1 minute read

Red ‘n lewe!

ʼn Klompie superhelde het hulle deel gedoen en bloed geskenk toe die geleentheid by verskeie van ons kantore gebied is. Pieter John Langenhoven van Modderrivier het vir die 100ste keer bloed geskenk!

Barkly-Wes se blinkste

Advertisement

Elke jaar wys die personeel op Barkly-Wes ʼn Werknemer van die Jaar aan. Nolene Meiring het die “Gooi Mielies”-veldtog gedryf, waarin werknemers maandeliks vir ʼn kollega stem en die spanlid met die meeste stemme, kry ʼn geskenkbewys en word aangewys as die Werknemer van die Jaar. Pieter Swarts was die wenner van dié toekenning vir 2021. Ons sien uit om in die volgende uitgawe van Rocketeer te sien wie het in 2022 geskitter. Geluk, Pieter!

“Dit was vir ons plesier en ʼn voorreg om Pieter Swarts geluk te wens as beste werknemer van die jaar vir 2021. Jy het nog altyd aan die vereistes voldoen om ʼn uitstekende werknemer te wees waarop die tak kan staat maak. Jy het werklik bewys dat jy ʼn persoon met groot potensiaal is en ʼn verskil wil maak. Jou harde werk en passie het dit vir jou moontlik gemaak om dit te doen. Jou gedrag teenoor jou kollegas het ook ʼn belangrike rol gespeel, en jou toewyding is vir hulle ʼn inspirasie. Dankie vir die voorbeeld wat jy stel – dit is hoekom jou kollegas vir jou gestem het vir hierdie toekenning. Ons is trots op jou diens aan GWK en weet dat jy jou harde werk met integriteit en passie gaan voortsit. Baie geluk! Jy is ʼn noodsaaklike bate in ons span op Barkly-Wes en ons maatskappy het meer en meer werknemers soos jy nodig.”

– Abrie Nortjé