
2 minute read
Inhoud en beplanning
Inhoud en beplanning
Inhoud Eenheid 1: Drama
1.1 Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week) 1.2 Die media en loopbane (1 uur)
Eenheid 2: Visuele Kunste
2.1 Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word (1 uur) 2.2 Skep in 2D: Skilder (4 uur)
Eenheid 3: Drama
3.1 Drama-elemente in toneelskepping (5 uur, 30 minute en repetisietyd) 3.2 Waardering en besinning (1 uur en eie navorsingstyd)
Eenheid 4: Visuele Kunste en visuele geletterdheid
4.1 Visuele geletterdheid: Beeldende kunsdissiplines en die kunste as erfenis (2 uur) 4.2 Visuele geletterdheid: Die rol van die kunstenaar in die samelewing (2 uur) 4.3 Visuele geletterdheid: Navorsingsbevindings (1 uur)
Eenheid 5: Drama
5.1 Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week) 5.2 Die media: Stereotipes in rolprente (2 uur en eie navorsingstyd)
Eenheid 6: Visuele Kunste
6. Skep in 3D: Konstruksie (4 uur)
Eenheid 7: Drama
7. Interpretasie en opvoering van ’n keuse van dramatiese vorms (5 uur, 30 minute en repetisietyd)
Eenheid 8: Visuele Kunste
8.1 Skep in 2D: Skilder ’n stillewe (4 uur) 8.2 Skep in 2D: Ontwerp ’n logo (2 uur)
Eenheid 9: Drama
9. Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)
Eenheid 10: Visuele Kunste
10.1 Visuele geletterdheid: Drukgrafika (1 uur) 10.2 Skep in 2D: Maak ’n krapbord (4 uur)
Eenheid 11: Drama
11.1 Drama-elemente in toneelskepping (7 uur en repetisietyd) 11.2 Waardering en besinning oor ’n opvoering (30 minute)
Teikendatum*
Inhoud Eenheid 12: Visuele Kunste
12.1 Visuele geletterdheid: Popkultuur en popkuns (1 uur) 12.2 Skep in 2D: Skep ’n popkultuurkunswerk (4 uur)
Eenheid 13: Drama
13. Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)
Eenheid 14: Visuele Kunste
14.1 Visuele geletterdheid: Toneelpoppe (1 uur) 14.2 Skep in 3D: Maak ’n marionet (4 uur)
Eenheid 15: Drama
15.1 Interpretasie en opvoering: Radiodrama (7 uur en repetisietyd) 15.2 Waardering en besinning oor ’n opvoering (30 minute)
Eenheid 16: Visuele Kunste
16. Skep in 2D: Figuurtekeninge (5 uur)
Hersiening
Teikendatum*
*Voltooi jou teikendatum vir elke les volgens jou jaarplan vir die vak. Neem kennis dat die inhandigingsdatums
van die formele assessering, soos in die portefeuljeboek vervat, streng nagekom moet word.
Bykomende notas
Alle formele assessering is in die portefeuljeboek saamgevat – die take daarin tel punte. Die take in hierdie handleiding mag dalk met die take in die portefeuljeboek ooreenstem. Alle take in die handleiding kan as bykomende aktiwiteite gedoen word. Bêre die take in ’n lêer of portefeulje vir Skeppende Kunste sodat die leerder deur die jaar daarna kan verwys.