4 minute read

A message from Llewellyn ‘n Boodskap van Llewellyn

We are experiencing interesting times at GWK.

As 2022 comes to a close, it’s good to take a moment to reflect on the past year. Because of all of you, GWK not just successfully overcame all the challenges we faced, but we continued to perform well. We ended the financial year in May with a profit of R111 million!

Advertisement

Currently, the amalgamation transaction with VKB is serving before the competition authorities. Apart from our goal of building the agriculture company of the future, this transaction holds several benefits for our employees, shareholders and clients, and my pledge is to continue to keep you updated on the progress.

If you followed this year’s AGM, you’ll know that it was themed “Rise Above”. Just like in previous years, our employees aren’t fazed by external influences. Every setback the world experiences, is motivation for the GWK team to work harder and make a bigger difference there where we truly can. Everyone in GWK rises above anything thrown our way, and that makes me proud.

The changes ahead have the potential to, at the same time, bring excitement and uncertainty. But I can assure you that every decision made for GWK’s future is made with the best interests of our people and our company at heart.

You really are pioneers in the work you do. Whatever your role in the company, you are an important link in the agri and food value chain. I appreciate you buying into our values and ambition and making it a way of life. Thank you for your participation and involvement in matters important to the company – we appreciate every input and contribution. I am so proud to be part of this family!

Yes, we’re experiencing exciting times. But there is no-one I’d rather take on this journey with than you.

2023 is around the corner and that means a fresh start with incredible opportunities for all of us. I look forward to celebrating all of your achievements next year! Let your lights shine bright.

May this festive season be filled with everything you hope for.

Ons bevind onsself in ʼn interessante tyd hier by GWK.

Soos 2022 tot ʼn einde kom, is dit goed om ʼn oomblik stil te staan en te reflekteer oor die jaar wat was. Danksy elkeen van jul kon GWK daarin slaag om nie net die uitdagings wat oor ons pad gekom het die hoof te bied nie, maar nieteenstaande steeds te bly presteer. Ons het einde Mei die finansiële jaar afgesluit met ʼn wins van R111 miljoen!

Die amalgamasie-transaksie met VKB dien tans voor die mededingingsowerhede vir oorweging. Nie net is ons oogmerk om die landboumaatskappy van die toekoms te help bou nie, maar die transaksie hou ook heelwat voordele vir ons werknemers, aandeelhouers en kliënte in en my onderneming is steeds om jul deurlopend van die vordering hiermee op hoogte te hou.

As julle die jaarvergadering gevolg het, weet julle dat hierdie jaar se tema “Styg Uit” was. Net soos in vorige jare, word ons personeel nie van koers af gebring deur eksterne invloede nie. Elke terugslag wat die wêreld ervaar, is vir die GWK-span motivering om harder te werk en ʼn groter verskil te maak daar waar ons werklik kan. Elkeen in GWK styg uit bo enigiets wat die lewe na ons kant toe gooi, en dit maak my trots.

Die groot veranderinge wat voor ons lê, kan tegelykertyd opwinding en onsekerheid bring. Maar ek kan julle verseker dat elke besluit wat vir GWK se toekoms gemaak word, gedoen word met ons mense en ons maatskappy se belange op die hart.

Julle is regtig pioniers in die werk wat julle doen. Wat ook al jou rol in die maatskappy is, jy is ʼn belangrike skakel in die agri- en voedselwaardeketting. Ek het waardering vir elkeen wat inkoop op ons waardes en ambisie, en dit saam met ons uitleef. Dankie vir julle deelname en betrokkenheid by die dinge wat vir die maatskappy saak maak – ons waardeer elke inset en bydrae. Ek is so trots om deel van hierdie familie te wees!

Ja, ons is in opwindende tye. Maar daar is niemand anders saam met wie ek hierdie tye sal wil aanpak as julle nie.

2023 lê om die draai en dit beteken ʼn vars begin met ongelooflike geleenthede vir ons almal. Ek sien uit daarna om julle elkeen se prestasies volgende jaar te vier! Laat jul liggies helders skyn.

Mag hierdie feesseisoen gevul wees met alles waarvoor jul hoop.

Die gewilde lewendige uitsending, The Pod, het beslis ʼn skuif kom maak in die manier waarop ons as personeel toegang kry tot inligting. Intussen het The Pod ʼn klein boetie gekry – FlashPod – waar bestuur op Donderdae vir ʼn halfuur die jongste nuus met personeel deel.

Hierdie sessies plaas ons in ʼn posisie om die heeltyd te weet wat aangaan, veral in die opwindende tyd waarin GWK homself op die oomblik bevind. Die samesmelting met VKB is op almal se lippe, en die Pods verseker dat die régte inligting op almal se lippe is.

Die gereelde gesprekke vat elke personeellid saam in die amalgamasieproses, beantwoord vrae en skep ʼn forum vir oop en eerlike gesprekke. Hoewel die grootste besprekingspunt tot dusver die VKB-onderwerp was, is die forum ook daar vir enige moontlike vraag wat ʼn personeellid wil hê bestuur moet beantwoord. Llewellyn en Neil, wat die gesprekke fasiliteer, onderneem om dié vrae reguit en openlik te beantwoord, of om die antwoord te vind as hulle dit nie dadelik het nie.

Die deelname van personeel was tot op hede ʼn teken van eienaarskap. Die feit dat GWK-spanlede vrae vra en deel van die proses wil wees, beteken dat elkeen GWK as sy of haar eie besigheid sien – soos dit hoort. Ons hou onsself aanspreeklik vir ons maatskappy se sukses en deel daarom ons bekommernisse of vrae, sodat ons oplossings daarvoor kan kry.

Tot meeste kykers se genot, is Neil en Llewellyn op een The Poduitsending onkant gevang deur Die

Vlakvark. Dit wil voorkom asof meer personeel aan die vark se kant is as aan Neil sʼn (ek weet ék is), en ons kon nie help om te lag vir ʼn verwarde Neil wat sukkel om sy woorde te vind nie. Vlakvark, ons nooi jou persoonlik uit om enige tyd weer ʼn verskyning te maak.

Al die inligting van al die sessies –The Pod en FlashPod – is beskikbaar. Die opnames van FlashPod word gelaai op sy eie kanaal op SharePoint en opsommings van die inligting wat gedeel word, word in kommunikasie saamgestel. As jy nie toegang tot ʼn rekenaar het nie, kan jou bestuurder jou help om hierdie inligting te kry. Moenie ʼn uitsending misloop nie –dit is hiér waar jy alles gaan hoor wat jy wil weet.

This article is from: