Die Piketberger Nov 2022

Page 8

8

Op die Rakke van die Biblioteek... As ‘n mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout

As 'n mens geluk kon proe is 'n jeugverhaal wat oud en jonk neem na die vreugdes en geite van die tienerjare. Daar is uiteenlopende karakters wat bymekaar aanklank vind en tipiese probleme wat opduik waarvoor hulle nie terug staan nie. Selfs die gebruik van suiwer taal word op ‘n humorryke manier aangespreek. Bespreking deur Arnelia is ‘n plomp tiener wat Susan de Vries. baie verhuis as gevolg van haar ma se werk as vertaler. Sy het ‘n hengse swak selfbeeld en wil in die nuwe omgewing ‘n nuwe lewensverhaal kom skryf, maar in die eerste week maak sy haar naam krater deur te val met ‘n volgelaaide bord kos. Dis dan ook juis dié gebeurtenis wat die storie laat ontvou. Dewald, ‘n baie aantreklike ou, is dol oor die feit dat sy nie bang is om te eet nie en hy is ‘n kranige kok en Masterchef aanhanger. Haar nuwe vriendinne, Dineo en Ilana, staan by haar as die ander dogters haar verkleineer. Shaun word ook deel van die Snoeperheroes en hy het sy eie geheim wat hy later net met Arrie deel. Sy is vir die eerste keer selfversekerd deel van ‘n groep maats. Die skoolsnoepie en konsert is die twee gebeurtenisse waartydens werklike vriendskappe groei ten spyte van konflikte en Arnelia die brein is agter alles. Wanneer sy terugdink aan die afgelope paar mal maande besef sy dat sy haar lewensverhaal herskryf het. Haar maats het haar aanvaar nes sy is. Die ure se beplanning en werk aan Snoeperheroes, die Haarsproei repetisies, haar klein oorwinninkies in die Engelse klas, haar ma se deurmekaar-maar-altyd-daar-liefde en ondersteuning het alles bygedra tot haar gelukkigheid. Maar veral elke liewe skewe glimlag van Dewald Fourie. Die kersie op die koek is dat die resepte waarom baie van die storie draai ingesluit is sodat jy as leser die lekkerte saam kan geniet. Dis beslis een boek wat ek sterk aanbeveel vir ‘n lekker-lees ondervinding. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

ACVV met Johan Laten ACVV Piketberg het 'n interessante oggend aangebied met 'n verfrissende besoek deur Johan Laten, 'n depressievegter. Dankie aan die personeel en inwoners van Huis AJ Liebenberg vir hulle gasvryheid, die ACVV bestuur vir verversings, Laurette Burger en Trippe Trappe vir die vermaak en Ilsé Vincent van Blomstories vir die blomme. Karin Greeff ontvang 'n bidbeertjie van Johan Laten. Foto's: Marietha Goosen

VD Groep

Die Vrouediensgroep neem afskeid van Marlien Smit, middel voor.

NGKerk Spokietee


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.