Kommuniek April/Mei 2020

Page 12

Landbouwenke

Mielies Met nismarkgrane soos Simba- en Waxymielies moet seker gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.

Lusern en weiding Maart, April en Mei is die beste tyd om lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusern-entstof om stikstofbinding te verbeter. Doen grondregstellings voor vestiging van lusern. Meerjarige, gematigde grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en reddingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot einde April geplant word.

Uie en saaduie Uie word gevestig. `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plant-proses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk ná plant en was in met 15-20mm water. Koring of hawer kan gestrooi word net voor vestiging van uie (sandgronde) om windskade te voorkom. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip.

Aartappels Hou streng by die spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op `n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.

12

Grondbone Die eerste grondboon-aanplantings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 70-75% ryp is. Voorkoms van Schlerotinia veroorsaak dat peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af. Oorweeg om vroeër te oes as Schlerotinia vermeerder. Indien strawwe ryp voorkom en plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom. Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses aansienlik. Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te droog. `n "Conditioner" kan `n paar uur ná die uithaler gebruik word om die oortollige sand af te skud. Dit bespoedig die plukproses en verminder slytasie op die plukker se onderdele. Peule kan ongeveer drie dae na uithaal gepluk word, afhangend van vog en weerstoestande. Vog moet met lewering tussen 12 en 16% wees. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik. Verseker goeie deurlugting wanneer in sakke lewer.

Pekanneute Voldoende besproeiing vir “shuck split” is belangrik en voorkom dat grond ter enige tyd verwelkpunt bereik. Vermy enige stres op draende bome (behou blaar-gesondheid). Herfs bemesting kan gedoen word, afhangende van element en behoefte (tyd van toedienning is belangrik). Doen oesvoorbereiding. Teken ryp datum aan en hou rekord van blokke en kultivars (opbrengs en kwaliteit). Doen beplanning vir nuwe aanplantings.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.