2 minute read

Inperking – Jou gesondheid en werk weeg ewe swaar

COVID-19-INPERKING Gesondheid en werk weeg ewe swaar op welstandskaal

oewel daar aan- vanklik groot steun vir die Covid-19- inperking van drie weke was, het die gety gou gedraai. Miljoene mense se loopbane en lewens is verwoes deur die Suid-Afrikaanse regering se besluit om die langste aaneenlopende inperking ter wêreld in te stel.

Advertisement

Volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het sowat 2,2 miljoen mense hul werk in die tweede kwartaal van 2020 verloor. Dit is belangrik om te benadruk dat kommer oor die ekono- mie nie gesien moet word deur die lens van ’n kompromie tussen gesondheid en rykdom nie. Dit is immers twee onderling verwante kenmerke van menslike welstand. ’n Gesonde nasie is noodsaaklik vir ekonomiese groei, net soos ekonomiese welvaart noodsaaklik is om die gesondheid van ons bevol- king te bewerkstellig. ’n Toename in werkloosheid en armoede, wat die gevolg van ’n uitge- rekte inperking is, gaan hand aan hand met ’n toename in die sterftesyfer en swak gesondheidsuitkomste soos wanvoeding en nie-oordraagbare siektes. ’n Irrasionele en onredelike inperking veroorsaak nie net ekonomiese skade nie. Dit kos lewens.

Verskeie ekonomiese studies reg oor die wêreld toon dat daar tydens resessies ’n 2:1-verhouding tussen werkloosheid en mortaliteit is. Dit beteken dat vir elke twee persentasie- punte wat werkloosheid styg, verhoog die mortaliteitskoers in ’n land met een punt. Dieselfde geld die bruto binnelandse produk (BBP), wat in Suid-Afrika in die tweede kwartaal van 2020 met meer as 14% gekrimp het. Hier is die verhouding ongeveer 4:1. Vir elke vier persentasiepunte se ekonomiese inkrimping, styg die mortaliteitskoers met een punt. Die gevolge van die BBP-maatstaf is selfs erger vir “Die voortgesette inperking het reeds in ’n baie groter ramp as die Covid-19-pandemie ontaard en bedreig die LEWENSBESTAAN van miljoene mense. Dwang deur die staat behoort dadelik laat vaar te word ten gunste van persoonlike verantwoordelikheid vir mense se GESONDHEID.”

kindersterftes, wat met tussen 0,30% en 0,39% styg vir elke persentasie- puntafname in die BBP.

Ons moet dus nie kies tussen kompromieloos wees in ons aanval óp die virus en kompromieloos wees in ons stryd vír ekonomiese welvaart nie. Ons moet albei kies. Die keuse kan nie tussen gesondheid of werk wees nie; die keuse moet wees vir gesonde werk waar moontlik.

Inperkings het die potensiaal om wêreldwye armoede te verdubbel en moet volgens dr. David Nabarro van die Wêreldgesondheidsorganisasie nie as ’n primêre middel vir die bestryding van die koronavirus gebruik word nie.

Nabarro het in ’n onderhoud met die Britse tydskrif The Spectator gesê dat inperkings net ’n baie tydelike oplossing bied.

“Ons glo dat ’n inperking net geregverdig is indien dit ingestel word om tyd te koop sodat hulpbronne herorganiseer kan word en gesondheidswerkers hergroepeer en beskerm kan word, maar in die algemeen wil ons dit eerder nie doen nie.”

Flip Buys, voorsitter van die

Solidariteit Beweging, deel Nabarro se siening. “Die voortgesette inperking het reeds in ’n baie groter ramp as die Covid-19-pandemie ontaard en bedreig die lewensbestaan van miljoene mense. Dwang deur die staat behoort dadelik laat vaar te word ten gunste van persoonlike verantwoordelikheid vir mense se gesondheid.”

Volgens die Solidariteit Beweging het ’n ramptoestand net bestaansreg indien die staat die uitwerking van die ramp beter as sy burgers en onderne- mings kan hanteer. “Ons is verby daardie punt en moet begin wegbeweeg van staatsbeheer na burgerlike verantwoordelikheid,” het Buys gesê.