Die Piketberger Nov 2022

Page 20

20

SSS Dux en IGO Elton Steenkamp ontvang die Heinricg Mentoor trofee vir die leerder wat die beste vordering in IGO oor drie jaar toon. Die trofee is ter nagedagtenis aan Heinricg Mentoor. Saam met Elton verskyn Mentoor se ma, Getreida Mentoor.

SSS Sportman en Sportvrou Christophai Booise en Robyn Alexander, sportafrigters by SSS, saam met DuWayne Damon, Sportman van die jaar en Sportvrou van die jaar, Lorentia Hendricks.

SSS Rugby Matthew Marcus van SSS is opgeneem in die Boland O/15-span. Gedurende die vakansie neem Marcus deel aan die Iqhawe Week in Johannesburg en word gekroon as die Iqhawe Week Kampioen. Boland 35 - 0 Blue Bulls, Boland 61 - 0 Sharks. Finaal: Boland 37 - 22 WP.

Anechia Somers Is Steynville Sekondêre Skool se DUX-student van 2022. Sy is 'n boorling van Piketberg.

SSS Matriekafskeid SSS se Matrikulante geniet 'n Havana afskeid.

Groenvlei Primêr debutantebal Groenvlei Primêr het Saterdag 15 Oktober 2022 hulle tweejaarlikse debutantebal gehou. Dit was 'n spoggerige affêre. Dankie vir elkeen wat deelgeneem het en ons skool se naam hoog gehou het. 1ste plek Faith-Lynn Wiliams, 2de plek Kyrah Goliath en 3de plek Willney Tieties.

Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 1 Desember 2022. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 November 2022.

SSS Gholfdag Die gholfkomitee wil graag die volgende instansies en persone bedank wat ‘n bydrae gelewer het tot die groot sukses van die gholfdag op 1 Oktober 2022. Boland Superspar (hoofborg), Hudson Transport, Otto Transport, De Jagers, Dup Meubels, PPC De Hoek, Oranje Slaghuis, Total, Shoprite, Piketberg Apteek, Build it, 2Acres, Piketberg Fisheries, Piket Implemente, Piketko, Trusc, Rangers, ALG Boerdery, Laeveld Agrichem, Steynville Alumni, David Adams, Steynville Personeel, Dr. Herold Truter, Drs. Smit en Morrison, Ray van Rooy, Michael Klaasen, Ronald Davids, Boeta Owies, Christo Somers, Radcliff Julies, Shimen Swanepoel, Joseph Lesch.

Foto’s: Photo Nation Fotograwe: Juze Cloete en Shahieda Solomons


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.