/hartklop_april-2011

Page 1


Liefdes-reeks is verby, maar liefde gaan aan Die groot gevaar van ‘n preek is dat dit afgehandel is wanneer die dominee Amen sê. As dit ook gebeur met die Nuutmaak Liefde reeks, dan het ons ons tyd gemors daarmee.

Nuutmaak liefde moet nuutmaak. Ek moet

dit wat ek begin ingeoefen het tydens die 6 weke aanhou toepas, anders val ek terug in my ou patroon. Daarom kyk asb na jou sleutelring-liggie of gasaansteker, en onthou jou voornemens. Kyk ook na die kerk se heining vol papierhartjies, en onthou dat ons almal saam gaan liefde uitleef. Koop vir julle roomyse en eet dit nes op hierdie foto’s, en onthou dat ware liefde soet en lekker smaak! HG

2


3


Dames se koppe werk nou reg Die tema “Gesonde brein, gelukkige vrou” het dames laat stroom na die Vroueafskop Sat.11 Feb. Die spreker dr. Mariet van Niekerk het ons almal regtig laat dink (en lag!). Sy het as neuroloog ons almal laat besef hoe kragtig jou denke is. Sy het bv. gesê: “Jou denkgewoontes kan jou lewe hemel of hel maak.”

En: “Your

body can travel where your mind has not been.” Dalk is ons dames se koppe nou beter aangeskroef, en sal ons mans moet bykom!

4


Elke Sondag was sy daar … die tweede ry van voor … toegerus met haar suurstof en botteltjie water en Koot wat haar ondersteun… Lynette! Watter pragtige voorbeeld het sy net nie gestel nie. Sy wou so naby die Heer wees—wou Sy kleed teen haar wang voel en wou sy ook tussen haar vriende wees. Ons eer jou nalatingskap, Lynette. Ons eer jou as rolmodel wat altyd rustig en mooi was. En Koot, jy het gedoen wat jy met julle huwelik voor God belowe het. Dat jy Lynette sal bystaan, ongeag wat die omstandighede sou wees. Mag ons Heer jou vul met Sy vrede en liefde!

Hennie dit was darem so skielik. Dit is altyd moeilik om ‘n geliefde te verloor, maar wanneer ‘n geliefde, soos Magda, baie skielik van jou weggeruk word, is dit tog ‘n ander situasie, is jy nie daarop voorbereid nie. Wie is ooit? ‘n Mens se lewe is nooit weer dieselfde nie. Ons eer Magda se nagedagtenis. Sy was altyd besig met haar werk in die kerk. Het dit altyd ernstig opgeneem en dit baie goed gedoen. Ons mis haar by die ingang van die kerk op ‘n Sondag oggend, by die teeskinkery en haar as vriendin. Hennie, nadat die begrafnis verby was en almal na hulle huise teruggekeer het, was jy skielik alleen en word jy gekonfronteer deur die nuwe lewe waaraan jy gewoond moet raak en besef jy in hierdie stilte dat ons Heer jou enigste bron van troos en genesing is.

Hoe wonderlik was dit net nie om vir Derek Gouws by die kerk te sien. Heelwat maerder maar terug by ons! Ons dra vir jou en Maklanel en julle gesin geheel en al aan die Here op. Dan is Merylin vd Merwe, Anna Smit en almal met pyn, slaaploosheid en swak gesondheid in ons gebede wanneer ons vra dat ons Heer oor julle sal waak. Liefdegroete, Hester Potgieter

5


4 Vertalings van 1 Korinthiërs 13 verwaand nie. 5 Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6 Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 8Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. 9 Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, 10 maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. 11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar nou dat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind. 12 Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spiel en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. 13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde.

1 Korinthiërs 13 (1953) 1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of luidende simbaal geword. 2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6 is nie bly oor ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë – hulle sal tot niet gaan,; of tale – hulle sal ophou; of kennis – dit sal tot niet gaan. 9 Want ons ken ten dele en ons profiteer ten dele. 10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. 11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. 12 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig to t aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sale k ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. 13 En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

1 Korinthiërs 13 (NLV 2006) 1 Al sou ek enige taal op aarde of self in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ‘n galmende trom of klinkende simbaal geword. 2 En al sou ek die gawe van profesie hê, en sou ek alle geheime kon ontrafel, en al die kennis ter wereld hê, en al sou ek genoeg geloof hê om berge te verskuif, maar ek kom die liefde kort, sou ek ‘n ronde nul wees. 3 En al sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kon beroem, maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie. 4Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van himself nie. 5 Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie. 6 Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. 7 Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles. 8 Die liefde sal nooit vergaan nie. Maar profesieë sal tot niet gaan, die spreek in tale sal ophou, en kennis sal verouder raak. 9 Ons ken maar net ten dele en ons profeteer maar net ten dele. 10 Wanneer die volmaakte egter gekom het, sal al die onvolmaakte uitgedien wees. 11 Toe ek nog klein was het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek

1 Korinthiërs 13 (1983) 1 Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. 2 Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. 3 Al gee ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. 4 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie

6


volwasse is, het ek die dinge van ‘n kind ontgroei. 12 Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ‘n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder duidelik wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan. 13 Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde – hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!

nie. Maar die spesiale geskenke wat die Gees aan mense gee, soos om God se Woord oor te dra of in “spesiale tale” te praat, of om dinge van die godsdiens te verstaan waarvan ander nie veel weet nie, dit sal nie vir altyd hou nie. Daar sal ‘n tyd kom wanneer die Gees dit nie meer vir mense sal gee nie, omdat dit nie meer nodig sal wees nie. 9 Ons weet in elk geval nou nie alles nie en wat ons vir julle van God se wil vertel, is ook nie alles wat daar is om te weet nie. 10 Daar sal ‘n tyd kom wanneer alles volmaak sal wees soos God dit bedoel het. Dan sal die dinge wat God net ‘n tydjie wou gebruik het, nie meer nodig wees nie. Dit is eintlik maar so met ‘n mens ook. 11 Toe ek klein was, het ek nie soos ‘n grootmens gepraat nie, maar soos ‘n kind. Ek het ook gehou van dinge waarvan kinders hou en graag daaroor gepraat. Ek kon ook nie verstaan waaroor grootmense praat nie, want ek het deur die oë van ‘n kind na dinge gekyk. Maar toe het ek groot geword en dit alles het verander. Die dinge wat vir my as kind so belangrik was, is nou nie meer vir my belangrik nie. Ons is nou nog eintlik maar in ons geestelike kinderskoene. 12 Ons kan nie alles van God verstaan nie. Dit is of ons in ‘n blinkerige stuk staal na onsself kyk. Ons kan nie alles mooi uitmaak wat ons sien nie. Maar die tyd kom wanneer ons alles helder en duidelik sal sien asof dit reg voor ons staan. Nou maak ons maar stukstuk uit van God en alles wat Hy vir ons doen en beteken. Daar kom egter ‘n tyd wanneer ek alles sal weet, net soos God nou alles van my af weet. 13 Tot daardie tyd kom, het ons drie belangrike dinge wat ons op koers moet hou: daar is die verhouding met God, die sekerheid dat Hy sy beloftes sal hou en die liefde. En van hulle staan liefde boaan die lys.

1 Korinthiërs 13 (Die Boodskap) 1 Sê nou maar ek is so “geestelik” dat ek die tale kon praat wat die engele in die hemel praat en self nog ‘n klomp ander, maar ek het nie ander mense lief nie, wat dan? Vir die Here klink daardie “geestelike gepraat” dan na niks anders nie as ‘n geraas soos iemand wat teen ‘n yster kap. 2 Se nou ek kan uitstekend preek, is hoog geleerd in die dinge van die Here en verstaan dinge van God wat ander mense nie eens weet nie, en boonop het ek nog die grootste geloof wat jy jou kan voorstel, maar ek het nie ander mense lief nie, is ek vir die Here ‘n nul op ‘n kontrak. 3Al gee ek alles wat ek besit vir arm mense en word as martelaar vir die Here verbrand, maar ek het nie lief nie, help dit alles niks. 4 Om ander lief te he beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie; om altyd sulke mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel; om om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie; om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie; om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie; 5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nienet heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. 6 Maar die liefde het ook grense: liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie. Net so sal die liefde bly wees oor dit wat regtig gebeur soos God dit bedoel het. 7Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook g’n einde nie. 8 Liefde is nie iets wat ‘n mense kan opgebruik en dan sê dis klaar

7


Ons bring die Goeie Nuus aan gevangenes Een van die weinig bekende bedieninge van Quellerina is dat daar uitgereik word na mense in gevangenisse, om ook aan hulle die boodskap van vrymaking in Christus te bring.

Een aspek van dié bediening is dat André Jacobs elke tweede Sondag ry na die korrektiewe sentrum in Boksburg waar hy ‘ n boodskap uit die Woord bring aan ʼn verskeidenheid groepe, waaronder verhoorafwagtendes, langtermyngevangenes, diegene in die hospitaal, en dié wat weens substansafhanklikheid behandel word. As bewaarders belangstelling toon, word ook met hulle gesels. Versoening tussen gevangenes en hul familie/vriende kry aandag en persoonlike gesprekke oor geloof word gevoer. As iemand belangstelling toon om Bybelstudie te doen, kry hy ‘ n Bybel om hom daarmee te help. Die tweede aspek van die bediening is ‘ n reeks van ses korrespondensiekursusse wat per pos aan gevangenes gestuur word. Aanvanklik het André kursusse aan studente in Boksburg voorsien. Van hulle is later uitgeplaas na Leeuwkop, waar hulle ander studente gewerf het, en só het die Here gesorg dat die Goeie Nuus verder en verder versprei. Vandag bereik ons studente in 10 sentrums wat strek van Kimberley in die weste tot Kokstad in die ooste. Hoewel baie studente ongelukkig hulle studies staak, was daar oor die jare talle wat geskryf het om te sê hoe baie hulle die studies geniet en watter verandering dit in hulle lewe teweeggebring het. Ene Prince Mthethwa stel dit soos volg: ” My brother, first of all I like to give thanks to God who had send you to give us a wonderful course like this because is so enjoyable and it made me to grow in the Lord. Through it I am a deacon today in the church. ” Die administrasie word deur ‘ n span van 6 lidmate gedoen. Die aankoop van Bybels, koeverte en posseёls beloop etlike duisende rand per jaar en word gefinansier deur ‘ n milde toewysing deur die kerkraad en skenkings deur individue wat sendingwerk op die hart dra.

Chris Heyns 8


Met elke konsert in Quellerina is daar twee manne wat BAIE meer as hulle deel doen, deur die kerk se verhooggordyn op te hang. Die gordyne se middelpaneel moet op ‘n pyp geryg word, en dan met die laaaaaang leer opgedra word tot bo, waar dit aan die balk gehak word. Dan moet daar fisies van die een kant van die balk na die ander kant toe geklouter word om die plooie van die gordyne eweredig te versprei. Dankie Jaco en Eddie—sonder julle “heldedade” sal Quellerina se konserte nie so mooi wees nie! Op die foto sit die twee tydens ‘n “balke-toe” sessie.

Twee houtkappers besluit op ‘n dag om 'n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap. Een was 'n bejaarde en die ander een nog 'n jong knapie. Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil! - maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus. Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie. Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus het hy hul geantwoord "Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak". So werk ons lewe ook. Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer "skerp" te maak vir elke dag se dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?

Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer! 9


Wiskunde in die Woestyn Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete. In die woestyn moes die Israeliete kos kry, en hoe voed jy 3.5 miljoen mense? Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die Amerikaanse weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad. 'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer. Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn! 4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer. Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek. Wat van water? Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring. Daar was net 'n paar putte in die woestyn. HOE het hulle genoeg water gekry? Nog 'n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag! As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou dit 35 dae en nagte neem om deur te gaan. So daar moes 'n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon stap om in een nag deur te loop. Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word. 'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank. Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek? Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God. God sou sorg vir alles. Kom, skep moed, jy met al jou probleme. Raai wat? ..... ons dien dieselfde God! Hy het nog NOOIT verander nie, en as Hy al Moses se probleme kon oplos, sal Hy joune ook oplos. AL wat ons nodig het, is 'n onwrikbare geloof in God.! Bydrae : Suzette Rautenbach 10


“Dit is weer tyd vir die Vry-preek”, Dominee…!?” (Adrè vd Berg) Preek deel 2 : Meteens, met hierdie twee byvoegingtjies wat gemaak word by groente en by biefstuk, word 'n hele wêreld ingetrek van verhoudinge, van gebruike, 'n lewensstyl word op die tafel geplaas. Groente met liefde dui nie op 'n spyskaart nie, maar op 'n lewensstyl. Maar nou is u seker ook lus, soos ek, om vir die leermeester te vra of dit dan nou regtig nodig is om hierdie dinge so radikaal teenoor mekaar te stel. Waarom moet die kombinasies nou juis so hanteer word? Dit meeste van ons sou dalk verkies om lewer biefstuk met liefde te hê. Hoekom moet dit juis so werk soos in ons teks? Hoekom moet dit nou juis groente met liefde wees? Andersom, waarom moet die lekker van biefstuk noodwendig die maatjie van haat hê. Maar die leermeester wil nie 'n omruiling van maats aanvaar nie. Die spreuk werk dan nie meer uit as dit lees: braaivleis met liefde is beter as groente met haat nie. Volgens hierdie leermeester se beskouing word die kombinasie biefstuk en liefde by voorbaat uitgesluit. So kan ons dit nie kombineer nie. Waarom nie? Omdat die vetgemaakte os ook nie maar net 'n item op die spyskaart is nie. Dit verteenwoordig ook 'n lewensstyl. Hier gaan dit ook oor 'n lewenswaarde. Dit is 'n simbool van iets meer, van iets groter. Dit vertel 'n hele verhaal. Ons moenie die teks lees asof dit 'n keuse is tussen twee kossoorte wat aan ons voorgehou word nie. Dis nie 'n vegetariese teks nie. Dit gaan nie oor groente of oor vleis op sigself nie. Dit gaan oor 'n lewensstyl. Dit gaan oor meer as dit. Waar die groente, so sou ons kon se, 'n eenvoudige lewensstyl verteenwoordig, verteenwoordig die vetgemaakte os 'n vinnige en vooruitstrewende lewensstyl. Hoe kan 'n mens so 'n afleiding maak? Omdat dit natuurlik meer energie, meer werk, groter produksie, meer toerusting en meer tyd vra om uiteindelik 'n lekker stuk vleis op jou tafel te hê as om net 'n bord vol groente te hé. Die biefstuk op die tafel word in hierdie teks 'n simbool van 'n lewensverhaal. Die verhaal wat jy sien as jy 'n bietjie agter die biefstuk kyk is een, kom ons probeer horn beskryf, is een van twee moeg gewerkte ouers, presterende en gespanne kinders. Mense wat saans moeg, te moeg is om te kommunikeer. Mense wat met dobbeloë aansit by 'n volgepakte tafel - te moeg is om te praat, behalwe nou en dan 'n hond of 'n bediende toe te snou. Mense wat na ete neerplons in gemakstoele en met leë oë na die televisieskerm sit en staar. Mense wat oorwerk en oorlaai is. Mense met skuld en bekommernis, maar met biefstuk op die tafel. En te veel stres, dit lei natuurlik na senuweepunte liggeraakheid, angstigheid, trane en aggressie. Dit is die verhaal wat waarskynlik agter hierdie simboliese uitdrukking van die vetgemaakte os sit, nie waar nie? En daarom word die os, die vleis in ons teks, saam met die haat ingespan en die groente saam met die liefde bedien. Vervolg op bl 12 11


Van bl 11 Broers en Susters, terug na Jan Burger se verhaal …? dit is maar 'n verhaal. Miskien is dit ook jou verhaal. Ons het elkeen ons eie verhale. Miskien is daar 'n paar raakpunte tussen jou verhaal en Jan Burger se verhaal – net ek en jy kan daaroor oordeel. Die waarheid van ons teks in Spreuke 15:17 word in hierdie verhaal geillustreer, nie waar nie? En dit is dat liefde groei binne 'n bepaalde verpakking. Liefde kan net bestaan binne 'n bepaalde lewensstyl. Liefde, as ek 'n beeld kan gebruik, is soos 'n orgideeplantjie. Dit groei net in ‘n bepaalde soort groeimedium. As iemand vir jou 'n orgideeplantjie present sou gee en in jou ywer om die plantjie goed te versorg, plant jy dit oor in 'n groter pot met grond daarin, moet jy nie die volgende jaar blomme van die plantjie verwag nie, want die orgideeplantjie groei net in die regte groeimedium wat hoofsaaklik uit boombas bestaan. Liefde se groeimedium is by wyse van spreuke om in die taal van ons teks te praat, groente. Dan floreer dit, terwyl dit nie lekker oorleef met 'n vetgemaakte os saam nie. Die teks stel ons, Broers en Susters, voor 'n onverbiddelike keuse: Dit is of liefde met groente of die vet os met haat. As jy vandag 'n dringende behoefte het aan liefde - as jy soos Jan Burger voel jy vat die hande van die mense naaste aan jou aanmekaar mis as jy voel jou huwelik het koud en gevoelloos geword as jou gesinsverpligtinge vir jou ook soos vir Jan Burger, lastige huisdinge geword het, dan is daar iets wat jy daaraan kan doen.

Liefde, as dit verlore geraak het, kan herwin word. Hoe? Laat ek miskien eers weer duidelik sê hoe dit nie gedoen kan word nie: Liefde kan nie herwin word met een of ander kitsoplossing nie, Broers en Susters. Een ding is seker, daar is nie kitsoplossings vir liefde-, huwelik- en gesinsprobleme nie. 'n Kort huweliksverrykingskursus, 'n paar tydskrifwenke oor beter kommunikasie en 'n suksesvolle seksuele lewe - dit gaan nie help nie. Nee, nie as die groeimedium nie reg is nie. Wat jy waarskynlik nodig het is 'n heeltemal nuwe ‘diet' - ‘n Totale ander lewenswyse... Huwelike wat vasgeloop het, gesinne wat gebroke raak, word nie met 'n paar vinnige wenke, kort kursusse of op so 'n manier herstel nie. Dit word alleen herstel as daar 'n bereidheid is om ook na die verpakking te kyk ook na die groeimedium te kyk om na die lewensstyl te kyk - om grondige veranderinge aan te bring in jou hele lewensstyl. Kom ek probeer dit op nog 'n ander manier se: Liefde is nie moontlik sonder bekering nie! En dan bedoel ek bekering in die sin van lewensverandering - 'n omdraai van 'n bepaalde soort lewe na 'n ander soort lewe.

Na bladsy 14 12


As jy jou belangstelling in die skryfkuns wil ontwikkel, is Roela Hattingh se groep die plek om hierdie ideaal te kom verwesenlik. Elke eerste Donderdag van elke maand om 7 uur in die sysaal van die kerk.

13


Vervolg van bl 12: “Vry-preek” Daaglikse bekering soos waarvan die Heidelbergse Kategismus praat. Nie maar net 'n emosioneel, godsdienstig, sentimentele besluitjie nie, maar 'n totale ommekeer - dit bedoel ek met bekering. En ek sê liefde is nie moontlik sonder bekering nie en daarom herhaalde bekering nie. As jy liefde wil herwin, moet daar groot veranderinge kom - tweede orde veran-deringe. Nie maar net oppervlakkige, bolangse veranderinge nie, maar diep ingrypende veranderinge aan 'n be-nadering, aan 'n lewenshouding en aan 'n lewensstyl sodat liefde daarin kan groei. 'n Totale lewensommekeer. As ons Spreuke 15 van naderby bekyk, dan wil ek u aandag vra vir die versie net voor die een wat ons as die teks geneem het vanmore. Dit is vers 16. Dit begin, daardie vers begin ook met die woordjie "liewer". Ons teks se: "Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby as 'n vetgemaakte os en haat daarby". Die vorige vers lees so: "Liewer min hê en die Here dien as groot rykdom en bekommernis daaroor". Dit lyk vir my dat die "min hê" van vers 16 met die "bietjie groente" van vers 17 korres-pondeer en dat die "groot rykdom" van die vorige vers met die "vetgemaakte os" van ons vers weer korrespondeer. Die "dien van die Here" van vers 16 moet saam gelees word met die "liefde" van vers 17. En die "bekommernis" van vers 16 moet saamgelees word met die "haat" van vers 17. So, as ons hierdie twee verse saam-gooi, dan kry 'n mens 'n beskrywing van twee uiteenlopende lewenswyses. Een is 'n gemaklike lewe met baie kos, maar dit het noodgedwonge ook baie haat en bekommemis. Die ander, 'n lewenswyse wat eerder swaarkry verteenwoordig — daar is min op die tafel, net 'n bietjie groente, maar daar is oorvloed liefde en daar word die Here gedien. U sien, daarom sê ek: liefde en die herwinning van liefde is nie moontlik sonder bekering nie. Liefde word alleen 'n werklikheid indien daar 'n gewilligheid is om die Here te dien. Nie maar net met woorde nie, maar met my hele lewe. :

Na bladsy 15 14


Vervolg van bl 14: Daar moet 'n ommekeer plaasvind. In plaas van 'n selfgerigtheid en 'n verstikkende ambisie, moet daar 'n gerigtheid op die Here wees. En waar dit teenwoordig is, is daar altyd ook liefde. Vervolg op b l 15Hierdie veranderinge wat die Bybel bekering noem kan nie net uit mooi woordjies en voornemens bestaan nie, dit moet konkrete gestalte kry in 'n ander manier van lewe in my gesin in ons huwelik. Iemand het onlangs na my toe gekom en gesê ons was al by verskeie huweliks-raadgewers en dit het nie gewerk nie. Ons gee jou 'n laaste kans. Miskien was jy ook al op baie plekke. Miskien is jy ook al moeg geprobeer. Ek vra maar: het jy al bekering probeer? Maar dit kan jy nie koop nie. Jy kan nie 'n terapeut betaal en dink dat dit vanself gaan kom nie. Dit kan net gebeur as jy self gewillig is om deur diepe selfondersoek en worsteling grondig te verander en die Here toe te laat om jou denke en gesindheid te verander. As jy die Here sal toelaat om jou hele lewensstyl te verander, dan is daar hoop (Romeine 12:1-2). Dan kan daar herstel plaasvind. As jy jou bekeer sal jy kan lewe en kan lief hê. Amen

Hoekom het die lidmate in Port Shepstone dit die Vry-preek genoem?. Ek weet nie…!? Meskien het Sproete na die preek die liefde gekry wat God bedoel het in ‘n huwelik hoort. Wees daarom maar net lief vir Sproete. Groete, Adré. 15


Dit was die einde van „n baie besige kwartaal met nuwe uitdagings, verrassings en veranderings. Ons het „n hele paar nuwe idees ingebring en „n nuwe wyse van bediening en glo en vertrou dat dit baie goed werk. Dit is baie lekker dat Ds Henk Theart gereeld vir ons kuier en help. Ons geniet dit baie en sien daarna uit dat Dr Henk Gouws ook so af en toe sal kom inloer. Ons het die kwartaal afgesluit waar die kinders saadjies gaan plant het in die groente tuin en geleer het van hoe ons dit moet versorg en ook hoe ons saadjies moet plant van Jesus in ander mense en dit versorg. Na al die opwinding het ons bietjie speletjies gespeel en die dag is afgesluit deur roomys. Ons hoop almal het „n baie lekker vakansie en dat almal vars sal terugkom en „n klomp nuwe maatjies by ons sal kom aansluit.

16


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.