
1 minute read
wel, wat het ons hier?
- LEANa
Mev. Vrystaat, Veronica van Zyl, het harte by ‘n kinderhuis bly gemaak met ‘n skenking van GWK Farm Foods. “Die gesiggies en drukkies was van onskatbare waarde,” sê sy.
Advertisement
Vir Reinard Louw, grafiese ontwerper, was dit ʼn hartseer dag toe hy sy agt jaar oue, baie stadige rekenaar aan GWK IT moes terugbesorg. Hy het glo wel meer vrede in sy hart toe hy die gerusstellende oproep kry “hallo, dis Riaan van die ouetehuis...” as versekering dat Oupa sy laaste dae in gemak sal deurbring.
Annelise Krugel van Finansies se dogter, Jo-Anneke, is aangwys as Douglas Hoërskool se hoofdogter vir 2023. Ons is trots op uitblinkerpersoneel en hulle uitblinker-kinders!


Chantelle Fourie van GWK Bemarking en Kommunikasie het vir mooie WJ verwelkom op 13 September. Sy sê babas is oulik, maar blerrie duur!


16 Oktober was Boss Appreciation Day en die span by Kimberley Handel het vir hul takbestuurder, Ryno, ietsie kleins gegee om te wys dat hulle hom waardeer en dat hy die beste is.


Conrad Bornman en Leonore Louw van Bemarking en Kommunikasie sal getuig dat die werk soms swaar fisieke vereistes stel as ʼn mens wil seker maak dat jy die béste foto’s geneem kry.


Farm Foods Modderrivier het seker gemaak hulle vier Braaidag behóórlik. Almal het byeen gekom vir ʼn dag van saam kuier en gesels, en natuurlik heerlike braaivleis soos net ons

GWK Welvaart se adminspan is die olie wat die masjien laat werk. Karen Kruger sê sy is ongelooflik trots op hoe hierdie (meestal nuwe) span funksioneer. “Ek wil graag erkenning gee aan GWK Welvaart se adminspan,” sê Karen. “Die laaste jaar het daar ʼn klompie groentjies ingekom en hulle moes in moeilike omstandighede leer swem. Almal het oorleef! Elkeen het volle eienaarskap gevat en elkeen het op sy eie gebied ʼn groot verskil gemaak.”




Laurika, Christel en Anneke is almal nuut, en Karen sê Suzette het seepglad by die nuwe energie ingeskakel. Dankie vir julle harde werk en positiwiteit!

