Kommuniek Junie/Julie 2018

Page 1

`n Handelsmerk van

As boerdery jou roeping is Kostegids: 'n Moet vir elke boer Nuwe JD-baler spaar tyd en geld Toyota Forklift nou deel van GWK Meganisasie

Junie / Julie 2018


Eersteklas-geelbasters vir vooruitstrewende boerderye DIE PANNAR GEELBASTERVOORDEEL: Diverse groeiklasse en ’n uitstekende prestasierekord ■ Ultravinnig onder besproeiing en in die oostelike produksiestreke. ■ Medium-vinnig en medium in die oostelike en westelike produksiestreke. ■ Bied ’n goeie risikoverspreidingstrategie wat gunstig is vir suksesvolle, volhoubare boerdery.

Ons Geelmieliebasters

Groeiseisoenklas Ultravinnig

BG 3292 BG 3492B BG 3592R BG 3792BR

PAN 6126 PAN 3D-736BR PAN 3R-524R* PAN 3R-724BR* PAN 3R-586R PAN 3R-786BR

Vinnig

PAN 3R-500R* PAN 3R-700BR* PAN 3P-502R PAN 3Q-740BR

Medium-vinnig

Medium

PAN 6B-410B PAN 6R-680R PAN 6R-710BR

PAN 5A-154 PAN 4A-156 PAN 5A-182 PAN 4A-172 PAN 4R-672R PAN 5A-190 PAN 4B-376B PAN 4R-776BR

Die BG 3792BR platform lewer uitstekende opbrengsprestasie in die LNR-proewe onder besproeiing. PAN 5A-182 doen besonder goed in die LNR-proewe vir die oostelike en westelike produksiestreke. *Onderhewig aan registrasie. ® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2018 PANNAR BPK

Saam boer ons vir die toekoms™

2018/YMAIZE/LB/02/REV

infoserve@pannar.co.za www.pannar.com TM


14 19 24 60 As boerdery jou roeping is

Produsente in aksie by gholfdae

Nuwe JD-baler spaar tyd en geld

Wat is veilig vir jou viervoetvriend?

8 10 12 22 26 27

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

Kostegids: 'n Moet vir elke boer

Toyota Forklift nou deel van GWK Meganisasie

Bemestingsbeginsels om koringopbrengs te verbeter

32 36 38 42 48 51 Likiditeit en versekering

Nuwe hoof vir GWK Graan

Katoentoer in AustraliĂŤ

Koring en die koringtarief

Landzicht kry 'n nuwe webtuiste

Die verlore eienskap in beesteling

55 58 63 64 66

Die hand agter GWK se handelstakke

Droogte en mense se begrip daarvan

Resep: Kos wat van binne af warm maak

KommuniekRAAI

Uit Piet se pen: "Welcome to my office"

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Hennie Coetzee HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken

Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel

Besturende Direkteur: GWK Agri Pieter Bekker

Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen

Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes

Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan

Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk


Opti-reeks

Verbeterde benutting van toegediende plantvoedingstowwe Nano-tegnologie

Gebruik nanotegnologie om verbeterde opname te bewerkstellig 5,99% 10,50%

Opbrengs

Verbeterde opname lei tot beter opbrengs

Ureum

UAN N-draers

SIDI Opti-N

Navorsing

100,0

104,5

110,5

SIDI. Meer as net kunsmis. Ons kombineer dít wat belangrik is om volhoubare plantvoeding en uitstekende opbrengs te verseker. +27(0)53 298 2817 De Villiersstraat, Industriële area | Douglas

Langtermyn navorsing toon ‘n 10.4 en 5.9% toename vs Ureum en UAN Relatiewe opbrengs van Opti-N teenoor Ureum en UAN op koringopbrengs

Stabiliteit

Opbrengsverhogings is in 86% van koring proewe verkry


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)

Redakteursbrief

Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorbladfoto: Katoenpluktyd in die Noord-Kaap (foto: Conrad Bornman)

Oupas en oumas, so lief en dierbaar as wat hulle is, kan liederlike goed wees – ek sien dit in my eie gesin. Te

danke aan my susters, is ek al die trotse tannie van vyf pragkinders, en my ouers dus nog méér trotse oupa en ouma. Maar waar is die kwaai ouers heen wat ek leer ken het toe ek grootgeword het? Want hierdie twee, wat ék as Pa en Ma ken, is ewe skielik ander mense. Die kleinkinders kom met moord weg. Behalwe daarvoor, kry susters ook gereeld ongevraagde raad oor hoe om die kinders groot te maak, tot hul groot misnoeë. Ek weet van iemand wat, nadat sy ouers die soveelste keer ingemeng het by sý ouerskapwyse, vir hulle gesê het “ek is nie ‘n president van ‘n land nie – julle het nie ‘n president grootgemaak nie. Los my sodat ek kyk of ek ‘n president op mý manier kan grootmaak.” Kinders grootmaak is nie speletjies nie. As iemand wat nog nie pienkvoete van my eie het nie, is ek versigtig om my daaroor uit te spreek. Ek het wel een filosofie: Ek gee nie om of my kind die president van ‘n land word nie. Ek gee nie eens om of my kind eendag uitblink in sport of akademie nie. As ek eendag die voorreg het om ‘n ouer te wees, wil ek graag ‘n decent human being grootmaak. Decent human beings (kom ons noem hulle DHB’s) is ‘n aanwins vir

Leana Bezuidenhout Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

Spanleier: Inhoudsontwikkeling

hulle gemeenskap. Nie noodwendig omdat hulle die meeste geld of die grootste plase het nie, maar omdat hulle empatie met hulle medemens het, ondersteuning bied waar dit nodig is, beskikbaar is vir ‘n geselsie en omgee vir ander. DHB’s hoef nie die meeste boekkennis te hê om almal se gunsteling-gas by ‘n braai te wees nie – dit is vir ander ‘n voorreg net om in hulle sprankelende, positiewe teenwoordigheid te wees. Dít is die mense waarvan ons omgewing baie het, en waarvan die wêreld nog meer nodig het. En as ek eendag my bydrae tot die wêreldbevolking kan leer “bo alles, wees góéd”, sal ek tevrede wees. Die rede hoekom die Noord-Kaap so sag by my lê en hoekom ek waarskynlik nooit uit Suid-Afrika sal wegtrek nie, is oor die magdom DHB’s waardeur ek omring word – veral by GWK. Ek glo vas dat inherente goedheid per capita hoër is onder Suid-Afrikaners as enige ander plek, en dan selfs nog meer onder die boeregemeenskap. Ek glo ook dat my kollegas my siening deel en daarom werk om ons kliënte en produsente te dien. Hier is ‘n hele tydskrif vol bewyse daarvan.


Geestelike Akker Vertroue dat Hy sal sorg “Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie.” Lukas 12:22 Mense het daagliks na die tempel gegaan om te aanbid of ‘n offergawe te bring. In die verhaal van die arm weduwee wat in Lukas 21 opgeteken is, was Jesus, soos Hy dikwels gedoen het, by die tempel besig om die mense te leer en aan hulle die evangelie te verkondig. Dit was nie lank nadat hy die handelaars en geldwisselaars daar verdryf het nie. Hy vertel verskeie gelykenisse, maar dan speel daar ‘n klein tafereel af wat Hy onmiddellik omskep om ‘n waardevolle waarheid aan al die luisteraars te bring. Tussen die stroom rykes wat by die offerkis aandoen om uit hulle oorvloed mildelik by te dra, is die figuur van ‘n arm weduwee. Die Bybel vertel nie vir ons of die weduwee dalk ’n bejaarde was met niemand om vir haar te sorg nie of dalk ‘n jonger persoon met klein kinders vir wie sy moes sorg nie. Feit van die saak was dat sy arm was. Wat maak haar twee klein muntstukkies so besonders dat Jesus daarop kommentaar lewer? Ons moet nie die verhaal sien as kontras tussen ryk en arm waar die ryke so half veroor-

deel word nie. Dit gaan om ‘n houding en ’n verhouding. Waar die ander se bydraes uit hulle oorvloed kom, is haar bydrae letterlik dit wat sy nodig gehad het om van te lewe. Sy gee dus nie uit die bietjie wat sy het proporsioneel ‘n klein bietjie nie, sy gee absoluut alles. Haar optrede gee vir ons twee baie belangrike riglyne oor haar verhouding met God en dit is juis hierdie boodskap wat Jesus aan sy luisteraars wil deurgee. Eerstens was daar ‘n werklike behoefte by haar om ‘n offer aan God te bring, wat die rede ook mag wees. Waarskynlik was hierdie ’n dankoffer en wanneer ’n mens werklik graag vir God wil dankie sê, is selfs jou heel laaste geldjies nie vir jou te kosbaar nie. Tweedens vertel haar optrede ‘n verhaal van absolute vertroue op God. Dit is my laaste muntstukkies Here, maar ek weet U sal sorg. Gebed: Here baie dankie dat ek elke dag genoeg het om van te lewe. Maak my oë oop vir die nood van ander en help my om in moeilike tye op U te vertrou. Amen

Ben Fourie www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

Dam

% Vol 40

Oranjerivier

Gariepdam Vanderkloofdam

96,41 99,58

Vaalrivier

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

101,86 102,27 83,81 108,91

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

95,39 92,39

Rietrivier

Kalkfonteindam

35,67

Modderrivier

Krugersdriftdam

97,67

35 30 25 20 15

10 5 Lunenburg

Green Valley Nuts

Hopetown

Rietrivier

Jan Kempdorp

Zoutpansdrift

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 28 Maart 2018 tot 30 Mei 2018 Douglas Lunenburg

Prieska Green Valley Nuts

40

40

35

35

30

30

25

25

20

20

15

15

10

10

5

5

0

0

-5

-5 28

4

11

18

25

2

9

16

23

30

28

4

11

18

Rietrivier

2

9

16

23

30

9

16

23

30

Hopetown

35

40 35

30

30

25

25

20

20 15

15

10

10

5

5

0 -5

0 28

4

11

Maksimum

8

25

18

25

2

9

16

Maksimum langtermyn

23

30

28

Minimum

4

11

18

25

Minimum langtermyn

2


PIO-GWK-01

9


Veilingskalender en -pryse

Grootvee/Kleinvee, Kimberley Duikerbos Wildsveiling, Hoopstad Kommersiële, Hertzogville Wyn-veiling, Bloemfontein Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële, Burgersdorp Nasionale Drakensberger, Parys Wildveiling, Boshoff Grootvee/kleinvee, Kimberley Batevermindering, Prieska Kommersiële, Senekal Grootvee/klienvee, Kimberley

12 Junie 13 Junie 14 Junie 15 Junie 19 Junie 20 Junie 21 Junie 23 Junie 26 Junie 27 Junie 28 Junie 3 Julie

10 Julie 12 Julie 17 Julie 18 Julie 19 Julie 19 Julie 24 Julie 25 Julie 26 Julie 31 Julie 31 Julie

Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële, Hertzogville Grootvee/kleinvee, Kimberley Diamant Dorper, Kimberley Grootvee, Koopmansfontein Kommersiële, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële, Senekal Kommersiële, Thaba-Nchu Van der Schyff Beefmaster, Soutpan Grootvee/kleinvee, Kimberley

Veilingspryse vir lewendehawe – April/Mei 2018 03/04 - 06/04

30/04 - 04/05

14/05 - 18/05

28/05 - 01/06

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

25.00

Slagosse

24.50

Slagosse

25.00

Slagosse

25.50

Slagosse

25.00

Slagkoeie

21.00

Slagkoeie

21.20

Slagkoeie

20.50

Slagkoeie

21.00

Slagkoeie

20.50

Maer beeste

19.50

Maer beeste

18.00

Maer beeste

17.00

Maer beeste

20.50

Maer beeste

20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

35.00

Ligte kalwers (180-200kg)

37.00

Ligte kalwers (180-200kg)

35.00

Ligte kalwers (180-200kg)

38.00

Ligte kalwers (180-200kg)

34.50

Swaar kalwers (201-250kg)

33.00

Swaar kalwers (201-250kg)

33.00

Swaar kalwers (201-250kg)

34.50

Swaar kalwers (201-250kg)

33.00

Swaar kalwers (201-250kg)

32.50

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

31.00

Slaglammers

30.50

Slaglammers

31.00

Slaglammers

31.50

Slaglammers

32.00

Stoorlammers 38.00

Stoorlammers 33.50

Stoorlammers 32.00

Stoorlammers 36.50

Stoorlammers 30.00

35.00

Kruislammers

29.50

Kruislammers

28.00

Kruislammers

33.00

Kruislammers

28.50

Slagooie

25.00

Slagooie

23.50

Slagooie

25.00

Slagooie

25.00

Slagooie

29.00

Maer ooie

22.00

Maer ooie

22.00

Maer ooie

23.00

Maer ooie

23.00

Maer ooie

23.00

Klein bokkies

36.00

Klein bokkies

31.50

Klein bokkies

30.50

Klein bokkies

36.50

Klein bokkies

35.00

Jong bokke

35.00

Jong bokke

31.00

Jong bokke

31.50

Jong bokke

35.50

Jong bokke

35.00

Bokooie

27.00

Bokooie

21.00

Bokooie

21.50

Bokooie

22.50

Bokooie

25.00

Kruislammers

10

16/04 - 20/04


Dink GROEI, dink VOORUITGANG, dink MODERNE en INNOVERENDE LANDBOU-OPLEIDING.

11


Landbouwenke

Gars

Koring

Gars word gevestig en is in die saailingstadium en moet net lig besproei word totdat die plante goed gevestig is. Op ‘n katoen-wisselboustelsel en waar baie mieliereste net voor plant op die land teenwoordig was, moet ‘n hoër stikstofpeil toegedien word (ongeveer 20-30 kg meer, afhangend van die grondstruktuur). Dit moet verkieslik verdeel word om sodoende ‘n stikstofnegatiewe periode teen te werk. Op baie sanderige gronde word ± 20 N meer aanbeveel weens loging.

Dit is Koring planttyd. Maak seker jy vestig die regte kultivar vir jou plantdatum. Hou by die kultivar se aanbevole plantdigtheid. Bring duisendkorrelmassa in berekening aangesien dit ‘n aansienlike verskil kan maak. ‘n DKM van 37 het ‘n saadtelling van 27 000 sade/kg teenoor ‘n DKM van 44 met ‘n saadtelling van 22 000 sade/kg. By ‘n plantdigtheid van 120 kg/ha sal die saad met die laer DKM (d.w.s. 37) ‘n stand van 600 000 plante/ha meer hê as ‘n lot van 44 DKM. ‘n Te hoë plantestand verhoog die risiko vir omval en dit lei tot ‘n hoër persentasie sifsels en ‘n laer persentasie vetkorrels.

Lusern Nuut gevestigde aanplantings moet veral op swaarder gronde oordeelkundig besproei word. Om wortelontwikkeling te optimaliseer, moet die profiel nie te nat wees nie. Ouer aanplantings kan swaarder besproei word, veral lae-dormansie kultivars wat meer aktief is in die winter. Vestiging van lusern in die winter word nie aanbeveel nie weens baie koue toestande wat ontkieming en opkoms erg kan vertraag.Saailinge kan dan ook makliker versuip indien te veel besproei word.

Uie en saaduie Ligte topbemesting (stikstof) kan toegedien word indien nodig. Volg ‘n bemestingsprogram en waak teen te veel stikstof op saaduie. Uie benodig gemiddeld 150 N, 90 P en 80-140 K/ha. Blaarvoedings met mikro-elemente soos Boor, Molibdeen, Sink en Koper kan van nou tot vroegsomer toegedien word. Onkruidbeheer is belangrik en moet begin word terwyl onkruide nog klein is. Spuit sistemiese swamdoders veral op saaduie om siektes te beheer voordat dit sigbaar word.

12

Pekanneute Pekanneute moet steeds in die winter besproei word, maar die waterbehoefte is heelwat laer. Twee goeie besproeiings tydens die winter behoort voldoende te wees. Snoei van pekanneute word in Julie en Augustus gedoen. Nuwe bome word ook in dié twee maande geplant. Tydens plant moet bome dieselfde diepte as in die kwekery geplant word. Die afgesteekte penwortel met sywortels moet in los grond wees om vertikale en horisontale wortelontwikkeling te bevorder. Besproeiing hierna is noodsaaklik om lugholtes te verwyder. Goed verrotte kompos en 0,5 kg van ‘n sinkbevattende bemestingstof (22% Zn) kan met die grond vermeng word en in die gat geplaas word. Struktuurvorming van bome jonger as 5 jaar word gedoen deur die groei van ‘n sentrale leier te bevorder. Sytakke moenie dikker as twee derdes van die sentrale leier by plek van aanhegting wees nie. Die gewenste hoek van sytakke en sentrale leier moet rondom 60° wees. Verwyder een derde van sentrale loot net bokant ‘n ogie wat na buite weg van die boom wys.Vryf sentrale loot se ogies af (behalwe die boonste ogie) om opwaartse groei te stimuleer. Ouer bome word selektief gesnoei, aangesien die struktuur reeds gevorm is. Verwyder sytakke wat kompeteer met die sentrale leier en nie die gewenste hoek het nie. Bome ouer as 8-10 jaar moet ‘gehedge’ word.



As boerdery jou roeping is

Etienne en Ivor by Nampo

14


Aktueel Madri Scheepers

Net ‘n paar maande gelede het meeste mense nie die naam Etienne van Wyk van Marydale geken nie, maar vandat hy op die televisieprogram, Landbouweekliks verskyn het, is die land aan die praat oor hierdie merkwaardige boer. Van Wyk se storie begin op Dries Wiese se plaas in die Loxton-distrik, waar sy ouers as plaaswerkers gewerk het. Op ‘n jong ouderdom het sy liefde vir diere en boerdery begin broei waar hy op die plaas saam met sy ouers gewoon het. Wiese het hierdie passie raakgesien, hom onder sy vlerk geneem en hom amper alles geleer wat hy van boerdery vandag weet. Hy het eenkeer gehoor hoe Wiese sê “‘n boer se voetspore is die kunsmis van sy veld,” en vandaar het dit by hom vasgesteek. Hy vertel dat hy in graad agt die geleentheid gekry het om by Oakdale Landbouskool te gaan studeer. Die eerste dag by Oakdale lees hy daardie woorde weer raak in een van sy klasse, en hy besef hy is bestem om te boer. Dit was nie ‘n maklike begin by die skool vir Van Wyk nie. Hy sê hy het klein gevoel en hy wás ook. Hy moes heel voor in die ry staan by al die klasse. Dit was ‘n aanpassing om by die skool in te skakel, maar dit was egter nie lank nie of die seuns het in hom raak-

gesien wat Wiese reeds lankal het en hy het deel van die groep geword. Dit is hier waar hy sy bynaam Boesman of Boesie gekry het. “My skoolvriende sal nie eens weet wie Etienne is nie, want dit was altyd net Boesie voor en Boesie agter,” vertel hy laggend. Van Wyk het verskillende werk op Wiese se plaas gedoen tot hy hom uiteindelik opgewerk het tot ‘n plaasvoorman, waar hy op 10 000 hektaar verantwoordelik was vir Merinos, boerbokke en beeste. Hierdie het later uitgebrei na 17 000 hektaar toe Wiese nog huurgrond bygekry het en hy selfs van die buurman se grond bestuur het. Vir die afgelope drie jaar het Van Wyk sy eie grond Marydale se kant toe, waar saam met sy vrou, Mercia, en tienjardige dogter vandag met presies 504 skape boer. Hierdie grond het hy ontvang as deel van die regering se projek om opkomende boere te bemagtig. Dit is moontlik gemaak nadat die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming vir Wiese genader het oor voornemende kandidate. Wiese het aan hul gemotiveer dat Van Wyk ‘n uitstekende kandidaat is om grond te onvang. Kort daarna het Van Wyk deur die aansoek- en keuringsproses gegaan en nadat hy as die top-kandidaat

15


aangewys is, het hy ‘n 30 jaar-kontrak ontvang, wat elke vyf jaar hersien word. Sy plaas, Spes Bona, van 3 800 hektaar is in die Marydaledistrik in die Noord-Kaap. Hier boer hy met Dorper/Van Rooy-kruisings omdat hul aangepas is tot die klimaatstoestande van die area. Sy ooie word net deur top-genetika Dorperramme gedek, wat hy hoofsaaklik by Wiese koop om te verseker dat sy kudde van uitstaande gehalte is en bly. Marydale is in ‘n dorre deel van die land, waar water en ander natuurlike hulpbronne skaars is. Dit het egter nie vir Van Wyk afgeskrik nie, want om sy eie boerdery te bedryf is al wat hy nog ooit wou doen. Hy sê toe hy op die plaas aankom, was daar basies niks en hy moes meeste van die infrastruktuur oprig, soos onder meer elektriese heinings vir die jakkalse, watertenks, boorgate en sonkrag. Hy sê dat die departement gelukkig mooi na hul kyk met finansiële bystand en ondersteuning soos nodig, met ‘n goeie rekenmeester en direkteur om na sy sake om te sien sodat sy boerdery op die regte pad bly. Sy huis is totaal afhanklik van sonkrag, maar met die regte bestuur van hul verbruik kry sy gesin dit reg om dit suksesvol te benut. Water bly een van die grootste uitdagings op die plaas. Die laaste paar gate wat geboor is, was droog. Maar hy verloor nie moed nie. Etienne van Wyk is ‘n nederige man met waardes gegrond in sy geloof, waaroor hy net so passievol gesels soos oor boerdery. Hy sê dat of dit nou ‘n stryd of oorwinning is, dit is wat die Here op sy pad gebring het. Elke stryd is ‘n eksamen. ‘n Eksamen wat hy met ‘n honderd persent moet slaag, want dit beteken daar gaan ‘n deur oopmaak na sy volgende oorwinning. Sy een werker se welstand is ewe belangrik vir hom – hy glo dat as hý ‘n stuk vleis op sy bord het, sy werker dit ook moet hê. “Mense moet die Here in my sien as hulle na my kyk, ek moet ‘n voorbeeld van Hom wees,” sê hy. Hy wonder reeds lank hoe hy sy storie van inspirasie aan die wêreld gaan vertel voordat die geleentheid

16

aangeklop het in die vorm van die televisieprogram. Van Wyk is gekies om op Landbouweekliks te verskyn toe GWK hom benoem het as een van hul produsente. GWK is een van die vennote wat die program moontlik maak. Dit was egter nie ‘n maklike taak om vir Van Wyk in die hande te kry nie aangesien selfoonopvangs in daardie stadium baie swak was op die plaas, so dit was ‘n bestiering dat hy die een dag ‘n probleem met sy windpomp gehad het. “Ek het die dag gesukkel met ‘n windpomp en het besef dat ek sal móét dorp toe ry. Toe ek in die dorp aankom, wat so 60km van die plaas is, keer Hendrikus Keulder van GWK my voor en sê daar is ‘n dringende boodskap van GWK se bemarkingspan in Kimberley. Dit is tóé dat ek hoor hulle wil hê ek moet deel wees van die Landbouweekliks-program,” sê hy.

“‘n Boer se voetspore is die kunsmis van sy veld” Terwyl die meeste mense ‘n probleem as negatief sal sien, bestaan “negatief” nie in Van Wyk woordeskat nie. Alles gebeur met ‘n rede. “As ek nie daardie dag in die dorp was nie, kon ek dalk my geleentheid gemis het,” sê hy. “Die mooi van dit alles is dat toe ek terugkom by die huis, kry ek sommer die windpomp ook reg!” Die opname van Landbouweekliks was vir hom ‘n ongelooflike ervaring, hoewel hy aanvanklik op sy senuwees was. Hy en Ivor Price, aanbieder van die program, het vinnig ‘n goeie verhouding gevestig en dit het hom gehelp om rustiger en gemaklik voor die kameras te wees. “Ek en het Ivor het mekaar gevind. Hy het my dadelik verstaan en dit was lekker om met hom te gesels,” sê hy.


Een van sy grootste uitdagings is dat die huidige model waarop die kontrak met die departement gestruktureer is hom nie toelaat om sy boerdery uit te brei nie. Hy verduidelik dat hy 3 800 hektaar grond het wat volgens die kontrak tot 80% kapasiteit gebruik mag word. Omdat hy slegs een skaap per ses hektaar grond mag hê, beteken dit dat die maksimum hoeveelheid op 712 skape uitwerk as die grond 100% benut word. Dit is waarom hy slegs 504 skape kan aanhou op die oomblik. Hy sê dit is hartseer, want hy kry die mooiste lammers wat hy net so moet bemark omdat hy nie meer as dit mag aanhou nie. Omdat hy op huurgrond is en geen sekuriteit het nie, beteken dit ook dat hy nie finansiering kan kry nie. Hy het al die kundigheid en wilskrag in die wêreld, maar omstandighede verhoed hom nou om die boerdery uit te brei. Hoewel daar ‘n paar klippe in sy pad staan, breek dit glad nie sy moed om sy roeping uit te leef nie. Sy fokus is nou daarop om te werk na waar hy oor tien jaar wil wees. Sy groot droom is om op ‘n plaas met genoegsame water met skape en boerbokke te boer. In sy eie woorde, “dit sal ‘n sweet dream wees as dit kan gebeur.” Hy wil nie rykdom najaag nie, maar graag ‘n kommersiële plaas bedryf waar hy gemaklik na sy familie, diere en eiendom kan omsien. As iets breek moet dit reggemaak kan word. Tot daardie dag aanbreek, werk van Wyk met wat hy het en maak planne om sy uitdagings te oorkom. Hy het sy lamseisoen van nege-maande-intervalle na agt maande verander sodat daar ‘n konstante inkomstestroom is. Hy verduidelik verder dat sy ooie ‘n maand of twee moet rus tussen lamseisoene omdat hy nie die kontantvloei het om hulle die heeltyd te voer nie. Sy diere se welstand is vir hom uiters belangrik en daarom moet die ooie ‘n blaaskans kry om weer in goeie kondisie te kom. “Jy moet vir jou diere kyk en hul dophou, hulle sal jou vertel wat hul nodig het.” Een van sy groot liefdes is boerbokke.

Hy skerts dat as jy ‘n boerbok se kop kan verstaan, jy met enige dier kan werk. “’n Boerbok vertel jou as hy nie meer gelukkig is nie. As ‘n bok deur die drade begin kruip, dan weet jy hy is nie meer gelukkig met die veld nie,” sê hy. “Ek het hulle altyd vir drie dae gemonitor toe ek nog by oom Dries was, dan jaag ons die ander oor na daardie kamp. Hy vertel jou waar hy wil wees.” Die twee belangrikste mense in sy lewe is sy vrou en hul tienjarige dogter. Hy praat met agting oor sy vrou en haar bystand terwyl hy sy droom uitleef. Hy beskryf haar as nedering, ‘n mens wat altyd tevrede is en betrokke is by al die werk op die plaas. Sy dogter is beslis haar pa se kind en wil in sy voetspore volg, want vra jy haar wat sy wil doen as sy grootword is die antwoord sonder huiwer, “ek wil boer, nes my pa.” Een van sy gunstelingdinge om te doen as dit te stil raak op die plaas is om sy honde op die bakkie te laai en die veld in te ry. Dit is hier waar sy droom om ‘n suksesvolle boer te wees verder versterk word. Met passie, kundigheid, harde werk en geloof is daar beslis ‘n blink toekoms vir die 33-jarige Etienne van Wyk en hy hoop dat sy storie ander inspireer om hul passie uit te leef en uitdagings te oorkom. “As jy ‘n passie het, sal jy suksesvol wees. Om te boer is my roeping.”

17


Aktueel Madri Scheepers

Produsente in aksie by gholfdae GWK Farmers Cup, die heel eerste gholftoernooi vir ons produsente, het reeds die halfpadmerk verbygesteek met gholfdae wat suksesvol aangebied is op Douglas, Cradock, Modderrivier en Underberg. Daar is nog net vier gholfdae oor in die toernooi waarvoor produsente kan inskryf om te kwalifiseer vir die uitspeelrondte wat op 14 September in Kimberley aangebied word. Die eerste gholfdag op die kalender is 7 Julie op Hopetown, daarna is Jan Kempdorp op 18 Augustus, De Aar op 25 Augustus en Prieska op 8 September. Onthou, om te kwalifiseer vir die uitspeelrondte en finaal moet jy aan een van hierdie gholfdae deelneem. Die groep finaliste gaan in Oktober toer na Clarens vir die finaal, waar die heel eerste GWK Farmers Cup wenner gekroon gaan word!

Die uitsig oor die gholfbaan op Underberg

18

Johan Naude (regs) van Isuzu Bloemfontein oorhandig ‘n prys aan Jouke van Bergen by Douglas se gholfdag.

Rex Lund ontspan tussen putjies by Underberg se gholfdag


Rossouw van Bergen by Douglas gholfdag

Johan Botes slaan af by Douglas se gholfdag

Eben Vermeulen by die Cradock-gholfdag

William Tosela by die Cradock-gholfdag

19


20


Standard Bank

Advertensie

Nico Groenewald Head of Standard Bank Agribusiness. The 4th Industrial Revolution poses challenges and opportunities for agriculture and agro-processing, says Standard Bank. No commercial activity can escape the implications of the 4th Industrial Revolution; the 21st century blending of the physical, digital and biological domains that is building on the digital revolution of the last century to bring massive change to agriculture and across value chains into the agro-processing industries of South Africa, says Nico Groenewald Head of Standard Bank Agribusiness. As with previous Industrial Revolutions, the 4th revolution will introduce new challenges and opportunities for the agricultural sector, it means changes through the value chain from crop production and the agro-processing chain by improving processes, increasing productivity and reducing costs, says Groenewald. There is no doubt that increased use of technology that begins in the fields presents opportunities to transform the agricultural base and the agro-processing industries that process agricultural products. Agroprocessing is the largest employer within the manufacturing sector and could further increase its importance within the local economy. According to the Department of Trade and Industry, in 2016 the contribution of the agro-processing industry to the real value added (GDP) by the manufacturing sector and the economy was 32.2% and 4.4% respectively. The contribution of the agro-processing industry to the real output of the manufacturing sector and the economy was 31.6% and 7.7% respectively. Total imports in relation to the manufacturing sector and the economy was 18.2% and 9.7% respectively.” The potential of the converging technologies of the 4th Industrial Revolution lies in providing South Africa with an opportunity become early adopters of technology and accelerate its agro-processing development. Some of the most recent advancements in technology and biotechnology that are transforming food production and impacting on agroprocessing efficiency include: The use of drones at the start of crop cycles to produce accurate 3-D maps for early soil analysis and seed planting patterns, crop spraying and crop monitoring. Using data and analytical tools to create ‘smart farming’ tools that can help improve yields and crop quality, increase farmers’ returns, reduce water consumption and even greenhouse gas emissions; I0nternational R&D companies creating analytical tools that use decades of research with new technologies (such as wireless data transfer and cloud computing) to transfer data regarding soil quality, nitrogen levels and the overall quality of soils and other operational requirements direct to framers; The future use of nanotechnology – the manipulation of matter on an atomic, molecular, and supramolecular level. For example; Nano porous zeolites are already used to slowly release efficient dosage of water and of fertilisers for plants.

Some of the tools already used in Africa include: Scientists in Nigeria creating a pest-resistant black-eyed pea that will resist pests that destroy US $ 300 million of crops annually; The development using mobile technology of the “Farm Shop”, Kenyan franchise network of agro dealers located in rural and under-served areas of Kenya. Each store has an Android-powered tablet with software that allows users to easily order inventory and track transactions in real-time, giving the company a unique ability to track prices and inventory levels. The mobile-based “iCow” app, an agricultural information service to help farmers enhance productivity of their cows. For example, it helps in the prevention - and cure - of milk related diseases by tracking each cow. Esoko, an app that assists rural farmers to identify markets where their products and produce will receive the best prices. “One of the challenges for agriculture and agro-processing locally is the potential negative impact more adoption of technology could have on jobs in the sector”. “However, in South Africa, authorities, although conceding that large enterprises in the agro-processing industry contribute significantly to income and employment, point out that the relative share of small and medium agro-processing to total employment numbers is higher than their share of total income in the industry. Accordingly, they say, small and medium-sized processing enterprises have great potential for generating sustainable jobs whilst using technology to increase their incomes.” Barriers to entering the mainstream economy for small and mediumsized agro-processing operators include: High post-harvest losses; Lack of appropriate agro-processing technologies suited to start-up agro processors; 0Non-compliance with stringent agro-processing norms, standards and regulations; and 0Inconsistent supplies of raw material. “In South Africa, many activities within the agro-processing space are characterised by large companies that are vertically integrated along the entire value chain. The poultry industry has players that have grown activities within one sector of the chain into others. By using their original outputs, for instance production of feeds, they have entered the broiler and other areas of the chain. Ultimately, as the 4th Industrial revolution gains traction, competition will ensure that technologies available will become simpler and cheaper creating opportunities for smaller operators to take up their places in the agro-processing chain.

21


Aktueel Leana Bezuidenhout

‘n Moet vir elke boer Die GWK Kostegids is nie ‘n nuwe produk nie. Dit is wel ‘n produk waarvan min produsente die waarde besef. Hierdie publikasie dien as handleiding vir boerderybeplanning en bevat al die nagevorsde inligting sodat jy dit net op jou boerdery kan aanwend, sonder die ongerief om pryse en inligting te probeer opspoor. Reeds vir die afgelope jaar publiseer ons die Kostegids, twee keer elke jaar, elke uitgawe met opgedateerde inligting. Dit is nie slegs boere wat groot waarde uit hierdie handleiding put nie, ook opleidingsinstansies en banke se landbou-afdelings gebruik die inligting. GWK se span landbou-ekonome is verantwoordelik vir dié publikasie as deel van die beplanningsdiens wat hulle aan produsente lewer. “Ek het nog altyd ‘n passie vir boerdery – dit is in my bloed,” sê Jo-Mari Bredenkamp, Landbou-ekonoom by GWK. “Om vooruit te boer, is syfers belangrik. Soos die

22

ou bekende gesegde van Peter Drucker sê: Om te meet is om te weet. As jy nie jou boerdery kan meet nie, kan jy dit nie bestuur of verbeter nie. Daarom geniet ek dit om syfers te gebruik vir die meet van boerderybeplannings wat finansieël sin maak.” Die Kostegids bevat onder meer begrotings, vooruitskattings en prys-inligting, waarvan alles ingedeel is in vier afdelings:

Gewasse: Insluitend aartappels, beetsaad, botterskorsie, droëbone, erte, gars, grondbone, hawer, kanola, katoen, kool, lusern, mielies, graansorghum, patats, pekanneute, sojabone, sonneblom, uie, saaduie, voerradyssaad, wortelsaad, waatlemoen, lusernweiding, g ras-/k lawer wei ding, wingerd


Droëland: Insluitend koring, mielies, sorghum, sonneblom, katoen, grondbone, sojabone, droëbone Vee: Insluitend ekstensiewe vleisskape, ekstensiewe dubbeldoelskape, Merino-ooi en –lamproduksie, Merino-speenlammers, vleisbeeste, speenkalwers Meganisasie: Insluitend trekkers, implemente, selfaangedrewe stropers met plukkerkoppe, selfaangedrewe stropers met koringtafel, selfaangedrewe stropers met hoogloopspuit, selfaangedrewe lusernsnyer Die Kostegids is saamgestel om tyd- en seisoenspesifiek te wees en daarom word daar ‘n winter- en someruitgawe beskikbaar gemaak. Vir elkeen van die afdelings se gewasse/vertakkings word sensitiwiteits analises gedoen om te verseker dat die produsent sy beplanning so akkuraat as moontlik kan doen. Verder is begrotings is só saamgestel dat dit die begrote kontant- en kredietvloei van die vertakking aandui en vervat dus al die kostes wat deur ‘n

handelsbank of GWK gefinansier word. Kommersiële produsente is genader om die relevansie van syfers te verifieer. Al hierdie inligting, wat vir ses maande geldig bly en ‘n direkte invloed op ‘n boerdery het, is beskikbaar vir R250 by ons Landboudienste-span. Die Kostegids is ook beskikbaar in ‘n persoonlike aanpasbare formaat, Profarmer, en kan gekry word by www. gwk.co.za/af/. Onderaan die GWK Tuisblad by AANLYNDIENSTE, kies die hofie PROFARMER en druk ‘‘Registreer’’. Vul hier jou besonderhede sorgvuldig in en druk “Submit”. Toegang tot hierdie diens word verkry nadat jou profiel geaktiveer is en bly geldig vir die periode van 12 maande. Op Profarmer kan jy jou eie kostes en pryse invoeg en ‘n wisselbouprogram vir gewasbeplanning opstel. Profarmer word, saam met die Kostegids, twee keer per jaar opgedateer. Die Kostegids is in ‘n elektroniese PDF-formaat beskikbaar by www.gwk. co.za/af/Business/43/gwk-landboukundige-dienste, vul asseblief net die bestelvorm in.

Dup Haarhoff, Hoof van Landboudienste, sê dat die Kostegids ‘n móét is vir elke boer. “Hierdie is ‘n betroubare bron van inligting wat die produsent gebruik tydens beplanning ten opsigte van gewaskeuses,” sê hy. “Die sensitiwiteitsanalise is veral waardevol omdat verskeie scenarios in terme van prys en opbrengs per gewas verseker dat elke boer pasmaak-inligting hieruit kan kry.” Vir enige navrae oor die GWK Kostegids, of hoe om dit in die hande te kry, skakel gerus die span: Jo-Mari Bredenkamp (Landbou-ekonoom) Sel: 076 431 4812 E-pos: jomarib@gwk.co.za JC Jordaan (Landbou-ekonoom) Sel: 082 880 3173 E-pos: jcj@gwk.co.za

23


GWK Agri Meganisasie Leana Bezuidenhout

Nuwe JD-baler spaar tyd en geld

Personeel van John Deere wat die dag bygewoon het

Personeel van John Deere-handelaars leer oor al die tegniese aspekte van die baler.

Dié nuwe John Deere L341 Square Baler se nasionale bekendstelling het plaasgevind op 28 en 29 Mei, op die plaas, soos dit hoort. Irene Hart, John Deereproduksiespesialis, sê dat hulle besluit het om die bekendstelling in die Douglas-distrik aan te bied omdat die seisoenaliteit van gewasse beskikbaar om te baal, dit moontlik gemaak het. “Ons het gevoel dat ons die werkinge van die baler goed kon demonstreer in die huidige lusernbaal-seisoen en het die geleentheid gebied om nie slegs die baler by Nampo ten toon te stel nie, maar ook tydens seisoenswerk aan John Deere-handelaars en ons kliënte,” sê sy.

24

“Die Douglas-area het ook 'n groot aantal produsente wat groot vierkantbalers gebruik. Dit maak dus sin dat ons die GWK-handelaar die geleentheid gee om hierdie eerste inleiding van die L431 in die mark aan te bied,” sê Kevin Lesser, bemarkingskommunikasiebestuurder van John Deere SubSahara. Die eerste dag van die bekendstelling het John Deere-handelaars van regoor die land geakkommodeer en daar is in meer diepte na die meganiese kant en produsentevoordele van die baler gekyk. Handelaars het hier ook ‘n vinnige opleidingsessie oor die tegnologie gekry. Die tweede dag is by-

Nelius Oosthuizen (John Deere) gesels met die gaste.

gewoon deur belangstellende boere wat die indrukwekkende baler kom ontmoet het. Die L341 Square Baler is reeds van 1 Mei af beskikbaar op bestelling en beloof dat dit voortaan veel maklike sal wees om hoë-gehalte bale te maak. Funksies wat op hierdie model beskikbaar is, is versoek deur kliënte en aangebring deur John Deere. Voorbeelde hiervan is die nuwe MegaWide opteller (“pickup”) met of sonder voorsnyer, en verskeie baalmaakopsies waaruit lusernprodusente kan kies om die beste by hulle eie bedrywighede te pas. “Dit is perfek gepasmaak vir kom-


mersiële lusernprodusente, sowel as groter melk- en beesprodusente, wat meer konsekwente baaldigtheid en minder gewasverlies vereis,” sê Hart. “Ook vir produsente wat meer tyd wil spandeer aan die baalproses self as aan proppe skoonmaak of die diens van die masjien.” Die veranderinge sluit ook ‘n nuwe John Deere-voedingstelsel in wat groterbaalbetroubaarheid- en prestasie onder ‘n wye verskeidenheid omstandighede verseker deur meer van die gewas in die baler te kry. Ander toevoegings is ‘n 21-lem voorsnyerfunksie met ‘n sakvloer en uitrolplaat vir ‘n geriefliker skoonmaakproses. Nog ‘n belangrike nuwe opsie waar-

uit kliënte kan kies, is BalerAssist, wat die operateur toelaat om vinniger en makliker proppe skoon te maak sonder om die kajuit te verlaat. Nog ‘n rits funksies en keuses wag op produsente wat dié model aanskaf en behalwe vir die tegnologiese voordele, bied die baler ook duursaamheid, veldprestasie en hoë-gehalte bale. “Die baler bied ‘n beduidende verhoging in produktiwiteit en baalspoed in vergelyking met vorige modelle en ander modelle wat vandag op die mark beskikbaar is,” sê Hart. En die beste van alles, niks hier is groen gespuit nie. Alles aan hierdie masjien is 100% John Deere.

Bo en regs: Die nuwe John Deere L341 Square Baler

25


GWK Agri Meganisasie Madri Scheepers

TOYOTA Forklift nou deel van GWK Meganisasie

In

die strewe om innoverend in landbou te bly en altyd te kyk na ons produsente se behoeftes, het GWK onlangs die eerste landboubesigheid in Suid-Afrika geword wat as ‘n volwaardige Toyota-vurkhyserhandelaar in die Noord-Kaap sal optree vir die EIE Groep. Hierdie beteken dat die reeks landbou-oplossings wat GWK Meganisasie bied selfs nog verder uitgebrei word. GWK Meganisasie is reeds die afgelope 47 jaar die John Deere-handelaar in die area en het nou die produkreeks aangevul met nog ‘n premium produk om vir produsente gerieflik toegang te gee tot produkte en dienste wat reeds deur meeste boerderye gebruik word. Die EIE Groep is deel van ENX Holdings wat genoteer word op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) en het teenwoordigheid in Suidelike Afrika en die Verenigde Koninkryk. Hierdie groep is die markleier in die vurkhysersegment in Suidelike Afrika en bied kliënte die mees omvattende diens en grootste infrastruktuur van sy soort in die streek. Alle landboubesigheid in die NoordKaap, insluitend die Jan Kempdorpen Hartswater-areas, gaan deur GWK Meganisasie hanteer word. ‘n Implementeringsplan word oor die volgende

26

paar maande gevolg. Hierdie plan word deur GWK en die EIE Groep gedryf wat die volledige opleiding van die tegniese- en verkoopspanne insluit, asook onderdele by alle takke om te verseker dat net die beste en kundigste diens gelewer word. Nico Storm, Hoof van GWK Meganisasie, sê dat produkte in hierdie stadium nog by die verskaffer aangekoop word. Hy noem dat daar slegs ‘n kort wagperiode is vir aflewering en dat die beplanning is om teen die einde van 2018 alle dienste direk vanuit GWK Meganisasie se takke te hanteer. “Die visie vir die toekoms is om ‘n totale diens te lewer wat verkope en verhurings insluit, sowel as onderdele en werkswinkeldienste,” sê Storm. Volgens hom was die besluit om vurkhysers deel van GWK Meganisasie se aanbod te maak ‘n natuurlike een. GWK se produsente werk met ‘n klomp verskillende toerusting op ‘n daaglikse basis op hul plase. Daar is min produsente wat nie reeds ‘n vurkhyser as deel van hul toerusting gebruik nie en deur hierdie bykomende diens by GWK Meganisasie aan te bied, vereenvoudig dit die proses vir die aankoop van toerusting deur alles op een plek te hê. Shumani Tshifularo, Toyota Industrial Equipment se besturende direkteur, sê

dat hulle verheug is oor die begin van hierdie ooreenkoms met GWK. “GWK se kliënt-georienteerde benadering is perfek belyn met die toewyding wat die EIE Groep en Toyota Forklift het tot die bou van lewenslange vennootskappe, deur uitstekende produkte en diens, innovering en omvattende naverkopediens.” Zumeika McGregor, area-verkoopsbestuurder van EIE Groep in die NoordKaap, stem saam dat hierdie vennootskap met GWK ‘n positiewe stap vir die toekoms is. Hierdeur kan goeie pakkette vir kliënte saamgestel word met die ondersteuning van spesialiskennis en ‘n bestaande netwerkstelsel. “Albei maatskappye het waardevolle kennis van die mark, dieselfde toekomsgerigtheid en is aanpasbaar vir markveranderinge wat kan plaasvind. Ons maak dit ons besigheid om kliënte in goeie en swaar tye te kan bystaan om onder meer voedselproduksie te kan ondersteun in enige omstandighede,” sê McGregor. Die ooreenkoms is ‘n opwindende stap vorentoe in GWK se toekomsstrategie wat fokus op vooruitgang in die landbou-industrie. Kontak gerus jou naaste GWK Meganisasie om meer uit te vind oor die wye reeks produkte beskikbaar om te koop en te huur.


GWK Agri SIDI Jason Sparrow

Bemestingsbeginsels om koringopbrengs te verbeter Die bemesting van koring speel ‘n groot rol in die suksesvolle en volhoubare produksie daarvan. Sekere beginsels is belangrik om te oorweeg tydens die beplanning van ‘n volledige koringvoedingsprogram en nog ‘n aspek is om te fokus op plantbeskikbaarheid. Voedingstowwe moet in die regte vorm, asook in die grondoplossing, wees vir opname deur plante. Hulle sê mos voeding in die pens is beter as in die spens. SIDI wend geweldig baie hulpbronne aan, insluitend assosiasies met ander verskaffers, om wetenskaplike tegnologie in plantvoeding te bevorder en te ontwikkel. Die nuwe Opti-reeks vloeibare produkte, die Ultra-reeks korrelprodukte, asook ‘n volledige mikro-element reeks bied die produsent ‘n wye keuse wat aanpasbaar is vir alle omstandighede. Kunsmis is ‘n kommoditeit, maar wetenskaplike plantvoeding is kwaliteit.

Die vier hooffases van ‘n koringvoedingsprogram Een: Begin reg (Plant) Dit is van kardinale belang om enige gewas reg te begin met die regte kunsmis. Fosfaat (P) is gewoonlik die hoofvoedingskomponent in ‘n plant-kunsmismengsel. Die opnamemeganisme van fosfaat is hoofsaaklik gedryf deur die proses van diffusie. Dit beteken dat die voedingselement oor ‘n konsentrasie-gradiënt beweeg van hoog na laag. Die plasing daarvan is dus belangrik om die konsentrasie van fosfaat te verseker. ‘n Plantmengsel sal meer effektief wees as dit gebandplaas word. Vloeibare fosfaat-opsies sal, later in die seisoen, uiters voordelig wees vir die gewas. Omdat koring ‘n relatiewe lang groeiseisoen het en ‘n groot gedeelte van die groeitydperk tydens die winter plaasvind, is dit belangrik om energie te voorsien deur die groeifases van ‘n koringseisoen. Fosfaat voorsien die plant van energie en verhoog onder meer stoelinisiasie. Fosfaat is betrokke in amper elke fase van die asemhalingsiklus van die plant. Die asemhalingsiklus is die metabo-

lisme van suikers wat deur die fotosinteseproses geproduseer word. ‘n Plantmengsel moet verkieslik ook kalium bevat. Daar is ‘n sterk interaksie tussen kalium (K) en fosfaat in ‘n plantmengsel en dit word geïllustreer in Figuur 1. Die grafiek bewys dat elke mengsel wat kalium bevat, ‘n positiewe reaksie het teenoor die kontrole wat net stikstof (N) en fosfaat het. Die

proef toon verder dat die kaliumbron ook belangrik is want die kaliumsulfaat (K2SO4)-bron op die 2:3:4-mengsel het beter presteer as die kaliumchlooried (KCl)-bron. Die Ultra 2:3:2 het in dié geval die proef gewen wat ook wys dat die mikro-elementbedekking vroeg in die seisoen met plant baie effektief is.

27


RELATIEWE OPBRENGS (MAP=100)

110 108 106 104 102 100 98 96 94 Superior 2.3.2(35)

Ultra 2.3.2(35)

2.3.4(36) K2S04

2.3.4(30)

MAP

MET PLANT-KUNSMIS

Figuur 1: Effek van kunsmisdraers met plant op opbrangs van koring

120 RELATIEWE OPBRENGS (SUPERIOR = 100)

Die Ultra Starter is een van die beter opsies om as plantkunsmis te kies. Die stikstof-, fosfaat- en kaliumverhouding daarvan is uniek geformuleer om groei en ontwikkeling te stimuleer. Patent Kali vorm ‘n groot deel van die kaliumbron in die produk en gee die plant mengsel ‘n laer soutindeks wat ‘n laer risiko bied teen kunsmisbrandskade. Die Patent Kali bevat kalium, magnesium (Mg) en swael (S), alles in hoogs plantbeskikbare vorme. Magnesium is belangrik in ‘n kunsmismengsel want dit stimuleer fotosintese en die translokasie van suikers in die plant. Magnesium vorm ‘n groot deel van die chlorofil wat die dryfdrag is van die fotosinteseproses. Wat die Ultra Starter nog meer uniek maak, is die hoogs gekonsentreerde mikro-elementbedekking op elke korrel. Die bedekking bied plantbeskikbare sink (Zn), yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu) en boor (B) aan die gewas. Vroeër toedienings van mikroelemente gee die beste resultate op opbrengs, maar omdat meeste van die mikro-elemente nie vrylik beweeg in die plant nie is dit voordelig om mikro-elemente ook deur die seisoen op spesifieke tye toe te dien. Figuur 2 toon die invloed wat die Ultra Starter op koringopbrengs het. Begin met die beste met Ultra Starter.

115 110 105 100 95 90 Sa-17

SaLm-17 SUPERIOR 4.7.6(30)

Hoofeffek

ULTRA STARTER

Figuur 2: Vergelyking van 4.7.6(30): Superior vs. Ultra

Twee: Opkoms en stoel

Die opvolgkunsmis of kant-bemesting is hoofsaaklik stikstof- en kaliumgebaseer. Stiktof stimuleer onder meer vegatiewe groei, maar dit word ook die meeste onttrek deur baie gewasse. Die toediening van hoogs beskikbare vorme van stikstof is belangrik, veral in

28

koring waar ‘n groot deel van die seisoen in die winter groei. Kalsium (Ca) saam met stikstof is baie belangrik want kalsium stimuleer wortelontwikkeling, help om spanning beter te hanteer en vorm deel van die selmembraan van die plantselle. Kalsium word ook strategies gebruik as deel van ‘n soutbestuursplan. Die voordele van kalsium is groot, maar dit is nie altyd in plantopneembare vorme in die grond nie. Kalsium word net opgeneem in die katioonvorm (Ca2+). Die toediening van Opti Green of ‘n soortgelyke produk sal beskikbare kalsium voorsien tydens die opkoms- en stoelfase van koring. Figuur 3 dui die voordeel van kalsium op koring aan. Omdat mikro-elemente nie mobiel in die plant is nie moet daar opvolgtoedienings wees deur die seisoen. Die gebruik van die LiQuiDo-reeks is een van die mees effektiewe en praktiese maniere om dit reg te kry. Die LiQuiDo-reeks is spesiaal geformuleer

om versoenbaar te wees met vloeibare kunsmis. Die mikro-elemente is in plantopneembare vorme en die elemente bly stabiel in gronde met hoë Ph-vlakke. Die mikro-elementverhoudings en -hoeveelhede kan aangepas word volgens groeistadiums en gewasbehoeftes. Wortels kan ook geïnisieer word deur die gebruik van kelpprodukte wat die regte verhouding auksiene en sitokiniene het wat wortelgroei en -aktiwiteit bevorder. Die gebruik van silikon (Si) veral op ‘n jong stadium, met die produk Cibusil, sal baie help om ‘n sterker plant te vorm. Silikon het geweldig baie voordele vir die plant, maar dit moet in plantbeskikbare vorme toegedien word. Cibusil bevat 55% beskikbare silikon. Silikon speel ‘n rol in lignienformasie wat kan help met die omval van koring. Silikon verminder die negatiewe effekte wat natrium (Na) het op plante en kan dus gebruik word in ‘n soutbestuursprogram.


2500 PMW = 76.9 kg/ha

Wins/(R/ha)

2000

1500 PMW = 78.0 kg/ha

1000

500

0 0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

100

110

120

130

140

150

Kg Ca(NO3)2 Wins 2014

Wins 2015

Figuur 3: Invloed van kalsium op koring met kalsium tekorte op blaarontledings

Drie: Pyp- en vlagblaarstadium

Aktiveer meer as 80 ensieme in die plant Produseer sellulose en help met die translokasie van suikers en stysel Verhoog vrug- en graangehalte

tiewe resultate waargeneem word waar fosfaat en kalium as ‘n mengsel in kombinasie met stikstof toegedien word. Daar is ‘n interaksie tussen dié drie makro-elemente en die toediening daarvan deurlopend in die groeiseisoen – in die regte verhouding – sal die beste invloed op opbrengs hê. Die ontrekkingkurwes in Figuur 4 toon dat kalium en fosfaat sterk benodig word in dié tydperk. Gebruik Opti Pot, Opti Top of Opti Balance tydens die fase om voldoende voeding te voorsien.

Verbeter weerstandbiedendheid teen siektes Help teen hitte- en kouespanning Bevorder die formasie van ATP wat ‘n energiebron is vir fotosintese en respirasie Hanteer droogtespanning beter deur die regulering van huidmondjies tydens transpirasie Belangrik vir soutbestuur veral teen natrium (Na)-spanning Verskeie proewe bewys dat daar posi-

Persentasie

Die vlagblaar kan gesien word as een van die belangrikste blare op ‘n koringplant en daarom moet voedingvoorsiening optimaal wees om die blaar te beskerm. Kalium speel ‘n kardinale rol op ‘n fisiologiese vlak in die plant en is dus ‘n essensiële element vir ‘n gesonde vlagblaar. Kalium is ‘n interessante element want dit vorm nie deel van die struktuur van die plant nie, maar bly reaktief in die ioniese vorm (K+). Kalium is die hoofkomponent van die sitosol van ‘n plantsel. Die sitosol is die vloeistof binne ’n plantsel wat tussen die organelle voorkom. Kalium speel dus ’n karnidale rol in meeste prosesse wat nodig is vir gesonde plantgroei. Hier is ‘n paar fisiologiese funksies van kalium:

100 90 80 70 60 50 40 30 20 10 0

Plant

Opkoms

Vroeë groei

N

Week 4

Stoel

P

Stamverskyning

K

Vlagblaar

Aarverskyning

Biomassa

Blom

Graanvul Fisiologies ryp

Water

Figuur 4: Biomassa, water en kunsmisopname van koring

Vier: Blom en Graanvul Dit is belangrik om nie momentum te verloor nader aan die einde nie. Die blom- en graanvulperiode is krities vir opbrengs en graangehalte. Klimaat speel ook ‘n rol tydens dié fase en bepaal ‘n groot deel van die potensiaal, maar die bestuur van voeding is net so belangrik. Stikstof is teen die einde gebruik om proteiëne te vorm, maar kalium en fosfaat is ook

noodsaaklik. Stikstof is net die boublok van aminosure, maar kalium is nodig om die ensieme wat die aminosure laat komplekseer, te aktiveer om proteiëne te vorm. Die fosfaat is die energiebron wat die proses laat dryf. Figuur 5 toon die invloed van ‘n kunsmismengsel teenoor enkel-stikstoftoedienings. Die gebruik van spesialis-blaarvoe-

dingsprodukte soos die Prince of Wales, wat kalsium en magnesium vir die plant voorsien, sal baie voordelig wees. Die produk sal help om spanning beter te hanteer, soos koue omstandighede, asook om chlorofilgesondheid te bevorder wat die fotosinteseproses stimuleer. Nog ‘n produk soos Legend 5 kan gebruik word om energie te verskaf vir koring tydens dié belang-

29


rike fase. Die verhouding van stikstof, fosfaat en kalium in die produk is net reg geformuleer om energie te genereer wat ‘n invloed het op graanvul en dus op skepelmassa en gehalte.

Die boor en molibdeen (Mo) wat ook toegedien word, sal ‘n groot rol speel op proteïensintese en die effektiewe benutting van stikstof wat ook ‘n effek het op proteïengehalte.

Ten slotte

120 Opbrengs

Proteien %

H LM

Dit is belangrik om te onthou dat voeding net ‘n deel van die gewasverbouingspraktyk is. Daar is baie ander faktore wat in ag geneem moet word, soos bewerking, saadbed, plantdiepte, kultivar, plantdatum, plantestand en water- en soutbestuur. As die potensiaal geskep is, kan ‘n volledige voedingsprogram die koring ondersteun om die volle potensiaal te bereik.

Persentasie teenoor kontrole

115

110

105

100

95

90 K 4.8 t/ha 8.1.3(20)SD

K 4.7 t/ha Ureum

K 5.7 t/ha Ureum/AS

K 9.25% 8.1.3(20)SD

K 13.4% Ureum

K 13.4% Ureum/AS

K 83 8.1.3(20)SD

K 87 Ureum

K 86 Ureum/AS

Vir meer inligting oor bemestingbeginsels op koring en ander gewasse, kontak vir SIDI of Jason Sparrow, 0828055177, jasons@sidip.co.za. *Erkenning aan Andre Prins

JHB 6626V/VODA

Figuur 5: Invloed van kunsmis na blom op koring

Save up to 30% on VoIP calls* Uncapped Broadband Connect Wireless Premium R

1499 PMx24 *

10Mbps Uncapped

Visit Vodacom Shop Kimberley for more information. Terms and conditions apply. Subject to VoIP terms & conditions. VoIP to VoIP calls are free on the Vodacom Network. VoIP rates apply. VoIP handset excluded. VoIP has a R32 activation fee, excl VAT. *30% saving only applies to VoIP calls. *Pricing 30 valid from 12 June 2018. Vodacom Shop Kimberley contact details: 0825119441

The future is exciting.

Ready?


Ons weet hoe die toekoms van pekanneute lyk. GWK Trading

GWK Pekanneute Die internasionale mark vra spesifiek vir GWK se pekanneute omdat ons bekend is vir konsekwente gehalte en lewering. Ons vennootskap met Kalahari Pecans is ‘n voorbeeld van hoe ons deurlopend nuwe maniere ontdek om ons boere se produk in die régte markte te verhandel. Deon Gerber 082 255 0901

Günter Hollenbach 082 883 9652

Merwe Grobbelaar 082 303 3497

31


GWK Agri Versekering Jaco Janse van Rensburg

Hoe om die probleem op te los Testament

Likiditeit en Versekering

Trust

Deel vyf:

Likiditeit en Versekering

Boedelbelasting

Hoekom moet ‘n boedel likied wees? Soos vroeër in die reeks uitgelig, is daar verskeie kostes, belastings en laste wat by afsterwe betaalbaar word. Indien ‘n boedel beredder word en daar is nie genoegsame likiditeit in die boedel nie, dan kan die eksekuteur genoodsaak word om van die boedelbates te verkoop om likiditeit te skep. Hiermee ‘n samevatting van bogenoemde uitgawes wat gewoonlik ter sprake kom by die bered-

32

Kapitaalwinsbelasting

dering van ‘n boedel: Boedelbelasting; Kapitaalwinsbelasting; Inkomstebelasting; Waardasiekostes; Eksekuteurskostes; Meestersgelde; Oordragkostes; Skuld. Hoe kan likiditeit in ‘n boedel geskep word? Daar is verskeie maniere waarop

likiditeit geskep kan word, naamlik: Die verkoop van boedelbates; ‘n Lewenspolis; Beleggings of kontant in die boedel; Die erfgename kan instaan vir die uitgawes; Wat is in die algemeen die beste en goedkoopste oplossing? Op die einde van die dag is daar nie ‘n kits-oplossing vir ‘n likiditeitstekort wat gratis is nie.


Lewensversekering is oor die algemeen die beste oplossing, want dit kan die tekort redelik vinnig aanspreek en dit bied ‘n groot mate van sekuriteit vir die beplanner. ‘n Lewenspolis het die volgende implikasies vir ‘n boedel: Onderhewig aan boedelbelasting; en Moontlike eksekuteursfooie. Die grootste oorwegings is egter of die beplanner nog versekering kan kry, dus versekerbaar is, en of die beplanner die premie van die lewenspolis kan bekostig. ‘n Ander argument wat soms gevolg word is dat die beplanner gekant is teen versekering en eerder die versekeringspremie op ‘n belegging wil plaas. Daar is niks fout met hierdie benadering nie, maar

die probleem is dat hierdie benadering baie meer onsekerheid bring en het die volgende implikasies vir ‘n boedel: Boedelbelasting; en Moontlike eksekuteursfooie; en Moontlike kapitaalwinsbelasting; en Markrisiko; en Persoonlike selfbeheer om nie die fondse te gebruik vir ‘n ander doel nie. Vergelyking van lewenspolis teenoor ‘n normale belegging ‘n Scenario is dat die beplanner se premie gelykblywend is teen R700 per maand vir R1,200,000 se lewensdekking en die lewensdekking het geen groei nie. Vir die beplanner om ‘n effektiewe

R1,000,000 uitbetaling te kry, gaan hy ‘n lewenspolis van R1,2000,000 moet uitneem, aangesien die ekstra R200,000 boedelbelasting is. Die algemene boedelbelastingvrystellings en kortings en eksekuteursfooi word nie in ag geneem nie. Veronderstel nou dat die beplanner die gelykblywende premie van R500 per maand eerder in ‘n gewone effektetrust-belegging belê met ‘n effektiewe opbrengs van 9% per jaar in die belegging, hoe lank sal die beplanner die R500 per maand moet belê om ‘n effektiewe R1,000,000 te hê? Die beleggingsopbrengs moet ongeveer R1,460,000 wees, want boedelbelasting sal ongeveer R292 000 wees en Kapitaalwinsbelasting sal ongeveer R171,000 wees. Vir ‘n belegging om R1,460,000 te behaal teen die voorgemelde aannames, sal dit ongeveer 35 jaar neem.

Ons het die einde van ons reeks oor boedelbeplanning in Kommuniek bereik. Moenie huiwer om ons span te skakel vir enige verdere inligting nie. Ek hanteer enige navrae by jacojvr@gwk.co.za // 053 298 8359

DEKALB®-innovasie ontsluit jou potensiaal

ES

OU SUKS

PLANT J

DEKALB® saad bied die genetika en innovasie vir jou oes terwyl jy kan staatmaak op al die ondersteuning en kundige advies wat jy benodig. Maak staat op DEKALB® ^ die innovasieleier.

MAIZE II

MAIZE

uppe marketing A18080/GWK

Kontak ons op: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Monsanto, DEKALB® Acceleron®, Roundup Ready® Maize 2 en YieldGard® Maize II is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

www.dekalb.co.za @DEKALB_SA DEKALB SA

33


LESERSFOTO'S As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za

Leanne Jansen sê in die vorige Kommuniek “wanneer ‘n kliënt oor ‘n maatskappy se uitsonderlike diens praat, moet GWK die eerste naam op hulle lippe wees”. Primêre Skool Prieska kan hierdie woorde oor GWK beaam. GWK lewer oor die jare heen al nie net ‘n diens aan kliënte nie, maar ook aan die gemeenskap, aan wie hulle borge en baie ander hulp verleen. Primêre Skool Prieska is ‘n skool waar leerders, personeel en ouers saamstaan om gereeld fondse in te samel vir projekte. Die primêre doel is om die skool se standaard te verhoog, asook op die skool se aansig te verbeter. Die skool is in die middel van Prieska geleë en ons fasiliteite word deur die gemeenskap gebruik vir vele funksies. Een van die projekte was om die skoolsaal se mure te verf en die blindings te vervang. Dit is juis toe ons in hierdie nood was dat ons GWK genader het en hulle ons verras het met ‘n bydrae vir die opgradering van die saal. Die binnekant van die saal het ‘n nuwe voorkoms gekry en die skoolgemeenskap is voorwaar baie trots daarop. Ons wil GWK en sy betrokke personeel hartlik bedank vir hierdie onbaatsugtige gebaar – dit word ongelooflik waardeer. - Me. Esterhuizen (Skoolhoof)

Winterkleure op die plaas Zeekoegat in die Smithfield-distrik. Foto's geneem en gestuur deur Charles Smith

34


AGRI LEOCPT/117312L/A

BESKERMING VIR JOU

PLAAS & NALATENSKAP In samewerking met makelaars, beskerm ons al vir meer as 100 jaar dit wat vir boere belangrik is. Deur middel van betroubare bate- en oesversekeringsoplossings kan ons jou help om die ongelooflike te doen. www.ominsure.co.za

Alle produkte word onderskryf deur Old Mutual Insure, ‘n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer (FDV 12)

35


GWK Trading Graan Madri Scheepers

Nuwe hoof vir

GWK Graan GWK Graan het onlangs ‘n nuwe leier verwelkom. Fritz Bartsch het Mei vanjaar deel van die GWK-familie geword en neem die verantwoordelikhede oor om hierdie afdeling te rat vir die toekoms in ‘n veranderende landbousektor. Bartsch is verantwoordelik vir die bestuur van die span spesialiste by GWK Graan, wat insluit die verkryging

36

van graanprodukte, asook Safex-verhandeling, bemarking en prysbestuur daarvan. Hy is ‘n boorling van Kimberley en het gematrikuleer aan Kimberley Boys High. Vandaar het hy ‘n Nasionale Diploma in Landbou verwerf by Glen Landboukollege net buite Bloemfontein en later deeltyds ‘n B.Com-graad deur UNISA verwerf terwyl hy reeds gewerk het. Hy is getroud met Christelle en hulle het drie seuns, Günter (14), Llewellyn (12) en JD (10). Hy is baie dankbaar vir sy familie se liefde en ondersteuning deur die jare en so ook met die nuwe uitdaging wat hy as Hoof van Graan by GWK aanpak. Bartsch is nog altyd betrokke in die graanbedryf by verskillende organisasies en posisies. Hy het sy loopbaan begin by Karoo Oranje Landboukoöperasie waar hy verskeie poste beklee het, tot by die bestuurder van graanbemarking voordat hy aangesluit het by NWK as assistentbestuurder van graanverkryging, en later senior graanhandelaar by NWK. Daarna is hy na Senwesko Voere (nou Nutri Feeds) as nasionale aankope-bestuurder. Dit het uiteindelik daartoe gelei hy by AFGRI in Centurion aangesluit het as as hul aankope-direkteur, voordat hy Mei vanjaar by GWK aangesluit het as Hoof van Graan. “My loopbaan, in verskeie fasette van graanverhandeling, verkryging, aankope en verskansing, strek sedert 1999 tot vandag oor ‘n wye verskeidenheid kommoditeite, plaaslik en

internasionaal, “sê hy. Volgens Tom Meintjes, Besturende Direkteur van GWK Trading, is dit juis oor hierdie ervaring dat Bartsch ‘n reuse aanwins vir GWK is. “Hy het baie jare se ondervinding in graanhandel deur sy ervaring by verskillende rolspelers in die landbousektor. Die bemarking en aankoop van graan, asook veevoergrondstowwe, is net ‘n paar van sy uitsonderlike kundighede,” sê Meintjes. “Ons wil hom en sy familie graag welkom heet by die GWK-span en sien uit na die pad wat voorlê.” Die groot trekpleister vir Bartsch na Douglas en spesifiek GWK, was die uitdagings en geleenthede wat bestaan in graanbemarking en aankope in die GWK-bedieningsarea. “GWK is gediversifiseerd in verskeie produkte en dienslewerings en is toonaangewend in die industrie,” voeg hy by. Sy visie vir die afdeling is om GWK Graan te groei tot ‘n leier in die industrie, wat voortdurend nuwe maniere soek om ‘n waardevolle diens te lewer regdeur die hele waardeketting. Dit is vir hom belangrik om vennootskappe met produsente te sluit wat welwaart skep vir almal deur ‘n omvattende diens te lewer met die beste bemarkingsaanbevelings en planne, innoverende produkte en kompeterende aftrekkings. Volgens hom kan suksesse net bereik word as hulle as ‘n span saam werk, nie as individue nie. Dit is vir hom belangrik om aanpasbaar te wees en die besigheid voortdurend te belyn met veranderings in die mark tot voordeel van vennootskappe. “Dit is wel nie net ek wat ‘n verskil gaan maak nie, maar my span.” In sy vrye tyd boer hy deeltyds met skape op Belmont tussen Kimberley en Hopetown en is lief vir die veld. “Dit is hier waar ‘n mens saligheid vind.” Soos die res van ons Noord-Kapenaars geniet hy ook ‘n braaivleisvuurtjie oor die naweek en tyd saam met sy gesin. Dit is nou wanneer hy nie ‘n bietjie gaan jag nie.


Kontak vir Jaco of Brenda vir die verkoop, verhuring of veiling van jou eiendom in die Noord-Kaap.

ORANJE LANDGOED , PRIESKA

PEKAN KWEKERY GEFOKUS OP HOE KWALITEIT KULTIVAR EGTE BOME GEL VERPAK OM HOE VAT PERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARRDE GEKWEEK IN PRIESKA - GESKIK VIR NOORD KAAP KLIMAAT FACEBOOK - ORANJE LANDGOED

KUTIVARS BESKIKBAAR

WICHITA , CHOCTAW , NAVAHO

VIR BESTELLINGS KONTAK - JOHN LOOCK SEL NR 0823302934 EPOS - ORANJELANDGOED@GMAIL.COM

37


GWK Agri Landboudienste Christopher Reid

katoentoer in australië Christopher Reid, GWK-landboukundige, het onlangs besoek aan Australië afgelê om te sien hoe die katoenbedryf daar lyk. Hy vertel meer. Water vervoersisteme gebruik om lande te vloed (grondkanale)

K atoen

is oral waar jy kyk. Ons slaap daarin, droog onsself daarmee af, draai ons liggame daarin toe - ons kook selfs daarmee. Dit is volhoubaar, gemeenskapsgesind, doeltreffend, veerkragtig, tegnologies gevorderd en 'n groot werkgewer vir Australiërs. Ongeveer 1 500 katoenfamilies strek van Emerald in die noorde van Queensland tot Griffith in Suidelike New South Wales en groei met trots die hoogste opbrengs, beste gehalte katoen in die wêreld. En hulle doen dit met minder water, minder chemikalieë en gesonder gronde as ooit tevore. Die gemiddelde Australiese katoenplaas is in familiebesit, skep direk werk vir 6-7 mense, word bestuur deur boere met 'n gemiddelde ouderdom van 39, en groei 495 hektaar gemiddelde

38

katoen wat 17% van die totale plaasoppervlakte insluit en afwissel met ander gewasse, insluitend koring, gars, kekerertjies en sorghum. Elke Australiër voed ongeveer 600 mense en verbou 93% van Australië se plaaslike voedsel. Die bruto waarde van Australiese landbouproduksie was in 2016/17 ongeveer $60 miljard. Australiese boere besit ook 48% van Australië se landmassa en streef daarna om volhoubaar te boer. Die boere het in 2013/14 -2015/16 hulle waterverbruik met 7% gesny en steeds ‘n 15% groei in ontwikkelende landbougrond getoon. 94% van alle Australiese boere behoort ook aan die NRM (Natural Resource Management)-strategie en is aktief betrokke. Australië het ‘n rekordaantal hektare geplant in

2011/2012 van byna 583 000 ha en het 5 miljoen lintbale geproduseer met ‘n totale bruto waarde van $3 miljard. Die toer Op Saterdag 28 April om 17:30 het 15 jong katoenboere van die aansluitingsvlug vanaf Dubai op Brisbane te lande gekom. Nadat ons deur sekuriteit is, is ons ontmoet deur Bill Dunlop, die toerleier. Dunlop is die algemene bestuurder van Santa Gertrudis Australia. Daarna het ons vertrek na die Royal On The Park-hotel in Brisbane. Die res van die aand was vry tot ons beskikking en ons het gaan eet in die stad. Dag 2: Vroegoggend het ons weer in die pad geval met die bus. Vanaf


Brisbane het ons die Lone Park Koala Sanctuary besoek op pad na Toowoomba. Hierdie besienswaardigheid is 18 ha groot en huisves ‘n groot hoeveelheid diere. Vandaar het ons weswaarts vertrek na die hoofdorp in die Darling Downs-gebied, Toowoomba. Hierdie dorp het ‘n tempratuur van 12 -26˚C en ‘n gemiddelde reënval van 581mm per jaar. Hierdie gebiede se reënval is baie wisselvallig en daar kan lang droë tye of baie nat tye voorkom. Dag 3: Toowoomba lê in die Darling Downs-gebied waar daar intensief

Selektiewe kamera spuit

gewas- en besproeiingpraktyke beoefen word met winter- sowel as somergewasse soos katoen-, sojaboon-, mielie- en sorghumaanplantings. Alle aanplantings in die gebied word spesifiek bepaal deur water- en wêreldpryse. Hierdie gebiede se gronde is turfgronde met ‘n kleipersentasie van tot 65%. Die meeste van die katoen word onder vloedbesproeiing verbou en hier en daar word van laterale spilpunte gebruik gemaak. Die boer wat ons besoek het, is Graham Clapham. Op die 1400ha-plaas word sorghum, sojas en katoen verbou met

vyf permante werkers waarvan almal familielede is. Ná die besoek is ons terug na die motel waar ons twee sessies gehad het met landboubesighede in Australië. Die een maatskappy is AgBiTech, ‘n maatskappy wat biologiese gifstowwe vervaardig. Hulle verskaf middels aan 69 lande en is besig om die mark in Suid-Afrika te ondersoek. Hierdie middel werk deur van ‘n virus gebruik te maak wat homself jaar ná jaar herleef in die grond en blare. Die bolwurm kom in aanraking met die virus en word so vernietig.

Katoenbale by Namoi-pluismeule

39


Ná die praatjie het Rick Kowitz, verteenwoordiger van Katoen Australië, ons meer vertel van die katoenindustrie in geheel, asook hulle myBMP (“my best management practices”)-program. Hierdie program is ‘n unieke bestuursmiddel om weerstand teen peste te voorkom. Kowitz het ook die biosekuriteit van katoen bespreek – om peste en siektes te bestuur binne Australië, asook om dié van buite te bekamp. Die laaste punt was Australië se besluit op GM-katoen en die aantal voordele wat die uitrol van Bollgaurd III getoon het in terme van insekte, siektes en weerstandbiedenheid. Dag 4: Hierdie dag het meestal gehandel oor hoe om die Helicoverpa (bolwurm) te bestuur, asook weerstand te voorkom. Hier het ons vir Wayne Saal ontmoet, ‘n droëlandboer met 16 200 ha grond. Hy plant meestal gars, katoen, kekerertjies en katoen. Katoenkultivars is Sikot 748, wat tot 5 ton/ha droëlandpotensiaal het. Tegnologie speel ‘n groot rol in Saal se boerdery en hy maak gebruik van selektiewe onkruidbeheer deur slegs te spuit wat nodig is. Hierdie spuit kan tot ‘n 95%-besparing op chemikalieë toon. Ons volgende besoek was aan Namoi-katoenpluismeule naby Goondiwindi. Hierdie was werklik ‘n indrukwekkende besoek. Namoi het die kapasiteit om 60 lintbale per uur te

Camera sprayer

40

Proclass katoenklas

Klaar verwerkte katoen lintbale

produseer. Hulle pluis 4 000 lintbale per dag en het stoorplek vir 150 000 lintbale. Namoi het verlede jaar 4 500 skeepvraghouers na China uitgevoer teen ‘n gemiddelde prys van $593 per baal. Die laaste besoek was aan Proclass, waar Jon Hurford die bestuurder is. Proclass is ‘n besigheid wat 65% van Australië se katoen klas deur gebruik te maak HVI-masjinerie. Hierdie masjiene bepaal die kleur, vesellengte, dikte, asook mikronair. Proclass klas 30 000 bale per dag. Hoewel Australië se katoenbale baie homogeen is, word slegs elke derde baal geklas. Dié besigheid het ook minstens vyf werknemers.

om te dien vir die vloedbesproeiing. Coulton gebruik ook die selektiewe onkruidbeheerspuit van 36m en kry tot 80% besparing op gif. Koring/gars word in gewasrotasie ingebring tesame met sorghum/kekerertjies. Katoen word ge-“no till” binne die koring/gars-reste. Hier word alle praktyke so bewerkstellig om besparing in water te verseker. Die volgende besoek was by ‘n boer met die naam Peter Weal. Weal boer op sowat 18 200 ha waarop daar hierdie jaar vir die eerste keer katoen geplant is. Volgende jaar beplan hy om 10 000 ha katoen te verbou. Hierdie boer het graansilo’s en stoorkapasiteit vir 40 000 ton. Met ons besoek was Weal besig om gars te plant met vier 24meterplanters, elk met die kapasiteit om 300 ha per dag te kan plant. ‘n Interessante feit is dat sy grootste land 10 km lank is. Hy poog dat elke werker minstens 1 000 ha alleen moet kan handhaaf en probeer om nie meer as vyf werkers te hê nie. Die middag het ons aangekom by Moree in die noordweste van New South Wales. Moree is geleë op die oewer van die Mehi-rivier en die area staan bekend vir sy ryk kleigronde en katoenverbouing. Moree het ‘n bevolking van 7 300 mense.

Dag 5: Vroegoggend het ons vertrek op pad na Moree. Will Coulton, ‘n jong boer van Goondiwindi, het ons ontmoet op ons roete. Coulton en sy pa besit 17 500 ha droëland en besproeiingsgrond. Die besproeiingsgrond is alles onder vloedbesproeiing. Katoen word op walletjies geplant en elke tweede walletjie word dan gevloed. Op hierdie plaas het Coulton slegs 11 permanente werkers. Hy pomp water vanaf die Gwydir-rivier tot in groot damme. Vanuit hierdie damme word die water vervoer deur grondkanale


Dag 6: Dit was werklik die hoogtepunt van die dag toe ons Brighann Cotton besoek het. Brighann is ‘n maatskappy met uitbreidings in China en Amerika. Hulle verskaf pluisdienste, stoorplek, vervoer en bemarking aan boere. Brighann-pluismeule is in privaatbesit en die boerdery bestaan uit 12 000 ha vloedbesproeiing, asook 15 000 ha droëlandgrond. Brighann verwerk en pluis 80% van hul eie katoen en het verlede jaar 120 000 lintbale geproduseer. Hulle streef daarna om goeie gehalte katoen te produseer omdat dit die grootste invloed op ginpersentasie het. Hulle het stoorkapasiteit vir 16 000 ton katoensaad. Brighann het ses permanente werkers en tien werkers op dagskof by die pluismeule. Die vloedbesproeiing word ook toegedien deur middel van grondkanale, en pompe met die kapasiteit van 120 megaliter per dag pomp water tot in groot 100 ha-damme.

betrekking tot katoen. Later die middag het ons CSD (Cotton Seed Distributors) besoek in Wee Wah. CSD is verantwoordelik vir al Australië se verskaffing van katoensaad en is tans besig met ‘n $90 miljoenuitbreiding. Hulle kan tot 150 ton saad per dag behandel en het stoorkapasiteit vir 20 000 ton saad. Op Saterdag 5 Mei het ons vanaf Moree na Sydney gevlieg, en daarna met aansluitingsvlug tot in Suid Afrika. Die meganisering van boerderye in Australië is merkwaardig, en hoewel daar groot verskille bestaan tussen hulle omstandighede en ons s’n plaaslik, was dit werklik verrykend om te kon leer hoe die Australiërs boerdery benader.

Namoi-pluismeule

Dag 7: Op die laaste dag het ons suid gereis na Narrabri, waar ons vir Dr. Robert Mensah ontmoet het. Mensah werk vir die Australian Cotton Research Institute (ACRI). Hierdie proefplaas is waar hulle nuwe kultivars ontwikkel, siektes navors en alle navorsing doen met Dam by Will Coulton om water te stoor

Peter Weal se silo's vir graan

Watervervoerstelsels

41


GWK Agri Landboudienste JC Jordaan

Koring en die koringtarief USA 60 941, 7%

Romania 112 277, 12%

Canada 27 841, 3%

Czech Republic 114 246, 15%

Germany 237 464, 26%

Poland 76 905, 8% Latvia 16 905, 2%

Ukraine 10896, 1%

Russia 182 961, 20%

Australia 24 679, 3% Argentina 35 613, 4%

Swaziland 2 529, 3% Namibia 9 362, 10%

Zambia 15 312, 16%

Mosambiek 2 992, 3%

Zimbabwe 25 204, 27% Botswana 19 168, 21%

Lesotho 18 326, 20%

Grafiek 1: Suid-Afrika se in- en uitvoere Bron: SAGIS (23 Mei 2018, koring in – en uitvoere 2017-18)

42

Koring as self en produksie, invoere en verwerking Koring word oor groot dele van die land verbou waarvan die Wes-Kaap (48,8%) die grootste produseerder is en Noord-Kaap 18% produseer. SuidAfrika was laas in 1988/90 in die gunstige posisie om genoeg koring te produseer vir die plaaslike mark, terwyl huidige produksie van koring in slegs 47% van die binnelandse behoefte kan voorsien. Suid-Afrika is ‘n groot invoerder van koring, terwyl ons grootste bron van koring Oos- en WesEuropa is. Slegs 3% van ingevoerde koring kom van Suid-Amerika en 16,8% vanaf Noord-Amerika. Die meeste van Suid-Afrika se koring word in Gauteng verwerk. Die plaaslike prysmededinging tussen grane is nie so streng soos op die internasionale prysmededingingsvlak nie. Die internasionale prys van mielies en koring volg egter ‘n baie nouer korrelasie (92%) omdat albei grane meeding in die voermark. Plaaslik kompeteer dit in ‘n mindere mate tot dieselfde mark, sowat 55% (Graan SA 2012). Die tydperk waar geen prysverhogings plaasgevind het in die invoertarief nie het meulenaars ook laat rondhardloop oor die grootskaalse voedselonsekerheid wat daardeur geskep is. Hierdie verandering het ook onsekerheid geskep by meulenaars oor die moontlike verandering in die inflasiekoers. Koring word van elf verskillende lande af ingevoer en ingevoerde koring word gemeng met plaaslike koring om in ‘n spesifieke meulbehoefte te voorsien, daardeur


Projeksie

600 550 500 450

US $ /ton

400 350 300 250 200 150 100 50 0 2007

2008

2009

2010

2011

2012

2013

2014

2015

2016

2017

Grafiek 2

word ‘n konstante poeierproduk vir bak voorsien aan die verbruiker. Volgens die meulenaarskamer se berekeninge beslaan die verhoogde invoertarief 38% van die koringprys. Die binnelandse produksie van koring het met 25% gedaal vanaf 2005/06 tot 2014/15 met ‘n gemiddeld van 1 857 000 ton per jaar, terwyl die vraag na koring en koringprodukte met 17% toegeneem het van 2 940 000 ton in 2005/06 na 3 443 000 ton in 2014/15 met ‘n gemiddeld van 3 254 000 ton per jaar. Verwagtinge is dat hierdie syfer gaan toeneem in die toekoms. Volgens BFAP se vooruitskatting sal plaaslike produksie van koring teen 2025 net meer as 1,7 miljoen ton wees – kwalik 44% van ons land se behoefte.

boere vir ontvang. Die vrye markbeginsel van hoër aanbod/laer prys of laer aanbod/hoër prys geld nie koringboere nie omdat die swak rand invoere ontmoedig het en ‘n sterk rand invoere bevoordeel. Die versterking van die rand het ‘n dalende invloed op koringpryse omdat die invoerpariteitsprys, waarop die plaaslike pryse gebaseer word, deur die wisselkoers afgedwing is. Daarteenoor het die versterkende rand nie dieselfde invloed op insetpryse gehad het nie. Soos in Grafiek 2 gesien kan word, handel die koringpryse teen ‘n stabiele prys en soos hierbo genoem gaan die pryse voortgaan om teen pariteitsprys te handel vir die toekoms

Die verwagte toename in aanvraag vir die volgende dekade word bereken op 0,5% per kop, terwyl ingevoerde koring teen 2025 2,4 miljoen ton gaan wees en as gevolg van die land se afhanklikheid van ingevoerde koring gaan pryse steeds teen invoerpariteit verhandel. Die wisselkoers sal ook in hierdie tydperk ‘n belangrike rol speel in die prysskommelinge (Koringfokus, 2016). Die wisselkoers het ‘n groot invloed met die bepaling van die koringprys. Suid-Afrika was is al vir wyle ‘n netto invoerder van koring en die gevolg was dat die plaaslike prys op invoerpariteit gebaseer word. Die rand se wisselkoers en nie binnelandse aanbod nie, het ‘n direkte invloed op die pryse wat

4 500

4 000

4 000

3 500

3 500

R/ton

2 500

2 500 2 000 2 000 1 500

1 500

Thousand tons

3 000

3 000

1 000

1 000

500

500 0

0 2002

2004 Production

2006

2008

2010

2012

Consumption

2014

2016 Imports

2018

2020 Safex

Grafiek 2 en 3: Suid-Afrika koringvraag en -aanbod en internasionale vergelyking

43


Hoe kan hierdie pariteitspryse gebruik word? Deur die pariteitspryse met Safexpryse te vergelyk kan daar vinnig vasgestel word waar die huidige plaaslike prysvlakke lê – of dit aan die hoë kant lê (invoerpariteitsvlakke) of indien dit laer lê (uitvoerpariteitsvlakke). Hierdie kan ook verdere aanduiding gee vir die risiko in die markte in terme van prysbewegings. In meeste gevalle as die pryse naby aan invoerpryse verhandel, is die kanse vir moontlike prysstygings beperk. Wanneer die pryse nader aan uitvoerpryse verhandel, is die moontlikheid van prysdalings weer beperk. Koring se nuut-verhoogde invoertarief het eers in Junie 2017 in werking getree nadat ‘n hofbevel Graan SA daartoe verplig het. Die invoertarief is verhoog van R 1 224,31/ton tot R 1 591,40/ton. ‘n Vertraging deur die staatsdepartemente tydens hierdie hofbevel het gelei tot ‘n semi-stilstand van plaaslike verhandeling in koring en verdere onsekerheid by produsente. Die plaaslike wisselvalligheid op koring het maar ‘n geringe uitwerking op die plaaslike pryse en dus verhandel koring teen invoerpariteitspryse. BFAP het in 2016 drie scenario’s vooruit geskep vir die moontlike alternatiewe in verband met die koringtarief:

volgens BFAP. Grafiek 3 toon verder dat daar ‘n afname in koringproduksie was terwyl verbruik toeneem en verder kan ook gesien word dat koring se pryse relatief stabiel reageer. Die invoertarief opgesom Die invoertarief-beginsel en -formule was in 1999 binne Suid-Afrika geïmplementeer deur die International Trade Administration Commission of South Africa (ITAC). Pariteitspryse word gewoonlik aangewend wanneer markanalises en prystendense bestudeer word. Hierdie dien ook as ‘n maatstaf en riglyn vir ‘n goeie tendens-analise, wat verder sal bydra tot beter besluitneming op bemarking. In- en uitvoerpariteitspryse is konsepte wat gebruik word wanneer daar verwys word na pryse van produkte wat van een bestemming na ‘n ander in-/uitgevoer word. In eenvoudiger terme, die invoerpariteitsprys is die prys wat die invoerder van die produk sal betaal as hy die produk op ‘n spesifieke plek afgelewer wil hê. Die uitvoerpariteitsprys is die pryse wat ontvang sal word wanneer ‘n produk na ‘n sekere bestemming uitgevoer word. Dit is ook die prys wat ontvang sal word en waarvan die kostes reeds afgetrek is. (Die kostes verbonde aan die invoer van produkte sluit in: Aankoopprys van die produk, vervoer-, hanterings-, finansierings- en versekeringskostes.)

General

EU

EFTA

Al die bogenoemde alternatiewe het invloede op die plattelandse gemeenskappe en moet in ag geneem word vir plaaslike produksie. Die koringtarief is ingestel om Suid-Afrikaanse produsente te help sodat hulle met die goedkoper ingevoerde koring kan meeding. Van al bogenoemde alternatiewe sou die afskaffing van die invoertarief die nadeligste uitwerking hê. Die invoertarief speel nie net ‘n rol vir produsente nie maar ook in die verbruiker se pryse. Die afgelope twee jaar het koring se prysrol in bruinbroodprys dieselfde gebly, terwyl die gemiddelde bruinbroodprys al hoe meer gestyg het. ‘n Verandering in die invoertarief het slegs ‘n klein invloed op die huidige broodpryse en daar bestaan nie ‘n huidige korrelasie tussen koringpryse en die broodprys nie. Die koringprys verteenwoordig wel 93c van ‘n brood se prys en die koringtarief word ook grootliks bepaal deur die wisselkoers en is onvermydelik. Soos genoem, kan gesien word dat hoewel die koringprys op sekere stadiums onderdruk was en gedaal het, toon die gemiddelde broodprys ‘n konstante toenemende prys vir die verbruiker. Tabel 1 verteenwoordig die kwota op koring en ander gewasse se invoe-

Minimum Market Access /

Rate of Duty on the FOB Price

Cereals & Oil Seeds

Date Published SADC

Minimum Mark Toegang Annual Quata / Jaarlikse Kwota

Extent of Rebate / Waarde van die Rabat

Maize / Mielies

Free / Vry

Free / Vry

Free / Vry

Free / Vry

2006/12/08

269 000t

Full duty less/ Vol tarief minus 10%

Wheat / Koring

R947.20/ton

*New EPA trade agreement - 300 000 ton import tariff free wheat from 1 Feb - 31 Oct

R947.20/ton

Free / Vry

2017/06/23

108 279t

Full duty less/ Vol tarief minus 14,40%

Barley / Gars

Free / Vry

Free / Vry

Free / Vry

Free / Vry

1997/09/19

N/A

N/A

Oats / Hawer

Free / Vry

Free / Vry

Free / Vry

Free / Vry

1997/11/26

N/A

N/A

Sorghum

3%

Free / Vry

3%

Free / Vry

2003/05/16

N/A

N/A

Soybeans / Sojabone

8%

Free / Vry

8%

Free / Vry

2001/11/16

N/A

N/A

Sunflower Seed / Sonneblomsaad

9,40%

Free / Vry

9,40%

Free / Vry

2004/01/01

N/A

N/A

Groundnuts / Grondbone

10%

Free / Vry

10%

Free / Vry

2003/10/21

N/A

N/A

Canola

10%

Free / Vry

10%

Free / Vry

01-Jan-05

N/A

N/A

Tabel 1: Koring in- en uitvoerooreenkoms

44

Instelling van ad valorem-tarief (werklike waarde van koring)

VSA-dollar as basis met Suid-Afrikaanse rand te vervang Afskaffing van die koringtarief


11,5

2,1

11

1,9

10,5

1,7

10

1,5

9,5

1,3

9

1,1

8,5

0,9

8

0,7

7,5 7

0,5

'08-'09

'09-'10

'10-'11

'11-'12

'12-'13

Pryse wat verbruikers betaal vir een witbrood

'13-'14

'14-'15

Afgelede prys wat boere vir 588g koring kry

Grafiek 4: Broodprys teenoor koringprys Bron: Graan SA

re en tariewe. Soos die ooreenkoms wat op 1 November 2016 in werking getree het, bepaal dit dat daar 300 000 ton Europese Unie (EU)-koring per jaar tariefvry ingevoer kan word – hierdie kwota verteenwoordig sowat 20% van Suid-Afrika se koringinvoer vir 2016/17. Volgens Dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en -bemarking by Graan SA, verwag hulle nie ernstige prysbewegings in koring met die nuwe invoertarief nie. Die voordeel is nog nooit in die koringprys weerspieël nie, maar net verder in die waardeketting. Koring mag slegs by die Walvisbaai-, Durban- en Richardsbaai-hawens deurgaan en slegs vir ‘n beperkte tydperk, naamlik 1 Februarie

Gepubliseer op 23 Junie 2017

Nuwe Tarief veroorsaak op 11 Julie 2017

9 Augustus 2016

11 Julie 2017

Basisprys Wêreld verwysingsprys (VSA HRW no 2 VAB - 3 weke skuiwende gem soos op): A

R189,67

R246,33

RSA oorspronklike verwysingsprys

R279,00

R279,00

Reg op koring in Dollar

R89,33

R32,67

Reg op koring in Rand voor aanpassing

R 1 199,35

R 444,30

Reële effektiewe wisselkoersindeks vir Jul 2016

0,79

0,8538

Reg op koring in Rand

R 947,49

R 379,34

R/$ wisselkoers

R 13,43

R 13,60

Tabel 2: Voorbeeld van HRW (Hard Red Winter) 1

2

3

4

5

6

7

8

9

Reg op koring

Reg op koring Voor aanpassing

10

11

12

13

Berekende tarief na aanpassing

Sneller tarief

Tarief gepubliseer

14

Vir die berekening van invoerreg US #2 HRW vab Monitorprys Week eindig

Weeklikse pryse

3 weke skuiwende gem.

Berekende Reg Basis prys

Afwykings van basisprys

Aantal weke wat die afwyking meer as VSA $10 is

Wisselkoers

Oorspronklike Verwysingsprys =B

REWK Inkeks

$/ton

$/ton

$/ton

$/ton

Weke

R/$

$/ton

$/ton

R/ton

R/ton

R/ton

2017/03/28

191

195,33

205,33

10

1

12,8447

294

98,67

1267,39

1190,19

1190,2

2017/04/04

192

192,33

205,33

13

2

13,8158

294

101,67

1404,65

1190,19

1190,2

3

2017/04/11

193

192

205,33

13,33

2017/04/18

189

191,33

205,33

14

R/ton

Reg Gepubliseer

13,8796

294

102

1415,72

1190,19

1190,2

13,3608

294

102,67

1371,75

1190,19

1190,2

2017/04/25

189

190,33

191,33

1

13,0596

294

103,67

1353,89

1371,75

1190,2

2017/05/02

206

194,67

191,33

-3,34

13,2827

294

99,33

1319,37

1371,75

1190,2

2017/05/09

198

197,67

191,33

-6,34

13,6653

294

96,33

1316,38

1371,75

1190,2

2017/05/16

196

200

191,33

-8,67

13,1097

294

94

1232,31

1371,75

1190,2

2017/05/23

200

198

191,33

-6,67

13,2763

294

96

1274,53

1371,75

1190,2

2017/05/30

201

199

191,33

-7,67

13,0161

294

95

1236,53

1371,75

1190,2

2017/06/06

209

203,33

191,33

-12

1

12,7677

294

90,67

1157,65

1371,75

1190,2

2017/06/13

223

211

191,33

-19,67

2

12,947

294

83

1061,96

1371,75

1190,2

2017/06/20

244

225,33

191,33

-34

3

12,9943

294

68,67

892,32

1371,75

1190,2

2017/06/27

229

232

189,67

-42,33

1

12,8429

279

47

603,62

0,8864

835,05

947,2

947,2

2017/07/04

256

243

189,67

-53,33

2

13,1819

279

36

474,55

0,8538

405,17

947,2

947,2

3

2017/07/11

254

246,33

189,67

-56,66

2017/07/18

230

246,67

246,33

-0,34

13,5996

279

32,67

444,3

0,8538

379,34

947,2

947,2

12,9288

279

32,33

417,99

0,8538

356,88

379,34

947,2

2017/07/25

220

234,67

246,33

11,66

1

12,9774

279

44,33

575,29

0,8538

491,18

379,34

947,2

2017/08/01

210

220

246,33

26,33

2

13,1918

279

59

778,32

0,8618

670,75

379,34

947,2

Datum gepubliseer

2017-03-31

2017-06-23

Tabel 3: Berekening van invoerreg vir koring

45


tot 31 Oktober. Die koringtariefmeganisme in SuidAfrika werk op ‘n tariefformule. Die belangrikste element in die formule is ‘n verwysingsprys wat deur die International Trade Administration Commission (ITAC) vasgestel word en in dollarterme as beskermingsvlak afgekondig word. Indien die HRW #2 (Hard Red Winter)-koring tot onder hierdie verwysingsprys daal, word die verskil as ‘n invoertarief vir ‘n bepaalde tyd ingestel totdat die HRW #2-prys weer bokant die vlak is soos aangestel. In 2013 was die koring verwysingsprysvlak $294. Die vraag is nou hoe word dit werklik bereken? Die verskil tussen die verwysingsprysvlak en drieweek-gemiddeld HRW #2 VAB word weekliks bereken. Indien die HRW #2 vir drie agtereenvolgende weke laer as $284/ton verhandel, sal die invoertarief ingestel word. Die tarief word ook omgeskakel na rand deur die rand/dollar-wisselkoers te gebruik van die dag wat die tarief vasgestel is. Wanneer hierdie afwyking meer as $10 beloop vir drie agtereenvolgende weke kan ‘n aansoek gedoen word sodat ‘n nuwe wêreldverwysingsprys bereken kan word. Enige belanghebbende party kan ‘n aansoek aan die Raad rig. Indien daar ‘n negatiewe syfer is, word daar geen tarief ingestel nie. Die oorspronklike verwysingsprys moet ná elke drie jaar hersien word. Ter voorbeeld, kyk na Tabel 2. Verdere voorbeeld Die HRW #2 VAB-prys was vir drie agtereenvolgende weke onder $284/ton, dus word invoertarief ingestel Die drieweek-gemiddeld HRW #2 VAB-prys is gelyk aan: $282/ton Die invoertarief word dus vasgestel op $/ton: $12/ton Die rand/dollar-wisselkoers is gelyk aan: R10.44/dollar Die invoertarief word dus vasgestel op R/ton: R125.30/ton Die tarief word weer aangepas sodra die drieweek-gemiddelde HRW #2 VAB-prys met meer as $10/ ton verskil van die bogenoemde prys.

46

Mededinging met lande waar koring onder aan gunstiger klimaatstoestande blootgestel is, bly sterk, veral met graadgehalte. In sommige van hierdie lande, soos in Europa, word een of ander soort ondersteuning altyd aan produsente verskaf, wat verder meebring dat Suid-Afrikaanse produsente beswaarlik sonder ‘n invoertarief kan meeding. REWK –Reële Effektiewe Wisselkoersindeks Berekende Tarief – Word nie dadelik geïmplementeer nie ( = Reg op koring voor aanpassing * REWK indeks) Sneller-tarief – Berekende tarief na die REWK-aanpassing, op die dag wat die tarief gesneller het, die nuwe tarief soos in Staatskoerante aangekondig word. Opsommend ‘n Sterker rand is nie wesenlik vir koring nie en ‘n swak rand het ook ‘n negatiewe invloed op insetpryse, hoewel historiese syfers toon dat die inkomstevoordele vir ‘n koringboer hoër is as die verhoging in wisselkoersgekoppelde uitgawes se pryse. Die koringtarief word ingestel indien die ingevoerde koring teen goedkoper ingevoer word as die koste daaraan om dit te produseer in Suid-Afrika en sodoende die produsente te motiveer om koring te kan aanplant en mededingend te maak teen hierdie ingevoerde koring. Koring se aantal hektare aangeplant het verminder, hoewel die vraag na koring toenemend groei. Koring se pryse sal moontlik dieselfde as invoerpariteitspryse bly as gevolg van die hoë aanvraag, dus sal pryse nie vinnig in die nabye toekoms groot pryse behaal nie. Bronnelys Die invloed van omgewingsveranderlikes op die werkskeppingspotensiaal van die landbousektor – Johannes Jurie Rautenbach (Oktober 1999) Dr. Phillip Theunissen - Die invloed van die sterk rand op koring Graan SA - Die koringtariefmeganisme in perspektief – Nico Hawkins (Desember 2011) Graan SA – Markvooruitsigte vir koring

(Februarie 2012) Graan SA – Graanmark – Die gebruik van pariteitspryse vir bemarkingsbesluite – Luan van der Walt Koringfokus – Sept/Okt 2016 – Vebruikers kry nei broodprys se voordeel in wagtyd nie Koringfokus – Sept/Okt 2016 – Invoerheffing se afskaffing kan wye (nadelige) gevolge hê Koringfokus – Jan/Feb 2017 Koringfokus Jan/Feb 2017 – Quality of the 2015/2016 season’s imported wheat – Jolanda Nortje (South African Grain Laboratory) Koringfokus – Hoofnuus – Koring – Vrae oor EPA se effek op pryse SAGIS – Koring invoerpariteit en tarief (2013,2014) SAGIS – Koring – week – in – exports – in – uitvoere – 2017-18 (23 Mei 2018) Review of the dollar – based domestic reference price and variable tariff formula for wheat – Report no.538 (Oktober 2016)


Maak jou drome ‘n werklikheid. GWK Meganisasie

Die tuiste van John Deere. By GWK Meganisasie is ons doel elke dag om jou boerdery makliker en meer effektief te maak sodat jy nie slegs daarvan hoef te droom nie. Van verkope en ondersteuning vir heelgoedere en onderdele, tot werkswinkels met kundige werktuig- kundiges en die nuutste AMS- en presisietegnologie: Ons is daar met ‘n oplossing. Heelgoedere: Vos Botha, 071 680 2796 | Hendri Lamprecht, 082 860 0250 Onderdele: Johan Buys, 082 885 9612 Werkswinkel en presisietoerusting: Chris Lewis, 082 805 4494 Presisie Landbou-oplossings: Jason Prince, 082 9061 671

47


GWK Farm Foods Wyn Madri Scheepers

Landzicht kry ‘n nuwe webtuiste

48

GWK

se L andzicht-wynkelders het oor die afgelope paar jaar bewys dat goeie wyn nie net in die Wes-Kaapse wynlande voorkom nie. Met ‘n reeks toekennings van gesogte wynskoue regoor Suid-Afrika het Landzicht-wyn al op ‘n paar geleenthede stof in die kompetisie se oë geskop. Een van die mees onlangse eerbewyse wat die kelder ontvang het, is by die Old Mutual Wine Trophy Show vanjaar, waar die 2016 Wit Muskadel aangewys is as die beste in Suid-Afrika. Verlede jaar was die 2015 Reserve Cabernet Sauvignon ook by hierdie skou as die beste in die land aangewys. Met ‘n wynreeks wat elke jaar uitbrei en die toevoeging van brandewyn en meer onlangs jenewer (gin) tot die kelder se produkte, is daar besluit om ‘n splinternuwe webtuiste vir Landzicht te ontwikkel. Hierdie webtuiste gee vir die kelder die geleentheid om aan die land, en die wêreld, die storie van Landzicht te vertel wat reeds oor 50 jaar strek. Vanwaar die kelder ontstaan het, hoekom die grond in dié deel van die land so geskik is vir wingerde en die uitsonderlike gehalte van die produkte wat hier gebottelleer word. Die span werk reeds die afgelope paar maande daaraan om die inhoud van die webtuiste gereed te kry sodat dit waardevol en gebruikersvriendelik is. Besoekers kan die hele produkreeks besigtig, wat die alombekende soetwyne, droë wit- en rooiwynreekse, asook die eksklusiewe brandewyn en jenewer (gin) insluit. Die wynreekse se smaakeienskappe word in diepte verduidelik om vir die besoekers ‘n idee te gee van wat om te verwag. Deur net


daardeur te lees kan jy amper dit proe! Die volgende blad neem jou na die kelder se indrukwekkende rits toekennings, wat net weer as ‘n bewys dien van die gehalte wat hier geproduseer word. Hierdie is die toekennings wat die wyne gewen het oor die laaste paar jaar by verskillende wynskoue in Suid-Afrika, soos SA Young Wines Awards Show, Veritas, Cappa Port and Wine Challenge, Michelangelo en Old Mutual Trophy Wine Show, om net ‘n paar te noem. Net vir ‘n tikkie ekstra waarde het die webtuiste het ook ‘n skakel na ‘n paar besienswaardighede in die streek soos die samevloeiing van die Oranje- en Vaariviere naby Douglas, Mokala Nasionale Park, die Groot Gat in Kimberley en vele meer. Meeste vakansiegangers is onbewus van die aktiwiteite en plekke wat besoek kan word in die ongerepte vlaktes van die Noord-Kaap. Met hierdie inligting kan toergroepe of families ‘n lekker roete beplan wat ‘n keldertoer en wynproe insluit saam met die res van hul Noord-Kaapse ervaring. Aan die einde van die blad is die kelder se adres en kontaknommers waar hul vir meer inligting gekontak kan word oor produkte en bestellings.

Landzicht Wit Muskadel die beste in SA Op 29 Mei vanjaar is Landzicht weer as Suid-Afrika se heel beste aangewys, dié keer met die Landzicht 2016 Wit Muskadel. Benewens hierdie prys, het ons wynkelder ook die volgende pryse verower: Landzicht Cape Ruby 2015: Silwer Landzicht Merlot 2017: Brons

Die webtuiste sal binne die volgende maand lewendig wees. Lees in die volgende Kommuniek meer oor hoekom ons wen-Muskadel so spesiaal is.

49


50


Ons mense Madri Scheepers

INHERENTE LIGGAAMSKONDISIE die verlore eienskap in beesteling

“Beesboere moet ‘n kopskuif maak.” So sê Johann Zietsman, wêreldbekende bees- en weidingskenner op die jaarlikse bees-inligtingsdag aangebied deur GWK Veilings by die veilingskrale in Kimberley. Zietsman, oorspronklik van Zimbabwe,het sy B.Sc graad in Veekunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Na die afloop van sy studies het hy drie jaar navorsing in Zimbabwe gedoen voordat hy met sy eie beesboerdery begin het. In daardie jare het hy

met een van slegs twee Beefmasterkuddes begin teel en boer. Hy teel ook later met Veldmasters, wat ‘n kruising is tussen Beefmaster, Nguni, Mashona en Boran. Hy het die hoogste gemiddelde prys vir sy bulle gehandhaaf in Zimbabwe vir 16 jaar opeenvolgend voor sy grond in 2002 onteien is. Daarna het hy begin met konsultasiewerk vir ander beesboerderye in Suider-Afrika, Australië, Verenigde State van Amerika, Mexiko, Colombië, Kanada en Brasilië. Sedert

2017 is hy in Zambië waar hy weer met beeste boer. Met sy jarelange ondervinding en kennis was Zietsman ‘n maklike keuse om as spreker op te tree. Hy het produsente uitgedaag om anders te dink en beesboerdery te vereenvoudig. Freddie Besselaar, raadslid van die Nguni-genootskap en Nguni-boer, vertel dat Zietsman dit werklik reg gekry het om die teorie en praktyk van beesboerdery bymekaar te bring en prakties in sy boerdery toe te pas.

51


“Hy is een van die min mense wat met gesag en ondervinding op die gebied kan praat,” sê Besselaar. Zietsman begin deur te sê dat beesboerdery te ingewikkeld geword het, dit moet vereenvoudig word. Waarneming in die veld is baie belangriker, maar dit gaan beteken dat boere ‘n kopskuif sal moet maak. Een voorbeeld hiervan is die belangrikheid van die seleksie van die regte diere: Nie net die swaarste of dié wat die vinnigste groei nie, maar die beste aangepaste bees. Hy noem dat meeste produsente produksie per dier meet en nie per hektaar nie. Dit beteken dat daar altyd groter diere geselekteer word wat meer melk het en vinniger groei, maar baie meer insette benodig,

veral voer. “Ons teel nie beeste wat doeltreffend is nie. Dit moet oorlewing van die tááiste wees en nie die móóiste nie,” sê hy. Hy praat verder oor die belangrikheid daarvan om diere te kies op grond van volwassenheid en nie gewig nie. Volgens hom is dit beter om ‘n koei wat ligter is maar 60% volwassenheid bereik het by ‘n bul te sit as een wat net op ‘n swaarder gewig gekies is en nie die 60%-kerf bereik het nie. Gewigstoename is nie ‘n aanwyser van doeltreffendheid nie. Diere moet in verhouding tot hul grootte groei om ewe doeltreffend te wees. Zietsman het aan die gehoor die belangrike komponente vir ‘n veldproduktiewe bees uitgelig, naamlik: vinnige relatiewe groei in verhouding tot grootte praktiese vrugbaarheid en nie akademiese vrugbaarheid nie optimale hoeveelheid melk goeie vleis-tot-been-verhouding en bestuursgemak Oor die laasgenoemde punt verduidelik hy dat jy wil beeste hê wat maklik bestuur word en maklik kalf. Elkeen van hierdie punte is deeglik bespreek voor hy aanbeweeg het na hoëdrukbeweiding. Hier noem hy dat oorbeweiding ‘n faktor van tyd is en nie die getal diere nie. Dit gaan oor hoe lank hul op die veld is en die tydperk wat die veld rus, nie die aantal diere nie. Rusperiodes gaan afhang van die tipe veld en of daar droogtes was. Deur sy jare ondervinding in verskeie dele van die wêreld sê hy dat die drakrag van die veld gemiddeld met twee tot vier keer verhoog kan word. In sommige plekke veel meer en in ander minder, maar almal kan minstens verdubbel. ‘n Gevolg hiervan is dat sodra die diere gedruk word om nie-selektief te wei, hul uiteraard die swakker grasse ook sal eet en daarom sal die produk-

52

sie per dier afneem. Die afname hang hoofsaaklik af van die genetika en die bestuur wat toegepas word. Hy sê met die regte bestuur- en telingspraktyke kan die afname verminder word. Selfs teen ‘n afname in liggaamskondisie en vrugbaarheid, sal jy meer geld maak as jou drakrag hoër is. “As jou speenpersentasie op konvensionele drakrag 90% is en jy verdubbel jou drakrag en die speenpersentasie kom af na 70%, wat ‘n baie lae persentasie is, is dit die ekwivalent van 140%. Ons moet net anders daarna kyk,” sê hy. Voorts sê hy dat hy natuurlik nie tevrede is om ‘n lae speenpersentasie te handhaaf nie. Vir daardie rede is dit belangrik om die regte bestuuren teelpraktyke toe te pas om die persentasie steeds by 90% te hou, tesame met ‘n verhoging van drakrag van twee tot vier keer meer as die konvensionele drakrag. Hy het die beste praktyke verduidelik om afnames te bestuur en lig die volgende punte van belang uit: Hoë inherente liggaamskondisie beeste wat makliker vet word en Afrika-rasse korter herstelperiode op suurveld kalf op groen gras rumen-stimulante – belangrik om die bees te help om gras beter te verteer en inname te verhoog viermaande-speenperiodes Volgens Frans Lubbe, Direksielid van GWK, is dae soos hierdie van uiterse belang vir produsente. “Ten einde volhoubaar met beeste te boer, is die seleksie van diere en die optimale benutting en verbetering van natuurlike weiding absoluut noodsaaklik,” sê hy. Zietsman se toespraak is positief ontvang en van die produsente het selfs opvolggesprekke met hom versoek. Vir diegene wat nie die dag kon bywoon nie of meer inligting oor toekomstige dae wil hê, kan vir GWK Veilings kontak. Zietsman het ook ‘n boek oor sy ervarings in beesboerdery geskryf genaamd Man, Cattle and Veld waar produsente meer inligting kan kry.


53


Innoverend Genetika Kwaliteit

Die alles-in-een-saadverskaffer Tornado

Sentinel*

• Medium-vroeë volwassenheid • Ovaalvormig • Uitstekende opbrengspotensiaal • Geskik vir oopland produksie • Gemiddelde vrugmassa tussen 12 tot 15 kg

• Ovaalvormig • Groeikragtige Crimson/All Sweet tipe • Medium-laat volwassenheid • Gemiddelde vrugmassa tussen 10 tot 13 kg

Shockwave*

Karoo Dew*

• Ovaalronde vrug • Brix +-12 • Gemiddelde vrugmassa tussen 2 tot 2,4 kg • Klein saadholte • Diep oranje kleur

• Honeydew tipe spanspek • Baie goeie setvermoë • Goeie blaarbedekking • Klein saadholte • Mooi groot vrugte • Gemiddelde vrugmassa tussen 1,8 tot 2,5 kg

*Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie. Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za Verdien gratis

54

AgriBonus-punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.


Ons spesialiste Madri Scheepers

‘n Noord-K apenaar in murg en been met ‘n tasbare liefde vir landbou. GWK se Hoof van Handel, Vivien Viviers is ‘n ou bekende in GWK en die NoordKaap. Hy werk reeds die afgelope 15 jaar by GWK, waar hy begin het as takbestuurder van die handelstak op Barkly-Wes. Daarna was hy die Streeksbestuurder van die noordelike streek, voordat hy bevorder is tot die Hoof van Handel vroeër vanjaar. Viviers is op Kakamas gebore en het gematrikuleer aan Hoërskool Upington. Ná skool het hy ‘n nasionale

diploma in bemarking verwerf aan die Technikon van die Vrystaat en daarna deeltyds ‘n BTech-graad in bemarking voltooi aan die Technikon van SuidAfrika. In 2003 voltooi hy sy MBA deur die Universiteit van die Vrystaat. Meeste van Viviers se werksondervinding oor die jare was in die landbousektor, en meer spesifiek die kleinhandelomgewing. Dit is opmerklik om te sien dat landbou in sy are vloei en dat mense vir hom belangrik is – ons produsente, maar ook personeel. As Hoof van GWK Handel is hy

verantwoordelik vir nege handelstakke en vier franchise-takke, drie diens stasies en die sentrale-aankopeafdeling met meer as 350 permanente werknemers. Die handelsafdeling hanteer jaarliks 19 000 tot 20 000 voorraadlyne, wat beteken dat daar ‘n reuse verantwoordelikheid rus op die hoof van die afdeling. Hoewel hierdie geen klein taak is nie, sien Viviers sy rol as leier nie net as die bestuur van lyne, syfers en hoeveelhede nie, maar om sy span suksesvol in die regte rigting te lei. “My span moet elke dag die nor-

55


male manier van doen en dink uitdaag,” sê hy. “Elke dag buite die boks met vars en nuwe idees werk.” Nog ‘n belangrike element vir Viviers is dat daar ‘n omgewing geskep moet word binne die werksplek waar personeel verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vrywillig aanvaar, en nie omdat die maatskappy dit vereis nie. Eksterne sowel as interne kliëntediens wat op vertroue gebou is, is van uiterse belang. Kliënte moet vertroue hê dat die beste diens en produkte altyd beskikbaar sal wees en personeel moet weet dat daar na hulle belange omgesien word. Kliëntediens oor só ‘n wye streek is iets waaraan daar daagliks gewerk moet word, maar volgens Viviers is dit beslis die moeite werd. Soos hy sê, daar is steeds geen lekkerder ervaring as ‘n tevrede kliënt nie. Volgens Viviers is van die afdeling se uitdagings om die ongeveer 400 permanente en tydelike werkernemers voltyds gemotiveerd en gefokus te hou. Omdat sekere dele van die besigheid 24 uur ‘n dag handel dryf, is dit veral ‘n uitdaging om personeel te kry wat by daardie omstandighede kan aapas. Daardie persone moet ook die nodige kundigheid hê en met baie plaasjapies wat die platteland verlaat, raak die werwing van die regte personeel ‘n uitdaging. Die grootste uitdaging is egter om te verseker dat die regte voorraad teen die regte pryse aangebied word, van Vanwyksvlei in die suide tot Magogong in die noorde. Hoewel daar uitdagings is soos in enige besigheid, is daar in die afgelope jaar ook ‘n paar suksesse behaal. Eerstens was dit ‘n groot hoogtepunt om op begroting af te sluit in die huidige ekonomiese omstandighede. Upington Truckstop het van 300 000 liter tot 600 000 liter per maand in een jaar gegroei. Die KOOP-program is suksesvol geïmplementeer. (Dié program verseker dat voorraad betyds bestel word as die voorraadvlakke ‘n sekere punt bereik.) Vir die afgelope vier maande in dié pos was Viviers se fokus hoofsaaklik op die afhandeling van die nuwe finansiële jaar se begroting wat bestaan uit meer as 60 afdelings en 1 500 lyne wat noukeurig lyn vir lyn met die verskillende bestuurders deurgegaan is. Hy en die span het bande met verskaffers gebou om geleenthede te skep en daar is met brandstofverskaffers

56

onderhandel om altyd seker te maak dat die beste produk teen die beste prys aangebied kan word vir ons produsente. Oor die toekomsplanne sê hy, “ek droom oor die besigheid en hoe om dit strategiese rigting te gee.” Hy sê dat daar na nuwe maniere gekyk moet word om die besigheid te groei, deur te kyk na produkte wat nie normaalweg by handelstakke aangebied word nie. Hy noem moontlikhede soos boumateriaal en DIY-produkte, sonder om die basis van GWK se bestaan, ons produsente, af te skeep. Hulle beplan ook om die sinergieë tussen die ander besighede te ontgin en benut om geleenthede vir groei te skep. Die totale brandstofbesigheid gaan ondersoek word in die nuwe finansiële jaar. Viviers sê dat hierdie ‘n lonende besigheid bly vir GWK omdat dit ‘n gesonde kontantvloei bevorder. Die franchise-model van die handelstakke is suksesvol getoets en lewer goeie resultate, daarom sal daar moontlik in die toekoms gekyk word om die model uit te rol na ander areas. Met so ‘n besige skedule en baie tyd op die pad tussen besighede, sê Viviers hy geniet dit om by die huis te wees. “Ek wil by die huis wees, saam met my mense. Ek geniet dit om te braai of kos te maak, maar onthaal nie graag nie, daardie is my vrou se werk,” sê hy. Hy het sy vrou Romaria eers laat in die lewe ontmoet en is op 37 getroud. Hulle het twee seuns, Hanré en Estian, en soos hy sê “uiteindelik” ‘n dogtertjie, Mariane. Viviers sê om met produsente te werk, is iets wat hy baie mis noudat hy die hoof van die afdeling is. Hy kry nie meer soveel geleentheid om direk met hulle in kontak te wees nie, maar is gelukkig nou in die posisie om vir takbestuurders en personeel te herinner aan die waarde van goeie kliënteverhoudings. Hy sê dit is lekker om ‘n oproep te kry van ‘n produsent en ‘n bestelling te ontvang, of selfs net op die plaas rond te ry. Soms sal iemand bel om sommer net te spog met die duim reën op die plaas gisteraand, of die koedoe met die drie-draai wat hy geskiet het. “Hierdie gemaklike interaksie met produsente behoort deur takbestuurders ontgin en gekoester te word.”


Laat ons jou help om jou produkte van die plaas tot by die verbruiker te kry. GWK Vleis

Groblershoop Abattoir Kobus Buys 083 659 5458

Tristar Custom Feeders Albert Botes 073 282 2492

De Aar Abattoir Kevin Vermaak 063 199 2227

Landbou-adviseur (Weidingsbestuur): Riaan Dames 084 273 8666

Afrekeningstate De Aar Elizna Louw / Leandri Myburgh 053 298 8200

FinansiĂŤle Administrasie Afrekeningstate Groblershoop Lorraine Reichert 054 833 0041

Groblershoop Voerfabriek Francois Marais 071 680 0295

Beeswerwing en verslagtingsbesprekings Anel Muller 071 017 0182

Ons hanteer jou produk asof dit ons eie is. Met sorg. GWK Graanbemarking

Hoof van Graan: Fritz Bartsch | 053 298 8426 Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736

Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705

Bedryfshoof: Graanaankope (Hopetown) Steven Storey 082 906 1676

Bedryfshoof: Graanaankope (Luckhoff) Japie Nortje 071 680 1046

Bedryfshoof: Graanaankope (Prieska / Marydale) Hendrikus Keulder 071 633 8881

Bedryfshoof: Graanaankope (Barkly-Wes / Hartsvallei) Ludvic Flemming 079 698 4936

Bedryfshoof: Graanaankope (Modderrivier) Helena Pool 079 502 5859

Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Kaap) Eben Vermeulen 082 881 1926

Bedryfshoof: Graanaankope (Jan Kempdorp / Magogong) Nic Nortje 072 613 0917

Bedryfshoof: Graanaankope (Douglas) Jaco Voges 082 883 9433 Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Vrystaat) Esperansza van der Walt 082 805 9911

57


Hugo Bezuidenhout SANparke

DROOGTE EN MENSE SE BEGRIP DAARVAN:

‘N TYDSPERSEPSIE?

Die huidige droogte in ons land is in sommige dele van die Vrystaat en Wes-Transvaal tydelik gebreek, maar in ander plekke soos Calvinia en groot dele van die Wes-Kaap is dit steeds ‘n uitmergelende situasie. “Droogte”

beteken vir verskillende mense veskillende dinge. Maer en honger diere, mielies wat nie ontkiem nie en net hier en daar kniehoogte staan, of die rooi warrelwind wat oor die kaal vaktes jaag. Ander voel aan die beursie as die vragmotor stop met lusern vir die wild. Hoe dit ook al sy, die assosiasie is allesbehalwe positief. Droogte is egter nie ‘n produk van die twintigste eeu nie – dit is beslis deel van die natuur se siklusse waaroor die mens geen direkte beheer het nie. Maar wat wel ‘n produk van die twintigste eeu is, is die vergroting van die bevolking, swak boerderypraktyke wat lei tot veld-degradering en gevolglike verlies aan weiding vir diere. Om van die groter prentjie, soos die invloed van besoedeling op die klimaat, nie eens te praat nie. Om te illustreer dat daar reeds vir baie jare gestoei word met hierdie konsep, lees ek die Landbouweekblad van 8 Februarie 1966. Daarin is ‘n artikel van Dr. J.J.P. (Koos) van Wyk oor “hoe het die droogte die samestelling en draagkrag van die veld in sekere dele van die Bosveld beïnvloed en hoe vinnig kan die veld weer herstel?” Ironies, of dalk nie, is die voorblad ‘n pragtige

58

skilderstuk van ‘n produsent besig om sy heerlike, soet appelkose in die son te droog. So waar die een groep skep, kry die ander swaar! Dit mag vir groot dele in Suid-Afrika voel en lyk asof die droogte gebreek is. Vir die veld (plantegroei en bodem) om egter te herstel van drie of vier droogtejare, gaan twee of drie maande se goeie reën nie onmiddellik ‘n verskil maak nie. In opvolgende wetenskaplike artikels van Van Wyk en mede-outeurs word daar die volgende stellings gemaak: “Die langdurige droogte van 1961 tot 1966 het 'n uiters nadelige invloed op die plantegroei van die Soetbosveld (gebied rondom Thabazimbi) gehad. Die grasbedekking is in sekere dele feitlik geheel en al uitgewis, terwyl heelwat bome ook van droogte dood of beskadig is. Gedurende 1961 tot 1966 was die reënval besonder laag in vergelyking met die normale” (Figuur 1). Interessant genoeg het Thabazimbi in 2017 volgens die Suid-Afrikaanse Weerdienste (SAWD) nóg minder reën gekry as in die 1960-dekade (Figure 1 en 2). Dit het gelei tot vrae en bespreking of daar nog kiemkragtige saad in die grond se saadbank oor was. En

sal die bosveld se bome en struike ooit weer herstel? Die foto’s wat saam met die inligting gepubliseer is, het ‘n tipiese Bosveldlandskap gewys met baie bosse (struike en bome) maar geen grasse of kruidagtige bossies nie. Nou, ná meer as 50 jaar, kan ‘n mens terugkyk en is die antwoord eintlik baie maklik en eenvoudig. Ja, daar is nog grasse (smaaklike en onsmaaklike) en kruidagtige bossies in die Bosveld, en die Bosveld ís nog Bosveld. Ek werk in drie Nasionale Parke wat in die Bosveld geleë is, nl. Kruger, Mapungubwe en Marakele, en oor die 26 jaar van navorsing daar was daar soms die uitsonderlike jaar of twee waar daar baie min of geen grasse en/of kruidagtige bossies voorgekom het nie. Tydens ander jare het van die bladhoudende struike selfs blare afgegooi in ‘n poging om te oorleef, ook die fynblaar-doringbome wat blare en punttakkies afgooi. het oorleef. Die afsterf van meerjarige houtagtige plantspesies kan egter ook veroorsaak word deur ouderdom en ander faktore, soos vuur en tipe beweiding. Tydens sulke dramatiese gebeure soos erge droogte is die mens geneig om daarna vanuit die oogpunt van sy


800 700 REËNVAL (mm)

600 500 400 300 200 100 0 1960/61

1961/62

1962/63

1963/64

1964/65

1965/66

1966/67

JAAR

Figuur 1: Reënval per seisoen jaar. 1200 1000 REËNVAL (mm)

800 600 400 200

2011/12

2014/15

2005/06 2008/09

2002/03

1996/97

1999/00

1993/94

1987/88

1990/91

1981/82

1984/85

1975/76

1978/79

1972/73

1966/67

1969/70

1960/61 1963/64

1957/58

1951/52

1954/55

1948/49

1945/46

1939/40

1942/43

0 1936/37

eie klein wêreldjie te kyk en word die groter prentjie, met leidrade van die natuur, misgekyk. Hierdie klein wêreldjie bestaan vir die produsent en selfs ook vir ons by SANParke uit ‘n toegespande stuk grond, waar SANParke natuurbewaring doen en die produsent genoeg voedsel moet produseer sodat daar ‘n inkomste is. Die grond moet volhoubaar bestuur kan word en ten spyte van die verrassing (droogte, vloede en siektes) van die natuur kan bly produseer. Die droogte in Suid-Afrika word soms uit konteks gehaal want die groter prentjie en belangrike ekologiese prosesse en patrone word misgekyk. Die belangrikste vraag is seker of ons as mens die natuur volhoubaar bestuur, of gryp ons elke geleentheid aan om die omgewing uit te buit deur ‘n stuk grond om te ploeg, of ‘n stuk veld oor te bewei, of nog erger, deur die swak beplande gebruik van chemiese stowwe om plantverdigting te bekamp? In die droogtetye word hierdie swak besluite baie keer beklemtoom en dan word die droogte daarvoor blameer. Wanneer daar na “lang”-termyn reënval gekyk word, moet ‘n vraagteken gesit word oor die begrip “langtermyn”. In Suid-Afrika is daar baie selde meer as 100 jaar se reënval, wat kort is in terme van die bestaan van die aarde (2018). Reënval- en ander relevante klimaatsdata word deur twee nasionale staatsinstellings versamel. Die mees bekende, wat ons gereeld elke aand net ná die nuus van die dag op nasionale TV sien, is die Suid-Afrikaanse Weerdienste (SAWD, of in Engels SAWS), wat hom hoofsaaklik toespits op nasionale en selfs internasionale insameling van klimaatsdata en op weervoorspellings van nasionale en internasionale belang. Dan is daar die LandbouNavorsingsraad (LNR, oftewel ARC), wat hulle meestal daarop toespits om goeie betroubare klimaatsdata aan die landbougemeenskap te kan gee. Droogte is deel van Suid-Afrika se groter klimaat en elke klompie jare, soms vyf tot tien, is daar droë tydperke wat dan weer gevolg word deur natter jare. Binne hierdie tydperke kan daar ook seisoenale variasie tussen nat en droog wees. Soms is hierdie droogtes tot die voordeel van die natuur en het dit ‘n “skoonmaak”-geleentheid vir die natuur geskep. Soms skep dit vir plantspesies wat gewoonlik nie ‘n kans staan nie, ‘n geleentheid om te kompeteer met die vinnige reaksies van sekere houtagtige plantspesies. ‘n Voorbeeld hiervan is dat baie bolplante wat nie gewoonlik volop is nie, die laaste twee jaar in groot getalle oral in die land te voorskyn gekom het. Wat die Bosveld en sy verlore saad waarmee die artikel begin is betref, het droogtes gekom en gegaan. Sade hoef nie noodwendig in die grond te wees nie – dit kan van die digte boskasie (wat soms as sg. indringerplante beskou word) langs die oop stuk oorbeweide veld kom, met water of met wind. Dit kan ook deur diere versprei word en verder kan sommige van die sade vir jare oorleef en wag vir gunstige toestande. As ons almal as natuurbewaarders optree en volhoubaar en kundig produseer, sal die droogte en die nat jare nie sulke rampspoedige gevolge op ons en die natuur hê nie. Die natuur is egter altyd onvoorspelbaar en glad nie so eenvoudig soos wat dit soms uitmekaar gehaal word nie. Dit het komplekse en ingewikkelde patrone en ‘n mens moet versigtig wees om oor drie tot vyf jaar (korttermyn) gevolgtrekkings te maak.

REËNVALSEISOEN

Figuur 2: Reën van 80 jaar (1936-2016) vir Thabazimbi Suid Afrikaanse Weerdienste stasie. Verwysings: Van Wyk, J.J.P., 1967. Ekologicse studies in verband met die agteruitgang en rehabilitasie van die grasbedekking in die laer Krokodilriviervallei Noordwes van Thabazimbi. S.A. Tydskrif vir Geneeskunde 41, 1248-53. Van Wyk, J.J.P., Bosch, O.J.H. & Kruger, J.A., 1969. Drought damage to bushveld trees and large shrubs. Grassland Soc S Afr Proc, vol. 4, pp. 61-65, 1969, 4, pp.61–65.

59


Leefstyl Madri Scheepers

Wat is veilig vir jou

viervoetvriend? bron: www.pets.webmd.com | www.petmd.com

As daardie groot oë jou aankyk terwyl jy aan ‘n lekker bord kos smul, kan dit soms moeilik wees om nee te sê en nie vir Wagter ‘n happie daarvan te gee nie. Terwyl ons net goed bedoel, kan baie van die kos wat ons eet egter nadelige gevolge hê vir ons honde – gevolge waarvan ons heel onbewus is. Hierdie kosse is nie net sleg vir hul gewig nie, maar kan ernstige siektes en kwale tot gevolg hê. Eerstens is die belangrikste om te sorg dat jou hond ‘n gesonde, gebalanseerde dieet volg deur goeie gehalte kos en vars water daagliks te voorsien. Lekkernye behoort slegs 10% van jou hond se dieet uit te maak. Kom ons hou ons beste (viervoet)vriende gesond deur te kyk na kossoorte wat gevaarlik is, asook ‘n paar gesonde alternatiewe. Dit kan dalk net help om hom gesonder te hou en selfs ‘n paar jaar langer te spaar om jou vloere vuil te trap en luilekker middagslapies op die bank te vat.

60

Wat is ‘n huis sonder ‘n paar hondehare op die bank? Xylitol Kougom, tandepasta, gebak soos koeke, kolwyntjies ensovoorts, asook sommige dieetkosse, is versoet met xylitol. Dit kan jou hond se bloedsuiker verlaag en kan ook lewerversaking veroorsaak. Avokado Hierdie vrug bevat ‘n bestanddeel (persin) wat gevaarlik is vir honde. Te veel hiervan kan naarheid en diarree veroorsaak in honde. As jy ‘n avokadoboom by die huis het ,wees versigtig, want die pit kan die hond se maag of derms verstop wat noodlotting kan wees. Alkohol Alkohol het dieselfde uitwerking op ‘n hond se lewer en brein as op mense, maar dit vat veel minder om skade aan te rig. Net ‘n klein hoeveelheid kan naarheid, diarree, probleme met koördinasie en asemhaling, en selfs dood veroorsaak.


Uie en knoffel Rou, gaar, gepoeier of gedroogte vorms hiervan is baie gevaarlik vir jou hond. Dit kan rooibloedselle vernietig, wat anemie veroorsaak. Meeste van ons gebruik dit in ons kos, so dink twee keer voor jy jou oorskiet vir jou hondekinders uitkrap.

Sekere vrugte en groente kan rou gevoer word om die voedingswaarde te behou (dit is nou as Wagter dit só sal geniet). Maak altyd seker dat jy die pitte verwyder van vrugte en groente. Spoel dit af met water en sny in kleiner porsies wat maklik geeët kan word. Hier is ‘n paar gesonde alternatiewe:

Koffie, tee, ander kaffeïene en suiker Hierdie kan noodlottig wees: Hou jou hond weg van koffie, tee, energiedrankies, koeldranke, cocoa, sjokolade en alle lekkers. Kaffeïene kom ook voor in sekere verkouemedikasie en hoofpynpille. Druiwe en rosyntjies Druiwe en rosyntjies kan nierversaking veroorsaak in honde. Selfs ‘n klein hoeveelheid kan jou hond siek maak.

Vleis – sonder vet en bene, verkieslik goed gaargemaak Appels Lemoene Piesangs Waatlemoen Aarbeie Wortels Groenboontjies Komkommer Murgpampoentjies Gaar aartappel en patats Gekookte witrys en pasta

Vrugte met groot pitte Vrugte soos perskes, kersies en pruime kan gevaarlik wees. Behalwe dat jou hond kan verstik aan die pit, bevat die pit in sekere gevalle giftige stowwe.

Raadpleeg sover moontlik jou veearts as jy onseker is oor wat die beste opsies vir jou hond is.

Neute Hoofsaaklik makadamia-neute. Hou jou hond weg hiervan, asook van produkte wat dit bevat. Slegs ‘n klein hoeveelheid kan noodlottig wees.

oplossing: April / Mei

Melk en ander suiwelprodukte Dit kan diarree veroorsaak en ander verteringsprobleme veroorsaak in veral jonger honde. Dit kan ook kosallergieë aanwakker, wat honde laat jeuk en krap.

K U I T A S T A P A N

Bene en vet Bene kan splinter en jou hond se spysverteringstelsel blokkeer of sny. Rou en gaar vet van vleis kan pankreatitis veroorsaak.

O N O T B A

Gelukkig is nie alle menskos gevaarlik nie, daar is ‘n paar gesonde opsies wat jy vir jou hond kan voer wat selfs beter is as die voorafgemaakte lekkernye vir honde wat jy in die winkels koop.

P B O S M K A N

N S M N E E G S E I B M B E P E E U T L K W O I O E T K K I B A T I S A A G A S S T O E E N

I N S T O R T L E U S E O P G A N G

O L B S S N O B S D A A R E S G U I O S H E I D D E E N E M U F S A P L E E M S U B L S E G R O N D E E S I V L A A G R E I K S K R I K O B K O B R A A L A M I T E P E E S

K V G E E S O I I T B L N L E I A N V G A A R S O V T I E L E N T E L E I E L S

E S S W

D I L E M M A

S P Y A M A E E

U E T I R E S E K K A A K E R E T E R

61


Die beste diere verdien die beste veilings. GWK Veilings

62

Willie Meyer Hoof van Veilings 071 680 4103

Vrystaat Sarel Cilliers 082 447 7450

Kuruman Herman Laubscher 083 288 8887

Schalk Erlank Stoetvee-adviseur 082 558 6891

Kimberley Barco van Niekerk 072 384 9057

Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532


Resep

Kaggelvure

en kos wat van binne af warm maak.

Romerige macaroni- en- kaas-hoendersop

Geroosterde sampioen- en brie-sop

Bestanddele:

Bestanddele:

1 ½ k macaroni 600 g ontbeende, ontvelde hoenderborsies (in blokkies gesny) Sout 4 e ongesoute botter 1 klein ui, gekap 1 klein rooi soetrissie, gekap 1/3 k veeldoelige meel 4 k hoenderaftreksel 4 k volroommelk 2 t Dijon mosterd 1 klein kop broccoli, in klein blommetjies gesny (ongeveer 4 koppies) 2 k ekstra-skerp cheddarkaas, gerasper Gesnyde grasuie vir garnering Aanwysings: Kook die pasta volgens aanwysings en plaas eenkant. Geur die hoender met sout en peper. Smelt een eetlepel botter in ‘n groot pot oor medium-tot-hoë hitte. Voeg die hoender by en braai (roer nou en dan) tot goudbruin en deurgaar – 6-9min. Skep die hoender uit in ‘n bord. Verminder die hitte na medium. Gooi die ui, soetrissie en die res van die botter in die pot. Braai (roer nou en dan) tot sag – 3-5min. Voeg meel by en braai vir 1min terwyl jy deurgaans roer. Roer die aftreksel stadig by, dan die melk en mosterd. Laat prut tot die sop verdik het – ongeveer 7-8min. Roer die broccoli en hoender by. Laat prut to die broccoli sag is en die sop verdik het – 4-6min. Verwyder van hitte en laat vir 1 minuut afkoel. Meng die gaar pasta in. Roer stelselmatig die kaas by tot gesmelt en glad. Geur met sout en peper. Garneer met grasuie. bron: countryliving.com

1 e olie 700 g sampioene, in kwarte gesny 2 e botter 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekap 1 t tiemie, gekap 2 e veeldoelige meel ½ k witwyn 4 k groente- of hoenderaftreksel 120 g brie-kaas, in 2 cm-stukke gesny ½ k volroommelk of room Sout en peper na smaak Aanwysings: Meng die sampioene met die olie tot bedek, plaas op ‘n enkellaag bakpapier en rooster in ‘n voorverhitte oond teen 200˚C tot dit begin karameliseer (ongeveer 20-30min). Draai sampioene een keer terwyl dit rooster. Smelt intussen die botter in ‘n pan oor medium hitte, voeg die uie by en braai tot sag – ongeveer 5-7min. Voeg die knoffel en tiemie by en braai tot geurig – ongeveer 1min. Voeg die meel by en braai vir 2min. Voeg die wyn by en roer sodat die glasering aan die onderkant van die pan afkom. Voeg die aftreksel en sampioene by en laat kook. Verminder hitte en laat prut vir 10min. Voeg die melk en brie by, laat die brie smelt (haal dan die harder rante van die kaas uit die sop) en geur met sout en peper. Puree die mengsel tot die dikte van jou keuse en geniet. *sampioene kan ook saam met die uie in die pan gebraai word bron: closetcooking.com

63


RAAI

Kommuniek Tarentale

Swak digter

Mits

Sterk

Besit

Staatsdienskomm.

Ou digte bos

Bloedvate

Dowwe pad

Winterspanspekke

Kwêvoël

Briek trap

Gelerige klei Bui wat bevries raak Besemryer

Tregteropening

Ons land

Lopende rek.

Kerskrag Europese eland

Maag van dier

Benul

Wees

Sleutel se maat

Gebeur met Tuis

Knieserige

Uitasem

In ione splits Papperige modder

Swemvoël Uitgeput

Opbrengs

Beloftes

Tolmerk

Driemaatdans

In 'n lêer sit Stellig

Oorskot

Elifal se pa

Driekroon

Manlike bees

Afloop

Dampkring Llamas met wolhare

Eier in Holland

Jellie

En ander

Prei

Roetegids

Stert

Soetmelkkaas

Verlede

Stoomskip

Logika

Oorvloed

Bewysstuk

Veerloos

Toestand Sout se maat

Staalstiffie

Oplossing vir KommuniekRAAI (April / Mei) op bladsy 61.

Kos voorskrif Gedemp

Glasbottel

Saliva

Vaskyk

64

Ou lap

Geldinsamelaar

Taamlik bejaard

Tandbene

Nederduits

Stukkie van gebreekte ding

Ligg. opv.

Eikel

Alkowe

Begaafde persoon

Kewer

Vinnig

Kinds

Ná Aug.

Slaap

Groot albaster Nonsens

Gemengde drank

Tandwiel

Papegaai

Gehaas

Baie oud

Husse het langes

Slae

Stuk pad

Twak

Europa

Traag

Ongetem

Voëltjie lê hier

Eksperiment

Plante vir kos

Uitroep!

Kos inneem

Stawe Waterplek

Agter

Grasstoel

Teen iets druk

Adjt.off.

Dut

Deksels

Hulde Rooidag

Weg van-

Vervoer


Vind die vyf verskille Kinderpret

65


Uit Piet se pen

Dit is langnaweek. Die lughawe is ‘n miernes van bedrywigheid. Ons wag in ‘n restaurant vir familie om by ons aan te sluit. Kelners is druk besig om haastige passasiers so vinnig as moontlik weg te help. Ek hou die mense dop. Baie interessant. Lekker tydverdryf. Mense beweeg vasberade in verskeie rigtings. Meeste lyk of hulle weet waarheen. Die onsekeres staan uit. Loop staan-staan en beloer elke moontlike kennisgewing waarop vlugbesonderhede verskyn. Party kom vir ‘n tweede en selfs ‘n derde keer voor dieselfde bord te staan. Erge fronse op die voorkoppe. Drafstap vinnig weg wanneer hulle gemaklik voel. Hopelik in die regte rigting. Langs ons sit ‘n man met ‘n glas cream soda. ’n Strooitjie staan penorent in die glas. Sy veiligheidsbaadjie hang oor die stoel. Werk skynbaar op die lughawe. Elke nou en dan suig hy versigtig aan die strooitjie. Hy trek nie die glas nader nie, beweeg eerder sy hele lyf in die rigting van die glas. Die glas sak stadig. Hy drink spaarsamig. Na elke suigie lê hy behaaglik terug. Trek sy mond op ‘n tuit. Proe die smaak vir ‘n tweede keer. Ek kry lus vir cream soda. ‘n Entjie verder kom ‘n man die restaurant vervaard binne. Baadjie oor sy arm met ‘n aktetas in die hand. Hy gaan sit voordat iemand vir hom ‘n plek kan aanwys. Pluk sy aktetas oop. Vryf oor sy snor, voor hy sy rekenaar te voorskyn bring. Hy loer rond. Lyk nogal belangrik. Sy nering kan jy maar raai. Die man het skynbaar werk om af te

66

handel, sy selfoon lui onophoudelik. Hy druk die foon op sy skouer met sy oor vas, terwyl hy naarstigtelik op die rekenaar tik. Hy skud sy kop ontkennend en waai woes met sy hand deur die lug. Nee, hy het nie die antwoord nie, lyk dit vir my. Agter ons sit ‘n pa en ma. Hulle seun is besig om vir hulle instruksies te gee oor instapkaarte en inboek op lughawens. Hy lê oor die tafel en verduidelik van A tot Z presies wat alles op die kaart aangedui word. Ek hoor iets van roaming en vroegtydig inboek. Die seun is ernstig. Die lughawewerker se maaltyd het intussen aangekom. ‘n Meneer van ‘n hamburger en chips. Die dubbelhamburger is met ‘n stokkie vasgesteek sodat dit nie omval nie. Hy vat nog ‘n klein slukkie aan sy cream soda. Krap sy chips gelyk met sy vurk. Bekyk die souse wat voor hom staan. Besluit op een en gooi sy chips deeglik nat. Stadig begin hy eet. Die eerste laag eet hy versigtig af. Daar is nog chips oor. Dit is nou die tweede sousbottel se beurt. Hy bedrup die spul deeglik. Begin weer van ‘n kant af eet. Die chips is op. Nou die hamburger se beurt. Ek kyk nie verder nie, netnou neem hy aanstoot. Daar is nog ‘n bietjie cream soda oor. Snorre is steeds doenig met sy rekenaar en selfoon. Hy verduidelik presies aan die kelner hoe sy gebakte eiers moet wees. Hopelik verstaan die kelner. Ek is bly ek hoef nie sy eiers voor te berei nie. Die man se houding is een van afkeur. Hoekom is mense so? wonder ek. Is dit hulle persoonlikheid of

doen die voorspoed van die lewe dit aan hulle? Agter ons stoei seun steeds met sy ouers. Die ma het nou haar selfoon byderhand. Seun verduidelik vir haar op die foon. Pa sit moedeloos, met sy ken op sy hande, en luister. Duidelik verstaan hy niks nie. Kyk stroef voor hom uit. Baie gespanne en senuagtig vir die reis wat voorlê. Ek lei af hulle is op pad na hulle dogter, wat Engels gee, in Korea. Hulle eerste reis oorsee? Miskien lank gespaar hiervoor? Doodgewone middelklas-mense. Hulle sal dalk nooit weer oorsee gaan nie. Seun praat steeds onophoudelik. ‘n Kitskursus in oorsee-reis. Voor die pa opstaan, sug hy hard. “Ai, ou seun, ons sal maar sien”, laat hy eindelik van hom hoor. Hulle staan op en loop. Die pa se sweetpakbaadjie, met sy opgedrukte moue, en die potblou tekkies bly my by. Verskillende mense met verskillende agtergrond. Almal op hulle eie manier gelukkig. Elkeen met sy eie drome en gedagtes. Wie is die gelukkigste? Sekerlik nie altyd die een met die meeste nie. Net ‘n maaltyd skyn ook geluk te bring. Het ons almal nie net ‘n klein verandering in denke nodig nie? Ek stap oor na die ruskamers. Hier word ek hartlik begroet deur die skoonmaker. “Welcome to my office.” Hy skop die eerste deur oop. “Only bussiness class left”. Hy lag uit sy maag. “Have a nice meeting”, vervolg hy verder. Die man het ‘n goeie sin vir humor. Trots op wat hy doen. Hy groet met die woorde, “one day I’ll pilot a Boeing”.


KINGJAMES 43708/A

VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.

Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou persoonlike en boerderybates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Santam. Regte, egte versekering. Bel jou makelaar of gaan na www.santam.co.za/products/agriculture vir meer inligting.

Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

67


V A

Hoe pas GWK aktiewe beleggingsbestuur toe, en hoe kan dit my sak baat in die langtermyn? GWK, in samewerking met aktiewe Model-Portefeulje bestuurders, sorg dat jou belegging voortdurend blootgestel is aan die regte bateklasse, en verseker dat hierdie bateklasse die doel van jou belegging dien. Deur aktiewe bestuur, kan ons, gedurende volatile tye, jou belegging se blootstelling aan aggressiewer, maar meer wisselvallige bates verminder. So maak ons seker dat jou belegging voortdurend aanpas by omstandighede, sonder om opbrengste prys te gee. Alles onder een dak.

Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde FinansiÍle Diensverskaffer FSB Lisensie 1185

gwk.co.za 68


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.