Kommuniek April/Mei 2017

Page 19

Aktueel Dr. Hugo Bezuidenhout SANParke Plant-ekoloog

Misverstande in algemene streeksname vir plante “Ruik jy Katbos en Kambro as dit reen in die Kleinkaroo” is seker een van die mooiste liedjies wat Coenie de Villiers geskryf en gesing het. Meestal weet mense nie dit is plantspesies waarvan hier gepraat word nie, maar dit omvang die ongelooflike grootsheid van die Karoo-landskap waar ‘n mens die Katbos en die Kambro kan rúik. Kultuur se rol in plantname Plantspesies se streeksname is so deel van die Afrikaanse kultuur soos pap en wors op die spyskaart. Daar is van die mooiste name wat so eg beskrywend is van spesifieke plantspesies. Gewoonlik word dit gevorm op grond van hoe die plant lyk of ruik of blom, of soms deur pynvolle kennismaking. In die GWK-streek is almal bekend met die Vaalbos of Vaalboom, wat twee boomstuike mag wees naamlik Tarchonanthus camphoratus (Vaalbos) en Terminalia sericea (Sandgeelhout), maar laasgenoemde word in ander streke na Vaalbos of Vaalboom verwys. Die bekende Blink-blaar-wag-‘n-bietjie (Ziziphus mucronata) boomstruik is een wat ‘n mens moet ontmoet! Dit is ‘n bladwisselende boom meestal met pragtige blink blare en dan die verrassingspakkie: Twee dorings, een ‘n swarthaakdoring en dan ‘n lang steekdoring. Die een steek jou en as jy wegruk, sê die ander een “wag-‘n-bietjie”. So terloops, dit is een van die bome van die jaar 2017. Jy kan gerus oorweeg om dit te plant. Ons is voorwaar geseënd met ‘n rits pragtige streeksname vir plante, soos Maartblom, gifbol, bitterals, jakkalsbos, rooipoppies, kannie, suikerbos, katnaels kruidjie-roer-my-nie, drumsticks, bluebells, gansogies, knoppiesopslag en perdeblom. Die gebruik van algemene of streek-

verwante name vir plante is sedert die vroeë 1700’s deeglik gedokumenteer. Volgens Smith (1966) is die rekordhouding van volksname vir plante reeds in die tyd van Simon van der Stel begin. Soos die setlaars noord- en ooswaarts getrek het, het hulle met al hoe meer plantspesies in aanraking gekom. Al hierdie plantspesies was van spesifieke belang, hetsy dit vir die eetbare of giftige eienskappe daarvan was, ook vir die gebruik van bou- of huishoudelike materiaal. Van hierdie setlaars, wat later Voortrekkers geword het, het ander etniese groepe ontmoet wat hul eie gevestigde benamings vir verskillende plante gehad het, en streeksname vir plante is so gevestig. Teen 1966 het Smith reeds ‘n totaal van meer as 9 000 sulke name op rekord gehad. Die meeste daarvan word steeds gebruik in verskillende streke of provinsies in Suid-Afrika, in verskillende tale en etniese groepe.

Die belangrikheid van wetenskaplike name Algemene streeksname is inherent deel van ons Suid-Afrikaanse kulturele landskap, maar dit is belangrik om in gedagte te hou dat dit tot groot verwarring of misverstande kan lei. Enigeen wat nie ‘n plantkundige is nie, is gemaklik daarmee om ‘n streeksnaam

as die spesifieke plantnaam te gebruik, maar die grootste kritiek hierteen is dat dit nog nooit opgeneem is in ‘n formele klassifikasiesisteem nie. Wat dit selfs meer verwarrend maak, is die feit dat hierdie streeksname soms vir meer as een plantspesie in Suider-Afrika gebruik word. “Streeksname as plantname kan slegs permanente waarde inhou indien dit verwant is aan ‘n wetenskaplike plantnaam wat vir slegs één spesifieke plantspesie gebruik word, en waaraan die volksbenaming uitgeken of geïdentifiseer kan word,” skryf Smith. Hierdie ideaal het egter ongelukkig nooit gerealiseer nie en het daartoe gelei dat kommunikasie oor plantspesies net betekenisvol is wanneer daar na plante verwys word deur hul wetenskaplike Latynse benamings te gebruik. “Die geskiedenis van plantspesieklassifisering (planttaksonomie) is ‘n interessante aspek. Voor die mensdom geletterd was, het hulle plantspesies gegroepeer volgens hul bruikbaarheid, byvoorbeeld of dit eetbaar, giftig of medisinaal bruikbaar is. Omdat die doel van hierdie groepering soveel vergroot het, het die kriteria vir klassifisering ook verander. Die eerste groepering van plante het verander in klassifisering volgens plant-verwantskappe. Vandag word plante gegroepeer op grond van hul natuurlike verwantskappe op spesifieke eienskappe, generiese, familie en hoër vlakke.” (Jones & Luchsinger 1979). Die stelsel van “Binomial Classification” (twee name) is in 1753 deur Linnaeus voorgestel, waarvolgens ‘n unieke wetenskaplike Latynse naam aan elke bekende organisme toegeken is. Dié naam bestaan uit twee dele: ‘n genusnaam (gelykstaande aan ‘n van) en ‘n spesienaam (gelykstaande aan ‘n eerste naam), en behoort ook aan ‘n spesifieke plantfamilie met spesifieke eienskappe. Vir só ‘n naam om geldig te wees, moet dit aan sekere kriteria voldoen. Eerstens moet seker gemaak word dat die plant nie dalk elders in die wereld versamel en beskryf is nie. Tweedens moet die plant se nuwe naam en beskrywing se kenmerke in ‘n erkende wetenskaplike tydskrif gepubliseer word. Tot baie onlangs moes ‘n kort Latynse beskrywing gegee word, maar gelukkig is dié gebruik besig om uit te sterf. Wetenskaplike name is ongelukkig ook nie permanent nie en word soms

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.