Swartland Gazette E-edition - 1 July 2025

Page 1


Swartland Gazette GRATIS

Rou ná fratsdood

Die gemeenskap van Malmesbury is in rou gedompel ná die dood van ’n groot gees, ’n geliefde seun, broer, vriend en rots in liefdadigheidskringe, Andries Burger (28). Hy is op 21 Junie ná ’n fratsongeluk in die Swartland-hospitaal oorlede.

Sy ouers, Nel en Suretha Burger, beskryf hom as ’n ware vriend vir sy vriende en was altyd daar om te help. “As ouers weet ons nie waar om te begin nie.

“Ons was verskriklik lief vir hom. Ons sien nie nou die pad vorentoe nie, maar hy sou ’n antwoord gehad het – soos altyd,” skryf sy ma.

Sy borrelde geaardheid, sy terggees en die passie wat hy vir die lewe gehad het, sal hulle altyd bybly. “Hy het altyd ietsie gekoop of gemaak om ander mense bly te maak. Hy het graag uitgedeel.”

Volgens sy ouers het hulle alles saam gedoen – van aandetes saam beplan, saam gelag, saam gehuil en soms lekker gestry.

“Hy het ’n sterk wil gehad en reg was reg. En hy was min verkeerd; ons het hom altyd gespot.” Suretha voeg by om dinge as familie saam te doen, was vir hom belangrik. Sy laaste woorde vir sy pa was ‘love you to bits’. “Ons wil net sê ons is oneindig

Hy was die ‘kingpin’ waarom als gedraai het

lief vir hom en sal altyd wees. Ons mis hom elke oomblik van die dag en nag.”

Sy jonger broer Niel sê hy het baie goeie herinneringe van Andries wat hy altyd sal onthou. “Hy was ’n baie uitspattige, maar nice mens en het ’n goeie persoonlikheid gehad. Hy het gesê wat gesê moet word, en dit is hoekom almal so baie van hom gehou het,” dink hy terug.

Henly Botha, die voormalige streeksbestuurder van die kankervereniging (Kansa) aan die Weskus en wat destyds saam met Andries in die Malmesbury-kantoor gewerk het, beskryf hom as ’n groot gees en ’n karaktervolle mens wat ’n groot toekoms gehad het. “Hy het ’n ongelooflike aanvoeling vir mense gehad. Hy was die gees in die kantoor; die kingpin waarom als gedraai het.”

Volgens haar was geen uitdaging of taak te groot nie. “Hy was bedagsaam, passievol en wou altyd leer.” Sy dink terug oor die dag toe hulle mekaar in 2016 by die plaaslike Malmesbury-kantoor ontmoet het. “Almal het hom reeds geken toe hy die dag daar instap en hom kom voorstel.”

Andries het egter reeds gedurende sy skooldae by die Hoërskool Swartland as ’n vrywilliger by Kansa betrokke geraak. Botha het vinnig sy gawe om met mense te werk, verhoudinge op te bou en geld vir die vereniging in te samel, raakgesien en hom by groot projekte soos die Kansa Relay betrek. Sy het hom gedurende 2017 permanent as werwer aangestel. “Hy het so goed gedoen en was baie gelukkig. Ons het baie goed saamgewerk.

Hy het graag gedurende ’n lang dag vir my ’n koppie tee gemaak. Dit breek my hart om te dink dat ons hom verloor het,” voeg sy by. Andries het Kansa in 2022 verlaat, maar het volgens Botha met hulle in kontak gebly.

Cornel Coetzee beskryf Andries as meer as net ’n vriend. “Jy was familie. Met ’n seer hart sê ek totsiens. Elke herinnering, elke lag sal ek vir altyd koester. Rus sag, my dierbare vriend, jy sal altyd gemis, maar nooit vergeet word nie.”

Leesookberigopbl.3

Wessel Wessels, nog ’n goeie vriend van Andries, som hom kort en kragtig op as ’n “baie mooi mens met ’n pragtige persoonlikheid”. Volgens Wessels het Andries liefde uitgestraal.

Adele Janse van Rensburg meen hul vriendekring sal nooit weer dieselfde wees nie. “Hy het vinnig in ’n mens se hart gekruip. Hy het altyd stories gehad om te deel, maar het ook altyd tyd gehad vir ander. Ek sal sy aansteeklike lag onthou. Ons gaan hom baie mis.”

Andries het die afgelope paar jaar Bakers Buzz Malmesbury in Piet Retiefstraat saam met sy ma bestuur. “Hy was my linker- en regterhand,” voeg sy by.

Andries se gedenkdiens vind Donderdag 3 Julie om 11:00 by die Swartland NG Moeddergemeente plaas.

Andries Burger (28)

Brandreddingsdienste só verskerp

Die Swartland-munisipaliteit het pas ’n splinternuwe brandweerwa in ontvangs geneem.

Hierdie moderne voertuig ondersteun die munisipaliteit se vermoë om nood- en rampbestuur doeltreffend te bestuur en te verbeter, soos dit in die geïntegreerde ontwikkelingsplan ten doel gestel word, het die munisipaliteit in ’n verklaring kort ná die ontvangs van die nuwe brandweerwa gesê.

Die voertuig, wat teen ’n algehele koste van R3,7 miljoen aangeskaf is, het ’n beduidende bydrae van R926 000 van die Wes-Kaapse provinsiale regering ontvang.

Hierdie voertuig is spesifiek toegerus om strukturele brande te bestry en kan 3 000 liter water en 250 liter skuim dra. Dit is ook toegerus met verskeie nood- en reddingstoerusting wat dit ’n gepaste voertuig sal maak om by ernstige motorongelukke te help.

Die munisipaliteit het die afgelope tyd gefokus om die vermoë vir brandweeren nooddienste binne die munisipaliteit te verskerp. Dit het die brandweer se kapasiteit vergroot en ’n wesenlike verskil aan sy vermoë gemaak.

“Ons raak deur die uitbreiding van ons dienste minder afhanklik van ondersteuning deur buitepartye en dit maak meer geld beskikbaar om in ons eie brandweer terug te ploeg. Ons het ’n baie waardevolle vennoot in die Wes-Kaapse provinsiale regering wat ons deurlopend ondersteun en hulpbronne beskikbaar stel sodat ons interne kapasiteite vir nood en rampbestuur vergroot.”

Harold Cleophas, die uitvoerende burgemeester, het met die oorhandiging sy dank uitgespreek aan die provinsiale regering wat hande vat en saam met die

Van links staan Philip Humphreys (direkteur vir beskermingsdienste), Etienne Du Toit (Wes-Kaapse regering), die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas en Roysten Harris (brandweerhoof).

Swartland-munisipaliteit werk om dienste te verbeter en uit te brei. Cleophas het ook sy dank en waardering teenoor die brandbestryders vir hul onbaatsugtige toewyding tot hierdie gevaarlike en veeleisende beroep uitgespreek. Hy het gesê die munisipaliteit sal voortgaan om in die groei en uitbreiding van die brandweerdienste tot die voordeel en veiligheid van die hele Swartland te belê.

Swartland-direkteur wat jou oppas, tree af

Phillip Humphreys (65), die Swartland-munisipaliteit se direkteur van beskermingsdienste, groet na 25 jaar en ses maande.

Hy het die afgelope Vrydag ’n afskeidspartytjie saam met sy kollegas en personeel geniet. Hy koester vandag die goeie werksverhoudinge tussen homself, sy werksmense en die munisipale raad.

Sy pad by die munisipaliteit het amptelik op 1

Phillip Humphreys groet sy kantoor as direkteur van beskermingsdienste by die Swartland-munisipaliteit.

Desember 2001 met die samesmelting van die vorige munisipaliteite, naamlik Darling, Moorreesburg, Malmesbury en Yzerfontein, begin. Hy was toe aanvanklik as die bestuurder van beskermingsdienste aangestel. Min weet egter dat Humphreys voor sy dae as munisipale amptenaar onderwys studeer het. Humphreys, wat steeds in sy geboortedorp, Darling, woon, kyk vandag terug op ’n geseënde loopbaan vol hoogtepunte, maar skroom nie om die struikelblokke wat daarmee gepaard gegaan het, te noem nie.

Dié voormalige Schoonie staan sedert

Oktober 2004 as direkteur vir beskermingsdienste bekend nadat die posbenaming verander het. Humphreys beskryf die vestiging van die munisipale polisie as die grootste oomblik loopbaangewys, gevolg deur die afskaffing daarvan in 2013 weens finansiële bekostigbaarheid van die diens. Dít beskryf hy as een van sy hartseerste oomblikke.

Humphreys brei uit en sê beskermingsdienste is daagliks in die openbare oog. “Die verwagtinge is dat ons alles vir almal moet wees. Daaglikse uitdagings gaan oor dit wat in die openbare oog is, soos loslopende diere, taxi’s, drankmisbruik, dwelms ensovoorts,” sê hy en voeg by hy kan nog aangaan.

Sy raad aan ambisieuse jong mense, wat vandag ook ’n suksesvolle loopbaan wil nastreef, is om hul drome te jaag. “As jy ’n droom het, volg dit op.

“Ons Hemelse Vader gee ons die krag en gesondheid om jou drome uit te leef.”

Sy leuse waarby hy tot vandag toe hou: “Doen vandag se werk vandag, want môre het sy eie uitdagings.”

Humphreys glo sukses kan nie sonder gebed en vertroue bereik word nie. “Ek het soggens ná my oggendgebed met vertroue werk toe gekom en dit tot my aftrede geniet,” voeg hy dankbaar by. Hy is ook dankbaar teenoor God vir ’n gesonde liggaam met die begin van ’n nuwe fase in sy lewe. Die raad wat hy vir sy opvolger het, is eenvoudig. “Jy is aangestel om ’n sekere job te doen – doen dit tot die beste van jou vermoeë.” Humphreys, ’n pa van drie en oupa van agt, sien uit na sy aftrede, maar sê hy tree nie uit nie. Hy beoog om by die Boland-rugby-unie betrokke te bly en gaan hom ook dalk in die sakewêreld begewe. “Ek gaan dinge doen wat lekker is en dinge waarvoor ek nooit tyd gekry het nie,” sê hy met ’n glimlag.

Die uitvoerende burgemeester van die Swartland-munisipaliteit, Harold Cleophas, sê Humpreys het die departement gebou tot waar dit vandag is en is bly vir sy aandeel en bydrae tot nou.

“Hy het puik werk gelewer.” Die Speaker van die Swartland-munisipaliteit, Michael Rangasamy, het Humphreys as ’n toegewyde siel oor die jare beskryf. “Hy het die Swartland werklik goed gedien.”

Lauks-moordverdagtes gou in hof

Ronél van Jaarsveld

Steven Witbooi (29), een van vier verdagtes in die moord op die 73-jarige Karl Lauks van Tulbagh, het verlede Maandag (23 Junie) weer vlugtig in die landdroshof in Tulbagh verskyn.

Witbooi was Maandag 9 Junie die eerste keer in dié hof nadat hy kort ná Lauks se moord op 2 Junie in hegtenis geneem is. Sy saak is intussen by dié van

nog drie verdagtes – Abriano Morris (19), Junaid Samson (24) en Ricardo Witness (29) –gevoeg nadat hulle ook onlangs in verband met die moord op Lauks aangekeer is.

Vroeër is berig dat Lauks se buurvrou op sy liggaam afgekom het waar hy in sy motor langs sy huis gesit het. Dit het gelyk asof hy verwurg is.

Vriende van Lauks het gesê hy is maande lank deur ’n groep mans geteister, wat ge-

reeld by sy huis ingebreek het – selfs toe hy tuis was.

Dié inbrekers het glo op ouer mense wat alleen woon, toegeslaan. Lauks is ’n Britse burger wat nie familie in SuidAfrika het nie. Hy woon reeds jare lank in Tulbagh, waar hy ’n geliefde lid van die gemeenskap was.

Die verdagtes verskyn op Donderdag 14 Augustus weer in die landdroshof in Tulbagh. Karl Lauks

Die nuwe brandweerwa.

Blink toekoms wag op Bronwyn

Bronwyn Damon (19), ’n matriekleerder aan Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury, het onlangs ’n studiebeurs losgeslaan nadat hy beoordelaars by vanjaar se Prosenium-dramakompetisie beïndruk het.

Die dramakompetisie, wat onlangs by die Kunstekaap-teater plaasgevind en jaarliks deur Tribuo aangebied word, gee hoërskoolleerders die kans om individueel op die verhoog, televisie en radio op te tree.

Heloïse Lotz van Northlink Kollege het dié studiebeurs om volgende jaar drama by hulle te kom studeer, gedurende die kompetisie se prysuitdeling aan Damon oorhandig.

Damon het drie jaar gelede drama as vak begin neem en nooit weer teruggekyk nie. Sy drama-onderwyseres, Ymke van der Heijden, sê sy het Damon verlede jaar die eerste keer vir die dramakompetisie ingeskryf. Hy het toe tot die tweede ronde deurgedring en sy het besluit om hom weer in te skryf omdat hy verlede jaar so goed gevaar het. Vanjaar het Damon gewys wat in hom steek en tot die eindronde deurgedring, wat hom van ’n studiebeurs beloon het. “Dit was ’n taai kompetisie. Vanjaar het byna ’n duisend leerders vir die dramakompetisie ingeskryf en deelgeneem. Damon was een van 60 wat ná die eerste uitdunronde

deurgedring het om verder te gaan.”

Damon het uiteindelik onder die beste 15 beland.

Van der Heijden beskryf hom as ’n passievolle leerder met talle gawes. “Hy sing ongelooflik mooi, kan dans en het ’n groot liefde vir die teater,” voeg sy by en vertel dat hy baie betrokke is by die gemeenskap en die bemagtiging van ander. Volgens haar is Damon getrou aan sy skoolwerk – ’n eienskap wat vanjaar veral ’n rol gaan speel wanneer hy besig gaan wees om vir ’n Woordfees-produksie tussen sy studies te repeteer.

Damon dien op die leerling-

raad en is die tipiese voorbladseun wanneer dit kom by doelwitte wat hy wil bereik. Buiten die beurs om ná skool in ’n tersiêre rigting te kan gaan studeer, is Damon eersdaags vir twee weke op pad Stellenbosch toe, gevolg deur drie maande se repetisies vir ’n verhoogproduksie tydens vanjaar se Woordfees.

Damon meen die ervaring was ’n “eye opener”.

“Ek het baie goeie optredes gesien en was geïnspireer deur die raad wat ek van regisseurs en ander akteurs ontvang het.”

Hy was baie verbaas om sy naam te hoor, maar was ook

Suksesvolle program in Jeugmaand nog lank onthou

St.Michaels Primêr in Abbotsdale het die afgelope maand ’n suksesvolle jeugprogram in Jeugmaand aangebied.

Die skool is veral dankbaar teenoor die assistente en borge se entoesiasme en bereidwilligheid om die jeugweek tussen 17 en 20 Junie met ywer aan te pak. Die program het aktiwiteite soos toutrek, sakresies, warm etes en ’n potgooi onder leerders in die intermediêre fase ingesluit met die tema “Motiveer leerders om hul skoolloopbaan te voltooi”.

“Die weersomstandighede het ons nie teruggehou om met die program voort te gaan nie, want ons het die Here vertrou vir wanneer ons buite sou wees dat die weer ook mooi sou uitdraai, en dit het so gebeur,” het die assistant Alexander Diedericks gesê. “Leerders het die geleentheid gekry om te leer om saam te

werk en aan te hou werk aan wat hulle graag wil bereik.

“Dit was ’n fantastiese ervaring om terug te kon ploeg in die skool waar baie van ons assistente vandaan kom,” het hy trots bygevoeg.

Die skoolhoof, Rhona Peters, het die assistente vir ’n suksesvolle jeugweek bedank. “Baie dankie dat julle klein hartjies bly kom maak en elke gesiggie laat straal het.” Die onderwysassistente het op hul beurt hul dankbaarheid teenoor die skoolhoof en personeel uitgespreek, wat hulle vertrou het om die jeugweek vir die leerders se pret en plesier te reël. “Ons dank die hemelse Vader vir die kwartaal waardeur Hy ons gedra het. Daar was goeie dae en slegte dae vir beide onderwysers en leerders, maar deur alles was die Here vir ons goed.”

baie verlig dat hy nou studiegeld vir sy ouers kan spaar.

Damon was van plan om onderwys te gaan studeer omdat dit nie noodwendig maklik is om ’n deurbraak in die kunste te maak nie, hoewel drama sy eerste keuse sou wees.

Sy liefde vir drama het maar eers die laaste twee jaar behoorlik posgevat. Die saadjie is inderwaarheid reeds by die Laerskool Darling geplant toe hy drama as ’n naskool-aktiwiteit geneem het danksy sy vriende wat hom aangemoedig het.

Hy het nie veel daarvan gedink nie, maar in sy graad-9-jaar by Vooruitsig Primêr was hy ná sy laerskooldae by Laerskool Darling oortuig om by die dramaklub as ’n naskool-aktiwiteit aan te sluit omdat naskool-aktiwiteite verligtend was.

“Ons het net pret gehad en nie veel daarvan gedink nie.”

Dit was Mnr. Jansen van

Voortuitsig Primêr wat drama in Damon aangewakker het toe hy vir hom ’n monoloog gegee het om by die skool se kultuuraand op te tree.

Hy wou aanvanklik musiek neem toe hy by Schoonspruit aansluit, maar het nie die nodige ervaring gehad om daarmee voort te gaan. Drama was sy tweede keuse. “Daar het ek myself afgevra waar drama my hele lewe lank was,” skerts hy. Volgens hom laat drama jou toe om in ander mense se skoene te staan en ander se omstandighede te beleef sodat jy beter kan verstaan waardeur hulle gaan.

Damon beskryf die Woordfees-produksie as ongelooflik en was uit sy nate toe hy vir die rol gekies is. Hy hoop om eendag in talle produksies te wees, stemoorklankwerk te doen, op televisie te verskyn en selfs sy stem oor die radio te laat dreun. Hy is ewig dankbaar aan Van der Heijden wat uit haar pad gegaan het om hom aan hierdie platform bloot te stel, wat uiteindelik ’n studiebeurs beteken het. Hy bedank ook sy ouers wat bankvas agter hom staan, omdat drama nie ’n goedkoop aktiwiteit is nie. “As dit nie vir hulle was nie, sou ek nie hier gewees het nie.”

En laastens spreek Damon sy dankbaarheid teenoor die Hemelse Vader uit wat die geleentheid oor sy pad gebring het.

Bronwyn Damon van Malmesbury vier die groot oomblik saam met medewenners en beoordelaars, onder wie die bekroonde Sandra Prinsloo.
Heloïse Lotz van Northlink Kollege staan by Bronwyn Damon wat ’n beurs losgeslaan het om volgende jaar drama by hulle te gaan studeer.
St. Michaels se

S’land Toerisme skitter by !Kwa ttu

Swartland Toerisme, in samewerking met Wesgro en die Weskus-distriksmunisipaliteit, het vanjaar hul heel eerste Swartland Tourism Showcase met groot sukses op 27 Junie by die !Kwa ttu San-erfenissentrum buite Yzerfontein aangebied.

Hierdie unieke platform het plaaslike lede van die streek se toerismebedryf en die Swartland se voorste en mees dinamiese diensteverskaffers binne die toerisme- en gasvryheidsbedryf die geleentheid gegee om hul produkte en dienste aan die mees toonaangewende toeroperateurs bekend te stel.

Volgens Ann Heyns, die bestuurder van Swartland Toerisme, poog die uitstallingsgeleentheid om samewerking te bevorder, nuwe handelsverhoudings te skep, daarop te bou en die streek se potensiaal as ’n bestemming van kulturele diepte, natuurskoon en onvergeetlike ervarings aan die lig te bring. Uitstallers van Yzerfontein, Darling, Malmesbury, Moorreesburg en die Riebeekvallei het gedurende die dag hul pakkette, dienste, produkte en ’n omvattende ervaring met ’n besoek aan hulle, aan ’n uitgesoekte gehoor professionele individue in die bedryf bekendgestel.

“Dit is meer as ’n netwerkgeleentheid. Dit is ’n mark vir betekenisvolle vennootskappe,” voeg Heyns by. “Ons sê vir die toerismebedryf: ‘Hier is die beste van die Swartland. Wat kan ons saam bou?’ ” Sy hoop dat die geleentheid in die toekoms sal groei. Altesaam 20 plaaslike toerismeondernemings, wat hul produkte en dienste ten toon kom stel het, het ook een-toteen-gesprekke van sowat tien minute elk met die 40 toeroperateurs geniet. Middagete het ’n proegeleentheid van die beste produkte uit die Swartland aangebied en die uitstallers en toeroperateurs het ’n toer van !Kwa ttu self meegemaak.

Volgens die uitvoerende burgemeester van die Swartland, Harold Cleophas, beteken die inisiatief baie vir die streek. “Dit beteken baie – veral ten opsigte van al ons entrepreneurs in ons streek, sakeondernermings, die wynbedryf en die toerismebedryf in sy geheel.” Volgens hom maak ’n geleentheid so dié deure oop vir die streek.

“Ek is baie bly dat so baie uitstallers aan vandag se geleentheid deelgeneem het om hul produkte te kom bemark. Ons sien uit na die toekomstige infestering in daardie projekte wat vandag hier ten toon gestel is,” voeg hy by.

“Dit is ’n briljante idee vir ons om raakgesien te word, ook omdat daar soveel plekke is waarvan mense nie weet nie. Ek voel meer geleenthede soos hierdie moet aangebied word vir ons om uit te kom en die nodige blootstelling te kry,” sê Cornelia Branden, die bemarkingsverteenwoordiger van Meerhof.

Robert Brendel, die eienaar van die Royal-hotel, het op sy beurt gesê hy sien uit na wat die uitkoms van die geleentheid gaan wees. Volgens hom was van die toeroperateurs van hul bestaan bewus, terwyl ander nog nooit van hulle gehoor het nie.

Die uitvoerende burgemeester van die Swartland staan by die plaaslike personeel van Swartland Toerisme, Ann Heyns, Christel Marais, Kiara Dewrance, Adri Jacobs, Loïs Roos, Jacky Hartzenberg en die Speaker van die Swartland se munisipale raad, Rd. Michael Rangasamy.
Direkteure van Swartland Toerisme Nicole Neethling (heel links) en Andro Engelbrecht (tweede van regs) het die geleentheid bygewoon. By hulle staan die Speaker Michael Rangasamy en die burgemeester Harold Cleophas saam met Ann Heyns, bestuurder van Swartland Toerisme (heel regs).
Swartland Toerisme het die unieke geleentheid in samewerking met Wesgro van stapel gestuur. Zizopho Kiva, Luyanda Mbele, Lizel Trimm, Etinosa Asemeta, Zintle Mtsi en Phuthuma Thole van Wesgro het die geleentheid bygewoon.
Jacqulene Melenephy, Vernorene Taylor, Heinrich Robertson en Sirmone Hendricks van die WeskusDistriksmunsipaliteit het toeroperateurs gewys watter toerisme-aantreklikhede in die Swartland en Weskus bestaan.
Ansie Nigrini van Het Vlock Casteel in Riebeek-Kasteel vertel toeroperateurs meer oor hul produkte.
Nileta Knoetzen van Growing Paper buite Malmesbury verbaas toeroperateurs behoorlik met hul unieke produk.
Francois du Toit en Robert Brendel, die eienaar van die Royal-hotel in Riebeek-Kasteel, was baie beïndruk met die Swartland Tourism Showcase.

Hondesiekte in, om Riebeek-Kasteel

’n Hoë persentasie gevalle van hondesiekte het onlangs weer sy kop onder inwoners se honde in Esterhof en Blikkiesdorp in die omgewing van Riebeek-Kasteel uitgesteek.

Die dierewelsynorganisasie in Riebeek-Kasteel, RAW (Riebeek Animal Welfare), het die afgelope twee weke inentingsveldtogte in samewerking met die Malmesbury-dierehospitaal vir inwoners met ’n lae inkomste van stapel gestuur om hul honde teen die siekte in te ent.

Die eerste geval van hondesiekte is op 16 Junie deur die RAW geïdentifiseer.

Volgens Judi Frewen is 48 positiewe gevalle van hondesiekte teen die afgelope Saterdag bevestig. “Geen behandeling vir hondesiekte bestaan ongelukkig nie en daarom moes die honde wat met die siekte besmet was, uitgesit word om hul lyding te beïndig,” voeg Frewen hartseer by. ’n Ongelooflike 234 honde

was teen Saterdagoggend danksy RAW teen die siekte ingeënt. Frewen voeg by dat RAW vir die res van die week honde teen die siekte gaan in-ent om die uitbreking daarvan stop te sit en die gemeenskap se troeteldiere te beskerm.

Volgens Dr. NJ Heyns, ’n plaaslike veearts by die Groenkloof-dierekliniek in Malmesbury en Riebeek-Kasteel, is dit belangrik om te onthou dat die siekte, wat ’n algemene siekte onder veral jong honde is, voorkombaar is deur honde daarteen in te ent. “Hondesiekte is ’n standaard siekte wat deel is van ons inentingsprotokol.

DEEL VAN EERSTE INENTINGS

“Babahonde word gewoonlik op die ouderdom van ses weke as deel van hul normale inentings teen die siekte ingeënt, opgevolg deur ’n tweede inenting vier weke later.”

Hy brei uit en verduidelik dat die siekte, wat hoogs aansteek-

lik is, die oorsaak van ’n hoë persentasie vrektes onder honde is. Die siekte tas onder meer die spysvertering- en asemhaling-stelsel aan en kan tot permanente senuweeskade lei. “Die simptome is gewoonlik ’n etterige uitloop by die neus, erge diareë en later verlamming, stuiptrekkings en spierrukkings wanneer die senuweestelsel aangetas word. Dit is daarom belangrik dat honde se inentings op datum moet wees.”

Janica Chapman, ’n dieregesondheidstegnikus van die Wes-Kaapse departement van veeartsenykunde in Malmesbury, is dit eens dat die siekte ’n algemene siekte is en kom veral in landelike en minder gegoede gebiede voor waar honde nie as ’n reël ingeënt word nie. “Wanneer honde die siekte kry, is dit gewoonlik sekondêre infeksies wat behandel word.”

Hondesiekte is volgens haar nie ’n staatsbeheerde siekte nie, maar talle diere-organisasies soos

in die omgewing van Esterhof in Riebeek-Kasteel staan in rye met hul troeteldiere om teen

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 97/2024/2025

VOORGESTELDE HERSONERING, OPHEFFING VAN

BEPERKINGS EN AFWYKING VAN

ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 1081, DARLING

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: A Muhammed & MR Shubho, Durbanstraat E69, Darling, 7345. Tel no. 0611848612

Verwysingsnommer: 15/3/3-3/Erf_1081 15/3/4-3/Erf_1081 15/3/5-3/Erf_1081

Eiendomsbeskrywing: Erf 1081, Darling

Fisiese Adres: Durbanstraat E69, Darling

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 1081, Darling , ingevo lge ar�kel 25(2)(a) van Swa rtland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 1081 hersoneer word vanaf Residensiële sone 1 na Sakesone 2 ten einde die perseel aan te wend vir ’n winkel en woonstel.

Die aansoek om opheffing van beperkende voorwaardes op erf 1081, Darling, ingevolge ar�kel 25(2)(f) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat voorwaarde B.6(a) van Transport Akte T70537/2024 opgehef word ten einde die beperking van die gebruik van die perseel te verwyder

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 1081, Darling, ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwykings behels die volgende:

• Afwyking van die 3m syboulyn (noordelike grens) na 1,5m;

• Afwyking van die 3m syboulyn (suidelike grens) na 1,5m.

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 1 3 : 4 5 - 1 5 : 4 5 b y D e p a r t e m e n t O n t w i k ke l i n g s b e s t u u r, ka n t o o r va n d i e S e n

Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M u n i s i p a l e B e s t u u r d e r, P r i v a a t s a k X 5 2 , M a l m e s b u

swartlandmun@swartland org za gestuur word voor of op 4 Augustus 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder

RAW het veldtogte om honde te laat in-ent.

“Dit is ongelukkig meer algemeen as wat ’n mens dink.”

VOORKOMBAAR DEUR INENTING

Louise van Zyl, ’n inspekteur by die Swartland- en WeskusDBV, herhaal dit is belangrik om te weet dat hondesiekte voorkombaar is deur inenting. “As ’n dierewelsynsorganisasie wat aktief in die gemeenskap werk, deel ons uiteraard die kommer oor sulke uitbrekings en ons neem dit ernstig op.”

Die DBV bied die basiese inentings (insluitend teen hondesiekte) by hul mobiele klinieke teen ’n verminderde tarief van R120 aan.

“Dit is die kosprys waarteen ons dit aankoop. Hondsdolheidsinentings, asook ontwurming en dip, is gratis by hierdie klinieke,”

moedig Van Zyl inwoners aan om hul vierpotige vriende te bring.

Die DBV doen ’n beroep op alle troeteldiereienaars om toe te sien dat hul diere se inentings altyd op datum is – veral wanneer daar sprake is van ’n uitbreking, soos nou.

“Hondesiekte is uiters aansteeklik en versprei maklik – selfs deur eenvoudige kontak met ’n besmette hond, gedeelde water- of kosbakke of bloot deur nabyheid.”

Frewen voeg dankbaar by dat die plaaslike gemeenskap hul veldtog met ope arms ontvang het. “Ons het ongelooflike ondersteuning van die Riebeekvallei-gemeenskap en ons toegewyde vennote by die Malmesbury-dierehospitaal ontvang. As dit nie vir hulle was nie, sou ons nie die krisis kon hanteer nie.”

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 101/2024/2025

VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 1877, MALMESBURY

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: NJ & E Warnich, Skoolstraat 39, Malmesbury, 7300. Tel no. 0823254519

Verwysingsnommer: 15/3/3-8/Erf_1877 15/3/4-8/Erf_1877

Eiendomsbeskrywing: Erf 1877, Malmesbury

Fisiese Adres: Skoolstraat 39, Malmesbury

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 1877, Malmesbury, ingevolge ar�kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 1877 (groot 1251m²) hersoneer word vanaf Residensiële sone 1 na Gemeenskapsone 2 ten einde die bestaande plek van onderrig te we�g.

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 1877, Malmesbury, ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwykings behels die volgende:

• Afwyking van die 10m straatboulyn (Skoolstraat) na 5,25m

• Afwyking van die 5m syboulyn(noordelike grens) na 3,51m

• Afwyking van die 10 op-perseel parkeerplekke na 7 parkeerplekke

Die aansoek om tydelike afwyking van erf 1877, Malmesbury, ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die tydelike gebruik maak voorsiening dat ’n gedeelte van die geboue vir woondoeleindes aangewend gaan word.

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 1 3 : 4 5 - 1 5 : 4 5 b y D e p a r t e m e n t O n t w i k ke l i n g s b e s t u u r, ka n t o o r va n d i e S e n

Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M

swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 4 August 2025 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY 7300

4 Julie 2025

NM10018471-ST010725

Van links staan die span van RAW met Gill Barrett, Judi Frewen, Nicano Mood en Clare Eksteen wat die inentingsveldtog teen hondesiekte in Esterhof en Blikkiesdorp van stapel gestuur het.
Inwoners
hondesiekte ingeënt te word.

Johan Bakkes verloor stryd teen kanker

Jana Scheepers

Die legendariese skrywer

Casparus Johannes Bakkes, oftewel C. Johan Bakkes van die Paarl, is verlede Dinsdag (24 Junie) ná ’n kankerstryd oorlede.

Bakkes het minstens 20 jaar in die Paarl gewoon en was welbekend onder dorpenaars.

Hoewel hy landwyd as skrywer vir sy roerende reis- en menseverhale bekend was, sal die geliefde Johan onthou word as ’n ware mense-mens wat lief was vir samesyn, die braaivleisvuur, stories vertel asook sy langpad-avonture.

Volgens Dana Snyman, ’n skrywer van Kaapsehoop in Mpumalanga en een van Bakkes se goeie vriende, het hy kort voordat Bakkes na ’n versorgingsoord in die Paarl oorgeplaas is, met hom gepraat.

Snyman het verduidelik Bakkes het al ’n geruime tyd met sy gesondheid gesukkel.

Dié twee skrywersvriende het mekaar sowat 10 jaar gelede by die Woordfees in Stellenbosch ontmoet, waarna hulle vele avonture saam geniet het.

“Hy [Bakkes] was groter as lewensgroot,” het Snyman nostalgies gesê.

Volgens hom het Bakkes van Pretoria na die Paarl verhuis toe hy ’n pos by die Universiteit van die Wes-Kaap as rekenkundedosent aanvaar het.

Bakkes het steeds deeltyds geskryf en was bekend vir sy reisverhale, met sy eerste boek

C. Johan Bakkes (68) Foto: C Johan Bakkes/Facebook

Moer toe die vreemde in, wat in 2001 deur Human & Rousseau uitgegee is.

Ander boeke wat hy die lig laat sien het, sluit in Norrevøk, Nou’s ons in ons donner in, Oepse Daisy, Samoe(r)sareis, en Erfgeld is swerfgeld.

Volgens Snyman het Bakkes sy boeke met die hand geskryf, waarna iemand dit vir hom getik het.

Bakkes was “wat jy nou ’n volle mens sou kon noem –ruimhartig, geestig en met ’n vlymskerp humorsin”, het Emile Joubert, ook ’n skrywersvriend van Bakkes, aan die Paarl Post vertel.

Hy het ’n liefde vir mense en vir die wêreld uitgestraal en had ’n rustelose hongerte om meer van die wêreld te sien en meer van die aarde se mense te ervaar.

“Ons het van tyd tot tyd heelwat saam gekuier en stront gepraat,” vertel Jaco Kirsten,

nóg ’n vriend van Bakkes asook ’n oud-joernalis en skrywer.

“Maar as ek sê ‘stront’, bedoel ek kwaliteit-stront – nie hierdie sinnelose soort wat so baie ander mense probeer praat nie. Oor witwyn in Riebeek-Kasteel; oor Captain Morgan in die Klapmuts-hotel; ’n bier in die Diaz Taverne...

“En so lief as wat Johan vir gesels was, so ’n goeie luisteraar was hy. Aan huis by ons wou hy elkeen se familie- stamboom uitpluis. Dan neem hy foto’s en maak aantekeninge.

“Johan was een van die mees komplekse mense wat ek ooit die voorreg gehad het om te leer ken – hiper-intelligent, avonturier, kuiergat, skrywer, geoktrooieerde rekenmeester, professor en algemene bon vivant,” vertel Kirsten.

Netwerk24 berig dat Bakkes in Stellenbosch gebore is, waarna sy ouers, Cas en Margaret Bakkes (ook ’n skrywer) na Saldanha verhuis en hy by die Laerskool Saldanha skoolgegaan het.

Bakkes is ook familie van die aktrise Lizz Meiring en die oorlede skrywer Hennie Aucamp.

Bakkes het in 1974 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer.

Ná skool het die jong Bakkes rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Johan Bakkes word oorleef deur sy vrou, Nanna, asook sy twee kinders en twee kleinkinders.

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 98/2024/2025

VOORGESTELDE OPHEFFING VAN BEPERKINGS EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 871, DARLING

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: H Dharsey, Ixiastraat 16, Darling, 7345. Tel no. 0834543523

Verwysingsnommer: 15/3/4-3/Erf_871 15/3/5-3/Erf_871

Eiendomsbeskrywing: Erf 871, Darling

Fisiese Adres: Ixiastraat 16, Darling

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om opheffing van beperkende voorwaardes op erf 871, Darling, ingevolge ar�kel 25(2)(f) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat voorwaarde B.6(b)(i) en B.6(b)(ii) van Transport Akte T37750/2014 opgehef word ten einde die beperking van boulyne te verwyder

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 871, Darling , ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwykings behels die afwyking van die 1,5m syboulyne (noordelike grens) na 0m.

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 1 3 : 4 5 - 1 5 : 4 5 b y D e p a r t e m e n t O n t w i k ke

Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M u n i s i p a l e B e s t u u r d e r, P r i v a

swartlandmun@swartland org za gestuur word voor of op 4 Augustus 2025 om 17:00 Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar. Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY

Boishaai-reus sterf

Chantélle Hartebeest

Die afsterwe van die geliefde Willem Erwee is ’n groot slag vir die leerders en personeel van die Hoër Jongenskool Paarl (HJS).

Erwee was tot sy dood aan die stuur van die bemarkingspan by dié skool. HJS het die hartseer nuus op sy Facebook-blad bekendgemaak nadat Erwee Vrydag (20 Junie) oorlede is.

“Deur sy stil leierskap en standvastige karakter het hy vir ons – sy familie, kollegas, studente en die breër gemeenskap – gewys wat dit werklik beteken om ’n betekenisvolle lewe te lei,” lui die skool se verklaring.

“Vandag betreur ons die verlies van ’n buitengewone opvoeder, mentor en vriend. Tog – selfs in ons hartseer – eer en vier ons ’n lewe wat ’n blywende indruk op ons almal gelaat het. Hoewel ons harte swaar is, bly ons innig dankbaar vir die tyd wat ons met mnr. Erwee gedeel het. Sy waardes, sy visie en sy vrygewige gees is in die weefsel van HJS ingeweef en sy nalatenskap sal ons bly inspireer.”

Medelye het onmiddellik ingestroom toe die nuus van sy dood bekend gemaak is.

“Wat ’n ongelooflike skok! Ek het ’n week terug nog met Willem gesels. [Hy was] ’n absolute Boishaai-gentleman,” lui ’n inskrywing.

“Dit is verskriklike slegte nuus. Willem was ’n ongelooflike positiewe en hardwerkende mens en ons het altyd lekker saamgewerk. [Hy was] ’n trotse Boishaaier. Baie sterkte aan die familie, die skool en die hele Paarl-gemeenskap,” skryf nog iemand.

Jacques Grobbelaar, ’n kollega en goeie vriend van Erwee, sê as hy Willem en sy gesin in drie woorde sou moes opsom, sou dit “liefde, vriendskap en ’n diep

gelowige gesin” wees. “Willem laat sy geliefde vrou, Santjie, agter. Hulle is op 2 Mei 1992 in die huwelik bevestig.” Hy word ook deur hul seun, Rossouw (matriekklas van 2019 aan die HJS), en skoondogter, Annalet, oorleef.

Grobbelaar vertel Erwee was een van vyf kinders – drie seuns en twee dogters. “Hy het in die Paarl in ’n pastorie grootgeword. Sy skoolloopbaan het by die Laerskool Drakenstein begin en hy het sy hoërskoolloopbaan aan die HJS in 1982 voltooi – net soos albei sy broers. Ná skool het hy vir twee jaar diensplig verrig voordat hy ’n BCom-graad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het. Hy het later ook sy BEd-graad daar verwerf. “Willem het vir baie jare by Sanlam gewerk voordat hy by Radio Tygerberg aangesluit het, en was ook ’n aanbieder vir KykNET se Die Groot Ontbyt-program. Hy het hom in 2018 by HJS as hoof van bemarking aangesluit, waar hy met groot passie en toewyding diens gelewer het.”

Volgens Grobbelaar het Erwee die afgelope jaar en ’n half met hartprobleme gesukkel. Kanker van die pankreas is sowat ’n maand gelede by hom gediagnoseer. “Hy is Vrydagoggend weens hartkomplikasies oorlede.”

• Erwee se lewe is die afgelope Donderdag (26 Junie) by HJS se skoolsaal gevier.

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 102/2024/2025

VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 3615, MOORREESBURG

Aansoeker: Planscape, Posbus 557, Moorreesburg, 7310. Tel no. 022-4334408

Eienaar: K & NS Jacobs, Renonkelstraat 23, Moorreesburg, 7310. Tel no. 0672513183

Verwysingsnommer: 15/3/3-9/Erf_3615 15/3/4-9/Erf_3615

Eiendomsbeskrywing: Erf 3615, Moorreesburg

Fisiese Adres: Renonkelstraat 23, Moorreesburg

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 3615, Moorreesburg, ingevolge ar�kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 3615 (groot 347m²) hersoneer word vanaf Residensiële sone 2 na Sakesone 2 ten einde die bestaande winkel te we�g.

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 3615, Moorreesburg, ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwykings behels die afwyking van die 3m syboulyn (oostelike grens) na 1,5m.

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 1 3 : 4 5 - 1 5 : 4 5 b y D e p a r t e m e n t O n t w i k ke l i n g s

Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M u n i

swartlandmun@swartland org za gestuur word voor of op 4 Augustus 2025 om 17:00 Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY 7300

4 Julie 2025

Willem Erwee

Besering of te nie –

Jannie gáán roei

Nie eens ’n rib-besering, wat hy sowat ’n week gelede opgedoen het, sal die 84-jarige Jannie Malherbe keer om vanjaar sy 52ste agtereenvolgende Bergrivierkanomarathon te voltooi nie.

Malherbe is tans die oudste deelnemer aan die kanomarathon, wat van môre (Woensdag 2 Julie) tot Saterdag (5 Julie) die 63ste keer plaasvind.

Dit begin in die Paarl en eindig 240 km verder in Velddrif aan die Weskus.

“Buiten my ribbekas-besering is my hakskeen ook nou al ’n geruime tyd seer. Ek het juis my ribbes beseer toe ek as gevolg van hierdie hakskeen geval het. Maar ek loop feitlik nie meer mank nie en ek is hoopvol dat my ribbes betyds herstel sal wees. Niks sal my afskrik nie,” het ’n vrolike Malherbe verlede week gesê.

Op die vraag oor waar iemand op 84-jarige ouderdom nog die energie vir so ’n uitdagende aktiwiteit het, sê Malherbe eenvoudig: “Ek is redelik hardekop. Ek is nie iemand wat stilsit nie. Die verwagting is mos dat iemand van my ouderdom op die stoep moet sit en kyk hoe die son sak. Nie ek nie. My oggende begin al hier teen 06:30 en [ek] probeer myself heeldag met iets besig hou,” vertel Malherbe.

“Ek begin elke jaar al hier vroeg in Januarie tot aan die einde van Junie vir hierdie ding

Jannie Malherbe (84) Foto: Verskaf/Bergrivier- kanomarathon

oefen. Dan is daar ook die hengel waarmee ek myself gereeld besig hou

“Ek was my hele lewe lank nog aktief.”

Wat die Bergrivier-kanomarathon uniek maak, is dat dit oor ’n paar dae plaasvind. “Dit vat geweldig baie uit ’n mens.”

Malherbe sê selfs al word koue en nat toestande vir hierdie week voorspel, sal dit bydra tot die avontuurlustigheid van die marathon. Hy onthou hoe hy en ander deelnemers verlede jaar maagvirusse opgedoen het – vermoedelik weens die besoedelde water van die Bergrivier. “Dit is maar soos enige ander uitdaging.”

Die geleentheid word beskryf as die uiterste toets van vaardigheid in kano-vaart en verdien sy plek as een van Suid-Afrika se belangrikste roei-uitdagings.

Deelnemers sal vanjaar van die begin tot einde beproef word.

• Lees meer oor die aanloop tot die gewilde jaarlikse wedvaart op bl.9.

Lees ons op die web!

Novus Media loods hierdie week NovaNews.co.za, ’n omvattende nasionale nuusplatform met bydraes van 21 gemeenskapskoerantredaksies oor Suid-Afrika heen. Dié amptelike digitale nuussentrum lewer betroubare, diepgaande joernalistiek landwyd in Afrikaans en Engels – alles sonder betaalmure of versteekte fooie.

Die nuwe platform bied gebruikers maklike toegang deur enige webblaaier, met die opsie om ’n ikoon by hul mobiele tuisblad te voeg vir onmiddellike toegang tot brekende nuus, gemeenskapsopdaterings en nasionale en internasionale dekking. Wat hierdie platform uniek maak, is die hiper-plaaslike inhoud van 21 Novus Media-gemeenskapstitels wat versprei is oor die Wes-Kaap, Boland, Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap, insluitend Swartland Gazette

Die gemeenskapskoerante se webwerwe sal hul verbintenis handhaaf om ’n stem aan plaaslike gemeenskappe te gee.

“NovaNews.co.za is ’n eenstopbestemming vir betroubare joernalistiek, wat alles dek van brekende nuus en hiper plaaslike gemeenskapsverhale, leefstyl-, skole- en sportnuus,” het Esmé Smit, hoofbestuurder van Novus Media, gesê. “Die platform beklemtoon sy verbintenis tot die lewering van outentieke, betroubare nuus, wat op beide plaaslike en nasionale vlak saak maak,”

het sy bygevoeg. Ons bied nuus waarop jy kan staatmaak – nuus wat nie vals is nie, nuus wat saak maak, naby aan die huis gebeur en divers en getrou aan ons reënboognasie en -kultuur is.”

Lise Beyers, die nasionale digitale nuusredakteur vir Novus Media, het gesê sy is uiters opgewonde oor die bekendstelling van hierdie baanbrekende nuwe mediaplatform.

“Die unieke gemeenskapstemme van ons diverse land is vir heeltemal te lank ongehoord. Daar is soveel stories wat in ons gemeenskappe versteek lê en nou sal NovaNews hierdie stories ’n unieke platform gee – tesame met die feit dat ons ons landwye lesers oor belangrike nasionale en internasionale nuus ingelig hou. Hierdie baanbrekende digitale platform bring Novus Media se gemeenskapskoerante van reg oor Suid-Afrika heen op ’n unieke manier bymekaar en skep ’n ongekende media-ekostelsel wat die outentieke stem van plaaslike gemeenskappe bewaar terwyl dit nasionale en internasionale nuusdekking naatloos integreer – wat beide hiper-plaaslike storievertelling en globale perspektief aan aansienlik uitgebreide gehore lewer en op ’n manier wat geen ander digitale mediawebwerf bereik het nie.”

Bekendstellingskompetisies

Om die bekendstelling te vier, bied Novus Media twee opwindende kompetisies aan vir gebruikers wat op die NovaNewsnuusbrief inteken en NovaNews

op Facebook volg. In die “Soektog na die Ster”-kompetisie kan deelnemers een van vyf Pick n Pay-koopbewyse van R4 000 of ’n luukse verblyf van twee nagte vir twee mense by The Boardwalk Hotel in Gqeberha wen – geldig vir ses maande. Reiskoste is vir die wenner se eie sak. In die “Nou waa is daai star”-kompetisie sal verskeie sterre in artikels op die novanews .co.za-tuisblad versteek word. As jy ’n ster vind, klik daarop en ’n vorm sal verskyn waardeur jy op die NovaNews-nuusbrief kan inteken. Volg NovaNews dan op Facebook. Die kompetisies sal vir twee weke op die NovaNews se hoof-webwerf duur.

Digitale vernuwing

Die bekendstelling verteenwoordig Novus Media se verbintenis tot toeganklike digitale joernalistiek deur vernuwende gebruikerservaringsontwerp. Die platform gee lesers onmiddellik toegang tot betroubare nuusinhoud deur hul webblaaiers te verkry, met instinktiewe navigasie wat hiperplaaslike gemeenskapstories naatloos met nasionale en internasionale dekking verbind. Met vals nuus wat mediageloofwaardigheid toenemend uitdaag, beklemtoon novanews. co.za sy toewyding aan feitelike, geverifieerde verslaggewing waarop gemeenskappe kan staatmaak. Die platform is nou beskikbaar by novanews.co.za, met kompetisiebesonderhede beskikbaar op die webwerf en geassosieerde sosiale mediakanale.

brekendenuus,gemeenskapsnuusenskolenuuslees,lekkerprysewen… endisverniet?

Sjoe,dis‘nmondvol!Maarmaklik.Welkom byNovaNews:Spiksplinternuwenuus.Gratis!

All systems ago for the Berg

With an official hashtag of #TheUltimateCanoeRace, next week's 240 km Berg River Canoe Marathon will again be the ultimate test of canoeing ability, set to reclaim its place as one of South Africa's, and the world's, major paddling events. This year the four-day race through the beautiful Western Cape farmlands from Paarl to Velddrif will take place from 2-5 July.

Participants can look forward to a serious challenge, being tested from start to finish, and entrants know that sim-

ply finishing the four-day epic calls on a full range of canoeing skills and mental determination. The list of winners from the previous 62 Berg River Canoe Marathons reads like a who's who of elite South African canoeing: World Champions Hank McGregor, Andy Birkett and Adrián Boros are mixed with South Africans who have dominated locally and internationally.

The undisputed King of the Berg is surely McGregor, with 13 wins. The 47-year-old, this year, will again make a bid for the title he first won in 2000 as a 22-year-old and last won in 2023, when he became the race's

oldest winner. The Queens of the Berg are Marinda Hartzenberg and Jean Cole, with seven wins apiece. This year’s race will see 10 former champions on the starting line with a combined total of 32 race wins. McGregor and last year’s runner-up, Robbie Herreveld, lead the way with 13 and six wins respectively, while the top paddlers among the women are Bianca Beavitt and Jenna Nisbet (Ward), with three and two titles respectively.

Paddlers also tell of not finishing the four-day odyssey owing to long distances, tricky swirling river conditions, ice-cold

weather, howling headwinds, dangerous tree blocks and treacherous weirs. So it’s not too difficult to understand why the finisher’s medal is so highly coveted. It also means Jannie Malherbe, with an incredible 51 race finishes (including three race wins), is regarded as something of a legend in canoeing lore. Leading the way among women finishers is Lisa Scott, who this year aims for her 15th Berg medal.

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

NOTICE 94 /2024/2025

NOTICE FOR THE INSPECTION OF THE SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL 2024/2025 OF PROPERTIES SITUATED IN THE SWARTLAND MUNICIPAL AREA AND LODGING OF OBJECTIONS

�o�ce is hereby given, in terms of the provisions of Sec�on 49 (1) (a) (i) read together with Sec�on 78 (2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no. 6 of 2004), herein a�er referred to as the “Act ” , that the Supplementary Valua�on Roll 2024/2025 lies open for public inspec�on at the various offices of the Municipality or the web page www.swartland.org.za as from 20 June 2025 to 31 July 2025. An invita�on is also extended, in terms of the provisions of Sec�on 49 (1) (a) (ii), read together with Sec�on 78 (2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an ob�ec�on to the Municipal Manager regarding any ma�er or omission in connec�on with the Valua�on Roll within the above men�oned period. Your a�en�on is specifically drawn to the provisions of Sec�on 50 (2) of the Act that any ob�ec�on must refer to a par�cular property and not to the Valua�on Roll in whole. The prescribed form for the lodging of ob�ec�ons is available on the web page www.swartland.org.za Address: The Municipal Manager, Private Bag X52, Malmesbury, 7299.

J J SCHOLTZ

MUNICIPAL MANAGER

TENDER WCC/MHA/2025 – CONSTRUCTION OF NEW MULTIPURPOSE HALL AT MALMESBURY CAMPUS; CIDB Contractor Grading Designa�on of 7GB or higher.

TENDERS are hereby invited for the above-mentioned project as set out in the specification.

Tenders in sealed envelopes, clearly marked “(TENDER: WCC/MHA/2025)”, C O N S T R U C T I O N O F

CAMPUS can be put in the tender box at West Coast College, Central Office, 2 Loedolf Street, Malmesbury before 11:00 on Friday, 25 July 2025 at which time tenders will be opened.

A non-refundable tender fee of R300.00 per tender document must be deposited into the West Coast College Bank Account, as follows: ABSA Bank, Account No. 4052300937, Branch Code: 632005, Reference: WCC/MHA/2025, followed by service provider ’s name.

To obtain a copy of the tender documents, the proof of payment must be emailed to mparenzee@westcoastcollege.co.za with the subject line: ‘Tender Document Request – WCC/MHA/2025’.

A Compulsory Site Briefing Meeting will take place at West Coast College, Malmesbury Campus, 2 Loedolf Street, Malmesbury on Friday, 11 July 2025 at 11:00.

Tenders will be evaluated according to the college’s Supply Chain Management Policy Tenders must be valid and binding for ninety (90) days after the closing date. Prices must include VAT.

A valid and original tax clearance certificate issued by the South African Revenue Service (SARS) must accompany the tender

Late or incomplete tenders will not be accepted. Proof of dispatch of a tender will not be regarded as proof of receipt thereof. West Coast College is not obliged to accept the lowest or any tender The college reserves the right to accept or reject any tender or part thereof and may cancel the tender process and reject all tender offers at any time before the drafting of a contract. West Coast College will not incur any liability to a tenderer for such cancellation and rejection but will give written reasons for such action upon request.

Drakenstein is nou ‘oop vir toeriste’

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 100/2024/2025

VOORGESTELDE HERSONERING, ONDERVERDELING EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 551, DARLING

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: Swartland Munisipaliteit, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299.

Verwysingsnommer:

Tel no. 022-4879400

15/3/3-3/Erf_551

15/3/6-3/Erf_551

15/3/4-3/Erf_551

Eiendomsbeskrywing: Erf 551, Darling

Fisiese Adres: Noordelike deel van Darling

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om onder verdeling van erf 551, Darling , ingevolge ar�kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 551 (groot 367,3495ha) onderverdeel word in ’n restant (groot 355,1559ha) en gedeelte A (groot 12,1936ha).

Die aansoek om hersonering van gedeelte A (groot 12,1936ha) van erf 551, Darling, ingevolge ar�kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat gedeelte A hersoneer word vanaf ’n gedeelde sonering na onderverdelingsgebied ten einde voorsiening te maak vir die volgende grondgebruike, naamlik:

• Vervoersone 1 – 1 erf

• Residensiële sone 2 – 362 erwe

• Residensiële sone 1 – 25 erwe

• Oopruimtesone 1 – 2 erwe

• Gemeenskapsone 1 – 3 erwe

• Owerheidsone 1 – 2 erwe

Die aansoek om onderverdeling van gedeelte A (groot 12,1936ha), ingevolge ar�kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit: Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat gedeelte A onderverdeel word in 395 gedeeltes soos aangedui op die onderverdelingsplan

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters in die ontwikkeling, ingevolge ar�kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die afwykings behels die afwyking van die gemeenskaplike syboulyne op die erwe met skakelhuise (“walk-up” eenhede).

Die ontwikkeling skep die Darling Behuisingsprojek Fase 2. Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 1 3 : 4 5 - 1 5 : 4 5 b y D e p a r t e m e n t O n t w i k ke l i n g s b e s t u u r, k a n t o o r v a n d i e S e n i o r B e s t u u r

s

Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M

i e kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar. Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY

4 Julie 2025

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het verlede week die Drakenstein-munisipaliteit se uitnodiging aanvaar om die vallei se groeiende toerisme- en ekonomiese ekosisteem eerstehands te kom beleef.

Tydens Meyer se besoek die afgelope Vrydag (20 Junie) het hy en die munisipale afvaardiging by die Paarl Boutique in Hoofstraat asook by die Dunstone-landgoed in Wellington se Bo-vlei-gebied ingeloer.

Daar is hy touwys gemaak oor hoe ondernemings in ’n mededingende bedryf kop bo water hou, maar terselfdertyd pogings aanwend om die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee en werk te skep.

Chrismaré Carse, ’n senior toerismebeampte by die munisipaliteit, het verduidelik dat die uitnodiging verlede maand aan die provinsie tydens die munisipaliteit se deelname aan die Africa Tourism Indaba in Durban uitgereik is.

Daar het Laurichia van Niekerk, die burgemeesters- komiteelid vir toerisme, sport en ontspanning, vir Meyer raakgeloop.

“Ons het twee ondernemings gekies met baie mooi verhale oor hoe hulle hul geriewe gerestoureer en personeel opgelei en bemagtig het.

“Ons wou graag aan die LUR wys hoe dinge hier op munisipale vlak gedoen word. Ons is ’n munisipaliteit wat goed

werk en dit is duidelik aan die hoeveelheid mense wat na die gebied gelok word.

“Ons hoop is dus dat die provinsie hierdie model van beste praktyke kan gebruik,” het Carse verduidelik.

Meyer het op sy beurt gesê te midde van die spanning en oorloë aan die internasionale front, moet Suid-Afrika as ’n polities bestendige land die geleentheid benut en toeriste lok.

“Niemand wil in dié stadium Amerika toe gaan nie.

“Niemand sien weens die spanning in die streek nou meer kans vir die Midde-Ooste, wat ook op ’n tyd baie toeriste gelok het, nie.

“Ons is gereeld in gesprekke met hierdie lande se ambassades en ons boodskap is dat SuidAfrika – en spesifiek die Wes-Kaap –oop is vir toeriste.”

Sy raad aan die munisipale afvaardiging was om vir toekomstige toerisme-inisiatiewe “buite die boks te dink”.

Hy het ook gesê die munisipaliteit moet meer digitale maniere oorweeg om bestemmings in die streek te bemark.

Van Niekerk het ’n beroep op die provinsie gedoen om na die tafel toe te kom en munisipaliteite te ondersteun vir plaaslike ondernemings om gefinansier te word.

Sy het genoem die munisipaliteit se wense is om ’n sterker vennootskap met Wesgro, ’n WesKaapse agentskap wat toerisme, handel en belegging in Kaapstad en die groter Wes-Kaap bevorder, aan te gaan.

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 99/2024/2025

VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING VAN ERF 15024, MALMESBURY

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845

Eienaar: Swartland Munisipaliteit, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4879400

Verwysingsnommer: 15/3/3-8/Erf_15024

15/3/6-8/Erf_15024

Eiendomsbeskrywing: Erf 15024, Malmesbury

Fisiese Adres: Direk oos van Malmesbury

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 15024, Malmesbury, ingevolge ar�kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 15024 (groot 63,8187ha) hersoneer word vanaf ’n gedeelde sonering na onderverdelingsgebied ten einde voorsiening te maak vir die volgende grondgebruike, naamlik:

• Residensiële sone 1 – 599 erwe

• Oopruimtesone 1 – 10 erwe

• Gemeenskapsone 1 – 2 erwe

• Gemeenskapsone 2 – 1 erf

• Owerheidsone 1 – 1 erf

• Vervoersone 2 – 2 erwe

Die aansoek om onderverdeling van erf 15024, Malmesbury, ingevolge ar�kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit: Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang.

Die voorstel is dat erf 15024 (groot 63,8187ha) onderverdeel word soos volg:

• 599 erwe (groot 35,8787ha) – gemiddelde erfgroo�es van 599m² as Residensiële sone 1

• 10 erwe (groot 11,0345ha) – Oopruimtesone 1 as publieke oopruimte

• 2 erwe (groot 2,0005ha) – Gemeenskapsone 1 as skool/creche persele

• 1 erf (groot 5065m²) – Gem eenskapsone 2 as kerkperseel

• 1 erf (groot 4270m²) – Owerheidsone as owerheidsgebruik

• 2 erwe (groot 13,9715ha) – Vervoersone 2 as paaie

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar�kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 1 3 : 4 5 - 1 5 : 4 5 b y D e p a r t

Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy ‘n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar�kel 60 van genoemde wetgewing aan Die M

swa rtlandmun@swa rtland org za gest uur wo rd vo or of op 4 August us 2025 om 17:00 Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar. Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui�ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY 4 Julie 2025

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, tydens sy besoek aan die Drakenstein die afgelope Vrydag. Foto’s: Rasaad Adams
Meyer het tydens sy besoek by die Paarl Boutique en Dunstone Country Estate in Wellington gaan inloer.

Gazette

Kontak ons vir advertensies en nuus

Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.

Advertensies

Loraine Malan

T: 022 4824669

S: 071 4929797

E: loraine.malan@novusmedia.co.za

Geklassifiseerde advertensies

Jaydene Sampson

S: 071 434 7583

E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za

Redakteur

Maryke Swart

T: 022 713 1066

E: maryke.swart@novusmedia.co.za

Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.

OMBUDSMAN

Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za

WhatsApp: 066 290 6512

Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za CK BLINDS

Late Elmarie Retha Behr, with iden�ty number: 5106100004084, who was born on 10th June 1951, who was married, who

, Ronderberg Road, Cape Farms and who died on 2nd November 2024 Estate no: 002286/2025 Master's Office Cape Town.

A

estate men�oned above are hereby called u

Executor herein, within 30 days calculated from the date of publica�on hereof

c/o Allen Behr, 47B Killarney Avenue, Killarney Gardens, Cape Town; Email:allen@nu-line.co.za

Tel: 021 556 2595

Listed

PPC Marathon

back in 2026

The PPC Riebeek Bergmarathon, scheduled to take place this year, has officially been cancelled and will not proceed in 2025.

According to the race office this decision was not made lightly. “After careful consideration the event will no longer take place. We understand how disappointing this news may be, especially for those of you who have already begun your training, made travel arrangements or were simply looking forward to another memorable race through the heart of the Riebeek Valley.

“PPC Riebeek Marathon has always been more than just a race; it’s a celebration of community, wellness, and endurance and we value your ongoing support and enthusiasm deeply.”

The race office confirmed in a statement sent out on Monday (30 June) that they were already working behind the scenes to bring the marathon back in 2026 with renewed energy, improved planning, and an even better experience for all.

“We encourage you to keep a lookout on our official website and social media platforms for future updates and announcements regarding next year’s event and any alternative activities or initiatives that may take place in the interim.”

The entire organising team thanks every participant for their understanding and support. “We look forward to welcoming you back stronger than ever in the near future.”

Sport

Mamre klop Darling

Darling was Saterdag (28 Junie) die toneel van hoëspanningsrugby toe dié dorp se trots teen sy buurman Mamre te staan gekom het tydens die Sanlam Boland Rugbyunie se 2025 Derby-dag – ’n dag wat diep gewortel is in streekstrots, tradisie en gemeenskapsgees.

Reeds twee weke voor die groot dag was die atmosfeer gelaai toe die onderskeie klubvoorsitters, afrigters en kapteine die derby by die Gabriël Faroasportterrein (Byenes) in Darling op 18 Junie amptelik bekendgestel het. Die voorstaanders van beide klubs – Jonathan Petersen (Darling), Bernette Stadler (Mamre), Magnum Nelson en Kenneth Stadler (afrigters) asook die kapteine Benwille Goliath en Remzi Cuce – het nie geskroom om hulself seëvierend uit te spreek nie.

Die debat was hartstogtelik: wie verdien werklik die kroon van die Swartland?

Op wedstryddag het Mamre se derde span eerste bloed getap met ’n noue 11-8-oorwinning, maar Darling se tweedes het vinnig reageer en ’n 18-13-sege losgespeel, wat die hoofwedstryd se betekenis net verder versterk het.

Darling se Tyrique Oppelt het vroeg in die wedstryd ’n strafskop oorgestuur. Mamre het stadig maar seker in die wedstryd gekom danksy ’n strafskop, maar ’n kragtige lopie deur die regtervleuel, Gerrit Carolus, het die telling na 8-3 vir Darling verhoog. In dié tyd het Darling Mamre harde bene laat kou, maar Mamre het enduit vasgebyt toe Edwill Okkers ’n tweede strafdoel behaal en kort op Darling se hakke gehou het om die rustydtelling op 8-6 te staan te bring.

Ferlin Tango het Darling se voorsprong met die aanvang

van die tweede helfte uitgebrei met ’n beslissende drie, gevolg deur Oppelt se derde suksesvolle skop. Met die telling op 19-9 het dit gelyk asof Darling beheer geneem het, maar Mamre het vinnig teruggestaan. Lathan Okkers het met ’n sterk lopie agter die pale gaan druk en die agterstand tot 14-19 verminder.

Die skare het behoorlik asem opgehou.

Die laaste 20 minute was van die mees gespanne rugby wat Byenes in jare gesien het.

Bradwin Prins het ná meesterlike voor- en agterspel die telling op 19 elk gelykgebring.

Kort daarna het Bradwin Johnson Darling se foute genadeloos uitgebuit en twee strafdoele oorgeklits, wat Mamre sy eerste voorsprong (22-19) ná 70 minute gegee het, met die laaste (langafstand)-strafskop, wat die Derby in Mamre se guns verseël het (25-19).

“Die wedstryd was straf en ons het goed meegeding tot om

en by die 60ste minuut,” het Darling-afrigter Magnum Nelson ná afloop gesê. “Mamre se ervaring in die vaste vyf het ons jong voorspelers begin afbreek, wat tot strafskoppe gelei het. Ek is egter trots op die jongmanne wat vandag die hand opgesteek het. Ons sal terugkom in ons volgende wedstryd.

Vir Mamre was dié sege veel meer as net punte op die telbord. Dit was ’n simboliese oorwinning en ’n terugkeer na die Swartlandstreek met hul kop omhoog en bewys dat Mamrerugby floreer en vir die laaste twee plekke kan kwalifiseer.

Ander uitslae

• Swartland: Wesbank 44-17 Moorreesburg, Abbotsdale 46-53 Saron, Porterville 59-6 Never Despairs, Liefling 19-25 Mamre

•Weskus: Saldanha 39-29 Velddrif, Vredenburg 25-20 Langebaan, St Helena 44-17 Young Hearts, Paternoster 34-28 Hopefield

David Rossouw
Mamre het die 2025-Derby-stryd op die Byenes gewen. Foto: Lizette Smit
Malmesbury
Moorreesburg

Gazette

Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | Riebeek Kasteel | Riebeek Wes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.