
2 minute read
GWK Meganisasie word beloon vir skitter-prestasie -

• Onderdelebemarker van die jaar: Andrew Guys
Advertisement
• Werknemer van die jaar: Hendri Lamprecht
• Ambassadeur van die jaar: Gert Pienaar
• Vakman van die jaar: Jurie du Plessis
GWK Meganisasie het aan die einde van 2021 in Johannesburg dié gesogte pryse van ‘Handelaar van die Jaar’ en Top-drie Verkoopsverteenwoordigers in Suider-Afrika (Vos Botha) gewen. Ten spyte van ʼn wêreldwye pandemie wat steeds Suid-Afrika se ekonomie geknou het, het GWK Meganisasie daarin geslaag om ʼn uitstekende 2021 te beleef.
Nico Storm (hoof van Meganisasie) erken dat hierdie toekenning ʼn geweldige eer vir hom en sy span was en om benoem te word, bewys dat GWK Meganisasie op die regte pad is. “Die toekenning bevestig eintlik vir ons ʼn hele paar dinge, waaronder die feit dat ons besigheid ʼn kliëntgesentreerde een is. Dit bevestig ook dat GWK en JDAME (John Deere Africa and Middle East) se strategieë goed belyn is. Verder beteken dit ook dat ons besigheid doen binne sekere
Frans
geskrewe en etiese riglyne, wat natuurlik aan ons kliënte, ons strategiese vennote, en onsself gemoedsrus gee.”
Vos Botha werk al tien jaar by GWK. Die toekenning kom tydens moeilike tye vir enige verkoopspersoon. “Ek bly en werk in ʼn ongelooflike goeie landbou-area met merkwaardige boere. John Deere bestaan reeds sedert 1837 en is vandag een van die beste handelsname en trekkermaatskappye ter wêreld. Ek word die geleentheid gebied om my kennis van al die reekse te verbreed en sodoende uitmuntende diens aan ons produsente te bied,” sê Vos.
Vos sê ook dat ʼn mens se verhouding met kliënte deurslaggewend is as dit by ʼn verkoopspersoon se sukses kom. “Suksesvolle verkoopsverteenwoordigers moet ʼn goeie verhouding en vertroue by kliënte kweek. Jy moet weet wat die produsent se behoeftes is en definitief meer luister as praat. Jy moet ook ten alle tye hulpvaardig wees en geen moeite moet ooit te veel wees vir jou kliënte nie. Eerlikheid is ononderhandelbaar en jou prys moet altyd jou prys wees!”

Meg breek die grense in Oktober 2022
As julle gewonder het hóékom Meg toekennings verdien, is dié besigheid se prestasie in Oktober 2022 ongetwyfeld ʼn bewys daarvan.
Ons is almal reeds bewus daarvan dat landbou die silwer randjie rondom die donker Covid-wolk was oor die afgelope paar jaar: die sektor het die Suid-Afrikaanse ekonomie gedra terwyl dit werkskepping en voedselsekuriteit ondersteun het. Dit beteken nie dat die bedryf onaangeraak was deur die inperking-uitdagings nie.
Maar, soos die John Deere-toekenning beklemtoon, het die span van GWK Meganisasie grense verskuif, ongeag hierdie uitdagings.

Hierdie GWK-besigheid het Oktober 2022 aangeteken as ʼn rekordmaand.
Deur hulle harde werk kon hulle ʼn 364% verhoging in verkope bereik. Dit is gelykstaande aan ʼn 175% verhoging in jaar-op-jaar-verkope.

Ons glo in “give credit where it’s due” – daarom verdien hierdie span al die erkenning vir ʼn ongelooflike suksesvolle maand.
“Aan die hele Meganisasie-span, met spesiale erkenning aan Hendri en sy bemarkers, wil ek julle geluk wens met hierdie uitsonderlike prestasie,” sê Frans du Plessis. “Ek is ongelooflik trots op julle.”



GWK Agri het ʼn inisiatief waar hulle personeel beloon wat die ekstra myl vir kliënte of ons maatskappy stap. Dié gesogte titel is die Agri Besturende Direkteurstoekenning. Dit is altyd vir ons lekker om goedvoel-stories van ons personeel te hoor.
In die vorige uitgawe van Rocketeer het ons vir Wilmari van Zyl, Marcheline Olyn en Ricardo Molele gehad. Die spanlid wat die afgelope paar maande die toekenning ontvang het, was Andries Faber (Koördineerder: Hopetown Handel).

Deurlopende positiewe terugvoer van die Hopetown-kliënte beklemtoon Andries se werksetiek en sy bereidwilligheid om selfs na-ure te help. Louisa Thomas, takbestuurder by Hopetown Handel, vertel hoe Andries se toewyding ‘n impak maak op sy kliënte. “Andries het die afgelope jaar geweldig gegroei en ons