
1 minute read
Ikone
Rooster en tydsbestuur
Kuns moet as ’n proses gesien word en dit geld vir beide Visuele Kunste en Drama. Die fasiliteerder en leerders moet ’n skedule uitwerk wat genoeg tyd inruim om kunswerke te skep, om te repeteer, te oefen en te besin. Twee uur per week word aan Skeppende Kunste toegeken. Die eenhede vir Drama en Visuele Kunste wissel mekaar af en die uitkomste word aan die begin van elke eenheid duidelik uiteengesit. Daar word van die leerders en die fasiliteerder verwag om elke week tyd aan Skeppende Kunste te bestee. Die eenhede is ontwerp om saam te werk en nie om op mekaar te volg nie. So kan eenheid 1 (Drama) en eenheid 2 (Visuele Kunste) beide in die eerste week begin word en dan oor tyd ontwikkel.
Die eenhede moet as volg afgehandel word: Kwartaal 1: Eenheid 1 – 4 Kwartaal 2: Eenheid 5 – 8 Kwartaal 3: Eenheid 9 – 12 Kwartaal 4: Eenheid 13 – 16
Leselemente
Elke eenheid bestaan uit die volgende leeraktiwiteite: • ’n Uitdaging • Inhoud • Los die uitdaging op
Dit behels ook: • Leerdoelwitte • Definisies • Verrykende aktiwiteite (Vir die nuuskieriges) • Opsommings • Aktiwiteite vir selfassessering
Ikone
Leerdoelwitte
Vir die nuuskieriges
Aktiwiteit Definieer