
1 minute read
Kikker jou Kerstafel op met (GWK se) pekanneute!
Julle ken sekerlik teen dié tyd GWK se sustersbesigheid, GWK Pecans, wat verantwoordelik is vir die verkryging en bemarking van Suid-Afrikaanse pekanneute aan die plaaslike en internasionale mark.
Hoewel die meeste neute (in-dop en kerne) bestem is vir die internasionale mark, het jy geweet dat jy die varsste en beste gehalte pekanneute kan koop om by die huis te geniet? GWK Pecans se wêreldklas kraakaanleg in Upington maak seker dat jy nie met die dop hoef te stoei nie, én jy kan neute koop in verskillende groottes. Van halwe kerne tot stukkies en selfs pekanmeel vir die lekkerste tuisgemaakte beskuit is beskikbaar vir GWK-personeel en die publiek om te koop.
Advertisement
Gesels met Porcha-Lee Jacobs (054 331 1711/porchaleej@gwk.co.za) by GWK Pecans in Upington vir meer inligting of loer in by jou naaste GWK-handelstak wat ook voorraad beskikbaar het. As jy meer wil weet oor GWK Pecans, gaan na www.gwkpecans.co.za.