
2 minute read
Inleiding
Inleiding
Die vak Skeppende Kunste bied blootstelling aan ’n reeks kunsvorms. Die doel van Skeppende Kunste is om leerders as kreatiewe en verbeeldingryke individue te ontwikkel deur al die sintuie, die liggaam en die verstand te gebruik. Hierdie vak behels verskeie skeppende en verbeeldingryke aktiwiteite.
Skeppende Kunste laat die leerders toe om ’n waardering vir die wyer kunsspektrum te ontwikkel. Dit skep ook die geleentheid om basiese kennis en tegnieke te verken deur die deelname aan kunsaktiwiteite wat leerders kan voorberei vir verdere studie in die kunsvorm van hul keuse in Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-fase). Impaq bied aan leerders die geleentheid om Dramatiese Kunste en Visuele Kunste in graad 10 tot 12 te neem. Daarom bestudeer ons slegs hierdie twee kunsvorme in graad 7 tot 9.
Die spesifieke doelstellings van Skeppende Kunste in die Senior Fase is om: • Skeppende individue te ontwikkel. • Die leerders aan dramatiese en Visuele Kunste bloot te stel. • Basiese kunsopvoeding aan die leerders te bied. • Kunstalent en aanleg te ontwikkel. • Die leerders met die nodige basiese vaardighede vir verdere studie in Skeppende Kunste toe te rus. • Bewustheid van kuns en verskillende kulture te ontwikkel. • Die leerders aan verskeie loopbane in kuns bloot te stel. • Kunsgeletterdheid en kunswaardering te ontwikkel. • Lewensvaardighede te ontwikkel.
Die teoretiese en praktiese aspekte van hierdie vak hou verband met mekaar en word nie as afsonderlike afdelings beskou nie. Dit word wel afsonderlik geassesseer.
Drama fokus op: • Ontwikkeling van dramavaardighede: Stemontwikkeling; die gebruik van die stem; manipulering, kontrole en modulasie. • Ontwikkeling van dramavaardighede: Fisieke ontwikkeling; opwarmings-oefeninge en ’n bewustheid van hoe die liggaam in toneelspel asook fisieke karakterisering gebruik word. • Drama-elemente en hoe dit in toneelskepping gebruik word om kulturele gebeure met mekaar te verbind, ook die benutting van die speelruimte en tegniese elemente. • Interpretasieen opvoeringstegnieke. • Media en stereotipering. • Om ’n waardering te kweek vir die prosesse rondom toneelskepping en opvoerings deur daaroor te besin en vakterminologie en konstrukte te gebruik.
Visuele Kunste fokus op: • Kunswaardering: om die kennis en verwysing van verskeie historiese kunsbewegings, kunstenaars en kunswerke uit te brei. • Kunselemente en ontwerpbeginsels; waarneming, identifisering, beskrywing en toepassing van kennis deur vakterminologie en konstruksie. • Skep in 2D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van skilderkuns en tekeninge. • Skep in 3D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van konstruksie en modelleringstegnieke.