





![]()






Al drie die diertjies wat glo voorverlede Saterdag (4 Oktober) deur ’n vrywilliger van die Exotic Animal World Klapmuts gesteel is, is veilig “terug by die huis”.
Dit volg nadat ’n vrou wat by die sentrum – voorheen bekend as Butterfly World – betrokke was, na aanleiding van haar omgewingsverrykingsprogram blykbaar gedink het sy kon drie frette “’n beter lewe gee”
Die personeel is geskok deur die vrywilliger se optrede, aangesien die sentrum die afgelope drie dekades nog nie ’n soortgelyke voorval gehad het nie. Die sentrum spesialiseer as ’n toevlugsoord vir onder meer spinnekoppe, ape, slange en voëls, wat of deur hul eienaars oorgegee is of deur plaaslike owerhede afgevat en in die sentrum se sorg geplaas is Volgens Esther van der Westhuizen, die eienaar van die sentrum, het hulle
’n paar minute nadat die vrywilliger huis toe is, besef die frette is weg. Die personeel, wat besig was met inleidings aan besoekers tussen die sessies met die diere, het haar toe geskakel om te vra of sy die frette van een hok na ’n ander geskuif het Sy het toe gebieg sy het die diertjies geneem en die hasepad gevat.
“Frette is op CapeNature se swartlys en mag nie as troeteldiere in die provinsie aangehou word nie. Hulle is klein, dog wrede roofdiere en het die vermoë om ’n vernietigende indringerspesies te wees, soos in Nieu-Seeland, waar hulle kleiner diere wat hulle as prooi jag, uitwis,” verduidelik Van der Westhuizen.
Die sentrum het onmiddellik na die vrou begin soek.
’n Klagte is aanvanklik by die Klapmuts-polisie weens die diefstal aangemeld en is intussen na die eenheid vir bedreigde spesies en veediefstal in Kuilsrivier oorgeplaas. AO André van
Greunen van dié betrokke eenheid het gehelp om die frette op te spoor.
Van der Westhuizen sê hoewel die vrywilliger aanvanklik gesê het een van die diertjies is in haar sorg oorlede, het die personeel haar nie geglo nie en al drie frette is gevind. Die frette is die afgelope Maandag aan die sentrum terugbesorg.
“Eksotiese diere kan enigiets van papegaaie en slange of tarantulas en visse wees. Die diere is maklik by troeteldierwinkels beskikbaar.
“Die probleem is dat sommige eksotiese diere, wat as troeteldiere beskikbaar kan wees, dalk nie in die provinsie aangehou mag word nie. Die spesies kan moontlik ’n indringerspesie word, of dit is ’n skaars en beskermde spesies.
“Baie diere word onwettig in die provinsie aangehou – hulle is óf op die swartlys en is dalk glad nie in die provinsie nie, óf hulle word sonder die nodige permitte aangehou. Ons fasiliteit
’n Man het gister (Maandag 20 Oktober) in die landdroshof in Malmesbury verskyn nadat hy in die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie asook vermoedelike gesteelde eiendom aangekeer is Die 28-jare verdagte se inhegtenisneming volg nadat lede van die Riebeek-Wes-polisie op ’n klagte van huisbraak reageer het waar eiendom as gesteel aangemeld is. Die verdagte in die voorval is kort daarna met verskeie gesteelde eiendom, waaronder ’n Baby Brown Beretta met ammunisie, in sy besit betrap. Diévuurwapen,’nBabyBrownBerettametammunisie,isby’nverdagtegekry


Die personeel van Exotic Animal World was vandeesweek verheug om dié drie frette, wat na bewering deur ‘n vrywillger gesteel is, terug te kry Foto: Exotic Animal World/Facebook
het van tyd tot tyd diere waarop beslag gelê is, ontvang om hulle veilig te bewaar terwyl hofsake aan die gang is.” Sers Madilyn Dombas, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-polisie, het bevestig niemand is in verband met die saak in hegtenis geneem nie, maar die saak word steeds ondersoek. Die publiek word versoek om omgewingsmisdaad met betrekking tot wilde diere per e-pos na info@ capenature.co.za of op die 24-uur- tolvrye voorvallyn by 0800 205 005 aan te meld.
Twee passasiers is Saterdagaand (18 Oktober) in ’n tragiese motorogeluk op die N7-snelweg buite Chatsworth dood. Die presiese omtsandighede wat tot die noodlottige ongeluk gelei het, kan nie in dié stadium deur die plaaslike polisie bevestig word nie. Volgens sers Henry du Randt, ’n woordvoerder, is die polisie omstreeks 22:00 die aand na die ongelukstoneel naby die Chatsworth-afrit ontbied.
Taslima Dollie (25) was met hul aankoms reeds op die toneel
deur nooddienspersoneel dood verklaar Nog ’n insittende –vermoedelik die bestuurder – is vir ernstige beserings na die Swartland-hospitaal geneem, saam met Yasin Petersen (30) van Ottery, wat later die aand in die hospitaal aan sy beserings beswyk het. Petersen het glo ernstige kopbeserings tydens die voorval opgedoen.
’n Saak van strafbare manslag word deur Malmesbury-polsie ondersoek.













Die Skryfyster van die Swartland, wie se skryfwerk die afgelope dekade oor verskeie bedrywe strek, maak golwe met die vrystelling van haar eerste bundel kortverhale.
Anna-Bet Stemmet (40) van Malmesbury het onlangs die groot sprong van die skryf van haar eie, enkele kortverhaal tot ’n hele bundel vol daarvan geneem.
Dié ma van twee is ’n vryskut-kopieskrywer. Hierdie brood-en-botter-skryfwerk, soos sy dit noem, strek van kos en wyn tot landbou, tegnologie, mode en kleinhandel. “Ek het woorde gevind vir alles van beesvoer tot cloud architecture Dit klink dalk droog, maar hierdie soort werk hou die pot aan die kook en kry ’n mens skryffiks like nobody’s business,” voeg sy in ’n onlangse verklaring by. Sy het onder meer ook JAN se kookboek vertaal, en die Afrikaanse bewoording van die drietalige kinderboek Florence and Watson behartig, waar sy haar kreatiewe sy kon koester.
As die oudste dogter van ’n koöperatiewe wynmaker het Anna-Bet met ’n wye draai deur die wynlande tot in die hartjie van die streek gedartel.
Sy is as nooi Bester in Robertson gebore en toe sy vyf jaar oud was, het die gesin Worcester toe getrek, waar haar pa ’n pos as wynmaker in DeDoorns aanvaar het. Sy was in Worcester Noord Primêre Skool en later die Hoërskool Montana. Hulle het in 2000 na Riebeek-Kasteel verhuis en sy na Paarl Gimnasium geskuif, waar sy as A-kandidaat matrikuleer het.
SKRYFVIRSKOOLKOERANT‘SOLLIE’
Gedurende haar tyd op die skoolbanke het sy aan allerlei kultuurgeleenthede soos Akpol en redenaars deelgeneem en ook vir die Sollie, die skoolkoerant, geskryf.
Sy beskryf haar pad ná skool

as ’n interessante een. “Ek het as kind deur ’n skoolstelsel wat vir visuele leerders soos ek ontwerp is, gehuppel. Toe skrik ek myself in ’n rebellie in en verkwis die geleentheid wat my hardwerkende ouers my
gegun het om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.
Daarna het ek ’n wawiel deur Elsenburg-landboukollege gemaak en myself vir ’n tydjie oortuig dat ek skone kunste deur Unisa kon studeer,” vertel
Anna-Bet.
Sy noem haarself ’n “terrible student met drie halwe grade”, maar ’n wonderlike werker met ’n besonder lang asem “Ek hoort nie in die lewe se ivoortorings nie; ek is gemaak vir die soutmyne. Sit my teenaan die coalface en ek grawe vir jou lekker goeters daaruit.”
Ná haar tyd in Stellenbosch het Anna-Bet haar pad met behulp van ’n verskeidenheid junior skryf-poste en kelnerinwerk tot in Kaapstad ge-“raapen-skraap” “’n Hele paar van die stories in Goed wat gebeur het met mense op plekke, dateer uit hierdie tyd.”
Sy en haar man, Jacques, het in 2015 Malmesbury toe getrek om ’n gesin te begin en woon steeds hier saam met hul twee dogters, Alexandra en Valkyrie
WENVERHAAL
Dit is hier waar sy haar 2025-wenverhaal – heel letterlik – raakgeloop het, vertel sy. Die 2025- Toyota Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel is op 11 Oktober bekendgestel. Anna-Bet se storie, Chatsworth, Suster is een van 23 verhale wat vir opname in die tiende feesbundel gekies is “Die gebeure in Chatsworth, Suster het my een oggend – twee dae voor die sluitingsdatum vir inskrywings aan die Woordfeeskortverhaalbundel – te beurt geval Ek het heeltyd geweet ek wil vir die kompetisie inskryf, maar die muse het my bly ontwyk. Na afloop van die gebeure in die storie het ek direk na my kantoor toe gestap en die storie binne drie ure van voor tot agter klaar geskryf. Ek het die dag daarna nog hier en daar ’n komma rondgeskuif en dit op die nippertjie ingedien,” sê Anna-Bet.
Anna-Bet het in Junie vanjaar die nuus ontvang dat haar verhaal vir die Woordfeeskortverhaalbundel gekies is en besluit om die golf daarvan so ’n bietjie
te ry. “Ek het my moue opgerol en teen ’n stink spoed weggetrek om my eie bundel saam te stel.” Goed wat gebeur het met mense op plekke sal teen die einde van Oktober 2025 te koop wees. Chatsworth, Suster, wat sy beskryf as ’n eg- Swartlandse storie, verskyn ook met toestemming in haar eie bundel, wat sy self met behulp van Turksvy Publikasies uitgee, verklap sy verder
“Ek het met Goed wat gebeur die soort boek geskryf wat ek self wil lees,” vertel Anna-Bet.
“Daar is baie gewigtige literatuur daarbuite Ek skryf myne doelbewus as ’n alternatief daartoe Dis ’n reeks persoonlike essays – sommige vanilla; ander ’n bietjie meer spicy. Hier en daar gooi ek selfs ’n eks-kêrel met smaak onder die bus Dink daaraan as ’n guilty pleasure, soos ’n koekie saam met jou tee, of ’n skelm sigaret,” sê die skrywer
Sy glo vas ’n mens hoef nie deur ’n boek te sukkel of emosionele derms te ryg om ’n taal-uitstappie te geniet nie.
Die bundel is tans in afrondingsfase en bestellings kan reeds by www.skryfyster.com geplaas word. Die mede-skrywer en digter Andries de Beer glo dit sal uitstekende Kersgeskenke maak vir tannies, oumas, niggies, susters, vriendinne en fun-loving manne, lui haar verklaring.
•Belangstellendes kan solank uitkyk vir die bekendstelling van haar bundel kortverhale op Sondag 26 Oktober by Nuweplaas-padstal, op 1 November by Hartklop as deel van ’n vroueoggend en op 13November by Kalmoesfontein Besonderhede oor tye en besprekings sal binnekort op Anna-Bet se webblad aangekondig word. Volg die skryfdinamika intussen op Facebook en Instagram om op hoogte te bly van die nuutste rondom Goed wat gebeur met mense op plekke

Die Wes-Kaap se departement van landbou het onlangs Wêreld-voedseldag in Moorreesburg gevier. Dit is op 16 Oktober ’n jaarlikse inisiatief van die Voedsel en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (FOA).
Hierdie aksie word wêreldwyd gevier en poog om die aandag op meer volhoubare landboupraktyke te vestig, sowel as op die uitwerking van die voedseltekort, die bewusmaking van voedselsekuriteit en elkeen se verantwoordelikheid om dit te bewerkstellig
In dié provinsie is die inisiatief meer as net ’n simboliese gebaar – dit is eerder ’n beroep op daadwerklike aksie
Die plaaslike departement het die geleentheid op 10 Oktober by die Gene Louw-sportsentrum in samewerking met die Swartland-munisipaliteit en die Kaapse agentskap vir volhoubare en geïntegreerde ontwikkeling in landelike gebiede (Casidra) onder die tema “Hand in Hand for Better Foods and a Better Future” aangebied.
Die byeenkoms was een van ’n reeks omvattende inisiatiewe met betrekking tot voedselsekuriteit wat in Oktober reg oor die Swartland-streek uitgerol word.
Die plaaslike onderburgemeester, Anet de Beer, het by die geleentheid gesê hul doelwit is om seker te maak elke huishouding het toegang tot kos wat veilig, doeltreffend en vol voedingswaarde is “Dit is nie alleenlik ’n ontwikkelingsdoelwit nie, maar die hoeksteen van maatskaplike en ekonomiese bestendigheid. Vennote en gemeenskapsinisiatiewe wat saamstaan, sal ’n kritieke rol daarin vervul om voedselsekuritiet die hoof te bied.”
Volgens Dr. Ivan Meyer, die WesKaapse minister van landbou, herinner

Wêreld-voedseldag elkeen aan die feit dat die reg tot kos nie ’n voorreg is nie, maar ’n fondamentele mensereg.
“Deur vennootskappe en gemeenskapsgedrewe inisiatiewe soos hierdie maak ons seker geen huishouding, kind of gemeenskap word agterweë gelaat in die strewe na ’n provinsie wat van kos en die beskikbaarheid daarvan verseker is nie.”
Oor die 203 huishoudelike landbouvoedsel-inisiatiewe is in die streek ingestel, insluitend by gemeenskappe soos dié in Moorreesburg, Kalbaskraal, Riverlands, Abbotsdale, Koringberg en Chatsworth.
Die inisiatiewe is danksy ’n verskeidenheid projekte, insluitend groentetuine by skole, suksesvol voltooi, sowel as ’n “Plant One Tree, Eat for Free”-insamelingsprojek wat uiteindelik tot die verspreiding van oor die 520 vrugtebome aan huishoudings en gemeenskappe gelei
het. Die departement het verder 23 hoenderproduksieprojekte van stapel gestuur, wat deur die loop van Oktober voltooi sal wees en sal bydra tot die beskikbaarheid van kos in huishoudings.
Verder is ruim skenkings ontvang om ’n berg kos by die onlangse byeenkoms te vorm en wat uiteindelik aan ses plaaslike organisasies sonder winsbejag uitgedeel is.
Dié organisasies sluit in die Under His Wings (Kalbaskraal), die Vuyolwethu Edu-care-sentrum in Moorreesburg, Eleanore se sopkombuis in Abbotsdale, die Marinatha-sopkombuis in Chatsworth, die New Haven Social Concerns in Moorreesburg en Lilly se sopkombuis in Koringberg.
Danksy die jaarlikse Skoolplakkaatkompetisie is leerders van Russtasie, Holvlei, en primêre skole in Koringberg, wat daarop gemik was om bewustheid oor voedselsekerheid en volhoubare land-

boupraktyke vir die voorsiening van kos onder jong mense te kweek, ook betrek. Meyer en ander senior regeringsamptenare, borge en vennote het intussen verskeie gemeenskapsprojekte besoek, wat die uitwerking van die inisiatiewe demonstreer het.
Hy sê voedselsekerheid begin by die huis.
“Ons het hierdie Oktober die krag van plaaslike aksie gesien,” het Meyer gesê “Ons gemeenskappe laat nie net groente groei nie, maar gee hoop, veerkragtigheid en geleentheid deur van huishoudelike tuine tot skolekompetisies van stapel te stuur.”
Die departement van landbou het net weer sy toewyding tot die ontwikkeling van veerkragtige gemeenskappe, die bemagtiging van plaaslike huishoudings en die versekering dat niemand in die stryd teen hongersnood agtergelaat sal word nie, herbevestig.


Plaaslike brandweermanne van Swartland se brand-en-reddingsdienste het onlangs die geleentheid gekry om hul staal te wys deur aan die Toughest Firefighter Alive-kompetisie in George deel te neem.
Die 10de Suid-Afrikaanse ope-kampioenskap het brandweermanne en -vroue van oor Suid-Afrika vanaf 9 tot 11 Oktober verwelkom om te wys presies hoe tough hulle regtig is.
Spanne en individue wat kwalifiseer kan op ’n internasionale vlak teen brandweerspanne van reg oor die wêreld deelneem. Die kompetisie is ’n groot uitdaging en word met respek deur brandbestryders van oral geag.
Dit toets die vaardighede en uithouvermoë van brandbestryders in hul werk.
Die Swartland-munisipaliteit het vanjaar die heel eerste keer ’n span na die
kompetisie gestuur om spesifiek aan die spankompetisie deel te neem
Brazavier Pienaar, Kleinjan Marais, Calvin Sheldon en Leighton Fortuin het Swartland se naam hoog gehou.
Swartland se span was ook die enigste span wat die Weskus verteenwoordig het.
Die span het in die aflos deelgeneem, wat uit vier aktiwiteite bestaan. Daarin het hulle 12de uit 43 spanne geëindig – ’n baie goeie prestasie vir so ’n harde kompetisie, sê die munisipaliteit trots.
Die span het reeds vir die 2026-kompetisie begin oefen en sien uit daarna om nog ’n paar plekke te klim
Die burgemeester, Harold Cleophas, het die span tydens ’n uitvoerendeburgemeesterskomiteevergadering vir hul prestasie en deelname geloof en ook bedank vir die ongelooflike harde en moeilike werk wat hulle in ons gemeenskap verrig.

Altesaam 37 gimnaste van die Malmesburygimnastiekklub het die afgelope skoolvakansie hul provinsie en streek by vanjaar se nasionale gimnastiekkampioenskap in Gauteng verteenwoordig Die gimnaste se deelname volg nadat hulle vroeër vanjaar vir die WP se Akro-gimnastiekspan by die 2025-Wes-Kaap-kampioenskapskompetisie kwalifiseer het Die akrobatiese gimnastiekafdeling het vanaf 10 tot 12 Oktober op nasionale vlak geduur Die gimnaste het ’n ongelooflike 11 goue medaljes onder leiding van die hoofafrigters en eienaars Marno Crawford en Marlene Woolls gewen, terwyl nege deelnemers silwer verower het ’n Verdere 11 bronsmedaljes het ook huis toe gekom Antwan Dicks en Chloè Daniels het ’n algehele goud vir hulle deelname as ’n groep verower, asook nóg ’n goud (Balance) en ’n silwer (Dynamic) Antoinette Kriek en Erica van der Merwe het op hul beurt elk twee bronsmedaljes (Balance en Dynamic) en nóg ’n brons vir hulle algehele deelname ontvang Milisa Nombewu, Nadine Woolls en Isabella Wood het met hulle groepdeelname elk ’n silwermedalje verower Alexi du Toit, Heike du Plessis en Lily Olwage het ’n bronsmedalje gewen terwyl Alexi ook saam met Juno Pieters ’n bronsmedalje vir hulle deelname saam opgeraap het Adriaan Reyneke en Luan Horne het op hul beurt ’n skitterende goue
medalje verower terwyl Adriaan as ’n span saam met Hadleigh Odendaal nóg ’n goud ontvang het
Zanru Otto en Nianè Nortje bring vir hul deelname saam ’n silwer medalje terug na die Swartland, terwyl Zanru verder daarin geslaag het om nóg ’n silwer saam met Lujandré van Wyk op te eis
Die laaste goue medaljes is om die beurt aan Zilke van Harte, Ivanka van Rooyen en Mianè Van der Westhuizen (Kiki), wat saam in ’n groep deelgeneem het, toegeken Linte is ook aan die res van die gimnaste, wat op hulle beurt presteer het, uitgedeel
Eldi Rust, Annie Willers en Janke Smith het sewende (pienk) gekom, terwyl Elrina Walters, Dia van Tonder en Emma van Wyk tiende plek (ligte blou) opgeraap het Lilly Willers, Anmari Bothma en Dianique Elliott het vyfde (swart) met hulle groepdeelname geëindig Mileah Jonas, Ilze Mckellar en Maree Raman het daarin geslaag om ’n ongelooflike agtste plek (oranje) in te neem
Jani Kemp, Hadleigh Odendaal en Anja Screve, het in die vyfde plek (swart) geëindig, terwyl Lijané van Wyk, Mali van Wyk en Juno Pieters as ’n groep ’n skitterende vierde plek (blou) ingespan het Mali van Wyk en Mianè van der Westhuizen (Kiki) het ook ’n vyfde plek saam behaal


Agri Wes-Kaap vir grootste bydrae tot landbou vereer
Agri Wes-Kaap het onlangs die AgriSA- Presidentstoekenning vir die provinsie wat die grootste positiewe impak op landbou en hul lede maak, ontvang Dié gesogte toekenning is gedurende die jaarlikse AgriSA- ATLAS-kongres in Pretoria ontvang Tweede van regs, in die agterste ry, is die plaaslike landbouprodusent van Malmesbury, Liam Viljoen, die voorsitter van Agri Wes-Kaap se algemene sakekamer
Altesaam 549 leerders van oor SuidAfrika heen het hul opwagting op Saterdag 11 Oktober by die Universiteit Stellenbosch (US) vir die nasionale eindronde van die 16de Sanlam-Woorde
Open Wêrelde-spelfees (WOW) gemaak
een van die grootste en mees inklusiewe spelfees in die land Hierdie veeltalige kompetisie, wat deur die jaar in agt provinsies en in drie tale (Afrikaans, Engels en isiXhosa) aangebied is, vier nie net taal nie, maar leer ook om hul selfvertroue op te bou sodat hulle later ’n bydrae tot gemeenskapsbou kan lewer.
Die Sanlam-WOW-spelfees is die vlagskipprojek van WOW, ’n bemagtigingsinisiatief van die US-afdeling sosiale impak en transformasie, wat vanjaar sy 21ste bestaansjaar vier Prof Nico Koopman, een van die gassprekers, het die Sanlam-WOWorganisasie en die US vir ’n uitmuntende byeenkoms, wat provinsiale deelname en leerderontwikkeling op nasionale vlak bevorder het, geloof. Volgens Fiona van Kerwel, die WOW-bestuurder en ’n onderwyskenner, bied die spelfees ’n prettige en opvoedkundige platform waar leerders op ’n verstaanbare, kreatiewe én kritiese wyse met taal kan omgaan. “Wanneer leerders woorde hardop moet spel, uitklank en definisies gee, ontwikkel hul selfvertroue en kommunikasievaardighede. Die aanlyn speltoetse en taalhulpbronne ondersteun opvoeders en sluit aan by die kurrikulum van elke graad,” het sy verduidelik.
Die nasionale eindronde het deelnemers uit drie afdelings ingesluit:
•Afrikaans: Graad 1 tot 10 (302 deelnemers van 136 skole)
•Engels: Graad 4 tot 9 (184 deelnemers van 117 skole)
•isiXhosa: Graad 6 tot 8 (63 deelnemers

van 48 skole)
Om tot die eindronde deur te dring, moes leerders die topvier in drie voorafrondes haal – die kring-, distrik- en provinsiale rondes Vanjaar is altesaam 154 spelfeeste aangebied – 114 kringrondes, 32 distriksrondes en agt provinsiale kompetisies Altesaam 2174 skole het geregistreer – 852 vir Afrikaans, 1072 vir Engels en 250 vir isiXhosa
Swartland is trots deur verskeie plaaslike primêre en sekondêre skole, wat vir die nasionale byeenkoms gekwalifiseer het, verteenwoordig. Een leerder, Tylor Harmse, het besonder goed gevaar en onderskeidelik brons vir Liebenberg Primêre Skool en vir die Swartlandstreek behaal.
“Ek was baie senuweeagtig, maar ek het geweet ek kan sukses behaal Ek is bly vir die geleentheid wat ek gekry het,” het Harmse gesê
Die Sanlam-WOW-spelfees het weer eens bewys dat taal ’n kragtige instrument vir bemagtiging is en dat leerders van alle agtergronde die vermoë het om uit te blink wanneer geleenthede geskep word.
Huis van Heerde, die amptelike kinder- en jeugsorgsentrum in die Weskus en Swartland-gebied, beskik nou oor ’n plaaslike kantoor in Malmesbury Helena du Toit, Malmesbury se bemarker vir Huis van Heerde in Moorreesburg, meen die kantoor is op die perseel van die NG Kerk Swartland Moeder-gemeente ingerig om juis vir inwoners wat betrokke wil raak, meer toeganklik te wees.
“Danksy die streekskantoor is dit nou baie makliker vir inwoners en ondernemings om met die kinderhuis in verbinding te tree wanneer hulle meer wil weet van Huis van Heerde, betrokke wil raak of iets vir ons wil kom afgee,” voeg Du Toit opgewonde by. Du Toit, wat al jare met leerders werk en ’n liefde vir alle kinders koester, sê die geleenthede bestaan om saam te werk
só saam
en so ’n daadwerklike verskil in ander se lewe te maak.
Sy verduidelik plaaslike organisasies, tehuise en instellings sonder winsbejag behoort hande te vat.
Wanneer kragte saamgesnoer word, kan dit ’n positiewe uitwerking hê
“’n Skenking wat dalk vir een organisasie nie prakties is nie of te veel is, kan by ’n ander een benut word.
“So baie organisasies bestaan oral, maar ons moet as ’n gemeenskap op almal se plaaslike behoeftes fokus en hande vat om híér ’n verskil te maak,” voeg sy by. Du Toit is opgewonde oor wat die toekoms vir Huis van Heerde inhou en nooi enigiemand uit om te kom aanklop •Die streekskantoor se ure is Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 13:00 en Vrydae tussen 08:00 en 12:00.
NoluvuLudidi
“Relda, ek het vir jou slegte nuus ” Dít is die woorde wat Esmarelda Boois se lewe in ’n oogwink verander het.
Dié ma van drie moes die tyding hoor dat haar oudste seun, Eshzano Boois (15), verdrink het
Die voorval het voorverlede Woensdag (8Oktober) in Piketberg gebeur

Eshzano Boois was ’n leerder aan Steynville Sekondêr
Esmarelda het aan Weslander, susterskoerant van Gazette vertel die oomblik toe haar voorman die nuus met haar gedeel het, het sy nie geweet of sy kom of gaan nie Sy beskryf dit as die seerste seer Esmarelda se niggie het haar opgelaai en na die toneel geneem Sy sê Eshzano het by haar broer en skoonsuster gewoon. Die dam waar hy verdrink het, is nie te ver van haar broer se huis af nie Sy sê hy is saam met ’n groep seuns na die dam toe – net nadat hulle rugby gespeel het
Wat vir haar skrikwekkend is, is die feit dat Eshzano ’n baie goeie swemmer was
“Ons het nog vroeër die dag op WhatsApp gesels toe hy my ’n lekker dag toegewens het Min het ek geweet dit sal ons laaste gesprek wees ” Esmarelda het aanvanklik vermoed Eshzano het verdrink omdat hy ’n kramp gekry het terwyl hy geswem het – juis omdat die seuns kort tevore rugby gespeel het Sy sê sy is egter later ingelig dat een van die seuns Eshzano glo onder die water gedruk het Sy kan nie vasstel of dit opsetlik was en of hulle maar net gespeel en dinge te ver gegaan het nie “Ek weet glad nie wat gebeur het nie Al
die kinders het weggehardloop en hom net daar gelos Een van die kinders moet weet wat gebeur het My broer het sy liggaam op die bodem van die dam gekry ”
Volgens Maria Boois, die tannie by wie Eshzano gewoon het, het sy die nuus gehoor toe sy by die werk was “My man is dam toe om hom te soek Hy het met sy voete gevoel en Eshzano raakgetrap en na die wal gebring Toe ek die nuus hoor, was ek stukkend Eshzano was ’n ordentlike kind Hy was soos my eie kind,” sê Maria Esmarelda meen haar kind het groot drome vir sy toekoms gehad en het op skool baie goed gevaar “Hy was ’n baie slim kind; van kleins af Eshzano het my baie bemoedig en geïnspireer om my lewe om te draai. Hy was ook baie beskermend teenoor my Hoewel my hart stukkend is, moet ek nou sterk staan ter wille van my ander twee kinders ”
AO Joseph Swartbooi, ’n polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek
“Die Piketberg-polisie het omstreeks 18:15 op die toneel (Stormdam) in Asblomstraat aangekom, waar hulle die liggaam van ’n 15-jarige seun gevind het, wat reeds uit die water gehaal was Die slagoffer is op die toneel dood verklaar
“Die Piketberg-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek vir verdere ondersoek geopen ”
•Swartbooi doen ’n beroep op enigiemand wat gesien het wat gebeur het, om na vore te kom Skakel Crime Stop by 0860010111 of gebruik die mobiele MySAPS-toepassing om inligting anoniem te verskaf

NoluvuLudidi
Een van die groot oomblikke in matrikulante se lewe was vir leerders van die Hoërskool Piketberg amper nie ’n werklikheid nie Volgens ouers is die leerders van hul matriekuitstapdag ontneem nadat ’n aantal kinders die skoolterrein op Maandag 29September te vroeg verlaat het nadat hulle daar was om hul nasionale senior sertifikaat-briewe (NSS) te ontvang Volgens een ouer het die skoolhoof op WhatsApp laat weet die uitstapdag is weens dié leerders se optrede gekanseleer “My kind het gesê die leerders het nie veel op daardie dag gedoen nie en net rondgeloop terwyl hulle vir die onderwysers gewag het Party [onderwysers] was nog besig om aan die rekordeksamen te merk ” Volgens haar is geen kommunikasie van die skool se kant af oorgedra dat die kinders die hele dag daar moes bly nie
Die skool het glo slegs gekommunikeer dat leerders Maandag daar moet wees vir NSSbriewe, wat hulle vroegoggend gekry het Volgens dié ouer is die uitstapdag vir Maandag 13 Oktober beplan, maar weens die kansellasie is slegs leerders met ’n “aanvaarbare verskoning” oor die voorval na ’n uitstapontbyt genooi
“Ek voel dat leerders se 12 jaar of selfs vyf jaar in die skool nou niks beteken nie
Die skoolhoof het die hele jaar niks aan die matrieks se dissipline gedoen nie, maar
lant kan gebeur Hulle wag al 12 jaar op dié oomblik Dit is ’n groot oomblik wat met almal gedeel moet word, want daar is sibbe wat deel wil wees van hul ouer broer of suster se afskeid, asook vriende ” Nog ’n ouer het gal teenoor die skoolhoof gebraak
“Die matriekafskeid is deur ouers gereël en sy het die datum verskuif Dis die kinders se skooljaar en hul byeenkoms, nie die skoolhoof s’n nie
“Die skoolhoof hou vir agt kinders ’n uitstap en ons ouers vir die ander 60
“Sy verbied hulle om die onderwysers te groet en dié week moes prysuitdeling wees, waarvan ons steeds niks gehoor het nie ”
Met die alternatiewe opsie van die uitstap-ontbyt het baie leerders die uitnodiging van die hand gewys – juis omdat nie almal by ’n oomblik wat hulle met hul geliefdes, mede-matrikulante, vriende en die res van die skool wou deel, betrokke was nie Ouers het wel voortgegaan om iets spesiaal vir die leerders te reël, waar hulle die geleentheid gehad het om die oomblik as ’n hele groep saam te vier
Volgens Millicent Merton, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), moet gr 12-leerders skool tot die laaste amptelike skooldag voor die eksamens bywoon
“Ons moedig ouers aan om te verseker hul kinders voldoen hieraan Kritieke kurrikulumkwessies moet nog hersien


JanaScheepers
Akademia het die afgelope Woensdag (15Oktober) ’n nuwe hoofstuk in die Afrikaanse hoër onderwys geskryf met die amptelike opening van sy splinternuwe kampus in die Paarl Dié onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling, wat reeds in Pretoria gevestig is, het daarmee sy voetspoor na die Wes-Kaap uitgebrei
Die kampus in Bredastraat1 is op ’n spoggeleentheid aan die gemeenskap en voornemende studente bekendgestel Voltydse studente sal hul studies hier in 2026 kan begin, terwyl na-uurse studente ook die kampus sal kan gebruik
Akademia het sy deure oorspronklik in 2011 geopen Volgens Marthinus Visser, die besturende direkteur van Akademia, verteenwoordig die opening die verdieping van ’n vertrouensverhouding tussen die instelling en die Afrikaanse taalen kultuurgemeenskappe in die Wes-Kaap.
“Sakeondernemings, alumni en ondersteuners het hande gevat met geloof in ons visie Hierdie kampus behoort nie net aan Akademia nie – dit behoort aan elkeen wat in die waarde van moedertaalonderrig glo,” sê hy Gawie du Toit, die Paarlkampushoof, het beklemtoon dat die Afrikaanse taalbeweging sy oorsprong in die Paarl het “Hierdie streek se onderwysers, digters en denkers het bewys dat moedertaal-onderrig nie ’n voorreg is nie, maar ’n verantwoordelikheid Die opening van die kampus – in die eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal – voltooi as’t ware die kringloop van die taal se geskiedenis,” het
hy gesê
Verskeie leiers het hul ondersteuning op die geleentheid uitgespreek Heindrich Wyngaard, die voorsitter van Kaapse Forum, het gesê Akademia help bou aan ’n “keerwal teen onkunde en intellektuele vervlakking”
André Verhoog van die Paarl-Vallei- prinsipale vereniging het dit ’n “mylpaal vir alle Afrikaanse gemeenskappe” genoem
Stephen Korabie, die burgemeester van die Drakensteinmunisipaliteit (DM), het die instelling verwelkom en gesê dit versterk die munisipaliteit se doelwitte van ekonomiese groei en vaardigheidsontwikkeling
Die kampus beskik oor moderne lesingslokale, oop ruimtes waar voltydse of na-uurse studente kan werk, ’n biblioteek, die Sowel-As-koffiewinkel, genoeg parkering en Die Winkel vir Akademia-handelsware
Sowat 340 studente sal in 2026 hier verwelkom word, met verwagtinge dat dié getal teen 2032 die 2000-kerf sal oorskry
UITBREIDINGSSOOSLANDBOUKOM
Akademia het vroeër vanjaar voorwaardelike goedkeuring van die raad van hoër onderwys se gehaltekomitee vir die vestiging van die Paarl-kampus ontvang en is in Januarie 2011 as ’n hoëronderwysinstelling geregistreer
Volgens Visser sal Bredastraat1 se tweede en vierde vloer Akademia vir sowat vier tot vyf jaar huisves, waarna die instelling hopelik grond in die munisipaliteit sal koop om die kampus en ook koshuise permanent op te rig Hy het verduidelik dat die Paarl naas Pretoria as kampus gekies is omdat die instelling in ’n driehoek geleë wou wees – tussen Kaapstad se noordelike voorstede, Stellenbosch en die Paarl Hy

Die Akademia-kampus in die Paarl is Woensdag (15 Oktober) amptelik bekendgestel met ‘n spoggeleentheid op die kampusterrein by Bredastraat 1. Van links: André Verhoog (bestuurslid van die Paarlvallei- prinsipale vereniging), JD Symington (Akademia-direksielid), Daniël Maritz (kapelaan en bestuurder van die NP van Wyk Louw-Sentrum), Henk Schalekamp (Akademia-direksielid), prof Danie Goosen (Akademia), Heinrich Wyngaard (seremoniemeester en voorsitter van die Kaapse Forum), Marthinus Visser (besturende direkteur van Akademia), Jannet Davel (Akademia se hoof van personeel en ontwikkeling) en Gawie du Toit (hoof van Akademia Paarl-kampus) Foto’s: Jana Scheepers
voeg by hul navorsing het getoon die dorp is geskik vir studente en die kampuslewe – veral weens die legio Afrikaanse skole – en dat die DM ook met die goedkeuring van die bouplanne hand aan hand met die instelling saamgewerk het Hoewel Akademia ’n Afrikaanse en Christelike hoëronderwysinstelling is, word voornemende studente van ander tale en gelowe aangemoedig om ook aansoek te doen mits hulle nie besware teen hiérdie model het nie
Vakgebiede wat Akademia tans aanbied, sluit in ekonomie, geesteswetenskappe, natuurwetenskappe, opvoedkunde en regte
Volgens Visser is die instelling voortdurend besig om uit te brei en beplan Akademia om nie hier halt te roep nie, maar landboukursusse by te voeg, wat binnekort vir die Pretoria-kampus beplan word •Besoek Akademia se webwerf (akademia ac za) vir nog inligting

EenvandieAkademiaPaarl-kampusselesingslokale.

kampus se koffiewinkel, genaamd Sowel-As.

Jana Scheepers
Twee Drakenstein-inwoners het besluit om aan die globale NoSoNovember-veldtog deel te neem en vir 30 dae hul sosialemediaverbruik te verminder of heeltemal uit te skakel
Iske Conradie van die Paarl en Petronella Strauss (18) van Wellington is twee niggies wat hierdie uitdaging saam en vir ’n tweede keer aanpak nadat hulle dit reeds verlede jaar gedoen het
Die NoSo-November-veldtog moedig deelnemers aan om hul gebruik van sosiale media in November te verminder of geheel en al te staak, met die doel om tyd meer doelbewus aan te wend en van sosiale media en die negatiewe invloed wat dit kan inhou, afstand te doen
Die veldtog is volgens Conradie deur die Noord-Amerikaanse Maddie Freeman van stapel gestuur Sy het vanjaar op Forbes se onder-30-lys vir haar betekenisvolle bydrae tot onderwys en haar sosiale impak verskyn.
Conradie is tydens die voltooiing van haar meestersgraad in 2022 in ekososiale ontwerp in Italië aan Freeman bekendgestel Die studie het ondersoek hoe Generasie Z (Gen Z) sosiale media ervaar en gebruik en hoe hulle self oplossings kan ontwerp om gesonder en meer menslike digitale gewoontes te bevorder Conradie se meesterstesis, Screenage Experiences, het haar onderneming, Design My Screen Time, geïnspireër Sy kweek bewustheid by gr 6- tot gr 12leerders en hul ouers oor die ver

forms, nadat sy tydens verlede jaar se NoSo-November-veldtog besef het hoeveel tyd sy hieraan bestee terwyl sy iets meer produktiefs sou kon doen Conradie sê sy doen dit om “rustigheid in [haar] kop te kry” en om te fokus en teenwoordig te wees op iets buiten wat op die internet aangaan Sy sien daarna uit om meer te lees, meer werk gedoen te kry, meer kreatief te wees en “in die oomblik te leef”
Volgens Strauss het sy sedert verlede jaar se veldtog steeds nie die YouTubetoep op haar slimfoon nie en moet via Google toegang verkry Sy het ook nie Netflix nie wat haar
The Drakenstein Valley adds another jewel to its crown this October as KAMERS/Makers, South Africa's leading artisan showcase, opens its doors at the renowned Allée Bleue Wine Estate
From 28 October to 2 November 2025 visitors can step into a world where creativity takes centre stage More than just a market, KAMERS/Makers is a six-day lifestyle event celebrating the very best of South African fashion, jewellery, homeware, décor and gifts, each piece handcrafted by local entrepreneurs
Perfectly situated between Franschhoek, Stellenbosch and Paarl, Allée Bleue offers the ultimate Winelands experience – world-class wines, breathtaking views and a vibrant, stylish setting that makes it the ideal backdrop for this celebration of local creativity
Imagine wandering through a beautifully-curated showcase of more than 170 Makers, glass of wine in hand, as you discover stories and treasures crafted with care and imagination This central Winelands stop offers an unmissable opportunity to celebrate homegrown talent right on your doorstep
a national treasure of creativity and entrepreneurship
"What started as a small show in Stellenbosch in 2003 has grown into one of the largest creative platforms on the continent," says Magdel Kemp, co-owner and COO of KAMERS/Makers "Today we host six national events annually, welcoming nearly 60 000 visitors and curating more than 300 Makers from across South Africa "
Since its inception more than 7 500 creative entrepreneurs have exhibited at KAMERS/Makers, collectively gener-
ating hundreds of millions of rands for the local economy In this Spring/summer season alone, Makers are sustaining over 4 000 full-time jobs and 2 650 seasonal or indirect jobs
"KAMERS/Makers is where creativity becomes livelihood and small businesses take root," adds Ben-Carl Havemann, co-owner and CEO
"For 23 years we've been defending the local creative economy against cheap imports Supporting local isn't optional; it's vital for protecting jobs and nurturing SA talent "
The theme of this year's KAMERS/ Makers, "Deep Roots, Bold Futures", is a celebration of heritage and reinvention, featuring Season Artist Zinhle Sithebe, whose bold Afro-rooted patterns set the creative tone
Expect the very best of South African fashion and design, from clothing, shoes, and jewellery to accessories, wellness products, pantry treats and homeware Each item is made by hand with quality, care and originality
The Allée Bleue event is traditionally the most scenic and largest of the season, attracting visitors eager to enjoy the blend of South African design excellence and the beauty of the Drakenstein Valley
With its unique mix of design, lifestyle, and Winelands charm, KAMERS/ Makers at Allée Bleue offers an unforgettable day out for design lovers, foodies or those simply looking for authentic South African inspiration
Venue: Allée Bleue Wine Estate, Drakenstein Valley (near Paarl)
Date: 28 October – 2 November 2025
Tickets available online at kamers co za




















Die Malmesbury-rolbalklub vier vanjaar sy 75ste bestaanjaar op ’n spoggerige wyse
Lede, rolspelers en uitgenooide gaste wat jaar ná jaar tot dié rolbalklub se suksesvolle voortbestaan bydra, het Vrydagaand (17 Oktober) ’n gesellige dinee by Nuweplaas Padstal buite Malmesbury bygewoon, gevolg deur ’n prettige rolbalbyeenkoms die Saterdag (18 Oktober)
Volgens Jeffrey Petersen, die president van die plaaslike rolbalklub, is die geheim tot die sukses van elke klub, insluitende die Malmesbury-rolbalklub, in goeie bestuur, goeie verhoudinge en kameraadskap tussen lede gesetel “Vriendskappe word so oor jare opgebou en het natuurlik ’n uitwerking op groeiende lidmaatskap, waarsonder geen klub kan voortbestaan nie,” voeg hy by Petersen glo dié klub is 75 jaar gelede juis gestig om mense deur dié sport te verenig “Die afgelope naweek se vieringe was drieledig van aard Eerstens kom die dank ons Hemelse Vader toe, wat lede onder Sy troue sorg beskerm, bewaar en vorige leiers bemagtig het om hierdie doelwit te kon bereik ” Die verjaarsdagvieringe het verder die geleentheid gegee om erkenning aan die klub se borge en ondersteuners te gee, wat volgens Petersen ’n groot rol in hierdie mylpaal vervul het “Die opgradering van die klub, wat ook vir private byeenkomste geleentheid skep, dra ’n nodige bron van inkomste by,” sê hy verder

Die Malmesbury-rolbalklub se lede het Saterdag (18 Oktober) groot pret ter viering van die klub se 75ste bestaansjaar geniet
Die Malmesbury-rolbalklub nooi jong mense wat nie graag kontaksport wil beoefen nie, om rolbal te kom probeer
Petersen se wens is om die gedagte dat rolbal ’n “oumenssport” is, met wortel en tak uit te roei
Volgens hom het getalle onder jong mense wat rolbal speel, aansienlik toegeneem “WP-spanne bestaan onder andere van o 15 tot o 35, waarna Meesters en Veterane volg.
Lede kan ook hul Springbok- en SA kleure deur middel van rolbal verwerf, wat hulle ’n plek by die Statebondspele kan verseker,” het Petersen opgewonde bygevoeg
“Kom en geniet rolbal en maak nuwe vriende,” nooi Petersen, wat daarna uitsien om nuwe lede te verwelkom




Die Moorreesburg-rolbalklub vier groot mylpale dansky sy 50ste bestaansjaar, ’n suksesvolle Lentetoernooi en talle prestasies onder lede.
Die rolbalklub se 50ste bestaansjaar is onlangs op 10 en 11 Oktober gedurende die klub se 21ste Lentetoernooi gevier Die Lentetoernooi, ’n jaarlikse instelling, was ’n groot sukses met Tommie Snyman en sy span van Durbanville, wat as die wenners uitgeblink het.
Lede het intussen op Boland- en streeksvlak ook uitstekend gevaar.
Loïs Kriek is onlangs in die Boland-
Hou hierdie ruimte dop vir die klub se sakeliga wat vroeg in 2026 begin Alle sakeondernemings word genooi om solank hul spanne bymekaar te kry. “Jonk en oud is welkom om by die klub te kom rol,” nooi Van Rooyen, wat byvoeg belangstellendes kan vir drie maande speel en die sport kom uittoets voordat lidmaatskap betaalbaar is Kontak die klubpresident, Johann Smuts, by 0766931538 of die wedstrydsekretaris, Kiewiet van Rooyen by 0828965826 vir nog inligting





DavidRossouw
Abbotsdale het Saterdag (18 Oktober) sy tweede ronde van die Sanlam-BolandTop-12 voor ’n entoesiastiese tuisskare teen die voorlopers in groep B, die Saldanhabaai-rugbyklub, afgeskop.
Ná ’n gelykopuitslag teen Delicious NW in Clanwilliam die vorige week, was die verhoog vir uitkloprugby gedek Al twee spanne het van die afskop af hoëgehalte-rugby opgedis Saldanha het vroeg druk geplaas met kragtige voorspel en ’n strafskop in Lillies se 22m-gebied gewen Hul poging om ’n lynstaan te benut, het misluk en Lillies het die bal, wat agtertoe gespat het, bemeester en gaan druk (telling: 5-0) Saldanha het vinnig met ’n goeie agterlynbeweging geantwoord, wat
tot ’n drie langs die pale gelei het Met die suksesvolle doelskop was hy 7-5 voor ’n Strafskop het Lillies weer voor geplaas (87) Die veteraan Johan Louw het sy ervaring gewys met ’n drie, maar die doelskop was mis Saldanha het sy voorsprong gerek nadat sy losskakel sy vleuel met ’n rolskop gevind het en hy met ’n drie in die regterhoek afgerond het Jacobs het met die doelskop geslaag en die telling was 19-8 Lillies het druk toegepas en twee strafskoppe gewen, wat tot ’n drie gelei het, maar ’n fout in hul aanval het die drie gekanseleer Saldanha het weer toegeslaan met ’n lynstaan naby Lillies se doellyn en Louw het sy tweede drie gedruk Jacobs het misgeskop, maar Saldanha het met 24-8 gaan rus.
In die tweede helfte het Lillies met flair teruggekom en hul derde drie aangeteken








Saldanha het egter hul foute benut en ’n vyfde drie gedruk om dit 29-15 te maak Lillies het momentum gekry, maar kon nie Saldanha se sesde drie keer nie, wat die telling na 36-15 gestoot het Met 15 minute oor het Lillies die agterstand met twee vinnige drieë tot 36-27 verminder Die laaste 10 minute was opwindend, maar Lillies se ongedwonge foute het hulle duur te staan gekom ’n Laaste poging het uitgeloop op ’n drie, maar die doelskop was mis, 36-32, voordat Saldanha twee strafskoppe oorgeklits en die wedstryd 42-32 beklink het Saldanha het hom met dié oorwinning as die voorste span in groep B verseker en gewys waarom hy die Weskus-kampioen is Lillies het die potensiaal om bo uit te kom, maar sal hul dissipline en algemene spel moet opknap om hul slag in die SanlamBoland-Top-12-toernooi te wys
In Vredenburg het Wesbank teen die begeesterde tuisspan te staan gekom en net net 35-37 verloor Wesbank kan net homself vir die nederlaag blameer, want hy het by tye dinge vir homself moeilik gemaak Hopelik kan hy op sy foute fokus en beter teen Botrivier vaar Volledige uitslae: Vanrhynsdorp Eagles 24-52 Botrivier; Vredenburg 37-35 Wesbank; Abbotsdale 3242 Saldanhabaai; Villagers Worcester 24-29 Roses United; Safcol United 76-24 Delicious NW; Hillcrest 31-35 Robertson Town’ Bepalings vir 25 Oktober: 15:00: Roses United t Vanrhynsdorp Eagles; Delicious NW t Robertson Town; Hillcrest t Abbotsdale Lilies 17:00: Vredenburg t. Villagers Worcester; Saldanha t Safcol United; Botrivier t Wesbank


































































































