3 minute read

Les 2.1: Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels

Definieer

Kunselemente: Fatsoen, vorm, lyn, kleur, toonwaarde en tekstuur wat gebruik word om ’n kunswerk te analiseer.

Ontwerpbeginsels: Die basiese komponente van enige visuele ontwerp, insluitend balans, kontras, klem, beweging, ritme, patroon en eenheid/ verskeidenheid.

Broederskap van die Pre-Rafaeliete: ’n Groep kunstenaars van die middel van die 19de eeu wat gekant was teen die Royal Academy of Art se bevordering van die Renaissance-meester, Raphael. Hulle het Middeleeuse onderwerpe verkies en het uiterste aandag aan detail en maksimum realisme getoon. Hul vernaamste temas was aanvanklik godsdienstig, maar hulle het ook onderwerpe uit literatuur en poësie gebruik, veral dié wat oor liefde en dood handel. Hulle het ook moderne maatskaplike probleme ondersoek. Hierdie groep is ook bekend vir die ontwikkeling van die tegniek om ’n verfdoek voor te berei deur die oppervlak glad en wit te maak, wat helder kleure meebring.

Rafael: ’n Italiaanse meesterskilder en argitek van die Hoë Renaissance-tydperk.

Middeleeus: Verwys na die Middeleeue (tydperk in Europese geskiedenis vanaf ongeveer 600 n.C. tot 1500 n.C.).

Impressionisme: ’n Kunsbeweging wat in die 19de eeu in Frankryk ontstaan het. Die beweging is gebaseer op die idee om buite en spontaan, daar en dan op die oomblik, te skilder, eerder as in ’n ateljee van sketse af. Die vernaamste onderwerpe van impressionisme was landskappe en tonele uit die alledaagse lewe. Impressioniste het vinnig gewerk met hul onderwerpe voor hulle, terwyl daar nog genoeg daglig was. Hulle was baie bewus van lig en kleur en veranderende parone in die natuur. Kwashale was vinnig en gebroke eerder as egalig, om die dringendheid uit te beeld van om die lig vasa te vang terwyl dit nog daar is.

Les 2.1: Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels

Inleiding

Die fokus van hierdie les is op die kunselemente en ontwerpbeginsels. Jy gaan dit gebruik om die skilderye van die Broederskap van die Pre-Raphaeliete te ondersoek, ontleed en bespreek.

KUNSELEMENTE

Kunstenaars gebruik kunselemente en ontwerpbeginsels om ’n goeie kunswerk te beplan en te skep. Ten minste twee van die elemente moet in ’n kunswerk teenwoordig wees, maar nie al die elemente word noodwendig in alle kunswerke aangetref nie.

Kunselemente is belangrik, want dit is nie moontlik om kuns daarsonder te skep nie.

Kunselemente help ons om

• te verduidelik wat ’n kunstenaar gedoen het • te ontleed wat in ’n spesifieke kunswerk aangaan • ons gedagtes en bevindings deur ’n gemeenskaplike taal te kommunikeer.

• Lyn in kuns kan horisontaal, vertikaal of diagonaal; reguit of geboë; of breed of smal wees. ’n Lyn is altyd langer as wat dit breed is.

• ’n Geslote lyn vorm ’n fatsoen (shape). Fatsoene kan geometries wees, soos reghoeke en sirkels. Dit kan ook natuurlik of organies wees, soos klippe en blare, of dit kan enige vrye vorm aanneem.

• Driedimensionele fatsoene word vorms (form) genoem. Vorms besit lengte, breedte en diepte. Balle, silinders, kubusse en piramides is voorbeelde van vorms.

• Ruimte (space) is die spasie rondom of tussen voorwerpe en word dikwels negatiewe ruimte genoem. Ruimte kan ’n illusie van diepte op ’n tweedimensionele oppervlak skep of dit kan driedimensioneel wees.

Fig. 2.3: Kunselemente: Ruimte

• Toonwaarde(value) verwys na hoe lig of donker ’n kleur is. Die verskil tussen toonwaardes word kontras genoem. Toonwaarde kan verband hou met skakerings – waar ’n kleur donkerder gemaak word deur swart by te voeg, of tinte – waar ’n kleur ligter gemaak word deur wit by te voeg.

• Kleur word volgens drie fisiese eienskappe beskryf: kleur (die naam van die kleur), toonwaarde (hoe lig of donker dit is) en intensiteit (hoe helder of dof dit is). Primêre kleure (rooi, blou en geel) is die enigste suiwer kleure. Primêre kleure kan nie gevorm word deur ander kleure te meng nie, maar as dit met mekaar gemeng word, word nuwe kleure gevorm. Sekondêre kleure (groen, oranje en pers) word dus gevorm deur twee primêre kleure te meng. Intermediêre kleure word gevorm deur een primêre kleur en een sekondêre kleur te meng. Komplementêre kleure is direk teenoor mekaar op die kleurwiel.

Fig. 2.5: Kunselemente: Kleur

This article is from: