Preekzvdw10112013

Page 1

Sondag 10 November 2013 Oggenddiens Ek is ‘n Christen en daarom getuig ek deur my werk! Johannes 17 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom 2 gegee het, die ewige lewe te gee. En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat 3 deur U gestuur is. Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te 4 doen. Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het 5 voordat die wêreld bestaan het. “Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. 6 Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord ter harte geneem. 7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom; want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee. Hulle het dit aangeneem 8 en tot die oortuiging gekom dat Ek waarlik van U gekom het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. “Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat 9 hulle aan U behoort. Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en 10 Ek word deur hulle verheerlik. Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. 11“Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees. Toe Ek by hulle was, het Ek hulle in u Naam bewaar, die Naam wat U My gegee het. Ek 12het hulle beskerm, en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die een wat verlore moet gaan sodat die Skrif vervul kan word. “Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my 13 blydskap in al sy volheid in hulle kan hê. Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die 14 wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose 15 moet bewaar. 16Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 17Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. 18Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; 19en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U 1


toegewy kan wees. “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in 20 My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle 21 ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan 22 wees net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet 23 dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. “Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet 24wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het. “Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My 25 gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die 26 liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.”

Inleiding – WERK IS ‘n GROOT DEEL VAN JOU LEWE! 2.

Hoe baie werk jy?  Wanneer laas het jy gaan kyk hoeveel tyd spandeer jy aan jou werk?  Hier is dalk mense wat nie werk nie? Wat skool gaan of wat besig bly met ander aktiwiteite.  Maar kom ons gesels so bietjie met die wat werk of skool?

 Kom ons hoor bietjie watse werk doen almal van ons?  Wie geniet hulle werk? Werk is ‘n integrale deel van ons lewens. Ons spandeer baie van ons tyd by die werk.


As jy ‘n Christen is... hoe beinvloed dit jou werk? Dualisme vs 24/7 Christen-wees?

 Johannes 17 is die bekende gebed waar Jesus vir die kerk bid, net voordat Hy gekruisig word.  Hy weet dat Hy weggaan en dat Hy die wereld gaan verlaat  Maar ons wat aan die Here behoort bly in hierdie wereld  En ons (die kerk) is in hierdie wereld alhoewel ons nie van hierdie wereld is nie  Ons is nou eintlik verteenwoordigers van God se wereld (Sy koninkryk)  En nou bid Jesus vir ons: o Bewaar hulle o Dat hulle een mag wees o Beskerm hulle dat nie een sal verlore gaan nie o Ek bid nie dat hulle moet weggeneem word uit hierdie wereld nie, maar dat ons bewaar word van die Bose van hierdie wereld, want hulle moet in hierdie wereld leef. o Toegewy aan die wereld o Stuur hulle na die wereld toe o Dat hulle toegewy sal bly aan U o Bid ook vir die wat tot geloof kom deur hulle – eenheid o En dat die liefde in ons sal wees...  Vir baie lank en in sekere gevalle nogsteeds, dink Christene dualisties oor die wereld.  Fancy woord – vir ons dink oor ons lewens in twee katogoriee... geestelik en sekuler.  Wanneer ons kerk toe kom dan is ons met geestelike dinge besig  Wanneer ons werk toe gaan dan is ons met die sekulere dinge besig.  Dit is ou idees wat sover terug gaan soos Plato en die griekse filosofie...  En wanneer ons Johannes 17 lees, dan het party Christene afgelei dat Jesus bedoel ons moet nie met hierdie wereld meng nie.  Maar as jy vir jouself gaan lees... dan is dit juis wat Jesus se.... ons leef in hierdie wereld... maar ons leef anders in hierdie wereld... want ons behoort nou tot ander wereld en tot God....  En hoe ons leef in hierdie wereld is hoe mense van God hoor! En as jy meeste van die tyd by die werk is... dan is jou werk ‘n groot deel van hoe jy jou Christenskap uitleef. En dit is eintlik presies waar jy KERK is...


Hoe leef jy jou Christenskap uit by die werk?

Daar is baie om te se oor hoe jy prakties jou Christenskap by die werk moet uitleef. Ek vermoed baie van dit sal ek jou nie eers mooi oor kan help nie! Maar ek wil drie goed met jou deel 1.

Besef dit is deel van God se plan vir jou lewe  Die heel belangrikste ding oor hoe jy jou Christenskap by die werk uitleef is dat deel is van God se roeping vir jou!  Jy is geseend om te kan werk  Jy is geseend met ‘n klomp gawes... en passie  En jou werk is deel van God se roeping vir jou  Dit is deel van hoe jy KERK is in hierdie wereld

2.

Karakter, Karakter, Karakter    

Mense gaan jou Christenskap sien in jou karakter meer as in jou woorde. Wie het al besighede gesien met Bybelversies en vissie plakkers op? Wat is jou algemene gevoel dan? Ek kan hulle nie vertrou nie!

 As jy ‘n Christen is dan gaan mense jou Christenskap sien in: o o o o o o o o o o o o 3.

Integriteit Betroubaarheid Om op te staan vir wat reg is Eerlikheid Belasting en finansies Hoe jy gee en uitdeel en dien Hoe jy mense met waardigheid hanteer Hoe jy foute maak, dit erken, dit regstel en daaruit leer Liefde Deursettingsvermoe Goeie werksetiek Skinder of nie

Leef geïntegreerd  Die belangrikste uitdaging is of ons ons Christenskap 24/7 kan leef?  Is jou lewe geintegreerd? Leef jy geintegreerd?  Want dit help nie jy se jy glo maar jy leef op ‘n ander manier nie.


 Dit is wat mense ons waarskynlik die meeste voor kan kritiseer, is dat ons een ding sê en ‘n ander ding leef. Laasweek gesels oor hoe die Here aanhou skep! Hoe kan jy aanhou skep en kreatief wees by jou werk?    

Gebedsgroep Ondersteun mense wat deur moeilike tye gaan Gebruik jou invloed om die gemeenskap te dien Wees oop!

Uiteindelik: Wat glo jy? Wie is die kerk? Wat is die kerk?

 Jy spandeer ‘n groot deel van jou lewe by die werk of by skool.  As jy verstaan wat Jesus bid in Johannes 17... dan kan jy vanoggend hoor dat wat jy by die werk doen... is deel van God se plan om mense van Hom te vertel...  Dit is hoe jy leef... wat mense help om God te kan ontdek... Hierdie hele reeks kom op die ou einde op een ding neer – wat jy glo moet jy leef.... En as jy nie weet wat jy glo nie... hoe kan jy dit leef! En dit geld grotendeels van hoe jy by die werk en by die skool optree!

AMEN


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.