1 minute read

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Next Article
HULPBRONNE

HULPBRONNE

Elke les bestaan uit die volgende leeraktiwiteite: • ’n Uitdaging • Landbouwetenskap-inhoud • Aktiwiteite om die uitdaging op te los • Toepassing en hersiening

Asook: • Leerdoelwitte • Bykomende aktiwiteite • Definisies • Verrykingsaktiwiteite (Vir die nuuskieriges) • Opsommings • Aktiwiteite vir selfassessering

Die voorgestelde tydstoedeling vir Landbouwetenskappe in graad 11 is soos volg:

Aantal eenhede per jaar 4 eenhede/jaar

Totale aantal weke beskikbaar om inhoud te bestudeer 30 Duur van elke eenheid ± 7 weke Aantal eenhede 4

Voorgestelde tydsduur per eenheid 4 ure/week

Aantal lesse per eenheid 7 – 10 lesse Tydsduur per les 45 minute

* Probeer om ten minste een uur per dag aan die vak te spandeer. Daar kan self besluit word op watter vier dae daar aan Landbouwetenskappe gewerk gaan word.

Vereistes vir Landbouwetenskappe as vak:

• Elke leerder moet ’n handleiding hê. • Leerders moet genoeg tyd hê om aan take te werk. • Leerders moet toegang hê tot ’n plaas waar vereiste praktiese aktiwiteite gedoen kan word. • Die vorige dag se werk moet daagliks hersien word. • Die aktiwiteite in die handleiding moet voltooi word. Dit sal help met voorbereiding vir toetse en eksamens. • Aktiwiteite in die handleiding vorm nie deel van die portefeuljewerk nie. • Portefeuljewerk bestaan uit die sewe take, soos uiteengesit op die assesseringsplan in die portefeuljeboek. Slegs dié take vorm deel van die portefeulje en moet apart ingedien word. • GEEN portefeulje = GEEN punte. Dit is baie belangrik om die portefeulje op datum te hou en die take/punte volgens die datums op die assesseringsplan in die portefeuljeboek in te dien.

This article is from: