
5 minute read
Dup dóén dinge
- Leana
Dup Haarhoff, GWK se hoof van Landboukundige Dienste, is onlangs deur Landbouskrywers SA aangewys as die Noord-Kaap se Landboukundige (Voorligter) van die Jaar. Om net hiervoor benoem te word, wat nog te sê wén, moet jy ‘n rits indrukwekkende prestasies agter jou naam hê. Dup is een van ons GWK-mense wat stil-stil grense verskuif. Lees ‘n bietjie hier hoe hy sy span lei om die landskap van presisieboerdery te verander.
Advertisement



Die kriteria vir hierdie toekenning is onder meer gewortel in:
• Die manier waarop die kandidaat sy kennis deel en die waarde wat die kandidaat vir boere en landbou bring
• Hoe hierdie kennis op ʼn praktiese manier toegepas kan word
• Hoe die inligting boere help om beter en meer volhoubaar te boer

• Die impak wat die kandidaat se navorsing en kennis op landbou maak
• Hoe die kandidaat bydra tot landbou, die bedryf of die organisasie waarby hy betrokke is
• Aanpassing by verandering: hoe die kandidaat sy navorsing en diens by die veranderende landbou-omgewing aanpas om daagliks nuwe uitdagings aan te spreek
• Die beginsels, waardes en etiek van die kandidaat
Meer oor Dup
Dup is in 1961 in Vaalharts gebore en het gematrikuleer aan Diamantveld Hoërskool in Kimberley. Hy is getroud met Ansie en het twee dogters. Hy het ʼn B.Sc.-graad in bodemkunde en geologie, ʼn honneursgraad in bodemkunde en ʼn nagraadse diploma in terreinevaluering, alles aan die NWU verwerf. In 1989 het hy sy M.Scgraad in grondkunde by die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf. Dup het in 2001 by GWK begin werk as landboukundige voorligter.
Tydens die presisieboerdery-era het Dup se span vinnig aangepas om die gaping tussen tegnologie en die toepassing daarvan te vul. Dié span was een van die eerstes in die land om afstandswaarneming deur middel van gereelde satellietbeelde te gebruik.
Dup se mees merkwaardige prestasie is waarskynlik die ontwikkeling van ʼn voorligtingsmodel waar landboukundiges op ʼn onafhanklike wyse voorligting doen sonder om finansieel gesubsidieer te word (geen produkverkope vorm deel van die model nie). Die landboukundiges wat deel is van hierdie model, is heel waarskynlik die enigste suiwer voorligtingspan in die land wat dit regkry. Dup het hierdie span (wat uit 18 mense bestaan) opgebou tot waar dit vandag een van die mees gerespekteerde landboukundige spanne in die land is.
Sy passie is om voorligters (landboukundiges en tegnikusse) te bemagtig en om die wetenskap en tegnologie in ʼn verteerbare wyse te verwerk sodat dit waarde kan toevoeg tot die landboubedryf.
Die span en die boere
Dup glo dat die groot rede vir sy span se sukses hulle geloofwaardigheid is – iets wat hulle bereik deur hul werksetiek en onafhanklike aanbevelings. Elke spanlid weet presies wat sy of haar rol in die span se holistiese benadering tot presisielandbou is. Die span se gedeelde doelwit is om optimale opbrengste te verseker – om ons land se boere volhoubaar te maak. In Dup se span is:
• Presisieboerdery: landboukundiges wat fokus op agronomie. Die span se fokusklant-projek (HTB, of hoë-tegnologieboerdery) is deur Dup ontwikkel en data uit hierdie span word deur studente gedurende hul studies gebruik. Voorbeelde hiervan satellietbeelde wat weekliks verwerk word om voorskrifkaarte aan boere te voorsien. Dié kaarte word gebruik om die regte toedienings op die regte plekke in lande te maak. Hierdie span is ook verantwoordelik vir boeredae soos die Groentoer en hulle skryf tegniese, waardevolle artikels vir elke uitgawe van Kommuniek
• Besproeiingskedulering: tegnici wat die nuutste tegnologie gebruik om effektief water te skeduleer. Hierdie span is al só gespesialiseerd dat daar gewasspesifieke strategieë ontwikkel is vir die Noord-Kaap ten opsigte van waterskedulering. Die span is verantwoordelik vir ongeveer 30 000 hektaar se besproeiingskedulering per seisoen (twee seisoene per jaar). Gewasse waar waterskedulering plaasvind sluit in mielies, koring, gars, uie, aartappels, katoen, grondbone, droëbone, sojabone, lusern en pekanneute.
• Spesialisgewas-besigheid: ʼn hortoloog wat spesialiseer in pekanneute. Produsente word op verskillende vlakke voorgelig, byvoorbeeld snoei- en “hedge”metodes, bemestingaanbevelings, watertoedieningstrategieë, ensovoorts.
• Landbou-ekonomie: ondersteuning aan die fokusklant-mode; “benchmarking” op groot skaal tussen boere gedoen om sodoende die mees ekonomiese boerderypraktyke te identifiseer. ʼn Elektroniese kostegids (Profarmer) wat nasionale gewildheid geniet, is deur Dup geïnisieer en verder in dié span ontwikkel. ʼn Wye reeks landbou-verwante instansies maak gebruik van Profarmer, onder meer produsente, banke, konsultante, meganisasie-besighede, kunsmismaatskappye, ensovoorts.
• Gewasnavorsing: verantwoordelik vir die plant van kultivarproewe, sowel as die ondersoek van die nuutste tegnologieë. Hierdie span se waarnemings word oorgedra aan die presisieboerdery-span, wat weer op hulle beurt sommige proewe herhaal op ʼn meer kommersiële basis.
• Landboubestuursinligting (LBI): verantwoordelik vir die datahuishouding en -verwerking. Alle data word gestoor en die span stel voorleggings op in samewerking met die presisiespan, wat in detail voor die begin van ʼn seisoen met die fokusklante behandel word. Hierdie voorleggings is “plaas-spesifiek” en bevat detail om sodoende die boer voor te berei vir die volgende seisoen.
In ʼn omgewing wat verander
Produsente betaal vir die landboukundige diens wat gelewer word en daarom moet Dup se span aan die voorpunt van tegnologie bly. Voorbeelde waar die nuutste tegnologie ingespan word, is dié van verwerkte satellietbeelde. Aanvanklik was daar slegs een of twee satellietbeelde per seisoen beskikbaar, maar die aantal beelde is nou vermeerder tot waar dit nou elke vyf dae gelewer word. Unieke verwerkings van die beelde word gedoen. Een só ʼn voorbeeld is die veranderingskaarte (“change maps”) wat ontwikkel is om elke tien dae se satellietbeelde met mekaar te vergelyk en dan ʼn kaart te saam te stel (in robot-kleure) waar die verbetering of verswakking van lande in kleur uitgewys word. ʼn Spesiale algoritme is vir die span ontwikkel, waar verskillende spilpunt-lande wat met dieselfde kultivars en plantweekdatum geplant is, met mekaar vergelyk word.
Gedurende die periode waar hierdie span werk, is die besproeiingskeduleringsmetodiek totaal verander van waar daar eers met neutronvogmeters op ʼn weeklikse basis gemeet is, tot waar die span vandag van “continuous logging systems” (probes) gebruik maak wat op ʼn uurlikse basis data vir die produsent deurgee. Hierdie span gebruik voorbeelde om voorligting aan produsente te bied en hul bewus te maak van die invloed wat swak waterskedulering op opbrengste het.
Bring ekonomiese waarde
“Benchmarking” word op groot skaal gedoen tussen boere om sodoende die mees ekonomiese boerderypraktyke te identifiseer. Aanbevelings word op ʼn individuele basis gedoen, want hulpbronne en bestuurspraktyke verskil tussen produsente. Geweldig baie waarde word só tot die boer toegevoeg omdat hy sy insette op die mees effektiewe en winsgewende manier kan aanwend met die hulp van die span se navorsing, proewe en inligting.
Transformasie is belangrik
Dup is trots op sy en sy span se betrokkenheid by Agriqua en die besigheid se deelnemende opkomende boere. Agriqua-boere word grondkundig, agronomies en ekonomies ondersteun, sowel as opgelei in besproeiingskedulering. Hulle data word verwerk en seisoensbesprekings word gedoen, waar die beste kultivars, plantdatums, en bewerkings- en bemestingspraktyke aanbeveel word. Twee-weeklikse landbesoeke word gedoen en opleidingsgeleenthede word geskep, waar die nuwe boere opgelei word. Dup is veral trots dat ʼn opkomende boer tans een van die top-koringboere in sy omgewing is.



Het jy geweet GWK ondersteun opkomende boere, die gemeenskap, en belê in die leiers van môre?
Dit alles is deel van die groter GWK H2O (ʼn geregistreerde nie-winsgewende maatskappy).
Gedurende een van die ergste droogtes in Suid-Afrika se geskiedenis het GWK in 2019 die Net ‘n Druppel-inisiatief afgeskop wat as ʼn ramphulp-projek geloods is. Dié einste projek het ook later uitgebrei om die gemeenskap te help na die verwoestende veldbrande van 2021. Net ‘n Druppel se bestaansrede is sedert sy ontstaan eenvoudig en het die belangrikheid beklemtoon van elke klein druppel (donasies of hulp) wat nodig en welkom is om die emmer weer vol te kry.
Elke ‘druppel’ se sukses het GWK genoop om GWK H2O te stig. Hierdie maatskappy kan selfs ʼn groter verskil in ons bedieningsgebied maak en bestaan uit drie lede-aandeelhouers: GWK, Agriqua Holdings en EC&E (GWK se kommersiële bemarking- en kommunikasiebesigheid). GWK H2O maak dit maklik!
Hoe werk GWK H2O?
GWK H2O is die voertuig waardeur beleggings verkry en bestuur word om die gemeenskappe wat vir ons lede belangrik is, te ondersteun.Gemeenskapsprojekte (corporate social investment of CSI) en plaaslike ekonomiese ontwikkelingsprogramme word dan ontwikkel en geïmplementeer deur EC&E Communities, terwyl Agri-