
2 minute read
Almari Vlok Francois Marais
Prieska en Marydale Produkte is baie opgewonde oor die Maak Jou Merk-inisiatief wat hulle op 3 November afgeskop het. Die onderskeie opleidings is voltooi en die span het letterlik hulle merk gemaak. Steven Pelser het voorgestel dat ou bakkies van die bakkieshyser aangewend word as planthouers en dat elke spanlid sy eie vetplantjie bring. Elkeen het, nadat hulle plantjie geplant is, hulle handpalm in verf op die bakkie aangebring.
Net soos ons elkeen ons merk in die besigheid wil maak, het die span hulle merk op die houers gemaak. Hoewel elkeen se merk uniek is, is daar nie een merk wat minder belangrik is nie. Almal is ook self verantwoordelik vir die versorging van sy plantjie – net soos ons elkeen verantwoordelik is vir die versorging van die merk wat ons in GWK laat.
Advertisement

Onder leiding van Bradley Davis sien die Prieska- en Marydale-spanne uit om na nuwe hoogtes te klim en sodoende ons merk in GWK te los.
Jaco Botha
Tydens die Maak jou Merk-opleiding wat aangebied was by Flotank Christiana, asook Jan Kempdorp- en Barkly-Wes-produkte, is die langverwagte Metabuilder bekend gestel, waar elkeen se belangrikheid in die waardeketting van Trading se strategie beklemtoon is. Dit het meer vir personeel verduidelik oor dié platform waar prosesse in kronologiese volgorde gemodelleer is – hierdie is oor die algemeen met ope arms verwelkom. Dit is goed om die groter en belynde prentjie te sien hoe elkeen se aksies ʼn invloed op die besigheid


Elke werknemer het hul merk (handtekening) gemaak op die portret wat die rol uitbeeld wat ons in die besigheid speel. Ons het ʼn ontbyt op Douglas (Douglas-personeel) gehad en middagete in Christiana (Christiana-personeel). Tydens die ontbyt en ete het ek die personeel ingelig oor die Maak jou Merkinisiatief en daarna is die portret geteken en dit is opgehang by die hoofkantoor waar die FloTank-span sit. Dit is lekker om sulke terugvoer te ontvang en ek is trots op ons mense vir hul deelname en kreatiwiteit met hierdie verbeteringsproses. Ek deel binnekort meer terugvoer voor ons na die volgende fase van Maak
GWK Meganisasie het in Mei 2022 ʼn glansgeleentheid in Douglas aangebied ná hulle ʼn gesogte prys by John Deere ontvang het. Om weg te stap met die titel van ‘John Deere Handelaar van die Jaar’ is nie iets wat gereeld gebeur nie en is ʼn duidelike teken van elke spanlid se toewyding tot die besigheid se sukses.

Die aand was gekenmerk deur goeie musiek, kos, geselskap en die viering van ʼn gemeenskaplike doel –om die beste John Deere-handelaar in Afrika te wees. Dié groen masjinerie en GWK is reeds vir vyf dekades sinoniem en om hierdie gesogte titel los te slaan, moes die bekwame Meganisasie-span behoorlik skouer aan die wiel sit.
Ons is geweldig trots om sulke top-presterende personeel en besighede as deel van GWK te hê, daarom is die span bederf met ʼn spesiale funksie om erkenning te gee aan elkeen wat bygedra het tot die prestasie.
Die volgende personeel het spesiale toekennings tydens die geleentheid ontvang:
• Bemarker van die jaar: Vos Botha