__MAIN_TEXT__

Page 1

`n Handelsmerk van

April | Mei 2020

GWK belê in die kinders van plaaswerkers

GWK Pecans: Nuwe bestuurder en vars planne

Covid-19 en Suid-Afrikaanse landbou

Graanopberging: Wat pas by jóú omstandighede?


Jou trots

ons passie

JOU FAMILIE

A26082

JOU PLAAS JOU DROOM Kom ons gesels ... @Bayer4Crops @DEKALBSA Bayer (Edms) Bpk. Reg. Nr. 1968/011192/07 Wrenchweg 27, Isando, 1601. Posbus 143, Isando, 1600. Tel: +27 11 921 5002 www.cropscience.bayer.co.za www.bayer.co.za

Ons weet boerdery is nie net ’n werk nie. Dis ’n leefstyl. Dis hoekom ons

daar is. Met ons passie vir innovasie, geanker in navorsing en ontwikkeling, gerugsteun deur die raad van kundiges en ondersteun deur volgehoue

vennootskappe, bly ons streef na ’n beter toekoms vir ons land en vir jou,

die boer. Om die nasie te rugsteun het jy ’n vennoot nodig wat agter jóú staan elke oomblik van die dag. Maak Bayer daardie vennoot in jou besigheid.

Jou trots is ons passie.


14 25 42 44

GWK belê in die kinders van plaaswerkers

Luckhoff Somer Rally: Beproef nuwe praktyke

Graanopberging: Wat pas by jóú omstandighede?

GWK Grondbone en produsente besoek proewe

8 10 12 18 20 22

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

GWK Pecans: Nuwe bestuurder en vars planne

Korona-virus en landbou: Waar staan ons?

GWK ondersteun LBW-droogteberaad

28 35 39 46 48 50

Chelate en soute Omgewingsimpak van intensiewe as grond- en veeboerderye blaartoedienings

Van druiwekorrel tot wynbottel

Streng vereistes vir toekomstige veeveilings

Opgewonde oor warm mense en goeie diens

Familieboerdery 'n bewese sukses

52 55 56 58 KommuniekRAAI

Resep: SA pepersteakpasteie

Leefstyl: Agt maniere tot 'n beter nagrus

Uit Piet se pen: Ek stres, meneer...

3


Direksie

Bestuur

Voorsitter Frank Lawrence

Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

Ondervoorsitter Hennie Coetzee

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel

Llewellyn Brooks HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Nicolaas Kruger Eric Ramongalo Koos van der Ryst

Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Graan Shawn Ross Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronbestuur Malcolm Jafta Hoof van Korporatiewe Sake Juan Kotze

Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om 'n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en 'n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420

Redakteursbrief Dit voel ‘n klein bietjie onwerklik, hier waar ek my brief in my huis sit en tik. Ingeperk. Locked down.

Uitleg Reinard Louw Verspreiding Charné van der Merwe CharneVDM@gwk.co.za Advertensies ads@kommuniek.co.za Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Plaaswerkerkinders se toekoms lyk blink (foto: Leana Bezuidenhout)

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

Soos iets uit ‘n fliek. Toe ons Maandagaand, 23 Maart, Cyril Ramaphosa se presidentsrede kyk, kon ek nie help om te dink aan al die apokaliptiese, natuurramp-flieks waar mense regoor die wêreld vasgenael voor hul TV’s sit en luister na ‘n president (gewoonlik Amerika s’n) se boodskap nie. Maar daardie Maandagaand s’n was anders. Dit was nie verdoemend nie, maar voorkomend. Ek het agterna ‘n bietjie onsekerheid, maar baie trots ervaar. Die manier hoe ons president en regering hierdie wêreldwye ramp benader en hanteer, is (teenstrydig met die meeste van ons se verwagting) gerusstellend. Dit is vreemd en anders en iets wat ek nie gedink het ek in mý leeftyd sal ervaar nie. Mense is onseker oor watter emosie om te voel. Dié wat steeds werk omdat hul dienste deur die president uitgesonder is, beny die klomp wat by die huis is. Dié wat by die huis werk, wens vir ‘n bietjie normaliteit en stoei teen kluisterkoors. Almal se wêrelde is ontwrig. As ek dit nog nooit voorheen besef het nie, het die afgelope tyd een ding by my tuisgebring: Suid-Afrikaners se humorsin is uniek, onblusbaar en fan-

Leana Bezuidenhout

tasties. ‘n Mens kan nie help om te lag vir die foto’s en video’s wat die rondte doen nie. Sonder om die erns van die situasie te ontken, maak ons landsburgers seker dat ons nie verval in depressiewe denke nie. Een só ‘n foto sê: “And BOOM! Just like that… It appears we don’t need Hollywood or professional sports. Just farmers.” President Ramaphosa het landbou as ‘n “noodsaaklike diens” uitgesonder. ‘n Essential service, saam met die mense wat ons gesond en veilig – lewendig, in der waarheid – moet hou. Essential: completely necessary; extremely important in a particular situation (Oxford Dictionary) Ewe skielik, soos die foto sê, besef ons van wie ons afhanklik is. Dankie aan die mense wat hulself in gevaar stel om ons veilig te hou. Dankie aan GWK se personeel, wat toegewyd aanhou werk in ‘n moeilike tyd, om seker te maak dat ons produsente kan aanhou kos produseer vir Suid-Afrika. En dankie aan ons boere wat seker maak dat ons kan eet. Die Oxford-woordeboek beskryf julle akkuraat: Heeltemal nodig, uiters belangrik.

Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling


Geestelike Akker Ons volmaakte vesting Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte. Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. Psalm 18:2-3 Ons begin vandag ons oordenking met pragtige woorde van aanbidding en vertroue wat die psalmdigter se seker wete dat die Here te alle tye sy sterkte is, beskryf. Waarheen ons ons wend wanneer ons bang is of wanneer dinge verkeerd gaan in ons lewens, of na wie ons ons wend vir hulp en ondersteuning is uiters belangrik. Elke dag ervaar ons nuwe stres by die huis en in ons wêreld waardeur ons moet werk. Ons raak soms baie gefrustreerd, kwaad en ontnugter wanneer ons beste pogings deur dinge buite ons beheer gedwarsboom word. Ons stry voort te midde van die onvoorspelbaarheid wat deur beurtkrag, foutiewe WiFi, swak diens en aflewering en onbetroubare vervoer, veroorsaak word. Voeg daarby die onsekerheid, lyding en angs wat die koronavirus te weeg bring. Ons benodig daardie volkome sekuriteit en krag wat Dawid in God as sy veilige vesting ondervind het. Hy het nie in sy tyd die bekommernis oor WiFi, paniekaankope of elektrisiteit geken nie, maar hy tog daaglikse angs en uitdagings beleef. As 'n jong seun wat sy pa se skape moes oppas, was hy maar net met 'n staf, 'n slingervel en geloof toegerus. Dit het hom geleer om op God te vertrou en dit het hom voor-

berei vir groter dinge later. In tye van moeilike uitdagings en verskriklike beproewings het Dawid se geloof gegroei. Om 'n leeu of 'n beer wat een van sy trop skape weggedra het te konfronteer, was nie maklik nie, maar Dawid het geweet dat: “Die Here, (hom) gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, … " (1 Samuel 17:37) Later het God hom ook uit die hand van Goliat, die Filistynse reus, verlos. God was Dawid se Sterkte, maar Hy kan ook ons Sterkte wees. Elkeen van ons is ongetwyfeld op verskillende plekke van die pad wat ons met die Here stap, maar Hy ken ons en gee om vir elkeen van ons. Hy ken ons reeds van toe ons nog in ons moeder se baarmoeder was. Ons hoef miskien nie letterlik elke dag teen wilde diere te veg nie, maar elke dag kom ons op alle gebiede voor talle uitdagings te staan – waarvan sommige in ons eie situasie net so verskriklik as 'n aanval deur wilde diere is. Kyk vandag met geloof en aanbidding op na Hom, ons veilige vesting. Gebed: Liewe Vader, dankie dat U ons skild en sterk verlosser is in tye van nood. Help ons om in hierdie moeilike tye waarin ons leef, ons na U te wend en gee dat deur elke toets ons in geloof sal groei en dat ons deur Jesus Christus, ons Here, sal oorwin. Amen Louise Gevers (versndag.co.za)

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme

Kalkfonteindam

Modderrivier

Krugersdriftdam

100,00

2020-01-17 tot 2020-03-20

Douglas Lunenburg

45 40

40

35

35

30

30

25

25

20

15

10

10

5

5

27

3

10

17

24

2

9

16

23

0

30

27

3

10

17

24

Dae MAART

30

30

25

25 Temp. °C

Temp. °C

35

20

15

10

10

5

5 3

10

17

24

2

9

16

Dae MAART

23

0

30

27

3

10

17

24

2

Dae MAART

Middelburg Grootfontein

40 35 30

Temp. °C

25 20 15 10 5 0

27

3

10

17

24

2

9

16

23

30

Dae MAART

Maksimum

8

) (E C

16

23

30

9

16

23

30

20

15

27

9

Hopetown

40

35

0

2

Dae MAART

Rietrivier

40

rif t

20

15

0

LTM (2016-2019)

Prieska Green Valley Nuts

45

Temp. °C

Temp. °C

G re e

n

Rietrivier

0 EL BU RG

99,41

D

97,57

Taungdam

M ID

Spitskopdam

50

Zo ut pa ns d

109,92

pd or p

Douglas Stuwal

100

m

82,09

n

Vaalharts Stuwal

Ke

87,48

ow

Bloemhofdam

150

Ja n

53,39

Ho pe t

Vaaldam

200

Ri et riv ie r

60,48

ut s

Hartsrivier

94,63

Vanderkloofdam

N

Vaalrivier

Gariepdam

Va lle y

Oranjerivier

250

% Vol

Lu ne bu rg

Dam

Reën (mm)

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn


John Deere Connected Support Wanneer jy John Deere toerusting koop, verwag jy betroubaarheid.

Jy weet ook dat wanneer jy in die land is, die onverwagse kan gebeur.

Jy behoort, want niks hardloop soos ‘n Deere nie.

Wanneer dit gebeur, het jy ‘n vinnige oplossing nodig.

Dit is waarom John Deere-masjiene van die fabriek af kom met ingeboude tegnologie.

Nog beter, jou handelaar kan waarskuwings ontvang en ‘n konneksie maak met jou masjien.

Dit herken potensiële probleme en kan jou dadelik in kennis stel – in die kajuit of enige plek waar jy is.

Jy het gemoedsrus dat jou naaste handelaar gereed staan om staantyd tot die minimum te beperk.

Wanneer jy jou masjien “Connect”... Jy kan:

Jou handelaar kan:

• Waarskuwings oor die lug van die masjien af ontvang. • Die skerm in die kajuit sien vanwaar jy ook al is. • Masjienposisie, sy vorige roete en area wat hy gewerk het, monitor. • Brandstofvlak en luiertyd monitor.

• Waarskuwings oor die lug van die masjien monitor. • Probleme oor die lug diagnoseer om jou so spoedig moontlik weer aan die gang te kry. • Die skerm in die kajuit sien om jou te help om die opstelling te doen. • Sagteware van die werkswinkel af laai.

Meeste van die nuwe masjiene word nou bestel met ‘n 5-jaar gratis Access- plus Remote Display Access-subskripsie om hierdie opsies beskikbaar te stel wat jou aan die gang hou. Indien jy ‘n bestaande masjien het wat in staat is om te kan “Connect”, kwalifiseer jy ook moontlik vir ‘n gratis subskripsie.* Kontak Jason Prince van GWK Meganisasie om seker te maak.

*Sluit 2G hardeware uit. JDlink Connect-subskripsie kan jaarliks gekoop word wat “Wireless data transfer “ en “Remote reprograming” insluit.

Jason Prince 082 906 1671 | jasonp@gwk.co.za

gwk.co.za 9


Veilingskalender en -pryse

9 April 14 April 21 April 23 April 28 April 30 April 2 Mei 5 Mei

7 Mei 12 Mei 14 Mei 19 Mei 20 Mei 26 Mei 28 Mei 28 Mei

Kommersiële veiling, Hertzogville Grootvee/Kleinvee, Kimberley Grootvee/Kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Griekwastad Grootvee/Kleinvee, Kimberley Grootvee-veiling, Koopmansfontein Arno du Plessis Wildveiling, Boshof Grootvee/Kleinvee, Kimberley

Kommersiële veiling, Hertzogville Grootvee/Kleinvee, Kimberley ATKA Dorpers, Kimberley Grootvee/Kleinvee, Kimberley Hardus Korb Dorpers, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Griekwastad Kommersiële veiling, Thaba Nchu

Veilingspryse vir lewendehawe - Maart 2020 02/03 - 06/03

16/03 - 20/03

23/03 - 27/03

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R25,50

Slagosse

R25,00

Slagosse

R24,20

Slagosse

R23,50

Slagkoeie

R20,00

Slagkoeie

R21,00

Slagkoeie

R20,00

Slagkoeie

R20,30

Maer beeste

R18,00

Maer beeste

R19,00

Maer beeste

R17,20

Maer beeste

R18,10

Ligte kalwers (180-200kg)

R35,00

Ligte kalwers (180-200kg)

R32,50

Ligte kalwers (180-200kg)

R33,00

Ligte kalwers (180-200kg)

R34,00

Swaar kalwers (201-250kg)

R33,00

Swaar kalwers (201-250kg)

R30,00

Swaar kalwers (201-250kg)

R32,50

Swaar kalwers (201-250kg)

R32,60

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R32,00

Slaglammers

R34,00

Slaglammers

R33,00

Slaglammers

R37,00

Stoorlammers R32,50

Stoorlammers R32,00

Stoorlammers R31,00

Kruislammers

R32,00

Kruislammers

R32,50

Kruislammers

R28,00

Kruislammers

R33,00

Slagooie

R27,00

Slagooie

R26,00

Slagooie

R23,00

Slagooie

R23,50

Maer ooie

R20,00

Maer ooie

R22,00

Maer ooie

R20,20

Maer ooie

R19,60

Klein bokkies

R38,00

Klein bokkies

R41,00

Klein bokkies

R38,00

Klein bokkies

R35,00

Medium bokke

R37,00

Medium bokke

R38,00

Medium bokke

R36,00

Medium bokke

R28,00

Stoorlammers R33,00

Groot bokke

Groot bokke Bokooie

10

09/03 - 13/03

R25,00

Bokooie

Groot bokke R27,00

Bokooie

Groot bokke R25,00

Bokooie

R25,00


FOSFAATBLOK V10264

PROTEÏENBLOK V10448

BEESBLOK V10932

WILDSBLOK V13408

MAXIBLOK V17424

ENERGIEBLOK V11456

11


Landbouwenke

Mielies Met nismarkgrane soos Simba- en Waxymielies moet seker gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.

Lusern en weiding Maart, April en Mei is die beste tyd om lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusern-entstof om stikstofbinding te verbeter. Doen grondregstellings voor vestiging van lusern. Meerjarige, gematigde grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en reddingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot einde April geplant word.

Uie en saaduie Uie word gevestig. `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plant-proses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk ná plant en was in met 15-20mm water. Koring of hawer kan gestrooi word net voor vestiging van uie (sandgronde) om windskade te voorkom. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip.

Aartappels Hou streng by die spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op `n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.

12

Grondbone Die eerste grondboon-aanplantings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 70-75% ryp is. Voorkoms van Schlerotinia veroorsaak dat peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af. Oorweeg om vroeër te oes as Schlerotinia vermeerder. Indien strawwe ryp voorkom en plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom. Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses aansienlik. Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te droog. `n "Conditioner" kan `n paar uur ná die uithaler gebruik word om die oortollige sand af te skud. Dit bespoedig die plukproses en verminder slytasie op die plukker se onderdele. Peule kan ongeveer drie dae na uithaal gepluk word, afhangend van vog en weerstoestande. Vog moet met lewering tussen 12 en 16% wees. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik. Verseker goeie deurlugting wanneer in sakke lewer.

Pekanneute Voldoende besproeiing vir “shuck split” is belangrik en voorkom dat grond ter enige tyd verwelkpunt bereik. Vermy enige stres op draende bome (behou blaar-gesondheid). Herfs bemesting kan gedoen word, afhangende van element en behoefte (tyd van toedienning is belangrik). Doen oesvoorbereiding. Teken ryp datum aan en hou rekord van blokke en kultivars (opbrengs en kwaliteit). Doen beplanning vir nuwe aanplantings.


Perfect Water Management Solutions www.agriplas.co.za

• Cost effective & high quality products • Excellent Technical knowledge & experience • Product training & Maintenance support


GWK belĂŞ in die kinders van plaaswerkers 14


Aktueel Leana Bezuidenhout

“Dit is ‘n liefdestaak om kinders op te lei.” Só sê Llewellyn Brooks, GWK Groep se besturende direkteur. Hy het gaste toegespreek by die opening van die eerste ECD (early childhood development)-sentrum – ‘n GWK-inisiatief wat saam met produsente aangepak word om opleiding en ontwikkeling aan plaaswerkerkinders te bied. Op 18 Februarie is dié sentrum op die Bruwer-familie se plaas Picton amptelik geopen. “Hierdie skool is deel van ‘n GWK-droom om al ons vennote betrokke te maak ‘n kultuur wat positief verander word,” sê Brooks. Vir GWK is betrokkenheid in ons gemeenskappe nog altyd iets wat ons doen omdat dit vir ons belangrik is, en nie omdat ons móét nie. Daarom het die bestuur van die maatskappy ondersoek ingestel na die beste manier om fondse in die gemeenskap aan te wend om ook die beste waarde vir aandeelhouers te ontsluit. Om nader aan ons produsente te beweeg, is besluit om te fokus op die kinders van plaaswerkers. Hierdie fokus is gerig op die ontwikkeling tydens vroeë kinderjare, sodat kinders reeds basiese vaardighede onder die knie het wanneer hulle amptelik met skool begin. Die sentrum op Picton is dus die eerste van nog skole wat vir die volgende paar jaar beplan word. “Opleiding is iets wat niemand van jou kan wegneem nie,” sê Gerhard Bruwer, GWK-produsent en eienaar van die plaas. Sy gesin en werkers het die voortou geneem in die bou van die skool en noem die opening ‘n “groot dag in die ouers se lewens, maar selfs meer merkwaardig vir die kinders wat hier sal skoolgaan”. Plaaswerkers se kinders tussen die ouderdomme van twee en vyf – altesaam 25 van hulle – sal vanaf die opening in die skoolgebou opleiding kry. Die gebou het egter kapasiteit vir

50 kinders om jong kinders van buurplase te akkommodeer. Die sentrum skep ook werksgeleenthede vir drie mense, waaronder ‘n onderwyseres en kombuispersoneel. Elke kind sal daagliks gesonde maaltye en eetgoed kry, terwyl die opleiding sal fokus op vaardigheidsontwikkeling. Verder is daar ‘n herwinningsprojek waar kinders rommel kan ruil vir vars groente en vrugte, en hulle sal geleer word hoe om hul eie groentetuine te kweek. “Ons gaan ook elke jaar ‘n boomplantdag hou,” sê Bruwer. “Genade Boerdery bly toegewyd daaraan om ‘n verskil te maak. Zelda Johnson is GWK se projekleier

vir hierdie en toekomstige ECD-projekte. “It takes a village to raise a child,” sê sy in haar verwelkoming tydens die opening. Sy het ook die vier boustene van dié projek aan kinders en hul ouers verduidelik – liefde, respek, vertroue en erkenning – en het gesê dat ouers ‘n groot verantwoordelikheid het om die onderwyseres te ondersteun in haar werk om jong lewens te verbeter. Griet Rossouw is aangestel om dié groot verantwoordelikheid te behartig. Sy het as vrywilliger by ander ECD-sentrums gewerk en só haar passie vir kinderontwikkeling ontdek. “Ek sien báie uit om deel van hierdie kinders se ontwikkeling te wees,” sê sy. “Ek het net een doelwit, en dit is om die

Elke kind se handafdruk is verewig in die sement van die skooltjie.

Pele Wa Modise wys sy departement se ondersteuning deur ook sy handafdruk te maak.

Zelda Johnson open die geleentheid.

15


béste in elkeen van hulle uit te bring.” Pele Wa Modise, Noord-Kaapse hoof van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het ook die opening bygewoon as bewys van die samewerking tussen GWK en die plaaslike regering. “’n Inisiatief soos hierdie is ‘n edele gebaar,” sê Wa Modise. “Verhoudinge tussen plaaseienaars en -werkers is een van die gemeenskapspilare wat altyd versterk moet word omdat dit wedersyds voordelig is. As daar goed na werkers en hulle kinders gekyk word, is hulle gelukkig. Gelukkige werkers beteken weer dat produsente winsgewend kan boer.” Hy sê verder dat sy departement projekte soos hierdie aanmoedig. “Ons het baie probleme in SuidAfrika en daarom verwelkom ons inisiatiewe wat mense se lewens gaan verbeter. Wa Modise het tydens sy toespraak vir oudpresident Nelson Mandela aangehaal, wat gesê het dat “opvoeding die magtigste wapen is wat ‘n mens kan gebruik om die wêreld te verander”. Hy het die kinders se ouers aangespreek deur hulle verantwoordelikheid ook te beklemtoon en gevra dat hulle die skool, onderwyser en hul kinders sal ondersteun deur ‘n voorbeeld vir die kinders te wees. “Dié sentrum kan vergelyk word met ‘n boerdery,” sê hy. “As ons nou die regte saadjie plant met hierdie kinders se opvoeding, kan ons eendag opgeleide jongmense ‘oes’ wat ‘n blink toekoms in Suid-Afrika het.” GWK Groep Bemarking en Kommunikasie, die divisie waarin die inisiatief gebore is, se uitvoerende hoof, Neil de Klerk, sê dat hierdie kinders eendag beter geleenthede sal hê en dat hulle sal weet die wortels daarvan lê in die landboubedryf, waar ‘n belegging gemaak is in hul vroeë kinderjareontwikkeling. “Ons glo dat hulle met goeie herinneringe na hulle kinderdae op die plaas sal terugkyk as die beste jare van hul lewens, en dat hulle in die landboubedryf sal wil werk,” sê De Klerk. “Die GWK-span soek deurlopend na maniere om so na as moontlik aan die plaas in ons gemeenskappe te belê – beleggings met werklike waarde. Ons, en ons aandeelhouers, wil ‘n positiewe verskil in Suid-Afrika se toekoms maak.”

16

Gerhard Bruwer, eienaar van die plaas Picton, beskryf die opening van die sentrum as 'n groot dag in almal se lewens.

Die sentrum is kleurvol toegerus om ure se pret te verseker.

Griet Rossouw is opgewonde om 'n verskil in jong lewens te maak.

Elke skoolkind het 'n rugsak met toebehore ontvang.


Gavilon South Africa (Pty) Ltd www.gavilon.co.za T +27 11 367 8420

F +27 11 706 9043

Grondvloer, Silky Oak House, Ballyoaks Office Park, Ballyclare Rylaan 35 Bryanston, Johannesburg, 2021 / Posbus 133, Cramerview, 2060

STRONG ADVERTISING GAV/20007

Pieter Bekker 072 626 0419 / Willem Engelbrecht 082 825 7781 Terence Van Dyk 082 885 4163 / Cas Prinsloo 079 510 2710

GESELS MET DIE VOLGENDE GWK BEMARKERS OOR GAVILON SE REEKS PRODUKTE

LOUIS NEL DOUGLAS / PRIESKA 082 904 6394 DERICK PAYNE KIMBERLEY 082 884 4584 LOUWISA THOMAS HOPETOWN 071 680 6805 LOUIS COETZEE HARTSVALLEI 071 623 7507

17


Aktueel Leana Bezuidenhout

GWK PECANS: NUWE BESTUURDER EN VARS PLANNE GWK Pecans, die besigheid wat in 2019 geskep is om vir pekanprodusente die geleentheid te bied om aandele te besit, het ‘n uitdagende tyd agter die rug. En volgens Valdor Dudley, nuutaangestelde algemene bestuurder van GWK Pecans, is die uitdagings nog nie verby nie, maar die besigheid beweeg beslis in die regte rigting. Dudley

het in Januarie die Kaapse natuurskoon verruil vir die vlaktes van die Noord-Kaap, maar hy sê dat die skuif heelwat makliker was as wat hy verwag het. “Ek het gedink, omdat ek van die Wes-Kaap af kom, dat dit vir my ‘n groot aanpassing gaan wees, maar tog is dit vir my baie lekker,” sê hy. “GWK het ‘n geweldige warm atmosfeer, met vriendelike, behulpsame mense wat jou gemaklik laat voel. Dit maak op vir die hoë berg en die mooi wingerde wat nié hier is nie. En dán besef jy wat is eintlik belangrik in die lewe.” Behalwe dat hy onmiddellik deel van die span gevoel het, is Dudley ook beïndruk met die personeel en bestuur wat die maatskappy deur ‘n moeilike tyd steeds suksesvol vorentoe dryf. “Om dít reg te kry, moet die mense in die maatskappy ‘n baie spesiale funksie verrig.” Hy is oorspronklik van Grabouw in die Wes-Kaap en het sy rekeningkundige graad aan die Universiteit van

18

Stellenbosch verwerf, waarna hy sy MBL (Master of Business Leadership) deeltyds deur Unisa gedoen het. Sy loopbaanpaadjie het hom al deur die vrugte-, koringmeule- en hidroliesevervaardigingsbedrywe geneem, in poste wat onder meer finansiële en besturende direkteur insluit. “Ek wou baie graag terugbeweeg na die landbou- en voedselbedryf, aangesien ek ‘n spesiale passie daarvoor het,” sê hy. “Ek glo ook dat die pekanneutbedryf geweldige groeipotensiaal het en wil graag help om die besigheid verder uit te brei.” GWK Pecans maak huis skoon Dudley sê dat hy bewus is van probleme in die verlede wat veroorsaak het dat GWK Pecans nie op die oomblik finansieel gesond is nie. Baie hiervan is eksterne faktore, maar foute wat op interne vlak gemaak is, het ook ‘n baie groot rol gespeel. “Vir die seisoen wat nou kom, is

goeie diens aan ons kliënte ononderhandelbaar,” sê hy. “Wat belowe word, moet afgelewer word. Daarom is ons op die oomblik besig om die probleme met die stelsels te herstel, wat voorheen veroorsaak het dat diens en inligting aan ons kliënte nie op die standaard was wat dit moes wees nie. Ons fokus nou op die realisasie van ooreenkomste wat gesluit is.” Hy sê verder dat die groeipyne van ‘n nuwe maatskappy sy eie uitdagings veroorsaak het. “Om twee maatskappye saam te voeg, klink dalk of A plus B vir jou C sal gee, wat nie noodwendig die geval is nie. Markte moet goed ontleed word en die maatskappye se onderskeie kulture moet beslis in ag geneem word.” Foute in die verlede het ook gespruit uit vinnige besluite wat geneem is om ‘n gaping in die mark te gebruik, wat dan reggestel moet word. Vir Dudley is dit belangrik dat kliënte en aandeelhouers weet waar hulle met GWK staan.


Probleme beteken geleenthede Dudley is verantwoordelik om GWK Pecans suksesvol te bestuur – van verkryging tot bemarking. Dit behels dat die produk teen die beste prys aangekoop en verwerk word, en dan teen die beste prys in die mark verkoop word. Sy planne vir die besigheid sluit in om geleenthede wat moontlik misgekyk is in die verlede, ten volle te ontgin. “Ek dink nie ons sien die voordeel van die produk in die mark nie. Ons moet die mark en die produk verstáán. Dit is my missie om dit beter te verstaan, om te gaan kyk wat gebeur met produk in die mark,” sê hy. Hy sê verder dat die finansiële sukses van die maatskappy sy top-prioriteit is en dat dit belangrik is om geleenthede in ‘n betreklik jong bedryf te ontsluit om sodoende ‘n goeie opbrengs vir die aandeelhouers van GWK Pecans te kan bied. Die Europese mark is een só ‘n geleentheid wat deeglik ondersoek moet word. “Daar is geen verskoning om nié potensiële markte doeltreffend te penetreer nie,” sê Dudley. “Wisselwerking in die wêreldekonomie beteken dat dinge vinnig verander. Wanneer

hierdie veranderinge beperk is tot een area, is dit belangrik om aan te pas en ander markkanale beskikbaar te hê. Deel hiervan is om vennootskappe te sluit met die regte agente of besighede in ander lande, asook plaaslik.” Om suksesvol hierin te wees, sê Dudley dat GWK Pecans se fokus nou skerp op die finansiële gesondheid van die besigheid gerig is, insluitend die gehalte van die produk en logistieke oplossings. Hoewel dit belangrik is om stelsels en die binnewerkinge van GWK Pecans effektief te kry, verloor hulle nie die oog op langer termyn doelwitte nie. Die uiteindelike doelwit van die span is om vir GWK Pecans ‘n handelsmerk te skep wat herken en gerespekteer word. “Dit sal tyd vat en nie in net ‘n jaar bereik word nie,” sê Dudley. “Jy kan ook nie ‘n handelsmerk bou as jy nie iets uniek in die mark doen nie – iets waarvan die verbruiker hou. Dit sal ingesluit word by die marknavorsing.” Die plaaslike mark is volgens Dudley nog glad nie tot sy volle potensiaal ontgin nie. In ‘n tyd waar verbruikers ál meer gesondheidsbewus word, is pekanneute ‘n produk waarvan die bewustheid gekweek moet word om die aanvraag te verhoog. ‘n Gesonde

balans moet gehandhaaf word tussen lewering aan die plaaslike en internasionale markte. Wat rakleeftyd betref, sal ondersoek ingestel word oor hoe om dit te verleng. GWK Pecans moet ten alle tye kosteen vervaardigingseffektief wees, sê Dudley. “Daarmee saam moet ons verseker dat daar áltyd ‘n mark vir ons aandeelhouers en produsente se produk is, ongeag die tonne wat geproduseer word. Pekans is ‘n nismark met baie potensiaal wat ontgin moet word. Daardeur kan ons optimale pryse, dienste en advies aan produsente lewer.” Hy wil verder verseker dat produsente altyd ingelig is oor belangrike tendense in die mark en die tegniese omgewing, dat goeie opbrengs aan aandeelhouers gebied kan word en dat die opbrengs kapitaalbeduidend is. “Dan is dit ook een van my doelwitte om die span by GWK so doeltreffend as moontlik te kry om só waarde vir ons aandeelhouers te verseker,” sê Dudley. “Ek is baie dankbaar vir ons aandeelhouers wat ons lojaal ondersteun het in ‘n uitdagende tyd. Dit is nou die tyd om waarde vir hulle te realiseer.”

Nuwe bestuur bring ook 'n vars fokus op kliëntediens. Die volgende persone is GWK Pecans se verteenwoordigers in onderskeie streke:

Günter Hollenbach Spesialisbestuurder: GWK Pecans (Verkryging)

Danie Janse van Vuuren Spesialisbestuurder: GWK Pecans (Fasiliteite)

Corné Pieterse Verkryger: Douglas, Prieska, Hopetown, KwaZulu-Natal en Wes-Kaap

Anroux Pretorius Verkryger: Vaalharts, Noordwes, Limpopo

Ronel Pretorius Administrasie en finansies

19


Aktueel Saamgestel deur Leana Bezuidenhout en Leoné Prinsloo

KORONA-VIRUS EN LANDBOU:

WAAR STAAN ONS? Terwyl die wêreld in rep en roer is oor Covid-19, ‘n vorm van die Korona-virus, heers daar ook onsekerheid in die landbousektor. Die grootste bekommernis is waarskynlik die invloed daarvan op boerderybedrywighede en die ekonomie. Hier volg ‘n opsomming van inligting wat oor die afgelope sowat twee maande gepubliseer is met betrekking tot Covid-19 en landbou. Die impak van die Korona-virus op die landbousektor (Farmers Weekly, 24 Februarie) Die negatiewe impak van die Koronavirus op Suid-Afrikaanse landbou is veelsydig, sê Joseph Kau, landbouekonoom van die Landbounavorsingsraad (LNR). Hy sê dat die uitbraak gekom het in ‘n tyd waarin SuidAfrikaanse landbouprodukte nuwe markte in China betree het deur die BRICS-platform. Die uitbraak kan egter ‘n afname in die aanvraag na ons landbouprodukte, veral vrugte, veroorsaak. ‘n Afname in China se aanvraag na Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere sal die land se vermoë om buitelandse inkomste te genereer, negatief beïnvloed. “Die negatiewe gevolge wat hiermee saamgaan, sluit moontlike werksverliese in die vrugtebedryf en ‘n vermindering van die rand se waarde in. Hoe langer die virus voortduur, hoe langer sal Suid-Afrika besigheidsonsekerheid ervaar en die pogings om Chinese markte te penetreer, sal afneem. Dit sal ongetwyfeld groei in die sektor knou,” sê Kau. Die belangrikste landboukommoditeite wat Suid-Afrika vanuit China invoer, sluit grondbone, dierafval, diervoeding, suikerprodukte, appelsap

20

en tamatiepasta in. Volgens Kau word dit egter toenemend moeilik vir China om sekere produkte te verskaf weens die onbeheersde verspreiding van die virus. Om risiko’s te vermy, is dit noodsaaklik dat plaaslike markte uitgebrei in die verbruik van Suid-Afrikaanse landbouprodukte bevorder word. Hoe verander die Korona-virus verbruikersgedrag in die voedselbedryf? (Daily Maverick, 9 Maart) Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Agricultural Business Chamber of South Africa (Agbiz) blyk dit asof vrees vir die verspreiding van die Korona-virus verbruikersgedrag en gevolglik óók die vraag na produkte verander. In ander lande soos die Verenigde State van Amerika (VSA) en die Verenigde Koningkryk (VK), waar sogenaamde “paniek koop” reeds aan die orde van die dag is, word 'n styging in die vraag na noodsaaklike produkte en voedsel gerapporteer. Indien ‘n soortgelyke verskuiwing in verbruikersgedrag in Suid-Afrika plaasvind, sal ‘n toename in die vraag op die korttermyn aanvanklik positiewe gevolge vir kleinhandelaars, veral van voedsel en ander noodsaaklikhede inhou. Ons kan egter op die

medium termyn weer ‘n afname in die vraag na produkte te wagte wees weens kwarantynbeperkings, asook die sluiting van besighede en skole, sowel as die vrees vir blootstelling aan die virus in openbare ruimtes met groot getalle mense. Besighede wat hierdie ongunstige toedrag van sake waarskynlik eerste in die gesig sal moet staar, is restaurante (en gevolglik landbouverskaffers), asook openbare vervoer, haarkappers en soortgelyke verskaffers van persoonlike dienste. “Die implikasies hiervan op ons voorspelling vir inflasie in voedselpryse van ongeveer 4% op ‘n jaargrondslag in Suid-Afrika is egter op die oomblik nog onduidelik,” sê hy. Hou die Korona-virus ‘n risiko vir Suid-Afrikaanse landbou in? (Wandile Sihlobo, 16 Maart) Met Suid-Afrikaanse uitvoere van ongeveer $10 miljard, wat in 2019 plaasgevind het, word wêreldwye landbouwaardekettings nou óók onder die vergrootglas geplaas. Die potensiële daling in die vraag na landbou in Asië, sowel as dalende pryse, kan veroorsaak dat die waarde van Suid-Afrika se landbou-uitvoere na Asië in 2020 waarskynlik óók sal daal. Wol, vrugte, graan, drank, groente en rooivleis is


na landbou in Asië, sowel as dalende pryse, kan veroorsaak dat die waarde van Suid-Afrika se landbou-uitvoere na Asië waarskynlik óók sal daal. Dit sal bykomende finansiële druk plaas op Suid-Afrikaanse produsente, wat gehoop het dat 2020 ‘n jaar van herstel sou wees nadat vorige seisoene deur die droogte gekniehalter is. ‘n Boer se gids tot Korona-maatreëls (Bizcommunity, 19 Maart) Gedurende ‘n dringende vergadering wat die minister van landbou, Thoko Didiza, op 16 Maart gehou het, is verskeie bedryfsrolspelers en verteenwoordigers van georganiseerde landbou die geleentheid gebied om insette te lewer op die stappe wat nou geneem moet word. ‘n Taakspan is op die been gebring en boere word aangeraai om protokol, soos uiteengesit deur president Cyril Ramaphosa, te volg. Verskeie riglyne is bevestig. Boere behoort hierdie riglyne te bestudeer om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te verseker. Korona-virus: SA landbou-uitvoere kan ‘n R39 miljard-knou kry (farmingportal.co.za, 4 Maart) Die Agricultural Business Chamber (Agbiz) het gewaarsku dat die landbousektor in Suid-Afrika se uitvoere ‘n knou van R39 miljard kan kry as gevolg van die Korona-virus, wat die vraag na voedsel van Asiatiese lande demp. Die rede hiervoor is dat Asië, wat die middelpunt van hierdie pandemie se uitbraak verteenwoordig, vir 25% van Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere van onder andere wol, vrugte, graan, drank, groente en rooivleis verantwoordelik is.

Volgens Agbiz sal die wêreldwye daling in kommoditeitspryse, in ooreenstemming met die wêreld se aandelemarkte, veroorsaak dat SuidAfrikaanse produsente minder sal ontvang. Hulle voorsien dat die vraag na produkte egter vir nou eers bestendig sal bly aangesien Asië nie slegs vir Suid-Afrika nie, maar ook vir die res van die wêreld, ‘n belangrike landboumark is. Dit sal laer pryse tot gevolg hê, veral vir landbouprodukte wat deur Suid-Afrikaanse produsente in Asië verkoop word. China is met 8% van wêreldwye landbou-invoere die tweede grootste invoerder ter wêreld, terwyl Japan met 4% van wêreldwye landbou-invoere die sesde grootste invoerder ter wêreld is. Boonop is Suid-Korea en Hong Kong gesamentlik vir 4% van wêreldwye landbou-invoere verantwoordelik. Agbiz waarsku ook hóé langer die uitbraak van die Korona-virus voortduur, hóé groter is die kans dat die vraag na landbouprodukte sal afneem. Die Chinese vraag na die meeste voedselprodukte, insluitend eiers, sojaboonolie, palmolie en vette, wat vir kookdoeleindes gebruik word, het gedaal tydens die uitbraak van die Korona-virus in China. Ironies genoeg vind hierdie daling plaas op 'n tyd toe die Suid-Afrikaanse landbousektor in 'n goeie toestand was en produsente op 'n toename in die vraag van firmas in Asië gehoop het. Agbiz het tydens hulle eerste skatting vir hierdie seisoen aangedui dat dit moontlik die tweede grootste oes van somergewasse op rekord kan wees ná die 2016/2017-oes. Volgens hulle berekeninge sou die grootste wins gedurende hierdie seisoen op mielies, sojabone en sonneblomsaad gewees het.

Ons dienste sluit die verskaffing en onderhoud van die volgende in: Weegbrue, Voerkarre, Veeskale, Siloskale, Toets trok, Sagteware & Parte

Kontak ons vir al jou Weegoplossings! Bfn 051 432 9552 / Rhyno 083 292 2042 / Willie 082 637 1340 info@wowscales.co.za 11 Nico Le Roux Str, New East End, Unit 4

www.wowscales.co.za

die kommoditeite, wat die meeste aan Asië se markte blootgestel word. Eerstens moet die aanbod van die bogenoemde produkte, wat SuidAfrika in ‘n goeie toestand na Asië uitvoer met die belofte dat dit hoër sal wees as in 2019 as gevolg van beter binnelandse weersomstandighede, in ag geneem word. Volgens die jongste syfers van die Oesskattingskomitee, kan Suid-Afrika se produksie van somergrane vir 2019/2020 jaar op jaar met 26% toeneem tot ongeveer 16,8 miljoen ton. Boonop sal die produksie van wyndruiwe en die vrugsubsektor oor die algemeen in 2020 toeneem om te verseker dat daar ‘n goeie aanbod produkte is, wat na die wêreldmark gestuur kan word. Daarom sal enige afname in uitvoere in die nabye termyn eerder ‘n gevolg wees van dié aanbod wat versag word, as van kwessies rondom verskaffing. Tweedens, moet in ag geneem word dat die vraag na produksie-insette negatief beïnvloed sal word as gevolg van China, wat sommige van sy vervaardigingsaanlegte tydelik gesluit en beperkings op menslike bewegings geplaas het, om die verspreiding van die Korona-virus te bekamp. Hoe langer Chinese vervaardigers egter gesluit bly, hoe groter is die waarskynlikheid dat sommige van hulle nie meer hul werknemers sal kan betaal nie, wat gevolglik weer die vraag na verbruikers sal beïnvloed. Dit hou ‘n risiko in vir Suid-Afrika se landbou-uitvoere na Asië, wat ongeveer $2,5 miljard per jaar werd is. Daarbenewens het ons gedurende die laaste week van Februarie 2020, in ooreenstemming met die tendense van wêreldwye aandelemarkte, ‘n beduidende daling in wêreldwye kommoditeitspryse waargeneem. Die moontlike afname in die vraag

21


Aktueel Charné van der Merwe

Hennie Coetzee (ondervoorsitter van GWK se direksie), Neil de Klerk (GWK), Willem Symington (Agri Noord-Kaap), Jan Hoon (Grootfontein Landboukollege), Joseph Steyn (merino- en angoraboer) en Sybrand Venter (boer en fasiliteerder van ‘n voeraankopegroep)

GWK ondersteun Landbouweekblad-droogteberaad Daar word die afgelope tyd gereeld geskryf oor die droogte, oor die uitdagings wat boere die hoof moet bied en al die hulp wat hulle ontvang. Daarom is dae soos die onlangse droogteberaad-dag in Prieska broodnodig vir boere. Volgens Amelia Genis van Landbouweekblad, is doel van hierdie dae om boere en kundiges bymekaar te bring en boere te help om te leer uit die planne wat ander gemaak het. “Met die afskaal van die staat se landbouvoorligtingsdienste is daar nou veel minder forums waar boere en kundiges bymekaar kan kom om saam oor oplossings te praat, en ons wil met hierdie dae sulke moontlikhede vir boere skep. “In die ekstensiewe veegebiede is daar weinig ander werkskeppers en ekonomiese geleenthede buiten die landbou, en veral in so ‘n droogte kan ‘n mens sien watter groot rol die landbou speel in die breër sosio-ekonomiese opset. Ons het ook herhaaldelik op ons droogtedae gehoor hoe belangrik dit is om boere op hul plase te hou, want die verlies aan kundigheid wat dikwels oor generasies op een plaas opgebou is, is haas onvervangbaar. Ons sien dus hierdie droogtedae as ons klein bydrae om te help om boere op hul plase te hou. Ons hoop ons kan mettertyd die planne wat in die droogte gemaak is, in Landbouweekblad byeenbring sodat almal in die toekoms daaruit kan leer.” Dae soos hierdie moet aan boere bewys dat Landbouweekblad en GWK bankvas staan agter die land se 22

boere. GWK was volgens Llewellyn Brooks, die maatskappy se Groep Besturende Direkteur, gedurende die afgelope paar jaar op verskillende maniere betrokke by droogtehulp. GWK het volgens hom in hierdie tyd belangrike lesse geleer. “Bewusmaking oor die probleem is geweldig belangrik. Nie almal is noodwendig ingelig nie. Hulp vir ons boere kan vermenigvuldig word met bewustheid wat deur die media geskep word. Dit is belangrik dat die werklike omvang en nadraai van die probleem behoorlik verstaan word. Ons kan net beplan vir dit wat ons weet op pad is, byvoorbeeld hoeveel werksgeleenthede in ons dorpe werklik verlore is as gevolg van die droogte en wat die langtermyn gevolge hiervan gaan wees. Dit is krities dat só ‘n oefening deur die regte owerhede gedoen word om te verstaan wat voorlê,” sê Brooks. Hy sê verder dat behoorlike koördinering van hulp geweldig belangrik is. “Dit is hoekom GWK in samewerking met organisasies soos Agri Noord-Kaap by droogtehulp betrokke is om onder meer seker te maak dat die beskikbare hulp regverdig verdeel word. Dit is net so belangrik dat die plaaslike besighede in dorpe ondersteun word om hierdie ekonomieë in stand te hou. Ons mense op die plase worstel reeds jare lank met hierdie probleem. Nog baie hulp is nodig om te herstel. Dit gaan lank neem om weer op dieselfde plek te kom, al het goeie reën op baie plekke geval. Ons boere het nog baie ondersteuning nodig op hierdie her-

stelpad om hul boerderye te herbou. Ons moet ook nie van die emosionele ondersteuning vergeet wat nodig is nie. Dit is hoekom dit vir ons belangrik is om saam met ‘n vennoot soos Landbouweekblad by die droogte-herstelberade betrokke te wees. Ons en ons kliënte het groot waardering vir die werk wat organisasies soos Landbouweekblad en Agri Noord-Kaap doen. Vennootskappe soos hierdie maak dit vir mense moontlike om geweldige groot probleme suksesvol te oorkom. Elke druppel help om die emmer vol te maak.”

Llewellyn Brooks aan die woord. Foto: Landbouweekblad

Genis vertel dat hulle herhaaldelik verstom is oor die waardigheid en vasberadenheid waarmee boeregemeenskappe dié moeilike omstandighede die hoof bied en dat dit ook hartseer is om die verval van eens welvarende Karoodorpe te sien, “maar tog ook om hier en daar groen spriete van gemeenskapsbetrokkenheid te sien.” Die terugvoer oor hierdie dae is positief en die mense wat dit bygewoon het, het nuwe moed dat hulle nie alleen is nie. Produsente vind hierdie dae opbouend en leersaam met die bonus van ‘n lekker kuiergeleentheid. “Mense het Landbouweekblad en GWK bedank vir ons omgee, ondersteuning, waardetoevoeging, geloof


en liefde vir boere in die Noord-Kaap. Mense wil ook weet hoe om ná die droogte weiveld ten beste te hanteer, hoe lank ná die reën voergee moet aanhou en hoe vinnig kuddes weer opgebou kan word. Mense het verder waardering vir wat Landbouweekblad en GWK doen om hul situasie aan die algemene publiek uit te dra,” sê Genis. Volgens Genis het die mense wat die dag op Prieska bygewoon het, gesê hulle het dit waardeer dat so ‘n dag by hulle aangebied word, waar waardevolle inligting verskaf word om “teen die droogte te baklei”. “Boere voel bemagtig en bemoedig. Een boer het gesê as so ‘n dag in 2014 al gehou is, sou hulle minder foute gemaak het en miljarde rande gespaar het. Een van die boere het gesê die dag het positiewe gedagtes geprikkel wat onderling in gesprekke ná die tyd uitgekom het. Dit het boere aan die dink gesit,” sê Genis. “In die toekoms moet daar ook ekonomiese inligting deurgegee word, byvoorbeeld oor finansiering en hoe verbeter jy jou kontantvloei. Hoe maak jy jou somme. Wanneer gooi jy handdoek in sonder om jouself te vernietig.” Die aanbiedings oor die benutting van laegraadse en alternatiewe voerbronne en Willem Symington van Agri Noord-Kaap se praatjie was ‘n gunsteling op die droogteberaad op Prieska. Volgens Genis gaan dit nie hier stop nie en het hulle nog groot planne vir droogtehersteldae in die Oos-Kaap en Wes-Kaap. “Ons dink ook aan velddae waartydens boere en ekoloë en plantkundiges van mekaar kan leer en saam beplan aan die beste maniere om die veld te help herstel, of meesterklasse, waartydens boere saam met kundiges, soos Jan Hoon van die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, die kompleksiteit van herkouervoeding of die ontwikkeling van weidingstelsels kan uitpluis om daardeur hul boerderye se veerkragtigheid te verbeter.” “Ons is in die inligtingsbedryf en ken baie kundiges en planmakers. Daarom het ons dit goedgedink om boeredae te hou – dis een ding om deeglik-nagevorsde landbouartikels te skryf en te publiseer, maar allerhande onverwagse en interessante goed kan gebeur as jy die kundiges en die boere byeenbring dat hulle met mekaar kan begin praat en idees uitruil. Ons noem dit ‘droogtehersteldae’ omdat ons hoop dit het binnekort so wyd en so goed gereën dat ons oor herstel kan begin praat.” *Die verspreiding van alle geld- en voerinsameling word oorgelaat aan Agri SA en Agri Noord-Kaap.

GWK-vennote bedank vir bydraes Die invloed van die vernietigende droogte die afgelope paar jaar is nie beperk tot produsente nie, maar het ook ‘n groot impak op die verbruiker en meer spesifiek, die plattelandse gemeenskappe. ‘n Groot deel van GWK se bedieningsgebied word geraak deur hierdie erge droogte, en geen dorp is ‘n uitsondering nie. Hierdie impak sal nog geruime tyd duur, hoewel ons uiters dankbaar is vir die goeie reën wat intussen in baie areas geval het. By GWK het ons opnuut die warm harte van ‘n magdom onbaatsugtige mense en besighede beleef, met skenkings en verskeie projekte wat geloods is om produsente in die GWK-bedieningsarea te ondersteun. Hiermee wil GWK ons opregte dank betuig teenoor die volgende mense en besighede vir hul hoogs gewaardeerde bydraes: Voermol Veekos Molatek Oranjerivier Voere Virbac Bayer Afrivet Quest Trusty Hondekos Liebe Hondekos Palm Tree Distibutors - Kruideniers Supreme Hondekos Silver Signature – Skoonmaakmiddels Afrisam GWK Handel Total Halsted Upington Staalwerke Schalk Theron (Lusern) Verskaffers wat saad geskenk het: Barenbrug K2 GWK Saad Volgens Rudi Oberholzer, bestuurder van GWK Handel op Vanwyksvlei, was daar baie privaat skenkings in die vorm van kontant vanuit die Reitz- en Brits-omgewing wat deur GWK geadministreer is deur middel van ‘n koeponstelsel wat uitgegee is op versoek van die skenkers. Oberholzer het ook twee vragte kuilvoer (2 000 sakke) van Lichtenburg af laat aanry wat aan kliënte voorsien is teen ‘n baie goeie prys. Drie vragte lusern (168 ronde lusernbale) en 400 klein bale lusern is ook aangekoop en aan die boere beskikbaar gestel. Gedurende die gratis vertoning deur Jan Rhaap op die 25ste Januarie by Volop, is daar ook pryse opgeveil wat geskenk was deur Veekos, Halsted en Upington Staalwerke. Hierdie inisiatief was geloods in ‘n poging om die algemene gemoed van die gemeenskap te verbeter. GWK Marydale het plakkers verkoop om geld in te samel vir die droogtehulp asook gehelp met skenkings vir die vervoer van goedere na verskillende areas/plase. “As takbestuurder van GWK Niekerkshoop en Volop (wat self ook boer) is dit vir my uiters belangrik om ons boere by te staan en hulle so lank as moontlik op hulle plase te hou. As dit met ons boere sleg gaan, gaan dit met ons GWK takke ook sleg.”-Dirk Burger “Ons moet nooit die impak van die platteland op die groter ekonomie in die land onderskat nie, en wanneer ons borde leeg loop omdat daar nie meer vleis, groente en vrugte op die winkelrakke is omdat boere nie kan produseer nie, is beslis ‘n dag wat niemand wil beleef nie. Ons boere vervul ‘n kritiese rol in ons almal se lewens, en verdien hulle ons almal se ondersteuning. My opregte dank en waardering aan alkeen wat hierdie realiteit verstaan en altyd bereidwillig is om ons produsente in nood te ondersteun, al is dit op die kleinste moontlike wyse. Elke druppel help om die emmer vol te maak, en daarmee ‘n baie spesiale woord van dank aan ons verskaffers wat ruim bygedra het,” sê Frans du Plessis, Besturende Direkteur van GWK Agri.

23


24


GWK Agri Landboudienste Charné van der Merwe

Luckhoff Somer Rally: Beproef nuwe praktyke Ongeveer 120

produsente en verteenwoordigers het op 20 Februarie 2020 die vierde Luckhoff Somer Rally bewoon. Die Rally, wat aangebied word deur GWK Landboudienste, het sedert 2016 van krag tot krag gegroei. Gedurende vanjaar se Rally is daar spesifiek gefokus op nuwe praktyke wat produsente moontlik in hul boerderye kan gebruik om optimale opbrengste te verseker. Hannes Hattingh (Spesialisbestuurder: Presisieboerdery) vertel dat dae soos hierdie broodnodig is vir boere en dat die span nog elke jaar baie positiewe terugvoer ontvang. “In ons land is relevante navorsing op besproeiing baie skaars en met sulke dae raak boere en hul boerderye betrokke by navorsing. Produsente wil graag by mekaar leer en sien hoe praktyke toegepas word op ander plase. Dit dra by tot die sukses van die dag,” sê Hattingh. Jacob Letsabu, ‘n groenteboer wat deur Agriqua Holdings in vennootskap met GWK is, vertel dat die Rally sy verwagtinge oortref het. “Dit is die eerste keer wat ek die Rally bywoon en ek is baie beïndruk met al die raad en inligting wat gedeel is. Ek het nog nie voorheen die geleentheid gehad om inligting eerstehands te ontvang nie. Vandag was ‘n goeie dag om te netwerk en te sien hoe presisieboerdery werk. Hierdie inligting is baie insiggewend vir langtermyn boerdery.” GWK se landboukundiges het kort lesings aangebied by die onderskeie punte wat besoek is. Onderwerpe vir die dag het onder meer ingesluit blaarbespuiting van makro-elemente op mielies en springmielies, boomma-

nipulering op pekanneute om reproduktiwiteit te bevorder, dekgewasse in ‘n rotasiestelsel, ‘n gesprek oor rooispinmyt, besigtiging van ‘n striptillproef met verskillende vastraprollers op mielies en springmielies, en besigtiging van John Deere-toerusting. Volgens Hattingh is daar op die Luckhoff-area besluit omdat dit sentraal geleë is tussen verskillende dorpe, en dit dan moontlik is om omliggende areas se produsente ook te betrek. Studente van die Universiteit van die Vrystaat en opkomende boere het ook vanjaar se Rally bygewoon. “Hierdie dae word aangebied met die fokus om soveel as moontlik insiggewende inligting aan die produsent te verskaf, en is ook ‘n geleentheid vir die boere om kennis met mekaar te kan deel. Ons as GWK Landboudienste wil graag ‘n pad saam met elke produsent stap en waarde toevoeg tot hul besigheid,” sê Hattingh. Ons sluit ‘n kort opsomming in van

‘n paar van die dag se besprekings by die verskillende profielgate. Blaarbespuiting van makro-elemente op mielies en springmielies Produksamestellings van N, P en K as blaarbespuitings is gebruik op verskillende groeistadiums om moontlik opbrengsverhogings teweeg te bring. Blaarbespuiting is op onderskeidelik V6- en V10-groeistadiums gedoen, asook ‘n kombinasie op die twee stadiums. Blaarbespuitings kan veral help as ‘n plant tydens sekere groeifases nie genoeg voeding deur hul wortels kan opneem nie. Verskeie toestande kan voedingsopname deur die wortels belemmer, bv ongunstige grondtoestande en onderdrukking deur ander elemente, beperkte mobiliteit van sekere elemente is wat aanvullings dus nodig maak, piek voedingsbehoeftes (bv. die oorgang van vegetatiewe na reproduktiewe fase), ens.

25


Dit sal nie noodwendig in plante se totale behoefte kan voorsien nie, maar kan tydens hierdie tye van tekort in voedingsbehoeftes help voorsien en moontlike opbrengsverhoging teweeg bring. Striptill-proef met verskillende vastraprollers op mielies en springmielies Bewerkingspraktyke is ondersoek om beter saad-/grondkontak te kry in minimumbewerkingspraktyke. Striptill-implemente wat gebruik word in sulke praktyke is dan toegerus met alternatiewe vastraprollers. In geenbewerking- en minimumbewerkingspraktyke is daar baie materiaal op die oppervlak wat soms keer dat saad goeie kontak maak met die grond, omdat die rollers bo-op die kaf beweeg en nie direk teen die grond nie. In hierdie geval word mielies of springmielies binne-in koringreste geplant. Die striptill is met ‘n tand toegerus wat die saadbed losmaak en dit word dan weer met rollers vasgerol. Hier is dan met verskillende breedtevariasie-rollers asook met verskillende druksterkte van die rollers gewerk, om te kyk of beter saadkontak bewerkstellig kan word. Hierdie is ‘n deurlopende ondersoek waar gereeld na beter bewerkings gekyk word om goeie saad/grond kontak te verseker in no-till-toestande en landboukundiges toets voortdurend nuwe implementvariasies. Gesprek oor rooispinmyt Gedurende hierdie gesprek is die lewensiklus en die beheer van die rooispinmyt bepreek, onder meer verskillende beheerpraktyke. Groot verliese aan opbrengste kom elke jaar voor en planne is deur Adama (‘n verskaffer van oesbeskermingsoplossings) voorgelê om effektiewe beheer te bevorder. Verder is die tydsberekening van bespuitings bespreek om beheer so effektief as moontlik te kry en om natuurlike predatore nie totaal uit te wis nie (dit bring weer ‘n ontploffing van die populasie na vore). Moontlike weerstand teen beheermiddels word ook as moontlikheid ondersoek.

26

Pekanneute: Boommanipulering om reproduktiwiteit te bevorder Boommanipulering is baie voordelig om die reproduktiwiteit van jong pekanneutbome te bevorder. In hierdie proef word die boom gemanipuleer om vroeër neute te begin dra. Deur die takke van die boom af te buig, kan die bome meer reproduktief word. Die snoei van bome kan ook ‘n groot faktor wees in die reproduktiwiteit van die boom. Die span het meer oor hierdie praktyke gedeel. Dekgewas teenoor minimumbewerking By hierdie proefaanplanting is daar spesifiek gekyk na hoe mielies lyk wat in ‘n dekgewas geplant is teenoor mielies wat in mieliereste van die vorige seisoen geplant is. Profielgate is ondersoek en daar is veral gefokus op die invloed van dekgewasse op die grondstruktuur. Positiewe en negatiewe aspekte van 'n dekgewasstelsel is aangeraak, en die spesifieke land se produksiepraktyke is ondersoek. Springmielies: Verskillende plantdieptes Verskillende plantdieptes op ‘n springmielie-aanplanting is ondersoek en op ‘n ander plaas is ‘n soortgelyke proef op mielies gedoen. Omdat saadgroottes van mielies en springmielies baie van mekaar verskil, is daar ondersoek ingestel of verskillende plantdieptes van die twee gewasse ‘n moontlike invloed op opbrengs kan hê. Daar word gepoog om saailinge so gelyktydig as moontlik uit die grond te ontkiem, omdat onegalige opkoms die opbrengs nadelig beïnvloed. Verskillende plantdieptes beïnvloed egalige

opkoms en sodra proewe gestroop is, sal die nodige opbrengs-inligting verwerk word. Katoenkultivar-evaluering Katoen is ‘n uitstekende wisselbougewas. Verskillende kultivars wat kommersieel beskikbaar is in die bedryf, is besoek. Die spesifieke boerdery se produksiepraktyke op katoen is ook bespreek. Volgens Frans du Plessis, Besturende Direkteur van GWK Agri, is dit ongetwyfeld ‘n groot taak op almal se skouers om waarde toe te voeg aan GWK produsente. “Daar is deesdae soveel vennote wat ‘n rol speel in die landbouwaardeketting, en die belangrikste hiervan is om iemand te kry wat jy kan vertrou. Ons wil graag daaraan werk dat ons die vertroue van ons produsente kan wen om seker te maak dat ons vir hulle waarde bring op dae soos vandag, sowel as om seker te maak dat hulle volhoubaar kan boer en winsgewend kan wees. Ons wil graag hê dat GWK die produsente se eerste keuse moet wees. ‘n Dag soos vandag is om verhoudings te bou, nie net tussen ons en die produsente nie, maar ook tussen ons en die verskaffers. Ons is in ‘n fase van landbou waar vennootskappe krities belangrik is.”

Boere kan die volgende GWK-landboukundiges kontak vir meer inligting: Hannes Hattingh Kimberley-/Luckhoff-area Armand van Eck Hopetown-/Luckhoff-area Eugene le Roux Pekanneute


Ons stel bekend die nuwe 5250 JoJo Wateropgaartenk. Voorheen bekend as ons 5000 tenk, kan híérdie tenk nou ’n addisionele 250 water stoor.

Al wat dit geverg het was ’n eenvoudige innovasie: Ons het bloot die inlaat van ons tenks na die bokant van die eenheid geskuif.

Die 5250 tenk is tans op promosie by GWK winkels landwyd tot einde Mei. Dis ’n uitstekende kopie wat jou selfs meer waarde vir jou geld bied.

Stoor nou 250 meer Besoek jou naaste GWK winkel vir meer inligting.

Kom besoek ons vanjaar by NAMPO en sien ons wye reeks produkte op uitstalling, wen ’n paar pryse en kry sommer ook heerlike, skoon water gratis vir die hele week!

27


GWK Agri Landboudienste Evert Bergh

Chelate en soute as gronden blaartoedienings Daar bestaan dikwels baie onsekerheid in die veld in terme van die verskillende mikro-elemente, asook humien- en fulviensuurtoedienings, wat in die mark beskikbaar is. Produsente is nie altyd presies seker waarom hulle ‘n sekere produk verkies of gebruik nie, en soms is die tipe produk, toedieningspraktyke en tydsberekeninge nie optimaal nie. Dit is dan slegs nog ‘n uitgawe op ‘n reeds baie kompeterende gewas-insetkostestelsel. Begin by die begin Wat is spoorminerale/mikroelemente nou weer? Wat presies is ‘n chelaat en wat is ‘n sout? Hoe verskil produkte van mekaar? Wanneer moet ek watter produk gebruik? Wat is die werking van chelate teenoor sulfate en ander verbindings? Watter een is die beste keuse? Wat is spoorminerale/mikroelemente? Spoorminerale, ook bekend as mikroelemente, is elemente waarvan die plant minder nodig het as makroelemente vir stabiele groei en ontwikkeling. Boor, molibdeen, mangaan, koper, sink en yster is spoorminerale. Hier volg ‘n vinnige oorsig van die funksie van mikro-elemente in die plant. Boor beïnvloed verskillende metaboliese prosesse van die plant. Dit word ook gebruik as 'n element in selwande en verskillende ensieme wat die selformaat beheer. Uiteindelik stimuleer boor die ontwikkeling van lote in die plant. Molibdeen maak deel uit van ensieme wat nitraat omskakel na verskillende proteïene wat die plant benodig. Mangaan: Sonder mangaan sal fotosintese moeiliker plaasvind. Dit is ook die element vir ensiem- en lignienvorming. Lignien verbeter die fermheid van selwande in die plant. Koper: Fotosintese kan nie optimaal

28

plaasvind sonder die teenwoordigheid van koper nie. Daarbenewens is die element nodig vir die vorming van verskillende belangrike vitamiene, terwyl dit bydra tot die lignifikasie van plante. Sink word deur die gewas gebruik as 'n element vir ensiemreaksies, sowel as vir die produksie van die planthormoon ouksien. Yster is onontbeerlik vir fotosintese, want dit sorg vir die vorming van chloroplast. Boonop is dit ook 'n baie belangrike voedingstof vir die ontwikkeling van lote in die wortels. Met behulp van gereelde monsterneming, kan daar betyds kontrole toegepas word om te voorkom dat daar te min of te veel van een van die elemente is. Wat is ‘n sout? Verbindings soos sulfate, chloriede en nitrate is alles soute. Voorbeelde van sulke produkte is: Kaliumnitraat (KNO3) Kaliumchloried (KCL) Sinksulfaat (ZnSO4)

Sinknitraat (ZnNO3) Wat is ‘n chelaat en hoe word dit gevorm? ‘n Chelaat is die binding van ione en molekules aan metaal-ione. Dit behels die vorming of teenwoordigheid van twee of meer aparte gekoördineerde bindings tussen 'n meervoudig-gebinde ligand en 'n enkele sentrale atoom. Die mees algemene chelateringsagente is EDTA en EDDHA. ‘n Chelaterings-agent moet ‘n APKS (aminopolikarboksielsuur) wees. Spesifieke mengsels van aminosure, lignosulfonate en ander chemiese mengsels wat gemeng word met mikro-elemente is nie chelate nie, hoewel dit soms verkeerdelik of stilletjies bemark word as sulks (australia@ tradecorp.sapec.pt). In Suid-Afrika word die term ‘chelaat’ ook vrylik gebruik en produkte word as chelate bemark eerder as komplekse, sulfate, oksiede, ensovoorts. In werklikheid is dit in Europa onwettig om te verwys na produkte as chelate as dit nie ‘n EDTA of EDDHA is nie, om te verhoed dat boere mislei word.

Mikro-nutriënt is chemies geheg aan die EDTA / EDDHA chelaterings-molekule

EDTA / EDDHA chelaterings-molekule Bron: www.tradecorpaustralia.com.au


Chelate

Soute (SO4, NO3, Cl-)

Beter opneembaar by hoë pH-gronde veral met baie vrykalk (ook afhangende van formulasie)

Swakker opneembaar by hoë pH-gronde veral met baie vrykalk (ook afhangend van formulasie)

Duurder as sulfate per gram aktief

Meer bekostigbaar per gram aktief

Reageer selde met ander produkte in mengtenks en bly konstant in oplossing

Reageer wel met sommige produkte in mengtenks, soos bv. fosfaat en kalsium, vorm presipitaat en sak uit – onbeskikbaar

Kan mengsels van mikro-elemente bevat (Zn, Cu, B, Mn, Mo)

Slegs element-spesifiek, bv. ZnSO4 is slegs Zn hoofsaaklik en sulfaat

Effektief as blaarbespuiting

Effektief as blaarbespuiting

Wateroplosbaar

Wateroplosbaar

Wanneer opgelos word in water, sal dit steeds in EDTA/ EDDHA-vorm bly om die molekule te beskerm teen reaksie met ander elemente en moontlike vaslegging (Dr. A. Bloem)

Wanneer opgelos word in water, bv. ZnSO4, sal die molekule dissosieer en opbreek in Zn + SO4 afsonderlik, en die Znmolekule word beskikbaar vir binding met ander elemente in grond/water, ens. (Dr A. Bloem)

Tabel 1: Algemene verskille tussen chelaat- en sulfaatprodukte

Links: Kopersulfaat wat gemeng is met MAP om die reaksie in grondoplossing of mengtenk te simuleer. ’n Reaksie veroorsaak dat kopersulfaat bind met die fosfaat in MAP, uitsak en onbeskikbaar raak. Regs: Koper-EDTA ook gemeng met MAP. Daar is geen reaksie nie, omdat die EDTA-chelaat die kopermolekules beskerm om te reageer met die MAP in die oplossing.

Bron: www.tradecorpaustralia.com.au

Metodes om mikro-elemente toe te dien: Bandplaas saam met kunsmis wat behandel is met mikro-elemente (grondtoediening) Toediening in plantvoor tydens plant met “applicator” (grondtoediening) Inspuiting saam met tandbewerking (grondtoediening) Oorhoofs deur spilpunt (blaar- en grondtoediening) Deur mikro- of drupbesproeiing Deur hoogloopspuit/vliegtuig (hoofsaaklik blaartoediening)

29


Bron: Zinc Foliar Uptake Efficiency Zinc Foliar Uptake Efficiency: R. Scott Johnson UC Extension Pomologist

Nutriënt

Tyd van 50% opname

Nitrogen (as Urea)

½ - 2 ure

Phosphorous

5 - 10 dae

Potassium

10 - 24 ure

Calcium

1 - 2 dae

Megnesium

2 - 5 dae

Sulphur

8 dae

Zinc

1 - 2 dae

Manganese

1 - 2 dae

Iron

10 - 20 dae

Molybdenum

10 - 20 dae

Tabel 2 : Tempo van element-absorpsie binne-in plantweefsel Bron: Zinc Foliar Uptake Efficiency Zinc Foliar Uptake Efficiency: R. Scott Johnson UC Extension Pomologist

Ranking Most effective Almost as good

Formulation Zinc Chloride Zinc Nitrate Zinc Nitrate Mix Zinc Sulphate

Next best

Zinc Carbohydrate Zinc Polyamine Zinc Glycine Zinc Leonardite Zinc Oxysulphate

Least effective

Solubility (g/100 H2O)

Phytotoxicity

35

432

High (58*)

62

324

High (54)

62 & 96

324

High (59)

96

50

Moderate (12)

96 & ?

High

Moderate

96 & 75 - 204

High

96 & 75

Zinc EDTA Less effective

Anion Size

292

High

Low

1000+

High

Low

16 & 96

1.3

Nome

Zinc Phosphite

79

?

Low (17)

Zinc Oxide Suspension

16

Insoluble

None

Comparing Zinc formulations

Faktore wat opname van elemente deur blare kan beïnvloed: Die volgende punte is belangrik om die blaarbespuitings behoorlik en ten volle te benut. Oplosbaarheid Blaarvoedingsprodukte moet kan oplos in water om in water gesuspendeer te bly terwyl dit ‘n aktiewe element bevat in die vorm van chemiese verbinding as soute, chelate of komplekse minerale voedingstowwe. pH Die pH van blaarbespuitingsoplossings moet effens suur wees (~ 5,8), sodat die oplossing die kutikulamaklik kan binnedring (as gevolg van die ingewikkelde elektrostatiese afstooten aantrekkingverskynsels, wat deur die pH binne die kutikula gereguleer word) en deur die blare opgeneem word. Die optimale pH sal wissel van elke voedingstof en gewastipe.

30

Moderate Moderate (15)

Anatomie van ‘n plant se blaar


Tyd van toediening Blaarvoedings moet vroegoggend of laataand gedoen word en verkieslik in temperature onder 24°C, aangesien hitte die porieë van die blare (stomata) laat toemaak. Die onderkant van die blare het meer stomata omdat minder verdamping in die koeler, skaduryke onderkant sal plaasvind. Dit beteken dat dit ook belangrik is om die onderkant van die blare te spuit, nie net die bokant nie. Lae soutindeks: Skade aan plantselle kan veroorsaak word deur te hoë soutkonsentrasies, veral van nitrate (NO3-) en chloriede (Cl-). Groeistadium van plant Plante in die vegetatiewe fase sal baie baat vind by blaarvoeding, aangesien dit onmiddellik aan die plant voorsien kan word en nie eers deur die grond hoef te beweeg om uiteindelik deur wortels opgeneem te word nie. Dit word aanbeveel om blaarbespuitings tydens die blomstadium te gebruik. As blomme gespuit word, verhoog dit hul kans om beter stuifmeel te ontwikkel. As daar tydens die blomstadium gespuit moet word, is dit belangrik om nie in verskriklike hoë temperature te spuit nie en konsentrasies moet ook matig wees – verkieslik sonder benatters. Plante absorbeer voedingstowwe ook baie vinniger deur die onderkant van die blaar as deur die wortels en stam. Fynheid van sproeidruppel Fyner spuitpunte word aanbeveel, aangesien fyner druppelbespuitings meer doeltreffend is en beter opname en bedekking moontlik maak. Bespuitings wat nie fyn genoeg is nie, word nie so maklik deur die plant opgeneem nie. Hierdie is van toepassing op basies enige bespuitings, of dit nou onkruiddoder, groeireguleerders of ander gifstowwe is. https://oaksterdamuniversity.com/ proper-use-of-foliar-sprays/ Benatters en “olies” Blaarbedekking is baie belangrik by

blaartoedienings, omdat die voedingstofoplossings eweredig oor die hele blaar versprei moet word, en nie as gevolg van die oppervlakspanning van blare in druppels “opeengehoop” word nie. ‘n Middel soos polisorbaat kan dien as emulsifiseerder om essensiële olies in waterbasis-produkte op te los. POD – “Point of Deliquescence” is die proses waardeur 'n vastestof vog uit die atmosfeer absorbeer totdat dit in die geabsorbeerde water oplos en 'n oplossing vorm. POD is belangrik: Wanneer ‘n produk soos KNO3 (wat ‘n bekende blaarvoedingmiddel is), onder 70% humiditeit is, kristalliseer die produk en sal dit nie opgeneem kan word nie. Maar wanneer humiditeit bo 70% is, sal die KNO3 in vloeistofvorm wees en sal dit opgeneem kan word. Daarom is dit belangrik om vroeë oggende of laatmiddae blaartoedienings te spuit omdat die relatiewe humiditeit binne in ‘n boord hoër sal wees as byvoorbeeld in die middel van die dag.

sy huidmondjies inlaat, dus sal kleiner molekules makliker die stomata-openinge van plante kan penetreer vir absorpsie om plaas te vind. Toediening van humien en fulviensure “Eenwaardige katione soos H+, K+, Na+ kan nie chelate vorm nie. Die aanbeveling om fulviensuur toe te dien om hoë konsentrasies Na en K in grond te cheleer en uit te loog, lyk dus teoreties nie korrek nie. Oorgangsmetale (“transition elements”), soos Zn, Cu, Mn en Fe, vorm die mees stabiele chelate. As ‘n fulviensuur aan die grond toegedien word, sal dit komplekseer met die metaal in die grondoplossing wat die mees stabiele kompleks vorm.” (Dr. Dries Bloem, GeoLab Potchefstroom).

Konsentrasie van oplossing Daar moet ‘n balans gehandhaaf word tussen konsentrasie van produk, ook om te verhoed dat fitotoksisiteit as gevolg van te hoë konsentrasies kan plaasvind en die plant se blare brand. Blaarbespuitings is tipies minder gekonsentreerd as kunsmisstowwe wat aan grond bemes word. Blaarbespuitings is egter slegs korttermynoplossings vir plante onder stres of plante met tekorte, aangesien plante slegs klein hoeveelhede deur blare kan opneem. Natuurlike verbindings wat gebruik word in bespuitings, soos kelp, kompostee en vis-emulsie, kan moontlik ook voordelig wees. Thalheimer, M. and Paoli, N. (2002). INFLUENCE OF FOLIAR NUTRIENT SPRAY CONCENTRATION ON LEAF ABSORPTION AND PHYTOTOXICITY ON APPLE. Molekulêre grootte / Molekulêre gewig Wanneer kleiner molekules aan die blaar toegedien word, sal die plant baie meer van daardie molekules in

Pomelo plant se stomata onder mikroskoop teen 10 000 x en 1500 x vergroting

Samevatting Daar is definitief ‘n geskikte plek vir chelate, soute, humien- en fulviensure in landbou. Hoewel dit nie 'n plaasvervanger vir gesonde grond is nie, is blaarbespuitings 'n vinnige en doeltreffende manier om die voedingsbehoeftes van plante aan te vul. Die groot voordeel van chelate vir grondtoedienings is dat dit die betrokke element in grondoplossing hou en vaslegging beperk, om sodoende beter opname deur wortels te kry. Dit help ook dat die element saam met besproeiingswater dieper in grond inbeweeg. (Dr A. Bloem) Dit bly egter belangrik om al die ver-

31


Metal Cation Bron: https://www.britannica.com/science/deliquescence

Polyamine Chelate

Chelated Metal

Diagrambron: https://www.nachurs-turf.com/breakthroughnachurs-etm-polyamine-based-cation-complexing-technology

Zinc Sulphate

Category

Heptahydrate

Monohydrate

Chemical formula

ZnSO4 . 7H20

ZnSO4 . H20

Molecular weight

287.49 g/mole

179.49 g/mole

20% - 22%

35% - 36%

0.6 g/ml of H2O

0.6 g/ml of H2O

Granular

Granular

% Zn content Solubility Form

Non-stable Stability

Stable Easily absorbs moisture Non-stable

Soil stability

Stable Prone to leaching

Sinksulfaat heptahidraat vs sinksulfaat monohidraat Tabelbron : http://growbananas.blogspot.com/2009/06/zinc-sulfate-heptahydrate-vs-zinc.html

skillende aspekte in ag te neem wanneer ‘n tipe produk gekies word en om eers die spesifieke doel van daardie produk te verstaan voor dit toegedien word. Dit is belangrik om die konsentrasie, bymiddels en tydsberekening van toedienings reg te kry om die produk optimaal te kan benut en die plant nie te beskadig nie. Blaarbespuiting kan toegedien word tydens ongunstige toestande wanneer wortels nie doeltreffend funksioneer nie, soos by wortelvrot, swamdruk, haelskade, aalwurm, ens. (Dr A. Bloem) Ons moet ook onthou dat blaarbespuitings slegs korttermynoplossings is vir plante onder stres/met tekorte, en die samestelling en gebruik van ‘n goeie bemestingsprogram deur kun-

32

diges is steeds een van die belangrikste faktore van suksesvolle gewasproduksie. Bronnelys: australia@tradecorp.sapec.pt (Dr. Dries Bloem,GeoLab Potchefstroom) https://www.britannica.com/science/ deliquescence http://growbananas.blogspot. com/2009/06/zinc-sulfate-heptahydrate-vs-zinc.html\ https://scienceinhydroponics. com/2017/08/five-important-thingsto-consider-when-doing-foliar-spraying.html • Only use small amounts of fertilizer • Improved yield and yield quality parameters

https://www.researchgate.net/publication/323879672_FOLIAR_FERTILIZATION_OF_NUTRIENTS https://www.researchgate.net/publication/266557415_Alkylation_of_Benzoyl_and_Furoylthioureas_as_Polidentate_Systems https://www.technologynetworks. com/drug-discovery/news/breakthrough-in-controlling-the-3d-structure-of-molecules-309902 https://www.ishs.org/ishs-article/594_80 https://www.nachurs-turf.com/ breakthrough-nachurs-etm-polyamine-based-cation-complexing-technology Thalheimer, M. and Paoli, N. (2002). INFLUENCE OF FOLIAR NUTRIENT SPRAY CONCENTRATION ON LEAF ABSORPTION AND PHYTOTOXICITY ON APPLE.


A user-friendly digital platform for farmers to make profitable decisions. Profarmer is an electronic cost guide giving farmers access to regularly updated agricultural management information, and improves planning by providing cost guidelines for different financial scenarios. Profarmer… • is available in Afrikaans and English • allows you to personalise information according to your own farm and needs (by entering your own prices) • covers irrigation and main dryland crops • provides production and margin over cost calculations, with sensitivity analyses • provides a breakdown of mechanisation and implement costs (including tractors, implements, combination costs, tilling costs per hectare, etc.) We make it easy to farm effectively.

Contact the Profarmer team 053 298 8266 | Email: info@profarmer.co.za Website: https://info.profarmer.co.za 33


Saam boer ons vir die toekoms™

VOORSTE OPBRENGSPOTENSIAAL

BESPROEIINGS- EN DROËLANDOPSIES

AGRONOMIES STERK

GEÏNSPIREER DEUR DIE NATUUR, GEDRYF DEUR WETENSKAP

BEKROONDE KORINGKULTIVARS VIR ELKE AANWENDING Pannar bied uitsonderlike koringopsies vir produksie onder droëland en besproeiing. Die gewildheid en uitstekende prestasierekord in die nasionale proewe van die LNR-Kleingraaninstituut, bevestig die uitstekende opbrengspotensiaal en aanpasbaarheid in die verskillende plaaslike produksiestreke. Trademarks and service marks of Dow AgroSciences, DuPont or Pioneer, and their afliated companies or their respective owners. © 2020 Pannar Seed (Pty) Ltd.

®, TM, SM

34

2020/WHEAT/LW/13


GWK Agri Landboudienste Dries Bloem (GeoLab)

Omgewingsimpak van intensiewe veeboerderye

Inleiding Veeproduksie op veld en weidings skep normaalweg nie ‘n besoedelingsgevaar nie, omdat mis en urine op die grond uitgeskei word en daarna ontbind en voedingstowwe weer deur die gras opgeneem word. In geval van voerkrale, word hierdie stowwe egter op een plek gekonsentreer en kan ‘n besoedelingsgevaar skep indien dit nie noukeurig beplan en bestuur word nie. Karkasse van dooie diere wat soms op groot skaal op dieselfde terrein begrawe word, kan ook tot die probleem bydra. Besoedeling van grondwater, oppervlakwater en lug kan voorkom by intensiewe veeboerderye. Mis word gewoonlik versamel en op landerye uitgestrooi as bemesting. Dit het ‘n positiewe invloed op grond deurdat dit (i) voedingstowwe vir plante lewer, (ii) koolstofvlakke verhoog,

(iii) mikrobe-aktiwiteit en -balans verhoog, (iv) waterhouvermoë verbeter, (v) infiltrasietempo verhoog en (vi) erosiegevaar verminder. Indien meer voedingstowwe deur middel van mis egter toegedien word as wat gewasse kan opneem, kan dit nadelige gevolge hê, soos die brand van plante, uitloging van nitraatstikstof na die grondwater, voedingstofwanbalanse en versouting van grond.

van boorgate met nitraatstikstof en verskeie bakterieë word gereeld met intensiewe veeproduksie-eenhede geassosieer. Hierdie proses kan plaasvind by landerye waar te veel mis toegedien is of deur middel van water wat deur die grond van die voerkraalterrein self beweeg. Die proses word beïnvloed deur grondtipe, reënvalpatrone en waterbestuur. Oppervlakwater

Grondwater Reënwater syfer deur grond en bereik later die ondergrondse water. In gevalle waar te veel mis in die grond teenwoordig is, kan skadelike elemente saam met die water na die ondergrondse water beweeg en toksiese vlakke bereik. Besoedeling

Riviere, strome, panne en mere kan besoedel word as afloopwater oor terreine spoel waar mis opgegaar of uitgestrooi is. Dié besoedeling behels hoë vlakke van stikstof (N), fosfor (P), koper (Cu), nikkel (Ni) en mangaan (Mn), en staan algemeen bekend as eutrifikasie. Dit veroorsaak oormatige groei

35


van alge, lae suurstofvlakke, visvrektes, en slegte reuke en smake in water. Dieremis bevat ook parasiete, bakterieë en virusse, waaronder salmonella, E.coli, cholera, giardia en streptococcus. Daar word beweer dat sekere van hierdie mikro-organismes die konvensionele chlorineringsproses kan oorleef.

re opgerig word nie, want oorstromings kan dan groot hoeveelhede mis na damme, mere en panne vervoer. Die teenwoordigheid van genoegsame bewerkbare lande naby ‘n voerkraal behoort ook ‘n faktor te wees in die keuse van ‘n geskikte ligging, aangesien die mis na die lande vervoer moet word teen relatief hoë koste.

Lugbesoedeling

Waterbestuur Op die terrein self moet water nie toegelaat word om deur die grondlaag na grondwater te beweeg nie. Dit kan gedoen word deur die keuse van geskikte grond en helling, maar ook deur klei of PVC-voerings (liners) te installeer. Afloopwater vanaf die terrein moet in keerdamme opgevang word, wat ook met klei of PVC uitgevoer is. Reserwekapasiteit moet beskikbaar wees om vir vloede voorsiening te maak. Grasbufferstroke onder damme kan help om erosie en besoedeling te beperk in geval van oorstromings of syferwater uit die damme. Monitering van bakterietellings en nitraatstikstofkonsentrasies in nabygeleë boorgate, damme en panne (veral stroomaf), behoort goeie aanduiders te wees van moontlike besoedeling.

Slegte reuke afkomstig van intensiewe veeboerderye is meestal die aspek wat klagtes by omliggende gemeenskappe veroorsaak. Varkplase word veral hierdeur geraak. Gasse soos metaan, ammoniak en stikstofoksied kan deur voerkrale afgegee word, terwyl digte stof ook tot die probleem kan bydra. Beplanning en bestuur vir minimum omgewingsimpak. Ligging Om die impak op lugbesoedeling te verminder, moet voerkrale waar moontlik windaf van digter bevolkte gebiede geleë wees. Die terrein moet sodanig wees dat min water deur die grondlaag na ondergrond beweeg. Dit kan bereik word deur ‘n terrein met ‘n redelike helling en ‘n grondtipe met swak interne dreinering. Voerkrale moet nie direk langs strome of rivie-

Toediening op landerye Rou beesmis stel ongeveer 5 kg/ha stikstof (N) en 2 kg/ha fosfor (P) en 10 kg/ ha kalium (K) vry in die eerste jaar ná

toediening, terwyl hoendermis ongeveer 15 kg/ha stiksof (N) en 10 kg/ha fosfor (P) en 13 kg/ha kalium (K) vrystel. Hierdie waardes kan aansienlik varieer afhangende van die toestande waaronder die mis geberg of gekomposteer is. Toedieningshoeveelhede moet verkieslik sodanig wees dat die vrystelling van stikstof nie die gewasbehoefte oorskry nie, want dan bestaan die gevaar van loging na die grondwater. Te hoë toedienings kan moontlik gewasse brand en daarom moet nie meer as 20 ton/ha rou beesmis of 5 ton/ha hoendermis op ‘n slag toegedien word nie. Ná toediening moet die mis verkieslik vlak ingewerk word om ontbinding te versnel en ook om die gevaar van afloop na strome te beperk. Reuke Aanplant van bome vir windbreuke kan help om verspreiding van reuke te beperk. Die windbreuke kan op ‘n afstand van 20 keer die boomhoogte weg van mekaar geplant word. As die bome byvoorbeeld vyf meter hoog word, kan lanings 100 meter van mekaar geplant word. Reuke beweeg 90% saam met stof, en verspreiding van reuke kan baie beperk word deur grond klam te hou. Indien mis onmiddellik ingewerk word nadat dit op lande toegedien is, sal dit ook bydra om slegte reuke te beperk.

082 460 0745 | info@defensor.co.za | www.defensor.co.za SUPPORT | VIDEO ALARM | MONITORING | SUPPORT SERVICES | SECURITY FENCING | SAFETY ADVISORY | CONTROL ROOM SAFETY CLEARANCES | SAFETY & SECURITY TRAINING TO CLIENT’S STAFF CHANGING BEHAVIOR AND PROTECTING THE WORKPLACE 36


WĂŞreldklas katoen met kenners wat jou bystaan van plant, pluk tot in die mark. GWK Katoen

Fanus Linde | Hoof van GWK Voere en Vesel 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za

gwk.co.za 37


Diens vir produsente en kopers alles op een plek. GWK Graanverhandeling

Ons span kan jou bystaan deur die totale proses van graanverhandeling. Kry raad by die spesialiste wat daagliks navorsing doen om aan die voorpunt van die mark te bly. SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Barkly-Wes, Hopetown, Vaalharts, Christiana, Oos-Vrystaat en Luckhoff Dewald Burger | 082 900 8736

gwk.co.za

38

SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Prieska, Douglas, Modderrivier en Luckhoff Sheridan Theron | 053 298 8471


GWK Trading Wyn Charné van der Merwe

VAN DRUIWEKORREL TOT WYNBOTTEL Die wyn-etikette weerspieël die landskap waar die druiwe geoes is.

Die kuns om wyn te maak, is waarskynlik net so oud soos die kweek van druiwe, en die spreekwoord lui nie verniet dat ‘n goeie ding tyd vat nie. Op die plaas De Eelt, in die Prieskaomgewing, word ‘n mens omring met wingerde en die geraas van ‘n oesmasjien. Hannes Coetzee, sy pa Henry en broer Cloete, is almal deel van ‘n familieboerdery genaamd Mahoebe, wat sedert 2003 met wingerd boer. Die Coetzee-familie lewer sedert 2006 druiwe aan GWK se wynkelder, Landzicht, en met die nuwe reeks wyn wat onlangs deur Landzicht bekendgestel is, word die Colombar witwyn, wat deel vorm van die Winemakers Selection-reeks, hier op die Coetzee’s se plaas verbou. Die Colombar is ‘n goed-gebalanseerde witwyn met geurige smake, wat jou sal laat dink aan ‘n tropiese vrugteslaai. Die ander twee wyne, wat hoofsaaklik rooiwyne is, is die Tannat, wat ook hier in die Prieska omgewing verbou word en Pinotage, wat afkomstig is van Hartswater. Volgens Sanmari Snyman, Bestuurder van Landzicht Wynkelder, is daar spesifiek op die variëteite besluit sodat Landzicht ‘n goeie gehalte met wat waarde vir geld bied. In die moderne mark is dit uiters noodsaaklik om wyne

te produseer wat ekonomiese volhoubaarheid aan wynprodusente kan verseker en dit is juis wat met hierdie reeks beoog word. “Dié wyne word aanbeveel omdat die gebied uitstekende gronde en ‘n siektevrye klimaat het. Sodanige gronde en klimaat leen hom daartoe om baie geurige wyne te lewer. Die kelderprosesse wat gevolg word, verbeter verder die geurigheid van die wyne.” Snyman verduidelik verder dat daar tans goeie rooidruiwe in die omgewing is, so as die aanvraag ontstaan, bestaan die moontlikheid dat hier ook rooidruiwe aangeplant kan word, aangesien Mahoebe oor die ideale gronde en kundigheid beskik. Op die wit kultivars wat deur Mahoebe verbou word, word gepoog om 50 ton per hektaar opbrengs af te haal met goeie en regte bestuur. Elke ton druiwe lewer ongeveer 777 liter wyn, wat gelykstaande is aan 1 036 x 750ml bottels. Grondvoorbereiding Volgens Coetzee is die Noord-Kaap die perfekte en ‘n baie gesonde klimaat om druiwe te plant. Hy verduidelik dat die droë klimaat help teen swamme en dat dit makliker is om or-

ganies druiwe hier te boer, as in die Wes-Kaap. “Reën is nooit sleg nie, maar op die verkeerde tyd kan dit wel skade veroorsaak,” verduidelik Coetzee. “Indien dit te vogtig is, kan dit bydra tot swamsiektes, wat so gou as moontlik met swamdoders gespuit moet word. Swamdoders het ‘n onderhoudingsperiode, wat beteken dat vandat die plant gespuit is, dit nie binne 14 dae gelewer kan word nie.” Met die vestiging van nuwe wingerd is korrekte grondvoorbereiding van kardinale belang. Jou grond moet diep genoeg losgemaak word (rip), sodat optimale wortelontwikkeling kan plaasvind met die vestiging van die wingerd. Op Mahoebe word die oprigting van infrastruktuur, soos pype en pale, terselfdertyd as die grondvoorbereiding gedoen. Ná die vestiging van wingerd word die eerste oes (blad) altyd afgebreek sodat dit jou groei kan stimuleer, anders dra ‘n plant homself dood. “Indien die eerste blad nie afgebreek word nie, kan die stokkies nie voldoende ontwikkel nie (wortelontwikkeling en kordonvorming) en ondervind ‘n mens later probleme. Dit word dus gedoen om jou wingerd se leeftyd te optimaliseer,” verduidelik Snyman.

39


Coetzee vertel dat dít wat in die wingerde gebeur, ‘n baie belangrike rol in die eindproduk van jou wyn speel. Hy vertel dat die trosse druiwe wat so perfek vanaf die wingerdstokke hang baie aandag verg voordat dit gereed is vir die spesifieke wyne. “Die terroir, die helling waarteen jou wingerd is, die grond en die area se temperatuur, is die faktore wat 'n rol speel in die wingerd, asook die onderstok, jou klone, ouderdom van jou wingerd, jou opleistelsels, die besproeiing en die beligting van jou druiwe deur te suier en blare te breek. Voor parstyd word die suiker, suur en pH van die druiwe gemeet en daarvolgens word die druiwe geklas. Dit is ook belangrik om die druiwe te proe,” sê hy. Oesmasjien In die afgelope 17 jaar het die Coetzeefamilie nog nooit gebruik gemaak van ‘n oesmasjien nie en nog altyd met die hand die druiwe gesny. Coetzee vertel dat ongeveer 120 ton druiwe per dag met die hand gesny word met ongeveer 200 – 220 werknemers in 9 ure. Om gebruik te maak van ‘n oesmasjien, hou baie voordele in en afhangende van die model en opbrengs per hektaar kan tot 360 ton per dag geoes word. Nog ‘n voordeel van ‘n oesmasjien is dat die duiwe reeds deur die aand geoes kan word, wat beteken dat die druiwe koeler is teen die tyd wat dit by die kelder aankom. Op die plaas De Eelt is hul tans in proses om 100 hektaar te vestig. Die eerste 75 hektaar van 3 x 25 hektaar is reeds voltooi, waarna die laaste 25 hektaar in 2020 aangeplant word. Die eerste twee blokke van 25 hektaar elk bestaan uit Colombar. Die derde blok bestaan uit Villard Blanc. Hierdie kultivar verleen hom baie goed aan die somerreënvalgebied, omdat dit weerstandig is teen swamme en daar dus minimale vrot sal voorkom indien dit reën.

we word wel op dieselfde manier afgehaal. Druiwe word geoes by optimum rypheid. Elkeen se druifsoort verskil, maar word by sy optimum geurprofiel geoes. Witwyne word dadelik gepars en deur die gistingsproses gesit, waarna die giste gebruik word om koejawel en tropiese vrug geure te ontsluit. Streng kontroles word toegepas sodat wyne by ongeveer 15°C gis. Sodra die druiwe by die kelder aankom, word dit afgelaai en gaan die druiwe deur die ontstingelaar om die druiwekorrels van die stingels te skei. Hierna gaan dit na die skeiers, waar die vryafloopsap onttrek word. “Die doppe word dan gepers waar jou parssap uit die doppe herwin word. In die kelder word die sap eers toegelaat om af te sak waarna dit dan afgetrek word na ‘n volgende tenk waar dit geïnokuleer word met gis,” sê Snyman. Snyman meen dit is ook baie belangrik om die regte gis keuse te maak, want verskillende gisse gee verskillende geure. “Die witwyn gis tussen die temperature van 12 en 15 grade vir ongeveer 14 tot 21 dae lank. Hoewel daar nog ‘n paar prosesse is wat moet plaasvind voordat die wyn verkoop kan word,

Hannes Coetzee en Sanmari Snyman

Die proses van wit- en rooiwyn Vir diegene wat heeltemal wyn-onkundig is, moet die volgende wel gestel word: Daar word onderskei tussen die wynmaakprosesse van witwyn en rooiwyn. Albei hierdie wyne se drui-

40

Die nuwe oesmasjien in werking

het jy nou jou boustene waarop jy pragwyne kan produseer.” Rooiwyn word op die doppe gegis sodat die rooi kleur onttrek kan word, en dan eers ná gisting gepars. “Hierdie gistingsproses is warmer as dié van witwyne en vind plaas teen ongeveer 20°C. Rooiwyne word geïnokuleer met appelmelksuur-bakterieë sodat appelmelksuurgisting kan plaasvind. Hier word nie net gelet op die temperatuur van gisting nie, maar ook na die pH en totale suur. Fenoliese rypheid is van kardinale belang vir rooiwyne. Ná die gistingsproses word besluit op die wynstyl, en of die wyne houtveroudering gaan ondergaan. Indien wel, word dit vir die gesogte Reserve of selfs Winemakers Selection reeks gebruik,” vertel Snyman.

Interessante feite 1kg druiwe is gelykstaande aan ‘n 750ml-bottel ‘n Tros druiwe weeg ongeveer tussen 300g en 600g afhangende van hoe groot die tros is Ongeveer 850 000 bottels word uit die hele wingerd gemaak


Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.

43 41


GWK Trading Graan Dewald Burger

Graanopberging:

Wat pas by jóú omstandighede? GWK bied aan produsente verskeie opsies oor hoe om hul graan te berg. Elke produsent besluit self wat sy situasie op die plaas is en watter opsie die beste by sy omstandighede sal pas. Die

koms van die vryemarkstelsel wat die bemarking van landboukommoditeite betref – reeds in die laat-negentigs – het teweeg gebring dat produsente op verskeie maniere hul graan kan berg, of selfs direk aan kopers of meulenaars verkoop. Die produsent kan wel graan op sy plaas berg, hoewel daar sekere wetgewing daarmee gepaardgaan. Twee van die belangrikste faktore wat ‘n rol speel by die uitoefening van ‘n keuse oor hoe die produsent sy graan wil berg, is onder meer die behoeftes van die koper (spoor of pad) en waar die produsent geleë is, en wanneer die produsent die produk wil bemark. Hier is ‘n opsomming van die verskillende opsies en hul voor- en nadele.

Plaaslaai Plaaslaai is vir die produsent baie gerieflik omdat hy nie sy voertuie (trekkers, waens of vragmotors) teen hoë

42

kostes deur ‘n toets hoef te sit of voertuie wat net op plase gebruik word, se lisensies hoef te hernu nie. Sy voertuie hoef ook nie op swak plaaspaaie te ry (wat weer opnuut ander uitgawes soos slytasie en herstelwerk tot gevolg het) nie. Die produsent spaar hanteringskostes omdat sy produk nie in silo’s ingeneem word nie. ‘n Nadeel van plaaslaai kan gesien word wanneer die produsent nie die koper se gradering wil aanvaar nie en die graan moontlik dan teruggery moet word plaas toe. Dit beteken dus óf ‘n laer prys vir die produk (weens laer gradering) óf ekstra kostes om die graan weer terug te vervoer, sou die graan nie aan vereistes voldoen nie. Daar is dus beslis ‘n risiko van verdere uitgawes met plaaslaai. Plaaslaaie wat deur GWK gedoen word, bied die opsie om graan wat nie na wense is nie, by die silo te hanteer waar dit gesif of gedroog kan word. Plaaslaaie kan ook ‘n uitdaging

wees omdat vervoerkontrakteurs se kwotasies al hoër raak en die kompeterende voordeel van goedkoper vervoer dan wegval. Spoortariewe is deesdae goedkoper as padvervoer, met die gevolg dat die produsent ‘n beter basis uit ‘n silo kan kry as om direk van die plaas af te verkoop. Die produsent is met plaaslaai ook uitgelewer aan verskillende weersomstandighede. Wanneer dit reën, kan plaaslaai ‘n groot kopseer wees, veral as die produsent nie bergingsgeriewe het nie. Vragmotors wat nie opdaag nie of laat is, kan net só frustrerend wees. Dit is belangrik dat produsente daarvan kennis neem dat plaaslaai-opsies ook beperk is. Daar kan slegs ‘n sekere aantal vragmotors per dag by die koper aflaai, so die omdraai-tyd van die vragmotor kan lank vat en dit het ‘n koste-implikasie vir die kontrakteur. Daar kan dus ‘n bottelnek ontstaan gedurende strooptyd en dit vertraag die produsent se stroopproses.


Silosakke Silosakke bied ‘n goeie opsie vir kortof mediumtermyn graanopberging. Veral in afgeleë gebiede waar produsente nie silo’s of ander geriewe het nie, is dit vir seker ‘n goeie keuse. Die nadele hiervan is dat dit nie die goedkoopste manier van berging is nie. Solank as wat die graan op die produsent se perseel gestoor word, bly dit sy verantwoordelikheid om toe te sien dat die graan veilig opgeberg word. Die kostes hieraan verbonde is dus vir sy eie sak. Diere soos vlakvarke, meerkatte, ystervarke en blou-ape kan die sakke stukkend vreet en skade veroorsaak. Ongelyke terreine is ook nie wenslik nie, want dit kan veroorsaak dat sakke skeur en insekte kan die sakke binnedring. Wanneer dit reën, kan damme water vorm en die graan nat word, wat lei tot muf of vrot graan. Ongewone groot korrels hael kan selfs sakke stukkend slaan en graan kan verlore gaan. Hiervoor moet dus ekstra versekering uitgeneem word, wat weereens winsgewendheid negatief beïnvloed. Dit is die produsent se verantwoordelikheid om die graan in te laai en weer uit te laai. ‘n Sakmasjien is ‘n belangrike kostekomponent wat aanvanklik in berekening gehou moet word. Arbeid speel ook by hierdie tipe berging ‘n groot rol en die produsent het trekkers en tapkarre nodig om te sak. Wanneer graan in ‘n sak geberg word, moet ‘n mens verkieslik die graan vir ‘n sekere tyd daarin los om op te maak vir die kostes verbonde hieraan. Om graan in ‘n sak te gooi en binne ‘n maand weer uit te laai, is nie koste-effektief nie, en daarom is dit wys om te oorweeg om eerder jou graan na jou naaste silo te neem. Silo’s Silo’s is weer vir die produsent ‘n veiliger opsie. By gekontroleerde stelsels soos silo’s vind gradering plaas en die graan word afgelaai en veilig geberg. Dit wat gelewer word, is wat weer uitgelaai word.

Silo’s skep droging- en bergingsfasiliteite en graan kan skoongemaak word. Dit kan ook vir lang periodes veilig opgeberg word en die produsent dra dan nie meer enige risiko’s in terme van opberging nie. Produsente betaal hantering- en bergingskostes by silo’s en dit kan ‘n faktor raak om mee rekening te hou as die graan nie vinnig bemark word nie. Die nadele van silo’s is dat die graan vervoer moet word, wat natuurlik ‘n koste-implikasie het en weens SuidAfrika se padnetwerk se swak toestand, beteken dit dat vervoerkontrakteurs se kostes al hoër raak om hul uitgawes te kan dek. Hoewel daar verskillende keuses is om uit te oefen, is siloberging een van die opsies wat op die ou end van die dag geld terug in die produsent se sak beteken. Dit realiseer deur middel van aandeelhouding. Die omgewing se inwoners waarin die silo geleë is, trek ook voordeel hieruit, want GWK poog om terug te ploeg in die gemeenskappe in die areas waarin hy besigheid doen. Dit bevorder ook werkskepping, wat lei tot opheffing van die betrokke gemeenskappe. Dit bly ‘n keuse Produsente moet ingeligte besluite neem rondom die berging van graan vir latere prysing en bemarking, veral in die geval van koring, aangesien koring nie sommer “drakoste” gee nie. Wanneer produsente nie die graan onmiddellik verkoop nie, maar net berg, moet hulle die rentesom maak en vergelyk tussen die huidige markprys en die toekomstige prys. Daar is verskillende opsies beskikbaar vir latere prysing en daarom moet produsente dit vergelyk om te sien of dit vir hulle koste-effektief is. Dit is dus duidelik dat daar verskeie opsies is wat produsente kan oorweeg en dat elkeen sy eie voor- en nadele het, maar dat die besluit op die ou end by die produsent berus om te verseker dat die opsie wat hy kies, gepas is vir sy boerderyomstandighede en sodoende kan verseker dat hy winsgewend boer.

43


GWK Trading Grondbone Pierre Ferreira (GWK Landboudienste)

GWK Grondbone en produsente besoek proewe Groot opgewondenheid heers oor die werk wat gedoen word om verbeterde grondboonkultivars vir ons produsente te identifiseer. Die proewe is van hoogstaande gehalte wat egalige plantestand/onkruidbeheer en uitleg betref. Goed opgeleide personeel maak seker dat die proewe akkuraat uitgevoer word en daar dus met vertroue besluite geneem kan word. Grondbone is ‘n uitvoergewas wat dus buitelandse valuta verdien en in ‘n suksesvolle wisselboustelsel met graangewasse afgewissel kan word. Kultivarnavorsing en -ontwikkeling is nodig om risiko te verminder vir jare waar ongunstige produksietoestande voorkom en ook om die opbrengspotensiaal per hektaar te verhoog. Uit ‘n onlangse vergadering deur lede van Graan SA en ander rolspelers in die bedryf is dit weer duidelik gemaak dat die grondboonwaardeketting ‘n belangrike rol speel ten opsigte van werkskepping. Luidens ‘n verslag uitgereik, skep die waardeketting werk vir ongeveer 3 660 mense wat meer as 14 000 afhanklikes het. Produsente het ook tydens hierdie vergadering ingestem dat ‘n aansoek ingedien kan word by die Suid-Afrikaanse kultivaren tegnologie-agentskap (Sacta) vir ‘n tegnologieheffing per ton grondbone gelewer. Die doel van hierdie heffing sal wees om saadmaatskappye aan te moedig om nuwe kultivars met gevorderde saadtegnologie op die plaaslike mark beskikbaar te stel. Die toekoms van die grondboonbedryf is van uiterste belang vir alle rolspelers. Invoere veroorsaak ‘n groot uitvloei van kapitaal uit Suid-Afrika met ‘n verlies aan werksgeleenthede. Grondbone is ‘n uitstekende bron van proteïene en die wêreldwye aanvraag daarna groei jaarliks. Tydens die vergadering is ook gesê dat die Suid44

Afrikaanse mark vir grondboontjiehouers van 400g met 4% afgeneem het en die mark vir houers van 1kg met tot 50% gegroei het. GWK werk reeds al vir ‘n geruime tyd nou saam met die maatskappy Triotrade op Schweizer-Reneke, waarvan GWK ook ‘n aandeelhouer is. Oorsese vennote uit Australië en die VSA verskaf kultivars wat onder Suid-Afrikaanse toestande geëvalueer word. Die suiwerheid van plaaslike kultivars word ook in stand gehou deur elke plantseisoen met ‘n suiwer generasie te begin. Die generasie word dan elke seisoen verder vermeerder om as suiwer, gesertifiseerde saad aan die produsent beskikbaar gestel te word. Verder word nuwe seleksies ook uit bestaande kultivars gemaak en geproef onder verskillende toestande. Kultivar-respons word beïnvloed deur die omgewing, daarom word die proewe uitgevoer onder droëland- sowel as besproeiingstoestande. GWK en Triotrade is ook deel van ‘n grondboonwerkgroep wat gestig is om die Landbounavorsingraad (LNR) by te staan in die evaluering van die nasionale grondboonkultivarprogram. Die LNR maak jaarliks proewe op wat bestaan uit LNR-kultivars, asook kultivars van privaat maatskappye wat kies

om deel te neem aan die program. Die werkgroep is daarvoor verantwoordelik om hierdie proewe in elke streek te plant en te oes. ‘n Afgevaardigde van die LNR besoek die proewe deur die seisoen. Die resultate word dan beskikbaar gestel aan die werkgroep tydens ‘n jaarlikse vergadering. Gedurende Maart het ‘n groep produsente die proewe in die Douglasomgewing besoek. Produsente was verras met die omvang van die projek en hoeveel moeite daarmee gedoen word. Die proefuitleg is aan die produsente verduidelik en die verskillende kultivars is aan die produsente gewys. Redelike verskille kon waargeneem word teen die siekte veroorsaak deur die swam Botrytis blight. Dit kom later in die seisoen voor wanneer temperature begin daal en natter toestande heers. Kultivars wat redelik weerstandbiedend tot baie vatbaar is, kon geïdentifiseer word. Plante is uitgehaal uit ekstra rye wat geplant is vir die doel van boeredae. Produsente het eie inisiatief geneem en selfs geproe hoe die kultivars smaak. Dit is interessant dat ‘n Amerikaanse Spaanse-/Runner-tipe vir die produsente soet geproe het. Hierdie kultivar lyk tans uitstekend en toon belofte. Geen aangetaste plantdele

Alle kultivars is aan produsente gewys.

Proewe is van hoogstaande gehalte wat egalige plantestand, onkruidbeheer en uitleg betref.


Nuwe seleksies word uit segregerende kultivars gemaak.

'n Kultivar met 'n mooi gesinkroniseerde drag bone om die hoofstam.

veroorsaak deur die swamme Botrytis en Sclerotinia blight was op hierdie kultivar sigbaar nie. Uit ‘n onlangse besoek aan die Schweizer-Reneke-proewe lyk dit ook of die kultivar dalk minder vatbaar is vir blaarvlek. Nuwe seleksies uit bestaande kultivars, waarvan plante getrek is, lyk ook belowend. Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na die proefresultate. ‘n Opvolg-artikel met die resultate uit hierdie proewe sal later vanjaar gepubliseer word. Daar is ook plante getrek van die twee kultivars wat kommersieel aangeplant is by Douglas. Sellie Plus is ‘n kultivar van die LNR wat ‘n groter opbrengs in die proewe toon as die vorige kultivar Akwa. Die pitte van Sellie Plus is ook effens groter as dié van Akwa, wat ‘n beter gradering gee. Kairi is ‘n Virginia-kultivar (groot, lang pit) afkomstig van die maatskappy Bega Peanuts

in Australië. Vir die uitvoerpitte van Virginia-grondbone kan hoë pryse behaal word in die oorsese markte. Kairi het uitstekende weerstand teen roes, blaarvlek en spatselvlek. In Australië is gevind dat die kultivar baie goed presteer in die droër/warm streke, wat baie soortgelyk aan Douglas is. Hierdie kultivar is al vir ‘n paar jaar getoets in die proewe en geïdentifiseer as ‘n Virginia-tipe grondboon wat kan werk in die hoë-potensiaal besproeiingsgebiede van die Noord-Kaap- en Limpopo-provinsies. Vir die 2018/19-seisoen is twee klein strookproewe aangeplant by twee produsente in die Douglas-omgewing. Die beste opbrengs van net oor vyf ton pitte per hektaar is behaal. Gegewe dat die saad later ontvang is en die plantestand nie optimaal was nie, is dit ‘n uitstekende opbrengs. Daar kan met sekerheid voorspel word dat

Kairi is 'n Virginia-tipe grondboon met 'n groot, lang pit.

die opbrengspotensiaal heelwat hoër sal wees met optimale kiemings en ‘n vroeër aanplanting. Vanjaar is ‘n groter oppervlakte in die tweede week van Oktober aangeplant naby Douglas. Die kultivar is wel stadiger as Sellie Plus tot rypwording, maar kan die beplanning van die oesproses vergemaklik omdat al die grondbone nie op dieselfde tyd ryp is nie. Grondbone was nog altyd ‘n belangrike gewas in die Suid-Afrikaanse landbou. Dit sal beslis ook vir die toekoms so wees. Kultivarnavorsing is reeds goed gevestig en daar gaan beslis nuwe kultivars uit hierdie program kom. ‘n Rekord-mielieoes word vanjaar in Suid-Afrika verwag en grondbone bied die geleentheid vir produsente om te kan diversifiseer. Die wisselkoers maak ook uitvoere meer aanloklik as tevore.

45


Streng vereistes vir toekomstige veeveilings GWK Farm Foods Veilings Charné van der Merwe

Hoewel

die verbod op veeveilings (wat beteken dat géén veilings mag plaasvind) reeds op 4 Desember deur Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, aangekondig is, is die verbod amptelik op 17 Februarie 2020 in die GWK-besigheidsareas opgehef. Hierdie areas sluit die Humansdorp-, Vrystaat en Kimberley-streke in. Volgens Willie Meyer, Hoof van GWK Veilings, is die finale protokol, wat die verskerpte voorsorg- en biosekuriteitmaatreëls van die verspreiding van die virus voorkom, in die proses om gefinaliseer te word. “In die stadium hanteer en beheer

46

Sedert die eerste geval van die hoogs aansteeklike virussiekte bek-en-klouseer in 2019 aangemeld is, het dit reeds enorme verliese veroorsaak. Weens hierdie virus was dit ‘n uitdagende jaar vir die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap waar produsente, werknemers, besighede, die rooivleisbedryf en veeveilings ernstig deur die virus geraak is. elke veilingskraal sy eie veiligheidsmaatreëls. Alle afslaers en bemarkers moet ook APAC (Agricultural Produce Agent Council)-geregistreerd wees en aan die reëls voldoen,” verduidelik Meyer. Sedert die opheffing van die verbod mag veeveilings en -skoue weer voortgaan, maar dit is aan uiterste streng maatreëls gekoppel, onder meer die verbod waar gesamentlike veilings streng verbied was sodat die virus nie onder die vee (kon) aansteek en versprei nie. “Gesamentlike veeveilings mag nou slegs plaasvind indien die vee van verskillende plase vir 28 dae (bek-en-

klouseer se inkubasietydperk) op die plaas gehou is – sonder nuwe toevoegings – asook ‘n gesondheidsklaring deur ‘n veearts wat bevestig dat die diere siektevry is,” verduidelik Meyer. Van die algemeenste simptome van die virus behels neerslagtigheid onder diere, hoë koors, sere in die bek, diere wat onwillig is om te vreet en verlamming. Weens die virus sal veeveilings in die toekoms onder baie strenger reëls en regulasie plaasvind met die minimum vereistes van belangrike dokumente wat deur vee-eienaars ingedien moet word. Hierdie dokumente behels ‘n


geldige dokument van artikel 6 en/of 8, ‘n geregistreerde afskrif van die brandmerksertifikaat van die dier (dié data kan gebruik word om te bevestig of die dier wel aan die persoon behoort), asook ‘n gesertifiseerde IDdokument van die vee-eienaar. Daar moet ook ‘n bewys rakende die gesondheid van die plaas, diere en die oorsprong van die spesifieke diere deur ‘n veearts ingedien word. Volgens die verbod moet eienaars ook op skrif bevestig dat elk van die diere langer as 28 dae op die eienaar se plaas was. Omdat dit logistiek onmoontlik is vir ‘n veeartse om by al die kopers uit te kom voor veilings, moet produsente ‘n vrywaringsvorm onderteken wat by enige van die GWK-veilingskantore of op veilingsdae bekom kan word. “As ek twee baie belangrike aspekte kan uitsonder wat gedurende die opstel van protokolle opgestel is, is dit die inwerkstelling van biosekuriteit en naspeurbaarheid. Naspeurbaarheid verwys na ’n doeltreffende identifiseringstelsel waar ’n dier van die plaas van oorsprong (geboorte) tot aan die einde van die waardeketting geëien kan word. Die biosekuriteitsplan, soos genoem in finaliseringsproses, behels die maatreël om die verspreiding van die siektes te voorkom,” sê Meyer. Impak op GWK-veeveilings Volgens Meyer was die tydperk vanaf 4 Desember tot die opheffing van die verbod ‘n geweldige uitdagende tydperk vir GWK Veilings. Nie net die besigheid is geraak nie, maar ook die bemarkers. “Al die bemarkers word op ‘n kommissiebasis vergoed en indien daar nie vee verhandel word nie, is daar nie inkomste nie. Ek kon sien dit was ‘n moeilike tyd vir die personeel, maar ons is daar deur.” Vir meeste produsente was dit nie moontlik om kersbonusse en lone gedurende die 2019-kerstyd te betaal nie, as gevolg van die feit dat daar nie aankope of verkope van vee was nie. Safari-veilings, wat behels dat kopers in voertuie gelaai word en van plaas tot plaas aangery word, was gedu-

rende dié tydperk ‘n oplossing. ’n Tweede en baie gewilde opsie, wat in die toekoms meer gebruik gaan word, is video- en aanlynveilings. “Hierdie manier van veilings hou, maak dit meer gerieflik vir mense wat vee wil aankoop, omdat kopers van enige plek deel kan wees van die veiling.

“Dis tyd om groter te begin dink en na alternatiewe maniere te kyk om veilings aan te bied.” – Willie Meyer

“Met die mees onlangse videoveiling is 5 200 beeste binne 45 minute verkoop vir ‘n rekord-omset van R55 miljoen.” vertel Meyer. “Sover ons kennis strek, is hierdie een van die suksesvolste video-veeveilings nóg aangebied in Suid-Afrika deur een verkoper.” Groter kopers kon tydens die verbod makliker geakkommodeer word met die safari-veilingsmetode, maar was dit nie moontlik om die diens aan kleiner produsente te lewer nie weens die logistieke probleme daaraan verbonde. Dit is egter in GWK se natuur om uitdagings in geleenthede te omskep en op die oomblik word toepassings (apps) ondersoek in vennootskap met ‘n bestaande veilingshuis wat reeds suksesvol diere aanlyn bemark. Nie net is dit ‘n goeie bemarkingsgeleentheid nie, maar GWK Veilings kan sy geografiese voetspoor verder vergroot. “Ons is tans in die proses om die finale ontwikkelinge rondom die aanlynveilings so gou as moontlik te finaliseer,” sê Meyer. “Ons as GWK is baie opgewonde oor die vennootskap. Hierdie is nie net ‘n groot geleentheid vir GWK nie, maar hou verskeie voor-

dele in wat kostebesparings, naspeurbaarheid en die makliker bestuur van biosekuriteit insluit. Dit skep ook die geleentheid vir meer mense om betrokke te wees by ons veilings. Deur hierdie platform kan kopers van regoor Suid-Afrika deel wees van die veiling en kan daar vanuit enige plek ‘n aanbod gemaak word. Die platform beskik ook oor al die nodige inligting met ‘n foto van die dier.” Wat sê die RPO? Die nasionale Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) het die opheffing van die verbod op veeveilings verwelkom en volgens Gerhard Schutte, hoof-uitvoerende beampte van die RPO, het dié organisasie baie nou saam met die departement van landbou gewerk om die omvang van die uitbreking te kwantifiseer en beheermaatreëls te bewerkstellig. Voorsitter van die RPO, Koos van der Ryst, sê dit is nie strafmaatreëls nie, maar dien as ‘n voorkomingsmaatreël om die verspreiding van bek-en-klouseer in die land te voorkom. “Die RPO het baie hard saam met die departement gewerk om dit te bewerkstellig,” sê hy. Volgens Schutte is die uitvoer van rooivleis sedert die uitbreking in Januarie 2019 oornag gestop en moes enige uitvoere nou op ‘n bilaterale wyse onderhandel word. “Hierdie virus, wat ‘n beheerde siekte is, het die internasionale handel so erg benadeel dat kenners beweer dat ongeveer R1 200 per speenkalf verloor is. Ons hoop op beter rooivleispryse in 2020 en ‘n einde aan bek-enklouseer.” Van der Ryst sê dit was krities noodsaaklik dat die situasie in die rooivleisbedryf so gou as moontlik na normaal terugkeer sodat veilings en lewendehaweskoue hervat kon word. Die RPO verseker verbruikers dat bek-en-klouseer geen impak het op die vleis wat verbruikers koop nie en dat dit veilig is om produkte van gesplete hoefdiere, soos byvoorbeeld vleis en suiwelprodukte, te gebruik.

47


Ons spesialiste Charné van der Merwe

Opgewonde oor warm mense en goeie diens Casper Nell (56), Hoof van GWK Handel, het nie net ‘n kop vir besigheid en bestuur nie, maar is ook passievol om mense te motiveer om elke dag ‘n positiewe bydrae te lewer en as ‘n span saam te werk. Nell, oorspronklik van Namibië, is in beheer van al GWK se handelstakke, wat diensstasies, besproeiing, vulstasies, die aankope-afdeling, saad, sowel as die verskillende Spar-winkels en Kwazulu-Natal se agentskap insluit. Hy het sy skoolloopbaan in Bloemfontein by Grey College voltooi nadat hy saam met sy ouers in sy graad 10jaar vanaf Windhoek, waar hulle op ‘n plaas gebly het, na die Rosestad verhuis het. Ná skool het hy in die suiwelbedryf gewerk, waar hy op ‘n vroeë ouderdom besef het dat indien hy ‘n sukses van sy lewe wil maak, hy meer as net sy net matriek agter sy naam moet hê. Hy het vir agt jaar deeltyds gestudeer, onderskeidelik deur die Universiteit van die Vrystaat en Unisa. Nell het vir drie jaar B.Econ (ekonomie-graad) gestudeer, vir ‘n jaar sy honneurs in vervoerekonomie gedoen en sy MBL (Magister in Besigheidsleierskap) vier jaar later voltooi. Sy paaie met GWK het in Oktober 2019 gekruis en hy vertel dat dit vir hom ‘n maklike keuse was om uit die stad na die platteland te trek. In minder as

48

‘n dag het Nell die keuse gemaak en sak en pak saam met sy vrou, ‘n gewese onderwysers, Douglas toe verhuis. “Douglas voel en lyk vir my soos die Kalahari. Die mense hier is net ánders. Vir die tien jaar wat ek in Pretoria gebly het, het ek nie eens my bure geken nie. In minder as twee weke in Douglas ken ek die hele straat. Die plattelandse mense is die sout-van-die-aarde-mense. Geen aansit. Hier kan jy net jouself wees.” ‘n Paar goed wat vir Nell by GWK uitstaan, is dit die spangees, bereidwilligheid en die omgee van die mense. “Hierdie is mense-mense wat omgee vir mekaar. Hulle vra hoe dit gaan met jou vrou, jou kinders en met jou as persoon. By GWK voel jy nie net soos nog ‘n nommer nie. Hier voel dit asof jy iets beteken. Hier ervaar jy die warmte van die platteland.” Sy doelwit is om sy span se fokus op die regte goed te rig, sodat almal weet wat van hulle verwag word en saam in die regte rigting werk. “Soms word mense vasgevang in ‘n posisies en gewoontes wat veroorsaak dat hulle stagneer omdat daar geen veranderinge oor die jare plaasgevind het nie. Ek wil hê elke werknemer by GWK moet begin eienaarskap van hulle werk neem en trots wees daarop. Mense moet voel en weet dat hulle verantwoordelik is vir wat van hulle


“By GWK ervaar jy die warmte van die platteland.” verwag word, en dat daar staatgemaak word op elke personeellid.” Nell verduidelik dat hulle tans in die proses is om veranderlike vergoeding vir personeel te implementeer. Dit beteken dat werknemers op ‘n kommissiebasis sal begin werk. “Die oomblik as jy so iets inbring, verbeter die werkgehalte omdat personeel self ‘n deel van hul inkomste dryf,” verduidelik hy. Sy visie vir GWK Handel is om die handelstakke tot ‘n wêreldklas-besigheid op te bou en vir die produsente die beste diens moontlik te lewer. “Ons wil die takke só bedryf dat ons aankopebestuurders op plase kan adviseer oor wat hulle benodig. Ons wil meer as net vennote wees, ons wil hulle nommer een verskaffer word.” Nell glo in die motto dat jy ten alle tye eerlik en openlik moet wees. “As jy eerlik en openlik met mense is, sal jy ‘n ver pad met hulle stap. Deur goed weg te steek of oneerlik te wees, haal jou iewers in.” Hy voeg by dat wedersydse respek ook vir hom baie belangrik is, veral in ‘n werksomgewing. Nell het ‘n groot liefde vir bome wat hy graag plant en kweek in sy vrye tyd, en as hy nie sy groenvingers vuil maak nie, spandeer hy ook graag tyd saam met sy vrou en twee seuns.

49


Ons mense Charné van der Merwe

Familieboerdery 'n bewese sukses Daar is geen tekort aan oorvloedige wingerde en sitrusboorde in die NoordKaapse dorpie Augrabies nie. Dis ook hier waar van die land se beste druiwe jaarliks langs die Oranjerivier geoes word. Alwyn Dippenaar (48), ‘n welbekende tafeldruifprodusent van die disitrik boer al vir meer as twee dekades in hierdie omgewing. Dippenaar het sy B.Sc. Agric-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en in 1996 teruggekeer plaas toe nadat hy vir twee jaar as produksiebestuurder in die Hexvallei gewerk het. Sedertdien woon hy al vir 24 jaar saam met sy vrou en drie dogters op die plaas Leerkrans in die Blouputsarea. Dippenaar se pa, Paul Dippenaar Snr, het die eerste stukkie besproeiingsgrond genaamd Gamcaip in 1982 gekoop en gedurende die daaropvolgende jare het dit tot die aankoop van verskeie ander plase gelei, asook tot die stigting van die Dippenaar-groep (PJ Dippenaar en Seuns Boerdery Edms Bpk). In die vroeë 1980’s het die meeste van die streek se jaarlikse landboupro50

duksie hoofsaaklik uit kontantgewasse en rosyntjieproduksie bestaan. Paul Snr het sy eerste tafeldruiwe in 1984 vir plaaslike en uitvoermarkte geproduseer. In dieselfde jaar plant hy ook die eerste paar hektaar Thompson Seedless-druiwe. Alwyn se terugkeer plaas toe is gevolg deur Pieter in 1998 en Paul Jnr in 2003. Vandag besit en bestuur die drie broers verskeie produksie-eenhede, naamlik: Gamcaip, Leerkrans, Weltevrede, Avontuur, Grand View, Bellevue, Mokala en Zeekoesteek. Die eenhede Avontuur, Leerkrans en Mokala word besit deur die Alwyn Dippenaar Trust. Die produksie-eenhede vorm elk ‘n ekonomiese eenheid wat individueel bestuur word met sy eie bestuurspan en werksmag. Al die plase is geleë by die Oranjerivier in die laer Oranjeriviergebied in die Noord-Kaap by Blouputs en Augrabies, wat onderskeidelik 140 en 100 km wes van Upington is. Upington is die streeksentrum in die BenedeOranjerivier-gebied, ook bekend as die Groen Kalahari, aangesien dit aan die noorde grens aan die Kalahariwoestyn.

Alwyn saam met sy dogters, Madelein, Charlize en Aliza

Hoewel die plase slegs 40 km van mekaar geleë is, het die Blouputs-vallei 'n heel ander mikroklimaat as die plase by Augrabies. Dit maak dit moontlik vir die groep om hul produksieseisoen te verleng en hul risiko vir skade weens gelokaliseerde ongunstige weersomstandighede te versprei.

Alwyn, sy vrou Analize (regs) saam met Madelein

“Die warm, droë klimaat, vrugbare grond en die oorvloedige vars water uit die Oranjerivier maak dit moontlik om vars, soet druiwe aan die begin van die Suid-Afrikaanse produksieseisoen te produseer,” sê Dippenaar. “Dit is ons visie om druiwe van die


beste gehalte te produseer. Ons het ook 'n diep toewyding tot die bestuur van die omgewing om volhoubaar te bly in ons optrede vir die volgende generasies. Die beginsels van goeie landboupraktyke word op al ons plase toegepas. Die Dippenaar-groep streef na die produksie van veilige en gesonde vrugte, terwyl die ekonomiese-, sosiale- en omgewingsvolhoubaarheid van die plase in ag geneem word. Dit sluit die volledige reeks boerderypraktyke in, wat die optimale gebruik en beskerming van ons natuurlike hulpbronne, soos water, grond en omgewing verseker,” sê Dippenaar. Sedertdien het die Dippenaars aanhou uitbrei en nuwe entiteite ontwikkel, en in Augustus 2007 is die besigheid herstruktureer in drie aparte produksiemaatskappye en ‘n uitvoer-/bemarkingsmaatskappy. Hierdie familieonderneming groei, verpak en vervoer met trots van die beste gehalte druiwe in die vroeë seisoen na kliënte regoor die wêreld onder die Dippenaar Choice Fruithandelsmerk, waarvan al drie die Dippenaar-broers direkteure is. Hierdie maatskappy is verantwoordlik vir die bemarking van die produksie-eenhede in Blouputs en Augrabies. “Dit is ‘n familiebesigheid en met unieke uitdagings. Die grootste uitdaging is om te kan onderskei tussen besigheid- en familie-aangeleenthede. Met ons herstrukturering het ons dit reggekry om vir elke broer unieke entiteite en geleenthede te vestig. Elkeen van ons het unieke sterkpunte en vaardighede wat dit makliker maak om werklading te versprei. Gereelde kommunikasie, gestruktureerde vergaderings en beplanning is absoluut noodsaaklik vir goeie werksverhoudings. ‘n Goed-gestruktureerde fami-

liebesigheid is ‘n baie kragtige besigheidsinstrument en kan baie goed werk,” sê Dippenaar.

Madelein was Paarl Gimnasium se Dux-leerling vir 2019

Hierdie familieonderneming, wat vir die afgelope 30 jaar van krag tot krag groei, produseer vandag pitlose tafeldruiwe van 306 hektaar wingerde en sal binnekort hul produksies na 340 hektaar uitbrei. Op die oomlik is die produksie ongeveer 1,2 miljoen kartonne (4,5 kg karton-ekwivalente) en dit sal na verwagting teen 2022 tot 1,5 miljoen kartonne styg. Dippenaar Choice Fruit bemark rooi-, wit- en swart pitlose druiwe, asook Red Globe. Variëteite word sorgvuldig gekies om aan die behoefte van onderskeie internasionale verbruikers te voldoen, om in die vroeë, middelen laatseisoen-produksieslot in te pas om die maksimum opbrengs te lewer, terwyl die insetkoste so laag as moont-

lik bly. Die variëteite word ook gekies vir die produksie van druiwe in die warm, droë somermaande van die streek. Dippenaar Choice Fruit ondersoek voortdurend die beskikbaarheid en geskiktheid van verbeterde nuwe tafeldruifvariëteite. Dippenaar sê die sukses van hul besigheid mag dalk soos ‘n cliché klink, maar volgehoue harde werk en fokus is baie belangrik. “Ons streef elke dag daarna om meer effektief te raak, meer vindingryk te wees en om altyd te probeer om op hoogte bly met kliënt se behoeftes. Smaakvoorkeure verander gedurig, nuwe markte het spesifieke voorkeure – ons moet produseer wat ons kliënte verlang. Nie net is personeel ons grootste uitgawe nie, maar beslis ook ons grootste bate. Ons het ongeveer 300 permanente werknemers en gedurende piektye tot soveel as 1 400. Goeie arbeidsverhoudinge in ons tipe besigheid is van kardinale belang. Dis belangrik dat almal in die span ‘n gekoördineerde fokus het en hulself kan vereenselwig met ons doelwitte,” sê Dippenaar. Dié familie is die toonbeeld van sukses, harde werk en uithouvermoë. Dippenaar se dogter, Madelein, is in 2019 as Dux-leering van Paarl Gimnasium aangewys, asook die top-matrikulant van 2019. Volgens Dippenaar was hierdie prestasie ‘n groot verrassing, maar hulle is trots op al drie hul dogters wat akademies baie goed vaar. Charlize, die oudste dogter, studeer tans B.S Agric Hortologie en Grondkunde aan Universiteit Stellenbosch, waar Madelein ook haar studies aan die begin van 2020 in B.Sc. Mikrobiologie en Biotegnologie begin het. Hul jongste, Aliza is ‘n Gr. 11-leering aan Paarl Gimnasium.

51


RAAI

Kommuniek Ouma se medisyne

Mooi weer word

Tipe naaimasjien

Ropye

Eerwaarde

Minjonetkleur

Misbredie

Draaikraan

Stukke besaaide grond

Plegtige beloftes

Fondamente

Wasmiddel

Pekel

Lushof

Belugting Wegkruipertjie Landbouimplemente

Groetwoord

Skurende geluid

Wydverspreide

Stuur

Tydelike verbetering

Koper, goud of silwer

Vermeld

Met klein reënval

Hilux of Fortuner

Slaginstrument

Ampère

Europese hert

Heuwel

Die maak van somme

Int. Arbeidsorg.

Voorheen Vullisdrom

Porsie

Swemvoël

Skertsende lof

Statig loop

Eers Mesopotamië

Voëlhok

Herstel

Opgaarplek vir graan

Kyk wat als raaksien

Fyn vere

Voorgedra

Byt hom! Ou munt in Italië

Smeek

Stoetboer

Muurholte

Verdra Platter as heuwel

Balans Binne bereik

Daarby

Verklaar Inhoudsmaat

Bemoedig

Pa se broer

Afgod

Toomriem

Loesing gee

Bestelling

Prelaat Gebou vir perde

Senegal se hoofstad

Vrugte bottel

Boomdiertjie Grafkelder

In jou noppies

Heuningkoek se hokkie

Boomwol

Int. Olimpiese Kom.

Kontraltostem Rooi vruggie

Opvang

Klewerige grond

Grashalm

Oplossing vir KommuniekRAAI (Februarie/Maart 2020) op bladsy 57.

52

Aanmerking Militêre Polisie

Suurdadelboom

Bodem van skip

Veldflieke Katel of kooi

Lokkos

Naelmaantjie Vroulike bok

Asseblief

Of naaste aanbod

Beesras

Jessicasanger, __ Dylan

Ronkedoor

Huiwer

Vervalste

Manlike perde

Honderd jaar

Peulgewas se sade

Palings Geurige blomme

Prop van ’n vat

Onbewerk Resident ing.

Geldstuk


ORANJE LANDGOED, PRIESKA KULTIVARS BESKIKBAAR:

Pekan Kwekery

WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO, PAWNEE, WSHLEY Pryse vir 2020

Getalle 0 -1000 1000-1500 1500-2000 2000+ Small Med Large X Large

R55 R110 R130 R140

R100 R120 R130

R95 R115 R125

R90 R110 R120

KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 0823302934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM FACEBOOK: ORANJELANDGOED WEBBLAD : www.oranjelandgoed.co.za

GEVESTIGDE, GEREGISTREERDE KWEKERY BEKEND VIR HOë GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME VERPAK IN GEL OM HOë VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAPSE KLIMAAT MEDEDINGENDE PRYSE, MET AFSLAG OP GETALLE

& OLIE

53


Kinderpret

54


Resep

1 kg biefstuk, in blokkies gesny (chuck steak werk goed hiervoor) 2 eetlepels meel ½ teelepel sout 1 groot uit, gesny 2 eetlepels olyfolie, vir braai 3 eetlepels brandewyn 1 ½ koppie bier (lager) 1 koppie water 3 teelepels beesvleisaftreksel 3 teelepels gemaalde swartpeper 1 teelepel gekapte tiemie (opsioneel) Ontvriesde skilferkorsdeeg Stap 1 Voorverhit die oond op 180˚C. Skud die vleis in gegeurde meel en verbruin saam met die ui in warm olie in ‘n oondvaste pan. Kook pan skoon met brandewyn (deglaze). Voeg die bier, water, aftrekselpoeier, peper en tiemie by. Maak toe en bak in oond vir 45 minute of tot die vleis sag is. Stap 2 Haal uit die oond en laat effens afkoel. Verhoog die oondhitte tot 200˚C. Lê 2 pasteivelle plat en sny in ewe groot reghoeke. (Ongeveer 12 reghoeke per vel, twee velle gee 24 reghoeke en dus 12 pasteie.) Voer ‘n groot bakplaat met bakpapier uit en plaas 12 reghoeke daarop. Skep ‘n goeie hoeveelheid vulsel bo-op en bedek met die res van die pastei-reghoeke. (Jy mag dalk die boonste pasteivelle moet rek om die vulsel te bedek.) Gebruik ‘n vurk om die kante vas te druk. Stap 3 Klits ‘n eier en verf die bokante van die pasteie. Bak vir 20-25 minute. Bedien dadelik!

Bron: thefeedfeed.com

*Jy kan ook al die vulsel-bestanddele in ‘n prutpot 'slow cooker' gooi en daarvan vergeet tot die vleis sag is. Voeg net ‘n ekstra koppie water by.

55


Leefstyl

AGT MANIERE TOT

‘N BETER NAGRUS

56


Vergeet

van ‘n appel ‘n dag. ‘n Goeie nagrus kan jou beste teenvoeter vir ‘n lang lys van leefstylsiektes wees. Slaapprobleme is niks nuuts nie, en is meeste van die tyd ‘n simptoom van onderliggende probleme wat slaapversteuring veroorsaak. Jou gemoedstoestand bepaal grotendeels jou slaappatroon en enige emosionele krisis soos gesondheidskwessies en verhoudingsprobleme, sowel as werk- en persoonlike stres, kan ‘n negatiewe invloed op jou slaappatroon hê. Volgens kenners moet jy minstens twee ure voor jy gaan slaap rustig word vir jou brein om stelselmatig af te skakel, anders lê en tob jy oor alles en is dit nog moeiliker om in te sluimer. Om sleg te slaap, strek veel verder as net moegheid. Jou immuniteit herstel nie soos dit moet nie en is jy meer vatbaar vir siektes. Dit kan ook ‘n invloed op jou gewig hê, omdat daar bevind is dat mense wat aan slaaploosheid lei, die volgende dag meer eet. ‘n Chemiese verandering in jou liggaam maak jou hongerder en daarom eet jy meer om die nodige energie deur kos te verkry. Hoewel ons meestal die oorsaak weet, is dit onmoontlik om al die faktore te beheer, maar jy kan hierdie agt goeie gewoontes vir ‘n beter nagrus aanneem.

1. Beplan jou slaap- en opstaantyd en hou daarby.

4. Skep die regte atmosfeer in jou slaapkamer.

Konsekwentheid versterk jou natuurlike slaap-wakker-siklus en help om die gehalte van jou slaap te verbeter. Dis is belangrik dat jy elke dag op dieselfde tyd moet gaan slaap en opstaan, insluitend naweke, af-dae en vakansies. Indien dit jou langer as 15 minute neem om aan die slaap te raak, kry iets wat jou help ontspan en probeer om nie die hooflig van die kamer aan te skakel nie, maar eerder ‘n dowwe lig. Vermy geraas, selfone en tablette.

Rig jou slaapkamer só in dat dit slaap bevorder: Donker, koel en stil. Jy kan toestelle soos oor-proppe, blindings of ‘n waaier gebruik om die omgewing na behoefte in te rig. Jou slaap kan ook deur jou kussing en matras beïnvloed word. In dié geval is dit ongelukkig nie “een-manier-pasalmal” nie. As jy nie alleen slaap nie, maak seker dat albei van julle genoeg ruimte het. As daar troeteldiere of kinders in die huis is, probeer om hul toegang tot jou bed te beperk, of belet dit heeltemal. Dit kan selfs 'n goeie idee wees om op 'n allergievrye matras te slaap.

2. Kyk na wat jy eet en drink. Probeer om minstens twee tot drie ure voor jy slaap, te eet, sodat jy nie oorversadig bed toe te gaan nie. Jou ongemak, sowel as hongerpyne, kan jou uit die slaap hou. Moenie laat in die aand oormatig enige vloeistof drink nie, anders sal jy verplig wees om op te staan en toilet toe te gaan. Vermy kafeïen, nikotien en alkohol voor jy gaan slaap, sowel as kosse met baie speserye en rissies.

5. Beperk uiltjies-knip bedags. Te veel uiltjies knip bedags, gaan jou laat regop sit in die nag – veral as jy reeds sukkel om behoorlik te slaap. Indien jy wel bedags 'n slapie vang, beperk dit tot tussen 10 en 30 minute en probeer om dit voor 15h00 in die middae te doen.

3. Kry ‘n roetine voor slaaptyd.

6. Wees fisiek meer aktief bedags.

Probeer om elke aand elke dieselfde gedragspatroon te hê, sodat jou liggaam weet dis nou tyd om af te skakel. Jy kan byvoorbeeld ‘n boek lees, ‘n warm stort of ‘n bad neem, of na ontspannende musiek luister. Aktiwiteite soos dié kan slaapgehalte verbeter deur die oorgang na moegheid aan te help. Vermy televisie of ander elektronika in jou slaaptyd-ritueel. Volgens navorsing kan dit jou slaap nadelig kan beïnvloed.

'n Meer aktiewe leefstyl sal jou slaapgehalte verbeter en jou help om vinniger aan die slaap te raak, maar jou tydsberekening moet reg wees. As jy te laat in die dag fisieke oefening doen, sal jou energievlak te hoog wees om aan die slaap te raak. As jy vind dat jy hierdie bepaalde probleem het, verskuif jou oefenroetine na vroeër in die dag.

Bron: Lifehack

7. Hanteer die spanning. As jy oorlaai is met pligte en verantwoordelikhede, kan dit jou slaap nadelig beïnvloed. Probeer om spanning op ‘n gesonde manier te bestuur ten einde dit te oorkom. Probeer die volgende: Organiseer jouself, prioritiseer behoorlik, stel take en subtake. Moenie bang wees om ‘n breuk te neem nie. Sosialiseer met vriende en blaas stoom af. Voordat jy aan die slaap raak, maak ‘n aantekening van al jou onafgehandelde take sodat jy die volgende dag daaraan kan werk. 8. Moenie bang wees om ’n dokter te gaan spreek as dit moet nie. Almal van ons het af en toe ’n slapelose nag, maar as dit jou deurentyd pla, maak ’n afspraak met jou dokter. Om verborge oorsake te vind en te behandel, kan jou help om te slaap soos jy verdien.

oplossing: Februarie / Maart 2020 A L A K A I A K A A S T O N S K A T V A K E S M E T

B B E R A N E E R A T E D E N S E S A R O S V E N E D R A E O A A L K R L S T A R S R Y E T R A P E R Y N E R L K E E E N S

N O M B N A O F T S A A B G A L L O U B A M P T E E E E L S L E

U M T A T A B R E E D T E

G I E S E N K E D E E R N I T D

V S U E T I E L G I O S I E A N D K N E I E N E R D S K A O L P A E A R A A T A A M O R

T S A A R

T E R A M P I P K E

I D E E S

R E W A R E S M A T E L E R S N I K S G G E L E E E L I N G V O L G

A L O E

A N L E O S M

57


Uit Piet se pen

Ek stres, meneer... Oukersdag moet ek bank toe. Die navrae-ry is lank, maar ek het nie keuse nie. Voor my staan Rosie Saaiman, een van ons vroueboere op die dorp. Terwyl die ry meer stilstaan as beweeg, gesels ons oor die uitdagings van die droogte. Ai, sy het tog so lekker gelag vir die storie waar die man so kwaai met my was oor die droogtehulp. Waar kry ek my stories? Ek sê, “Rosie, kyk mooi, dalk staan ons storie al in die bank.” Dit wás toe ook so. Ons storie staan reeds langs ons. ‘n Man. Ons kan nie agterkom of hy in die ry staan of nié, want hy beweeg heen en weer na die toonbank voor. Maak geselsies met iemand wat reeds gehelp word. Hy is weer terug hier naby ons en gee ‘n sug dat die bank weergalm. Sy posisie in die ry werk op my nerwe en ek sê hy moet voor my kom staan, dan weet ons waar hy hoort. Weer daai mismoedige sug. Hy kom staan teen my. In my gesig. ‘n Vrugtige feeswalm omring hom. “Waaroor tog die gesug?” vra ek. Hy vee met sy hand oor sy mond in ‘n vinnige beweging. Tol in die rondte. “Stres, meneer, stres.” “Waaroor dan tog?” “Boerdery, meneer,” antwoord hy. Weer die sug. “Het jy jou eie plaas?” wil ek weet. “Nee, spilpunte meneer, spilpunte. Meneer ken daai masjiene wat so in die rondte loop?” sê-vra hy. “Hulle maak mos nat. Kom elke nou en dan weer by dieselfde plek verby. Hy maak ‘n sirkel in die lug.” Nou dáái goed stres hom vreeslik. Eergister het daar weer ‘n spilunt geval. Die mense van Douglas moes hom weer kom maak staan. “Die goete moet nat kom, meneer. Prieska se son speel nie. Brand jou vrek voor nuwejaar as jy te veel loop uithaak.” Hy is eintlik ‘n drywer, maar hy werk met alles. Weet ek waar is Uitdraai? vra

58

hy. Toe weet ek, hierdie een mag ek nie laat verbygaan nie. Ken ek vir meneer Orffer Muller? wil hy weet. Meneer Muller praat mos so vinnig en half. Halwe sinne. Uit sy waai en swaai moet jy uitmaak wat gedoen moet word. Dan moet jy alles alreeds gehad hét. Die bakkie staan nog nie eens nie, dan is hy al buite. “Meneer sien hom?” wil hy weet. Ek knik… ek sien hom maar net te goed. Ai, hulle het anderdag amper die groot man verloor, vervolg hy. Weer daai vee oor die mond. Hy kyk af grond toe. Trane in sy oë. Skop met die tyre-sool se punt teen die mat. Gelukkig het die ou reguit gehou. Hilux bly maar bobaas, verseker hy my. Nee, hulle is dankbaar dat meneer en mevrou nog met hulle is. Dit is nou sy vrou wat daar voor gehelp word, verduidelik hy verder. Kaartprobleme meneer, kaartprobleme. Elke maand dieselfde ou storie. Nee, hy weet nie meer nie. Weer die sug. Die vrou vat nie die pin kop toe nie en dan moet hy elke maand hier kom sukkel. Eintlik moet hy in die werk wees. Vrouens is vir hom ‘n groot kopseer. Hulle kos jou net geld. Of dit jou eie vrou is of ‘n ander vrou, betaal sal jy betaal. Hy kyk om hom rond en sê ons twee moenie so hard praat nie,

netnou hoor sy vrou. Hy wil by my weet hoekom mans so sukkel met vroue. Ek vra of hy nie dalk die probleem is nie. Hy vee weer oor sy mond. Tol in die rondte en roep luid, “nog nooit!”. Ek vra hom uit na die stropery. “Dit is nou vir jou ‘n helse besigheid,” is sy eerste woorde. Dan is almal op die plaas gestres. Dit is ‘n ge-op en ge-af. Hie’natoe en daa’natoe. Niemand weet later meer watter kant toe nie. “Meneer Muller waai ons deurmekaar.” Hulle het juis ‘n ongeluk gehad met ‘n tapkar wat in die ry afgehaak het. “Meneer sien, die trekpen moet mos ‘n skaapwagter inkry sodat hy nie uitglip nie. Die drywer het nie sy checks gedoen nie. Daai tapkar het toe op volspoed in die ry afgehaak. Die drywer het net met die trekker by die silo aangekom. “Toe ons daar kom, toe staan die tapkar soos ‘n vuurpyl in die lug. Die koring is die hele wêreld vol. Meneer SJ het net sy kop geskud. Ons drywers moes vergadering om daai man oor sy vingers te tik. Jou skaapwagter is die eerste ding wat jy insit. Veiligheid eerste. As die koring nie rol nie, word die silo nie vol nie. Dan kan meneer nie breed glimlag nie. Meneer ken mos daai liedjie?” Voor ek kan antwoord, is sy vrou klaar gehelp. Hy loop dadelik saam met haar. Hoekom hy in die ry gestaan het, weet ek nie. Hy groet met die woorde, “meneer, laat ek my uit die kol vat, die spilpunte wag.”


uppe marketing A25904

Spanwerk maak

boer

selfs nog beter!

Met leidende innovasie, plaasbestuuroplossings en ʼn diverse produkportefeulje staan ons sy aan sy. Met ʼn span kundiges en ʼn passie vir die plaaslike boerderylandskap staan ons saam met jou. Want saam boer is beter boer. Vir die hele Suid-Afrika. Skakel jou BASF-verteenwoordiger en word vandag nog deel van die wenspan.

Goed. Beter. BASF.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk • Sestiende Straat 852, Midrand, 1685 • Posbus 2801, Halfway House, 1685 • Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 • Webblad: www.agro.basf.co.za • Mobielewebblad: m.agro.basf.co.za

59


We are equally passionate about our people, our product and the potential of our markets. GWK Pecans

Talk to our team:

60

GĂźnter Hollenbach Specialist Manager: Procurement 082 883 9652 gunterh@gwk.co.za

Danie Janse van Vuuren Specialist Manager: Facilities 054 331 1711 daniejvv@gwk.co.za

CornĂŠ Pieterse Procurer: Douglas, Prieska, Hopetown, KwaZulu-Natal and Western Cape 083 680 8789 cornep@gwk.co.za

Anroux Pretorius Procurer: Vaalharts, North West and Limpopo 071 312 6859 anrouxp@gwk.co.za

Profile for GWK Kommuniek

Kommuniek April/Mei 2020  

Kommuniek April/Mei 2020  

Advertisement