
1 minute read
snoesig pantoffels in ons -


Advertisement


Leana
Reach for a Dream, die welsynsorganisasie wat kinders met lewensgevaarlike siektes se drome laat waar word, het vanjaar 6 Mei as Pantoffeldag gedoop. Dit is gedoen as deel van hulle nasionale veldtog om fondse in te samel, en GWK het nie teleurgestel nie. Ons personeel het op dié dag met hulle voete snoesig toegewikkel werk toe gekom –dit was immers al lekker koud! Drie pantoffeldraers het selfs pryse gewen. Reach for a Dream wil kinders laat glo in hulle grootste wense. Die organisasie laat al vir 33 jaar kinders regoor die land se drome waar word. Hierdie kinders is onder geweldig baie druk weens hulle mediese toestande en desperaat vir bemoediging. Verder gee Reach for a Dream vir hierdie kinders ʼn wonderlike oomblik om hul kinderlewe, wat weggeneem is deur siekte, werklik te ervaar.

Pantoffeldag is maar net een van die fondsinsamelingsdae wat die organisasie landswyd aanbied, en dit maak ons harte warm dat so baie van ons personeel die dag saam met hulle gevier het!

- johanna