1 minute read

Wie sit GWK op die kassie?

GWK Bemarking en Kommunikasie het twee permanente video- en fotograwe, en ʼn eksterne videograaf op bystand. Hoekom?

meenskapsprojekte (Net ʼn druppel, ons ECD-skole, ensovoorts) en ander geleenthede (soos die GWK Farmers Cup) insluit. Alle lewendige uitsendings (soos The Pod en die jaarvergadering) en die verwerkings van dié uitsendings word ook deur die span gedoen.

Advertisement

Videoprojekte verskil in omvang, maar vir elke videoprojek word daar skerp gefokus op kreatiwiteit en gehaltebeheer. Video’s waarin onderhoude gevoer word, vereis voorbereiding soos die saamstel van besprekingspunte, vroegtydige voorbereiding van die spreker op die video, beplanning oor die regte plek om die video af te neem, en dies meer. Ná die opname gedoen is, word daar noukeurig na die rou materiaal gekyk en geluister. Die stemopname word afsonderlik ʼn paar keer deurgeluister om te verseker dat slegs die belangrikste inligting ingesluit word. Dit word gevolg deur ʼn klomp stappe, soos redigering, kleurstellings, veranderinge en goedkeurings.

Groter projekte vereis verskeie vooraf-vergaderings om konsepte te

- Leana

oorweeg en bespreek. Sodra die kreatiewe konsep vasgestel is, word die teks (script) geskryf, heroorweeg, verander, aangepas en gefinaliseer – alles om seker te maak dat die boodskap duidelik oorgedra word (en nie vervelig is nie). Ander voorbereiding sluit die besluite oor die taal van die video en die materiaal in – of dit animasie of lewendige materiaal sal wees.

Ongeag die grootte van die projek, word elke video met sorg benader en goed deurdink, in samewerking met die besigheid wat die video versoek en al hulle kennis in die video oordra. Dit is belangrik dat elke produksie anders – en beter – is as die vorige een, want innovering staan immers in ons naam.

Volgende keer as jy ʼn GWK-video raaksien, of dit nou op SharePoint, Facebook, YouTube of ʼn uitsending is, kyk jy dalk met nuwe oë daarna –dit is maar net één van die elemente wat GWK-besighede gebruik om ons maatskappy se beeld bou en waarop elke GWK-spanlid bitter trots kan wees.

This article is from: