Solidariteit Tydskrif #5 2011

Page 45

nuuswaardig

Jong helde van hoop hou uitstalling by Aardklop

KUNSWERK: JOSHUA MARTIN

s

olidariteit Helpende Hand maak van 4 tot 8 Oktober vanjaar geskiedenis met die aanbieding van ’n eksklusiewe kunsuitstalling by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees wat vir jong outistiese kunstenaars die geleentheid bied om hul kuns ten toon te stel. Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, is die doel van vanjaar se kunsuitstalling om die publiek bewus te maak van outisme. “Daar is baie min geleenthede vir kunstenaars om hul kunswerke ten toon te stel, veral jong kunstenaars met gestremdhede,” sê Langner. Volgens hom is die uitstalling ’n viering van pragtige en unieke ekspressionistiese kuns. Een van die uitstallers, die 17-jarige outistiese Joshua Martin, het einde verlede jaar sy eerste kunsuitstalling by Die Huisgalery in Centurion gehou. Verskeie helderkleurige akrielwerke is tydens die geleentheid op 9 Desember

Deur Surika van Schalkwyk

uitgestal, en Joshua het ook by die uitstalling klavier gespeel. Joshua se skilderkuns bied aan hom ’n kanaal na buite waardeur hy

homself kan uitleef. Joshua ontvang tans tuisonderrig en kunsklasse by sy ma. Onderwysgeleenthede vir jong outiste is ná primêre vlak ongelukkig beperk, indien enigsins beskikbaar. Volgens Tania du Toit, kurator van die uitstalling, is Suid-Afrika ver agter die res van die wêreld wanneer dit kom by bewusmaking van outisme, ondanks die skerp toename in die aantal outiste. “Daar moet nog baie werk gedoen word om bewustheid van outisme op alle vlakke in Suid-Afrika te verhoog. “Daar moet gekyk word na outisme op skoolvlak, in die werkplek en die versorging van volwassenes met outisme. Kunstenaars met outisme wat daarna streef om hul kuns as ’n werkskeppingsgeleentheid te gebruik, kry danksy die uitstalling die geleentheid om juis dit te doen, en motiveer en inspireer só ook ander,” sê Du Toit. Volgens Langner gaan die uitstalling kunstenaars soos Joshua die geleentheid bied om hul talente verder te ontwikkel. S


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.