
1 minute read
Eenheid 2: Visuele Kunste: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word; skilderkuns
Eenheid 2
Visuele Kunste: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word; skilderkuns
Die kunselemente en ontwerpbeginsels wat in graad 7 en 8 behandel is, word in hierdie eenheid hersien. ’n Deeglike kennis van kunsterminologie en visuele komponente is nodig om kunswerke te kan waardeer en skep.
Jy gaan jou kennis van kunselemente en ontwerpbeginsels gebruik om ’n skildery te skilder. Jy gaan meer oor verftegnieke, kwasaanwending en kleurvermenging leer, asook hoe om dit te gebruik om jou eie interpretasie en voorkeure te weerspieël.
Die skeppingsproses neem baie tyd. Neem dit in ag wanneer jy jou weeklikse en kwartaallikse werk beplan. Goeie beplanning en gereelde werk is noodsaaklik. Verf vat lank om droog te word; moenie sit en daarvoor wag nie. Beplan solank die volgende stap.
UITDAGING Hoe ken ek ’n goeie kunswerk uit?
Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet jy:
• die kunselemente kan benoem en verduidelik • die ontwerpbeginsels kan benoem en verduidelik • kunselemente kan identifiseer en bespreek • ontwerpbeginsels in verskeie kunswerke (skilderye) kan identifiseer en bespreek • ’n eie kunswerk (skildery) kan beplan, uitvoer en daaroor besin • die kunswerke en kunstenaars van die Broederskap van Pre-Rafaeliete kan identifiseer en bespreek • Impressionistiese kunswerke en kunstenaars kan identifiseer en bespreek • die tegnieke van die impressioniste kan naboots • kennis van die kunselemente kan toepas wanneer ’n kunswerk geskep word • kennis van die ontwerpbeginsels kan toepas wanneer ’n kunswerk geskep word • kennis van die kunselemente kan toepas wanneer ’n kunswerk bespreek en waardeer word • kennis van die ontwerpbeginsels kan toepas wanneer ’n kunswerk bespreek en waardeer word