
2 minute read
vir verbetering!
In die laaste Rocketeer het ons meer vertel oor GWK Trading se verandering- en verbeteringsprojek, Maak Jou Merk, wat aan die einde van 2021 afgeskop het. Intussen het die spanne van Trading aan boord geklim op ʼn reis om elkeen se purpose in die besigheid beter te verstaan.
Tom Meintjes, besturende direkteur van GWK Trading, sê dat die Trading-besigheid ʼn droom én die strategie het om ʼn wêreldklas verhandelingsbesigheid te wees. Maak Jou Merk is die voertuig waardeur dié strategie lewe kry.
Advertisement
Die inisiatief bestaan uit verskillende elemente, insluitend opleiding en ʼn Maak Jou Merk-oomblik, waar per-
Colette Cohen
soneel hul verbintenis tot die proses op ʼn unieke manier gewys het. Lees hier die terugvoer van ʼn paar van die spanne wat deur die proses gevorder het.
Hoe raak dit jou?
Ek steel by my vorige Rocketeerartikel om hierdie een af te sluit… As jy deel van die Trading-divisie is nie, gaan jy nie onmiddellik meer hoor oor die spesifieke projek nie. Wat wel relevant is, dat ons elkeen intussen kan sorg dat ons elke dag effektief werk, ons take met oorgawe uitvoer en gehalte kliëntediens lewer. Jy kan ook verseker dat jy verstaan wat jou verantwoordelikhede is en met jou Trading-kollegas gesels vir wenke – hulle gaan immers die kenners raak in groei en verbetering. Elkeen van ons kan ons merk maak vir die toekoms van GWK.
Selfs ons wyn...
Forona Stephens, GWK Trading se Menslike Hulpbronne-besigheidsvennoot en die projekleier van Maak Jou Merk, vertel dat dit goed is om te sien hoe elkeen se aksies ʼn invloed op die besigheid en hul kollegas het. Sy deel self terugvoer oor die aksies wat by Rietrivier Produkte en die Landzicht-wynkelder op Douglas aangebied is:
Heel onseker het daar 22 personeellede van Flotank en Trading aangemeld vir die Maak Jou Merk-opleiding by die GWK-hoofkantoor op 7 April 2022. Almal het vooraf e-posse ontvang met inligting en vrae wat hul katvoet gelaat het vir hierdie onbekende.
Maar, met die ysbreker kon die personeel lag en ontspan en toe is almal gemaklik om hierdie onbekende aan te durf! Een spanlid teken op ʼn spanlid se rug en hierdie spanlid moet dít wat hulle voel, dan oorteken op ʼn ander papier. Hier het ons gesien hoe lyk verskeie volstruise! Oopkop en gemaklik ná die opleiding het die personeel die volgende fisieke aktiwiteit aangepak om hul verbintenis tot die maatskappy ten toon te stel. By die produktedepot op Douglas het elkeen ʼn slot ontvang met hul inligting daarop, om te koppel en te sluit aan die GWK-muur by die depot.
“Rietrivier Produkte het op 2 Augustus met die inisiatief afgeskop,” sê Forona. “Met dié projek is dit tuisgebring dat elke spanlid belangrik is in die besigheid en hoe elkeen van ons besig is om ʼn stukkie geskiedenis in die boeke van GWK te skryf deur ons optrede en dade. By die wynkelder het elke werknemer hul merk gemaak deur ʼn plakker op ʼn geverfde bord te plak. Dit beeld die rol uit wat hulle in die besigheid speel. Deur dié aksie het hulle beloof om wyn van uitnemende gehalte te maak, en raai wat? Hulle kry dit reg. Almal wat die wyn proe, is versot daarop!”



