12-Mei-20133

Page 1

Diensnuus NG Quellerina

- ons leef bybelse liefde -

12 Mei 2013

Welkom by vandag se ontmoeting met die Here! Vandag se program 09:00 - 09:30 09:00 - 10:00 09:00 - 10:00 15:00 - 16:00 17:30 - 18:30 17:30 - 19:30 Deurkollekte:

Erediens met Volwasse Belydenis van Geloof JIK (3jr - Gr3) in die kategese klasse KFC (Gr4 - 6) in die Jeuglokaal Multikulturele Afrikataal Erediens in die Grot Selgroep in die Grot JAM (kinders vanaf Gr7 - studente - 20jariges) Geopende Deure

Bederf vir Ma en koop Jaffels na die erediens by die kinders van Gr4-6 (KFC)

happy@home

Pinkster 2013 begeesterd... Begeesterd as Pa/Oupa, Ma/Ouma, en Enkeling Pinkster se 3 byeenkomste nooi elke aand 'n spesifieke groep sodat besige mense weet watter aand spesifiek vir jou gaan verryk. Ons reĂŤl dit so omdat baie mense sukkel om drie aande in dieselfde week kerk toe te kom. Maar enige een kan enige aand kom inval! Merk dus wat jou pas: Maaandag 13 Mei 19:00 Enkelinge, Dindag 14 Mei 19:00 Ma's/Oumas, Woensdag 15 Mei 19:00 Pa's/Oupas.

Ander belangrike datums vir die komende week Waterval Village bidure is oop vir alle afgetredenes Dinsdag & Woensdag 10:15 Kerkgroeivergadering Woensdag 15 Mei 19:45 (na die Pinksterdiens)


'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla dat dit vir hom geen meer sin maak om kerk toe te gaan nie. Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kan nie een onthou nie. So, ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek".

Barnyard - We are the Champions 31 Mei 2013 ten bate van Jeugfonds

Alle persone wat tafels geneem het, kaartjies bespreek het, moet asseblief die gelde begin inbetaal.

Mannekamp 21 - 23 Junie 2013

- n Kamp vir mans wat sterker wil word GELOOFSTERK Kontak Henk Theart (083 449 5510

Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie, sou ek vandag geestelik dood gewees het." Wanneer jy af is, is God besig met iets! Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike!

Quellerina Fees

31 Augustus 2013

Ons Gemeente het hierdie groot kuier nodig, maar dis nog lekkerder as jy kan saamwerk! › Bring asb nou reeds eiers, margarien, koekmeel en suiker kerk toe! Om by ons teiken van R100 000 uit te kom, wil ons nou reeds al koekies bak en verkoop! › Vir die Wit Olifanttafel, kan almal ook reeds kaste begin regpak en al wat nie gebruik word en stof opgaar na die kerk bring. › Alle tweedehandse boeke is ook BAIE WELKOM! Ons volgende Basaarvergadering is 20 Mei 2013 om 19:00


Baie welkom aan al ons besoekers en/of nuwe intrekkers! Vul asb 'n vorm (op toonbank by ingangsportale) in en gooi dit in die bussies by die deure (of skakel die kantoor 011 477 7198). Ons leraars wil graag kom kuier en beter leer ken. Skakel gerus 'n leraar as jy persoonlik met hulle wil gesels, siek is of hospitaal toe gaan. Dr Henk Gous 0832670108, Ds Henk Theart 083 449 5510

? Dalk kan

Opsies om jou Dankofferbydrae te kan maak Koeverte Koeverte in die voorportaal beskikbaar. Gee dit aan jou kerkraadslid of plaas op Sondae in die kollektebord. Debietorder Vorms is in die voorportaal beskikbaar Internetoorbetalings ABSA Florida Takkode: 630341 Rekeningnommer: 01003961211 (tjek) U kan ook u bydrae toewys aan enige saak van u keuse.

jy help!

Hier is 'n paar kanse: ? Vir die koue winter wat voorlĂŞ, vra ons skenkings van komberse wat dan via ons Claremont-projek uitgedeel sal word (selfs ou komberse of duvets, of lakens en ? kussings). Bring Sondae kerk toe of kerkkantoor toe in die week. ? GELETTERDHEIDSKLASSE vir huishulpe in kinderkerklokale: Vlak 1 Lees+skryf Di.+ Do. 18:00, Vlak 3 Ma., Do.+Vry, 18:00. ? OPNAMES van eredienste op CD is beskikbaar @R20. Bestel direk by Magda 0826080407 of by Kerkkantoor. ? NAALDWERKKLASSE vir huishulpe elke Do.16:00 by die kerk KONTAKNOMMERS VAN DIE VERSORGINGSPAN Skakel asb been van die volgende nommers of epos u versoek as u die dienste van die Versorgingspan benodig: Dr Henk Gous

011 672 1115/083 267 0108 henkgous@mweb.co.za Gemeentebestuurder 011 672 7198/082 338 2896 Bestuurder@quellerina.co.za Sjaas Reyneke 011 672 5880/084 057 5549 Sjaas.reyneke@gmail.com Janna Erasmus 083 352 0839 Janna.erasmus@gmail.com Sally de Villiers 011 726 6282/079 874 7155 Ons sal onmiddelik na ontvangs van u oproep/epos met u kontak maak en die nodige reĂŤlings tref om aan u versoek uitvoering te gee.


Kom ons bid vir... ? Mobie_G help meer as 40 kinders wat tans in veiligheidshuise deur die SAPD versorg word. Hierdie ontwortelde kinders benodig gebed, asook die SAPD wat die verwante, moeilike dwelm -en pornografie vervolgings moet hanteer. ? Bid asb vir beterskap na siekte of operasie: Tinus Potgieter (082 440 7570), Helena Nortje se ma, Christo van Coller (011 477 0645), Dalene Duvenhage (083 280 8653), Merlyn vd Merwe (082 443 8428), Liesbet Diedericks (082 852 9740), Joey Massyn (082 800 5627), Herbert Doeleman (011 673 8204). Waterval Village gebedslys: Judy Pieterse, Beatrice Botha

Gebedsbediening

'n Pinkster gebed

gebed is ons kragbron

Leer my Heer, U wil en weë; Saambid is inspirerend. Kom skakel in by Lei my op die regte pad; Wees ’n Lig in donker tye; hierdie gebedsgeleenthede! Bring my in die Hemelstad, ? Mannegebed Vrydae 6:00 by die kerk Waar geen doodsvallei meer is nie --? Gebed-vir-almal Saterdae 8:00 by die kerk Maar net lig van U sal straal: ? Sondae oggende word daar voor die In die Goudstad wat van bowe erediens in die konsistorie saamgebid en Op die aarde neer sal daal. almal is welkom om hier in te skakel. Leer my Heer, U Woord en wysheid, Vakansieplanne! en gehoorsaam so te wees, Dat die soete liefde leiding Dr Henk en Ansie Gous is met Van Uself O Heil’ge Gees, langverlof vanaf 18 Mei - 12 Junie Deur my spreek met taal en uitleg, en gaan in hierdie tyd 300km van onderskeiding en geloof, die Camino Pelgrimsroete in En genades van genesing, Spanje stap.Die doel hiervan is om Jesus naam met krag te loof. jou eie lewensreis te deurdink terwyl jy stap. Skenk my al die liefdegawes,

Koop vars spinasie uit ons eie groentetuin @ R10/bossie

van U Heil’ge Gees, O Heer; Sodat ek ook eens vir ewig saam met Jesus sal regeer In die wonderskone Goudstad, Waar die Here plek berei; In die huis met baie wonings; Vir Sy kinders en ook my. (Joffie Janse van Rensburg - 10 Aug 1952)

“LIKE” ons facebook page!

happy@home

http://www.facebook.com/NgKerkQuellerina


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.