PreekDD09122012

Page 1

1

Sondag 9 Desember 2012 Die wat getrou is ervaar God se trou. Psalm 103 Ps. 103 is al die beste beskrywing van God se liefde in die Ou Testament genoem. Die Ps. digter is so oorweldig oor wie God is en wat Hy vir hom gedoen het, dat sy gevoel van dankbaarheid oorgaan in lofprysing.  Dit is ’n persoonlike lofprysing van die digter vir die goeie dinge wat hy in sy lewe ontvang het (vs 1-2).  Maar die digter weet dat hy nooit losstaan van die geloofsgemeenskap nie – saam met die ander gelowiges het hy die barmhartigheid en genade, die lankmoedigheid en die liefde van God ervaar. Saam wil hulle die Here loof! “Dit is Hy wat ons sonde vergewe…” (vs 9 ev). Ware Christenskap kan nooit los staan van die geloofsgemeenskap nie. Daarom word ons kinders in die erediens – in die hart van die gemeente – gedoop, as teken dat hulle deel van die gemeente is. - As gemeente het ons vanmôre saam by die doop die onbegrensde liefde van God vir sondaarmense ervaar: “Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom dien” (vs. 13). - Saam het ons die onverganklike liefde van God vir verganklike mense ervaar: “15Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van ’n veldblom wat oopgaan: 16

as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir

altyd leeg.”


2

 Vir die Psalmdigter is dit nie genoeg dat hy en sy medegelowiges die Here loof nie, hy roep die ganse skepping op om saam met hom die Here te prys – ook die engele en die hemelwesens! Ons dink te klein oor God as net “ons God” en oor die kerk as “ons kerk”. God se koninkryk waarvan ons deel is, strek oor alles en almal! Hierdie loflied is gebore uit ’n besondere verhouding tussen die digter en God wat ’n verbond genoem word. Die Verbond Die verbond is ’n besondere vertrouensverhouding tussen twee partye: Soos tussen God en Abraham, Dawid en Jonathan, ’n Koning en sy gevolmagtigde gesant (ambassadeur), ’n Man en ’n vrou in die huwelik. Die teken vir die verbond in die Ou Testament was die doop. Die sleutel van so ’n verhouding is troue liefde en dit vra: - Respek: Sonder wedersydse respek, kan geen verhouding slaag nie. Die doop herinner ons dat God die inisiatief geneem het in ons verlossing as sondaarmense. Daarom wil ons en ons kinders se lewens in eerbied en respek aan Hom toewy omdat ons weet dat God sy liefde aan ons bewys het deur sy Seun, Jesus Christus, na die wêreld te stuur. Dit is immers die hart van die boodskap van Kersfees wat ons in die tyd tegemoetgaan. - Tyd: Ons gebruik dikwels die verskoning dat ons nie tyd het nie. Maar jy maak tyd vir dit wat vir jou belangrik is! Watter opofferings was ons nie bereid om te maak toe ons nog verlief was nie. Hoe het ons nie uitgesien na mekaar se geselskap nie. As jy wil hê dat jou verhouding met God, met jou huweliksmaat, jou kind, jou vriend/in gesond en gelukkig moet wees, moet jy tyd maak om aan


3

die verhouding te werk. En waar daar liefde is, is dit nie ’n opoffering nie, maar ’n voorreg. Hoeveel tyd is daar vir God … jou eggenoot … jou kind … vriend in jou dagboek? Die tyd wat jy bereid is om aan die verhouding af te staan, sê hoe belangrik die verhouding vir jou is. - Gesprek: Die tyd wat ons saam is, moet sinvol wees. Ons kan baie tyd saam voor die TV deurbring, sonder om met mekaar te gesels. En as ons gesels, moet ons gesprekke om meer gaan as: “Hoe gaan dit met jou by die werk?” Jy moet opreg belang stel in die ander persoon. Daardeur nooi jy hom uit om dit wat op hy/sy hart is, in vertroue met jou dit te deel. So ’n gesprek is baie meer is om te praat. Soms moet ons eers te luister – goed luister - en dan te praat. Netso is ons gebed as ’n gesprek met God, baie meer as om net te praat. Ons moet ons instel om eers te luister na wat God vir ons wil sê in sy Woord, deur die sakramente, deur ons omstandighede en die raad van medegelowiges - en dan te reageer. - Diensbaarheid: Miskien sal ons nog tyd maak om te gesels. Maar die gesprek iets van ons vra, skram ons weg. Ons soek dan verskonings. Ons wil van nature eerder gedien word, as om te dien. Ons moet onthou dat die mate waarin jy bereid is om opofferings te maak vir ander, ’n bewys is van die kwaliteit van jou liefde vir die ander persoon. Voorskrifte/wet/reëls Daar is ’n sterk geneigdheid vandag om die voorregte van ’n verhouding te wil geniet, sonder om die reëls vir die verhouding na te kom. Ek wil doen soos dit my pas én ander moet ook doen soos dit


4

my pas. Dit is tipies van kinders wat bederf is. As hulle altyd hulle sin gekry het, verwag hulle om ook altyd hulle sin te kry as hulle groot is. In die Bybel werk dit nie so nie. Wanneer God met Abraham ’n verbond sluit dan sê Hy: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby my en wees opreg” (Gen. 17:1). Wanneer God met Israel sy verbond bevestig, gee Hy vir hulle sy wet (Eks 20; Deut. 5). Dit spel die reëls vir die verhouding tussen God en sy volk en tussen die mense onderling uit. Drie maal word dit in Ps. 103 herhaal dat die Here sorg vir die wat Hom dien (vs. 11, 13, 17). As ons vanuit ons (verbonds-) verhouding in gehoorsaamheid aan God se wil lewe, kan ons staatmaak op God se versorgende liefde en sy seën op ons en ons gesin se lewe. Dit is ook God se belofte aan die doopouers en aan ons kinders vanmôre. Daarom kon baie van ons vanmôre saam met die Ps. digter gesê het: “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. 2Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.”

Ongelukkig het die OT volk gaandeweg die wet losgemaak van die verhouding waarin hulle met God gestaan het. Die onderhouding van die wet het ’n middel geword om die seëninge van God te verdien. In die tyd van Jesus was die Skrifgeleerdes en wetsgeleerdes hoogmoedig en was vasgevang in ’n wettiese godsdiens. Jesus het hulle witgepleisterde grafstene genoem omdat hulle ’n godsdiens beoefen sonder ’n hart wat klop met liefde. Tog het Hy gesê: Matt. 5:17

“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig

te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.”


5

Die boodskap van die doop vanmore is dat die wet en die verbond twee kante van dieselfde muntstuk is. 17”

Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien,

sy trou vir opeenvolgende geslagte, 18

vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom. op al

die plekke waar Hy heers!”


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.