`n Handelsmerk van
Konsolidasie: Waarheen neig landbou?
Nuwe Besturende Direkteur positief oor die toekoms Misverstande in algemene streeksname vir plante Opgewondenheid oor die toekoms van pekanneute
April / Mei 2017
Ons help jou groei
• Koop nou en betaal jou eerste paaiement na jou eerste oes met enige landboutoerusting wat deur ons gefinansier is. • Betaal ’n deposito van 10% en geniet buigsame voorwaardes en betalingskeuses vir trekkers en spilpuntsproeiers. • Aanbod* van Maart tot Mei 2017 geldig. • Gesels met jou plaaslike Voertuig- en Batefinansieringsverteenwoordiger.
*Om vir hierdie aanbod te kwalifiseer, moet jy aan alle Standard Bank-kredietkriteria voldoen. Bepalings en voorwaardes geld.
Gemagtigde finansiëledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr. 1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ’n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA 259304A – 3/17
16 25 36 54
Nuwe Besturende Direkteur positief oor die toekoms
Boeredae baie waardevol
Van Eskom na sonkrag
Waar kry jy die lekkerste lamsvleis?
8 10 12 14 19 22
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Konsolidasie: Waarheen neig landbou?
Misverstande Opgewondenheid in algemene oor die toekoms streeksname van pekanneute vir plante
30 32 39 42 46 48
Opbrengsmonitor: Bestuurshulpmiddel of baie duur speelding?
Fusariumaarskroei op besproeiingskoring
Fosfaatvaslegging in grond
Wanneer laas is jou trustakte hersien?
Pekan-wenke deur GWK se kenners
Boordbeplanning 'n groot faktor in pekan-sukses
50 56 60 64 67 70
Onsmetting van pekansnoeigereedskap van groot belang
Leer, inspireer, spesialiseer
Presisietegnieke gee broodnodige hupstoot
Diabetes: 'n Groot oorsaak van voorkombare blindheid
Resep: Swartwoudpoeding
Uit Piet se pen: Die reĂŤnmakers
3
Direksie Voorsitter Frank Lawrence
Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee Koos de Wet Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johann Klopper
Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes
Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen
Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker
Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis
Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan
Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Asterix*
'n Laat intermediêre tipe kultivar, met uitstekende skutblare en 'n goeie stoorvermoë.
Bondie Brown
'n Intermediêre tipe kultivar, met uitstekende opbrengspotensiaal en kwaliteit.
Dubai*
Dubai* het 'n diep, plat, ronde bol met baie goeie fermheid. Dubai* het 'n diep bruin eksterne kleur en is geskik vir die varsmark.
Makalu*
Makalu* is 'n vroeë intermediêre ui wat geskik is vir die varsmark, en het 'n uitstekende opbrengspotensiaal.
AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad.
KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.
RK
G TIN
2
R KE
M BE
A
Verdien gratis
N KAR O
SA A D
Die alles-in-een saadverskaffer
I LE
O
Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 www.saadbemarking.co.za
K
*Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie.
ING
ED ° SE
Besoek ons gerus:
A M
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)
Redakteursbrief
Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za
Voorblad: Konsolidasie bewerkstellig groei
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
By GWK kan ons met reg spog met ons personeel. Die kennis, ondervinding en talent in ons maatskappy is ongeëwenaar. Vra jy enige nuut-aangestelde personeellid wat vir hom of haar uitstaan, is die eerste antwoord gewoonlik “die mense is so nice!” Onder die warm persoonlikhede is daar egter kwalifikasies en ervaring wat skrik vir niks. Ek kan nie help om te dink aan ‘n storie wat my pa altyd vertel nie. By ‘n boere-unievergadering (of iets in dié lyn) op ‘n klein dorpie het ‘n gasspreker met die boere kom praat. Hy het homself voorgestel deur sy rits kwalifikasies, grade en prestasies op te noem, tot ‘n ou oom hom in die rede geval het. “Boetie, ek wil net weet wie jy is, ek wil nie met jou téél nie.” Ek lag altyd lekker hiervoor. Aan die ander kant is dit nodig dat ons lesers weet wie die mense agter die skerms is wat dinge laat gebeur – die mense wat daagliks werk om ‘n maatskappy te bou waaruit ons aandeelhouers voordeel kan trek en waarop hulle trots kan wees. Een wat die pas aangee in die landboubedryf. Ongeag uitdagings wat nie so ‘n groot invloed het in ander industrieë nie, bly GWK-mense positief, werk met sorg met ons boere se produkte en hou nooit op om oplossings te soek vir probleme waarmee ander lankal moed sou opgee nie. (Lees gerus meer oor Chris Schmidt en sy ongelooflike bydrae tot die maatskappy, op bladsy 56.) Om hierby aan te sluit: Hoe oordadig of onnodig die gebruik van wetenskaplike, en soms Latynse, beskrywings nou ook al mag lyk, is dit in baie gevalle nodig om behoorlik konteks te gee. Dr. Hugo Bezuidenhout gesels oor die oorsprong daarvan by plante, en hoekom die gebruik daarvan so belangrik is om verwarring in kommunikasie te voorkom. ‘n Groot besprekingspunt in verskeie industrieë is die konsolidasie van
besighede en wat dit beteken vir aandeelhouers en kliënte. Deur na nasionale en internasionale tendense te kyk, het ons konsolidasie in landbou bekyk en gaan hoor wat sê die kenners. Ander aktuele sake waardeur ons almal geraak word, is die ontwikkelinge in die landboubedryf. Op die oomblik heers groot opgewondenheid oor die moontlikhede wat pekanneute inhou, daarom fokus ons op inligting oor dié gewas. Ons was ook baie nou betrokke by die jaarlikse pekan-kongres, waar internasionale sprekers met produsente gepraat het oor volhoubare markte en die verbouing van pekans. Ons betrokkenheid by hierdie tipe geleenthede is ‘n voorbeeld van ons behoefte om áltyd op hoogte te bly van nuwe verwikkelinge in ons bedryf en om aan te pas by die wêreld rondom ons wat so vinnig verander en vernuwe. Dan is ons natuurlik geweldig trots om vir Llewellyn Brooks bekend te stel as die nuwe Besturende Direkteur van die GWK Groep! Ons het nie nodig om al sy kwalifikasies en ervaring te noem nie – hy is ‘n bekende gesig by GWK en juis daarom is ons so opgewonde oor sy planne en leierskap. Dit is vir ons belangrik om te bly vorentoe beweeg en ons produsente saam met ons te neem. Daarom deel ons in elke uitgawe van Kommuniek die nuutste inligting oor die industrie en wil ons graag hê dat ons lesers moet deelneem aan die gesprek. Stuur gerus vir my ‘n e-pos om jou gedagtes te deel. Die slimme Albert Einstein het gesê “imagination is more important than knowledge”. Ek kan met alle eerlikheid sê dat GWK oor geweldig baie kennis beskik, maar dat ons mense se kombinasie hiervan met hul kreatiwiteit die rede is vir ons sukses.
Leana Bezuidenhout
Spanleier: Inhoudsontwikkeling
Geestelike Akker 'n Woord van vrede Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees! (2 Korintiërs 13:11) Paulus se laaste woorde aan die Korintiërs is 'n woord van vrede. Hy kyk verby al die verdeeldheid in Korinte na die basiese eensgesindheid van die kerk. God het daardie eenheid geskep, en dit bestaan al is daar onenigheid, twis, jaloesie en verdeeldheid in die gemeente. Christene behoort aan mekaar. Hulle is deel van God se familie, en hulle behoort ook so op te tree, sê Paulus aan die Korinte. Paulus vra nog iets van hierdie Christene. Verander julle manier van doen. As Christus in julle is, kan julle dit doen. Die punt is dat ons nie kan voortgaan om soos almal om ons te leef as Jesus in ons is nie. Jesus wat in ons is, is die fundamentele rede hoekom Christene anders moet wees. Ons moet vriendelik, liefdevol, openhartig en vergewensgesind wees – nie veroordelend, geslote en bitter nie. Dit geld ons privaatlewens, sowel as ons openbare
lewe by die werk, die kerk of waar ons ookal in ons gemeenskappe betrokke is. Ons is anders, want Christus is in ons. Die geskiedenis vertel nie vir ons wat met die kerk in Korinte gebeur het nie, of hulle herstel het en gehoorsaam aan die Woord was of nie. Maar Paulus het vir ons 'n ongelooflike getuienis nagelaat oor hoe ons as Christene in 'n sekulêre wêreld moet lyk en werk. Ons word geroep om vandag steeds te leef soos hy aan die Christene in Korinte geskryf het. Ons moet besef dat wanneer Jesus Christus in jou is, is jy nie meer dieselfde mens nie. Vanjaar, wanneer jy gekonfronteer word met onenigheid, twis en jaloesie, maak dit jou nommer een voorneme om jou geloofsoog op Jesus gerig te hou en daarna te streef om vriendelik, liefdevol, openhartig en vergewensgesind teenoor almal te wees. Gebed: Here Jesus, dankie dat U in my is. U stuur my uit in hierdie wêreld. Help my om te leef soos iemand in wie Jesus woon. Amen Xanthe Hancox www.versndag.co.za
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem
Dam
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol
Oranjerivier
Gariepdam Vanderkloofdam
97 59
200.0
Vaalrivier
Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal
105 104 85 109
140.0
Spitskopdam Taungdam
104 100
Hartsrivier Rietrivier
Kalkfonteindam
14
Modderrivier
Krugersdriftdam
63
180.0 160.0 120.0 100.0 80.0 60.0 40.0 20.0 0.0 Douglas
Prieska
Hopetown
Rietrivier
Vaalharts
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 Januarie 2017 tot 14 Maart 2017 Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Prieska Green Valley Nut 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Vaalharts Jan Kempdorp
Rietrivier 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Maksimum
Maksimum langtermyn
Maandelikse voorspelling - April 2017
8
Minimum
Minimum langtermyn
DIE OOIE SE KONDISIETELLINGS IS MOOI IN STAND GEHOU, ONS KAN UITSIEN NA GESONDE LAMMERS! Elite Block is gerieflik om uit te sit as onderhoudslek en weens die aanvulling met gehalte deurvloeiproteïen en energie dra dit by om die produksie en die ooie se kondisie in stand te hou. uppe marketing A15748
Dankie MOLATEK!
Abrie van der Merwe & Divan Calitz Sandkraal Buffelsjag
MOLATEK
ELITE BLOCK Elite Block verskaf voldoende kwaliteit deurvloeiproteïen en energie tydens die piek voedingsbehoeftetydperk van die ooi, wat volwasse liggaamsmassa en kondisietelling bevorder. Dit dra by tot verhoogde melkproduksie en melkvloei. Die lammers is lewenskragtig, groei vinnig en bereik gouer optimale speenmassas. Dit help ook om massaverlies onder die ooie te voorkom en konsepsie- en speenpersentasies te verhoog.
Sukses is in die sak EPOL & MOLATEK
Vir meer inligting oor Molatek kontak: RCL FOODS: www.rclfoods.com EPOL: +27(0)31 242-8600 | www.epol.co.za MOLATEK: +27(0)13 791-1036 | www.molatek.co.za
Elite Block Reg. Nr. V26008 (Wet 36 van 1947) N-FF 3586
9
Conrad Borman
Veilingskalender en -pryse
4 April 6 April 11 April 13 April 18 April 19 April 25 April 26 April 26 April 2 Mei 4 Mei
6 Mei 9 Mei 11 Mei 11 Mei 16 Mei 20 Mei 23 Mei 24 Mei 25 Mei 30 Mei
Kimberley Grootvee/Kleinvee Thaba-Nchu Pril Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Boshoff veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad veiling Diamantland Brangus veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Kimberley aanteelveiling
Mooigesorg Wildlife Group Wildveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Staakboerdery veiling Hertzogville veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Unyati wildveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad veiling Losgoedveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee
Veilingspryse vir lewendehawe – Februarie/Maart 2017 06/02 - 10/02
10
13/02 - 17/02
20/02 - 24/02
27/02 - 31/02
06/03 - 10/03
13/03 - 17/03
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R19.50
Slagosse
R19.60
Slagosse
R19.50
Slagosse
R19.50
Slagosse
R22.00
Slagosse
R22.00
Slagkoeie
R19.80
Slagkoeie
R20.00
Slagkoeie
R19.00
Slagkoeie
R19.60
Slagkoeie
R20.00
Slagkoeie
R19.50
Maer beeste
R15.30
Maer beeste
R15.00
Maer beeste
R16.00
Maer beeste
R16.80
Maer beeste
R16.80
Maer beeste
R16.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R27.50
Ligte kalwers (180-200kg)
R28.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R27.50
Ligte kalwers (180-200kg)
R28.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R28.40
Ligte kalwers (180-200kg)
R27.50
Swaar kalwers R27.30 (201-250kg)
Swaar kalwers R27.50 (201-250kg)
Swaar kalwers R25.50 (201-250kg)
Swaar kalwers R27.00 (201-250kg)
Swaar kalwers R27.00 (201-250kg)
Swaar kalwers R27.00 (201-250kg)
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R31.50
Slaglammers
R28.00
Slaglammers
R28.50
Slaglammers
R26.00
Slaglammers
R28.50
Slaglammers
R30.30
Stoorlammers R33.00
Stoorlammers R27.50
Stoorlammers R28.00
Stoorlammers R28.00
Stoorlammers R28.50
Stoorlammers R29.00
Kruislammers
R32.00
Kruislammers
R28.00
Kruislammers
R28.00
Kruislammers
R27.00
Kruislammers
R28.00
Kruislammers
R30.00
Slagooie
R23.00
Slagooie
R19.00
Slagooie
R19.00
Slagooie
R21.00
Slagooie
R20.50
Slagooie
R22.00
Maer ooie
R20.00
Maer ooie
R17.00
Maer ooie
R17.00
Maer ooie
R20.50
Maer ooie
R19.50
Maer ooie
R19.50
Klein bokkies
R30.00
Klein bokkies
R30.00
Klein bokkies
R34.00
Klein bokkies
R32.50
Klein bokkies
R28.00
Klein bokkies
R28.00
Jong bokke
R32.50
Jong bokke
R31.00
Jong bokke
R34.00
Jong bokke
R34.00
Jong bokke
R30.00
Jong bokke
R30.00
Bokooie
R25.00
Bokooie
R20.00
Bokooie
R22.00
Bokooie
R22.00
Bokooie
R19.00
Bokooie
R19.00
& his team invites you to
AU CT ION
on Unyati at 11:00, outside Warrenton, Northern Cape Jaco Troskie +2782 784 8481 jaco@unyati.co.za
Ben vd Westhuizen +2782 460 1038 ben@unyati.co.za
Antia KotzĂŠ +2782 851 1108 info@unyati.co.za
R EG I S T ER O N LINE Register before 15 May 2017 & stand a chance to win one of five fantastic prizes.
Brandon Leer
Willie Meyer
+2782 570 5863 leerb@mweb.co.za
+2771 680 4103 williem@gwk.co.za
11
Landbouwenke
Mielies Met nismarkgrane soos Simba- en Waxymielies moet seker gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.
Lusern en weiding April en Mei is die beste tyd om lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusernentstof om stikstofbinding te verbeter. Doen grondregstellings voor vestiging van lusern. Meerjarige, gematigde grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en reddingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot einde April geplant word.
Uie en saaduie Uie word gevestig. `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plant-proses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk ná plant en was in met 15-20mm water. Koring kan gestrooi word net voor vestiging van uie (sandgronde) om windskade te voorkom. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip.
Aartappels Hou streng by die spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op `n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.
12
Grondbone Die eerste grondboon-aanplantings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 70-75% ryp is. Voorkoms van Schlerotinia veroorsaak dat peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af. Oorweeg om vroeër te oes as Schlerotinia vermeerder. Indien strawwe ryp voorkom en plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom. Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses aansienlik. Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te droog. `n "Conditioner" kan `n paar uur ná die uithaler gebruik word om die oortollige sand af te skud. Dit bespoedig die plukproses en verminder slytasie op die plukker se onderdele. Peule kan ongeveer drie dae na uithaal gepluk word, afhangend van vog en weerstoestande. Vog moet met lewering tussen 12 en 16% wees. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik. Verseker goeie deurlugting indien die oes in sakke gelewer word.
Pekanneute Hou aan met besproeiing tot “shuck split”. Teken ryp datum aan. Hou rekord van blokke en kultivars (opbrengs, grootte en kwaliteit) Doen oes voorberieiding.
Aktueel Leana Bezuidenhout
Waarheen neig landbou? In enige ekonomiese sektor is daar altyd baie spasie vir kompetisie wanneer die ekonomie sterk is en die besigheidsomgewing floreer. Wanneer die landskap egter verander, vind ons dat maatskappye uit die mark tree en dat diegene wat oorbly, veranderinge moet maak om kostes te verminder, winsmarges moet verhoog en meer effektief moet word. Andrew Hecht, ‘n kenner in toekomsverhandeling en die verhandeling van kommoditeite, sê dat baie besighede in siklusse beweeg – siklusse wat winsgewendheid beïnvloed. Veral die roumateriaal-markte is bekend vir hoogtepunte en laagtepunte. “Wanneer dit by die landboukommoditeite-sektor kom, is pryssiklusse oor tyd ‘n bekende verskynsel,” sê Hecht. “Hoewel die hoeveelheid grond op aarde waarop gewasse verbou kan word, beperk is, groei die aanvraag na voedsel geweldig vinnig. Die wêreldbevolking het in 50 jaar met meer as vier miljard gegroei.”
Konsolidasie wêreldwyd Die verbouing van landboukommoditeite is afhanklik van baie faktore, insluitend weersomstandighede, gewassiektes, geo-politiese en logistieke
14
uitdagings. Vroeg in 2016 het twee internasionale maatskappye wat aktief betrokke is in die produksie van noodsaaklike landbouprodukte, Dow Chemical en DuPont, ‘n ooreenkoms aangegaan om saam te smelt. Later die jaar het twee groot kunsmismaatskappye, Potash Corporation of Saskatchewan en Agrium Incorporation, gekonsolideer om kragte saam te span. Teen die einde van 2016 het Monsanto, een van die wêreld se grootste saadvervaardigers, gewag vir goedkeuring om saam te smelt met Bayer AG, ‘n reuse Duitse farmaseutiese maatskappy. Verder het die Switse gif- en saadmaatskappy, Syngenta AG, bekend gemaak dat hy in die proses is om saam te smelt met China National Chemical Corporation. Elkeen van hierdie konsolidasies is ‘n reaksie op besigheidsuitdagings in die globale landbousektor. Die pas waarteen groot maatskap-
pye konsolideer, mag oorweldigend lyk, maar is volgens kenners ‘n neiging wat al hoe meer posvat en waarvan selfs meer verwag kan word. Produsente hou daarvan om keuses te hê in terme van produk, diens en prys. Die realiteit is egter dat die aantal produsente wêreldwyd ook verminder en soos koopgewoontes verander, verander maatskappye om in die nuwe markte se behoeftes te kan voorsien. (agprofessional.com)
Produsente en keuses Minder verkopers kan vir produsente ‘n uitdaging wees, omdat dit hul keuses verminder. Die groot bekommernis is dat groter maatskappye produkpryse sal verhoog namate kompetisie verminder. Enige konsolidasie word egter onderwerp aan streng wetgewing om te
verseker dat die beweging in die mark gereguleer word. Gedurende 2016 is ‘n toename in konsolidasie-aktiwiteite waargeneem in die landboumarkte as ‘n reaksie op verskillende markkragte, soos pryssiklusse – aktiwiteite om die volhoubaarheid van landbou te verseker. Nate Birt, gesoute landbouskrywer, sê dat hoewel produsente bekommerd is oor die vermindering in keuses, konsolidasie vir seker ook lei tot nuwe sinergieë wat ontsluit word, met nuwe ontdekkings en nuwe produkte waaruit boere voordeel sal trek.
Die voordele Samesmelting van besighede hou voordele in vir die kliënt, sowel as die besigheid en sy aandeelhouers. Een hiervan is navorsing en ontwikkeling. In sommige industrieë, soos die landbou, is belegging in navorsing en ontwikkeling van groot belang om nuwe produkte en tegnologieë te ontdek. Konsolidasie lei tot sterker, meer winsgewende maatskappye wat meer fondse beskikbaar sal kan stel om gereeld en op ‘n hoë standaard na te vors en die industrie te ontwikkel.
Konsolidasie om duplisering te vermy bring moontlik voordele vir kliënte deur een sterker maatskappy in ‘n area te hê, wat laer kostes kan beteken. Navorsing oor sekere onderwerpe wat oor die industries trek, word ook nie gedupliseer nie. Die regulering van monopolie, soos vroeër reeds genoem, verseker dat ‘n samesmelting nie noodwendig tot hoër pryse lei nie. Dit beteken dat besighede voordeel trek uit besparing deur hoër produksiesyfers, sonder dat kliënte of verbruikers meer vir produkte moet betaal. Verminderde koste vir ‘n maatskappy is van wesenlike voordeel vir sy aandeelhouers, asook verbeterde markpenetrasie. Toegang word vergemaklik om by meer kliënte te kan uitkom, solank as wat die maatskappye ook suksesvol in hul afsonderlike markte was voor die samesmelting. ‘n Groter verskeidenheid produkte en dienste wat aan kliënte gebied word, is diversifisering wat deur konsolidasie moontlik gemaak word. Hiermee saam word vaardighede en kennis vanuit die onderskeie maatskappye saamgevoeg om nuwe idees en moontlikhede te ontsluit om die mark beter te
kan bedien. Verhoogde diensvlakke spruit gewoonlik uit die vereniging van twee maatskappye, asook die gehalte van produkte. Frank Lawrence, Direksievoorsitter, glo dat konsolidasie ‘n baie positiewe neiging in die bedryf is. “Dit word nie noodwendig gedoen om kompetisie uit te skakel nie,” sê hy, “maar om die aanbod aan boere te verbeter deur ‘n maatskappy te versterk en sy voetspoor te vergroot.” Groei en sigbaarheid speel ‘n kardinale rol om sukses in die besigheidswêreld te bereik. Wanneer konsolidasie verloop soos beplan, word ‘n sterker en meer doeltreffende maatskappy gevorm wat presteer op vlakke wat hulle nie afsonderlik sou kon bereik nie. Maatskappye kry só blootstelling aan nuwe produkmarkte en nuwe insig, terwyl die samesmelting kostebesparing bewerkstellig en risiko’s verminder sodat diens aan kliënte oor die langtermyn verseker kan wees.
15
Aktueel Leana Bezuidenhout
Nuwe
BESTURENDE DIREKTEUR positief oor die toekoms Op 3 April is die GWK-leisels oorgeneem deur ‘n ou hand in die bedryf – een met die kennis en ervaring om die maatskappy voort te stuur op sy roete na nuwe hoogtes.
16
Llewellyn Brooks, voorheen die Besturende Direkteur van GWK Trading, is aangestel as Besturende Direkteur: GWK Groep en is dankbaar vir en opgewonde oor dié geleentheid. “Dit is ‘n groot voorreg om deur die Direksie vertrou te word om hierdie uitsonderlike besigheid te lei en sien ek uit na die uitdagings van die nuwe rol,” sê hy. “Ek is gelukkig genoeg om ‘n uiters bekwame span mense om my te hê en ek het my die afgelope ses jaar by GWK toegerus met ‘n verskeidenheid insigte wat die oorgang na die volgende vlak van leierskap vergemaklik. GWK het onlangs die besigheid in drie komponente verdeel en terwyl ons groot sukses in GWK Agri en GWK Trading geniet, gaan ons Farm Foods-besigheid gebuk onder moeilike omstandighede. Dié uitdagings is nie uniek aan GWK nie en ons sien soortgelyke druk oor groot dele van die Suid-Afrikaanse maalbedryf. As ‘n gevolg is die Groep se vooruitsigte vir die finansiële jaar onder druk en geniet hierdie area van ons besigheid prioriteit.” Brooks sê verder dat GWK ‘n unieke verhouding het met sy kliënte, wat in die meeste gevalle ook sy aandeelhouers is. “Ons koester ‘n intimiteit wat ongekend is in die tradisionele korporatiewe omgewing en sien ek die bevordering hiervan as een van my groter verantwoordelikhede,” sê hy. “Ons span wil egter verder hierop uitbrei deur ‘n groot fokus op professionaliteit te plaas in die manier waarop ons besigheid doen. Dit is vir my belangrik dat GWK gereken word as die standaard wanneer daar oor diensvlakke gepraat word en dat dit ‘n leefwyse binne GWK raak.” Brooks het ‘n kop vir besigheid maar ‘n hart vir mense. “Die meeste leiers sal vir jou sê dat personeel hul belangrikste bate is maar sien ek gereeld dat daar slegs lippediens aan die gedagte gegee word,” sê hy. “Mense is die spil waarom besigheid draai en een van my fokuspunte is die vestiging van ‘n gesonde en gelukkige kultuur in die organisasie. Gelukkige personeel lei tot gelukkige kliënte en wil ek ‘n omgewing skep waarbinne personeel nie net geleenthede gegee word om te groei en presteer nie, maar ook werklik geniet om te werk. Ons gaan ons interne kommunikasie regdeur die organisasie verbeter en
innoverend raak met die maniere waarop ons prestasie vier en beloon. Ek is opgewonde om ‘n nuwe omgewing te skep waarbinne ons ons personeel se volle potensiaal ontgin.” Brooks is veral opgewonde daaroor om uitdagings vir die maatskappy in geleenthede om te skakel. Hy sê dat GWK Farm Foods ‘n voorbeeld is van GWK en sy aandeelhouers se entrepeneuriese gees. Volgens hom is daar, ongeag die huidige uitdagings, genoeg voorbeelde van strategiese wenne wat voordele oor die langer termyn inhou. Hy sê dat die moeilike markomstandighede wat die bedryf oor die algemeen onder druk gesit het, die maatskappy egter ook waardevolle lesse geleer het wat ons met groot vrug sal toepas op die pad vorentoe.
“Elke probleem het ‘n oplossing, soms moet ‘n mens net buite die boks dink.” Hy is egter die meeste opgewonde oor die potensiaal wat ontsluit kan word uit ons mense. “By GWK het ons ‘n baie ondersoekende span wat deurlopend maniere soek om ons markte te verbeter of om in nuwe markte te speel. Ons mik soms baie hoog, maar verken eers elke moontlikheid voor ons ‘n objektiewe besluit neem wat die beste vir die maatskappy sal wees,” sê hy. GWK Trading het onder Brooks se leiding gegroei tot ‘n internasionale verhandelingseenheid met ‘n omset van sowat R1 miljard. Hy is ook reeds in gesprekke met relevante belangegroepe regoor die land om nuwe geleenthede te ontgin. “Die landbou-omgewing is dinamies en GWK is deurspek met voorbeelde van vlugvoetige aksies om geleenthede te benut. Ons maatskappy se ondersoekende aard lei noodwendig tot geleenthede waar ons kragte moet saamsnoer met ander rolspelers om sodanige geleenthede suksesvol te benut. Ek dink daar is ruim geleentheid
om platforms van samewerking te vestig en sien uit daarna om hierdie moontlikhede te ontgin.” Oor die langtermyn gaan hy daarop fokus om GWK se internasionale aktiwiteite te verbreed en in die meer nabye toekoms die moontlikhede van samewerking ondersoek. Brooks is vir die afgelope ses jaar deel van die GWK-span. Voorheen was hy vir ongeveer 20 jaar in die bankwese waar hy uitgebreide blootstelling gehad het in Tesourie-verhandeling, asook kommersiële- en beleggingsbankwese. Behalwe vir die tydperk by GWK sedert 2011, was hy ook werksaam by Afgri as Besturende Direkteur van hul Verhandelingsbesigheid vir twee jaar. Die strategiese posisionering en strukturering van besighede in die Groep om groei, effektiwiteit en winsgewendheid te optimaliseer, gaan ‘n groot fokus wees, asook om ‘n menseomgewing te skep waarbinne kliënte en personeel kan floreer. Volgens Brooks is daar verskeie faktore wat van GWK ‘n absoluut unieke maatskappy maak. “Behalwe die unieke verhouding met ons kliënte, is ons strewe om voortdurend te ontdek ‘n kenmerk wat na my mening eie aan ons is,” sê hy. “GWK toets deurlopend die bekende grense en is dit deel van die rede vir ons sukses – ons gewilligheid om buite ons tradisionele verwysingsraamwerk te gaan soek vir oplossings. Ons verwelkom die onbekende en floreer in omgewings waar kreatiwiteit benodig word.” Frank Lawrence, Direksievoorsitter, wens ook vir Brooks geluk met sy aanstelling. “Llewellyn verstaan die DNA van ons maatskappy,” sê Lawrence. “Onder leiding van Llewellyn en met die ondersteuning van ‘n sterk GWK Topbestuurspan, sien ons uit na die volgende fase van volhoubare groei vir GWK.” “By GWK leef ons ons droom om unieke oplossings te bied in ‘n besigheidsektor wat deurlopende uitdagings, soos klimaat, markveranderinge, plantsiektes en infrastruktuur, in die gesig staar,” sê Brooks. “My persoonlike siening is baie eenvoudig. Ek glo dat daar áltyd ‘n oplossing vir enige probleem is, ‘n mens moet net bereid wees om al die moontlikhede te verken. Ek motiveer my span om buite die boks te dink.”
17
UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS
Spoor- en Padvervoer 18
Gerhard Nel: Oproepsentrum:
082 5944 233 086 1000 936
Aktueel Dr. Hugo Bezuidenhout SANParke Plant-ekoloog
Misverstande in algemene streeksname vir plante “Ruik jy Katbos en Kambro as dit reen in die Kleinkaroo” is seker een van die mooiste liedjies wat Coenie de Villiers geskryf en gesing het. Meestal weet mense nie dit is plantspesies waarvan hier gepraat word nie, maar dit omvang die ongelooflike grootsheid van die Karoo-landskap waar ‘n mens die Katbos en die Kambro kan rúik. Kultuur se rol in plantname Plantspesies se streeksname is so deel van die Afrikaanse kultuur soos pap en wors op die spyskaart. Daar is van die mooiste name wat so eg beskrywend is van spesifieke plantspesies. Gewoonlik word dit gevorm op grond van hoe die plant lyk of ruik of blom, of soms deur pynvolle kennismaking. In die GWK-streek is almal bekend met die Vaalbos of Vaalboom, wat twee boomstuike mag wees naamlik Tarchonanthus camphoratus (Vaalbos) en Terminalia sericea (Sandgeelhout), maar laasgenoemde word in ander streke na Vaalbos of Vaalboom verwys. Die bekende Blink-blaar-wag-‘n-bietjie (Ziziphus mucronata) boomstruik is een wat ‘n mens moet ontmoet! Dit is ‘n bladwisselende boom meestal met pragtige blink blare en dan die verrassingspakkie: Twee dorings, een ‘n swarthaakdoring en dan ‘n lang steekdoring. Die een steek jou en as jy wegruk, sê die ander een “wag-‘n-bietjie”. So terloops, dit is een van die bome van die jaar 2017. Jy kan gerus oorweeg om dit te plant. Ons is voorwaar geseënd met ‘n rits pragtige streeksname vir plante, soos Maartblom, gifbol, bitterals, jakkalsbos, rooipoppies, kannie, suikerbos, katnaels kruidjie-roer-my-nie, drumsticks, bluebells, gansogies, knoppiesopslag en perdeblom. Die gebruik van algemene of streek-
verwante name vir plante is sedert die vroeë 1700’s deeglik gedokumenteer. Volgens Smith (1966) is die rekordhouding van volksname vir plante reeds in die tyd van Simon van der Stel begin. Soos die setlaars noord- en ooswaarts getrek het, het hulle met al hoe meer plantspesies in aanraking gekom. Al hierdie plantspesies was van spesifieke belang, hetsy dit vir die eetbare of giftige eienskappe daarvan was, ook vir die gebruik van bou- of huishoudelike materiaal. Van hierdie setlaars, wat later Voortrekkers geword het, het ander etniese groepe ontmoet wat hul eie gevestigde benamings vir verskillende plante gehad het, en streeksname vir plante is so gevestig. Teen 1966 het Smith reeds ‘n totaal van meer as 9 000 sulke name op rekord gehad. Die meeste daarvan word steeds gebruik in verskillende streke of provinsies in Suid-Afrika, in verskillende tale en etniese groepe.
Die belangrikheid van wetenskaplike name Algemene streeksname is inherent deel van ons Suid-Afrikaanse kulturele landskap, maar dit is belangrik om in gedagte te hou dat dit tot groot verwarring of misverstande kan lei. Enigeen wat nie ‘n plantkundige is nie, is gemaklik daarmee om ‘n streeksnaam
as die spesifieke plantnaam te gebruik, maar die grootste kritiek hierteen is dat dit nog nooit opgeneem is in ‘n formele klassifikasiesisteem nie. Wat dit selfs meer verwarrend maak, is die feit dat hierdie streeksname soms vir meer as een plantspesie in Suider-Afrika gebruik word. “Streeksname as plantname kan slegs permanente waarde inhou indien dit verwant is aan ‘n wetenskaplike plantnaam wat vir slegs één spesifieke plantspesie gebruik word, en waaraan die volksbenaming uitgeken of geïdentifiseer kan word,” skryf Smith. Hierdie ideaal het egter ongelukkig nooit gerealiseer nie en het daartoe gelei dat kommunikasie oor plantspesies net betekenisvol is wanneer daar na plante verwys word deur hul wetenskaplike Latynse benamings te gebruik. “Die geskiedenis van plantspesieklassifisering (planttaksonomie) is ‘n interessante aspek. Voor die mensdom geletterd was, het hulle plantspesies gegroepeer volgens hul bruikbaarheid, byvoorbeeld of dit eetbaar, giftig of medisinaal bruikbaar is. Omdat die doel van hierdie groepering soveel vergroot het, het die kriteria vir klassifisering ook verander. Die eerste groepering van plante het verander in klassifisering volgens plant-verwantskappe. Vandag word plante gegroepeer op grond van hul natuurlike verwantskappe op spesifieke eienskappe, generiese, familie en hoër vlakke.” (Jones & Luchsinger 1979). Die stelsel van “Binomial Classification” (twee name) is in 1753 deur Linnaeus voorgestel, waarvolgens ‘n unieke wetenskaplike Latynse naam aan elke bekende organisme toegeken is. Dié naam bestaan uit twee dele: ‘n genusnaam (gelykstaande aan ‘n van) en ‘n spesienaam (gelykstaande aan ‘n eerste naam), en behoort ook aan ‘n spesifieke plantfamilie met spesifieke eienskappe. Vir só ‘n naam om geldig te wees, moet dit aan sekere kriteria voldoen. Eerstens moet seker gemaak word dat die plant nie dalk elders in die wereld versamel en beskryf is nie. Tweedens moet die plant se nuwe naam en beskrywing se kenmerke in ‘n erkende wetenskaplike tydskrif gepubliseer word. Tot baie onlangs moes ‘n kort Latynse beskrywing gegee word, maar gelukkig is dié gebruik besig om uit te sterf. Wetenskaplike name is ongelukkig ook nie permanent nie en word soms
19
verander, maar dit moet geskied met baie navorsing en deeglike gesprekke tussen planttaksonome van die spesifieke plantfamilie en -genusse. Regoor die wêreld is groepe planttaksonome – in Suid-Afrika het ons twee groot nasionale herbariums. ‘n Herbarium is soortgelyk aan ‘n plantbiblioteek, so as ‘n mens wil sien hoe ‘n plantspesie lyk, kan jy na die herbarium gaan, kyk hoe die planteksemplaar lyk, waar dit versamel is en hoe die blomkleur of sade lyk. In Suid Afrika het die “South African National Botanical Institute (SANBI)” twee herbariums in Pretoria (Silverton) en Kaapstad (Kirstenbosch), waar ‘n klomp planttaksonome werk. Elkeen van die planttaksonome spesialiseer meestal in bepaalde plantfamilies en is verantwoordelik vir verskillende vleuels in die herbarium. Die groter stuk grond rondom die herbarium word deur SANBI gebruik as ‘n Botaniese tuin, soos Kirstenbosch wat wêreldbekend is vir sy groot verskeidenheid lewende plantspesieversamelings. Ook die herbarium versterk die gewildheid, waar dooie planteksemplare ons soms herinner aan watter plantspesies in Suid-Afrika voorkom of wat dalk al uitgesterf het. Die rede waarom van die plante uitgesterf het, sal later bespreek word.
verandering. Die Australiers het ons hier voorgespring en die immergewilde en bekende Acacia genusnaam vir hulle bome en struike toegeëien en ná hewige debatte is besluit dat Suid-Afrika hulle Acacia genus moet verander!
Wat baie belangrik is om te noem, is dat die ou wetenskaplike name nooit weggegooi word nie – dit word in boeke en op datastelsels gehou as sinonieme van die nuwe plantspesienaam.
Blinkblaar-wag-‘n-bietjie (Ziziphus mucronata)
Soos plantekoloë en -taksonome plantegroei bestudeer, kom nuwe inligting na vore wat die begrip van plantspesies, hul eienskappe en verwantskappe tot ander plantspesies, verander. Wanneer taksonome ooreenkomste en verwantskappe ontdek wat voorheen onbekend was, is dit soms nodig dat plantspesies se name verander moet word om te verseker dat dit hul nuwe posisie in die klassifisering weerspieël. In sommige gevalle moet name reggestel word wanneer dit aan die lig kom dat die reëls vir plantbenaming in die verlede verkeerd toegepas is. ‘n Klassieke voorbeeld is die Acacia genusnaam (doringbome soos Kameeldoring en Soetdoring), wat verander is in SuidAfrika se geval na twee genusse, naamlik Vachellia (meestal wit steekdorings) en Senegalia (meestal swart haakdorings). Hierdie naamverandering het nie sommer net gebeur nie, daar was en is steeds groot besprekings oor die naam-
20
Foto's: Dr. PC Zietsman
Naamveranderinge
Vaalbos (Tarchonanthus camphoratus)
Douglas Alice Kemp Spesialis Bestuurder: Finansiering Tel: 053 298 8391 Douglas Elmarie Pretorius Administrasie Tel: 053 298 8200 Douglas Cobus Horn Streeksbestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Karen Kruger Streeksbestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Tel: 053 298 8200
Finansiering wat jou help om grense te verskuif.
Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Tel: 053 298 8200
GWK Finansiering
Douglas Rita Page Kredietkontroleur Tel: 053 298 8200 Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede Tel: 053 298 8200 Douglas Johannes Celliers Kredietbestuurder: Langtermyn Tel: 053 298 8200 Vaalharts Veronica Stevens Perseel 320 Tel: 053 456 0293 Hopetown Henro Loubser Industriëleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat 1 Tel: 053 581 0112 Underberg Themba Mahlangu Shop 25, Troutwalk Centre Tel: 033 263 2770 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock Christoff Koekemoer Frere Straat 83 Tel: 087 820 4606 Ficksburg Alwyn Kruger Plaas Tattenham Tel: 051 250 4167 Christiana Cassie Aspeling Koöperasie Straat Tel: 053 441 2231 Upington Lukas Becker Toekomsstraat 15, Industria Tel: 087 820 0798 Luckhoff Schalk Burger Voortrekkerstraat 1 Tel: 053 206 0071
Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun. Kontak die GWK Finansieringspan.
21
Aktueel Leana Bezuidenhout
Opgewondenheid oor die toekoms van pekanneute
By GWK se tent was al die nodige inligting oor pekanboerdery beskikbaar, sowel as kompetisies met groot pryse vir besoekers.
22
Suid-Afrikaanse pekanneute
Pekanverbouing vaar uitstekend in die droër, westelike dele van Suid-Afrika, waar produsente sedert ‘n paar jaar gelede versigtig ‘n pekanboerdery begin het met slegs ‘n paar bome, en nou beplan om groot uitbreidings aan hul pekanboorde te maak. Een van die redes hiervoor is die uitstekende gehalte van die pekanneute uit die area, wat gewildheid in oorsese markte verwerf het. GWK is al lank betrokke by pekanverbouing en die ontwikkeling van eksklusiewe internasionale markkanale. Die maatskappy se betrokkenheid by pekanprodusente strek van die begin tot einde – van inset-advies, toerusting, boordbeplanning, versekering, finansiering, navorsing en produkte, tot by die afneem van die produk en die uitvoer daarvan. Deurgaans word die produsent ook gediens deur ‘n toegewyde landboukundige wat seker maak daar word in elke behoefte op die plaas voorsien. Die vraag oor die toekoms van pekanneute kan met reg gevra word, skryf Koos du Pisanie van Farmbiz. Die pekan-industrie in Suid-Afrika het begin in Mpumalanga en KwaZuluNatal, waar die eerste gedokumenteerde bome in 1976 geplant is. Hierna het verskeie uitbreidings plaasgevind, waaronder die LNR se vestiging van pekanblokke in Nelspruit, Roodeplaat en die Addo Navorsingstasie. Op die oomblik word meer as 90% van nuwe aanplantings in die droër Vaalharts-, Prieska-, Upington- en Oraniagebiede gevind. Die Vaalharts Besproeiingskema is die tweede grootste besproeiingsprojek ter wêreld en toon die vinnigste groei in die pekan-industrie. Volgens
Sappa (Suid-Afrikaanse Pekanneutprodusente-assosiasie) is 199 900 kweekhuisbome in 2010 verkoop met ‘n produksiegetal van 5 000 ton. In 2015 is ‘n geraamde 440 000 kweekhuisbome verkoop met produksie wat 10 500 ton gehaal het.
Pekan-kongres Die wêreldbevolking groei en verander en daarmee saam die manier hoe mense dink oor kos. Só sê Greg Mills, president van Golden Peanut and Tree Nuts. Die samestelling van die bevolking bepaal vandag wat die neigings is in hoe mense eet en wat vir hulle belangrik is in terme van kos. Mills was die eerste spreker by die pekanneut-kongres wat op 14 en 15 Maart op Hartswater aangebied is en waar GWK as platinumborg verteenwoordig is. Hy verduidelik veranderinge in die mark aan die hand van gesondheid wat wêreldwyd al hoe belangriker word, veral gesondheid deur eetgewoontes. Deursigtigheid, naspeurbaarheid, volhoubaarheid en omgewingsvriendelike produksiepraktyke word alles oorweeg wanneer mense besluit wat om tee et. Grondbone en boomneute bied, volgens Mills, die antwoord op hierdie vrae deur ‘n bewese rekord van gesondheidsvoordele. Pekanneute vorm deel van ‘n gesonde dieet om diabetes, inflammasie, hartsiektes en obesiteit te beveg. Ander sprekers op dié dag het ingesluit Dr. James Walworth, professor en mede-hoof van die Departement Grond, Water en Omgewingsake in Arizona, Dr. Richard Hereema van California, en Daniel J. Zedan, president van Nature’s Finest Foods in Texas –
almal van die VSA. Die onderwerpe onder bespreking was onder meer: Hoë-digtheid aanplantings teenoor normale-digtheid aanplantings Bestuiwing teenoor hittespanning Waterbestuur by besproeiing Kunsmisbestuur en toedieningstye Siektes, nematodes en afwykings Walworth, wat waterbestuur bespreek het, het opgemerk dat hy dit nie eintlik nodig ag om te veel inligting te deel nie, omdat Suid-Afrikaanse produsente se waterbestuur volgens hom beter gedoen word as dié van baie Amerikaanse produsente. Ongeveer 600 produsente het die tweedag-kongres bygewoon.
Oud-rugbyspeler Bakkies Botha het ook ‘n draai gemaak by die GWK-tent. Botha besit ‘n plaas van 300 hektaar in die Waterberge, waar hy reeds met wild boer. Op die plaas is egter ‘n paar pekanbome wat floreer in die klimaat en daarom gaan hy dié jaar nog aanplant. Op die oomblik is hy besig om die waterregte vir die plaas gevestig te kry om effektief te kan besproei. Volgens Botha is hy glad nie meer betrokke by rugby nie. “Rugby was ‘n deel van my lewe, dit was nie my lewe nie,” sê hy. Hoewel hy nuut is in die pekanbedryf, is hy opgewonde oor die moontlikhede wat dit inhou.
Volhoubare markte Die volhoubaarheid van die pekanbedryf lyk baie belowend vir SuidAfrikaanse produsente. Die gesondheidswaarde van die neut is al deeglik bewys – dit is ‘n ryk brom van energie en is gelaai met antioksidante en vitamiene. Hierdie gesondheidsvoordele verseker dat daar altyd ‘n wêreldwye mark vir pekanneute sal wees. Die span by GWK Trading, wat spesialiste op verskeie gebiede insluit, het ervaring en ‘n sterk reputasie by oorsese aankopers gebou vanweë die gehalte van GWK-produsente se neute en die konsekwente lewering daarvan. By die jaarlikse kongres is dié volhoubare toekoms weer bevestig. GWK se fasiliteite, waaronder sortering- en poleringfasiliteite, is toegerus om produsente te ondersteun om hierdie markte te ontgin.
23
Dit is tyd vir Winterlek Van herfs tot vroeg somer kan jou kudde ‘n verskeidenheid SA Feed Phosphates proteïenaanvullings geniet. • • • •
Beeslek 42 (vroeg winter) Bees & Skaap Winterlek (middel winter tot dit reën) Volledige Skaaplek (deur die jaar) Skaaplekkonsentraat (vir ‘n verskeidenheid voermengsels)
Ons produkte verseker jou kudde se liggaamsonderhoud asook die reproduksiedoeltreffendheid van teeldiere. Vir verdere navrae, skakel ons gerus by (053) 441-3300 of stuur ‘n e-pos na info@safp.co.za.
GWK Eiendomme verwelkom vir Koos Kruger wat aangestel is om GWK Eiendomme Landbou in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap uit te brei.
Koos Kruger 082 571 3918
24
Johan Roets 083 411 7605
Leopold Ferreira 078 894 4683
Jacques Swanepoel 083 983 5200
Louis van Rensburg 082 772 2594
GWK Agri Landboukundige Dienste Dup Haarhoff
BOEREDAE BAIE
WAARDEVOL GWK se presisieboerdery-afdeling, wat deel vorm van Landboukundige Dienste, bied jaarliks inligtingsdae aan waarop belangrike inligting oor boerderypraktyke en –tegnologie met produsente gedeel word. Twee groot dae is gedurende Februarie en Maart aangebied en albei is afgesluit met ‘n lekker ete en saam-kuier.
Luckhoff Somer-rally Die Luckhoff Somer-rally is op 23 Februarie aangebied en was soos elke jaar baie suksesvol. Ongeveer 80 produsente het dié dag bygewoon. Die doel van hierdie dag is om verskeie plase te besoek en dan besprekings rondom knelpunte of suksesse te hou. Navorsing en gewasproduksiepraktyke word hier in detail bespreek met slegs een doel voor oë: Om boerdrye op ‘n volhoubare wyse te laat groei. Op hierdie dag is die volgende besoekpunte besoek: “Side by side”-proef: Die rede waarom ons 76cm rye vergelyk met “twin-rows” (onder dieselfde toestande) is om te bepaal of ‘n mens deur slegs van ryspasiëring te verander, meer doeltreffend kan wees met dieselfde insette (bv. water, saad, kunsmis ens). Katoen: Gegewe die huidige waterbeperkings en die mielie- en koringprys, is katoen ‘n aanloklike plaasvervanger en boonop ‘n uitstekende wisselbougewas. Daar is
die geleentheid om dieselfde of meer wins te genereer as met mielies en koring, maar met minder water. Striptill op mielies: Om mielies in koringreste te plant, het sy uitdagings, maar hou ook voordele in. Die plantproses geskied meer doeltreffend met striptill as met no-till. Meer egalige plantdiepte word verkry. Water infiltrasie vanweë die reste is ook meer doeltreffend oor die hele land teenoor konvensionele praktyke. No-till van sojabone: (Groeireguleerder op sojabone en standproewe op sojabone.) Sojabone is ’n uitstekende wisselbougewas en dra in ‘n groot mate by tot die area se hoë koringopbrengste. Schlerotinia is egter ‘n groot bekommernis by die produksie van sojabone. Terwyl daar in hierdie stadium geen chemiese produk is wat die swam 100% kan bestry nie, word produksiepraktyke beproef om hierdie
siekte se invloed op produksie te beperk. Hierdie praktyke het ten doel om meer doeltreffend te wees ten opsigte van die bekamping van die siekte, sonder om opbrengsverliese teweeg te bring, teenoor tradisionele praktyke. Plantdiepte-evaluering op vroeë mielie-aanplantings (Sept / Oktober): Hier word gepoog om meer doeltreffend te wees met die egalige opkoms van mielies in ‘n baie koue periode van plant. Deur verskillende plantdieptes te evalueer, word die invloed van koue gronde met plant gesien op die groei van vroeë mielies. Dieselfde planter word gebruik vir ‘n Desember-aanplanting – ons poog egter om meer doeltreffend te wees ten opsigte van die mielie se opkoms vir hierdie twee plantdatums. Die GWK-landboukundiges, Hannes Hattingh, Johann Sounes en Armand van Eck, het ‘n groot bydrae gelewer tot die sukses van dié dag.
25
Luckhoff Somer-rally fotoblad:
Hannes Hattingh, Landboukundige van GWK
VEILING
JAGPAKKETTE EN GESOGTE WYNE 19 April 2017 | 18h00 vir 18h30 | NG Kerk, Douglas
Toegang: R70 (ete ingesluit). Bring eie drinkgoed. Dames ook welkom. 21 Lotte jagpakkette (bestaande uit 48 stuks wild) en 10 lotte wyne word aangebied. Pakkette bestaan uit: voorsit-jagte, dagjagte en jagte met akkommodasie. Daar is jagte geskik vir individue, pa-en-seun-geleenthede, sowel as korporatiewe jagte. ‘n Wynkenner gaan inligting deel oor wyne wat onder die hamer kom. 26
Vir verdere inligting en katalogus: ngkerkdouglas@gmail. com U kan ook die kerkkrantoor kontak by 053 298 2476 (weeksdae 08h00-13h00)
Douglas Groentoer Hierdie
jaar is die Douglas Groentoer aan die oostekant van Douglas aangebied op 23 Maart. Meer as 100 besoekers het die dag bygewoon en iets geleer oor praktiese gewasverbouing. Die Groentoer word aangebied om produsente en landboukundiges die geleentheid te gee om inligting onder mekaar uit te ruil en gesprekke te voer oor suksesse en uitdagings en sodoende by mekaar te leer. Die dag is begin met ‘n insiggewende lesing deur Johan van den Bergh, wat gehandel het oor klimaatsrisikobestuur. Waxi-mielies, kommersiële witmielies, grondbone, lusern en aartappellande is op hierdie dag besoek en die nuutste inligting oor proewe deur GWK en produsente is met mekaar gedeel. By die eerste besoekpunt van die dag, die plaas Taaibosch van Genade boerdery, is verskillende bewerkingspraktyke beproef (op Waxi-mielies). Op die oog af was daar beslis twee bewerkingspraktyke wat tot voordeel van die produsent sal strek by hierdie
grondtipes. Die verskillende grondboonkultivars wat geëvalueer word by Taaibosh het groot aandag geniet. Daar is nuwe kultivars met potensiaal wat na vore tree en ons sien uit na die proefresultate. By Hein Mülke (Soutpansdrift) was daar ‘n duidelike verskil in opbrengs by witmielies tussen sy twee tipes bewerking wat hy gevolg het. (Die resultate hiervan is by GWK se landboukundige span beskikbaar.) ‘n Implemente-demonstrasie is deur John Deere aangebied op die plaas Veepos van Tiaan Mülke. Dié demonstrasie het veral gefokus op saadbedvoorbereiding. Optimale lusernverbouing is waargeneem by Tiaan Mülke en die belangrikheid van effektiewe grondvoorbereiding voor plant het weer na vore gekom. By Idstone Boerdery is gekyk na waterstremmings en kunsmisproewe op grondbone. Die laaste gewas wat besoek is, was aartappels. Goeie gesprekke rondom die verbouing van aartappels is gehou.
27
Douglas Groentoer fotoblad:
Douglas 7 x rivierfront-erwe 30 km vanaf Douglas op Kimberley-pad 1 750 m² (50 m diep en 35 m breed)
2 = R 550 000 elk (BTW ing.) 5 = R 520 000 elk (BTW ing.)
28
Annelize Heyneke 071 680 9969
JOU SUKSES
ONS WENKOMBINASIE
Die besproeiing koringkultivars, PAN 3400, PAN 3471 en PAN 3497, behaal groot sukses in die kommersiële aanplantings en beskik oor goeie siekteverdraagsaamheid en graderingseienskappe. Die perfekte keuse vir die besproeiingsboer. www.pannar.com | infoserve@pannar.co.za ® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2017 PANNAR BPK TM
2017/WHEAT/LB/07
29
GWK Agri Landboukundige dienste André Prins
Opbrengsmonitor: Bestuurshulpmiddel of baie duur speelding? Die
koste van boerdery-insette Relatiewe Opbrengs Mielieste verplig die produsent omvanmeer fokus op die gebruik van data in sy besluitneming. Van die eerste opsies wat beskikbaar is, is die gebruik van opbrengsmonitors. Opbrengsmonitors kom al ’n geruime tyd en meeste stropers word volledig toegerus aangekoop. Opbrengsdata word baie keer net as ’n kaart gebruik om te sien waar probleme by spilpunte voorkom. Die data kan egter verder verwerk word om as bestuurshulpmiddel te dien en besluitneming te ondersteun.
Opbrengsmonitor as bestuurshulmiddel GWK Gewasnavorsing het reeds baie werk gedoen in die kalibrering en interpretasie van opbrengsdata. Die data Opbrengs Stabiliteit van Mielies kan gebruik word om opbrengs oor die langtermyn te evalueer. Om relevante analises te doen, is minstens drie jaar se betroubare en akkurate data per gewas nodig. Die data word vergelyk met die gemiddelde opbrengs van die jaar om sodoende jare met mekaar te vergelyk. Figuur 1 toon die langtermyn relatiewe mielieopbrengs aan. Die risiko verbonde aan opbrengs in verskillende sones kan deur gebruik te maak van die stabiliteit van opbrengste, bepaal word. Figuur 2 dui die stabiliteit van die opbrengs in die sones aan. Hierdie sones kan gebruik word vir onder meer veranderlike plantmengsels en plantestand.
2017/01/31 02:33:23 PM
2017/01/31 02:16:12 PM
30
Relatiewe Opbrengs van Mielies
hoë
GWK se presisie-pakkette help boere met die verwerking van die opbrengsmonitordata. Ons kry dus inligting vanoor die hele GWK-gebied. Die probleem is egter dat baie van die data in só ’n swak toestand is dat dit onbruikbaar is. Die data word soms deur landboukundiges afgelaai en aan hul kantoorpersoneel voorsien. Hierdie persone het egter geen kennis van wat op verskillende produsente se plase gebeur nie en die verwerking van die data kan dus nare verrassings oplewer. Figuur 3 toon data wat gedurende die seisoen ontvang is aan, en die produsent se versoek is dat ons hom help bepaal wat die opbrengs per land is. Hierdie data is gestoor in een leêr. As gekyk word na die gemiddelde opbrengs, was dit redelik ’n goeie koringopbrengs van gemiddeld 8,73 ton/ha. Die vraag is egter: Wat is die pers strepe en is dit moontlik om 14 – 16 ton/ha Stab-Mielie koring te stroop? Verdere ondersoek Hoog (6.296 ha) Laag na (5.745 dieha)data toon egter dat die proOnstabiel(0.008 ha) dusent die afgelope twee seisoene se data bo-op mekaar gestoor het. Figuur 4 is die koringdata en Figuur 5 die mieliedata. Die koringdata lyk bruikbaar maar die opbrengs is nou slegs 7,04 ton/ ha. Die mieliedata is in ’n swak toestand (baie moeilik om sulke data verder te verwerk). Hierdie data kan egter maklik geskei word, terwyl sekere ander probleme moeiliker is om op te los. MedRO-Mie (%)
115.00 105.00 100.00 95.00 90.00 50.00
Ag Leader Technology SMS Advanced MedRO-Mie
2017/01/31 02:33:23 PM
(%)
115.00 105.00 100.00 95.00 90.00 50.00
-
150.00(0.017 115.00(2.694 105.00(3.248 100.00(2.867 95.00(1.883 90.00(1.342
ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Figuur 1: Langtermyn relatiewe opbrengs vir mielies Opbrengs Stabiliteit van Mielies
Ag Leader Technology SMS Advanced
Ag Leader Technology SMS Advanced
Opbrengsmonitor as ‘n baie duur speelding
Page 1 of 1
2017/01/31 02:16:12 PM
Stab-Mielie
Ag Leader Technology SMS Advanced
Hoog (6.296 ha) Laag (5.745 ha) Onstabiel(0.008 ha)
Figuur 2: Stabiliteit van mielieopbrengs
Page 1 of 1
-
150.00(0.017 115.00(2.694 105.00(3.248 100.00(2.867 95.00(1.883 90.00(1.342
ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Page 1 of 1
Page 1 of 1
Yield Mass (Dry) (tonne/ha)
16.00 14.00 13.50 13.00 12.50 12.00 11.50 11.00 10.50 10.00 9.50 9.00 8.50 8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 3.00 0.30
(tonne/ha)
Yield Mass (Dry)
31/01/2017 8:06:33
(tonne/ha)
16.00 14.00 13.50 13.00 12.50 12.00 11.50 11.00 10.50 10.00 9.50 9.00 8.50 8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 3.00 0.30
-
20.00 (0.439 16.00 (4.563 14.00 (1.614 13.50 (1.399 13.00 (1.102 12.50 (0.840 12.00 (0.571 11.50 (0.399 11.00 (0.375 10.50 (0.414 10.00 (0.828 9.50 (1.737 9.00 (3.083 8.50 (4.189 8.00 (4.618 7.50 (4.024 7.00 (3.258 6.50 (2.366 6.00 (5.552 3.00 (1.867
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
20.00 (0.439 16.00 (4.563 14.00 (1.614 13.50 (1.399 13.00 (1.102 12.50 (0.840 12.00 (0.571 11.50 (0.399 11.00 (0.375 10.50 (0.414 10.00 (0.828 9.50 (1.737 9.00 (3.083 8.50 (4.189 8.00 (4.618 7.50 (4.024 7.00 (3.258 6.50 (2.366 6.00 (5.552 3.00 (1.867
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Crop / Product : WHEAT
Yield Mass (Dry)
Avg. Moisture : 9.977 %
Yield Mass (Dry) (tonne/ha)
31/01/2017 8:13:48
16.00 14.00 13.50 13.00 12.50 12.00 11.50 11.00 10.50 10.00 9.50 9.00 8.50 8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 3.00 0.30
Operation : Grain Harvest Crop / Product : WHEAT Op. Instance : Harvest - 1
Est. Yield Mass (Dry) : 8.730 tonne/ha
Op. Instance : Harvest - 1
31/01/2017 8:13:48
20.00 (0.001 16.00 (0.002 14.00 (0.000 13.50 (0.002 13.00 (0.003 12.50 (0.006 12.00 (0.011 11.50 (0.017 11.00 (0.052 10.50 (0.156 10.00 (0.604 9.50 (1.579 9.00 (2.952 8.50 (4.043 8.00 (4.482 7.50 (3.889 7.00 (3.133 6.50 (2.242 6.00 (4.886 3.00 (1.407
Avg. Moisture : 9.977 %
Op. Instance : Harvest - 1
Plantestand
Plantestand
5.00 2.50 1.00 0.00
-
Ag Leader Technology SMS Advanced
Plantestand
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
- 20.00(0.000 ha) - 7.50(0.050 ha) - 5.00(0.332 ha) - 2.50(2.075 ha) - 1.00(9.500 ha)
Wat lê in die toekoms?
- 20.00(0.000 ha) - 7.50(0.050 ha) Avg. Moisture - 5.00(0.332 ha) - 2.50(2.075 ha) - 1.00(9.500 ha)
95 000.00 92 500.00 90 000.00 87 500.00 85 000.00 82 500.00 80 000.00 0.00
: 14.44 %
Population (ksds/ha)
2017/01/31 04:35:00 PM
95 000.00 92 500.00 90 000.00 87 500.00 85 000.00 82 500.00 80 000.00 0.00
7.50 5.00 2.50 1.00 0.00
Page 1 of 1
(%)
Population (ksds/ha)
Ag Leader Technology SMS Advanced
- 120 000.00 (0.001 Page 1 of 1 - 95 000.00 (0.047 - 92 500.00 (0.327 - 90 000.00 (2.315 - 87 500.00 (5.840 - 85 000.00 (4.988 - 82 500.00 (2.459 - 80 000.00 (3.698
Ag Leader Technology SMS Advanced
7.50 5.00 2.50 1.00 0.00
7.50 - 25.00(2.249 7.50(2.645 5.00(8.107 1.00 - 2.50(4.109 0.00 - 1.00(2.564
Skips5.00 2.50 -
ha) ha) ha) ha) ha)
- 25.00(2.249 ha) - 7.50(2.645 ha) - 5.00(8.107 ha) - 2.50(4.109 ha) - 1.00(2.564 ha)
- 120 000.00 (0.001 ha) - 95 000.00 (0.047 ha) - 92 500.00 (0.327 ha) - 90 000.00 (2.315 ha) - 87 500.00 (5.840 ha) - 85 000.00 (4.988 ha) - 82 500.00 (2.459 ha) - 80 000.00 (3.698 ha)
Page 1 of 1
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Page 1 of 1
Skips (%)
- 20.00(0.000 ha) - 7.50(0.050 ha) - 5.00(0.332 ha) - 2.50(2.075 ha) - 1.00(9.500 ha)
7.50 5.00 2.50 1.00 0.00
Population (ksds/ha)
95 000.00 92 500.00 90 000.00 87 500.00 85 000.00 82 500.00 80 000.00 0.00
- 25.00(2.249 ha) - 7.50(2.645 ha) - 5.00(8.107 ha) - 2.50(4.109 ha) - 1.00(2.564 ha)
- 120 000.00 (0.001 ha) - 95 000.00 (0.047 ha) - 92 500.00 (0.327 ha) - 90 000.00 (2.315 ha) - 87 500.00 (5.840 ha) Skips - 85 000.00(%) (4.988 ha) - 82 500.00 (2.459 ha) 7.50 - 25.00(2.249 ha) - 80 000.00 (3.698 ha)
Figuur 7: Planterdata vir Produsent 2 Page 1 of 1 Population (ksds/ha)
5.00 2.50 1.00 -
7.50(2.645 ha) 5.00(8.107 ha) 2.50(4.109 ha)
0.00 - 1.00(2.564 ha) Opsomming
Ag Leader -Technology SMS Advanced 95 000.00 120 000.00 (0.001 ha) 92 500.00 - 95 000.00 (0.047 ha) 90 000.00 - 92 500.00 (0.327 ha) 87 500.00 - 90 000.00 (2.315 ha) 85 000.00 - 87 500.00 (5.840 ha) 82 500.00 - 85 000.00 (4.988 ha) 80 000.00 - 82 500.00 (2.459 ha) 0.00 - 80 000.00 (3.698 ha)
Langtermyn-data kan gebruik word vir meer presiese en/of veranderlike plantestand en bemesting. Daar is reeds begin met die verwerking van planterkaarte. Meeste produsente besef dat sy hele oes by ’n goeie egalige stand begin. Nuwe planters is toegerus met standmonitors (baie gebruik dieselfde monitor as die stroper). In die volgende twee figure van planterkaarte kan jy sien dat produsent 1 ’n groter kans op ’n suksesvolle oes het as produsent 2. ’n Eenvoudige sommetjie toon ’n potensiaal van 16,5 t/ha op land 1 teenoor 15,3 ton/ha op land 2. 2017/01/31 04:35:00 PM
Yield Mass (Dry) : 12.37 tonne/ha
Page 1 of 1
Page 1 of 1
Page 1 of 1
(%)
(%)
7.50 5.00 ha) 2.50 ha) 1.00 ha) 0.00 ha) ha) 04:35:00 PM ha) ha)
7.50 5.00 2.50 1.00 0.00
ha) ha) ha) ha)
Figuur 6: Planterdata vir Produsent 1 Skips
(ksds/ha)
Avg. Moisture : 14.44 %
Skips
125 000(0.000 100 000(0.023 97 500(0.046 95 000(1.822 92 500(7.848 90 000(1.553 87 500(0.664
Population
Plantestand
Op. Instance : Harvest - 1
(%)
(%)
7.50(0.050 5.00(0.332 2.50(2.075 1.00(9.500
Crop / Product : WHEAT
Skips
7.50 - 20.00(0.000 ha) Page 1 of 1 (ksds/ha) Ag Leader Technology SMS Advanced
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Page 1 of 1
Year : 2016
Area : 13.79 ha Skips Est.
100 000 - 125 000(0.000 97 500 - 100 000(0.023 95 000 97 500(0.046 92 500 95 000(1.822 90 000 92 500(7.848 87 500 Skips 90 000(1.553 (%)87 500(0.664 0 -
125 000(0.000 100 000(0.023 97 500(0.046 95 000(1.822 92 500(7.848 90 000(1.553 87 500(0.664
Avg. Moisture : 14.44 %
Op. Instance : Harvest - 1
(ksds/ha)
-
Est. Yield Mass (Dry) : 12.37 tonne/ha
Est. Yield Mass (Dry) : 12.37 tonne/ha
Crop / Product : WHEAT
Page 1 of 1 Ag Leader Technology SMS Advanced
100 000 97 500 95 000 92 500 90 000 87 500 0
Area : 13.79 ha
Area : 13.79 ha
Avg. Moisture : 7.890 %
(ksds/ha)
Ag Leader 100 000 Technology Advanced - SMS 125 000(0.000 97 500 - 100 000(0.023 95 000 97 500(0.046 92 500 95 000(1.822 90 000 92 500(7.848 2017/01/31 87 500 90 000(1.553 0 87 500(0.664
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Operation : Grain Harvest
Population -
(tonne/ha)
20.00 (0.438 16.00 (4.561 14.00 (1.614 13.50 (1.397 13.00 (1.099 12.50 (0.834 12.00 (0.561 11.50 (0.381 11.00 (0.323 10.50 (0.258 10.00 (0.224 9.50 (0.158 9.00 (0.131 8.50 (0.146 8.00 (0.136 7.50 (0.135 7.00 (0.125 6.50 (0.124 6.00 (0.667 3.00 (0.459
Est. Yield Mass (Dry) : 7.028 tonne/ha
Ag Leader Technology SMS Advanced 2017/01/31 04:35:00 PM
100 000 97 500 95 000 92 500 90 000 87 500 0
-
Op. Instance : Harvest - 1
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Figuur 5: Mielieopbrengsdata vir 2015/16 Operation : Grain Harvest
Op. Instance : Harvest - 1
Population
2017/01/31 03:59:31 PM
Page 1 of 1
16.00 14.00 13.50 13.00 12.50 12.00 11.50 11.00 10.50 10.00 9.50 9.00 8.50 8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 3.00 0.30
Population
2017/01/31 03:59:31 PM
Yield Mass (Dry)
31/01/2017 8:15:40
Crop / Product : WHEAT
Avg. Moisture : 7.890 %
Ag Leader Technology SMS Advanced 31/01/2017 8:15:40
Ag Leader Technology SMS Advanced
Avg. Moisture : 7.890 %
Est. Yield Mass (Dry) : 7.028 tonne/ha
Page 1 of 1
2017/01/31 03:59:31 PM
Est. Yield Mass (Dry) : 7.028 tonne/ha
Plantestand
Ag Leader Technology SMS Advanced Area : 29.47 ha 31/01/2017 8:15:40
16.00 - 20.00 (0.438 14.00 - 16.00 (4.561 13.50 - 14.00 (1.614 13.00 - 13.50 (1.397 12.50 - 13.00 (1.099 12.00 - 12.50 (0.834 11.50 - 12.00 (0.561 11.00 - 11.50 (0.381 Ag Leader Technology SMS(0.323 Advanced 10.50 - 11.00 10.00 - 10.50 (0.258 9.50 - 10.00 (0.224 9.00 - 9.50 (0.158 8.50 - 9.00 (0.131 8.00 - 8.50 (0.146 7.50 - 8.00 (0.136 7.00 - 7.50 (0.135 6.50 - 7.00 (0.125 6.00 - 6.50 (0.124 3.00 - 6.00 (0.667 0.30 - 3.00 (0.459
Area : 29.47 ha
Year : 2016
Crop / Product : WHEAT
Ag Leader Technology SMS Advanced
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Crop / Product : WHEAT
(tonne/ha)
Op. Instance : Harvest - 1
Year : 2016
Operation : Grain Harvest
20.00 (0.438 16.00 (4.561 14.00 (1.614 13.50 (1.397 13.00 (1.099 12.50 (0.834 12.00 (0.561 11.50 (0.381 11.00 (0.323 10.50 (0.258 10.00 (0.224 9.50 (0.158 9.00 (0.131 8.50 (0.146 8.00 (0.136 7.50 (0.135 7.00 (0.125 6.50 (0.124 6.00 (0.667 3.00 (0.459
Operation : Grain Harvest
Yield Mass (Dry)
Area : 29.47 ha
Est. Yield Mass (Dry) : 8.730 tonne/ha
2017/01/31 03:59:31 PM
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Year : 2016
Page 1 of 1
31/01/2017 8:13:48
MS Advanced
-
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Figuur 4: Koringopbrengsdata vir 2016 Operation : Grain Harvest
Plantestand
Avg. Moisture : 9.977 %
Area : 43.25 ha
16.00 - 20.00 (0.001 14.00 - 16.00 (0.002 13.50 - 14.00 (0.000 13.00 - 13.50 (0.002 12.50 - 13.00 (0.003 12.00 - 12.50 (0.006 11.50 - 12.00 (0.011 11.00 - 11.50 (0.017 10.50 - 11.00 (0.052 Ag Leader Technology SMS Advanced 10.00 10.50 (0.156 9.50 - 10.00 (0.604 9.00 - 9.50 (1.579 8.50 - 9.00 (2.952 8.00 - 8.50 (4.043 7.50 - 8.00 (4.482 7.00 - 7.50 (3.889 6.50 - 7.00 (3.133 6.00 - 6.50 (2.242 3.00 - 6.00 (4.886 0.30 - 3.00 (1.407
Page 1 of 1
-
Year : 2016
Crop / Product : WHEAT
(tonne/ha)
Die produsent kan goeie data verseker deur na ’n paar goed op te let tydens oes: Onthou om een naam per land te Plantestand gebruik – 6T, 6 Toring, 6Toring word deur die rekenaar as drie afsonderlike lande gelees. Maak die monitor voor die seisoen skoon – GWK Meganisasie het ’n volledige span tegnikuste wat jou kan ondersteun en verseker die opstelling is korrek.Plantestand Verseker die monitor is korrek gekalibreer en moet nie kalibrering tydens die oesproses (veral op een land) aanpas nie. Dit is makliker om die hele land se opbrengs reg te stel as net sekere dele daarvan. Maak seker dat lande apart gestroop word. Die nuwe monitors waarsku as daar tussen lande gewissel word, ongelukkig is spilpunte só na aan mekaar dat die GPS dit as een land verwerk. Verseker dat die regte seisoen en gewas op die monitor ingelees word. Maak ’n duidelike aantekening van probleme, bv. ryp- of haelskade wat op die land voorgekom het. Hierdie inligting is veral belangrik as ons langtermyn-ontleding van die data doen, ons onthou gewoonlik ná ’n paar jaar nie sulke probleme nie. Boerproewe hou vir ons kosbare inligting in, maar kan die verwerking van data kompliseer. Indien moontlik, identifiseer ’n langtermynproefland.
Ag Leader Technology SMS Advanced
16.00 14.00 13.50 13.00 12.50 12.00 11.50 11.00 10.50 10.00 9.50 9.00 8.50 8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 3.00 0.30
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Operation : Grain Harvest
Est. Yield Mass (Dry) : 8.730 tonne/ha
Area : 43.25 ha
Crop / Product : WHEAT
20.00 (0.001 16.00 (0.002 14.00 (0.000 13.50 (0.002 13.00 (0.003 12.50 (0.006 12.00 (0.011 11.50 (0.017 11.00 (0.052 10.50 (0.156 10.00 (0.604 9.50 (1.579 9.00 (2.952 8.50 (4.043 8.00 (4.482 7.50 (3.889 7.00 (3.133 6.50 (2.242 6.00 (4.886 3.00 (1.407
Year : 2016
Area : 43.25 ha
Wat kan die produsent doen dat sy data vir hom kan begin werk? Operation : Grain Harvest
-
Op. Instance : Harvest - 1
Year : 2016 Figuur 3: Opbrengsdata vir “2016”
Year : 2016
(tonne/ha)
(tonne/ha)
Operation : Grain Harvest
ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha) ha)
Yield Mass (Dry)
Yield Mass (Dry) 16.00 14.00 13.50 13.00 12.50 12.00 11.50 11.00 10.50 10.00 9.50 9.00 8.50 8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 3.00 0.30
Year : 2016
Yield Mass (Dry) 16.00 - 20.00 (0.439 14.00 - 16.00 (4.563 13.50 - 14.00 (1.614 13.00 - 13.50 (1.399 12.50 - 13.00 (1.102 12.00 - 12.50 (0.840 11.50 - 12.00 (0.571 11.00 - 11.50 (0.399 10.50 - 11.00 (0.375 Ag Leader Technology SMS Advanced 10.00 - 10.50 (0.414 9.50 - 10.00 (0.828 9.00 - 9.50 (1.737 8.50 - 9.00 (3.083 8.00 - 8.50 (4.189 7.50 - 8.00 (4.618 7.00 - 7.50 (4.024 6.50 - 7.00 (3.258 6.00 - 6.50 (2.366 3.00 - 6.00 (5.552 0.30 - 3.00 (1.867
-
Page 1 of 1
Die hoë koste van insette verplig elke produsent om meer presies te boer. Daar is baie hulpmiddele maar die gesegde uit ons universiteitsdae , GIGO (Garbage In Garbage Out) is hier 100% van toepassing. GWK Presisieboerdery en Meganisasie kan jou help om jou opbrengsmonitor optimaal te benut. Hierdie duur toerusting is reeds beskikbaar, saam kan ons verseker dat dit optimaal aangewend word. Page 1 of 1
Kontakbesonderhede vir John Deere: Johan Wolvaardt: 072 331 3807, Jason Prince: 082 906 1671. Kontakbesonderhede vir GWK Presisieboerdery (Streeksbestuurders): Hannes Hattingh (Kimberley): 082 901 2747, Kallie Knox (Douglas): 082 937 7202, Armand van Eck (Hopetown): 082 805 9922
31
GWK Agri Landboukundige dienste Terblanché le Roux (Cradock)
Fusarium-aarskroei (Fusarium graminearum)
op Besproeiingskoring Inleiding Fusarium graminearum, ook bekend as Gibberella zeae, is die patogeen wat verantwoordelik is vir die alombekende Fusarium-aarskroei wat jaarliks groot skade aan kleingrane, en veral besproeiingskoring, aanrig. Ander gashere vir die patogeen, al is die skadelike uitwerking op die opbrengs nie so verwoestend nie, is onder meer gars, durum, hawer en selfs mielies. Gars kry Fusarium-aarskroei ook nie in so ‘n erge mate soos koring nie, aangesien die aar nog binne die vlagblaar is tydens blom, en dus kan die Fusarium-spore nie met die blompakkies in aanraking kom totdat die blomstadium verby is nie. Die patogeen infekteer nie net die are nie, maar kan ook die plant se kroon en wortels infekteer. Fusarium-aarskroei beïnvloed nie net koring se opbrengs nie, maar beïnvloed ook die gehalte nadelig, te danke aan verskeie mikotoksiene, hofsaaklik bekend as deoxynivalenol, wat geproduseer word en ‘n groot gesondheidsrisiko vir sowel mense as diere inhou. Lae opbrengste, en om nie eens te praat van die swakker gradering nie, kan dus groot ekonomiese gevolge vir volhoubare koringproduksie inhou. Fusarium-aarskroei kom baie sporadies voor en dit word toegeskryf aan die wisselende weerstoestande wat jaar na jaar ervaar word tydens die periode van infeksie. Fusarium-aarskroei kan baie straf voorkom in hoogs vatbare koringkultivars tydens jare met hoë inokulumvlakke, tesame met die aanwe-
32
sigheid van nat of vogtige weer tydens blom. Koring wat in ‘n minimum bewerkingstelsel in monokultuur geplant, of met ‘n gasheer soos mielies afgewissel word, is ook baie meer geneig om strawwe Fusarium-aarskroei infeksies op te doen. Fusarium-aarskroei het die vermoë om groot skade aan gesaaides aan te rig – in die VSA word Fusarium as die mees verwoestende plantsiekte gelys. Oesverliese van tot 50% is al waargeneem as gevolg van Fusarium-aarskroei op hoogs vatbare koringkultivars tydens jare met uitsonderlik gunstige weer vir swam groei.
Infeksie Fusarium graminearum “oorwinter” op geïnfekteerde oesreste, hetsy die vorige jaar se koringstoppels of die voorafgaande somerseisoen se mieliereste, en kan ook vir ‘n tyd in die grond oorleef. Op die geïnfekteerde oesreste produseer die swam dan weer spore, wat deur die wind of waterdruppels wat op die reste of grond spat, versprei word na die volgende gasheer, in dié geval koringare. Fusarium-spore kan ook aan insekte se pote vaskleef en só na ‘n volgende plant versprei word, maar hierdie vorm van verspreiding is minimaal. Sodra die omgewingstoestande ideaal is, en die plant in die regte fisiologiese stadium is, vind infeksie plaas. Koringare is vatbaar vir infeksie van-
dat die plant begin blom totdat die sagte deegstadium bereik word. Tydens blom, wanneer die blompakkies oopmaak om stuifmeel te stort, is daar ‘n ideale plek vir die patogeen om die aar binne te dring en te infekteer. Klimaatstoestande wat bevorderlik is vir infeksie, is lang periodes van warm (15-30°C), vogtige (RH>90%) weer, en die rede vir die sporadiese voorkoms van aarskroei in sekere areas is dat dié weerstoestande en die blomtyd van die spesifieke koringkultivar gelyktydig moet voorkom. Tot dusver kon geen bewys nog gevind word dat die plant van Fusarium-geïnfekteerde saad tot aarskroei lei nie, maar die besmette saad sal wel swak ontkieming en kiemkragtigheid toon, en kan kort na ontkieming afsterf weens saailing verwelk. Dit alles lei tot ‘n swak stand, maar wat die totale omvang daarvan is, sal afhang van die totale persentasie geïnfekteerde sade.
Simptome Die eerste simptome van Fusarium-aarskroei word gewoonlik sigbaar in die middelste blompakkies op die aar (sien Figuur 1); dit is die gewoonlik die blompakkies wat eerste oopmaak en stuifmeel stort, en dus eerste geïnfekteer word. Vandat infeksie plaasvind tot die simptome begin verskyn, behoort sowat 10 dae te neem afhangende van omgewingstoestande.
Figuur 1: Geïnfekteerde sowel as gesonde koringare. (Foto: Cathy De Villiers, LNR-Kleingraaninstituut)
Figuur 2: Verbruining van die stam, direk onder die aar. (Foto: Cathy De Villiers, LNR-Kleingraaninstituut)
Die eerste tekens van Fusarium-aarskroei raak dus kort ná blom sigbaar, wanneer besmette blompakkies op die aar ‘n gebleikte voorkoms toon – ‘n effens pienk kleur kan ook ontwikkel met tyd. Die swam kan vanaf ‘n enkele blompakkie op- en afwaarts deur die ragis na die res van die aar versprei en die verbleikte voorkoms wat versprei is die aanduiding daarvan. Die swam kan verder afwaarts, tot in die stam direk onder die aar, versprei om ‘n bruinerige kleur te vertoon (Sien Figuur 2) en indien dit baie vroeg reeds plaasvind, sal die hele aar steriel wees. As infeksie vroeg (voor bestuiwing van die blompakkies) reeds plaasvind, word die blompakkie steriel en geen pit word dus geproduseer nie, maar indien infeksie ná bestuiwing plaasvind, sal die swam die geïnfekteerde blompakkie se ontwikkelende pit ook begin koloniseer en ‘n verkrimpde voorkoms veroorsaak (sien Figuur 3). Die pit sal met strooptyd ‘n klein, gefrommelde voorkoms hê en kan ook ‘n skakering pienker as die gesonde pitte wees, as gevolg van die swam wat pienk spore produseer. Die grootste skade aan opbrengs word gewoonlik deur vroeë infeksie en blomsteriliteit veroorsaak, en die swakker gra-
dering word deur die latere infeksie en meegaande verkrimpde pitte veroorsaak. Dus is die uiteindelike invloed wat die Fusarium-aarskroei op die oes het, onderhewig aan die tyd van infeksie: Hoe later infeksie eers plaasvind, hoe kleiner die nadelige invloed op die opbrengs. Wit are kan as gevolg van verskeie ander redes ook op ‘n koringland voorkom, maar met fyn waarneming kan dit egter bevestig word of Fusarium-aarskroei of koueskade of ‘n ander patogeen die werklike oorsaak is. Waarneming moet gedoen word wanneer die plant nog groen is, anders is die verskil nie maklik sigbaar nie.
word nie, en dit verander voortdurend, dus word sekere jare gekenmerk as siektejare en ander nie. Al manier om die vatbare gasheer te verwyder, sal wees om ‘n weerstandbiedende kultivar te plant, maar in Suid-Afrika is ongelukkig nog geen Fusarium-aarskroei-weerstandbiedende kultivars met ‘n hoë opbrengspotensiaal beskikbaar nie. Die patogeen se teenwoordigheid is dus die enigste werklike faktor wat tans tot ‘n mate beheer kan word deur goeie agronomiese praktyke. Die beste manier om Fusarium-aarskroei te beheer, is deur van ‘n aantal strategieë gebruik te maak – hoe meer maatreëls geïmplementeer word, hoe beter is die uiteindelike beheer. Praktyke wat die voorkoms van Fusarium-aarskroei kan verminder deur die hoeveelheid inokulum op die land te verminder, is onder meer praktyke soos gewasrotasie met ‘n nie-gasheergewas soos sojabone, katoen, grondbone en ander breëblaargewasse en die verbranding of inkorporering van enige vorige geïnfekteerde mielie- of koringreste. Die hoeveelheid spore wat afkomstig is van die land self, is sonder twyfel die grootste bron van inokulum. ‘n Hoeveelheid kan steeds ingewaai word vanuit ander plekke of lande, maar die invloed hiervan op infeksie is drasties minder. Die positiewe invloed
Beheer Die siektedriehoek bestaan uit drie dele, ‘n vatbare gasheerplant, ‘n patogeen en ‘n gunstige klimaat. Vir ‘n siekte om uit te breek, moet al drie hierdie dele teenwoordig wees. As enigeen van die drie dele nie teenwoordig is nie, kan geen siekte ontwikkel nie. Die enigste dele wat ons as mense kan manipuleer, is die teenwoordigheid van ‘n vatbare gasheer en die patogeen. Die weerstoestande kan nie deur ons beheer
Figuur 3: Geïnfekteerde koringpitte (links) teenoor gesonde pitte (regs). (Foto: Cathy De Villiers, LNR-Kleingraaninstituut)
wat goeie verbouingspraktyke en restebestuur op die voorkoms van Fusariumaarskroei op ‘n land het, bly dus onbetwyfelbaar. Die probleme wat onderskeidelik met die drie maniere ervaar word, is dat presiese beheer moet geskied tydens verbranding van reste om enige skade
33
te vermy, en sekere opinies heers dat dit destruktief tot die grond is. Inkorporering is weer duur en ‘n sekere hoeveelheid reste sal altyd bo die grond oorbly, en die mag dalk geïnfekteer wees. Met gewasrotasie is dit weer ‘n stryd om ‘n geskikte gewas te vind wat in die area met sukses verbou kan word en ekonomies volhoubaar op sy eie is. Die plant van meer weerstandbiedende koringkultivars is een van die mees doeltreffende maniere van beheer, maar aangesien geen ware weerstandige kultivars in Suid-Afrika op die mark beskikbaar is nie, moet gepoog word om kultivars te plant wat nie die siekte so maklik opdoen nie. Kultivars se vatbaarheid vir Fusarium-aarskroei word in Figuur 4 aangetoon. Die kort venstertydperk vanaf sporulasie en spoorverspreiding tot infeksie van die gasheer, maak dat die
voorkoms van Fusarium-aarskroei redelik akkuraat met behulp van rekenaarmodelle bepaal kan word. Dié modelle word wyd in Amerika gebruik en omvat faktore soos temperatuur, humiditeit, reënval, inokulumproduksie en die gewas se fisiologiese ontwikkeling om akkurate voorspellings van die plantsiekte te maak. Die modelle benodig die spesifieke koringkultivar se inligting, omdat dit gebruik maak van die kultivar se groeilengte om te bepaal wanneer die blomtydperk sal begin. Klimatologiese inligting word van weerstasies verkry, en sodra die koring se blomtyd saam met gunstige weersomstandighede vir Fusarium-aarskroei ontwikkeling val, sal ‘n waarskuwing gegee word om ‘n chemiese bespuiting betyds te doen. Die tegnologie word nog nie in SuidAfrika gebruik nie, maar sal ‘n definitiewe aanwins vir die bedryf wees.
Die probleem is egter die groot kostes daaraan verbonde en die effektiewe bestuur daarvan. Die ander probleem is dat geen swamdoder geregistreer is om Fusarium-aarskroei op koring in Suid-Afrika te beheer nie, en sonder ‘n vorm van chemiese beheer wat toegedien kan word, help so ‘n voorspellingsisteem niks. Chemiese middels word egter soms tydens aarverskyning tot vroeë blom gespuit om die voorkoms van Fusarium-aarskroei te probeer verminder, maar ook dít bied wisselende resultate. Sommige gevalle in die buiteland is al aangeteken waar die toediening van chemiese swamdoders tydens die vroeë blomstadium die voorkoms van Fusarium-aarskroei met tot 60% kan verminder. Die probleme met chemiese middels is die hoë koste, die wisselende sukses daarvan en ook die sporadiese
Kultivar
Vlak van vatbaarheid
Kultivar
Vlak van vatbaarheid
Baviaans
Matig vatbaar
PAN 3471
Vatbaar
Buffels
Onbekend*
PAN 3478
Matig vatbaar
CRN 826
Hoogs vatbaar
SST 806
Matig vatbaar
Duzi
Matig vatbaar
SST 822
Vatbaar
Kariega
Matig vatbaar
SST 835
Hoogs vatbaar
Krokodil
Vatbaar
SST 843
Vatbaar
Olifants
Matig vatbaar
SST 876
Hoogs vatbaar
PAN 3434
Matig vatbaar
Steenbras
Vatbaar
Figuur 4: Vatbaarheid van verskillende koringkultivars teen Fusarium-aarskroei. (Verkry van die ‘’Handleiding vir die Produksie van Kleingrane vir 2016’’). * Tans in die proses om te evalueer.
voorkoms van Fusarium-aarskroeiepidemies. Navorsing word aanhoudend gedoen om nuwe swamdoders te identifiseer wat beter effektiwiteit bied teen die patogeen. Nog ‘n probleem is dat die teiken van die swamdoder die vertikaal geöriënteerde are is, en nie die meer horisontale vlagblare nie, dus moet die manier van toediening aangepas word. Verhoogde effektiwiteit word waargeneem indien die spuitrigting teen ‘n hoek van sowat 30° na vorentoe sowel as agtertoe gerig word en hoë volumes water toegedien word. Die aktiewe bestanddele wat soms gebruik word met die doel om Fusarium-aarskroei te voorkom, is die van die triasool-familie, en is wel geregistreer om ander swamme soos Oogvlek, Karnal-brand, Blaarroes en Vaalblaar te beheer. Navorsing word ook gedoen om biologiese middels bekend te stel wat die voorkoms en infeksie van Fusarium-aarskroei verminder, maar die navorsing blyk nog in ‘n vroeë stadium te
34
wees. Op die oomblik word navorsing deur die LNR se Kleingraaninstituut gedoen op Fusarium-aarskroei-weerstandige koringkultivars, en dat daar binne die volgende paar jaar moontlik weerstandbiedende kultivars kommersieël beskikbaar gestel kan word. Indien dit voorkom dat ‘n land ‘n groot Fusarium-aarskroeibesmetting het met strooptyd, kan ‘n poging aangewend word om die gradering effens te verbeter. Dit kan gedoen word deur die stroper se wind op te jaag om die verkrimpde pitte uit te blaas en ook om die geïnfekteerde pitte ná die tyd uit te sif met ‘n wind- en gravitasie-kombinasie sifapparaat. Wat ons egter hieruit leer is dat die beste vorm van beheer voorkomend van aard is. Alle voorbereiding vir die nuwe koringoes moet gedoen word op só ‘n manier dat die kans op Fusarium-aarskroeibesmetting tot die minimum beperk word. As die koring geplant is, is dit te laat om veranderinge te maak. ‘n Ander opsie om te oorweeg,
is om koring vir gars te verruil in die produksiestelsel, maar dit is ‘n ander gewas en dus moet ander markte gesoek word vir dié graanproduk. Indien verdere inligting verlang word, kontak gerus jou GWK-landboukundige of vir Cathy de Villiers van die LNR-Kleingraaninstituut (053 307 3400).
Verwysings Brown N.A, Bass C, Baldwin T. K, Chen H, Massot F, Carion P.W.C, Urban M, Van de Meene A.M. L, and Hammond-Kosack K. E; Characterisation of the Fusarium graminearum- Wheat Floral Interaction; Department of Plant Pathology and Microbiology, Centre for Sustainable Pest and Disease Management, Rothamsted Research, Harpenden, Hertfordshire, UK; 2011. De Villiers C; Aarskroeisiekte op Koring; Kommuniek; 2012 Fusarium Head Blight of Wheat; Department of Plant and Soil Sciences, University of Kentucky; 2009, Updated 2012. Fusarium Head Blight (FHB) or Head Scab; Queensland Department of Agriculture and Fisheries; 2015 Handleiding vir Produksie van Kleingrane in die Somerreënvalgebied; LNR-Kleingraaninstituut; 2012, 2016 Sydenham S, De Villiers C; Reducing the risk of Fusarium head blight disease for irrigated wheat; Grain SA; June 2014. Schmale D.G and Bergstrom G.C; Fusarium head blight in wheat. The Plant Health Instructor; 10.1094; 2003, Updated 2010. Wegulo S.N, Jackson T.A, Baenziger P.S, Carlson M.P, Nopsa, J.H; Fusarium Head Blight of Wheat; University of Nebraska Lincoln Extension; EC1896; 2008.
PRESIES!!!
Installeer John Deere-presisieboerderytegnologie op jou bestaande toerusting, gefinansier teen 2% gekoppel*
Finansiering beskikbaar deur John Deere Financial teen ‘n rentekoers van 2% gekoppel aan prima, gebaseer op 50% deposito OF teen ‘n rentekoers van 5% gekoppel aan prima, gebaseer op 20% deposito*
Verbeterde werkverrigting Optimale produktiwiteit weens verminderde staantyd Bevorder agronomiese besluite
Finansiering gebou vir jou *Bepalings en voorwaardes geld. Aanbod geldig solank voorrade hou. Aanbod gebaseer op ‘n spesifieke struktuur. Ander strukture kan egter vir die promosie geakkommodeer word wat ‘n unieke besparing en/of rentekoers sal lewer.
BigDoor22702
John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n lid van Barclays, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.
Sluit aan by John Deere op Facebook
Volg John Deere op Twitter
Besoek John Deere op YouTube
www.Deere.co.za Africa@johndeere.com Kliëntediens: 0800 983 821
35
Van Eskom na
SONKRAG (deel 1)
36
GWK Agri Landboukundige Dienste Jo-Mari Bredenkamp Verstaan die proses en redes Die kern van die son het ‘n beraamde temperatuur van 20 miljoen°C en sonkrag is die energie wat deur die son uitgestraal word deur ‘n ingewikkelde reeks kernreaksies wat verantwoordelik is vir die vrystelling van hierdie energie. Uitstralingsenergie beweeg ongeveer 150 miljoen kilometer voordat dit die atmosfeer van die aarde bereik. ’n Enkele vierkante sentimeter op die son se oppervlak kan volgens een berekening met die helderheid van 232 500 kerse brand. Hoewel slegs ’n breukdeeltjie van hierdie energie die aarde bereik, versamel daar nog elke minuut 1400 megawatt sonkrag per vierkante kilometer op die kant van die aarde wat na son gedraai is. Dit bly steeds ’n yslike klomp sonkrag in ’n kort tydjie, maar slegs die helfte van daardie hoeveelheid bereik die aardoppervlak - die atmosfeer en wolke absorbeer die ander helfte. Spesiale toestelle genaamd sonselle kan gebruik word om hierdie uitstalingsenergie op te vang en hulle regstreeks in elektrisisteit om te skakel. In ‘n sonsel word elektrone deur lig geprikkel om deur halfgeleidende silikonstowwe van die een laag na die ander te beweeg. Sodoende word ’n elektriese stroom opgewek. ’n Enkele sonsel wek nie veel krag op nie, daarom word hul saamgevoeg om ’n sonkragmodule of sonpaneel te vorm. Sonpanele kan een-een of saamsaam gebruik word om krag te voorsien, hetsy op klein- of grootskaal. Dit is ‘n bekende feit dat energietariewe jaarliks verhoog en die betroubaarheid van kragvoorsiening meer en meer betwyfel word. Die oorwe-
ging van alternatiewe opsies vir krag, soos sonplase, het ‘n algemene verskynsel in Suid-Afrika geword. Die eerste benadering tot die oorweging van alternatiewe, hernubare of ‘n “groen" energie-oplossing is om jou eie kragverbruik te bereken en te kyk hoe jy dit kan verminder. Jy sal verras wees hoeveel energie jy kan spaar deur slegs 'n paar rand te belê. 'n Tipiese huishouding, met ‘n gemiddelde daaglikse verbruik van byvoorbeeld 20kWh, kan dit moontlik verminder tot 15kWh. Die totale belegging om dít moontlik te maak, kan tot R20 000 beloop, maar as ons sonpanele oorweeg, sal dit jou kapitale uitleg vir 'n geskikte sonstelsel met tot R80 000 verminder (Planmypower, Dr. Gawie van der Merwe). Die vestiging van ‘n sonstelsel voeg wel waarde by tot jou eiendom. Maar voordat jy inspring met ‘n sonstelselprojek om jou elektrisiteitsvoorsiening van Eskom te vervang, onthou dat die sonkrag-oplossings nie onbeperk is nie. Jy is beperk tot die hoeveelheid krag wat jy in jou sonstelsel se batterysiklus kan stoor, waar voorsiening van die hoofnetwerk (Eskom-punt) feitlik eindeloos is. As jy kyk na die sonkragoplossings as ‘n plaasvervanger vir hoof-elektrisiteittoevoer, is dit belangrik om die verskille en vermoëns van sonstelsels in vergelyking met die hoofof netwerkvoorsiening van elektrisiteit te meet. Kom ons beweeg plaas toe, veral na besproeiingspraktyke wat feitlik nie sonder ‘n vorm van energie kan funisioneer nie. In ‘n tydperk van ses jaar het Eskom se tarief met 240% toegeneem, wat ‘n gemiddeld van ‘n
Gemiddelde prysstyging in Eskom oor die afgelope ses jaar Jare Prys/e (mm)
2011 R
Tabel 1: Eskom-tariewe
1,69
2012 R
2,74
2013 R
3,17
2014 R
3,28
2015 R
3,56
2016 R
4,06
Bron: GWK Kostegids 2011 - 2016
37
40%-styging per jaar toon. (Verwys na Tabel 1.) Indien dié trend volhou, kan ‘n mens verwag om teen 2020 R6,50 per eenheid vir Eskom-krag te betaal. Figuur 2 toon die invloed van ‘n stygende Eskom-tarief op sekere gewasse vir die afgelope ses jaar. Die in-styging-tarief het ‘n verhoudingsgetal van 2.5:1, wat mense laat wonder hoe op aarde bereik produsente nog ‘n volhoubare marge as meeste van hulle afhanklik is van Eskom-krag? Saam met hierdie stygende tariewe raak die totale produksiekoste ook net hoër en die produkpryse volg nie altyd hierdie stygende trend nie. Sonkrag is ‘n haalbare opsie vir produsente en kan verseker daartoe bydra om elektrisiteitkostes te verminder. Die besluit moet wel nie ligtelik geneem word nie, daar is baie belangrike aspekte wat in gedagte gehou moet word. Die belangrikste aspek is dat jy eers jou berekening moet maak voordat jy in ‘n stelsel belê. Kry ‘n kundige om jou te ondersteun met die somme. Soos vroeër genoem, moet jy die beperkings van sonkrag ook in gedagte hou sodat jy weet hoeveel krag jy gaan benodig volgens jou gemiddelde daaglikse gebruik. Nog ‘n belangrike aspek sluit jou keuse van verskaffer en installeerder in: Soos in enige industrie is daar gewetenlose uitbuiting deur verskaffers wat nie omgee of die regte tegnologie gebruik word, of dit ooit voordele vir die omgewing inhou en of dit voldoen aan die produsent se behoeftes nie. Produsente moet dus versigtig wees wanneer hulle ‘n sonstelselinstalleerder kies – doen gerus navorsing en vind uit wie in die sonkragsektor ‘n verskaffer met ‘n goeie reputasie en ‘n bewese geskiedenis in sonkragstels is. Om af te sluit, hier is goue reëls van Nelson Adams om die beste stelsel vir jou omstandighede te koop: Die belangrikste is sekerlik dat jy as verbruiker in die stelsel moet ingroei. Anders as met Eskom, is dit nie ‘n geval van ‘n tjek uitskryf en die knoppie druk nie. Eskom probeer nou alles in hul vermoë om mense te leer om krag te bespaar – die effektiewe gebruik van energie. Weens die geweldige koste van alternatiewe energie, moet jy van die begin af energieeffektiewe toestelle gebruik en
38
Figuur 1: Grafiese voorstelling van ‘n sonnestelsel (grootskaal)
Figuur 2: Stygende Eskom-tarief R/ha Figuur 2 toon die persentasie wat kragkostes uitmaak van totale produksiekoste vir onderskeie gewasse.
Figuur 2: Die persentasie Eskom vs TPK
bespaar waar jy kan. Besparing deur minderwaardige produkte aan te koop, is valse ekonomie en beteken eenvoudig dat jy later duur gaan betaal om die foute reg te stel. Dit help ook nie om byvoorbeeld ‘n goeie omsetter op ‘n swak battery te gebruik nie. Die omsetter kan nie die batterye se foute toesmeer nie. Die heel belangrikste is om te sorg dat jy die regte inligting kry met gedurende die beplanning van die stelsel. Hoekom dit gebeur het, is duister, maar die sonenergie-bedryf is sekerlik die
besigheid waarin die meeste wolhaarstories versprei word. Die eerste aankope is die belangrikste. Die heel eerste belegging in alternatiewe energie moet insluit: ‘n batterylaaier, goeie batterye met voldoende kapasiteit en ‘n outomatiese sinusgolf-omsetter. In die volgende uitgawe gaan ons vir ‘n paar produsente kuier om uit te vind hoe hulle sonstelsels vir hulle werk en wat sal hulle aanbeveel vir dié van ons wat dit oorweeg om sonkrag te installeer.
GWK Agri Landboukundige dienste Armand van Eck en Dries Bloem (GeoLab)
Fosfaatvaslegging
in grond
Veldwaarnemings
Inleiding Fosfaatkunsmis (P) los op in grond ná toediening, maar word sterk deur gronddeeltjies geadsorbeer. Met verloop van tyd word ‘n deel van die toegediende P so sterk deur gronddeeltjies geadsorbeer of gekristaliseer, dat ‘n deel daarvan nie meer deur plantwortels opgeneem kan word nie. Hierdie proses word fosfaatvaslegging genoem.
Die afgelope seisoen is ‘n geval van fosfaatvaslegging waargeneem. Nuwe grond is in ‘n bestaande spilpunt ingery. Hierdie grond was alkalies van aard met ‘n lae voedingstatus. Sojabone is Field 6 op: Uitsig hierdie spilpunt geplant en die dele Year : 2016 nuwe grond verteenwoordig het, wat Area : 16.26swak ha het opbrengste tot gevolg geJoubert & Verster had. Die is in sones verEst. Yield Mass (Dry) :opbrengskaart 3.750 tonne/ha Uitsig 6
Avg. Moisture : 9.346 %
deel (Fig.1) waarna spesifieke punte uit die opbrengsgroeperings gemonster is (Fig.2). Die monsters is chemies ontleed en resultate het aangedui dat fosfaatkonsentrasies laag was op die swakker opbrengs-dele (Tabel 1). Regstellings is voor die aanplant van die volgende gewas gemaak.
Meting van fosfaatvaslegging Yield Mass (Dry)
Yield Mass (Dry) (tonne/ha)
8.00 - 65.00 (0.000 ha) 7.50 - 8.00 (0.000 ha) 7.00 - 7.50 (0.010 ha) 6.50 - 7.00 (0.083 ha) 6.00 - 6.50 (0.206 ha) 5.50 - 6.00 (0.587 ha) 5.00 - 5.50 (1.391 ha) 4.50 - 5.00 (2.213 ha) 4.00 - 4.50 (2.146 ha) 3.50 - 4.00 (2.361 ha) 3.00 - 3.50 (2.540 ha) 2.50 - 3.00 (2.387 ha) 2.00 - 2.50 (1.732 ha) 1.50 - 2.00 (1.053 ha) 0.00 - 1.50 (0.325 ha)
Field : Uitsig 6
(tonne/ha)
8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 5.50 5.00 4.50 4.00 3.50 3.00 2.50 2.00 1.50 0.00
- 65.00 (0.000 ha) - 8.00 (0.000 ha) - 7.50 (0.010 ha) - 7.00 (0.083 ha) - 6.50 (0.206 ha) - 6.00 (0.587 ha) - 5.50 (1.391 ha) - 5.00 (2.213 ha) - 4.50 (2.146 ha) - 4.00 (2.361 ha) - 3.50 (2.540 ha) - 3.00 (2.387 ha) - 2.50 (1.732 ha) - 2.00 (1.053 ha) - 1.50 (0.325 ha)
Gronde kan aansienlik van mekaar verskil met betrekking tot fosfaatvaslegging en dit is nie altyd ‘n uitgemaakte saak watter faktore in ‘n grond aanleiding gee tot fosfaatvaslegging nie. Dit kan egter in ‘n laboratorium gemeet word deur ‘n bekende hoeveelheid fosfaat met grond te meng en ‘n tyd te laat vir reaksie, waarna die plantbeskikbare fosfaat weer bepaal word met Bray- of Olsen-ekstrakte. Die fosfaat wat nie in die ekstrak (soos in laasgenoemde sin) herwin word nie, word dan as vasgelê gereken. In ‘n studie met 54 gronde in KwaZulu-Natal het Johnston et al (1991) byvoorbeeld gevind dat tussen 27% en 94% van toegediende fosfaat herwin is in ‘n laboratoriumondersoek. Dit impliseer dat in die ergste geval 73% van die fosfaatkunsmis nie plantbeskikbaar was ná toediening nie.
Year : 2016 Area : 16.26 ha Est. Yield Mass (Dry) : 3.750 tonne/ha Avg. Moisture : 9.346 %
1.6
Jouber Ui
Area (ha)
1.4 1.2 1
0.8 0.6 0.4 0.2
1.3
1.9
2.4
3.0
3.6
4.2
4.8
Yield Mass (Dry) (tonne/ha)
5.4
6.0
6.6
Yield Mass (Dry)
Yield Mass (Dry) (tonne/ha)
8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 5.50 5.00 4.50 4.00 3.50 3.00 2.50 2.00 1.50 0.00
- 65.00 (0.000 ha) - 8.00 (0.000 ha) - 7.50 (0.010 ha) - 7.00 (0.083 ha) - 6.50 (0.206 ha) - 6.00 (0.587 ha) - 5.50 (1.391 ha) - 5.00 (2.213 ha) - 4.50 (2.146 ha) - 4.00 (2.361 ha) - 3.50 (2.540 ha) - 3.00 (2.387 ha) - 2.50 (1.732 ha) - 2.00 (1.053 ha) - 1.50 (0.325 ha)
Ag Leader Technology SMS Advanced
(tonne/ha)
8.00 7.50 7.00 6.50 6.00 5.50 5.00 4.50 4.00 3.50 3.00 2.50 2.00 1.50 0.00
Page 1 of 1
- 65.00 (0.000 ha) - 8.00 (0.000 ha) - 7.50 (0.010 ha) - 7.00 (0.083 ha) - 6.50 (0.206 ha) - 6.00 (0.587 ha) - 5.50 (1.391 ha) - 5.00 (2.213 ha) - 4.50 (2.146 ha) - 4.00 (2.361 ha) - 3.50 (2.540 ha) - 3.00 (2.387 ha) - 2.50 (1.732 ha) - 2.00 (1.053 ha) - 1.50 (0.325 ha)
1.6
Fig 1: 1.4 Opbrengskaart van sojabone Area (ha)
0
2016/05/06 04:17:51 PM
Fig. 2 Groepering van opbrengs sones
1.2 1
0.8 0.6
39
0.4 0.2 0
1.3
1.9
2.4
3.0
3.6
4.2
4.8
5.4
6.0
6.6
GeoLab Ekstrak Monster no 6-1 Swak 6-2 Swak 6-3 Swak 6-4 Swak 6-5 Swak 6-6 Swak 6-7 Goed 6-8 Swak 6-9 Goed 6-10 Goed
Lab no
pH(KCl)
N637
7.6
N638
CaCO3 %
P P(Ols(Bray1) en)
4.75
mg kg-1 3
mg kg-1 7
7.5
2.38
6
N639
7.4
2.25
N640
7.5
N641
K
Ca
Mg
Na
cmol mg cmol kg-1 kg-1 kg-1 0.238 93 9.363
mg kg-1 1873
cmol mg cmol kg-1 kg-1 kg-1 5.818 704 0.167
9
0.242
95
8.544
1709
2.369
287
0.138
32
7
11
0.450
175
9.248
1850
2.935
355
0.123
28
3.25
14
18
0.426
166
8.351
1670
1.912
231
0.128
30
7.6
4.50
4
9
0.343
134
8.381
1676
2.433
294
0.161
37
N642
7.5
3.50
6
12
0.337
131
8.058
1612
2.248
272
0.133
31
N643
7.4
2.13
20
36
0.324
126
9.170
1834
1.662
201
0.117
27
N644
7.6
4.80
6
13
0.277
108
8.365
1673
3.579
433
0.155
36
N645
7.5
3.13
6
7
0.417
162
9.201
1840
1.472
178
0.113
26
N646
6.4
1.00
15
26
0.385
150
7.000
1400
2.243
271
0.149
34
Monster no
Lab no
Ca:Mg
Mg:K
Ca+Mg:K
K%
Ca%
Mg%
Na%
6-1 Swak 6-2 Swak 6-3 Swak 6-4 Swak 6-5 Swak 6-6 Swak 6-7 Goed 6-8 Swak 6-9 Goed 6-10 Goed
N637 N638 N639 N640 N641 N642 N643 N644 N645 N646
1.6 3.6 3.2 4.4 3.4 3.6 5.5 2.3 6.3 3.1
24.4 9.8 6.5 4.5 7.1 6.7 5.1 12.9 3.5 5.8
63.8 45.0 27.1 24.1 31.5 30.6 33.4 43.1 25.6 24.0
1.5 2.1 3.5 3.9 3.0 3.1 2.9 2.2 3.7 3.9
60.1 75.7 72.5 77.2 74.0 74.8 81.3 67.6 82.1 71.6
37.3 21.0 23.0 17.7 21.5 20.9 14.7 28.9 13.1 22.9
1.1 1.2 1.0 1.2 1.4 1.2 1.0 1.2 1.0 1.5
mg kg-1 38
Digtheid kg m-3 1321 1400 1344 1290 1290 1394 1286 1295 1301 1232
Tabel 1: Chemiese ontledings op goeie en swak sones van die sojaboon-opbrengskaart.
Ná die sojaboonoes is vroeë mielies op hierdie spilpunt aangeplant. Ná opkoms is waargeneem dat sekere dele swakker groei en verpot vertoon teenoor die res van die land. Met nadere ondersoek is gevind dat daar ‘n nou verband is met hierdie kolle en die swak
opbrengs-dele van die vorige sojaboon-oes waarop fosfaatregstellings gedoen is. Verskeie monsters is geneem van onderskeidelik die goeie en swak dele om die oorsaak te probeer bepaal.
Swakker mielies in die voorgrond teenoor beter groei in die agtergrond
40
Blaarmonsters is geneem en was as volg: Longitude Latitude Monster No
08064
08065
Kamp
Goed
Swak
CT1608125.001
CT1608125.002
Oppervlak
ha
LAB
No.
Gewas Opbrengs mikpunt
Mielies (40-60cm) ton/ha
Evalueer van ontledings
Heel Plant N
15 Tekort
Op Norm
S
Mg
Ca
K
P
Maks.
Bo Norm
Na
Mn
Fe
Min
M1
M2
B
Zn
Cu
Ni
Mo
M3
N
P
K
Ca
Mg
S
Na
Mn
Fe
Cu
Zn
B
Mo
Ni
%
%
%
%
%
%
%
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg 0-0
Norm
3.5 - 4.5
0.35 - 0.5
2 - 3.5
0.28 - 1
0.2 - 0.6
0.18 - 0.4
0-0
20 - 150
30 - 250
6 - 20
20 - 60
6 - 25
0.13 - 1.25
Goed
4.02
0.28
4.31
0.96
0.38
0.28
0.03
122.00
1196.00
14.00
56.00
44.00
2.74
Swak
3.45
0.15
2.65
1.74
0.60
0.23
0.02
88.00
1182.00
8.00
47.00
15.00
1.18
Aanbeveling (op laagste ontleding)
85 kg 165 kg Ureum /ha MAP /ha
Fig. 3 Blaarontledings van mielies GeoLab Ekstrak
Uit die blaarmonsters kan gesien word dat daar ‘n ernstige fosfaattekort was op die swak plante. Die beter plante het ook ‘n tekort getoon op daardie stadium, maar die ontleding was heelwat hoër as dié van die swakker monsters. Chemiese ontledings wat in die band onder die plante van onderskeidelik goeie en swak dele gemonster is, het die volgende uitslae getoon: Aangesien die monsters ongeveer vier weke ná opkoms geneem is, was dit vreemd dat die fosfaatkonsentrasie so laag was by die swak deel ten spyte daarvan dat daar ongeveer 60kg/ha P in die band geplaas en ook P-regstellings vooraf gedoen is. ‘n Laboratoriumskaal-inkubasietoets is gedoen om vas te stel of van die fosfate nie vasgelê is deur die grond nie. In hierdie geval het die laboratoriumskaal-ondersoek van die swak monster gevind dat 45% van toegediende fosfaatkunsmis nie plantbeskikbaar was nie. Hierdie data dui die geweldige verskil tussen twee gronde, wat dieselfde P-bemesting ontvang het, baie mooi aan. In die geval van die goeie monster het al die P-toedienings die plantbeskikbare P (Olsen-ekstrak) verhoog tot 349 mg/kg maar by die swak (nuwe ingesleepte grond) monster het dieselfde P-toedienings die plantbeskibare P tot slegs 4 mg/kg verhoog.
Aanbevelings In geval waar fosfaatvaslegging in grond bevestig is, kan die volgende praktyke oorweeg of uitgetoets word:
P(Olsen)
Monster no
Lab no
Goed Swak
N3323 N3324
Monster no Goed Swak
Lab no Ca:Mg Mg:K N3323 N3324
pH(KCl) 7.0 7.5
4.9 3.2
mg kg-1 349 4
2.5 7.3
K cmol kg-1 0.755 0.388
Ca
Mg
mg cmol mg cmol kg-1 kg-1 kg-1 kg-1 295 9.514 1903 1.925 151 9.151 1830 2.834
Ca+Mg:K
K%
Ca% Mg% Na%
15.1 30.9
6.1 3.1
77.2 73.2
15.6 22.7
mg kg-1 233 343
Na cmol kg-1 0.124 0.128
mg kg-1 29 29
P Vaslegging % 45
1.0 1.0
Tabel 2: Chemiese monsters in plantervoor geneem
Fig. 4
1. Bandplaas ‘n groot deel van die fosfaatkunsmis eerder as om dit breedwerpig uit te strooi en in te werk. 2. Dien kunsmis toe direk voor plant sodat daar nie baie tyd vir vaslegging is voordat plant-wortels die P kan opneem nie. 3. Organiese bronne van fosfaat, soos kraalmis, is in sommige studies bewys om minder vaslegging te ondergaan as anorganiese kunsmis. 4. Dit is ook bewys dat vloeibare fosfaatkunsmis baie minder vaslegging
ondergaan as korrelkunsmis in kalkhoudende gronde (Holloway et al 2001 Sien Figuur 4. 5. Plasing van humien- en fulviensure saam met fosfaatkunsmis (Delgado et al 2002). Bronne Improving fertiliser efficiency on calcareous and alkaline soils with fluid sources of P, N and Zn. R.E. Holloway et al. Pant and Soil 236; 209-2019, 2001. Quantities of phosphorus fertilizer required to raise the soil test value. M.A. Johnston et al. Plant and Soil, 8;1, 17-21 Phosphorus fertilizer recovery from calcareous soils amended with humic and fulvic acids. Antonio Delgado et al. Plant and Soil 245: 277-286, 2002
41
GWK Agri Versekering Jaco Janse van Rensburg
Wanneer laas is jou
TRUSTAKTE hersien? ‘n Trust
is ‘n wonderlike entiteit wat benut kan word vir boedelbeplanning, familiewelvaartbeskerming en batebeskerming, en is een van die belangrikste elemente tot ‘n versekerde toekoms. In die praktyk, veral die boerderypraktyk, is ‘n trust ‘n entiteit waarvan almal weet en van gebruik wil maak, soms vir die verkeerde redes, maar in meeste gevalle gelukkig vir die regte redes. Die bestuur en administrasie van ‘n trust is ‘n baie belangrike aspek en iets waarop die howe en SARS groot klem lê, maar dit beteken nie noodwendig dat indien jou trust reg bestuur en geadministreer word, jou trust aan die wet en gesag wat bestaan voldoen nie. Die eerste aspek van ‘n trust wat in plek en wetlik korrek moet wees, is natuurlik die trustakte. Net omdat jou trust se trustakte wetlik korrek opgestel is jare gelede, beteken nie dat die trustakte steeds korrek is nie. Trouens, die kans is baie groot dat die trustakte foutief kan wees. Die afgelope paar jaar was daar verskeie hofuitsprake en daar is steeds hofsake wat voorkom wat presedente skep in samehang met die Wet op Beheer van Trustgoed 57 van 1988, aangaande trusts.
42
Indien jy ‘n trust het, vra jouself die volgende vrae af: Wanneer is die trust gestig of vir die laaste keer hersien en/of opgedateer? Is die trustakte deur ‘n professionele fidusiêre praktisyn opgerig en/of hersien en/of opgedateer? Waar is die mees onlangse oorspronklike Magtigingsbrief? Wie is die huidige trustees op die mees onlangse Magtigingsbrief? Lewe al hierdie trustees en wat bring elkeen na die trust? Is daar ‘n onafhanklike trustee op die trust, wat nie ‘n familielid is nie? Indien daar wel ‘n onafhanklike trustee is, het hy/sy die nodige kennis en vaardigheid? Wat gebeur indien al die trustees sterf? Wat bepaal die trustakte rakende die besluitneming? Hoe word besluite werklik deur die trustees geneem? Is daar ‘n papierspoor van al die besluite wat deur die trustees geneem is? Wanneer is die laaste amptelike trusteevergadering gehou? Waar is die skriftelike notules van die vorige vergaderings? Het enige begunstigde al vantevore enige kapitale voordeel ontvang?
Indien hierdie bogemelde vrae onsekerheid by jou skep, is dit heel waarskynlik hoog tyd dat jou trustakte hersien moet word. Die tyd waarin SARS en die howe nie werklik aan trusts aandag gegee het nie, is verby. ‘n Trustakte is niks anders as ‘n “stipulatio alteri” (‘n kontrak ten gunste van ‘n derdeparty) nie, deurdat ‘n trustakte die bepalings, magte en verpligtinge van die trustees uiteensit en die trustees die trust daarvolgens moet bestuur tot die beste voordeel van die begunstigdes, soos uiteengesit in die trustakte. Die gevolg is dat ‘n trust eers erken en tot stand kom wanneer dit op skrif gestel is en die trustakte geskep is, met die gevolg dat die trustees dus binne die raamwerk van die spesifieke trustakte moet optree (sover dit binne die raamwerk van die wet is) en nie behoort af te wyk van die bepalings nie, soos uiteengesit in die trustakte.
Nou begin dit duidelik raak dat die trustees dus buite hulle magte, asook die wet, sal optree indien hulle nie die bepalings van die trustakte volg en die trust daarvolgens bestuur nie. Dit is dus krities dat die trustakte korrek op skrif gestel is, tesame met al die nodige bepalings, magte en verpligtinge om die trustees en begunstigdes te beskerm, asook om sodoende binne die raamwerk van die wet te bly. Dit is belangrik dat ‘n trustee nie te veel magte uit die trustakte ontvang nie, omdat die hof in verskeie hofuitsprake gestel het dat die trustees die trust saam moet bestuur. Dus moet ‘n trustee onderskeid tref tussen die trust se bates en sy persoonlike bates en ook verseker dat daar nie ‘n konflik van belange tussen ‘n trustee se persoonlike belang en dié van die trust bestaan nie. ‘n Trustakte wat nie belyn is met wetgewing en gesag nie en verder ook ongeldige klousules bevat, kan tot
gevolg hê dat die trust moontlik as ‘n alter ego verklaar word en die trustbates onderhewig aan boedelbelasting kan wees, soos in die volgende uittreksels van die Boedelbelastingwet gestel: Artikel 3(3)(d) bepaal dat indien ‘n persoon “bevoeg” was om te beskik oor ‘n bate reg voor sy afsterwe, sal daardie bates waaroor hy hierdie bevoegdheid gehad het, geag bates in sy boedel te wees; Verder stel Artikel 3(5)(b)(i) dat ‘n persoon is “bevoeg”, indien hy oor bates by wyse van sy testament of enige ander aanstelling (bv. kontrak) kon beskik. GWK Versekering en Fidusiêre Dienste bied hierdie dienste aan en die belangrikheid van ‘n korrekte trustakte kan nie sterk genoeg duidelik beklemtoon word nie.
Begrotingsrede (Februarie 2017) in ‘n neutedop
PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING 2017/18 Belasbare inkomste (R)
Belastingkoers
0 – 189 880
18% van die belasbare inkomste
189 881 – 296 540
R 34 178 + 26% van die belasbare inkomste bo R 189 880
296 541 – 410 460
R 61 910 + 31% van die belasbare inkomste bo R 296 540
410 461 – 555 600
R 97 225 + 36% van die belasbare inkomste bo R 410 460
555 601 – 708 310
R 149 475 + 39% van die belasbare inkomste bo R 555 600
708 311 – 1 500 000
R 209 032 + 41% van die belasbare inkomste bo R 708 310
1 500 001 en meer
R 533 625 + 45% van die belasbare inkomste bo R1 500 000
Kortings Primêr
R 13 635
Sekondêr (persone 65 en ouer)
R 7 479
Derde korting (persone 75 en ouer)
R 2 493
Belastingdrempel Onder ouderdom 65
R 75 750
Ouderdom 65 tot onder 75
R 117 300
Ouderdom 75 en ouer
R 131 150
43
Die Minister van Finansies het ‘n nuwe glyskaalkoers daargestel vir persoonlike inkomstebelasting: die 45%-skaal vir individue met ‘n belasbare inkomste bo R1,500,000.00 per jaar. Hierdie 45% van individue het egter verskeie aftrekkings en kortings wat benut kan word om die effektiewe koers af te bring. Die implikasie van bogemelde op trusts is egter dat trusts ook nou onderhewig is aan die 45% vanaf Rand een wat in die trust gehou word (voorheen 41%). Dit is dus belangrik om saam met jou ouditeur te werk ten einde die belastingimplikasies reg te hanteer, maar jou trustakte moet ook korrek wees ten einde die ouditeur toe te laat om die volle potensiaal van die trustentiteit te benut.
Maatskappye en beslote korporasies
se belastingkoers van 28% bly onveranderd, maar die belasting om die winste uit die entiteit te kry, beter bekend as dividendebelasting, het verhoog van 15% na 20%.
Kapitaalwinsbelasting lyk nou só: Natuurlike persone: Het steeds die R40 000 per jaar vrystelling en R300 000 doodsvrystelling. Individue en spesiale trusts: Die insluitingskoers bly 40% en die maksimum effektiewe koers wat betaalbaar is, het verhoog van 16,4% na 18%. Maatskappye en beslote korporasies: Die insluitingskoers bly 80% en die maksimum effektiewe koers wat betaalbaar is, is onveranderd teen 22,4%. Trusts: Die insluitingskoers bly 80% en die effektiewe koers wat in die trust betaalbaar is, het verhoog vanaf 32,8% na 36%.
Aftree-annuiteite en pensioenfondsbydraes
het onveranderd gebly deurdat ‘n maksimum van 27,5% per jaar van die grootste bedrag van jou vergoeding of belasbare inkomste aftrekbaar is vanaf jou inkomstebelasting, met ‘n maksimum aftrekking van R350 000 per jaar.
Hereregte
Vir het die drempel ietwat verhoog vanaf R750 000 na R900 000, dus is dit ‘n verligting vir die verbruiker en word hierdie tipe belasting op eiendom gehef eers ná die eerste R900 000 van die waarde van die eiendom.
Boedelbelasting
het onveranderd gebly teen 20% met ‘n Artikel 4A-korting van R3 500 000 per persoon.
44
Skenkingsbelasting
het onveranderd gebly op 20% met die eerste R100 000 wat steeds belastingvry geskenk kan word. Skenkings tussen gades is steeds vry van hierdie belasting.
Rentevrye lenings met trusts: ‘n Artikel 7C is
bygevoeg tot die Inkomstebelastingwet wat hierdie tipe lenings reguleer tussen ‘n persoon en ‘n trust of ‘n trust en ‘n “verbinde persoon of entiteit”. Artikel 7C bepaal dat rente gehef moet word op sekere lenings waarin ‘n trust ‘n party is.
STAAKvanBOERDERY VEILING Thinus van der Spuy 11 Mei 2017 – 10:00 Plaas Rocklands – Papkuil, Lime Acres Distrik LIGGING vanaf Kimberley volg Postmasburg pad R31 ± 135 km, draai af Lime Acres/Papkuil pad R385, ± 30 km, draai regs. Vanaf Papkuil, 10 km wes. Volg GWK wegwysers.
200 Bonsmara (in alle produksiestadia) & 60 Dorpers (ooie & lammers)
AANBOD
Scholtz Familie Trust bied aan Plaas (no. 516) Swartdam, 2532,56ha – Lime Acres Omgewing
GWK Veilings Kimberley Thinus van der Spuy Riaan Loots Schalk Erlank
Voertuie AHA Camper Rubberduck
053 832 5227/8 082 253 6522 083 284 2715 082 558 6891
Toebehore Sleepwaens Windpompe (en onderdele)
Huisraad En vele losgoed
Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings. 1% Kontanthanteringsfooi. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.
Willie Meyer (Uitvoerende Bes Deon Klopper (Bedryfsbestuur Jan Erasmus (Bedryfsbestuurd Willie Snyman (Stoetvee Advis Schalk Erlank (Stoetvee Advise
Die regte kanale om wêreld van Die die regte kanale voedsel te voorsien. om die wêreld van voedseln tenGraanbem voorsien. GWK Graan
GWK Graan
Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736
Graanverkryger: Douglas Jaco Voges 082 883 9433
Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705
Graanverkryger: Hopetown Steven Storey 082 906 1676
Graanverkryger: Oos-Vrystaat Esperansza van der Walt 082 805 9911
Bestuurder: Graanverkryger: Graanaankope Oos-Kaap Dewald Burger Eben Vermeulen 082 900 881 8736 1926
Graanverkryger: Douglas Luckhoff Jaco Japie Voges Nortje 082 071 883 680 9433 1046
Witmielie-aankope: Graanverkryger: Noordwes Prieska Tiaan Nieuwoudt Robbie Lee 076 882 020 2609 1705 082
Graanverkryger: Hopetown / Hartsvallei Barkly-Wes Steven Flemming Storey Ludvic 082 698 906 4936 1676 079
Graanverkryger: Oos-Vrystaat Jan Kempdorp / Magogong Esperansza Nic Nortje van der Walt 082 072 805 613 9911 0917
Graanverkryger: Oos-Kaap Eben Vermeulen
Graanverkryger: Luckhoff Japie Nortje
Graanverkryger: Prieska Robbie Lee
Graanverkryger: Barkly-Wes / Hartsvallei Ludvic Flemming
Graanverkryger: Jan Kempdorp / Magogong Nic Nortje
45
GWK Trading Pekanneute
Pekan-wenke
deur GWK se kenners Waterskedulering Dup Haarhoff Met jare se ondervinding in die waterskeduleringsbedryf, is GWK gerat om pekanneutprodusente te ondersteun om op ‘n effektiewe en volhoubare wyse te produseer. Die feit dat GWK Presisieboerdery ‘n holistiese benadering tot boerderypraktyke het, hou groot voordele vir die produsent in ten opsigte van produktiwiteit. Goeie netwerke wat oor jare met kundiges (nasionaal en internasionaal) gevestig is, lei daartoe dat dag-tot-dag-probleme deur ‘n professionele span aangespreek word. Hierdie span volg ‘n unieke strategie ten opsigte van besproeiingskedulering, wat beïnvloed word deur die chemiese en fisiese beperkings wat in ‘n spesifieke boord mag voorkom. Deur veldwaarnemings soos profielgate en blaarmonsters, word probleme geïdentifiseer en die besproeiingskedulering kan daarvolgens aangepas word. Moeite word gedoen tydens die installasies van metingsinstrumente om sodoende te verseker dat die posisie ten opsigte van spesifieke merkerbome reg gedoen word. Pekanneute is ‘n relatiewe nuwe bedryf in Suid-Afrika en daarom is dit belangrik dat soveel as moontlik geleer word oor die watergebruikspatrone daarvan. Die stelsels (Aquacheck en DFM) wat gebruik word om die watermonitering te doen, is uiters geskik om waterbeweging en -gebruik op ‘n gereelde basis te monitor. GWK se uitsluitlike doel met hierdie stelsels is om die waterbalans in die grond beter te kan verstaan en dan ingeligte (wetenskaplik gegronde) besluite te kan neem. Merkerbome word dan ook gebruik om ander waarnemings te maak om sodoende ‘n totaal holistiese benadering te volg. Elke boord word as ‘n afsonderlike projek bestuur indien die produsent as ‘n fokusklant ingeskryf is. Sodoende leer die produsent en die landboukundige/tegnikus albei deur verskeie faktore in ag te neem wat die opbrengs sal beïnvloed.
46
Hou boorde onkruidvry om druk op jong bome te verminder Dup Haarhoff Naas swak waterbestuur, is swak onkruidbestuur seker een van die belangrikste faktore wat groei beperk op jong bome. Die meeste voedingswortels van ‘n pekannneutboom is in die boonste 25-45cm van die grond, waar dit dan in direkte kompetisie met onkruide is. Jong pekanneutboompies is swak kompeteerders. Verskeie studies wat deur tersiêre instansies in die VSA voltooi is, het getoon dat onkruidbeheer op jong bome van kardinale belang is. Uit die aard van ‘n gewasboerdery se bedrywighede is die tyd wanneer onkruide die aktiefste groei, ook die tyd wanneer dit die besigste is op die plaas. (Sien foto 1 en 2.) Onkruide kan met jong pekanboompies kompeteer vir grondvog en voedingstowwe, wat groei met tot 50% kan beperk in die eerste drie jaar. Opbrengs kan ook met 75% verlaag word gedurende die eerste vier jaar van oes as onkruide nie vroeg in die lewe van ‘n pekanneutboord beheer word nie. Navorsing het getoon dat minstens twee by twee meter (foto 3) rondom die boom onkruidvry gehou moet word gedurende die eerste jaar ná vestiging en minstens drie by drie meter (foto 4) in die jare daarna. (Southeastern Pecan Growers handbook 2015) Om jong bome onkruidvry te hou, verg deeglike beplanning
en toewyding, hetsy dit chemies, meganies of ‘n kombinasie van die laasgenoemde is. Die res van die oppervlakte kan of onkruidvry gehou word, of onkruide kan gesny/bossiekap word om beweging in boord te vergemaklik (foto 4).
Tree voorkomend op teen neutbars Deon Gerber
Foto 1
Foto 2
Foto 3
Gedurende hierdie seisoen is weer waargeneem dat ‘n groot persentasie van produsente se pekanneute op die boordvloer val in Februarie. Dit het gebeur weens “water stage fruit-split” (WSFS) wat dié tyd van die jaar kan voorkom. Dit word vererger deur die abnormale hoë reënval en hoë humiditeit in die meeste van GWK se pekanneutproduksiestreke. Hierdie abnormale bars van pekanneute kom voor in die laat waterstadium van die vrugontwikkeling, ongeveer tydens van kernvul en dopverharding. Dit gebeur soms dat slegs die dop bars, maar in uiterste gevalle bars die omhulsel ook. Vandat die vrug gebars het, neem dit ongeveer sewe dae voor die vrug geaborteer word. Dit kom normaalweg voor gedurende Februarie in die Westelike verbouingsgebiede van Suid-Afrika. Neutbars is dikwels ‘n probleem wat meer algemeen by die dun-dop-kultivars voorkom, byvoorbeeld Wichita, Choctaw en Western Schley. WSFS word aangespoor deur hoë reënval, hoë humiditeit en baie bewolkte weer. Waterskedulering, opbrengs, grondeienskappe en status van voedingselemente is ander faktore wat ook ‘n rol speel. Sodra die neute begin bars het, is daar nie veel wat gedoen kan word aan die probleem nie. Oesverliese kan wel beperk word deur waterskedulering so optimaal as moontlik te doen gedurende laat Januarie en Februarie. Grodvog moet so optimaal moontlik bestuur word en die boord moet nie droog wees vir lang periodes nie. Om blaarmonsters in Januarie te neem, is ook handig om voorkomend op te tree indien die status van sekere voedingselemente tekorte toon. Gedurende studies wat in Amerika gedoen is, het die toediening van boor (B) en nikkel (Ni) deur middel van blaarvoeding, gelei tot vermindering van verliese. Maak egter eers seker wat die status van jou boord is voordat toedienings gedoen word.
Foto 4
47
GWK Trading Pekanneute Günter Hollenbach
BOORDBEPLANNING
‘n groot faktor in pekan-sukses Voor pekanneute gevestig kan word, moet deeglike ondersoek eers ingestel word te verseker dat daar aan al die nodige vereistes voldoen word om ‘n hoë gehalte pekanneut te verbou. Die groot dryfveer agter dié stelling is die hoë vestigingskostes wat daarmee gepaard gaan. Daarom is dit geweldig belangrik om ‘n ingeligte besluit te neem wanneer dit by pekanneutverbouing kom. Pekanneute word op die oomblik as ‘n langtermynbelegging gesien. Natuurlik is daar ook risiko aan verbonde, soos by enige ander belegging. Dit beteken dat dit uiters belangrik is om alle beheerbare risiko’s tot die minimum te beperk. Klimaat Klimaat speel waarskynlik die grootste rol in die gehalte van pekanneute. Dit is belangrik dat die klimaat baie gunstig moet wees vir die verbouing van ‘n hoë gehalte produk. Die klimaatvereistes is ‘n warm en lang groeiseisoen en ‘n lae humiditeit is ook geweldig belangrik om ‘n hoë gehalte produk te verbou. Meeste kultivars vereis dat die boom vir 200 - 220 dae rypvry bly, sodat die neutgehalte of die rypwordingsproses nie beïnvloed word
48
nie. Die dagtemperatuur in die somer kan wissel tussen 28°C en 36°C terwyl nagtemperature kan wissel tussen 14°C en 24°C. Ook belangrik is dat die nagtemperature in die somer nie te laag is nie, omdat boom sensitief is vir koue tydens die groeiseisoen, terwyl die boom weer ‘n behoefte aan koue het in die winter. Dit is nodig dat die temperature tot onder vriespunt daal, sodat die boom ‘n rusfase kan betree om sodoende genoegsame reserwes op te bou vir die komende groeiseisoen. Ryp is nodig op pekanneute tydens die wintermaande om die rypwordingsproses te bespoedig en ook die afdroging van die produk tot ‘n aanvaarbare vogvlak te bring. Grond By permanente gewasse is grond ook ‘n belangrike faktor om in ag te neem. Die grond moet goed gedreineerd wees. Grondtipe is nie só belangrik nie, maar pekanneute verkies ‘n leemgrond en die grond kan met verskillende besproeingstelsels goed bestuur word. Op sanderige gronde is mikrobesproeing baie effektief en op gronde met ‘n hoër klei-inhoud kan drupbesproeiing oorweeg word as
alternatief. Leemgronde is baie geskik vir pekanneute en maak bestuurspraktyke makliker in terme van waterskedulering. Pekanneute kan verbou word op gronde met ‘n pH van 5 – 8, maar die ideaal is‘n pH tussen 5,5 en 6,5. Suurgronde neig om makliker tekorte te toon as alkaliese gronde. Gronde met ‘n pH laer as 5,5 veroorsaak ‘n swak wortelontwikkeling. Gronddiepte is baie belangrik vir wortelontwikkeling en ook vir verspreiding. ‘n Gronddiepte van minstens twee meter word benodig om pekanneute effektief te verbou. Pekanneute is baie sensitief vir gronde met ‘n hoë soutinhoud en sekere kultivars is geneig om meer sensitief te reageer as ander. Water Water beïnvloed alle faktore van pekanneute – van neutgehalte tot opbrengs – en is belangrik vir die translokering van voedingstowwe in die grond. Dit is belangrik dat water op pekanneute goed bestuur word en vog moet gemonitor word om te verseker dat water so lank as moontlik in die voedingswortelsone bly omdat pekans só vog optimaal onttrek. Wanneer oorbesproeiing plaasvind, word voedingstowwe uitgeloog en versuiping vind plaas. Pekanneute se vogbehoefte begin so laag as 50 liter water
per boom per dag. Die verbruik van ‘n boom in vol produksie (*10 jaar oud) kan tot 750 liter water per boom per dag verbruik in somermaande. Die verbruik sal dan pro rata afneem tot die winter, daarom is dit nie noodsaaklik om pekanneute op droëlande te verbou sonder besproeiing nie. Indien pekanneute op droëlande verbou word, sal die opbrengs heelwat laer wees teenoor besproeiingslande en die gehalte daarvan sal ook swakker wees, wat lei tot ‘n groot finansiële invloed op die vertakking. Voedingswortels kom in die boonste 600 mm voor en hierdie sone moet goed bestuur word om optimale opname van voeding en water te kry. Pekanneute is ook sensitief vir water met ‘n hoë soutinhoud. Kultivars Kultivarkeuse speel ‘n groot rol in die winsgewendheid van die vertakking, as gevolg van die vraag na sekere kultivars in die internasionale mark. Laasgenoemde sal ‘n invloed hê op die keuse van watter kultivarverhouding gevestig sal word. Die internasionale mark se vereistes is dat die neut ‘n minimum van 55% kern-teenoor-dop-verhouding moet hê. Die kultivars wat groter neute produseer, is ook meer gesog in die internasio-
nale mark. Hierdie kultivars sluit in Choctaw, Mohawk en in sekere areas Wichita ook. Al dié kultivars het voordele en ook nadele en bestuiwers moet gevestig word in die boord. Kultivars soos Pawnee en Navaho word as kruisbestuiwers gebruik. Sommige kultivars presteer beter in warmer gebiede, terwyl ander kultivars beter presteer in gebiede met meer gematigde temperature. Sekere kultivars is ook meer weerstandig teen plantsiektes. Die kultivars wat grootliks op die oomblik aangeplant word, is: Whichita Choctaw Navaho Boorduitleg Hierdie onderwerp speel ‘n belangrike rol by die winsgewendheid van jou vertakking en ook die vestigingskoste. Dié beplanning moet baie deeglik en ingelig gedoen word, van die identifisering van die grond, tot by die plant van die bome. Die ry-rigting is belangrik om die boordvolume so doeltreffend as moontlik te benut en ook vir die maksimum opbrengs per m². Ligpenetrasie in die boom speel ‘n rol en dus moet die rye geplant word in ‘n noord-suid-rigting. Dit sal verseker dat genoegsame lig in die boom teenwoordig is.
Hier volg tabel wat die verskillende rywydtes vergelyk: Totale vestigingskoste jaar 1 per ha
Ry wydte
Aantal bome per ha
Voordeel
Nadeel
10 m x 10 m
100 Bome/ha
Meganiese snoeipraktyke word eers op jaar 12 benodig
Vol produksie word eers op jaar 10 bereik
R 59 930,00 p/ha
10 m x 7 m
142 Bome/ha
Vol produksie word bereik in jaar 8
Meganiese snoeipraktyke moet op jaar 9 reeds in plek wees
R 68 330,00 p/ha
10 m x 5 m
200 Bome/ha
Vol produksie word bereik in jaar 7
Hoë vestiggingskoste en ook boomuitdunning moet op jaar 10 plaasvind.
R 79 930,00 p/ha
12 m x 12 m
69 Bome/ha
Lae vestigingskoste Tussengewasverbouing kan vir ‘n langer tydperk verbou word
Vol produksie word eers bereik in jaar 12
R 53 730,00 p/ha
12 m x 6 m
138 Bome/ha
Vol produksie word bereik in jaar 8
Meganiese snoeipraktyke moet al op jaar 8 plaasvind
R 67 530,00 p/ha
49
GWK Trading Pekanneute Drs. Chris Schmidt (Sidi Parani) en Elna van der Linde
Inleiding
Ontsmetting van pekansnoeigereedskap van groot belang
Die geskiedenis van snoei dui daarop dat tuiniers reeds generasies lank geïnteresseerd is in die kuns van snoei. Sommige het dit opgegee uit vrees vir mislukking, terwyl ander weer volgehou het sonder werklike kennis van wat hulle doen. Hiermee bedoel skrywers dat snoeiers nie altyd die impak van korrekte snoeimetodes op die drag van bome kan verstaan of verklaar nie. Bome wat oorhaastig en te aggressief gesnoei word, kan onproduktief en sonder drag wees. Deurdagte en korrekte snoei sal egter meer blomme en vrugte produseer. Die drie belangrikste vrae vir die snoeier is: (a) “Wanneer snoei ek?”, (b) “Hoe snoei ek?”, en (c) “Watter resultate wil ek hê?”. Dit is basies in ‘n neutedop wat snoei behels, maar ‘n aspek wat dikwels uit die oog verloor word is die skoonmaak en ontsmetting van snoeigereedskap. Hierdie oorsig wil die belangrikheid van goeie sanitasie uitlig en rigtinggewende inligting verskaf.
Enige persoon wat ‘n belegging maak in top-gehalte gereedskap, sal dit waarskynlik op ‘n gereelde basis skoonmaak, maar dit is nie noodwendig altyd so in die praktyk nie. Die gereelde skoonmaak en ontsmetting van snoeigereedskap gaan oor meer as slegs die versorging en instandhouding van goeie en duur toerusting. Dit gaan ook oor siektebeheer en spesifiek oor die volhoubaarheid en langer lewensduur van boorde. Dit wil voorkom dat daar ten spyte van aktiewe besprekings oor die onderwerp, relatief min wetenskaplike inligting oor die onderwerp bestaan. Waaroor egter geen
50
Figuur 1: Boom met siektesimptome (Vaalharts).
Die vraag kan gevra word: “Hoekom moet snoeigereedskap ontsmet word”? Die antwoord is eenvoudig dat alle gereedskap wat deur hout sny of saag, in aanraking kan kom met skadelike organismes wat oorgedra kan word na die volgende hout wat gesny of gesaag word.
riese of swamkundige oorsprong en sal eerder deur ‘n mens se hande en klere as deur gereedskap oorgedra word. Siektes wat die vaatweefsel binnedring, of lekkende (“oozing”) kankers vorm, sal egter wel deur snoeigereedskap oorgedra word. Navorsing toon dat siektes nie noodwendig gedurende die dormante fase oorgedra word nie, maar tydens aktiewe groei. So is byvoorbeeld ‘n 66% infeksie-tempo gevind gedurende koel, nat toestande by bome wat met bakteriese blaarvlek (Xanthomonas campestris pv. pruni smith) besmet is en met skêre gesnoei word. Hierdie infeksie-tempo het egter met 7% gedaal gedurende warm en droëe toestande nadat daar met dieselfde geïnfekteerde skêre gesnoei was. Die bespiegeling was dat die kankers tydens die warm toestande minder inokulum op die skêre sou oordra, terwyl die hout/ kankers tydens koue toestande meer taai en klewerig geword het, wat inokulum stewiger aan die skêre laat vasklou het.
Om die verspreiding van sulke ongewenste organismes te bekamp, behoort die ontsmetting van snoeigereedskap deel te vorm van jou “siektebeheer”-program. Hoewel dit nie noodwendig nodig is om gereedskap ná elke boom te ontsmet nie, behoort dit sterk oorweeg te word om ten minste tussen boorde te ontsmet, en baie beslis tussen plase. Tesame hiermee word aanbeveel dat werkers hul hande ook met water en seep was. Die goeie nuus is dat gereedskap nie ontsmet hoef te word teen die oordrag van grond- of luggedraagde siektes nie. Sulke siektes is meestal van bakte-
Verder is gevind dat snoei gedurende laat-lente meer siekte oorgedra het as gedurende die dormante wintermaande. Die tydperk van wondheling was egter stadiger tydens die wintermaande. Die beskikbaarheid van inokulum, die persentasie infeksie en die vergroting van kankers was minder in bome wat gedurende laat-lente gesnoei is. Benewens bakterieë en swamme, is virusse en viroïedes ook ‘n groep plantpatogene wat deur snoeigereedskap oorgedra kan word. ‘n Virus word gedefiniëer as ‘n vaste intersellulêre parasiet wat slegs kan vermeerder deur
twyfel bestaan nie, is die voorkoms van siektes in hout, soos byvoorbeeld deur die meegaande twee fotos (Figure 1 en 2) uitgebeeld word.
Hoekom moet gereedskap ontsmet word?
51
Figuur 2: Siektesimptome in hout (Vaalharts).
binnedringing en oorname van die gasheer, aangesien hulle nie self kan reproduseer nie. ‘n Viroïede word gedefiniëer as ‘n sub-virus en die kleinste siekte-oordraende organisme bekend. Viroïedes kan versprei deur hout (steggies en wortels), saad en ook deur hantering met masjinerie. Gedurende ‘n eksperiment met die perske “latent mosaic viroid” kon ‘n infeksie-tempo van 50 tot 70% op perskes suksesvol behaal word deur met gekontamineerde skêre te snoei. Net so is die tamatie-mosaïekvirus oorgedra na gesonde plante in 70% van die kere wanneer met geïnfekteerde skêre gesnoei is. Dit blyk dus duidelik te wees dat, indien snoeigereedskap besmet is met vaskulêre patogene of aktiewe lekkende kankers, daar ‘n uitstekende kans sal wees dat die siekte na ander hout/ plante sal versprei, indien snoeigereedskap nie gesteriliseer word nie.
Watter prosedure moet gevolg word met die ontsmetting van gereedskap? Verskeie navorsers het moontlike ontsmettingsmiddels getoets en voorgestel vir gebruik. Oor die algemeen lyk dit asof meeste van hierdie middels virusse of viroïedes sal doodmaak, aangesien albei meer blootgestel is en dus makliker deur direkte kontak met die ontsmettingsmiddel sal afsterf. Die suksesvolle verwydering van sekere kankers is egter onseker. Plantpatogeniese bakterieë vorm nie spore nie en is daarom minder weerstandbiedend teen erge omgewingstoe-
52
stande as swamme. Bakterieë wat egter in aktiewe kankers voorkom as deel van ‘n taai en klewerige massa, is moeiliker om te verwyder. Wanneer lemme van snoeigereedskap gepit is, vind oordrag makliker plaas en om dié rede word aanbeveel dat die direkte sny van aktiewe kankers vermy word. Skoonmaak en ontsmetting van snoeigereedskap is twee aparte prosesse. Die skoonmaakproses behels die fisiese verwydering van aanpaksels en vreemde materiaal en is dus die eerste stap, alvorens oorgegaan word na die chemiese ontsmettingsproses waartydens die gereedskapstuk in ontsmettingsmiddel geplaas word. Die fisiese skoonmaakproses sal die ontsmettingsmiddel toelaat om orals in te dring vir effektiewe werking. Dit word aanbeveel dat kettingsae eerder uitmekaargehaal word vir meer effektiewe ontsmetting. Ná ontsmetting kan gereedskap met skoon water afgespoel word voor gebruik. Gereedskap wat gereeld ontsmet word, moet in top werkende toestand gehou word; ouer lemme wat stomp en gepit raak moet vervang word omdat dit organismes kan begin huisves. Sekere bakterieë wat aktiewe kankers by bome veroorsaak, is gehard en aggresief en kan op hierdie wyse maklik oorgedra word tussen hout. Ontsmettingsmiddels moet nooit direk op oop houtwonde toegedien word nie; dit sal die plant beskadig en dus die vorming en groei van basmateriaal (“callus”) verhoed en sodoende die helingsproses vertraag. Gereedskap waarvan die sny-oppervlaktes nie meer in ‘n goeie toestand is nie (met ander woorde gekrap en gepit), moet langer in ontsmettingsmateriaal gelaat word. Hoewel ontsmetting van snoeigereedskap nie alle siekteverspreiding sal voorkom nie, sal dit wel ‘n baie groot impak hê op beperking, verspreiding en omvang daarvan. Dit bly dus belangrik om gereedskap so gereeld as moontlik skoon te maak. ‘n Finale oorweging ten opsigte van die keuse van ‘n ontsmettingsmiddel is die mate waartoe die ontsmettingsmiddel snoeigereedskap vreet of beskadig. Navorsers verskil in hulle benadering ten opsigte van die “beste” ontsmettingsmiddel. Om ‘n ingeligte besluit te kan neem, is dit nodig om te weet watter patogene teenwoordig
kan wees, asook hul lewensiklus. Verder is gesonde verstand ‘n voorvereiste: indien dit ‘n virus of viroïede is, ontsmet die gereedskap, indien dit ‘n vaskulêre fungus of bakterieë is, en/of aktiewe lekkende kankers, ontsmet gereedskap, vermy die sny van aktiewe, lekkende kankers – wag dat dit droog word, indien onvervangbare/duur plante gesnoei word, ontsmet gereedskap, en kies ‘n ontsmettingsmiddel wat deur navorsing uitgewys is as effektief.
Lesersfoto's Michael French, Kommuniek-leser, het hierdie foto’s met sy selfoon geneem naby Boshof. French boer met Brahmane en vertel dat die foto-geleentheid hom voorgedoen het kort ná ‘n lekker reënbui oor die gebied uitgesak het.
Onthou, enige voorwerp of meganisme wat deur hout sny gedurende die proses van snoei in watter vorm ook al, kwalifiseer as snoeigereedskap!
Wat is ’n effektiewe ontsmettingsmiddel? ‘n Verskeidenheid van produkte kan gebruik word vir ontsmetting van snoeigereedskap, waarvan elkeen sy eie voor- of nadele het. Die gebruik van ‘n alkohol word nie aanbeveel nie, maar eerder die van ‘n gewone huishoudelike skoonmaakmiddel (soos bleikmiddel) teen volle sterkte.
Outeurs Dr. Elna van der Linde is werksaam by die LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming, Roodeplaat, 012-808 8288 (VDLindeE@arc.agric.za), en Dr. Chris Schmidt by Sidi Parani Kunsmis, Christiana, 082 885 8134 (053-4413720; chriss@sidip.co.za).
Verwysings Bradley, S., 2005. The Pruning Bible: A step-bystep guide to pruning. New Holland Publishers, London. Lamborn, A.R., Disinfecting Pruning Tools. University of Florida Extension. http:// baker.ifas.ufl.edu. Besoek 5 Desember 2016. UF/IFAS Publications. Disinfecting Your Garden Tools. http://gardeningsolutions.ifas.ufl.edu/ care/tools-and-equipment/disinfecting-tools. html. Besoek 5 Desember 2016. Chalker-Scott, L., Sterilizing Pruning Tools: Nuisance or Necessity? WSU Puyallup Research and Extension Center. https://puya l l u p .w s u .e d u/ l c s/ w p - c o nte nt/u p l o a d s/ sites/403/2015/03/Pruning.pdf. Besoek 5 Desember 2016.
As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za
53
Waar kry jy die
54
GWK Farm Foods Leana Bezuidenhout
Jy
is nie ‘n gebore Suid-Afrikaner as jy nie ‘n sagte plekkie het vir ‘n skaaptjoppie op die kole nie. En wanneer julle om die braaivleisvuur gesels, verdien jy onmiddellik status as jy kan sê “ek kry my skaapvleis van die plaas af.” Grootmaatverkope van lamsvleis wat as heel of halwe lam verkoop word, is steeds gewild onder verbruikers omdat dit in grootmaat teen ‘n beter prys aangebied word. Wanneer verbruikers ‘n heel of halwe lam aankoop, is die aanbieding daarvan egter gereeld onaantreklik, soms opgesaagde vleis wat in ‘n plastieksak gelewer word. GWK Vleis gee nou verbruikers toegang tot ‘n bevrore produk – opgesaag en netjies verpak. Cobus van der Merwe, bemarker by GWK Vleis, sê dat wisselvalligheid in pryse van lamsvleis ontstaan sodra dit deur groothandelaars na kettinggroepe versprei word. “GWK Vleis wil nader aan die kliënt kom en ons produk direk aan hom beskikbaar maak om só ‘n meer stabiele prys-omgewing vir lamsvleis te skep,” sê hy. GWK se verbuikersprodukte raak reeds al hoe meer gevestig in die verbruikersmark, waar die pastaprodukte veral goed vaar. Hierdie kanale het aan GWK Vleis die geleentheid gebied om ‘n produk tot die lys by te voeg: Gehalte-lamsvleis reguit van die plaas af. Lamsvleis word tradisioneel vars verhandel. Lamb in a box bied verbruikers ‘n bevrore produk wat aantreklik is, omdat die verpakking aansluit by die ontwerp van die meelprodukte om op hierdie manier die oorsprong uit te beeld. “Die produk word opgesny en verpak in snitte wat dit vir die huisvrou maklik maak om te hanteer en te gebruik vir verskeie disse,” sê Van der Merwe. “Nog ‘n voordeel van dié produk is toegang tot vetter vleis teen ‘n
beter prys. In die verlede is alle vleis as lamsvleis teen dieselfde prys verhandel. Ons bied egter lamsvleis wat afgegradeer is op grond van die vetgraad, nou teen ‘n laer prys. Dit is veral gewild onder verbruikers wat die Banting-dieet volg.” GWK Vleis bedryf twee abattoirs, een op Groblershoop en een op De Aar. Die vleis wat vir Lamb in a box gebruik word, word meestal vanuit hierdie distrikte verkry en word dan verwerk in fasiliteite wat ZA-goedgekeur (goedgekeur vir uitvoere) is. Die verpakte halflam wat deur GWK Vleis aangebied word, sluit die volgende snitte in: ‘n Lamsboud ‘n Braairib Tjops wat in pakkies van vyf verpak word ‘n Potjiepakkie (wat uit onder meer skenkels bestaan) Die halflampak word verpak in ‘n standaard gewig van 10kg om te verseker dat elke pak dieselfde kos en dieselfde inhoud het. Alle snitte word vakuumverpak waarna dit in ‘n kartonhouer verpak en gevries word sodat die verbruiker die produk nét so vars ontvang soos dit was wanneer dit verpak is. Die oorsprong van al die vleis in die verpakking is naspeurbaar tot by die plaas van oorsprong. Op die oomblik is die produk beskikbaar by die GWK-abattoir op Groblershoop, maar die span by GWK Vleis is ook in gesprekke met ‘n diensverskaffer wat belangstel om verspreiding daarvan in Gauteng te doen.
55
Dr. Chris Schmidt, bestuurder in GWK se Landboukundige Dienste-besigheid, spog met ‘n rits kwalifikasies en ervaring waarvan die meeste van ons net kan droom. Ons gesels met hom oor wat hy by GWK doen en die groot voordeel daarin vir ons produsente.
56
Foto: Quentin Viljoen
Leer, inspireer, spesialiseer
Ons Spesialiste Leana Bezuidenhout
“As
dit gaan oor my direkte werk, lê my passie by plantvoeding en grond,” vertel Schmidt. “Ek wil graag die beste wees in wat ek doen en ek hou daarvan om te weet waarvan ek praat in my vakgebied. Dit bly egter altyd belangrik om bereid te wees om aan te hou leer en om nie skaam te wees wanneer jy nie iets weet nie – wees net bereid om dan die antwoord te gaan soek.” Schmidt glo daarin dat ‘n mens leerbaar moet bly en nie arrogant moet raak nie. In sy boekrak is meer as 70 boeke oor plantvoeding, plantfisiologie, grond en kunsmis – ‘n getuienis van sy deurlopende leerproses. Wanneer ondervinding in die bedryf ter sprake kom, is dit duidelik dat hy nog nooit opgehou leer het nie. “Aanvanklik het ek ‘n bietjie rondgeval en gesukkel om goed op dreef te kom met my studies, maar ek het iewers verlief geraak en dit het my so geïnspireer dat dit my totale uitkyk op die lewe verander het,” sê hy. “Ek het die akademiese uitdaging aangegryp en wou meer leer. Ek het groot respek vir die kwaaiste dosent in die Landbou-fakulteit ontwikkel, Prof. Buks. Hy was baie kwaai en ek was vir hom vreeslik bang, maar hy het op sy manier my belangstelling in grondkunde só geprikkel, dat ek ná voltooiing van die B.Agric Besproeiingstegnologie-graad besluit het om my so ver as moontlik in grondkunde te bekwaam.” Schmidt het Tuinbou tot op derdejaarsvlak geneem en sy B.Sc. Agric Honneursgraad, met Grondkunde as hoofvak, in 1987 verwerf. “Grondkunde het uit die modules grondchemie, grondvrugbaarheid, grondwaterstudies en grondklassifikasie (pedologie), bestaan. Ná hierdie fase in my lewe moes ons nog verpligte militêre opleiding ondergaan en ek was deel van die laaste tweejaar-groep. Ek was ingedeel om die inligtingskool in Kimberley, Diskobolos, by te woon. Dit was ‘n hoogs stimu-
lerende jaar met baie waardevolle ervarings. ‘n Gebeurtenis wat my altyd sal bybly is wat een aand tydens my diensbeurt gebeur het. Jongmanne in uniform, op pad iewers heen in ‘n elektriese trein, het onverskillig geraak en op die trein se dak begin speel. Een van hulle het noodlottig seergekry met die hoogspanningsdrade en dit was my taak om sy naasbestaandes op te spoor en te reël vir die boodskap wat oorgedra moes word aan sy ouers. Ek het tydens hierdie tyd geleer dat een mens met net ‘n telefoon tot sy beskikking, ongelooflik baie inligting kan insamel en dat die wêreld nie noodwendig so ‘n groot plek is nie.” Ná diensplig het Schmidt aangesluit by die LandbounavorsingsraadInstituut Grond, Klimaat en Water (LNRIGKW), as junior grondkundige. “In daardie stadium het dit in die Staatsdiens só gewerk dat jy nie vir bevordering in aanmerking kon kom indien jy nie ‘n volgende kwalifikasie verdien het nie, dus moes ek ‘n meestersgraad voltooi vir ‘n bevordering tot grondkundige,” sê Schmidt. Schmidt het by Kovsies ingeskryf en met veldproewe begin waar hy stikstofbalans probeer meet en beskryf het in ‘n studie. “Ek het een seisoen koring en een seisoen mielies aangeplant onder aanvullende besproeiing. Tydens hierdie seisoene het ek elke 14 dae bogrondse plantmateriaal afgesny, dit verdeel in verskillende komponente, soos stamme en blare, dit drooggemaak, geweeg en ontleed vir stikstofinhoud. Elke 28 dae het ek grondmonsters geneem van die 0-300, 300-600, 600-900, 900-1200, 1200-1500 en 15001800 mm gronddieptes. Hierdie grond is ontleed vir ammonium- en nitraatstikstof. Alle water (reën en besproeiing) is opgevang en ontleed vir ammonium- en nitraatstikstof. Alle afloop van water wat voorgekom het, is ook van opgevang en ontleed. Uiteindelik het ek dus ‘n balansstaat opgestel van alle stikstoftoevoegings tot die grond (kunsmis en water), alle verwyderings (ver-
57
Dr. Chris Schmidt by die FertASA-simposium in 2016.
liese en plantopname) en moontlike veranderinge. Ek het ook alle data ingestel in die CERES MAIZE en –WHEAT, asook PUTU MAIZE en –WHEAT rekenaargewasgroeimodelle om die modelle se akkuraatheid te evalueer.” Schmidt vertel dit was harde werk wat lank geneem het om te voltooi, maar sy mentor by die LNR-IGKW, Dr. Malcolm Hensley, het ‘n groot ondersteuningsrol gespeel en was met niks minder tevrede as net die beste wetenskaplike standaarde nie. Volgens Schmidt het Hensley waarskynlik die grootste impak op sy lewe gemaak. Ná die voltooiing van sy meestersgraad, het Schmidt onder meer gewerk in mynbou en by die LNR se Instituut Graangewasse (LNR-IGG) op Potchefstroom. Hier het hy sy doktorsgraad aangepak met ‘n projek waar fosfaatriglyne vir mielies opgestel moes word. “Ek het die geleentheid aangegryp, want dit was nog altyd my droom om hierdie kwalifikasie te kon behaal,” sê Schmidt. “Ek het gedurende 2006 diens aanvaar en die taak met mag en mening aangepak. Die projek was getiteld ‘P-kalibrasie studies’. Ek het ‘n klompie proewe geërf, maar ek moes ook nuwes vestig by plekke soos Viljoenskroon, Heidelberg (Gauteng), Bloekomspruit, Lichtenburg, Ventersdorp, Coligny, Belfast, Athole, Amsterdam, Dirkiesdorp en Koppies. Ek het ook proewe by Koppies met sorghum by verskillende rywydtes en stikstof- en
58
fosfaatpeile gevestig. Teen die tyd dat ek met die opskryf van die Verhandeling begin het, was die aantal proefjare tesame ongeveer 64 jaar.” Hy het terselfdertyd ook proewe gevestig onder kleinboer-omstandighede, op ‘n manier wat hom toegelaat het om die data vir wetenskaplike publikasie te gebruik. In sy tydperk by die LNR-IGG het hy twee inleidende grondkunde-artikels geskryf wat opgeneem is in die sillabus van landbouskole in die Vrystaat. Verder was hy deel van die personeel wat betrokke was by die monitering van kunsmisgehalte soos deur die LNR-IGG, Graan SA en die Misstofvereniging van Suid-Afrika ooreengekom is. Vir die laaste jaar en ‘n half van sy diensjare was die plantvoedinglaboratorium en plantvoedingafdeling ook onder sy toesig. “Ons moes tydens wetenskaplike kongresse bydraes lewer, hetsy aanbiedings of plakkate. ‘n Verdere taak van my was om intens berokke te wees by kleinboer-opleiding in verskeie dele van die land, meestal die Noordweste, die Noorde en die Ooste. Vir die doel hiervan het ek talle artikels in die SA Graan-tydskrif in bylaes (Pula en Imvula) gepubliseer. Ek het Togo besoek vir opleiding in die opstel van bemestingsprogramme soos deur die International Fertilizer Development Center aangebied en ook Zimbabwe vir kleinboerdoeleindes.” Schmidt het die PhD-kwalifikasie gedurende 2003 verwerf en spoedig
daarna begin om van die hoofstukke as artikels in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Plant en Grond te publiseer. Een hiervan was ‘n artikel oor die ontwikkeling van stikstofriglyne vir mielies, asook ‘n ander een oor die ontwikkeling van fosfaatriglyne vir mielies – albei is afsonderlik bekroon met pryse by die Grondkundevereniging en Gewasproduksievereniging as die beste artikels in die afsonderlike jare gepubliseer. Schmidt fokus suiwer op landboukundige aspekte by Sidi Parani, GWK se kunsmisbesigheid. Dit beteken dat hy bemarkingsagente help oplei, inlig en ondersteun. Hy het gedurende 2010 die eerste induksieprogram vir Sidi Parani saamgestel wat bemarkingspersoneel toegang te gee tot basiese inligting oor Sidi Parani se alledaagse doen en late. Die handleiding is later herskryf, verkort, opgedateer en na Engels vertaal. Gedurende 2014 het die destydse Misstofvereniging van Suid-Afrika (vandag FertASA – Fertilizer Association of Southern Africa) die silwermedalje vir navorsing aan Schmidt toegeken vir sy bydrae tot plantvoedingsnavorsing in Suid-Afrika oor die afgelope dekade. Die medalje is tydens ‘n gala-dinee te Johannesburg gedurende die jaarlikse Misstofverenigingkongres oorhandig. “Dit was ‘n eer om die ontvanger van hierdie medalje te kon wees,” sê hy. “Tydens 2015 het FertASA begin werk aan ‘n totale opgradering van die bekende Bemestingshandleiding van die vorige Misstofvereniging van Suid-Afrika. Dit het my te beurt geval om vir die ‘nuwe’ boek ‘n totale nuwe hoofstuk oor lusern saam te stel. Ek het heelwat ondersteuning van André Prins (Bestuurder: Gewasproduksienavorsing) tydens hierdie taak ontvang. Terselfdertyd moes ek die welbekende mielie-hoofstuk oorskryf. Uiteindelik het hierdie hoofstuk gerealiseer vanuit insette deur myself en Dr. Erik Adriaanse van Sasol. Die genoegdoening vir my was dat my navorsing van, in daardie stadium, amper 13 jaar gelede, in hierdie riglyne ingeskryf kon word.” Tussen normale verdere Landboukundige take deur het Schmidt ‘n
produkhandleiding vanuit verskaffersinligting oor blaarbespuitingsprodukte, plantgroeistimulante en groeiverbeteraars saamgestel wat in 2016 gefinaliseer is en ten doel het om as veldboek/ handleiding vir bemarkers te dien. Hy verleen tegniese ondersteuning (algemene bemesting, plantvoeding, agronomiese, grondkundige, gewasen kunsmisverwante navrae) aan die bemarkingsagente in Humansdorp, Wakkerstroom/Hoëveld, Keimoes en Namibië, asook agente met pekans in hul gebied. Verder hou hy hom besig met die deurlopende saamstel van opleidingsmateriaal vir bemarkingsagente saam, soos pamflette en selfs handleidings. Omdat Sidi Parani voorskrifkunsmismengsels aan produsente bied, is Schmidt verantwoordelik om hierdie dokumentasie wat elke verkoopstransaksie vergesel, se agronomiese goedkeuring te doen. Wetgewing is baie streng oor die volledige dokumentasie wat bygehou moet word en Sidi Parani streef daarna om aan die Wet te voldoen. Hierdie is soms tydens piek-periodes alreeds ‘n voltydse werk. “Dit gebeur dus dikwels dat ek iewers heen op pad by ‘n padstal, of selfs aan etenstafel iewers, voorskrifaansoeke moet verifieer en goedkeur,” sê hy. “Soms trek ek in by ‘n koffiekroeg vir ‘n uur of twee om die takies te doen. Dit is deel van my werk om deurgaans sensitief en kreatief te wees vir die ontwikkeling van nuwe pasmaak-kunsmisprodukte, hetsy makroof mikro-elementformulasies. Verder fokus ek daarop om meer van pekanneute te leer. Ons hou gereeld tegniese vergaderings, maar ek is ook teenwoordig op spanvergaderings met bemarkingsagente in die onderskeie streke. Ons probeer om tegniese byeenkomste, soos die jaarlikse voedingsimposium van FertASA (vorige Misstofvereniging van Suid-Afrika), by te woon, asook kongresse en ander byeenkomste sodat ons deurentyd met tegnologie kan bybly. Ek funksioneer soms as skakel tussen Sidi Parani en FertASA, veral met tegniese aspekte – ek het op heelwat van die komitees gedien ten tyde van lidmaatskap by FertASA. Ek poog om goeie verhoudinge te handhaaf met akademiese instellings en navorsers, want ons het mekaar so nodig in ons groot, maar tog so baie klein, ou wêreldjie.” Pekanneute verdien volgens Schmidt
spesiale vermelding, omdat hierdie gewas “so stil-stil ‘n reus in ons midde begin word het” en dat daar ‘n dringende behoefte is om tegnies te ontwikkel, daarom is dit op die oomblik ‘n skerp fokus binne Sidi Parani. “Al wat ek oor pekans in besonder wil sê, is ‘watch this space’!” Buiten kwalifikasies, is Sidi Parani se siening dat plantvoeding ‘n wetenskap is en nie ‘n kommoditeit nie. Schmidt sê dus dat hulle nie net loop en resepte toepas nie, maar dat hulle eerstens die grond-, plant- en watersisteem wil verstaan, asook die produsent en sy vermoëns, en dan ‘n voedingsvoorstel wil maak wat nie noodwendig vir die seisoen en die onmiddelike gewasonttrekking sal geld nie, maar wat ook die toekoms in ag neem. “Die produsent is altyd die belangrikste,” sê hy, “maar soms moet ons, ten spyte van alles, eerlik wees en waarhede uitwys, eerder as om net van die plaas weg te ry met die ‘goedkoopste’ rand-en-sentstorie.” Schmidt is ‘n absolute spesialis en kenner in sy veld, en glo dat GWK ‘n dinamiese maatskappy is. “Ek dink dat daar baie bekwame en toegewyde personeel in die maatskappy is en dat baie van hulle meer gee as net die gewone werksvereistes. Twee gebeurtenisse is veral noemanswaardig: Op een van my verjaardae op pad na Humansdorp het ‘n stem (Marietjie) my gebel en ‘veels geluk, liewe maatjie’ gesing. Ek was totaal oorbluf, verras en my dag was kwantumgewys opgekikker. Dit was wonderlik en sy het meer gegee as wat die normale werksverwagting is. Die ander gebeurtenis was baie onlangs toe ek en ‘n kollega tydens ‘n besoek aan Namibië moeilikheid met doeane en die motorverhuringsmaatskappy opgetel het. Die hulp en ondersteuning van Meghan (Persoonlike Assistent: Korporatief) buite normale werksure, was prysenswaardig. Ek glo dat sulke opofferings ons maatskappy uniek maak – ons moet ook net leer om vir mekaar dankie te sê en erkenning te gee.” Schmidt beplan opwindende dinge vir die toekoms, waarvan pekanneute een is. Die ander is om sy werk elke dag te verbeter en meer toegewyd te maak. Sy kennis is tot enorme voordeel vir produsente en sy kreatiwiteit in probleemoplossing het nie einde nie.
59
Produsentefokus Lucille Botha (Landbouweekblad)
Presisietegnieke gee
broodnodige hupstoot “Ja, dis lekker om die pryse te ontvang. Dit gee erkenning aan jou harde werk en dit motiveer ’n man so ’n bietjie,” vertel Norman Cornellissen van die Vaaldam-boerdery naby die Heuningneskloof-stasie (tussen Kimberley en Hopetown), waar hy op die stoep van sy nuutgeboude huis sit. Sy familie is al meer as 100 jaar in die omgewing en deur die verloop van die geskiedenis het sy voorgeslagte dit bekom. Norman het destyds as kontrakteur en in die myne in die Noord-Kaap gewerk, maar weens ’n ongeluk het hy en sy vrou, Claudette, op 28-jarige ouderdom gaan boer. Toe hul kinders moes skool toe, het hulle vir eers naweekboere geword en op Kimberley gaan woon tot hul studies klaar is. Maar nou is Norman en Claudette en sy ouers, David en Bertha, terug op Vaaldam, waar hulle in alle erns boer. Norman vat voor met gewasse en David hou die leisels by die vee-vertakking. Hulle huur ook 600 ha grond aangrensend tot die plaas. “Boerdery was nog altyd maar in my en my pa se bloed,” vertel Norman.
60
Pa-en-seun-span. David (regs) en Norman Cornellissen verlede jaar in hul koringland. Die koring vorm deel van ’n rotasiestelsel, wat ook mielies en sojabone insluit.
Norman Cornellissen, ’n opkomende gewasen-veeboer, is verlede jaar vir die tweede keer as Nuwe Produsent van die Jaar vereer op GWK se Icons-byeenkoms. Deur skouer aan die wiel te sit en presisieboerderybeginsels te volg het hy gekom waar hy vandag is.
Ooreenkoms met Joubert & Verster “Ons het in 2007 waterregte gekry. Ek en my pa besit elkeen 10 ha se waterregte en dan huur ons nog 20 ha by ander beginner- en kommersiële boere.” Om die boerdery se infrastruktuur en werktuie te finansier het hulle in 2009 ’n vyf jaar lange ooreenkoms met Joubert & Verster Agri aangegaan. Daarvolgens moes Joubert & Verster as die kommersiële vennote die besproeiingsinfrastruktuur oprig en produksiekoste voorskiet. Aan die einde van die seisoen is die wins – ná die insetkoste afgetrek is – om die helfte verdeel tussen die vennote. “Met die 50% wat ons toegekom het, moes ons 60% aan Joubert & Verster betaal om ons skuld te delg, maar ons kon alle skuld binne vier jaar klaar betaal het, pleks van die ooreengekome vyf jaar. Hierna kon ons op ons eie voortboer. Ons het meganiese toerusting so stuk-stuk aangekoop.”
Presies gemeet Norman glo sy sukses lê daarin dat hy nie skroom om moue op te rol en in te spring nie. “Ek is oortuig daarvan dat ’n mens gereeld in jou lande moet stap. Jou spore moet daar lê. Jy kan nie net met jou bakkie om die land ry en dink jy gaan sukses behaal nie.” Hy het ook al baie geleer by die OranjeRiet rivier se beginnerboervereniging en Graan SA se studiegroep vir beginnerboere, waar hy betrokke is. Maar dis GWK se landboukundiges, wat hom veral bystaan met presisieboerdery-tegnieke, waarsonder hy nie wil boer nie. Voor die aanvang van elke seisoen gaan sit hulle saam met Hannes Hattingh en Johan Sounes van GWK se hoëtegnologie-boerderyprogram (HTB). Dan bespreek hulle eers die vorige seisoen se foute, neem grondmonsters en sorg dat die nodige regstellings gedoen word sodat misstappe nie in die nuwe oesjaar herhaal word nie. “Ons werk
Hierdie artikel het oorspronklik in Landbouweekblad van 10 Maart 2017 verskyn.
61
dan streng volgens die landboukundiges se bemestingsprogram wat hulle op grond van die ontledings aanbeveel het,” vertel hy oor sy plaas waar 40 ha onder spilpunte lê en hy mielies, sojabone en koring (in daardie volgorde) roteer. Hy het ook 1 ha pekanneutbome geplant. Deur deel te neem aan die HTB-program word hulle op ’n databasis van die omgewing se boere ingesluit. “Hiervolgens kan ons kyk hoeveel ons per hektaar bestee het, hoeveel ons verkoop het en hoe ons wins lyk, in vergelyking met die ander.” Norman gebruik ook die satellietbeelde wat hy deur die HTB-program verkry. Die beelde toon die landerye tydens planttyd en weer in die middel van die seisoen. “As ons dit gereeld kry, kan ons onmiddellik optree as die beelde probleme, soos versuipkolle, in die land uitwys. Die landboukundiges besoek ons ook weekliks, en ons weet dus onmiddellik as daar foute is en reageer dadelik. Ons sal nie sonder hul hulp wil boer nie.”
Goeie opbrengste Met die rotasiestelsels kry hy dit reg om gemiddeld 15 ton mielies/ha te oes, met uitskieter-oeste wat al aan 17 ton/ ha geraak het. Hul koringopbrengs lê op gemiddeld 9 ton/ha, waarvan die grootste oes die skaal op 10,47 ton/ ha laat kreun het. Hul gemiddelde sojaoes is 5 ton/ha. “Die soja sit die stikstof wat die mielies en koring uithaal, terug in die grond. Dit voorkom ook vrotpootjie.” As daar probleme met verdigting is, doen hulle eers ’n skeurbewerking van 500 mm diep en werk die oesreste in die grond in. “Ons probeer wegbly van brand. Ons kry deesdae sterk winde, wat dit ál moeiliker maak om te boer, daarom sit ons saans water en kunsmis uit, want dis meer doeltreffend as die wind dit nie wegwaai nie.” Hulle plant mielies vir die laatseisoen en dit moet voor 16 Desember in die grond wees. “Ons plant sowat 100 kg saad/ha van die SST 835-kultivar. Die mielies se plantwydte is 150 mm x 750 mm. Ons probeer sowat 85 000 tot 90 000 pitte per hektaar uitsit.” Hulle glo daarin om 60 mm diep te plant. “Met klimaatsverandering en droogte werk dit om dieper te plant, want dit is waar die vog is. Voorheen was die plantestand ’n gemors omdat ons vlakker as 60 mm diep geplant het.” Voordat hulle verlede
62
Hulle vorm deel van die Oranje-Rietbesproeiingskema. Hulle hou noukeurig boek van hul watergebruik.
jaar soja geplant het, het hulle met ’n skottelbewerking fosfate en gips saam met die plantreste ingewerk. “Ons het agtergekom dit vorm andersins net ’n wit korsie bo-op die grond en penetreer nie die grond nie.”
Graanbemarking Die Cornellissens bemark hoofsaaklik mielies en koring deur GWK en soja aan Joubert & Verster. “Ons kry ook een keer per maand ’n oorsig van die markpryse, daarom het ons altyd ’n goeie aanduiding van waarheen die mark beweeg. Ek gesels weekliks met die bemarkers by GWK om raad te kry oor wanneer om te verkoop.” Hy gebruik tans silosakke om die graan op te berg en bemark dan in sarsies. “Dit gee aan ons ’n prysvoordeel. Die volgende stap sal wees om ’n silo op te rig, want die silosakke het probleme met sekuriteit. Ek glo dat as ’n mens nie opbergingsgeriewe het nie, kan jy nie beding nie.”
Minder vee, maar gehalte Die veevertakking maak sowat 30% van hul boerderyinkomste uit. “My pa het ’n goeie oog. Ek laat dit aan hom oor,” gesels Norman. “Ons Dorpers wei op natuurlike veld en ons baal die reste wat van die land af kom. Dit dien as byvoeding.” Sy ooie lam in die veld, maar word dan na klein hokkies gebring om die jakkalsprobleme te troef. Ooie met lammers en droë ooie word twee maande lank eenkant gevoer. Ná speentyd word alle ooie en hamels
wat nie aan Norman se produksiestandaarde voldoen nie, in die kraal afgerond. “Ons lampersentasie is 80. Dis swak, ek weet, maar van die ooie se kondisie is weens die droogte so swak dat daar nie melk vir die lammers is nie. Ons speen sowat 60%. Die jakkalse vang selfs in die dag lammers! Ons gebruik jagters, maar hulle kan nie juis ’n duik maak nie.” Hulle koop elke drie tot vier jaar ’n bul en ’n ram by geregistreerde telers. “Ons is goed bevriend met van die telers en grond ons aankope op hul kundigheid.” Met Landbouweekblad se besoek was dit nog baie droog in die omgewing en moes die Cornellissens hul kuddes verklein. “Wanneer ons reën kry, sal ons program verander. Die droogte is egter ’n les: Om eerder minder vee aan te hou, maar diere van beter gehalte.”
Rekordhouding belangrik Norman sê rekordhouding is die spil waarom hul boerdery draai. Claudette sit hand by hiermee. “Ons weet presies hoeveel saad, water en kunsmis ons gebruik – en of ons deur die seisoen regstellings moet maak. Ons het ’n DFM-stelsel, maar ons is ook gekoppel aan die Oranje-Rietsisteem en danksy ’n watermeter hou ons boek van presies wanneer die pomp aanskakel en hoeveel elektrisiteit ons gebruik.” Dit help hulle om binne die nodige parameters te bly. “In die verlede het ons landerye al versuip, maar nou is ons waterbestuur baie beter.” Ook van sy toerusting word daar deeglik boek
V&A met Norman
Watter raad het jy vir beginnerboere? In die verlede was die boerdery vir ons ’n liefde, maar nou is dit ’n besigheid. Ons het daardie benadering gevolg en was bereid om ongewone ure te werk. Beginnerboere moet ophou bakhand staan en eerder dinge vir hulself begin doen.
Die Cornellissen-familie: David en Bertha saam met Claudette en Norman. Die vier is ’n gedugte span.
Het jy ’n mentor? Hannes Hattingh, landboukundige van GWK, is altyd net ’n oproep weg. Aanvanklik was hy gedurig hier om te help, maar hy het hom stelselmatig losgemaak en my toegelaat om verantwoordelikheid oor te neem.
David bestuur die boerdery se veevertakking. Elke paar jaar koop hulle ’n bul by ’n geregistreerde teler.
Wat is die belangrikste boerderyles wat jy al geleer het? Ons het een jaar baie goed pak slae gekry met die soja. Onkruid was buite beheer en die grond was nie goed voorberei nie. Nou maak ek altyd seker alles is 100% voor ons plant.
gehou. “Dis baie duur om ’n trekker te vervang. Ons het ons Case-trekker (116 kW) tweedehands gekoop, met baie lae ure. Ons gaan dit tot op 6 000 uur gebruik en dan weer vervang. Met ons ander werktuie werk ons per hektaar, en nie per uur nie. Wanneer ons klaar in ’n land gewerk het, skryf ons die aantal hektaar en die datums neer. Die boekhouding help ons uitwerk hoeveel ons toerusting ons per hektaar kos.” Norman droom daarvan om uit te brei en dalk selfs ’n besproeiingsplaas by te koop. Hy wil ook nog heelwat pekanneutbome plant. “Ek sal graag eendag 20 ton mielies en 12 ton koring wil lewer. “Ek glo dis moontlik, veral as ons alles op die regte manier doen, van die plantstand en diepte tot kunsmistoediening en insek- en onkruidbestryding.”
Norman (naaslinks) neem drie mense heeltyds in diens. Saam met hom en David (naasregs) is (van links) Trevor Coetzee, Gordan Syster en Willem Moses.
63
Leefstyl en Gesondheid Carla van der Merwe (Optometris by Sport-in-sight)
‘n Groot oorsaak van voorkombare blindheid Diabetes is nie ‘n rare verskynsel nie en daar is amper nie ‘n familie sonder iemand wat dit het nie. Maar wat presies is diabetes? Insulien is ‘n hormoon wat deur die pankreas afgeskei word sodat suiker in die bloed afgebreek en opgeneem kan word deur die liggaam se selle – om só vir energie gebruik te word. As die pankreas sukkel om insulien te vervaardig, of dit nie korrek kan gebruik nie, dan is jy ‘n diabeet! ‘n Mens kry twee tipes diabetes. Tipe 1 kom gewoonlik voor op ‘n baie jong ouderdom, meestal by kinders. Dit is wanneer die pankreas glad nie, of baie min, insulien vervaardig. Hierdie diabete moet gewoonlik daagliks ingespuit word met insulien omdat hulle liggaam dit nie self genoegsaam vervaardig nie. Tipe 1 maak ongeveer 10% van diabetes-lyers uit. Tipe 2-diabetes kom meer in volwassenes voor, hoewel die persentasie Tipe 2-diabetes vinnig begin styg onder kinders weens ongesonde leefstyle. Tipe 2 is wanneer die pankreas wel insulien vervaardig, maar nie genoegsaam nie, en oor tyd stelselmatig al hoe minder vervaardig. Tipe 2-diabetes begin gewoonlik om eers gediagnoseer te word met insulienweerstandigheid, wat later oorskakel in diabetes. Tipe 2-diabete drink normaalweg net medikasie om die pankreas te help en hoef nie insulien in te spuit nie. Omtrent 90% van diabete is Tipe 2. 64
So hoe beïnvloed dit jou oë? Verhoogde suikervlakke in die bloed veroorsaak dat die aarwande verhard en agteruitgaan, en die kleiner aartjies word eerste beïnvloed, soos die aartjies in die oog. Die binnekant van jou oog, waar jou oog senuwees is (jou retina, wat die beeld na die brein toe moet stuur), het baie klein en delikate aartjies. Die eerste stadium van skade word Agtergrond Diabetiese Retinopatie genoem. Slegs ‘n paar aartjies is vergroot en vorm klein, bolvormige aneurismes. Hierdie klein aartjies kan uitlek en klein bloedinkies en vloeistof veroorsaak wat op die oppervlak van die retina sit (Fig 1). In hierdie stadium is die sig nog nie regtig ernstig aangetas nie. As die bloedinkies egter op die sentrale deel van die retina vorm (die makula), kan jy begin dof sien en sig verloor. Sowat 50% van alle diabete sal ‘n vorm van retinopatie hê teen die tyd dat hulle vir 10-15 jaar aan diabetes ly. Die meer ernstige stadium van die die siekte op die retina, word “Prolifertive Retinopathy” genoem. Dit beteken dat vergroeisels voorkom. Abnormale bloedvate, wat baie swak is, maklik skeur en groot bloedings op die retina veroorsaak wat in die jellie van die oog inlek, begin oor die retina (oogsenuwees) groei. Hierdie groot bloedings kan sig merkwaardig aantas. Dit gee weer aanleiding daartoe dat die retina op plekke kan loskom (retinale loslating) en veroorsaak groot letselweefsel en verlies aan sig. Dit is daarom baie belangrik dat diabetiese
pasiënte minstens een keer per jaar ‘n volledige oogondersoek sal hê by iemand wat die regte toerusting en tegnieke het om na hulle behoeftes om te sien. As daar bloedings is, kan ‘n mens dit vroegtydig sien en met ‘n laser laat behandel voor dit ernstig raak en tot die verlies van jou sig intree. Suksesvolle behandeling hang egter af van vroegtydige diagnose en monitering. Eweneens bly dit die pasiënt se verantwoordelikheid om goeie kontrole te handhaaf oor hulle diabetes, om sodoende skade aan die oë te voorkom. Ons merk op dat baie pasiënte net hulle suiker meet wanneer hulle sleg voel. Volgens baie dokters, en veral klinieke, is ‘n suikertelling onder 10 veilig. Maar ‘n suikertelling van 10 is reeds te hoog vir die fyn, delikate aartjies in jou oog. Meeste pasiente wat hul sig begin verloor weens diabetes, se suikertelling is gemiddeld tussen 9-11. ‘n Telling van minder as 7 is baie veiliger om jou sig te behou. En as jy jou suiker meet slegs wanneer jy sleg voel, en dan sien dat dit 15 meet, hoe weet jy dat jou suikertelling veilig is wanneer jy nié sleg voel nie? Hoe weet jy wat jou gemiddeld is as jy dit nie ten minste 1 – 3 keer ‘n week meet nie? Pasiënte wag gewoonlik tot hul hul sig begin verloor voor hul probeer om hul suikertelling onder beheer te bring, maar dit is dan gewoonlik te laat. Verlore sig kan nie herstel word nie – jy kan slegs probeer om verdere sigverlies te probeer voorkom. Oogpraktyke moet beskik oor ‘n fundus-kamera wat ‘n volledige foto van die retina kan neem om sodoende te kan sien waar bloedings voorkom. ‘n OCT is die nuutste tegnologie wat ‘n sonar kan neem van die oogsenuwees en ál tien lae van die senuwees kan sien. Só kan presies gesien word in watter senuweelaag die bloedings voorkom en dit monitor. Wees pro-aktief deur jou suikertelling te monitor en jou oë by die regte oogkundige te laat toets om skade te voorkom.
Retinopatie by pasiënte
RAAI oplossing: Feb / Maart
Kommuniek
Normale sig (bo) vs. diabetiese retinopatie (onder)
L E I E P R B O V E R U I P S D O P L A N G A S
I V O N L A A I E E N N R E G E E E E L N S T E A R P O R R P E S U T T N S E I E E T E K S E E E U
O T O L O O G A K K E R E T I E S E
V S D R T R O G E L E M E K T M D I U S T R O P J E E P A N S W I N T E E L T E S K O S S K A G E E R P O R U P L A S E B E D R L A N D B I T K E S K R G T I G O R P E N S
W O E L O O N E S A B T K I V A A N
O E K A S E
B U L K A L F
O O N G I E N T O E K M U L L A A S E I R E S
D O R
D B N S
R I E E R S E R S A N R Y A A I O D S
65
Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.
66
43
Resep
Swartwoud poeding DEUR MARELI VISSER
Verkrummel Nature’s Farms se swartwoudkoekie en maak hierdie eksotiese glasie-nagereg om jou gaste te bederf. Maak 8 glase. 1 blik swart kersies sonder pitte 1 pak kersie-jellie 30 ml (2 E) kersielikeur 125 ml (½ k) suiker 30 ml (2 E) maizena 200 g NATURE’S FARMS Black Forest-koekies 40 ml (8 t) kersielikeur 60 ml (¼ k) kakao 125 ml (½ k) strooisuiker 250 ml (1 k) room 5 ml (1 t) vanielje 125 ml (½ k) room 8 rooi kersies Kap die geblikte kersies grof. Meng die kersies en hul sap, jellie, kersielikeur, suiker en maizena. Kook vir 3 minute terwyl jy heeltyd roer, tot gaar. Verkil in die yskas. Kap die koekies fyn. Skep die krummels in die glase en druk liggies plat, bedruip met die kersielikeur. Sif die kakao en strooisuiker en meng die 250 ml room en vanielje by, klits liggies en bedek met kleefplastiek. Verkoel in yskas vir 15 minute en klits dan tot sagtepunt stadium. Skep in 'n spuitsak. Klits die 125 ml room styf, skep in 'n spuitsak. Spuit 'n laag room op die krummelkors en skep dan die kersievulsel bo-op die room. Spuit 'n laag sjokolade-mousse bo-op. Versier met 'n klein bietjie room, sjokoladesplinters en rooi kersies. Verkoel in yskas tot bedien.
Foto: MARELI VISSER
67
RAAI
Kommuniek Kwaksalwers
Rebellie
Lospitperske
Radium
Volksof landsiektes
Bruto
Saponiet
Boere bid hiervoor
Op dié plek
Kloaka
Behorende aan
Dieredokters
Ex officio
Grond wat maklik krummel Domkop
Gewasse
Pet
Id est
Randkorrels op dorsvloer
Stilb
Afgemat
Noenmaal
Bobbejaan
En so meer
Hy loop voor span osse
Kwajong
Melkorgaan
Kleefmiddel
Gedwee
Volbloed
Kelties Tak met bloeiselknoppe
Persimmon Gevoelige
A-kaarte
Donderstorm Byeboer
Kunssoorte
Hoenderboer se produkte
207,8 meter
Werwelwind
Oes
Plaaswerktuie
Verbasterde plaashond
Edisie
Wegvreet van grond Ruimte
Stumper
Ná sewes
Behendig
Mak pronkvoël
Melding maak
Klepel van 'n klok
Kweking Tweede Harke se opbrengs penne
Buitensporigheid
Saadkorrel Stap
Stukke pad
Vog wat weefsels voed
Teenoor kleinsus
Sonder klere
Tydperk van belang
Nektarien is voorbeeld
Dof brom
Somervrug of vuis
Hoogste punte
Morele waarde
Duitse sopraan, __ Sack
Gad se seun
Vorige kêrels
Sanik
Pesbasil
Gansvormige fluit Opskep- Geurmiddel van ding rissies
Gelukkig soos __ in water
Ma en pa Kolosse
Vind hul op varkplaas
Jong bees
Verstand
Blokkiesraaisel
Operalied
Familiêr
Hoop gerwe
Wateropgaarplek
Plus
Beste kriekethou
Oplossing vir KommuniekRAAI (Februarie/Maart) op bladsy 65.
68
Boom met taai hout Glorie
Okuleer
Geel van ’n eier
Fietstoer, __ de France
Panbreker
Argon
Sprakeloos
Greenwichtyd
Flank van 'n dier
Akkerboom
Elektrokardiogram
Sitrusboer se produkte
Kweek veevoer hiervan
Kinderpret
Help die maatjies om by die plaashuis te kom
69
Uit Piet se pen
In my lewe het ek al van baie dinge gehoor. Van reënroep? Nog nooit! Iemand bel en wil weet of ek in ‘n reënroep-eksperiment sou belang stel. Daar is mense wat reën wil kom roep. Hulle glo dit sál reën. Binne drie weke. Sjoe! Ek skop eers teë. Hierdie is ‘n baie omstrede onderwerp. Ons gaan die hele dorp op hol jaag indien dit verkeerd hanteer word. Die publiek gaan nie hiervan hou nie en betogings is heel moontlik ons voorland. Hier kom ‘n #rainmakersmustfall. My voorstel is om proefkonyne versigtig te nader en privaat te onderhandel. Reën soos ek hom ken, word nie sommer in drie weke in óns wêreld gemaak nie. Die Jood het nie verniet gesê “julle kan traai, maar die wind hy waai wes” nie. My nuuskierigheid kry die oorhand en ek laat my betrek. Ek tree as onpartydige waarnemer op. Binne ‘n week stop twee motors met GP-nommerplate voor ons deur. Uit ondervinding is ek lugtig vir ‘n GPmotorregistrasie. In my tyd op die plaas het ek al met hierdie nommerplate te doen gekry. Hulle klim gewoonlik vol bravade uit en probeer jou oorrompel met slimstories. Die persone betrokke het ondervinding uit verskeie oorde. Veral die lesse uit die Afrika-tradisie van reënroep het hulle geïnspireer. Ongelukkig sit hulle met dieselfde probleem as oom Willie, wat olie kan wys, maar niemand glo dit nie. Die manne is vol selfvertroue en ‘n volledige voorlegging word gegee. Begin by aardverwarming en hoe dit die molekules in die lig verwring. Hulle navorsing wys dat die speel van sekere musiek die molekules weer na normaal kan laat terugkeer. Om ‘n lang storie kort te maak, dit word weer reënvriendelik. Getrou aan my aard, het ek heelwat vrae. Ek wil redeneer oor heersende winde en die afbeweeg van vog oor Afrika. Vir elke vraag is daar ‘n antwoord. Ek gee bes toe dit begin lyk of ek werklik niks van weer af weet nie. Was dit nie dat my Engels so gebrekkig was, veral rondom die tegniese 70
Die reënmakers aspekte nie, het ons seker nou nog geredeneer. Die reën-ghoeroes verseker my hulle het die regte resep. Hulle is gou uit om die masjien te gaan haal. Ek verwag ‘n vreeslike gedoente, want om reën te roep in ons wêreld sal jy ‘n bul van ‘n masjien moet hê. Groot is my teleurstelling toe hulle met ‘n goedkoop omgeboude Chinese CD-spelertjie te voorskyn kom. Die klanke is vasgevang op ‘n mp3-speler wat oor en oor dieselfde musiek speel. Die apparaat word in die woonstel langs die huis geplaas. “Moet tog net nie die volume te hard draai nie”, word ek gewaarsku. Dit kan moontlike vloede veroorsaak. Ek sê vir niemand van die apparaat nie. Vroeg die volgende oggend is die jakkalsjagter by die deur. “Meneer, wie is die mense wat so raas hier in die woonstel?” wil hy weet. Ek verduidelik vir hom. Hy luister aandagtig. Na ek klaar gepraat het, skud hy net sy kop. Nee, hy glo nie. “Is dit mense van ons land?” wil hy weet. Ek knik bevestigend. Hy gee so ‘n paar treë terug en kyk die verte in. Kan dit dan wees dat reën sommer net so gemaak word? Kan mos nie wees nie? Voor ou Gys die reënsprinkaan nie geskreeu het nie en die wind nie gewaai het nie sal niks gebeur nie, verseker hy my. Die jagter is baie oortuig van homself. Ek is bly toe hy aanstaltes maak om te loop. Wil hom in elk geval nie probeer oortuig nie. Ons twee is immers op dieselfde golflengte.
Intussen is daar ‘n Whatsapp-groep gestig vir die deelnemers. Terwyl die masjiene voortdreun, is daar vir ‘n baie lang tyd nie eens ‘n wolkie in sig nie. Ons word gereeld daaraan herinner om nie mismoedig te word nie. Ná ongeveer ‘n maand kry ons ‘n boodskap van die koördineerder dat hy sekere waarnemings maak van vliegtuie wat chemiese middels in die atmosfeer spuit. Hierdie vliegtuie is skynbaar rondom die sonplase, SKA-gebied en die sterrewag by Sutherland besig. Die hoofdoel hiervan is glo om die wolke in die gebied te verdryf sodat dit wolkloos bly. Hulle apparate funksioneer dan meer doeltreffend. Dit is skynbaar hiérdie aktiwiteite wat ons kanse om reën erg benadeel. Hierdie bly vir my sinnelose kommentaar omdat ons reën glad nie uit daai geweste kom nie. Soos die toeval dit wil hê begin dit reën in groot dele van die land. Oral behalwe by ons. ‘n Week later kry ons ook reën. (Die vliegtuie wat die chemiese middels spuit kon seker nie die front hanteer nie.) Die reënmakers is opgewonde en sweer hoog en laag hulle is vir die reën verantwoordelik. Foto’s van reënmeters vol water word oral gewys. Ek probeer die weerverskynsel as normaal aan hulle verduidelik, maar pure verniet. ‘n Gebrek aan oortuiging en fondse beperk verdere navorsing en hulle besluit om aan te beweeg. Die jagter is toevallig op die werf toe hulle die roeper kom oplaai.”Nee meneer, laat hulle maar op ‘n ander plek loop traai,” is sy laaste woorde.
KINGJAMES 35937A
VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.
Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering. Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).
71
V A
Moet ek my Trustakte laat hersien? GWK bied ’n omvattende reeks regsdienste vir al jou persoonlike en besigheidsbehoeftes, en kan help met: • • • • •
Re g sa dv i es Samestelling en w ysigings van titelak tes Ro l a s o n af h a n k l i ke Tr us tee Ad m i n i s t ra s i e va n Tr us t I n ken n i s s te l l i n g va n w y s i g i n g s tot b e l a s t i n g wetg ew i n g • H o u va n Tr us tee -ve rg a d e r i n g s • Ko r re k te h a nte r i n g en b ewa r i n g va n n ot u l es. Alles onder een dak.
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185
gwk.co.za 72