Page 1

`n Handelsmerk van

Nuwe John Deere skitter groen op bekendstelling Agri NK: Verandering in landbou sigbaar en nodig Japanese besoek aan SA van groot waarde vir grondboon-uitvoere Landzicht doen dit weer!

Oktober / November 2017


Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.

43


14 22 52 66

Nuwe John Deere skitter groen op bekendstelling

Ons bring #BietjieHoop Noord-Kaap toe

Nóg rekords in die sak

Uit Piet se pen: Sy wil nie oopmaak nie

8 10 12 18 26 28

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

Agri NK: Verandering in landbou sigbaar en nodig

Die storie van die Kameeldoringboom

Beplan jou boedel

30 32 36 40 45 46

Sproeier-pakkette wat wérk

Ondersoek na droër bestuur van grondbone

"Twinrows" op mielies

Kalium: Die gehaltekatioon

Presisiespan deel nog belangrike inligting

Japanese besoek aan SA van groot waarde vir grondboon-uitvoere

48 50 54 58 60 63

Lusern-hektare toon groot groei

Landzicht doen dit weer!

Interne Oudit ononderhandelbaar vir GWK se gesondheid

Program ondersteun die grootwordproses

Health & Lifestyle: A nut a day

Resep: Kinderkos

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee Koos de Wet Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken

Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

Waarnemende FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Andri Bezuidenhout

Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes

Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen

Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker

Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan

Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk


plant met n

plan Pioneer se Groeipunt® Agronomie-proewe omskep data in sleutelinsigte wat jou help om jou produksie beter te beplan en opbrengste te verhoog.

DOELGEMAAK ONTLEDING

GROND

WEER

AGRONOMIE

DIE SAAD VAN SUKSES PIO-GWK-01

Tel: +27 12 683 5700 | www.rsa.pioneer.com

© 2016 PHII. Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)

Redakteursbrief

Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorblad: Droom van jongs af groot!

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

Facebook

‘n Jaar of drie gelede het ons altyd verwys na die “stiller tyd van die jaar” – daardie tyd waarin ons kan asem skep, ons lessenaars kan regpak of ons administrasie op datum kan kry. Deesdae het ons al vergeet dat ons ooit die luukse van “stiller tye” gehad het. Dit

is asof elke jaar vinniger verby gaan as die vorige een. Ek het nog skaars al my wintersklere gedra, toe moet ek dit weer wegpak om plek te maak vir somersklere. In my kop is dit nog Mei-maand. Ek het een keer iewers ‘n verduideliking hiervoor raakgelees of raakgeluister – een wat vir my baie waardevol was. Dié verduideliking was dat ons elkeen se persepsie van tyd jaarliks verander. Byvoorbeeld, toe ek tien jaar oud was, was tien jaar die volle omvang van my leeftyd. Toe ek twintig word, het my persepsie van tien jaar totaal verander, want ewe skielik verteenwoordig tien jaar slegs 50% van my leeftyd. Op veertig sal tien jaar verminder het tot 25%. Dit maak dus sin dat elke jaar “vinniger” verby vlieg as die vorige een. En dat, wanneer Desember my tref, ek baie tyd spandeer aan “ek wou nog…” Die intensiteit van die gevoel van verlore tyd word aangevuur deur ‘n omgewing wat jaarliks meer geleenthede voortbring – geleenthede wat ontgin moet word en beteken dat ons nie vir ‘n sekonde op ons louere kan rus nie. Geleenthede wat nou die voorheen stiller tye vol maak en besig hou. So wanneer kan ons asem skep en ‘n bird’s eye view kry van alles wat gebeur het en alles wat die span bereik het? Want hier is die jaar nou so te sê op sy einde en 2017 was bésig. Net in die afgelope maand of drie het daar groot dinge gebeur. Ons het

Leana Bezuidenhout

Spanleier: Inhoudsontwikkeling 6

nog skaars die stof van ons skoene afgeskud ná ons Bietjie Hoop se musiekvideo op die plaas geskiet het, toe kom kuier Die Heuwels Fantasties wéér vir ons. Dié keer om saam met OFM oggenduitsendings vanuit GWK se gebied te kom doen. Agri Noord-Kaap se kongres het in Augustus plaasgevind, waar Agri SA se nuwe besigheidsmodel voorgestel en bespreek is. Ons voorsien dat die landboubedryf ‘n paar interessante wendinge gaan neem wat nog meer geleenthede vir GWK en sy boere sal inhou. Op ‘n skitter-geleentheid is ‘n klompie nuwe John Deere-trekkers aan NoordKaapse produsente bekendgestel. Dit was vir ons ‘n geweldige voorreg om ons vennootskap met hierdie handelsmerk op só ‘n dag te kon vier. Dinge staan nie stil nie, en ons kan ook nie. Daarom hou ons tekkies op die teer teen ‘n drafstappie – geen geleentheid mag verby gaan nie. Ons het ‘n taai jaar agter die rug by GWK, maar dit is ook verblydend om te sien hoe goed ons besighede presteer sedert die nuwe finansiële jaar in Junie aangebreek het. Soos Bietjie Hoop sê, is GWK se personeel en aandeelhouers die mense wat nie kla nie, nie stilstaan nie. Die Algemene Jaarvergadering, Kersfees en 2018 is om die draai. Tye wat vir seker sy eie uitdagings en geleenthede inhou. Ons sien uit daarna. Ns. Uit Piet se pen is 'n moet-lees hierdie maand!


Geestelike Akker My toekoms is gewaarborg waar die Gees my lei! “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.” Efesiërs 1:14 Hoe weet ons of ons iemand kan vertrou? Wanneer ons ‘n transaksie aangaan, wil ons ‘n waarborg hê. Die konsep van ‘n waarborg of pand is van vroeg af deur die Grieke gebruik in hulle handel met die Phoenisiërs. Wanneer ‘n koper iets by ‘n verkoper koop wat hy nie dadelik betaal nie, moes hy iets van groter waarde gee, wat as pand gehou is totdat die skuld klaar betaal is. Dieselfde woord wat vir waarborg hier gebruik word, is ook die woord vir ‘n verloofring – iemand wat sy ring gee as sy belofte van trou. Jesus het in Johannes 14:2-3 al belowe dat Hy gaan om vir sy volgelinge plek voor te berei in sy Vader se woning. Hy kom eendag terug en kom haal ons om saam met Hom daar te wees. Paulus vertel ook in 2 Korintiërs 5:4 van die hemelse woning wat voorberei word wanneer ons tyd in hierdie aardse tentwoning voltooi word. Kinders van God lewe met die verwagting dat Jesus vir ons ‘n heerlike toekoms voorberei het. En totdat dit in vervulling gaan, het Hy vir ons ‘n waarborg of pand agtergelaat - die teen-

woordigheid van die Heilige Gees. Paulus sê dit in 2 Korintiërs 5:5 “Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee.” Die teenwoordigheid van die Heilige Gees, wat die toekoms waarborg, vervul ons met moed, sê Paulus in 2 Korintiërs 5:6. Die Heilige Gees wat in ons woon, het ons ‘n nuwe identiteit gegee as kinders van God, en Hy waarborg ons toekoms - dat ons op pad is om eendag ons hemelse bestemming te bereik. Die Heilige Gees kom waarborg in my lewe dat God betroubaar is, Hy sal sy beloftes waar maak. Die Heilige Gees se leiding op hierdie lewensreis bring hoop, al is vandag hoe moeilik, my toekoms is veilig in my God. Hoe antwoord ons op die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewe, wat ons ‘n nuwe identiteit gee en ons toekoms waarborg? Ons moet sy grootheid prys!

Gebed: Heilige Gees, dankie dat U die waarborg is dat God se beloftes in my lewe waar sal word. Dankie dat my toekoms veilig in U is! Mag my lewe ‘n lofprysing tot u eer wees! Amen. Ewald Schmidt www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

Dam

Oranjerivier Vaalrivier

% Vol

Gariepdam Vanderkloofdam

61 78

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

84 89 88 109

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

86 95

Rietrivier

Kalkfonteindam

12

Modderrivier

Krugersdriftdam

24

20.0 18.0 16.0 14.0 12.0 10.0 8.0 6.0 4.0 2.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown

Rietrivier

Vaalharts

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 Julie 2017 tot 15 September 2017 Prieska Green Valley Nut

Douglas Lunenburg

Maksimum

Maksimum langtermyn

Minimum

14

7

31

24

17

Minimum langtermyn

14

7

31

24

17

10

3

27

21

14

14

7

31

24

17

10

3

27

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

21

14

10

Vaalharts Jan Kempdorp

Rietrivier 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

8

3

27

21

14

7

31

24

17

10

3

27

21

14

14

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5


KINGJAMES 35937A

VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.

Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering. Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

9


Conrad Bornman

Veilingskalender en -pryse

18 Oktober 19 Oktober 19 Oktober 24 Oktober 25 Oktober 31 Oktober 1 November 7 November 9 November 9 November

14 November 15 November 17 November 18 November 21 November 22 November 23 November 28 November 30 November

Staak Boerdery Veiling Go-West Tuli veiling Griekwastad KleinveePril Kimberley Grootvee/Kleinvee Hencoe Bonsmara Kimberley Grootvee/Kleinvee Properties veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Karoo Boerbok veiling Hertzogville Grootvee/Kleinvee

Kimberley Grootvee/Kleinvee Properties veiling & Losgoed Properties veiling – losgoed & vee Properties veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Properties veiling Griekwastad Kleinvee Kimberley Grootvee/Kleinvee Thaba-Nchu Grootvee/Kleinvee

Veilingspryse vir lewendehawe - September 2017 28/08 - 31/08

10

04/09 - 08/09

11/09 - 15/09

18/09 - 22/09

25/09 - 29/09

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

22.00

Slagosse

23.00

Slagosse

23.00

Slagosse

24.00

Slagosse

23.50

Slagkoeie

20.50

Slagkoeie

22.00

Slagkoeie

21.50

Slagkoeie

22.00

Slagkoeie

21.00

Maer beeste

18.00

Maer beeste

19.00

Maer beeste

19.00

Maer beeste

18.50

Maer beeste

17.50

Ligte kalwers (180-200kg)

34.00

Ligte kalwers (180-200kg)

36.00

Ligte kalwers (180-200kg)

36.00

Ligte kalwers (180-200kg)

36.00

Ligte kalwers (180-200kg)

34.50

Swaar kalwers (201-250kg)

31.50

Swaar kalwers (201-250kg)

33.00

Swaar kalwers (201-250kg)

31.00

Swaar kalwers (201-250kg)

31.00

Swaar kalwers (201-250kg)

33.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

36.00

Slaglammers

37.00

Slaglammers

37.00

Slaglammers

38.00

Slaglammers

38.00

Stoorlammers 37.00

Stoorlammers 38.50

Stoorlammers 38.50

Stoorlammers 38.50

Stoorlammers 36.00

Kruislammers

34.00

Kruislammers

36.00

Kruislammers

36.00

Kruislammers

35.00

Kruislammers

34.00

Slagooie

27.00

Slagooie

27.00

Slagooie

30.00

Slagooie

30.00

Slagooie

30.00

Maer ooie

25.00

Maer ooie

25.00

Maer ooie

27.00

Maer ooie

38.50

Maer ooie

28.00

Klein bokkies

35.00

Klein bokkies

35.50

Klein bokkies

42.00

Klein bokkies

42.00

Klein bokkies

40.00

Jong bokke

35.00

Jong bokke

36.00

Jong bokke

40.00

Jong bokke

40.00

Jong bokke

40.00

Bokooie

23.00

Bokooie

24.00

Bokooie

27.00

Bokooie

27.00

Bokooie

25.00


uppe marketing A16877

Maak staat op suksesvolle onkruidbeheer ... Met die regte kombinasie en gebruik van Roundup Ready®-produkte. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies,

Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur

-katoen en -soja verg bloot die perfekte kombinasie van puik

beveel Monsanto aan dat Roundup PowerMAX®

produkte. Soos Monsanto se Roundup PowerMAX® wat

met ander geregistreerde produkte gekombineer

deel uitmaak van ’n onoortreflike onkruidbeheerprogram in

moet word in ’n onkruidbeheerprogram.

gewasse. Vir effektiwiteit en gewasveiligheid, asook die korrekte Roundup PowerMAX :

gebruik van die produk, verwys na die produketiket vir

• Is effektief - as enkelproduk of in kombinasie met

volledige gebruiksaanwysings. Slegs met die korrekte en

®

geregistreerde produkte!

verantwoordelike gebruik van Roundup PowerMAX®,

• Waarborg gewasveiligheid!

het jy uitstekende beheer oor onkruide en sal jou gewasse en jou wins groei

Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer. 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/ℓ. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Monsanto, Roundup®, Roundup Ready® en Roundup PowerMAX® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

11


Landbouwenke

Mielies

Grondbone

Die waarde van goeie saad-grond-kontak kan nie oorbeklemtoon word nie. Swak saadkontak veroorsaak swak en oneweredige opkoms wat meebring dat laat kiemplante moeilik met ander kompeteer en `n swakker potensiaal het. Pas plantdiepte by grondtemperatuur aan. Vermy om mielies aan te plant wanneer grondtemperatuur nog onder 10 grade C is. Verkieslik moet temperature bo 15 grade C wees. Kunsmisplasing moet 5cm onder en 5cm weg van die saad geplaas word om kunsmisbrand te voorkom. Onthou om `n toevlugsoord by BT-aanplantings te plant.

Grondbone hou van lae-frekwensie hoëtoedieningstempo as dit by water kom. Grondbone benodig baie min besproeiing, indien enige, gedurende die eerste 30dae na opkoms, mits met ‘n vol profiel begin is. Grondbone is wel baie sensitief vir vogstremming 50 tot 100 dae na opkoms. Laat aanplantings moet verkieslik teen 5 Desember gedoen wees, hierna neem die opbrengspotensiaal heelwat af. Grondbone is gevoelig vir kalsium- en boortekorte. Indien grondbone suksesvol gebind het, benodig die gewas baie min stikstof indien enige. Indien groot windprobleme voorkom en die saadbed te fyn is, kan `n tandimplement gebruik word om versigtig tussen die rye te werk om `n growwe tekstuur op die oppervlak te skep. Pasop net vir operting vroeg in die seisoen.

Groente en rankgewasse Die meeste kortdag-uikultivars val tans en moet opgetrek word. Maak seker hopies word behoorlik gepak met bolle na binne om waterindringing te voorkom. Beheer blaaspootjie op uie, veral later aanplantings. Doen opvolgbespuitings. Erte kan geoes word wanneer 75-80% van die peule geel verkleur het. Plante kan dan doodgespuit word met Diquat.

Droëbone Planttyd is van 20 Desember tot 10 Januarie. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm en goeie beheer is noodsaaklik. Bone is `n goeie wisselbougewas om grasgewasse se siektesiklusse te verminder en produksiekoste is relatief laag.

Katoen Vestig katoen met vol profiel en bestuur optimaal. Probeer profiel weer vol hê teen middel Desember. Beheer snywurm net na plant. Beheer blaaspootjie met eerste ware blare, voorkomend. Katoen is sensitief vir kaliumen sinktekorte. Probeer klaar maak met stikstofbemesting 7-8 weke na opkoms onder normale toestande.

Pekanneute Pas onkruidbeheer toe, identifiseer die onkruidspektrum en begin die bespuitingsprogram wanneer die onkruide nog jonk is. Probeer ten minste 2 vierkante meter rondom boom skoonhou eerste 3 jaar na vestiging. Moenie die stam en blare van bome bespuit nie, veral by jong bome. Gaan voort met sinkbespuiting met tussenposes van twee tot drie weke. Drie tot maksimum vyf bespuitings mag per seisoen nodig wees. Saailinge kan van November tot Februarie geokuleer word. Enting op raamtakke word tot in November gedoen.

12


uppe marketing A16874/GWK

Groei jou wins natuurlik met DEKALB® mielies! DEKALB® spog nou met nuwe mieliebasters wat by uitstek geskik is vir die besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC61-90 DKC62-84R DKC62-80BR GEN DKC63-53 DKC64-54BR DKC64-78BR GEN DKC65-52BR

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO


Nuwe John Deere skitter groen op bekendstelling Min dinge is so indrukwekkend soos die brul van ‘n John Deere-enjin. Jy hoef nie ‘n boer te wees om ‘n klein bietjie hoendervleis te kry nie. Die ikoniese handelsmerk is een waarmee ons al vir 45 jaar in vennootskap is – ‘n vennootskap waarop ons baie trots en opgewonde is. Daarom was dit gepas om die nuwe reeks John Deere-produkte bekend te stel op ‘n manier wat werklik die handelsmerk weerspieël. Op 28 September het ongeveer 230 gaste die skouspelagtige bekendstelling bygewoon wat aangebied is op Eldoreen (Wynand Human, GWKdirekteur, se plaas) naby Douglas. As twee kragte saamsmelt Ons verhouding met John Deere is een wat maklik gebeur omdat dit geskoei is op dieselfde waardes. Dit was die boodskap van Llewellyn Brooks (Groep Besturende Direkteur) se toespraak by die bekendstelling. “Net soos die GWK-handelsmerkteken wys, vind ‘n mens daardie sweet spot wanneer twee gerekende kragte saamsmelt,” sê Brooks. “Wanneer die Oranje- en Vaalriviere net hier buite Douglas saamsmelt, vorm dit een groot krag. Ons sien ook

14

daardie sweet spot wanneer natuur en tegnologie, produsente en innovering, of twee ikoniese handelsmerke byeen kom. Ikoniese handelsmerke soos John Deere en GWK.” Hy sê verder dat die sukses van dié verhouding toe te skryf is aan die ooreenstemmende waardes van dié twee maatskappye. “Ons deel dieselfde doelwit: Ons wil boere bystaan en landbou verbeter. John Deere se waardes is integriteit, gehalte, toewyding en innovering. Dit is direk belyn met GWK se waardes wat spanwerk, integriteit, innovering, toewyding en aanspreeklikheid insluit. Albei maatskappye maak ‘n verskil deur gegrond te bly in hierdie waardes.” Brooks sê ook dat GWK en John

Ongeveer 230 produsente het die bekendstelling bygewoon.


Aktueel Leana Bezuidenhout

Llewellyn Brooks

Dié John Deere van die dag: Die 9RX

Jason Brantley

Deere albei ‘n groot passie vir hul eie handelsmerke deel. Die John Deere-handelsmerk is in 2016 deur die handelsmerk-waarderinggroep interbrand.com as nommer 91 gelys onder alle internasionale handelsmerke en het ‘n waarde van amper R5 miljard. “Hoewel die GWK-handelsmerk nog nie internasionaal meeding nie, is ons ‘n krag waarmee jy kan reken hou en beslis ‘n leier in landboubemarking,” sê Brooks. “Ons Loerie- en Pendoringtoekennings vir ons TV-advertensie, ons Trots GWK-kultuur wat deur personeel en aandeelhouers geleef word, ons liefde vir innovering en tegnologie en die manier waarop ons mense se persepsie van landbou verander, spreek hiervan.” Hy voeg by dat die verhouding met

John Deere verskeie hoogtepunte opgelewer het oor die onlangse jare. Hieronder tel die toekenning as die John Deere-handelaar van die Jaar vir 2015 in Sub-Sahara Afrika en die besoek van Sam Allen (voorsitter en uitvoerende hoof van John Deere) aan GWK in 2016. “Net soos John Deere is daar ‘n paar dinge wat GWK Meganisasie anders maak as die res. Kliëntediens, beskikbaarheid 24 uur van die dag, sewe dae ‘n week en absolute toewyding aan die GWK- en John Deere-handelsmerke.” Een van die hoogtepunte van die dag was die bywoning en toespraak van die Amerikaanse Jason Brantley, besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika.

Danie Jacobs, die wenner van die oorsese reis.

15


Hy sê dat hy op enige gegewe tydstip vir ‘n John Deere-werknemer kan vra waarvan hy die meeste hou by John Deere dat die antwoord altyd dieselfde sal wees. “Ons is mal oor ons kliënte.” Hy sê dat hulle werknemers weet dat hulle die beste kliënte in die wêreld het en dat dié kliënte se opgewondenheid oor die toekoms veral spesiaal is. “Landbou is siklies,” sê Brantley aan produsente. “Jy hoef net na die weerpatrone te kyk om dit raak te sien. Maar daar is geen twyfel oor die toekoms van landbou in die voortbestaan van die wêreld nie. Daar is geen regte of verkeerde manier om te dink oor die langtermyn toekoms van boere nie. Kyk na die beleggings wat julle gemaak het, kyk na die goeie werk wat julle al gedoen het, kyk na die res van die wêreld wat kos het om te eet omdat julle harde werk doen.” Brantley het hierby aangesluit deur meer oor die vordering van tegnologie te praat. “Almal is opgewonde oor Google wat karre ontwikkel het wat hulself kan bestuur. Ons moet ‘n bietjie vir hulle lag, want in landbou doen ons dit lankal,” sê hy. Die presisie en gevorderde tegnologie van die toerusting wat hier bekendgestel is, was een van die punte wat hy beklemtoon het. “As kind het ek met klein trekkertjies gespeel en ek is baie bevoorreg om as volwassene elke dag van my lewe met hierdie gevorderde trekkers te kan ‘speel’”, sê Brantley verder. “Maar uiteindelik gaan ons besigheid nie oor trekkers nie, maar oor mense. Die enigste manier waarop ons landbou voren-

16

toe kan neem, is saam met mense en ons vennootskappe. Ons neem berekende besluite oor wat werklik belangrik is. Dit is vir ons belangrik om vennote te vind wat bereid is om landbou te verander, of dit nou handelaars is of produsente. Wanneer ons na GWK kyk, is dit duidelik dat ons die regte vennoot het: ‘n langtermyn vennoot wat gefokus is op groei, wat voortgaan om in die toekoms te belê en wat absoluut daaraan toegewy is om seker te maak dat boere presies kry wat hulle nodig het.” Die indrukwekkende 9RX Die trekker wat die kollig gesteel het, is die John Deere 9RX. Hierdie tegnologies gevorderde toerusting is die perfekte kombinasie van krag en intelligensie en is gebou om groot implemente te trek deur verskeie landtoestande. Die 9RX dek ‘n groter area in minder tyd, wat direk tot ‘n verbetering in opbrengspotensiaal en winsgewendheid lei. Die gelukkige wenner Een gelukkige gas by die bekendstelling het die kans gestaan om ‘n oorsese reis vir twee persone te wen, geborg deur GWK en John Deere. Hierdie reis na Europa sluit twee weke se betaalde reis- en verblyfkostes in, asook besoeke aan die grootste John Deere-fabrieke regoor Europa. Die wenner van dié groot prys is Danie Jacobs wat saam met sy pa in die Vanderkloof-distrik boer. Hy was te oorweldig deur die oomblik om ons te bederf met ‘n paar woorde…

Nico Storm, Mark du Plessis en Tom Meintjes (almal van GWK), Sheldon Yoko, Fred den Hartog, Pierre Greeff en Hunter Kennedy (almal van Die Heuwels Fantasties), Lucas Groenewald, Philip du Plessis en Jackie Jacobs (almal van John Deere) by die wenner, Danie Jacobs.


Onder-prima besparing

Deposito

-5%

50%

-4%

40%

-3%

30%

-2%

20%

Met ‘n 50% deposito kan jy enige nuwe John Deere produk bekom teen ‘n rentekoers van so laag as prima minus 5%. Net so kan jy met ‘n 20% deposito ‘n koers so laag as prima minus 2% kry.* Die besluit is in jou hande!

Finansiering gebou vir jou *Bepalings en voorwaardes geld (beskikbaar by www.deere.com/sub-saharan/en).

BigDoor23063

John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.

Sluit aan by John Deere op Facebook

Volg John Deere op Twitter

Besoek John Deere op YouTube

www.deere.com/sub-saharan/en Africa@johndeere.com Kliëntediens: 0800 983 821

17


Aktueel Leana Bezuidenhout

Agri NK: Verandering in landbou sigbaar en nodig Tydens Agri Noord-K aap (ANK) se 38ste jaarlikse kongres is daar herhaaldelik op een groot besprekingspunt gefokus: Die rol van georganiseerde landbou vir die toekoms. ‘n Skuif in die manier waarop daar oor landbou gepraat word en die deelname van kongresgangers, was duidelik sigbaar in Kimberley, waar die kongres op 23 Augustus aangebied is. Hoewel só ‘n kongres normaalweg moet fokus op knellende kwessies wat vir Suid-Afrikaanse produsente tot bekommernis lei, is die fokus geskuif na oplossings vir probleme en veranderinge wat moet plaasvind om proaktief hierdie probleme te benader. Veral Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, het hierdie veranderinge beklemtoon in sy toespraak aan die bywoners. “Soos in enige storie is daar ‘n gemeenskaplike vyand en al die onderskeie stamme moet van hul onderlinge vetes vergeet en hulleself mobiliseer,” sê Van Zyl. “Ons moet nóú saamsmelt om ‘n verenigde, sterk front te skep.” Sy toespraak het grootliks gehandel oor die nodige stappe wat die hele landbougemeenskap nou moet neem om oplossings te vind en te implementeer, asook die beplande rol van Agri SA hierin. Agri SA het onlangs ‘n nuwe model hiervoor ontwikkel wat voorgelê word vir die onderskeie provinsies se landbouverenigings en –unies, soos dit ook die geval was by ANK se kongres vanjaar.

18

Dié model hou strategiese redes vir verandering in, waaronder finansiële lewensvatbaarheid, om die organisasie meer vaartbelyn te maak, om wêreldklas-meningsvormers van beleide te wees en om oplossings te bied in ‘n ewig-veranderende wêreld. Die strategiese doelwitte vir die verandering is onder meer om eenheid oor landbou te bereik, beleidsontwikkeling en handelsmerkposisionering. Volgens Van Zyl staan die Agri SA-handelsmerk vir: ‘n Moderne, progressiewe beeld van landbou Ambassadeurs vir toekomstige generasies

Voedselsekerheid Optrede met integriteit wat gerat is vir sukses ‘n Sosiaal en moreel verantwoordelike organisasie Omgee vir boere en plaaswerkers Die hoofprioriteite waarop Agri SA fokus, is: Internasionale mededingendheid van al sy lede Om sy invloed te gebruik om ‘n bemagtigende omgewing vir al sy lede te skep Om ‘n waghond vir die landbousektor te wees deur boerderye in produksie te hou: Wees die be-


waarder van primêre landbou en al sy nodige hulpbronne Om die bewaarder van álle boere te wees, ongeag hul geslag, ras of kultuur Vestig ‘n sterk ontwikkelingsmandaat om inklusiewe groei en vooruitgang in die sektor te verseker Oefen wêreldklas-invloed in terme van beleid (handel, hulpbronne, arbeid, ens.) Pas deurlopend aan by ‘n omgewing wat gedurig verander Dra by tot volhoubare landbou deur te fokus op mense, die planeet en winsgroei “Die boer bly die sentrale deel van hierdie ekosisteem,” sê Van Zyl verder. “Ons bly ‘n boer-gedrewe besigheid. Hoekom moet ons verander?” Hy sê dat gesprekke oor grondhervorming een van die groot redes is wat die veranderde strategie meegebring het. “Die totale waarde van landboubates beloop R427 miljard, met skuld teen ‘n bedrag van R144 miljard – ongeveer 33%. Dit beteken as jy gaan peuter met die waarde van grond of bates, gaan jy ‘n probleem met die skuldbedrag ontwikkel. Ons banke en ekonomie is bitter blootgestel aan die waarde van grond, dit is 25% van land se ekonomie,” sê hy. “As die grondwet nie meer geldig is in terme van landbou nie, sal dit nie daar stop nie. En dit is nie net ‘n landboustorie nie, dis ‘n Suid-Afrikaanse storie.” Hy noem dat daar vier maniere is waarop die situasie kan uitspeel: Occupation and confiscation, connection and capture, market power and concentration of hard bargaining and compromise. “Ons is nou in die posisie waar ons die heel beste ooreenkoms vir onsself moet bargain en dit is nie te sê dat ons slegter af gaan wees agterna nie.” Van Zyl glo dat landbou aan die regering verkoop moet word om te verseker dat dit as prioriteit hoër op hulle agenda geplaas word. Hy sê dat die tyd om foute uit te wys nou verby is en dat dit tyd geword het om alternatiewe voor te stel. “Om saam met ons mense te werk om resultate te kry, is nou eerste prioriteit.” Ook by hierdie geleentheid het Johannes Möller, president van Agri SA, op sy gemaklike manier duidelikheid gegee oor die instelling se rol in

ANK en Toyota se Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar aangekondig

Jaco Strauss (wenner) en Jaco Cilliers van De Hoek, Douglas (finalis)

Jaco Strauss van die plaas Lekkerkry in die Vaalharts-gebied is benoem as ANK se Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar. Strauss boer met 900 hektaar onder besproeiing, waaronder mielies, katoen grondbone en pekanneute. Sy boerdery maak staat op presisiepraktyke, intensiewe tegnologie en ‘n effektiewe waterbestuurstelsel. Volgens Strauss het hy alles wat hy weet – ondervinding en lesse – by sy pa geleer. Strauss speel ‘n sleutelrol in gemeenskapsontwikkeling in die distrik in terme van werkersbemagtiging. “’n Mens moet waarde toevoeg tot jou werkers en bestuurders vir di toekoms,” sê Strauss oor een deel van sy grond wat deel vorm van ‘n werkerstrust. Hy is ook een van die boere wat ‘n privaatskool in die gebied gestig het. In die boerdery geniet hy meganisasie-beplanning die meeste. “Om met nuwe groen verf te werk, is darem bitter lekker,” sê hy. Sy raad aan ander jongboere is eenvoudig: “Dink en droom groot, sien raak wat ander nie raaksien nie. Ons kan ‘n verskil maak omdat ons die wilskrag het om dit te doen.”

“Om met nuwe groen verf te werk, is darem bitter lekker.” – Jaco Strauss

19


Suid-Afrika se landboutoekoms. Möller het veranderende omstandighede in Suid-Afrika vergelyk met ander lande wat hy onlangs besoek het as deel van sy pligte. “Ek het besef dat alle lande regoor die wêreld een eienskap deel: Elke land het ‘n tydperk in sy geskiedenis wat ‘n baie slegte tyd was,” sê Möller. “Dit is egter nodig dat ‘n mens daardie slegte tyd gebruik om vorentoe te beweeg. In Suid-Afrika is dit nóú die tyd.” Hy noem verder verskeie skuiwe wat hy in internasionale landbou waargeneem het, waaronder die integrasie van produsente in die waardeketting, die vinnige groei in die gebruik van meganisasie en elektroniese platforms en die beweging weg van globalisering na die beskerming van eie geleenthede. “Bewegings soos Brexit en die aanstelling van Donald Trump as president is tekens daarvan dat mense ál hoe meer na geleenthede soek om deur verandering ekonomieë te laat groei,” sê hy. Nog veranderinge wat Möller bespreek het, is die verlaagde gebruik van fossielbrandstowwe deur industrieë in Europa en die invloed daarvan op landbou, en politieke veranderinge. “Ons moet na ander maniere soek om ons ekonomie te groei. Ons erken dat Suid-Afrika ‘n goeie, liberale grondwet het wat alle Suid-Afrikaners beskerm. Agri SA se beleid skakel daarby in en moet daarby aanpas: Dit handel primêr oor transformasie en die groei van transformasie,” sê Möller. Verder sê hy wat grondhervorming betref, moet almal daaraan kan deelneem: Wit en swart. Hierdeur sal die bedryf ‘n hefboom kan bied vir regeringsfinansiering en hervorming kan vinniger gebeur op ‘n stabiele manier. “Ons moet landbouers se betrokkenheid verseker. Ons moet voedselsekuriteit verseker. Ons moet by Agri SA ons doeltreffendheid deurlopend verbeter en ons rol verander en uitbrei – beleidsvorming sal altyd ons rol in die toekoms bly,” sê Möller. “Ek raak so hartlik gatvol as iemand vir my sê ‘ek is ‘n sosialis’ of ‘ek is ‘n marxis’. Wees wat jy wil, maar tree op in die land se belang. “Kom ons staan saam vir landbou én ons staan saam vir die land.”

Bo: Johannes Möller (middel) en Omri van Zyl (regs) van Agri SA

Bo: Dan Kriek van Vrystaat Landbou

20

Bo: Henk van Wyk (regs) van Agri NK


Van die plaas tot die meule

Kontantvloei oplossings wat by u behoeftes pas.

Kom ons praat AgriBesigheid. Ons AgriBesigheidspan is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business

Gemagtigde finansiĂŤledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr.1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA 271207 07/17

21


22


Aktueel Leana Bezuidenhout

Suid-Afrika het 'n landboustorie wat vertel moet word. GWK werk al aan die verspreiding van hierdie storie sedert ons meer as twee jaar gelede ons “Hierdie man bou ‘n ruimtetuig”veldtog geloods het.

Die

storie van landbou en sy mense is een wat harte warm laat klop en aanklank vind by mense, soos ons duidelik kon sien uit die reaksie op die musiekvideo van Bietjie Hoop – die liedjie wat Die Heuwels Fantasties saam met GWK vir Suid-Afrikaanse landbouers geskryf het. Die video is bekendgestel op 4 Augustus en het sedertdien weghol-status bereik. Op Facebook is die video al amper 230 000 keer gekyk en 3 700 keer gedeel. Die video is ook op Die Heuwels Fantasties se YouTube-kanaal gelaai en amper 70 000 keer gekyk. Hoop, positiwiteit en innovering is die tema van die liedjie en sluit dus perfek aan by die storie van ons maatskappy en produsente. Om dié storie wyer te versprei, is die hulp van OFM en Die Heuwels Fantasties ingeroep en

‘n vinnige toer is afgeskop in GWK se bedieningsgebied. Dag 1: Dinsdag, 26 September Op die eerste, koel lente-oggend van die toer, het die GWK-span, The Big Breakfast (TBB) op OFM se Martin van der Merwe en Duncan Bayne en Die Heuwels Fantasties se Pierre Greeff almal saam gekuier in die Magogong-distrik op Dawie Meyer, GWK-produsent, se plaas. Meyer boer onder meer met pekanneute, ‘n gewas wat plaaslik ál meer aandag verdien vanweë die groot aanvraag daarvoor in internasionale markte. Van der Merwe en Bayne het die uitsending direk vanuit Meyer se woonkamer behartig en het onderhoude gevoer met Neil de Klerk (Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en

23


"Om eerstehands te sien hoe die GWK-boere doen wat hulle doen in die Noord-Kaap was 'n belewenis en het ons oë oopgemaak in terme van wat dit als verg om deesdae 'n landbouer te wees. Dankie vir die lekker kuier en musiek - julle is legends." - Pierre Greeff (Die Heuwels Fantasties) Kommunikasie), Greeff en Meyer self. Die onderhoude het gehandel oor Bietjie Hoop en sy musiekvideo, die Suid-Afrikaanse boerderygemeenskap en landbouprodukte vir die internasionale markte. Na afloop van die ontbytprogram het die spanne vertrek na Kimberley waar GWK en Die Heuwels Fantasties besoek afgelê het aan Hoërskool Diamantveld – ‘n welkome breukie in eksamentyd. GWK-personeel en ander Kimberliete is later die aand bederf met ‘n opelug-vertoning deur Die Heuwels Fantasties by die Occidental Bar (by die Groot Gat). Dag 2: Woensdag, 27 September Die GWK-span was vroeg uit die vere om OFM se omroepers met ‘n koppie warm koppie te verwelkom by die Kimberley-handelstak, vanwaar TBB uitgesaai is. Ons direksievoorsitter, Frank Lawrence, het ook ‘n draai kom maak om met OFM se luisteraars te gesels

24

oor GWK se bedrywighede en ons betrokkenheid in ons gemeenskap. Die GWK Deli by die handelstak het agterna al die hongeres gelawe met ‘n reuse-ontbyt voor hul vertrek het na Douglas, waar die spanne ‘n sonsondergang-vaart op die Vaalrivier kon geniet. Hier is Van Der Merwe van OFM uitgedaag om die rivierwater te toets en is hy kop eerste die yskoue water in, tot groot genot van die jongboere van Douglas wat saam gekuier het. Dag 3: Donderdag, 28 September TBB is uitgesaai direk vanuit ons hoofkantoor op Douglas, waar ons ook later die oggend die John Deerebekendstelling aangebied het. Die Heuwels Fantasties het GWK se Douglas-personeel opgewarm met ‘n vroegoggend-vertoning, waarby personeel ook hul album, OKAY!, kon wen. Dit was vir die groep ‘n uitdaging om hul stembande so vroeg al warm te kry, maar ons personeel se geesdrif het baie gehelp.

Die spanne het na die bekendstelling vertrek na afloop van die uitsending. “Ons wou van die begin af aan mense se harte raak deur net dankie te sê vir dit wat boere in Suid-Afrika – en almal wat in landbou betrokke is – doen om seker te maak mense het kos op hulle borde," sê Neil de Klerk. "Die projek sou ‘n sukses wees selfs al het die boodskap net een mens aangeraak, maar saam met OFM kon ons honderdduisende mense in Suid-Afrika bereik.” Hy sê verder dat die hoogtepunt van die drie dae beslis die samewerking van die onderskeie partye was. “Dit is ongelooflik hoe almal wat ons genader het om deel van die projek te wees dadelik ingestem het en regdeur soveel meer gegee het as waarvoor ons gevra het,” sê hy. “Dit wys mense waardeer werklik wat boere en hul werksmense op Suid-Afrikaanse plase vir ons land beteken. Dis werklik iets besonders. Dit maak ‘n mens trots.”


"OFM broadcasts into the "It was the most fun I've had on an breadbasket of South Africa and "It was such an honour and this tour gave us the opportunity OFM tour yet. The places, the privilege to go and tour through to celebrate good news in the people, the food and the vibe was the Northern Cape. The people we just amazing. GWK welcomed us agricultural sector. GWK’s role in met and the events that we like family and showed true class the development of communities attended were all top class. in which they do business in everything they did and the way A massive shout out to everyone the trip was put together. Hats off resonates with OFM community from GWK for being so hospitable involvement. It just fits. The OFM and opening their arms to us and to everyone involved, I will definitely visit these places again partnership with GWK showcases treating us like family every single and forever think highly of GWK as the effective impact great brands day. I look forward to visiting all can have on communities and the the places again." an organisation." good they do on a daily basis." - Duncan Bayne (OFM) - Martin van der Merwe (OFM) - Nick Efstathiou (OFM)

25


Aktueel Hugo Bezuidenhout (SANparke)

DIE STORIE VAN DIE

KAMEELDORINGBOOM Menige

reisigers se pad het al met die ou grote van die Kalahari gekruis. Vir sommiges was dit die begin van ‘n lekker, lang verhouding en vir ander was dit net nog een stop op ‘n lang pad! Meeste van ons het al na die blommeprag van Namakwa gaan kyk en dan moet ons die lang, reguit pad tussen Pofadder en Springbok takel, en gewoonlik begin die moegheid ons dan ook pak. Op die horison verskyn hierdie kenteken van die Kalahari, ‘n “dorpie” op sy eie. Die ou grote is een van die grootste bome van die peuldraende families in Suid-Afrika, naamlik Vachellia erioloba, die Kameeldoring. Vroeër jare was die boom ook Acacia giraffae genome – vermoedelik omdat kameelperde die bome se blare baie geniet het en kon wegsmelt tussen die digte stingels, blare en stam van die boom. Reeds in 1842 word die genus

26

Acacia beskryf in London en vandaar is dit seker een van die mees nagevorsde bome in Suider-Afrika. “The Acacia name derivation from the Greek word ‘akis’ meaning a point while the specific epitheton erio refer to the woolly covering of the fruit and the loba refer to the shape of the fruit which looks like an ear-lobe. The Scientific Latin name is always written in italics or is underlined.” Ongelukkig is al die Suid-Afrikaanse inheemse Acacia genus-name verander na Vachellia (meestal doringbome met wit dorings) en die ander na Senegalia (swart dorings). Dit is gedoen na aanleiding van ‘n internasionale vergadering in Melbourne, Australië. Die boom se SeTswana naam “Mokala” is gebruik as die naam van ons nuutste Nasionale Park naby Kimberley. Hierdie beskermde boom in SuidAfrika kom redelik wyd in Suider-Afrika

voor. In Suid-Afrika kom dit hoofsaaklik in die Savanna-biome voor, hoofsaaklik op die noordelike grens van SuidAfrika, vanaf die westelike Richtersveld tot in die noordoostelike Bosveld by Mussina. Die boom kom ook in ons buurlande soos Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië en Angola voor. Dit word meestal met dieselfde habitat geassosieer, naamlik diep, goed gedreineerde sandgrond, behalwe in die sentrale binneland van SuidAfrika rondom die stad Potchefstroom waar dit in die vlak, klipperige, dolomiet-gevormde gronde ook voorkom. Hier word dit geassosieer met die sinkgate wat ontstaan wanneer die dolomiet-kamer inval en groot gate vorm, wat dan weer opgevul word met windgewaaide, eoliese sande. Die dolomiet-gesteente is bekend vir hulle waterkamers, dus is daar diep onder die grondoppervlak genoeg water vir

Foto's: Hugo Bezuidenhout

(Vachellia erioloba)


die Kameeldoring. Gewoonlik staan Kameeldoringboompies in die begin sommer baie bymekaar, maar dan algaande geld die wet van die natuur en net die sterkstes oorleef. In die Bosveld moet die Kameeldoring meestal die habitat deel met ander houtagtiges, maar in die droë, ariede dele van Suid-Afrika is dit baie keer die enigste groot koelteboom. Dit is ook hiér waar dit meestal dominant is en die spil is waarom die hele ekosisteem draai. Wanneer ‘n mens by die boom kom, is daar gewoonlik lewe. Wat normaalweg eerste gesien word, is die versamelvoëlnes. En kan hierdie versamelvoëltjies nou vir jou gesels! Veral as daar ‘n onwelkome kuiergas in die vorm van ‘n uil of geelslang naby is. Hierdie voëls, slang en uil vorm deel van ‘n baie belangrike voedselketting, veral in die droër dele van Suid-Afrika. Afgesien van hierdie drie, is daar ook gemsbokke, wildebeeste en ander groter en kleiner soogdiere, asook insekte wat die boom se sade, peule en blare benut. Die mis/uitskeiding van dié diere, tesame met die vermoë van die boom se wortels, veroorsaak dat stikstof en ander minerale in die gewoonlik diep, goed gedreineerde, relatief arm aan voedingstowwe, sandgrond beskikbaar is vir hulself en ander plante, soos die Rosyntjiebos, Deurmekaarbos, Blink-blaar-wag-‘n-bietjie en Wolwedoring. Meeste van hulle het baie lekker vruggies, wat ‘n groot verskeidenheid besoekers nader lok! Kameeldoringbome groei gewoonlik as jong plantjies bymekaar, maar hoe ouer hulle word, hoe meer spasie het hulle nodig – dus is daar meestal net een groot boom wat die ander oorleef in die ariede dele. Die Kameeldoringboom kan soms verbaster met die Vaalkameel (Vachellia haematoxylon), maar gebeur nie dikwels nie. Albei bome word baie nou geassosieer met die droë Aoub- en Nossobrivierlope in die Kalahari Gemsbok Nasionale Park. Die Kameeldoringboom is veral van Julie tot September baie opvallend met sy helderkleurige geel balvormige blommetjies. Die oorvormige grys peule het fyn haartjies wat die boom ook baie opvallend en maklik identifiseerbaar maak. Hierdie peule is baie gewild onder alle diere vanweë die hoë voedingswaarde daarvan en menigte boere se vee het droogtes

oorleef met die peule van dié boom. Dit word beweer dat melkkoeie wat met Kameeldoringpeule gevoer word se melkproduksie toeneem. Veeprodusente moet egter versigtig wees, want die jong verlepte peule is gevaarlik vir vee weens die hoë inhoud van ‘n spesifieke suur (“prussic acid”), wat ‘n baie gevaarlike bestanddeel is. Die gepaarde, reguit, wit dorings is goed ontwikkel en kan soms opgeswel wees wanneer dit besmet is deur insekte. Van die hoofredes vir die bedreiging van die boom is dat dit ‘n baie stadige groeier is en dat dit ‘n baie uitstekende vuurmaakhout is. Wanneer met die boom se takke vuur gemaak word, kan jy maar die volgende more die as wegblaas en onder die as sal die kole met ‘n bietjie aanmoediging vinnig ‘n vuurtjie maak en sal jy sommer gou-gou koffiewater kan opsit. Die rooikleurige pit van die hout is hard (die kooltjie) en dit kan in die gewig (1 144kg/m3) van die takke gevoel word. Behalwe vir die vuurmaakhout, is die gom van die boom gewild by mens en dier. Die gebrande bas word ook glo gebruik vir hoofpynpoeier. Die Topnaar van Namibië gebruik ook van die poeier van die binnebas as reukwater vir hulle lywe. Nog verskeie gesondheidsrate kan gekry word van die Kameeldoringboom. Die ouderdom van die bome lei gewoonlik tot laatnag-besprekings, maar in ‘n studie wat gedoen is, is die volgende feite ontdek. Aanvanklik groei die Kameeldoring baie stadig want al sy energie gaan in sy penwortel, die eerste vier tot vyf jaar groei dit tot so hoog soos 1 m, maar daarna kan dit vinniger groei en ná 15 tot 20 jaar mag dit (indien die bodem dit toelaat) sowat 7 m hoog wees. ‘n Penwortel is al gevind wat 46 meter diep in die grond

gegroei het, wat maak dat ‘n mens kan verstaan hoekom die ou grote kan oorleef op van die droogste plekke in die wêreld. Die eerste vier tot vyf jaar is egter meestal die kritieke stadium vir die boom en bitter min van die bome kan dié kritieke stadium oorleef. Klimaat speel die grootste rol in die oorlewing van die boom: Die reën moet nie net genoeg wees nie, maar dit moet ook op die regte tyd val en dan moet daar nie ongemaklike koue op die boompies neerdaal nie. Die groot bome kan egter droogtes baie makliker hanteer en selfs ook erge koues – hul grootste vyande is die mens en ook vuur. Soos reeds genoem is die bome baie keer ‘n dorpie op sy eie en wanneer daar ‘n paar goeie reënjare was, is daar onder die bome ‘n groot opeenhoping van grasse, struike en ou, dooie hout, om nie eens te praat van die droë, digte versamelvoëlneste nie. Wanneer die weerlig dan die veld aan die brand steek is dit die einde van die boom en wanneer ‘n mens in die Kalahari rondry, sien ‘n mens die silhoëtte van doodgebrande Kameeldorings wat steeds groot op die horison troon.

27


GWK Agri Versekering Jaco Janse van Rensburg

Beplan jou boedel

Ná inligtingsessies wat ons Versekering-span die afgelope tyd aangebied het, het dit duidelik geword dat daar ‘n groot behoefte onder kliënte bestaan vir deeglike, omvattende inligting oor al die aspekte van boedelbeplanning. Daarom gaan ons vyf hooftemas, wat alles deel vorm van die groter boedelbeplanningsproses, bespreek in die volgende paar uitgawes van Kommuniek. Goeie beplanning verseker volhoubaarheid en verhoed byvoorbeeld dat belastingwetgewing jou boedel negatief kan beïnvloed. Dié reeks sal handel oor vyf kernslotte tot suksesvolle boedelbeplanning wat GWK Versekering en Fidusiêre Dienste aan ons kliënte bied, alles onder een dak. Ons span spesialiste staan gereed om enige vrae te beantwoord. Om hierdie reeks in meer diepte te bespreek, skakel ons gerus vir ‘n afspraak of om jou te ondersteun met boedelbeplanning.

Testament

Deel Een:

Likiditeit en Versekering

Trust

Hou jou testament reg en op datum

Kapitaalwinsbelasting

Boedelbelasting

Wat is ‘n testament? Dit is ‘n regsdokument wat die wense van ‘n persoon uiteensit vir die hantering van sy/haar boedel wanneer die persoon te sterwe kom en dit handel oor onder meer die volgende: Verdeling van bates; Voogde vir minderjarige kinders; Versorging van minderjarige kin-

28

ders; Volhoubaarheid of opvolgvererwing van bates; Aanwysing van die eksekuteur en moontlike trustees; Herroeping van vorige testamente. Waar is jou oorspronklike testament? Section 8(1), of the Administration

of Estates Act, 66 of 1965 bepaal dat enige dokument wat blyk ‘n laaste wil of testament van die oorledene te wees, moet ingedien word by die rapportering van die boedel. Dit is dus belangrik om die laaste oorspronklik ondertekende testament in te dien by die Meester,


sodat enige dispute wat mag ontstaan tussen nagelates oor die oorledene se wense of dispute as gevolg van vorige testamente of briewe, baie maklik opgelos kan word. GWK bied die veilige bewaring van testamente en sodoende weet die kliënte dat hulle oorspronklike testamente altyd veilig en ‘n geldige regsdokument is. Weet jou nagelates waar jou testament is, waar hulle moet begin en na wie hulle moet gaan? Die langslewende gade of die naaste erfgenaam of die aangewysde eksekuteur moet die boedel aanmeld volgens die volgende wet: Section 4(1), of the Administration of Estates Act, 66 of 1965 bepaal dat ‘n oorledene se boedel aangemeld moet word in die area van jurisdiksie waarin die oorledene gewoonlik woonagtig was die laaste 12 maande. Boedels word onderskei tussen groot en kleiner boedels en elk het sy eie stel reëls en prosesse. Daar is verskeie dokumente wat gepaard moet gaan met die aanmelding van ‘n boedel. Is jou testament op datum? Soos ‘n persoon se omstandighede verander moet sy/haar testament ook opgedateer word. Byvoorbeeld, indien ‘n “afhanklike” nie ‘n erfgenaam in die oorledene se testament is nie, gaan hierdie afhanklike persoon nie erf nie en sal hy/sy dan ‘n onderhoudseis teen die oorledene se boedel kan instel.

Is jou testamentbepalings tot voordeel van jou erfgename? Soms word voorwaardes met die beste bedoelings daargestel, maar die implikasies word nie aldag besef nie. Byvoorbeeld, indien ‘n bemaaksom vereis word as voorwaarde om ‘n bate te kan erf, het die testateur/testatriese daaraan gedink of die erfgenaam in staat sal wees om hierdie bemaaksom te kan betaal? Die bewoording van sodanige voorwaardes moet ook versigtig gedoen word, want met die verkeerde bewoording kan die verkeerde afleidings gemaak word, of daar kan komplikasies ontstaan by die bereddering van die boedel. Is jou testament uitvoerbaar? Veral by groter en meer gekompliseerde boedels moet beplanning geskied ten einde te bepaal of jou wense prakties, wetties en finansieel uitvoerbaar is. Die uitvoerbaarheid van ‘n testament kan getoets word deur middel van ‘n boedelontleding. Likiditeit is dikwels die probleem by ‘n boedel, deurdat daar moontlik ‘n klomp bates in die boedel is, maar nie genoegsame kontant om alles en almal te betaal nie en dus kan die eksekuteur genoodsaak word om van die bates te verkoop om kontant te skep.

Wie is jou eksekuteur? Dit is die persoon/instansie wat jou wense moet uitvoer tot die beste van hulle vermoë, maar binne die raamwerk van die wetgewing en prosedures. Kostes is nie die enigste aspek wat jy in ag moet neem wanneer jy ‘n eksekuteur oorweeg nie. Maak seker dat jou eksekuteur op hoogte is van die verandering in wetgewing en prosedures, anders kan onkunde jou boedel duur te staan kom of kan dit onnodige vertragings in die beredderingsproses veroorsaak. Maak seker dat daar kontinuïteit by jou eksekuteur is, want indien hy/sy iets oorkom tydens die beredderingsproses, is daar ‘n bevoegde persoon wat kan oorneem en voortgaan met die bereddering van die boedel. Volg ons reeks oor boedelbeplanning in Kommuniek en moenie huiwer om ons span te skakel vir enige verdere inligting nie. Ek hanteer enige navrae by jacojvr@gwk.co.za of 053 298 8359.

29


GWK Agri Besproeiing

Sproeier-pakkette wat wérk Die tyd begin nader staan om sproeierpakkette na te gaan. In hierdie artikel deel ons graag ‘n paar feite en ook bruikbare inligting wat jy tot jou voordeel kan gebruik.

Wat is belangrik? 1. Het jy ‘n rekenaarspuitkaart van jou spilpunt? 2. Stem die spuitkaart en spilpunt se inligting ooreen? 3. Is jou spilpunt se senterdruk en einddruk reg?

Wanneer moet jy oorweeg om die pakket te verander? Elke land is uniek met baie faktore wat groei kan beïnvloed. ‘n Pakket kan egter duidelike kenmerke toon wanneer daar probleme is. Die mees kenmerkende hiervan is die “strepe” of bekende konsentriese sirkels in ‘n spilpuntland. Hierby is n paar voorbeelde oor hoe hierdie strepe kan lyk, hetsy dit op NDVI-beelde is of oesopbrengskaarte (stroperkaarte); Figuur 1 is bloot ‘n aanduiding van die plantegroei oor die land.

Figuur 1: Plantegroei-indeks

Figuur 2 toon dat daar ‘n drukprobleem op die spilpunt is. Dit kan aandui dat die stelsel nie voldoende druk het nie, of dat reguleerders in binne-torings uitgesluit is en te veel water deurlaat. In figuur 2 is dit duidelik dat die binneste gedeelte van die sirkel meer water gekry het as die buitenste deel van die sirkel. Dit kan toegeskryf word aan drukreguleerders wat nie meer optimaal funksioneer nie, of ‘n moontlike probleem met inlaatdruk wat nie voldoende is om genoeg water tot by die einde van die spilpunt te lewer nie. Aangesien drukreguleerders aan die begin van enige spilpunt harder moet werk om die druk te reguleer, is dit ook waar dat slytasie van reguleerders groter is aan die begin van enige spilpunt, en dat die leeftyd dus ook korter is. ‘n Drukreguleerder wat nie meer na wense funksioneer nie, laat gewoonlik meer water deur na die sprinkelaar as wat benodig word en vandaar die moontlike verhoogde neerslag in hierdie areas.

30


timaal sal funksioneer. Enige afwykings of oorskryding hiervan het sekere risiko’s en mag lei tot moontlike verspreidingsprobleme. Die tipe gewas speel ook hier ‘n bepaalde rol. Die oorvleueling van sprinkelaars se waterverspreiding is uiters belangrik en wanneer die oorvleueling benadeel word deur die gewas se blaarmassa, mag moontlike verspreidingsprobleme ondervind word soos in Figuur 4 duidelik sigbaar is.

Figuur 2: Land met binne-torings se reguleerders wat foutief is

Figuur 3 kan verskeie probleme uitwys. Foutiewe reguleerders en selfs spuitstukke (“nozzles”) wat nie op korrekte posisies geïnstalleer is nie, kan moontlik die oorsaak wees van onegalige groeipatrone wat hier gesien word. ’n Volgende moontlikheid in Figuur 3 is die verwering van sprinkelaars. Bewegende of roterende sprinkelaars het ‘n bepaalde hoek waarteen dit water na buite verplaas om voldoende en egalige verspreiding te verseker. Wanneer hierdie hoek verander as gevolg van slytasie, dan verander die verspreidingspatroon en is dit moontlik om dan die bekende konsentriese sirkels waar te neem in gewasse.

Figuur 4 dui aan waar sprinkelaars moontlik te ver uit mekaar gespasieer is. Alle vervaardigers van sprinkelaars het bepaalde beperkings ten opsigte van spasiëring waarbinne sprinkelaars op-

Verskillende tipes “deflectors” wat beskikbaar is: Swart - Leemgronde, standaardtrajek, 9 groewe met mediumgrootte druppels Grys – Swaar kleigronde, standaard-trajek, 6 groewe met kleiner druppels

Figure 4: Land waar spuite te ver gespasieer is.

Hoe kies jy ‘n reeks drukreguleerders? GWK verskaf die Senninger-reguleerders en gebruik hoofsaaklik die 10 of 15 PSI-reguleerder. Elke land se grondtipe en ontwerp van stelsel bepaal meestal die drukreeks waarvan gekies word. Vir sanderige gronde sal ‘n 10 PSI-reguleerder waarskynlik gekies word en vir swaarder gronde sal ‘n 15 PSI gekies word. Die 15 PSI-reguleerder gee ‘n fyner druppel wat verhoed dat die grond nie so maklik toeslaan nie. Die enigste moontlike nadeel van ‘n fyner druppel is die moontlike verliese weens verdamping en wind.

Watter tipe spuit moet jy kies?

Figuur 3: Land waar reguleerders of “nozzles” dalk verkeerd kan wees.

sprinkelaars maak dit vandag moontlik om die regte produk vir die regte applikasie te gebruik. Hoewel die swart “deflector” meer algemeen vir meeste applikasies voldoende is, bestaan daar ‘n reeks van “deflectors” wat vir elke behoefte voorsiening kan maak.

Die effektiewe verspreidingspatrone en wye dekking van bewegende of roterende sprinkelaars maak hierdie tipe sprinkelaars baie gewild by produsente. GWK beveel dus baie sterk aan om Senninger se UP3 I-Wob of Komet se KPT (Precision Twister) te gebruik. Hierdie sprinkelaars se waterverspreiding is uitstekend en verminder verdamping, asook druppels wat onnodig deur die wind weggewaai word. Die verskeidenheid van “deflectors” op bewegende

Senninger UP3 IWobb

Komet KPT

GWK se tegniese span dra elke produsent se belange op die hart en is daarom altyd gereed om ‘n diens te lewer wat elke produsent nóg meer produktief maak. Of dit ‘n Valley-spilpunt is, of enige ander fabrikaat, GWK se kundiges is bereid om jou te help en te voorsien met die beste moontlike oplossing vir jou sirkelland! Vir meer inligting, kontak ons span by: 053 298 8200

31


GWK Agri Landboukundige Dienste Hannes Hattingh

Ondersoek na droĂŤr bestuur van grondbone (opvolgartikel)

32


Inleiding In Kommuniek van November 2016 uitgawe het Johann Sounes (GWKlandboukundige) verwys na twee jaar se proewe deur GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing waar grondbone tydens vegatiewe stadium droër bestuur is. Dié proef is tydens die 2016/17-seisoen weer herhaal.

Doel van die proef Die doel van die proef is om die invloed van vogstremmming vroeg in die seisoen (vegatiewe stadia) op grondboonopbrengste te evalueer en sodoende die WVE (waterverbruikseffektiwiteit) van grondbone te verhoog.

Metode gevolg Vier proefpersele is in ‘n land geïdentifiseer en gazebo’s word gebruik om hierdie persele tydens besproeiings toe te maak om droogtetoestande te skep (Foto 1). Die persele word uitgesit kort nadat meeste van die grondbone opgekom het om die invloed van swak stand uit te skakel. Reënmeters word gebruik om die water vir die volle periode in die behandeling, sowel as in kontroles te meet. Waterbestuur en waterstatus van proefpersele: Geen watertoediening is vir ongeveer 30 dae ná aanvang van proef toegelaat nie en hiervoor is gazebo’s tydens besproeiing gebruik. Tydens die 2016/2017 -seisoen is daar DFM-“probes” geplaas vir monitering van grondvog tydens die verloop van die proef (Figuur 1 en 2). Daar is ook van die neutronvogmeter gebruik gemaak om grondvog met aanvang van proef te bepaal en weer met staak van vogstremmingsperiode (Figuur 3). Penetrometer-werk is ook gedoen op persele met aanvang van die proef (Figuur 4). Dit is gedoen om te bepaal of daar enige grondverdigting voorkom en op watter diepte. Die totale water vir die duur van die proef kan in Tabel 1 gesien word. Al die persele is met die hand geoes. Slegs een vierkante meter in die middel van elke gazebo en kontrole is geoes om enige kant-effek te vermy. Die kultivar Akwa is in al drie seisoene gebruik.

Figuur 1: DFM-waterbestuurskromme in proefperseel. Die proef is waar persele toegemaak is en geen water ontvang het in die periode van 5 November tot 9 Desember 2016. Volgens die grafiek is dit duidelik dat die proefperseel geen water ontvang het gedurende hierdie periode. Die “Root zone” verteenwoordig sensors op dieptes 100, 200, 300 en 400mm. “Top roots” verteenwoordig sensors op dieptes 100 en 200mm en “buffer zone” die dieptes 400 tot 800mm. Wat ons ook waargeneem het, is dat daar min tot geen beweging van vogsensors in die “buffer zone” was. Die rede hiervoor kan in Figuur 4 waargeneem word.

Figuur 2: DFM-waterbestuurskromme in die kontroleperseel. Die kontrole is waar persele water ontvang het, volgens produsent se normale bestuurspraktyk. Die twee rooi lyne verteenwoordig die periode van 5 November tot 9 Desember 2016.

Figuur 3: Waterbestuurskromme van neutronvogmeter by proef en kontrole. Die proef se laaste lesing het 27mm droër gemeet as die eerste lesing. Die kontrole se laaste lesing het 16mm droër gemeet as die eerste lesing.

33


Figuur 4: Penetrometerverslag van sowel die kontrole- as die proefperseel voor aanvang van die proef. Elke grafiek verteenwoordig sewe lesings 20cm uit mekaar dwars oor die bewerkingsrigting. Die dik blou lyn op grafiek is gemiddeld van die sewe lesings. Y-as op grafiek dui die diepte aan en X-as die kilopascal. Rooi lyn dui 2000kPa aan en ook waar meeste gewasse se wortels weerstand sal begin ervaar om dieper te ontwikkel. Uit albei persele se grafieke is dit duidelik dat die blou lyn by 30cm-diepte oor die 2000kPa beweeg. Dit sal ook die rede wees waarom daar minimale tot geen beweging van vogsensors was by dieptes 400 tot 800mm.

Resultate

Kontrole

Proef

2014/2015

111mm

32mm

2015/2016

90mm

4 mm

2016/2017

105mm

0mm

Tabel 1: Drie seisoene se data van totale water toegedien in kontrole- en proefperseel vir tydsduur van proef. Die kontroleperseel in die 2016/17-seisoen het dus 105mm meer water ontvang as die proefperseel.

In die 2014/15- en 2016/17-seisoene het die persele waar waterstremming toegepas is gemiddeld beter gevaar as waar normale waterbestuurspraktyke gevolg is. Gedurende die 2015/16-seisoen het die persele waar geen waterstremming toegepas is, gemiddeld weer die beste resultaat gelewer. Die gemiddelde opbrengs oor drie seisoene het die persele waar stremming toegepas is ‘n gemiddeld van 4,68 ton per hektaar opgelewer en persele waar normale waterbestuurpraktyke toegepas is, het 4,55 ton per hektaar gelewer. Daar is nie ‘n noemenswaardige verskil in opbrengs tussen persele waar stremming toegepas is en waar normale waterbestuurspraktyke toegepas is in terme van ‘n driejaar-gemiddeld nie. Daar is wel in 2014/15 79mm, 2015/16 86mm en 2016/17 105mm minder water toegdien op die stremmingspersele met geen noemenswaardige negatiewe invloed op opbrengs. Dus kan dieselfde opbrengste verkry word met minder water en sodoende die WVE verhoog.

Foto 1: Gazebo’s toegemaak net ná installasie. Hierdie proses is elke keer voor ‘n besproeiing gevolg en gazebo daarna weer oopgemaak. Let op na hoe vroeg ná opkoms gazebo’s geïnstalleer is – die plantjies is nog baie klein.

34


tydens peulvul het ‘n negatiewe invloed op gewig. Van blom tot peulvul is die grondboon plant baie vatbaar vir waterstremming. Die grootste opbrengsverliese as gevolg van waterstremming vind tydens hierdie periode plaas. (Hollis, P) Verskeie studies het bewys dat peulvulperiode die sensitiefste is vir droogte. (Boote et al, 1976; Palla Et al, 1979; Nageswera RAO et al, 1985)

Gevolgtrekking

Foto 2: Daar was visueel ‘n verskil tussen plante in die behandeling en dié in die kontrole aan einde van proeftydperk.

Invloed van waterstremming in eerste 6 weke op opbrengs van grondbone Opbrengs (t/ha)

6 5 4 3 2

Bedankings

1 0

Daar was nie ‘n betekenisvolle verskil tussen die verskillende behandelings nie. Dus, uit die afgelope drie seisoene se proefdata en internasionale navorsing, is dit duidelik dat grondbone nie sensitief is vir vogstremming in die vegetatiewe stadium nie. Dit skep die geleentheid om besparend op te tree met water en ook die WVE van grondbone te verbeter. Deur grondbone met minder water groot te maak, bied weer die geleentheid om ander gewasse met die ekstra water te groei. Wat ook baie duidelik na vore kom uit die verskillende literatuurbronne is dat die grondboonplant sensitief is vir waterstremming tydens die reproduktiewe fase en daarom moet waterstremming tydens hierdie stadiums ten alle tye vermy word.

2014/15

2015/16 Stremming

2016/17

Gemid

Kontrole

Figuur 5: Opbrengste oor die drie seisoene, asook die gemiddelde opbrengs oor drie seisoene.

Literatuur-verwysings C.Raghava (1993) het oor twee seisoene die beste opbrengs verkry waar hul voldoende water voorsien het aan grondbone in watersensitiewe periodes, naamlik blom en peulvul, asook waar hul matige vogstremming toegepas het tydens die vegetatiewe en rypwordingstadia. Hul het ‘n WVE van 7,73 kg per mm water gekry. P.C. Nautiyal het oor ‘n tweejaar-studie in Indië gevind dat WVE en droëmateriaalproduksie, insluitend ekonomiese opbrengs van grondbone onder besproeiingtoestande, verhoog kan word deur waterstremming toe te pas gedurende die vegetatiewe stadium. Hierdie opbrengsverhoging word gekoppel aan ‘n beter sinkronisasie met blom en verhoogde anker-peul-om-

skakeling. Nageswara Rao het reeds in 1985 bevind dat droogte voor blom peulopbrengs met 13% - 19% kan verhoog. Hierdie opbrengsverhoging word gekoppel aan ‘n beter sinkronisasie van peulvorming en peulvul ná stremming, wat gelei het tot meer volwasse peule tydens oes.

Effek van vogstremming op verskillende ontwikkelingstadia: Volgens inliging van FAO.org is die blomperiode die sensitiefste vir droogtestremming. Droogtestremming tydens die vegetatiewe periode veroorsaak ‘n vertraging in blom en tyd van oes, asook ‘n verlaging in groei en opbrengs. Tydens blom kan droogte veroorsaak dat blomme afspeen en swak bestuiwing plaasvind. Droogte

Jot Human (Idstone Farming) vir sy samewerking met die uitvoer van die proef oor die afgelope drie seisoene André Prins van GWK-navorsing vir die verwerking van die proefdata Johann Sounes en Heinrich Els vir uitvoer en insamel van data

Praktiese waterbestuurswenke vir grondbone: Begin met ‘n vol profiel (UDL= “Upper drained limit”) Gee water om goeie egalige opkoms te verseker Bestuur droër vir eerste 5-6 weke Vul profiel weer tot UDL Reproduktiewe stadium baie sensitief vir vogstremming Lae frekwensie, hoë toedieningsbenadering Bronnelys Scheduling irrigation for peanuts with variable amounts of available water; Agricultural Water Management; Volume 23, Issue 1, March 1993, Pages 1-9; P.C. Nautiyal, Y.C. Joshi and D. Dayal; 1990; Response of groundnut to deficit irrigation during vegetative growth; National Research Centre for Groundnut,Gujarat, India. Timing critical in watering peanuts. Hollis P. South eastern farm press. The Groundnut Crop. A Scientific basis for improvement. www.fao.org

35


GWK Agri Landboukundige Dienste Johann Sounes

Proef-terugvoer: "twinrow" op mielies Die

doel van tegnologie is om dinge vir jouself makliker en meer effektief te maak. Ons poog in die akkerbou om ons opbrengste so hoog as moontlik te kry. Tydens die afgelope seisoenbesprekings met ons fokusklante is maniere om die opbrengste op mielies te verhoog gereeld bespreek, asook tot op watter vlak dit finansiëel sin maak. Ons moet alle moontlike hulpmiddels gebruik om die opbrengs so hoog as moontlik te kry, maar deur steeds volhoubaar te boer. Die “twinrow”-konsep kom al vir baie jare in die agronomiese veld en het ontstaan in Amerika. Dit is maar slegs een van baie tegnologiese hulpmiddels wat tot die produsent se beskikking is en soos met baie ander faktore, moet ons die produsent help om slegs die beste te kry wat vir sy praktyke gaan werk. Hierdie inligtingstuk het dus nie die doel om produsente aan te beveel om te “twinrow” of nouer rye te plant nie, maar slegs om meer inligting te gee rakende navorsing wat reeds oor “twinrows” gedoen is en om terugvoer aan produsente te gee oor ‘n proef gedoen deur GWK Presisieboerdery.

36

Wat is moontlike voordele van “twinrows” en nouer rye? Verhoogde opbrengs teenoor enkelry-aanplantings Verhoog plantestand per hektaar sonder om verandering aan oesmasjiene te maak (“twinrows”) Beter wortelontwikkeling en beter lig-onderskepping Dit verlaag interry-kompetisie vir lig, water en voedingstowwe vanweë meer eweredige plantrangskikking (Olson & Sander, 1988; Porter et al., 1997) Die meer gunstige plantpatroon van nouer rye bevorder groei vroeg in die seisoen (Bullock et al., 1988) wat lei tot beter sonlig-onderskepping, hoër bestralingseffektiwiteit en gevolglik beter opbrengste. (Westgate et al., 1997) Die maksimum lig-onderskepping van vroeë blaredakbedekking verlaag die hoeveelheid lig wat deur ‘canopy’ beweeg. (McLachlan et al., 1993) Dit het tot gevolg dat minder lig beskikbaar is vir die ontwikkeling van onkruide wat nie weerstandig is tot skadu nie (Gunsolus, 1990; Teasdale, 1995; Johnson et al., 1998)

Die vroeër bedekking van grond met skadu verlaag ook waterverlies weens verdamping. (Karlen & Camp, 1985) Plante kan nou meer water gebruik in poging om fotosintese optimaliseer. (Lauer, 1994) Hierdie bedekking help ook om erosie te beperk. (Mannering & Johnson, 1969; Sangoi et al., 1998)

Die invloed van genetika en ry-spasiëring op mielie-opbrengs Die verbetering in genetika het daartoe gelei dat opbrengste oor die afgelope jare verbeter het. Hierdie genetika sluit ook sekere kultivars se weerstandigheid teen insekte in, asook die weerstandigheid van onkruiddoders wat die produsent kan help om sekere onkruide effektief te beheer. Een van die grootste faktore wat soms misgekyk en onderskat word, is die bestuurspraktyke van verskillende produsente. Uitstekende bestuur kan ‘n baie groter impak op opbrengs hê as enige van die ander faktore. Nouer ry-spasiëring kan tot ‘n meer egalige plant-spasiëring lei en die kompetisie tussen plante verlaag. Verlaagde onkruiddruk en verhoogde


lig-onderskepping is positiewe aspekte van ‘n nouer ry-spasiëring. Plante wat omval kan ‘n wesenlike invloed op opbrengs hê. Die verhoging in plantestand veroorsaak dat plante hoër kan groei, hul koppe hoër kan dra en dat hul stamme dunner is, wat die waarskynlikheid van omval verhoog. Dit is in hierdie scenario waar “twinrow”- en nouer ry-aanplantings meer gunstig behoort te wees vanweë die invloed op stamdikte en sodoende die plant se staanvermoë teoreties behoort te verbeter.

30 5.8

20

Die “twinrow”-konsep Figuur 1 toon verskillende rywydtes en interry-spasiërings aan wat by mielieproduksie gebruik word. Die 76cmspasiëring sal ‘n interry-spasiëring van 14,7cm hê (‘n plantestand van 90 000 word gebruik). Die 50cm-spasiëring sal ‘n interry-spasiëring van 22cm hê teen 90 000 plante per hektaar. Indien gekyk word na ‘n nouer aanplanting van 38cm sal die interry-spasiëring 29,5cm wees by ‘n stand van 90 000 plante per hektaar. Indien stand verhoog word na 105 000 plante per hektaar sal die 76cm-spasiëring ‘n interryspasiëring verlaag na 12,5cm en na 19cm by die 50cm-spasiëring. By “twinrow”-aanplantings sal die naaste plante steeds 20,3cm van mekaar wees. Dit is duidelik dat ‘n nouer (50cm) spasiëring en “twinrow” aanplantings hoër plantestand beter sal hanteer.

8.7

15 11.6

Invloed van lig-onderskepping op mielies Daar word genoem dat “twinrows” en ook nouer ry-spasiërings beter lig-onderskepping het as 76cm enkelryaanplantings. Die verwagte voordeel is dan meer effektiewe benutting van sonlig en hopelik ‘n verhoogde opbrengs. ‘n Studie deur die Universiteit van Illinois (Fig 3) het gevind dat nouer rye en “twinrows” ‘n beter ligonderskeppingpersentasie teenoor 76cm-rye het, maar dat die lig-onderskepping byna identies is tydens die vroeë reproduktiewe periode en die voordeel van vroeë meer effektiewe ligonderskepping geen invloed op opbrengs het nie.

36,000 plants/acre 30

9.9 8 11.6 22

Fig 1: Verskillende ry-spasiërings.

37


36,000 plants/acre

11.6 11.6 8 9.9

Fig 3: Lig-onderskepping op verskillende groeifases.

42,000 plants/acre

10 10

8

9.9

Fig 2: “Twinrow”-spasiëring: 85 000 plante teenoor 105 000 plante/ha.

Novacek et al (2013) het beter lig-onderskepping tydens die V9-groeistadium gevind by “twinrow”-aanplantings teenoor 76cm-aanplantings. By groeistadiums vroeër as V5 en later as V12 kon geen verskille gevind word nie. Dit is in lyn met die bevindinge van Otegui en Bonhomme (1998) dat lig-onderskepping tydens die graanvulperiode beter ooreenstem met opbrengs as ligonderskepping tydens die vegetatiewe groeiperiodes. Elmore and Abendroth (2007) het ook gevind dat ry-spasiëring nie opbrengs sal beïnvloed indien 95% lig-onderskepping tydens die blomstadium plaasvind nie – indien alle ander faktore gelyk is.

Wat sê die navorsing? Verskeie studies in Amerika is al gedoen op “twinrow” en sommige toon verhoging in opbrengs (Camp et al., 1985; Karlen et al., 1987; Gozubenli et al., 2004; Monsanto, 2010) en sommige toon geen reaksie op opbrengs nie. (Robles et al., 2012; Jeschke, 2012; Balkcom et al., 2011; Elmore and Aben-

38

droth, 2007; Begna et al., 1997; Nelson, 2007) ‘n Paar punte wat opsommend uit die navorsing/inligtingsbronne gehaal kan word: Geen opbrengsvoordeel teenoor 76cm (Pioneer; 2010: Deere & Co; 2008) Soortgelyke resultate in nouer spasiëring (50cm en 37,5cm) toon ook nie groot verskille in opbrengs nie, hoewel daar groter reaksie is in die noorde van Amerika, moontlik vanweë beter lig-onderskepping tydens pluimstadium. (Lee;2006) Tydens V10 het 50cm en “twinrows” beter lig-onderskepping getoon, maar by R2 het 76cm ingehaal. (Nafziger, 2006. University of Illinois) Geen verhoging in stamdeursnee (Sorenson, 2006) of verlaging in omval gevind nie. Verskeie studies toon dat daar nie ‘n noemenswaardige opbrengsverskil tussen 76cm en “twinrows” is met verhoogde stand nie. (Robert J. Kratochvil and Richard W. Taylor, 2005; Kelly A. Nelson and Randall L. Smoot,2009) Monsanto-studies in 2009 toon dat “twinrows” enkelrye 80% van die tyd ‘wen’: Beter spasiëring lei tot beter water- en voedingstofbenutting asook beter lig-onderskepping.

GWK-proef GWK Presisieboerdery het tydens die somer 2016/17-seisoen ‘n proef in die Luckhoff-gebied gedoen waar “twin-

rows” en 76cm enkelry-spasiëring in strookproewe vergelyk is. Die aanplanting is op 5 Oktober 2016 gedoen en die Phb 32B07BR-kultivar is aangeplant teen ‘n plantestand van 92 000 plante per hektaar. Aan die einde van Februarie is die gemiddelde stamdikte van die “twinrow” en 76cm-aanplantings bepaal deur die stamme met ‘n “caliper” te meet. Die gemiddelde stamdikte van die “twinrow”-aanplanting was 24,45mm en van die 76cm aanplanting 23,75mm. Dit is ‘n 0,7mm dikker stam gemiddeld op “twinrow”-aanplantings wat baie goed ooreenstem met die bevindinge van Novacek et al (2013) wat ‘n 0,8mm tot 0,9mm dikker stam by “twinrow”-aanplantings gevind het. Figuur 4 toon die verskillende opbrengste van die twee aanplantings. Die “twinrow”-aanplantings het ‘n gemiddelde opbrengs van 17,07 ton per hektaar gehad met ‘n gemiddeld van 16,84 ton per hektaar vir die 76cm-aanplantings.

Drie belangrike punte waarop die produsent hierdie seisoen kan fokus Produsente het nou die geleentheid om deur middel van profielgate of penetrometerwerk te bepaal of hulle enige verdigting in hulle lande het. Indien daar verdigting voorkom, sal dit raadsaam wees om die verdigting op te hef voordat mielies geplant word. Figuur 5 toon die invloed van verdigting vroeg in die seisoen op mielies en daar kan duidelik gesien word dat ‘n verdigting tussen 200mm en 300mm ‘n groot negatiewe invloed op opbrengs het. Die gebruik van satellietbeelde kan produsente help om waterverspreidingsprobleme op spilpunte vroegtydig waar te neem en regstellings te maak indien moontlik. Waterbestuur is ‘n kritiese bestuurspraktyk en daar moet altyd gepoog word om die plant onder geen vogs-


tremming te plaas nie, hetsy oorbesproeiing of onderbesproeiing.

Effek van enkel ry vs "Twinrow" op opbrengs van mielies (selfde aantal plant/ha) 17.8

Opsomming Opbrengs (t/ha)

Wat die landbou so interessant en uitdagend maak, is dat verwagte uitkomste nie altyd wel so gebeur nie.. Op hierdie oomblik gee die navorsing nog nie ‘n direkte antwoord ten opsigte van “twinrows” en nouer ry-spasiëring nie. Sommige proewe toon positiewe reaksies en ander toon geen reaksie nie. Vir sommige produsente gaan 50cm ry-spasiëring werk en vir ander gaan “twinrows” weer die beste resultate lewer. Die fokus moet eerder wees om seker te maak dat die regte plantestand, soos deur saadmaatskappye bepaal vir ‘n spesifieke kultivar, geplant word, hetsy “twinrow”- of enkelry-aanplantings. Die plantdiepte moet reg wees en produsente moet poog om teen 10 Desember klaar geplant te wees. Figuur 6 is driejaar-gemiddelde opbrengste teenoor plantdatum en daar is ‘n duidelike verlaging in opbrengs ná ‘n 10 Desember-aanplanting.

16.84t/ha

17.07t/ha

17.6 17.4 17.2 17 16.8 16.6 16.4 16.2 16 15.8 15.6 Twin

Twin

Twin Enkel (0.75)

Enkel (0.75)

Enkel (0.75)

Fig 4: Die gemiddelde opbrengs van die “twinrow”-aanplantings was 17,07 ton per hektaar teenoor die gemiddelde opbrengs van 16,84 ton per hektaar op die enkelry-76cm-aanplantings.

Bronne: Novacek, M,J; Mason, S.C; Galusha, T.D and Yaseen, M: “twinrows” minimally effect impact irrigated maize yield, morphology and lodging (2013) https://www.pioneer.com/home/site/us/agronomy/library/ corn-planting-depth-spacing/ Roth, G.W: Potential of narrow row corn in Pennsylvania (2017) Lauer, J: Common Corn Planter Issues And What Can Be Done About Them (2002) Bruggink, D: Are Twin Rows The Corn System of the Future? (2012) Gozubenli, H et al: Effects of single and twinrow planting on yield and yield components in maize (2004) Corn yield responses comparing two row configuration: Monsanto )2012) Patrico, J: Twinro corn, The progressive farmer (2010) GWK-data

Fig 5: Die invloed van grondverdigting vroeg in die seisoen op mielie-opbrengs.

Fig 6: Die invloed van plantdatum teenoor opbrengs, ‘n driejaar-gemiddeld.

Gastehuis

JEFFREYSBAAI

EIENDOMSVEILING

Vrydag, 27 Oktober 2017

Cedar Straat 3, Wavecrest

Huis met woonstel Pride of India Straat 46, Wavecrest

11:00 by Gastehuis (Cedar Straat 3) | 13:00 by huis (Pride of India Straat 46) GWK Veilings Humansdorp John Taylor (Navrae) Renier Zietsman (Afslaer) Jan Erasmus (Bedryfshoof)

087 820 4532 Besigtiging Sondag, 22 Oktober 2017 vanaf 14:00 – 17:00 082 824 4940 asook Donderdag, 26 Oktober 08:00 – 16:00 082 491 5182 NB! RUBY ROCK GASTEHUIS IS ‘N BK. 082 924 6096 DIT WORD NIE VERKOOP SAAM MET GEBOU NIE.

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurd Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: N Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Su Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

39


GWK Agri SIDI Jason Sparrow

Kalium: Die gehalte-katioon (opvolgartikel) Inleiding Kalium is in baie gevalle die derde mees beperkende voedingselement op gewasproduksie. Kalium word in groot hoeveelhede gebruik deur gewasse en omdat kalium ook verwyder kan word deur die oesproses, word die element baie vinnig gemyn uit die grond. Ná ‘n paar jaar se besproeiing en bewerking op nuwe lande neem kaliumvlakke drasties af en ongewenste katione soos natrium bou op. Ons weet uit die vorige uitgawe hoe dinamies kalium is in gronde, veral wat plantbeskikbaarheid betref. Kalium word net in die ioonvorm (K+) opgeneem deur plante en moet in die grondoplossing wees sodat opname kan plaasvind. Die belangrikheid van kalium as voedingselement ten opsigte van opbrengs en gehalte, asook die fisiologiese funksionaliteit op spesifieke gewasse, sal in dié artikel hanteer word.

Fisiologiese funksionaliteit van kalium in die plant Kalium speel ‘n kardinale rol binne die plantsel om belangrike funksies en prosesse te aktiveer en te dryf. Kalium is uniek omdat dit nie opgeneem word in die struktuur van die plantsel soos ander elemente nie. Kalium word ook nie deel van organiese verbindings in

40

Figuur 1: Die plantsel struktuur en organelle

die plant nie, maar bly in die ioniese vorm (K+) binne in die plantsel-oplossing. Dus is kalium beweeglik in die xileem- sowel as die floëem-vervoerstelsels. Kalium is betrokke by amper al die fisiologiese prosesse en funksies binnie die organelle van die plantsel. Kalium is die grootste deel van die inorganiese komponent van die sitosol. Daar is tien keer meer kalium-ione in konsentrasie as enige ander ele-

ment in die sitosol. Die sitosol- of sitoplasmiese matriks is die vloeistof wat in die selle voorkom. Dit vorm meeste van die intrasellulêre vloeistof en dit word in die kompartemente geskei deur membrane. As gevolg van die feit dat kalium so teenwoordig is in die plantsel, word dit gebruik om meer as 80 ensieme aan te skakel en te aktiveer binne plantselle.


Hier is ‘n lys van die belangrike rol en funsksies van kalium in die plant: Beheer en reguleer die huidmondjies en dus verhoog die watergebruikdoeltreffendheid Aktiveer meer as 80 ensieme Verhoog die fotosintese-proses Nodig vir proteïensintese Bevorder die translokasie van suikers Word gebruik tydens styselformasie Verhoog gehalte van graan- en groentegewasse

Kalium en waterbestuur Waterbestuur is eerste prioriteit op die lys vir elke suksesvolle besproeiingsprodusent, veral omdat ons weet hoe kosbaar ons waterbronne is. Dus, hoe meer doeltreffend en effektief ons water kan benut, hoe beter is dit vir volhoubare gewasproduksie as ‘n geheel. Kalium is ‘n sleutel-element om die effektiwiteit van watergebruik te verhoog. Figuur 2 toon die rol wat kalium speel in die regulering van die huidmondjie in die plant. Huidmondjies word beheer deur die sluitselle van die plant wat ook aangedui is in Figuur 2. Die huidmondjie maak oop omdat die sluitselle water absorbeer. Wateropname word gedryf deur die osmotiese potensiaalverskille wat deur die ka-

Figuur 2: Die huidmondjie (Stomata) en sluitselle (“Guard cells”)

lium-ioon veroorsaak word. Die hoeveelhede kalium wat in die sluitselle opbou, moet genoeg wees om voldoende regulering te kry van die huidmondjie: Indien daar ‘n tekort is aan kalium kan die huidmontjie nie reg oopmaak nie. Waterstof-ione (H+) is ook betrokke by die proses. Waterstofione verlaat die sluitsel, terwyl die kalium-ione die sluitsel binnevloei. Dit balanseer die elektriese neutraliteit

van die huidmondjie. Dit is ook interessant om te sien dat lig in die proses betrokke is. Lig veroorsaak 'n ophoping van kalium in die sluitselle. Wanneer blare in die donker gehou word, sal die huidmondjie sluit as gevolg van Kalium wat uit die sluitselle beweeg. Lig voorsien die energie wat nodig is om die proses aan te dryf.

41


Kalium en soutbestuur Soutbestuurstrategieë moet deel wees van elke produsent se boerderyplan in die Noord-Kaapse besproeiingsgebied. Die invloed van natrium en die verhoging in die elektriese geleiding is in die vorige uitgawe van Kommuniek in diepte bespreek. Ons weet daar is ‘n onderdrukkende invloed van soute en natrium op die beskikbaarheid van kalium in die grond, maar omdat kalium en natrium chemies baie soortgelyk is, is daar ook interaksies wat plaasvind op ‘n fisiologiese vlak in die plant. Die opbou van natrium binne die plantsel kan lei tot negatiewe gevolge en dit mag onder meer die hele ioniese balans binne die sitoplasma ontwrig. Natrium se werking op die plantsel is teenstrydig met kalium. Dit beteken dat dit ‘n teenoorgestelde reaksie as kalium het. Oormatige natrium in sitosol verlaag fotosintese, proteïensintese en inhibeer sekere ensiem-aktiwiteite. Die sitosol is veronderstel om 'n hoë konsentrasie kalium-ione en 'n lae konsentrasie natrium-ione te hê. Hierdie verskil in ioonkonsentrasies is van kritiese belang vir osmo-regulering. As die ioonvlakke in dieselfde sel gelyk was, sou water voortdurend deur osmose invloei as gevolg van die vlakke van makro-molekules binne die selle wat hoër is as die vlakke buite die selle. In plaas daarvan word natrium-ione uitgewerp en kalium-ione word opgeneem. Kalium-ione beweeg dan deur die konsentrasiegradiënt deur spesifieke kalium-seleksie-ioonkanale. Hierdie verlies van positiewe lading skep 'n negatiewe membraanpotensiaal. Om hierdie potensiaalverskil te balanseer, verlaat negatiewe chloried-ione ook die sel deur selektiewe chloriedkanale. Die verlies van natrium- en chloried-ione kompenseer vir die osmotiese effek van die hoër konsentrasie organiese molekules in die sel maar as daar ‘n oorvloed van soute soos natriumchloried is, word die proses belemmer. Natrium kan gekompartementaliseer word buite die sitoplasma en gestoor word in ander organelle soos die vakuole as daar ekstra kalium toegedien word. Kalium moet dus gereeld toegedien word teen die regte hoeveelhede deur die groeiseisoen om die natrium:kalium-balans te bestuur binne die

42

sitosol. Figuur 3 en 4 toon die geweldige spanning wat ervaar word weens versouting. Die land was besproei met boorgatwater wat ‘n geweldige hoër elektriese geleiding het en die dreinering is uiters swak.

'n Baie klein fraksie van kalium word verkry deur wortelonderskepping. Die grootste deel van kalium moet na die groeiende wortels vervoer word deur massavloei en diffusie. Die meganismes van kaliumtoevoer aan verskillende gewasspesies is toeskryfbaar aan verskille in die spesifieke kaliumvereistes van die gewas, watervloeikoerse en die verskille in wortelgroeiparameters. Figuur 5 toon die interaksie tussen fosfaat en kalium en die voordeel daarvan om dit saam as ‘n plantmengsel te gebruik. Verskillende mengsels is gebruik vir die proef en dit kan gesien word dat die groot invloed van fosfaat en kalium in ‘n plantmengsel baie beter resultate bied as slegs fosfaat op sy eie. Een van die redes hiervoor is dat kalium ook geplaas word as 'n band saam met fosfaat en daar word ‘n konsentrasiegradiënt geskep in die grond. Die konsenstrasie sal die proses van diffusie promoveer. ‘n Groot deel van kalium word opgeneem deur diffusie.

Die tipe voedingsbron speel ook ‘n groot rol om die effektiwiteit van kalium te verhoog. Figuur 6 toon dat reaksies op opbrengs beter is waar kaliumsulfaat gebruik word (in plaas van kaliumchloried) as ‘n plantmengsel. In dié geval is die proef gedoen op koring, maar soortgelyke resultate kan verwag word by ander gewasse ook. Die “Ultra Starter”-plantmengsel het die beste resultate getoon op mielies in Figuur 5. Die “Ultra Starter” is ‘n unieke produk met ‘n laer soutindeks. ‘n Groot komponent van die kaliumbron is in die kaliumsulfaatvorm. Die produk bevat magnesiumsulfaat, asook ‘n mikro-elementbedekking op elke korrel. Die skedulering van kalium moet meer gebaseer word op groeistadiums van die spesifieke gewas wat verbou word. Intydse plantvoeding is ‘n goeie beginsel om te volg om kaliumdoeltreffendheid te verhoog. In Figuur 7 kan ons sien dat kaliumverspreiding deur die seisoen teen dieselfde hoeveelhede beter is as kalium wat slegs voor plant toegedien is, asook kalium toegedien tydens plant en op pluimstadium. Daar is ‘n geweldige opname van kalium vroeg in die mieliegroeisiklus. ‘n Groot deel van ‘n mielie se potensiaal word op vroeër groeistadiums vasgelê. Dit is ook al bewys

Figuur 3: Die invloed van versouting op mielies onder besproeiing

Figuur 4: Versouting kan groot skade veroorsaak onder besproeiing

Strategiese voedingsbeginsels en opnamemeganismes van kalium


Invloed van met plant kunsmis op opbrengs van mielies te Prieska Opbrengs (t/ha)

dat daar ‘n sterk interaksie is tussen kalium en stikstof. Dit wil sê dat die ideaal is om kalium te versprei deur die seisoen saam met die toediening van stikstof. Uit literatuur en navorsing kan ons sien dat kalium-opname dinamies is en dus ‘n kombinasie tussen massavloei en diffusie is. Die interaksies tussen ander makro-elemente soos stikstof en fosfaat is baie belangrik. ‘n Kombinasie van kalium in ‘n plantmengsel wat gebandplaas word, tesame met kaliumverspreiding deur die seisoen met ‘n vloeibare mengsel wat stikstof en fosfaat bevat in ‘n onmiddellik-opneembare vorm, sal dus die beste resultate lewer.

18.2 18 17.8 17.6 17.4 17.2 17 16.8 16.6 16.4 25

22

23.5

0

0

0

NP produk Groen 1.2.0 Hoofeffek P

27

20

18

13

2.3.2(35)

Groen 2.3.2(26) P (kg/ha)/K (kg/ha) / Produk

22

23

19

16

Ultra Starter Hoofeffek PK

Figuur 5: Die belangrikheid van kalium in ‘n plantmengsel op mielies

Visuele tekortsimptome van kalium

Samevatting Daar is geen twyfel dat kalium een van die belangrikste voedingselemente in landbou is nie. Selfs in ons eie dieet is kalium belangrik. Dit het baie soortgelyke funksionaliteite in ons ligaaam as in plante. Dit bou proteïen en spiere, beheer die energie-aktiwiteit van die hart en bevorder algemene groei.

Figuur 6: Die invloed van verskillende kaliumvoedingsbronne in ‘n plantmengsel op koring

Invloed van tye van kalium bemesting op koringopbrengs % Opbrengsverhoging

Kaliumtekorte in die plant het unieke eienskappe wat ook mag verskil tussen gewasse. Omdat kalium baie beweeglik is in die plant kom kaliumtekortsimptome gereeld op die ouer blare voor. Dit is weens die translokasie van kalium van die ouer blare na die jonger blare. Tekorte word ook eerste gesien op die laer blare wat eerste ontwikkel het en dit versprei opwaarts. Op mielies vind kaliumtekorte plaas op die rante en boonste punt van die blare waar nektrotiese en chlorotiese simptome kan gesien word (Figure 8, 9, 10). In baie uiterse omstandighede kan kaliumtekorte die terugtrek van mieliekoppe veroorsaak, soos kan gesien word in Figuur 11. Kaliumtekorte op lusern het tipiese wit vlekke wat voorkom op die blare, veral langs die kante. Kalium mag ook in jong blare voorkom waar baie vinnige groei plaasvind by gewasse soos koring en katoen. Ernstige kaliumtekorte sal die stamme van graangewasse soos mielies, koring en sorghum verswak. Dit veroorsaak dus die omval van die gewasse wat sal groot opbrengsverliese meebring.

12

12

10

10

8

8

6

6

4

4

2

2 0

0 0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

100

110

Kalium (kg/ha) Plant

Plant+3w

Plant +Vl

Pl/3w/Vl

PMW

PMW

PMW

PMW

Figuur 7: Kaliumverspreiding deur die seisoen verhoog die effektiwiteit daarvan op mielies

43


Figuur 9

Voedsel wat ryk is in kalium is onder meer aartappels, groen groente, bone en piesangs. Daar is ‘n stygende tendens op wêreldvlak van kaliumbemesting as gevolg van die toenemende druk om meer te produseer vir die opwaartse bevolkingsgroei. Kaliumreserwes in landbougrond op ‘n globale vlak is besig om af te neem, wat nog druk op gewasproduksie plaas. Kalium speel só ‘n integrale rol in plantfisiologie en is kardinaal in volhoubare gewasproduksie. Gesonde water-, sout- en voedingsbestuurspraktyke moet gevolg word om die effektiwiteit van kalium te bevorder. Om meer inligting te bekom oor voedingsbegingsels kontak gerus vir Jason Sparrow (SIDI) by 082 805 5177 of e-pos jasons@sidip.co.za. Bronne: Tisdale et al., 1999. Soil fertility and fertilizers, 6 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Brady & Weil., 1996 . The nature and properties of soils, 11 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Bohn et al., 2001 . Soil Chemistry, 2nd ed. New York, USA Salisbury & Ross., 1992. Plant physiology 4th ed. Wadsworth, California, USA Baligar, V. C., 1985. Potassium uptake by plants, as characterized by root density, species and K/Rb ratio. Plant and soil journal, Volume 85, pp 43 – 53. Yamaguchi et al., 2013. Sodium transport system in plant cells. Frontiers in plant science journal, V4. Stern, et al., 2003. Introductory plant biology 9th ed. McGrawHill. New York, USA Erkenning aan Andre Prins en Dr. Chris Schmidt.

Figure 8, 9, 10 en 11: Foto’s van kaliumtekortsimptome by mielies

Figuur 8

LESERSFOTO'S As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za

“Hierdie lammertjies soek hitte op ‘n yskoue dag. Ek het op hulle afgekom en die foto geneem. Te oulik! Maak ‘n boervrou se hart sommer warm!”

44

Figuur 10

Figuur 11

Heneline Beukes van die plaas Fairview in die Prieska-distrik het vir ons hierdie foto’s aangestuur:


GWK Agri Landboukundige Dienste

Presisiespan deel nog

belangrike inligting Op 20 September is ‘n Winter Rally in die Magogong-area (Vaalharts) aangebied deur die GWK Presisiespan in samewerking met die Magogongboerevereniging. Tydens dié boeredag wat deur Tom Meintjes (Besturende Direkteur: GWK Agri) geopen is, is hoofsaaklik gefokus op gewasproduksiepraktyke van koring, gars en pekanneute. Hierdie is ‘n kritieke periode vir waterskedulering en daar is dus voldoende aandag aan hierdie onderwerp gegee. By elke perseel wat besoek is, is profielgate gemaak en aanbevelings gemaak ten opsigte van bewerkingspraktyke wat gevolg sal moet word vir die somergewasse. Die profielgate by die pekanneute was besonder interessant, want dit het presies getoon wat die voor- en nadele van drupbesproeiing is. Ons landboukundiges, Hannes Hattingh, Johann Sounes en Renier du Raan, het almal kort lesings aangebied by die onderskeie punte om sodoende teorie en praktyk bymekaar te bring. Hierdie tipe boeredae is van onskatbare waarde vir die produsente. Die sleutel tot sukses vir hierdie dae is die feit dat dit gelei word deur ‘n landboukundige span wat die area en hul vakgebied ken. Soos gesien kan word, is daar tot laatmiddag demonstrasies gehou en die belangstelling was enduit groot. Ons wil graag vir die volgende persone bedank vir hul bereidwilligheid en hulp om die dag ‘n sukses te maak: Leon du Preez (voorsitter van Magogong-boerevereniging), Jaco Strauss, Dirkie Mckensie, Fanie Engelbreght, Dirk Snyman, Floors van der Merwe en Kobus en Jean du Plessis. Dit was ‘n voorreg vir die GWK Presisiespan om saam met die Magagong-boere hierdie dag te kon aanbied.

45


GWK Trading Grondbone Rechtus Steyn

Japanese besoek aan SA van groot waarde vir grondboon-uitvoere

Andreas Snyman spreek die besoekers van Japan toe.

Op 30 Augustus vanjaar het ‘n groep Japannese afgevaardigdes ons hoofkantoor en grondboonfasiliteite op Douglas besoek. Die groep het bestaan uit groot rolspelers in die Japannese grondboonbedryf. Die doel van hul besoek was om al die groot Suid-Afrikaanse grondboontjieverskaffers se fasiliteite te besoek om die potensiaal van langtermyn, volhoubare verskaffing van grondbone te ondersoek.

46

Andreas Snyman (Hoof van Neute en Internasionale Handel) het die groep by GWK toegespreek met ‘n voorlegging van GWK se grondboonbesigheid, asook die groter GWK-besigheid se dinamiese voetspoor in Suid-Afrika se landbousektor. Min kopers is bewus van GWK se groter bedrywighede buite die direkte lyn van besigheid tussen die twee partye. Juis hierom was dit goed om die omvang van die GWK-besigheid te beklemtoon, om

só beter vertroue te vestig in GWK as besigheidsvennoot. Elke besoeker het ‘n geskenk ontvang, wat een van ons heerlike Landzicht-wyne ingesluit het. Japan is GWK se grootste buitelandse koper van grondbone en 90% van al GWK se grondboonuitvoere word jaarliks hierna versend. SuidAfrikaanse grondbone verkry ‘n premie in die Japannese mark, vanweë die Spaanse-tipe grondboontjie wat hier geproduseer word se ronde


pitvorm, asook sy smaak. Japannese kopers gebruik die grondboontjies in hul fyngebak-mark. Hulle is baie kieskeurig as dit kom by gehalte en is bereid om premies te betaal vir produkte van bogemiddelde standaard. Ons grondboontjies ontvang tans ‘n premie van tussen $100 en $150 per ton bo ander grondboon-produserende lande. Hierdie voordeel is iets wat ons bedryf ten alle koste moet beskerm. Die Japannese kultuur is van so ‘n aard dat hulle groot waarde heg aan langtermyn-besigheid. Hulle wil dus verseker wees dat die produkte wat hulle aankoop se volumes op ‘n jaar-totjaar-basis beskikbaar is. Die invoerders in Japan wil hul kopers aan daardie kant gelukkig hou en verseker van volumes wat deurlopend gelewer kan word. Dit is dus baie belangrik vir hulle om aan die aankoopkant verseker te wees van deurlopende volumes. Hierdie faktor is vir hulle baie belangrik wanneer dit kom by hul land van voorkeur vanwaar hulle ‘n spesifieke produk soos grondbone af invoer. 2016 se 100-jaar-droogte het die Suid-Afrikaanse landbousektor ongelooflik geknou en ons grondboonbedryf het baie swaar gekry. Waar Suid-Afrika jaarliks sowat 80 000 ton grondbone produseer, is slegs 16 000 ton in hierdie seisoen verbygesteek, wat veroorsaak het dat daar nie genoeg produk was om kontrakte vol te lewer op uitvoere nie. Dit het ‘n vraagteken gelos by kopers in Japan in terme van Suid-Afrika se vermoë om volhoubaar te lewer. Om hierdie redes is dié groep Japannese rolspelers afgevaardig om die Suid-Afrikaanse grondboonfabrieke te kom besoek om die risiko’s te bekyk. Dit gee hulle die agtergrond

Die groep besoekers voor GWK Hoofkantoor op Douglas.

Die besoekers by ons grondboon-drogingsaanleg.

en kennis om verslag te doen terug in Japan, sodat die Japannese kopers die regte persepsies vorm oor hulle Suid-Afrikaanse verskaffers. Hulle kan dus gaan bevestig dat alles by die verskillende fabrieke in Suid-Afrika op standaard is, om sodoende grondbone deurlopend te verskaf en langtermyn-besigheid tussen hierdie twee lande te verseker.

47


GWK Trading Lusern Leana Bezuidenhout

Lusern-hektare toon groot groei Hierdie

jaar sal GWK se lusernprodusente ongeveer 20 000 hektaar lusern plant, wat beteken dat ons produsente se lusern-hektare onder besproeiing meer as verdubbel het oor die afgelope vyf jaar. Só sê Fanus Linde (Hoof van Lusern en Vesel). “Ons verwag dat sowat 400 000 ton geoes sal word op hierdie 20 000 hektaar,” sê Linde, “waarvan ons ongeveer 90 000 plaaslik sal verhandel, veral in die Wes-Kaap wat op die oomblik onder droogtetoestande gebuk gaan. Die stabiele markkanale en pryse wat ons bewerkstellig het, maak dit vir produsente moontlik om meer lusern aan te plant, wat op sy beurt tot meer beskikbare lusern vir plaaslike markte lei.”

GWK en lusernprodusente GWK voer lusern uit sedert 2011, veral na lande in die midde-ooste se grootste melkprodusente. Onder hierdie produsente tel een melkery waar 25 000 koeie daagliks gemelk word en ons verwag om 28 000 ton lusern aan dié melkery te lewer. Die span by GWK Lusern het oor die afgelope paar jaar baie werk gedoen om te verseker dat plaaslike lusernpryse geïnternasionaliseer word en dat markkanale gebou en versterk word. Die GWK-handelsmerk

48

word nou toenemend geassosieer met volhoubare voorsiening en uitsonderlike diensvlakke en lusern is slegs een kommoditeit in die mandjie waaruit ons internasionale markte bedien. Die internasionale markte het hoë standaarde in terme van die konsekwente lewering van hoë-gehalte lusern. Dit is juis hierdie standaarde waaraan GWK voldoen en sodoende sy reputasie as betroubare verskaffer vestig en behou. “Lusern is nie lusern nie,” sê Linde oor die groot verskille wat in luserngehalte voorkom. Produsente moet veral let op die volgende: Verkrygingsprosesse Sny-metodes Drogingsmetodes Baalprosesse Plek van gradering Die regte akkreditasie (sertifikaat van die Nasionale Luserntrust) Daarmee saam moet produsente die volgende doelwitte nastreef: Om blaarryke, sappige lusern te produseer deur voldoende wateren kunsmistoediening Om die hantering van lusern effektief te behartig sodat die blare deel vorm van die bale

Om die regte baalpraktyke en – toerusting te gebruik Om lusern te baal wanneer die vog 100% reg is Om lusern so min as moontlik ná baal te hanteer Lusernprodusente, lusernkopers en melkprodusente moet ook op ‘n analise-sertifikaat aandring tydens die koop of verkoop van lusern. Linde sê hierdie sertifikaat is belangrik om te verseker dat die produsent betaal word vir die gehalte lusern wat hy produseer en sodat kopers verseker kan wees dat hulle wel die gehalte ontvang waarvoor hy betaal. Melkprodusente moet altyd voedingsaanpassings maak in oorleg met hulle konsultante of voedingkundiges. Lusern is nie ’n eenvormige produk nie en analises kan van die graderingsertifikaat verskil. Ewekansige monsterneming van ’n vrag lusern is baie belangrik vir akkurate analises en formulering. Volgens Linde fokus GWK Lusern skerp op voerkrale, die wildbedryf en die veebedryf. Plaaslik word lusern grootliks vir eie gebruik geproduseer, met ‘n produksie van sowat 1,5 miljoen ton verlede jaar. Hiervan is sowat 650 000 ton verhandel.


49


GWK Trading Wyn Madri Scheepers

Landzicht

se Reserve Merlot 2015 is op ‘n spoggeleentheid, op 29 September 2017 by die Cape Sun Hotel in Kaapstad, vereer met ‘n goue medalje tydens die jaarlikse Michelangelo International Wine and Spirit Awards. Die Michelangelo International Wine and Spirit Awards is reeds in 1997 gestig as die enigste internasionale wynkompetisie in Suid-Afrika. Wat dit uniek maak, is dat al die beoordelaars uitgesoekte wynkenners is wat al sewe kontinente verteenwoordig. In die eerste jaar wat die toekenning aangebied is, was daar slegs 146 inskrywings, maar hierdie jaar het daardie getal gestyg tot meer as 1 500, wat hierdie prestasie vir Landzicht nóg ‘n groter een maak. Die gesogte toekenning is een van vele in die Landzicht-trofeekas. “Alles gaan daaroor dat ons in die noorde-reënboog nog nie as ‘n tradisionele rooiwynarea bekend staan nie, nietemin het Landzicht nou die teendeel deeglik bewys,” sê Ian Sieg, GWK se wynmaker. Landzicht het al verskeie toekennings op skoue verwerf oor die jare, onder meer die beste Cabernet Sauvignon in Suid-Afrika by die Old Mutual Wine Trophy Show wat onlangs aangebied is. Die Michelangelo-toekenning is “so te sê wêreldsmaak-beoordeling,” sê Sieg omdat die beoordelaars van regoor die wêreld kom. Hy beklemtoon hoe belangrik die toegewyde span kundiges is wat hierdie toekennings ‘n moontlikheid maak. Slegs die beste kultivars word op die regte tye geoes ten einde hierdie uitsonderlike wyne te lewer. “Elke jaar het sy uitdagings in ons area waar daar hael, storms, vloede, ontydige reën en ryp voorkom – jy weet nooit wat jy gaan oes voordat die druiwe in die kelder is nie.” “Goud is goud en ek is trots op elke lid van die span, asook ons wingerdboukundige, Hein Janse van Rensburg, wat deurlopend ‘n groot rol speel,” sê Sieg. Sy passie vir sy werk is aansteeklik en dit is maklik om te sien hoekom hy en sy span soveel suksesse bereik. Elke

50

Landzicht doen dit weer! wyn word van die plaas tot die bottel met uiterse sorg hanteer en dít is deel van hul wenresep. “Daar is drie belangrike elemente tot ‘n goeie wyn: Eerstens die dieprooi kleur, tweedens die smaakegtheid van die kultivar en derdens die harmonie van die wyn,” voeg hy by. Ongelukkig is die reeks reeds uitverkoop, maar die 2016-weergawe volg eersdaags. “Dit gaan net sulke goeie wyne wees,” sê Sieg. As Ian so sê, dan weet ek wynliefhebbers het definitief iets om na uit te sien! Sieg filosofeer net so graag oor die lewe as oor sy wyn. “Pessimis kla oor wind, optimis verwag dit moet verander en stil raak, realis verander die boot se seile en bereik sy doelwiteindbestemming. It seems almost impossible until it’s done!”


GWK Farm Foods GWK Vleis Madri Scheepers

Eerste vleis-inligtingsdag suksesvol aangebied

Besoekers van die dag, van links is Willie Maree, Hendrik Keulder, Cobus Croucamp en SJ van Jaarsveld.

Produsente wat die dag bygewoon het, van links: Adriaan Maritz, Willie Kuhn, Willie Kruger, Oubaas Maritz en Niekie van Aswegen.

Produseer markgerig. Dít was die tema

gestel vir ‘n skaapbestuurstelsel wat kan help om elke skaap te identifiseer, reproduksie te meet, groei van lammers in voerkraal te monitor en meer. Dr. Coetzee het aangesluit deur te noem dat boere hul winste met tot 20% kan verhoog. “Boere moet nie net skape aanhou nie, maar die biologiese doeltreffendheid en produktiwiteit van sy kudde moet verhoog word deur presisieskaapboerdery,” sê Dr. Coetzee. Die onderwerpe wat hy wat bespreek het is:

van die eerste boere-inligtingsdag wat deur GWK Vleis in samewerking met Veeplaas aangebied is by Glen Allen in die Prieska-distrik. Ongeveer 100 produsente van regoor GWK Vleis se werwingsgebied het die dag bygewoon waar waardevolle inligting gedeel is oor wat die mark verwag van die produsent. Sprekers tydens die geleentheid het almal aangesluit by die tema, waarvan die fokus was hoe om ‘n goeie afgeronde produk aan te bied. Koos du Pisanie (Veeplaas), Heinrich Victor (Bayer), Schalk de Villiers (RFID), Dr. Jasper Coetzee (Skaapvoedingen bestuurspesialiskonsultant), Hennie Coetzee (GWK Direkteur en suksesvolle veeboer in die Prieska-distrik) en Alex Cilliers (Hoof: GWK Farm Foods Vleis) was die sprekers wat inligting met produsente gedeel het. Die belangrikheid van die regte bemarking is benadruk deur Koos du Pisanie. Geboortegewig, omgewingstoestande, voeding en bestuur is deur Heinrich Victor uitgelig as belangrike punte wat ‘n invloed het op die effektiewe groei van ‘n slaglam. Hy het ook gefokus op hoe belangrik die toediening van vitamiene, minerale en spoorelemente is. Produsente het die geleentheid gekry om meer uit te vind oor die nuutste vorderinge in tegnologie. Schalk de Villiers het ‘n app voor-

Voorvereistes vir winsgewende afronding van lammers in die voerkraal Watter tipe voerkraalrantsoen verseker winsgewende afronding Watter tipe lam verseker winsgewende afronding Watter bestuursfaktore kortwiek diereproduksie in voerkrale Wenke vir winsgewende afronding van slaglammers Hennie Coetzee het gepraat oor ekonomiese vleisbeesboerdery. Hy het die sleutelfaktore tot ‘n suksesvolle vleisbees-boerdery met die produsente gedeel. Hy noem dat die volgende belangrik is: Goeie weidingsbestuur: veldsame-

foto's: Veeplaas

stelling, tipe weidingstelsel (intensiewe roterende stelsel), beheer van indringerplante en beheer bos-indringers Sinkroniseer produksie-siklus Sinkroniseer raamgrootte van dier Verminder vervoer en ander kostes met 70% Alex Cilliers het insig gegee oor die uitdagings waarmee GWK elke dag gekonfronteer word en wat produsente se verantwoordelikheid is om die regte produk in die mark te kry. “Die waardeketting van vleis het oor die laaste twee of drie dekades geweldig verander en elke aspek van hierdie ketting speel ‘n groot rol,” sê Cilliers, “van die primêre produsent se boerderymetodes tot by die etiket wat op die pakkie vleis te lande kom.” ‘n Waardevolle boodskap op dié dag was dat die boerdery voorturend moet aanpas in ‘n veranderende omgewing. Ná die sukses van hierdie jaar sal die boeredag jaarliks aangebied word. Dit sal roteer van dorp tot dorp sodat meer produsente die geleentheid het om dit by te woon.

Vir enige navrae oor die inligtingsdag en wat bespreek is, kan Nantie Fourie, verkrygingsbestuurder van GWK Vleis, gekontak word by 053 298 8367 of e-pos nantief@lawmeat.co.za.

51


GWK Farm Foods Veilings Madri Scheepers

Nóg rekords in die sak

Links: Op Konsortium-Merino se laaste veiling vir die jaar is díe ram vir die hoogste prys van R64 000 verkoop. Agter van links, Gawie van Heerden, Bemarkingsdirekteur van Konsortium-Merino, Willie Meyer, Uitvoerende Bestuurder van GWK Veilings en Eiendomme, Hugo Torr, Eenheidbestuurder op Dombietersfontein, Maretha Badenhorst van Somerset-Wes, het vir jare op Dombietersfontein gewoon en gewerk, Jan Victor, koper en Jakkie Nel, afslaer. Bradwill Kierries hanteer die ram.

Rekords

is nie meer ‘n vreemde verskynsel by die veilings wat Konsortium Merino aanbied nie. Tydens die produksieveiling wat op 7 September 2017 vir die 33ste keer op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, aangebied is, het hul wéér verbeter op die vorige veiling se uitstaande prestasies. Sedert September 2015 word die produksieveiling deur GWK Veilings aangebied en is dit die vyfde suksesvolle veiling wat saam met GWK aangebied is. “Top-genetika, goeie bemarking en spanwerk. Konsortium Merino se trefsin is nie verniet saam bied ons meer nie. Ons en GWK sorg dat die ratte geolie is, die diens is flink en vriendelik,” verduidelik Madelaine van Heerden, Mediaen Bemarkingsbestuurder

52

van Konsortium Merino. Die vennootskap tussen GWK en Konsortium Merino is een wat van krag tot krag gaan omdat dié maatskappye dieselfde waarde heg aan die produsente en ‘n kultuur skep om hul in te sluit by die proses. “Die groei van hierdie veilings is fenominaal sedert GWK betrokke geraak het twee jaar gelede. Selfs in heersende droogtes word omset en getalle steeds verbeter,” sê Willie Meyer, Hoof van GWK Veilings en Eiendomme. Konsortium Merino spog reeds met twee Suid-Afrikaanse rekords: Die meeste ramme verkoop op ‘n Merinoveiling, asook die hoogste omset in Suid-Afrika tydens ‘n Merinoramveiling. September vanjaar was geen uitsondering nie en albei daardie rekords is

laat spat, met ‘n nuwe rekord van altesaam 406 ramme verkoop en ‘n totale omset van R3 839 400. Dit is ‘n indrukwekkende R868 000 meer as die vorige veiling. Die veiling het 406 ramme en 976 ooie aangebied. Ramme is teen ‘n gemiddeld van R9 457 verkoop, met die hoogste prys van R64 000. Jan Victor van die plaas Vogelstruisfontein in die Richmond-distrik het dié ram gekoop. Ooie is teen ‘n gemiddeld van R2 181 per stuk verkoop met die hoogste prys van R2 800 per ooi vir ‘n groep dragtige handelsmerkooie wat deur FPL Steyn Boerdery van Bethlehem gekoop is. Die groot nuus van 2017 vir Konsortium Merino is dat 1 035 ramme op vyf veilings teen ‘n gemiddeld van R9 124


verkoop is. “Ons is trots op ons genetika wat produsente keer op keer na ons veilings lok en is dankbaar vir elke ondersteuner, koper en Konsortium-Merinoboer wat ons veilings ‘n vreugde maak,” sê Van Heerden. Nóg ‘n rede waarom GWK en Konsortium Merino ‘n gedugte span vorm, is innoverende denke: Net soos GWK elke dag dinge nuut en anders doen, glo Konsortium Merino ook daarin om vars en modern te dink oor hul bemarkingstrategieë wat reeds met die eerste veiling in 2001 geïmplementeer is. Vir die September-veiling is die Captain Merino-advertensieveldtog ingespan. Die fokus van vanjaar se veiling was uitsonderlike genetika en daarom het die bemarking gefokus

op ‘n Superhero-tema. Behalwe vir ‘n unieke bemarkingstrategie het Konsortium Merino ook ‘n handelsmerk wat waarde tot hul lede se produkte voeg. “Wol en genetika met die handelsmerk as stempel van goedkeuring, verskaf gemoedsrus en skep ‘n vraag na ons lede se produk,” voeg van Heerden by. Op die vraag waarom hierdie veilings so suksesvol bly is Meyer se antwoord “die span se passie, entoesiasme en produkgenetika van arbeiders tot bestuur. Die uniekheid van Konsortium, net soos GWK, is dat albei passievol is oor hul produk en daarin glo, wat ‘n suksesvolle venootskap verseker. Om een prominente boer aan te haal: Konsortium se sukses lê in sy mense, tipe skaap en stelsels.”

Foto's: Conrad Bornman

53


Ons Spesialiste Leana Bezuidenhout

Interne Oudit ononderhandelbaar vir GWK se gesondheid

Voor: Chantelle Celliers, Alicia de Wet, Wilma van Staden-Claasen, Modise Nkata, Kholofelo Malepe, Marnus van die Merwe en Stefan Coetzee. Agter staan PC Botha

In ‘n paar uitgawes van Kommuniek oor die afgelope jaar of twee het ons gesels oor ons interne oudit-span of artikels oor hul bedrywighede geplaas. Die groei wat ons maatskappy getoon het van ‘n tradisionele koöperasie-besigheid tot ‘n internasionale speler het ‘n groter behoefte na gesonde korporatiewe beheer tot gevolg gehad. Dit is juis hiér waar Interne Oudit ‘n geweldige groot rol speel om ons maatskappy te beskerm, gesond te hou en te verseker dat ons stelsels aan die hoogste standaarde voldoen. Die belangrikheid van hierdie span vir GWK word ál meer belangrik en daarom is die span uitgebrei met spesi-

54

aliskennis waarmee min maatskappye kan spog. Ons gesels met PC Botha, Hoof van Risikobestuur en Interne Oudit, oor sy span en hoekom hulle werk só belangrik is vir GWK, sy personeel en sy aandeelhouers. Hoe het die span se struktuur gegroei en verander die afgelope twee jaar? Dit het duidelik geword dat, vanweë ‘n groter rol wat Interne Oudit in die besigheid begin inneem het, ek as bestuurder nie alle vergaderings, besluite én die dag-tot-dag-bestuur kan behartig nie. Interne Oudit en Risikobestuur se administratiewe rapportering is ook verskuif direk na die Finansiële Direkteur.

Dit was veral belangrik dat ons opvolgbeplanning in ag neem. Daarom is besluit om nog ‘n vlak van personeel onder die bestuursvlak te vestig en verantwoordelikhede aan hulle toe te ken en te bemagtig sonder om bykomende personeel aan te stel. Hierdie herstrukturering het behels dat twee interne ouditeure in die bestaande span aangestel is as senior interne ouditeure in onderskeidelik Douglas en Kimberley. Interne, sowel as leerling interne ouditeurs rapporteer nou aan hierdie senior spanlede. Ons het ook ‘n interne ouditeur as Bedrogrisiko-adviseur aangestel wat in Kimberley gestasioneer is. Ons het ‘n


“My administratiewe vaardighede vorm my deel van die groter legkaart. As die span iets gereël wil hê reël ek dit – en gou ook. Of dit ‘n belangrike vergadering is, of ‘n spanbou. I keep them on the right track!" – Wilma van Staden-Claasen

In die 2017finansiële jaar (F17) is 132 oudits uitgevoer en verslae uitgereik

Die span het in F17 ongeveer 130 000 km afgelê in die uitvoering van pligte

redelike personeelwisseling ondervind in die span oor die afgelope twee jaar, wat dan ook vir ons die geleentheid gebied het om personeel aan te stel met spesifieke vaardighede wat die span aanvul en afrond. Verder is die administratiewe kant van die span versterk deur, in samewerking met Sekretariaat, ‘n senior klerk aan te stel wat verseker die dag-tot-dag-administrasie verloop glad – dit verseker weer dat ons ouditeure op oudits kan konsentreer sonder om hulle te bekommer oor reisreëlings of rekeninge. En in terme van kennis en vaardighede? Vakante posisies in ons span het ons

In F17 is 34 verskillende dorpe/stede regoor Suid-Afrika besoek, waarvan die meeste meer as een keer besoek is

die geleentheid gebied om posisies te vul met persone wat die span kan aanvul met absolute spesialiskennis en –ervaring. Ons het ‘n bedrogrisikospesialis aangestel wat bedrogrisiko’s identifiseer, voorkomingstrategieë uitrol, bewusmakingsveldtogte dryf en ondersoeke lei. Verder het ons ouditeure met ondervinding in die finansiële bedryf aangestel, sowel as ‘n ouditeur met spesialis-ervaring in die agri-besigheid. Dit is vir ons belangrik om so nou as moontlik met groot ouditmaatskappye se spesialis-afdelings saam te werk, waar ons daarop fokus om soveel as moontlik vaardighede en kennis aanleer.

Ouditeure het tydens F17 ‘n totaal van 122 werksaande nie by die huis geslaap nie om pligte by verafgeleë besighede uit te voer

“The most exciting part of my job is the regular constructive engagements auditors have with clients (GWK businesses) that are intended to add value and efficiency to each business unit within the group.” – Modise Nkata

55


Hoekom was dit vir GWK nodig om hierdie veranderinge aan te bring? Twee jaar gelede het ons kritiese selfondersoek gedoen na die bestaansreg van ons afdeling in die groter GWK en besef dat ons bestaande ouditbenadering nie effektief is nie. Ons het toe besluit op ‘n holistiese, risiko-gebaseerde ouditbenadering, waar hulpbronne slegs op risiko-areas gekonsentreer word en dus meer effektief aangewend word – dit voeg uiteindelik soveel meer waarde tot die maatskappy toe. Uiteraard moes aksies in plek gestel word om hierdie risiko-areas te identifiseer en spesifieke vaardighede was nodig daarvoor. Daar waar ons kon, het ons dus die regte personeel aangestel, en waar dit nie ekonomies sin gemaak het nie, is van eksterne kennis gebruik gemaak. Alle planne is nog nie volledig uitgerol nie, maar sal oor die volgende 18 maande volledig geïmplementeer wees. Watter spesialiskennis maak jou span so uniek? Ons diverse, kundige span beskik elk oor sy eie vaardighede en kennis, wat beteken dat ons elkeen kan fokus op die areas waarin ons goed is en ook deurlopend by mekaar kan leer. Hierdie vaardighede sluit in: Bestuur en gehaltebeheer Kennis van die finansiële industrie Sterk analitiese vaardighede Sterk forensiese ondervinding Ondervinding in die regsagtergrond Kennis van die openbare sektor Uitstekende menseverhoudinge Seepgladde administrasieprosesse Wat is jou span se benadering tot bedrogvoorkoming? Risikobestuur en Interne Oudit is van mening dat voorkoming áltyd beter is as verliesbeheer. Ons voer ook ons oudits uit met hierdie filosofie as riglyn, waar ons kontrole-genoegsaamheid

56

en -effektiwiteit toets en dan aanbevelings maak waar nodig. Deur bestuur te help om kontrole-leemtes en beleidsafwykings te identifiseer, stel ons hulle in staat om moontlikhede van bedrog te beperk deur tydig daardie risiko’s aan te spreek. Ongelukkig kan daar nie vir alle risiko’s kontroles in plek gestel word nie en daarvoor het GWK ‘n goedgekeurde bedrogvoorkomingstrategie wat bestaan uit ‘n bedrogvoorkomingsbeleid, bedrogvoorkomingsplan, bedrog-reaksieplan, sowel as ‘n Fluitjieblaser-beleid. Hierdie strategie, tesame met bedrogpersepsie-meningspeilings, bedrogrisikoregisters, bewusmakingveldtogte en ontwikkeling van sekere strategiese beleide, maak deel uit van die groter bedrogvoorkomingsraamwerk. Alle rapporterings word ondersoek en waar enige ongerymdhede voorkom, word ondersoeke gedoen wat bestuur in staat stel om op die gepaste wyse op te tree.

“Ek doen wat ek doen, want elke bietjie maak ’n verskil. Bedrog maak nie net ‘n organisasie seer nie, maar raak ook sy werknemers en hul gesinne. Dit is bemoedigend om deel te wees van 'n span wat bedrogbewustheid skep en daar is iets fassinerend aan bedrogrisiko's en die ooreenstemmende kontroles wat beskikbaar is om hierdie risiko’s te probeer voorkom.” – Alicia de Wet Wat maak hierdie span so belangrik vir GWK? Om te begin verduidelik watter groot

rol die span in die groter GWK speel, is dit belangrik om te verstaan dat Risikobestuur en Interne Oudit funksioneel rapporteer aan die Ouditkomitee, en administratief aan die Finansiële Direkteur, sowel as die Groep Besturende Direkteur. Dit beteken dat ons onafhanklik funksioneer binne die maatskappy en onwelvoeglike invloed op rapportering onder geen omstandighede toegepas kan word nie. Dus is ons rol belangrik vir: Die Direksie en aandeelhouers: Vir gemoedsrus dat bestuur verantwoordelik te werk gaan met neergelegte mandate en hulpbronne wat aan hul toevertrou word. Bestuur: GWK het ontwikkel in ‘n groot maatskappy met menigte bedryfspunte en personeel. Deur die interne oudits uit te voer, maak ons dit moontlik vir bestuur om op die strategiese doelwitte te konsentreer, met die gemoedsrus dat bestaande besighede steeds effektief binne neergesette reëls en raamwerke handel dryf. Die gemeenskap en personeel: Versekering dat die besigheid nie homself aan onetiese gedrag skuldig maak en nalatig te werk gaan op maniere wat wat die natuur, werksomgewing, of gemeenskap waarin ons besigheid doen, skade berokken nie. Hoe sien julle die resultate van die werk wat julle doen? Ongelukkig is Risikobestuur en Interne Oudit een van daardie besighede waar die span se resultate in ander besighede se prestasie gesien word. Dit gebeur selde dat daar ‘n interne oudit verslag uitgereik word wat nie tot ‘n prosesverbetering en/of kostebesparing lei nie. Ek dink egter die strenger oudits se toenemend goeie resultate wat ervaar word, is toe te skryf aan goeie samewerking tussen die onderskeie besighede en ons


span. Die strafregtelike vervolgings wat voortspruit uit ondersoeke wat gedoen is, is natuurlik ook meetbare goeie resultate. Hoe lyk julle planne vorentoe? Ek dink dat Risikobestuur en Interne Oudit saam met die besigheid moet bly groei en verander. Om te glo dat die strategie wat ons op die oomblik volg, steeds oor vier of vyf jaar gaan werk, is fataal. Soos GWK se strategieë verander en uitbreidings plaasvind, verander die risiko’s ook en moet ons ons strategie verander om daarby aan te pas. Daar word tans gefokus op data-analises wat oor die hele GWK strek, wat ons in staat sal stel om norms en uitskietertransaksies te identifiseer wat risiko-identifisering sal vergemaklik en verdere gefokusde hulpbrontoedeling tot gevolg sal hê.

“Meeting the people that make GWK great and working with them to move the company in the right direction, is what gets me most excited about my job.” – Kholofelo Malepe

Art • Science • Philosophy

DE 11

PR O

DUKSIEVEIL I NG

BONSMARAS LO A WE RLAND • PRIESK

‘N SUPERIEURE KEUSE VIR UNIEKE GENETIKA, ‘N UNIEKE KEUSE VIR SUPERIEURE GENETIKA.

HENNIE: 083 701 1512 BERTIE: 083 349 9559 HENCOEBOERDERY@GMAIL.COM

25 OKTOBER 2017 | 11:00

AANBOD: 40 BULLE | 200 VROULIKE DIERE

AANPASBAAR • VRUGBAAR • PRODUKTIEF • FUNKSIONEEL • AANSKOULIK

57


Ons Mense Madri Scheepers

program ondersteun die grootwordproses Vanjaar is die tweede jaar waarin GWK en Sol Plaatje Universiteit (SPU) in vennootskap ‘n uitsonderlike geleentheid aan presteerder-studente bied. Die WIL-program (Work Integrated Learning Programme) is ‘n inisiatief waar dié universiteit studente vir drie maande by ‘n maatskappy plaas om praktiese ervaring in ‘n regte werksomgewing te kry. Voornemende studente word deur middel van ‘n onderhoud gekeur vir plasing. Suksesvolle studente word daarna ingedeel by verskillende maatskappye vir die voltydse program van drie maande. Sol Plaatjie Universiteit en GWK se vennootskap is van só aard dat dit vir die studente moontlik is om hierdie program as deel van hul kwalifikasie by die universiteit te voltooi. Vanjaar is agt belowende studente gekies om aan die program deel te neem by GWK van Julie tot September. 58

Drie van hulle is by GWK Eiendomme ingeneem en vyf by GWK Handel om blootstelling te kry aan al die besigheidsprosesse. Studente is die geleentheid gegun om te leer van alle aspekte van die besigheid wat insluit eiendomme, telefoonetiket, bedrogvoorkoming, korporatiewe identiteit, persoonlikheidstoetse, dissiplinêre verhore en vele meer- opleiding wat alles deur GWK-spesialiste aangebied is. Die dryfkrag agter hierdie suksesvolle program is Cecile Duvenhage, Bestuurder van GWK Eiendomme. Deur slegs vyf minute lank met haar te gesels is dit duidelik dat haar belangstelling by mense en hul ontwikkeling lê. Sy praat met entoesiasme wat aansteeklik is oor die program en haar liefde vir mense. “Ek het ‘n passie daarvoor om mense te bemagtig. Wat hierdie jaar uitsonderlik maak, is dat vyf van die studente in diens geneem is by GWK ná die suksesvolle voltooiing van die program,” sê Duvenhage.


Vir hierdie studente is die ervaring en geleentheid van ongekende waarde. Hulle het dit opgesom as ‘n positiewe ervaring waarin hul baie geleenthede gegun is om van die besigheid se bedrywighede te leer. Spanwerk, kultuur, respek en die vriendelike benadering van al die rolspelers in GWK is uitgelig as van die hoogtepunte. Volgens die studente was daar deurlopende groei en het hulle waardevolle lesse geleer by bestuurders binne GWK wat werklik daar was om ‘n impak op hul lewens te maak. “Dit was onbeskryflik. GWK moet staan vir Goeie Werk-Kultuur,” sê Borhen Coleman, een van die studente wat aan die program deelgeneem het. Dit is duidelik dat die program ‘n blywende invloed op die studente gehad het en hul voorberei het op ‘n toekoms in besigheid. Soos Owen Langdown, ook ‘n student, sê: “Die eerste stap wat jy neem in ‘n besigheid, sal vir jou iewers in die toekoms sukses gee. Ons het die vermoë om ons toekoms te bou deur daardie eerste stap te neem. Ek is dankbaar vir al die rolspelers in GWK en SPU wat hierdie progam moontlik gemaak het. Die belangrikste belegging wat ‘n mens in jou lewe kan maak, is om in iemand anders se lewe en ontwikkeling te belê.” Die studente word toegerus met praktiese ervaring wat hul help om die teorie wat hul in die klas leer aan te vul. Soos Ragel Matras verduidelik: “Dit maak alles sin wanneer jy die inligting in die boek moet prakties uitvoer as ‘n student.” Verteenwoordigers van die universiteit beskryf dit ook as ‘n belangrike stap in die toekoms van hul studente. “Die WIL-program is ‘n belangrike opleiding- en leer-hulpmiddel wat akademiese en werkspraktyke belyn tot voordeel van die student, asook

die maatskappy. Die program stel die studente bloot aan die industrie, waar hul met probleme gekonfronteer word en uitgedaag word om krities daaroor te dink,” sê Fattinald Rangogo, WIL-koördineerder van SPU. “Die program stel studente in staat om te sien hoe hul studies verband hou met die teorie sowel as prakties.” Die positiewe invloed van die WIL-program gee die studente nou die geleentheid om lewens te verryk in die toekoms en ‘n verskil te maak vir ander jongmense soos hul deur die besigheidswêreld beweeg. Die program word beplan om jaarliks aangebied te word deur GWK in samewerking met SPU. Indien die laaste twee jaar se sukses ‘n aanduiding is, het volgende jaar se studente groot skoene om vol te staan.

59


Nuts are a very popular food. They're tasty, convenient and can be enjoyed on all kinds of diets. Despite being high in fat, they also have a number of impressive benefits for your health (and weight).

What Are Nuts? Nuts are technically considered a fruit. However, unlike most types of fruit, they aren't sweet and are high in fat. They contain a hard, inedible outer shell that usually needs to be cracked open to release the fruit inside. Fortunately, you can buy most nuts from the store "pre-shelled" so that you don't have to crack them open yourself.

(source: healthline.com) Here is a list of some of the most commonly consumed nuts: Almonds Brazil nuts Cashews Hazelnuts Macadamia nuts Pecans Pine nuts Pistachios Walnuts The top 8 health benefits of eating nuts: 1. Nuts Are a Great Source of Many Nutrients Nuts are highly nutritious. One ounce (28 grams) of mixed nuts contains (1):

60

Calories: 173 Protein: 5 grams Fat: 16 grams, including 9 grams of monounsaturated fat Carbs: 6 grams Fiber: 3 grams Vitamin E: 12% of the RDI Magnesium: 16% of the RDI Phosphorus: 13% of the RDI Copper: 23% of the RDI Manganese: 26% of the RDI Selenium: 56% of the RDI 2. Nuts Are Loaded With Antioxidants Nuts are an antioxidant powerhouse. Antioxidants help control free radicals, which are unstable molecules produced as a normal part of metabolism. Free radical production increases

in response to heavy sun exposure, stress, pollution and other causes. Bottom line: Nuts contain antioxidants known as polyphenols, which may protect cells and LDL cholesterol from damage. 3. Nuts Can Help You Lose Weight Although they're considered a highcalorie food, research suggests that nuts may actually help you lose weight. One large study called the PREDIMED study assessed the effects of the Mediterranean diet. Analysis of data from a subgroup of the study found that those assigned to eat nuts lost an average of 5 cm from their waists, which is significantly more than those assigned to eat olive oil.


Health & Lifestyle

Nuts have been shown to help promote weight loss rather than contribute to weight gain. Several studies have found that the body doesn't absorb all of the calories in nuts. 4. Nuts Can Lower Cholesterol and Triglycerides Nuts have impressive effects on cholesterol and triglyceride levels. Pistachios have been shown to lower triglycerides in obese people and diabetics. In one 12-week study, obese people who ate pistachios had triglycerides that were nearly 33% lower than the control group. The cholesterol-lowering power of nuts is believed to be due in part to their high content of monounsaturated and polyunsaturated fatty acids. Nuts may help lower total and LDL cholesterol and triglycerides while boosting levels of HDL cholesterol. 5. Nuts Are Beneficial for Type 2 Diabetes and Metabolic Syndrome Type 2 diabetes is a common disease that affects hundreds of millions of people. Having a condition called metabolic syndrome is strongly associated with type 2 diabetes. Interestingly, nuts may be one of the best foods for people with metabolic syndrome and type 2 diabetes. First off, they are low in carbs and don't raise blood sugar levels much. Substituting nuts for higher-carb foods should lead to reduced blood sugar levels. Several studies have shown that blood sugar, blood pressure and others health markers improve when nuts are included in diets of people with type 2 diabetes and metabolic syndrome. 6. Nuts Can Help Reduce Inflammation Nuts have strong anti-inflammatory properties. Inflammation is your body's way of defending itself from injury, as well as bacteria and other potentially harmful pathogens. However, chron-

ic (long-term) inflammation can cause damage to organs and increase disease risk. Research suggests that eating nuts may reduce inflammation and promote healthy aging. Specific nuts have been found to fight inflammation in healthy people and those with serious diseases. These include pistachios, Brazil nuts, walnuts and almonds. Research suggests that nuts may be helpful for reducing inflammation, especially in people with diabetes, kidney disease and other serious health conditions. 7. Nuts Are High in Fiber Fiber provides many health benefits. Although your body can't digest fiber, the bacteria that live in your colon can. Many types of fiber function as prebiotics or "food" for your healthy gut bacteria. Your gut bacteria then ferment the fiber and turn it into beneficial short-chain fatty acids (SCFAs). In addition, fiber helps you feel full and reduces the number of calories you absorb from meals. One study suggests that increasing fiber intake from 18 to 36 grams daily might result in up to 130 fewer calories being absorbed. Here are the nuts with the highest fiber content per 1-oz (28-gram) serving: Almonds: 3.5 grams Pistachios: 2.9 grams Hazelnuts: 2.9 grams Pecans: 2.9 grams Peanuts: 2.6 grams Macadamias: 2.4 grams Brazil nuts: 2.1 grams 8. Nuts Can Reduce Your Risk of Heart Attack and Stroke Nuts are extremely good for your heart. Several studies suggest that nuts help lower heart disease and stroke risk because of their benefits for cholesterol levels, LDL particle size, artery function and inflammation. Studies have found that small, dense LDL particles may increase heart disease risk more than

larger LDL particles. Nuts Are Delicious, Versatile and Widely Available Nuts are undeniably tasty and satisfying. They can be enjoyed whole, as nut butters or chopped up and sprinkled on food. It's actually quite easy to make your own homemade nut butter using whichever combination of nuts you like. Nuts can be purchased in grocery stores or online. They are available in a wide variety of options, including salted or unsalted, seasoned or plain, raw or roasted. In general, it's healthiest to eat nuts raw or toast them in the oven at a temperature below 175°C. Dry-roasted nuts are the next-best option, but try to avoid nuts roasted in vegetable and seed oils. At the end of the day, nuts are a highly nutritious and super tasty food that can fit into almost everyone's diet. Eating nuts on a regular basis is a very enjoyable way to improve your health.

oplossing: Augustus/September T O N K R R U I D B A R G G A K S K K E R B O U

P O G R A S K E K K G O S P E R M P I E O E K O E W R B O H A E G L O E I K E T E S R A M L E R A A S A N D J I A I E S T E R A A N

H A M E L S

A E R O

F R I K A S B S E E E E R E S D M L A A G R K L E K I E I E R S L G E

E G A I N N G S P A N D A N Y L S T R O O M

A G S A M E N E I G I N G

S A N T E E G A L G G E S K A I I I E E R F S A O T E S N K R E T N S G E N E S T I O S I E N

L E T T

Y A L E

S A L K E I A R A S N G S A L E O E D K L L I S O O E W E E R E N S E I E R

61


Die regte kanale om wêreld van Die die regte kanale voedsel te voorsien. om die wêreld van voedsel te voorsien. GWK Graan

GWK Graan

Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736

Graanverkryger: Douglas Jaco Voges 082 883 9433

Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705

Graanverkryger: Hopetown Steven Storey 082 906 1676

Graanverkryger: Oos-Vrystaat Esperansza van der Walt 082 805 9911

Bestuurder: Graanverkryger: Graanaankope Oos-Kaap Dewald Burger Eben Vermeulen 082 900 8736 082 881 1926

Graanverkryger: Graanverkryger: Douglas Luckhoff Jaco Voges Japie Nortje 082 883 9433 071 680 1046

Witmielie-aankope: Graanverkryger: Noordwes Prieska Tiaan Nieuwoudt Robbie Lee 076 020 1705 082 882 2609

Graanverkryger: Graanverkryger: Hopetown Barkly-Wes / Hartsvallei Steven Storey Ludvic Flemming 082 906 1676 079 698 4936

Graanverkryger: Graanverkryger: Oos-Vrystaat Jan Kempdorp / Magogong Esperansza van der Walt Nic Nortje 082 805 9911 072 613 0917

Graanverkryger: Oos-Kaap Eben Vermeulen 082 881 1926

Graanverkryger: Luckhoff Japie Nortje 071 680 1046

Graanverkryger: Prieska Robbie Lee 082 882 2609

Graanverkryger: Barkly-Wes / Hartsvallei Ludvic Flemming 079 698 4936

Graanverkryger: Jan Kempdorp / Magogong Nic Nortje 072 613 0917

Veiling - 2 November 2017

Uitstaande wildsplaas:

Oudefontein te koop per veiling

Hierdie tipe plaas kom selde in die mark. Datum: 2 November 2017 Tyd: 11:00 Plek: Plaas Oudefontein Groot 5948, 1554 ha. Ideaal vir wildboerdery, skaapboerdery en beesboerdery. Die plaas en wild word gesamentlik en afsonderlik aangebied.

Koos Kruger: 082 571 3918 koozkruger@gmail.com

62

Verskeidenheid wild:

● Lechwes ● Zebras ● Blesbokke ● Elande ● Koedoes ● Vlakvarke

● Hartebeeste ● Blouwildebeeste ● Swartwildebeeste ● Springbokke ● Waterbokke

Ligging: Die plaas Oudefontein – Burgersdorp Distrik. Grens aan die Tussen die riviere reservaat. (Oranjerivier) Koordinate: 30°34'11.97"S 26°07'4.29"E Aanwysings: Vanaf Bethulie, neem die Burgersdorp pad, volg die teerpad tot die teerpad ophou. Volg die grondpad verder na Burgersdorp (+/- 2 km). Draai links by die Leliedalpad-wegwyser. Volg die pad oor die treinspoor vir +/- 7km tot by vurk, hou links. Volg die pad vir ‘n verdere 1 km, draai links in na die plaas. Volg die pad vir 5 km. Ry verby die 1ste plaas tot by Oudefontein.


Resep

Enige ouer ken die stryd om kinders sover te kry om genoeg groente te eet. Maar as dit dalk goed weggesteek word, kan jy die stryd wen! Hier is drie lekker idees.

Ontbyt: Kaserige groente-roereier 1 t botter/margarien 1 e dungesnyde grasuie 2 e dungesnyde murgpampoen 1 e gesnyde rooi- of groenpeper Sout en peper na smaak 2 eiers Lae-vet mozzarella of cheddar

Smelt die botter in ‘n klein pan. Voeg groente, sout en peper by en braai vir 3 minute. Breek eiers in die pan en roer met ‘n vurk of handklitser. Strooi kaas oor. Braai tot die eiers gaar is en bedien met roosterbrood. (Bron: parenting.com)

Middagete: Pizza-panini 4 klein Italiaanse broodrolletjies ½ koppie tamatie-pizzasous 1 koppie gerasperde mozzarella of ander lae-vet kaas 16 ringe salami 1 koppie broccoli, in stukkies gesny 4 t gerasperde parmesan-kaas

Voorverhit ‘n oondpan. Sny rolletjies in die helfte en skep twee eetlepels sous op elke helfte. Plaas ½ koppie kaas, ¼ koppie broccoli, 4 salami-ringe en een teelepel parmesaan op elke helfte. Plaas ander helfte van rolletjie bo-op. Rooster in oond tot kaas gesmelt is. (Bron: parenting.com)

Aandete: Skorsie-gebak 2 medium skorsies 3 k broccoli-blomme 1 e olyfolie 1 klein ui 2 knoffelhuisies 1/4 k meel 1 1/2 k melk 1 k hoenderaftreksel 1/8 t sout 1/8 t growwe swartpeper 2 k gerasperde cheddar 1/8 k gerasperde parmesaan

Voorverhit die oond op 180°C. Kap die broccoli en ui, druk die knoffelhuisies fyn. Kook die skorsies tot sag, skep die vleis uit die skil tot in ‘n oondbak. Pak broccoli bo-op en rooster saam tot gaar. Verhit olie in ‘n pan, braai uie en knoffel, roer meel in. Verminder hitte. Voeg melk en hoenderaftreksel by en kook op lae hitte om ‘n witsous te vorm. Voeg sout en peper by. Sodra die sous dik raak, voeg cheddar by en roer tot gesmelt. Gooi sous oor gaar broccoli en skorsie, strooi parmesaan oor en bak vir 25 tot 30 minute tot goudbruin. (Bron: superhealthykids.com)

63


RAAI

Kommuniek Aankweek of bebou

Wit Rikspoeier Egipte daalder van grane

Id est

Melkorgane

Steppe in Rusland

Vleissnit

Ook -tiek

Gloedvolle poësie

Klinkende geluid maak

Radon

Toejuiging

Oorlogs- Die Ram Ontmagte moeting

Damskrapers

Uiterste punt Maaltye

Kameelskaap se jas

Belug

Spandering

Vredesgodin Hoendereier

In vertroue: __ nous

Donkie of muil Viva in Spanje

Myself

Steunkabels Na l'e

Lym

Beer of sog

Nie uit nie

Altyd

Onderwysdipl.

Met volop plantegroei

Verskaf

Teologie

Begryp

Meedeel

Grond stapel

Kweek

Padies

Bobbejane Landmate

Wêreldseë

Karige

Eur. Gemeenskapsmark

Of hoe?

Mediese off. Sirkelvormige

Welig groei

Wattelboomkweker

Domkoppe

Gieter se kop

Kruis

Iedereen

Okuleer

Surplus

Bedorwe Vuurwapens

Abattoir

Ryp gewasse afsny

Twak! Omtrent 1000kg

Aanhê

Blus

Kleur van R50noot

Elberta of lospit Nogal

Stad in Latina, Italië

Tydperk

Elektron. Hoenderboer se pos produkte

Moses se broer

Kleredragstyl

Winterappel

Drie __ is dertig

Geluid van muis

Delfstowwe

Oplossing vir KommuniekRAAI (Augustus / September) op bladsy 61.

64

Skapie in lewe gebring

Ellende Dun geboë bene

Met 'n sens sny

Straat

Ploegland se punt

Jolyt

Suffiks vir proses

Piekfyn

Sint

Twee maal vier

Badplaas

Kontant met best.

Geëer

Vleis op 'n stokkie

Smal strook Kos berei

Erbium

Sinjale

Beskermgeeste

Ses

Brosserige leiklip

Afkeer in kos kry

Koskenner, Paarman

Kortsig

Onderkas

Vaatbundel

Geel, geler, __


Kinderpret

Watter twee hoendertjies lyk dieselfde?

65


Uit Piet se pen

Sy wil nie oopmaak nie Ons

boek in by ‘n lodge net buite Kimberley. My oog val op ‘n kennisgewing met die volgende nota: Privaat 50 jarige viering. Slegs genooide gaste. Ons kamer is baie na aan die onthaalvertrek. Ons pak af en vertrek weer. Teen 11 uur die aand is ons terug. Die gange wemel van die verjaardaggangers. Die vyftigjarige viering nog in volle swang. Ek maak my bedenkinge rondom ons kamerplasing duidelik. Ons het gedink ons gaan nou slaap. Met papierdun mure het ons deel van die partytjie gebly tot wie weet watter tyd. Skaars aan die slaap geraak of daar is ‘n geklop aan die kamervenster langsaan. Eers net liggies. Met geen reaksie van binne, het dit later meer dringend geword. Baie indringend. Toe die eensydige monoloog. “Ek weet jy is hier binne, maak oop die deur. Ons moet praat. Een of ander tyd sal jy moet oopmaak. Ek gaan wag tót jy oopmaak.” Steeds geen reaksie. Die klopper se geduld raak op. ‘n Vloedgolf beledigings word die nag ingeslinger. Ek het nie geweet een bekende vloekwoord pas op so baie plekke in ‘n sin nie. “Waar is die veiligheidspersoneel?” wonder ek by myself. Ons hoor die voetstappe op die gruis soos die man al swetsend wegstap. Hy is kwáád. Ek loer versigtig deur die badkamervenster, skrikkerig om nie uitgevang te word nie. In die maanlig sien ek die silhoeët van ‘n man op pad na ‘n motor. Oomblikke daarna is die parkeerarea die ene stof. Mensig! Die motor jaag dwars – met tollende wiele – om die eiland op die parkeergebied. Die nagwag staan nader om te kyk. Die motor pyl op hom af. Hy hardloop ver-

66

skrik onderdeur die naaste afdak. Sy pet staan punt in die wind. Hy lê rieme neer in Modderrivier se koers, sonder omkyk. Onder sy knuppel uit. Sy flits lê verlate en skyn op ‘n motor se wiel. Die onvergenoegde skeller is met die brullende motor by die hek uit in die stad se rigting. Die bande en ratkas protesteer hewig. Elke ratwisseling duidelik hoorbaar. Die nagwag se geskarrel bly my by. Ek wonder of hy al op Modderrivier aangekom het. Hier is nou stemme langsaan hoorbaar. ‘n Ketel word aangesit. Sigaretrook vul die gang. My verbeelding werk oortyd. ‘n Onwettigheidjie broei beslis. Koffie word geroer. Die ge-“tjie-tjie” word meer. Daar word gesels. Wáároor kan ons nie hoor nie. In die verte hoor ons weer ‘n motor se dreuning. “Is die man weer op pad terug?” wonder ons. Dit raak weer stil langsaan. Hulle hoor ook iets. Die klik van ‘n ligskakelaar is hoorbaar. Ons wag in spanning. Die motor se spoed verminder. Hy draai af. Die man is terug. Baie goed flits deur my gedagtes. Het hy nou versterkings gaan haal? Uitsmyters? Dalk ‘n rewolwer? Aan laasgenoemde wil ek nie eers dink nie. Weer die voetstappe op die gruis. Al nader, tot by die ruit. Weer die geklop, sonder reaksie. Ná ‘n rukkie hoor ons hom by die deur aan die binnekant. ‘n Gepluk aan die handvatsel. Dan weer die vermaning: “Hierdie deur sal vannag oop. Ek waarsku jou. Dink jy ek het nie geld om ‘n nuwe deur te betaal nie?” snou hy na binne. Die spanning laai op. Gaan hy nou die deur oopskouer of gaan hy die slot oopskiet? Ek verwag die ergste. Sien al hoe breek die deur in stukke. Hoor die vrou se benoude gille. Niks gebeur nie.

“Hoekom sukkel die man so om in te kom?” wonder ons. Kan hy nie maar eenmaal oorgaan tot aksie en klaar kry nie? Die hele lodge reeds wakker en in afwagting vir dié groot inbraak. Intussen het die man skynbaar sy oopbreekgedagtes laat staan. Hy slaan nou met die tong. Hard en venynig. “Jou ma het my nie verniet oor jou gewaarsku nie. Daai eerste aand wat jy saam met my weggeloop het, moes ek al geweet het. Nou is dit te laat. Jy sal jou maniere nooit laat staan nie. Jou ma het maar ook haar maniere.” (Die arme ma!) “Hierdie is die laaste wat ek duld van jou. Ek wil jou nooit weer sien nie,” sluit hy sy betoog af. Die liedjie van André Swartz “Ek wil jou nooit weer sien” kom dadelik by my op. Ek glo wel nie André het dieselfde vuil taal gebruik nie. Ons hoor hoe ‘n kamerdeur oopgaan en ‘n mede-gas die man berispe. Hy vertrek oomblikke daarna, al spinnende, in dieselfde stofwolk waarmee hy die vorige keer weg is. Die volgende oggend is ons baie nuuskierig om ons bure te sien. Die deur staan oop toe ons verbyloop. Volledig in sy kosyn. Binne is ‘n middeljarige vrou besig om haar tasse te pak. Sy is alleen. Ek is teleurgesteld. Dankie tog smaak verskil, dink ek by myself. Weet nie of ek vir haar ‘n deur wil oopskiet of afskop nie.


Hoof: Infrastruktuur Carl du Toit carldt@gwk.co.za

Douglas Silo Johan Coetzer johanc@gwk.co.za

Prieska Silo Frikkie Jansen frikkiej@gwk.co.za

Marydale Silo Jaco Mouton jacom@gwk.co.za

Hoë standaarde, hoë kapasiteit en hoë tegnologie om jou produkte veilig tot in die mark te kry. GWK Infrastruktuur

Barkly-Wes Silo Johan Nel johann@gwk.co.za

Modderrivier Silo Otto Von Molendorff ottovm@gwk.co.za

Transoranje Silo Rietrivier Silo Dirk Thomas Christina dirkt@gwk.co.za Bezuidenhout christinab@gwk.co.za

Stoffelshoek Silo Daniel Louw daniell@gwk.co.za

Jan Kempdorp Depot Aletta Bester alettab@gwk.co.za

Modderrivier Katoen Pluismeule Dolf van der Westhuizen dolfvdw@gwk.co.za

Douglas Grondbone aanleg Janie Britz janieb@gwk.co.za

Douglas Grondbone-droging en Pekanneuter Franswa Weyers franswaw@gwk.co.za

GWK Infrastruktuur sluit moderne fasiliteite in, waaronder ons silo’s, katoenpluismeule, grondboonaanlegte en pekkanneutaanleg in. Alles om ons boere se produkte met gemoedsrus na die markte te verskuif.

67


V A

Moet ek my Trustakte laat hersien? GWK bied ’n omvattende reeks regsdienste vir al jou persoonlike en besigheidsbehoeftes, en kan help met: • • • • •

Re g sa dv i es Samestelling en w ysigings van titelak tes Ro l a s o n af h a n k l i ke Tr us tee Ad m i n i s t ra s i e va n Tr us t I n ken n i s s te l l i n g va n w y s i g i n g s tot b e l a s t i n g wetg ew i n g • H o u va n Tr us tee ve rg a d e r i n g s • Ko r re k te h a nte r i n g en b ewa r i n g va n N ot u l es Alles onder een dak.

Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185

gwk.co.za 68

Kommuniek Oktober/November 2017  
Advertisement