3 minute read

In Exco se eie woorde

- LEANa

ʼn Maatskappy se kernwaardes vorm sy kultuur en beïnvloed sy strategie. Waardes help om ʼn purpose te skep en bevorder samewerking onder spanne. Dit is die oortuigings, filosofieë en beginsels wat ʼn maatskappy dryf en het ʼn impak op die ervaring wat enigeen het wanneer hulle met die maatskappy in kontak kom.

Advertisement

GWK se waardes is duidelik gedefinieer met omvattende beskrywings wat ons optrede volgens elke waarde rig. Hierdie waardes resoneer by ons elkeen, en soms is daar ʼn spesifieke een waarmee ʼn mens jouself spesiaal kan vereenselwig. Ons het by Exco gaan uitvind watter GWK-waarde vir hulle uitstaan en wat dit vir hulle beteken.

Llewellyn Brooks

Ek koop volkome op die waardes van GWK in en meet myself elke dag daarteen. Elkeen daarvan vereis doelbewuste gedrag en kollektief skep dit ʼn omgewing van vertroue en waardering.

As ek dan nou een moet uitsonder, sal dit integriteit wees. Dit is ʼn waarde wat van jongs af my eie Ware Noord was en my nog altyd gerig het wanneer ek voor moeilike keuses te staan gekom het. Ons almal is mens en faal soms, maar wanneer jy met integriteit optree, is jy eerlik, respekteer jy ander, bou jy vertroue, aanvaar jy verantwoordelikheid, hou jy by jou beloftes en, belangrik, help jy ander.

Dit is hoe ek wil lewe en hoe elkeen wie met my te doen kry, my daarteen kan verantwoordelik hou.

My wens is dat elkeen van ons GWK waardes met ons mense sal resoneer en dit ons familieband net sterker sal maak.

Andri Geel

Vir my is integriteit die waarde wat die meeste by resoneer. Dit beteken vir my om die regte ding te doen, selfs wanneer niemand kyk nie. Dit is om eerlik, eties en moreel te wees, selfs al is dit nie gerieflik of maklik nie – dis om getrou te bly aan jou eie waardestelsel. Vir my vorm integriteit die fondament vir vertroue, en is dit vir my ʼn belangrike bousteen vir spanne om saam te kan werk.

In die werkplek is daar baie wyses hoe integriteit geïdentifiseer kan word en, in my opinie, hang dit baie af van hoe jy elke dag opdaag – hanteer jy ander met respek, is jy ʼn spanspeler, neem jy verantwoordelikheid vir jou aksies, hoe hanteer jy konfliksituasies, misbruik jy jou mag, help jy bou aan die moraal van die maatskappy, is jy bereid om die ekstra myl te stap en kan jy vertrou word om die uitsette te behaal en te doen wat nodig is? In my ervaring beleef ek wel dat hierdie waarde geleef word as deel van ons kultuur.

Frans du plessis

Toewyding (eienaarskap) staan vir my kop en skouers bo alles uit, en leef ek dit persoonlik uit in GWK. Ek glo dat eienaarskap outomaties ander belangrike elemente saamvat en ondervang wanneer dit deel van jou dag-tot-dagoptrede begin raak, soos positiwiteit, die regte gesindheid, omgee vir my kollegas – ook die bereidheid om op te staan (selfs in moeilike omstandighede) om GWK te verdedig op enige platform om GWK en sy mense se beste belange op die hart te dra.

My ervaring is dat daar baie mooi eienaarskap binne GWK gevestig is, dalk nie op alle vlakke binne die maatskappy nie en dáár sal ons nog harde werk doen. Ek glo ek dat, met die kombinasie van die kliëntediens- en mensestrategieë. ons wel op hierdie gebied sal vorder.

Ek wil baie dankie te sê vir elke kollega van my wat binne GWK opdaag en optree asof dit hulle eie besigheid is.

Neil de klerk

Al ons waardes resoneer met my, want ons was saam deel van die ontwikkeling daarvan. As ek egter een moet kies, sal dit innovering wees.

Met innovering deel van jou mondering, is geen probleem onoorkombaar nie en maak ʼn wêreld van geleenthede voor jou oop.

Tom Meintjes

Ongeag wie se waarde dit is, is die waarde wat wat meeste by my resoneer eerlikheid en opregtheid (integriteit). As ons eerlik en opreg is in ons optrede en in wat ons doen en sê, skep dit vertroue, waarsonder ons nie in enige besigheid of ander aspek in die lewe kan klaarkom nie.

Wim van rooyen

Van al ons waardes staan spanwerk vir my uit. Toe ek jonger was, het ek gedink ek kan alles alleen doen. Noudat ek grys geword het, besef ek die waarde van die mense in ʼn span rondom jou. Niemand kan sukses alleen behaal nie.

This article is from: