/hartklop_des_2010

Page 1

Nov/Des 2010

Maandblad van NG Quellerina—Ons leef liefde GESOND!

Die jaar lê op sy rug en as ‘n mens terugkyk sê jy vir jouself die jaar was te kort! Daar is soveel dinge wat ons hierdie jaar nog wou doen. Maar al hierdie dinge sal moet wag tot volgende jaar, want God het ‘n jaar gelukkig net 365 dae lank gemaak anders sou ons onsself ooreis. Hy het dit so beplan dat ons rondom die einde van die jaar ‘n rustiger tyd beleef, sodat ons ‘n bietjie kan uitrus voordat ons in die nuwe jaar met skreeuende bande wegtrek. Hierdie rustyd is bedoel om tyd met familie en vriende te spandeer en om ons batterye te herlaai. Daarom vanaf Henk en Henk, en ons huise, wil ons net sê: Geniet die Kerstyd, beleef God se vreugde en vrede. Maak dit u eie vreugde en word ‘n instrument van vrede in hierdie Kerstyd. Mag die jaar wat voorlê ook ‘n jaar van voorspoed wees. Groete ~ Henk en Henk


HARTKLOP

Bladsy 2

SKRYF SAAM AAN DIE HARTKLOP IN 2011

Hartklop is Quellerina se gemeenteblad! U word dus uitgenooi om bydraes vir ons te gee! E-pos aan alma@netrix.co.za of gee persoonlik (selfs handgeskrewe) op sondae na die diens. Dit kan ook by die kerkkantoor ingehandig word. Plaas asb net in ‘n koevert en merk duidelik “HARTKLOP BYDRAE”. Stories, ervarings, kommentaar op ons gemeente-aksies, ens ens ens!!


BLADSY 3

NOVEMBER 2010


HARTKLOP

BLADSY 4

Verhoudings Die bekende skilder Vincent van Gogh vertel in een van sy briewe aan sy broer Theo dat hy iewers 'n stukkie lig ontdek het wat hom soms vrygemaak het van sy eie donkerte en depressie wat hom lewenslank agtervolg het. Dit was naamlik om in die sagte teenwoordigheid te wees van mense wat opreg omgee vir mekaar. Slegs in die geselskap van sulke mense het die tronk van sy eie donkerheid oopgegaan, skryf Van Gogh aan sy broer. Soms is daar sulke groot afstande tussen ons en ander mense wat dikwels met slegte inhoude soos donkerte en ander neerdrukkende dinge opgevul word. Moenie dat dit ooit met jou gebeur nie. Loop vandag baie naby aan daardie mense wat die Here oor jou pad gestuur het om jou eie laste te help dra. Nee, jy is regtig nie 'n eiland nie. Jy is nie 'n eenman of eenvrou vertoning nie. Op jou eie gaan jy dit nie maak nie. Jy het ander mense baie nodig. En hulle vir jou! Wees asseblief 'n lewende seĂŤn in die Here se Naam vir diegene rondom jou. Wees een van die Here se spasievullers tussen jou en iemand anders wat jou nabyheid vandag broodnodig het. (Uittreksel uit eKerk)


BLADSY 5

NOVEMBER 2010


HARTKLOP

BLADSY 6

UITREIK 9 OKT 2010 & OUMENSE KAMP 11-15 OKT 2010 "Om dankbaar te wees, maar dit nie te sê nie, is soos om `n geskenk toe te draai en dit nie te gee nie”. (WA Ward). Juis daarom bly dit `n absolute voorreg om dankie te kan sê. Dankie te kan sê aan jou wat sonder om te aarsel, aangebied het om die tramezinis te skenk. Uit die bloute skakel en sê jy sal al die maalvleis voorsien. Jy daag op by elke vergadering om die beplanning te bespreek. Sê ons moenie bekommer oor glasies ens. Julle wat die lekkers gepak het en gegee het. En dan JULLE wat die finansies voorsien het. Dan was daar julle wat hard gewerk het. `n Saterdagoggend opgeoffer het om te kom UITREIK. (Sef 3:17 God jubel en juig oor jou) Annalise Wiid het gesê: “Wanneer jy waag om uit te reik na ander, doen jy meer as net omgee, jy maak jou eie binneste oop vir die wonderlikste dinge om te gebeur...” Toe volg die kamp. Jy help beplan, het al die uitnodigings gedoen en al d i e administrasie, gehelp met aankope, die verpakkings gedoen, programme en spyskaarte voltooi. Jy is goud werd - baie dankie! En jy kom met kratte vol koekies vir die oumense om te geniet- en hulle het dit so geniet. Voorwaar was dit `n baie geseënde kamp. Julle het gesorg vir die blomme op die tafel en met raad en daad bygestaan en weer het julle finansieël bygedra. Aan elkeen wat `n bydrae gegee het, weet ek jy het dit met jou hart gegee. Soos God. Jy stel jouself beskikbaar vir broos wees. Vir voel. Ek glo Jesus doen nog meer as dit. Ek glo Hy laat ons deel in Sy voortdurende Skeppingswerk wanneer ons ons hart gee (A Wiid) Mag ons Vader, elkeen wat bereid was om deel te wees van hierdie uitreike, so ryklik seën en jou sal toevou in Sy LIEFDE. Baie dankie.


BLADSY 7

NOVEMBER 2010


HARTKLOP

BLADSY 8

“Dit is weer tyd vir die Vry-preek”, Dominee…!?

Hoofstuk 3 ( Adrè vd Berg )

Jan Burger kom uit sy mymering toe sy vrou hard by die deur roep: "Ek sê totsiens vir die derde keer! Soos altyd hoor jy my nie!" Die keer hoor hy haar, want hy onthou hoe verslae, kwaad en geskok hy was toe sy 'n paar dae gelede vir hom vertel het dat sy 'n psigiater spreek. "Jy het mos alles", het hy geredeneer. Die vlakheid van haar trane het hy nie gesien nie en toe sy sê: "Ja, ek het alles, jy het alles, die kinders het alles, maar saam het ons niks! Ons is so verskriklik alleen!" het dit hom tussen die oë getref. Hy was kwaad want by wou nie weet dat sy reg is nie, maar hy het geweet - hy weet dit al 'n paar jaar dat hulle eintlik 'n gebroke gesin is wat volgens die reels van ordentlikheid in hulle soort kringe die hegte gemeensaamheid na buite voorhou. 'n Artikel in 'n vrouetydskrif oor hulle het dit nog onlangs met innige foto's en strelende woorde bevestig. Jan kyk op sy horlosie en hy weet hy moet nou gou maak. Te veel gefilosofeer vanmore, grinnik hy in die spieël. Terwyl hy skeer dink hy aan die dag wat voorlê. Dit is 'n gewoonte by hom. Hy wonder of hy alles ingepas sal kry. In sy kop maak hy gou 'n lysie: 'n Afspraak met 'n kliënt om twaalfuur; eenuur 'n eteafspraak met die dekaan van die Universiteit se Regsfakulteit - sal eers halfdrie terug op kantoor wees; daar is 'n klomp dringende briewe wat wag. Daar was verlede week ook een van sy Moeder wat vertel dat sy die laaste tyd baie moeg en pap voel. Hy wou al bel, maar kom nie so ver nie - sal dit vanaand doen. Nee, hy kan nie, want hy moet vanaand 'n studentevereniging oor die een of ander regsonderwerp gaan toespreek. Hy sal 'n paar aantekeninge op papier moet kry. Studente vang 'n mens gou uit. Hy sal te laat by die huis kom - sal maar more probeer bel. Dit skiet hom te binne dat sy jongste dogter more verjaar. Wat wou sy nou weer hê? Die een of ander soort pop. Sal haar maar 'n klompie note in die hand stop - dis makliker so. Kinders het ook so baie bestellings! Ja, sy dae is dol. Dit is die tekstuur van sy lewe en sy huismense begryp dit en hom nie. Hy is 'n sneltrein: altyd op skedule van stasie na stasie. Op vyftig het dit hom gebring waar hy is. Huisdinge is maar lastig, meng gedurig in met sy vol program. Hy sorg tog mos goed vir hulle. Elkeen het sy eie belegging en sy lewe is goed verseker. Hy sal tog weer daarna moet kyk, want inflasie vat tog ook sy deel. Maar kyk of hy volgende week 'n afspraak met die makelaar kan kry… Tot weer siens. Groete vir Sproete.

Adré.


BLADSY 9

NOVEMBER 2010

Poppie Hoogedoorn het hierdie jaar die feestelike versierings by die ingange gedoen! Baie dankie!!!


HARTKLOP

BLADSY 10

ANONIEME BRIEF ONTVANG: U het een Sondag in die kerk gevra dat ons asseblief „n aanduiding moet gee of ons tevrede is met die koers waarin Quellerina gemeente huidiglik beweeg en of ons enige veranderings aanbeveel. Ek dink persoonlik dat Quellerina kerkraad op grond van die nuusblaadjies en afkondigings nie net op die behoud van die kerk en sy interne sake alleen fokus nie, maar ook uitreik na behoeftiges…. Ek wil dit waag om my opregte gevoel oor die predikante uit te spreek. Hulle is ook mos maar net mense. Wat Quellerina se dienslewering op Sondae betref, moet ek sê dat ek baie tevrede is met Ds Henk Gous se dienslewering en styl. Ek kan ook aflei by my kinders dat hul eie vlak van belangstelling en konsentrasie baie effektief deur Ds Henk Theart geprikkel word met die idee van die aparte jeugdiens. Daar is seker nog baie ruimte vir verbetering maar wat bediening betref, meen ek dat Quellerina een van die gelukkige gemeentes is. Ek is van mening dat Ds Henk Gous een van die min predikante is, wat altyd daarin slaag om met nuwe boodskappe op verskeie effektiewe en sinvolle wyses tot sy gehoor deur te dring om nuwe of gevestigde waardes te prikkel of te versterk. Waar my gedagtes in die verlede andersins sou dwaal, was my gedagtes en belangstelling nog elke keer tot die einde binne sy sinvolle gesprekke vasgebind.

(Verkort ter wille van ruimte)

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” Johannes 14:27


BLADSY 11

NOVEMBER 2010

Wanneer ‘n jaar nader aan sy einde staan en mens uiteindelik kans kry om asem te skep, is dit so amper ‘n natuurlike reaksie om terug te wil kyk na wat jy als uitgerig het die afgelope jaar. Een ding wat in almal se terugkyk is, is die wete dat jy nie regtig beheer het oor wat oor jou pad kom nie en dat net genade jou aan die ander kant kan uitkry. As mens na lewenskwaliteit kyk, is daar een riglyn: Dis die klein goedjies wat tel! Dit het my laat dink oor hoeveel beheer mens dan het oor wat werklik saak maak. So jaar of drie terug het ek uitgevind dat ek „n een van die ongelukkiges is wat die Epstein Barr Virus het. „n Onkuurbare, “chronic fatigue” en imuun-verswakkende virus wat jou so moeg maak dat dit maklik jou lewenslus en geluk wegsteel. Na baie navorsing en soek na raad was die antwoord duidelik - ek sal moeg en uitgeput wees vir die res van my lewe. „n Goeie beskrywing van die “effek” van die virus is dat jou liggaam fisies net funksioneer vanaf 9vm tot 2nm. Die res van die tyd voel dit of jy permanent op die laaste kilometer van die Comrades Maraton is. Maar in vandag se lewe is daar nie tyd om moeg te wees nie en mense wil nie weet dat jy moeg is nie. Aan die ander kant is dit „n maklike verskoning om te gebruik, want eintlik is jy mos siek. So het ek besef dat my hele lewe se rigting gaan afhang van een klein besluit: Gaan ek opstaan en aangaan, of gaan ek bly lê en moeg wees? Ek het ook besef dat ons almal vergeet hoe baie klein besluite ons maak wat ons hele lewe se rigting gaan bepaal. Gaan ek vandag gelukkig en vriendelik wees? Dis „n besluit. Gaan ek vandag eerlik en opreg wees? Dis „n besluit. Gaan ek vandag aandag aan my familie gee? Dis „n besluit. Gaan ek iets goed doen vir my naaste? Dis „n besluit. Of gaan ek oorgee, en toelaat dat die lewe my moeg maak? Of erger - gaan ek die stroom van die lewe my eenvoudig laat weggly en nie eers daaraan dink dat ek eers ‘n keuse gehad het nie? Ek weet dat ons nie beheer het oor wat oor ons pad kom nie, maar deel van God se genade is dat ons in staat is om elke dag ons besluite te kan maak, sodat ons - ongeag van ons struikelblokke - „n gelukkige lewe, vol van die klein dingetjies wat rêrig saak maak, kan hê - en daaroor is net onsself in beheer. Aan die einde van 2010 is dit my wens dat elkeen kan terugkyk en kan sê: “Ek het gekies” en om in 2011 te onthou om “reg te kies”.

Jaco


HARTKLOP

BLADSY 12


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.