Belydeniszvdw03112013

Page 1

Sondag 3 November 2013 Aand: Belydenisaflegging PREEK: Ek glo! Matteus 10: 32-33 “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook 32 openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in 33 die hemel is.” Inleiding  Kan julle glo die jaar het so vinnig gevlieg?  Kan julle nog onthou toe ons die begin van die jaar almalvir mekaar gesê het wat ons met die jaar wil bereik....elkeen het op syeiedoelwittegefokus  Elkeen het op die kamp aan hulleself’n briefgeskryf.... waarin daar staan wat jy wil bereik in hierdie jaar... hoe jy graag wil groei...  En nou die aand het jy dit weer virjouself gelees...en jy kon sienwaarbyjyuitgekom het of nie....     

Ons het oor ’n klomp dinge gesels en klomp vrae beantwoord... Ons het gekamp Van ons het uitgereik... Ons het gesels oor wat belydenisaflegging beteken... En nou is ons hier vanaand...

En belydenisaflegging is elke jaar onder meer druk... Daar is meer gesprek daaroor... Daar word gevra wat moet die kerk daaroor se... En daar word gevra wat moet julle doen of nie doen nie... En die wereld waarbinnebelydenisafleggingplaasvind... raak al hoe meer uitdagend ook virjulle.... Navorsing – hoe ons dink oor ons geloof?  Ek is betrokkeby ’n span wat navorsing doen oor jongmense in die kerk....  En as deel van die begin van die navorsing het ons vroeer in die jaar net begin om die water te toets met die rigting waarin ons moet op fokus in die navorsing...  En ons het fokusgroepegehou....


 Een van die mees interessante dinge wat uitgekom het in die eerste stukkie gesprek van die navorsing is dat jongmense al hoe meer dink... ons moet eintliknie oor ons geloof praat met ander mense (buiten jou nabyvriende kring nie)....  Die rede is mense-regte.... of die reg van mense tot hul eie opinie....  So om oor jou geloof te praat is virbaiejongmenseom inbreek te maak op iemand anders se vryheid van spraak of iemand anders se menseregte...  Dit is nogals interessant.... Want wat maak ons nou met hierdieteks??  Die ironie is dat menseregtejuiseintlikvir ’n mens die kans gee om ook jou eiestorie of geloof te kan vertel...  Die punt is eintlik net dat jy dit nie op iemand anders moet af forseernie...  Maar as die idee leef dat ons nie meer ons geloof mag belynie... dan is dit eintlik ’n probleem... virhierdieteks.... maar ook vir die hele konsep van belydenisaflegging...  Miskien stem jynie saam nie.... maar Belydenisaflegging dwing jou om bietjiehieroor te dink... om te dink of jy bereid is om vir jou geloof op te staan... of om van jou geloof te vertel.... sonder om mensedaardeurseer te maak of te dwing...  Maar om met integriteit te vertel van dit waarin jy glo.... Want sien... dit bewyseintlik net virmy... dat dit al hoe meer iets van jou gaan vra om jou geloof te bely! Dit gaan jou iets kos.... Goedkoop en duur  Party keer is daar dinge waarin jy glo of wat jy voor lief is wat nie te veel van jou vranie...  Dalkvra dit nie veel van jou om op te staan vir jou skool, of jou span of jou vriend of jou meisienie...  Dalkvra dit nie veel van jou om op te staan vir goed wat maklik is nie!  Ander kere is dinge nieso eenvoudig nie... en kos dit jou meer!  Ek weet nie of jy al die film “SevenPounds” gesien het nie?  Dit is ‘n aangrypende voorbeeld oor duur liefde.  Die hoofkarakter “Will Smith” vertolk die rol van ‘n karakter (Tim Thomas) wat vir ‘n onbekende rede deur die loop van die film sewemense uitkies om hul lewens te red.  Later in die film word dit duidelik dat elkeen van hierdiesewemense ‘n opregte behoefte het na ‘n orgaan, ‘n huis, geld – een of ander uitkoms.  Teen die einde van die film raak dit duidelik – Tim Thomas het een


aandterwylhy ‘n sms gelees het terwylhy bestuur ‘n ongeluk veroorsaak waarin 7 mense insluitend sy verloofde gesterf het.  Hy neem op die einde van die verhaal syeielewe... sodatsylaasteorgane insluitend sy hart gegee kan word aan die sewemense wat hyuitgekies het.  Soms kan dinge goedkoop wees.  Soms kan dinge duur wees. Die teksvra van jou iets duur!  In hierdieteksvraJesusniesommer iets goedkoop van jou nie...  Die teks veronderstel eintlik dat dit iets van jou salvra om jou geloof te bely!  Die konteks van hierdiewoorde van Jesus is nogals uitdagend...  Jy moet die regte dinge vrees...moenie bang wees vir die verkeerde goed nie.....soos om nievirmy op te staan nie  En later se Hyselfs: jy behoort virmy op te staan bo enige iemand anders (selfs jou familie wat hier sitvanaand)  My belewenis is dat dit eintlikvandagpresiesdieselfde is  As jy opstaan virJesus in vandag se tye dan is jou karakter en integriteit op die spel...  Want jou vriende en jou critics hou jou dop as jyeers eenmaal opgestaan het virJesus  As jyvanaand hier se ekbely die Here in mylewe....dan het dit ‘n implikasievir wat jy doen by die skool, by die huis, hoe jyverhoudings hanteer, wat jy doen op ‘n sporttoer, hoe jy praat, met wie jyassosieer en wat jou anders maak op die matriekafskeid se after-party  Jy kan se...dit was nog altydso.....maar my ondervinding is dat wanneer jy dit hier kom se het...in die openbaar....formeel.....let mensenogals op  Ek se niejy gaan nie foute maak nie....ek se net jy moet besef dit het ‘n implikasie....  Die implikasie is die gemeenskap wat jyverteenwoordig se karakter en integriteit is op die spel  Want jy praat en doen namens ons  Ek weet.....elke jaar ook die kommentaar na die tyd.....hoor ek die stories oor....daaiou, daai girl..... 3rd – waaroor gaan vanaand?  Waaroor gaan vanaand?  Jou ouers (doop).....dinge in plek om jou te help tot nou


 Van nou af is jy op jou eie....  Al wat oorbly is verhouding met Jesus en jou karakter en integriteit Daar is ‘n paar beloftes vanaand aan jou:  Moenie bang wees nie....ek is by jou....ek is van die begin af by jou....ek het jou eintlikgekies  Jesus se hysal die ooreenkoms, verbond (pact) nakom (spoeg op die hand – en skud) “jybelymy, ekbely jou”  Ons se vanaand ons sal die verbond nakom tussen ons en jou  Al gaan dit sleg met jou, al maak jy foute, al hoor ons stories...dit is okay....ons salvir jou cover  En wat die verbond en die belydenis van jou kant betref....jou karakter en integriteit....jy wat ons en Jesus gaan verteenwoordig daar buite.....van nou af.....isdit in jou hande. Maar jy kom belyvanaand twee goed: 1. 2.

Wie jy in glo saljy voor opstaan (al kos dit wat) Jy is deel van ’n gemeenskap! Jy is deel van die kerk. Jy gaan jou kant bring en jy het dit nodig!

AMEN Belydenisaflegging Formulier Formulier vir die openbare belydenis van geloof Toe jygedoop is, het jou ouers voor die Herebelowe om jou so groot te maak dat jy die Heresal leer ken en tot geloof in Jesus Christus as jou Verlosser sal kom. Die feit dat jyvandag hier is om belydenis van geloof af te lê, beteken dat jy nou antwoord op die beloftes wat jou ouers met jou doop gemaak het. Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat jy voor die gemeente sê wat jy in jou hart glo, naamlik dat Jesus Christus die Here is en ook die Here van jou lewe. Jysê ook dat jy op Hom alleen salvertrou, dat jy graag volgens sy Woord wil lewe, dat jyaktiefbysy kerk betrokkesal wees en dat jy as sygetuie in die wêreldsal optree. Jy onderneem ook om gereeld die Bybel te lees en te bid sodat jou verhouding met die Here al hoe sterker kan word.


Verbintenis 1. Glojulledat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die belydenisskrifte van onskerkvervat is en in die gemeentehiergeleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is? 2. Beloofjyom as lidmaat van die gemeente van Christusdeursygenade in die belydenis van dié leer tot die einde van joulewetevolhard, en alleleringewatdaarvanafwyk, teverwerp? 3. Bely jydat die Here Jesus ChristusjoupersoonlikeVerlosser is en datjyHomliefhet? BeloofjyomHomtedien, syNaamgetroute bely voor die mense en omaktiefaan die werksaamhede van die kerkdeelteneem? 4. Aanvaarjydatjoumedegelowiges die verantwoordelikheid het omjoute help om op die regte pad tebly? NAME 1. NERINDA BEZUIDENHOUT 2. RENIER BOTHA 3. DANé DECABECO 4. LOHAN ENGELBRECHT 5. NIëL ERASMUS 6. CHINé JANSE VAN VUUREN 7. LIANELLE JANSEN VAN VUUREN 8. LOUIS-NEIL KORSTEN 9. ANASTASIA KOTZE 10.BELINDA LEWIS 11.DE WET TERBLANCHE 12.ROUXNET VAN JAARSVELD 13.DANIELLE VERHAEGHE 14.IVAN VILJOEN Aflegging 1. 2. 3. 4.

Nooivorentoe (staan op, kry hul seenbedeby hul ouers) Staan voor links (vat ‘n kers) Kind se foto verskyn met sy/haar naam, stap op terwyl ZW iets sê oor elkeen Antwoord by Zander (by die doopvont, plaashande daarin) en krysertifikaat


5. 6.

Elkeen steek sy/haar kers aan by die groot kers Gaan sit in die eerste bank


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.