Kommuniek Junie/Julie 2018

Page 6

Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)

Redakteursbrief

Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorbladfoto: Katoenpluktyd in die Noord-Kaap (foto: Conrad Bornman)

Oupas en oumas, so lief en dierbaar as wat hulle is, kan liederlike goed wees – ek sien dit in my eie gesin. Te

danke aan my susters, is ek al die trotse tannie van vyf pragkinders, en my ouers dus nog méér trotse oupa en ouma. Maar waar is die kwaai ouers heen wat ek leer ken het toe ek grootgeword het? Want hierdie twee, wat ék as Pa en Ma ken, is ewe skielik ander mense. Die kleinkinders kom met moord weg. Behalwe daarvoor, kry susters ook gereeld ongevraagde raad oor hoe om die kinders groot te maak, tot hul groot misnoeë. Ek weet van iemand wat, nadat sy ouers die soveelste keer ingemeng het by sý ouerskapwyse, vir hulle gesê het “ek is nie ‘n president van ‘n land nie – julle het nie ‘n president grootgemaak nie. Los my sodat ek kyk of ek ‘n president op mý manier kan grootmaak.” Kinders grootmaak is nie speletjies nie. As iemand wat nog nie pienkvoete van my eie het nie, is ek versigtig om my daaroor uit te spreek. Ek het wel een filosofie: Ek gee nie om of my kind die president van ‘n land word nie. Ek gee nie eens om of my kind eendag uitblink in sport of akademie nie. As ek eendag die voorreg het om ‘n ouer te wees, wil ek graag ‘n decent human being grootmaak. Decent human beings (kom ons noem hulle DHB’s) is ‘n aanwins vir

Leana Bezuidenhout Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

Spanleier: Inhoudsontwikkeling

hulle gemeenskap. Nie noodwendig omdat hulle die meeste geld of die grootste plase het nie, maar omdat hulle empatie met hulle medemens het, ondersteuning bied waar dit nodig is, beskikbaar is vir ‘n geselsie en omgee vir ander. DHB’s hoef nie die meeste boekkennis te hê om almal se gunsteling-gas by ‘n braai te wees nie – dit is vir ander ‘n voorreg net om in hulle sprankelende, positiewe teenwoordigheid te wees. Dít is die mense waarvan ons omgewing baie het, en waarvan die wêreld nog meer nodig het. En as ek eendag my bydrae tot die wêreldbevolking kan leer “bo alles, wees góéd”, sal ek tevrede wees. Die rede hoekom die Noord-Kaap so sag by my lê en hoekom ek waarskynlik nooit uit Suid-Afrika sal wegtrek nie, is oor die magdom DHB’s waardeur ek omring word – veral by GWK. Ek glo vas dat inherente goedheid per capita hoër is onder Suid-Afrikaners as enige ander plek, en dan selfs nog meer onder die boeregemeenskap. Ek glo ook dat my kollegas my siening deel en daarom werk om ons kliënte en produsente te dien. Hier is ‘n hele tydskrif vol bewyse daarvan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.