS

72

k is nou óór dit,” sê my tweede oudste onlangs toe ons per video gesels. Haar arbeidsterapiepraktyk staan op wankelende bene. Sy het ’n klomp geld – wat sy eintlik nie het nie – spandeer aan ’n elektroniese koorsmeter, ontsmettingsmiddels, ’n plastiekmat en nog heelwat meer. Prosedures is bestudeer en sessies is só beplan dat elke dingetjie wat gebruik is, eers gesaniteer word voor die volgende kliënt kom. Maar daar is terugslag op terugslag: Haar kinderoppasser kry

griepsimptome, meer as een keer; haar man doen die koronavirus op terwyl hy met ’n projek in ’n ander provinsie besig is en kan nie terugkom nie; die hond word siek; ’n inbreker spring in die middel van die nag oor die muur, en al gebeur daar gelukkig niks nie, moet sy beter en nuwe slotte laat installeer. En nou is sy oor dit – oor abnormaliteit, onvoorspelbaarheid, sukkel. En sy is nie die enigste een nie. Byna almal is moeg, vies, angstig en emosioneel uitgeput. Ons soek iemand om die skuld te gee. Die hele land is “oor dit”. Maar dít, die virus, is nie “oor ons” nie. Dit word al hoe duideliker dat ons vir nog ’n hele ruk lank met die sluipende, onsigbare vyand sal moet saamleef. Maskers, sosiale afstand, die reuk van saniteermiddels, bekendes wat baie siek word en selfs sterf, gaan nog vir ’n onbepaalde tyd lank deel van ons werklikheid bly. Ons gaan moet uithou, aanhou en kophou. Maar hoe doen ’n mens dit? Hoe leef jy in sulke abnormaliteit, en dit nog vir maande lank? Daar is mense tussen ons wat daardie geheim ken. Dis mense op wie daar dikwels neergekyk word. Hierdie mense is ons erg gestremdes. Hulle is lewenslank ingeperk. Hulle leef altyd met beperkings en verduur chronies pyn. Hulle kan nie om die blok gaan stap met die hond soos die meeste van ons darem in hierdie tyd kon doen nie. Hulle is afhanklik van ander, nog meer as diegene wat moes wag om weer betaal te word of kospakkies te ontvang. My pleegseun is só ’n persoon. Hy kla nie omdat hy nie kan

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 4 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

sokker speel nie, want hy sal nooit kan sokker speel nie. Hy kla nie omdat hy nie na ’n kuierplek toe kan gaan nie, want hy sal dit nooit kan doen nie. Hy het die hele grendeltyd tot dusver op sy bed deurgebring. Nie eenkeer gekla nie. Hy is tevrede met net sy radio, TV, horlosie en almanak wat sy dae struktureer. Hy is geduldig wanneer hy pyn ervaar en geduldig wagtend om eendag weer skool toe te kan gaan wanneer dit vir hom veilig is, al het hy nie ’n idee wanneer dit sal wees nie. Geduld is ’n vrug van die Gees wat ons in hierdie tyd gerus kan oefen. “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” Geduld word gedefinieer as die vermoë om ’n moeilike situasie kalm te verduur, om te wag vir ’n uitkoms sonder om ander rondom jou te versteur. Geduld is ook die vermoë om doelwitte rustig en akkuraat na te streef sonder om toe te laat dat angstigheid jou ontspoor. Sonder geduld is daar nie selfbeheersing nie. ’n Ongeduldige mens is nie nederig nie. Sonder geduld kan daar nie vrede wees nie en nog minder kan daar liefde en vreugde wees. Maar belangrik: Geduld is nie dieselfde as passiwiteit nie. Dis juis ’n teken van innerlike krag, vasberadenheid en deursettingsvermoë. Ons mag maar moeg en sat wees, selfs soms moedeloos. Ons mag maar wens vir normaliteit. Ons mag maar wens dat ons ons geliefdes ’n drukkie kan gee. Maar dit alles moet ons met geduld verdra en klein treetjies in geloof vorentoe gee. Ongeduld kan lei tot selfsugtigheid, eiegeregtigheid, onbeskoftheid, beledigings en oor-en-weer-beskuldigings. Dit maak ’n moeilike tyd net nóg onaangenamer. Ongeduld is ook ’n virus. Kom ons kom oor dit. Tot “dit” oor is.


DIENSKANTORE

Landwyd tot jou diens BELLVILLE

RICHARDSBAAI

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Johandre van Zyl (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

BLOEMFONTEIN Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Adres: Genius Loci Office Park 3A, CP Hoogenhoutstraat 6, Langenhovenpark, Bloemfontein

BOKSBURG Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee, Dennis Marais en Jannem Goussard Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Penberthy Manor, Trichardtsweg 198A, Parkrand, Boksburg

CARLETONVILLE

Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers Administratiewe beampte: Helen Kay Tel: 014 763 1174 Faks: 086 683 5261 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KATHU Adele Rossouw Administratiewe beampte: Santie Pearson Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KLERKSDORP Coenie Rheeder en Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 086 675 3738 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

LYDENBURG Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

PORT ELIZABETH Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA (CENTURION) Marike Pitzer, Linda Senekal, Peirru Marx, Nadine Botha, Helgard Cronje, Henco Breytenbach, Sanri Stone, Zirk Gous, Renate Barnard, Fanus Maritz en Johan Roos Administratiewe beamptes: Christa Louw en Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 011 388 9828 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendracht straat, Kloofsig, Centurion

RUSTENBURG Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole en Jaco Greeff Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Hoffrius Park, Kuschkestraat 1, Secunda

VAALDRIEHOEK Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Angelique Boonzaaier Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

WELKOM Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Toit Roux en Jo-Ann Potgieter Administratiewe beamptes: Marlize Viljoen en Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11





Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.