1 minute read

STUDIEWENKE EN -METODES

Next Article
JAARPLAN

JAARPLAN

Landbouwetenskappe is ’n wetenskap, daarom moet leerders wat hierdie vak neem heelwat tyd spandeer aan intensiewe studie om al die fasette en feite van die vak te bemeester. • Moenie toelaat dat die werk ophoop nie – studeer. • Leer die feite en maak opsommings ná voltooiing van ’n hoofstuk. • Maak seker dat jy alles verstaan. Indien jy iets nie verstaan nie, vra iemand om dit aan jou te verduidelik. • Indien daar te veel tyd verloop, mag jy vind dat die werk nie meer sin maak nie, en dat meer tyd nodig is om dit te leer. • Maak gebruik van diagramme, teken die sketse self en onderstreep die belangrikste feite. • Sketse in toetse en eksamens kan verskil van die handleiding se sketse. Kyk dus na sketse in ander handleidings of Google verskillende “images” vir dieselfde onderwerpe. • Maak kolomme van die moeilike name/terme – maak seker dat jy die betekenis van elkeen van die name ken. • Gebruik die aktiwiteite in die handleiding as toetse. Ná voltooiing van ’n les, leer die materiaal en doen die vrae in die aktiwiteit asof dit ’n toets is. Op die manier sal jy kan bepaal watter werk meer aandag benodig.

This article is from: