KO U GA
DESIGNS BLINDS AWNINGS SHUTTERS
GARAGE & INDUSTRIAL DOORS SALES SERVICE REPAIRS
Relocate: 73 Da Gama Street, Jeffreys Bay Contact 042 293 2613 morne@trellidorjbay.co.za X1R5UWX5-240316-KG-bhestr-coroma
20 000 COPIES WEEKLY THURSDAY March 24, 2016 | 0 042 293 2973 | Email kougaexp@media24.com | www.kougaexpress.co.za
THE ULTIMATE CRIME BARRIER
JEFFREYS BAY 042 293 2613
Rapporteer Waterlekke 042 2910250 Ambulance 10177 Police 10111 Relocate: 73 Da Gama Street, Jeffreys Bay
Herrie oor ‘plaag’ van bosluisvoëls MONIQUE BASSON
O
NWELRIEKENDE bure, oftewel ’n broeikolonie bosluisvoëls (of veereiers) wat hul intrek in Jeffreysbaai se bome geneem het, het inwoners die harnas in. Ontstoke inwoner Nickey Pienaar, wat in die woonstelblok, Casablanca, in Drommedaris-straat woon, sê hul woonstel is letterlik ’n meter van die naaste broeiplek. Ongeveer 800 bosluisvoëls broei in die boom wat teen die grensmuur van die erf langsaan groei. Volgens haar neem die voëls se getalle by die dag toe. Pienaar sê hulle sukkel al vir die afgelope vyf maande om van die voëls ontslae te raak. Net toe die eienaar van die erf waarop die boom groei, toestemming gee dat die boom
Almal in die woonstelblok is besig om siek te raak. Kinders moet noodgedwonge uit die skool weens asma en sinus probleme gehou word.
wel afgekap mag word, steek die Departement van Natuurbewaring ’n stokkie daarvoor. “Ons het probeer om ons eiendom teen die plaag te beskerm, en het begin om die oorhangende takke af te saag, maar ons het ons spoedig in dié departement vasgeloop,” sê Pienaar. “Die vere, geraas, stank, mis, bosluise, vlieë en dooie kleintjies is onuithoudbaar. Dit lyk sleg. Snags kan ons nie slaap nie. Ek moes ’n voorskrif van my dokter kry net om vir ’n paar ure te kan slaap. Niemand kan dit waag om ’n venster of deur oop te los nie. Die vere en ’n wit poeier lê sentimeters dik op die grond na die voëls saans hier teen 18:00 van hul ‘daguitstappie’ na hul ‘huis’ terugkeer,” sê sy. “Buiten die reuk en geraas, moet ons elke oggend ons stoep afspuit om van die voëlmis ontslae te raak. “Dié voëls hou verder ’n ernstige gesondheidsprobleem in. Almal in die woonstelblok is besig om siek te raak. Kinders moet noodgedwonge uit die skool weens asma- en sinusprobleme gehou word.” Volgens Kouga munisipale woordvoerder, Laura-Leigh Randall, het die munisipaliteit se omgewingsgesondheidsinspekteur verlede week in Drommedarisstraat gaan ondersoek instel. “Die inspekteur het reeds ‘n brief vir die eienaars van die erf waarop die boom staan, geskryf en hulle oor die probleem gewaarsku.” Vervolg op bladsy 2
EDITOR: MONIQUE BASSON
X1R5UWPW-240316-KG-bhestr-water
Man hoor ná ses jaar
Godfrey Mahote (32 kan vir die eerste keer in jare weer hoor danksy ’n gratis gehoorap paraat na `n hulpkreet op Facebook en die entoesiastiese hulp van die Hear Clearlyper soneel. Sien bladsy 3 vir die volledige artikel. FOTO:MONIQUE BASSON