Solidariteit Tydskrif #5 2011

Page 1

AFRIFORUM Nuwe eenheid pak misdaad PLAASAANVALLE Suid-Afrika staan op in September

NR. 5 VAN 2011 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE

I SSN 1683562 -X

9 771683 562000 www.solidariteit.co.za

FOKUS OP MEDIESE BEDRYF: SÓ HELP VAKBOND




>>> INhoud N O M M E R

8

18 44

59 VOORBLADFOTO: iSTOCKPHOTO.COM

V A N

2 0 1 1

gereeld 6 7 8 58 59 60 61 62 63 68 70 73

73

5

INTRAPSLAG: Ouboet om oog oor jou te hou KUBERKLETS: Hieroor word gegons SPREEKBUYS: My pad van die Mynwerkersunie na Solidariteit MY GELD: Hou gelddoring só uit huwelik se vlees MY WORK: Fair treatment at work – when is it discrimination? LABOUR MATTERS: Managers don’t make mistakes – or don’t admit it JY & DIE REG: Salarisstrokies, verlof: Hoe word regte beskerm? OCCUPATIONAL HEALTH & SAFETY: Tripartite initiatives in the mining industry MY GESIN: Pak jou lentekosblik DIE LEES WERD: Leesstof propvol inspirasie vir die lente HISTORIES GESPROKE: Webtuiste maak deur oop na geskiedenis STILW(O)ORD: Vir hierdie deur is geen sleutels nodig nie

nuuswaardig 10 12 12 14 16 18 20 20 22 24 26 40 42 42 43 44 45 46 47 48 54 54 55 56 57

Solidariteit ryg nog talle loonwelslae in Nie net nóg ’n statistiek Suid-Afrika staan op teen plaasmoorde Basta: Hier kom die album Employment equity diagnosis is faulty Gautrain: Soet én die suur Arbeidsdeelname hou aan krimp Kospryse styg reeds vir sewe maande lank skerp Tree Aan! op aanvraag terug in die Staatsteater Die Kampus sal nuwe opleidingsdeure open Paul Kruger: Die grootste Afrikaner van alle tye? AfriForum pak misdaad met nuwe eenheid Helpende hand na bejaardes uitgesteek Werknet wil mense in elke dorp bereik Motoriste die ‘melkkoeie’ van die nuwe tolstelsel Hulde gebring aan vroue van vandag en gister Jong helde van hoop hou uitstalling by Aardklop ‘Geluk lê in die uitleef van jou roeping’ Trek jou kruisie in Solidariteit-verkiesing Vryheid en die De la Rey van Amerika Sol-Tech se waardes in sy naam opgesluit 400 studente pak ambagte by gesogte kollege Gehalte-opleiding nou binne meer se bereik ‘Ons moet mekaar se stories verstaan’ Protesmusiek in ‘nuwe’ SA

64

vakbondfokus 28 50 72

Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor die bedrywe waarin Solidariteit funksioneer Lidmaatskap: ’n Wen-wen vennootskap Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep

63



redakteursbrief

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23

REDAKTEUR ■ EDITOR Dr. Dirk Hermann NUUSREDAKTEUR ■ NEWS EDITOR Ilze Nieuwoudt

Ouboet om oog oor jou te hou

FOTOREDAKTEUR ■ PHOTO EDITOR Reint Dykema WEBREDAKTEUR ■ WEB EDITOR Daleen de Jager ADVERTENSIES ■ ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784

d

ie ekonomie knyp steeds. Die VSA se kredietgradering is afwaarts aangepas, in Griekeland loop die mense in die strate en Londen brand. In Suid-Afrika is dinge ook steeds onseker. Die ou wysheid sê as die VSA en Europa nies, kry Suid-Afrika verkoue. As die Amerikaanse en Europese vraag verswak, het dit ’n invloed op bestellings in Suid-Afrika. Die afleggingspook loop weer in Suid-Afrika. Niks is dus seker nie. In sulke onsekere tye kan die werkplek ’n alleenplek word. dr. dirk hermann Almal veg vir oorlewing en dit is elkeen vir hom- of haarself. Dit is in sulke onsekere tye dat jy ’n vakbond nodig het. ’n Vakbond is soos ’n ouboet wat oor jou skouer loer. Jy weet jy is nie alleen op die speelterrein nie. As iemand jou wil boelie, weet jy Ouboet sal namens jou terugbaklei. Mense vra gereeld: “Maar wat beteken ’n vakbond vir my?” Die antwoord lê in kameraadskap en gemoedsrus. In onsekere tye weet jy, jy is nie alleen nie. Jy het ’n kameraad, iemand aan jou kant, wat net ’n oproep ver is. Solidariteit is boonop ’n ouboet met spiere. Buiten ’n netwerk van kundige organiseerders dwarsoor Suid-Afrika het die vakbond ’n regsafdeling met 35 mense. Op enige gegewe stadium hanteer die vakbond sowat 1 300 sake namens lede. Verlede jaar het die regsafdeling sowat R220 miljoen namens lede beding. Dit is meer as die totale bedrag ledegeld wat Solidariteit in dieselfde jaar ontvang het. Vanjaar staan die bedrag reeds op R190 miljoen en gaan die R220 miljoen-rekord waarskynlik gebreek word. Die Solidariteit-organiseerders is kenners oor afleggings en weet hoe om lede by te staan in afleggingskonsultasies. ’n Persoon het my onlangs gebel om te praat oor Solidariteitlidmaatskap. Sy is voorheen afgelê en het vertel: “Weet jy wat was die ergste in dié tyd? Die alleenheid.” Moet jou nie alleen laat vang in die werkplek nie. Kry vir jou ’n ouboet om ’n ogie oor jou te hou. Indien jy vriende, familie of kollegas het wat nog lid van Solidariteit is nie, gee vir hulle hierdie boodskap: “As die ekonomie byt – kry Solidariteit.”

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

INTRAPSLAG

ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree & Aksent Media TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media INTEKENARE ■ SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ■ ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS ■ CONTRIBUTORS Marietha Malan, Paul Joubert, Ilze Nieuwoudt, Reint Dykema, Daleen de Jager, Susan Lombaard, Cilleste van der Walt, Phil Davel, Moira-Marie Kloppers, Surika van Schalkwyk, Juanita du Preez, dr. Danie Langner, Thelma Louw, Marietjie Smit, dr. Suretha Griesel, Leigh McMaster, Johan Roos en Piet le Roux UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK ■ PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING ■ DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

DR. DIRK HERMANN REDAKTEUR nommer 5 van 2011

6

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kuberklets

Motoriste die ‘melkkoeie’ van Gautengse tolstelsel K UBERKLETS hieroor word gegons

Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.

Die tariefstruktuur vir Gautengse tolpaaie wat deur die kabinet goedgekeur is, reduseer gewone motoriste nou tot die melkkoeie van die nuwe tolstelsel, het AfriForum gesê. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit skandalig dat die grootste las om die tolpaaie te finansier, nou deur gewone motoriste gedra moet word. “Dít terwyl taxi’s en busse totaal vrygestel word van toltariewe en die afwaartse aanpassing van die tariewe wat aanvanklik voorgestel is, persentasiegewys aansienlik groter is vir swaarvoertuie as vir gewone motors,” het hy bygevoeg. Facebook-vriende se reaksies was: Elize Verwaaij-Mare: Dit is sommer nonsens dat taxi’s daarvan kwytgeskeld is. Ek weier om van die hoofweg gebruik te maak en ry eerder ’n pad vol gate en langpad, maar vir my gaan hulle nie op die hoofweg kry nie! Ons betaal al klaar soveel belastings en nou moet ons dit betaal. Miskien moet die gebruikers van die staat se geldlaaie bietjie hulle vingers daar uit begin hou! Lourika Hollier: Voel ook so Elize. Taxi’s word al gesubsidieer op brandstof en nou dit ook. Nee werklik, die regering voel vere vir ons. Moet ons ook eers die paaie versper en betoog en brandstig en onregeerbaar raak voor iemand na ons luister? Naas Schutte: Ek het ’n “lift club”. Hoekom werk dit net vir taxi’s? Piet Claassen: Betaal ons nie klaar belasting op petrol wat na die padfonds toe gaan nie? Belasting op salarisse? BTW op goedere wat ons aankoop? Wat bly oor? Maureen Jansen van Rensburg: Dis hoekom dit gaan soos dit gaan in die land. As een moet betaal, laat almal betaal. Wat maak die een groep beter as die ander? Bevoordeling in die ergste graad en weer aanvaar ons dit maar gelate.

Aansluiting net ’n SMS ver!

Liza Angela Rieper Opperman: Ek was so boos toe ek dit vanmôre op die radio hoor! Wat maak taxi’s so spesiaal? Ons almal ry taxi op een of ander manier. Ek hoop ons kan almal bietjie saam staan en ’n stokkie daarvoor steek. As een bestuurder moet betaal, MOET alle bestuurders betaal. Hulle veroorsaak die meeste ongelukke op die hoofweë. Chantal Wessels: Ek ry elke dag 100 km op die “highway” werk toe en terug. Ek kry ’n lae salaris. Ek en my man kom net-net uit in ’n maand. Ons brand ook nogal vas in sommige maande. Die tolhekkoste werk my meer uit as my salaris. Daar sit ek sopas werkloos. Dit beteken ons sal ons bietjie skuld soos huur en krag en petrol vir my man se kar dek, maar gaan nie kan kos koop nie. Wat gaan ons maak? Dit is baie “unfair”.

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

Anel Olsson: Wel, wat gaan ons omtrent hierdie doen? Is dit waar dat AfriForum hulle hof toe sleep? As genoeg van ons weier om dit te betaal, wat gaan hulle daaromtrent DOEN? Ons kan ’n duisend petisies teken, maar as daar nie ’n aksie teen die staat aan die gang is nie, gaan ons mos met die gereg sukkel, of hoe? Raad asseblief, Solidariteit!

Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.

Het jou adres verander? Indien jou Solidariteit Tydskrif en ander kommunikasie na ’n nuwe adres gestuur moet word, stuur asseblief ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za.

number 5 of 2011

Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na ilze@solidariteit.co.za. Die redakteur behou hom die reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.

7

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


spreekbuys

e FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

My pad van die Mynwerkersunie na Solidariteit

k was in standerd 8 toe ek die eerste keer van ’n vakbond gehoor het. Ons het tydens die groot Mynwerkersuniestaking van 1979 by ’n oom op Stilfontein gekuier. Die oom het ’n bestuurspos op die myn beklee, en was sterk teen die Mynwerkersunie se staking gekant. Destyds was stakings ’n seldsame verskynsel, en ek het hom nuuskierig uitgevra oor wat ’n vakbond is en wat hulle doen. Ek het veral belang gestel toe ek hoor vakbonde onderhandel vir hul lede beter salarisse. My pa het destyds by Vleissentraal gewerk, en al het hy nooit daaroor gepraat of gekla nie, het ek geweet hy kry ’n karige salaris. Pa was nie ’n geleerde man nie. Hy en sy broer het baie vroeg die skool verlaat om by Yskor te gaan werk sodat hulle twee ouer broers kon gaan studeer. Dit was destyds nie ’n ongewone ding om te doen

nie. Pa het van sy werk gehou en het nie so iets soos kantoorure geken nie. Hy het jaarliks die trofee vir die beste presteerder by die werk gekry. Dit het ’n baie groot indruk op my gemaak, iets wat ek nie sommer sal vergeet nie, want die beker (geskenk deur ’n boer) was byna so groot soos ons klavier en moes op my pa se bakkie vervoer word. Elke jaar het Vleissentraal se hoofkantoor gebel en gesê hy kry weer die beker; dis dus nie nodig dat hy dit saambring na die prysuitdeling toe nie. Die probleem was egter dat prestasie en produksie geen rol gespeel het in Vleissentraal se salarisse nie. Jy is uitsluitlik betaal volgens jou skoolstanderd, en nie volgens jou werkprestasie nie. Pa het my verstom aangekyk toe ek die dag by my oom-hulle voorstel dat hy by die Mynwerkersunie aansluit. Hy het my oom se sienings oor vakbonde gedeel, en sou nie

nommer 5 van 2011

8

SPREEKBUYS

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

flip buys


spreekbuys droom daarvan om te kla oor sy werkgewer of salaris nie. Maar ék was nooit weer dieselfde nie. Ek het gevoel ’n vakbond kan optree teen die onreg wat mense soos my pa aangedoen is. Van daardie dag af het ek alles wat ek kon gelees oor die Mynwerkersunie, en ander vakbonde se bedrywighede oral oor die wêreld begin opmerk. POOLSE SOLIDARITEIT Ná my diensplig het ek by die destydse Potchefstroomse Universiteit gaan studeer. In Staatsleer het ons baie van vakbonde geleer, maar hierdie keer hoofsaaklik van Cosatu, en ook van die Poolse Solidariteit wat so ’n groot rol in die val van die Kommunisme gespeel het. Ek het nie van Cosatu se kommunistiese grondslag gehou nie, en het hulle gedurige stakings teenproduktief gevind. Ek het wel ingesien dat hulle ’n doeltreffende instrument was om swart mense se stryd te voer. Die Poolse Solidariteit het werklik my belangstelling gewek. Hier was ’n vakbond wat die kommunisme laat wankel het – iets wat die Amerikaners met al hulle mag en vuurpyle nie kon regkry nie! Die ironie van die geskiedenis het my ook nie ontgaan nie: Kommuniste wêreldwyd het vakbonde aangewend om hulle ideologie van die klassestryd te bevorder, en hier kom ’n antikommunistiese vakbond vanuit Pole en sit ’n kettingreaksie aan die gang wat tot die val van die kommunisme lei! Ek het in die universiteitsbiblioteek meer oor vakbonde gaan oplees. Benewens die Mynwerkersunie en die Poolse Solidariteit, het ek ’n studie begin maak van Christelike vakbonde in lande soos Nederland, België, Kanada en Duitsland. Daar was baie wat ’n mens kon leer uit hulle opbouende benadering en hoe hulle ’n veel breër rol as die gewone rol van ’n vakbond in hulle lande speel. Die rol wat vakbonde in Quebec en Vlaandere gespeel het om minderheidsgroepe se belange te beskerm, het my veral opgeval. Ek het begin besef dat ’n vakbond nie net werkers se regte kan bevorder nie, maar ook minderhede se breër belange kan beskerm! MYNWERKERSUNIE Ná my studiejare het ek in Eskom se afdeling vir Arbeidsverhoudinge begin werk en sommer dadelik met die verskillende vakbonde te doen gekry. Met die afskop van die Kodesa-onderhandelings het ek besef die land gaan geheel en al verander, en ek was bekommerd dat die onderhandelings gaan skeefloop. Hierdie bekommernis het enersyds gespruit uit my Staatsleer-agtergrond

“Ons is hier om te bly, maar Afrika is nie vir sissies nie! Daarom is die visie van die Solidariteit Beweging om omstandighede te skep wat nodig is om blywend, veilig en voorspoedig in Afrika te kan bly.” wat my bewus gemaak het van die gevare van ’n demokrasie sonder minderheidsbeskerming in multi-etniese lande, en andersyds uit my waarneming van die bekwame Cosatu-onderhandelaars teenoor die goedgelowige, onervare Nasionale Party-politici. Ek het geglo die regering se onervare onderhandelaars staan nie ’n kans teen ’n ervare ANC-onderhandelaar soos Cyril Ramaphosa met sy lang vakbondondervinding nie. My studie van die vakbondwese het my oortuig wit werknemers en die Afrikaner se belange sou ernstig skade ly as die onderhandelings verkeerd loop. So gou ek kon, het ek ’n pos by die Mynwerkersunie aanvaar, met die doel om ’n sterk Westerse vakbondbeweging as alternatief vir Cosatu te help vestig, om ons mense se werk te beskerm en om groter balans in die onderhandelingsproses te probeer bring. Dinge het egter anders ontwikkel as wat ek in my jeugjare gedink het, en die land het totaal verander. My vroeëre bekommernisse oor die Kodesa-onderhandelings is stelselmatig bewaarheid. Die ANC het toegewings gemaak om die mag te kry, en het gaandeweg die mag begin gebruik om hulle oorspronklike doelwitte te verwesenlik. ONS MOET MEER DOEN! Namate die land verander het, het dit duidelik geword dat ons meer sal moet doen om ons lede en ons gemeenskap te beskerm as wat die tradisionele vakbonde altyd gedoen het. Dit was bloot nie meer genoeg om net te doen wat ons altyd gedoen het nie – die uitdagings het veel groter geword. Die ou Mynwerkersunie-vakbondmodel sou nie meer genoeg wees nie, en die omstandighede in die land het ook die Poolse model onprakties gemaak. Ek het ernstig na ’n oplossing gesoek. Dit was tydens my studies vir ’n honneursgraad in arbeidsverhoudinge by die ou RAU wat ek my antwoord gekry het. Die bekende prof. Luther Backer het ons vertel van die Israelse Histadrut-vakbondbeweging wat Israel ontwikkel het. Die Histadrut is begin deur leiers soos David Ben-Gurion en Golda Meir. Hulle was nie ’n gewone vakbond wat net onderhandel het nie. Hulle het werk geskep deur kibboetse te begin, skole, klinieke en hospitale gebou, en banke en

number 5 of 2011

9

ander besighede opgerig om werk te verskaf en die land op te bou. Rondom die Histadrut het hulle ’n hele familie organisasies begin – nie net om vir hul lede werk te skep nie, maar ook om die land te ontwikkel en die burgerregte van hul lede (as ’n destydse minderheidsgroep) in die destydse Koloniale Palestina te beskerm. Israel – net soos Zimbabwe later – het my oortuig dat werkerregte afhang van burgerregte, en nie daarsonder kan bestaan nie. Raak aan ‘n minderheid se burgerregte, en die werkerregte sneuwel saam. Die twee is kante van dieselfde munt en moet dus ewe vurig beskerm word. DIE SOLIDARITEIT BEWEGING ’n Besoek aan Israel het my laat besef ons omstandighede verskil totaal van Israel. Die Histadrut-model kon beslis nie so hier toegepas word nie. Die model het wel bewys ’n minderheidsgroep kan suksesvol in ’n moeilike meerderheidsomgewing voortbestaan, as die minderheid sterk instellings op sleutelgebiede vestig om sy belange te beskerm. Maar dit was ’n studie van die Christelike vakbondbeweging in België wat die strategiese legkaart voltooi het en ons gehelp het om ons eie beweging suksesvol te vestig. Ons het mettertyd die Mynwerkersunie in Solidariteit omgeskakel, waarna ons die Solidariteit Beweging begin stig het – die Poolse vakbond se naam, met ’n aangepaste weergawe van die Belgiese en Israelse vakbonde se strategie! Mettertyd het daar ’n hele familie van organisasies rondom Solidariteit ontstaan, wat elkeen op sy terrein dieselfde doel van beskerming en bemagtiging nastreef. Natuurlik kan ons nie alles doen nie, en dus gaan ons vennootskappe aan waar daar reeds suksesvolle organisasies is. Die strategie ontwikkel steeds, maar die basiese plan is eintlik baie eenvoudig: Stig selfdoenorganisasies op elke terrein waar dit noodsaaklik is om ons lede en ons gemeenskap te help en te beskerm. Ons is hier om te bly, maar Afrika is nie vir sissies nie! Daarom is die visie van die Solidariteit Beweging om omstandighede te skep wat nodig is om blywend, veilig en voorspoedig in Afrika te kan bly. So sal ons ook ’n volhoubare bydrae tot die welsyn van die land en al sy mense kan maak. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Dr. Dirk Hermann en Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoofde van Solidariteit.

Solidariteit ryg nog talle loonwelslae in

FOTO: REINT DYKEMA

m

Deur Moira-Marie Kloppers

et ’n gemiddelde loonverhoging van 7,5% wat vanjaar by 52 onderskeie maatskappye en sektore beding is, het Solidariteit tienduisende van sy lede vanjaar weer bemagtig om in moeilike ekonomiese omstandighede, wat werknemers wêreldwyd steeds in ’n wurggreep het, staande te bly. Vanjaar se loonseisoen is nie net deur taai loononderhandelings en uitsteltaktieke deur werkgewers gekenmerk nie, maar ook deur ernstige vertrouensbreuke tussen vakbonde en werkgewers. Daarbenewens laat talle werkgewers kwessies wat elke jaar tydens loononderhandelings geopper word, jaar ná jaar sloer, wat tot groot ontevredenheid onder werknemers lei. Soveel so dat vanjaar se loonseisoen deur die media tot die stakingseisoen herdoop is. Tog kon Solidariteit deur volgehoue druk, veral deur middel van die media, daarin slaag om in talle groot bedingingsrade in verskeie

bedrywe gunstige loonverhogings in sy lede se guns te beslis. NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE BEDRYF (NBCCI) ’n Gunstige eenjaar-loonooreenkoms van 8,5% vir alle werknemers en ’n 10%-loonverhoging op die minimum skaal het ’n einde aan die sloerende loongeskil in dié sektor van die NBCCI gebring. Die ooreenkoms is gesluit nadat die KVBA ingevolge Artikel 150 van die Wet op Arbeidsverhoudinge ingegryp het om die geskil, wat tot ’n grootskaalse staking in die bedryf gelei het, te besleg. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het dié ooreenkoms ’n goeie balans tussen die behoeftes van werknemers, die werkgewers, die publiek en Suid-Afrika gebring. “Die ooreenkoms sal ook help om die vertrouensbreuk tussen werkgewers en werknemers, wat vanjaar se loononderhandelings gekniehalter het, te herstel,” volgens Hermann. ’n Loonooreenkoms vir ’n verhoging van

nommer 5 van 2011

10

7,5% is ook in die glassektor onderteken, en terugwerkend vanaf 1 Julie 2011 ingestel. Daarbenewens is daar ooreengekom dat werknemers se werkure vanaf 43 ure per week na 42 ure per week verminder. In die nywerheidschemikalieësektor het werkgewers en werknemers op ’n loonverhoging van 8% ooreengekom, wat terugwerkend vanaf 1 Julie vanjaar ingestel is. Daarbenewens is die huidige kraamverlofvoordeel van vier maande kraamverlof teen 33% van die werknemer se salaris, na vier maande kraamverlof teen 45% van die werknemer se salaris verbeter. Werknemers kan steeds twee ekstra maande onbetaalde verlof neem. KAMER VAN MYNWESE Werknemers in die goudsektor van die Kamer van Mynwese het, ingevolge ’n tweejaar-loonooreenkoms, loonverhogings van tussen 8% en 10% ontvang. Dit volg op ’n loonooreenkoms wat vroeër in die steenkoolsektor bereik is en waarvolgens verhogings van tussen 8%

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig en 10,5%, afhangend van werknemers se posvlak, toegeken is. Volgens Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sal mynwerknemers, ambagslui en amptenare by AngloGold Ashanti en Gold Fields in 2011 en 2012 ’n loonverhoging van 8% ontvang, terwyl mynwerknemers, ambagslui en amptenare by Harmony en Rand Uranium in dieselfde tydperk ’n loonverhoging van 7,5% sal ontvang. Kategorie 3- tot 8-werknemers sal in dieselfde tydperk loonverhogings van tussen 8,5% en 10% ontvang. Indien inflasie teen volgende jaar egter hoër as die vasgestelde loonooreenkoms styg, sal werknemers en vakbonde volgende Junie die ooreenkoms hersien. GESKILLE DUUR VOORT Loononderhandelings by talle maatskappye het vanjaar etlike maande geduur. Teen druktyd het loongeskille by verskeie maatskappye steeds voortgeduur. GRADERINGSKWESSIES WEER DORING IN DIE VLEES BY EXXARO Solidariteit het Exxaro Coal (EC) se finale loonaanbod in Augustus verwerp en ’n loongeskil na die KVBA verwys op grond van die sloe-

rende standaardiseringskwessies by die maatskappy wat loononderhandelings jaar ná jaar kniehalter. Volgens Du Plessis spruit die tweejaarloonaanbod uit Solidariteit se eis dat die standaardiseringskwessies by Exxaro dringend aandag moet kry. “Die standaardiseringkwessies by Exxaro sloer nou reeds langer as vier jaar. Werknemers het dit duidelik gestel dat hulle nou al lank genoeg gewag het dat Exxaro die daad by die woord voeg,” verduidelik Du Plessis. “Daar is tydens verlede jaar se onderhandelings ooreengekom dat ’n taakspan wat reeds in 2009 op die been gebring is om die graderingskwessies te hanteer, verlede jaar Augustus daaraan aandag moes gee,” sê hy. “Dié ooreenkoms oor die standaardiseringskwessies bepaal dat EC die taakspan byeen moet roep om die kwessies aan te pak, maar dit het steeds nie plaasgevind nie.” “Twee verskillende graderingstelsels, naamlik die Patterson-stelsel en die JE Manager-stelsel, word tans onderskeidelik by Exxaro Coal Mpumalanga (ECM) en EC gebruik, wat veroorsaak dat werknemers op dieselfde posvlak by die onderskeie aanlegte verskillende salarisse ontvang. Daarbenewens is daar onder meer ook ongelykhede tussen

verskillende Exxaro-myne se pensioen- en mediese voordele,” voeg hy by. “ECM en EC se intreesalarisse verskil op sekere vlakke met tot R3 000,” het hy gesê. “Dit veroorsaak groot ontevredenheid onder werknemers en hulle is nie bereid om nog twee jaar te wag voor die kwessie aangepak word nie.” MITTAL EMPLOYEES WAIT MONTHS FOR INCREASE Some 500 Solidarity members of ArcelorMittal participated in a protest march to the company’s headquarters in Vanderbijlpark during their lunch hour earlier this year, to demand that wage negotiations begin immediately. Wage negotiations between the employer and the two trade unions represented at the company had been delayed for months due to an unresolved dispute between ArcelorMittal and the other trade union at the company. Solidarity maintained that it was unacceptable that Solidarity members bore the brunt of this dispute which has nothing to do with Solidarity. Wage negotiations at the company commenced shortly thereafter. This year’s wage increase should have been implemented on 1 April this year. S


nuuswaardig

Suid-Afrika staan op teen plaasmoorde Deur Ilze Nieuwoudt

Dr. Dirk Hermann en genl. Chris van Zyl, samestellers van die boek Treurgrond.

Nie net nóg ’n statistiek

FOTO: REINT DYKEMA

r

Deur Ilze Nieuwoudt

iana Schoeman was net 35 jaar oud toe sy verlede jaar deur aanvallers op hul kleinhoewe buite Cullinan voor haar twee seuntjies van ses en vier doodgeskiet is. Hulle het by hul ma se lyk gewag totdat hulle pa, Deon, by die huis gekom het. Toe hy by die huis kom, het hulle hom tegemoet gehardloop en gesê: “Pappa, hulle het vir mamma geskiet!” Dié aanval en Riana se dood is gelys as aanvalnommer 2 586. Hierdie en verskeie ander aanvalle wat almal gelys is in die skokboek Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle in Suid-Afrika, het op 24 Augustus, tydens die bekendstelling van die boek, ’n tasbare blik op die wreedheid en sinloosheid van plaasaanvalle gebied. Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit en een van die samestellers van Treurgrond, is die doel van hierdie boek juis om toe te sien dat mense soos Riana nie net blote statistiek word nie. “Ons wil met die boek troos bring wat ons net deur Christus kan kry. Deur Hom sal ons die troos ontvang en krag kry om weer op te staan,” verduidelik Hermann oor die doel van hierdie boek. Die besluit om ’n boek oor plaasaanvalle saam te stel, het volgens Hermann gespruit uit ’n gesprek wat hy en genl. Chris van Zyl van die TLU met mekaar gehad het tydens die Julius Malema-hofsaak wat oor die sing van die gewraakte “Skiet die boer”-lied gegaan het. Kort hierna is begin met die skaaf aan die data wat die TLU reeds sedert 1990 oor plaasaanvalle byhou.

Treurgrond lys voorvalle van aanvalle op boere en hul gesinne sowel as aanvalle op plaaswerkers en hul gesinne. Hermann verduidelik dat Treurgrond baie persepsies oor plaasaanvalle verkeerd bewys. “Daar is persepsies dat plaasaanvalle veral as gevolg van arbeidsdispute tussen boere en hulle werkers plaasvind. Navorsing wat hieroor gedoen is, het egter bewys dat dit net in sowat 1,25% van aanvalle die geval is. As jy die boek lees, kry jy ’n ander perspektief op die verhoudings tussen boere en hulle werknemers,” sê hy. Van Zyl beklemtoon dat Treurgrond moet bewys dat plaasaanvalle nie beskou kan word as “gewone” misdaad nie. “Dit sal ’n skande wees as die realiteit as ’n normale misdaad beskou word,” het hy tydens die bekendstelling gesê. Hoewel meer as 2 600 aanvalle in die boek gelys word, reken Hermann en Van Zyl dat Treurgrond net “die ore van die seekoei” toon. “Dit is ’n uiters konserwatiewe beeld van die realiteit,” aldus Van Zyl. Ten spyte van die duidelike erns van die probleem meen Van Zyl egter dat die regering nie genoeg doen nie. “Hoe groot moet ’n probleem word, voordat dit ’n prioriteit word?” En hoewel die regering nie die saak daadwerklik probeer oplos nie, raak die fisieke wonde van die duidende mense wat in aanvalle betrokke was, heel, maar soos die dappere Madeleine, wat ook haar skokkende verhaal tydens die bekendstelling vertel het, sê: “Dit is ’n nagmerrie wat nooit verbygaan nie.” S

nommer 5 van 2011

12

As deel van die bekendstelling van Kraal Uitgewers se boek Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle is September geoormerk as die Solidariteit Beweging se maand van protes teen plaasaanvalle. Die boek is enersyds daarop gemik om Suid-Afrikaners oor die omvang van plaasaanvalle in te lig en te help toesien dat die kwessie hoër op die nasionale agenda geplaas word. Andersyds moet dit help om die publiek te mobiliseer om druk op die regering te plaas sodat hulle met oplossings vorendag kan kom. Daarbenewens sal die boek se Engelse weergawe, Land of Sorrow, ook internasionaal versprei word met die hoop dat internasionale rolspelers ook by die aksie teen plaasaanvalle sal aansluit.

RAAK SÓ BETROKKE Jy kan ook jou steun aan hierdie projek toesê. Wys jou steun op een of meer van die volgende maniere: • Koop ’n kopie van Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle teen slegs R150 (posgeld uitgesluit). Wins uit die verkoop van die boek sal gebruik word vir die internasionale verspreiding van die boek. • Stuur ’n SMS en maak ’n bydrae. SMS die woord “Boek” na 38655 en skenk op hierdie manier R10 om die boek internasionaal te versprei. • Besoek www.treurgrond.co.za en bly op die hoogte van die nuutste verwikkelings ten opsigte van die veldtog. Jy kan ook hier ’n lusmaker van die boek aflaai om te lees. • Gaan kyk na die Treurgrond-video oor plaasmoorde op Solidariteit se YouTube-kanaal by www.youtube.com/solidariteitsa. • Dra op 30 September 2011 ’n rooi lint op jou skouer of om jou arm om jou steun vir die protes te toon. • Treurgrond kan bestel word deur die woord “Treur” na 34388 te SMS. Die boek kos R150. (SMS’e kos R2.) Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor dié en ander boeke deur Kraal Uitgewers. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


PLAASMOORDE

Die wêreld moet weet! Treurgrond is die eerste boek wat die ware verhaal van plaasaanvalle in Suid-Afrika vertel. Die 2 617 afsonderlike aanvalle op plase en kleinhoewes is skokkend, maar dié boek moet gelees word! Die debat oor geweld op plase kan en mag eenvoudig nie doodgesmoor word nie.

aksentmedia • 082 445 4513

Bestel Treurgrond teen R150 deur ’n e-pos te stuur na kraal@solidariteit.co.za of SMS die woord “Treur” na 34388. SMS’e kos R2 elk.

Die burgerregte-waghond AfriForum gaan 1 000 Engelse eksemplare van Treurgrond aan die Verenigde Nasies, ambassades, die internasionale media en meningsvormers wêreldwyd versprei. Jy kan help! Skenk R10 vir dié veldtog deur die woord “Boek” na 38655 te SMS. Kraal-Uitgewers en AfriForum is deel van die Solidariteit Beweging

086 10 200 30 www.afriforum.co.za

Deel van die Solidar iteit Beweging


nuuswaardig

Andries Hendrik Potgieter en Steve Hofmeyr span kragte saam op Basta!

Basta: Hier kom die album

FOTO: FRANCOIS OLIVIER

g

Deur Ilze Nieuwoudt opgeneem, saam met die temalied Basta! en nog ’n oorspronklike lied uit die pen van die ervare liedjieskrywer Waldo Greeff. Byron Kuntz van Electro Groove is verantwoordelik vir die verwerkings. Intussen het die Afrikaanse musieklegende Steve Hofmeyr ingestem om die wenlied saam met die sanger Andries Hendrik Potgieter op te neem. Die wenners van die kompetisie sal binnekort tydens ’n spesiale geleentheid bekendgemaak word. Die album sal vroeg in November in meer as 400 winkels regoor die land beskikbaar wees. Die wenlied asook ander liedjies van die Basta!CD sal vir die eerste keer in die openbaar bekendgestel en gesing word by die AfriForum-musiekfees wat op Saterdag, 12 November by die Voortrekkermonument in Pretoria plaasvind. Die CD sal ook hier te koop wees. Sien jou daar! Ons gesels in die volgende uitgawe met die wenner van die kompetisie. S

ooi die stemme van Steve Hofmeyr en Andries Hendrik Potgieter, tien liedjies vol passie en emosie, en die hope talent van die skoolleerlinge wat die moed gehad het om hierdie liedjies te skryf bymekaar en wat kry jy? Basta! – ’n CD wat die jeug se liefde vir hul land en herkoms besing. Solidariteit Tydskrif het hoërskoolleerlinge vroeër vanjaar genooi om in te skryf vir die tydskrif se eerste Punt-liriekskryfkompetisie met die tema “Basta! Ons voetspore is in Afrika!”. Die reaksie was positief en die gehalte van die inskrywings het die beoordelaars oortuig dat die jeug oor tonne verskuilde talent beskik. Die agt wenliedjies is onlangs gekies, en hoewel die wenners nog nie aangekondig is nie, is daar sedertdien hard gewerskaf om hierdie lirieke te toonset en op te neem vir die saamstel van die eerste Basta!CD. Die agt wenliedjies word gedurende September nommer 5 van 2011

14

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



newsworthy

Percentage of jobs held by white men at different occupational levels – 2000 to 2010 2000

2002

2004

2006

2008

2010

Top management

77,3%

71,1%

68,2%

60,2%

61,1%

60,8%

Senior management

64,9%

61,6%

57,3%

51,9%

47,4%

45,9%

Proffesionally qualified

37,8%

47,4%

32,7%

40,1%

33,2%

29,9%

Skilled

N/A

24,0%

N/A

23,2%

18,5%

15,8%

Employment equity diagnosis is faulty

a

By Paul Joubert nomic justice for poor black people does not lie in fewer employed white people, as the CEE is implicitly advocating.

s in previous years, the Commission for Employment Equity (CEE) has examined the symptoms of the unhealthy South African labour market, measured them with unsuitable instruments and consequently made an invalid diagnosis. This leads to the wrong medicine being prescribed for the patient, causing further damage. The “snail pace” (sic) of racial transformation in the South African labour market led the Minister of Labour, Mildred Oliphant, to announce that “drastic measures” will have to be taken to speed it up. The CEE proudly spoke about the more stringent measures and bigger fines proposed in the amendment act currently under discussion at Nedlac (the National Economic Development and Labour Council).

THE REAL ANSWER IS EDUCATION The true remedy can be found by studying the underlying conditions in the labour market, instead of myopically focussing only on the visible outputs at top levels. To a large extent, the educational profile of the South African population explains why white and Indian people continue to hold such large proportions of the higher level positions in the labour market. According to Statistics SA’s latest estimates, as indicated by the large scale survey done during their 2007 Community Survey, nearly half of all people with a degree as their highest qualification are white. In the case of post-degree qualifications, this proportion increases to 58%. People of Indian descent also represent a much larger proportion of the highly educated population than their share of the total population. Of course, these percentages are gradually changing. In 1991, about 68% of all South African graduate students were white. Since then, the number of white students graduating has increased, but the number of graduates from other racial groups has increased at a much quicker pace. Consequently, the percentage of white graduates in the class of 2008 declined to 39%. This change is still gaining momentum and so far has only slightly been altering the educational profile of the entire population. The fact that a large number of (mainly) black African and Coloured young people currently fail to complete high school contributes to the slow pace of this process. The fact that the higher levels of the labour market has remained mostly white is therefore clearly not because of “institutional racism”, but because of differences in educational attainment and appropriate work experience.

FOCUS ON TOP LEVEL IS SKEWED Once again, the Department of Labour focused on the top levels of the labour market. According to their report, 60,8% of employees in top level and 45,9% in senior level management are white males. However, the CEE neglects to emphasise the large shifts that have taken place over the past decade, as shown in the table elsewhere on this page. Another factor that must be highlighted is that people in top management account for only 0,8% of the 5,3 million people surveyed as part of the CEE’s research. At 1,9%, senior management does not count for much more. Despite this, the perception seems to be that this mere 2,7% must “transform” for broad social justice to be achieved, even if it means companies might go under because of the heavy fines proposed in the proposed new laws. This is utter nonsense. Even if, in a hypothetical situation, the two million employed white people (men and women) could be removed from the labour market overnight and replaced with previously unemployed black people without any other negative consequences, the number of unemployed black people would still be around 5,5 million. It is clear that the solution for social and econommer 5 van 2011

EAP IN ISOLATION UNSUITABLE The CEE insists on measuring any and all figures related

16

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


newsworthy to racial transformation against the racial profile of the economically active population (EAP). The EAP figures are calculated quarterly by Stats SA from their estimates of how many people of the respective racial groups are working or actively looking for work in South Africa. In Section 42 of the Employment Equity Act, it is specified that the EAP must be used as an indicator when evaluating compliance with the Act. However, the EAP is only one of the factors specified by the Employment Equity Act to be used when evaluating compliance. Other factors include the pool of suitably qualified individuals an employer may reasonably be expected to recruit employees from, as well as the economic and financial circumstances of the company or sector in which the company operates. By using only EAP, the CEE is therefore not even acting in the spirit of the Act from which it derives its mandate. Furthermore, the EAP is an unsuitable instrument for judging certain variables. Examples of such variables are the CEE’s figures on new recruits and the promotion of existing

management is more likely to be promoted than a white person and that “white dominance” is actually being eroded.

employees. The CEE laments the fact that at top management level, “only” 34% of new appointments are black and that black people receive “only” 32,4% of promotions, measured against the 87,9% black share of the EAP. This, the CEE asserts, shows how white dominance continues to be entrenched and how white people are more likely to be appointed or promoted. In actual fact, the figures show exactly the opposite. Of those currently employed at top management level, 24% are black. If 24% are black, and 32,4% of promotions at this level are of black people, it implies that any specific black employee in top

INPUTS VS. TARGETS In the end, the CEE’s approach comes down to a blinkered, race-obsessed preoccupation with numerical targets. When reality does not accord with this kind of tunnel vision, racism is blamed as the only possible explanation. The only proposed remedy is threatening employers with heavy fines if they do not comply, whilst ignoring the very real disparities between the racial EAP profile and the educational profile of South Africans. For many years, Solidarity has been advocating better education for all South Africans – the correct inputs – as the correct medicine for the ailing economy. By enabling everyone to contribute meaningfully to the modern economy, the value that would be generated to be shared by all South Africans would increase. Once these inputs are healthy, the numerical targets will also be healthy, but will also, ironically, become irrelevant. S

AKSENT MEDIA • 07/2010


nuuswaardig

Gautrain: Soet én die suur

d

Deur Ilze Nieuwoudt & Cilleste van der Walt

it was ’n droom wat jare gelede reeds begin het en hoewel ’n fase hiervan in Junie verlede jaar in werking gestel is, het die breër Gautengse gemeenskap eers in Augustus vanjaar werklik begin om opgewonde te raak oor hierdie multimiljoenrandprojek. Die Pretoria-Rosebank-roete wat op 2 Augustus amptelik geopen is, het teen middagete reeds ’n asemrowende 11 000 pendelaars tussen die Jakarandastad en Johannesburg vervoer. Die LUR vir vervoer in Gauteng, Ismail Vadi, het gesê hulle hoop dat 100 000 pendelaars daagliks van dié blitstreinstelsel gebruik sal maak. Met die opening van die nuwe roete is daar trots aangekondig dat die enigste probleem ’n vertraging van vier minute met een van die treine was. Hierdie vertraging sou egter in die daaropvolgende dae die minste van hulle bekommernisse wees, want nie net het ’n onwettige staking deur busbestuurders van

Gautrain se busdienste pendelaars woedend gelaat nie, maar kabeldiefstal het ook probleme veroorsaak. Skaars ’n week nadat die Pretoria-roete oopgestel is, is die roete tussen die Pretoria-, Hatfield- en Centurion-stasies ontwrig toe daar op 10 Augustus kabels gesteel is. As ’n tussentydse maatreël is die Gautrainbusse ingespan om pendelaars te vervoer. Enkele dae later, op 15 Augustus, is die roete weer ontwrig toe kabeldiewe ’n tweede keer op dieselfde deel van die roete toegeslaan het. En asof dit nie genoeg is nie, is die roete tussen Rosebank en Sandton ook op 16 Augustus ontwrig nadat ’n foutiewe dreineringsklep in die tonnel ’n alarm laat afgaan het. Daar is egter bevind dat die tydelike klep bloot foutief geraak het, en die probleem is vinnig reggestel. Ten spyte van die negatiwiteit wat in verskeie kringe oor die Gautrain en veral die diefstal van koperkabels opgeklink het, is pendelaars behoorlik aan die gons oor die sukses van dié spoedtreinstelsel.

FOTO: VERSKAF DEUR GAUTRAIN

FAST FACTS ON THE GAUTRAIN • The project was announced in 2000 shortly after the Soccer World Cup bid was awarded to South Africa. • Construction on the Gautrain started on 26 September 2006. • Gautrain is hoping to increase the number of daily passengers to 100 000. This could see a possible 20% drop in the number of cars travelling between Johannesburg and Pretoria. • The first public passenger trip on the Gautrain took place on 3 February 2009. The test was done with 150 passengers on board and was done on a 3 km test track. • The first section of the Gautrain system opened on 8 June 2010 between Sandton and the OR Tambo International Airport. • The total length of the Gautrain network is 80 km of which 15 km is underground. • Travelling on the Gautrain between Sandton and the OR Tambo Airport takes 15 minutes while a trip between Pretoria and Johannesburg takes 42 minutes. S

nommer 5 van 2011

18

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

Arbeidsdeelname hou aan krimp Deur Paul Joubert

l

uidens die jongste statistiek wat deur Statistiek Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak is, het die amptelike werkloosheidskoers van 25,0% in die eerste kwartaal van 2011 tot 25,7% in die tweede kwartaal gestyg. Hierdie persentasies neem slegs die werklose bevolking in ag wat aktief na werk soek. Wanneer al die ander werklose mense wat graag wil werk, maar al opgehou het om werk te soek, ook ingereken word, is die jongste syfer (die breë werkloosheidskoers) 36,9%. Hierdie syfer word bereken uit die 32,4 miljoen Suid-Afrikaners van 15 tot 64 jaar oud. Van hierdie groep is daar ’n geskatte 13,1 miljoen wat in die formele of informele sektore werk het. ’n Verdere 11,6 miljoen is nie “ekonomies aktief” nie – dit is mense soos studente, tuisteskeppers en gestremdes. Daar bly dan 7,7 miljoen oor wat volgens die breë definisie werkloos is. ’n Breër perspektief oor hierdie syfers is nuttig om die veranderings gedurende die afgelope paar jaar beter te begryp. In die laaste kwartaal van 2008, net voordat die resessie se afleggings seer begin byt het, was die amptelike werkloosheidskoers 21,8%. Die

breë koers was 29,2% – die laagste wat dit in etlike jare was. Die aantal werkloses volgens die breë definisie was sowat 5,8 miljoen mense. In die afgelope twee en ’n halwe jaar het die aantal werkloses in Suid-Afrika dus met byna twee miljoen toegeneem. Dit is deels as gevolg van netto werkverliese en deels as gevolg van nuwe toetreders tot die arbeidsmark wat nie werk kan kry nie. Die onindiensneembaarheid van veral jong mense, selfs baie van diegene wat matriek geslaag het, is algemene kennis. Die verskillende werkloosheidskoerse kan steeds baie verwarrend wees. Die verhouding waarop die klem eintlik gelê behoort te word, is die aantal werkende mense teenoor die aantal mense van werkende ouderdom (15 tot 64). Dit word die arbeidsmagdeelnamekoers of die absorpsiekoers genoem. Hoe hoër hierdie koers is, hoe beter. In die vierde kwartaal van 2008 was dié persentasie 45,0%. Die jongste syfer is 40,5%. Dit beteken uit elke tien persone wat moontlik kan werk, is daar slegs vier wat wel werk. In die praktyk sal hierdie koers nooit 100% bereik nie. Suid-Afrika het ’n jong bevolking. Van die totale aantal Suid-Afrikaners van 15

tot 64, is byna ’n derde 15 tot 24 jaar oud. Dit is tog heeltemal normaal dat die meeste kinders van 15 tot 18 nie werk nie, maar skoolgaan en dat ’n groot aantal van diegene van 19- tot 22-jarige ouderdom verder studeer. Dit is ook onvermydelik dat sommige mense weens siekte of gestremdheid tydelik of permanent ongeskik is vir werk. Dan is daar ook ander mense wat kies om nie te werk nie, aangesien hulle lewensmaats vir hulle sorg. Met al hierdie faktore in ag geneem, steek Suid-Afrika se arbeidsmagdeelnamekoers van 40,5% egter steeds sleg af teen die gemiddeld van ongeveer 65% vir die lidlande van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling. Dit is byna net die streng Islamitiese lande waar vroue volgens wet nie mag werk nie waar die arbeidsmagdeelnamekoers so laag soos in SuidAfrika is. Hierdie krimpende 40,5% toon met watter dringendheid Suid-Afrika moet sorg dat meer mense in diens geneem word. Om dit volhoubaar te doen, moet dit vir die privaat sektor makliker gemaak word om sake te doen. Beleidsverandering in hierdie rigting moet deur almal ondersteun word. S

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Kospryse styg reeds vir sewe maande lank skerp Die amptelike kosprysindeks van Statistiek Suid-Afrika en Solidariteit se eie indeks van basiese kossoorte se pryse styg nou reeds vir sewe maande op ’n volgehoue grondslag. Die styging in die amptelike indeks was sowat 6,5%, en die basiese mandjie het ’n styging van 7,5% getoon. Hierdie stygings volg op ’n lang tydperk, ongeveer vanaf Mei 2009 tot Desember 2010, waarin kospryse gemiddeld slegs baie geleidelik gestyg het en waar die pryse van basiese kossoorte selfs geleidelik gedaal het. Vanaf September 2009 tot Februarie 2011 was die jaar-op-jaar kosprysinflasie ook laer as algemene VPI-inflasie. Die ommeswaai in voedselinflasie is ’n groot faktor wat bygedra het tot die styging in algemene inflasie, van 3,7% in Januarie tot 5,3% in Julie. Hierdie tendens toon nog nie tekens van ’n volgende ommekeer nie,

met die jongste jaar-op-jaar kosprysinflasiesyfer wat op 7,4% staan. Van die produkte wat van Desember 2010 tot Julie 2011 die meeste gestyg het: • 1 kg margarien 29,1% • 750 g mayonnaise 20,2% • 5 kg broodmeel 12,4% • 2,5 kg witsuiker 12,6% • Maalvleis per kg 11,1% • 700 g bruinbrood 9,5% • 750 g kitskoffie 7,8% Enkele produkte (seisoenale vrugte en groente uitgesluit) se pryse het wel gedaal: • 5 kg rys -6,1% • 170 g tuna -3,7% • 2 kg droë boontjies -3,5% • 500 g macaroni -1,8%

nommer 5 van 2011

20

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


kry die krag van die WET aan jou kant – 24 uur per dag X

REGSHULPVERSEKERING UNIEKE KENMERKE*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R35 000 per jaar. • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.

Prokureur tot jou diens teen slegs R70 per maand!* aksent media • 082 445 4513

* Bepalings en voorwaardes geld

Geadministreer deur Legal X, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 5277)

0861 765 734 Skakel ons vandag nog by

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


nuuswaardig

Tree Aan! op aanvraag terug in die Staatsteater

d

Deur Moira-Marie Kloppers

FOTO’S: VERSKAF, PACKED HOUSE PRODUCTIONS

ie teleurstelling van vele belangstellendes wat nie kaartjies kon kry vir die musiekspel Tree Aan! nie het die vervaardigers genoop om ’n tweede speelvak te skeduleer. Dié speelvak begin op 8 Oktober in die Operahuis van die Staatsteater in Pretoria. Tree Aan! was vir teatergangers ’n emosionele gebeurtenis waartydens hulle gekonfronteer is met bittersoet herinnerings van die tyd in die weermag tydens die Grensoorlog. Die musiekblyspel het ook vir heelwat omstredenheid gesorg toe dit die debat oor die relevansie van die Grensoorlog weer oopgekrap het. Volgens Deon Opperman, hoof van Packed House Productions en vervaardiger van Tree Aan!, is relevansie die hoofrede waarom sekere teaterstukke groot gehore lok en ander nie. “’n Relevante kunswerk, na my mening, spreek tot tydige probleme. Hierdie is belangrik en vorm inderdaad die kern van my eie benadering. As dramaturg gee ek my karakters probleme waarmee hulle worstel. My instink en eie marknavorsing bevestig dat dit probleme is waarmee die mense in my teikengehoor ook worstel; dis dus vir hulle relevante probleme,” sê Opperman. Volgens Opperman bestaan daar baie parallelle en teenpole tussen die Afrikaner van die Boereoorlog se tyd, die vegters in die Grensoorlog en die hede. “In die tyd van die Boereoorlog, die Grensoorlog en vandag is daar steeds die groot geveg van die minderheid teen die meerderheid. Die gevoel van persoonlike berowing, ontneming en verlies is vandag, net soos toe, goed aan ons bekend terwyl die onterwing en die wegneem van ons land en status ons mense steeds moedeloos maak,” meen Opperman. “Waar daar ’n nasie met eer en waardigheid was, is daar vandag emosies van

skaamte en skuld. Die Afrikaner van tóé het ’n diep sin van gemeenskap beleef, teenoor vandag se gefragmenteerde samelewing en die afbreek van gemeenskap en identiteit. Die tyd van die Boereoorlog en Grensoorlog was ’n tyd van sterk leiers. Vandag het ons nie so ’n leier nie. In die tyd van die Boereoorlog en Grensoorlog was ons ’n volk met ’n erkende geskiedenis; vandag word ons geskiedenis ontken. “Alles in die lewe is eenvoudig die soeke na ’n oplossing vir een probleem ná die ander. Hoe belangriker dit vir ons oorlewing

is om ’n probleem op te los, hoe meer moeite is ons bereid om te doen om daardie probleem op te los en hoe meer aandag sal ons daaraan skenk,” meen Opperman. “Omdat hierdie probleme nie net emosioneel relevant is nie, maar ook in die toeganklike vorm van ’n musiekspel aangebied is, het dit groot gehore gelok. Tree Aan! bring, soos die musiekspel Ons vir jou ook gedoen het, ’n boodskap van hoop en waardigheid in ’n tyd waarin een van die Afrikaner se grootste probleme ’n diep gevoel van hopeloosheid en waardeloosheid is,” sluit hy af.

Vyf dubbelkaartjies op die spel! Vyf gelukkige Solidariteit Tydskrif-lesers staan elk die kans om ’n dubbelkaartjie na Tree Aan! asook ’n Tree Aan!-geskenkpak te wen. Stuur net ’n e-pos met Tree Aan! in die onderwerpveld na tydskrif@solidariteit.co.za. Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Die eerste vyf inskrywings sal die pryse wen. Wenners sal telefonies gekontak word. Die sluitingsdatum is 8 Oktober 2011. Kaartjiepryse wissel tussen R125 en R285. Daar is ook verskeie opsies vir familie- en groepbesprekings teen spesiale afslagpryse. Tree Aan! is vanaf 8 Oktober by die Staatsteater in Pretoria op die planke. Lede van Solidariteit kwalifiseer vir ’n spesiale afslag van 10% op alle kaartjies. Die wagwoord vir lede-afslag is “soltree”. Besprekings kan by www.treeaan.co.za of Computicket-takke landwyd gedoen word.

nommer 5 van 2011

22

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Tree Aan!-kykers sê... MELINDA JANSE VAN RENSBURG Ek het my sitplek ingeneem en nie eintlik geweet wat om te verwag nie. Skielik word ek teruggeneem na ’n tyd toe my eie ouboet tussen ander jongmanne op die platform van die stasie gestaan en wag het. Jongmanne wat meestal pas klaar is met hul skoolopleiding en wat sukkel met akneevelle en hormoonskommelings. Die sersant-majoor loer onderlangs na die pragtige haarlokke wat trots uit die oë geskud word en binnekort saam met Ma se rokpante gesny gaan word. Ek word teruggevoer saam met ons eie onthou van Ouboet se army-dae, toe hy skielik na sy eerste pas as ’n man huis toe gekom het, die seun iewers agtergelaat. So eie aan ons Afrikaners deel ons ook in die humor te midde van die swaarkry. Dit was voorwaar ’n wonderlike reis deur die verlede. Ek het heimlik gewens ek het tog maar meer gereeld die pen opgeneem om vir Ouboet nuus van die huis af deur te gee. Ek het verstom aan die einde van die produksie gestaar na die skerms vol name van hulle wat hul lewe afgelê het – eintlik ’n skok oor die aantal manne van wie min van ons kennis dra! Hoeveel seuns, eggenote en vaders het hul lewe gegee omdat hulle geglo het dit is ter wille van die nageslag... en nou ontken die nageslag hulle. Dankie aan Deon Opperman wat hierdie muur van herinnering opgerig het. Ek wil elke oud-soldaat en elke persoon wat ook ’n ouboet of ’n seun aan die weermag “geleen” het aanmoedig om op hierdie manier dankie te sê aan hulle wat soveel vir ons opgeoffer het. DIRK-JAN Ek (en my vrou) het die aand báie geniet. Wat ’n kragtoer! Die sang en toneelspel was uit die boonste rakke. Die name aan die einde was nogal emosioneel, met persoonlike, naby vriende se name wat verbyrol. Die herinnering aan hul afsterwe en hoe hulle gesterf het, het opnuut vir ’n paar trane gesorg. Dankie en sterkte vir die toekoms. GERETTE ERASMUS “Ons sal onthou, die name eer...” Almal móét Tree Aan! van Deon Opperman in die Staatsteater gaan kyk! Dit is dubbel en dwars die moeite werd. Die aangrypende musiekspel is deurspek met skreeusnaakse dialoog, afgewissel met nostalgiese oomblikke. Die toneelspel is deurentyd onverbeterlik en die musiek absoluut treffend. Jy sal ongetwyfeld uitstap met ’n trotse Afrikaner-hart en matelose respek vir die moed van ons manne op die destydse grens – die drumpel tussen seun-wees en man-word. ALET EN BEN VORSTER Ag, dit was ’n aand van onthou… Hoewel ek nie self ’n broer het wat op die grens geveg het nie, het ons mense geken wat wel daar was. Die stuk was meesterlik aangebied, en die hartseer van afsterwe was boeiend. Dit was ’n aangename aand in die geselskap van mede-Afrikaners, en daarvoor wil ek dankie sê! S

number 5 of 2011

23

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

-

-

0860 02 55 00


nuuswaardig

Die Kampus sal nuwe opleidingsdeure open pleiding is een van die Solidariteit Beweging se grootste prioriteite, want die opleiding van ons mense is ’n volhoubare maatskaplike belegging wat ekonomiese groei aanvuur,” sê Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging. Daarom het die Solidariteit Beweging besluit om die grootste en opwindendste projek tot nog toe in die geskiedenis van die Solidariteit Beweging aan te pak: Die oprigting van Die Kampus, ’n monumentale bouprojek wat Sol-Tech, die Beweging se tegniese opleidingskollege, asook ’n tersiêre afstandonderriginstelling sal huisves. Die koste om Die Kampus op te rig, beloop sowat R150 miljoen, maar dié unieke projek sal die Afrikaanse onderriglandskap vir ewig verander. Waar die meeste lesings by opleidingsinstellings voor 1994 nog in Afrikaans aangebied is, handboeke in Afrikaans beskikbaar was en eksamenvraestelle in Afrikaans beantwoord kon word, is dit vandag seldsaam. Die gevolg was ’n migrasie van studente na die een of twee instellings landwyd waar Afrikaans nog in ’n mindere mate in die lesinglokaal bestaansreg het. Boonop het die aantal wit studente aan technikons van

die

“o

Deur Dawid Brand

’n Kunstenaarsvoorstelling van die hoofgebou.

43 000 in 1999 afgeneem tot 14 000 in 2008. As in ag geneem word dat hierdie instellings slegs van Engels as onderrigtaal gebruik maak, kan die gevolgtrekking gemaak word dat baie min van dié 14 000 studente Afrikaanssprekend is. In 2010 het sowat 350 000 leerders graad 12 geslaag met toelating om aan ’n universiteit of universiteit van tegnologie te studeer. Dié instellings beskik egter slegs oor die vermoë om sowat 150 000 studente jaarliks in te neem. Daar is dus jaarliks bykans 200 000 studente wat nie ’n leertuiste by dié instellings kan vind nie,

lewende monument vir ’n hoopvolle toekoms

al kwalifiseer hulle daarvoor. In ’n neutedop is daar dus nie genoeg plek om skoolverlaters te huisves nie – nie diegene wat vir verdere opleiding kwalifiseer nie, en ook nie diegene wat dalk nie matriekvrystelling het nie, maar hulle steeds in ’n skaars ambag wil bekwaam. Voorts is finansies en beurse ’n groot struikelblok vir baie, terwyl Afrikaans as onderrigmedium al meer aan die agterspeen suig. Die oplossing is om opleidingsgeleenthede te skep waar die Afrikaanse aanbod die laagste is. Dit is duidelik dat die Afrikaanse opleidingsaanbod op veral NQF-vlak 5 (hoër sertifikaat) en NQF-vlak 6 (diploma) bykans verdwyn het. Dit skep ’n opleidingsvakuum in daardie vaardighede wat voorheen hieruit ontwikkel het. Die Kampus sal met jou hulp hierdie leemte kan vul deur alternatiewe toegang tot opleiding vir Afrikaanse mense te bied. Duisende sal hulle nou kan bekwaam in ’n rigting waarvoor daar ’n werklike vraag in die ekonomie bestaan.

SÓ KAN JY HELP OM DROOM TE VERWESENLIK • KOOP STENE Jan en alleman word aangemoedig om stene teen R1 000 per steen te koop. Die stene kan kontant of per debietorder betaal word. Klik op www.diekampus.co.za vir die betalingsbesonderhede en -voorwaardes. • SKENK ’N ENKELBEDRAG ’n Maatskappy of individu kan ’n enkelbedrag skenk. So ’n skenking is ’n belegging in jongmense en die ekonomie. Boonop sal maatskappye ’n belastingvrystellingsertifikaat ontvang. • BORG ’N LOKAAL ’n Maatskappy, trust of individu kan ’n lokaal of werkwinkel borg wat na die maatskappy of individu vernoem sal word. Sodoende word waardevolle bemarkingsblootstelling op die koop toe ontsluit. • SKENK MATERIAAL ’n Staalonderneming kan staal skenk of ’n bouonderneming kan stene skenk of teen kosprys verskaf, of ondernemings kan broodnodige materiaal en toerusting skenk. • NEEM KORTTERMYNVERSEKERING BY VIRSEKER UIT ’n Gedeelte van die premies van Virseker sal vir die oprigting van Die Kampus aangewend word. Klik op www.virseker.co.za, spaar op jou premies en gee opleiding ’n hupstoot! • KOM MET ’N VOORSTEL Enige ander voorstelle oor hoe om betrokke te raak, word verwelkom. Stuur jou voorstelle na arina@solidariteit.co.za of bel Arina Stoker tydens kantoorure by 012 644 4473. • Vir meer inligting oor Die Kampus, om te sien hoe die boufonds groei, vir die bankbesonderhede of om saam te gesels, saam te droom en saam te doen, besoek die webtuiste www.diekampus.co.za vandag nog! S

nommer 5 van 2011

24

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



nuuswaardig

Paul Kruger: Die grootste Afrikaner van alle tye?

a

Deur Ilze Nieuwoudt

s voortrekker, politikus en president van die eertydse ZuidAfrikaansche Republiek (ZAR), het Paul Kruger in sy leeftyd nie net merkwaardige diplomatieke deurbrake gemaak vir sy volk nie, maar ook ongekende wysheid, verdraagsaamheid en geloof getoon. Hy word deur talle beskou as die grootste Afrikaner ooit, en met rede. In ’n boeiende boek oor die lewe van dié staatsman word die volle verhaal vertel. “Paul Kruger is waarskynlik die grootste en invloedrykste Afrikaner wat ooit geleef het.” Só lok die stofomslag van Paul Kruger: ’n Biografie die leser om hierdie stampvol boek met 638 bladsye oor die lewe van Kruger te lees. Die boek deur D.W. Krüger het oorspronklik in twee dele in onderskeidelik 1961 en 1963 verskyn, maar is in 2009 met die samestelling van die tweede uitgawe vir

die eerste keer as ’n geheel uitgegee. Deel een dek die lewe van Kruger vanaf klein Stephanus Johannes Paulus (Paul) Kruger se geboorte op 10 Oktober 1825 tot en met 1883 toe hy die eerste keer as president van die ZAR verkies is. Die tweede deel strek vanaf 1883 tot sy eensame dood in die vreemde in 1904 en die dag waarop Kruger se trek uiteindelik ten einde gekom het toe hy langs sy vrou, Gezina, ter ruste gelê is. Die boek bied ’n omvangryke blik op Kruger se lewe as vader, boer en staatsman deur navorsing wat oor ’n tydperk van nagenoeg 20 jaar deur die skrywer gedoen is. • Paul Kruger: ’n Biografie kos R329 (posgeld uitgesluit). Om die boek te bestel, skakel die FAK se kantoor by telefoonno. 012 301 1777 of 012 326 8646.

Kruger, Pretorius of dalk De la Rey? ’n Blitsopname op Facebook met die vraag “Wie is die grootste Afrikaner van alle tye?” het die aanhangers behoorlik aan die praat gehad. Hoewel die meerderheid Paul Kruger hierdie titel wil gee, is daar by verre nie eenstemmigheid nie. Hier is ’n paar van die menings: Willie Jordaan Jr: Diep spore begin by iemand wat opreg en waarlik glo dat hy definitief ’n verskil sal maak en dan ’n duur prys daarvoor betaal. So persoon is dus bereid om alles op te offer om diep spore te begin! Sulke helde spoor ander aan en veroorsaak dat ander in sy voetspore kan voortstap. Die vraag is dus nie noodwendig of dit werklik ’n verskil gemaak het al dan nie. Ek het reeds vir genl. Koos de la

Rey genomineer, maar wil ook vir Daniël Johannes Stephanus Theron en Jopie Fourie daarby insluit. Delene Pienaar: Vir seker genl. Koos de la Rey. Nie net was hy ’n Godvresende man nie, maar hy het te alle tye sy volk se belange op die hart gedra en geen ondeurdagte besluite geneem nie. Hy was vir seker ’n man wat altyd ’n toekomsvisie gehad het. Waldo Kuhn: Andries Stockenstrom, Paul Kruger, Jan Smuts en Constand Viljoen – al vier was leiers, want hulle het elk op sy eie manier die Afrikaner onder deurmekaar toestande vorentoe laat gaan. Hulle het visie gehad.

Cornelius Jansen van Rensburg: Andries Pretorius. Hy’t die boere uit die moeilikheid in Natal gelei en het deur sy dade die grond voorberei vir die Afrikaner om ’n nasionale rolspeler te wees. Daan Grobler: Ek is die grootste Afrikaner van alle tye. En jy. En almal soos ons wat ondanks die talle probleme wat die land ondervind, steeds wil help om dit te maak werk. Ons woon hier; ons bly hier; ons gee nie hier pad nie. Ons raak soms gefrustreerd, maar: Ons voetspore lê in Afrika! Die winde van korrupsie, selfverryking, swak dienslewering en so meer kan dié spore nie uitwis nie. Solank ek verder spore in Suid-Afrika trap, is ek die grootste Afrikaner. En jy, en ander. S

Spits jou ore vir geskiedkundige reis van momente, monumente Indien jy hunker na jou Afrikaanse wortels en graag meer wil weet van die belangrike mense en gebeurtenisse wat die hedendaagse Afrikaners vooraf gegaan het, luister gerus elke Vrydag om 13:00 na Momente en monumente gedurende die omnibusprogram In Solidariteit op Solidariteit se eie radiostasie. Die program neem luisteraars elke week op ’n geskiedkundige reis deur die Afrikaner se verlede en gee hulle die geleentheid om die land se ryk geskiedenis op ’n nuwe manier te ontdek. • Besoek www.solidariteitradio.co.za en klik op In Solidariteit. Stuur jou voorstelle en kommentaar na radio@solidariteit.co.za.

nommer 5 van 2011

26

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



industry news

Fires nipped in the bud with warning system

f

By Cilleste van der Walt

ires are a problem throughout the year in South Africa, and it is not only the different landscapes that pose this problem: We also have a subculture that views fire as a tool for hunting, land management and even to encourage rain. Phillip Frost of the South African Council for Scientific and Industrial Research (CSIR) says: “There’s a fire season somewhere in South Africa all the time.” This said, fire is one of the top culprits in causing power outages and for Hein Vosloo, specialist in the transmission division of South Africa’s power company Eskom, the frequent fires are a big headache. For instance, the area between the City of Cape Town and the power stations has about 28 000 kilometres of highvoltage transmission lines. When a fire breaks out anywhere under this extensive network of lines, it creates a column of ionized air that can conduct electricity. If the flames are high enough to create an ionized column that reaches the power lines, electricity arcs from the power lines to the ground like lightning. A safety breaker sees the drop in electricity flowing through the lines and opens, cutting the flow of electricity and triggering a power outage called a line fault. In a typical year, Eskom has to find and fix between 70 and 150 line faults. With 28 000 kilometres of line to check, line faults can be very time consuming and expensive. Frost proposed collaboration to Vosloo in April 2004: They would build a satellite-based fire-alert system, and Vosloo was a ready supporter. Together, they convinced the Eskom managers to fund a fire-alert system. The idea was to monitor the transmission lines around the country and to use cell phone technology

such as text messaging to alert people immediately whenever there is a fire. Frost envisioned an early-warning system that would locate fires in South Africa based on satellite data, and then automatically alert local officials of the fire’s location and current weather conditions. The first step was obtaining the satellite data, and the data he wanted came from the Moderate Resolution Imaging Spectroradiometer (MODIS) flying on NASA’s Terra and Aqua satellites. “The first challenge was to set up a system like MODIS Rapid Response, but faster,” says Jacques Descloitres, the developer of the MODIS Rapid Response System. “We successfully set up a version of the system that just ran fire data,” he said.

“Eskom provided a map of their power grid. If the fire got within five kilometres, an alert is triggered and a 40-character text message is sent to whom it may concern. A second satellite, METEOSAT, was combined to complement MODIS. METEOSAT wasn’t as accurate as MODIS, but what it lacked in accuracy, it made up for in frequency. Over the next year, the alert system detected 65% of all fires that caused outages. “I’m proud that the system actually works to the level that if it were to be stopped now, I would have hundreds of people on my case asking where is the data,” says Frost. “It’s becoming part of people’s lives; it’s becoming routine, and that’s great.” S

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

Greenpeace highlights benefits of a nuclear-free future Talks about nuclear energy plants in South Africa have resulted in a few people raising questions about the safety of building these plants. Greenpeace Africa has once again raised its concern about nuclear power with the South African government. It pointed out that this is a dangerous energy option that would lock the country into an out-dated, expensive and deadly energy future. Greenpeace recently presented a report,

“True Cost of Nuclear Power in South Africa”, to the Department of Energy in which it exposes the significant social and economic impacts of the country’s nuclear programme over the past decades and highlights the benefits of a nuclear-free future. With this report as support, Greenpeace urged the Minister of Energy to reconsider the role of nuclear energy in South Africa and to put a moratorium on any new nu-

nommer 5 van 2011

28

clear reactors at least until the safety implications of the Fukushima nuclear disaster in Japan have been fully evaluated. Kumi Naidoo, Executive Director of Greenpeace International, said: “Nuclear energy is a dangerous distraction from the clean energy development needed to prevent catastrophic climate changes. Nuclear power simply delivers too little, too late and at too high a price for the environment.”

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Stats on MEIBC visits to the CCMA reviewed

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

t

he Metal and Engineering Industries Bargaining Council (MEIBC) recently reviewed its visits to the CCMA compared to 2010 statistics. Solidarity represents approximately 27 000 employees in the metal and engineering industry. The majority are artisans and employees with other scarce skills. According to dr Dirk Hermann, Deputy General Secretary of Solidarity, “there is a critical shortage of skilled artisans and engineers in South Africa. Research has also shown that South Africa will need some 50 000 new artisans by 2015 to meet the demand. The skills shortage is a global occurrence, and many South African artisans are lured away by opportunities in the international market�. That is why it is important for the MEIBC to attain fair workplaces that satisfy the needs of the employees sufficiently by keeping results at the CCMA positive. According to the CCMA Case Management System, cases in the metal and engi-

By Cilleste van der Walt

neering sector were distributed as follows: The total number of cases referred to the CCMA nationally in June 2011 was 567. This figure presents an increase of 2% compared to June 2010 and a 4% increase from May 2011. In June 2011, Gauteng cases made up a smaller proportion of newly referred cases than in May (60% to 55%). In June 2010, Gauteng cases constituted 58% of the cases received. The types of disputes referred to the CCMA consisted mostly of dismissal disputes,

which at 450 constituted 80% of new referrals in June 2011. In June 2010, dismissal disputes constituted 86% of the disputes referred. Unfair labour practice and termination of contract were, respectively, the second (8%) and third (4%) most referred. The top five issues referred to the CCMA (nationally) are misconduct (51%), reason for dismissal not known (33%), dismissal related to operational requirements (6%), unfair conduct (5%) and termination of contract with or without notice (5%). In June 2011, misconduct cases decreased proportionally by 9% compared to May at 60%. In June 2010, misconduct was also the predominant issue constituting 47% of the issues referred. Of the referred cases, a total of 98 awards were handed down in June 2011 with proportionally more (57%) awards in favour of the respondent. In June 2010, 109 awards were handed down. The non-attendance of parties affected 10% (79 of 789) of the hearings which was lower in June 2010 (9%). S


bedryfsnuus

KORTLIKS • BRIEFLY

Sappi-meule sluit Meer as 200 mense het hulle werk verloor nadat Sappi sy Adamas-papiermeule in Port Elizabeth gesluit het. Die meule is al 47 jaar lank in bedryf en het einde Augustus sy laaste asem uitgeblaas. Die Sappi-groep het gesê die stap was nodig weens stygende koste en die feit dat die meule oud en onproduktief was. Konsultasie met personeel oor die sluiting van die meule het reeds in Mei begin, en produksie is na die meule Sappi Enstra en Sappi Tugela oorgedra. Die Adamas-papiermeule het in sy leeftyd sowat 40 00 ton papier per jaar vervaardig. Sappi het gesê hy sal steeds deur Sappi ReFibre in die Oos-Kaap ’n teenwoordigheid handhaaf.

New apps for Absa

Vakbond kry hofbevel teen LNR

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Cilleste van der Walt

ie Landbounavorsingsraad (LNR) vertraag steeds loononderhandelings deur die bevindings van ’n navorsingsverslag oor die markverwantheid van salarisse te weerhou. Solidariteit het gevolglik die arbitrasiebevel, wat ná ’n vorige geskilrondte aan Solidariteit toegeken is, na die arbeidshof verwys sodat die hof die LNR kan dwing om die nodige inligting aan Solidariteit te gee. Hierdie inligting is onontbeerlik vir vanjaar se onderhandelings, en geen vordering kan gevolglik intussen gemaak word nie. Die eerste rondte loononderhandelings by die LNR was reeds vir 5 Maart geskeduleer, maar geen vordering kon intussen gemaak word nie. Aangesien die werkgewer geweier het om die marknavorsing aan Solidariteit te verskaf, is ’n geskil op grond van toegang tot inligting by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verklaar. Tydens die konsiliasie is ’n skikking bereik waarvolgens alle tersaaklike inligting op 17 Mei aan Solidariteit verskaf sou word, maar slegs gedeeltelike inligting

is verskaf. Die dokument wat wel aan Solidariteit verskaf is, verwys net na stawende dokumente. Daarbenewens weier die LNR dat Solidariteit die konsultante ontmoet. Die skikking is op Solidariteit se aandrang in ’n arbitrasiebevel verander. Die hofbevel is op 30 Junie op die LNR beteken en die maatskappy het tien werkdae gehad om daaraan gehoor te gee of dit teen te staan. Die LNR het egter onlangs ontken dat hy in gebreke bly om die inligting aan Solidariteit te verskaf of dat hulle ’n aanmaning ontvang het. Solidariteit het intussen nog opponerende dokumente by die arbeidshof ingedien nadat die LNR sy opponerende stukke op 13 Julie ingedien het, maar ’n hofdatum is nog nie bepaal nie. Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 950 kundige navorsers en landboutegnici by die LNR. Die LNR is in 1999 gestig om navorsings- en ontwikkelingsprojekte te doen om nuwe tegnologie in die landboubedryf bekend te stel sodat dié bedryf op ’n volhoubare manier ’n beter bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika kan lewer. S

nommer 5 van 2011

30

Absa is launching mobile banking applications that will support the wide range of smartphones in South Africa as well as the popular tablet computer operating systems. Adrian Vermooten, deputy managing executive for digital channels, says Absa is in the process of a wholesale platform renewal. This will be part of a long-term goal of providing a unified customer experience across platforms and devices. The core framework the bank created will easily adapt to a variety of digital platforms. Vermooten says, “our framework model allows us to optimise and customise services across multiple platforms. We want to offer customers the best experience possible.” The expectations of services received through digital platforms are rapidly increasing, as more and more customers have access to the internet in South Africa. “We want to provide access to our digital channels across all segments, particularly in the mobile space. Our wireless-access portal supports loan applications for instance, so it’s possible for a consumer to go from starting the application to having the money in his or her account within 10 minutes.” While customers are awaiting the new banking applications, Absa will enhance the functionality of its ATMs in coming weeks with brand new services.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Landbank ontvang voorstelle vir vestiging van boere

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

v

oornemende swart boere moet eers aan sekere kriteria voldoen voordat hulle op plase gevestig kan word. Só is verneem ná ’n studie wat deur die Landbank onderneem is. In hierdie studie word daar gefokus op die omstandighede van opkomende boere wat deur die bank gefinansier is. Sulke boere moet, luidens die studie, ’n proeftydperk deurmaak voordat die grond aan hulle toegeken word. In die verslag word daar verskeie beleidsveranderings aan die bank voorgestel om algemene probleme met hervestiging op plase uit die weg te ruim met die oog op suksesvolle uitkomste vir opkomende boere. Een van die innoverende

Deur Cilleste van der Walt

voorstelle is ’n huurtydperk van drie jaar voor opkomende boere uiteindelik op die

plase geplaas word. Luidens die verslag kan die meeste van die opkomende boere wat deur die bank gefinansier word, nie die verpligtings van hul lenings nakom nie en staar hulle regsoptrede in die gesig. Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die verslag gee ’n duidelike uiteensetting van die probleme wat deur nuwe toetreders tot die bedryf ondervind word. Luidens die verslag het die swart boere wat welslae behaal het óf landbou-opleiding ontvang óf hulle is afgetrede professionele mense wat hulle pensioengeld gebruik het om hul boerdery te vestig óf hulle het die boerdery geërf. S


bedryfsnuus

Denel tests new ground-based defence system By Cilleste van der Walt

‘Werknemers moet beloon word vir Denel-prestasie’

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Moira-Marie Kloppers

ie semi-staatsinstelling Denel se finansiële probleme kan dalk finaal iets van die verlede wees indien drie groot projekte met ’n omset van miljarde rande by Denel Land Systems (DLS) en Denel Dynamics (DD) realiseer. Denel het vroeër vanjaar aangekondig dat hy in 2010 ’n kontantopbrengs van R178 miljoen en ’n netto wins van R111 miljoen aangeteken het. Solidariteit dring nou aan dat Denelwerknemers later vanjaar met ’n bykomende loonverhoging beloon moet word indien die kontrakte realiseer. Volgens Ilze Nieuwoudt, woordvoerder van Solidariteit, het die wins wat Denel vanjaar getoon het, teen ’n duur prys gekom. “Die druk op Denel-werknemers om beter, vinniger en goedkoper te produseer het die afgelope tien jaar uitermatig toegeneem terwyl daar telkens nóg werknemers afgelê is,” verduidelik Nieuwoudt. “Werknemers moes elke jaar die spit afbyt wanneer daar verliese aangeteken

word, terwyl die uitvoerende hoof van Denel, Talib Sadik, miljoene rande se bonusse ontvang het,” voeg sy by. Ongeveer 4 000 werknemers (nagenoeg 40% van 2004 se arbeidsmag) is sedert 2004 by Denel afgelê. “Werknemers moet nou erkenning kry vir die rol wat hulle in vanjaar se positiewe resultate gespeel het,” meen Nieuwoudt. Sadik se ampstermyn verstryk in September vanjaar en daar word verwag dat hy ’n stewige goue handdruk sal kry voor hy sy amp ontruim. Intussen moet die kontrak tussen Denel Personnel Solutions (DPS) en die SuidAfrikaanse Lugmag eers weer hersien word. Die kontrak, wat na 1963 terugdateer, is reeds twee maal hersien: in 1979 en 1983. Ná die verandering in die Tesourie-reëls ná 1994 moet dit egter nou weer hersien word om aan die Openbare Finansiële Bestuurswet (OFBW) te voldoen. Solidariteit verteenwoordig sowat 46% van die 570 werknemers wat aan hierdie kontrak werk. S

nommer 5 van 2011

32

An important testing phase in the development of the SA National Defence Force’s (SANDF) new ground-based air defence system has been successfully completed by Denel Integrated Systems Solutions (DISS). Ralph Mills, DISS CEO, said in a statement that the system was expected to be delivered for operational deployment by the SANDF within the next six to seven months. Although the system’s performance was not at hundred percent yet, “the tests ran like clockwork despite adverse weather conditions,” Mills said. The equipment will undergo further testing and evaluation at the Combat Training Centre in Lohatla and is currently being prepared for final training of crews in Kimberly during September and October. “The programme is a good example of collaboration in the defence industry,” said Mills. Saab Systems South Africa and Reutech Radar Systems worked together to give support during the test. The factory acceptance tests were conducted over four weeks at the Swartkop Airfield in Tshwane, he said. DISS is a division of the defencemanufacturing group Denel. It was established with the sole purpose of supporting the SANDF to acquire a ground-based air defence system.

Staatsbeheerde farmaseutiese maatskappy kom Suid-Afrika verbruik 25% van die antiretrovirale medisyne in die wêreld, luidens ’n gesondheidsverslag, en die ANC beoog nou om ’n staatsbeheerde farmaseutiese maatskappy op die been te bring. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê dat ernstige besprekings reeds plaasgevind het. Volgens Mantashe is die idee aan die kabinet voorgehou en dat die saak meriete het.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


broodnodige KONTANT met die afsterwe van ’n GELIEFDE X

NISDEKKING VERASSINGSDEKKING BEGRAFNISDEKKING

PREMIES & DEKKING*

UNIEKE KENMERKE

• Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid teen onderskeidelik R13,83 en R27,65. • ’n Gesin van 6 geniet dekking (hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand. • Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers. • Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse. • Vinnige uitbetaling. • Skema slegs vir Solidariteit-lede. • Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar. Polis staak wanneer hooflid die ouderdom van 65 jaar bereik.

DEKKING

Hooflid

R9 000

Familie

(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)

PREMIE R13,83

R32,59

DEKKING R18 000

Hooflid

R9 000

R18 000

Kinders 14-21

R7 472

R14 944

Kinders 1-5

R4 202

Gade

R7 472

Kinders 6-13

Volwasse afhanklikes onder 65

Volwasse afhanklikes 65 en ouer

R2 911 R5 000

R5 000

R27,65

R65,18

R14 944

R4 202

Kinders 1 en ongebore babas

PREMIE

R8 404 R8 404

R20,74

R30,81

R5 822

R5 000

R5 000

R20,74

R30,81

Laat ons jou geldlas ligter maak!

* Bepalings en voorwaardes geld

0861 867 335 Skakel ons vandag nog by:

Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd Registrasienommer: 1943/016409/06 FSP-nommer: 7370

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


bedryfsnuus

Vier vereistes as Pamodzi verkoop word

p

Deur Cilleste van der Walt

amodzi Gold se Orkney-myn het ’n bod van R150 miljoen vir die myn van China African Precious Metals (Pty) Ltd (CAPM) ontvang. Die bod behels ’n ooreenkoms tussen BEK Resources, ’n plaaslike konsortium onder aanvoering van Elias Khumalo, en SSC Mandarin Group om die myn as ’n gesamentlike onderneming bekend as CAPM te koop. Die bod volg nadat Aurora Empowerment Systems, onder leiding van pres. Jacob Zuma se broerskind Khulubuse Zuma, sy voorkeurstatus in die bod vir Pamodzi se bates verloor het in ’n stadium waar meer as 5 300 gewese Pamodziwerknemers sonder werk sit en vir miljoene rande in betalings van Aurora wag. Solidariteit het om hierdie rede vier voorwaardes vir die verkoop van Pamodzi se voormalige Orkney-myn gestel sodat die Pamodzi- en Aurora-geskiedenis, wat die afgelope paar jaar verwoesting in die Orkneyen Springs-gemeenskap gesaai het, nie herhaal nie. Solidariteit se vereistes is:

1. HERINDIENSNEMING Solidariteit eis dat sy lede wat voorheen by die Orkney-myn gewerk het en voldoende gekwalifiseer is, heraangestel word ná die verkoop van die mynbate. “Die voorsitter van CAPM, Robin Lee, het vroeër sy versekering gegee dat CAPM bewus is van die krisis waarin die werknemers deur hul vorige werkgewers gedompel is en dat CAPM ’n betekenisvolle bydrae tot indiensneming in Suid-Afrika wil lewer,” verduidelik Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. 2. KOLLEKTIEWE OOREENKOMS CAPM moet werknemers se diensvoorwaardes en kontrakte skriftelik verskaf en kollektiewe ooreenkomste moet tussen

Gideon du Plessis

CAPM en die onderskeie vakbonde gesluit word. “Vakbonde moet vanuit die staanspoor erkenning hê om te verseker dat indiensneming regverdig plaasvind en werknemers in die proses beskerm word,” sê Du Plessis. 3. GESKILPROSEDURES Geskilprosedures moet vasgestel word en daar moet vooraf bepaal word watter regstappe geneem sal word indien werknemers se salarisse en byvoordele wanbetaal word. “Pamodzi en Aurora het ons ’n duur les geleer. Solidariteit eis dat daar uit die staanspoor duidelike stelsels en stappe vasgestel moet word om enige griewe of probleme met die betaling van salarisse vinnig en doeltreffend te hanteer,” sê hy. 4. BATEBESTUUR Solidariteit eis ’n volledige batebestuurplan

wat aandui watter bates afgebreek en as skroot verkoop sal word en watter herstel en herbou gaan word. “Aurora het bates van miljoene rande tot op die grond afgebreek en as skroot verkoop. Hulle het nooit beplan om te myn en uit te brei nie,” verduidelik Du Plessis. “Nietemin het Aurora soortgelyke uitbreidingsbeloftes as CAPM in sy koopaanbod gemaak,” voeg hy by. “’n Batebestuurplan sal ons help om CAPM verantwoordelik te hou vir bestuursbesluite.” Hoewel Solidariteit die koopooreenkoms voorwaardelik goedgekeur het, is dit volgens Du Plessis uitstekende nuus dat ’n koper vir die mynbate gevind kon word ná Aurora se verwoestingswerk. “Dit het hoop gebring vir duisende werknemers in die Orkney-omgewing wat nou al maande sukkel om werk te kry,” voeg hy by. “Solidariteit sal CAPM dus ten volle ondersteun, mits die maatskappy aan ons vereistes bly voldoen,” sê Du Plessis. S

FOTO: REINT DYKEMA

Simmer & Jack se Duff Scott-hospitaal sluit moontlik sy deure Moontlike afleggings by die goudmaatskappy Simmer & Jack se Buffelsfonteinmyn mag verreikende gevolge inhou vir die 144 werknemers van die Duff Scotthospitaal, ’n entiteit van Simmers. Tensy dit deur ’n buiteparty oorgekoop word, sal die hospitaal sy deure moet sluit.

Verskeie partye het reeds aangedui dat hulle belang stel om die hospitaal, wat in Stilfontein, sowat 20 km van Klerksdorp, geleë is, te koop. Die hospitaal kan 295 beddens akkommodeer. Tans word voorleggings aan die belangstellende partye gedoen en verteenwoordigers van hierdie partye

nommer 5 van 2011

34

word op toere deur die hospitaal geneem. Daar is egter nog geen aanduiding dat ’n kooptransaksie wel gaan plaasvind nie. Die Buffelsfontein-myn was oorspronklik van plan om die meer as 140 voltydse vaardige werknemers, wat drie dokters insluit, teen 15 Augustus vanjaar af te lê.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Unions need to keep up with IT industry

s

By Cilleste van der Walt

outh Africa’s booming IT industry has stunned researchers by performing well even despite global economic uncertainty. This ever-growing industry gives a positive glimpse of what lies ahead, but unions must keep up with these developments. Research and consulting firm BMI-TechKnowledge estimated that revenue grew by 10.7% (from R62 bn in 2009 to R68.7 bn in 2010) and said it will expand at a compound annual rate of 7.6%. These forecasts are published in BMI-T’s “SA IT Market Overview for 2010 to 2015”. Marius Croukamp, head of the communication, chemical and professional industry (CCP) at Solidarity, says people working in the IT industry are highly skilled and their union needs differ in many ways from members in other industries. Therefore, Solidarity needs to keep up and grab the opportunity to develop alongside the IT industry. Important contributors to the revenue of the IT industry are the consumer and small and medium enterprise segments, as big companies spend more conservatively on technology. The SA IT services market will grow from R32.8 bn in 2010 to reach R49.8 bn billion by 2015. This reflects a compound annual growth of 8.7% over the forecast period. Increased spending on IT services can be attributed to upgrades and technology refreshers as many companies delayed these for as long as possible. In addition, companies are adopting managed services as complexity increases and skills shortages remain in certain disciplines. “People working in the IT industry need to become union members from an early stage, as this will give them the upper hand in tight situations that may occur in this fast developing industry. An early relationship with IT members will ensure the expectancy of the member and that of the union will be met,” says Croukamp. The IT market is maturing in SA, and this can be seen in the continued consolidation in the industry as well as the convergence that is taking place in the telecommunications industry. S

Nóg ’n selplatform op pad Die oplossing vir maatskappye wat selfoondienste op verskillende bedryfsplatforms wil verskaf, is dalk deur twee Suid-Afrikaanse broers ontdek. In hierdie stadium moet maatskappye ’n spesifieke platform kies vir die selfoondienste wat hulle wil verskaf. Die twee broers met die oplossing, is Arno en Wilter du Toit van die Kaapse maatskappy Virtual Mobile Technologies (VMT). Hulle het ’n platform, Ramp, ontwerp wat onafhanklik van die bedryfstelsel vir die meeste selfone gebruik kan word. Dit beteken die stelsel sal van toepassing wees vir Apple se produkte, RIM se BlackBerry-reeks en Android-slimfone. VTM pas ook die stelsel vir die Windows Phone 7-bedryfstelsel aan. Volgens Wilter du Toit, uitvoerende hoof van VMT, het hulle reeds ses jaar se navorsing agter die rug. Aldus Arno du Toit, direkteur van VMT, behoort jou selfoon, as dit ná 2003 vervaardig is, op hulle stelsel te werk. Al wat nodig is, is datatoegang. number 5 of 2011

35

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


industry news

Exxaro’s share-participation scheme to mature

e

By Cilleste van der Walt

xxaro Resources (Exxaro) has an MPower employee shareparticipation scheme that matures in November of this year, and this could ensure a payment of R117 per share for the more than 9 000 workers at this group. Wim de Klerk, Exxaro finance director, said that the estimate was based on an Exxaro share price of around R180 per share. Exxaro shares trade at levels of around R176 on the JSE. Kumba Iron Ore (Kumba) also announced a major pay-out to mine workers earlier this year, which makes Exxaro the second company for whom the employee share-participation scheme is working. Chris Griffith, Kumba CEO, revealed on 21 July that 5 000 Kumba employees at the group’s Sishen mine could receive up to R500 000 each when the scheme matures in November. Both these groups have workers who are not covered by the traditional corporate share incentive schemes, and the participation schemes are set up to incentivise these workers. They also intend to replace the current five-year schemes when they expire

with similar replacement share-incentive schemes which will run for another five years. Sipho Nkosi, Exxaro CEO, said, “despite the

challenging times in South Africa, the mining companies continue to demonstrate how they can add value and jobs to the country”. S

SABC failing to meet conditions of bailout agreement

PHOTOGRAPH: REINT DYKEMA

By Cilleste van der Walt The SABC is still in a dismal state and has not met the conditions of the R1.4 billion bailout government handed down two years ago. A key component of the conditions was a cost-cutting and revenue-enhancement plan, neither of which has been implemented yet, said Avril Halstead, chief director of sectoral oversight in the national treasury. This was revealed to members of parliament at a joint meeting between SABC executives, Department of Communication officials and members of the portfolio committee. Ben Ngubane, SABC board chairman, warned members of parliament that turning the SABC around would come at a high price, with many staff members being retrenched. “The overheads at SABC are still unacceptably high, and one of the key

drivers of these overheads is head count,” Ngubane said. “We ask political parties not to turn this into a political football because it’s very serious. We will need to use whatever extra cash resources we have, such as our pension funds, to promote voluntary severance packages and early-retirement packages. But even that will not be enough unless the government steps into the breach and helps us with retrenchment and severance packages,” he said. One in five jobs at the SABC will be shed, its bosses told parliament in April. In a submission, mention was made that 699 of its 3 699 employees must be axed. Solidarity members at the SABC have not yet received word that anyone might be affected at this time. Derek Mans, a Solidarity organiser, said that Solidarity will maintain

nommer 5 van 2011

36

ongoing communication with its members to see if anyone will be affected. “If one of our members is affected, Solidarity will do its best to ward off a retrenchment.” The conditions the SABC has failed to meet include: • Increasing advertising revenue by R535 million. • Increasing sponsorship revenue by R128 million. • Cutting its wage bill by R287 million. • Reducing professional or consultancy fees by R136 million. “These conditions were specified by the minister of finance, Pravin Gordhan, when he concurred to the guarantee,” Halstead said. “We are still worried about the SABC’s longer-term financial stability as it’s almost entirely dependent upon receiving further financing from the government.”

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


bedryfsnuus

Raad op Finansiële Dienste maak verskeie toegewings

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

ie Raad op Finansiële Dienste (RFD) het Dinsdag, 26 Julie 2011 aangekondig dat die sperdatum vir finansiële adviseurs om ’n regulerende eksamen af te lê, uitgestel is. Dié eksamen sal ook in Afrikaans teen dieselfde koste as die Engelse weergawe beskikbaar wees. Solidariteit hou vol dat sy volgehoue druk op die RFD tot hierdie en ander toegewings bygedra het en beskou dit as ’n oorwinning vir die nagenoeg 150 000 adviseurs wat tans in SuidAfrika werksaam is. Die vakbond het in Junie te velde getrek teen die manier waarop die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste (die FAISwet) in werking gestel word. Dié wet bepaal onder meer dat alle finansiële adviseurs teen 31 Desember vanjaar reeds die eerste vlak van regulerende eksamens moet aflê. Solidariteit het beklemtoon dat hierdie sperdatum nie haalbaar is nie, en die sperdatum is intussen kragtens ’n besluit deur die

Deur Ilze Nieuwoudt & Cilleste van der Walt

RFD tot 30 Junie aanstaande jaar uitgestel. Dié besluit volg nadat skaars 12%, oftewel net meer as 17 300, van die kandidate wat die eksamen moet aflê, dit reeds gedoen het.

Solidariteit moedig adviseurs aan om vroegtydig stappe te neem om die eksamens af te lê, aangesien adviseurs wat teen die sperdatum nog nie die eksamen geslaag het nie, as “onwettig” beskou sal word en in uiterste gevalle selfs hul werk kan verloor. Solidariteit het ook druk op die RFD geplaas om ’n Afrikaanse eksamenvraestel beskikbaar te stel. Luidens inligting in Solidariteit se besit is nagenoeg 40% van alle finansiële adviseurs in Suid-Afrika Afrikaanssprekend. Dit was daarom vanselfsprekend dat daar ’n behoefte by kandidate bestaan om die eksamen in Afrikaans af te lê. Hoewel die RFD reeds ’n geruime tyd gelede ingestem het om die eksamens ook in Afrikaans beskikbaar te stel, het hulle aangekondig dat daar waarskynlik ’n bykomende heffing op die aflê van eksamens in Afrikaans sal wees. Daar is egter intussen besluit dat die Afrikaanse en Engelse toetse teen dieselfde tarief afgelê kan word. S


promosie-artikel

Maak aftrede iets om waarlik na uit te sien

t

erwyl jy droom van ’n sorgvrye aftrede saam met jou vrou, ’n huisie by die see en kommervrye tyd om aan jou gunstelingpassie – veteraanmotors – te bestee, kan die werklikheid jou soos ’n hou teen die voorkop tref. Ten spyte daarvan dat jy ewe getrou maand ná maand ’n paar rand in jou pensioenfonds bêre, is daar slegs ’n handjievol Suid-Afrikaners wat werklik gemaklik sal kan aftree. Volgens Henk Schalekamp, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is dit juis daarom noodsaaklik vir werknemers om vroeg reeds aftredebeplanning te doen. “Vir elke 1% van jou salaris wat jy oor ’n tydperk van 40 jaar spaar, vervang jy slegs 5% van jou laaste salaris. Om dus 80% van jou laaste salaris by aftrede uit te kry, moet jy minstens 20% van jou totale vergoeding oor dié tydperk spaar. Henk Schalekamp “Akkurate beplanning deur ’n betroubare adviseur is onontbeerlik wanneer dit kom by aftrede,” sê Schalekamp. hiermee nie en is dan ontnugter wanneer “Werknemers moet ingelig wees en bly hulle te laat uitvind dat dit wat hulle wegoor hoe hul pensioenfondse presteer. Suidgesit het nie naastenby genoeg is om mee te Afrikaners doen in baie gevalle nie moeite oorleef nie.

FOTO’S: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

GRAB THE OPPORTUNITY TODAY! More than 2.5 million people now stand to qualify for the payout of R35 billion from the Metal Industries Provident Fund (MIPF) and the Engineering Industries Pension Fund (EIPF). The MIPF, a defined contribution provident fund, and the EIPF, a defined benefit pension fund, must both perform a surplus apportionment exercise in terms of the Pension Funds Act. The surplus apportionment date for both funds is 1 April 2008. The Act lays down all the requirements of such an exercise. It is important that all qualifying stakeholders register for the surplus apportionment scheme. You can contact the Surplus Call Centre at MIBFA on 0861 50 44 55 for more information on the registration process or visit www.mibfasurplus.co.za.

nommer 5 van 2011

38

“’n Studie wat onlangs onderneem is deur ’n maatskappy wat as ’n leier op die gebied van pensioenfondse beskou word, het getoon dat baie min SuidAfrikaners weet wat die waarde van hul pensioenfondse is. In dié spesifieke studie het slegs sowat 23% van respondente naastenby ’n idee gehad wat die waarde van hul fondse is. Dit is egter die verkeerde manier om pensioenfondse te benader. “Deur middel van doeltreffende beplanning sal aftrede nie soos ’n berg voor jou lê nie, maar eerder iets wees om waarlik na uit te sien,” meen Schalekamp. Schalekamp moedig huidige en voormalige werknemers in die metaalen ingenieursbedryf aan om te registreer as begunstigde vir die surplusuitbetaling van die Ingenieursbedryfpensioenfonds (EIPF) en die Metaalbedryfvoorsorgfonds (MIPF). Sowat 2,5 miljoen mense kan voordeel trek uit die uitbetaling van bykans R35 miljard. “As jy wonder of jy wel voordeel uit hierdie surplusverdeling kan trek, moet jy MIBFA by 0861 50 44 55 skakel. Sodra dit bevestig is dat jy wel vir die uitbetaling in aanmerking kom, moet jy registreer,” sê Schalekamp.

MEER INLIGTING NODIG? Vir meer inligting oor die MIBFA-surplusverdeling, skakel die navraaglyn vandag nog by 0861 50 44 55 of besoek die MIBFA-webtuiste by www.mibfasurplus.co.za.

IS JY GEREED VIR OUDAG? ’n Studie wat vroeër vanjaar deur Old Mutual onderneem is, het getoon dat slegs nagenoeg 54% van SuidAfrikaners wat binne die volgende tien jaar gaan aftree wel vir hul aftrede spaar. Daarbenewens reken bykans 70% van die respondente wat aan die studie deelgeneem het dat hulle min of meer genoeg tot hul pensioenfondse bydra en sowat 15% meen hulle dra te min by. Nagenoeg 58% reken ook dat hulle ná aftrede weens finansiële redes sal moet aanhou werk.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


Surplus Apportionment & DataVerification Exercise Due to amendments to the Pension Funds Act in 2007, you may be eligible for a payment. MIBFA would like anyone who is a member, a pensioner or a former member of the funds (or their predecessor funds) to contact them to ensure that they have on record the correct contact details of all members. MIBFA is also taking this opportunity to find and pay any former members who did not take their benefits which were entitled to them upon leaving the industry. HAVEYOU WORKED IN THE METAL INDUSTRIES? ARE YOU OR WERE YOU A MEMBER OF THE: • Metal Industries Provident Fund (MIPF) • Engineering Industries Pension Fund (EIPF)

Then you need to contact MIBFA! Have the following on hand when contacting MIBFA: • Identity number (new and old); • Postal and home address; • Contact telephone number and/or cellphone number; and • Documents such as a benefit statement, a membership card or a salary slip.

0861 50 44 55 www.mibfasurplus.co.za

There is no registration fee to contact MIBFA.You are advised not to pay any third parties to assist you in replying to the funds. The entire process is expected to take at least 18 months to complete. Membership or former membership of one of these funds does not necessarily mean you will be entitled to benefit from the funds.


nuuswaardig

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Nantes Kelder, hoof van AfriForum se nuwe misdaadondersoekeenheid.

AfriForum pak misdaad met nuwe eenheid

FOTO: REINT DYKEMA

t

Deur Ilze Nieuwoudt

oenemende vlakke van korrupsie met belastingbetalers se geld, magsmisbruik deur polisielede, onregmatige inhegtenisneming en verskeie ander soorte misdaad het AfriForum genoop om in te gryp. Daarom is daar in Augustus ’n amptelike AfriForumondersoekeenheid op die been gebring as deel van ’n poging om die publiek by te staan met misdaadondersoeke. Ondersoeke na voorvalle waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) nie sy ondersoekverpligtinge nakom nie, sal ook deur dié eenheid behartig word. Nantes Kelder, wat voorheen AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid was, sal hierdie eenheid lei. Hy sê dat hoewel die eenheid ’n dringende en noodsaaklike rol het om te vervul, is dit nie daarop gemik om die SAPD se rol oor te neem nie, maar eerder om aanvullend tot die SAPD se werksaamhede op te tree. “Die bewyse wat ons eenheid op hierdie

wyse bekom, sal aan die SAPD deurgegee word om te help om toe te sien dat die oortreders vervolg word,” verduidelik Kelder. “AfriForum sal graag met toegewyde polisielede saamwerk wat hul werk goed doen, ondanks die vrot appels wat ook maar hulle opwagting in die SAPD maak. Hy beklemtoon dat daar ook ’n behoefte bestaan om sogenaamde “fluitjieblasers” te beskerm. “Daar is baie gevalle waar mense met belangrike inligting voel dat hulle nie die misdaad wil oopvlek nie omdat hulle bang is vir viktimisasie. Dit gebeur ten spyte van die feit dat daar wetgewing is wat fluitjieblasers moet beskerm. Hierdie mense wend hulle toenemend tot AfriForum, en dit is ook as gevolg hiervan dat ons besluit het om hierdie ondersoekeenheid op die been te bring,” sê hy. Die ondersoekeenheid sal op ’n ad hocbasis gebruik maak van die dienste van ’n wye verskeidenheid forensiese spesialiste. S

nommer 5 van 2011

40

Soeke na waarheid Nantes Kelder, hoof van AfriForum se nuwe ondersoekeenheid, het duidelik ’n passie. Op ’n vraag oor hoekom hy so sterk oor die behoefte aan ’n ondersoekeenheid voel, verklaar hy sonder om te skroom: “Dit gaan oor geregtigheid.” Kelder het ’n baie sterk polisie-agtergrond. Nie net is hy ’n derdegenerasie-polisielid wat met trots in die voetspore van sy oupa en pa gevolg het nie, maar hy beskik ook oor jare se ervaring in toppolisie-eenhede. Hy was voorheen ’n speurder in die SAPD, lid van die spesiale ondersoekspan vir die Nasionale Direkteur vir Openbare Vervolging en het ook by die Regulerende Owerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf (PSIRA) gewerk. Hy verduidelik dat dit sy soeke na waarheid is wat hom aanspoor.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


aksent media • 082 445 4513

gee jou

DROME

van môre vlerke

VANDAG

Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan

Verassingsdekking

Korttermynlenings

Skakel ons vandag nog by

0861 101 005

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


nuuswaardig

Helpende Hand na bejaardes uitgesteek

d

Deur Juanita du Preez

ie wyse waarop ons vandag ons bejaardes behandel, sal die toon aangee vir hoe ons self behandel sal word wanneer ons eendag oud is. Meer belangrik, dit sal aan die wêreld wys watter soort samelewing ons is. Dié woorde van die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, behoort vir ons as vermaning te dien. Volgens Statistiek SA is daar ongeveer een miljoen wit bejaardes. Dit is 24% van die totale aantal bejaardes (mense bo 60) van digby vier miljoen mense. Die lewensverwagting van wit bejaardes is op 68 heelwat hoër as dié van ander bevolkingsgroepe. Gevolglik moet talle van hierdie bejaardes heelwat langer met net die karige ouderdomstoelaag van die staat oor die weg kom. Die staat se ouderdomstoelaag beloop R1 140 per maand. Vir behoeftige bejaardes wat nie hulle eie huise besit of enige ander inkomste soos ’n pensioenfonds het nie, is dit nie naastenby genoeg om hierdie basiese uitgawes te dek nie. Solidariteit Helpende Hand het met verskeie bejaardes in die behoeftige omgewing van Elandspoort in Pretoria-Wes gesels. Die meeste van hulle is afhanklik van sopkombuise en kospakkies om te verseker dat hulle genoeg het om te eet. Van die bejaardes met wie Solidariteit Helpende Hand gepraat het, se kinders probeer help waar hulle kan, dikwels met net ’n

ekstra R100 of R200 per maand. Maar sommige kinders het nie eers genoeg geld om hulle eie uitgawes te dek nie en kan bloot nie bekostig om hulle ouers ook nog finansieel by te staan nie. Daar is ook gevalle waar kinders hulle ouers verstoot en van hulle vergeet. Die sanger Steve D het Solidariteit Helpende Hand in Julie genader met die idee om ’n Fonds vir Bejaardes te stig. Sedert hy sy jongste CD, Goud & Silwer, in Januarie bekendgestel het, het hy terdeë bewus geraak

van die nood waarin bejaardes hulle bevind. “As sanger kan ek hulle hartseer en eensaamheid vir ’n uur of wat met my sang en stories verlig, maar wanneer ek daar wegry, wonder ek altyd: “Wie gaan terugkom en help?” sê hy. Solidariteit Helpende Hand kry daagliks met hierdie situasie te doen en die Fonds vir Bejaardes was die natuurlike uitvloeisel hiervan. Die Fonds vir Bejaardes word deur Solidariteit Helpende Hand bestuur en maak staat op skenkings van die publiek en die korporatiewe sektor om in die behoeftes van bejaardes te voorsien. ’n Bekendstellingstoer van die fonds is in Augustus van stapel gestuur. Basiese lewensmiddele soos koffie, suiker, seep en tandepasta is tydens die toer ingesamel. Hierdie artikels word weekliks deur die personeel by Helpende Hand se takke afgehaal en onder behoeftige seniors versprei. “Solidariteit Helpende Hand se waardeketting strek van kleuters tot bejaardes. Hoewel bejaardes die steunpilare is waarop ons gemeenskap rus, word hulle dikwels uit die samelewing geskuif wanneer dit te moeilik word om in hulle behoeftes te voorsien. By Helpende Hand vergeet ons nie van bejaardes se belangrike rol in die skep van ’n toekoms wat op waardes gebou is nie,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S

Werknet wil mense in elke dorp bereik

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Deur Marietjie Smit Toe ek onlangs ry deur die strate van Kroonstad – die dorp waar ek grootgeword het – was dit hartseer om te sien hoe die dorp van my kleintyd verwaarloos word. En ek bedoel nie net die droë Juliegrasperke nie. Ek praat van die feit dat die inwoners van hierdie dorp, net soos sy paaie en straatname en openbare parke, verwaarloos word deur die mense wat veronderstel is om hul beste belange op die hart te dra. Nes Kroonstad is daar ook honderde ander soortgelyke dorpies regoor Suid-Afrika. Dit is daarom dat Solidariteit Helpende Hand se Werknet besluit het om vanjaar sy

fokus daadwerklik ook na die vergete plattelandse gemeenskappe uit te brei. Omdat jongmense op die platteland dikwels ver moet ry om net die basiese professionele beroepsleiding te ontvang, het Werknet besluit om psigometriese toetse in elke dorp in Suid-Afrika aan te bied. Indien daar agt of meer jongmense in jou dorp is wat van die diens gebruik wil maak, sal Solidariteit Helpende Hand teen byna kosprys tot in jou dorp reis om vir hulle toegang tot die diens te verseker. Verder het Werknet einde Augustus ’n “Virtuele Loopbaanskou” op die internet begin. Hierdie loopbaanskou stel alterna-

nommer 5 van 2011

42

tiewe opleidingsgeleenthede bekend aan jongmense wat nie noodwendig verder gaan studeer nie, maar tog die behoefte het om ’n inkomste te genereer. Lees meer hieroor by www.loopbaan.co.za. Werknet se internetwerksoekportaal, www.werknet.co.za, word in September uitgebrei om dit vir elke werkgewer, tot in die kleinste dorpie, moontlik te maak om sy poste in Afrikaans te adverteer terwyl werksoekers werk in Afrikaans kan soek. Op hierdie manier sorg Werknet dat werksoekers op die platteland toegang kry tot werkgeleenthede wat in hul omgewing beskikbaar is.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Motoriste die ‘melkkoeie’ van die nuwe tolstelsel

h

oewel die oorspronklike voorgestelde toltariewe vir Gauteng se deurpadverbeteringsprojek (GFIP) wel vroeg in Augustus afwaarts aangepas is, meen AfriForum dat dit gewone, salaristrekkende motoriste is wat die swaarste sal trek. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen dat hierdie kategorie motoriste die “melkkoeie” van die nuwe tolstelsel is. AfriForum se reaksie volg nadat die kabinet op 11 Augustus die aangepaste toltariewe goedgekeur het. Hiervolgens word taxi’s en busse geheel en al van die tolgeld kwytgeskel. Hoewel AfriForum die afwaartse aanpassing van tussen 20% en 33% van die voorgestelde toltariewe verwelkom het, is dié burgerregte-organisasie ontevrede oor die feit dat die tariewe vir gewone motoriste met slegs 20% verlaag is, terwyl ander padverbruikers se tariewe met 32% verlaag is. Belastingbetalers word volgens Kriel reeds

Deur Ilze Nieuwoudt

Só lyk tariewe • Motorfietse = 24 c per kilometer. • Ligte motorvoertuie = 40 c per kilometer. • Medium motorvoertuie = R1 per kilometer. • Vragmotors = R2 per kilometer.

oorbelas, en die tolgeld sal beteken dat gewone motoriste vyfvoudig belas word. “Benewens inkomstebelasting, brandstofheffings, motorlisensies en tolgeld wat motoriste moet betaal, gaan daar nou ook van hulle verwag word om BTW op tolgeld te betaal,” het Kriel gesê. Volgens hom word baie belastingbetalers ook “dubbel belas” deurdat hulle weens swak dienslewering aangewese is op privaat

mediese sorg, privaat sekuriteitsdienste en so meer. “As belasting ’n belegging was, sou dit ’n swak belegging gewees het, aangesien ’n groot groep belastingbetalers weinig voordeel uit hulle belastinggeld trek,” meen Kriel. Kriel het daarop gewys dat die regering sy belofte verbreek het om belanghebbendes van buite die regering by die komitee in te sluit en dat slegs rolspelers vanuit die regering uiteindelik by die komitee betrek is. Die minister van vervoer, Sibisiso Ndebele, het in Augustus dit duidelik gestel en gesê: “Freeways are not free.” Hy reken dat as die publiek snelweë wil hê, hulle daarvoor moet betaal. Oor die instelling van die tolstelsel op die grootste snelweë in die provinsie draai Ndebele nie doekies om nie. Volgens hom is dit nou tyd dat die R20 miljard wat vir die opgradering van die paaie geleen is, terugbetaal word. “Dit het betaal vir goeie infrastruktuur. Dit is ’n gedane saak. Nou moet ons daarvoor betaal,” het hy gesê. S


nuuswaardig

s

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

Hulde gebring aan vroue van vandag en gister

olidariteit Helpende Hand het op Vrouedag ’n groep Afrikaanse vroue vereer vir die uitmuntende bydrae wat hulle gedurende die 20ste eeu tot die ontwikkeling van die Afrikanererfenis op kulturele, geestelike en maatskaplike gebied gelewer het. Dié vroue het in die openbare oog die hoogste sport in hulle loopbane bereik en dien as rolmodelle vir duisende jong vroue. Hulle is dr. Rina Venter, Snow Cruywagen, Petru Wessels, Irna Hartzenberg, Wilna Snyman, Dot Serfontein, Magda van Biljon, Maretha Maartens, prof. Lina Spies, Marie Heese, Ruda Landman, Anphia Grobler en dr. Maryn Botha. Anneli van Rooyen kon weens gesondheidsredes nie die geleentheid bywoon nie en ’n eretoekenning is in haar afwesigheid aan haar toegeken. Dié sterk vroue, soos die Afrikanervroue van destyds, dien as inspirasie vir ’n hele nuwe generasie vroue. Ons put uit die verlede die kennis wat benodig word om ons vir die toekoms voor te berei. Dit is vir Solidariteit Helpende Hand ’n eer om hierdie vroue te vereer. Die toekennings was die hoogtepunt van Solidariteit Helpende Hand se twee dae lange kongres by die Vrouemonument in Bloemfontein. Die Bloemfonteinse Voortrekkers het by elkeen van die veertig gedenkstene ’n roos gelê ter herinnering aan die meer as 26 000 vroue en kinders wat tydens die AngloBoereoorlog hulle lewens verloor het. Elkeen van die gedenkstene verteenwoordig ’n konsentrasiekamp waarin die vroue en kinders in haglike omstandighede aangehou is. Dié gedenkstene het die kongresgangers diep geraak. Adele Kruger is die streekskoördineerder van Gauteng-Suid en ook die voorsitter van Helpende Hand se tak in Roodepoort. Die volgende is haar ervaring van die geleentheid by die Vrouemonument: “Links en regs, soos ek met die paadjie van die museum afstap na die Vrouemonument, fluister die syfer 15 vir my; Krugersdorp-konsentrasiekamp – soveel dood onder 15, soveel ander dood bo 15. Bloemfontein, Irene, Brandfort, Volksrust – meer as 60 steentablette wat die syfers meedoënloos voor jou oë opgooi. Die stille getuienis van meer as 26 000 mense, die prys wat hierdie land betaal het vir die oorlog van 1900. “En dan staan sy voor my, die vrou met

HANDE WAT HELP dr. danie langner die traanlose blik vol matelose verdriet doer ver gerig, ’n sterwende dogtertjie op haar skoot. Haar stoisynse aanvaarding van haar lot spreek van smart te diep om ’n gesig te hê, van ’n siel deurweek en versadig met trane. Iets ruk los hier in my borskas en dit maak my krapperig.... “My trane vloei vryelik deur die voorlees van die gedigte met woorde wat jou hart kneus en ’n vloedgolf van smart en lyding ontsluit wat oor die eeu na jou toe aanstorm en jou oorweldig. Die verlatenheid, die wanhoop en die magteloosheid van ’n moeder wat haar kind aan die dood moet afstaan laat my binneste ineenkrimp! “Terwyl ek terugstap en ’n poging aanwend om die maskara van my wange af te vee, sien ek die rose op elke steen, vinnig besig om te verwelk in die son wat uit ’n wolklose hemel skyn. Die ding in my borskas kry gestalte en Wrewel wil hier in my hart vir hom kom plek maak. Ek troetel hom, net vir ’n rukkie, want ek wil. “Die reis huistoe herstel die ewewig. Ek het baie tyd om te dink op die lang, reguit pad Johannesburg toe. Oor die verontregtes en hulle wat die onreg gepleeg het. Hoe ek nie voor een van hulle kan gaan staan om te sê: ‘Ek is so jammer oor dit wat met jou

nommer 5 van 2011

44

gebeur het nie.’ of ‘Ek vergewe jou’ nie. Hulle is onherroeplik weg. Oor hoe my land nie uniek is ten opsigte van sy geskiedenis nie, dat die enigste ding wat ons onderskei van ander is dat die geweldadigheid van hierdie oorlog geken word aan sy oënskynlike offensief teen die weerloses onder sy vyand, die vroue en kinders. Volksmoord dus, potensiële geslagte in hulle spore gestuit en uitgewis. Verskroeide aarde waarna ’n verpletterde oorblyfsel moet terugkeer – en weer begin. “So, as ek nie vir Wrewel plek in my hart wil gee nie (teen wie gaan ek hom gebruik?), wat leer ek uit my besoek aan die oorlogsmuseum en Vrouemonument? “Ek leer niks nie, maar ek besef weer hoe veradderlik die hart van die mens is en hoe maklik hy sy gewete sal verkrag vir die “cause” – hoe misgeplaas dit ookal mag wees. Ek besef ook hoe dapper en hoe edel mense kan wees in die lig van hulle Christelike oortuiging, en ek neem my voor nie net om seker te maak dit gebeur nooit weer nie, maar om vir Kitchener die opstopper van sy lewe te gee as ek hom in die hiernamaals raakloop!” • Dr. Danie Langner is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Jong helde van hoop hou uitstalling by Aardklop

KUNSWERK: JOSHUA MARTIN

s

olidariteit Helpende Hand maak van 4 tot 8 Oktober vanjaar geskiedenis met die aanbieding van ’n eksklusiewe kunsuitstalling by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees wat vir jong outistiese kunstenaars die geleentheid bied om hul kuns ten toon te stel. Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, is die doel van vanjaar se kunsuitstalling om die publiek bewus te maak van outisme. “Daar is baie min geleenthede vir kunstenaars om hul kunswerke ten toon te stel, veral jong kunstenaars met gestremdhede,” sê Langner. Volgens hom is die uitstalling ’n viering van pragtige en unieke ekspressionistiese kuns. Een van die uitstallers, die 17-jarige outistiese Joshua Martin, het einde verlede jaar sy eerste kunsuitstalling by Die Huisgalery in Centurion gehou. Verskeie helderkleurige akrielwerke is tydens die geleentheid op 9 Desember

Deur Surika van Schalkwyk

uitgestal, en Joshua het ook by die uitstalling klavier gespeel. Joshua se skilderkuns bied aan hom ’n kanaal na buite waardeur hy

homself kan uitleef. Joshua ontvang tans tuisonderrig en kunsklasse by sy ma. Onderwysgeleenthede vir jong outiste is ná primêre vlak ongelukkig beperk, indien enigsins beskikbaar. Volgens Tania du Toit, kurator van die uitstalling, is Suid-Afrika ver agter die res van die wêreld wanneer dit kom by bewusmaking van outisme, ondanks die skerp toename in die aantal outiste. “Daar moet nog baie werk gedoen word om bewustheid van outisme op alle vlakke in Suid-Afrika te verhoog. “Daar moet gekyk word na outisme op skoolvlak, in die werkplek en die versorging van volwassenes met outisme. Kunstenaars met outisme wat daarna streef om hul kuns as ’n werkskeppingsgeleentheid te gebruik, kry danksy die uitstalling die geleentheid om juis dit te doen, en motiveer en inspireer só ook ander,” sê Du Toit. Volgens Langner gaan die uitstalling kunstenaars soos Joshua die geleentheid bied om hul talente verder te ontwikkel. S


nuuswaardig

‘Geluk lê in die uitleef van jou roeping’ Marthinus Visser het sowat agt jaar gelede by Solidariteit betrokke geraak toe die vakbond ’n mediesefonds-makelaarshuis, Solmark, begin het. Die doel van Solmark was om lede oor mediese skemas raad te gee. DALEEN DE JAGER het by hierdie direkteur gaan kuier. Jy is die besturende direkteur van Solidariteit Beleggingsmaatskappy. Wat beskou jy as noodsaaklike bestuursvaardighede? Verskillende omstandighede vereis verskillende style van bestuursleierskap. Kleiner en nuwe besighede vereis bestuursleiers wat “streetwise” is: Hulle moet die vermoë hê om ’n unieke geleentheid blitsig te omskep in ’n lewensvatbare besigheid sonder die luukse daarvan om te kan steun op beproefde stelsels en baie hulpbronne. Gevestigde besighede vereis weer bestuurders wat onder meer stelsels kan implementeer en onderhou. Die groot uitdaging vir ’n bestuursleier is dus om te kan verander en voortdurend te vernuwe na gelang van die vereistes van jou instelling soos wat dit deur sy eie lewensiklusse beweeg. Vir my is ’n noodsaaklike bestuursvaardigheid om alledaagse aksies op ’n manier te belyn met die visie en strategie van die onderneming. Jy is onder andere betrokke by Solidariteit Finansiële Dienste. Wat is vir jou die kern van persoonlike finansiële bestuur? Eerstens moet jy die eise verstaan. Jy moet byvoorbeeld weet wat jy gaan nodig hê om elke maand jou begroting te laat klop, om jou kinders te laat studeer of om af te tree. Dan moet jy maniere identifiseer om aan hierdie eise te voldoen, en laastens moet jy die dissipline hê om jou planne uit te voer.

FOTO: REINT DYKEMA

Hoekom dink jy is nuwe projekte wat die Solidariteit Beweging aanpak, soos die nuwe Kampus en die afstandsonderriginstelling, nodig? Ons moet baie ernstig daaraan aandag gee om omstandighede in Suid-Afrika te skep wat dit vir ons kinders moontlik sal maak om hulle roeping hier uit te leef. Projekte soos hierdie vorm deel daarvan en kan ’n groot verskil maak. Afrikaanse kinders sal toegang kry tot bekostigbare, gehalteopleiding wat hulle kanse sal verbeter om ekonomies aktief te raak. Wat is vir jou die lekkerste van jou werk? Ek leef my roeping uit. Om elke dag besig te wees met ’n projek wat uiteindelik ’n uitwerking op duisende mense se lewens sal

Marthinus Visser

hê, is fantasties. Ek is dankbaar daarvoor. Sien jy jouself as ’n perfeksionis? Glad nie. Die lewe is te kort daarvoor! Wat doen jy vir ontspanning? Ons gesin kamp graag. Nie dat die rol van ’n pa op kamp as ontspanning sal kwalifiseer nie, maar dit dwing ’n mens tog om tyd met jou geliefdes te spandeer en oor ander goed as werk te dink. Andersins poog ek om goedjies te doen wat my laat ontspan, soos om besig te wees met stokperdjies en ’n bietjie te oefen. Ek doen graag houtwerk, omdat die bevrediging daarvan om ’n mooi meubelstuk uit ’n klomp vaal planke te maak, my kinderlik opgewonde maak. Stokperdjies? Buiten die houtwerk, lees ek graag. Ek is tans op ’n ontdekkingsreis van ou Afrikaanse letterkunde. Dit is soos om ’n skatkis te ontdek!

nommer 5 van 2011

46

As jy nou van werk moes verander, sonder om aan enige van die praktiese implikasies te dink, watter werk sal jy kies en hoekom? Ek het geleer dat ’n mens net werklik gelukkig is wanneer jy jou roeping uitleef. Die ander goed is net drome. My drome is baie dieselfde as enige man in wie se are daar avontuurlustige bloed vloei. Ek sal graag natuurrolprente regoor die wêreld wil skiet of ’n suksesvolle boerdery wil besit. Maar ’n brandweerman wil ek beslis nie wees nie! Uit die aard van jou werk het jy baie met mense te doen. Wat van mense maak jou negatief? Wat van mense maak jou hart bly? Ek hou nie daarvan as mense se lewensbeskouing oppervlakkig is en hulle vanuit daardie beskouing lewe nie. Sommige mense het diepte, wysheid en insig en beskik oor die vermoë om in voeling te leef met die groter werklikhede van die lewe. Hulle neem verantwoordelikheid, hulle het visie, hulle verander hul wêreld. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

Trek jou kruisie in Solidariteit-verkiesing Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

LAAT JOU STEM HOOR! Die verkiesing van Solidariteit-vakbondverteenwoordigers vind van 17 tot 21 Oktober 2011 plaas. Sterk leierskap op alle vlakke binne Solidariteit is nodig om toe te sien dat lede se belange ten volle beskerm word. Nuwe verteenwoordigers word elke vyf jaar verkies. Jy kan help seker maak die regte leiers word verkies deur tydens die verkiesing jou stem te laat hoor. WIE IS DIE IDEALE KANDIDAAT? • Is hy/sy ’n Solidariteit-lid? • Is hy/sy ’n ywerige leier wat glo in geregtigheid? • Is hy/sy ingelig oor die vakbondwese en Solidariteit? • Het hy/sy ’n passie vir mense en hul beskerming in die werkplek? • Ondersteun hy/sy die etiese beginsels waarmee Solidariteit werk? As jou kandidaat aan hierdie vereistes voldoen, is hy of sy moontlik die ideale

vakbondverteenwoordiger vir jou werkplek. Nomineer vandag nog jou kandidaat! WAAR KRY EK ’N NOMINASIEVORM? Laai die nominasievorm by www.verteenwoordiger.co.za af of kry ’n kopie by jou Solidariteit-organiseerder. Dien dan die voltooide vorm by jou Solidariteit-organiseerder in. Alle nominasies moet teen 26 September 2011 ingedien wees. Geen laat nominasies sal aanvaar word nie. BLY OP DIE HOOGTE OOR VERKIESING • Solidariteit het ’n volledige webtuiste vir vanjaar se verkiesing ontwikkel. Besoek dit by www.verteenwoordiger.co.za. • Lees Solidariteit se weeklikse elektroniese nuusbrief Soldeer vir meer inligting oor die verkiesing. Om in te teken, stuur ’n e-pos na heleen@solidariteit.co.za. • Besoek www.solidariteitradio.co.za waar onderhoude oor die verkiesing uitgesaai sal word. S

promosie-artikel

Skuldlas te swaar? Daar’s ’n uitweg! Al meer Suid-Afrikaners gaan gebuk onder ’n toenemende skuldlas met geen vooruitsig van verligting op die horison nie. Vir sommiges kon skuldberading kragtens die Kredietwet wel verligting bring. Vir baie is skuldeberading egter nie ’n opsie nie, of het skuldberading nie die verwagte resultate gelewer nie. Wat word van hulle? Moet hulle net uitgelewer word aan die genade van hulle skuldeisers en daagliks met dagvaardings, lasbriewe en besoldigingsbeslagbevele geteister word? Nee, gelukkig nie. Die Insolvensiewet bied vir hierdie mense ’n uitkoms in die vorm van ’n vrywillige sekwestrasie, oftewel ’n vrywillige boedeloorgawe. ’n Vrywillige boedeloorgawe is ’n proses waardeur ’n skuldenaar persoonlik die hof nader met die versoek dat sy boedel tot voordeel van sy skuldeisers gesekwestreer word. Indien die aansoek suksesvol is, word ’n kurator deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel. Die funksie van die kurator is om onder meer die bates van so ’n skuldenaar te vervreem en die opbrengs daarvan onder die groep skuldeisers te verdeel. Wat is die voordeel van dié proses dan as jou bates verkoop word? Die voordeel is dat skuldeisers verbied word om verder teen die skuldenaar op te tree en hulle eise af te dwing. Prakties beteken dit dat jou skuld deur ’n hofbevel uitgewis word. “Dit is egter belangrik om kundige advies in te win,” verduidelik Conrad Brandt van Vorster & Brandt Ingelyf, ’n prokureursfirma in Pretoria wat spesialiseer in insolvensiereg. • Skakel Vorster & Brandt Ingelyf by 012 460 0027. number 5 of 2011

47

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a

THE IDEAL CANDIDATE: • is a member of Solidarity; • is a diligent leader who believes in justice; • is informed about trade unionism and Solidarity; • has a passion for people and their protection in the workplace; and • supports Solidarity’s business ethics.


nuuswaardig

Vryheid en die De la Rey van Amerika

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

Deur Piet le Roux

aar staan ek toe: tussen ’n klomp bedrywige Amerikaners in Las Vegas, besig om Afrikaans te praat soos Lord Charles Somerset dit met sy koloniale verengelsingsbeleid van 200 jaar gelede nooit sou kon droom nie. Ek praat dit met Carla Gericke, die De la Rey van Amerika, die Amerikaanse Afrikaner wat onlangs verkies is tot president van die Free State Project (FSP). En gesels ons nou lekker! Nie net omdat Carla nog eksieperfeksie Afrikaans praat ná 19 jaar in die land van Groot en Beter nie, maar ook oor die onderwerp onder bespreking. Ons praat naamlik oor vryheid – of liewer, die gebrek daaraan. Want sien: Carla het dieselfde probleem as wat ek hier in SuidAfrika beleef. Carla wil vry wees – sy wil in vrede en voorspoed met haar bure lewe, sonder dat haar eiendom met reuse-belastings van haar weggeneem word en sonder dat iemand vir haar voorskryf hoe sy haar persoonlike lewe, vriende en voorkeure moet inrig en watter gewetensvrede om na te streef. Vandaar Carla se betrokkenheid by die FSP. Die FSP is ’n Amerikaanse groep wat beswaard is oor die groeiende sosiale ingenieurswese – belastings, welvaartbesteding, regulasies, morele voorskriftelikheid – van vandag se Amerikaanse staat. In die lig van die groeiende magsentralisasie in Amerika is dit die FSP se doel om 20 000 mense sover te kry om te trek na die relatief yl bevolkte staat New Hampshire in noord-oos Amerika; en om dié staat se rol te beperk tot die beskerming van lewe, vryheid en eiendom. Nie net moet die regering dan nie inmeng in mense se persoonlike sake nie, maar die staat mag ook nie gebruik word om openbare werke aan mense te voorsien nie: vir die FSP is dit die rol van vrywillige, individuele inisiatief of privaat instellings. Wat in dié Free State gebeur, moet byna uitsluitlik die gevolg van privaat ondernemingskrag, gewetensuitlewing en rentmeesterskap wees. Tot dusver het 11 069 van die geteikende 20 000 mense die FSP se Verklaring van Voorneme onderteken, ingevolge waarvan die ondertekenaars onderneem het om binne vyf jaar nadat die 20 000-kerf bereik is die trek na New Hampshire te onderneem. Hoewel hierdie idee van kritieke massa sekerlik niks nuuts is nie, lyk dit asof moderne inligtingstegnologie dit vir die FSP maklik genoeg maak om hierdie groot koördineringspoging suksesvol

te bestuur. (Onwillekeurig kom die gedagte van Orania natuurlik by ’n mens op – en hier is miskien vir Oraniërs ’n model om te ondersoek. Maar wat my veral opgewonde maak, is die moontlikheid dat hierdie soort kritieke massa-koördinering op kleiner skaal inderwaarheid die basis kan vorm vir privaat woonbuurte en, wie weet, dalk privaat stede.) “So by my kool!,” dag ek, “hulle is besig met ’n Groot Trek en Piet Retief sou trots kon wees op president Gericke.” “Ja,” sê Carla, “dit is inderdaad soos die Groot Trek. Meer as ’n duisend van ons het met ons voete gestem en woon in New Hampshire. Hier werk ons aan verskeie projekte. Sommige neem deel in staat-politiek, ander stig nieregeringsorganisasies, en daar is diegene wat besighede begin. Dit is uitsonderlik om te lewe in ’n gemeenskap wat die ideale van vryheid nastreef.” Om kennis te neem van die FSP en die

nommer 5 van 2011

48

moontlike lesse wat ’n mens daaruit kan leer, beteken natuurlik nie dat ’n mens hoef saam te stem oor juis wat die kulturele kenmerke van so ’n vrye gemeenskap moet wees nie. Eerder: die FSP is van belang vanweë hul vermoë om mense te mobiliseer en omdat hulle bou op dit wat prof. Koos Malan (op www.maroelamedia.co.za se Dié Groot Debat) noem die aangewese, oorspronklike grondslag vir aansprake op vryheid en selfstandigheid. Dit is, volgens Malan, vryheid as ’n “onvervreembare eienskap van ons dignitas – ons menswaardigheid – om as volwassenes behorende tot ons kultuurgemeenskap self, vry van dwang of voorskrif menslik gesproke oor ons eie lotgevalle te beslis.” Wie weet, as Carla die Afrikaans hoog genoeg hou, skree Amerikaanse voetbalspelers in die noord-ooste van die Verenigde State dalk nog eendag “Vrystaat!” • Vir meer besonderhede, besoek die webtuiste www.freestateproject.org S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



lidmaatskap

’n wen-wen-

VENNOOTSKAP

Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.

TOT U DIENS MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Skakel 0860 34 62 53 vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie.

SOLIDARITEIT REGSHULPPAKKET Vir ’n bykomende premie van slegs R70 per maand kan lede en hulle afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en familiegedinge, borgonderhandeling, borgbetaling tot R5 000, strafregsake (krimineel) en hulp met verkryging van vuurwapenlisensies. • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).

HOEVEEL KOS LIDMAATSKAP?

SOLIDARITEIT AFTREEPLAN Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min SuidAfrikaners onafhanklik kan aftree. • Skakel 0861 101 005 of stuur e-pos na ruan@solidariteit.co.za

FOTO’S: iSTOCKPHOTO.COM

TESTAMENTE EN BOEDELBEREDDERING

’N HELPENDE HAND

• Individuele lede – R77 per maand • Kollektiewe lede – R75 per maand

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand ondersteun maatskaplike projekte en elke aansoek word op meriete oorweeg. Aansoeke kan gerig word aan: Solidariteit Helpende Hand, Posbus 11760, Centurion 0046. Of skakel 0861 25 24 23.

BEURSE

Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan ook teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300.

Solidariteit Helpende Hand bestuur en administreer verskeie beursfondse en ken jaarliks meer as R5 miljoen toe om behoeftige studente by te staan vir wie dit nie andersins moontlik sou wees om te studeer nie. Hierdie studente is óf lede van Solidariteit óf maandelikse bydraers tot Solidariteit Helpende Hand óf hulle kinders. Skakel Melani Gerber of Dinah Theron at 012 644 4428 of stuur ’n e-pos na melani@helpendehand.co.za of dinah@helpendehand.co.za

nommer 5 van 2011

50

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


lidmaatskap

ONS WERK VIR JOU ARBEIDSAKE

LIDMAATSKAPKATEGORIEË Met drie kategorieë van lidmaatskap bied Solidariteit ’n tuiste vir almal!

1

KOLLEKTIEWE LEDE

Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.

2

INDIVIDUELE LEDE

Individuele lede is lede wat by aansluiting jonger as 50 jaar is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.

3

ONDERSTEUNINGSLEDE

Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie, dit wil sê individuele lede wat by aansluiting ouer as 50 jaar is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, siekte- en ongelukskema, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.

Gratis regshulp en hulp in arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werksprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise.

afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: * Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 * Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide man en vrou lid van Solidariteit is. Begrafnisreëlings Die las van begrafnisreëlings word baie verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref.

Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.

Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding.

STERFTEVOORDELE (DOVES-KONTRAK)

PERMANENTE MEDIESE ONGESKIKTHEID

Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Doves-begrafnisdienste behartig. • Die afhanklike gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. Kontantuitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by

Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit en wat spesialisverslae en bewyse van hulle werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500.

BEVALLINGSVOORDEEL ’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne 60 dae ná die bevalling ingedien word.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF Lede ontvang ’n eksemplaar van die Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook Solidariteit se werksaamhede gedek word.

MOENIE WAG NIE, SLUIT VANDAG AAN! • Skakel 0861 25 24 23; besoek www.solidariteit.co.za; SMS die woord LID en jou naam na 34388; of besoek een van ons dienskantore. * BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD

number 5 of 2011

51

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Aftreegeld: Wat is ’n bate en wat is nie?

ILLUSTRASIE: iSTOCKPHOTO.COM

s

Deur Francois Smit

olidariteit Finansiële Dienste (SFD) ondervind al meer dat Solidariteit-lede nie ingeligte besluite rondom aftrede neem nie. SFD ontvang gereeld besoeke van lede wat reeds ’n tyd afgetree is en by nadere ondersoek en navrae blyk dit dat hierdie lede ernstige kontantvloeiprobleme ondervind. Hulle is egter nie insolvent nie; die meeste van die lede het meer bates as laste (die bate synde hul woonhuis te wees). Wat veroorsaak dat hierdie lede nou swaarkry? Persepsies oor bates en kontantvloei kan ’n groot rol speel in die probleem. Mense maak gereeld die opmerking dat jou woonhuis die grootste bate is wat jy in jou lewe opbou. Dit mag waar wees, maar die vraag ontstaan wat dié bate vir ’n mens doen? Hoe meer ek na die bejaarde lid voor my luister, hoe meer besef ek dat hy al die jare net gewerk het om die “grootste bate” af te betaal. Hy het sy aftreevoorsiening verwaarloos en geglo die pensioenfonds by sy werk sal voorsien. Die inflasiespook het hom egter só ingehaal dat die lid sy huis moet verkoop om die kontantvloei te verskaf om sy lewenskoste te dek. ’n Bate by aftreeouderdom is niks werd as die bate nie redelik maklik in kontant omgeskep kan word of ’n kontantinkomste genereer nie. Die probleem om ’n primêre woning te moet verkoop, is dat die pensioenaris steeds verblyf moet aanskaf. Die vraag is of die geld wat die verkoop van die primêre eiendom genereer, genoeg is om weer verblyf te kan verskaf en lewenskoste te dek. ’n Pensioenaris het vandag nagenoeg R1 300 000 nodig om vir 20 jaar elke maand ’n inkomste van R7 500 te ontvang. Die oplossing is om jouself vandag in ’n afgetrede persoon se skoene te sien. Doen moeite en knoop ’n geselsie met afgetrede persone aan. Vind uit wat die uitdagings is wat hulle in die oë staar. Ek is seker die meeste sal sê dat hulle nie met inflasie rekening gehou het nie. Hulle dink terug aan die dae toe ’n 1600 Toyota Corolla splinternuut op die handelaar se vloer in 1988 R29 800 gekos het, maar kon nooit voorsien dat ’n 1600 Corolla vandag R215 000 sou kos nie. Dit verteenwoordig ’n gemiddelde styging van 9% per jaar. Die gemiddelde verbruikersprysindeks volgens Statistiek Suid-Afrika was oor dieselfde tydperk 7,98%. Wat beteken dit? As jou mandjie by Pick n

Pay vandag R500 per maand kos, gaan dieselfde mandjie jou volgende jaar R540 per maand kos. Dieselfde mandjie gaan oor 10 jaar R1 077 per maand kos. Indien die pensioenaris se aftreegeld slegs voorsiening maak dat sy inkomste met 4% of 5% per jaar styg, beteken dit dat hy oor 10 jaar elke maand R337 gaan kort net om dieselfde produkte in sy mandjie te laai. Dit is die spiraal waarin die oom wat voor my sit hom bevind. Hy wil weet wat gaan aan in die huismark; hoe hy die huis moet bemark; wat die koste van die verkoop sal wees. Hy het nooit voorsien dat hy hierdie dag sal aanskou nie. Hy het ook nie geld om die huis te onderhou nie. ’n Laag verf sou help om die huis te verkoop, maar dit is nie moontlik nie.

nommer 5 van 2011

52

Vir die eerste keer besef die oom dat dit nie so verkeerd sou wees om die nuwe badkamer of die nuwe gordyne se geld destyds in Rembrandt-, Sasol- of Anglo Americanaandele te belê nie. Die dividendtjekkie op die aandele sou dalk nou die oom se mandjie by Pick n Pay volgehou het. Hy kon ook die aandele verkoop sonder om vooraf ’n laag verf te moes opsit. Mense sê gereeld dat hulle niks van aandele of beleggings weet nie, en vermy dit derhalwe. Daarenteen praat dieselfde mense van hul grootste “uitgawe”, naamlik die rente op hul huisverband, as hul grootste “belegging”. Hulle verkies om onkundig te bly oor wat ’n bate regtig veronderstel is om te doen. • Francois Smit is besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


AFTREEPLAN Solidariteit

SPAAR sonder sukkel vir ’n kommervrye AFTREDE X

Aftreebeplanning is vir baie mense ingewikkeld. Inligting is onverstaanbaar en op die oog af kompleks. Solidariteit Finansiële Dienste het die oplossing!

WAT BIED SOLIDARITEIT FINANSIËLE DIENSTE?

• • • • • • • •

SFD bied u nou ’n verstaanbare, goedkoop en deursigtige platvorm waardeur u kan spaar vir aftrede. Dit is in die vorm van Allan Gray se uittreeannuïteit. Individue of groepe kan daaraan behoort. Die platvorm maak vir meer as 5 persone by een werkgewer voorsiening vir ’n groep-administrasiestelsel – eenvoudig en maklik. Toegang tot beleggingsportefeuljes van die voorste batebestuurders in Suid-Afrika. 24 uur-internettoegang tot u belegging. Buigsaamheid – u kan enige tyd u beleggingsbedrag verander of stop, en weer bydra as u sake dit toelaat. Geen onnodige papierwerk as u bedank by u werkgewer nie.

WAT IS DIE KOSTE?

• Geen vooraf fooie nie. • Solidariteit Finansiële Dienste hef ’n jaarlikse fooi van 0.75% van die waarde van u portefeulje. • Allan Gray hef ’n batebestuursfooi na gelang van die portefeulje waarin belê word. Dit word op prestasie gegrond. • Geen administrasiegeld in Allan Gray se effektetrustportefeuljes nie. • Minimum bydrae van R500 per maand.

Word ouer, maar lank nie kouer!

0861 101 005 Skakel ons vandag nog by:

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


nuuswaardig

400 studente pak ambagte by gesogte kollege Sowat 400 Sol-Tech-studente het hulle studies by Sol-Tech in Augustus aangepak. Hiervan was nagenoeg 100 nuwe studente wat hulle ambagte in elektries, dieselwerktuigkunde en pas-en-draai begin het. Dié rekordgetal studente wat nou hulle studies voortsit, kan toegeskryf word aan die herinstelling van die N-kursusse deur die departement van hoër onderwys. Volgens Philip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech, is die kollege gesog omdat dit een van enkele instellings in die land is wat dié kursusse in Afrikaans aanbied. Daarbenewens beskik die kollege oor uiters ervare lektore en wêreldklas-opleidingsgeriewe.

Sol-Tech se waardes in sy naam opgesluit

FOTO’S: REINT DYKEMA

s

Deur Moira-Marie Kloppers

ukses, opleiding, loopbaan, toekoms, ekonomiese bemagtiging, Christenskap en hoop. Volgens Philip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech, verteenwoordig dié begrippe die kernwaardes wat Sol-Tech kop en skouers bo ander opleidingsinstellings laat uitstaan: • Sukses: “Sukses is nie die sleutel tot geluk nie, geluk is eerder die sleutel tot sukses. Sonder die nodige opleiding en motivering is die pad na sukses net ’n dowwe spoor in die sand.” • Opleiding: “Opleiding kan nie net aan kennis en vaardighede gemeet word nie. Opleiding gaan oor meer omdat dit op die fondasie van innerlike geluk gebou moet word. Dit gaan oor selftrots. Goeie opleiding begin by ’n absolute eerlikheid teenoor jouself en die doelwitte wat jy vir jouself voor oë stel.” • Loopbaan: “’n Loopbaan begin by jou eie gewilligheid. As jy dink jy kan, of as jy dink jy kan nie; jy is reg. Dit gaan oor hoe jy oor jou eie toekoms dink. Jy is in die regte loopbaan as jy oortuig is dat jy ’n baie spesifieke taak het om te vervul.”

Philip Minnaar

• Toekoms: “Wanneer jy oor jou toekoms droom en mik vir die sterre, gaan jy minstens oor die kraalmuur kan spring. Kyk na jou eie prentjie oor die toekoms en kleur dit keurig en positief in.” • Ekonomiese bemagtiging: “Ekonomiese

nommer 5 van 2011

54

bemagtiging gaan oor meer as net die feit dat jy vir jouself sal kan sorg. Sol-Tech bied jongmense toegang tot kennis, vaardighede en ander hulpbronne om die arbeidsmark te betree en te oorleef, maar integriteit is nodig om te kan verstaan dat elkeen die verantwoordelikheid het om nie net te werk nie, maar ook werk te skep.” • Christelik: “Sonder ’n anker dryf skepe op die oseane net waar die wind dit waai. Sol-Tech staan op ’n stewige Christelike fondasie en is uitgesproke daaroor. Ons pak die toekoms onbevange aan omdat ons glo en weet God is reeds daar. Sonder daardie anker is ons planne gedoem.” • Hoop: “Hoop is die sleutel wat deure oopmaak wanneer die sleutel van wanhoop dit sluit. Hoop is die vermoë om na die glas te kyk en dit as halfvol eerder as halfleeg te sien. Dit is ook om die goeie in plaas van die slegte in mense te sien. Hoop kan ontdek en ontgin wat pessimisme probeer toesmeer. Hoop koester verwagtings oor die onsekere toekoms en oorweeg meer as een opsie.” S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


aksent media • 082 445 4513

nuuswaardig

s FOTO: REINT DYKEMA

Gehalte-opleiding nou binne meer se bereik

ol-Tech is al lankal besig om sy droom, naamlik om gehalteopleiding teen bekostigbare pryse te bied, uit te leef. Dié droom het onlangs ’n ekstra hupstoot gekry. Benewens die reuse-kostebesparings wat Solidariteit se nuwe opleidingsmodel vir studente inhou, het verskeie maatskappye onlangs hul beursies wyd oopgemaak en kragte saamgesnoer om ’n finansieringsopsie vir Sol-Tech-studente beskikbaar te stel. Intussen kry talle behoeftige studente, danksy Solidariteit Helpende Hand se beursfonds, steeds elke jaar die geleentheid om hulle opleidingsdrome te verwesenlik. Danksy Sol-Tech se nuwe opleidingsmodel spaar studente nou tot R19 000 in klasgeld. “As deel van dié opleidingsmodel, voltooi Sol-Tech-studente hulle volle institu-

sionele opleiding asook hulle N1- en N2kwalifikasie binne 30 weke, voor hulle dan verder praktiese indiensopleiding by gekeurde werkgewers ontvang,” verduidelik Paul van Deventer, besturende direkteur van SolTech. “Daarna word hulle bygestaan met die voorbereiding op die rooiseëleksamen.” Volgens Van Deventer brei die tegniese kollege tans ook uit om ’n groter verskeidenheid ambagte aan te bied. “Benewens kwalifikasies in elektries, pas-en-draai, meulmaker en dieselwerktuigkunde, wat reeds ’n geruime tyd deur Sol-Tech aangebied word, het SolTech onlangs ook akkreditasie gekry om gereedskap- en setmaatmakers op te lei. SolTech het ook reeds met die akkrediteringsproses begin om passers afsonderlik op te lei,” verduidelik van Deventer. “Daarbenewens gaan Sol-Tech binnekort

Paul van Deventer

vanuit Kempton Park kursusse vir sweisers en ketelmakers aanbied,” voeg hy by. S

word ’n VAKMAN propvol VONK! Die volgende opedag vir voornemende Sol-Tech-studente vind op 15 Oktober plaas by Hoërskool Herculus (h.v. Jennings- en Ribbonstraat, Daspoort, Pretoria)

Sukses Opleiding Loopbaan Toekoms Ekonomiese bemagtiging

Christelik Hoop

Bring saam: * Pen * Sakrekenaar * ID van aansoeker * Bewys van hoogste kwalifikasie Kontak ons vandag nog:

012 755 5687 www.sol-tech.co.za

Sol-Tech is deel van die Solidariteit Beweging


nuuswaardig

‘Ons moet mekaar se stories verstaan’

FOTO: SUSAN LOMBAARD

“d

Deur Susan Lombaard

ie enigste weelde het in wintervreugde gelê. As die reëns geval het, het die lewe ook gekom: die melkbos, knobos en stemokriet het begin uitloop en onder by hulle voete uit die sand het opgestaan die opslag, plate fyn blommetjies wat die wêreld in reënboogkleure geverf het, willekool en koekemakrankas. Die reëns het die fonteine laat opstoot en in die vleie het die watertjies begin opdam, die waterblommetjies begin groei en die varkblomme begin blom.” Só vertel Diko van Zyl met sy sagte bry; sy uitspraak tipies van die Sandveld waar sy hart lê. Van Zyl was een van die sprekers wat tydens die bekendstelling van Maroela Media op 18 Augustus op Groot Constantia in die Moederstad om een tafel gesit en hul stories in én oor die “soetste taal” vertel het. Sprekers van onder meer Karoo-Afrikaans, Rehoboth-Afrikaans, Kaapse Afrikaans, Namakwalandse Afrikaans, Noordelike Afrikaans en Soweto-Afrikaans het aan die gesprek deelgeneem. “Afrikaans is ’n taal van versoening. Sonder Afrikaans is daar nie ’n kans op versoening in Suid-Afrika nie. Maar die versoening moet eers bínne die taal gebeur voordat dit ’n versoenende rol na buite kan begin speel,” het prof. Hans du Plessis gesê. Dié skrywer en akademikus het as gespreksleier tydens die geleentheid opgetree. “Dis tyd dat ons mekaar se stories leer ken,” het hy vervolg. “Kom ons doen moeite om mekaar se stories te verstaan.” “Met hierdie gesprek wou ons mense se eie stories ín Afrikaans hoor – wie hulle is, hoe hulle Afrikaans praat en hoe die taal hul identiteit help vorm het, en steeds help vorm. Uiteindelik vorm al hierdie individuele stories een groot storie, waarvan ons almal deel is: Die storie van Afrikaans,” sê Piet le Roux, redakteur van Dié Groot Debat op Maroela Media, ’n platform waarop nagenoeg 50 meningsvormers op ’n daaglikse grondslag blog. “Hierdie is bloot die begin van die gesprek,” het Le Roux ná afloop van die geleentheid gesê. “Dis eenvoudig onmoontlik om by so ’n geleentheid mense van regoor die land en uit al die kleurryke verskeidenheid van Afrikaans byeen te bring. Ons gaan die gesprek voortsit op www.maroelamedia.co.za.”

Hierdie is mý Afrikaans, sê sprekers DIKO VAN ZYL, wynkenner, historikus en spreker van Sandveld-Afrikaans: “Die behoud en toekoms van Afrikaans lê myns insiens nie by formele debatte of twisgesprekke in koerante oor die agteruitgang van Afrikaans nie. Daarvoor steur verreweg die meerderheid Afrikaanssprekendes hulle te min aan die gesprekke, is die redenasies vir selfingeligte Afrikaanssprekendes te retories en vervelig van aard en is die meeste kampvegters hoofsaaklik bejaarde en afgetrede Afrikaners (in die ouderdomsgroep 70 tot 90 jaar) waarna kritici selfs neerhalend as ‘taalbulle’ verwys. Die feit dat daar die afgelope jare egter so min jong Afrikaanssprekende leiers betrokke is by inisiatiewe om nuwe vuur in Afrikaans te blaas, is uiters kommerwekkend.” DR. DIRK VAN SCHALKWYK, voormalige redakteur van die WAT, voorheen van Namibië en spreker van Rehoboth-Afrikaans en tans voltydse storieverteller, woonagtig in die Wes-Kaap: “Ek beskou die groot variasie van Afrikaans wat ek van my ouers gekry het, as die beste erfporsie ooit. Afrikaans is ’n skatkis van juwele wat ek bewonder en liefhet. My liefde vir die taal het begin blom toe ek met verskillende sprekers daarvan te doen begin kry het. Daar is skatte in Afrikaans en Afrikaanse stories en storievertellers versteek.” ANTHONY “SPEEDO” WILSON, akteur en spreker van Marabastad-Afrikaans en tsotsitaal: “Ek baklei gereeld vir Afrikaans. Ek baklei met my kleinkinders as hulle hul taal meng. Daar ís hoop in hierdie land, maar die nuwe generasie het ’n verantwoordelikheid om die taal te laat voortleef. Taal gaan oor die dinge wat jy doen; nie oor ’n gepratery nie. Kom ons hou op kla en doen dinge vir Afrikaans. As ek van Mandela droom, dan praat hy Afrikaans.” POEM MOONEY, storieverteller en spreker van Karoo-Afrikaans: “Afrikaans is die taal wat op die ou einde van die dag almal gaan versoen. Ek dink Afrikaans is ’n taal waarin minderheidsgroepe mekaar kan verstaan.”

nommer 5 van 2011

56

Dr. Dirk van Schalkwyk

DR. DIRK HERMANN, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit: “Ek is van Afrika. Nie net is ek deel van die wit stam van Afrika nie – my taal is Afrikaans. My mense het hulself en hul taal na Afrika vernoem en ek glo my roeping is hier in Suid-Afrika.” FLORENCE ANNE FILTON, spreker van Namakwalandse Afrikaans: “Namakwaland word geken net deur sy blomme, maar die Namakwalandse taal staan die heeljaar in blom. Die taal is ’n eerlike taal en sal nooit uitsterf nie. Wees trots op jou taal, sodat dit kan voortbestaan.” ELLIOTT “BOERSEUN” MASHININI, voorsitter van die ATKV-tak in Soweto: “Die feit dat ek Afrikaans kan praat, skryf en lees, maak van my ’n Afrikaner. Ek is in Soweto gebore, en het Vrystaat toe getrek toe ek tien jaar oud was. Dis waar ek Afrikaans geleer praat en liefkry het.” WILLEM FRANSMAN, skrywer en spreker van Kaapse Afrikaans: “As ek droom, doen ek dit in Afrikaans. As ek protes aanteken, is dit in Afrikaans. Ek is nie Afrikaans om gat te kruip of omdat ek aan ’n geheime organisasie behoort nie. Dis wie en wat ek is. Ek weet, en die Here weet dit, my laaste gedagtes en my laaste woorde sal in Afrikaans wees. Ek weet wie ek is, waarvandaan ek kom en waarheen ek gaan.”

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


nuuswaardig

WEN MET JÓÚ STORIE Dis nou tyd om jou storie vir die wêreld te kom vertel. In September, Oktober en November vanjaar staan een persoon per maand die kans om ’n kontantprys van R2 000 met sy of haar storie te wen. As jy Afrikaans is, het jy ’n spreekbeurt. Wie is jy, hoe praat jy Afrikaans en hoe help Afrikaans om jou identiteit te vorm? Indien ons genoeg goeie bydraes ontvang, sal die beste bydraes in ’n boek en op ’n CD opgeneem word.

FOTO: REINT DYKEMA

HOE NEEM EK DEEL? • Skryf vir ons: Stuur jou storie (ongeveer 1 500 woorde) per e-pos na maroela@maroelamedia.co.za met die titel “My Afrikaanse storie” in die onderwerpveld. • Jy kan ook jou storie opneem: Ons wil graag hoor hóé jy Afrikaans praat. Neem jou storie op, met video of net klank, sommer met jou selfoon of in ’n ander digitale formaat. Dit moet sowat vyf minute lank wees. Stuur dit dan na maroela@maroelamedia.co.za met die titel “My Afrikaanse storie” in die onderwerpveld. • Jy hoef dit nie in geskrewe en klank- of videoformaat te stuur nie; een formaat is voldoende. Jy is egter welkom om albei in te stuur. WIE IS MAROELA MEDIA? Maroela Media is ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging. Dié webtuiste hou besoekers in pas met wat in die wêreld gebeur, en bied ruimte vir nuus en debattering oor alles wat Afrikaans is – van die kunste, boeke en musiek tot plaaslike nuusgebeure en taalkwessies. Een van die prominentste afdelings van die webtuiste staan bekend as Dié Groot Debat, ’n platform waarop nagenoeg 50 van die grootste Afrikaanse meningsvormers, insluitende musikante, politieke kenners, taalkenners en aktiviste, daagliks oor ’n verskeidenheid aktuele kwessies debatteer. Die uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, bestempel Maroela Media as ’n taalfabriek wat moet toesien dat Afrikaans die nuwe era ingeneem word, ter wille van die taal se oorlewing. • Besoek die webtuiste by www.maroelamedia.co.za S

Dramaturg Deon Opperman (regs) en gespreksleier Johann Botha.

Protesmusiek in ‘nuwe’ SA

g

Deur Ilze Nieuwoudt

edurende die 1980’s was daar die Voëlvrybeweging waarin die stemme van bekendes op talle vlakke soos deur musiek, teater, letterkunde en ander kunsvorms gehoor is. Sangers soos Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel het deur middel van hul protesmusiek standpunt ingeneem en hul merk gelaat. Meer as dertig jaar later staan SuidAfrika weer midde-in ’n vlaag proteskuns. Soos in die era van die Voëlvrybeweging, is daar vandag weer stemme wat uitroep om gehoor te word. In liedjies soos “Vergeet my nie” van Lianie May, “Afrikanerhart” van Bok van Blerk, en “Vrede” van die groep Glaskas stort Afrikaanse sangers hulle hart uit en protesteer teen kwessies soos naamsverandering, misdaad en armoede. Intussen is opspraakwekkende werk gedoen in protesteater met Deon Opperman wat in die voorste linies staan met sy verhoogstukke Ons vir jou en Tree Aan! waarin daadwerklike protes aangeteken word teen die miskenning van belangrike gebeure in die geskiedenis van die Afrikaner. Ten spyte van die feit dat Afrikaanse kuns in die afgelope jare weer ’n toenemende proteselement begin toon het, meen talle dat hierdie vorm van protes nie ’n verskil sal of kan maak om die omstandighede waaroor beswaar gemaak word, te verander nie. As deel van die Gauteng-bekendstelling van die nuwe Afrikaanse internetkuierplek, Maroela Media, wat op 29 Julie by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou is, is ’n vurige debat oor hierdie onderwerp gevoer. Die sanger Steve Hofmeyr, wat on-

number 5 of 2011

57

langs opspraak verwek het met sy proteslied “Ons sal dit oorleef”, en die dramaturg Deon Opperman, het saam met Burgert Senekal en Salmon de Jager van die groep Klopjag aan die debat deelgeneem. Senekal is verbonde aan die Universiteit van dieVrystaat en ’n kenner op die gebied van oorlogsliteratuur en protesmusiek. Senekal is lid van die groep Klopjag, wat reeds sy merk in Afrikaanse protesmusiekkringe gemaak het met veral die lied “Nie langer” wat kritiek uitspreek teen die verdrukking van wit SuidAfrikaners. Die televisie- en radio-aanbieder Johann Botha het die debat gelei. “Protesmusiek is ’n belangrike uitlaatklep – jou laaste uitroep vir hulp voor jy iets radikaals doen,” het Hofmeyr gesê. Met verwysing na die aanranding op die Stellenbosse professor Anton van Niekerk en die massamoord deur die ekstremis Anders Breivik in Noorweë het Hofmeyr hom sterk uitgedruk: “Protes is alles wat jy doen voordat jy in Stellenbosch in ’n kantoor instap en iemand slaan. Protes is jou laaste uitroep vir hulp voordat jy jou geweer uitpluk en ’n klomp mense op ’n eiland doodskiet.” Op sy beurt het Opperman beklemtoon protesmusiek kan nie noodwendig opsigself ’n beweging veroorsaak nie, maar dit kan beslis ’n gemeenskap se gevoelens verwoord. Hy reken onder meer dat protesmusiek ’n spreekwoordelike “veldbrand” kan begin, maar hou vol dat die “brand” net aangesteek kan word “as die gras reeds droog is”. • Lees meer oor die bekendstelling van Maroela Media en kyk na video-uittreksels uit die debat oor protesmusiek by www.maroelamedia.co.za S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my geld

MY GELD

Hou gelddoring só uit huwelik se vlees

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

“t

Deur Moira-Marie Kloppers

rou is nie perdekoop nie,” sê die ouer mense dikwels om jongmense te waarsku dat trou ’n ernstige saak is. Finansieel gesproke is dit vandag heelwat eenvoudiger en goedkoper om ’n perd te koop as om te trou, en talle pasgetroudes besef kort voor lank dat geld maklik ’n onverwyderbare doring in ’n huwelik se vlees kan word. Indien jong getroudes nie voor hulle huwelik reeds oop kaarte oor hul geldsake gespeel het nie, kan dit sommer uit die staanspoor wrywing veroorsaak. Wanneer ’n paartjie trou, smelt twee lewens saam, ook op finansiële gebied. Om getroud te wees, beteken nie dat jy aan jou maat verantwoording moet doen oor elke sent wat jy verdien en uitgee nie. Dit beteken wel dat jou geld toekomstig vir julle gesamentlike doelwitte aangewend gaan word en dat julle dus saam oor groot aankope moet besluit. Talle jong paartjies vind dit egter baie moeilik om van die finansiële onafhanklikheid en onaanspreeklikheid van die ongetroude lewe afstand te doen. Die geheim om geldsake binne die huwelik suksesvol te bestuur, lê nie opgesluit in hoeveel geld julle het nie, maar hoeveel julle daaroor kommunikeer. Elke egpaar behoort ’n vaste maandelikse afspraak te hê wanneer die gesin se geldsake hanteer en bespreek word.

KRAP GELDGERAAMTES UIT DIE KAS Geldgeheime, soos oor groot skuld, ’n dobbelprobleem of selfs net oneerlikheid oor hoeveel ’n item gekos het, is een van die eerste en grootste struikelblokke wat ’n huwelikspaar moet oorkom wanneer dit by geldsake kom. Om getroud te wees, beteken dat jy jou huweliksmaat met al sy of haar goeie en slegte eienskappe aanvaar. LEEF BINNE JUL VERMOË Wees eerlik oor julle huisgesin se finansiële vermoë. Moenie bo julle inkomste probeer leef nie, want dit is die vinnigste manier om maand ná maand dieper in die skuld te raak. WAT IS ONS FINANSIËLE DOELWITTE? Gesels openlik oor julle individuele finansiële doelwitte. Maak dan ’n lys van finansiële doelwitte wat julle graag as egpaar wil bereik. Wees spesifiek en koppel spertye en bedrae aan elke doelwit. Prioritiseer julle doelwitte in volgorde van belangrikheid en maak praktiese voorstelle vir maniere om hierdie doelwitte te bereik. BEGROOT VIR JULLE DOELWITTE ’n Begroting is noodsaaklik. Dit is die belangrikste maatstaf waarvolgens ’n egpaar mekaar aanspreeklik kan hou vir die huishouding se geldsake. Dit is ’n goeie idee dat elkeen ’n deel van sy eie geld kan hou om daarmee te doen wat hy of sy wil. Die be-

nommer 5 van 2011

58

drag wat elkeen maandeliks kan bestee, moet egter vooraf ooreengekom word en moet by die gesin se begroting inpas. PASOP VIR SKULD Probeer om bestaande skuld so vinnig en ekonomies moontlik af te los. Dit is noodsaaklik dat elkeen minstens een kredietfasiliteit op sy of haar naam onderhou, sodat elkeen ’n sterk kredietrekord kan opbou. SPAAR Wanneer julle grootste skuldlas onder beheer is, probeer om minstens 10% van julle inkomste in ’n noodfonds te spaar. So bou julle ’n neseier vir onvoorsiene gebeure, soos wanneer een van julle afgelê word. Indien julle tevrede is dat die noodfonds minstens twee maande se vaste uitgawes kan finansier, kan die spaargeld maandeliks belê word om vir aftrede te spaar. HERSIEN DOELWITTE, BEGROTING Dit is belangrik om elke ses maande oor julle behoeftes en doelwitte te gesels en dit te herprioritiseer waar nodig. WEES PRAKTIES Kom vooraf ooreen wie vir watter rekeninge of gereelde uitgawes verantwoordelik gaan wees. Weerstaan die versoeking om groot uitgawes dadelik aan te gaan. Dink goed na en ondersoek eers al die alternatiewe. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my work

Fair treatment at work – when is it discrimination?

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

e

By Cilleste van der Walt

ver noticed a male employee receiving more respect and validation on his ideas than the young woman in the same or even higher position in your company? Or someone you know being told that they’re too old for a project? Discrimination means treating some people different than others. Employees should be aware of the types of discrimination that occur in the workplace and that they could be vulnerable if they don’t know how to deal with it. By learning about unlawful and unfair conduct at work, employees can equip themselves with tools to protect them against workplace discrimination. Unequal treatment of employees is inexcusable and it is an employer’s responsibility to ensure that all his or her employees are treated fairly. If you feel that you are unfairly discriminated against, it is your right to complain about it to a manager or to take legal steps. Your first means of defence should be to follow informal procedures for resolving the issue. Try to reason with the person discriminating against you. If that doesn’t work, get a third party involved (someone who is unbiased, if possible) and arrange a meeting where both sides can put their case forward. Remember to keep a written record of incidents of bullying or harassment to back up your claims. This is also the time to get your union involved if you are a member. If you are asserting your statutory employment rights and your employer treats you unfairly for this, you could have a case for taking legal steps. Your statutory rights include the right to a written statement of employment particulars, the right to be paid the national minimum wage, protection against unlawful deductions from wages, the right to paid holidays, limits on your working hours and the right to join a trade union. Don’t be in the dark about discrimination; you could be a victim without even being aware of it. Solidarity can offer you the necessary legal advice and support in a serious case, so don’t leave it to chance. • Join Solidarity today and get all the protection you need in the workplace! Phone 0861 25 24 23 or visit the website www.solidarity.co.za S

MY WORK

Different types of discrimination • Direct discrimination: when an employer openly treats an employee less favourable than someone else because of race, age, disability etc. • Indirect discrimination: when a certain group of people at work are disadvantaged by a work condition or rule. This is sometimes not done on purpose, but is still unlawful if there aren’t any work-related reasons for the condition or rule. • Harassment: the offensive or intimidating behaviour of colleagues/managers towards you, for instance, sexist language or racial abuse, anything which aims to humiliate, undermine or injure its target or that has this effect. • Victimisation: treating somebody less favourable than others because they made or attempted to make a complaint about discrimination.

Different ways you could be discriminated against • • • • • •

Gender. Race. Marriage or civil partnership. Gender reassignment. Pregnancy and maternity leave. Sexual orientation.

number 5 of 2011

59

• • • • •

Disability. Ethnic background. Nationality. Religion or belief. Age.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


labour matters

Managers don’t make mistakes – or don’t admit it

PHOTOGRAPH: iSTOCKPHOTO.COM

w

By Thelma Louw

hy are there trade unions in higher education? Are these not educated people who know how to treat their employees? Or so the argument goes. Unfortunately, the opposite is often true. It is, therefore, important for trade unions to have a strong presence in higher education – a sector where there is as much abuse of workers’ rights as in any other sector of the economy. When the merger of UNISA and Technikon SA came into effect on 1 January 2004, it heralded dramatic change for some employees. Given the fact that UNISA had attempted to challenge the merger in court, not much preparatory work was done before the actual merger date. Having been “forced” into the merger, it became obvious quite soon that it would be a takeover battle rather than a merger – and an unequal battle at that, too. The former TSA was outnumbered and outmanoeuvred. The march for Muckleneuk commenced soon. All who had any aspirations for top or senior positions in the merged institution abandoned their Florida offices in a process that showed little mercy and even less consideration for the rights of ordinary employees. What was even greater cause for concern was that those who had been hung out to dry in the march and had survived the ordeal, turned around and treated the people reporting to them in exactly the same way. The universal principle of “do unto others as you would have them do unto you” was crushed in the stampede. Thus it came about that three employees from the library were told during 2004’s endof-year function that they would no longer have jobs come 2005. Since there had not been any formal consultation processes, they continued to report for duty in 2005. During the subsequent placement process for the new library structure, they were not given the opportunity to be considered for more than one position, even though they specifically made such a request since they had performed the functions allocated to both positions before the merger. The decision not to allow these three employees to be considered for more than one position – regardless the motive for that decision – set in motion a process that is still ongoing seven years after the merger.

When the people newly placed in the positions these three people were not allowed to compete for started asking them how to use the work system and to use their passwords to access the system, alarm bells started ringing for the trio. And when a colleague from a sister institution who performs similar functions and had worked closely with them before was contracted to train the newly placed people, the three employees decided to tackle the bull by the horns. They requested their placements to be relooked, arguing that it seems as if they meet the requirements for the positions they were not allowed to be considered for and that a mistake was made in not doing so. For months, running into years, their appeal was frustrated at every level and across departments in the university. It only finally received attention after their representative referred the matter to the highest level of management at UNISA. It was agreed to do an internal comparison of job descriptions, but the report showed that the wrong positions were compared. Thereafter an independent comparison of the correct job descriptions followed. This independent comparison indicated that the three employees had been placed incorrectly and that they should have been placed in the positions they were not allowed to compete for. The HR executive accepted this finding and instructed it to be implemented. But the operational line manager (who

nommer 5 van 2011

60

had initially refused them the opportunity to be considered for the positions) was determined not to implement the finding. This left the three employees no alternative but to refer the matter to the CCMA. In 2010, the CCMA found in their favour and instructed the university to place them in the positions they were not considered for. Still the university refused to relent and appointed a person in one of the positions that had been left vacant pending the outcome of the appeal and subsequent CCMA case. The university also decided to take the findings of the CCMA Commissioner on review to the Labour Court. The Labour Court dismissed the review application with costs in 2011. Meanwhile, UNISA has applied for leave to appeal against the Labour Court’s verdict. But what about the three employees? They feel sidelined and victimised and can only marvel at a situation where they have all the skills and knowledge required to do the job but report to managers who would rather see a section underperform than acknowledge that a mistake had been made seven years ago and correct the situation. They remain unbelievably positive and strong in their resolve to see the matter through together with their representative and their union – Solidarity! Their resolve has given a number of their colleagues the courage to take up matters where they have been treated unfairly, too. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


arbeidsake

s

Salarisstrokies, verlof: Hoe word regte beskerm?

olidariteit ontvang gereeld navrae van lede wat verband hou met die betaling van salarisse, die toekenning van bonusse en die instelling van loonverhogings. Phil Davel en Johan Roos, regskenners by die Solidariteit Dienssentrum, staan lede elke dag met hierdie en ander navrae by.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

VRAAG Moet ek ’n salarisstrokie ontvang? ANTWOORD Ja, kragtens wetgewing moet ’n werkgewer ’n salarisstrokie aan sy werknemers verskaf. Die dag waarop ’n werknemer betaling ontvang, moet die werkgewer die volgende inligting op skrif vir hom of haar gee: • Die werkgewer se naam en adres. • Die werknemer se naam en die pos wat hy of sy beklee. • Die tydperk waarvoor die betaling gemaak word. • Die werknemer se vergoeding. • Enige aftrekkings wat van die werknemer

se salaris gemaak word. • Die netto-inkomste van die werknemer. • Enige ander toepaslike berekenings. QUESTION I was on maternity leave for seven weeks. My employer refuses to pay the last week’s salary. Is he under any obligation to use my annual leave if I do not have any sick leave available? ANSWER According to Article 20(5)(a) of the Basic Conditons of Employment Act, an employer cannot allow an employee to take annual leave during a period in which he/she has a right on another kind of leave. This implies that your employer may not replace your sick leave with annual leave. If both parties mutually agree to you forfeiting the right that your annual leave may not be used for this purpose, your employer may do such a replacement. If you and your employer do not agree on this matter, he cannot use your annual leave for the period you were ill and you will have to take unpaid leave. S

JY & DIE REG phil davel & Johan Roos Stuur jou vrae na Solidariteit Tydskrif: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.


occupational health & safety

Tripartite initiatives in the mining industry

PHOTOGRAPHS: REINT DYKEMA; iSTOCKPHOTO.COM

m

By Leigh McMaster

any companies in the mining industry have embarked on new innovative models in terms of stakeholder engagement. The need for continuous stakeholder involvement has been highlighted especially by unions in the mining industry. There are numerous benefits derived from having more formal structures that encourage stakeholder engagement at both leadership and operational levels. Anglo American was the first organisation in the mining industry to embark on a formal tripartite process. This tripartite initiative started in 2008 with the principals from Anglo American, the then DME and the National Union of Mineworkers coming together to form the Anglo American Tripartite Health and Safety Steering Committee. Solidarity and Uasa were invited to join the initiative shortly after the forming of the steering committee as the stakeholders realised that all the respective unions play an invaluable role in health and safety in the mining industry. Many of the other mining houses are still actively working on proposed models for the establishment of their own tripartite forums. Although the main focus of these tripartite forums has been health and safety, a real opportunity also exists to create similar forums dealing with the various aspects of the operations within organisations.

Leigh McMaster

BENEFITS OF TRIPARTITE FORUMS The benefits that could be derived from an inclusive tripartite forum include: • Improving trust and respect amongst stakeholders; • Embarking on a mutually beneficial journey to achieve the common goal of zero harm; • Working together towards a common and shared goal of zero harm whilst stakeholders still maintain their respective identities and mandates; • Supporting and endorsing senior stakeholder principals; • Establishing a true relationship as the foundation of achievement; • Creating a shared understanding and ownership of organisational goals; and • Achieving real employee engagement and input into organisational strategies.

nommer 5 van 2011

62

THE ANGLO AMERICAN MODEL The Anglo American tripartite model currently sets the benchmark for stakeholder engagement in the mining industry. The tripartite forum has been developed to include a steering committee and five workstreams dealing with critical aspects of health and safety. These include: • Stakeholder engagement – focusing on engagement of all parties at corporate and business unit level; • Standards – reviewing organisational standards to ensure that they are realistic and implementable; • Extended visible, felt leadership – encouraging VFL at all levels; • Capacity building – ensuring that the capacity of all stakeholders is increased; and • Health and wellness – focusing on a number of critical areas with regard to occupational health and hygiene. This initiative has received a number of awards including the Anglo American Global Applaud Award in the category for partnerships as well as a number of other recognitions. The mining industry stakeholders are currently actively monitoring the Anglo American initiative to generate key learning points to include as part of their own initiatives. Solidarity is proud to be associated with these tripartite initiatives as it enables the union to create real value and ownership for its members. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


my gesin

Pak jou lentekosblik

d

Deur Ilze Nieuwoudt it is lente en die beste tyd om ontslae te raak van daardie ongesonde eetgewoontes wat gedurende die winter kop uitgesteek het. As jy uitgehonger is vir iets anders as grondboontjiebottertoebroodjies by die werk, is dit nou die tyd om te vernuwe.

NEUTE Of dit nou amandels, pekan- of kasjoeneute is, daar is ’n neut wat in jou smaak sal val. Neute is vir jare lank deur gesondheidsbewustes afgeskryf weens hulle hoë vetinhoud, maar deesdae reken kenners dat ’n matige hoeveelheid neute tog goed is vir jou dieet. Neute is hoog in voedingswaarde en kan selfs die risiko van hartsiektes verminder deur die sogenaamde “slegte” cholesterolvlakke te verlaag.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

VARS VRUGTE Dit is geen geheim dat vrugte van die gesondste opsies vir enige kosblik is nie. Tog is daar vrugte wat uittroon bo ander as dit kom by voedingswaarde. Die Kanadese gesondheidswebtuiste www.canadianliving.com plaas appels boaan die lys van voedingswaardewenners. Appels bevat antioksidante wat kan help om diabetes en asma te voorkom en is ’n natuurlike asemverfrisser. Piesangs help weer om bloeddruk te verlaag terwyl druiwe ’n antioksidant bevat wat help om hartsiektes te vermy. Daarbenewens is verskeie bessies ook gesonde kitshappies en met hoë vlakke vitamien C is kiwivrugte ook ’n ideale toevoeging tot ’n gesonde leefstyl. GEDROOGDE VRUGTE As jy nie elke dag vars vrugte kan eet nie, is gedroogde vrugte ook ’n gesonde opsie. Suid-Afrika is bekend vir sy wye reeks gedroogde vrugte, maar hoe weet jy watter is die gesondste? Dit is belangrik om te onthou dat ’n enkele gedroogde vrug (soos ’n gedroogde perske) nie so vullend soos ’n vars vrug is nie omdat al die water uit die vrug gedroog is. Moet dus nie oorboord gaan en te veel gedroogde vrugte eet nie, aangesien jy sodoende meer kalorieë sal inneem as wat jy besef. Onthou ook dat gedroogde vrugte sommige van hul voedingswaarde in die droogproses verloor, veral vitamien C. Die veselinhoud van die gedroogde vrug bly egter dieselfde.

MY GESIN number 5 of 2011

SLAAI Slaai is altyd ’n gesonde opsie. Probeer ’n verskeidenheid opsies, soos die gewilde tunaslaai (gemaak van geblikte tuna, tamatie, blaarslaai, suurlemoensap, oreganum en laevetmayonnaise), ’n vrugteslaai of hoenderslaai. Maak seker die bestanddele is kraakvars en neem dit saam werk toe in ’n koelsakkie, indien moontlik. S

63

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


focus on the medical industry

Solidarity offers the best care for those who care for us! By Suretha Griesel At Solidarity the word “nurse” stands for much more than you would think: NEGOTIATIONS Solidarity negotiated with Netcare on behalf of its members for 2011/2012 and reached the following agreement: • 7.85% increase ATB (including all additional allowances). • Shoes will be issued to nursing personnel in certain units/wards. • Shift allowances will now be applicable to both day and night personnel and will be paid per hour – no longer per shift. • Pension fund contribution was not jeopardised. UPCOMING NEWS Solidarity is currently negotiating with wellknown book stores for discounted tariffs on textbooks and study material for all our members who are studying. Watch this space. REASSURANCE WITH INDEMNITY INSURANCE Solidarity offers indemnity insurance to all our members employed as nurses, pharmacists, phlebotomists and laboratory personnel. For only R180 per year (not included in your monthly Solidarity union membership subscription) you can enjoy the reassurance that you will be covered up to R4 million in case of negligence or bodily injury and damages as a consequence of professional care. SOLIDARITY OFFERS YOU Legal assistance • Legal aid via e-mail/telephone. • Legal representation for work-related labour law disputes at the CCMA or Labour Court.

What distinguishes Solidarity from other unions? • We negotiated with Netcare management and reached an agreement without declaring a dispute or reverting to strikes. • Solidarity addressed the needs of our members as expressed in the mandates. All concerns were dealt with. • Other unions jeopardised their members’ pension fund contributions by declaring a dispute with Netcare. Our members received the increased pension fund contribution from 1 March 2011 – other unions lost three months’ increased pension fund contributions which will take years to make up.

• Assistance with work-related disability claims and enquiries. • Civil law matters: telephonic aid. Funeral benefit • Applicable to all Solidarity members and their spouses and dependants up to the age of 21. • Funeral undertaking services provided by Doves. • New members who are over the age of 50 years when they join are not eligible. Maternity benefit • Female members with 12 months’ uninterrupted membership receive a payout of R1 250 for every delivery. Sickness and accident • A sickness benefit of R12 per day is payable to members from the date on which an employer ceases payment. Will • A will is drawn up and stored for members free of charge. Communication • Members receive the Solidarity Magazine

six times a year. • Solidarity’s electronic newsletter, Solder, keeps members informed of the latest news every week. Recognition • New members who can prove that they belonged to another trade union up until they joined Solidarity are immediately entitled to Solidarity’s benefits (Terms and Conditions apply). EXCEPTIONAL SERVICE • The Solidarity Service Centre handles all telephonic enquiries, complaints and suggestions regarding Solidarity. The Service Centre’s operation hours are Monday to Thursday from 08:00 to 16:30 and Friday from 08:00 to 15:00. • Members employed in the medical industry, can contact the union organisers in the medical industry for assistance/enquiries via e-mail/telephone/personal appointments. • Solidarity shop stewards employed at your workplace receive formal training in disciplinary procedures and can therefore assist and represent members during disciplinary enquiries. S

Skokkende tekort aan dokters en tandartse in SA Daar is ’n beduidende tekort aan dokters en tandartse in Suid-Afrika se openbare sektor wat baie kommerwekkend is omdat duisende wel opgelei word. Daarbenewens is die bestuur van staatshospitale nie in die beste besturende hande wat dit kan wees nie. In die jongste uitgawe van die SuidAfrikaanse Mediese Joernaal (SAMJ) is daar

’n omvattende studie gedoen wat toon dat die land die afgelope tien jaar duisende dokters opgelei het, maar dat die getal spesialiste in staatshospitale terselfdertyd met 854 (’n kwart) gekrimp het. Daarbenewens is 11 400 algemene praktisyns opgelei van 1997 tot 2006, terwyl die getal gewone dokters in die openbare sektor in dieselfde tydperk met

nommer 5 van 2011

64

net 774 toegeneem het. Die getal tandartse wat praktiseer, is net so kommerwekkend met min of geen poste vir hulle in die openbare sektor nie. Buiten die tekorte is die bestuur van staatshospitale skrikwekkend. Sommige hospitale word deur uitvoerende beamptes bestuur wie se hoogste kwalifikasie ’n matriekkwalifikasie is.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


fokus op die mediese bedryf

Uitbranding van verpleegkundiges ’n ernstige probleem

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

m

et net een verpleegkundige vir elke 216 Suid-Afrikaners en die onderbetaling van werknemers in dié beroep, bly die tekort aan en uitbranding van verpleegkundiges ’n ernstige probleem. Hierdie tekort skep ’n geleentheid vir verpleegkundiges om as kontrakwerkers by ander instellings te werk (“moonlighting”), anders as die plek waar hul reeds ’n vaste pos het. Verpleegkundiges gryp hierdie geleenthede aan in ’n desperate poging om hulle inkomste aan te vul en staan ’n groot gevaar om uit te brand. Uitbranding is nie net sleg vir hul eie gesondheid nie, dit verlaag die gehalte van mediese sorg en stel pasiënte se lewens in gevaar. Solidariteit meen dat die sluiting van die verpleegkolleges 15 jaar gelede ’n negatiewe uitwerking op die lewering van gehaltegesondheidsorgdienste in Suid-Afrika gehad het. As dit nie gedoen is nie, sou daar vandag aansienlik meer opgeleide verpleegkun-

Deur Cilleste van der Walt diges gewees het, wat die druk sou kon verlig en in die vraag kon voorsien. Dr. Suretha Griesel, organiseerder in die mediese bedryf van Solidariteit, sê dat dissiplinêre aksies teen nalatigheid drasties toeneem omdat geld ’n groot aanloklikheid is vir verpleegkundiges om ekstra ure te werk, wat lei tot uitbranding en onnodige foute. Griesel meen dat dit ’n bose kringloop is – lang werkure, swak betaling, “moonlighting” vir bykomende inkomste asook personeeltekorte wat verpleegpersoneel noop om buite die bestek van hul praktyk op te tree. Daarbenewens is dit reeds ’n uiters dreinerende werk om mense te help wat deur trauma geraak is. Verpleërs is betrokke by gevalle wat hulle net so emosioneel kan raak as die pasiënt. Suid-Afrika het hoogstens 462 verpleërs vir elke 100 000 inwoners. Omdat ’n onbekende aantal Suid-Afrikaanse verpleegkundiges nie werk nie en ander in die buiteland werk, is die syfer in der waarheid laer. S

Topstressors in mediese bedryf • Lang werkure (12 uur-skofte). • Gebrek aan ondersteuning, onderskraging en waardering. • Verlies aan pasiëntlewens. • Magteloosheid. • Diskriminasie. • Gebrek aan bevorderings- of vooruitgangmoontlikhede. • Personeel- en vaardigheidstekorte.


fokus op die mediese bedryf

Hierdie staatmakers gee pas aan in die mediese bedryf

André van der Merwe

ANDRÉ VAN DER MERWE, hoof van Solidariteit se mynbou-, landbou-, sementen mediese bedryf, is reeds 18 jaar voltyds in diens van Solidariteit. Sy visie vir die mediese bedryf is om dit tot ’n volwaardige, onafhanklike bedryf uit te brei. “Die mediese bedryf het die potensiaal om die grootste enkelbedryf in Solidariteit te word.”

Willie Marais

WILLIE MARAIS, organiseerder van Solidariteit in die mediese bedryf, is reeds 27 jaar in diens van Solidariteit en is in Klerksdorp gebaseer, hoewel hy ook in die WesKaap betrokke is. Hy begin in 2012 by Solidariteit se hoofkantoor werk. Sy visie vir die bedryf is om dit tot die grootste enkelbedryf in Solidariteit uit te brei. • E-pos: williem@solidariteit.co.za

Dr. Suretha Griesel

DR. SURETHA GRIESEL, organiseerder in die mediese bedryf, is reeds 10 maande in diens van Solidariteit en is by Solidariteit se hoofkantoor gebaseer. Sy bedien hoofsaaklik Pretoria en Johannesburg (Gauteng). Haar visie vir die mediese bedryf is om dit te laat groei tot sy volle potensiaal en om spoedig ’n onafhanklike bedryf te word. • E-pos: suretha@solidariteit.co.za


fokus op die mediese bedryf PIETER BURGER, organiseerder in die mediese bedryf, is reeds sewe jaar in diens van Solidariteit. Hy is in Bloemfontein gebaseer en bedien die Vrystaat. Sy visie vir die mediese bedryf is om dit te laat groei tot een van die grootste bedrywe in Solidariteit. • E-pos: pieter@solidariteit.co.za

Pieter Burger

Jan du Plessis

JAN DU PLESSIS, organiseerder in die mediese bedryf, is reeds 23 jaar betrokke by Solidariteit en is hoofsaaklik in Witbank gebaseer, maar is ook betrokke in die WesKaap. Sy visie vir die bedryf is om dit die grootste bedryf in Solidariteit te maak. • E-pos: jand@solidariteit.co.za

FOTO’S: REINT DYKEMA

ADELE LIEBENBERG, organiseerder in die mediese bedryf, is reeds agt jaar in diens van Solidariteit. Sy is in Kathu gebaseer vanwaar sy die Noord-Kaap bedien. • E-pos: adele@solidariteit.co.za

Adele Liebenberg

Joseph Kidson

JOSEPH KIDSON, organiseerder in die mediese bedryf, is reeds 12 jaar in diens van Solidariteit. Hy is in Pretoria gebaseer en bedien Gauteng. Sy visie vir die bedryf is om dit tot ’n volwaardige bedryfseenheid van Solidariteit op te bou. • E-pos: joseph@solidariteit.co.za


die lees werd

Leesstof propvol inspirasie vir die lente Boekblik is die maklikste manier om jou gunstelingboeke met die klik van ’n muis te bestel. Besoek www.boekblik.co.za en blaai deur die aanlynkatalogus met ’n wye reeks boeke.

KOOKKUNS

BIOGRAFIE

FAMILIESAKE

TJAILARESEPTE Amore Bekker in samewerking met RSG

STEEDS MATHYS Mathys Roets

KOEMELAAT ’N SANITY-JOERNAAL VAN ’N NUWE MA Milan Murray

Sy is die aanbieder van die gewilde program Tjailatyd op RSG wat duisende mense elke weekdag tussen 15:00 en 17:00 op ’n drafstap huis toe neem. Amore Bekker is nie net reeds die afgelope 20 jaar een van die mees geliefde stemme op Afrikaanse radio nie, maar sy kook ook graag ’n storm los. Tjailaresepte (R175,49) is een van die hoogtepunte van haar program en dan word daar met oorgawe saam met luisteraars beplan aan daardie aand se wen-ete. Oor haar passie vir kook en die rede vir Tjailaresepte sê Bekker: “Ek praat myself en die luisteraars só honger, die minste wat ek kan doen, is om hulle huis toe te stuur met ’n idee vir aandete.” Tjailaresepte stel RSG se luisteraars aan die woord met praktiese, watertandlekker-resepte. Dit bied alles van familiegunstelinge tot moderne kitsresepte.

Mathys Roets se musiekloopbaan het in 1989 ’n nederige begin gehad, maar sedertdien het hy ’n deurbraak gemaak en met sy fluweelstem diep in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers gekruip. Op 6 April 2009 gebeur die ongeluk wat sy lewe sou verander. Vir dae lank hang sy lewe aan ’n draadjie en dan kom die verklaring: “Mathys is verlam.” Ten spyte van hierdie terugslag het hy egter besluit om vorentoe te kyk en steeds voluit te leef. Steeds Mathys (R179) is die inspirerende lewensverhaal van Mathys Roets, soos vertel aan Alita Vorster. Die verhaal sal die leser laat glimlag, maar ook besiel. Dit laat ’n mens wonder hoe jy enige uitdaging as té groot kan beskou.

Sommige ken haar as Dusty van die sepie Isidingo, Frankie van Binnelanders of Patrys in Transito. Hoe dit ook al sy, Milan Murray is tans een van die bekendste gesigte op Afrikaanse televisie. Tog is sy veel meer as net aktrise. Sy is ook ’n ma en haar boek Koemelaat (R140) is die gepaste en natuurlike uitvloeisel van haar moederskap. Koemelaat is haar tweejarige seuntjie se woord vir “skoenlapper” en is gepas aangesien dit juis is hoe Murray die ontdekkingsreis van ma-wees beleef – as ’n ruspe wat dan in ’n papie vasgevang word en as vlinder loswikkel. Die boek sal lesers laat giggel, ’n traan pik en die gerusstelling gee dat hulle nie alleen is nie. Murray vertel van haar reis as nuwe ma op ’n pittige manier. Dit is nie net haar verhaal nie, maar ook die verhaal van soveel ander ma’s.

KRY AFSLAG BY BOEKBLIK Is jy ’n lid van Solidariteit, AfriForum of Solidariteit Helpende Hand? Registreer dan as Boekblik-gebruiker en kom in aanmerking vir 15%afslag op alle boeke op Boekblik! Besoek www.boekblik.co.za en klik op die “Lede”-skakel om te registreer. Snuffel vandag nog deur Boekblik se aanlynkatalogus vir leesstof vir ’n ieder en elk! S

nommer 5 van 2011

68

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

FNB bied eerste mobiele toepassingsprogram

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

d

irst National Bank (FNB) het in Julie vanjaar as ’n eerste in die land sy jongste innovasie, ’n toepassingsprogram (’n FNB App) vir slimfone en tabletrekenaartoestelle, bekendgestel. Die mobiele toepassingsprogram kombineer die voordele van selfoonbankdienste met die vermoë van ’n slimfoon of ’n tabletrekenaartoestel om ’n unieke gebruikerservaring, wat slegs ’n mobiele toepassingsprogram kan bied, te lewer. Volgens Michael Jordaan, uitvoerende hoof van FNB, getuig die FNB App se strategiese veldtog om deur die aanwending van tegnologie die leier in innoverende bankdienste te wees. “By FNB kyk ons voortdurend na maniere om op ons innovasies te verbeter om voortdurend waarde en keuses vir ons kliëte toe te voeg.” Die FNB App is versoenbaar met Android-, Apple- en Blackberry-toestelle en bykomende platforms volg binnekort. “In ’n wêreld wat al meer digitaal word en waarin slimfone, tablettoestelle en mobiele toepassingsprogramme besig is om die manier waarop ons kommunikeer en leef te verander, stel die bekendstelling van die FNB App ons in staat om ons aanbod te verbreed en om gerieflike bankoplossings en ’n uitstekende ervaring vir die gebruiker te bied,” het Jordaan gesê. Die FNB App beskik oor ’n omvattende plan wat met aktivering aan gebruikers onmiddellike en veilige toegang tot hul bankrekeninge bied. Rekeninglyste en ’n gedetailleerde transaksiegeskiedenis kan besigtig word en transaksies, soos tussenrekeningoorplasings en die betaling van begunstigdes, kan uitgevoer word. “Hierdie oplossing bied aan ons klante ’n gerieflike digitale bankoplossing wat te alle tye en oral tot hul beskikking is en wat gebruikerservaring verryk. Die toepassingsprogram is ’n eieskepping deur FNB Connect, die bank se interne internetdiensverskaffer,” het Jordaan bygevoeg. Afgesien van transaksiedienste maak die mobiele toepassingsprogram se waardetoevoegende dienste daarvoor voorsiening dat klante FNB-takke en -kitsbanke deur navigasiedienste kan opspoor, asook toegang kan geniet tot ’n lys takke en gratis oproepe na enige FNB-inbelsentrum en goedkoop uitgaande oproepe na ander nommers kan maak. Dit bied ook aan gebruikers die

Laai toepassingsprogram só af • Jy moet ’n aanlyn-bankdiensgebruiker wees. • Laai die FNB-toepassingprogram af op jou foon. • Sleutel jou FNB-aanlyngebruikers-ID in om die versoek dat die toestel met jou aanlynbankprofiel skakel te bevestig. • Teken aan by die aanlynbankdiens. Sodra jy aangeteken het by FNB-aanlynbankdienste, bevestig die skakel met jou toestel. • Android- en iOS-bedryfstelsels sluit in handtoestelle, soos onder meer HTC, Samsung, LG, Motorola en Sony Ericsson Huawei. Apple-toestelle sluit in iPhones, iPads en die iPod Touch. Blackberry-toestelle sluit in die Blackberry Storm en Torch. moontlikheid om buitelandse valutakoerse te besigtig. Suid-Afrika het tans ’n geraamde 16%slimfoonpenetrasie, wat volgens die IT-navorsingsmaatskappy Gartner teen 2014 skerp sal styg tot 80%. Daar word verwag dat wêreldwye verkope van tabletrekenaars en slimfone in 2011 dié van persoonlike rekenaars, notaboekrekenaars en netboekrekenaars gaan oortref. Die mark vir mobiele toepassingsprogramme gaan na verwagting met 60% groei. “Ons is trots dat hierdie innovasie op talle verskillende toestelle, insluitend musiekspelers soos iPod Touch, asook op die meeste toestelle op die tabletmark werk. Ons dek drie uit die vier van die wêreld se topbedryfstelsels, met Nokia Symbian wat binnekort volg,” aldus Farren Rope, hoof van produkte en markte van FNB Connect. “Die mobiele toepassingsprogram is ontwikkel met die oog op vinnige ontplooiing in nuwe en bestaande markte, aangesien

number 5 of 2011

69

dit deur ’n 3G- of WiFi-toegangsmedium bedien word. Gebruikers van slimfone en tablettoestelle benodig mobiliteit en multifunksionaliteit, en ons mobiele toepassingsprogram is juis gedagtig aan hierdie gebruikersprofiel ontwerp. Dit bied aan die persoon wat vele take tegelyk verrig ’n vinnige, eenstop- en gerieflike bankervaring,” het Roper gesê. Om van die diens gebruik te maak, kan klante wat Apple-toestelle het dit gaan aflaai van die Apple App-winkel. Android-klante kan dit van die Android-mark gaan aflaai en Blackberry-gebruikers kan dit by Blackberry App World gaan aflaai. ’n Ander alternatief is om die skakels na die App-winkels vanaf FNB Online te volg. Die uitvoering van transaksies is slegs tot die beskikking van FNB-klante ná aantekening, maar enigeen kan die mobiele toepassingsprogram van hul toestel se App-winkels aflaai om van vooraantekendienste gebruik te maak.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


histories gesproke

Webtuiste maak deur oop na geskiedenis

d

Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO: ILZE NIEUWOUDT

oodskampe is wat sommige dit genoem het. Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog spook vandag nog by talle Suid-Afrikaners, en mense se fassinasie met die gebeure in hierdie kampe was reeds die rede vir die samestelling van tientalle boeke oor hierdie onderwerp. Belangstellendes kan skaars genoeg kry van hierdie bykans onuitputbare bron van geskiedenis. Waar daar egter in die verlede net op die enkele oorvertellings en dagboekinskrywings van veral vroue in die kampe staatgemaak is vir inligting en familienavorsers in argiewe moes rondsoek in die hoop om net ’n stukkie inligting oor hul voorouers se verbintenis met die kampe te kry, het die internet ’n tyd gelede ’n nuwe wêreld geopen met die samestelling van die British Concentration Camp Database. Onder die leiding van dr. Elizabeth van Heyningen van die Universiteit van Kaapstad en ’n span navorsingsassistente is daar ’n omvattende en gebruikersvriendelike databasis met inligting oor gevangenisse in dié kampe saamgestel. Volgens die webtuiste is die ontwikkeling van die databasis deel van ’n deurlopende projek. Die databasis kan besoek word by http://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/ of gebruik die soekterm “BCCD” op Google.

BETROUBARE BRONNE Die databasis is saamgestel uit ’n verskeidenheid betroubare bronne, waaronder kampregisters wat in die Nasionale Argief bewaar word. Volgens die webtuiste verskil die gehalte van die registers en hoewel sekere registers verlore geraak het, is daar ander wat selfs ná die oorlog herskryf is en waarvan die oorspronklikes nie behoue gebly het nie. ’n Verdere probleem is die leesbaarheid en foutiewe inligting wat telkens in oorspronklike en herskrewe registers na vore gekom het. Daarbenewens is staatskoerante van die destydse Transvaal en Oranje-Vrystaat waarin daar sterftes van die kampe aangeteken is, ook as bronne gebruik. “Hoewel hierdie bronne volledig en akkuraat was, is sommige sterftes nie aangemeld nie. Daar is, byvoorbeeld, ongelukkig ’n gaping in die Balmoral-kampregisters gedurende die piek van die epidemies in hierdie publikasies. Daarbenewens blyk dit asof die lettersetters Engelssprekend was en dikwels probleme met Afrikaanse name ervaar het;

Vertel jou familie se verhaal Dit is bloot menslik om te voel jy behoort, en dit is juis daarom dat mense dikwels so hard soek na hulle wortels. In Suid-Afrika is baie ook gefassineer deur hul eie familie se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog. As ’n omvattende databasis, bied British Concentration Camp Database aan navorsers die geleentheid om op ’n uiters gebruikersvriendelike webtuiste na voorouers te soek wat in konsentrasiekampe opgesluit was. Nou kan jy ook jou familie se verhaal met trots vertel! Besoek die webtuiste by http://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/ of gebruik die soekterm “BCCD” op Google.

Daar is vandag duisende grafte waar konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog geleë was.

dus het foute in die gedrukte weergawes voorgekom,” aldus die webwerf. Sterftes soos dit in die P.L.A. Goldman-lys aangeteken is, is ook as bron vir die samestelling van die databasis gebruik. (Goldman het volgens die webtuiste op versoek van genl. Louis Botha die lys saamgestel om inligting oor sterftes in die Boererepublieke gedurende die oorlog aan te teken.) VOLLEDIGE DATABASIS Die BCCD-databasis bevat omvattende inligting van persone wat in die konsentrasiekampe aangehou is. Dit bied die van, voorname, titel, geslag, ras, nasionaliteit, beroep, status, plaasnaam, geboorte- en sterftedatum en die naam van die kamp waarin die persoon aangehou is. Hierdie inligting is in baie gevalle volledig opgeteken met skakels na ander familielede, ’n lys van persone wat almal van dieselfde plaas afkomstig was en so meer. Hierdie indrukwekkende hulpmiddels maak die soektog vir selfs die amateur-familienavorser soveel eenvoudiger. DIE KAMPE EN DIE SYFERS ’n Bykomende interessante afdeling van BCCD is die omvattende inligting wat oor elke afsonderlike kamp beskikbaar gestel word. Die kampe is alfabeties gelys en die databasis bied inligting soos die aantal sterftes wat in ’n

nommer 5 van 2011

70

spesifieke kamp aangemeld is. Grafieke sit ook die verspreiding van sterftes oor die leeftyd van die kamp uiteen. SOEK SÓ NA JOU VOORGESLAG Die stelsel is uiters gebruikersvriendelik en bied verskeie opsies waarvolgens inligting gesoek kan word. Gestel jy beskik net oor die plaasnaam van ’n voorouer wat vermoedelik in ’n konsentrasiekamp gedurende die oorlog was: Jy het die opsie om aan die hand van slegs hierdie inligting voorouers te probeer opspoor. Daarbenewens kan die soektog ook volgens die afsonderlike kampe en natuurlik die persoon se naam of van gedoen word. LEESGENOT VIR GEESDRIFTIGES Vir geesdriftiges wat selfs nog meer te wete wil kom van die oorlog en die ervarings van mense wat in die kampe geleef het, bevat BCCD ook ’n leeslys met honderde boeke, artikels, joernaalinskrywings en ander verwante bronne wat nageslaan kan word. Hoewel in die minderheid, het talle van die artikels ook regstreekse webskakels sodat die artikels gerieflik aanlyn besigtig kan word. Daarbenewens bevat die webtuiste ook skakels na die webtuiste van die Anglo-Boereoorlogmuseum, die Suid-Afrikaanse genealogiese vereniging en die Suid-Afrikaanse Nasionale Argief. S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a



tot u diens

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE

KLERKSDORP

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Manie Lourens, Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

BLOEMFONTEIN

Francois van Heerden, Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe Tel: 035 789 0968/9 Faks: 035 789 0967 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Lira Linkstraat, Eenheid 7, Montego Park, Richardsbaai

KATHU

Pieter Burger Administratiewe beampte: Marieke Schwarzendahl Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

RUSTENBURG

Gert van Wyk, Adel Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou, Winkel 7, Kathu

Theunis van Staden en Johan Nell Administratiewe beampte: Christelle Grobler Tel: 014 592 4336 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

LYDENBURG

BOKSBURG Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

CARLETONVILLE

Quintus Sliep Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

NEWCASTLE

Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

DESPATCH

SECUNDA Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 Faks: 016 931 3171/011 252 7271 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

PIETERSBURG

Piet Veldtman, Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

ELLISRAS

Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

WELKOM Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

PRETORIA

Jan Pretorius Tel: 014 763 9511 Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

*

RICHARDSBAAI

Blaai na bladsy 6 vir Solidariteit-hoofkantoor se volledige kontakbesonderhede.

Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

nommer 5 van 2011

72

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis, Jo-Anne Coetzer Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


stilw(o)ord

“Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie.”

Vir hierdie deur is geen sleutels nodig

FOTO’S: YOLANDÉ TERBLANCHE; iSTOCKPHOTO.COM

“h

ierso.” Rudolf oorhandig ’n motorsleutel aan ’n bruin leer-sleutelhouertjie aan my. Hy lyk ernstig en amptelik. Ek frons. Ek ken nie die sleutel nie. “Wie se sleutel is dit, Rudolf?” “Dis die kombi se sleutel.” My hart maak ’n ekstra bokspring. “Die kombi s’n! Wat moet ek dáármee doen?” “Ek weet nie,” sê Rudolf bedruk. “Oom Doepie het dit vir my gegee, en nou gee ek dit vir jou.” Ek kyk na die sleutel. Dit is die sleutel van ’n kombi wat nooit weer sal ry nie. Die sleutel van ’n kombi wat verfrommel in die noorde van Mosambiek lê. ’n Kombi waarin twee mense hulle lewens verloor het. Ek hang dit ernstig en amptelik aan die sleutelhaak in my kombuis. ’n Nou nuttelose artikel wat nie meer ’n voertuig nie, maar ’n stuk geskiedenis oopsluit. Beelde, klanke en reuke storm my gemoed binne. Vier voertuie agter mekaar, op pad huis toe ná ’n uitreik in Mosambiek. Rudolf se stem oor die radio: “’n Vragmotor binne-in die ryvlak, pasop, geen reflektors of ligte nie...” Dan spat vonke reg voor ons. ’n Stuk wit metaal vlieg deur die lug. Ek rem, trek af. Die voertuig se ligte val in die veld op ’n verwronge, wit wrak. Die kombi. Die kombi met nege mense in... Andri se stem wat roep: “God, help ons...” Ons vlieg uit die bakkie, hardloop nader. Oom Doepie strompel die wal uit, roep soos

STILWO ( O ) R D marietha malan ’n besetene. Ons storm gly-gly by die skuins grondwal af, gryp aan die lang gras om ons balans te hou. “Charlesie, Charlesie!” hoor ons oom Doep gil. In die wrak sit dominee Gerrie met geslote oë. Bloed loop teen sy kop af. Die gas van die lugreëling ontsnap met ’n gesis. Die hele skuifdeur van die kombi is weg. Charles en Hannelie hang by die wrak uit. Roerloos. Ons staan verlam. Verstom. Voel hulle polse. Kyk woordeloos na mekaar. Dit word ’n nagmerrie-oggend. Mense wat mekaar vashou en huil, wat doelloos rondmaal. Bagasie wat oral verstrooi lê. Ans wat Sonieka se kitaar by die wal uitdra en haar

number 5 of 2011

73

haardroër optel. Annette wat dominee Gerrie se kop regop hou. Chrissie wat benoud vra: “Dominee Gerrie, druk my hand!” Tannie Beryl, met ’n gebreekte bobeen, wat vra: “Druk net ’n kussing onder my in, asseblief.” Oom Doepie wat langbeen teen die bakkie sit, gedisoriënteerd en verslae. En nou – nou hang die sleutel aan my haak. Twee begrafnisbriewe lê op my spieëlkas. Dominee Gerrie is nog aan die herstel. Tannie Beryl is geopereer en weer tuis. Oom Doepie is deur hel nadat hy vir etlike dae aangehou en daarna verhoor is. Ons moet almal met ons lewe aangaan, al is daar so ’n groot kloof tussen ons gewone daaglikse lewens en die werklikheid van alles wat in Mosambiek met ons gebeur het. In Charles en Hannelie se nuwe lewe is daar geen sleutels nie. “Die poorte daarvan (van die nuwe Jerusalem) word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie.” (Openbaring 20:25.) En wanneer hulle mense later by hulle aansluit, sal al die pyn en hartseer ook van die verlede wees: “Hy sal die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Dankie, Here, dat U my hart, my oë en my siel oopgesluit het vir U liefde, dat U ons uitreikgroep in u arms omvou het. Dankie dat U my leer dien het. Help my om die wrak van my ou lewe ver agter te laat; om die sleutel daarvan nie op te hang nie, maar sommer weg te gooi. Want U maak alles nuut... S

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a


promosie-artikel

Mediese skema: Neem dié faktore in ag GROOTTE In die algemeen het groter skemas meer bedingingsmag as dit by tariefonderhandelings met diensverskaffers kom. Dit beteken dat ’n groter skema gewoonlik in ’n beter posisie is om vir afslag of laer pryse names sy lede te onderhandel. SOLVENSIEVLAK Die Registrateur van Mediese Skemas beveel aan dat alle mediese skemas ’n reserwevlak van ten minste 25% moet handhaaf. Die rede hiervoor is dat skemas genoeg fondse in reserwe moet hê vir onvoorsiene uitgawes, soos in die geval van griepepidemies. Daar moet dus genoeg geld beskikbaar wees om ’n groot aantal lede-eise op een slag te betaal. ADMINISTRASIEVERMOË Lede van mediese skemas kom gewoonlik met hul skema in aanraking wanneer ’n eis ingedien word. Die spoed en akkuraatheid waarmee ’n skema jou eis verwerk en afhandel is dus van die uiterste belang. Die Global Credit Rating Company is ’n maatskappy wat skemas se eise-uitbetalingsvermoë gradeer en is dus ’n goeie maatstaf om te bepaal hoe goed ’n skema op hierdie gebied presteer.

FOTO: iSTOCKPHOTO.COM

KLIËNTEDIENS In die moderne wêreld het kliëntediens ’n onderskeidende faktor geword wanneer dit by die keuse van ’n diensverskaffer kom. Dieselfde geld mediese skemas waar skakeling tussen die lid en die skema op verskeie vlakke plaasvind. Een van hierdie vlakke is die skema se inbelsentrum wat gewoonlik die eerste vlak van skakeling tussen die lid en ’n mediese skema is. ’n Ander vlak is die skema se kommunikasiemateriaal wat sy webtuiste en gedrukte kommunikasie aan sy lede insluit. Alle vlakke van skakeling behoort proaktief en verbruikersvriendelik te wees. PRODUKKEUSE Omdat mense se ouderdomme en lewensomstandige wissel, verskil ons spesifieke behoeftes op spesifieke tye van ons lewens. ’n Mediese skema se voordele-opsies behoort voorsiening te maak vir hierdie behoeftes, hetsy dit vir die jong gesin sonder kinders is, of die afgetrede paartjie. ’n Mediese skema behoort nie meer net ’n plek te wees waarna ’n mens gaan as iets verkeerd is nie, maar behoort die rol te vervul van ’n langtermynvennoot in gesondheidsorg. Dit moet ook ’n plek

NOG NIE ’N MEDIHELP-LID NIE? SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordele-opsies verlang. wees waar jy waarde vir jou geld kry. Dit beteken dat die balans reg moet wees tussen die dekking wat jy verlang en die bedrag geld wat jy beskikbaar het om dié dekking te bekom. VOLHOUBAARHEID ’n Mediese skema is ’n belegging in die gesondheid van jouself en jou gesin, en soos met al jou finansiële beleggings, speel gemoedsrus oor die lang termyn ’n groot rol. Die meeste van ons bestee baie tyd en geld

nommer 5 van 2011

74

aan ons finansiële beleggings, maar doen nie noodwendig dieselfde moeite as dit by ons eie gesondheidsorg kom nie. Inderwaarheid behoort jou gesondheid die belangrikste belegging in jou lewe te wees. Wanneer dit dus by die keuse van ’n skema kom, is dit altyd goed om ’n bietjie navorsing te doen oor die jare se ondervinding en algemene statuur van die skema. Wat ook hier belangrik is, is die ervaring van die bestuurspersoneel en die lede op die skema se raad van trustees.

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a




Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.