1 minute read

Landzicht

- Frans

Landzicht het ʼn opwindende jaar agter die rug met verskeie kompetisies en spesiale aanbiedinge. Personeel het in Julie die geleentheid gehad om teen ʼn gesonde afslag van Landzicht se heerlike wyne aan te koop. Die kelder was verbaas en verheug met die hoeveelheid aankope wat op dié een-dag-alleenlik-promosie verkoop was, en hierdie is beslis nie die laaste spesiale promosie wat GWK-personeel by Landzicht kan verwag nie.

Advertisement

Brandewyn-kompetisie

In September was daar ʼn lekker personeel-kompetisie waar ons elkeen se kreatiewe denke wou toets om vir Landzicht se nuwe Confluencebrandewyn ʼn naam en slagspreuk te kry. Ons was weer verbaas met die aantal unieke inskrywings wat ons ontvang het.

Johann Botes was as die wenner aangekondig met sy inskrywing: Kalahari Dew – Saddle down, its been a hard day!

Johann het reeds sy R500 Landzicht-geskenkbewys ontvang! Weereens baie geluk, Johann.

Landzicht wen groot by Veritas 2022

Veritas-wyntoekennings is die land se oudste en mees gesogte wynkompetisie en bestaan reeds sedert 1991. Die 2022-pryswenners is in Oktober aangekondig en Landzicht spog met vier toekennings!

Veritas is sinoniem met uitnemendheid en om met enige prys hier weg te stap, is ʼn groot eer vir die betrokke wynkelders. Landzicht se pryswenners vir 2022 is:

• Full Cream Oak Matured 2011: Goud

• Winemaker’s Reserve Merlot 2018: Silwer

• Winemaker’s Reserve Sauvignon Blanc 2018: Silwer

• Wit Muskadel 2021: Brons

Maak só as jy nog Landzicht vir die feesseisoen wil bestel :

• Skakel Landzicht direk by 053 298 8314

• Stuur ʼn e-pos met jou bestelling, personeel- en selfoonnommer na wynkelder@gwk.co.za

• Of besoek self die kelder op Douglas om jou wyn te koop.

Volg Landzicht hier en bly op hoogte: Facebook: @Landzichtwine | Instagram @landzichtwine | www.landzicht.co.za

GWK Handel:

Besparings

Perfek Vir Die Feesseisoen

- Frans

Dit is vir ons lekker om ons eie personeel so gereeld in ons handelstakke te sien en ons herinner elkeen graag aan die wonderlike besparings wat jy deur handel kan geniet. Jou GWK-rekeningnommer, wat gekoppel is aan ʼn kontant- of kredietfasiliteit, help om jou beursie nou met die komende feesseisoen ʼn bietjie vetter te hou.

Hierdie besparings is sedert 1 September ook aan ons kliënte gebied en dit is net nog ʼn manier hoe GWK Handel seker maak dat ons altyd kompeterend bly. Die afslag is geldig op verskeie items soos klere, hardeware, kruideniersware en selfs tuintoerusting. As jy wil deel wees van die besparings, maak seker jy volg die volgende stap:

June Portman kan jou help met die opstel van ʼn GWK-rekening. Stuur vir haar ʼn epos op junep@gwk.co.za vir verdere inligting.

Kry jou papierwerk agtermekaar en gaan besoek GWK Handel! Ons kan nie wag om elkeen van ons personeel in ons takke te sien, en sien uit om vir elkeen die beste diens en produkte teen die mees kompeterende pryse aan te bied.

Sien jou daar!

This article is from: