Gr 11-Landbouwetenskappe-Handleiding

Page 1


Graad 11 • Handleiding Landbouwetenskappe

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Landbouwetenskappe

Handleiding

Graad 11

Aangepas vir KABV
M Kotzè JC Zandberg

2. Die hoofgroeperings van gronddeeltjies (klei, slik en sand) wat die grondtekstuur bepaal, en hulle onderskeie deursneë

3. Wetenskaplike metode om die hoeveelheid sand, slik en klei in ’n grondmonster te bepaal (gebruik van sif/meganiese/chemiese metode) ............................................

4. Bepaling van tekstuurklasse (grondtekstuurdriehoek) van grond en die interpretasie van ’n tekstuurdriehoek

5. Die invloede van sand- en kleideeltjies se grootte/tekstuur op grondeienskappe/gedrag .....................................................................................................................

6. Die twee veldmetodes om die grondtekstuurklas te bepaal – worsiemetode/ voelmetode

7. Die belangrikste redes waarom ’n boer die tekstuurklas van sy/haar plaasgrond moet weet

1. Die begrip: grondstruktuur

2. Die klassifikasie/soorte grondstrukture (vorm en grootte)

3. Die faktore wat die ontwikkeling en stabiliteit van grondstruktuur beïnvloed ...........

4. Die faktore of wanpraktyke wat die vernietiging/afname in grondstruktuur veroorsaak

5. Die verskillende metodes wat boere kan toepas om die swak grondstruktuur te verbeter

6. Die voordele van ’n gewenste grondstruktuur met verwysing na die volgende

1. Die verskille tussen homogene en nie-homogene

2. Die hooffaktore wat die kleur van grond bepaal

3.

4. Die effek van grondtekstuur, grondstruktuur, gronddiepte en grondbewerking op

5.

7. Maniere om die massadigtheid van ’n grond te bepaal, te bereken en te interpreteer

’n Vergelyking tussen grondlug en atmosferiese lug (gebaseer op stikstof-, suurstof- en koolstofdioksiedinhoud)

3. Die belangrikheid/noodsaaklikheid van die volgende grondgasse: suurstof, koolstofdioksied

3. Die natuurkragte wat die grondwater kan beïnvloed (adsorpsie, elektrostatika, kapillariteit, binding, kohesie ens.) 166

4. Die verskillende bewegings van water deur grond 169

5. Die beskikbaarheid van water aan ’n plant by die volgende perke van grondwaterinhoud.......................................................................................................................170

6. Wetenskaplike metodes om die aspekte wat verband hou met grondwater te illustreer 172

7. Doeltreffende grondwaterbestuur 174 Toets jouself 12 176

Les 13: Grondtemperatuur ........................................................................................... 176

1. Die hooffaktore wat grondtemperatuur beïnvloed .................................................... 177

2. Die wetenskaplike benadering om die faktore wat grondtemperatuur beïnvloed te meet 180

3. Die effekte van grondtemperatuur op die fisiese, chemiese en biologiese prosesse wat in die grond plaasvind .................................................................................... 182

4. Die maniere/metodes om grondtemperatuur te manipuleer vir beter produksie (bewerkingsmetodes en beheerde omgewing) ........................................................

jouself 13

Les 14: Grondmorfologie ..............................................................................................

1. Die terminologie: grondprofiel, grondhorisont en profielgat

2. Die ontwikkeling en beskrywing van die volgende meesterhorisonte ......................

4. ’n Praktiese identifikasie van die

1. Beskrywing van grondklassifikasie en die gebruik van die binomiese grondklassifikasiestelsel in Suid-Afrika ...................................................................

2. Die prosedures wat gevolg moet word wanneer grond uitgeken en geklassifiseer word met die binomiese stelsel 195

3. Die redes/doele/waarde van die klassifikasie van grond in landbou 196

4. Die beskrywing van diagnostiese horisonte van die bogrond en ondergrond .........

1. Die beskrywing en eienskappe van die anorganiese grondkolloïede

2. Die verskille tussen anorganiese en organiese kolloïede, katioonadsorpsie en katioonuitruiling in die grond ....................................................................................

3. Manipulasie van die katione en die katioonuitruiling in die grond ............................

4. Die pH-skaal en waterstofioonkonsentrasie

5. Die begrip grondsuurheid (oorwegende katione)

6. Die onderskeid tussen aktiewe suurheid en reserwesuurheid

7. Die faktore wat die grondversuringsproses beïnvloed/veroorsaak ...........................213

8. Die effekte van grondsuurheid op gewasproduksie ..................................................214

Wat behels Landbouwetenskappe?

INLEIDING

Landbouwetenskappe is die studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en verwerking van voedsel, vesel, brandstof en enige ander landboukommoditeite wat ’n ekonomiese, estetiese en kulturele waarde het.

Dit is ’n geïntegreerde wetenskap wat die kennis en vaardighede van Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Geografie, Ingenieurswese, Wiskunde en Ekonomie kombineer. Hierdie vak moet binne die holistiese wetenskapraamwerk gesien word, en nie as ’n geïsoleerde wetenskap nie. Met die vak Landbouwetenskappe moet ’n volhoubare landbou-omgewing ingeskerp word deur teorie en vaardighede in die studie van die voedselproduksieketting en -verwerking te integreer. Dit konsentreer op die bestuursvaardighede wat nodig is om produksie op ’n lewensvatbare wyse vol te hou.

Die hoofonderwerpe in Landbouwetenskappe se kurrikulum is:

1. Grondkunde

2. Plantestudies

3. Dierestudies

4. Landbou-ekonomie

5. Basiese landbouchemie

6. Basiese genetika en biologiese konsepte

7. Volhoubare natuurlike hulpbronbenutting

8. Landbou-ekologie

AANVULLENDE BRONNE

Agricultural Science for All – Gr 11 deur W Burger; M Burger, N Phewa

Focus on Agricultural Sciences deur J de Fontaine; B Letty; K Morrison; A Smuts

Landboutydskrifte: Landbouweekblad, Farmer’s Weekly en Agri Farmer.

Die nuwe Landbouwetenskap deur: Burger en Moolman.

Die internet

HULPBRONNE

Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi:

• Impaq-handleiding

• Impaq-fasiliteerdersgids

• Impaq-portefeuljeboek

• Junie-eksamen

• Novembereksamen

• Klere, skoene en toerusting vir praktiese aktiwiteite.

• ’n Plaas waar praktiese werk gedoen kan word.

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER

Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK

’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.

WENKE

Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.

KERNINHOUD

Vaslegging van kerninhoud; in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les.

AKTIWITEIT

Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis van elke voltooide les te toets.

Sample

OEFENING

Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis van elke voltooide les te toets.

STUDEER / HERSIENING

Afbakening of opsomming van die werk wat ter voorbereiding vir toetse en eksamens hersien moet word.

*Alle leselemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.

Elke les bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:

• ’n Uitdaging

• Landbouwetenskap-inhoud

• Aktiwiteite om die uitdaging op te los

• Toepassing en hersiening

Asook:

• Leerdoelwitte

• Bykomende aktiwiteite

• Definisies

• Verrykingsaktiwiteite (Vir die nuuskieriges)

• Opsommings

• Aktiwiteite vir selfassessering

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Die voorgestelde tydstoedeling vir Landbouwetenskappe in graad 11 is soos volg:

Aantal eenhede per jaar 4 eenhede/jaar

Totale aantal weke beskikbaar om inhoud te bestudeer 30

Duur van elke eenheid ± 7 weke

Aantal eenhede 4

Voorgestelde tydsduur per eenheid 4 ure/week

Aantal lesse per eenheid 7 – 10 lesse

Tydsduur per les 45 minute

* Probeer om ten minste een uur per dag aan die vak te spandeer. Daar kan self besluit word op watter vier dae daar aan Landbouwetenskappe gewerk gaan word.

Vereistes vir Landbouwetenskappe as vak:

• Elke leerder moet ’n handleiding hê.

• Leerders moet genoeg tyd hê om aan take te werk.

• Leerders moet toegang hê tot ’n plaas waar vereiste praktiese aktiwiteite gedoen kan word.

• Die vorige dag se werk moet daagliks hersien word.

• Die aktiwiteite in die handleiding moet voltooi word. Dit sal help met voorbereiding vir toetse en eksamens.

• Aktiwiteite in die handleiding vorm nie deel van die portefeuljewerk nie.

• Portefeuljewerk bestaan uit die sewe take, soos uiteengesit op die assesseringsplan in die portefeuljeboek. Slegs dié take vorm deel van die portefeulje en moet apart ingedien word.

• GEEN portefeulje = GEEN punte. Dit is baie belangrik om die portefeulje op datum te hou en die take/punte volgens die datums op die assesseringsplan in die portefeuljeboek in te dien.

Portefeulje

ASSESSERINGSVEREISTES

Punte

Inhandigingsdatums

Taak 1 Praktiese opdrag 50 Sien portefeuljeboek

Taak 2 Kwartaal 1-toets 75 Sien portefeuljeboek

Taak 3 Praktiese ondersoek 50 Sien portefeuljeboek

Taak 4 Junie-eksamen 150 Sien portefeuljeboek

Taak 5 Navorsingsprojek 50 Sien portefeuljeboek

Taak 6 Kwartaal 3-toets 75 Sien portefeuljeboek

Taak 7.1 Novembereksamen 1 150 Sien portefeuljeboek

Taak 7.2 Novembereksamen 2 150 Sien portefeuljeboek

* Die assesseringstake dra 25% by tot die finale punt.

* Kwartaal 1 en 2 se werk word tydens die Junie-eksamen geassesseer

Formaat van Novembereksamen

Die Junie-eksamen (slegs een vraestel) sal dieselfde formaat hê, maar nie dieselfde inhoud insluit nie aangesien al die inhoud nog nie behandel is nie.

Die Novembereksamen (twee vraestelle) word soos volg saamgestel:

VRAESTEL 1

Tyd: 2½ ure

Inhoud

• Basiese landbouchemie

A

B

• Grondkunde Vraag 1 Vraag 2 – 4

(35 punte per vraag)

VRAESTEL 2

Tyd: 2½ ure

A

• Plantestudies

• Optimale hulpbronbenutting

1

2 – 4

(35 punte per vraag)

* Die Novembereksamen tel uit 300 – dus 75% van die finale punt.

* SBA tel uit 100 – dus 25% van die finale punt.

Totale punt = 100 + 300 = 400 ÷ 4 = 100

STUDIEWENKE EN -METODES

Landbouwetenskappe is ’n wetenskap, daarom moet leerders wat hierdie vak neem heelwat tyd spandeer aan intensiewe studie om al die fasette en feite van die vak te bemeester.

• Moenie toelaat dat die werk ophoop nie – studeer.

• Leer die feite en maak opsommings ná voltooiing van ’n hoofstuk.

• Maak seker dat jy alles verstaan. Indien jy iets nie verstaan nie, vra iemand om dit aan jou te verduidelik.

• Indien daar te veel tyd verloop, mag jy vind dat die werk nie meer sin maak nie, en dat meer tyd nodig is om dit te leer.

• Maak gebruik van diagramme, teken die sketse self en onderstreep die belangrikste feite.

• Sketse in toetse en eksamens kan verskil van die handleiding se sketse. Kyk dus na sketse in ander handleidings of Google verskillende “images” vir dieselfde onderwerpe.

• Maak kolomme van die moeilike name/terme – maak seker dat jy die betekenis van elkeen van die name ken.

• Gebruik die aktiwiteite in die handleiding as toetse. Ná voltooiing van ’n les, leer die materiaal en doen die vrae in die aktiwiteit asof dit ’n toets is. Op die manier sal jy kan bepaal watter werk meer aandag benodig.

JAARPLAN

KWARTAAL 1

1 BASIESE LANDBOUCHEMIE

1 1 Inleiding tot basiese chemie 2 2 Chemiese binding 3 3 Anorganiese en organiese verbindings 4 4 Alkane en alkohole

5 5 Vetsure, biomolekules en lipiede/vette

2 GRONDKUNDE

2 GRONDKUNDE

KWARTAAL 2

3

2 GRONDKUNDE

3 PLANTESTUDIES 20

Organiese materiaal:

4 3 PLANTESTUDIES

en -ontleding

KWARTAAL

1 Basiese landbouchemie Sample

Les 1: Inleiding tot basiese chemie

LEERDOELWITTE

Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy die volgende kan doen:

1. Die volgende terminologie definieer: materie, atome, molekules, Periodieke Tabel, isotope, elemente, verbindings en mengsels.

2. Die verskille tussen elemente, verbindings en mengsels identifiseer (met relevante voorbeelde).

3. Die Periodieke Tabel van elemente interpreteer.

4. Tussen sure en basisse kan onderskei.

5. Die algemene struktuur van ’n atoom kan teken en die verskillende deeltjies van ’n atoom en sy funksie ken.

6. Die hooftipes van deeltjies van ’n atoom asook hulle onderskeie ladings identifiseer.

7. Die verwantskap tussen atomiese nommers en die aantal deeltjies in die kern beskryf.

8. Die vorming van ione identifiseer.

9. Die rangskikking van elektrone rondom die kern en die valensie aandui.

Landbouchemikusse werk saam met die Departement van Landbou, die Omgewingsbeskermingsagentskap, die Voedsel- en Dwelmadministrasie, of in die privaat sektor. Landbouchemikusse ontwikkel kunsmis, insekdoders en onkruiddoders vir grootskaalse opbrengsproduksie. Hulle moet ook monitor hoe dié produkte gebruik word en wat die impak daarvan op die natuur is. Voedingaanvullings word ontwikkel om die produktiwiteit van vleis- en suiwelkuddes te verhoog.

Sample

Chemie is deel van alles wat in landbou gedoen word. Dit is dus baie belangrik om landbouchemie goed te verstaan.

Aangepas uit Parker & Hart, Wizard of Id

INLEIDING

Dié afdeling begin met chemiese ontleding in landbou en lei dan spesifiek na grond. Dit is belangrik om deur die loop van die kwartaal die breër prentjie in gedagte te hou. Elke struktuur word tot in die kleinste detail afgebreek en dan weer saamgestel. Chemie is die studie van materie; die eienskappe, hoe en waarom stowwe kombineer of skei om ander stowwe te vorm; en hoe stowwe met energie reageer.

1. Belangrike terminologie

DEFINIEER

Materie: Materie is enigiets met massa en wat spasie opneem. Materie het dus massa en volume. Atome en molekules bestaan alles uit materie.

Atome: Atome is die kleinste boublokke van materie wat nie afgebreek kan word in kleiner deeltjies nie. Alles om ons bestaan uit atome.

Molekules: Molekules is ’n natuurlike groep van twee of meer atome wat saamgebind is, en wat sterk genoeg is om as ’n aparte eenheid in ’n chemiese reaksie op te tree.

Periodieke Tabel: Die Periodieke Tabel is ’n rangskikking van chemiese elemente in tabelvorm. Elemente word volgens hulle atomiese getal (aantal protone in die kern) en herhalende chemiese eienskappe rangskik. Dit word ook volgens chemiese en fisiese eienskappe rangskik.

Isotope: Atome van ’n element met dieselfde aantal protone in die kern, of dieselfde atoomgetal, maar met verskillende hoeveelhede neutrone en dus verskillende relatiewe atomiese massas.

Elemente: Elemente bevat slegs een soort atoom en kan dus nie op ’n chemiese wyse afgebreek word in kleiner stowwe nie. ’n Element is ’n suiwer stof.

Verbindings: ’n Verbinding word gevorm wanneer twee of meer elemente chemies aan mekaar in ’n vaste verhouding verbind.

Sample

Mengsels: Suiwer homogene mengsels van stowwe, wat teenwoordig is in dieselfde fase en wat bestaan uit twee of meer stowwe in dieselfde fase.

Oplossings: Oplossings kan beskryf word as suiwer homogene mengsels van stowwe wat teenwoordig is in dieselfde fase.

Suspensies: Suspensies is heterogene mengsels wat soliede deeltjies bevat wat groot genoeg is vir sedimentasie. Die deeltjies moet gewoonlik groter wees as een mikrometer.

Kolloïede: ’n Kolloïed is ’n heterogene mengsel waarin ’n stof verdeel word in baie klein deeltjies (bekend as kolloïede dele) en regdeur ’n tweede stof versprei word.

Suiwer stowwe: Dit kan elemente of verbindings wees en kan konstante komposisies hê, wat beteken dat die stowwe dieselfde is, waar ook al dit gevind word.

1.1 Materie

Materie is iets wat massa het en ruimte beslaan. Materie het dus massa en volume. Atome en molekules is saamgestel uit materie.

Ons fisiese wêreld word uit materie gevorm; ons ervaar dit as verskeie soorte materiale wat in die volgende drie fases (ook bekend as die toestand van materie) bestaan:

• Vaste stowwe, bv. klip.

• ’n Vaste stof het ’n presiese vorm en volume; dit is vormvas.

• Vloeistowwe, bv. water.

• ’n Vloeistof het ’n bepaalde volume onafhanklik van sy houer, maar het nie ’n spesifieke vorm nie.

• Gasse, bv. lug.

• ’n Gas (ook bekend as ’n damp) het geen vaste volume of vorm nie, maar pas aan by die volume en vorm van sy houer.

Klassifikasie van materie

Materie word geklassifiseer in terme van die fase en die samestelling daarvan.

Sample

VIR DIE NUUSKIERIGES

Boor is ’n belangrike spoorelement vir die groei van gewasse, daarom sal ’n saaiboer wil weet wat die boorvlakke is. Hy sal monsters van regoor die plaas moet neem, ’n chemiese ontleding van al die monsters moet doen, en ’n statistiese ontleding van die data moet doen aangesien die grond heterogeen is, onder ’n mikroskoop én oor die oppervlak van die plaas. Boorvlakke sal dus verskil van saailand tot saailand.

Indien die boer egter die pH van sy swembad wil weet, is net ’n enkele monster nodig omdat hy kan aanvaar dat die swembad homogeen is.

Suiwer stowwe

’n Suiwer stof is materie met ’n vaste samestelling en kenmerkende eienskappe, bv. water en tafelsout (natriumchloried), die primêre komponente van leksout (vir beeste), is suiwer stowwe.

Suiwer stowwe kan geklassifiseer word as elemente of verbindings.

Elemente

• Elemente is suiwer stowwe wat uit slegs een soort atoom bestaan.

• Hulle kan nie chemies in eenvoudiger stowwe verdeel word nie.

• Die kleinste deeltjie van ’n element wat op sy eie kan bestaan, is ’n atoom.

• Al die elemente is volgens hulle eienskappe op die Periodieke Tabel gerangskik.

• Voorbeelde: fosfor (P), kalium (K), en suurstof (O2).

Sample

• Suurstof is ’n diatomiese element (d.w.s. dit bestaan natuurlik uit twee atome wat ’n molekule vorm), maar CO2 (meer as een element) is ’n samestelling.

Wat is ’n diatomiese element?

• Dit is ’n molekule van dieselfde atoom.

• Sommige elemente kan nie afsonderlik bestaan nie; selfs wanneer hulle geïsoleerd is van enige ander soort atoom, sal hulle natuurlik kombineer met atome van dieselfde element ten einde stabiel te wees.

• Voorbeelde: waterstof (H2), stikstof (N2), suurstof (O2), fluoor (F2), chloor (CI2), broom (Br2) en jodium (I2).

• Die elemente is diatomies slegs wanneer dit alleen is, nie wanneer dit chemies gebind is met ander atome nie.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 11-Landbouwetenskappe-Handleiding by Impaq - Issuu