Page 1

`n Handelsmerk van

Junie / Julie 2017

Op die wysie van hoop

Maak só seker jou plaas is veilig

GWK en Unyati se veiling ‘n groot sukses

Sidi trek ‘n nuwe baadjie aan


JOU DOELWITTE

ONS KUNDIGE ADVIES

PANNAR se besproeiingsbasters handhaaf ’n uitnemende rekord van prestasie in die LNR proewe. Ons ondersteun jou met praktiese advies om die beste opbrengs te behaal. Gebruik dit tot jou voordeel. www.pannar.com | infoserve@pannar.co.za ® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2017 PANNAR BPK TM

2017/IMAIZE/LB/03


14 20 32 48 Op die wysie van hoop

SA visit a first for breeders

SIDI trek 'n nuwe baadjie aan

GWK maak deure oop na Asië

8 10 12 18 24 28

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

Maak só seker jou plaas is veilig

Die produsent en natuurbewaring

Eise en uitbetalings: Kies die regte versekeraar

30 35 40 44 52 54

Operations centre simplifies data management

Boortekorte op koring onder besproeiing

Besproeiingskedulering van koring in die Noord-Kaap

Produsente: Hoof Uitvoerende Beamptes oor miljarde

Aartappels se Groentoer belangrik vir kultivarontwikkeling

GWK en Unyati se veiling 'n groot sukses

58 60 63 64 66 70 Lesersfoto's

GWK Fresh nóg 'n deurbraak vir GWK

Verander om vooruit te boer

Conflict of interest: How to manage the risk

Kliënte en hul diere kom áltyd eerste

Uit Piet se pen: Osoonsmous in 'n minirokkie

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee Koos de Wet Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken

Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johann Klopper

Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes

Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen

Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker

Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan

Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorblad: Heuwels op die platteland (foto: Stefan Louw)

Redakteursbrief “As jy dink jy kan dinge vandag dieselfde doen as gister, is jy verkeerd.” Een

van ons Topbestuur-lede se gunsteling sêding. GWK se personeel moet elke dag dinge anders, en béter, doen as die vorige dag. (Hulle kry dit reg.) Daarom, toe ons wonder of SuidAfrikaanse boere wérklik weet dat ons hulle harde werk raaksien en waardeer, moes ons anders dink om die boodskap oor te dra. Ek het gesoek, maar ek kon nie ‘n Afrikaanse woord kry wat die kol tref nie: Musiek transcends. Dit strek verby ouderdomsverskille, kultuurverskille en rasverskille. Verby politiek, ekonomie en bekommernisse. Dit strek tot by kuier om braaivleisvure, saamsing in jou kar, hoendervleis-oomblikke by konserte, waardering vir diverse talent, gees by ‘n kerkbasaar en Shosholoza by toetsrugby. Dit raak álmal. Ons hoop dat ons opwindende nuwe projek (Op die wysie van hoop, bl. 14) elke liewe boer sal raak. Elke boer moet weet dat ons raaksien, omgee en ondersteun. Want nes ons, moet boere elke dag dinge op ‘n ander manier doen om voor te bly en suksesvol te wees – innovering is die goue draadjie wat deur alles strek. Ons presisieboerderyspan innoveer daagliks om nuwe navorsing en proewe te doen en nuwe resultate

Leana Bezuidenhout Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

Spanleier: Inhoudsontwikkeling

bekend te stel in artikels. GWK Veilings het anders gedink oor wildverhandeling en ‘n groot deurbraak in die bedryf gemaak. Llewellyn, die GWK Groep se Besturende Direkteur, moedig ‘n ondersoekende kultuur aan – een waar ons buite die boks dink en geen probleem sonder ‘n oplossing is nie. Uitdagings word nou geleenthede. Dit is ‘n opwindende omgewing om in te werk. Vir Apple se “Think Different”-veldtog het Rob Siltanen hierdie woorde geskryf – ‘n mantra vir elkeen wat droom om die wêreld te verander. Vir elke boer, elke plaaswerker en elke GWKpersoneellid: Here's to the crazy ones. The misfits. The rebels. The troublemakers. The round pegs in the square holes. The ones who see things differently. They're not fond of rules. And they have no respect for the status quo. You can quote them, disagree with them, glorify or vilify them. About the only thing you can't do is ignore them. Because they change things. They push the human race forward. And while some may see them as the crazy ones, we see genius. Because the people who are crazy enough to think they can change the world, are the ones who do.


Geestelike Akker My rots en my vesting Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting. (Psalm 71:3) In 1763 is eerwaarde Augustus Toplady in 'n donderstorm vasgekeer. Hy het in 'n skeur in 'n rots van 'n honderd voet hoog, skuiling gesoek. Daar word vertel dat hy 'n speelkaart uitgehaal het en die woorde van "Rock of Ages" (Eewge rots, geklief vir my) agterop neergeskryf het. Indien jy Burrington Combe in Engeland besoek, sal jy 'n gedenkplaat op 'n rots vind om Toplady se lied te herdenk. Stel jou voor, daar sit Toplady in die skeur in die massiewe rots wat hom teen die storm beskerm, en dit herinner hom aan 'n ander Rots. Jesus is daardie Rots. "Dit is my liggaam wat vir julle gegee word." Hierdie was Jesus se woorde aan sy dissipels tydens die laaste paasmaaltyd wat Hy met hulle gedeel het. Jesus se liggaam is aan ons gegee – gebreek aan die kruis. Sy hande en sy voete, asook sy sy is deurboor. Jesus is oor óns oortredings deurboor, en deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Slegs deur Hom

is daar verlossing van ons sondes. Dit is waarna Toplady in die eerste vers van hierdie lied verwys. Eewge rots, geklief vir my, laat my veilig in u bly! laat die water en die bloed uit u sy, as lewensvloed, my tot heil wees en tot krag teen die sondeskuld en mag! God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor alle sondaars. Dit sluit ons almal in. Maar die bloed van sy Seun bedek almal wat om genade en vergifnis van sondes vra, en dit stel God, die Vader tevrede. Die bloed van Jesus reinig ons, Hy is ons Verlosser, ons rots en veilige vesting. Is Jesus jou Rots, jou Verlosser, jou veilige vesting? Gebed: Jesus, dankie dat U ook vir my sondes aan die kruis betaal het. Wees U my Rots waar ek veilig kan skuil, beskerm U my teen die storms van die lewe, vir nou en tot in ewigheid. Amen Xanthe Hancox www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol 160.0

Oranjerivier

Gariepdam Vanderkloofdam

87 68

Vaalrivier

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

100 101 58 108

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

100 98

Rietrivier

Kalkfonteindam

13

Douglas

Modderrivier

Krugersdriftdam

59

Werklik Langtermyn

140.0 120.0 100.0 80.0 60.0 40.0 20.0 0.0 Prieska

Hopetown

Rietrivier

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 Maart 2017 tot 15 Mei 2017

Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Prieska Green Valley Nut 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Vaalharts Jan Kempdorp

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn

Vaalharts


KINGJAMES 35937A

VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.

Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering. Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

9


Conrad Borman

Veilingskalender en -pryse

1 Junie 6 Junie 8 Junie 8 Junie 13 Junie 20 Junie 24 Junie 27 Junie 28 Junie 29 Junie

4 Julie 11 Julie 13 Julie 18 Julie 19 Julie 25 Julie 26 Julie 26 Julie 29 Julie

Algemene Uitverkoping veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Thaba-Nchu Pril Hertzogville veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Kimberley Grootvee/Kleinvee Boshof wildveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad veiling Koopmansfontein veiling

Kimberley Grootvee/Kleinvee Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Diamant Dorpers Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad veiling Algehele Uitverkoping van Beesboerdery Boshof wildveiling

Veilingspryse vir lewendehawe – April/Mei 2017 03/04 - 07/04

10

10/04 - 13/04

18/04 - 21/04

01/05 - 05/05

08/05 - 12/05

15/05 - 19/05

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

22.00

Slagosse

23.50

Slagosse

24.50

Slagosse

23.00

Slagosse

24.00

Slagosse

24.00

Slagkoeie

20.30

Slagkoeie

21.00

Slagkoeie

21.50

Slagkoeie

19.50

Slagkoeie

20.00

Slagkoeie

22.00

Maer beeste

16.00

Maer beeste

17.00

Maer beeste

18.00

Maer beeste

16.00

Maer beeste

16.00

Maer beeste

16.50

Ligte kalwers (180-200kg)

30.00

Ligte kalwers (180-200kg)

31.00

Ligte kalwers (180-200kg)

32.00

Ligte kalwers (180-200kg)

32.00

Ligte kalwers (180-200kg)

30.50

Ligte kalwers (180-200kg)

31.00

Swaar kalwers 29.40 (201-250kg)

Swaar kalwers 29.80 (201-250kg)

Swaar kalwers 30.50 (201-250kg)

Swaar kalwers 31.00 (201-250kg)

Swaar kalwers 29.50 (201-250kg)

Swaar kalwers 30.00 (201-250kg)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

30.50

Slaglammers

28.00

Slaglammers

28.00

Slaglammers

27.00

Slaglammers

29.00

Slaglammers

31.00

Stoorlammers 30.00

Stoorlammers 30.00

Stoorlammers 31.40

Stoorlammers 29.00

Stoorlammers 33.00

Stoorlammers 32.00

Kruislammers

28.50

Kruislammers

27.00

Kruislammers

27.00

Kruislammers

27.00

Kruislammers

29.00

Kruislammers

30.00

Slagooie

21.50

Slagooie

21.00

Slagooie

21.00

Slagooie

21.00

Slagooie

23.00

Slagooie

22.50

Maer ooie

19.50

Maer ooie

19.00

Maer ooie

21.50

Maer ooie

21.50

Maer ooie

21.50

Maer ooie

21.00

Klein bokkies

33.20

Klein bokkies

32.00

Klein bokkies

32.00

Klein bokkies

30.00

Klein bokkies

32.00

Klein bokkies

32.00

Jong bokke

30.50

Jong bokke

30.00

Jong bokke

30.00

Jong bokke

29.00

Jong bokke

31.00

Jong bokke

31.00

Bokooie

26.00

Bokooie

19.50

Bokooie

22.00

Bokooie

21.00

Bokooie

24.00

Bokooie

24.00


Hoof: Infrastruktuur Carl du Toit carldt@gwk.co.za

Douglas Silo Johan Coetzer johanc@gwk.co.za

Prieska Silo Frikkie Jansen frikkiej@gwk.co.za

Marydale Silo Jaco Mouton jacom@gwk.co.za

Hoë standaarde, hoë kapasiteit en hoë tegnologie om jou produkte veilig tot in die mark te kry. GWK Infrastruktuur

Barkly-Wes Silo Johan Nel johann@gwk.co.za

Modderrivier Silo Otto Von Molendorff ottovm@gwk.co.za

Transoranje Silo Rietrivier Silo Dirk Thomas Christina dirkt@gwk.co.za Bezuidenhout christinab@gwk.co.za

Stoffelshoek Silo Daniel Louw daniell@gwk.co.za

Jan Kempdorp Depot Rocco de Villiers roccodv@gwk.co.za

Modderrivier Katoen Pluismeule Dolf van der Westhuizen dolfvdw@gwk.co.za

Douglas Grondbone aanleg Janie Britz janieb@gwk.co.za

Douglas Grondbone-droging en Pekanneuter Franswa Weyers franswaw@gwk.co.za

GWK Infrastruktuur sluit moderne fasiliteite in, waaronder ons silo’s, katoenpluismeule, grondboonaanlegte en pekkanneutaanleg in. Alles om ons boere se produkte met gemoedsrus na die markte te verskuif.

11


Landbouwenke

Mielies Met nismarkgrane soos Simba- en Waxymielies moet seker gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.

Lusern en weiding April en Mei is die beste tyd om lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusernentstof om stikstofbinding te verbeter. Doen grondregstellings voor vestiging van lusern. Meerjarige, gematigde grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en reddingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot einde April geplant word.

Uie en saaduie Uie word gevestig. `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plant-proses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk ná plant en was in met 15-20mm water. Koring kan gestrooi word net voor vestiging van uie (sandgronde) om windskade te voorkom. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip.

Aartappels Hou streng by die spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op `n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.

12

Grondbone Die eerste grondboon-aanplantings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 70-75% ryp is. Voorkoms van Schlerotinia veroorsaak dat peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af. Oorweeg om vroeër te oes as Schlerotinia vermeerder. Indien strawwe ryp voorkom en plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom. Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses aansienlik. Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te droog. `n "Conditioner" kan `n paar uur ná die uithaler gebruik word om die oortollige sand af te skud. Dit bespoedig die plukproses en verminder slytasie op die plukker se onderdele. Peule kan ongeveer drie dae na uithaal gepluk word, afhangend van vog en weerstoestande. Vog moet met lewering tussen 12 en 16% wees. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik. Verseker goeie deurlugting indien die oes in sakke gelewer word.

Pekanneute Hou aan met besproeiing tot “shuck split”. Teken ryp datum aan. Hou rekord van blokke en kultivars (opbrengs, grootte en kwaliteit) Doen oes voorberieiding.


Ons help jou groei

• Koop nou en betaal jou eerste paaiement na jou eerste oes met enige landboutoerusting wat deur ons gefinansier is. • Betaal ’n deposito van 10% en geniet buigsame voorwaardes en betalingskeuses vir trekkers en spilpuntsproeiers. • Aanbod* van Maart tot Mei 2017 geldig. • Gesels met jou plaaslike Voertuig- en Batefinansieringsverteenwoordiger.

*Om vir hierdie aanbod te kwalifiseer, moet jy aan alle Standard Bank-kredietkriteria voldoen. Bepalings en voorwaardes geld.

Gemagtigde finansiëledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr. 1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ’n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA 259304A – 3/17


N A V E I S Y W E I D OP

HOOP

Aktueel Leana Bezuidenhout

Daar is een ding wat elke liewe persoon in die wêreld met mekaar deel: Ons almal moet eet. En daar is een universele taal wat met elke liewe persoon in die wêreld praat: Musiek. Om die regte boodskap – een wat inspireer – met die res van Suid-Afrika te deel, maak dit dus sin om dié twee te kombineer. 14


Aan die einde van 2016, terwyl die grootste deel van die land nog gebukkend gegaan het onder geweldige droogtetoestande, het Suid-Afrikaanse boere se oneindige positiwiteit herbevestig wat GWK glo en verkondig: Dat hulle helde is. ‘n Idee is gebore by Neil de Klerk (Hoof: Bemarking en Kommunikasie) om ‘n boodskap aan hierdie boere bring om te sê “ons sien raak wat julle doen, ons bewonder julle en alles gaan okay wees”. ‘n Idee kry lewe GWK is bekend daarvoor om dinge anders te benader en om op nuwe maniere na landbou te kyk. De Klerk het rondgespeel met sy idee van ‘n liedjie spesiaal vir boere en vir Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties hiermee genader. “Ek het op Die Heuwels Fantasties besluit omdat hulle self hulle musiek skryf en die produksie daarvan doen. Hulle musiek is ook baie oorspronklik,” vertel De Klerk. “Die projekte waarmee hulle al voorheen saamgewerk het en die klank wat eie aan hulle musiek is, is presies wat ek in gedagte gehad het om lewe aan hierdie idee te gee.”

15


De Klerk sê verder dat die groep se musiek nie beperk is tot ‘n spesifieke ouderdom of genre nie en dat dit musiek is wat by ‘n wye gehoor aanklank vind. “Smaak verskil,” sê De Klerk, “en ons weet dat nie almal van die liedjie of die video gaan hou nie. Maar as ons net één boer hiermee bereik wat besef daar is ‘n maatskappy wat waardering het vir wat hy of sy doen, dat alles orraait gaan wees en dat hierdie liedjie vir hom of haar is, was dit alles die moeite werd.” Greeff, wat reeds ‘n frase of drie van ‘n nuwe liedjie begin skryf het, was onmiddellik opgewonde oor die projek en het hierdie liedjie verder aangepas deur die lirieke toepaslik op en vir Suid-Afrikaanse boere te skryf. “Ons het vir Neil ‘n paar jaar ge-

16

lede ontmoet toe ons vir GWK ‘n optrede by Modderrivier gedoen het,” sê Greeff. “Ons het agterna lekker gekuier en pelle geraak. Einde verlede jaar het hy my gekontak toe hy in die Kaap was en genoem dat hy liedjies gehoor het wat hom regtig geïnspireer het. GWK wou weer op ‘n nuwe manier met boere kommunikeer en dat hy GWK se boodskap met musiek wil ‘trou’”. Greeff sê dat Die Heuwels Fantasties in daardie stadium juis besig was om hulle nuwe album op te neem. “Neil het gesê dat sy hoofdoelwit met hierdie projek was om iets nice te doen vir boere, om vir hulle te sê dat hulle raakgesien word,” sê hy. “Ná die gesprek het ons teruggegaan en verder geskryf aan Bietjie Hoop – uit die gesprek met Neil het die liedjie homself eintlik

geskryf.” Greeff, Hunter Kennedy en Fred den Hartog is verantwoordelik vir die skryfwerk van die meeste van die groep se musiek en ook hierdie produk was ‘n spanpoging waar hulle koppe bymekaar gesit het om te besluit wat hulle met die lirieke wil sê. “Dit is vir ons belangrik dat soveel as moontlik mense kan vereenselwig met ons musiek,” sê Greeff. “Ons het die liedjie gestuur vir die pianis, Janine Neethling, en nadat sy daarna geluister het, het sy gesê dat ‘n liedjie is wat nodig is om gehoor te word.” Bietjie Hoop het vorm aangeneem ná De Klerk se gesprek met Greeff en met Neethling se bydrae op klavier. “Ons is al drie baie trots op die lied-


“Ons is al drie baie trots op die liedjie, only good can come from it”

jie, only good can come from it,” sê Greeff verder. “As mense ‘n boodskap soos hierdie hoor, kan dit hulle inspireer om baie te doen – dit is nie beperk tot die landbou nie, die emosionele aspek raak enigeen. Selfs ‘n sewejarige laaitie kan doen met ‘n bietjie hoop.” Heuwels in die Noord-Kaapse vlaktes Toe die eerste weergawe van die liedjie in die GWK-kantoor geluister is, het opgewondenheid posgevat. Die lirieke weerspieël die boodskappe in vorige GWK-veldtogte en onderstreep die storie wat ons onderneem het om te vertel. Daar het geen twyfel bestaan dat die liedjie ook visueel uitgebeeld moet word nie, en beplanning vir die musiekvideo het begin. Ons wou voortbou op die warm, opregte, outentieke kultuur waarvoor Noord-Kapenaars bekend is en die videoproduksiemaatskappy se styl moes daarmee belyn. 1988|Films, met Carel Nel aan die stuur, is ingeroep. “Hierdie projek was heeltemal anders as die video’s wat ek gewoonlik doen,” sê Nel. “Ek het na GWK se TV-advertensie gekyk en besef dat ‘n mens soms vergeet wat boere doen, dat die brood wat jy elke dag eet van boere af kom.

Hulle is helde. Om vir hulle dankie te sê hiervoor met ‘n video is ideaal, veral omdat dit ook mense gaan bereik wat nie bekend is met hoe dinge op ‘n plaas gebeur nie. Dit was vir my ook ‘n nuwe ervaring.” Nel het ‘n paar weke voor 24 en 25 April, wanneer die video geskiet is, na moontlike plekke in en om Douglas kom kyk om seker te maak dat die materiaal vir die video werklik die boodskap uitbeeld, om vir ‘n dag in die voetspore van ‘n boer te stap. Dit was ook sy eerste keer in Douglas. Johan Jacobs (Ondervoorsitter van die Direksie) se plaas het die perfekte landskappe vir die video gehad, en sy hele gesin het ingespring om met die logistiek en reëlings te help. “Die mense hier is ongelooflik gasvry,” sê Nel verder, “en was so bereidwillig om hul plase beskikbaar te stel sodat ons die video kan skiet. Hoe langer ons geskiet het, hoe lekkerder het dit geraak en hoe gemakliker het almal geraak. Dit het gou verander van ‘staan voor die kamera’ na ‘kuier voor die kamera’. Boere werk van vroegoggend tot laataand, maar het altyd tyd vir ‘n geselsie.” Ander opmerkings was dat die stadsjapies die plattelandse leefstyl beny en

dit sien as die ideale plek vir kinders om groot te word. “Ons kry nie baie die geleentheid om Noord-Kaap toe te kom nie,” sê Hunter Kennedy. “Dit lyk vir my idillies om hier groot te word. Om die sonsondergang vanaf ‘n vlot op die Vaalrivier te sien, was ‘n magical ervaring.” Die landskap het ook vir Fred den Hartog, lid van die groep, beïndruk, “maar die beste deel van die projek was om julle almal te ontmoet!” Hy sê dat Bietjie Hoop nie slegs oor een groep mense gaan nie, maar eerder mense wat as ‘n geheel saamstaan en hoopvol bly. “Ons almal moet eet, ons almal speel vir dieselfde span. Musiek is ‘n goeie manier om dit te wys.” Vir twee dae het die groep plase platgery, met geleende hoede in die son meer van boerdery geleer, lusern gehark, trekker gery, beeste gedoseer, lang en diep gesprekke met die Jacobs-gesin gevoer en om ‘n groot Kalahari-vuur onder ‘n doringboom saam met boere en plaaswerkers gekuier (waar hulle plaaswerkers hulle geleer het hoe lekker ‘n Lanorma-aartappel is wat onder grond en kole gaargemaak Maak jou hart se hekke oop Die lirieke van Bietjie Hoop bevat subtiele verwysings na landbou en boere. Die onsterflike positiwiteit van boere word beskryf in ‘n reël, “kan nie kla nie” – ‘n tipiese boere-antwoord wanneer jy vra hoe dit gaan. Verwysings na hekke oopmaak, skets ook duidelik die prentjie van die plaas. Ons is opgewonde oor die projek en is oortuig dat hierdie doelwit bereik gaan word. Want ‘n klein bietjie hoop is mos al wat mens kort, ietsie om aan vas te hou. kan nie kla nie, kan nie nou stilstaan nie kan nie kla nie, jy moet kruip voor jy loop maak jou hart se hekke oop …en as dit is hoe hy loop, hou my regop lig soos ‘n veer onverganklik soos die grond. *Bietjie Hoop is beskikbaar op Die Heuwels Fantasties se nuwe album, OKAY!, wat op 5 Mei uitgereik is. Laai dit af op iTunes. Die video sal binnekort vrygestel word – hou GWK se sosiale media dop!

17


Aktueel Leana Bezuidenhout

Maak só seker jou plaas is veilig By GWK is ons nie bekend as doemprofete nie, maar ons dra ook die belange van ons produsente op die hart en die realiteit is dat plaasbeveiliging ál hoe belangriker raak. Plaasaanvalle in Suid-Afrika neem toe en word al op sekere platforms vergelyk met terreuraksies. Die verantwoordelikheid vir veiligheid op plase het elke boer se eie verantwoordelikheid geword en daarom het ons inligting oor dié onderwerp ingewin om boere, en sodoende voedselsekerheid, te ondersteun. Die rol wat politieke onstabiliteit in plaasaanvalle speel, kan nie oorgesien word nie. Daarom moet beskermingsmaatreëls ontwikkel word op ‘n manier wat hierdie oorsake aanspreek. Daar is ‘n algemene versigtigheid om politiek met plaasaanvalle te verbind, maar kenners sê dat polarisering in die verlede tot ‘n gewelddadigheid gelei het wat baie dieper in die samelewing gevestig is as wat algemeen besef word. Rasse-oorloë het skade aan verhoudinge veroorsaak en hierdie verhoudinge en persepsies – gereeld ongegrond of verkeerd – lei tot ‘n sekere gesindheid teenoor die boeregemeenskap. Op plase en kleinhoewes is boere ‘n sagte teiken omdat die verrassingselement aan misdadigers se kant is. Aanbevelings deur navorsers dui daarop dat sigbare paraatheid en veiligheid

18

wel ‘n manier is om aanvalle te ontmoedig. Dit is belangrik om te besef dat geen misdaad oornag opgelos kan word nie en dat boere die verantwoordelikheid moet neem om sekuriteit deel van hul daaglikse roetine moet maak. Om te belê in veiligheidsmaatreëls sal vir lank slegs voordelig wees.

Wenke vir veiligheid Modernfarmer.com beveel sterk aan dat plaaseienaars ‘n deeglike opname doen van bestaande en gebrekkige sekuriteitsmaatreëls op die plaas. Op hierdie manier kan eenvoudige sekuriteitstekortkominge raakgesien en verbeter word, onder meer stukkende heinings, areas wat beligting kort en die beveiliging van geboue.


Ander veiligheidsmaatreëls wat volgens Landbouweekblad oorweeg moet word, sluit in: Alarms. Installeer 'n alarmstelsel om die huismense vroegtydig te waarsku dat daar indringers op die werf of in die huis is. Die ideale stelsel is gekoppel aan 'n beheerkamer, wat die situasie 24 uur per dag monitor. Sekuriteitskameras word hierby ingesluit. Ligte. Bring ligte op alle strategiese plekke aan om die hele plaaswerf te verlig. Dit moet egter nie dag en nag brand nie, want as die ligte bedags aan is, is dit 'n teken dat die boer nie tuis is nie. Heinings. Hoewel 'n geëlektrifiseerde veiligheidsheining duur is, is dit noodsaaklik vir plaasbeveiliging. Snoei die bome en struike om die huis kort sodat niemand daaragter kan wegkruip nie. Waghonde. Hou honde dop om te sien wanneer hulle dalk senuweeagtig is omdat dit kan beteken dat vreemdelinge naby is. Honde wat skielik vrek, moet ook ondersoek word omdat daar dan ‘n kans van vergiftiging is. Deure en vensters. Bring traliehekke met 'n dubbele sluit-aksie voor alle buitedeure aan en ook 'n traliehek in die gang wat na die slaapkamers lei. Die buitedeure moet van soliede hout wees sodat die mense in die huis nie van buite deur die deur geskiet kan word nie. Die buitedeure moet loergaatjies hê sodat die huismense ongemerk kan kyk wat buite aangaan. Alle vensters – maak nie saak hoe groot of hoe klein nie – moet diefwering hê. Sleutels. Oefen goeie beheer uit oor

al die sleutels vir die huis. Moenie die sleutelhouers merk nie. Indien vreemde mense (soos 'n loodgieter of elektrisiën) in die huis moet werk, moet alle sleutels eers weggebêre word voordat hulle binnekom. Veilige gewoontes. Maak eers seker 'n besoeker is 'n bekende, want 'n mens kan nie raai wat 'n vreemdeling se planne is nie. Hou 'n flits met sterk batterye byderhand en bêre dit altyd op dieselfde plek waar enige lid van die gesin dit in die hande kan kry. As daar probleme buite is, moet niemand (die man inkluis) uitgaan nie. Ontbied hulp en wag binne totdat hulp opdaag. Sluit enigiets wat deur 'n aanvaller as wapen gebruik kan word, toe, soos 'n byl en 'n graaf. Wissel die daaglikse roetine af en moenie elke dag se beplanning iemand anders as lede van die gesin bespreek nie. Moenie vreemde voertuie voorkeer nie. Skryf eerder die registrasienommer neer en meld dit by die polisie aan. Vuurwapens. Bêre alle vuurwapens in 'n kluis. Noodplan. Werk 'n plan uit wat alle gesinslede in geval van nood moet volg. Maak 'n lys van noodtelefoonnomers en bêre dit op 'n plek waar alle lede van die gesin dit in die hande kan kry. Hou 'n brandblusser in die huis en maak seker almal weet hoe om dit te gebruik. Hou ook 'n noodhulpkissie byderhand. Geld. Moenie groot bedrae kontant in die huis hou nie. Dit kan tot 'n rooftog aanleiding gee. Dit is belangrik dat boere by die gemeenskap betrokke raak. Skakel in by georgani-

seerde strukture, soos bv. ‘n buurtwag. Farmersweekly.co.za noem dat sielkundige gereedheid ook tot jou voordeel strek en deel dit in vier fases: Groen, geel, oranje en rooi. “Groen” beteken dat jy ontspanne en kalm is omdat dit onwaarskynlik is dat iets verkeerd kan gaan. “Geel” is om bewus te wees van wat in jou onmiddellike omgewing aangaan. “Oranje” beteken om te verwag dat iets gaan gebeur en “rooi” is tydens ‘n incident. Hulle sê dat enige boer altyd in die oranje fase van gereedheid moet wees en altyd paraat en oplettend moet optree. 'n Program om beter verhoudinge op die platteland te skep, is onvermydelik én broodnodig. Op elke plaas in elke distrik moet gereeld gekommunikeer word: mens tot mens, maar veral tussen strukture soos die georganiseerde landbou en tradisionele of verkose leiers. Hierdeur moet konflik wat op die plaas of in die omgewing kan ontstaan, in die kiem gesmoor word voor dit tot 'n verbreking van goeie gesindhede of respek kan lei en dalk tot moord. Samewerking met die Regering is van kardinale belang om plaasveiligheid te verseker en GWK bou daagliks aan goeie verhoudinge met die plaaslike en nasionale regering. Hoewel omstandighede meestal buite ons beheer is, kan ‘n mens steeds alles moontlik doen om die veiligheid van jou, jou gesin en jou werkers te verseker, sodat die mense wat kos aan die wêreld voorsien, beskerm word.

(Bronne: Landbouweekblad, Farmers Weekly, Modern Farmer)

19


News Leana Bezuidenhout

Once

every three years South Devon cattle breeders from all over the world get together, travel to a country with fellow breeders and exchange valuable information, tips and knowledge. Three years ago John Miller, president of the South Devon Cattle Breeders’ Society of South Africa, attended this world tour, hosted in the USA. Since this significant event has never been hosted in South Africa, Miller asked for the next tour to be hosted here, and two years of extensive planning begun. During the month of April we were host to breeders from as far as Australia, New Zealand, USA and the United Kingdom. A packed programme,

20

courtesy of Miller and his team, ensured that the visitors got to see most of the country while discussing all things South Devon. The South Devon Cattle Breeders’ Society of South Africa was founded on 24 June 1914 and the decision to join the then SA Stud Book Association was taken on this historic first meeting. The Society almost disbanded during and after the Second World War when both its finances and its membership were at a very low ebb. During the 1970’s the Society and the breed went from strength to strength and membership increased to 115. Since the start of the 1990’s the Society and the breed have

undergone another recession, however, since the start of the new millennium there has been a huge demand for bulls as well as female animals. Changing socio-economic conditions in South Africa and the growing population will ensure that more consumers will demand red meat as part of their daily diet, while natural resources such as land becomes scarcer. The South Devon has proved over the years that it is an ideal breed to produce more beef and milk from relatively low quality forages like natural grazing and crop residues, with minimal inputs of high-energy supplements. The fertility and mothering abilities of the


South Devon will play a major role in this changing world. Animal scientists claim that fertility is the most important factor in any production system. South Devon breeders confidently face the challenges of the future, in the knowledge that the breed has the genetics to meet the demands. (southdevon. co.za) Also convinced of South Devons’ quality are brothers Barrie and Gielie van Zyl, breeders and owners of Johstep South Devon Stud. Their farm, Charlottesdal, is located 60 km north of Kimberley and was one of the spots the tour group visited. The Van Zyls were drawn to the South Devon breed by its temperament, growth abilities, milk production and fertility. They also believe that these animals can easily adapt to any climate or weather conditions. The Johstep South Devon Stud was established in 1984.

Hosting the international group of breeders was an honour, according to Barrie. Even though speaking English was a challenge, as it is for most of us living in the Northern Cape (Barrie explained that “Coca-Cola” is as far as his English goes), interesting facts and figures were exchanged on the farm. Amongst the visitors were David Corker from Australia. “We need to understand the breed,” he says, “and we need to make genetic progress. Tours like these are important for the contribution to genetics by learning from each other.” Brian Thomson, breeder from New Zealand and president of the World South Devon Society, were impressed by South African South Devons, describing them as “very incredible”. The adaptability of the breed were confirmed by his comparison between the lush New Zealand landscape and the very different, arid Northern Cape.

Barrie and Gielie van Zyl showcasing their stud

21


Thomson and his wife Ann attended the UK world congress in 2005, and have not missed one since. “Going around the world, we have learned so much about the breed’s adaptability to various climates – from freezing cold conditions in the USA and Canada, to Australia’s hot and dry temperatures and still keeping their lovely coats. I am very impressed by the attractiveness and diversity of South Africa,” says Thomson, “and especially by the cattle.” A breeder who could identify with South African farmers, was Daphne Lines from the naturally treeless South Australia where they run their farm and stud as a family. According to the visitors the breed shows stability in New Zealand, Australia and the USA. In the United Kingdom and Canada steady growth can be seen.

John Miller, Gielie and Barrie van Zyl

In addition to Charlottesdal, the tour group also visited: Eastern Free State (Clarens, Harrismith, Karan Beef feedlot, various studs) Bloemfontein (Stud Book, history tour) Eastern Cape (various studs including Dohne sheep, Pumba Private Game Reserve) Port Elizabeth and Plettenberg Bay (World South Devon conference) Cape Town The South Devon Society’s membership has been rising since it was founded 125 years ago. A comprehensive understanding of the breed and farming is an integral part of the breed’s success – this world tour supports vexactly that.

David Corker (Australia), Brian Thomson (New Zealand), Daphne Lines (South Australia) and Mervyn Rowe (United Kingdom)

Johstep South Devon Stud

22


Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC61-90 DKC62-84R DKC62-80BR GEN DKC63-53 DKC64-54BR DKC64-78BR GEN DKC65-52BR

Groei jou wins natuurlik met DEKALB®-mielies! DEKALB® spog nou met nuwe mieliebasters wat by uitstek geskik is vir besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO

ALGEHELE UITVERKOPINGVAN BEESBOERDERY namens Louis Claassen en Tharina Terblanche 26 Julie 2017 - 11:00 Christiana Veilingkrale

A A NB O D

• 337 + 337 Koeie en kalwers • 450 Dragtige koeie • 30 Bulle • 450 Speenkalwers

2000

• Veiling word aangebied weens huurgrond termyn wat verval. • Kudde geslote (geen ingekoopte diere) • BM en Trichiomose vry getoets

• 89 Osse ±400kg • Verse: 250 loop by bulle, 200 gereed vir bul • 40 Beeswagter Donkies • ±100 Buiteband voerbakke

• Alle dragtighede sal bevestig wees • Alle diere 5 jaar en jonger

Tipes sluit in: Bonsmara, Bovelder, Afrigus en Nguni. Finansiering beskikbaar aan goedgekeurde kliënte Navrae:

GWK Veilingskantoor Schalk Erlank Louis Claassen Tharina Terblanche Klein Louis Claassen

053 832 5227 082 558 6891 082 490 1721 082 451 1515 082 889 7204

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings 1% Kontanthanteringsfooi. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.

23


Die produsent en

natuurbewaring Natuurbewaring word al vroeg in die Bybel vir ons uitgelig as opdrag om oor die natuur te heers en dit te bestuur. Baie keer word die aanname gemaak dat dit net sekere mense se opdrag en werk is. In Suid-Afrika word natuurbewaring deur twee groepe gedoen, daar is meestal die wanvoorstel dat dit die enigste mense is wat natuurbewaring moet toepas.Ons gesels later meer hieroor, maar eers wil ek graag meer oor die twee groepe uitbrei. 24

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) bestuur en bewaar nie net renosters en olifante nie, maar bewaar geologiese landskappe en plantegroei waaronder skaars plante en diere tel. Die bewaring geskied in Nasionale Parke wat in al die provinsies van Suid-Afrika voorkom, behalwe in KwaZulu-Natal. Van die mees bekende nasionale parke is sekerlik die Kalahari Gemsbok Nasionale Park en die Kruger Nasionale Parke.

In die GWK-streek is daar ook een, naamlik Mokala Nasionale Park, 60 km suid van Kimberley. Die befondsing om te bestuur en bewaar kom gedeeltelik uit die Nasionale Regering se Departement van Omgewingsake en dan natuurlik die fondse wat deur SANParke met toerismeprodukte ingesamel word. SANParke werk slegs in die Nasionale Parke en werk ten nouste saam met die omliggende gemeenskappe, wat ook


Aktueel Hugo Bezuidenhout (SANparke)

produsente insluit. Daarom is die verhoudings wat SANParke met hulle bure het baie belangrik en dit wat die produsent langsaan of naby aan ‘n park doen, het soms groot impak op die nasionale bewaringsgebied. Die ander baie belangrike groep is die Departement Omgewingsake Noord-Kaap (DENC) en dit is belangrik dat die produsent ook met húlle ‘n goeie verhouding het. Dit is die Departement wat raad kan gee oor bewaring en wat ook vir permitte verantwoordelik is. Baie keer word SANParke geskakel en die organisasie word vir permitte gevra, maar dit val nie onder ons jurisduksie nie. Die kort en die lank van bogenoemde is dat elke produsent egter die verantwoordelik het om die natuur volhoubaar te bestuur en die natuur met respek te hanteer en te verstáán. Die “verstaan” is egter dit waarop ons moet fokus. Baie jare gelede, voor moderne tegnologie, was daar meer tyd. Baie produsente het as jong seuns en dogters grootgeword op ‘n plaas, hulle het vroegoggend saam met pa en oupa lande toe gegaan en van die veld geleer. Daar was genoeg tyd dat ‘n mens plat op die aarde kon sit en as dit gereën het, kon jy die heerlike gebeurtenis in die veld geniet. Die ekonomie het later ‘n groot rol begin speel en druk op produsente het ongelooflik toegeneem om kop bo water te hou! Waar pas natuurbewaring dus in by die produsent? Die produsent wat sy omgewing, wat bodemkunde (geologie/ grond) en plantegroei insluit, verstaan en volhoubaar bestuur sal op die langtermyn die vrugte pluk. Die droogte wat tans nog op sommige plekke heers, is nie ‘n nuwe verskynsel nie. As die produsent nie sy grond en plantegroei opgepas het nie, ondervind hy probleme met verlies van vee en plantsiektes. Verkeerdelike gebruik van chemiese behandelinge op sogenaamde “indringerplante” of die omploeg van marginale gronde of

oor- of onderbeweiding, het baie groter impak op die natuur se patrone en prosesse. Die droogte of ondergemiddelde reënvaljare is nie altyd net sleg vir die natuur nie en bogemiddelde reënvaljare hou soms hul eie nadele in. Dink maar aan vloede, erosie wat dit tot gevolg het en dan weer allerhande siektes wat kop uitsteek! In Suid-Afrika het ons baie selde meer as 100 jaar se reënvaldata, om nie eens te praat van temperatuur en ander relevante klimaatsinligting nie. Ons het in Suid-Afrika twee nasionale staatsinstellings wat klimaatsinligting versamel. Die mees bekende sien ons elke aand net ná die nuus van die dag, die Suid-Afrikaanse Weerdienste (SAWD, of in Engels SAWS). Die SAWD spits hulle hoofsaaklik toe op nasionale en selfs internasionale insameling van klimaatstelsels, asook op weervoorspellings van nasionale en internasionale belang. Die ander nasionale organisasie wat klimaatsinligting versamel in SuidAfrika is die Landbou-Navorsingsraad (LNR oftewel ARC). Die LNR spits hulle meestal toe op die landbougemeenskap om vir die verskillende landboustreke goeie, betroubare klimaatsdata te kan verskaf. Wat interessant is, is dat ten spyte daarvan dat albei organisasies baie weerstasies regoor die land het, dit meestal slegs reënvaldata insamel en die weerstasies met meer

klimaatsinligting yl versprei is oor ons land. Suid-Afrika het somer- en winterreënvalstreke (Wes-Kaap en selfs in die Suid-Oos Kaap) en Natalse kusgebiede kry dwarsdeur die jaar reën. Die somerreënvalstreke kan opgedeel word in vroeë (noordelike provinsies), middel (Gauteng en Vrystaat) en laat somerreënval (westelike NoordKaap). Bykomend wissel die reënval van minder as 100 mm in die westelike dele tot meer as 1000 mm in die bergagtige dele. Die reënval in Suid-Afrika kom gewoonlik in strepe voor en “verspreide donderstorms” is nie net ‘n mooi liedjie se woorde nie, dit is eie aan Suid-Afrika. Daarom is ons so ryklik geseënd met nege Biome; Woestyn, Sukkelente-Karoo, Nama-Karoo, Grasveld, Savanna, Woude, Albany ruigteveld, Indiese ooskusbelt en Fynbos. Die Bosveld hoort egter ook by hierdie Biome-streke want dit het sy eie unieke plantspesiesamestelling, plantegroeistruktuur en bodemgesteldheid (geologie en grond). Deur bewus te wees van bogenoemde eksterne faktore kan elke produsent dus sy of haar deel doen vir natuurbewaring. Volhoubare, winsgewende boerdery in vandag se ekonomie maak natuurbewaring soms moeiliker, maar goeie boerderypraktyke op sigself dra by tot landswye bewaring van ons omgewing.

25


GWK Agri Versekering Wilfred Dahli (Santam Landbou)

Santam se proefplaas

insiggewend vir GWK-produsente

Santam Landbou

as die oesversekeraar met by verre die langste verbintenis tot Suid-Afrikaanse landbou, het ‘n baie ernstige strewe om die beste moontlike diens en akkurate skadebepalings aan elke kliënt te bied. Versekering teen haelskade is die versekeringsproduk wat die meeste deur boere in Suid-Afrika uitgeneem word. Dit is juis op hierdie gebied waar Santam Oesversekering op hoogte moet bly van genetiese veranderinge in gewasse en reaksies op skades soos veroorsaak deur hael. Die gebruik van ‘n navorsingstasie is dus noodsaaklik vir ‘n versekeraar soos Santam Landbou. Geleë buite Bloemfontein, ongeveer 11km op die ou Kimberley-pad (R64), bied die Santam Proefplaas die geleentheid om verskeie vrae wat ontstaan ten opsigte van oesversekering, te beantwoord. Santam het drie permanente personeellede en verskeie deeltydse personeel wat omsien na die navorsing. Die navorsingsrigting word bepaal deur behoeftes soos geïdentifiseer deur die bedryf en die tegniese span van Santam Landbou. Hoewel die proefplaas by Bloemfontein net sedert 2004 gebruik word vir navorsing, het sy voorganger by Ficksburg reeds sedert die 1970’s dié doel gedien.

26

Figuur 1: Die sojaboonproef met die plaasopstal bo en demonstrasieblok aan die regterkant.


Proewe

Demonstrasiedae

Die proefplaas by Bloemfontein word op die oomblik hoofsaaklik aangewend om die invloed van haelskade op op mielies en sojabone te evalueer. Die invloed van blaar-, stam-, stand- en pitskade op die oesopbrengs word gedoen op sowel medium- as kortseisoengroei mielie- en sojaboonkultivars. Hierdie navorsing toets die invloed van verskillende grade van skade oor verskillende groeistadiums op die finale opbrengs van ‘n plantestand. Met die groter aanplantings van kortgroeiseisoenkultivars in die afgelope paar jaar is ‘n aparte taksasietabel opgestel vir kortseisoengroeiers omdat mediumen kortseisoengroeiers nie dieselfde reageer op skade nie. Om die invloed van verskillende omgewings te evalueer, word proewe ook op ander proefpersele in die land gedoen, maar op ‘n beperkte skaal as gevolg van die arbeid en logistiek verbonde hieraan.

Praktiese navorsingsresultate word visueel bekendgestel aan boere, makelaars, studente en eie personeel op hierdie dae. Demonstrasiepersele word vir hierdie doeleindes aangeplant aangesien die werklike proefpersele nie beskadig mag word nie. Demonstrasiedae is waar klein perseeltjies identies behandel word soos die werklike navorsingspersele. Die verskillende behandelings in die demonstrasieproewe is uitgelê sodat die besoeker baie maklik die visuele verskille kan sien tussen die verskillende skadebehandelings. Hierdie is ‘n jaarlikse instelling gedurende Maart en tydens hierdie demonstrasiedae is besoekers welkom om praktiese ervaring te kry van hoe skadebepalings gedoen word en die reaksie van plante op skades van verskillende intensiteite. Die besoek aan die proefpersele word voorafgegaan deur ‘n teoretiese toeligting waar

die beginsels en metodiek van die navorsing aangebied word. Dit word gewoonlik afgesluit met iets om te eet en te drink. GWK word jaarliks genooi na Santam se proefplaas – die enigste proefplaas waar GWK versekeringsproewe doen om aan boere te verduidelik hoe skade plaasvind en hul opbrengste kan beïnvloed. Op die foto’s hierby is ‘n groep produsente van GWK wat die proefplaas besoek het saam met Marietjie Vermeulen (GWK-versekeringsadviseur). Santam Landbou is baie trots om met ‘n rekord van meer as 40 jaar se navorsing steeds voortdurend die reaksie van nuwe kultivars te toets en prosedures te verbeter. Getrou aan Santam se aard sal navorsing dus steeds deurlopend gedoen word om te verseker dat die beste resultate en akkuraatste taksasieprosedures gebruik word om skades te bepaal.

GWK Versekering beste in die streek (Liché Strydom) Op 11 Mei het Santam weer hul jaarlikse ontbyt gehou en die span van Versekering het bygewoon. Dié geleentheid word aangebied om erkenning te gee aan makelaars in die streek en toekennings is oorhandig deur Gerhard van Staden, streeksbestuurder vir Santam in die Vrystaat en Noord-Kaap. Gassprekers van Santam het die gaste toegespreek oor verwikkelinge in die versekeringsbedryf, asook ‘n oorsig oor hoe die bedryf vaar in moeilike ekonomiese omstandighede. Nuwe produkte en dienste is ook bespreek om te verseker dat makelaars toegerus is om altyd ingeligte, hoë-gehalte advies aan kliënte te bied. Die eerste toekenning vir die Algehele Beste Makelaars in die streek was in drie kategorieë verdeel, naamlik brons, silwer en goud. Dié toekenning word geoordeel op die makelaar se boekgrootte, die algemene groei en die eiseverhouding wat onder 65% is. GWK Versekering het weggestap met die Goue Toekenning. Die tweede toekening wat aangebied was, was die Landbou-toekenning vir die hele Vrystaat- en Noord-Kaap-streek om erkenning te gee aan makelaars wie se versekeringsboek die meeste gegroei het in die afgelope finansiële jaar, tesame met ‘n eise-verhouding onder 65%. GWK Versekering het ook hierdie toekenning ingepalm. GWK Versekering is baie trots op hierdie prestasies en wil almal wat ‘n aandeel daarin gehad het, bedank vir julle ondersteuning en lojaliteit. Ons is baie opgewonde om die 2018-finansiële jaar aan te pak met die beste diens in die mark, gekombineer met die beste gehalte advies. Wilmarie van der Schyff, Janitha Viljoen, Riana Shergold, Marietjie Vermeulen, Liché Strydom, René van der Westhuizen en Kannetjies Kotzé van GWK Versekering.

27


GWK Agri Versekering Jacques de Wet

Kies die régte versekeraar GWK is trots om met diensverskaffers te werk wat hulle kliënte eerste stel as dit by eise kom. Hoe erger die finansiële druk op Suid-Afrikaners, hoe meer langtermynversekering-eise word ingedien. Hoewel hierdie proses deur baie as moeilik of langdradig gesien kan word, is daar normaalweg nie struikelblokke wanneer eise met geldige gronde ingedien word nie. Redes waarom eise nie goedgekeur word nie:

Hoe word ‘n eis oorweeg? Die voorwaardes van die poliskontrak en die mediese toestande is belangrike aspekte om gedurende eisbesluite te oorweeg. Gekwalifiseerde mediese adviseurs wat in eise spesialiseer, tesame met ervare eisspesialiste, keur die eise. In buitenge-

wone gevalle word ’n regsadviseur geraadpleeg. Ander spesialiste op die gebied van psigiatrie, ortopediese chirurgie en kardiologie word dikwels geraadpleeg vir mediese menings, veral wanneer beskikbare bewyse teenstrydig is.

Nie-openbaarmaking, veral van mediese inligting Bedrog (bv. vervalsing van inligting) Uitsluitingsklousules (bv. selfmoordklousule) Bepalings van polis Definisie van eis-gebeurtenis

Statistieke toon dat die uitbetaling van eise jaarliks toeneem. Hier volg ‘n opsomming van maatskappy-uitbetalings gedurende 2016:

28

Lewensdekking: R2,8 miljard

Lewensdekking: R3 miljard

Lewensdekking: R2,7 miljard

Lewensdekking: R463 miljoen

Lewensdekking: R571 miljoen

Trauma: R276 miljoen

Trauma: R697 miljoen

Trauma: R405 miljoen

Trauma: R104 miljoen

Trauma: R110 miljoen

Ongeskiktheid: R340 miljoen

Ongeskiktheid: R552 miljoen

Ongeskiktheid: R318 miljoen

Ongeskiktheid: R71 miljoen

Ongeskiktheid: R43 miljoen


Nog statistieke volgens hierdie vier maatskappye:

Kanker, koronêre slagaaromleidingsoperasies, hartaanvalle en beroertes vorm 80% van eise in trauma-kategorie.

By GWK beveel ons aan dat kliënte altyd ‘n versekeraar kies wat sy belange eerste stel. Daarom kies ons ook ons verskaffers op grond van goeie reputasie en uitstekende diens. Deur reeds aan die begin die regte besluit te neem in terme van versekeraars en versekeringsprodukte, spaar jy jouself bekommernis. GWK Versekering het reeds sterk verhoudinge gevestig met van die land se voorste versekeringsmaatskappye en ondersteun ons kliënte wanneer eise ingedien en afgehandel word. GWK Versekering beskik oor ‘n span spesialiste en kan vir die volgende gekontak word:

Omvattende inligting oor eise en uitbetalings Hersiening van bestaande portefeuljes Pasmaak-produkte wat aan jou spesifieke behoeftes voldoen ‘n Toegewyde versekeringsadviseur wat na jou sake omsien Die bestuur van jou versekeringsake – alles op een plek. Skakel gerus vir Jacques de Wet by 082 660 8209 of stuur ‘n e-pos na jacquesdw@gwk.co.za.

Onderskeidelik 24% en 16% van alle eise in dié provinsie is weens kanker en hartsiektes uitbetaal.

Ongeveer 80% van die 15 000 jaarlikse padongelukverwante sterftes in Suid-Afrika word veroorsaak deur mense tussen die ouderdomme van 19 en 34.

Suid-Afrika is agtste in die wêreld wat selfmoordsyfers betref met sowat 8000 selfmoordgevalle per jaar. 1 000 000 selfmoordgevalle word internasionaal per jaar aangeteken. Sowat 10% van alle eise wat deur Liberty Life in die Noord-Kaap betaal is, is gevalle waar kliënte ouer as 55 jaar vermoedelik weens selfmoord gesterf het.

29


GWK Agri Mechanisation

Operations centre simplifies data management

John Deere is proud to announce the launch of the Operations Centre on 01 May 2017. With the low margins available in production agriculture, the cost of making a mistake in the field is large. Picking the wrong variety, applying a product at the wrong rate and failing to execute on the advice of a trusted advisor are all examples of regularly made mistakes that dramatically impact the growers’ bottom line. With precision data becoming more commonly captured, growers and their trusted advisors are looking to use this data in reducing costly mistakes and sustaining a more profitable position. This creates the need for growers and their fleet of advisors to collaborate seamlessly when assessing the producer’s data in order to simultaneously evaluate, clean and use a single instance of precision agronomic data to direct their operation based on learnings. The John Deere Operations Centre is a central online agronomic data management solution that collects ma30

chine, logistic and agronomic data, and processes it automatically. It allows producers to see their data, to collaborate with trusted partners by sharing the data and to direct their operation by turning insights into actions. The Operations Centre is differentiated by its data integrity, decision tools, ability to share data and ease of use. More on this at deere.com/trust. In short, the Operations Centre allows growers to See, Collaborate, and Direct their entire operation from a single cloud based tool; accessible via web or mobile device. There are no NMQ Phase requirements associated with the Operations Centre. Our goal is to maximize customer inclusion and establish a solid foundation here in South Africa as Precision Ag Technology continues to expand. There will however be a purchasable JDlink Connect Subscription that will enable Wireless Data Transfer and Remote Display access. Operations Centre is replacing JDlink web and mobile applications as John

Deere’s preferred machine data software. It will also be replacing Apex as John Deere’s preferred Ag data management software. OC is still being upgraded to eventually have full parity of Apex and even bigger range of capabilities. For more information regarding Operations Centre feel free to contact GWK’s AMS team: Johan Wolvaardt 072 331 3807 johanWolv@gwk.co.za Jason Prince 0829061671 jasonP@gwk.co.za


Innoverend Kwaliteit

Genetika

Die alles-in-een saadverskaffer Sentinel*

• Crimson/All Sweet-kruising • Medium-laat volwassenheid • Ovaalvormige vrugte • Groeikragtige plant • Gemiddelde vrugmassa van 10 - 13 kg

Karoo Dew*

• Baster Honeydew-tipe • Ovaalvormige vrugte • Verlengde oesperiode • Goeie blaarbedekking • Goeie toleransie teen F-0, F-2, PM-1

*Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie. Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 • Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za Verdien gratis AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.

Kommuniek 2017 - 5004.indd 1

Wetenskap en innovering

2017/05/24 4:26:15 PM

Kliënteverhoudinge

Opbrengs+

SIDI is meer as net kunsmis. Ons kombineer dít wat belangrik is om volhoubare plantvoeding en uitstekende opbrengs te verseker. sidi.co.za

31


GWK Agri SIDI Leana Bezuidenhout

SIDI trek ‘n nuwe baadjie aan

Ons

kunsmisbesigheid,

Sidi Parani, spog nou met ‘n nuwe naam en voorkoms. Die eenvoudige, skoon handelsmerk staan voortaan slegs bekend as SIDI en die span het groot planne vir die produk. Volgens Cas Prinsloo (Hoof van Agri-insette) het SIDI een van die uitdagendste jare nóg beleef.

32

voorheen

“’n Kombinasie van onder meer planttoestande in droëlandgebiede, beskikbaarheid van roumateriale en waterbeperkings in besproeiingsgebiede het daartoe gelei dat die span regtig baie hard moes werk om selfs net ‘n aanváárbare resultaat te lewer,” sê Prinsloo, “maar dit is juis in sulke uitdagende omstandighede wat die ka-


rakter van verskillende persone en die besigheid die beste na vore kom. Ek kan met trots sê dat die span wondere verrig het.” SIDI het in moeilike omstandighede ‘n rits suksesstories om te vertel, waaronder die gehalte van vloeibare kunsmis en die prestasie van die Christianaaanleg in terme van gehalte en volume van produk gelewer. Prinsloo sê dat die sukses van dié besigheid direk toe te skryf is aan spanwerk en personeel se karakter en toewyding, eerder aan spesifieke prestasies wat behaal is. As deel van GWK, wat bekend is vir innoverende denke, is daar reeds vir ‘n geruime tyd bespreek om vir SIDI ‘n nuwe voorkoms te gee – een wat die tegnologie en innovering van die produk weerspieël en inskakel by GWK se handelsmerk. Die besluit om hiermee voort te gaan, is reeds in Junie 2016 geneem. Verskeie faktore het ‘n rol gespeel in die besluite wat geneem is, sê Prinsloo. “Daar word in die algemeen reeds na die besigheid verwys as slegs ‘Sidi’,”

sê hy. “Die ‘Parani’-deel is vir ons deursneekliënt ‘n vreemde term. Ook wanneer ons nuwe geografiese gebiede betree, vind ons dat kliënte die woord vreemd vind, daarom het ons besluit om dit te vereenvoudig na slegs die reeds bekende ‘SIDI’.” Verder was die tydraamwerk vir die vernuwingsprojek ook direk gekoppel aan verwikkelinge in die produkreeks, met interessante en agronomies indrukwekkende produkte wat SIDI oor die afgelope seisoen kommersiëel getoets het. Die nuwe handelsmerk-argitektuur is modern, skoon en vars, en verteenwoordig die wetenskap en kliënteverhoudinge waarvoor Sidi staan. “Wetenskap en verhoudinge wat vir ons as SIDI die sleutel is tot volhoubare plantvoeding, kom duidelik na vore in die handelsmerk,” sê Prinsloo. “Dit dui ook op volhoubare besigheid in die kunsmissektor. SIDI is méér as net opbrengs: Dit is die wetenskap wat met uitmuntende opbrengs gepaardgaan en die vertrouensverhouding om hierdie opbrengste te behaal. Daarom is die slagspreuk verander na Opbrengs+ (Yield+). Dit is egter nie slegs SIDI se voorkoms wat vernuwe nie – vernuwing binne die besigheid vind deurlopend plaas. “Vernuwing is die kern tot enige besigheid se langtermynsukses en dieselfde geld uiteraard die kunsmisbedryf,” sê Prinsloo. “Uitbreidingsen vernuwingsgeleenthede word konstant ondersoek om te verseker da tons ‘n goeie oplossing kan bied op enige plantvoedingsnavraag.”

33


GWK Agri SIDI Chris Schmidt

Vir baie jare reeds ondersteun Sidi, ons kunsmisbesigheid, landbouers in Namibië. Die belangrikste saai- en produksiegebiede in Namibië is in die suide by Marienthal (besproeiing), sentraal by Hochfeld en Summerdown (besproeiing en droëlande), noord by Otavi, Grootfontein en Tsumeb (besproeiing en droëlande) en dan in die verre noorde al langs die Okavango-rivier (besproeiing). Sidi besoek die gebied, met inagneming van die afstand, gereeld om tegniese ondersteuning aan produsente te verskaf. Die gebied is baie groot en produsente is wyd verspreid met lang afstande tussen-in. Die gronde in die gebied is

34

uiteenlopend in eienskappe en is ook per lokaliteit vemeng met mekaar (m.a.w. groot variasies bestaan). Die gevolg is dat ‘n kaleidoskoop van tekortsimptome algemeen waargeneem word. ‘n Besoek aan Namibië word dus gekenmerk deur lang tye wat op die pad spandeer word, asook lang werksure per dag. Daar word gereeld baie laat in die aand by oornagplekke opgedaag en vroegoggende weer vertrek. Ontbyt-kospakkies is maar die norm vir ontbyt. Daar is egter ‘n groot troos en bevrediging, en dit is dat Namibië steeds ‘n pragtige land is – die mense is ongelooflik gasvry en die produsente dankbaar vir onder-

steuning. Die genoegdoening vir dit wat ons daar vir produsente beteken, is baie. In lyn met hulle strewe om Namibiese produsente by te staan, het Agra-koöperasie ‘n nuwe tak op Marienthal op 12 April 2017 ge-open. Sidi is uitgenooi om as een van die gassprekers die aand tydens die opening op te tree. Dr. Chris Schmidt (landboukundige by Sidi), Stoffel Swanepoel (bemarkingsbestuurder by Sidi) en Michael de Waal (bemarker van Sidi) het Marienthal besoek vir hierdie doel. Die besproeiingskema is besoek, asook omliggende dele. ‘n Paar profielgate is gemaak om gronde beter te verstaan, asook om evaluasies van gewasvoorkoms te maak. Gedurende die openingsgeleentheid het Dr. Schmidt die nuwe Lusern- en Mieliefosfaatriglyne vanuit die nuwe Fertasa Bemestingshandleiding aan die gehoor voorgehou. Die aand is bygewoon deur die bestuur van Agra, landboukundiges van Agra, die takbestuurder op Marienthal en sy personeel, die Sidipersoneel en meer as 30 produsente. Die opening is deur Paul Klein, verantwoordelik vir die tak se opening, as suksesvol bestempel. Groot opgewondenheid heers binne Agra oor hierdie nuwe stap wat geneem is. Sidi wens Agra ‘n suksesvolle toekoms in Marienthal- en die Hardap-besproeiingskema toe.

Van links na regs is Arnold Klein (Uitvoerende Bestuurder: Agra), Francois Wahl (Landboukundige: Agra), Paul Kirsten (Takbestuurder: Agra Marienthal), Paul Klein (Agronomiese Bestuurder: Agra), Chris Schmidt (Landboukundige: Sidi), Stoffel Swanepoel (Bemarkingsbestuurder: Sidi) en Michael de Waal (Bemarker: Sidi).


GWK Agri Landboukundige Dienste Johann Sounes

Boortekorte op koring onder besproeiing Boortekorte word al vir die afgelope paar seisoene op koring waargeneem tydens die ontleding van blaarmonsters. Boor is een van die mikro-elemente wat deur plante benodig word. Dit word as ‘n mikro-element geklassifiseer omdat die plant klein hoeveelhede van die element benodig in vergelyking met makro-elemente soos stikstof, fosfor en kalium. (Dear and Weir, 2004) Agt-en-veertig persele van 3m x 10m

elk (sien Foto 1) is op ‘n 9ha-spilpunt in die Modderrivier-gebied uitgelê. Die land is op 27 Junie 2016 geplant met die PAN 3471-kultivar wat ‘n Galmanosaadbehandeling bevat vir die voorkoming van vrotpootjie (Gaeumannomyces graminis). Die plantdiepte van die koringsaad was ongeveer 2cm en daar is 100kg per hektaar geplant. 2,5 kg SidiSeed-saadbehandeling, sowel as SidiMan-saadbehandeling, is gebruik.

SpeedfolB is as ‘n blaarbespuiting op drie groeistadiums toegedien. Die eerste bespuiting is tydens die stoelstadium (groeistadium 5 op die Joubert-skaal) toegedien. Die tweede bespuiting was tydens die pypstadium (groeistadium 12/13 op die Joubert-skaal) en die derde bespuiting was tydens die blomstadium (groeistadium 20 op die Joubert-skaal) toegedien.

Foto 1: Die proefpersele.

35


SpeedfolB-toedienings is met ‘n rugsak gedoen teen ekwivalente van 1 kg boor per hektaar, 2 kg boor per hektaar en 4 kg boor per hektaar, met 260

L water per hektaar. Blare is tydens die stamverlengingstadium (groeistadium 12) en weer tydens die vlagblaarstadium (groeis-

tadium 15) op persele wat reeds behandelings ontvang het, getrek. Die verskillende groeistadiums word in figuur 1.1 aangetoon.

Oesryp Aardverkyning en aardvul Halmverlenging

Halmvorming

Periode

1

2

3

4

5.........12

13

14

15

16

17

18

20

21..............24

25

Graan set / Graanvulling

Blaar inisiasie

Blomafsterwing

Syaar-vorming Syaar-vorming

Opbrengskomponente

Syaar-vorming Vegetatiewe fase

Reproduktiewe fase

Graanvulling

Syare per aar Are per plant

Plante per meter2

Korrels per aar

Korrels per meter2 Opbrengs

Korrelgewig

Figuur 1.1 Groei- en ontwikkelingstadia van koring deur die groeiseisoen (LNR Kleingraanproduksiehandleiding in somerreënval-streek. Aangepas uit 1) Ohioagnomy guide 14th edition. Bulletin 472-05. 2) Slafer & Rawson, 1994. 3) Wheat growth and physiology. A. Acevedo, P. Silva & H. Silva, 2002. FAO Corporate document repository (www.fao.org). 4) Bread wheat, 2002 (B.C Curtis, S. Rajaram & H. Gomez Macpherson, eds.) FAO Plant Production and protection series, no 30, Rome,2002.)

Boor in grondontledings ‘n Grondontleding veerteenwoordigend van die land is geneem voordat saadbedvoorbereiding begin het. Die grondontledings het baie goed ontleed en geen regstellings is gemaak nie. Boor-konsentrasies in gronde variëer baie en kan strek vanaf 2 - 200 mg kg1, maar is tipies minder as 5 - 10% in ‘n vorm wat beskikbaar is aan plante. (Diana, 2006.) Warmwater-oplosbare boor word gesien as die fraksie beskikbaar vir plante in die grond en dié waarde lê tussen 0,1 en 3,0 mg kg1B (Shorrocks, 1997; Wang et al, 1997; Niaz et al, 2002; Zia et al, 2006). Die ont-

36

leding hier was 0,18 mg kg-1B. Die proses waardeur boor opgeneem word, word nog nie heeltemal verstaan nie en of dit ‘n aktiewe of passiewe proses is, is nog kontroversieël. Hoofsaaklik blyk dit of opname watervloei volg (Mengel & Kirby, 1987). Boor-absorpsie deur plantwortels is nou verwant aan pH en boor-konsentrasie in grond en is waarskynlik ‘n nie metaboliese proses nie (Brown & Hu, 1998). Raven (1980) en Dugger (1983) het gevind dat boor nie-mobiel, of slegs mobiel tot baie klein mate, in die floeëm is en boorverspreiding in die plant geskied hoofsaaklik in die Xylem (Raven, 1980). Hoë konsentrasies boor

word in sekere plantorgane waargeneem, bv. helmknoppe, stigma en ovariums. Boor word by ‘n hoër grondtemperatuur as ander elemente opgeneem (Ahmad et al, 2012) en loog ook makliker as enige ander mikro-element vanuit die grond. Daarom sal sanderige gronde of vry-dreinerende gronde meer geneig wees tot ‘n boortekort (Dear and Weir, 2004). Boor-beskikbaarheid verlaag met verhoging in pH en tekorte kan gereeld waargeneem word op kalkgronde. Hoë klei-inhoud kan ook ‘n rol speel in boor-beskikbaarheid, hoofsaaklik weens moontlike absorpsie van boraat.


In periodes van watertekort droog die bogrond uit en het tot gevolg dat plante nie in die boonste grondlaag, waar meeste van beskikbare boor is, kan onttrek nie. Droë weer sal ook boorbeskikbaarheid beïnvloed omdat dit watervloei wat beskikbare boor in oplossing moet vervoer, sal be-

Diepte

Grond

cm 30

Sand

pH

P Bray II

perk (Niaz et al, 2013). ‘n Vogtekort in die grond verlaag transpirasie en dus word boorvervoer na lote verlaag (Lovatt, 1985). Tydens mineralisering van organiese materiaal of boortoediening met bemesting sal ‘n gedeelte in oplossing bly terwyl die res deur gronddeeltjies

Na

K

Ca

Mg

geabsorbeer word. Plante bevredig die meeste van hul boorbehoeftes vanuit die oplossing (Hatcher et al, 1959) terwyl skielike veranderinge in die oplossing gebuffer word deur die geabsorbeerde boor (Hatcher et al, 1962

Cu

Zn

Mn

B

Fe

KCl

mg/kg

cmol/ kg

cmol/ kg

cmol/ kg

cmol/ kg

mg/kg

mg/kg

mg/kg

mg/kg

mg/kg

5.8

57

0.06

0.27

2.18

0.72

0.8

7.3

58.5

0.18

142

Tabel 1.1 Grondontleding van die land waar proef gedoen is

Gewasbehoefte Dikotiele plante het ‘n boorbehoefte van 20 - 70 mg kg-1 teenoor ‘n behoefte van 5 -10 mg kg-1 vir monokotiele (Marchner 1995). Hierdie verskille word hoofsaaklik gekoppel aan die feit dat een van boor se belangrikste funksies die betrokkenheid by die strukturele rol in selwandontwikkeling en stimulering en/of inhibering van sekere metaboliese funksies is, en dikotiele en monokotiele verskillende samestellings het (Niaz et al, 2013). Plante verkil in hul vermoë om boor op te neem selfs al word hul in dieselfde grondmedium gegroei. Die invloed van boortekort op gewasse verskil en is gebaseer op die gewas se sensitiwiteit tot boor (Dell en Haung, 1997). Volgens Gupta et al (1985) kan ‘n koringplant tot 2 mg kg-1 boor in grond verdra met negatiewe uitwerkings van boor by hoër konsentrasies. Asad et al het in 2001 bevind dat die kritiese boor-konsentrasie vir vroeë

vegetatiewe groei ongeveer 1 mg kg-1 B droë materiaal is. In kontras hiermee het Rerkasem en Lordkaew (1992) ‘n graansetmislukking in graan gevind wat geassosieer word met ‘n droë gewig van minder as 2 - 4 mg kg-1 B in die aar en 3 - 7 mg kg-1 B in die vlagblaar volgens Rerkasem en Loneragan, 1994 (Rerkasem en Jamjod, 2004). Die grootste reaksie van hoër plante op ‘n boortekort is die staking van wortelverlenging (Dugger, 1983, Shelp, 1993, Marchner 1995, Dell en Haung 1997) maar hierdie simptome word selde in koring waargeneem. Snowball en Robson het in 1983 bevind dat wanneer plante in ‘n kultuur geplaas word waar geen boor is nie, koringwortels sal aanhou groei, terwyl Klawerwortels (Trifolium subterraneum L) dadelik groei staak. Chapman et al het ook in 1997 bevind dat koring vegetatief byna normaal gegroei het in ‘n kultuur waar verskeie peulplante beïnvloed is deur boor (Rerkasem en Jamjod, 2004). Daar moet gelet word dat vege-

tatiewe tekortsimptome nie baie effektief is in koring nie omdat dit selde in die veld waargeneem word. Volgens verskeie navorsers kan manlike steriliteit waargeneem word as blommetjies wat paar dae oop bly tydens blom en gevolg word deur swak graanset. Volgens Graham (1975) kan hierdie simptome baie maklik verwar word met steriliteit wat deur koper veroorsaak word. Kopertekorte veroorsaak ‘rail-tale’simptome in die aar terwyl boortekorte dit nie op koring veroorsaak nie, maar wel op gars (Rerkasem en Jamjod, 2004). Tabel 1.2 toon die blaarontledings tydens die pypstadium. Daar kan gesien word dat die plantontledings voldoende was ten spyte van die die grondontleding van 0,18 mg kg-1B. Die kontroles wat geen boortoedienings ontvang het nie, het ook voldoende ontleed op albei ontledings. ‘n Grondontleding van 0,18 mg kg-1B val mooi in die voorgestelde 0,1 mg kg-1B tot 3,0 mg kg-1B en kon dus in die plant se behoeftes voorsien.

37


Fe (mg/ kg)

Mn (mg/ kg)

Cu (mg/ kg)

Zn (mg/ kg)

Mo (mg/ kg)

B (mg/ kg)

0.61

151

57

7

59

0.01

14

0.020 0.66

0.68

137

39

5

46

1.67

11

5.54

0.025 0.66

0.63

151

50

6

56

1.82

10

0.19

5.42

0.024 0.65

0.70

140

59

7

64

0.99

22

0.37

0.18

5.33

0.026 0.66

0.64

128

71

7

65

0.17

13

5.87

0.38

0.16

5.39

0.027 0.66

0.59

132

51

6

48

1.99

16

1KG CT16KORING STOEL H3 06408.007 P

5.20

0.37

0.17

5.65

0.024 0.65

0.62

143

52

6

55

2.05

16

1KG CT16KORING STOEL H4 06408.008 P

6.44

0.42

0.20

5.43

0.025 0.67

0.62

139

81

8

71

0.02

16

2KG CT16KORING STOEL H1 06408.009 P

5.98

0.34

0.17

5.29

0.022 0.62

0.56

130

50

6

59

1.91

14

2KG CT16KORING STOEL H2 06408.010 P

5.23

0.38

0.18

5.62

0.024 0.64

0.61

148

73

6

54

1.37

14

2KG CT16KORING STOEL H3 06408.011 P

6.08

0.40

0.19

5.56

0.024 0.69

0.67

188

92

7

55

1.86

14

2KG CT16KORING STOEL H4 06408.012 P

6.20

0.42

0.18

5.00

0.029 0.67

0.62

130

97

6

57

1.72

21

4KG CT16KORING STOEL H1 06408.013 P

6.03

0.41

0.20

5.38

0.035 0.68

0.66

139

55

7

56

1.98

18

4KG CT16KORING STOEL H2 06408.014 P

5.97

0.37

0.17

5.14

0.025 0.63

0.63

148

42

6

49

1.95

15

4KG CT16KORING STOEL H3 06408.015 P

5.88

0.41

0.17

5.85

0.025 0.78

0.64

157

57

6

56

2.54

12

4KG CT16KORING STOEL H5 06408.016 P

6.26

0.41

0.19

5.41

0.023 0.66

0.64

122

50

7

59

0.87

24

Norm

3.04 4.67

0.34 0.85

0.12 0.26

3.26 4.76

0.05 - 1.5

0.3 0.54

13 90

31 150

516

22 70

0.1 0.3

650

N (%)

Ca (%)

Mg (%)

0KG CT16KORING STOEL H1 06408.001 P

6.30

0.41

0.19

5.50

0.036 0.72

0KG CT16KORING STOEL H2 06408.002 P

5.20

0.35

0.17

5.61

0KG CT16KORING STOEL H3 06408.003 P

5.83

0.39

0.17

0KG CT16KORING STOEL H4 06408.004 P

5.56

0.37

1KG CT16KORING STOEL H1 06408.005 P

5.58

1KG CT16KORING STOEL H2 06408.006 P

Camp

Lab ID

Crop

K (%)

Na (%)

S (%)

0.15 0.33

P (%)

Tabel 1.2 Blaarontledings tydens die pypstadium. Die hele plant is getrek. Geen ontledings was onder die norm vir hierdie stadium nie. Die norm word in die laaste ry aangedui.

Uitwerking van boorbemesting op koring volgens die literatuur Die interaksie (sinergesties of antagonisties) van boor met meeste van die elemente (N, P, K, Mg, Al en Zn) kan ‘n invloed hê op die regulering van boorbeskikbaarheid vir plante in die grond. (Ahmad et al, 2012) Ahmed et al (2008) stel dat sinkbemeseting boorkonsentrasie/versameling in plantmateriaal kan verlaag en só die risiko vir boorvergiftiging kan verlaag. (Ahmad et al, 2012)

38

Gewasproduktiwiteit kan deur verskeie boortoedienings beïnvloed word. In 1988 het Mandal en Das ‘n proteïenreaksie waargeneem op opbrengs, asook op 1000 korrelmassa met die toediening van 2,0 kg ha-1 boor op koringaanplantings. Halder et al het in 2007 ‘n 66% verhoging in graanopbrengs gevind deur die toediening van 2,0 kg ha-1 boor oor kontrole. (Ali et al, 2013) Ali et al het boortoedienings gedoen drie weke ná plant en het ‘n vlagblaar-boorkonsentrasieverhoging van

3,9 mg kg-1 tot 12,4 mg kg-1 deur die toediening van 2,0 kg ha-1 gehad. (Ali et al, 2013) Khan et al het in 2006 bevind dat 1,0 kg en 2,0 kg B-toedienings koringplanthoogte met onderskeidelik 4,6% en 6,9% verhoog. (Ali et al, 2013) Ali et al het ‘n 28,6% en 18,2% verhoging in halms gevind met onderskeidelike toedienings van 2,0 kg ha-1 B en 5,0 kg ha-1 Zn teenoor suiwer NPK-bemesting. (Ali et al, 2013)


Opbrengste vanuit proef Tabel 1.3 toon die opbrengste per proef-

perseel. Met die verwerking van data kon geen betekenisvolle verskil gevind word nie. Wat wel uit die data

gesien kon word, is dat laat toedienings tydens die blomstadium die swakste reaksie op opbrengste getoon het.

Herhaling 1

0S

1S

2S

4S

0P

1P

2P

4P

0B

1B

2B

4B

Opbrengste

7.92

7.4

6.42

6.92

6.16

8.14

7.44

6.76

5.62

4.72

4.88

4.18

Herhaling 2

1P

2P

4P

0P

1B

2B

4B

0B

1S

2S

4S

0S

Opbrengste

6.76

7.83

6.8

8.28

8.4

7.88

7.34

6

5.58

7.02

5.86

5.48

Herhaling 3

2B

4B

0B

1B

2S

4S

0S

1S

2P

4P

0P

1P

Opbrengste

5.76

6.1

6.94

6.14

8.48

6.62

6.52

5.7

7.86

6.99

4.94

5.66

Herhaling 4

4S

0S

1S

2S

4P

0P

1P

2P

4B

0B

1B

2B

Opbrengste

8.1

7.3

6.94

8.66

8.52

7.2

6.08

6.72

7.28

5.98

5.58

5.84

Tabel 1.3 Opbrengste per proefperseel (Omgeskaal na ton/ha)

Slotsom Die praktyke wat gevolg word deur boor vroeg in die seisoen toe te dien, lyk tog nog na die mees geskikte praktyk. Hoewel 2 kg boor ha-1 beter opbrengste getoon het, was daar geen betekenisvolle verskil tussen toedienings nie. Die literatuur toon ook positiewe reaksies met 2 kg boor ha-1 wat verder ondersoek kan word. Indien ontleding in grond voldoende is, is daar ook gevind dat die koringplant moontlik genoeg boor kan opneem om aan

Verwysings CHOWDHURY, AK., SINGH, G., TYAGI, BS., BHATTACHARYA, PM. & SINGHA, AK., 2007. Assessment of wheat (Triticum aestivum) cultivars to boron deficiency-induced spike sterility and its impact on grain yield under terai region of Wet Bengal. Indian journal of agricultural sience.78, 834 – 837. RERKASEM, B. & JAMJOD, S. 2004. Boron deficiency in wheat: a review. Field crops research. 89, 173 -186 DEAR, BS. & WEIR, RG. 2004.Boron deficiency in pastures and field crops. New South Wales agriculture, AGFACTS, 2nd Edition GULATI, KL., OSWAL, MC. & NAGPAUL, KK.

sy behoeftes toe voldoen. Murdock et al (2004) het in ‘n studie bevind dat koring báie effektief is om boor vanuit die grond te kry en ook baie hoë opbrengste kan lewer met baie min boor in plantmateriaal. Van die ontledings in hul studie het 4 dpm boor in vlagblaar-ontleding gehad en steeds hoë opbrengste gelewer. Die koringplant is nie baie sensitief vir ‘n boortekort nie en hoewel dit die bestuiwingsproses kan beïnvloed, sal dit nie noodwendig ‘n reaksie op opbrengs hê nie, vanweë die koringplant

se vermoë om te kompenseer deur swaarder pitte te vorm. Die reaksie van boor op koringopbrengs word baie moeilik gemeet en of die produsent rendement kry met boortoedienings, is nog nie duidelik nie. Daar moet wel in gedagte gehou word dat alle plante ‘n boorbehoefte het en daar kan verdere werk gedoen word om te bepaal of die kritieke waarde van 1 mg kg-1 B droë gewig in die jongste oop blaar voldoende vir koringproduksie is.

1980. Effect of concentration of boron on the uptake and yield of tomatoe and wheat at different levels of irrigation. Plant and Soil. 54, 479484 AHMAD, W., ZIA, HM., MALHI, SS., NIAZ, A & SAIFULLAH. 2012. Boron deficiency in soils and crops: a Review. Crop Plant. InTech NIAZ,A., AHMAD, W., ZIA, MH. & MALHI, SS. 2013 Relationship of soil extractable and fertilizer boron to some soil properties, crop yiels and total boron in cotton and wheat plants on selected soils of Punjab, Pakistan. J. Plant nutrition, 36, 343-356. ALI, MA., TRIQ, NH., AHMED, N., ABID, M & RAHIM, A. 2013. Response of wheat (Triticum Aestivum) to soil applied boron and zinc fer-

tilizers under irrigated conditions. Pak. J. Agri., 29, 114 – 125. SOYLU, S., SADE,B., TOPAL, A., AKGUN, N. & GEZGIN, S. 2004. Responses of Irrigated Durum and Bread Wheat Cultivars to Boron Application in a low Boron calcareous soil. Turk j. Agric. 29, 275 – 286. MENGEL,K. & KIRBY, EA., 1987. Principles of plant nutrition. International potash institute, Switzerland. TISDALE, SL., NELSON, WL., BEATON, JD. & HAVLIN, JL., 1985. Soil fertility and fertilizers. Macmillan, New York FSSA., 2007. Fertilizer handbook, FSSA, Lynnwood Ridge

39


GWK Agri Landboukundige Dienste Adriaan Wiid

Besproeiingskedulering van koring in die Noord-Kaap

Basiese beginsels van die grondwaterbalans

Inleiding Per definisie is besproeiing die metode om ‘n beheerde hoeveelheid water aan gewasse te voorsien met gereelde intervalle. Dit is baie belangrik dat watertoediening effektief bestuur moet word deur die regte skeduleringstegnieke aan te wend. Geen of swak skedulering kan veroorsaak dat te min of te veel water toegedien word. Te min water sal opbrengsverliesse tot gevolg hê en te veel water loog voedingstowwe uit die grond en beperk suurstof, wat die opneembaarheid van voedingstowwe en omval van plante tot gevolg kan hê. Soos ons almal weet, is water skaars en besproeiing duur, daarom is dit noodsaaklik dat elke druppel so oordeelkundig en kostedoeltreffend as moontlik aangewend moet word. Besproeiingskedulering en die toepassing daarvan speel vandag ‘n baie belangrike en onmisbare rol in elke produsent se bestuursbeplanning.

Grondvoorbereiding Met produksiepraktyke in die NoordKaap is dit baie keer die geval dat die opvolggewas wat ná‘n koringoes geplant word, met minimale grondversteuring of geenbewerking gedoen word. Daarom strek die grondvoorbereiding wat vir koring plaasvind oor meer as een seisoen en is die opvolggewas se wortelontwikkeling ook baie afhanklik van hierdie voorbereiding. Verdigting vind nie plaas by kleigronde nie vanweë die tipe en soort kleiminerale teenwoordig, maar hierdie gron-

40

de neig om “dig” te word weens van spoorverkeer. Sanderige grondtipes is meer geneig om verdigting te vorm om verskeie redes. Die opheffing van hierdie verdigting is dus noodsaaklik vir effektiewe wortelontwikkeling deur die hele grondprofiel. Die voordeel hiervan is dat waterinfiltrasie deur die hele profiel bevorder word, waterhouvermoë vergroot word, wat tot die gevolg van meer effektiewe wortelontwikkeling kan lei. Dit sal lei tot die effektiewe benutting van water en voedingstowwe deur die plant. Egalige saadbedvoorbereiding is dus noodsaaklik vir doeltreffende waterinfiltrasie en verspreiding. Die voordeel wat effektiewe grondbewerking inhou, is die moontlikheid van groter hoeveelhede water per besproeiingsiklus, asook minder siklusse deur die seisoen. ‘n Profiel met ‘n groter waterhouvermoë verminder die risiko van vogstremming deur die seisoen, sou probleme ontstaan soos spilpunte wat breek of elektrisiteitsprobleme. Deur van profielgate deur die seisoen gebruik te maak, kan bepaal word of ‘n vooraf-bewerking effektief was, al dan nie. Besproeiingskedulering kan ook op grond van die diepte van verdigtingslae aangepas word. Praat gerus met ‘n GWK-tegnikus in hierdie verband. Figuur 1 en 2 is voorbeelde van inspeksie deur die seisoen om effektiewe bewerking teenoor oneffektiewe bewerking te evalueer.

Suurstof in die lug beweeg deur middel van diffusie in die grond in. Mikroörganismes in die wortelsones skakel dan hierdie atmosferiese suurstof om na koolstofdioksied en dit beweeg dan weer deur middel van diffusie terug na die blare en fotosintese word op hierdie manier bevorder. Hier is die hoeveelheid water wat toegedien word krities om die verhouding tussen lug en water in die grond in die regte balans te hou sodat fotosintese en respirasie optimaal kan plaasvind. Dit is veral krities by koring tydens die saailingfase om nie die die grond oornat te bestuur nie vir die rede soos hierbo genoem.

Grondwaterbalans en die bestuur daarvan Grondwaterinhoud kan beskryf word in die volgende terme: “Drained Upper Limit” (DUL) en “Drained Lower Limit” (DLL) wat gesamentlik uit die totale beskikbare water in die profiel bestaan. Wanneer ons van skedulering gebruik maak, stel DUL die vollyn/ veldwaterlyn voor wat beteken dat die profiel tot by hierdie punt hervul moet word. Hierna moet kans gegee word tot die profiel die hervullyn bereik. Die hervullyn is ‘n veilige lyn wat op 80% van die vollyn bereken word. Die wortels moet kans gegee word om die (RAW) “Readily Available Water”/ plantbeskikbare water te onttrek en die profiel tot by die toelaatbare grondwaterinhoud uit te droog voor-


Figuur 1: Vlak wortelstelsel is beperkend, grootliks weens oneffektiewe bewerkingsmetodes.

Figuur 2: Voorbeeld van ‘n profiel wat regdeur goeie wortelontwikkeling toon vanweë regte bewerking en waterbestuur.

dat die volgende besproeiing hervat word. Wanneer hierdie proses met elke besproeiing toegepas word, kan maksimum suurstof die profiel binnedring.

Hierdie metode van suurstofbestuur kan optimale water en voedingstofopname deur die plantwortels verseker. In Figuur 4 word uitgebeeld dat kalium-

en fosfaatopname aansienlik verhoog namate die suurstofinhoud (lug) verhoog. Op dié manier word kanse op hoër produksie ten volle benut.

Figuur 3: Grafiese voorstel wat beskryf hoe lug grond binnedring en suurstof beskikbaar gestel word vir die plant.

Figuur 4: Die belangrikheid van goeie suurstofbestuur vir optimale opneembaarheid van voedingstowwe.

41


Hulpmiddels met skedulering GWK maak van twee soorte skeduleringsisteme in die veld gebruik, naamlik DFM en Aquacheck. Figuur 5 is ‘n voorbeeld van die DFM-stelsel waar drie wortelsones gebruik word, naamlik “Top roots” wat die boonste 0 tot 200mm wortelsone verteenwoordig, “Root zone” wat die 300 tot 400mm wortelsone verteenwoordig en die “Buffer zone” wat die 500 tot 600mm of 500 tot 800mm wortelsone verteenwoordig, afhangend van die lengte van die “probe.” Figuur 6 is ‘n voorbeeld van die Aqua-

check-stelsel wat ook opgestel is om dieselfde drie wortelsones te toon, naamlik “Root Zone 0 tot 200mm”, “Root Zone 200 tot 400mm” en “Root Zone” 500 tot 600mm (“Buffer Zone”). Elke wortelsone het ‘n veldwaterlyn en ‘n hervullyn soos reeds hierbo beskryf. GWK se skeduleringstegnikus installeer die “probes” net ná opkoms en keer dan terug om die profiel te boor om sodoende die veldwaterlyn korrek te plaas. Die hervullyn word op 80% van die veldwaterlyn bereken. Die ideaal is om die watergrafiek tussen

hierdie twee lyne te bestuur. In Figuur 7 word die plant se daaglikse waterverbruik deur verskillende trappies uitgebeeld. Die wateronttrekking word effens vertraag aan die begin weens ‘waterloging’ net ná ‘n besproeiing. Ná hierdie eerste fase is meer suurstof (lug) teenwoordig in die grond en optimale onttrekking kan plaasvind deur die teenwoordigheid van vog, sowel as lug, in die profiel. Op hierdie manier word plantbeskikbare water doeltreffend benut en aan die plant se waterverbruiksbehoeftes voldoen.

produksie geoptimaliseer kan word. Fase 1 (Saailing): die eerste 4 tot 6 weke wanneer baie min water benodig word. Fase 2 (Halmverlenging): waterverbruik begin toeneem. Fase 3 (Aarverskyning en graanvulling): waterverbruik bereik ‘n piek by die plant. Fase 4 (Fisiologies ryp): waterverbruik begin afneem, plant raak oesgereed.

Figuur 5: Voorbeeld van die DFM Probe Utilities-program wat die drie verskillende wortelsones toon.

42

Sentinelbeelde as hulpmiddel vir monitering

Effektiewe waterskedulering op koring

GWK-skedulering maak gebruik van sentinelbeelde om sodoende enige swak groeidele, infiltrasieprobleme, dreineringsprobleme, siektedele en spuitpakketprobleme te identifiseer deur die seisoen. Dit stel ons ook in staat om te monitor of die “probe” wel in ‘n verteenwoordigende deel van die land staan. Indien so ‘n swak kol geïdentifiseer word, kan onmiddellike bestuursaanpassings gedoen word. In figuur 9 kan ‘n spuitpakketprobleem duidelik waargeneem word.

Om optimale produksievlakke te bereik met koring in die Noord-Kaap is dit noodsaaklik om met ‘n vol grondprofiel (veldwaterkapasiteit) te begin voor die aanvang van die seisoen. Dit is belangrik omdat waterbehoeftes op latere groeistadiums só hoog kan raak dat besproeiingstelsels nie by die verdampingsaanvraag kan volhou nie. Vogtekorte tydens kritieke groeistadiums van koring sal opbrengsverliesse tot gevolg kan hê. Droogtestremming tydens die verskillende groeifases moet ten alle tye vermy word sodat opbrengsverliesse beperk kan word en

In die GWK-bedieningsgebied kan die waterbehoefte van koring varieër as gevolg van kultivartipe, grondtipe en hitte-eenhede. Koring gebruik tydens die eerste 4 tot 6 weke (Fase 1) baie min water en kan baie maklik in anaërobiese toestande verkeer as te veel water toegedien word. Hier is monitering van kardinale belang. Tydens halmverlenging (Fase 2) begin waterverbruik toeneem. Dit gaan ook gepaard met omgewingstemperature wat begin toeneem tydens September. Hier is dit noodsaaklik om swaarder besproeiings te begin toedien om só te verseker enige vogtekorte word opgehef. Tydens hierdie fase is dit nodig om die “Buffer zone” te monitor; dit dui ‘n verhoogde waterverbruik van die plant aan en besproeiingsiklusse moet ooreenstemmend aangepas word. Tydens die graanvullingsperiode ( Fase 3) moet geen vogstremming plaasvind nie. Waterverbruik bereik ‘n piek tydens hierdie fase. Met rypwording begin waterverbruik weer daal (Fase 4). Siklusse moet aangepas word sodat die profiel nie


Figuur 7: Tydelike vertraging van daaglikse waterverbruik wat veroorsaak word deur waterloging ná 'n besproeiing.

Figuur 8: Voorbeeld waar die hervullyn oorskry word en plantbeskikbare water verbruik is. Plantwortels kan nie meer water uit die grondprofiel onttrek nie en waterspanningstoestande begin ontwikkel.

Figuur 6: Voorbeeld van die Aquacheck WEB-program wat die verskillende wortelsones toon.

oornat gelaat word vir die stroop proses nie. Hier moet grondtipes (sand en klei) in ag geneem word vir die hoeveelheid water wat nog toegedien moet word.

Langtermyn verbruiksyfer vir seisoenbeplanning Intydse aanbeveling (weekliks) word verkry vanaf ‘n gewasfaktor en automatiese weerstasiedata uit die verkillende areas. Evaluering met “probe”/ neutronvogmeter vind dan weekliks plaas om sodoende surplus/tekorte wat sou ontstaan uit te bestuur.

Opsommend / Praktiese Wenke Dit is belangrik om maksimum wortelontwikkeling te verkry Maak gebruik van korrekte bewerkingspraktyke indien verdigting voorkom Probeer om die profiel op veldwaterkapasiteit te kry voordat geplant word Sorg dat metingsinstrumente (“probes”) op verteenwoordigende plekke geplaas word; gebruik hulpmiddels (sentinelbeelde) Dit is van kardinale belang dat die eerste ses weke nie oorbesproei

word nie Deur goeie suurstofbestuur toe te pas sal optimale voedingsopname verseker word Maak seker jy weet wat die vordering van wortelontwikkeling deur die seisoen is en besproei dan volgens die kapasiteit van die “tenk” (profielgate) Swak waterbestuur kan ook verdigting inisiëer. Beperk verdigting deur jou watertoedienings te bestuur en die gewas se verdampingsaanvraag deur die seisoen te volg. Bronne: Handleiding – Produksie van kleingrane in die somerreengebied. LNR – Kleingraan 2017

Figuur 9: Voorbeeld van afstandwaarneming (sentinelbeeld) met ‘n spuitpakketprobleemwaarneming.

Figuur 10; Die verskillende groeifases uitgebeeld in die DFM stelsel en ‘n voorbeeld van goeie skedulering.

43


GWK Agri SIDI Chris Schmidt en Johan Habig (LNR)

Produsente:

Hoof Uitvoerende Beamptes oor miljarde Grond is ‘n sensitiewe nie-hernubare natuurlike hulpbron wat vorm teen ‘n tempo van ongeveer 6 - 8 cm vrugbare bogrond oor ‘n tydperk van 2 000 jaar. Dit is nie net ‘n samestelling van verskillende teksture en tipes, en kosbare mikro- en makro-elemente wat plante nodig het om te groei nie – dit is met alles rondom ons verbind. Ons kosbare gronde is nog altyd onderhewig aan intensiewe jaarlikse aanplantings (dikwels monokultuur), konvensionele ploegmetodes, verwydering/ verbranding van gewasreste en die oormatige toediening van chemiese kunsmis en plaagdoders. Hierdie landboupraktye het tot gevolg dat ons kosbare bogronde onbedek en weerloos gelaat is teen die aanslae van die natuur: vrugbare bogrond word weggewaai tydens stofstorms en weggespoel tydens reënstorms. As in gedagte gehou word dat 10 ton bogrond, eweredig versprei oor ‘n een hektaar-oppervlak, slegs 2,35 mm dik is, is dit geen wonder dat soveel bohaai gemaak word oor die verlies in bogrond nie. Hierdie verliese in vrugbare bogrond het gevolglik gelei tot grootskaalse verliese in gewasproduksie en dramatiese toenames in onvrugbare grond. Die lewende grond Teenstrydig met die tradisionele siening dat grond slegs ‘n lewelose medium is wat ons landbougewasse regop

44

hou tydens die groeiseisoen, bestaan ‘n gesonde grond uit ontelbare lewendige organismes. Sekere grond-organismes soos erdwurms kan met die blote oog gesien word, terwyl die grootste lewende gedeelte van grond-organismes so klein is dat dit slegs deur ‘n mikroskoop waargeneem kan word. Bakterieë is so klein dat 50 000 bakterieë op die kop van ‘n kopspeld sal pas; in agt teelepels gesonde grond kan daar meer bakterieë voorkom as wat daar mense op die aarde is! Behalwe vir die meer as 5 000 verskillende tipes bakterieë wat in een gram gesonde grond kan voorkom, is daar ook bykans 1 600 meter se swamdrade (-hifes) in ‘n enkele teelepel se gesonde grond. Op grond van hulle groottes, kan grond-organismes in vier hoofkategorieë verdeel word, naamlik: Mikroflora (algemene term: mikroörganismes) bestaan uit die kleinstes van die al die organismes: bakterieë wat kleiner is as 2 µm (2 mikrometer = 0.002 mm) en swamme, wat ongeveer 90% van die totale lewe in die meeste gronde beslaan; Mikrofauna is organismes (0.01 0.1 mm) wat die oorblywende 10% van die grondlewe opmaak en sluit protosoë (mikroskopiese eensellige organismes wat, onder andere, mikroflora eet) en nematode (aal-

Figuur 1A: ‘n Mikroskoop-foto van Bacillus thuringiensis, ‘n voordelige bakterie wat natuurlik in die grond voorkom. Bron: Dr. A. Hassen, LNR-NIPB


wurms) in; Mesofauna (0.1 – 2 mm in grootte) is hoofsaaklik insekte wat nie kan vlieg nie, soos myte en “springtails” (springsterte); Makrofauna (2 – 20 mm en groter) is organismes soos erdwurms, slakke en termiete. Soos die gesegde sê: “Ken jou vyand”, is elke produsent ongelukkig grotendeels net bekend met die nadelige/ siekte-veroorsakende mikroörganismes wat landbougewasse vernietig. In der waarheid bestaan ‘n gesonde grond uit sowel voordelige as nadelige mikroörganismes wat saamleef in ‘n baie fyn balans. Elkeen van hierdie organismes, groot en klein, het ‘n spesifieke plek en rol in die suksesvolle funksionering van die grond-ekosisteem. Ongelukkig word hierdie baie fyn balans, en gevolglik die manier waarop die grond-ekosisteem funksioneer, negatief beïnvloed sodra intensiewe landboupraktyke soos ploeg, monokultuur-aanplantings, die oormatige gebruik van landbou-chemikalieë, en oorbeweiding, toegepas word. Só ‘n versteurde ekosisteem kan gelukkig mettertyd gered word deur die natuurlike balans in die grond te herstel met behulp van die toepassing van ekologies-vriendelike benaderings wat uiteindelik ‘n toename in gewas-opbrengste tot gevolg kan hê en ‘n volhoubare landbousisteem daar kan stel.

‘n Gesonde grond bevat ongeveer 45% minerale, 25% lug, 25% water en 5% organiese materiaal per volume grond. Indien hierdie samestelling van elemente fyn gemonitor en onderhou word, kan dit voldoende voeding aan plante en ander grondlewe bied. Soos vroeër genoem, leef en werk goeie (voordelige) en slegte (siekte-veroorsakende) grond (mikro-) organismes saam in ‘n fyn-gebalanseerde en interafhanklike grond-ekosisteem. In so ‘n fyn gebalanseerde sisteem hou die voordelige mikrobes die siekte-veroorsakende mikrobes net-net onder die gevaarlike/siekte-oordraagbare vlak.

Funksionering van ‘n grondekosisteem Soos in enige gebalanseerde sisteem bestaan daar ‘n “gee-en-ontvang”balans. Die hoofdoel van bakterieë, swamme, giste, aalwurms, honderdpote, duisendpote, miere, ens. is om dooie plant- of dieremateriaal (ook bekend as organiese materiaal) te ontbind/af te breek. In hierdie proses word al die komplekse organiese verbindings vanuit die plantmateriaal losgemaak, afgebreek en omgeskakel in hulle suiwerste en mees basiese vorme (bekend as “elemente”) soos koolstof (C), fosfor (P), swael (S), stikstof (N), en selfs kalium (K). Tydens hierdie ontbindingsproses, word ‘n groot gedeelte van die elemente vrygestel in die grond-ekosisteem sodat dit deur

die plantwortels opgeneem kan word, terwyl die oorblywende gedeelte deur die verskillende grond-organismes opgeneem word as ‘n voedsel- en energiebron vir groei en voortplanting. Elke keer wanneer grond-mikroörganismes deur groter predatoriese grond-organismes (roofdiertjies soos protosoë en aalwurms) opgevreet word, word daar weer ‘n gedeelte van die voedsel afgebreek en omgeskakel in elemente wat dan weer in die grond vrygestel word, terwyl die oorblywende gedeelte dien as voedselbron vir groter predatoriese grond-organismes. Op hulle beurt, word die protosoë en aalwurms weer deur die myte en springsterte opgevreet om voedingstowwe en elemente vry te stel. Erdwurms, in die besonder, speel ‘n baie belangrike rol in gesonde grond deurdat hulle stukkies afgebreekte plantmateriaal met grond meng en dit sodoende na die dieper grondlae aftrek. Op hierdie manier word daar voortdurend ‘n vars voorraad suiwer elemente in die grond vrygestel wat dan deur die plantwortels opgeneem word, terwyl die grondmikrobes ook van voedsel voorsien word sodat hulle ‘n ononderbroke voorraad van elemente aan ‘n grond-ekosisteem kan voorsien. Hierdie onderlinge afhanklikheid van die verskillende groepe organismes van mekaar, verteenwoordig ‘n ingewikkelde voedselweb wat verseker dat noodsaaklike organiese materiaal en voedingstowwe doeltreffend herwin en versprei word om gesonde groei van plante te verseker. Omdat hierdie omgeskakelde elemente oorspronklik vanuit ‘n organiese bron vrygestel is, en gevolglik nie chemies vervaardig is nie, herken die plant dit makliker en word dit effektief en doeltreffend deur die plantwortels opgeneem en deur die plant gebruik.

Die plant se wortelsone

Figuur 1B: Bakterieë wat op ‘n kunsmatige voedingsmedium gekweek word. Bron: Dr. A. Hassen, LNR-NIPB

Grond-organismes verkry nie net voedingstowwe vanaf ontbindende plant- of dieremateriaal nie, maar ook vanaf plantwortelafskeidings. Plante produseer verskillende hoeveelhede en samestellings energieryke en oplosbare aminosure, koolhidrate, karbok-

45


sielsure, ens. in die blare, waarvan ‘n groot gedeelte in die onmiddellike omgewing (1 - 3 mm) van lewendige plantwortels afgeskei word. Hierdie onmiddellike omgewing rondom plantwortels staan bekend as die risosfeer en is die hartklop van die grondplant-sisteem. Faktore soos die plantsoort, groeistadium, en selfs die kultivar, bepaal die hoeveelheid en samestelling van die voedingstowwe wat in die risosfeer afgeskei word. Omdat grondmikroörganismes besonder energie-doeltreffend is, sal verskillende mikroörganismes slegs spesifieke samestellings van wortelafskeidings waarvoor hulle optimaal aangepas is omskakel, inneem of vrystel. Per implikasie sal die samestelling van mikrobiese groepe wat rondom die wortels van verskillende plante voorkom, verander soos die plant deur die verskillende groeistadiums gaan. Op hierdie wyse “manipuleer”/kies die plant watter groepe mikroörganismes dit na die risosfeer wil aantrek om die sirkulering van voedingstowwe optimaal te laat funksioneer soos die plant dit nodig het vir groei, blomvorming, vrugvorming, ensovoorts. Op hierdie manier voorsien die plant die nodige voedingstowwe en huisvesting/skuiling aan die mikroörganismes, en die mikroörganismes voorsien dan weer die plant van ‘n wye reeks voordele in ruil vir die voedingstowwe.

Voordelige/nadelige mikroörganismes Ons is almal pynlik bewus van die skade wat knopwortel-aalwurms, bakteriese roes, en swam-infeksies van plantwortels, stingels en blare aan landbougewasse kan aanrig. Hoewel dit moeilik is om te begryp, moet ‘n mens besef dat nie alle grond-organismes net nadelig vir landbougewasse is nie. ‘n Baie belangrike feit om in gedagte te hou, is dat geen grondmikroörganisme in afsondering oorleef/funksioneer nie, maar dat hulle deel uitmaak van groter mikrobiese gemeenskappe. In ‘n gesonde grond sal daar gevolglik miljarde bakterieë (Figuur 1a, b) teenwoordig wees in ‘n bakteriese gemeenskap; elkeen gespesialiseer om verskillende lewensbelangrike funksies in die grond-ekosisteem te verrig. Daar is ook aalwurms wat ander nadelige aalwurms jag (Figuur 2), daar is swamme wat aalwurms in hulle swamdrade vasvang en verteer, en daar is ook aalwurms wat weer jag maak op bakterieë en swamme. Bakterieë kan weer, danksy hulle ontsaglike getalle, nadelige swamme en aalwurms “uitkompeteer” – en as dít nie werk nie, het hulle ‘n hele paar ander “toertjies” wat hulle kan uitrig. Sekere groepe bakterieë wat hoofsaaklik in die risosfeer voorkom, het die vermoë om siekteveroorsakende organismes te onderdruk deur die

vervaardiging van verskillende tipes antibiotika of ensieme wat die nadelige organismes se selwande kan oplos. Ander bakterieë het weer die vermoë om planthormone te vervaardig sodat plantegroei bevorder kan word. Hierdeur word die plant se metabolisme verander en die plant se worteloppervlak vergroot om opname van water en minerale te verhoog. Sommige voordelige bakterieë besit selfs die vermoë om noodsaaklike minerale soos fosfor, kalsium en kalium oplosbaar te maak, asook om yster vanuit die grond te bind en na die plantwortels te vervoer. Stikstof kan ook op ‘n biologiese wyse vanuit die lug gebind word en aan die wortels van peulgewasse voorsien word met behulp van ‘n bakterium (Rhizobium) wat ‘n unieke verhouding met die plant se wortel sluit deur die vorming van ‘n wortelknoppie (“root nodule”). Hierdie simbiotiese verhouding kan jaarliks ongeveer 100 - 360 kg hernubare stikstof per hektaar verskaf, wat gelykstaande is aan die toediening van 30 - 80 kg chemiese stikstof per hektaar. Behalwe vir die voordelige bakterieë, is daar ook voordelige swamme. Sekerlik die bekendste wedersydse voordelige verhouding wat in ‘n ekosisteem bestaan, is mikorisa (Grieks: mycos = “fungi”, rhiza = “plantwortel”). Hierdie verhouding ontstaan deur die geïntegreerde samewerking van ‘n spesifieke soort swam wat natuurlik in gesonde grond voorkom, met wortels van plante. Deur hierdie samewerking, vergroot die swam die plant se worteloppervlak en verhoog sodoende die opname van water en minerale soos fosfor en stikstof vanuit voedingstofarm gronde, asook die weerstandbiedendheid teen plantsiekte-veroorsakende organisms, en verhoogde verdraagsaamheid teen gifstowwe en ander omgewingsveranderlikes word verskaf. In ruil word die swam voorsien van voedingstowwe direk vanaf die plant en ontsnap dit gevolglik kompetisie met ander swamme vir voedingstowwe. Figuur 2: ‘n Ligmikrograaf van ‘n predatoriese aalwurm wat besig is om op ‘n ander aalwurm te voed. Bron: J.D. Eisenback

46


Figuur 4: Aalwurms word geklassifiseer in verskillende voedingsgroepe op grond van die struktuur van hulle monddele. Hier word die monddele aangetoon van aalwurms wat voed op (a) bakterieë; (b) swamme; (c) plante; (d) ander aalwurms en kleiner grond-organismes; (e) plante asook ander kleiner grond-organismes. Bron: Ed Zaborski, Universiteit van Illinois Figuur 3: ‘n Mikroskoop-foto van ‘n gis wat natuurlik in grond voorkom. Bron: Me. L. Moller, Stellenbosch Universiteit

Ander voordelige swamme oorleef weer onversteurd binne hulle plantgashere en help die plant om ongewenste toestande soos hoë soutgehalte, droogte en lae voedingstofvlakke te oorleef. Ander swamme, soos die Chinese ruspe-swam, parasiteer insekte en word gevolglik gebruik om insekplae te beheer. Sekere swamme dra ook by tot aggregaat-stabiliteit omdat hulle spesifieke proteïene uitskei wat gronddeeltjies aan mekaar laat vaskleef. Giste (Figuur 3) kom ook natuurlik in grond voor en behalwe vir hulle rol in die vrystelling van elemente uit organiese verbindings, dien hulle ook as voedselbron vir verskeie mikroörganismes en dra hulle by tot aggregaatvorming en onderhoud van grondstruktuur. Daar word ook vermoed dat sekere giste belangrike rolle kan speel in die fosfaat-, stikstof-, en swaelsiklusse in die grond-ekosisteem. Laastens, voordelige aalwurms … ja, voordelige aalwurms (Figuur 4a, b, d, e). Behalwe vir die gewas-vernietigende aalwurmsoorte (Figuur 4c), is daar aalwurms wat die nadelige aalwurms se getalle in toom hou en ander aalwurms wat weer swam-getalle beheer. ‘n Ander groep aalwurms hou weer die bakterieë se getalle onder beheer – hierdie aalwurms kan tot 5 000 bakterieë per minuut opvreet! As gevolg van hulle voedingsgewoontes, is dit duidelik dat aalwurms ook ‘n baie belangrike rol speel in die versprei-

ding van voedingstowwe in die grondekosisteem. Sonder aalwurms, sou elemente soos stikstof nooit uit bakterieë en swamme vrygestel kon word sodat dit aan plantwortels beskikbaar gestel kan word nie.

grond en toesien dat ons die biljoene bakterieë, swamme en ander voordelige grond-organismes bevoordeel, want sonder gesonde grond is daar geen produsent, geen landbou, geen lewe nie.

Laaste gedagtes

Johan Habig: LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming, Grondmikrobiologie Laboratorium; Roodeplaat, Pretoria; Tel: 012-8088000/8194; HabigJ@arc.agric.za

Daar is geen onduidelikheid oor die belangrike rol wat die verskillende soorte organismes in die grond-ekosisteem speel nie. Aangesien hierdie organismes almal lewend is, is hulle baie sensitief teenoor omgewingsveranderinge. As gevolg van hierdie sensitiwiteit, kan hierdie mikroörganismes gebruik word as vroegtydige aanwysers van gesonde grond, of dat gronde besig is om agteruit te gaan. Deur die sensitiewe en intrinsieke ekologiese balans in grond te bestudeer (en beter te verstaan), kan nuwe benaderings gevolg word om volhoubare landbou te verbeter en te bevorder om sodoende ‘n toename in gewas-opbrengste te verseker. Sodra ons begin om gesonde gronde te vestig, skenk ons die grond die vermoë om binne die grense van die ekosisteem te funksioneer deur biologiese produktiwiteit te behou, omgewingskwaliteit te onderhou en om die gesondheid van plant, dier en mens te bevorder. Kom ons probeer om beter na ons grond te kyk. Ons is aangestel as bewaarders van die aarde – laat ons dus verantwoordelikheid neem vir ons

Dr. Chris Schmidt (Sidi): Christiana; 053-4413720; 082 885 8134; chriss@sidip.co.za

47


GWK Trading Internasionaal Leana Bezuidenhout GWK voer jaarliks 'n groot aantal neute uit na Asië – grondbone grootliks na Japan en pekanneute na China. Op die oomblik voer Japan jaarliks tussen 4000 en 4500 ton Suid-Afrikaanse grondbone in, waarvan sowat 50% van dié markaandeel aan GWK behoort. Hoewel daar nou aan die

48

Japanse mark ook ander neute as grondbone gelewer word, is dit vanjaar reeds 20 jaar sedert GWK grondbone begin uitvoer het na Japan. Kort ná die deregulering van die bemarkingsrade in 1996 het GWK in 1997 deur ‘n agent, Sunland International, uitvoere na Japan begin. GWK het Japan in

1998 besoek en vandaar skerp op dié mark begin fokus. Vanjaar het Andreas Snyman (Hoof van Bone, Neute en Internasionaal) en Rechtus Steyn (Bemarker van Internasionale produkte), asook Wessel Higgs van Triotrade, Japan besoek. Snyman se eerste besoek aan


Andreas Snyman en mnr. Yoshida

Inkopies in Japan

Japan was in 1999. Sedert 2012 voer GWK direk uit en maak nie gebruik van agente nie. GWK se bemarking in Japan is gebaseer op goeie langtermynverhoudinge en ‘n produk van hoogstaande gehalte. Die Japanese verkies om Suid-Afrikaanse grondbone te gebruik vir “coating” vanweë die ronde pitvorm (dit gebruik minder sjokolade as ovaalvormige neuter), uitstekende geur en die feit dat ons grondbone handuitgesoek is. Japan het in die laat negentigerjare ongeveer 10 000 ton Suid-Afrikaanse grondbone gebruik. Weens droogtetoestande het dié syfer gedaal tot net meer as 4000 ton vir die 2016-kalenderjaar. Juis hierom is die GWK-span hard aan die werk om onsself te bewys ‘n betroubare verskaffer van gehalte-produkte. Die doel van vanjaar se besoek was

'n Hawe vanuit een van die fabrieke afgeneem

om verhoudinge te versterk en besigheid uit te brei. Sewe invoermaatskappye en vier fabriekeienaars is deur die groep besoek. “Ten spyte daarvan dat multinasionale maatskappye se personeel roteer, het GWK lang verhoudinge met sekere besigheidsvennote,” sê Snyman. “Die ontmoeting en middagete met Mnr. Yoshida, die president van Yoshidago, was een van die hoogtepunte. Mnr. Yoshida is al 88 jaar oud, maar is nog gereeld op kantoor. Ek ken Mnr. Yoshida reeds sedert my eerste besoek in 1999 en daarom was dit so ‘n groot eer om vir ‘n spesiale middagete saam met Mnr. Yoshida genooi te word by ‘n restaurant wat oor die koninklike paleistuine uitkyk.”

GWK se grondbone in 'n verpakkingskuur by die hawe van Nagoya

Snyman sê verder dat die besoek aan die Denroku-fabriek ook altyd ‘n hoogtepunt is. Denroku is die grootste gebruiker van grondbone in lekkers (“confectionary”) in Japan met hulle grootste fabriek en hoofkantoor in Yamagatha gesetel. Die besigheid word besit deur die Suzuki-familie en die president van die maatskappy se broer is self verantwoordelik vir die produksie en gehaltebeheer by die fabriek. GWK het vanjaar ook die Kasugaifabriek in Nagoya besoek. Hierdie fabriek gebruik slegs Suid-Afrikaanse grondbone. “Ons span is op ‘n toer deur die fasiliteite geneem waar elke deel van die proses in die fabriek aan ons gewys is,” sê Snyman. “Ons het middagete saam met die fabriekswerkers en die bestuur geëet in die eetsaal van die fabriek. Selfs dié eetsaal is netjies en die kos uitstekend. Almal in die maatskappy eet saam en kry dieselfde kos. Die President van die maatskappy eet saam

Saam met Sabrina, van Faithco International

49


Andreas Snyman en Rechtus Steyn by personeel van Xei Fei

By personeel van Denroku, die lekkergoedfabriek

By Gainful Universal

In die eetsaal van die Kasugai-fabriek

Tydens 'n besoek aan Toyutsu

met die werkers as hy die fabriek besoek.” Volgens Snyman is die fasiliteit pynlik netjies en skoon en voedselveiligheid word op die heel hoogste standaard bestuur. “Die werkers is trots op hulle produk en besigheid en leef hulle passie uit in hulle werk,” sê hy. “Daar is vyf vakmanne wat grondboon-coating met die hand doen in die fabriek. Hulle staan bekend as ‘meesters’. Hierdie kuns en tegniek neem jare om te bemeester en dit was ‘n absolute voorreg om die vakmanskap te aanskou.” GWK se laaste besoeke in Japan was in Osaka, die tweede grootste stad in Japan. Osaka en Tokio is albei baie gewild onder Chinese toeriste wat die stede besoek vir inkopies oor naweke. Snyman sê dat dit die “in-ding” is vir Chinese om inkopies in Japan te doen. “Die laaste deel van die oorsese besoek was in Hong Kong, ‘n multikulturele stad wat ideaal geleë is as brug tussen die Weste en die Ooste,” vertel Snyman. “Hong Kong is in oppervlak seker so groot soos Kimberley, maar met ‘n bevolking van sewemiljoen mense. Daar is elke dag van die

50

jaar duisende toeriste en besigheidsmense wat die stad besoek. Jaarliks besoek 56 miljoen besoekers die stad, waarvan 26 miljoen dagbesoekers is en 30 miljoen een nag of meer in die stad bly.” Die span het oor drie dae besigheidsafsprake met tien pekanneutkopers gehad. Meer as die helfte hiervan is fabriekeienaars en handelaars wat in China bly, maar spesiaal na Hong Kong gereis het vir die afsprake. “Die neutemark groei sterk en GWK werk daaraan om die kopers uit te soek waarmee ons langtermynverhoudinge wil bou,” sê Snyman. “Ook in hierdie mark sal konstante gehalte en verhoudinge deurslaggewend wees in die volgende paar jaar.” Snyman sê dat dit verblydend is om te verneem dat neut- en grondboonverbruik internasionaal sterk groei soos die gesondheidswaarde van neute en grondbone meer bekend raak. Van die kopers rapporteer groei van to 10 % per jaar. Dit is belangrik dat produsente besef dat die produksie van ‘n kwaliteitproduk, en dus ‘n gelukkige kliënt, reeds op die plaas begin.

Aandete saam met die president van Kasugai

'n Besigheidsete saam met kliënte

Saam met verteenwoordigers van Strong Great International


From your farm to the international market with the future in mind.

GWK Pecans GĂźnter Hollenbach Deon Gerber Hein Smith

082 883 9652 082 255 0901 060 997 5471

51


Aartappels se Groentoer belangrik vir kultivarontwikkeling GWK Trading Aartappels Leana Bezuidenhout

Op 25 April het GWK Aartappels hul jaarlikse Groentoer aangebied met die doel om nuwe kultivars bekend te stel, boerderypraktyke in die omgewing te ondersoek en die produksie van verskillende aanplantingstye te evalueer. Hierdie dag word spesifiek gehou vir aartappelkwekers en hul chemiese agente om inligting te bekom oor aartappelproduksie en ongeveer 15 aartappelprodusente uit verskeie areas het die toer bygewoon. GWK Aartappels kweek onder meer aartappelmoere wat eksklusief by GWK beskikbaar is en ondersteun word deur in-diepte navorsing. Hierdie kultivars is bekend vir uitstekende opbrengs en aanpasbaarheid. Die Groentoer het plase besoek waar van diĂŠ kultivars aangeplant word, onder meer die plase Martel van Kolver MĂźlke (by Modderrivier), Vaalboschkop en Zulanie (albei deel van Idstone Farming). Op Vaalboschkop is drie kultivaraanplantings besoek, 52


naamlik Lanorma-, Taisiya- en Ludmillakultivars. Profielgate is ook tydens die besoek gemaak. Volgens Sallie Herbst, Bestuurder van Aartappelbemarking, is dae soos hierdie belangrik en leersaam. “Produsente kry die geleentheid om meer van mekaar se verbouingspraktyke te leer en om kennis en ondervinding te deel. Die betrokkenheid van die chemiese agente dra veral by tot die uitruiling van inligting op dae soos dié,” sê hy. Sprekers op die dag het die produksiebestuurder van Den Hartigh in Holland, Wiebe de Jong, ingesluit, wat deel vorm van die sambreelmaatskappy Solana. Herbst sê verder dat die nuwe kultivars baie belowend lyk en dat die opbrengs vir die jaar goeie resultate toon, veral in terme van die aantal moere wat reeds aan GWK gelewer is en moontlik nog gelewer gaan word. “Die Lanorma-aartappel het ‘n baie mooi voorkoms, maak uitste-

kende aartappelskyfies en proe heerlik,” sê Herbst. “Verder lewer dit uitstekende opbrengste. Vanweë die mooi voorkoms van die aartappel, is dit hoog in aanvraag in verskeie markte, onder meer die varsproduktemark en die vooraf-verpakte mark. Handelsmerke soos McCain gebruik die kultivar om bevrore skyfies te maak, terwyl Frimax en Messaris dit onder meer gebruik vir pakkies droë skyfies. Die kultivar bied ‘n baie groot verskeidenheid bemarkingsgeleenthede vir die produsent.” Die span by GWK Aartappels is deurlopend besig om nuwe kultivarproewe uit te voer in verskillende streke regoor die land. Deurlopende invoer van nuwe kultivars vanuit Holland (Solana en Den Hartigh) vorm deel van die ondersoekende kultuur om altyd die produk te verbeter. Lede van die span en ‘n groep produsente beplan om in September vanjaar Holland te besoek om nuwe variëteite van Solana en Den Hartigh te ondersoek.

53


GWK Farm Foods Veilings Leana Bezuidenhout

GWK en Unyati se veiling ‘n groot sukses

In

‘n deurbraak vir GWK Veilings beskryf kan word, het dié span ‘n groot tree in die wildveilingbedryf gegee – met groot sukses. Hoewel ons Veilings-besigheid ‘n ou, ervare hand is in die aanbied van veilings, was hierdie wildveiling op 20 Mei die grootste wat hulle nóg aangebied het. Reëlings hiervoor word reeds sedert Desember 2016 getref, nadat Unyati Distinguished Wildlife op GWK as vennoot vir hulle veiling besluit het. Willie Meyer (Hoof van Veilings en Eiendomme) en Sarel Cilliers

54

wat as

(Veilingsbestuurder) sê dat baie mense in die bedryf waarskynlik gewonder het waarom Unyati op GWK as veilingsvennoot besluit het terwyl daar baie groter rolspelers in spesifiek die wildbedryf is. Met jare se ervaring in vee- en stoetverhandeling, en kleiner wildveilings, was dit ‘n eer om met Unyati saam te span vir hierdie


geleentheid. “Dit was vir ons belangrik om die béste moontlike diens te lewer,” sê Meyer, “juis om vir wildboere te wys dat hulle met gemoedsrus op GWK kan vertrou om ‘n wildveiling van enige grootte aan te bied. Ons moet natuurlik ook vir Unyati bedank dat hulle ons die geleentheid gebied het om te bewys wat ons kan regkry.” Die wildbedryf groei toenemend, veral in die Noord-Kaap, en GWK Veilings het dié geleentheid gebruik om die grense te toets en te verskuif en só ook hierdie area van lewendehawebemarking te betree. Volgens Meyer en Cilliers was spanwerk en behoorlike beplanning die sleutel tot die sukses van die veiling. Hulle sê verder dat hulle bitter trots is om te kan sê dat die projek nie slegs deur die veilingsspan hanteer is nie, maar dat alle GWK-besighede bygedra het om te verseker dat alles vlot verloop. Besighede wat betrokke was hierby sluit onder meer Interne Oudit, Regsdienste, Bemarking en Kommunikasie, GWK Properties en Landzicht in, asook die spanne van Veilings Noord, Suid en Oos. In ‘n omgewing eie aan die NoordKaap (tussen Kimberley en Warrenton) het die veiling afgeskop met ‘n boodskap van Jaco Troskie, eienaar van Unyati Distinguished Wildlife. Hy het sy opregte waardering uitgespreek teenoor die dag se borge, GWK en almal wat gehelp het om die dag moontlik te maak. Hy het ook verwys na die ongelooflike ondersteuning en gasvryheid van die Warrenton- en Windsorton-gemeenskappe – nóg ‘n eienskap waarvoor Noord-Kapenaars bekend is. Troskie het verder gepraat oor die belangrikheid van gesonde diere en eerlike kopers en verkopers. Hy het beklemtoon dat kopers moet verseker dat hulle gesonde, gesertifiseerde diere moet koop en dat die wildbedryf ‘n familie is wat mekaar moet ondersteun om die bedryf te laat groei.

“As ek ‘n dier vandag hier verkoop en hy is nie reg of gesond nie, sal ek nie jou geld vat nie,” het Troskie aan kopers die belofte gemaak. Unyati se wildboerdery het ontwikkel van ‘n paar buffels tot ‘n plaas met ‘n verskeidenheid van 35 wildspesies. Die maatskappy het oor ‘n lang tyd gegroei en Troskie sê dat die handelsmerk daarvolgens ontwikkel is – tydloos. Brandon Leer was die afslaer op die veiling en het aangesluit by Troskie

deur die gehalte van die geleentheid en die diere te komplimenteer. Leer is waarskynlik die gewildste wildveilingafslaer in Suid-Afrika en het hom uitstekend van sy taak gekwyt deur opgewondenheid onder kopers te skep. Twee liefdadigheidslotte is opgeveil wat altesaam R210 000 beloop het. Die ongeveer 100 lotte wat te koop was het diere van Unyati Distinguished Wildlife (Jaco Troskie), New Wycombe (Neil Rex en Gunther Andreka) en Langberg (Paul Neethling) ingesluit.

Meyer en Cilliers beskryf die gehalte van die diere as die besliste hoogtepunt van die veiling. Ander hoogtepunte sluit in:

‘n Buffelbul verkoop vir R3,8 miljoen (Gus, deur New Wycombe) Twee buffelkoeie verkoop vir onderskeidelik R1,75 miljoen en R1,7 miljoen (Nomcebo en 3-in-1 deur Unyati) Koedoeverse dragtig van die koedoebul, Mr Buffet, wat verkoop is vir R250 000 elk (New Wycombe)

‘n Bastergemsbokbul wat verkoop is vir R1,3 miljoen (deur Langberg)

King Cape Eland-vers waarvan die hoogste prys R550 000 beloop het (deur New Wycombe)

55


Gedurende die veiling is daar ook ‘n stilveiling aangebied met lotte waarop kopers deurlopend kon bie. Die gasvrou vir die dag was die bekende Minki van der Westhuizen, wat gesê het dat die aard van haar werk verseker dat sy baie reis, maar dat die Noord-Kaap ‘n spesiale mooi het wat moeilik beskryf word. Die Noord-Kaapse mense se gesindheid was vir haar ‘n uitsonderlike ervaring. GWK Veilings beplan om hul betrokkenheid by wildveilings verder uit te brei. “Ons glo dat ‘n hoë gehalte diens teen ‘n hoë standaard, soos ons met hierdie veiling bewys het, nuwe geleenthede veral in die Noord-Kaap sal ontsluit,” sê Meyer. “GWK bied ‘n omvattende diens teen ‘n onderhandelbare koers, wat ons kombineer met professionele ondersteuning.”

Bo: Die afslaer, Brandon Leer

56


Jaco Troskie van Unyati Distinguished Wildlife

Minki van der Westhuizen by personeel van GWK Veilings Suid

57


GWK se Hoof van Veilings en Eiendomme, Willie Meyer, het ook ‘n klompie Brahmane wat volgens hom baie mak is. Hulle is duidelik ook gewoond daaraan om selfies te neem…

Lesersfoto's

As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za

Johan Grobbelaar van Douglas (16) is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordigby die Jeug Olimpiese Spele in 2018. Hy is ‘n luggeweer-skut. Sy pa, Frans, is ‘n GWK-aandeelhouer en ons is saam met hulle trots op Johan se prestasie.

58


Rikus du Toit van die plaas Holsdam buite Barkly-Wes het hierdie foto’s van Simbra-Branguskruisings, waarmee hy boer, gestuur. Hy sê Bella (met die hoed op) is nie hans grootgemaak nie, maar was van kleintyd af baie mak.

Ná ‘n bewolkte en reënerige dag in Upington (‘n rare verskynsel!) is Lukas Becker, Kommuniek-leser en kredietkontroleerder van GWK, die veld in met die hoop dat die laatmiddagson die wolke sal kleur vir ‘n foto. “Ek was nie teleurgestel nie,” sê hy. “Hier is soveel mooi in ons omgewing, ‘n mens moet net die tyd gebruik om dit te waardeer!”

59


GWK Farm Foods Leana Bezuidenhout

GWK Fresh nóg ‘n deurbraak vir GWK Die nuutste toevoeging tot GWK Farm Foods se produkreeks, GWK Fresh, maak nuwe markkanale vir GWK oop. Hierdie reeks produkte sal varsgebak insluit waaraan ons verbruikers kan smul – kolwyntjies en koeke maak deel uit van die reeks.

60

GWK het nou ‘n nuwe fabriek wat ook sal toelaat dat ons bestaande produkte se resepte opgegradeer kan word en alle produkte sal onder die reeds bekende GWK Farm Foodshandelsmerk verskyn. Hoewel die span by GWK Farm

Foods verskeie uitdagings in die gesig gestaar het die afgelope tyd, het hulle ook genoeg rede om trots te wees – GWK Fresh is een só ‘n rede. Die span het uitstekende werk gedoen om voor te berei vir die nuwe fabriek se voedselveiligheid-oudit, wat hulle die eerste keer met ‘n 96%-akkreditasie geslaag het. Hierdie prestasie kan toegeskryf word aan toewyding en deursettingsvermoë. Oor ‘n tydperk van drie maande is die fabriek van perseel verskuif, personeel is opgelei, ‘n nuwe fabriek is gebou en nuwe stelsels is geïmplementeer om by die nuwe fabriekuitleg aan te pas. Dié fabriek, geleë in Midrand in Gauteng, is nou ten volle geakkrediteer en lewer produkte aan onder meer Pick n Pay, Checkers en Spar.


Die beste in die land! Landzicht Winemaker's Reserve se Cabernet Sauvignon is op die Old Mutual Trophy Wine Show aangewys as die land se beste Cabernet Sauvignon. Om hierdie gesogte prys, wat tydens 'n "blinde proe" toegeken is, te wen, het ons wynkelder stof in die oĂŤ geskop van bekende Kaapse wynmakers. Ons bars van trots!

Die regte kanale om die wĂŞreld van voedsel te voorsien. GWK Graan

Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736

Graanverkryger: Douglas Jaco Voges 082 883 9433

Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705

Graanverkryger: Hopetown Steven Storey 082 906 1676

Graanverkryger: Oos-Vrystaat Esperansza van der Walt 082 805 9911

Graanverkryger: Oos-Kaap Eben Vermeulen 082 881 1926

Graanverkryger: Luckhoff Japie Nortje 071 680 1046

Graanverkryger: Prieska Robbie Lee 082 882 2609

Graanverkryger: Barkly-Wes / Hartsvallei Ludvic Flemming 079 698 4936

Graanverkryger: Jan Kempdorp / Magogong Nic Nortje 072 613 0917

61


Groei jou voorsprong. GWK Lusern

Fanus Linde | Bestuurder | 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za

62

Donnie Brits Douglas 082 805 2468 donnieb@gwk.co.za

Albertus de Wet Modderrivier/Rietrivier 082 803 0689 albertusdw@gwk.co.za

Douw Steyn Jan-Kempdorp 071 670 5883 douws@gwk.co.za

Daniel Breytenbach Stellenbosch 082 941 4817 danielb@gwk.co.za


Produsentefokus Leana Bezuidenhout

Verander om vooruit te boer

Jaco van Rensburg en sy vrou, Stephanie

“My pa het my geleer dat ‘n veeboer op twee maniere geld maak: Jy moet méér lammers speen en jy moet swáárder lammers speen,” sê Jaco van Rensburg. Van Rensburg is onlangs deur SA Stamboek vereer met die toekenning vir die Elite Kleinvee-stoetkudde van die jaar (2017) op ‘n geleentheid wat in Bloemfontein aangebied is. “Ek kan egter nie al die eer vir myself vat nie,” sê hy. “Ons familieboerdery het ‘n kudde oor baie jare opgebou van hoë gehalte. My pa het dieselfde toekenning 15 jaar terug ontvang – dit sê vir my iets oor die konsekwentheid van ons diere.” Van Rensburg se pa, Louis, het ‘n boerbokstoet gehad wat later uitgebrei is met vleisskaaprasse, en is een van die stigterslede van die bekende Veldramprojek. Van Rensburg is reeds die vierde geslag wat op die familieplaas Wonderpan, naby Prieska, boer. Sy stoetkudde bestaan uit boerbokke, swartkopdorpers, persies en Van

Rooys. Die diversiteit van sy kudde maak voorsiening vir moeiliker tye omdat die diere mekaar aanvul, veral die boerbokke wat ‘n ander weipatroon as die skape het. “In die verlede het ons wel met ons diere geskou,” vertel Van Rensburg, “waar diere beoordeel word op voorkoms. In 1994 het ons die eerste en tweede plek behaal in die ondergewig-ooilamklas vir boerbokke. Op die oog af was daar amper geen verskil tussen die twee ooie wat die eerste en tweede prys behaal het nie, maar later het ons ses lammers van die een gespeen, en veertien van die ander.” Dít was waar Van Rensburg besef het dat prestasietoetsing van kardinale belang is, dat wetenskap deel moet vorm van ‘n boerdery. Dat ‘n dier nie slegs mooi moet lyk nie, maar goed moet kan presteer. “Ek glo in prestasietoetsing, en dat dit vroeër eerder as later gedoen moet word. Die Veldramprojek ondersteun ook hierdie filosofie, waar diere

in dieselfde omstandighede wei as dié waarin hulle later gaan moet reproduseer. Die diere word nie oorvoer nie en die volledige teelwaarde word in die katalogus aangedui. Dit is ook die strategie wat ek op my plaas volg: Diere word geteel in omstandighede soortgelyk aan dié waarin hulle presteer,” sê hy. Van Rensburg sê verder dat dit vir hom baie belangrik is om presies te weet wat sy kliënte in genetika soek. Kopers wat terugkom om vir hom dankie te sê omdat hulle tevrede is met die balans van aanpasbaarheid, groei en vrugbaarheid in sy diere, maak vir hom alles die moeite werd. Twee goed maak hom baie opgewonde. “Vakansies in Namibië en prestasietoetsing. As jy wil hê jou diere moet presteer, is dit nodig om aan te pas en wetenskaplik oor jou kudde te dink. Ek glo in verandering om suksesvol te wees.”

63


Conflict of interest: Risk Management Alicia de Wet

How to manage the risk

What is a conflict of interest? A conflict of interest arises in the workplace when an employee has competing interests or loyalties that either are or potentially can be, at odds with each other. In simplest terms, a conflict of interest exists when a set of circumstances creates a risk that professional judgment or actions regarding a primary interest will be unduly influenced by a secondary interest, which could cause an employee to act out of interests that are different from those of his or her employer or coworkers. The risk of a conflict presents a very real threat to the success and credibility of any organisation, and the potential for conflict of interest is inherent in any organisation. Managing conflict of interest is thus an essential compo-

64

nent of maintaining quality and integrity within the organisation. Employees’ and management’s correct responses to conflict of interest situations, in turn, rely on an awareness of what it means and the potential implications. Managing the risk As business opportunities are starting to thrive, especially across sub-Saharan Africa, organisations need to put measures in place to create the kind of business culture that will inspire business confidence and improve ease of doing business. One of the risks any organisation faces is the opportunity for potential un-

ethical behaviour by employees with third-party interests, generally without disclosure to their employer. Organisations can manage these risks by implementing innovative electronic tools to identify and mitigate such risks. If an employee has a financial interest in an entity with whom the organisation is transacting, then it may follow that the employee may be looking after his own interests rather than those of the organisation. Undeclared financial conflicts of interest pose several risks to employers. Should an employee be deriving income from other sources, they spend significant amounts of time focused on 'non-employer' related services. Apart from the financial risk associated with


conflicts of interest, there is also a significant reputational risk to the employer predominantly due to the fact that undetected conflicts of interest typically indicate poor internal controls. Undeclared conflicts can also lead to further compliance issues, such as potential breaches of labour law. An organisation’s policy should ensure that all employees declare their external business interests and other relevant information that may reflect a potential conflict of interest. Organisations need practical solutions to take ownership of these challenges and tackle the potential for fraud and corruption. They need a smart and simple electronic financial disclosure system that can flag potential conflicts of interest. Verification of information acts as a deterrent to individuals considering potentially unethical business relationships. Disclosure of financial interests is an important part of the governance process, but it can be time consuming and difficult when a paper-based system is used and errors can creep in. Paper-based systems used to record employees' declarations, makes it difficult to compare the disclosures made to other databases such as the organisation's supplier database, client database and for testing against the database of directors and members of companies and close corporations maintained by the Companies and Intellectual Property Commission (CIPC). Other risks of paper-based systems are that employees can claim that a disclosure was made, but that the document was misplaced, and that data is hard to verify manually.

MyDisclosure – online disclosure of financial interests and gifts received system GWK promotes and creates a culture where all employees are committed to act in the organisation’s best interest. As part of GWK’s drive to always be ethical as well as to manage the risk of potential conflict of interest situations, GWK implemented the MyDisclosure system that, together with PWC was customized for GWK. MyDisclosure is an online system that allows employees to electronically declare their financial interests as well as gifts received. MyDisclosure allows for electronically submitted interests disclosed to be independently verified and checked. The benefit of using MyDisclosure is that employees can capture everything with one easy-to-use web-based tool and it also provides a platform for employees to manage their interests. MyDisclosure further allows GWK to monitor and manage the disclosure of potential conflicts of interest of employees, suppliers, business partners and other stakeholders. GWK will be able to expedite the disclosure process as well as enhance the detection rates in respect of potential conflicts of interest. Improved transparency and better management of this risk serves as an element to improved fraud risk management, stakeholder confidence and sound governance.

65


Ons Spesialiste Leana Bezuidenhout

Kliënte en hul diere kom eerste

áltyd

Jackie Ackerman het op 1 Maart vanjaar vir die tweede keer aangesluit by die GWK-span as Algemene Bestuurder van ons dieregesondheidsbesigheid, MVW. Sy was voorheen al werksaam by dié besigheid, so sy is bekend met die bedryf en sy behoeftes. Haar grootste prioriteit in die nuwe pos is om deur middel van strategiese beplanning te verseker dat die besigheid ‘n omsetverhoging toon en winsgewend presteer. Hierdie ma van drie (waarvan die oudste in matriek is) is ‘n raakvatter en multitasker van formaat. Ackerman woon op die oomblik in Boksburg, maar noem die Oosrand al haar tuiste sedert die 1970’s. Sy het in 1995 haar aptekerskwalifikasie verwerf aan die Noordwes Universiteit (destyds die Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys) waarna sy ongeveer 15 jaar in die kleinhandelaptekerswese spandeer het waar sy ook haar eie apteek bestuur het.” “Hierna het ek as koördineerder en hoof-fasiliteerder betrokke geraak by die opleiding van aptekersassistente, onder die vaandel van MEDUNSA (nou bekend as SMU),” vertel Ackerman. Sy het sowat tien jaar gelede die farmaseutiese bedryf betree waar sy gespesialiseer het in verspreiding en groothandel. “Voor die pos waarin ek nou is, was ek die Verantwoordelike Apteker by ‘n nasionale verspreider van farmaseu-

tiese produkte en dit is juis die ervaring wat ek hiér opgedoen het wat tot groot voordeel is in my pos as MVW se Algemene Bestuurder,” sê sy. “Ek is absoluut passievol daaroor om ‘n besigheid te bestuur, te groei en te ontwikkel, en ek sien uit na ‘n baie opwindende tyd by MVW en GWK.” Ackerman is veral opgewonde oor die toekomsmoontlikhede wat bewerkstellig word deur die vennootskap tussen MVW en GWK. “Die span leiers by GWK het ‘n ‘kan-doen’-gesindheid en dit motiveer my om te sien hoe die onderskeie divisies mekaar ondersteun.” Sy sê verder dat benewens die feit dat MVW altyd streef na uitstekende diens teen die beste moontlike pryse, dié besigheid ook ‘n sterk omgeekultuur het, waar kliënte en hul diere met menslikheid behandel word. Hierdie diere sluit troeteldiere, perde, wild, herkouers en pluimvee in. Onder die omvattende dienste wat MVW bied, is veeartsenyprodukte (insluitend “Act 101”- en “Act 36”produkte), parasietbeheer, inentings, diagnostiese toerusting, verdowing en bykomstighede, soos speelgoed, vir alle diere. MVW is ook die eksklusiewe verspreider van K-Lazer, die Sanimed-reeks kat- en hondekos en die Kruuse-produkreeks in Suid-Afrika. “Ons kliënte kan gewaarborg wees

"Ons visie is om ‘n nasionale leier te wees in die groothandel van diere-gesondheidsprodukte." 66

daarvan dat ons ‘n wye reeks toepaslike produkte teen mededingende pryse sal verskaf in ‘n wye geografiese area,” sê Ackerman. “Op die oomblik is ons besig om ons produkreekse te verbeter om selfs meer waarde vir ons kliënte te bied, terwyl ons ook te alle tye beskikbaar is vir naverkopediens. Ons visie is om ‘n nasionale leier te wees in die groothandel van dieregesondheidsprodukte en –dienste deur ons kliënte, hul besighede en hul diere altyd eerste te stel.”


Te koop per tender

Barkly-Wes / Koopmansfontein

Gedeelte 1 van die plaas Donderboschfontein Nr. 147 te koop per tender.

Behoorlik daartoe gelas deur die P.G. Jansen Trust bied ons die ondergenoemde per tender aan: Plaas: Donderboschfontein groot 1175 ha aan die hange van die Ghaapseberg. Besondere sterk ondergrondse water. Boorgat loop bo-op grond uit. Verdeel in 9 kampe. Een van ‘n paar plase met ‘n drakrag van 10 ha per GVE. Hierdie is ‘n ideale uitbreidings geleentheid. Kan baie maklik omskep word in ‘n wildsplaas. Drie kante reeds wildwerende heinings. Baie Rosyntjiebos, Withaak, Olienvaalbos, Olienhout, Wag’nbietjie, Kareebome en Swarthaak. Groot verskeidenheid klimaks grassoorte kom ook voor. Geen deur of verby paaie nie. Ligging: Vanaf Barkly-Wes 41 km op Koopmansfontein pad draai regs by Kneukel vir 10 km. Vanaf Koopmansfontein 24 km op Barkly-Wes pad draai links vir 10 km. Slegs 100 km vanaf Kimberley tot op plaas. Tenders: Sluit 14 Julie 2017

Louis 082 772 2594 louisren@lantic.net

053 832 0734 gwkproperties.co.za

R 7 648 000 - PETRUSBURG

R 6 696 000 - LIME ACRES

1 674 ha Weidingsplaas. 13 kampe. Water word voorsien deur boorgate - toegerus met 2 windpompe en 1 sonpomp, 6 damme. Reënval is plus minus 400mm per jaar. Heinings in goeie toestand. Baie goeie gemengde weiding. Drakrag 13 ha/GVE.

R 7 952 000 - LIME ACRES

1988 ha weidingsplaas. Goeie verskeidenheid gras en bos soorte. Water word voorsien deur Vaal-Gamagara pyplyn, vlei toegerus met dompelpomp en windpomp. Reënval is plus minus 400 mm per jaar. 13 Kampe almal met suipings. 6 Damme. Drakrag 13 ha/GVE. Heinings in baie goeie toestand. Beeshanteringsfasiliteite. 3 slaapkamer huis (kort aandag) en 2 werkers huise.

R 12 197 000 - VRYBURG

Uitstekende 1355 ha weidingsplaas geleë plus minus 45 km vanaf Vryburg. Plaas is verdeel in 11 kampe almal met suipings. Water word voorsien deur 4 boorgate en 7 damme. Infrastruktuur sluit in 5 werkershuise, 1 kuilvoerstoor, gewone stoor, laaibank plus hanterings-krale. Baie goeie weiding vir bees of wild. Veldtipe: soetdoring en kameeldoringbome, vaal en rosyntjiebos, groot verskeidenheid grasse onder andere rooigras, borseltjie en smutsvinger. 3 Kampe aangeplante bloubuffelgras. Drakrag is 8 ha/GVE.

JOHAN - 083 411 7605

053 832 0734 gwkproperties.co.za

Koos 082 571 3918

Intern Estate Agent

JOHAN - 083 411 7605

R 13 900 000 - HOPETOWN

JOHAN - 083 411 7605

3847 ha Weidingsplaas geskik vir bees. 1000 ha Bossieveld(gannabos) en die res ‘n verskeidenheid sand/sagte veld. Drakrag is 16 ha/GVE. 22 Kampe elk met water. 11 Damme, 6 boorgate toegerus met ‘n son pomp en windpompe.

JOHAN - 083 411 7605

R 11 950 000 - GRIEKWASTAD

1793 ha Veeboerdery, 20 ha waterregte, 15 ha gevestigde lusern. Goed gevestigde skaap kudde(100 jong ooie en 3 ramme), implemente en ’n paar stuks wild. 4 Boorgate. 8 Kampe, 3-fase elektrisiteit, 2 huise en 6 werkers huise. Reënval per jaar – 400 mm. Drakrag - 1/16 GVE JOHAN - 083 411 7605

JOHAN - 083 411 7605

R 630 000 - DOUGLAS 2219 ha Weidingsplaas geskik vir groot en klein vee, 8 boorgate,9 kampe almal met water, 4 damme.

1227 ha Weidingsplaas. 8 Kampe met suipings. 10 Boorgate, 24 ha waterreg met 3 toring spilpunt, 3 damme. Infrastruktuur sluit in 3 slaapkamer huis, 1 stoorkamer, klipkraal, 3 werkershuise. Drakrag 12 ha/GVE – 3 ha/GVE. Eskom krag.

JOHAN - 083 411 7605

Johan 083 411 7605

Intern Estate Agent

Jacques 083 983 5200

Intern Estate Agent

P.O.A. - BURGERSDORP 6002 ha GASTE- WILD- en VEEPLAAS met 1 Lodge, 5 Chalets, 2 woonhuise, 1 ouer woonhuis, 4 gronddamme, uitstekende jagfasiliteite en verskeie wildspesies. KOOS - 082 571 3918

Louis 082 498 2989

Intern Estate Agent

67


Lifestyle Leana Bezuidenhout

(Source: Dr. Joseph Goldberg, WebMD)

Everyone feels anxious now and then. It’s a normal emotion. Many people feel nervous when faced with a problem at work, before taking a test, or making an important decision. Anxiety disorders are different, though. They can cause such distress that it interferes with your ability to lead a normal life. We read up on some of the causes, symptoms and treatment of anxiety since today’s rushed lifestyle causes more people to be diagnosed with anxiety disorders. This type of disorder is a serious mental illness. For people who have one, worry and fear are constant and overwhelming, and can be disabling. But with treatment, many people can manage those feelings and get back to a fulfilling life. What are the types of anxiety disorders? There are several kinds, including: Panic disorder. People with this condition have feelings of terror that strike suddenly and repeatedly with no warning. Other symptoms of a panic attack include sweating, chest pain, palpitations (unusually strong or irregular heartbeats), and a feeling of choking. It can feel like you’re having a heart attack or "going crazy." Social anxiety disorder. Also called social phobia, this involves overwhelming worry and self-consciousness about everyday social situations. The worry often centers on a fearof being judged by others, or behaving in a way that might cause embarrassment or lead to ridicule.

68

Specific phobias. These are intense fears of a specific object or situation, such as heights or flying. The level of fear is usually inappropriate to the situation and may cause you to avoid common, everyday situations. Generalized anxiety disorder. This is excessive, unrealistic worry and tension, even if there's little or nothing to provoke the anxiety. What are the symptoms of anxiety disorders? It depends on the type of anxiety disorder, but


general symptoms include: Feelings of panic, fear, and uneasiness Problems sleeping Cold or sweaty hands or feet Shortness of breath Heart palpitations Not being able to be still and calm Dry mouth Numbness or tingling in the hands or feet Nausea Muscle tension Dizziness What are the causes of anxiety disorders? The exact cause of anxiety disorders is unknown, but anxiety disorders -like other forms of mental illness -- are not the result of personal weakness, a character flaw, or poor upbringing. As scientists continue their research on mental illness, it is becoming clear that many of these disorders are caused by a combination of factors, including changes in the brain and environmental stress. Like other brain illnesses, anxiety disorders may be caused by problems in the functioning of brain circuits that regulate fear and other emotions. Studies have shown that severe or long-lasting stress can change the way nerve cells within these circuits transmit information from one region of the brain to another. Other studies have shown that people with certain anxiety disorders have changes in certain brain structures that control memories linked with strong emotions. In addition, studies have shown that anxiety disorders can run in families, which means that they can at least partly be inherited from one or both parents, similar to the genetic risk for heart disease or cancer. Moreover, certain environmental factors, such as a trauma or significant event, may trigger an anxiety disorder in people who have an inherited susceptibility to developing the disorder.

present, the doctor will begin an evaluation by asking you questions about your medical history and performing a physical exam. Although there are no lab tests to specifically diagnose anxiety disorders, the doctor may use various tests to look for other medical illness as the cause of the symptoms. If no other medical illness is found, you may be referred to a psychiatrist, psychologist, or another mental health professional who is specially trained to diagnose and treat mental illnesses. Psychiatrists and psychologists use specially designed interview and assessment tools to evaluate a person for an anxiety disorder. The doctor bases his or her diagnosis on the patient's report of the intensity and duration of symptoms -- including any problems with daily functioning caused by the symptoms -- and the doctor's observation of the patient's attitude and behaviour. The doctor then determines if the patient's symptoms and degree of dysfunction indicate a specific anxiety disorder.

therapy in which the person learns to recognize and change thought patterns and behaviours that lead to troublesome feelings. Dietary and lifestyle changes Relaxation therapy

How are anxiety disorders treated? Fortunately, much progress has been made in the last two decades in the treatment of people with mental illnesses, including anxiety disorders. Although the exact treatment approach depends on the type of disorder, one or a combination of the following therapies may be used for most anxiety disorders:

RAAI oplossing: April / Mei

Kommuniek

Medication: Drugs used to reduce the symptoms of anxiety disorders include many antidepressants, certain anticonvulsant medicines and low-dose antipsychotics, and other anxiety-reducing drugs. Psychotherapy: Psychotherapy (a type of counseling) addresses the emotional response to mental illness. It is a process in which trained mental health professionals help people by talking through strategies for understanding and dealing with their disorder.

How are anxiety disorders diagnosed? If symptoms of an anxiety disorder are

Cognitive-behavioural therapy: This is a particular type of psycho-

69


Maak net een keer skyfies met Lanorma. Jy kan later vir ons dankie sĂŞ.

GWK Aartappels GWK se eksklusiewe aatappelkultivar, Lanorma, is bekend vir sy gladde, roomwit voorkoms en heerlike smaak. Die perfekte aartappel vir skyfies, om te bak of romerige kapokaartappels.

Sallie Herbst Bestuurder: Aartappelbemarking 082 805 5515 sallieh@gwk.co.za 70


Recipe

Butternut soup Ingredients: 1 large butternut, cut into chunks, seeds removed but leave skin on 2 tbs olive oil salt and pepper to taste 2 cloves garlic, crushed 1 large onion 1l chicken or vegetable stock ½ tsp cinnamon ½ cup greek style yoghurt or cream (optional) coriander to garnish

Method: Preheat the oven to 200°C. Place the butternut onto a roasting tray, drizzle with some olive oil and season with salt and pepper. Roast for 1 and a 1/2 hours. In a large pot, saute the garlic and onion until soft and aromatic. Add the roasted butternut as well as the stock and cinnamon, cover and simmer for 15 minutes. Use a stick blender and pulse until velvety smooth. Stir in the yoghurt or cream and season to taste. Garnish with fresh coriander. Serve with crusty bread. Source: food24.com

Tomato soup Ingredients: 2 onions, peeled and chopped 1 carrot, peeled and diced finely 1 clove garlic, peeled and crushed 1 stick celery, finely chopped 2 tbsp olive oil 450 g fresh ripe tomatoes, halved 1 litre vegetable stock 1 tsp sugar salt and freshly ground black pepper handful fresh basil, shredded (optional)

Winterwarmers!

Method: Heat the oil in a large saucepan and add the onions, carrot and celery and garlic. Cover and cook gently for 10 minutes until soft. Add the sugar, salt, pepper and tomatoes. Stir and cook for another 5 minutes. Add the stock, bring to the boil and simmer for 10 minutes. Liquidise until smooth. If using the basil, stir in at the end. Source: BBC Food

71


RAAI

Kommuniek Boerderybedryf

Boer

Taamlik smal

Bismut

16de van 'n pond

Ouderwets

Eiers voortbring

Voorkeure

Proefskrif

Hoender- InstrukRoman boer se sies of fabel produkte vir dis

Toejuiging

Bebou Wolbale hiervan gemaak

Sterk ontkenning

Windvlaag

Sitplekke op ploeë

Aetatis

Flanke van diere

__ op ’n stokkie Pietjiekanaries

Bendelid

Keltiese nasate

Seun Groot Dooie musiekse werktuie oorskot

Vorstelike bevele

IX-VII

Geslag

Konkaaf Ter see

Outentieke

Woonplek van voëls

Hy plant saad

Filosowe

Heel spoedig

Alleenmoeder

Skorriemorrie

Goed groei

Die hele aantal

Arm of been

Boer se pampoen- Binneproduk

Goed afgerig

Vroeër

Geldstuk

Souterige gras vir skape

Fotofobies

Indigoplant

Sterk drank Aldus

Harde uitroep

Huisgode

Naar word

PuisYster- Delfstof agtige met siekte pen van ossewa metaal aan spene

Peru se inwoners

Ook crêpe

Oeroud-

Wegwysers

Die Ram

Reusebeeld

Kus

God van liefde

Volksgees

Gedaan __ hiertoe, nie verder

Inent Dokter vir siek vee

Penne vir blindeskrif

Iets wat Letter- Eksperilank en kundige ment dun is skrywer Die grond krummel maklik

Vat hom!

Eur. Gemeenskapsmark

Wasmiddels

Koidans

Deel van trekos teen juk

Voedsel Dag waar- Maaltyd op plat- op klaar Johanteland gemaai is nesburg

Eggenoot

Woonskepe

Kopie

Koffers

Herhaal Bagasiedraer

Pligte

Mas se dwarsspar Nou UKZN Slangbyt

Ooi se baba Bejaarde

Ontvang om saam te vat

Klein Swierige draaie

Oplossing vir KommuniekRAAI (April / Mei) op bladsy 69.

72

Aankoms

Almal

Samevatting


Kinderpret

Hoeveel blomme is in die tuin?

73


Uit Piet se pen

Osoonsmous in ‘n minirokkie

Ek is besig om die pad te skraap toe die bakkie langs my stilhou. Noordwesregistrasie. Isuzu. Die insittendes wil weet of my vrou tuis is. Ek knik bevestigend. My oog vang die klomp kartonne agterop. Smouse? Hulle ontmoet Sonja en Elvis langs die pad. Ná ‘n halfuur sluit ek ook by die geselskap aan. Word voorgestel aan ene Johan en Sylvia. Benoni-mense. Ons hoor alles van Benoni. Sylvia en Charlize (Theron) was iewers saam in die klas. Sal bietjie hoor by Gideon, op Douglas, of hy haar ken. Benoni het ‘n x-faktor. Vroue? Johan is netjies uitgevat in ‘n swart pak en ‘n das. Sy skerppunt-kriekskoppers se punte buig punt in die wind. Sy baadjie hang reeds oor die stoel. ‘n Breë goue ketting dreig om voor by sy hemp uit te peul. Hy sit penorent en draai sy duime vorentoe en agtertoe, met sy vingers inmekaar verstrengel. Sylvia is ‘n perd van ‘n ander kleur. “Merrie” is ‘n beter beskrywing. Soos skoonpa altyd sê, “sy hét dit.” Perfek gegrimeer. Rokkie nommerpas. ‘n Mini. Bo en onder ewe kort. Nee, hier moet jy jou kyk ken om nie uitgevang te word nie. Tatoeërmerkies oral sigbaar. Die een wat my die meeste beïndruk is ‘n blom wat net bokant die halslyn uitsteek. Uitgroei? Kom ons los dit daar. Sylvia praat aanmekaar. “Non stop.” Haar ma is glo ‘n patoloog. Pa ‘n oliemagnaat. Besighede in Londen, New York en Amsterdam. Noem maar op. Haar ouma bly in NYCity. Down town? Nee, sy weet nie. Bronx? Ek is besig om haar deurmekaar te vra. Myself ook. Na ongeveer ‘n uur weet ons nog nie hoekom hulle hier is nie. Sylvia kom nie tot ‘n punt nie. Eindelik bring sy ‘n dik boek te voorskyn. 74

Het ons al gehoor van osoongas? Sy stop ‘n lys van osoonvoordele in my hand. Ek lees die lys noukeurig en besef hierdie produk gaan dokters op straat laat beland. Daar is bykans nie ‘n siekte wat dit nie genees of kan voorkom nie. Weg met bloeddruk, cholesterol, suiker, hardlywigheid, koors en wie weet wat nog. Die “uber” van medisyne is in my voorhuis. Op ‘n plaas in die Karoo. Voorwaar ‘n resep vir ‘n ewigdurende lewe. Hoe is ons dan so gelukkig vanaand? Jy sien meneer, kom die antwoord. Ons produk is reeds uitverkoop in Johannesburg en Pretoria. Sy wys my ‘n faktuurboek met ‘n nommer 102345 klaar ingevul. Is dit nou nie genoeg bewys van die geloof in ons produkte nie? Die platteland roep ons al lank, maar ons bly te besig daarbo. Nou hoekom het julle dan al die plekke verbygery om juis by Prieska en Douglas te begin, wil ek weet? Ai, meneer julle mense is so uitsonderlik. Sout van die aarde. Jy weet mos. Nou hoe kry ek die osoongas in die hande, wil ek weet? Ai, ek is so bly jy vra die vraag, meneer. Sy haal ‘n apparaat uit ‘n drasak. Lyk kompleet soos ’n skilpad. Die skilpad tot ‘n dokterlose voortbestaan het pas sy verskyning gemaak. Baie maklik. Jy maak jou eie osoongas. Kyk net al die ekstra toebehore, koer sy voort. Jy kan dit in slaapkamer aanskakel vir twee ure of jy kan dit selfs in jou bad gebruik deur op ‘n mat te lê terwyl die osoon vrygestel word. Jy prop die apparaat net by jou muur in. Sylvia praat so dat ek die “skilpad” al meer en meer wantrou. Ek vra die prys.

Hoe meer ek vra, hoe minder hoor ek. Ek vermoed ‘n stywe bedraggie. Kom ons gaan toets die apparaat in die badkamer, beveel sexy aan. Ons redekawel oor die eenmaligheid van so ‘n toets, maar besluit tog om na haar demonstrasie te kyk. Dit is reeds elfuur en ek is lankal nie meer lus vir slimstories nie. Eindelik word die masjien aangeskakel. Dit raas soos ‘n stofsuier. Ruik julle die reën? wil Sylvia weet. Reën ruik nie so, lig ek haar in. Sy kap terug dat dit so min hier reën dat ek nie eens meer sal weet hoe dit ruik nie. Ek gee toe op met die reën, maar nie met die reuk nie. Die masjien gee ‘n snaakse reuk af wat allesbehalwe na reën ruik. Ons hou ons hande op die mat waar die “osoon” uitborrel. Ná ‘n rukkie beveel Sylvia ons om ons hande uit te haal. Wat voel julle? wil sy weet. Wat móét ons voel? wil ek weet. Voel iets nie anders nie? Vir my voel alles dieselfde. Voel meneer se hande nie meer los nie? Meer beweeglik nie? Meneer sê liewer niks. Die laaste spyker in haar doodskis is toe sy my meedeel dokter Schoeman, op Prieska, het drie gekoop. Nee, só dom is Charles nie. Dit weet ek. Beslis die laaste ding wat hy sal doen. Sy wend ‘n laaste poging aan deur die masjien vir ‘n week te probeer leen. Toe sy aanbied om dit weer later te kom oplaai, besluit ek om liewer die gebaar van die hand te wys. Vir ‘n hernude verkooppoging sien ons nie kans nie. Die osoongas moet vanaand maar eers by ons verbygaan.


plant met n

plan Pioneer se Groeipunt® Agronomie-proewe omskep data in sleutelinsigte wat jou help om jou produksie beter te beplan en opbrengste te verhoog.

DOELGEMAAK ONTLEDING

GROND

WEER

AGRONOMIE

DIE SAAD VAN SUKSES PIO-GWK-01

Tel: +27 12 683 5700 | www.rsa.pioneer.com

© 2016 PHII. Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.

75


V A

Hou my boedelbeplanning tred met my groeiende boerdery? GWK bied ’n omvattende reeks regsdienste vir al jou persoonlike en besigheidsbehoeftes, en kan help met: • • • •

Sa m es te l l i n g va n tes ta m ente E k se k uteu r s f u n k s i es B oed e l b ep l a n n i n g Re g sa dv i es

Alles onder een dak.

Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185

gwk.co.za 76

Kommuniek Junie/Julie 2017  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you