Skip to main content

Kommuniek Desember 2019/Januarie 2020

Page 1

`n Handelsmerk van

Desember 2019 | Januarie 2020

Net 'n druppel vir Kersfees

GWK Algemene Jaarvergadering

Agriqua 'n lewensaar vir opkomende boere

Benchmarking 'n hulpmiddel in boedery


14 21 24 47

Net 'n druppel vir Kersfees

Agriqua 'n lewensaar vir opkomende boere

Farmers Cup 2019: Finaal 'n groot sukses

Grondbone: Proefresultate vir 2019

8 10 12 18 30 32

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

GWK Algemene Jaarvergadering

34 37 40 43 Andri wil verander, vernuwe en verbeter

Is daar 'n "goeie" tyd om mielies met vog te strem?

Die Geelpekanneutplantluis

Benchmarking 'n hulpmiddel in boerdery

GWK Pecans: Algemene Jaarvergadering

Malcolm Jafta bring nuwe energie na mensebestuur

52 55

GWK Lusern bied bystand van begin tot einde

GWK-skietdag op die plaas

56 58 61 62 Leefstyl: Goud in 'n koppie!

KommuniekRAAI

Resep: Kersfeeskoekies

Uit Piet se pen: Droogte lei tot dรกรกi woorde

3


Direksie

Bestuur

Voorsitter Frank Lawrence

Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

Ondervoorsitter Hennie Coetzee

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel

Llewellyn Brooks HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Nicolaas Kruger Eric Ramongalo Koos van der Ryst

Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronbestuur Malcolm Jafta

Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om 'n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en 'n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.


Korttermynversekeraars, langtermyn vennote.

Geskep deur boere vir boere. Safire Versekering is in 1987, as ‘n innoverende versekerings-koöperasie, deur houtboere op die been gebring. Sederdien bied ons kundige dekking aan die landbousektor. Van korttermyn persoonlike en kommersiële dekking, tot spesialis boorde en melkery polisse: ons het wat jy benodig om al jou bates te verseker!

‘n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer | www.safireinsurance.com


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420

Redakteursbrief Konsekwente gedrag en persoonlikhede is ‘n bewonderenswaardige eienskap.

Uitleg Reinard Louw Verspreiding Charné van der Merwe CharneVDM@gwk.co.za Advertensies ads@kommuniek.co.za Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Broodnodige voer #NetnDruppel (foto: Conrad Bornman)

Ek hou daarvan om te glo dat ek darem tot ‘n mate voorspelbaar is. Dat mense sal weet wat om te verwag wanneer hulle met my te doen kry. Dat ek my emosies onder beheer kan hou. Verlede week is dit alles by die deur uit. ‘n Klomp van ons het ‘n warboel van emosies ervaar – hartseer, inspirasie, bewondering, meegevoel, pyn – en ons (ek ook) kon dit net eenvoudig nie wegsteek nie. In hierdie uitgawe van Kommuniek is ‘n oorsig oor die droogte-bewustheidstoer wat GWK in samewerking met Agri Noord-Kaap gefasiliteer het met die doel om die res van SuidAfrika bewus te maak van die nood. Die span en mediaverteenwoordigers het Noord-Kaapse boere besoek, na hulle stories geluister en gehoor wat die impak van die droogte werklik is. Dit was moeilik om dooie skape langs die pad te sien lê, om te sien hoe dié wat nog lewe, swaarkry, en om te sien hoe sterk mans die trane afvee. Ons het saam gehuil, saam gelag en

Leana Bezuidenhout

saam gevóél. Maar wat waarskynlik die grootste beweging in ons binneste veroorsaak het, was die boere se gesindheid. Hulle geloof gaan soms ‘n mens se verstand te bowe. Hoe hulle die positiewe vind in ‘n situasie wat op die oog af hartverskeurend is. Ek het nog altyd bewondering gehad vir ons boere, maar vandag kan ek sê hulle is my heroes en almal by GWK voel dieselfde. Die deursettingsvermoë van opkomende produsente in ons Agriquaprojek is nog ‘n voorbeeld hiervan. Kommuniek het hulle gaan besoek om hulle vordering te bespreek. Dit is amptelik die laaste uitgawe van die jaar en ons betree nou die feesseisoen – ‘n tyd van liefde, omgee en uitreik. Ons wens al ons lesers, aandeelhouers en kliënte in baie geseënde feestyd toe. Ons is gereed om 2020 met nuwe moed aan te pak en is opgewonde om dit saam met julle te doen.

Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook


Geestelike Akker Die regte tyd Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word. Galasiërs 4:4-5 Terwyl die Jode met verwagting uitgesien het na sy koms, is die beskrywing van die ware Messias reeds in die Ou Testament geopenbaar. Ons lees in Jesaja 7:14 "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem." Immanuel beteken "God met ons". 'n Mens kan aanvaar dat toe die volk van Juda en Israel van hierdie profesie van Jesaja gehoor het, hulle net so verward en deurmekaar moes gewees het as Josef eeue later. 'n Engel van die Here het Josef verseker dat Maria swanger geword het van die Heilige Gees. "Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” (Matteus 1:18-24) Eeue voor Jesaja het die Here reeds die volgende aan Natan geopenbaar: "Ek sal vir hom 'n vader wees en hy sal vir My 'n seun wees. My trou sal Ek nie aan hom onttrek nie, soos Ek dit aan jou voorganger onttrek het.” (1 Kronieke 17:13)

Jesus is die Seun van God. Hy het as 'n mens na hierdie wêreld gekom. As 'n mens het Hy die volmaakte lewe geleef, 'n voorbeeld vir elkeen van ons. Regdeur sy bediening hier op aarde het Hy uitgereik na 'n wêreld wat in sonde verval is sodat elkeen van ons op individuele vlak met God kan versoen. Paulus verduidelik: "En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak." (Galasiërs 4:6-7) As 'n kind van God is jy sy erfgenaam, mede-erfgenaam met sy Seun, en Hy sal jou nooit verlaat nie en nooit ophou om jou lief te hê nie. Daar is geen groter seën as dit nie. Gebed: Vader, ons dank U vir die kosbare erfenis wat ons wat dit nie verdien nie met die geboorte van Jesus Christus ontvang het. Ons het nie woorde om ons dankbaarheid en vreugde te kan uitdruk nie. Alle lof, eer en verheerliking kom U, Vader, Seun en Heilige Gees, toe. Amen

Neville Turley (versndag.co.za)

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Dam

60

Gariepdam

67,20

Vanderkloofdam

69,58

50

Vaaldam

39,70

40

Bloemhofdam

69,18

Vaalharts Stuwal

75,50

Douglas Stuwal

85,17

Spitskopdam

50,83

Taungdam

93,70

Rietrivier

Kalkfonteindam

19,73

Modderrivier

Krugersdriftdam

58,30

Vaalrivier

Reën (mm)

Oranjerivier

% Vol

30 20 10

40

40

35

35

30

30

25

25

20

15

10

10

5

5

15

22

29

5

12

19

26

0

3

1

15

22

40

40

35

35

30

30

25

25

Temp. °C

Temp. °C

45

20

15

10

10

5

5

22

29

5

12

19

Dae

26

0

3

1

8

15

22

29

5

Dae

Middelburg Grootfontein 45 40 35

Temp. °C

30 25 20 15 10 5 0

1

8

15

22

29

5

12

19

26

3

Dae

8

Maksimum

) (E C

12

19

26

3

12

19

26

3

20

15

15

5

Hopetown

Rietrivier

8

29

Dae

45

1

ID D EL BU RG

M 8

Dae

0

PA

20

15

8

LTM

Prieska Green Valley Nuts 45

Temp. °C

Temp. °C

Douglas Lunenburg

1

ZO UT

Ja n

n re e G

2018-2019

45

0

N SD RI FT

or p Ke m

pd

Ho pe to w

n

r ie et riv

V

Ri

al le y

eb ur

N ut s

g

0 Lu n

Hartsrivier

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn


beperk risiko teen droogte

Boer slim met AgriClime™, die nuwe oplossing wat jou Syngenta® aankope beskerm in tye van droogte tydens , die groeiseisoen met n kontant terugbetaling.* Gemoedsrus, die Slimboer manier.

www.syngenta.co.za

*Bepalings en voorwaardes geld. AgriClime™ is onder registrasie van Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk. Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg op hierdie dokument word voorbehou. Alle ongemagtigde reproduksie word verbied.

@SyngentaSA

9


Veilingskalender en -pryse

7 Jan 14 Jan 16 Jan 21 Jan 23 Jan 28 Jan 4 Feb 6 Feb 6 Feb 11 Feb

12 Feb 13 Feb 18 Feb 20 Feb 20 Feb 25 Feb 27 Feb 27 Feb 27 Feb

Grootvee/Kleinvee, Kimberley Grootvee/Kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Hertzogville Grootvee/Kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Grootvee/kleinvee, Kimberley Veldramveiling, Prieska Kommersiële veiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee, Kimberley

Griekwaland-Wes, Postmasburg Grootvee-veiling, Thaba Nchu Grootvee/kleinvee, Kimberley Boerbokveiling, Jansenville Konsortium Merino, Victoria-Wes Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Koopmansfontein Mielieboere Bonsmaras, Viljoenskroon Lucasdam Dorpers, Postmasburg

Veilingspryse vir lewendehawe - November / Desember 2019 04/11 - 08/11

18/11 - 22/11

25/11 - 29/11

02/12 - 06/12

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R16,44

Slagosse

R17,64

R17,45

Slagkoeie

R17,35

Slagkoeie

R16,92

R14,50

Maer beeste

R13,75

Maer beeste

R14,43

Ligte kalwers (180-200kg)

R27,20

Ligte kalwers (180-200kg)

R27,22

Ligte kalwers (180-200kg)

R26,84

R27,46

Swaar kalwers (201-250kg)

R24,71

Swaar kalwers (201-250kg)

R21,80

Swaar kalwers (201-250kg)

R25,13

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R25,30

Slaglammers

R27,97

Slaglammers

R28,95

Slaglammers

R30,00

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Slagosse

R18,04

Slagosse

R18,79

Slagosse

Slagkoeie

R16,52

Slagkoeie

R16,98

Slagkoeie

Maer beeste

R16,20

Maer beeste

R16,35

Maer beeste

Ligte kalwers (180-200kg)

R26,82

Ligte kalwers (180-200kg)

R28,67

Swaar kalwers (201-250kg)

R25,66

Swaar kalwers (201-250kg)

Skape

Kby

Slaglammers

R25,38

Kby

Stoorlammers R29,06

Stoorlammers R32,00

Stoorlammers R30,96

Stoorlammers R35,24

Kruislammers

R28,21

Kruislammers

R29,00

Kruislammers

R31,50

Kruislammers

R28,50

Kruislammers

R30,60

Slagooie

R21,95

Slagooie

R21,74

Slagooie

R22,14

Slagooie

R23,40

Slagooie

R24,11

Maer ooie

R17,86

Maer ooie

R17,50

Maer ooie

R18,20

Maer ooie

R19,07

Maer ooie

R22,70

Klein bokkies

R34,78

Klein bokkies

R34,11

Klein bokkies

R38,46

Klein bokkies

R37,49

Klein bokkies

R44,00

Medium bokke

R34,21

Medium bokke

R35,59

Medium bokke

R29,43

Medium bokke

R31,62

Medium bokke

R32,00

Stoorlammers R30,10

Groot bokke Bokooie

10

11/11 - 15/11

Groot bokke

Groot bokke R21,95

Bokooie

R21,74

Bokooie

Groot bokke R25,00

Bokooie

Groot bokke R31,10

Bokooie

R32,00


Elke haelwolk kan ‘n silwer randjie hê Stormweer kan astronomiese gevolge inhou vir jou gewasse wat tans op die lande staan... veral as ‘n belowende oes in ‘n ommesientjie deur hael verwoes word. Klimaatselemente wat veranderlikheid asook risiko’s in landbouproduksie meebring, maak oesversekering onmisbaar. Kies dus slim en beskerm jou oes teen onvoorsiene katastrofes met AgriSeker se omvattende en volhoubare risikobestuursoplossings en -produkte. Maak AgriSeker die silwer randjie om die haelwolk op jou horison. Besoek ons aanlyn by agriseker.co.za of kontak jou Versekeringsmakelaar. AGRISEKER ONDERSKRYWINGSBESTUURDER (EDMS) BPK. REG NO. 2014/235270/07 IS ‘N GEMAGTIGDE FINANSIËLE DIENSTE VERSKAFFER: FSP NO. 45767. ONDERSKRYF DEUR LAND BANK INSURANCE (SOC) BPK. REG NO. 2012/115426/30.

11


Landbouwenke

Mielies

Grondbone

Die waarde van goeie saad-grond-kontak kan nie oorbeklemtoon word nie. Swak saadkontak veroorsaak swak en oneweredige opkoms wat meebring dat laat kiemplante moeilik met ander kompeteer en `n swakker potensiaal het. Pas plantdiepte by grondtemperatuur aan. Vermy om mielies aan te plant wanneer grondtemperatuur nog onder 10 grade C is. Verkieslik moet temperature bo 15 grade C wees. Kunsmisplasing moet 5cm onder en 5cm weg van die saad geplaas word om kunsmisbrand te voorkom. Onthou om `n toevlugsoord by BT-aanplantings te plant.

Grondbone hou van lae-frekwensie hoëtoedieningstempo as dit by water kom. Grondbone benodig baie min besproeiing, indien enige, gedurende die eerste 30dae na opkoms, mits met ‘n vol profiel begin is. Grondbone is wel baie sensitief vir vogstremming 50 tot 100 dae na opkoms. Laat aanplantings moet verkieslik teen 5 Desember gedoen wees, hierna neem die opbrengspotensiaal heelwat af. Grondbone is gevoelig vir kalsium- en boortekorte. Indien grondbone suksesvol gebind het, benodig die gewas baie min stikstof indien enige. Indien groot windprobleme voorkom en die saadbed te fyn is, kan `n tandimplement gebruik word om versigtig tussen die rye te werk om `n growwe tekstuur op die oppervlak te skep. Pasop net vir operting vroeg in die seisoen.

Droëbone Planttyd is van 20 Desember tot 10 Januarie. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm en goeie beheer is noodsaaklik. Bone is `n goeie wisselbougewas om grasgewasse se siektesiklusse te verminder en produksiekoste is relatief laag.

Katoen Vestig katoen met vol profiel en bestuur optimaal. Probeer profiel weer vol hê teen middel Desember. Beheer snywurm net na plant. Beheer blaaspootjie met eerste ware blare, voorkomend. Katoen is sensitief vir kaliumen sinktekorte. Probeer klaar maak met stikstofbemesting 7-8 weke ná opkoms onder normale toestande.

Pekanneute Optimale besproeiing in die tydperk is baie belangrik, omdat neutvergrooting en neutvul beïnvloed kan word. Grond- en blaarmonsters moet in Januarie geneem word. Wees op die uitkyk vir element tekorte, geelpekanneutplantluise en ander siektes/ insekte wat die blaargesondheid van bome kan beinvloed. Maak sekker bome kry genoeg stikstof en kalium in die hande om, aan hulle behoefte te voldoen. Indien nodig, kan jong bome gesnoei of getip word.

12


Aktueel Leana Bezuidenhout

Net ‘n druppel vir

Kersfees Van 4 tot 6 Desember het GWK, in samewerking met Agri Noord-Kaap (Agri NK), ‘n tweedag-toer onderneem na areas in ons bedieningsgebied waar boere al met hulle hande in hulle hare sit. Die droogte, wat beskryf word as die ergste in mensegeskiedenis, het reeds 12 plase in die Vanwyksvlei-distrik genoop om hul hekke te sluit en produksie te staak. Die oorblywende boere kan dalk vir nog ‘n jaar ‘n bestaan op hul plase maak indien die droogte voortduur. Die toer, met die tema Net ‘n Druppel, is ‘n inisiatief om bewusmaking onder soveel as moontlik Suid-Afrikaners te skep oor die toestande waarin Noord-Kaapse boere sukkel om te oorleef, asook wat die impak daarvan op die gemiddelde Suid-Afrikaner is. Volgens Nicol Jansen, president van Agri NK, is R688 miljoen se droogtehulp nodig om die plaaslike landbou-ekonomie vir die volgende drie maande te stabiliseer. Terwyl georganiseerde landbou met die regering hieroor onderhandel, is dit egter nodig dat mede-Suid-Afrikaners hulp aanbied deur middel van skenkings.

14


Berdine Vos van Vanwyksvlei

Die toer Om die werklike toestande in die droë Noord-Kaap so wyd as moontlik bekend te maak, is verskeie mediahuise genader om aan die toer deel te neem. Mediaverteenwoordigers van Volksblad, Rapport, Huisgenoot, News24, Landbouweekblad, Maroela Media, eNuus/eNCA, OFM en RSG – joernaliste en fotograwe – het by die GWK-span aangesluit en die konvooi het op 4 Desember uit Kimberley vertrek na Vanwyksvlei. Die toerprogram was só saamgestel dat die span plaasbesoeke kan doen om die droogte en die impak daarvan eerstehands ervaar, maar ook die geleentheid aan plaaslike boere kan bied om vir een aand saam te kuier en miskien vir ‘n rukkie van die omstandighede te vergeet. Hiervoor is aandfunksies op Vanwyksvlei (4 Desember) en Griekwastad (5 Desember) gereël – aande waarop boodskappe van hoop en inspirasie met die gaste gedeel is. Een manier waarop hierdie boodskappe gedeel is, was deur ‘n videosamestelling van bekendes met persoonlike bemoedigende boodskappe aan boere van die twee dorpe. Bekendes wat video’s gestuur het, sluit onder andere Pieter-Steph du Toit (Springbok en 2019 se wêreldrugbyspeler van die jaar), Caroline-Grace Brüssouw (sangeres), Die Heuwels Fantasties, spelers van die Springbok 7’s-span, Hanlie Retief (bekroonde joernalis) en Elvis Blue in. Boere op

albei dorpe kon nie die trane keer toe die video gespeel is nie – ‘n bewys van hulle waardering dat hulle erken en raakgesien word. Die dag ná elke aandfunksie, het die span ligdag vertrek om plase in die onderskeie areas te besoek. Hierdie besoeke was vir GWK-personeel, joernaliste en fotograwe ‘n emosionele ervaring en is deur ‘n News24-joernalis as ‘n “eye-opener” beskryf. Vanwyksvlei Reeds op pad na die eerste plaas, Dubbelevlei, het dooie diere langs die pad ons begroet. Hiér boer Jan Moolman en Dirk Sacco, twee opkomende boere wat die grond by die munisipaliteit huur. “Ons weet nie meer aan watter deur om te klop vir hulp nie,” sê Sacco. “Ons kan net op die Here vertrou vir uitkoms.” Sacco en Moolman sê dat dit hulle harte breek om te sien hoe swaar hulle diere – dié wat nog oor is – in die veld kry en dat hulle dit nie eens meer wil sien nie. Hulle vra vir hulp van die regering om te oorleef, maar dit blyk ‘n onbegonne taak te wees. Van hul 800 skape is daar nou skaars 100 oor. Die span het ook die plaas van Rudi Oberholzer, plaaslike sakeman en boer, besoek. Oberholzer sê dat hy normaalweg 1 400 skape per week aan abattoirs gelewer het, maar op die oomblik slegs sowat 700 skape per week kan lewer vir slagting.

“Die besighede in die dorp kry ook swaar,” sê Oberholzer. “Boere het nie meer geld om by besighede te spandeer nie. Die rimpeleffek van hierdie droogte is enorm.” ‘n Verdere nadelige invloed van die droogte is die vermeerdering van werkloosheid en misdaad. Baie boere kan slegs bekostig om hul kern-arbeid te behou. Dit lei daartoe dat baie plaaswerkers nou werkloos is in die klein gemeenskappie en hulle tot misdaad wend om vir hul gesinne te kan sorg. Oberholzer vertel hoe ‘n boer van een van die 12 plase wat toegemaak het, sy laaste skape teen R15 per kilogram moes verkoop en hy (Oberholzer) by die boer seker gemaak het of hy dit regtig wil doen toe die skape gelaai moes word. “My kind, ek het nie ‘n keuse nie. Laai hulle maar,” het die boer geantwoord. “Ons sien ‘n totale verwaarlosing van die landboubedryf omdat ons geen ondersteuning het nie,” sê Oberholzer oor die agteruitgang. “Net een mond om kos te gee” Tydens die besoek aan Oberholzer se plaas, het die span die voorreg gehad om die merkwaardige Berdine Vos, boervrou van die omgewing, te ontmoet. Vos se man, Kobus, het ‘n jaar en ‘n half gelede selfmoord gepleeg toe die druk van die droogte te veel geraak het. “Maar julle beter nie vir my jammer

15


kry nie!” waarsku Vos. “Ek het kos om te eet en my kinders sorg vir my.” Vos oorleef van skenkings deur die publiek – haar huis staan vol daarvan. Sy is een van die boere wat hulle huise vir die span oopgemaak en slaapplek aangebied het. Sedert haar man se dood besoek sy egter nie meer die plaas waar dit gebeur het nie, en bly op ‘n ander plaas, met die 40 skape wat oor is van hul eens indrukwekkende boerdery. Sy is dankbaar vir die skenkings, want dit beteken dat sy nie brandstof hoef te koop om kruideniersware op die dorp te gaan koop nie. “En wat as die bakkie se band bars op pad dorp toe? Ek het nie geld om dit reg te maak nie,” sê sy. Vos is al vir 43 jaar ‘n boervrou in die Vanwyksvlei-omgewing en dit is vir haar moeilik om die gevolge van die droogte te aanskou. “Maar my man was baie prakties,” sê sy, “en hy het gesien die droogte gaan nie vinnig beter raak nie. Hy het ‘n besluit geneem sodat ek my net oor een mond hoef te bekommer.”

Griekwastad Ná die plaasbesoeke in die Vanwyksvlei-distrik het die span vertrek na Griekwastad vir die aandfunksie in dié dorp. Sowat 200 gaste – boeregesinne uit die omgewing – het die aand bygewoon. Elvis Blue, bekende Suid-Afrikaanse sanger, het hier opgetree teen ‘n fraksie van sy normale fooi. GWK hoef omtrent net sy span se vervoerkoste te gedek het – dit was sy bydrae vir dié spesifieke doel. “My sussie is getroud met ‘n boer van Graaff-Reinet,” sê hy. “Dit lyk regtig sleg in daardie area en hulle kry ook swaar, so dit lê my baie na aan die hart. ‘n Mens kry nie baie die geleentheid om iets soos hierdie te doen nie. Toe GWK my bel, het ek onmiddellik die gedink dit is my geleentheid om by te dra.” Die trane het weer vrylik geloop tydens sy optrede. Eloïse Pretorius, radiopersoonlikheid en aanbieder van die TV-program Ons Boere, Ons Inspirasie, was deel van die toerspan en

het met gaste gesels oor haar ervaring sedert sy in landboumedia betrokke geraak het. “Soms het ‘n mens ‘n dokter nodig, soms ‘n brandweerman,” sê sy, “maar drie keer ‘n dag, elke dag, het elke mens ‘n boer nodig. Dit is vir my ‘n ongelooflike voorreg om deel van hierdie toer te kan wees. Ons het vanmiddag Griekwastad binnegery ná ‘n dag waarin ons baie teer oomblikke met boere van die Vanwyksvlei-omgewing gedeel het… en toe begin daar reëndruppels val. Dit is ‘n dag wat ek vir die res van my lewe sal onthou.” Sy sê verder dat haar lewe onherroeplik verander het vandat sy ‘n landboujoernalis geword het, “omdat mense soos julle my inspireer op ‘n manier wat ek werklik nie aan julle kan verwoord nie.” Llewellyn Brooks, GWK se Groep Besturende Direkteur, het op sy beurt namens GWK beloof dat ons maatskappy áltyd aan boere se kant sal wees en dat dié toer ‘n teken is van ons toewyding – dat ons besef veeboere

Onder: Frank du Toit van Griekwastad

“Ek wil bly in my land, het myself al hier verloor en weer gevind Ek wonder watter spoor ek dan nou moet volg Hoe die pad sal lyk as môre kom? Ek glo steeds in die beloofde land Ek bly staan in jou Afrika-sand” - - Beloofde land (Elvis Blue)

16


kry swaar en dat ons opregte waardering vir alle produsente het. “Die diere gaan lê van uitputting en honger, en gaan dan daar dood.” Vroegoggend die volgende dag het die span bymekaar gekom en vertrek na Joe Scholtz, plaaslike boer en verteenwoordiger van georganiseerde landbou, se plaas. Hier het Scholtz meer vertel oor boere se kommer dat hulle nie meer lank op hul plase sal kan oorleef nie. Die span het wild, spesifiek kudu’s, gesien wat oor ‘n draad probeer spring het op soek na kos, nie kon oorkom nie weens swakheid, vasgehaak en net daar op die draad doodgegaan het. Dit was ‘n hartverskeurende gesig. Frank du Toit, ‘n opkomende boer, is volgende besoek. Du Toit boer met bokke, beeste en skape, maar het ‘n punt bereik waar hy nie meer sy arbeiders se salarisse kan bekostig nie. Nicol Jansen sê dat dit vir die regering baie meer lonend sal wees om bestaande boerderye te onderhou as om landbou tot niet te laat gaan en dan van voor af die bedryf weer te probeer opbou. “Die regering het ‘n groot dryf om nuwe boere te vestig – grond is op die oomblik een van die grootste politieke besprekingspunte,” sê hy, “maar hier is Frank, ‘n gevestigde opkomende boer met jare se ondervinding. As die regering uitreik en hulp aanbied om hom deur hierdie moeilike tyd te help, kan hy in die toekoms ‘n mentor vir 20 nuwe boere wees. Ons kan nie die kennis wat ons reeds in landbou het, verloor nie.” ‘n Moeë en stowwerige, maar geïn"Ons wil graag spesiaal dankie sê vir elkeen van ons mediavennote wat die droogtegebiede saam met ons besoek het. Elke letter wat julle oor die droogte publiseer, elke woord wat julle daaroor sê en elke beeld wat julle daarvan wys, het ongelooflike krag en waarde. Dankie dat julle ons help om die storie te vertel van ons mense en hoe hulle mense voed." - Neil de Klerk

spireerde, span het Vrydag laatmiddag na Kimberley teruggekeer, vanwaar die mediaverteenwoordigers terug is huis toe, meestal Gauteng. Daar waar ‘n droogteberig tot onlangs net nóg ‘n dag se nuus was. Nou word dié joernaliste se berigte oor die droogte in die Noord-Kaap sedert die eerste dag van die toer wyd op verskillende media gepubliseer, met lesers regoor Suid-Afrika wat die omstandighede meeleef. GWK is baie dankbaar vir die media wat help om die erns van die situasie te verkondig, en glo dat die boodskap die publiek sal mobiliseer om betrokke te raak, uit te reik en te help – die droogte het immers ‘n impak op elke Suid-Afrikaner.

Bo: 'n Kudu wat van honger gesterf het

Dit is dalk net ‘n druppel, maar dit is ‘n teken van lewe. Dit is dalk net ‘n druppel, maar dit les dalk ‘n bietjie van die dors. Dit is dalk net ‘n druppel, maar dit is ‘n bewys dat ons raaksien, besef en wil help. Dit is dalk net ‘n druppel, maar dit help dalk om die emmer vol te maak. Bo: Blaine Jones van OFM gesels met Neil de Klerk

Besoek GWK se Facebook-blad om foto’s, nuusdekking en ‘n meer volledige oorsig van die toer te sien. Dankie aan Agri Noord-Kaap wat gehelp het om hierdie toer te fasiliteer, elke inwoner van Vanwyksvlei en Griekwastad wat hulp en verblyf aangebied het, GWK-besighede en -verskaffers wat produkte en dienste geskenk het en elke lid van die publiek wat ons storie deel.

Enigiemand wat hierdie Kerstyd sy hart wil oopmaak en bydra tot Agri Noord-Kaap se droogtehulpfonds, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

Bo: Elvis Blue inspireer gaste op Griekwastad

NAAM: Agri Noord-Kaap BANK: ABSA REK.NR: 940 591 759 TAKKODE: 632 005 VERWYSING: Humanitêre hulp: Hdroogte Voerhulp: Vdroogte NAVRAE: Janine 073 291 0557 Bo: Llewellyn Brooks gee 'n boodskap van hoop namens GWK

17


Aktueel Madri Scheepers

GWK Algemene

Jaarvergadering Ons skryf ons eie storie

niks

toewyding en spanwerk van ‘n span mense beter uit as die ommeswaai wat GWK in die 2019finansiële jaar behaal het nie. Elke storie begin iewers, dit gaan tesame met hoogtepunte en laagtepunte, maar GWK staan nou op die punt waar die maatskappy met goeie beplanning, ‘n rotsvaste strategie, ‘n gefokusde ambisie en ‘n toegewyde span mense ‘n nuwe toekoms gaan inbeweeg. Hierdie is alles herbevestig tydens GWK se algemene jaarvergadering wat op 12 November 2019 by Broadwater buite Douglas aangebied is. "Dit is vir my aangenaam om te kan sê dat GWK in die afgelope finansiële jaar ‘n beduidend beter prestasie getoon het," sê Johan Geel, Groep Finansiële Direkteur. "GWK se finansiële prestasie op suiwer wins-voorbelasting het in F19 met R130 miljoen verbeter op die vorige finansiële jaar. Verder was daar ‘n duidelike verbetering in die operasionele werkskapitaal, nadat baie fokus hierop geplaas is. Nog ‘n hoogtepunt is die implementering van IFRS 15, 16 en 9. Hierdie internasionale standaarde word wêreldwyd

18

beeld

geïmplementeer om deursigtigheid, aanspreeklikheid en effektiwiteit na finansiële markte te bring en GWK is trots om aan hierdie standaarde te voldoen." Die klem van GWK se bedrywighede word geskuif na die kernbesigheid wat GWK verteenwoordig. Dít, tesame met die maatskappystrategie, gaan die toekoms van die besigheid baan en die roete daarvan bepaal – daar is reeds heelwat suksesse te sien ná die implementering daarvan. Een van GWK se nuwe hoofstukke is die goedkeuring van GWK se nuwe aandelekapitaalstruktuur tydens ‘n spesiale aandeelhouersvergadering wat ná afloop van die algemene jaarvergadering aangebied is. “Landbou as ‘n bedryf moet homself verander om aan te pas by die behoeftes van kliënte,” sê Llewellyn Brooks, GWK Groep se Besturende Direkteur. “Dit sluit alle rolspelers in landbou in – produsente, landboubesighede, finansieringsinstellings, owerhede en ander spelers in die waardeketting. Hierdie is presies die soort omgewing waarin GWK floreer.” Hy noem dat dié nuwe aandelekapitaalstruktuur GWK se ekwiteitstruktuur vereenvoudig, voorsiening maak vir die toekomstige verhandelbaar-

heid van aandele en die moontlikheid skep vir aandeelhouers om hul belegging in GWK te vergroot. Hierdie is slegs enkele van die voordele wat die nuwe struktuur inhou. “Besluite soos dié verseker dat GWK homself posisioneer as relevant en modern – ‘n besigheid wat landboubehoeftes in die bedryf kan identifiseer en daarin kan voorsien,” sê Brooks. Frank Lawrence, voorsitter van GWK se Direksie stem saam hiermee en sê dat die nuwe skema GWK posisioneer as ‘n moderne besigheid, waar produsente aandeelhouers is met verbeterde uitbreidingsgeleenthede. “Die struktuur is meer vaartbelyn en gefokus,” sê hy. Lawrence het tydens sy voorsittersrede genoem dat dit belangrik is om te kyk waar ons begin het, waar ons is en wat die toekoms inhou: Van die beginjare toe Douglas- en Prieska-koöperasie saamgesmelt het, tot die jare waarin die besproeiingsbedryf begin ontplof het, tot waar water ‘n plafon bereik het en GWK homself moes aanpas om waarde vir GWK se boere toe te voeg deur in die waardeketting werksaam te raak. Hy sê dat GWK baie beleggings gemaak het om die besigheid te groei – party het goed gewerk en ander


minder goed, maar hy vra die vraag oor hoe die besigheid sou gelyk het as ons dit nié gedoen het nie. Hy noem dat landbouers en besighede die potensiaal van die bedryf moet sien, dat “ons fris en taai moet wees.” Lawrence sê verder dat die laaste paar jaar moeilik was, maar dat die afgelope jaar een van die grootste ommeswaaie was deur ‘n landboubesigheid, en dit moontlik gemaak is deur harde werk van produsente, bestuur en personeel. “GWK was bereid om ‘n eerlike introspeksie te doen, waar ons foute gemaak het en hoe ons dit kan regstel,” sê hy. “Daarom is die strategie aangepas om die antwoord hierop te bestuur.” ‘n Verdere aanpassing is die daarstelling van ‘n amptelike operasionele direksiekomitee. Hierdie komitee se hoofoogmerk is om ondersteuning te bied aan die bestaande GWK Groep-direksie ten opsigte van aandeelhouers se behoeftes, operasionele aangeleenthede en ander landbougerigte sake. Dié komitee is saamgestel uit lede vanuit drie streke in die GWK-bedieningsarea, naamlik die Oos-, Wes- en Sentraalstreek, met die toevoeging van ‘n Suid-Afrikaanse streek. Die basis van die komitee is geskoei op die GWK Groep-direksie, met die enkele byvoegings van aandeelhouers uit die streke wat nie op die oomblik deur die direksie verteenwoordig word nie. Ons verwelkom dus vir James Faber, Hein Mülke, DB Lubbe en Johan de Villiers vanjaar op die operasionele direksiekomitee. GWK neem ook vanjaar afskeid van drie van sy direkteure, Willem Mülke, Ronnie Stadhouer en Louis Wilken wat nie weer vir herverkiesing beskikbaar was nie. Die GWK Groep-direksie word egter vanjaar aangevul deur ‘n nuwe onafhanklike direkteur, Nicolaas Kruger. Kruger is ‘n gekwalifiseerde aktuaris met uitgebreide bedryfservaring en ‘n loopbaan wat oor 26 jaar strek. Hy was vir sewe jaar lank die groep-uitvoerende hoof van Momen-

tum Metropolitan Holdings, nadat hy ook verskeie ander posisies in dié maatskappy beklee het. Die afgelope vyf jaar (tot Maart 2019) was hy voorsitter van die spesialisversekeraar Guardrisk. Hierdie ervare sakeleier dien nou op verskeie direksies soos Granor Passi, PPS en Gen Re, asook dié van verskeie ander private besighede.

“GWK bly toegewyd verbind aan die landbou-omgewing. Ons is op ‘n opwindende reis waar ons saam besig is om ons eie storie te skryf en ek sien uit na die volgende hoofstukke wat ons saam gaan aanpak,” sê Brooks. Vir 'n uiteensetting van GWK se nuwe aandelekapitaalstruktuur, blaai om.

Die GWK Groep-direksie en operasionele direksiekomitee: GWK Groep-direksie: Frank Lawrence (Herverkies tot voorsitter) Hennie Coetzee (Herverkies tot ondervoorsitter) HF Cilliers (Nie-uitvoerende direkteur) Koos de Wet (Nie-uitvoerende direkteur) Wynand Human (Nie-uitvoerende direkteur) Frans Lubbe (Nie-uitvoerende direkteur) Tertius Marais (Nie-uitvoerende direkteur) Koos van der Ryst (Nie-uitvoerende direkteur) Eric Ramongalo (Onafhanklike direkteur) Nicolaas Kruger (Hoof onafhanklike direkteur) Llewellyn Brooks (Groep Besturende Direkteur) Johan Geel (Groep Finansiële Direkteur) Operasionele direksie: Oos-streek: Koos de Wet Koos van der Ryst James Faber Hein Mülke Wes-streek: Hennie Coetzee Tertius Marais DB Lubbe Johan de Villiers Sentraal-streek: Frank Lawrence HF Cilliers Wynand Human Frans Lubbe Suid-Afrikaanse streek: Eric Ramongalo Nicolaas Kruger

19


Opsomming van GWK se nuwe aandelekapitaalstruktuur: Waarom die herstrukturering? Die vorige GWK-aandelekapitaalstruktuur het bestaan uit ‘n ingewikkelde verskeidenheid klasse van gewone en voorkeuraandele, elke klas met spesifieke bepalings wat gerig is op beherende aandeelhouer-deelname. Ná ‘n reeks strategiese sessies is die volgende die herstrukturering genoodsaak: Dié struktuur het onvolhoubaar geword veral in jare waarin finansiële prestasie afgeneem het; Komplekse rekeningkundige- en belastinghantering; en Die komplekse aard en stemreg dra by tot GWK se onvermoë om ekwiteitsbefondsing van beleggers te verkry om GWK se groeistrategie te ondersteun. Die oorhoofse doelstelling van die transaksie sluit in: Posisionering van GWK as ‘n korporatiewe, moderne besigheid wat relevant is vir die behoeftes en eise van die breër landbouomgewing (gefokus op die verskaffing van uitsonderlike dienste aan sy kliënte en terselfdertyd waarde vir sy aandeelhouers); Vereenvoudigde aandelestruktuur met groter deursigtigheid van deelname en stemreg; Ondersteuning van likiditeit en die verskaffing van ‘n langtermyn ekwiteitsoplossing deur die huidige aandeelhouerslenings en voorkeuraandele kapitaal na vrylik verhandelbare gewone aandele te omskep; Voorsiening te maak vir die verhandeling van aandele om GWK-aandeelhouers in staat te stel om waarde te realiseer of om hulle belegging in GWK te verhoog; Die uitbreiding van GWK en navolging van groeigeleenthede wat van tyd tot tyd voorkom. Hoe werk die struktuur? Huidige GWK-aandeelhouers (almal bona fide-produsente), omskep hul totale aandeelhouersekwiteit (met ander woorde die gewone aandele, voorkeuraandele en aandeelhouerslenings) in nuut-uitgereikte, vrylik verhandelbare gewone aandele in GWK (“nuwe aandele”). Alle uitgereikte gewone A-aandele en voorkeuraandele wat deel uitmaak van die maatskappy se huidige aandelekapitaalstruktuur, sal omgeskakel word in nuwe gewone aandele, in die verhouding van 1 (een) nuwe gewone aandeel vir elke 25 (vyf-en-twintig) gewone A-aandele gehou deur 'n GWK-aandeelhouer, en 1 (een) nuwe gewone aandeel vir elke 25 (vyf-en-twintig) voorkeuraandele wat deur 'n GWK-aandeelhouer gehou word. Verder ontvang alle GWK-aandeelhouers wat aandeelhouerslenings het, gewone aandele in ‘n produsente-houermaatskappy vir 15% van hul aandeelhouerslenings in die verhouding van 1 (een) aandeel vir elke R25 (vyf-en-twintig rand) van hul aandeelhouerslenings. Die produsente-houermaatskappy is ‘n maatskappy wat geïnkorporeer sal word waar al die aandeelhouers vereis word om bone fide-produsente te wees. Bykomende nuwe gewone aandele sal vir GWK-aandeelhouers met aandeelhouerslenings uitgereik word vir die oorblywende 85% van hul aandeelhouerslenings in die verhouding van 1 (een) nuwe gewone aandeel vir elke R25 (vyf-en-twintig rand) van hul aandeelhouerslenings. Ná die suksesvolle implementering van die skema, sal die produsente-houermaatskappy 15% van die nuwe gewone aandele besit, en die huidige GWK-aandeelhouers die oorblywende 85% van die nuwe gewone aandele. Die nuwe GWK-aandele is vrylik verhandelbaar en kan gehou word deur nie-bona fide-produsente, insluitend ander beleggers. Die produsente-houersmaatskappy sal ‘n element van ‘negatiewe beheer’ oor GWK kan uitvoer deur sy stemreg in terme van “spesiaal beskermde aangeleenthede”, waar ‘n hoër stemreg-drempel vereis word vir sekere besluite. Die verwagting is dat verhandeling (20% van verhandelbare aandele) teen die einde van die tweede kwartaal van 2020 kan begin.

Verhandeling van aandele: Produsentehouermaatskappy

Produsent

Aandele vrylik verhandelbaar tussen bona fide kommersiële landbouprodusente.

Produsent en ander

100%

Verhandeling van aandele: GWK 85%

Produsentehouermaatskappy

15%

Akte van oprigting “Spesiaal beskermde aangeleenthede”: Wysiging aan dividend-beleid van GWK. Wysiging aan die GWK AvO wat die regte van die aandele gehou deur die Produsente-houermaatskappy affekteer. Wysiging aan ooreengekome administratiewe dienste. Wysigings aan die verteenwoordigende regte van die Produsentehouermaatskappy in die AvO vervat. Solank as wat die Produsente-houermaatskappy ten minste 10% van die uitgereikte aandele in GWK hou.

20

Vrylik verhandelbare gewone aandele

Aandele vrylik verhandelbaar (ook vir publieke aandeelhouers). Beperking op verhandeling in die eerste 18 maande van 20% van die aandele gehou, om prys-ontdekking te fasiliteer en prys-stabiliteit aanvanklik te ondersteun.


AGRIQUA ‘N LEWENSAAR VIR OPKOMENDE BOERE Aktueel Sima Oliphant

Wanneer jy die klein dorpie Taung binnery en deur lowergroen plantegroei omring word, is die natuurskoon verfrissend. Agriqua Holdings, ‘n projek wat in 2014 begin is (maar toe nog nie dieselfde aandag geniet het as op die oomblik nie) is ‘n lewensaar vir opkomende boere in die Taung-omgewing. Die doelwit is om meer boere in die area betrokke te kry by die projek en só hierdie opkomende boere te ontwikkel tot kommersiële boere. GWK se sosiale betrokkenheid word geken aan ons posisie as ‘n geloofwaardige, transformerende maatskappy met ‘n positiewe impak op die landbougemeenskap, tot wedersydse voordeel van al ons belanghebbendes. Ons sal nooit ons gemeenskapsbetrokkenheid as ‘n plig ag nie, maar eerder as ‘n geleentheid om mense se lewens te verbeter en om ‘n bydrae te lewer tot die areas waar ons besigheid doen.

21


Hoekom is dit vir ons belangrik? In sy verslag as voorsitter van die GWKdireksie, sê Frank Lawrence dat ons die belangrikheid van transformasie in Suid-Afrika, en veral in die landbousektor, besef. “Tog weet ons ook dat transformasie op die regte manier en vir die regte redes aangepak moet word, met strategieë wat sal bydra tot langtermyn resultate. Agriqua is ‘n voorbeeld hiervan,” sê hy. Taung is ‘n area waar GWK langtermyn groei vir alle

“As jy die regte ding vir die regte redes op die regte tyd doen, sal jy die regte resultate kry.”

22


betrokkenes sien, en ondersteun opkomende boere hier deur hul begrip vir die landboubedryf te verryk, die finansiële sy daarvan te verduidelik en hulle tot ‘n hoë standaard van boerdery te kry om sodoende hoë gehalte produkte te verbou. GWK se benadering tot gemeenskapsbetrokkenheid en transformasie Ons gemeenskap- en borgskapprogramme is gesetel in: 1.

Die vestiging van ‘n pyplyn om talent in landbou te ontwikkel 2. Ondersteuning aan georganiseerde landboustrukture 3. Finansiële ondersteuning om infrastruktuur in die platteland te onderhou Verder is GWK ook verbind tot transformasie in die landboubedryf as geheel, met die doel om ‘n verskil te maak op grondvlak deur te fokus op ekonomiese volhoubaarheid, eienaarskap en kundigheid. Wat doen ons om te help? GWK se projekte is gefokus op vaardigheidsontwikkeling, eienaarskap, voorkeurverkryging, en verskaffer- en ondernemingsontwikkeling. Agriqua verryk boere van Taung se lewens deur die ondersteuning, mentorskap en produkte wat hulle ontvang om hul boerderye te onderhou. Nantie Fourie, spesialisbestuurder in hierdie afdeling van GWK, sê dat die maatskappy bystand verleen deur meganisasie- en besproeiingstoerusting te ondersoek, landboukundige dienste bied en planne saamstel. Volgens Masego Riet, vroueboer van Taung, is die inligting en leiding wat GWK bied, relevant en baie nodig om hul lande te onderhou.

veiligheid vir haar ‘n bekommernis is. “Ek moet deurlopend my veiligheid in gedagte hou. Vroueboere het meer ondersteuning nodig in ‘n bedryf wat grootliks manlike rolspelers het,” sê sy. Moretlo Joseph boer al vir 41 jaar en sê dat een van die grootste uitdagings die hoë elektrisiteitstariewe in Taung is. Volgens Gaolatlhe Kgaoganeng is nog ‘n uitdaging die gebrek aan omheining van die lande, wat veroorsaak dat vee toegang tot die lande het. Agriqua se rol Agriqua werk daagliks om hierdie uitdagings vir boere so minimaal as moontlik te maak en die Taung-boere is dankbaar vir en opgewonde oor die bystand en samewerking. Sammelitha van Bosch (Koördineerder: Kliënteskakeling) besoek dié boere weekliks en sê dat Agriqua hoop bring en die passie vir boerdery aanvuur. “Die bywoning van boere by vergaderings het geweldig verhoog en almal is gretig om te leer,” sê sy. Koringprodusente, sowel as ‘n paar katoen- en lusernprodusente, is reeds aan boord. ‘n Vergelyking tussen verboude katoen voor en ná GWK se betrokkenheid, toon ‘n 50% verbetering. Die koring wat op die oomblik op die lande staan, dui ook op ‘n hoë standaard en bereik selfs kommersiële vlakke. Fourie en Van Bosch, tesame met al die Agriqua-personeel, ondersteun boere met ‘n passie en liefde vir wat hulle doen, en dít is presies die motivering wat die Taung-boere benodig. “As jy die regte ding vir die regte redes op die regte tyd doen, sal jy die regte resultate kry,” sê Van Bosch.

Uitdagings Riet het die boerdery by haar oorlede pa oorgeneem en sê dat, omdat die lande baie afgeleë is,

23


Aktueel Madri Scheepers

Farmers Cup 2019: Finaal ‘n groot sukses Son, see en sand. En wind, baie wind. Dit is wat die spelers van die 2019 Farmers Cup finaal begroet het toe hulle die eerste dag by die Fish River Resort naby Port Alfred aankom. Vanjaar is die tweede jaar wat GWK se uitklop-gholftoernooi aangebied is en die jaar is afgesluit met ‘n paar uitstekende vertonings. Die gholfbaan het ‘n prentjiemooi uitsig oor die Indiese oseaan en ‘n paar putjies wat raak-raak aan die strande, maar getrou aan die Oos-Kaap het ‘n lekker sterk wind opgesteek vir die eerste dag se gholf. ‘n Toets vir enige gesoute gholfspeler. Die 32 spelers, wat GWK-lede (wat vroeër in die jaar gekwalifiseer het), GWK se Direksielede, Exco, personeel, komitee en borge ingesluit het, moes maar hul man (of vrou) staan vir ‘n uitdagende potjie gholf. Gelukkig het die tweede dag, ná 'n mildelike reënbui uitgesak het, die spelers bederf met ‘n wonderlike dag toe die son sy kop uitgesteek het kort na afslaantyd. Die algehele wenner is ná die twee dae se kompetisie bepaal deur die onderskeie dae se gesamentlike tellings. Willem Mülke, GWK-produsent en uittredende GWK-direkteur het met die kroon as die 2019-kampioen weggestap met uitstekende vertonings oor albei dae. Mülke se vrou, Anne-Marie, het ook vanjaar deelgeneem – die heel eerste vrouespeler wat die die toernooi gekwalifiseer het en het self die manne ‘n ding of twee gewys. Die Farmers Cup is ‘n belangrike gebeurtenis op GWK se kalender, want dit bied ‘n unieke geleentheid om met ons kliënte te netwerk. “Kliëntediens is iets waaraan mens deurlopend werk en jy moet deurlopend verbeter,” sê Llewellyn Brooks, GWK Groep se Besturende Direkteur. “Die Farmers Cup is nie nét ‘n geleentheid om vriendskappe te bou nie, maar gee ook vir ons die geleentheid om werklik gehalte tyd saam met ons kliënte te spandeer. Op hierdie manier is dit ook ‘n unieke ge-

24

Willem Mülke, wenner van die GWK Farmers Cup 2019


leentheid om ons kliënte se behoeftes te verstaan om ons produk- en diensaanbieding daarby aan te pas. Landbou is ‘n besigheid van mense en die verhoudinge met ons kliënte is werklik kosbaar vir GWK.” Behalwe vir GWK se produsente sou die toernooi nie moontlik kon wees sonder die ondersteuning van borge nie en vanjaar was Safire Versekering die hoofborg. Neil de Klerk, Uitvoerende Hoof: GWK Bemarking en Kommunikasie, sê dat GWK werklik dankbaar is vir die betrokkenheid van ons vennote soos Safire, Landbouweekblad en Absa, sonder wie ons hierdie geleentheid nie sou kon aanbied nie. “Dit is vir GWK ‘n besonderse geleentheid om verhoudings en ‘n hegte verbintenis met ons kliënte te bou en ons glo ons vennote wat hierby betrokke is dieselfde waarde daaruit kry,” sê De Klerk. Bennie Boshoff, Bestuurshoof van Safire Versekering se korttermynversekeringsdivisie, sê dat hulle by Safire gedryf word deur vennootskappe wat lei tot wedersydse sukses. “Dit is hoekom simbiotiese verhoudings, wat tot almal se voordeel strek, die fokus van ons bemarkingsboodskap is,” sê Boshoff. “Ons leuse: Korttermynversekeraars, langtermyn vennote. Dit is vir ons ‘n voorreg om, saam met ons mede-borge, te kon bydra tot die sukses van die GWK Farmers Cup.” “Die GWK boodskap is innoverende landbou, en ons by Safire is trots op ons wortels, ook innoverend en ge-anker in ons behoefte om die landbousektor by te staan,” voeg hy by. “GWK is een van ons top gegradeerde Safire Blou-makelaars, en is ons baie opgewonde oor hierdie geleentheid om weereens met hulle hande te vat, nie net in ons gemeenskaplike ondersteuning van die GWK Farmers Cup-gholftoernooi nie, maar ook ons voortdurende samewerking in diens aan ons gemeenskaplike kliente.” Ons sien uit na volgende jaar se toernooi. Hou gerus kommunikasie en Kommuniek dop vir meer inligting oor jou dorp se gholfdag in 2020!

Interessante sê-dinge tydens die toernooi gehoor: “Ek het die hole-in-one met net drie houe gemis!” “Staan nader, wenner van drie toasters.” “Dit is die wind se skuld.” “Nee hel, die wind is nie ‘n man se maat nie.”

25


Advertensie

Voordele van vloeibare fosfaat

Jason Sparrow (Pr.Sci.Nat) KYNOCH Landboukundige (Noord-Kaap)

Fosfaat is ‘n kragtige voedingselement en wanneer toegedien op die regte plek, tyd, hoeveelheid en vorm, kan reuse reaksies verwag word op gewasopbrengs en kwaliteit. Fosfaat vorm maklik onopneembare komplekse in die grond as gevolg van die hoë pH en die teenwoordigheid van vrykalk in ons gronde (alkalies) wat die profiel- voedingsvoorsieningstempo drasties vertraag. Die tipe ontleding wat gebruik word om die beskikbaarheid van fosfaat in die gebied se gronde te bepaal, is van kardinale belang. Die Bray 1-metode word verkies en selfs die Olsen-metode word gebruik op baie hoë pH-omstandighede. Blaarontledings geneem op pluimstadium by mielies en by koring op vlagblaarstadium, toon gereeld ‘n fosfaat- en kalium-verlaging of ‘n “P en K dip”. Fosfaat is biochemiese energie Fisiologies is fosfaat vir die plant soos brandstof vir ‘n motor. Dit is die energiebron wat nodig is om die twee hooffisiologiese prosesse van ‘n plant – fotosintese en respirasie – aan te dryf. Die organiese verbinding wat in Figuur 1 geïllustreer is, word adenosien-trifosfaat (ATP) genoem. ATP word saamgestel deur drie dele: Koolhidraat- of suikerverbindings (Ribose), stistofverbindings (Adenien) en drie-fosfaatmolekule (hoë potensiële energie). In dié vorm bevat die molekule geweldig baie potensiële biochemiese energie wat vrygestel word tydens die omskakeling van ATP tot ADP. In die proses verloor die molekule een fosfaat. Die omskakelingsproses word deur hidrolise gedryf, so water is dus noodsaaklik. In Figuur 2 kan ons sien dat ADP weer kan terugkeer na ATP-vorm, maar die plant gebruik fosfaat en energie om dit te skep. Dit is waar aanvulling deur bemesting en waterbestuur so krities belangrik word. Hierdie is een van die fundamentele biochemiese prosesse van ‘n plant, dus word fosfaat een van die fundamentele elemente in plantvoeding. Bandplaas of uitstrooi? Elke element wat toegedien word, is blootgestel aan verliese, maar dit is noodsaaklik om die verlies te beperk en so laag as moontlik te hou. Een van die maniere om die effektiwiteit van fosfaat te verhoog, is om te kyk na die korrekte plaasing daarvan. Daar is drie opname-meganismes wat die plant het om elemente op te neem deur die wortels: Massavloei, wortelonderskepping en diffusie. Dit is belangrik om fosfaatgefokus te wees met ‘n plantmengels soos 2:3:2 (35) of Ultra Starter {4:7:6 (30)}. Dit word nie aanbeveel om fosfaat voor ‘n gewas uit te strooi nie as gevolg van moontlike verliese wat kan plaasvind, tensy dit vorm deel van ‘n grondregstelling of rehabilitasiestrategie. Onhafhanklike proewe deur GWK bewys dat 1,5 keer meer fosfaat toegedien moet word as dit uit gestrooi is teenoor bandplaas. Tabel 1 verwys na die stratifikasie van fosfaat op ‘n grondontleding wat geneem is nadat ‘n korrelfosfaatbron uitgestrooi is bo op die grond nadat ‘n gewas geplant is en dit is nie ingewerk nie. Ons kan sien dat daar bitter min beweging van fosfaat was verby die 2 cm-sone. Voordele van vloeibare fosfaat: Ons besef dat daar meer fokus geplaas moet word op die bestuur van fosfaat in die grondoplossing, of die rhizosfeer. Die rhizosfeer is ‘n baie dinamiese wêreld waar grond en plant ontmoet en saamleef. Hierdie stukkie wetenskap is belangrik en kan baie waarde toevoeg, veral met die hoë-intensiteit besproeiingsboerdery van die Noord-Kaap. Onthou, fosfaat se eerste naam is konsentrasie, en sy tweede naam is diffusie. Grafiek 1 is ‘n onafhanklike proef wat gedoen is om die voordeel en waarde van addisionele fosfaat wat toegedien is deur die koringseisoen, te bewys.

Figuur 1

Spesialis vloeibare fosfaatprodukte: Die toepassing van ‘n gebalanseerde voedingstrategie is een van die belangrike voedingsbeginsels om te volg. Die interaksie van kalium, asook in kombinasie met ander elemente in ‘n vloeibare mengsel, is noodsaaklik op ‘n biochemiese vlak in die plant en voedingsprodukte moet so geformuleer word. Daar is groot verskeidenheid van produkte met gespesialiseerde kombinasienutriënt, toepasbaar vir alle omstandighede en gewasse. Kwaliteit vloeibare produkte was nog altyd van die hoogste prioriteit met die gespesialiseerde HpH-reeks wat geskik is vir spilpunttoediening. Die fondament van die produkreeks is die Opti Root of 2:3:0 (15). Dié hoogs plantopneembare fosfaat word spesiaal geformuleer om ‘n

26

Figuur 2


Advertensie helder oplossing te wees wat glad nie presipiteer of uitsak nie. Met die toediening van die vloeibare fosfaat word die penetrasie van die fosfaat in die grond verhoog, wat dus die konsentrasie van die fosfaat in die rhizosfeer bestuur. Om meer inligting verder te bekom oor voedingsbegingsels, kontak vir Jason Sparrow (KYNOCH) by 0828055177 of epos jason.sparrow@ kynoch.co.za. Erkenning aan Dr. Chris Schmidt en AndrĂŠ Prins. Bronne: Tisdale et al., 1999. Soil fertility and fertilizers, 6 ed. Prentice-Hall, Inc, USA; Brady & Weil., 1996; The nature and properties of soils, 11 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Bohn et al., 2001; Soil Chemistry, 2nd ed. New York, USA; Mr. Andre Prins: Produksienavorsingsbestuurder by GWK Landboudienste. Internetverwysings: https://grdc.com.au/resources-and-publications; http://images.pcmac.org/SiSFiles; http://hyperphysics.phy-astr.gsu.edu/

Grafiek 1

Tabel 1

27


120560L

ELKE PLAAS HET SY EIE UNIEKE VERSEKERINGSBEHOEFTES Jou landbou-besigheid het spesifieke versekeringsvereistes. Daarom moet jy die regte vennootskap hê. Old Mutual Insure se dekking is ontwerp om jou presies te gee wat jy wil hê, omdat ons verstaan wat jy nodig het. Dit is eenvoudig. Dit is gerieflik. Dit is doeltreffend. Met ons rekord van ervaring en kundigheid, sal jy weet dat jy op ons kan staatmaak. Die ongelooflike dinge wat jy môre doen, begin met die klein treë wat jy vandag neem. Neem daardie stap met Old Mutual Insure. Die tyd is nou.

Gesels met jou makelaar of besoek ominsure.co.za om daardie eerste stap te neem.

INSURE LANDBOU VERSEKERING 28

DOEN DIE ONGELOOFLIKE ELKE DAG Alle produkte word onderskryf deur Old Mutual Insure, ’n Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer (FDV 12)


Advertensie

Beurtkrag en alternatiewe kragbronne - Is jy bewus van die gevare en wetgewing? Ons het al almal deurgeloop onder beurtkrag en om ‘n alternatiewe kragbron tot jou beskikking te hê maak beslis die lewe makliker. Maar hou dit dalk ‘n gevaar in vir jou, jou gesin, werkers en besoekers op jou plaas en voldoen hierdie installasies aan wetgewing? Die onvoorspelbaarheid van elektrisiteitsvoorsiening en die hoë koste daarvan noop mense om elektrisiteit van alternatiewe kragbronne te kry. Dit het tot gevolg dat die gebruik van gastoestelle, sonpanele en kragopwekkers in huise en op plase al hoe gewilder raak en die afgelope paar jaar drasties toegeneem het. Een van die goedkoper opsies is die gebruik van Liquefied Petroleum (LP) gas vir verhitting en kosvoorbereiding. Gas is in die algemeen 'n veilige produk om mee te werk, maar hou ‘n gevaar in, net soos enige soort brandstof, wanneer dit foutiewelik gebruik of geïnstalleer word. ‘n Groot persentasie gasvoorvalle vind plaas as gevolg van menslike foute, wat insluit foutiewe gebruik en installering, asook die gebrek aan instandhouding wat ontploffings, brand en inaseming van koolstofmonoksied tot gevolg kan hê. Die oorsaak van hierdie risiko’s is onder andere as gevolg van: • swak pyplydings en –verbindings • beskadigde of verroeste silinders • onvoldoende instandhouding • ‘n silinder wat naby ‘n hittebron geplaas is • silinders wat foutief gestoor word, om maar net ‘n paar te noem. As gas nie behoorlik brand nie of in ‘n area sonder voldoende ventilasie gebruik word, produseer dit oortollige koolstofmonoksied. Wanneer dit ingeasem word verminder suurstof in die bloed. Dit kan lei tot duisligheid, hoofpyn, naarheid, bors- en maagpyne, ineenstorting, bewusteloosheid en in ekstreme gevalle selfs tot dood. Dit is daarom belangrik om bewus te wees van hierdie gevare, sowel as die wetgewing en regulasies wat van toepassing is op vaste gasinstallasies, soos ‘n ingeboude gasstoof, warmwaterstelsel, gaskaggels en gasbraaiers. Die spesifieke wetgewing wat gasinstallasies reguleer word vervat in die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid van 1993 (soos gewysig). Dit is sedert Oktober 2009 verpligtend dat ‘n Sertifikaat van Voldoening (CoC) uitgereik moet word vir vaste gasinstallasies deur ‘n gemagtigde persoon wat by die ‘Liquefied Petroleum Gas Safety Association of Southern Africa’ (LPGAS) geregistreer is as ‘n gaspraktisyn. Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie- en Sertifiseringskomitee vir Gas (SAQCCGas) is amptelik deur die Departement van Arbeid aangestel en gemagtig om gaspraktisyns te registreer, as bevoeg binne 'n spesifieke werkomvang. ‘n LP Gasinstallasie sonder ‘n geldige sertifikaat sal die installasie onwettig en moontlik onveilig maak en kan lei tot ernstige gevolge vir die huiseienaar, veral in die geval van beserings of dood. Indien ‘n brand of ontploffing sou plaasvind weens ‘n gaslekkasie, foutiewe installasie of instandhouding en daar is nie ‘n op datum voldoeningssertifikaat beskikbaar nie, kan jou versekeringsmaatskappy moontlik jou eis ook afgekeur. Die sertifikaat bevestig dat die gasinstallasie veilig is en dat dit voldoen aan die vereistes van die wetgewing, asook aan die nodige Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) regulasies. Beskerm jouself, jou gesin, werkers en besoekers op jou plaas en maak seker dat jy aan alle standaarde voldoen. 29


Aktueel

GWK Pecans

Algemene Jaarvergadering

GWK Pecans het onlangs aanpassings aan dié maatskappy se direksie, asook ‘n nuwe voorsitter, aangekondig en daardeur ook die bestuur van GWK se belang in dié maatskappy. Die veranderinge bring beter fokus vir GWK op ons verskillende besighede én skep die geleentheid vir nóg beter voldoening aan die beginsels van goeie korporatiewe bestuur. Die nuwe direksie van GWK Pecans is tydens dié besigheid se tweede

30

algemene jaarvergadering aangekondig, wat aangebied is op 13 November 2019 op Hartswater, terwyl Wim van Rooyen, GWK Farm Foods se Besturende Direkteur, met die eerste direkteursvergadering in Desember 2019 aangewys is as die nuwe voorsitter van GWK Pecans se direksie. "GWK Pecans is ‘n onafhanklike maatskappy waarvan GWK en pekanneut-produsente aandeelhouers is en sal soos al GWK se filiale bestuur word

deur ‘n onafhanklike bestuurder wat aan dié maatskappy se raad rapporteer," sê Llewellyn Brooks, GWK Groep Besturende Direkteur. Vir beter voldoening aan die beginsels van korporatiewe oorsig is daar besluit dat GWK Pecans voortaan binne GWK se strukture onder Van Rooyen sal funksioneer. Van Rooyen neem oor by Tom Meintjes, wat benewens sy rol as GWK Trading se Besturende Direkteur, ook die voorsitter


van GWK Pecans se direksie was. GWK Trading, die divisie wat tot onlangs vir die bestuur van GWK se belang in GWK Pecans verantwoordelik was, lewer verskeie spesialisdienste aan GWK Pecans. Brooks sê dat hul van mening is dat dit tot beter korporatiewe bestuur sal lei om GWK Pecans in ‘n ander divisie te laat rapporteer. Dit sal meebring dat GWK Pecans onafhanklik bestuur word en dat die verhouding met GWK Trading sal setel rondom die dienste wat gebied word. GWK Trading se personeel sal steeds direksievergaderings bywoon, maar uit hoofde van hul gekontrakteerde dienste terug rapporteer aan dié raad. Hy noem verder dat GWK Trading ‘n groot divisie binne GWK is met ‘n verskeidenheid besighede en verskillende projekte wat kern tot GWK se toekomsstrategie is. Een só voorbeeld is die ontwikkeling en implementering van die internasionale verhandelingsplatform, wat vir GWK sowel as GWK Pecans sal ondersteun met noodsaaklike verhandelingsdienste en die ontsluiting van ‘n verskeidenheid markkanale. “Tom tree uit as voorsitter, wat hom die geleentheid gee om 'n nóg groter fokus op die ander kernbedrywighede van GWK Trading te kan plaas,” sê Brooks. Hy sê verder dat Van Rooyen reeds verantwoordelik is vir verskeie verwerkingsfasiliteite in die Groep en die oorgang behoort seepglad te verloop. Die verandering is reeds in werking en die sake word op ‘n gestruktureerde wyse deur Meintjes aan Van Rooyen oorgedra. Ter ondersteuning hiervan is daar ook besluit om die raadsverteenwoordiging in GWK Pecans te verander deur twee van die GWK Groepsdirekteure, Koos de Wet en HF Cilliers, aan te wys as direkteure van GWK Pecans. Brooks sê dat Meintjes se in-dieptekennis en -ondervinding steeds benut sal word waar hy, tesame met Brooks, die raad van GWK Pecans in ‘n raadgewende hoedanigheid sal bystaan.

GWK Pecans het ook intussen ‘n hoofbestuurder vir die besigheid aangestel, Valor Dudley. Dudley sluit in Januarie 2020 aan by die GWK Pecans-span. Hou gerus kommunikasie en Kommuniek dop vir meer inligting. Brooks sê dat hulle van mening is dat die pekanbedryf in Suid-Afrika deur ‘n ongekende groeifase beweeg en is vol vertroue dat GWK Pecans ‘n leiersrol gaan speel in die daarstel van ‘n gestruktureerde bedryf, die bied van wêreldklas verwerkingsfasiliteite en ook ‘n toonbeeld gaan wees van vennootskappe met produsente in die waardeketting. Tydens die algemene jaarvergadering is daar ook ‘n nuwe produsentedirekteur verkies om aan te sluit by die GWK Pecans se direksie, Frans van Niekerk. Van Niekerk sal ‘n belangrike rol speel in die skakeling tussen produsente en die operasionele, sowel as strategiese aspekte van die besigheid. GWK Pecans-direkteure vir 2019/2020: Klas A: Koos de Wet HF Cilliers Wim van Rooyen (Voorsitter) Jill Whyte Klas B: Fanie Engelbrecht Douglas Crawford Frans van Niekerk GWK Pecans het in Julie 2018 ontstaan uit ‘n vennootskap van GWK Pekanneute en Kalahari Pecans toe die twee maatskappye se bates, kundigheid, markkanale en bemarkingskapasiteit saamgevoeg is om ‘n unieke pekanbesigheid met die oog op die toekoms op die been te bring. Hoewel die eerste seisoen vir GWK Pecans uitdagend was, is die fokus steeds om ‘n besigheid te bou en uit te brei om in die toekoms van die pekanneutwaardeketting te voorsien.

31


Ons mense Charné van der Merwe

Malcolm Jafta

bring nuwe energie na mensebestuur Malcolm Jafta

is nie heeltemal vreemd by GWK nie. Ná ongeveer 13 jaar keer hy terug as lid van die Excospan in die pos as Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronnebestuur. Jafta, oorspronklik van Bloemfontein, het ná skool eers vir ‘n paar jaar sy voete gaan vind voor hy sy graad in menslike hulpbronne aan die Universiteit van die Vrystaat in 2002 voltooi het. As junior bestuurder het hy vir ongeveer ses maande by Standard Bank in Bloemfontein gewerk voordat hy die geleentheid gekry het om in 2003 by GWK se menslike hulpbronne-span in Douglas vir drie jaar aan te sluit. Dit is ook hier waar hy sy vrou van die afgelope 14 jaar, Rusita, ontmoet het. Die egpaar het twee kinders, ER, wat tans in matriek is, en Kiarah-Lee, wat volgende jaar hoërskool toe gaan. In 2006 het hy GWK verlaat en saam met sy gesin verhuis na die Rosestad, waar hy vir ‘n kort rukkie by Woolworths gewerk het voor hy teruggekeer het na die bankwese. Hiér het hy vir tien jaar as die menslike hulpbronne provinsiale bestuurder van die Noord-Kaap en die Vrystaat gewerk.

32

Ná vier jaar as hoofbestuurder van koöperatiewe dienste by OVK, is Jafta dankbaar om terug te wees by GWK. “Suid-Afrika is ongelukkig van só aard dat jy nie altyd kry waarvoor jy soek nie, tensy jy na die groter stede gaan. Ek wou nie, my hart is in die platteland,” sê Jafta. “Ek is dankbaar dat die pos vir my beskore was, dis net ‘n seëning. In my hart is ek ‘n HR-mens en hier kan ek my passie uitleef. Ek sien dit as ‘n groot geleentheid. Ek vertrou ek kan ‘n positiewe bydrae maak.” Vandat hy terug is by GWK, vertel Jafta dat hy ‘n baie beter begrip het van wat GWK wil bereik in terme van Groep-doelwitte. “Ek en my span probeer soveel as moontlik tyd spandeer sodat ons kan verstaan hoe ons deur ons insette kan bydra tot daardie doelwitte. Een baie belangrike aspek is om ons tyd beter te kan benut, nie net as span nie, maar as die hele GWK. Ons kliënte is al die ander personeel.” Sy wegspringpunt by GWK is om seker te maak dat hy voortbou op sy voorganger se sukses en ‘n bydrae lewer tot dít wat reeds gedoen is, sowel as om aandag te gee aan verbeteringe.

Dit is ook vir Jafta belangrik dat daar waar menslike hulpbronne uitdagings het rondom regulatoriese wette, die span verstaan wat van hulle verwag word en dit op die gepaste wyse aanspreek. “Die uitgangspunt van my span is dat ons prestasie-gedrewe is – ons moet saamleef en verstaan ons is hier om ons doelwitte te bereik en ‘n sukses te maak. Ons moet groter droom om daar uit te kom.” Sedert hy Oktober hier begin het, het GWK se baie unieke kultuur dadelik Jafta aandag se getrek, “maar dit is presies waarna ek gesoek het. In ‘n maatskappy soos dié sit ons met baie jonger werknemers. Die realiteit is, ons lewe in ‘n era waar dinge baie anders gedoen moet word, ook in die werksmag. Dit is die een ding wat vir my hier uitstaan, en ook die grootse verandering wat ek sedert ek hier weg is, opgelet het.” Jafta sê hy het verlang na ‘n maatskappy wat innoveer en aanpas. “Dit is ook die bydraende faktor wat my laat besef het dat hierdie die geleentheid is waarna ek opsoek was. Die feit is, GWK is aanpasbaar en nie ‘n rigiede


“Ek luister eerder voor ek praat.”

stelsel nie. Ek is mal daaroor.” Jafta se wens, saam met sy span, is om GWK ‘n werksplek te maak waar werknemers gelukkig is. “Die vierde industriële revolusie is nie op pad nie, dit is hier. Meeste maatskappye het al begin aanpas en dit is ‘n gesprek wat ons ook reeds gehad het. Die vraag is, hoe maak ons seker ons pas aan? Sommige aanpassings gaan nie altyd lekker wees nie, maar solank almal net besef daar is ‘n groter doel en prentjie daaragter, kan ons saam groter hoogtes bereik,” sê hy. As iemand wat ‘n bestuursposisie beklee en elke dag met mense werk, beskou Jafta homself as ‘n introvert eerder as ‘n ekstrovert. “Ek luister eerder voor ek praat.” Vir ontspanning geniet hy om te gaan stap of te oefen. Hy kyk graag rugby in sy vrye tyd en droom van ‘n vakansie in die Seychelles. As daar een ding is waarin Jafta glo, is dit dat sukses nie kom deur dinge elke keer dieselfde te doen nie. “Jy kan nie verwag die uitkoms moet anders wees as daar nie verandering plaasvind nie. Daar is tye wat jy dinge anders moet doen om beplande resultate te bekom.”

33


Ons mense Leoné Prinsloo

Andri wil verander, vernuwe en verbeter Die

voormalige Hoof van Korporatiewe Finansies, Andri Bezuidenhout, wat reeds sedert 1 Augustus 2012 vir GWK werk, is onlangs bevorder tot Hoof van Korporatiewe Finansies en Transformasie. “Ons weet dat dit Andri se passie is om ‘n verskil te maak en daarom is ek oortuig daarvan dat die toevoeging van Transformasie tot haar huidige portefeulje vir haar ‘n nuwe geleentheid sal bied om haarself verder te kan ontwikkel. Ek weet dat sy dié nuwe uitdaging oudergewoonte nie slegs baie sal geniet nie, maar haar eie sal maak,” sê Johan Geel, GWK Groep Finansiële Direkteur. Jaques Hugo (Hoof van Transformasie en Agriqua), Almero Butler (Spesialisbestuurder: Transformasie), Brigitte Vorster (Spesialisbestuurder: Tesourie en Strategiese Finansies) en Juane Tarr (Spesialisbestuurder: Groep Verslagdoening) sal almal deel wees van die nuwe bestuurspan wat aan Andri rapporteer. Sy sal op haar beurt vir haar toegevoegde rol van Transformasie direk aan Llewellyn Brooks, Groep Besturende Direkteur, rapporteer. “Ek is geweldig opgewonde oor hierdie nuwe struktuur onder Andri se leiding, wat ongetwyfeld ‘n splinternuwe fokus binne die finansiële afdeling gaan meebring,” vertel Geel verder. Groep Finansies, as deel van Professionele Dienste, is een van verskeie besighede in GWK wat onlangs, na aanleiding van ‘n goedgekeurde Groepstrategie, geïdentifiseer is om

34

te kan bepaal of hulle huidige struktuur, strategie en toekomsvisie nog vir die Groep relevant is. Die afgelope ruk het daar geweldig baie veranderinge binne die finansiële bedryf plaasgevind as gevolg van versnelde tegnologiese veranderinge, veranderinge in vereiste tegniese en nie-tegniese vaardighede, sowel as die rol wat finansiële leiers in die sosiale verantwoordelikheid van hulle maatskappy speel. Die tegniese en nie-tegniese vaardighede van finansiële kundiges, wat as gevolg van hierdie veranderinge uitgebrei moet word, sluit verhoogde vlakke van sakevernuf, leierskap, korporatiewe beheer en bestuur, tegnologiese bevoegdheid, multi-kulturele kommunikasievaardighede, aanpasbaarheid by verandering, geïntegreerde en entrepreneuriese denke, sowel as talentontwikkeling en -bestuur in. Bezuidenhout verduidelik dat die laasgenoemde vaardigheid van talentontwikkeling en -bestuur juis ‘n baie belangrike rol gedurende die hersiening van die Groep Finansies se huidige struktuur, asook die belyning daarvan met die groter GWK-strategie, gespeel het. Groep Finansies se nuwe struktuur sal berus op drie pilare wat die volgende insluit: Transformasie, die operasionele en huidige tegniese finansiële struktuur, en die toekomstige finansiële struktuur bestaande uit strategiese aktiwiteite, projekbestuurskantoor en tesourie. Enige maatskappy se grootste uitdaging bly om ‘n aanvaarbare

balans te kan handhaaf tussen sy sosiale verantwoordelikheid in die verskillende omgewings waarbinne dit geleë is, sy arbeidspraktyke en geldbesteding, sowel as transformasie met betrekkking tot kapitaal en beleggings. “Hoewel die uitbreiding van my huidige portefeulje as die Hoof van Korporatiewe Finansies en Transformasie dalk op die oog af vreemd mag voorkom, gaan sosiale bewustheid ‘n toenemend belangriker rol binne enige finansiële beroep speel, veral gegewe die Suid-Afrikaanse ekonomie en dié land se kenmerkende hoë werkloosheidsyfers,” verduidelik Bezuidenhout die motivering vir hierdie besluit. Die gefokusde tesourie-funksie, een van die belangrikste nuwe toevoegings tot Groep Finansies se huidige struktuur, het ten doel om die groter Groep se kapitaal en operasionele bedryfskapitaal beter te kan bestuur. “Ek sien veral baie uit na die analitiese oorsigte en die tesourie-funksie, wat ontwikkel en uitgebrei word om die Groep Finansies na hoër hoogtes te neem. Ek voorsien egter dat Transformasie mettertyd verder sal uitbrei, gegewe die feit dat dit ‘n baie belangrike strategiese doelwit van die GWK Groep is,” sê Geel. Volgens Bezuidenhout verwys transformasie basies na die doelbewuste besluit om elke dag iets in jouself te kan verander, vernuwe of verbeter, hoewel dit binne die landboubedryf uiteraard net op ‘n heelwat groter skaal moet geskied. Haar entoesiasme is byna aansteeklik wanneer sy opgewonde vertel van haar eerste twee maande in hierdie nuwe posisie waartydens sy die geleentheid gekry het om saam met haar nuwe span te kan werk aan die vestiging van ‘n nuwe struktuur, planne en prosesse. “Ek was bevoorreg om al in verskeie lande in Afrika en oorsee te kon reis én werk, maar ek het ‘n keuse gemaak dat ek hier in Suid-Afrika deel van die oplossing wil wees en ek hoop dat hierdie toegevoegde rol my daarmee sal kan help. Ek is nie naïef rondom die uitdagings en onsekerhede wat dit inhou nie, maar ek glo dat my hart op die regte plek is,” sê sy.


Raak ontslae van

lastige peste lastige lastige peste peste Raak ontslae van Raak ontslae van

en geniet dit weer om buite te wees! en geniet dit weer om buite te wees! en geniet dit weer om buite te wees!

COOPERS ULTRAMATIC ECO TOEDIENER COOPERS Hoë kwaliteit en duursaam, ULTRAMATIC ECO COOPERS met chemies bestande TOEDIENER ULTRAMATIC ECO plastiek - gebruik saam met Hoë en Hoë kwaliteit kwaliteit en duursaam, duursaam, TOEDIENER COOPERS FLY KILLER met chemies met chemies bestande Hoë kwaliteit enbestande duursaam, RUIMTESPROEI. Maklike plastiek -- gebruik saam met plastiek gebruik saam met met chemies bestande gebruik 3 verstelbare COOPERS FLY KILLER COOPERS FLY KILLER plastiek -met gebruik saam met spuitintervalle. 2 Jaar RUIMTESPROEI. Maklike RUIMTESPROEI. Maklike COOPERS FLY KILLER waarborg. gebruik met gebruik met 3 3 verstelbare verstelbare RUIMTESPROEI. Maklike spuitintervalle. 2 spuitintervalle. 2 Jaar Jaar gebruik met 3 verstelbare waarborg. waarborg.2 Jaar spuitintervalle. waarborg.

FLYZONE REUSABLE

Vermindering van vlieë FLYZONE populasie by geboue REUSABLE FLYZONE wanneer buite geplaas Vermindering van vlieë Vermindering van vlieë REUSABLE word. Chemikalieë word populasie by geboue populasie by van geboue Vermindering vlieë minder gebruik. wanneer buite geplaas wanneer buite geplaas populasie by geboue word. Chemikalieë word word. Chemikalieë word wanneer buite geplaas minder gebruik. minder gebruik.word word. Chemikalieë minder gebruik.

Coopers

COOPERS ULTRAKILL FLY KILLER COOPERS nn ‘n Ruimtesproei mat ‘n ULTRAKILL FLY COOPERS outomatiese masjien soos KILLER ULTRAKILL FLY die ‘n COOPERS ULTRAMATIC Ruimtesproei mat ‘n Ruimtesproei mat ‘n KILLER ‘n TOEDOENER. outomatiese masjien outomatiese masjien soos ‘n Ruimtesproei matsoos ‘n die COOPERS ULTRAMATIC die COOPERSmasjien ULTRAMATIC outomatiese soos TOEDOENER. TOEDOENER. die COOPERS ULTRAMATIC TOEDOENER.

COOPERS ULTRAKILL WETTABLE COOPERS POWDER ULTRAKILL COOPERS Gebruik binnehuis waar WETTABLE ULTRAKILL kos WETTABLE hanteer word, soos POWDER fabrieke en hotelle, waar waar Gebruik binnehuis Gebruik binnehuis waar POWDER hoëhanteer higiene gehantaaf kos word, soos kos hanteer word, soos Gebruik binnehuis waar moet word. fabrieke en waar fabrieke en hotelle, hotelle, waar kos hanteer word, soos hoë gehantaaf hoë higiene higiene gehantaaf fabrieke en hotelle, waar moet word. moet word. hoë higiene gehantaaf moet word.

COOPERS ULTRAKILL D.B.M. DOUBLE COOPERS STRENGTH ULTRAKILL COOPERS Gebruik buite op D.B.M. DOUBLE ULTRAKILL vensterbanke, hondehokke STRENGTH D.B.M. DOUBLE en Gebruik soortgelyke buite op Gebruik buiteplekke op STRENGTH waar vlieë geneig is om vensterbanke, hondehokke vensterbanke, hondehokke Gebruik buite op saam te hondehokke drom. en plekke en soortgelyke soortgelyke plekke vensterbanke, waar vlieë geneig is waar vlieë geneig is om om en soortgelyke plekke drom. saam te drom.is om waarsaam vlieë te geneig saam te drom.

COOPERS MULTICARE HOME COOPERS ‘n Emulgeerbare konsentraat MULTICARE COOPERS insekdoder met vinnige HOME MULTICARE uitklop, uitspoel en ‘n konsentraat ‘n Emulgeerbare Emulgeerbare konsentraat HOME aksie virvinnige beheer insekdoder met insekdoder met vinnige ‘nresiduele Emulgeerbare konsentraat van kruipende en vinnige vlieënde uitklop, uitspoel en uitklop, uitspoel en insekdoder met insekte. Vir gebruik residuele vir residuele aksie vir beheer beheer uitklop,aksie uitspoel enin kombuise en tuine. van kruipende en vlieënde van kruipende en vlieënde residuele aksie vir beheer insekte. Vir gebruik in insekte. Vir gebruik in van kruipende en vlieënde kombuise en kombuise en tuine. tuine.in insekte. Vir gebruik kombuise en tuine.

COOPERS ULTRAKILL D-BUG COOPERS Kapsule suspensie, met ULTRAKILL COOPERS unieke voorddele. Vou, D-BUG ULTRAKILL breek en drup, geen Kapsule suspensie, met KapsuleD-BUG suspensie, met

afmeting nodig nie.Vou, Hou unieke unieke voorddele. voorddele. Vou, Kapsule suspensie, met totvoorddele. 3 mande. breek en drup, geen geen breek en drup, unieke Vou, afmeting nodig Hou afmeting nodig nie. Hou breek en drup,nie. geen tot mande. tot 3 3nodig mande. afmeting nie. Hou tot 3 mande.

Volledige reeks beskikbaar op... Volledige reeks beskikbaar op... Volledige reeks beskikbaar op...

www.cooperses.com www.cooperses.com www.cooperses.com

+2786 030 3003 +2786 030 3003 +2786 030 3003 info@cooperses.co.za info@cooperses.co.za info@cooperses.co.za

REGISTRASIE HOUER: Starplex 83 CC Reg. Nr. 2004/015647/23 Posbus 14374, Bredell, 1623, SUID AFRIKA • NOODNOMMER: +2782 446 8946 VERSPREIDING DEUR: Coopers Environmental Science (Pty) Ltd REGISTRASIE REGISTRASIE HOUER: HOUER: Starplex Starplex 83 83 CC CC Reg. Reg. Nr. Nr. 2004/015647/23 2004/015647/23 Posbus Posbus 14374, 14374, Bredell, Bredell, 1623, 1623, SUID SUID AFRIKA AFRIKA • • NOODNOMMER: NOODNOMMER: +2782 +2782 446 446 8946 8946 DEUR: Environmental (Pty) Ltd REGISTRASIE HOUER: Starplex 83 CC VERSPREIDING Reg. Nr. 2004/015647/23 Posbus 14374, Bredell,Science 1623, SUID • NOODNOMMER: +2782 446 8946 VERSPREIDING DEUR: Coopers Coopers Environmental Science (Pty)AFRIKA Ltd VERSPREIDING DEUR:enCoopers Environmental Science (Pty) Ltd Fly Zone Ultimate Fly Trap Reg. Nr. L8778 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Vismeel, Eierwitte Brouergis (Geen aktiewe insekdoder bestanddele nie) • D.B.M. Double Strength Reg. Nr. L4576 Wet Nr. 36 van 1947 Namibiese

Reg. Nr. N-AR 0587 Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 g/ℓ SKADELIK • D-Bug Reg. Nr. L10095 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 g/ℓ VERSIGTIG • Home Reg. Nr. L10292 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100 g/ℓ SKADELIK • Fly killer Ruimtesproei Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe Bestanddele: Piretriene 15 g/kg Fly Trap Reg. Nr. Nr. 1947 Aktiewe Vismeel, en (Geen aktiewe insekdoder bestanddele nie) •• D.B.M. Double Strength Reg. Nr. Nr. 1947 Namibiese Fly Zone Zone Ultimate Ultimate Fly Fly150 Trap Reg. Nr. L8778 L8778• Wet Wet Nr. 36 36 van van Aktiewe Bestanddeel: Bestanddeel: Vismeel, Eierwitte Eierwitte en Brouergis Brouergis (Geen aktiewe insekdoder nie)1947 D.B.M. Double Strength Reg. Nr. L4576 L4576 Wet Wet Nr. 36 36 van van 1947VERSIGTIG Namibiese Piperonielbutoksied g/kg SKADELIK Ultramatic Eco1947 Ruimtesproei Toediener Produkkode 810160 • Ultrakill Wettable Powder Reg. Nr. L10064bestanddele Wet Nr. 36 van Aktiewe Bestandeel: Alfa Cypermetrien (piretroïed) 50 g/kg Reg. Nr. 0587 Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 •• D-Bug Reg. L10095 Nr. 36 Aktiewe Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 VERSIGTIG • Home Reg. Nr. L10292 Wet Reg.Zone Nr. N-AR N-AR 0587Fly Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 g/ℓ g/ℓ SKADELIK SKADELIK D-Bug Reg.enNr. Nr. L10095 Wet Wet Nr. aktiewe 36 van van 1947 1947 Aktiewebestanddele Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 g/ℓ g/ℓ VERSIGTIG Home Nr.1947 L10292 Wet Nr. Nr. Fly Ultimate Trap Reg. Nr. L8778 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Vismeel, Eierwitte Brouergis (Geen insekdoder nie) • D.B.M. Double Strength Reg. Nr. L4576 •Wet Nr.Reg. 36 van Namibiese 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100 g/ℓ SKADELIK •• Fly killer Ruimtesproei Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe Bestanddele: Piretriene 15 g/kg 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100 g/ℓ SKADELIK Fly killer Ruimtesproei Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe Bestanddele: Piretriene Reg. Nr. N-AR 0587 Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 g/ℓ SKADELIK • D-Bug Reg. Nr. L10095 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 g/ℓ VERSIGTIG • Home Reg. Nr. L10292 15 Wetg/kg Nr. Piperonielbutoksied 150 g/kg •• Ultramatic Eco Toediener Produkkode 810160 Wettable Powder Reg. Nr. L10064 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Alfa Cypermetrien (piretroïed) g/kg Piperonielbutoksied g/kg SKADELIK SKADELIK Ultramatic Eco Ruimtesproei Ruimtesproei Toediener 810160 ••• Ultrakill Ultrakill PowderReg. Reg.Nr. Nr.L8409 L10064 Wet van1947 1947Namibian Aktiewe Bestandeel: Bestandeel: Alfa1247 Cypermetrien (piretroïed) 50 50 g/kg VERSIGTIG VERSIGTIG 36 van 1947 Aktiewe150 Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomereProdukkode 100 g/ℓ SKADELIK Fly killerWettable Ruimtesproei Wet Nr.Nr. 3636 van Reg. Nr. N-AR Aktiewe Bestanddele: Piretriene 15 g/kg Piperonielbutoksied 150 g/kg SKADELIK • Ultramatic Eco Ruimtesproei Toediener Produkkode 810160 • Ultrakill Wettable Powder Reg. Nr. L10064 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestandeel: Alfa Cypermetrien (piretroïed) 50 g/kg VERSIGTIG

35


Dis nie net suur druiwe as jou wyntenk bars nie.

Ontsluit jou potensiaal met

DEKALB®-innovasie

Die innoverende tegnologie en opbrengspotensiaal wat deel uitmaak van DEKALB®-genetika, verseker dat produsente kan uitsien na ’n mielie-oes om op trots te wees. Omdat ons kliënte vir ons belangrik is, word ons tegnologie en navorsing gerugsteun deur kundige advies en professionele diens om sodoende ons produsente se volle potensiaal te ontsluit.

ES

OU SUKS

PLANT J

DEKALB® is ’n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC. Bayer (Edms) Bpk Posbus 143, Isando, 1600.

DEKALB SA

36

DEKALB South Africa

dekalbsa

@DEKALB_SA

uppe marketing A20551

www.dekalb.co.za


GWK Agri Landboudienste André Prins

IS DAAR ‘N “GOEIE” TYD OM MIELIES MET VOG TE STREM? Die

langdurige droogte in Suid-Afrika plaas baie druk op die produksie van grane. Die GWK-besproeiingsgebied het toegang tot water, maar daar is gerugte rakende waterbeperkings. Die vraag het dus ontstaan of daar ‘n periode is wanneer mielies “gestrem” kan word. Baie navorsing is reeds rondom die onderwerp gedoen en riglyne kan aangebied word.

in GWK-gebied is blomstadium ongeveer die laaste week van Januarie. Grafiek 4 toon dat, indien vogstremming op ‘n groeistadium voorgekom het, daar steeds ‘n goeie opbrengs met opvolgbesproeiing gerealiseer kan word. Die grootste reaksie met ‘n opvolgbesproeiing is waargeneem tydens die blom- en graanvulperiode. Besproeiing tydens die graanvulperiode alleen kan nie die opbrengs herstel nie. Dit gebeur min dat ‘n produsent geen besproeiing tydens ‘n sekere groeistadium toedien. Grafiek 5 toon die invloed van verskillende persentasie besproeiing. Tydens blomfase kan groot verliese gely word, met die graanvulperiode wat die minste sensitief is.

maak dat 20% onderbesproeiing ongeveer 138 mm water/ha beloop. Min produsente gaan sommer die hoeveelheid onderbesproei, maar as daar na die weeklikse syfers gekyk word, wissel die millimeter-tekort vanaf 5 tot 12 mm per week. Hierdie berekeninge is op 100% effektiwiteit van die spilpunt gemaak. In warm, winderige toestande kan hierdie hoeveelheid vog maklik tydens toediening verdamp.

Hoe lyk die internasionale riglyne? Literatuur van die Food and Agricultural Organization of the United States (FAO 56) vertoon die invloed van onderbesproeiing op die opbrengs van mielies (Grafiek 1). Grafiek 1 is gebaseer op die gemiddelde opbrengs van 14.8 ton/ha soos uit GWK se landboubestuursinligting. Die grafiek dui aan dat vogstremming tydens een week voor blom die hoogste risiko inhou. Die volgende mees kritiese stadium is tydens graanvul, terwyl ‘n kombinasie van twee opeenvolgende groeistadiums ‘n akkumulatiewe risiko inhou. Daar word maklik berekeninge ge-

Die teorie klink skokkend, maar hoe lyk die praktyk? Literatuur met weersomstandighede en opbrengste wat ooreenstem met GWK is gebruik om die praktyk van vogstremming te evalueer. Die gemiddelde reënval (twee seisoene) was onderskeidelik 71 mm/jaar, met ‘n totale besproeiing van 742 mm/ha/jaar. Mielies is onder besproeiingstoestande geplant en tydens die vegetatiewe en/of pluim-/blom- en/of melkstadium gestrem. Grafiek 3 dui die hoofeffek van die vogstremming aan. Die grootste risiko is rondom die blomperiode. Met ‘n begin-Desember aanplanting

Grafiek 1: Potensiële opbrengverlies op mielies op verskillende groeistadiums (Afgelei van FAO56 gekoppel aan GWK-LBI data)

Wat beteken die inligting? Met die droogte het waterbepe-r kings ‘n realiteit geword. Die produsent moet dus besluit wat die risiko is om vogstremming op sekere tye deur die seisoen toe te pas en of dit meer realisties is om kleiner oppervlaktes te plant.

Tabel 1: Waterbehoefte en onderbesproeiing op mielies 20% Onder

Weke (vol-

Water

20 % Onder

gens GGD)

behoefte

besproei

besproei

Plantdatum:

(mm/ha)

(mm/ha)

(mm/week)

1 Desember Vegetatief

7

158

32

5

Blom (1 w voor)

3

185

37

12

Graanvul

4

164

33

8

Fis. Ryp

7

183

37

5

Veg/Blom

10

343

69

7

Blom/Graanvul

7

412

82

12

37


Grafiek 6 toon die potensiële verlies wat die produsent op verskillende tye deur die seisoen kan ondervind. Verliese begin vanaf die laaste week voor blom vinnig toeneem en bereik ‘n piek van R809/week aan die begin van die graanvulperiode. Die kumulatiewe effek van ‘n 20% waterbepeking kan tot 2,9 ton/ha beloop, wat teen ‘n prys van R2 365 (Safex 2019-11-06), ongeveer R7 000 per hektaar kan beteken.

Grafiek 3: Opbrengsverlies (%) weens vogstremming op verskillende groeistadiums

Wanneer is die mees sensitiewe groeistadium by gewasse? Gewas Mielies

Sensitiewe stadium 1

Blom- en kopvorming is die sensitiefste vir vogstremming

2

Pluimontwikkeling word deur stremming vertraag

3

Stuifmeelstort word minder onderdruk as baardvorming, daar kan dus probleme met bestuiwing wees

4

Mielies is sensitiefste gewas vir stremming tydens blaar ontwikkeling

Lusern

1

Net na snit - stremming beperk blaarontwikkeling. 'n 1:1-verhouding kom voor tussen blaarontwikkeling en vogstremming, dus as 50% water toegedien word sal blaarontwikkeling 50% wees.

Sojaboon

1

Waterstremming tydens aanvang van peulset het grootste negatiewe invloed op opbrengs

2

Vegetatiewe groei (blaar- en stamgroei) is baie sensitief vir vogstremming

3

Waterstremming beperk die grootte van die sade wat gevorm word

1

Stremming tydens die blomfase kan afsterf van blomme veroorsaak

2

Stremming vertraag vegetatiewe groei

3

Stremming kan veroorsaak dat geen nuwe blomme en bolle gevorm word nie

4

Hoë waterstatus bevoordeel vegetatiewe groei en onderdruk bolvorming

5

Hoë vegetatiewe groei veroorsaak afspeen van blommetjies

1

Waterstremming tydens blom kan veroorsaak dat blomme nie bestuif nie en swak ankerstoot voorkom

2

Stremming tydens vegetatiewe fase veroorsaak swak blaar en droëmateriaal-ontwikkeling

Katoen

Grondboon

Grafiek 4: Invloed van opvolg besproeiing op mielieopbrengs 2

Grafiek 5: Evaluasie van vlak van vogstremming op groeistadiums

Samevatting Die droogte in die land is ‘n realiteit en die produsent moet besluit watter strategie, ten opsigte van water, hou die minste risiko in. Alle gewasse het ‘n kritiese periode van ontwikkeling en dit moet gebruik word om piektye van behoefte te bepaal om sodoende die risiko van onderbesproeiing te beperk. Doen die laer opbrengs op die volle oppervlakte ekonomies beter as ‘n kleiner aanplanting met ‘n optimale opbrengs? Onder besproeiingstoestande blyk dit dat optimale opbrengs koning is. ‘n Kleiner oppervlak teen optimale opbrengste is dus steeds die beste opsie om te oorweeg wanneer waterbeperkings aan die orde van die dag is. Bronne 1. Crop yield response to water. FAO Irrigation and Drainage Paper 66. 2. Kuscu H., Demir A.O. 2012, Response of Maize to Full and Limited Irrigation at Different Plant Growth Stages. Journal of Agricultural Faculty of Uludag University. 3. Cakir R. 2004, Effect of water stress at different development stages on vegetative and reproductive growth of corn. Field Crop Research 89(1):1-16.

38

Grafiek 6: Weeklikse besproeiing en Potensiële inkomsteverlies met 20% waterbeperings (Langtermyn weerdata vir Douglas)


A user-friendly digital platform for farmers to make profitable decisions. Profarmer is an electronic cost guide giving farmers access to regularly updated agricultural management information, and improves planning by providing cost guidelines for different financial scenarios. Profarmer… • is available in Afrikaans and English • allows you to personalise information according to your own farm and needs (by entering your own prices) • covers irrigation and main dryland crops • provides production and margin over cost calculations, with sensitivity analyses • provides a breakdown of mechanisation and implement costs (including tractors, implements, combination costs, tilling costs per hectare, etc.) We make it easy to farm effectively.

Contact the Profarmer team 053 298 8266 | Email: info@profarmer.co.za Website: https://info.profarmer.co.za 39


GWK Agri Landboudienste Eugene le Roux

Die Geelpekanneut-plantluis (Monelliopsis pecanis) Lewensiklus en beskrywing In lande soos Amerika kom daar drie verskillende plantluisspesies voor wat ‘n impak het op die produksie van pekanneute. Die swartpekanneut-plantluis wat in Amerika voorkom, kan die meeste skade aanrig. Sover kom net een van die drie spesies in SuidAfrika voor, naamlik die geelpekanneut-plantluis. Die presiese impak wat die luis op die produksie van pekanneute in SuidAfrika het, is nog redelik onbekend en heelwat studies onder Suid-Afrikaanse toestande moet nog gedoen word. Dit beteken nie dat daar agteroor gelê kan word nie; populasies moet fyn dopgehou word deur die verloop van die seisoen, asook jaarliks. Tydens Februarie 2019 het hoë getalle in sekere boorde plek-plek voorgekom. Hulle kon vir seker ‘n impak gehad het op die produksie van pekanneute. Pekanneute is sover die enigte gasheer in Suid-Afrika vir die geelpekanneut-plantluis. In die herfsmaande paar manlike en vroulike luise, waarna die eiers dan op die pekanneutbome self gelê word. Die vroulike geelpekanneut-plantluis lê haar klein swart eiertjies onder en in die krake van pekanneutboom se bas. Die eiertjies oorwinter en broei dan weer in die lente uit, wanneer temperature meer gunstig is. Die populasie in ‘n boord kan vinnig toeneem onder gunstige omgewingstoestande, maar ook vinnig afneem deur die verloop van die seisoen. Oor die algemeen kan die grootste populasies laat in die

40

somer en vroeg herfs in die boorde gesien word. Gedurende hierdie tydperk is die pekanneutbome besig om in dormansie (rus) te gaan en blaarveroudering begin plaasvind. Die geelpekanneut-plantluis populasie is gewoonlik eweredig versprei in ‘n pekanneutboord. Hulle is nie maklik om raak te sien nie, omdat hulle aan die onderkant van blare voorkom, waar hulle op die plantsap voed. Wanneer daar ‘n taai, donker, suikeragtige laag op die oppervlakte van die blare voorkom, kan daar gerus onder die blare geloer word. Volwasse en onvolwasse luise het ‘n algemene geel kleur (foto 1). Sommige volwassenes kan vlerke hê, waar ander weer vlerkloos kan wees. Volwassenes kan ‘n grootte van 1- 2,5mm in lengte bereik. Voeding en skade Die geelpekanneut-plantluis veroorsaak hoofsaaklik twee probleme wat die produksie van pekanneute negatief kan beïnvloed. Die eerste probleem word direk deur die luis veroorsaak. Die tweede probleem word indirek deur die luis veroorsaak. Eerstens het die geelpekanneutplantluis steekagtige/suigende monddele wat hulle help om op die sap van blare te voed. ‘n Pekanneut se blare is hoog in koolhidrate (wat deur fotosintese geproduseer word), water en voedingstowwe, dus ‘steel’ die luis dit by die boom, nadat die boom hard daarvoor gewerk het. Hierdie energie kon vir ander fisiologiese funksies ge-

Foto 1

bruik word. Tweedens groei swamme soos die Cladosporium spp. en Alternaria spp. aan die bokant van die blare (foto 2), omdat die luise heuningdou uitskei soos hulle voed. Hierdie uitskeidings (heuningdou) is hoog in suiker. Die swamgroei belemmer dus die plant (blaar) se vermoë om doeltref-


fend te kan fotosinteer. Produksie kan as volg benadeel word: Die huidige seisoen se neutgehalte kan negatief beïnvloed word, omdat die luise energie (koolhidrate, water en voedingstowwe) steel by die boom. Fotosintese kan ook nie optimaal plaasvind nie, as gevolg van swamgroei. Blaargesondheid neem ook af, omdat die vaskulêre stelsel van die blare beskadig word deur die voeding van die luise. Dit kan vroeë blaarveroudering veroorsaak, wat in meeste gevalle nadelig kan wees. Oor die algemeen kan dit bome onder spanning plaas en deure oopmaak vir ander siektes en plae, wat nóg meer skade kan veroorsaak. Die volgende jaar se produksie kan ook nadelig beïnvloed word, omdat fotosintese nie optimaal kan plaasvind nie en die boom ‘besteel’ word. Die boom kan daarom nie genoegsame reserwes opbou vir die volgende seisoen nie en die volgende seisoen se blomme kan daaronder ly.

neutkultivars soos Wichita, Choctaw en Mahan is geneig om meer vatbaar vir geelpekanneut-plantluise te wees, waar ander kultivars weer minder vatbaar is. Wanneer daar min of meer 25 luise op ‘n blaar getel word, kan produksie begin benadeel word. Populasies of getalle kan ook gekoppel word aan drag, hoewel daar nog baie navorsing onder Suid-Afrikaanse toestande gedoen word. Op die oomblik is daar ‘n paar bestryders wat geregistreer is in Suid-Afrika vir die beheer van geelpekanneut-plantluise op pekanneute. Bestryders soos imidacloprid, pirimicarb, ‘garlic juice extract’ en chlorpyrifos is rerigistreer en kan dus gebruik word. Meeste van die insekdoders word direk op die blare toegedien, waar ander om die boom ingewas word, sodat die boom se wortels dit kan kan opneem. Dit sal wel eerder meer voordelig wees om te wag dat natuurlike predatore soos die liewensheersbesie, goudogie, ‘hover fly’, spinnekoppe, ensovoorts die populasies in die boorde afbring voordat dit ‘n impak op produksie het. Predatore word meer en meer soos die seisoen verloop. Dit beteken dat daar nie net op die uitkyk moet wees vir geelpekanneut-plantluise nie, maar ook vir natuurlike voordelige predatore. As daar vroeg in die seisoen mooi gekyk word, is daar tekens van predatore wat teenwoordig is en dat hulle later ‘n rol gaan speel. Een goudogie lê elke jaar ongeveer 100 eiers wat volwassenheid binne twee weke bereik. Tydens hier-

die twee weke kan hulle tussen 300 en 400 luise eet. Een liewensheersbesie lê ongeveer 200 eiers, wat volwassenheid binne drie weke bereik. Tydens hierdie drie weke kan hulle tussen 300 en 400 luise eet. Daarom beheer hulle populasies uitstekend. Indien chemie gebruik word of onder sekere omstandighede moet gebruik word, gaan natuurlike predatoor-populasies daaronder ly. Natuurlike predatore word saam met die luise doodgemaak deur die bestryders (chemie). Ons verhoog daarom die moontlikheid dat chemie in die toekoms weer gebruik gaan moet word. Nadelige insekte kan ook oor tyd weerstand opbou. Daar kan ook na ander alternatiewe maniere (behalwe chemie en natuurlike predatore) gekyk word vir die beheer van geelpekanneut-plantluise. Sommige makro- en mikro-elemente en sekere benatters kan giftig vir luise wees, wanneer dit op die blare/ luise toegedien word. Daar moet net in gedagte gehou word dat sommige benatters die plant se vermoë om effektief te kan fotosinteer, kan beperk, wat ook weer produskie nadelig sal beïnvloed. Dit is belangrik om altyd die volgende in ag te neem wanneer daar op ‘n praktyk besluit word vir die beheer van geelpekanneut-plantluise: Aantal, fisiologiese tydperk van die boom, area, kultivar, opbrengs, morfologie (luis) en getal predatore. Oor die algemeen sal dit ook baie help om die die regte praktyke te volg, aangesien insekte gereeld bome teiken wat meer onder spanning is. Verwysings

Foto 2: Voorbeeld van die groei van swamme op die heuningdou (suikeragtige uitskeidings) tydens Februarie 2019.

Beheer Daar is drempelwaardes (aantal luise op ‘n blaar) wat gebruik kan word om te help bepaal of produskie benadeel gaan word. Daar moet in gedagte gehou word dat drempelwaardes kan wissel van area, fisiologiese tydperk van boom, kultivar, ensovoorts. Pekan-

Foto 3: Geelpekanneut-populasie wat hoog is tydens Februarie 2019

Insects associated with pecan cultivation in South Africa, Dr. Justin L. Hatting, Agricultural Research Council-Small Grain, Private bag X29, Bethlehem, 9700, South Africa. Managing pecan aphids in Western Orchard, New Mexico Pecan Short Course, 17 October 2016. Pekanneut-insekplae saamgestel deur Nicolene de Klerk, veldwetenskaplike R&D, Syngenta, Suid Afrika. Wood, B.W., Tedders, W.L and Taylor, J. 1997. Control pf pecan aphids with an organosilicone surfactant. Hortscience 32(6):1074-1076. Persoonlike kommunikasie Richard Heerma (2018).

41


& OLIE

Diens vir produsente en kopers alles op een plek. GWK Graanverhandeling

Ons span kan jou bystaan deur die totale proses van graanverhandeling. Kry raad by die spesialiste wat daagliks navorsing doen om aan die voorpunt van die mark te bly. SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Barkly-Wes, Hopetown, Vaalharts, Christiana, Oos-Vrystaat en Luckhoff Dewald Burger | 082 900 8736

gwk.co.za

42

SENIOR GRAAN EN OLIESADE VERHANDELAAR Prieska, Douglas, Modderrivier en Luckhoff Sheridan Theron | 053 298 8471


GWK Agri Landboudienste JC Jordaan

Benchmarking

‘n hulpmiddel in boerdery Benchmarking (‘n

woord waarvoor daar ongelukkig nie ‘n akkurate Afrikaanse alternatief bestaan nie) is die praktyk om die relatiewe prestasie van 'n besigheid of onderneming teen 'n toepaslike standaard te vestig. Oor die algemeen word industriestandaarde afgelei deur 'n peiling van plase of ondernemings. Dit laat 'n onderneming toe om te streef na verbetering deur huidige prestasie te vergelyk en toepaslike interne of eksterne prestasiemaatreëls te kan tref om dit te behaal. Die benchmarking-proses word gereeld gebruik vir vergelykende ontledings om besigheidsprestasie te verbeter. Geen twee besighede en/of sakeondernemings is dieselfde nie, dus moet dit versigtig benader word sodat ‘appels met appels’ vergelyk word. In die praktyk is die beste vergelyking teen jouself. Die prestasie daarvan oor ‘n aantal jare sal vordering toon om die besigheidsdoelwitte te bereik. Dit is te verstane dat produsente/ deelnemers dikwels huiwerig is om in die openbaar die prestasie van hul onderneming openlik te kommunikeer, daarom is die gebruik van anonieme maatstaafdata meer waardevol, veral sensitiewe inligting soos finansies, en dit dan steeds te kan meet teen ander. Sekere benchmarking-voorbeelde sluit in:

Vergelyk verskillende boerderyondernemings (wat byvoorbeeld produsente in die plaaslike omgewing vergelyk) Vergelyk ‘n enkele land of lande oor ‘n tydperk en stel ondersoek in of bestuurspraktyke ‘n verskil gemaak het in bv. opbrengs Vergelyk die onderneming se prestasie met dié van uiteenge-

sette doelwitte Vergelyk die prestasie binne die onderneming (byvoorbeeld verskillende lande met mekaar om te bepaal watter veranderinge gemaak moet word aan swakker lande sodat dit beter kan presteer) Benchmarking is verder ‘n metode om ‘n spesifieke vlak van prestasie te identifiseer. Dit sluit metodes in soos: Best practices Top-/beste presteerders Gemiddelde, lae of swakker presteerders. Die algemene intensie van benchmarking is om wins te verhoog deur insette en uitsette te optimaliseer. Dit beteken nie noodwendig optimale uitset nie, maar eerder die gevolge om na onnodige insette te identifiseer en dit uit te sny. Vir produsente is dit belangrik om ook te kyk na totale pro-

duksiekoste van elke gewas/kommoditeit wat geproduseer word, daarom is dit belangrik om langtermyn data soos insetkoste, opbrengste, asook pryse en verwagte pryse op die markte, in gedagte te hou. Benchmarking is nie die enigste metode om vergelykende studies te doen nie. Ander sluit prestasie-aanwysing, vergelykende analise en hele plaasfamilie-prestasie-aanwysers in. Meeste benchmarking-inligting fokus op sleutelprestasie-aanwysers in een of twee gebiede, soos: Fisiese prestasie-aanwyser: Verwys na produksie-uitkomste of opbrengs, fisiese insette, produktiwiteit en produksiedoeltreffendheid Finansiële prestasie-aanwyser: Verwys na die winsgewendheid van die hele plaas (die vermoë om inkomste, likwiditeit, solvensie, kostedoeltreffendheid en kapasiteit te bestuur om skuld terug te betaal)

Physical Benchmarks Parameter Yield (crop)

Units t/ha

Financial Benchmarks Parameter Profit per ha

Units $/ha

Yield (livestock)

kg/ha

Invome per ha

$/ha

Stocking rate

DSE*/ha

Machinery investment ratio

$/ha %

Labour (cropping)

ha/labour unit

Asset turnover

Labour (livestock)

DSE/labour unit

Profit as a % of gross income

%

Labour

$ revenue/labour unit

Disposable income/family

$

Overhead cost ratio

%

Production system

$ Income/100mm

Interest cover

No of times

Off farm income

$

Gross margin (crop)

$/ha

Gross margin (livestock)

$/dse

Gross margin

$/ha/100mm

Price received

$/t or $/kg

Figuur 1: Algemene benchmarking-maatstawwe

43


Beperkings in die gebruik van benchmarking Een van die beperkings van benchmarking is dat daar eerder op sekere komponente van ‘n besigheid gefokus moet word as op die besigheid/plaas as geheel en dit kan soms moeilik wees om hierdie aanwysers te interpreteer as dit in isolasie is. ‘n Meer volledige besigheidsprofiel word verkry wanneer daar met begrip na wins, kontantvloei, balansstaat en opbrengs op kapitaal/ belegging gekyk word. Die meeste van hierdie beperkinge kom vanuit gesprekke en sekere vrae, soos hoe is die data verkry en interpreteer word. Ander beperkinge sluit in: Teenstrydighede: Sommige finansiële verhoudinge stem nie ooreen met bestuursrekeningkundinge standaarde nie. Volledige inligting wat nie verskaf word nie: Dit is moeilik om bestuursinsette in uitkomste te kwantifiseer/meet. Geldigheid van vergelykings: Geen twee plase is dieselfde nie, maar deur die vergelyking van data word daar aanvaar dat daar ‘n mate van ooreenstemming bestaan.

te fokus Vergelykende inligting: Kan motivering bied om jou eie onderneming te verbeter Produsente wat deelneem aan GWK se landboukundige dienste, verkry ook ‘n vorm van benchmarking en “best practices” uit landboukundige inligting, asook die finansiële aspek van die gewasproduksies. Fig. 2 is ‘n voorbeeld vanuit finansiële benchmarking – die vergelyking is getref waar produsente se direkte insette as ‘n persentasie uitgedruk word tot hulle totale direkte insetkostes. Binne hierdie benchmarking word produsente met ander gemeet in terme van insetkoste, wins R/ha, op-

brengste t/ha, ensovoorts. Alle produsente bly anoniem. Die hoofdoel hiervan is om te bepaal hoe die ondersteuningspan (hetsy landboudienste, agente, ensovoorts) die boerdery optimaal kan bestuur vir maksimum wins. Finansiële verhoudinge soos solvensie, likwiditeit, winsgewendheid en koste-effektiwiteit is die grootste en belangrikste vorm van benchmarking. Vir waardevolle benchmarking is ‘n goeie rekordhoudingstelsel nodig om te verseker dat data akkuraat is vir ‘n produsent om na geskiedkundige data te kan verwys, asook vir die persoon wat jou inligting met ander vergelyk.

2,0%

18,6% 20,2%

11,5%

Voordele sluit in: Individuele plaasevaluering: Bied aan die eienaar die vaardighede om onderneming se sterk- en swakpunte op te stel Fisiese inligting: Fisiese benchmarking kan ondernemingsbestuur verbeter Finansiële inligting: Help om die belangrike sakedrywers te identifiseer binne die onderneming en daarop

40,8%

7,0%

Saadkoste (R/ton)

Bemesting-totaal (R/ha)

Chemie-totaal (R/ha)

Meganisasie (R/ha)

Besproeiing (R/ha)

Versekering (R/ha)

Figuur 2: Verdeling van produksiekoste - Groepgemiddeld - Mielies - Somer 2019/19

082 460 0745 | info@defensor.co.za | www.defensor.co.za SUPPORT | VIDEO ALARM | MONITORING | SUPPORT SERVICES | SECURITY FENCING | SAFETY ADVISORY | CONTROL ROOM 44 SAFETY CLEARANCES | SAFETY & SECURITY TRAINING TO CLIENT’S STAFF CHANGING BEHAVIOR AND PROTECTING THE WORKPLACE


45


ORANJELANDGOED, PRIESKA

Pekan Kwekery GEVESTIGDE, GEREGISTREERDE KWEKERY BEKEND VIR HOë GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME VERPAK IN GEL OM HOë VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAPSE KLIMAAT MEDEDINGENDE PRYSE, MET AFSLAG OP GETALLE

KULTIVARS BESKIKBAAR:

WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO, PAWNEE, WSHLEY

KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 0823302934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM FACEBOOK: ORANJELANDGOED

O n s di e n s t e sl ui t d i e ve r skaffing en onderhoud va n die volgende in :

Weegbrue, Voerkarre, Veeskale, Siloskale, Toets trok, Sagteware & Parte

Kontak ons vir al jou Weegoplossings! BLOEMFONTEIN 051 432 9552

WILLIE 082 637 1340

RHYNO 083 292 2042

info@wowscales.co.za 11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 7 46

www.wowscales.co.za


GWK Agri Landboudienste Pierre Ferreira

Grondboonkultivar:

Proefresultate vir 2019 Inleiding Navorsing om beter grondboonkultivars te identifiseer, is steeds goed op dreef. Die aantal kultivars wat getoets word, het vanaf 2017 toegeneem. In die verlede was dit moeilik om Spaanse-tipe grondbone, wat hoofsaaklik in Suid-Afrika verbou word, te bekom. Hierdie grondbone het ‘n regop groeiwyse en het klein ronde pitte wat geskik is vir die tradisionele uitvoermarkte. Dit is ook goed aangepas vir droëlandverbouings in SuidAfrika, wat gekenmerk word deur laat aanplantings, hoë temperature en wisselvallige reënval. 18 Spaanse lyne is uit Australië met ‘n Kanadese agtergrond verkry, wat dit moontlik gemaak het om meer Spaanse-tipes te toets. Nuwe seleksies uit bestaande oorsese kultivars, word ondersteun deur die oorsese telers met wie daar goeie verhoudinge opgebou is. Vir die komende seisoen, word ook drie nuwe Spaanse/ runner kultivars getoets wat afkomstig is vanaf ‘n teler in die VSA. Plaaslike kultivars, wat herselekteer word, is ook vir die afgelope twee seisoene deel van die proewe. Daar is tans slegs een Virginia-tipe grondboon deel van die proewe. Hierdie kultivar se naam is Kairi en het ‘n groot pit met ‘n lang vorm en presteer die afgelope paar jaar goed in die hoë-potensiaal besproeiingsproewe. Metodiek: Kultivars word eers vir ‘n paar seisoene

getoets alvorens besluit word om nie verder voort te gaan met die kultivar. Twee tot drie besproeiingslokaliteite word aangeplant en daar word elke jaar beplan vir twee droëland-lokaliteite. Die proefuitleg is ‘n lukrake blokontwerp met drie herhalings. Die aantal pitte benodig vir elke proefperseel word afgetel, die houer word dan gemerk met die naam van die kultivar, die lokaliteit en die aantal pitte wat in die houer is, waarna die saad vooraf met ‘n swamdoder behandel word. Die saad word ook die dag van plant met stikstofbindende bakterie geënt. Die proewe word geplant met ‘n stootplanter wat spesifiek ontwerp is vir hierdie doel. Die spasiëring in die ry kan ook aangepas word volgens behoefte. Gedurende die seisoen word elke kultivar geëvalueer vir siektes wat moontlik gedurende die seisoen kon voorkom. Die proefperseel word uit die grond gelig deur gebruik te maak van masjinerie wat die penwortel onder die grond afsny. Die peule word dan verder met die hand van die plante verwyder, waarna dit gedroog word by die aanleg op Douglas. Vreemde materiaal soos sand, stokke en klippe word verwyder voor die peule van elke perseel geweeg word Die dop-persentasie word dan bereken deur ‘n kilogram peule vanuit elke herhaling af te weeg, te dop en die saad weer te weeg. Die proefdata word geanaliseer deur gebruik te maak van die program GenStat

Eleventh Edition. Die kleinste betekenisvolle verskil (kbv) is bereken by die 5% peil van betekenisvolheid. ‘n Gekombineerde saadmonster van al drie herhalings word dan gradeer. Die finale resultaat word uitgedruk as inkomste per hektaar met opbrengs en gradering as die bepalende faktore. Vir die doel van gradering is die volgende pryse gebruik: • Keur 1 – R14 000 per ton • Keur 2 – R12 000 per ton • Diverse – R8 500 per ton • Pers eet – R4 500 per ton • Pers olie – R2 500 per ton Resultate en bespreking Die statistiese proewe word gebruik om die beste kultivars met die regte eienskappe te identifiseer. Tabel 1 tot Tabel 4 verskaf die opbrengste per kultivar asook die inkomste per hektaar met gradering in ag geneem vir elke lokaliteit. Die koëffisiënt van variasie (kv) word ook aangedui. Die koëffisiënt van variasie dui die statistiese korrektheid van ‘n proef aan. ‘n Waarde laer as 15 word as statisties goed beskou, met ander woorde hoe laer die koëffisiënt van variasie, hoe meer aanvaarbaar die proef se akkuraatheid.

47


Douglas Rietrivier besproeiing (Tabel 1) Die koëffisiënt van variasie vir peulopbrengs, saadopbrengs en dop-persentasie is laag (9,3%, 0,93% en 0,9%). Die proef is dus goed uitgevoer en die resultate betroubaar. Die plantestand was baie egalig vir al die proefpersele. Die Virginia-tipe kultivar, Kairi, het die hoogste opbrengs behaal. Met die Genotipe

Tipe

kleinste betekenisvolle verskil (kbv) van 0,55 ton per hektaar, het Kairi betekenisvol beter as die ander kultivars presteer vir saadopbrengs. Waar twee opbrengste met ‘n groter verskil as die kbv verskil, beteken dit hulle is met 95% sekerheid betekenisvol verskillend van mekaar. Die kultivar het ook uitstekende

Peulopbrengs (t/ha)

Saadopbrengs (t/ha)

weerstand teen blaarroes, blaarvlek en spatselvlek. Nuwe Spaanse kultivars wat goed deurgekom het is T-Tool, Sellie Plus, D189-p8-1 en Tamnut OL06. Die ou staatmaker Anel het ook baie goed gedoen. Laasgenoemde vyf Spaanse kultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil vir saadopbrengs nie.

Dop %

% Keur 1 Graad

Inkomste/ha

Kairi

Virginia

6,22

4,79

76,9%

57,9

R58 337,41

T-Tool

Spanish

5,29

3,94

74,3%

67,4

R49 882,37

Anel

Spanish

5,02

3,85

76,8%

61,5

R47 562,90

Sellie Plus

Spanish

4,99

3,72

74,5%

63,7

R46 635,78

D189-p8-1

Spanish

5,42

4,04

74,6%

37,1

R47 409,40

Tamnut OL 06

Spanish

4,98

3,62

72,7%

65,3

R45 836,44

D242-p170-26

Spanish

5,56

3,89

70,0%

41,5

R44 754,45

Ferbano

Spanish

4,62

3,44

74,4%

64,7

R43 276,92

Mwenje

Spanish

4,43

3,42

77,2%

47

R41 216,13

Akwa

Spanish

4,54

3,39

74,7%

54,6

R40 873,23

Kwarts

Spanish

4,27

3,28

76,8%

50,6

R39 555,16

NYANDA

Spanish

4,02

3,10

77,0%

50,7

R37 700,65

D189-p8-3

Spanish

4,12

3,14

76,3%

38,3

R35 618,59

D174-7-p19-4

Spanish

4,28

3,24

75,9%

30,7

R34 802,46

D140-p8-2

Spanish

3,91

2,92

74,6%

49

R34 470,60

Akwa Plus

Spanish

4,05

2,96

73,1%

41,2

R32 838,24

kbv 5%

0,73

0,55

1,0%

KV%

9,30

0,93

0,90

Tabel 1: Douglas Rietrivier besproeiing 2019

Douglas Vaalrivier besproeiing (Tabel 2) Die koëffisiënt van variasie vir peulopbrengs, saadopbrengs en doppersentasie was weereens laag (9,1%, 9,4% en 1,5%). Die plantestand oor die hele proef was egalig behalwe vir die Virginia-kultivar, Kairi, wat twee swakker persele gehad het. Die rede hiervoor is onbekend en het waarskynlik sy opbrengs negatief beïnvloed. ‘n Sterk reenbui met hael wat Genotipe

Tipe

Peulopbrengs (t/ha)

Saadopbrengs (t/ha)

wat betekenisvol van mekaar verskil vir saadopbrengs nie. Die kultivars wat die hoogste saadopbrengs behaal het, is D242-p170-26, D174-7-P19-4, Tamnut OL 06 en Anel. Eersgenoemde drie kultivars word egter herselekteer omdat die pitte nie ‘n mooi ronde voorkoms het soos die mark vereis nie. Die vlagskip-kultivar van die LNR, Sellie Plus, het ook goed gedoen.

Dop %

% Keur 1 Graad

Inkomste/ha

Tamnut OL 06

Spaans

7,39

5,69

77,10%

52,9

R68 473,46

D242-p170-26

Spaans

8,11

5,94

73,20%

37,1

R67 234,86

D140-p8-2

Spaans

6,86

5,35

78,10%

51,8

R63 921,80

T-Tool

Spaans

7,07

5,51

78,00%

42,4

R62 684,52

Anel

Spaans

7,4

5,84

78,90%

27,6

R62 143,44

D174-7-p19-4

Spaans

7,63

5,98

78,30%

21,2

R60 855,47

Kairi

Virginia

6,62

4,95

74,70%

54,7

R59 291,10

D189-p8-3

Spaans

6,79

5,29

77,90%

24,3

R59 962,15

D189-p8-1

Spaans

6,86

5,29

77,20%

21,3

R59 546,89

Sellie Plus

Spaans

6,86

5,34

77,90%

25,8

R56 096,70

Kwarts

Spaans

6,61

5,2

78,70%

26,8

R57 200,00

NYANDA

Spaans

6,27

4,92

78,50%

34,1

R56 543,10

Mwenje

Spaans

6,22

4,87

78,50%

32

R53 920,64

Akwa

Spaans

6,12

4,78

78,10%

30,2

R51 224,87

Ferbano

Spaans

5,9

4,47

75,80%

29,3

R48 327,41

kbv 5%

1,06

0,85

2,00%

KV%

9,1

9,4

1,5

Tabel 2: Douglas Vaalrivier besproeiing 2019

48

net ná uithaal uitgesak het, het baie splits veroorsaak tydens die dop van die monsters. Dit is ook die rede waarom die Keur 1-graad swakker is wanneer vergelyk word met Douglas Rietrivier. Vir hierdie proef moet die kultivars dus eerder vir saadopbrengs vergelyk word. Met die kleinste betekenisvolle verskil van 0,85 ton per hektaar in ag geneem is daar nie baie kultivars


Bloemhof droëland (Tabel 3) Die meeste akkerbou-gewasse in SuidAfrika word verbou onder semi-woestyntoestande, droë winters en somers wat gekenmerk word deur hoë ultravioletbestraling. Dit was dan ook nie anders vir die afgelope twee seisoene waar veral baie min reënval voorgekom het gedurende die optimum planttyd van middel Oktober tot einde November. Die res van die seisoen is ook gekenmerk deur lang intervalle tussen neerslae wat nie wydverspreid voorgekom het nie. Hierdie toestande is ook die rede waarom die koëffisiënt van variasie vir die proef te Bloemhof >15% is. Die resultate kan dus anders lyk in meer normale reënvaljare. Die nuwe kultivar Nyanda het heelwat Genotipe

Tipe

beter as die ander kultivars in hierdie toestande gradeer. Ander nuwe kultivars wat ook belowend lyk, is Mwenje, D140-p8-2 en T-Tool. Die kultivar Anel wat as ‘n goeie droëlandkultivar beskou word, het ook weer goed gedoen. Uit ‘n proef naby Viljoenskroon, waar Sclerotinia blight-homogeen oor die proef voorgekom het, het die kultivar D140-p8-2 uitstekende weerstand teen die siekte gewys. Die kultivar het egter nog baie segregeer, wat sy opbrengs benadeel het. ‘n Verbeterde seleksie gaan vanaf die komende seisoen deel wees van die proewe. Albei pitte in die peul van die nuwe seleksie is mooi rond, die peuldrag is meer gesinkroniseerd om die hoofstam en dra

Peulopbrengs (t/ha)

Saadopbrengs (t/ha)

ook meer peule per plant. Pitgroottes gedoen onder besproeiing verdeel die verbeterde D140-p8-2 seleksie se saadgroottes as volg: • 40/50 – 12% • 50/60 – 43% • 60/70 – 20% • 70/80 – 6% Vir keurgraad 1 (40/50 tot 60/70) is die aantal pitte 75%. Vir die gewilde uitvoerklasse (50/60 tot 60/7) is dit 63%. Beter seisoene in die droëlandproduksiegebiede is egter nodig vir meer akkurate gevolgtrekkings.

Dop %

% Keur 1 Graad

Inkomste/ha

NYANDA

Spaans

1,92

1,4

60,6%

31,52

R14 861,49

Anel

Spaans

2

1,38

67,8%

18,4

R12 887,34

Mwenje

Spaans

1,85

1,3

70,3%

17,63

R12 461,67

D140-p8-2

Spaans

2,08

1,35

65,3%

11,05

R12 335,29

T-Tool

Spaans

2,19

1,34

61,0%

11,67

R11 631,94

Akwa

Spaans

1,6

1,1

65,4%

20,97

R10 433,06

D174-7-p19-4

Spaans

2,43

1,52

62,5%

0,15

R10 584,82

Sellie Plus

Spaans

2,16

1,27

58,9%

3,16

R9 873,81

Kwarts

Spaans

1,52

1,08

69,9%

11,67

R9 511,61

D189-p8-1

Spaans

1,66

1,09

64,7%

7,74

R9 250,01

Ferbano

Spaans

1,38

0,9

64,0%

16,8

R7 976,16

D242-p170-26

Spaans

2,02

1,12

55,7%

0,09

R7 973,28

Tamnut OL 06

Spaans

1,58

0,91

55,7%

11,45

R7 705,93

Akwa Plus

Spaans

1,52

0,97

60,9%

2,77

R7 621,58

D189-p8-3

Spaans

1,61

1,03

63,9%

0

R7 225,40

kbv 5%

0,86

0,6

0,1%

KV%

27,7

29,9

10,3

Tabel 3: Bloemhof droëland (2019)

Kultivars word geëvalueer tydens 'n boeredag by Prieska.

Egalige opkoms van 'n grondboonproef by Douglas.

49


Schweizer-Reneke besproeiing (Tabel 4) Die proef op Schweizer-Reneke is aangeplant met aanvullende besproeiing uit ‘n boorgat. Dit was nie tot voordeel van die Virginia-kultivar, Kairi, wat ‘n hoë potensiaal kultivar is, maar nie tot sy beste sal presteer wanneer daar beperkende faktore is nie. Die koëffisiënt van variasie vir peulopbrengs, saadopbrengs en dop-persentasie was Genotipe

Tipe

aanvaarbaar (15,4%, 17% en 2,4%). Met vroeë evaluasie was dit egter duidelik dat daar hoë druk van die grondboon-peulaalwurm (Ditylenchus africanus) in die land voorkom. Reeds voor oes kon gesien word watter kultivars hierdie besmetting glad nie kon hanteer nie. Met oes was uitloop ook ‘n verdere aanduiding van verskille tussen

Peulopbrengs (t/ha)

Saadopbrengs (t/ha)

kultivars. Met gradering bygereken, het die kultivars Anel en Ferbano die beste gevaar, terwyl Mwenje, Nyanda, Tamnut OL06 en Kairi baie dieselfde gevaar het. Betekenisvolle verskille vir saadopbrengs van 0,48 ton per hektaar kom voor, maar daar is nie “uitskieter”-kultivars nie.

Dop %

% Keur 1 Graad

Inkomste/ha

Anel

Spaans

3,09

2,23

72,1%

17,8%

R22 711,44

Ferbano

Spaans

2,62

1,93

73,5%

34,2%

R21 591,88

Mwenje

Spaans

2,73

2,02

74,1%

13%

R19 947,50

NYANDA

Spaans

2,60

1,93

74,1%

16,6%

R19 381,06

Tamnut OL 06

Spaans

2,62

1,85

70,3%

19,3%

R19 098,48

Kairi

Virginia

3,20

2,18

68,1%

8,6%

R19 037,94

Sellie Plus

Spaans

2,57

1,78

69,0%

10%

R17 271,34

T-Tool

Spaans

2,49

1,73

69,2%

20,5%

R17 461,76

Kwarts

Spaans

2,21

1,67

75,3%

19,4%

R17 289,51

Akwa

Spaans

2,32

1,68

72,5%

14,4%

R15 896,16

D189-p8-1

Spaans

2,57

1,84

71,4%

0%

R14 780,72

D140-p8-2

Spaans

2,28

1,61

70,4%

6,3%

R14 324,17

D242-p170-26

Spaans

2,23

1,43

64,2%

0%

R11 539,39

Akwa Plus

Spaans

1,63

1,15

70,3%

16,9%

R11 211,93

D189-p8-3

Spaans

1,39

1,01

72,5%

0%

R7 671,96

D174-7-p19-4

Spaans

1,38

1,08

70,9%

0%

R7 120,98

kbv 5%

0,61

0,48

0,03

KV%

15,4

17

2,4

Tabel 4 - Schweizer-Reneke aanvullende besproeiing 2019

Gevolgtrekking Dit is belangrik om die wetenskap korrek te vertolk wanneer besluite geneem word oor kultivarkeuse. Resultate van ‘n kultivar-proef by ‘n enkele lokaliteit in enige jaar, of selfs ‘n beperkte aantal lokaliteite in ‘n enkele jaar, kan as gevolg van die kenmerkende seisoenale variasie in SuidAfrika hoogs misleidend wees. Grondbone het die voordeel dat vinnig met saadvermeerderings begin kan word, mits die proewe goed uitgevoer is en die koëffisiënt van variasie daarop dui dat die data as betroubaar beskou kan word. Terwyl verdere statistiese proewe gedoen word, kan klein saadvermeerderings later dien as groter kommersiële proewe waarvan die

50

saad verkoop word indien nie verder voortgegaan wil word met die kultivar. Hierdie tendens word tans genoodsaak weens die groot behoefte om nuwe kultivars te identifiseer en saad daarvan beskikbaar te stel in die kortste periode moontlik. Waardevolle ervaring is ook oor jare opgebou deur die personeel wat verantwoordelik is vir die uitvoer van die proewe, evaluering van kultivars asook reseleksies van bestaande kultivars. Dit het die voordeel dat die gehalte van werk wat gedoen word van die hoogste standaard is. Kultivars wat in die tweede jaar van vermeerdering is, is die Virginia-kultivar Kairi en die Spaanse kultivars, Sellie-Plus,

Nyanda, T-Tool en Mwenje. Nuwe seleksies van ander kultivars wat vir ‘n paar jaar al deel was van die proewe en begin het as ‘n enkelplant-seleksie, gaan vanjaar ook deel wees van die proewe. Verder is 25 Spaanse lyne ook uit die VSA ontvang. Plante met die beste eienskappe sal vanjaar verder uit hierdie lyne geselekteer word. Die lokaliteite vir 2020 is weer dieselfde met ‘n tweede droëlandproef, wat hopelik in die Schweizer-Reneke-area geplant sal kan word. Die goeie opkoms en standaard van die besproeiingsproewe wat reeds op Douglas uitgevoer is, hou weereens groot potensiaal in vir uitstekende en betroubare resultate vir 2020.


Natuurike landboukalk en gips lewer uitmuntende reaksie in jou grond Sluit aan by duisende produsente en verseker jou opbrengs vandag ◆ Beste logistieke

Ons doel is om die aankoop van natuurlike landboukalk en

ondersteuning

gips eenvoudig te maak. Daarom spog Bastion met bekwame

◆ Finansieringsopsies

personeel asook ‘n hele reeks betalingsopsies en die beste

beskikbaar

logistieke ondersteuning in die hele bedryf.

◆ Mengsels aangepas

Bastion - grondslag vir groei!

na jou behoefte

www.bastionlime.co.za

018 464 7822

sales@bastionlime.co.za

51


GWK Trading Lusern Charné van der Merwe

GWK LUSERN BIED BYSTAND

VAN BEGIN TOT EINDE GWK Lusern spesialiseer in die verkryging, veilige berging, hantering, plaaslike en internasionale bemarking van lusern. Hulle bemark vir die veevoerbedryf, maar meer spesifiek die suiwelbedryf waar dit as ‘n belangrike grondstof in melkbeesvoeding gebruik word. Volgens Fanus Linde, Hoof van GWK Voere en Vesel, het hulle hulself reeds in die uitvoermarkte gevestig, wat konsekwente pryse vir GWK-produsente beteken. “Dit word deur logistieke oplossings, kontrakteursdienste en balers ondersteun. Ons voldoen aan die hoogste gehalte standaarde om te verseker dat ons kopers konsekwent lusern van die beste gehalte ontvang. Ons is ook betrokke by die verhandeling van hoë gehalte rou materiaal soos katoenvoersaad vir veevoere. GWK Lusern is die bemarkingsarm van GWK se lusern-produsente en ons tree namens die produsent op.” Die produksie van lusern vir dié doel vind plaas in die sentrale gebied van Suid-Afrika waar die klimaat warm en droog is, met die twee grootste riviere van Suid-Afrika wat hier bymekaarkom. Produksie vind onder besproeiing plaas en word ondersteun deur GWK se presisieboerdery-afdeling. Tydens die produksie- en oesproses word daar gefokus op tegnologie, wat die behoud van die blare in die baal verseker. GWK Lusern bedryf ook ses ‘Krone High Density Presses’ om die verkrygingsproses te ondersteun. Die blaar-tot-stingel-verhouding is in wese wat die gehalte van ons lusern bepaal. Linde vertel die verkryging word deur ’n streng kwaliteit-protokol geskied, wat verseker dat slegs die beste bale van die hoogste gehalte na kopers gestuur word. Vir internasionale

52

kopers word elke baal ook geëtiketteer om naspeurbaarheid te verseker en gemoedsrus vir die koper te gee. Onafhanklike analise-sertifikate word voorsien na analise deur ’n NIR-masjien met internasionaal-aanvaarbare kalibrasie. GWK het ook toegang tot veilige stoorfasiliteite, waar die klem val op behoud van die gehalte van lusern. Logistiek van die plaas tot in die hawe en weer tot by die kliënt word streng gekontroleer en koste-effektief uitgevoer. GWK Lusern het oor die afgelope tien jaar die GWK-handelsmerk internasionaal gevestig met ’n konstante en betroubare voorsiening van lusern en ander veevoere. “Ons glo daarin om ons produk te ondersteun van die produsent tot by die verbruiker. Daarom sal ons altyd daarna streef om saam met ons kliënte oplossings te kry wat tot voordeel van hulle besighede en diere is,” sê Linde. GWK gebruik die Nasionale Lusern Trust se kwaliteit-protokol en graderingstandaarde in die verkryging en in die bemarkingsproses. Dit is belangrik om te verstaan dat lusern nie ‘n eenvormige produk soos grane is nie en daarom moet ‘n ewekansige monster van ten minste 20 bale op ‘n vragmotor wat van 45 (HDP bale +-725kg ) tot 800 bale (klein baaltjies +-25kg) op het, geneem word. GWK Lusern se sukses word dus toegeskryf aan die hulp wat GWK aan die produsente bied. “Ons is by die hele waardeketting betrokke – vanaf die inset tot bemarking, wat voorsiening van insetmiddele, implemente, besproeiing, adviesdienste, krediet en bemarking van finale produk insluit,” verseker Linde die produsente.


53


GWK Trading Ons kry vir elke produk ‘n mark. Nasionaal en internasionaal.

GWK Farm Foods Almal wil weet waar hul kos vandaan kom. Ons produkte het hul oorsprong op die plaas.

GWK Agri Alles wat jy nodig het op die plaas om van jou boerdery ‘n besigheid te maak.

Ons mense voed mense Die ware toekoms van landbou is nie in die groei van plante en diere nie; dit is om ons boere se besighede te groei. Ons ondersteun elke besluit oor elke aspek van boerdery, hetsy dit op die plaas, tydens die verhandeling van produkte of die kos op jou bord is. Skakel ons by 053 298 8200

54


Ons mense Charné van der Merwe

GWK-skietdag op die plaas Die skote het behoorlik geklap by GWK, in samewerking met SA Jagters se Doornberg-tak, se skietdag wat op 26 Oktober op Henry Coetzee se plaas De Hoek, ongeveer 10 km buite Prieska, aangebied is. Coetzee is een van GWK se aandeelhouers, sowel as ‘n lid van by SA Jagters se tak. Goeie beplanning van die baanuitlegte, toewyding en ondersteuning aan die skuts het bygedra tot die sukses van die dag by die Coetzee-skietbaan waar oud en jonk hul skietvernuf ten toon kon stel. Volgens Bertie Theron, senior koördineerder en verantwoordelike persoon van die wapenafdeling by GWK Prieska, asook voorsitter van SA Jagters se Doornberg-tak op Prieska, het sowat 50 skuts die dag bygewoon wat hoofsaaklik plaasgevind het om fondse in te samel vir die tak vir nuwe ontwikkelinge. Die dag was ook ideaal vir nuwe blootstelling van wapens en om potensiële kliënte vir GWK te werf. Kinders van so jonk as tien jaar het op die dag, onder die toesig van hul ouers, die geleentheid gehad om te skiet. Vanaf sesjarige ouderdom mag kinders al begin skiet, of “as hulle ‘n .22 kan hanteer,” skerts Theron. Daar was vier skiet-dissiplines: Pistool (20m), langbaan met jaggewere (200m groepering), .22-Posliga (50m) en kleiduif. Wenners op die dag is bepaal deur elke skut se punt wat op ‘n elektroniese stelsel op die SA Jagters se program ingelees is en volgens ‘n stelsel uitgewerk word. Skuts moet verkieslik ‘n geregistreerde lid van SA Jagters

wees. Die langbaan-jaggewere se punte het nie deel gevorm hiervan nie en is afsonderlik beoordeel. SA Jagters is die grootse organisasie van sy soort in die land met 82 takke landwyd en 42 500 lede. GWK se wapenafdeling op Prieska is ‘n one stop shop, sê Theron. “GWK bied ‘n verskeidenheid van wapens in elke vorm van skiet, of dit nou vir jag, sekuriteitsdoeleindes of net vir pret is. Ons het ‘n oplossing vir elke platform.” Theron bied ook self die bevoegdheidsopleiding aan vir mense wat hul bevoegdheid wil ontvang en help ook met die aankoop van wapens. “Ek vat jou deur die hele proses en danksy GWK en SA Jagters, is ons in staat om die beste diens en hulp vir elke nuwe en ou skut te bied.” Volgens Theron poog GWK om elke jaar so ‘n dag aan te bied.

Wenners: Driaan Potgieter: Algehele beste skut vir die dag

Ilse Spaarwater: Algehele beste vroueskut vir die dag

Jano Loock: Algehele beste junior skut vir die dag

55


Leefstyl Saamgestel deur CharnĂŠ van der Merwe

Rooibos is trots Suid-Afrikaans en danksy ‘n hele weermag antioksidante, is rooibos nie net goed vir jou gesondheid nie, dit kan ook jou langlewendheid aanhelp.

56


VOORDELE: BESKERMING TEEN KANKER Kragtige plantchemikalieë in rooibos kan kanker vertraag of selfs voorkom. Rooibos kan sekere gene aanskakel wat kan help om kankerselle af te breek.

HOU DIE HART EN ANDER ORGANE GESOND Ses koppies rooibostee of rooibos-ystee bevat genoeg chrisoeriol, ‘n antioksidant, om vaskulêre hartsiektes te voorkom en behandel.

DIT VERMINDER SPANNING Rooibos verminder die produksie van kortisol, die streshormoon. Indien jou streshormoon onder beheer is, kan dit jou ook help om gewig te verloor. Streshormone kan jou honger maak en moedig die stoor van vet aan.

HOU DIE LEWER SKOON Rooibos verminder oormatige vetweefsel in die lewer – ‘n ernstige toestand. Dit help ook om beskadigde lewerselle te herstel. Rooibos word sterk aanbeveel vir ‘n doeltreffende hulpmiddel om lewersiektes te voorkom.

VERMINDER ALLERGIEË EN INFLAMMASIE Rooibos help om allergieë te verlig deur die produksie van ensiem aan te wakker wat allergene help metaboliseer. Die antioksidant-effek van rooibos kan help om inflammasie te verminder en so kolitis (‘n siekte wat deur sere in die kolon veroorsaak word) te beveg.

BESTANDDELE: ■■ ■■ ■■ ■■ ■■

6 rooibosteesakkies 1 liter kookwater ½ koppie xylitol of 1 koppie erythritol 2 lemmetjies 2 suurlemoene oplossing: Oktober/November 2019

METODE: 1. 2. 3. 4. 5.

6.

Plaas die teesakkies in ‘n glas- of plastiekbeker, wat hittebestand is, en voeg die kookwater by. Roer die xylitol ook by totdat dit heeltemal opgelos is. Druk die sap van die lemmetjies en suurlemoene uit en voeg dit by die teebrousel. Sny die lemmetjies en suurlemoene in skyfies en voeg dit ook by. Hierdie ystee is doelbewus baie sterk en daarom word jy aanbeveel om slegs ‘n halwe glas op ‘n slag te skink. Voeg sodawater en vonkelwyn by om dit in ‘n skemerkelkie te omskep. Jy kan egter ook jenewer en suikervrye tonikum byvoeg. Garneer met vars skywe suurlemoen en kruisementblare.

U R A P A S O D E I E A G A T V E

D N E A N D I E M E E R E I S N T N A E S O P E O G T T E R E O N O O T S

K K A P O R K E M E E U E T S T

O U E R I G E M O S E S P A R S U

S D P D R O I S L L F E E K E S T O O E L E D U O E I P L O S K E T L R A K M A A R K R A G N Y S K W E L B E I R A K

L O G U R P O R N O A D G T O E T S R E S E L M E G E T A M O A S P R R I

S R E T E S E G A K A A N O I T S T A A A E F D G L O T E E R I S E K N U L Y S

B O N I K K O I T S

O K S O A K S E K B R A E E R L E M

57


RAAI

Kommuniek Bykomend

Tender

Appelwyn

Vloerstene

Radiaal

Lug gee

Belyer van Christus

Waar son opkom

Giftige slange

Verbond

Plek van Vreugde Goud

Noordoos

Liggaam se stand Waarop voertuie voortrol

Pulwer

Vol

Lofdig

Toggie

Getal vasstel

Godin van die daeraad

Ontbloot

1000 kg

Woud

Palmsoort

Drie

Aansitter

Nie koud nie

Tydperk

Daarby

Saterdag en Sondag

Volg op OT

Wat die son betref

Alg. lit. wetenskap

Ruwe klipwerktuig Berillium

Huldig

Sal

Seroet

Ooievaar

Skelm kyk

Saadgroente

Stukke pad Ontplof

Jesus in Arabies Laagwater

Harlekyne Bobbejane

Don __

Teenoor harde

Taalman

FeĂŤ

Na bo

Veldkamp Lappies vel

Moontlikheid

Krulhakie

Herken

Vir die

D.w.s.

Tydperk van sewe dae

Saadkorrel

Piano Vreet

Kundig wees

Inligting Afsak

Pret maak

Uitsaaivertrek

Dieet

Inligting

Tydrekening

Stadig loop

Broeiplek

Platsak

Klank van skeurende geluid

Ipekonders

Seelander Sesde noot Primate

Klimplant se stingel

Stuur

Nooit __ nimmer

Beker se vatplek

Hoororgane

As niet kom tot __

Ledemaat

Smaakvol

Pika

Vuilbaard

Aldaar

Oplossing vir KommuniekRAAI (Oktober/November 2019) op bladsy 57.

58

Eisenhower Nie tref nie

Soldaat

Losies

Stede Okuleer

Boomsoort

Monteer

Verpligting

Ou Wesen- Griekse likheid markplein

Volkome

Bitter plant

Meng

Klasse

Bladdeel van 'n plant Miskien

Moeg

Saam

Geurigheid

Pinksterroos

Wit reier


Kinderpret

Vind sewe verskille tussen die Kersbome

59


Tel: 021 876 3510 / 021- 300-0223 E-pos: rasc@adept.co.za André Lambrechts 073 303 4270 Sarel Swart 082 554 2121

www.swartlandspuitpompe.co.za. Swartland Spuitpompe PTY LTD

Swartland Spuitpompe vervaardig en versprei 'n reeks hoëgehalte waaierspuite vir gebruik in wingerde en vrugte-, neut- en sitrusboorde. Sarel Swart het die maatskappy in 1991 in Franschhoek begin toe hy sy eie RS reeks-spuite vervaardig het en onderdele en spuite begin invoer deur Teyme en Solteka in Spanje. Al die spuitpompe is vir swaar diens gebou en maklik om te versien. Dit is ook vervaardig vir Suid-Afrikaanse omstandighede en is beskikbaar in 250-, 500-,1 000-, 1 500-, 2 000-, 3 000- en 4 000-litermodelle. Die gaping wat Sarel in die mark raakgesien het, is om gehalte masjiene aan boere te lewer.

Teyme GTE 10 A Neute Spuitpomp

Die Teyme GTE Neutspuit is geskik vir die bespui ng van bome tot 21 meter hoog. Die masjien is toegerus met 'n pomp wat 'n goeie roeraksie bied en tot 200 liter/min kan pomp. Die 1050 mm waaier en groot aantal spuitkoppe verseker baie goeie bedeking op die hele oppervlakte van die boom. Waaier lewer van 106 000 na 142 000 m3/h lug per uur. Die masjien beskik oor 'n kort draaisisteem wat beweeglikheid in beperkte areas bevorder en word verskaf met dire groo e tenks volgens behoe�e van klante – 2000, 3000 of 4000 liter.

Teyme Narrow Bessie Spuitpomp

Die Teyme bessiespuit is ontwerp om in 1-meter spuitrye te werk. Die spuit se waaier van 620 mm is verstelbaar om aan te pas by die spesifike plant wat bespuit moet word. Die kraggebruik van die spuitpomp is baie laag en 'n trekker van 21 perdekrag (15,6 kW) is voldoende. Die bessiespuit is beskikbaar in tenkgroo es van 200, 800 en 1 000 liter met 'n Comet APS 95-pomp. Dit is toegerus 60 met 'n spesiale toring vir die spuit van bessies.

KRY DIE REGTE SPUIT VIR JOU PLAAS


Resep

Kersfeeskoekies Een beslag, baie geure

Kersfees is sinoniem met lekker eet en gesinstyd. Daar is niks lekkerder as die reuk van tuisgebakte koekies wat nou net uit die oond gekom het nie. Met Kersfees om die draai, is dit weer tyd om die koekieblikke vol te maak! Koekies bak moet lekker, ontspannend en pret wees, en met hierdie basiese koekiedeeg-resep kan jy met slegs een ekstra byvoeging ‘n paar verskillende geure koekies maak.

Maak die basisbeslag aan, verdeel dit, en voeg die verskillende geure by: Alles-in-een-koekieresep: Bestanddele 10 koppies koekmeel 10 lepels bakpoeier knippie sout 500 gram botter 4 koppies suiker 6 eiers Metode Room die botter en voeg die suiker by Klits die eiers en voeg by die bottermengsel Meng al die droë bestanddele saam en voeg by die botter mengsel. Indien dit te styf is, voeg bietjie water by.

Verdeel die beslag en voeg die verskillende geure by (let wel: Die hoeveelhede vir die byvoegings is vir die hele beslag): Vanielje-koekies - 10 ml vanielje Vlakoekies- 8 eetlepels vlapoeier Speserykoekies – 3 ml naeltjies, 5 ml kaneel, 5 ml neutmuskaat en 5ml gemengde speserye Sjokoladekoekies - 10 ml kakao Bak vir ongeveer 10 tot 15 minute (tot goudbruin) op 180˚C. Rol die beslag in balletjies en druk plat met vurk. Versier koekies met versiersuiker, sjokolade, sprinkels, konfyt, ens.

Bron: kreatiewekosidees.com

61


Uit Piet se pen

Droogte lei tot dáái woorde Dit is net ná twee. Ons is besig om lek te meng. Die westewind waai erg. Die foon lui… ‘n Vreemde nommer. “Private number”. Ná ons dogter in ongeluk betrokke was en sy my van ‘n omstander se foon probeer bel het, antwoord ek alle “private numbers” Die foon gaan dood. Die man klink woedend. ‘n Droogtehulp-oproep? Die foon lui weer. ‘n Erg opgewerkte stem blaas soos ‘n stoomtrein. Dit voel asof ek sy hart kan hoor klop. Sy asem jaag. Kry skaars gepraat. Hy ryg die woorde in. Dáái woorde. Ek ken die man van geen kant nie. Ek wil vra wie hy is, maar hy gee my nie kans nie. Hy stoom voort. Hy het nou al ál sy bees verkoop. Die laaste lammers is gister op sy bakkie gelaai. Hulle gaan dit in elk geval nie maak nie, daai skaap van hom lyk soos geraamtes. Die droogte het hulle rugte kromgetrek. Vrek gaan hulle vrek. Dan is nog net sy bokke oor. Sy veld is tot niet. Net stokke. Die bokke sal moet hout maak. Hoe maak bokke hout? wonder ek. Dit het jare laas gereën, gaan hy voort. Sy laaitie se vrou het sewe jaar terug pregnant geraak. Daai kind het nog nie eers reën gesien nie. By sy buurman is daar ook ***** oor. Oral lyk dit dieselfde. Waar moet hulle heen? Hoe gaan hy dit maak? Elke nou en dan probeer ek vra wie praat. Uiteindelik hoor ek sy naam. Ek

62

ken hom steeds van geen kant nie. Die bewe in sy stem is terug. Hy kom vir my. Ek kry my kragwoorde reg. Net vir in geval… Daai woorde waarvan Ma praat. Só kan dit darem nie aangaan nie, die droogte is mos darem nie my skuld nie. Die man skep weer asem. Hy hoor die mense kon aansoek doen vir droogtehulp. Hoekom het ons nie sy seun laat weet nie? Ek is stomgeslaan. Voor ek kan vra wie sy seun is, gee hy ‘n laaste knoop. ‘n Doodskoot. Tussen die oë. (Eintlik tussen die bene.) Die foon val amper uit my hand. Dis nie dat ek nie vloekwoorde ken nie. ‘n Woord wat ma ook ken. Sy praat saggies agter haar hand van daai woord en dan moet ons maar self raai wat die woord is. Nie te moeilik nie! Wonderbaarlik bly ek kalm. Vir ‘n tweede keer wil hy weet hoekom sy seun nie laat weet is nie. Hy kom gereeld by die koöperasie en niemand het hom enigiets van droogtevorms gesê nie. Die seun hoor net hoe word voer uitgedeel, maar hy kry niks. Ek kom agter die man dink ek werk vir die koöperasie. Dit gee hom skynbaar die reg om te praat soos hy praat. Ek verduidelik vir hom dat ek niks met die koöperasie te doen het nie, en die koöperasie nie die droogtehulp fasiliteer nie. Sy seun moet deel van georganiseerde landbou word ten einde die nodige kommunikasie te ontvang. Ek gee moed op. Verduidelik is nie een

van my sterkpunte nie. Veral nie in die hitte van die stryd nie. Hoekom weet almal van die droogtehulpvorms, maar hulle nie? gaan hy voort. Ek vra of hy nie lees en radio luister nie. Weer ‘n ligte aardskudding. Waar de *** dink ek moet hulle die tyd kry om heeldag nuus te luister en koerant te lees? Hulle is nie afgetree nie en het nie ****** om te doen nie. Ek hou die foon so entjie weg van my oor. Gister het sy lorrie se enjin ook nog ge***, vervolg hy. Weet ek wat kos die regmaak? Ek swyg. Tweehonderd ***** duisend rand, bulder hy. Droogte op alle vlakke, verseker hy my. Ek het begrip vir die man se nood en laat hom praat. Vra hom uit na die fout met die enjin, toe ek kans kry. Het die enjin bearings geslaan? wil ek weet. Die man se stem raak rustig. Nee, ‘n piston gedrop, antwoord hy bedeesd. Ag, hy maak darem ‘n paar rand uit die besigheid, sug hy. Hy begin vertel van die verskillende vragmotormodelle wat hy al op die proef gestel het. Wat kan jy koop en waarvan jy moet wegbly. Sy eerste liefde is vragmotors, maar daai bokke is nou sy grootste probleem… Die foon gaan dood. Ek wag dat hy weer bel. Niks. Gelukkig is ons nie meer kwaad vir mekaar nie.


Bioinsectories

nn

GET RID OF FLIES INTELLIGENTLY GET GET RID OF FLIES INTELLIGENTLY GET GETRID RID RIDOF OF OFFLIES FLIES FLIESINTELLIGENTLY INTELLIGENTLY INTELLIGENTLY

Unrivalled Unrivalled quality quality and and professional professional service. service. BISA BISA breeds breeds and and distributes distributes parasitic parasitic wasps wasps to to control control flies flies in the pupa phase and therefore offers you fly control, the natural way. in the pupa phase and therefore offers you fly control, the natural way. Unrivalledquality qualityand andprofessional professionalservice. service.BISA BISAbreeds breedsand anddistributes distributesparasitic parasiticwasps waspstotocontrol controlflies flies Unrivalled Unrivalled Unrivalledquality qualityand andprofessional professionalservice. service.BISA BISA breeds breedsand and distributes distributesparasitic parasiticwasps waspstotocontrol controlflies flies Long-term economical benefits. thepupa pupaphase phaseand and therefore offersyou youfly flycontrol, control,the thenatural naturalway. way. ininthe therefore offers Long-term economical benefits. ininthe thepupa pupaphase phaseand andtherefore therefore offers offersyou youflyflycontrol, control,the thenatural naturalway. way. Less chemical pollution. Less chemical pollution. A by producing environmentally friendly products. A marketing marketing advantage advantage by producing environmentally Long-term economical benefits. friendly products. Long-term economical benefits. Long-term Long-termeconomical economicalbenefits. benefits. Lesschemical chemicalpollution. pollution. Less Less Lesschemical chemicalpollution. pollution. Contact us marketingadvantage advantagebybyproducing producing environmentally friendlyproducts. products. A Amarketing environmentally Contact us 2018 friendly STOCKFARM DECEMBER A Amarketing marketing advantage advantage bybyproducing environmentally environmentally friendly friendlyproducts. products. Arno •• producing Managing •• Cell: STOCKFARM DECEMBER 2018083 270 Arno Moore Moore (Ph.D) (Ph.D) Managing Director Director Cell: 083 270 4866 4866 Email: Email: arno@bioinsectsa.com arno@bioinsectsa.com •• bisa@bioinsectsa.com bisa@bioinsectsa.com Web: www.bioinsectsa.com www.bioinsectsa.com Contact Contactus us •• Web:

60 60

Contact Contactus us

63


Die internasionale mark op jou voorstoep.

GWK Pecans is pekanprodusente se antwoord op die internasionale mark se vraag na plaaslike pekanneute. Uit die vennootskap tussen GWK en Kalahari Pecans is ‘n besigheid geskep wat produsente toegang gee tot langtermynmarkte, infrastruktuur en wêreldklas kraakfasiliteite. Aandeelhouding in GWK Pecans is beskikbaar aan produsente, sodat ons kan aanhou om die gehalte pekans waarvoor ons bekend is, aan die buiteland te lewer. Gesels met die span van GWK Pecans: Günter Hollenbach Verkryger Vaalharts | 082 883 9652 Corné Pieterse Verkryger Douglas | 083 680 8789

64

Anroux Pretorius Verkryger Vaalharts | 071 312 6859

gwk.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Desember 2019/Januarie 2020 by GWK Kommuniek - Issuu